uit die hoof se kantoor - wordpress.com · ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer,...

11
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 16 1 Junie 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Eksamen Baie sterkte aan ons gr. 4- tot gr. 7-leerders wat Vrydag 2 Junie met eksamen begin. Julle moet hard werk en goed voorbereid eksamen kom skryf. Ons vra ook dat ouers asb. by die eksamenreëlings sal bly. Inligting is op die School Communicator beskikbaar. Personalia Die Fairland-familie het hierdie week sommer 2 babatjies ryker geword. Baie geluk aan Melissa en Morné Breedt met die geboorte van hul dogter, Phoebe, op Maandag 29 Mei en Micheal en Mignonne Vermeulen met die geboorte van hul dogter, Lara, ook op Maandag 29 Mei. Ons weet dat hierdie 2 kindertjies vir jul net vreugde gaan verskaf. Ons het juf. Bettie Woensdag 31 Mei gegroet. Ons gaan jou ongelooflik baie mis jou voetspore is baie diep op skoolgebied en in ons harte! Ons wens jou al die rus en lekker kuiers toe wat jy kan inpas in jou vol program! Welkom terug aan Lillian Fouché! Ons is seker dat jy sommer gou weer by ons sal inval. Baie welkom ook aan Vincent Hunter wat as terreinbestuurder aangestel is. Ons vertrou dat jy sommer baie gelukkig hier sal wees. Toelatings: SLEGS Gr. R- en gr. 1-leerders van 2018 Die aansoekproses het op 2 Mei geopen en sluit op 12 Junie 2017. Besoek gerus die webtuiste vir meer inligting. Let asb. daarop dat indien u ‘n Laerskool Fairland-ouer is, u die proses soos uiteengesit op ons webtuiste, moet volg. Ouers moet asb. onthou om die stawende dokumentasie te kom inhandig. Amptelike skoolfoto’s Ons het nog nie al die foto’s ontvang nie. Ons wag nog vir die fotograaf om foto’s te kom aflewer. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT KULTUUR 23 Junie LFK visuele kuns rondte 2 (gr. 4-7) SPORT 8 Junie Rugby: o/8’s – TrinityHouse, Randpark 21 Junie Netbal: L/s Fairland Fast Five Aandreeks (o/13A-span) Tuis AKADEMIE 2 15 Junie Gr. 4- tot gr. 7-leerders eksamen

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 16 1 Junie 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Eksamen

Baie sterkte aan ons gr. 4- tot gr. 7-leerders wat Vrydag 2 Junie met eksamen begin. Julle moet hard werk en goed voorbereid eksamen kom skryf.

Ons vra ook dat ouers asb. by die eksamenreëlings sal bly. Inligting is op die School Communicator beskikbaar.

Personalia Die Fairland-familie het hierdie week sommer 2 babatjies ryker geword. Baie geluk aan Melissa en Morné Breedt met die geboorte van hul dogter, Phoebe, op Maandag 29 Mei en Micheal en Mignonne Vermeulen met die geboorte van hul dogter, Lara, ook op Maandag 29 Mei. Ons weet dat hierdie 2 kindertjies vir jul net vreugde gaan verskaf. Ons het juf. Bettie Woensdag 31 Mei gegroet. Ons gaan jou ongelooflik baie mis – jou voetspore is baie diep – op skoolgebied en in ons harte! Ons wens jou al die rus en lekker kuiers toe wat jy kan inpas in jou vol program! Welkom terug aan Lillian Fouché! Ons is seker dat jy sommer gou weer by ons sal inval. Baie welkom ook aan Vincent Hunter wat as terreinbestuurder aangestel is. Ons vertrou dat jy sommer baie gelukkig hier sal wees.

Toelatings: SLEGS Gr. R- en gr. 1-leerders van 2018

Die aansoekproses het op 2 Mei geopen en sluit op 12 Junie 2017. Besoek gerus die webtuiste vir meer inligting.

Let asb. daarop dat indien u ‘n Laerskool Fairland-ouer is, u die proses soos uiteengesit op ons webtuiste, moet volg. Ouers moet asb. onthou om die stawende dokumentasie te kom inhandig.

Amptelike skoolfoto’s

Ons het nog nie al die foto’s ontvang nie. Ons wag nog vir die fotograaf om foto’s te kom aflewer.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 23 Junie LFK visuele kuns rondte 2 (gr. 4-7)

SPORT 8 Junie Rugby: o/8’s – TrinityHouse, Randpark

21 Junie Netbal: L/s Fairland Fast Five Aandreeks (o/13A-span) Tuis

AKADEMIE 2 – 15 Junie Gr. 4- tot gr. 7-leerders eksamen

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

2

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat die komende week verjaar:

Lindsay Stadtlander - 2 Junie Joyce van den Berg - 3 Junie Johanette Judels - 7 Junie

Mag dit vir julle ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees.

REDAKSIE

Hoe moeilik vind jy dit deesdae om suiwer Afrikaans te praat? Vandat selfone en sosiale media ons lewens oorgeneem het, is dit asof ons meer en meer vasgevang word in die skep van ‘n nuwe universele mengelmoes van taalgebruike. Ek dink spesifiek aan sogenaamde tekstaal wat alreeds sulke afmetings aangeneem het dat woorde nie net vervang word met afkortings nie, maar amper simbolies van aard ingestel is. Sou dit ‘n teken wees van ons inherente luiheid, ekonomiese woord- en/of taalgebruik, of dalk ‘n hele nuwe taal is wat in sy babaskoene staan?

Vir die puriste is dit ‘n onding en hulle protesteer luid en duidelik oor die taalmonster wat orals kop uitsteek. Vir die meeste van ons is die afkortings Grieks, hoofsaaklik omdat dit uitdrukkings verteenwoordig wat nie in ons woordeskat bestaan nie. Die hoofgebruikersgroep is jonk en gebruik hulle applikasies as kommunikasiemiddel op ‘n daaglikse basis (selfs al sit hulle langs mekaar!) en dink nie twee keer om van die verkorte weergawe van skryf gebruik te maak nie. As daar ook in ag geneem word, dat hulle duime dikwels vinniger werk as wat ek my gedagtes kan orden, word dit duidelik dat die nuwe “snelskrif” vir hulle ‘n logiese gevolg van hulle leefstyl is.

Die enigste probleem hiermee is dat hulle kennis van ons moedertaal nie met dieselfde rasse skrede byhou nie. Dis al hoe meer opvallend dat kinders se Afrikaanse woordeskat beduidend agteruitgaan. Die afname in leesgieriges is waarskynlik gedeeltelik te blameer. Sou dit dan bydra tot die generasiegaping – hierdie gebrek aan gedeelde kommunikasiemedium?

Wat die oplossing is, sal tyd ons leer. Moet ons aanpas by die tye of moet ons vashou aan die basiese beginsels van “goeie” taalgebruik? Volgens my beskeie opinie is daar geen kompetisie nie. Alle Afrikaanssprekendes moet baklei vir dit wat die basis vorm van wie ons is. Dit beteken dat ons kinders ons skrywers se boeke, films en digkuns moet lees, kyk, luister en ondersteun! Wees jy die voorbeeld vir jou kind. Trots Afrikaans.

Tot weersiens Erika Joubert

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Beste Ouer OORSIG REVUE 2017 Namens die skoolbestuur en beheerliggaam wil ons graag aan elkeen van u ‘n hartlike dankie sê! Dankie vir u tyd, finansiële bydraes en geduld met onder andere die oefeninge, rondry vir optredes en kaartjieverkope. Die revue was soos altyd ‘n groot sukses. Op die beheerliggaamvergadering gehou op Woensdag 24 Mei 2017 het ons die revue in sy huidige formaat oorweeg en tot die besluit gekom dat die revue heel moontlik in die toekoms in ‘n ander formaat aangebied sal word. Die tyd en aandag wat die revue in beslag geneem het vir beide leerders, opvoeders en administraiewe personeel is nie altyd regverdigbaar nie weens ‘n druk akademiese en skoolprogram. Daarbenewens het die leerdergetalle met bykans 400 leerders toegeneem sedert die vorige revue. Hierdie feit het verseker sy tol geëis en was logisties ‘n groot uitdaging vir beide ouers en opvoeders.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

3 Alhoewel ons graag die kultuuraktiwiteite van ons skool wil bevorder, word daar reeds sedert verlede jaar die Fairland kunstefees aangebied wat ruim voorsiening maak vir kulturele potensiaalontwikkeling. Die skoolbestuur en beheerliggaam sal in die toekoms verder besin oor ‘n moontlike nuwe formaat van ‘n revue wat realisties haalbaar is en sal inpas by die skool se reeds vol program en akademiese kurrikulum. Opbouende voorstelle in dié verband kan gestuur word na [email protected] nie later as Donderdag 15 Junie!

Vriendelike groete JOHAN KILIAN VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

AKADEMIE

Eksamenrooster (voorlopige datums)

Tweede Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 2 Junie Wiskunde Wiskunde SW Wiskunde

Ma. 5 Junie Engels Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 6 Junie

LO

Wo. 7 Junie

Do. 8 Junie NW NW LV EBW

Vr. 9 Junie LV LV Engels (common) SK

Ma. 12 Junie Afrikaans Engels Wiskunde (common) NW

Di. 13 Junie Tegnologie

Wo. 14 Junie SW SW NW (common) Engels

Do. 15 Junie SW

Sien gerus die “Hoe om te studeer” onder Bronne / Akademie vir u inligting.

Uitteken van leerders gedurende die eksamen

Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal die administratiewe personeel van die kantoor gereed wees met die uittekenboeke. Ons vra egter vriendelik dat ouers nie voor 10:00 hiervoor by die skool sal opdaag nie. Leerders word net tot 10:45 uitgeteken. Indien u nie u kind vroeër kan kom haal nie, kan u kind eers om 13:00 gehaal word. Gr. 4-leerders: Onder afdak (by mnr. Jordaan se klas) Gr. 5- tot gr. 7-leerders: Onder afdak (by finansiële kantore) Indien u nie self u kind kan kom haal nie, moet die persoon wat hul kom haal in besit wees van ʼn magtigingsbrief.

KULTUUR

SENIORKOOR

Baie dankie vir harde werk en 'n mooi vertoning op 26 Mei met die Megafest. Ons is trots op julle.

Neem kennis dat alle oefeninge normaal sal voortgaan, behalwe op die datums soos hieronder uiteengesit.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

4

Belangrike datums

6 Junie Geen oefening weens eksamen 13 Junie Geen oefening weens eksamen 20 Junie Normale oefening 27 Junie Laaste oefening voor die vakansie

Derde kwartaal

15 Augustus NG Weltevredenpark Koorfees 17 Augustus Laerskool Louw Geldenhuys Koorfees 25 Augustus Voorlopige datum Kunswedstryd

Voorspoed vir die eksamen.

Koorgroete

JUNIORKOOR

Baie dankie vir harde werk en 'n goeie vertoning met Megafest. Julle was sterre!

Belangrike datums

Neem kennis dat die juniorkoor tydens die eksamentyd op 6 Junie en 13 Junie in die lapa oefen.

26 Julie - Foyer Produksies (Kaartjieverkope sluit reeds einde Mei)

17 Augustus - Laerskool Louw Geldenhuys koorfees

25 Augustus - Voorlopige datum vir Kunswedstryd

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2

boksterte

Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swart belt en skoolskoene

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Inskrywings Ons is tans besig om die inskrywingsvorms voor te berei en sal dit binnekort beskikbaar maak. Die drama- dans-, sang- en instrumentale- afdelings sal in die middel van Augustus plaasvind. Visuele kuns Belangrike datums Rondte 2: Gr. 4 - gr. 7 23 Junie (meer inligting volg later) Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

5

DANS

Geen danslesse tydens eksamen nie. Hervat week van 19 Junie.

DRAMA

Geen dramaklasse tydens eksamen nie. Hervat week van 26 Junie.

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017 KAAPTOER 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

LANDLOOP

Oefening (NIE VERPLIGTEND NIE) vanaf Maandag 29 Mei en gedurende eksamen Maandae – Donderdae: 16:00 – 17:00 Vrydae: 14:00 – 15:00 Alle leerders van gr. 1 tot gr. 7 word uitgenooi! Kom leer saam met ons die tegniek, die genot van oefen en word lekker fiks vir die komende landloopseisoen. Bring jou waterbottel, tekkies en ‘n warm top saam. Sien jou daar! Mnr. Jordaan

HOKKIE

Oefeninge tydens eksamen (Slegs vir o/13-seuns en o/13-dogters) – Sien op School Communicator.

SENIORTENNIS

Oefeninge Geen oefeninge soggens as gevolg van voorbereiding vir eksamen.

Belangrike datums

Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus vir top 8 - seuns en - dogters

Seniortennisliga (Jhb-liga)

Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

NETBAL

JOMO-ligabepalings (o/10- tot o/13D- en C-spanne)

9 & 10 Junie Distrik-uitspele (voorlopige datums) 23 & 24 Junie Gauteng-uitspele (voorlopige datums)

Oefeninge tydens eksamen – Sien op School Communicator

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

6

RUGBY

Uitslae: o/8 – L/s Randhart-toernooi

vs Kenmare verloor 24 – 5

vs Impala wen 33 – 5

Uitslae vs L/s Randhart

o/8A wen 20 – 15 o/9A verloor 17 – 10

o/9B wen 34 – 5 o/10A verloor 26 – 7

o/10B wen 33 – 24 o/11A wen 20 – 19

o/11B wen 17 – 15 3de span verloor 33 – 12

2de span wen 29 – 7 1ste span verloor 32 – 14

Ligabepalings

Dinsdag 6 Junie vs L/s Roodekrans (tuis) Dinsdag 13 Junie Uitspele vir spanne wat in posisie 5 – 8 in die liga eindig

(moet nog bepaal word) Kwartfinaal 15 Junie H/s Florida (voorlopig) Semi-finaal 21 Junie H/s Florida (voorlopig) Finaal 24 Junie H/s Monument

SKAAK

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:00 - 13:50

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 13:00 - 14:00

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.22

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

Sien School Communicator vir meer inligting. (Sport / Algemeen)

ALGEMEEN

VERE-KAS

VERE-KAS

Vere-kas-tye gedurende die eksamen

Slegs in die oggende op die volgende dae:

Vrydag 2 Junie Maandag 5 Junie Dondedag 8 Junie Vrydag 9 Junie Maandasg 12 Junie Woensdag 14 Junie Donderdag 15 Junie

“SKINS EN “FLEECY TOPS” – SLEGS BESKIKBAAR BY LEWERANSIER CONSTANTIA

UITRUSTERS

KRIEKET

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

7

WOW-SPELFEES: TWEEDE RONDTE

Die datums is soos volg:

Gr. 1: Donderdag 22 Junie (tydens gewyde sang) Woorde 1 – 200

Gr. 2: Donderdag 22 Junie (tydens gewyde sang) Woorde 1 – 250

Gr. 3: Donderdag 22 Junie (tydens gewyde sang) Woorde 1 – 300

Gr. 4: Maandag 26 Junie (tydens saal) Woorde 1 – 399

Gr. 5 Maandag 26 Junie (tydens saal) Woorde 1 – 425

Gr. 6: Maandag 26 Junie (tydens saal) Woorde 1 – 425

Gr. 7: Maandag 26 Junie (tydens saal) Woorde 1 – 456

Die volgende rondte is ook skriftelik van aard en is vrywillig. Leerders wat deurdring na die derde

rondte, sal dan slegs mondeling getoets word. Gr. 1- tot gr. 2-leerders sal leiding ontvang ten opsigte

van die klank van woorde. Tye sal later deurgegee word. Die derde mondelinge uitdunne sal vroeg in

Augustus plaasvind.

WOW-groete!

Leanie Taljaard

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Lika Nel Groenklas: Johann Boshoff Oranjeklas: Stephan van Niekerk

Persklas: Kyle le Roux Geelklas: Jelana Moolman Rooiklas: Soné Stoltz

STER VAN DIE WEEK

Ons het per ongeluk 2 weke na mekaar dieselfde sterretjies se name geplaas. Hier is ons sterretjies van die afgelope 2 weke: 19 Mei 2017 Gr. 1/14: Miley Pienaar Gr. 1/22: Connor Cawood Gr. 1/24: Ruben Jacobs Gr. 1/25: Ruben van Dyk Gr. 1/26: Milla le Roux Gr. 1/27: Rikus van der Walt Gr. 2/15: Ruan Perry Gr. 2/16: Ilse Jooste Gr. 2/17: Claudia Brückner Gr. 2/18: Lizé Greeff Gr. 2/21: Caton Potgieter Gr. 2/23: Zoëy Botes Gr. 3/12: Alycia Reid Gr. 3/13: Stander Spangenberg Gr. 3/28: Leila Molenaar Gr. 3/29: Eben van Graan Gr. 3/45: Vincent Graham Gr. 3/46: Mia Moore 25 Mei 2017 Gr. 1/14: Sade Wilkins Gr. 1/22: Milla Zeimerink Gr. 1/24: Amore Serfontein Gr. 1/25: Zané Bornman Gr. 1/26: Abigail Jacobs Gr. 1/27: Megan Kleynhans Gr. 2/15: Ilze van Niekerk Gr. 2/16: Diederick Kleyn Gr. 2/17: Jaylin Niemand Gr. 2/18: Kiara Nel Gr. 2/21: Leléna van Rooyen Gr. 2/23: J.P. van Heerden Gr. 3/12: Taitha Jordaan Gr. 3/13: Mieke Jooste Gr. 3/28: Jana Novellla Gr. 3/29: Cara Kilian Gr. 3/45: Lienka Jordaan Gr. 3/46: Kaelin Vosloo

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

8 Goeie gedrag Gr. 1/26 Zani Jacobs Gr. 4/49 Mieke Raubenheimer en Arnel Swart

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

AKADEMIE

ATKV-Spelaton

Die volgende leerders het puik presteer tydens die Gautenguitdunne van die ATKV-spelathon op Dinsdag 9 Mei. Hier is hul uitslae: Gr. 6 Andries de Kock Tweede plek Mia Marais Eerste plek Gr. 7 André van Graan Tweede plek

Volgende uitdunne: Gautengfinaal op 13 September

SPORT

Jiu Jitsu

Thorne van Blerk ( gr. 2/23 ) het Saterdag 27 Mei 2017 aan die Brazilian Jiu Jitsu Gauteng provinsiale

kampioenskap deelgeneem waar hy die beste in sy divisie was en Goud verwerf het.

Gimnastiek Kayla Grant (gr. 1/22) het die afgelope naweek aan die “Gauteng Provincial Gymnastics Festival” deelgeneem in vlak 2 in haar ouderdomsgroep. Sy behaal ‘n algehele silwermedalje vir haar gemiddelde puntetelling en kwalifiseer vir jaar Junior Sentraal-Gautengkleure. Sy word dan ook gekies om Sentraal-Gauteng te verteenwoordig by die “Central Zone Challenge” aan die einde van Junie.

Ritmiese Gimnastiek Ludè Pieterse (gr. 1/14) het Saterdag 27 Mei, Visions Gymnastics verteenwoordig by die Gauteng Artistiese Gimnastiekkompetisie. Sy het ‘n algehele bronsmedalje verower in haar ouderdomsgroep vir dogters (6 jaar). Baie geluk, Ludè!

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

9

Ritmiese Gimnastiek Mila Pieterse het haar Junior Sentraal-Gautengkleure verower by Gauteng se kwalifiserende kompetisie op 6 Mei vir artistiese gimnastiek, waar sy Visions Gymnastics verteenwoordig het. By hierdie kompetisie verower sy ‘n algehele silwermedalje.

Op Vrydag 26 Mei het sy Sentraal-Gauteng verteenwoordig in die Gauteng kompetisie waar sy ‘n algehele bronsmedalje verorwer het in haar ouderdomgroep vir dogters (10 jaar en jonger).

Baie geluk, Mila!

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Bly warm hierdie winter deur jou huis te vul met vrolike musieknote!! Skryf nou in vir kitaar, sang, viool,

dromme of klavierlesse. Berario Ontspanningsentrum. Resonanze Musiekskool - 081 351 7491 -

[email protected]

SONDELA CHALET TE HUUR

4-Ster Sondela chalet, Bela-Bela, piektyd in skoolvakansie 14 - 21 Julie, slaap 6, R9000 vir die week.

Kontak [email protected] 079 595-6177.

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

Eksamentyd? Jy weet nie waar om te begin nie? Wisk. - en Rek.- werkswinkels voor die eksamen.Daar is verskillende pakette beskikbaar. Minimum van 3 kinders per klas. Bring 2 pelle en baat hierdie eksamen. Pakket 1: Uitwerk van vraestel in gegewe tyd en memo. R200 per kind Pakket 2: Uitwerk van vraestel in gegewe tyd, bespreking van vraestel en memo. R350 per kind Pakket 3: Uitwerk van vraestel gegewe tyd, behandeling van vraestel, memo. 2 ekstra vraestelle vir by die huis en een les die dag voor die vraestel R500 per kind. Kontak Yolande Potgieter 0836349992

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

10

Heksie’s Bakery

Lillian Ankersmit Phone: 082 324 5034

E-mail: [email protected] Website: Heksies.co.za

Cakes: Birthdays, Weddings, Picture Transfer, Pops

Cup Cake’s, Basic Butter Cream, Novelty, Boutique

Biscuits, Choc Chip, Oatmeal, Ginger, Sweet, Pecan, Peanut

butter, other.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15 kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal

11