veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......druk op die wapens in die dokument vir...

26
Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase van Laerskool Rustenburg COVID-19 1. Inleiding Bl. 2 2. Feite oor COVID-19 Bl. 2 3. Voorsorgmaatreëls Bl. 4 4. COVID-19 komitee (Skoolbestuurspan) Bl. 5 5. Persoonlike beskermende toerusting en ander produkte Bl. 6 6. Toetsing (screening) Bl. 6 7. Isolasiekamer Bl. 7 8. Prosedure indien ʼn leerder of personeellid simptome toon Bl. 7 9. Verantwoordelikhede en pligte van skoolbestuurspan Bl. 8 10. Verantwoordelikhede en pligte van onderwysers Bl. 9 11. Verantwoordelikhede en pligte algemene personeel Bl. 12 12. Verantwoordelikhede en pligte ouers en voogde Bl. 14 13. Verantwoordelikhede en pligte leerders Bl. 16 14. Fases van terugkeer skooltoe Bl. 17 15.Skool se ondersteuningsnetwerk Bl. 22

Upload: others

Post on 14-Aug-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

Druk op die wapens in

die dokument vir meer

inligting.

Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die

heropeningsfase van Laerskool Rustenburg

COVID-19

1. Inleiding Bl. 2

2. Feite oor COVID-19 Bl. 2

3. Voorsorgmaatreëls Bl. 4

4. COVID-19 komitee (Skoolbestuurspan) Bl. 5

5. Persoonlike beskermende toerusting en ander produkte Bl. 6

6. Toetsing (screening) Bl. 6

7. Isolasiekamer Bl. 7

8. Prosedure indien ʼn leerder of personeellid simptome toon Bl. 7

9. Verantwoordelikhede en pligte van skoolbestuurspan Bl. 8

10. Verantwoordelikhede en pligte van onderwysers Bl. 9

11. Verantwoordelikhede en pligte algemene personeel Bl. 12

12. Verantwoordelikhede en pligte ouers en voogde Bl. 14

13. Verantwoordelikhede en pligte leerders Bl. 16

14. Fases van terugkeer skooltoe Bl. 17

15. Skool se ondersteuningsnetwerk Bl. 22

Page 2: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

2

1. Inleiding

Met die skool wat moontlik in die volgende paar weke in fases gaan heropen vir ons

personeel en leerders, is dit noodsaaklik dat sekere volhoubare maatreëls in plek gestel, en

gevolg moet word, om te verseker dat ons gemeenskap, leerders en personeel veilig bly in lig

van die COVID-19 Pandemie, asook vir die voorkoming, vroeë identifisering en kontrole van

enige verdere verspreiding. Ons wil ook ʼn veilige skool skep vir ons leerders en personeel om

sodoende die skooljaar sonder enige verdere onderbreking te voltooi. Hierdie krisis bied die

leerders egter ook die geleentheid om eienskappe soos deursettingsvermoë en selfdissipline

te kweek.

2. Feite oor COVID-19

Wat is COVID-19?

COVID-19 is ʼn siekte veroorsaak deur ʼn nuwe stam van koronavirus. “CO” staan vir korona.

“VI” staan vir virus en “D” vir siekte (disease). Aanvanklik is daar na die siekte verwys as “2019

nuwe koronavirus” of “2019-nCOV”. Die COVID-19 virus is ʼn nuwe virus verbind aan dieselfde

familie van virusse as “EARS” (Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom), asook sekere tipes

gewone verkoue.

Wat is die simptome van COVID-19?

• Simptome is soortgelyk aan die van griep.

▪ Koors (37,5˚C en hoër)

▪ Hoes

▪ Kort van asem

▪ Lyf seer

▪ Seer keel

▪ Hoofpyn

▪ Naar / Diarree

▪ Moegheid

▪ Rooi oë

▪ Verlies aan reuk of smaak

• In ernstige gevalle kan die infeksie lei tot longontsteking of asemhalingsprobleme. Die

siekte kan noodlottig wees.

• Monitor u gesondheid - indien u siek voel bly by die huis en stel die skool in kennis.

• COVID-19 simptome is soortgelyk aan griepsimptome, moet asseblief nie paniekerig

raak nie. Raadpleeg u huisdokter, hy sal ʼn diagnose maak.

Page 3: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

3

Hoe versprei COVID-19?

• Die virus word oorgedra deur direkte kontak met 'n besmette persoon se

asemhalingsdruppels (deur hoes en nies), wanneer hulle nie goeie respiratoriese

higiëne handhaaf nie.

• Individue kan ook besmet raak deur aan oppervlaktes te raak wat besmet is met die

virus en dan aan hul gesig te vat (bv. Oë, neus, mond).

• Die COVID-19-virus kan vir 'n paar uur op oppervlaktes oorleef, maar eenvoudige

ontsmettingsmiddels kan dit doodmaak.

Wat is die behandeling van COVID-19?

• Daar is tans nie 'n entstof teen COVID-19 beskikbaar nie.

• Baie van die simptome kan egter behandel word, met vroeë behandeling deur ʼn

geneesheer.

Hoë risiko persone?

Komorbiditeite / gesondheidstoestande

• Bo die ouderdom van 60.

• Bestaande mediese toestande, byvoorbeeld:

▪ Kardiovaskulêre siekte

o Beroerte

o Hartversaking

o Matige tot ernstige hipertensie (Hoë bloeddruk)

▪ Respiratoriese toestande

o Pulmonêre tuberkulose

o Matig tot ernstige asma

o Chroniese obstruktiewe longsiekte

o Ander ernstige chroniese longpatologie

▪ Chroniese niersiekte

▪ Swangerskap (Derde trimester - verder as week 27)

▪ Immuunonderdrukking

o Swak beheerde tipe II-diabetes

o Kanker wat aktief behandel word

o Chroniese immuunonderdrukking

o HIV / MIV

▪ Metaboliese sindroom (BMI 40 hoër – kg/m2)

Alle Laerskool Rustenburg personeel en leerders word versoek om ʼn vraelys (Google vorms)

in te vul aangaande hulle persoonlike gesondheid om sodoende moontlike hoë risiko gevalle

te kan identifiseer. Personeel met hoë risiko gevalle moet ʼn “Bestuur van komorbiditeit” van

SAOU invul en dit by mnr. Koos J.v. Vuuren inhandig saam ʼn mediese sertifikaat van u dokter.

Page 4: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

4

3. Voorsorgmaatreëls

Hoe kan die verspreiding van COVID-19 vertraag, of voorkom word?

Daar moet opleiding gegee word, asook plakkate opgerig word aangaande die bewusmaking

van die voorsorgmaatreëls. Daaglikse voorsorgmaatreëls moet die volgende insluit:

• Indien u siek is bly by die huis en verkry mediese ondersteuning , stel die skool in

kennis. Sterk aan by die huis voor u terugkeer skool toe.

• Die dra van ʼn materiaal masker, ten alle tye, wat u ken, mond en neus bedek.

▪ U moet ten minste twee materiaal maskers besit.

▪ Maskers moet ook daagliks gewas word.

• Handhigiëne moet op ʼn gereelde basis gehandhaaf word deur hande gereeld te was

met seep en water vir 20 sekondes en af te droog met weggooibare papierhanddoek,

anders maak gebruik van Alkoholiese handontsmettingsmiddels.

• Respiratoriese higiëne moet gehandhaaf word deur binne ʼn gebuigde elmboog of

sneesdoekie te hoes of nies. Sneesdoekie moet onmiddellik weggegooi word in die

asblik en handhigiëne prosedure moet toegepas word.

• Sosiale afstand sal ten alle tye toegepas moet word deur 1.5 tot 2 meter vanaf ander

persone te bly en geen fisiese kontak te maak nie. Groet met ʼn goeie gebaar deur vir

die persoon te waai.

• As ʼn persoon naby jou hoes of nies draai jou kop weg.

• Vermy dit om aan jou mond, neus of oë te vat.

• Daaglikse ontsmetting van klaskamer, badkamers en kantore.

• Gereelde skoonmaak van oppervlaktes en artikels.

Page 5: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

5

4. COVID-19 komitee (Skoolbestuurspan)

Mnr. Koos J.v. Vuuren - Skoolhoof

Mnr. Gerrie Oberholzer – Adjunkhoof: Akademie

Mnr. Ig de Jager – Adjunkhoof: Sport

Mnr. Francois Hornschuh – Visie Adjunkhoof: Terreinontwikkeling en fisiese geriewe

Mev. Hilda Hills – Visie Adjunkhoof: Akademie

Mnr. Willem Martinson – Departementshoof: Sekuriteit en veiligheid

Mev. Sonette Swart – Departementshoof: Grondslagfase

Mev. Daleen Jordaan – Departementshoof: Grondslagfase

Mev. René Schoombee – Skakelbeampte (kommunikasie)

Mej. Jacqueline Prinsloo – Finansies

Mev. Chantelle du Toit – Gr. R gradeleier

Mev. Sunell Bezuidenhout - Kultuur

Mev. Alda Oberholzer - Departementshoof

Mev. Maretha Mostert - Departementshoof

Mev. Heleen de Klerk - Departementshoof

Mej. Karen van Rensburg - Departementshoof

Mev. Adelita Botha - Departementshoof

Met die hulp en insette van die beheerliggaam.

Page 6: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

6

5. Persoonlike beskermende toerusting en ander produkte

• Materiaal Maskers

Die masker moet u ken, mond en neus bedek

▪ 43 (Dept. Poste) ontvang van die Departement van Basiese Onderwys.

▪ SAOU verskaf vir hulle lede.

▪ Skoolmaskers en skerms is beskikbaar by skool teen R 30 elk.

▪ Eie materiaal maskers kan gebruik word as dit u ken, mond en neus bedek.

• Termometers

▪ Twee ontvang van die Departement van Basiese Onderwys.

▪ Skool het alreeds drie aangeskaf.

▪ Aankoop van nog drie afhangend van hoeveel ons van die DBO kry.

• Handontsmettingsmiddels

▪ 25l ontvang van die Departement van Basiese Onderwys en een spuitbottel.

▪ Aankoop van spuitbottels vir die vloeibare handontsmettingsmiddels.

▪ Skool het alreeds 100 bottels aangeskaf.

▪ GSF help met vloeibare handwasseep in die badkamers.

▪ Aankoop van weggooibare papierhanddoek vir die badkamers.

▪ Twintig handvrye staanders vir handontsmettingsmiddels is aangekoop.

▪ Plaas handontsmettingsmiddels op strategiese plekke.

o Badkamer

o Toetsstasies

o Klaskamers

o Ontvangs

o Ingang tot skoolterrein

• Ontsmetting van kantore, badkamers en klaskamers.

▪ Ontvang finansiële ondersteuning van die Departement van Basiese Onderwys

vir een keer se ontsmetting.

▪ Huur of aankoop van toerusting en ontsmettingsmiddels.

• Ontsmettings spuitkas (Spraying booth)

▪ Het ʼn twee skenkings ontvang vir ʼn ontsmettings spuitkas (Spraying booth).

▪ ʼn Enkel en dubbel ontsmettings spuitkas (Spraying booth).

▪ Ontsmettingsmiddels aankoop vir die ontsmettings spuitkas (Spraying booth)

wat nie skadelik is vir enige leerder nie.

• Ekstras

▪ Aankoop van “Duct tape” en verfsproei vir die beheer van sosiale afstand.

Daar moet na die beskikbaarheid van finansies en borge gekyk word.

Page 7: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

7

6. Toetsing (screening)

• Personeel, leerders en besoekers sal daagliks deur die toetsing (screening) moet gaan.

• Presensie word geneem van wie op die terrein is.

• Neem van liggaamstemperatuur.

• Vraelys beantwoord wat bestaan uit (aanhegsel C):

▪ Was u in kontak met iemand wat positief getoets is vir COVID-19?

▪ Voel jy gesond?

▪ Het u enige van die volgende simptome?

Koors, hoes, seer keel, kort van asem, lyf seer, rooi oë, verlies aan reuk of

smaak, naarheid, diarree of moeg.

• Koors van 37,5˚C of hoër is die grootste kenmerk van die COVID-19 simptome.

• Indien enige iemand se koor 37,5˚C of hoër is moet die persoon onmiddellik na die

isolasiekamer geneem word deur mnr. Callie J.v. Rensburg sodat die persoon geïsoleer

kan word.

• Leerders en personeel se liggaamstemperatuur sal aan die einde van die skooldag ook

geneem word.

• Stappe word dan gevolg soos beskryf onder “Prosedure indien ʼn leerder of

personeellid simptome toon”.

• Elke persoon moet ook ʼn “COVID-19 Screening tool” dokument van die Departement

van Gesondheid Noordwes provinsie daagliks moet invul wat by mnr. Willem

Martinson ingedien moet word.

• Daar sal personeellede opgelei word om die toetsing te hanteer.

7. Isolasiekamer

• Mnr. Callie J.v. Rensburg sal beheer neem van die isolasiekamer.

• Kaartjieverkope lokaal (op die punt van nuwe badkamers) sal dien as ʼn sentrale punt

waarheen leerders of personeel gaan wat ʼn koors van 37,5˚C of hoër toon.

• Voorsorgmaatreëls moet streng gehandhaaf word.

• Mnr. Callie J.v. Rensburg sal in kontak bly (met behulp van ʼn tweerigtingradio) met die

ontvangsdames indien ouers of voogde gekontak moet word.

• Kaartjieverkope lokaal moet ontsmet word en so ingerig word as ʼn isolasiekamer.

Page 8: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

8

8. Prosedure indien ʼn leerder of personeellid ʼn koors van 37,5˚C of hoër toon:

1. Die leerder of personeellid sal na die isolasiekamer verwys word.

2. Die leerder en personeellid sal dan weer deur die toetsing (screening) gaan by die

isolasiekamer, uitslae van toetsing word aangebring op die uittekenbrief en

kontrolelys.

3. Daar word op die kontrolelys aangedui met wie die leerder of personeellid in kontak

was. Soos byvoorbeeld die leerders en onderwyser met wie hy in kontak was tydens

skool.

4. Ouers of voog word gekontak deur die ontvangsdames en prosedure word verduidelik.

Hoof word in kennis gestel van die personeellid.

5. Ouers of voog ontvang leerder by die sporthek waar hulle ook die leerder uitteken.

Personeellid verlaat die terrein.

6. Ouers, voog of personeellid moet hulle huisdokter raadpleeg om die nodige stappe te

neem.

7. Ouers, voog of personeellid moet in kontak bly met die skool rakende die toestand van

die leerder.

8. Leerder of personeellid moet eers aansterk by die huis voordat hulle terugkeer skool

toe. Bewys moet ingedien word dat die leerder of personeellid herstel het as hy/sy

gediagnoseer is met COVID-19.

9. Die hoofkantoor (NW DBO), distrikkantoor (Rustenburg DBO) en Departement van

Gesondheid Noordwes provinsie moet in kennis gestel word indien ʼn leerder

gediagnoseer is met COVID-19.

Indien ʼn leerder tydens skool siek begin voel of simptome begin wys moet die nodige

stappe geneem word deur die uittekenproses van die skool te volg.

• Personeel sal uittekenbriewe ontvang in hulle poshokkies wat hulle in hulle klas moet

hou.

• Invul van die uittekenbrief word deur die onderwyser gedoen. Vakonderwyser hoef

nie te teken nie. Laat weet op die personeel se graad WhatsAppgroep indien ʼn leerder

uitgeteken word.

• Leerder beweeg op na isolasiekamer toe, onderleiding van mnr. Willem Martinson.

• Uittekenbrief word ingehandig by mnr. Callie J.v. Rensburg.

• Prosedure word gevolg soos voorgestel onder “Prosedure indien ʼn leerder of

personeellid simptome toon”.

• Algemene beserings word soos normaal gehanteer in die siekekamer in die kantoor.

Page 9: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

9

9. Verantwoordelikhede en pligte van skoolbestuurspan

Bestuur kom elke oggend bymekaar voor skool.

▪ Seker maak dat alle voorsorgmaatreëls ten alle tye streng gehandhaaf word.

▪ Daar moet genoeg plakkate en bewuswording gedoen word om voorsorgmaatreëls in

te skerp en navolging daarvan te verseker.

▪ Nodige opleiding bied aan die personeel.

▪ Voorsorgmaatreëlvideo’s en -foto’s moet gereeld op sosiale media gedeel word.

▪ Ouers en leerders inlig (video) oor die proses van die ontvang van leerders.

• Alle voorsorgmaatreëls moet aan personeel, leerders en ouers gekommunikeer word.

• In hierdie tyd is dit belangrik dat die skool ʼn boodskap van gereedheid en positiwiteit

uitstuur.

• Goeie kommunikasie handhaaf tussen die skool en:

▪ Departement van Basiese Onderwys

▪ Gesondheidsowerhede

▪ Personeel

▪ Ouers

• Permitte sal voorsien word aan alle onderwysers om te kom werk deur die DBO.

• Identifiseer van hoë risiko personeel en leerders tydens die COVID-19 pandemie.

• Daar sal geen groot byeenkomste by die skool soos saalopeninge, sportbyeenkomste

of buitekurrikulêre aktiwiteite plaasvind tot verdere kennisgewing vanaf die skoolhoof

of Departement van Basiese Onderwys.

▪ Streng beheer tot die toegangs tot die skoolterrein.

▪ Korttermyn strategie vir aanlyn onderrig vir die leerders wat nie by die skool is nie.

▪ Video-lesse – Interaksie tussen onderwyser en leerder

▪ Powerpoint met klankopname

▪ Assessering

▪ Bewerkstellig van effektiewe onderrigmetode.

▪ Rooster

▪ Metodes

▪ Plasing van leerkrag (Hoë risiko personeel ingedagte)

▪ Klas word in twee verdeel sodat ±20 in ʼn klas is.

▪ 10 grootste klasse sal gebruik word vir die Gr. 7 leerders.

• Bewerkstellig van effektiewe program.

▪ Terrein en busdiens

▪ Proses van infasering van verskeie fases

▪ Pligte van personeel

Page 10: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

10

10. Verantwoordelikhede en pligte van onderwysers

Voorsorgmaatreëls en bewuswording

• Voorsorgmaatreëls moet ten alle tye streng gehandhaaf word.

• Bevorder voorsorgmaatreëls en monitor die toepassing daarvan. Wees ʼn voorbeeld

vir ons leerders.

• Uitstuur van Google vorms om die volgende inligting te kry:

▪ Identifisering van hoë risiko leerders

▪ Identifisering moontlike nuwe happieklub leerders (bevestig met mev. Christien

Ferreria)

▪ Enige moontlik ondersteuning wat ouers benodig

▪ Gaan u kind skool bywoon wanneer hulle moet terugkeer skool toe

• Ouers inlig (Video) van die prosedure wat leerders sal moet volg wanneer hulle

terugkom skool toe en bewuswording van voorsorgmaatreëls.

• Basiese inligting rakende COVID-19 te ken, insluitend

▪ Simptome

▪ Verspreiding

▪ Voorkomings

▪ Bly op die hoogte van COVID-19 deur betroubare bronne soos UNICEF, WGO en

Nasionale Advies vir Gesondheidsorganisasies.

▪ Wees bewus van vals inligting / mites wat mondelings of aanlyn kan versprei.

• Plakkate met voorsorgmaatreëls sal aan elke personeellid verskaf word om binne of

buite u klas op te sit.

• COVID-19 Pandemie is deel van die Lewensvaardighede en Lewensoriëntering se

hersiene kurrikulum. Fokus op:

▪ Die ontstaan

▪ Verspreiding

▪ Simptome

▪ Voorsorgmaatreëls

• Indien daar nuwe inligting verskaf word deur die DBO sal u in kennis gestel word.

• Maak seker jy het handontsmettingsmiddels vir jou klas.

▪ Daar sal verskaf word vir elke klas met ʼn handvrye staanders.

▪ Handvrye staanders sal soos die infasering van grade aangekoop word.

▪ Daar sal ʼn geleentheid wees om leё bottels weer te hervul. Moet asseblief nie

die bottels weggooi nie.

Klaskameromgewing

• Sorg vir genoegsame vars lug en ventilasie in die klaskamer.

• Regpak van klaskamers en merk van aantree punte met sosiale afstand ingedagte.

• Maak seker klaskamervullis word daagliks verwyder en weggeneem deur die

onderwyser en nie deur die leerders nie.

Page 11: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

11

• Moedig leerders aan om nie onnodig aan voorwerpe of oppervlaktes te raak, wat

moontlik besmet kan wees nie.

• Bewuswording in die oggend.

• Vestig roetine by die leerders.

Leerderondersteuning

• Indien daar enige leerders is wat nie skooltoe gekom het nie:

▪ Moet die ouers gekontak word vir redes vir afwesigheid.

▪ Indien die kind wegbly as gevolg van dat hy/sy ʼn hoë risiko geval is, siek voel, of

besluit het hulle gaan afstandsonderrig deur die skool doen moet daar nog

steeds akademiese werk aan die leerders gestuur word.

• Moedig leerders aan om positief te bly.

• Identifiseer moontlike nuwe Happieklub leerders.

• Vergewis u self van die verskillende reaksies en emosies van leerders.

▪ Bied ondersteuning.

▪ Wees ten alle tye positief.

▪ Vra hulp van die karaktersvormingsdepartement.

• Monitor leerders vir enige moontlike simptome en rapporteer dit onmiddellik.

• Korrekte stappe neem indien ʼn leerders siek begin voel of simptome begin wys tydens

skool. Sien prosedure onder “Indien ʼn leerder tydens skool siek begin voel of

simptome begin wys moet die nodige stappe geneem word deur die uittekenproses

van die skool te volg”.

Onderrig

• Onderrig gee aan die grade se leerders wat by die skool is.

• Lesse voorberei vir die leerders ingeval die grendeltydperk se maatreëls weer streng

aangepas word.

• Afstandsonderrig moet nog steeds plaasvind deur middel van die D6 kommunikeerder,

WhatsApp-groepe en ekstra platforms.

• Toesig hou van klasse.

Ekstra dienste - Pouse, terreindiens, busdiens, toetsing en hulp in die parkeerterrein.

• Terreindienspersoneel maak seker voorsorgmaatreëls word streng toegepas tydens

pouses en by die aantree by die snoepie.

• Leerders gebruik badkamers by die velde tydens pouse. Leerders moet nie meer as

twee in die badkamers wees nie.

• Nuwe terreindiensrooster (SPF) sal opgestel word.

• Klasse sal geallokeerde plekke kry op die terrein tydens pouse.

• Personeel wat die huidige akademiese klas hanteer voor pouse sal die klas vergesel na

die aangeduide speelterrein waar die terreinpersoneel die leerders sal ontvang.

Page 12: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

12

• Personeel wat na pouse die volgende akademiese klas moet aanbied gaan haal die

leerders op die speelterrein waar hulle sal aanmeld (sien aanhegsel A).

• Terreindienspersoneel moet seker maak die leerders tree aan op die aangeduide

plekke na pouse op die B-veld (Sien aanhegsel A).

• Personeel sal aangestel word om te help met die toetsing (screening) van leerders en

personeel.

• Manspersoneel sal hulp aanbied in die parkeerterrein om te verseker dat

voorsorgmaatreëls gevolg word.

Algemeen

• Personeel wat terrein moet verlaat vir noodgevalle:

▪ Moet toestemming verkry by mnr. Koos J.v. Vuuren.

▪ Met u terugkeer skooltoe sal u by ontvangs moet aanmeld vir toetsing

(screening).

• Kantoorblok en finansiëlekantoor het potensiaal vir opeenhoping van persone, slegs

vir noodsaaklike versoeke mag u die kantoorblok binnegaan.

• Geen personeel in die kombuis nie, slegs die kombuisdames wat daar werk sal

toegelaat word. Die dames moet voorsorgmaatreëls streng volg.

• Maak voorsiening vir eie verversings en eetgerei.

• Geen saamdrom van personeel in konferensiekamer en tydens pouse in die

personeelkamer nie. Kuier eerder buite u klas.

• Gebruik personeel en saalbadkamer om opeenhoping van personeel te voorkom.

• Moet nie goed deel nie, soos:

▪ Skryfbehoeftes

▪ Eetgerei, glase en koppies.

• Personeel met kinders moet sover moontlik probeer toesig reël vir hulle kinders vir

wanneer u terugkeer skool toe*.

11. Verantwoordelikhede en pligte algemene personeel

Administratiewe personeel

• Voorsorgmaatreëls moet ten alle tye streng gehandhaaf word.

• Die ontvangsdames sal die hek hanteer by ontvangs.

• Hantering van toetsing (screening) van besoekers sal deur die ontvangsdames

gehanteer word en hulle sal kontroleer dat besoekers voldoen aan die nodige

voorsorgmaatreëls.

• Toegang gedurende die dag deur besoekers word beperk.

▪ Afspraak sal gemaak moet word.

▪ Beperk die hoeveelheid persone per gesin op die skoolterrein.

▪ Besoekers sal streng by die nodige voorsorgmaatreëls moet hou.

▪ Toegang sal slegs deur ontvangs toegelaat word soos normale prosedure.

Page 13: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

13

▪ Die besoeker sal deur die toetsing (screening) prosedure moet gaan.

• Nuwe inskrywings, betalings of enige finansiële aspekte moet by ontvangs aanmeld

en deur die nodige prosedure gaan soos bespreek hierbo.

• Kontak van ouers of voogde indien leerder siek voel of simptome van die COVID-19

wys (kommunikasie van mnr. Callie J.v. Rensburg.

• Skoon uittekenbriewe in personeel se hokkies sit.

• Ontvang geen persoonlike aflewerings van personeel nie.

Karaktervormingsdepartment en MB personeel

• Beskikbaar wees vir emosionele ondersteuning aan leerders en personeel ten opsigte

van vrese, angs en onsekerhede met die hulp en ondersteuning van die Departement

van Sosiale Ontwikkeling en bekwame instansies.

• Aanbied van ʼn ondersteuningsprogram met samewerking van die MB personeel

(tydens MB periodes).

• KVD kantoor help met verspreiding van Happieklub kospakkies.

• MB personeel aanbied van matige aktiwiteite soos vereis deur die hersiene

kurrikulum en MB lesprogram vir die jaar.

Terreinpersoneel

• Voorsorgmaatreëls moet ten alle tye streng gehandhaaf word.

• Gebruik die ouditorium se hek (hek no.01) om die skool binne te kom.

• Terreinpersoneel moet onmiddellik getoets word deur mnr. Roger Doyle en mnr.

Mossie Mostert as hulle die terrein betree.

• Algemene onderhoud van die terrein.

• Aankoop (huur) van ontsmettings middels en toerusting.

• Skoonmaak van klaskamers soos benodig.

• Ontsmetting en skoonmaak van toiletgeriewe vir leerders asook personeel daagliks.

• Daagliks ontsmetting van skoolgeboue, klaskamers, kombuise daagliks.

• Ontsmetting van oppervlaktes wat deur baie mense aangeraak word soos relings,

deur- en vensterhandvatsels.

• Merk van ingang na skool sodat sosiale afstand gehandhaaf word wanneer die

leerders die skoolterrein betree.

• Merk van B rugbyveld vir aantree van leerders na pouse met sosiale afstande in

gedagte (Sien aanhegsel A)

• Daaglikse vullisverwydering en ontsmetting.

• Sekuriteitswag (Zorro) moet die toegang tot die skoolterrein beheer

▪ Hekke sluit sodra al die leerders en personeel op die terrein is.

▪ Enige aflewerings moet plaasvind deur die sporthek. Die sekuriteitswag sal

opgelei word om persone deur die toetsing (screening) proses te laat gaan

voordat hulle die terrein mag binne kom.

Page 14: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

14

▪ Hoofhek sal slegs oop wees volgens die aangeduide tye wanneer die personeel

en die leerders die terrein binne kom.

▪ Toegangshekke word gesluit sodra al die leerders en personeel die skool betree

het.

▪ Hoofhek sal eers weer oopgesluit word wanneer die leerders verdaag.

• Inrig van die isolasiekamer in die kaartjieverkoop lokaal.

▪ Ontsmetting van die kaartjieverkoop lokaal.

▪ ± Tien stoele (twee meter uitmekaar).

▪ Nuwe MB-kantoor inrig met Tafel en stoele.

▪ Een tweerigtingradio vir kommunikasie tussen die MB kantoor en ontvangs.

Happieklub

• Voorsorgmaatreëls moet ten alle tye streng gehandhaaf word.

• Kombuispersoneel gebruik die ouditorium se hek (hek no.01) om die skool binne te

kom.

• Kombuispersoneel moet onmiddellik getoets word deur mnr. Roger Doyle en mnr.

Mossie Mostert as hulle die terrein betree.

• Kospakkies moet opgemaak word vir leerders wat aan die Happieklub behoort en

voor eerste pouse by die KVD kantoor afgelewer word.

• Sien die vyf sleutels tot veiliger voedsel deur die Wêreldgesondheidsorganisasies

deur op die wapen te klik:

• Sien die Wêreldgesondheidsorganisasie se dokument oor voedselvoorbereiding en

voorsiening deur op die blou skakel te klik.

https://drive.google.com/open?id=1nhbBw68K5QdxQTxrHUm4zN8ksiTnEibI

Snoepie

• Voorsorgmaatreëls sal streng gehandhaaf word.

• Snoepiepersoneel moet gebruik maak van die saal se hek (hek no. 05) om

skoolterrein te betree.

• Snoepie moet hulle eie voorsorgmaatreëls indien by mnr. Willem Martinson.

• Terreindienspersoneel sal help met die handhawing van sosiale afstand.

• Afleweringsdienste vir die snoepie.

▪ Sekuriteitswag moet in kennis gestel word wanneer aflewerings gaan geskied.

▪ Afleweringsdienstepersoneel moet ook deur die toetsing (screening) gaan wat

deur die sekuriteitswag gedoen sal word.

• Sien die vyf sleutels tot veiliger voedsel deur die Wêreldgesondheidsorganisasies

deur op die wapen te klik:

• Sien die Wêreldgesondheidsorganisasie se dokument oor voedselvoorbereiding en

voorsiening deur op die blou skakel te klik.

https://drive.google.com/open?id=1nhbBw68K5QdxQTxrHUm4zN8ksiTnEibI

Page 15: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

15

12. Verantwoordelikhede en pligte ouers en voogde

Voorsorgmaatreëls en bewuswording

• Ouers moet op hoogte bly van die inligting aangaande COVID-19.

▪ Simptome

▪ Verspreiding

▪ Voorkomings

▪ Bly op hoogte van COVID-19 deur betroubare bronne soos UNICEF, WGO en

Nasionale Advies vir Gesondheidsorganisasies.

▪ Wees bewus van vals inligting / mites wat mondelings of aanlyn kan versprei.

• Die skool sal die nodige persoonlike beskermende toerusting en ontsmettingsmiddels

aan die leerders beskikbaar stel. Ouers kan egter produkte aankoop vir ekstra

beskerming.

▪ Alkohol handontsmettingsmiddels

▪ Maskers

▪ Sneesdoekies

• Leerders moet twee maskers skool toe bring.

• Verduidelik en leer u kind van die toepassing en noodsaaklikheid van die

voorsorgmaatreëls.

• Daar sal ʼn vraelys gestuur word waar u die volgende eerlik moet beantwoord:

▪ Identifisering van hoë risiko leerders

▪ Enige moontlik ondersteuning wat ouers benodig

▪ Gaan u kind skool bywoon wanneer hulle moet terugkeer skool toe

• Inligting (Video) sal gestuur word oor die prosedure wat leerders sal moet volg

wanneer hulle terugkom skool toe en hulle bewus te maak van die

voorsorgmaatreëls.

• Kleredrag en tasse moet daagliks gewas word.

• Leerders kan formele of informele (MB-drag en sweetpak) skooldrag dra.

• Daar is klere in die klerebank vir leerders wat benodig.

• Maak vir u kind ʼn kospakkie by die huis om skool toe te neem.

Skoolbywoning

• Stuur u kind skool toe soos versoek deur die Departement van Basiese Onderwys as

hy/sy gesond is. Vir enige ander onderrig opsies kontak die skool (sien skrywe: Nuus

uit die hoof se kantoor geplaas op 23 Mei 2020.

• Monitor u kind se gesondheid en as u kind siek voel hou hom by die huis en

raadpleeg u huisdokter. Stel die skool in kennis.

• COVID-19 simptome is soortgelyk aan griepsimptome. Moet asseblief nie paniekerig

raak nie, raadpleeg u huisdokter. Hy sal ʼn diagnose maak.

• Leerders moet by die huis bly indien hulle onder die hoë risiko gevalle val. Leerder

moet aanhou met afstandonderrig wat bestuur word deur die skool.

• Leerders moet nie onnodig wegbly van die skool nie.

Page 16: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

16

Ondersteuning

• Ondersteun en motiveer u kind. Stel hulle gerus en moedig u kind aan.

• Onthou u kind mag verskillende reaksies ten opsigte van spanning toon, wees

geduldig en ondersteunend, vra vir hulp van die skool se

karaktersvormingsdepartement.

Onderrig

• Leerders moet nog steeds by die huis sy akademiese pligte nakom met die hulp

van die skool.

• Afstandsonderrig moet nog steeds plaasvind deur middel van die D6

kommunikeerder, WhatsApp-groepe en ekstra platforms.

• Ouers moet alles doen om leerders te ondersteun en van hulp te wees waar daar ʼn

behoefte is.

Op- en aflaai van leerders

• Leerders moet onmiddellik kom haal word wanneer die skool verdaag 14:10.

• Voor, en na afloop van die skooldag, sal ouers nie leerders op die terrein kan op- of

aflaai nie. Ons vra dat ouers in hulle voertuig sal bly en dan die parkeerterrein sal

verlaat sodra u kind opgelaai is.

• Geen ouers mag binne die skoolterrein parkeer nie.

• Leerders moet tussen 07:00 en 07:45 by die skool wees. Leerders moet asseblief nie

laat wees nie. Hekke word eers 07:00 oopgesluit en weer 07:50 gesluit.

• Ouers word versoek om alternatiewe vervoer te gebruik in pleks van publieke

vervoer.

• Indien u slegs van publieke vervoer gebruik kan maak, maak seker dat die publieke

vervoer die nodige voorsorgmaatreëls getref het om u kind veilig te kan vervoer.

• Spesifieke parkeerareas moet gebruik word vir grade of klasse.

Toegang tot die skool

• Toegang gedurende die dag deur besoekers word beperk.

▪ Afspraak sal gemaak moet word.

▪ Beperk die hoeveelheid persone per gesin op die skoolterrein.

▪ Besoekers sal streng by die nodige voorsorgmaatreëls moet hou.

▪ Toegang sal slegs deur ontvangs toegelaat word soos normale prosedure.

▪ Die besoeker sal deur die toetsing (screening) prosedure moet gaan.

▪ Nuwe inskrywings, betalings of enige finansiële aspekte moet by ontvangs aanmeld

en deur die nodige prosedure gaan soos bespreek hierbo.

Page 17: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

17

13. Verantwoordelikhede en pligte leerders

Voorsorgmaatreëls en bewuswording

• Voorsorgmaatreëls moet ten alle tye streng gehandhaaf word.

• Moet verantwoordelik optree.

• Moet selfvertroue hê en self vra vir hulp indien daar iets fout is.

• Moenie probeer om probleme, vrese of siekte alleen te hanteer nie. Vra vrae en

meld dit aan. Vertel vir iemand as jy siek is. Moet dit nie ʼn geheim hou nie, dit is nie

ʼn skande nie.

• Hulself beskerm en verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie gesondheid/higiëne.

• Handhigiëne moet gereeld toegepas word:

▪ Voor etes.

▪ Wanneer leerders klaskamers binnegaan/verlaat.

▪ Badkamer gebruik.

▪ Nie onnodig aan enige oppervlaktes vat waar baie persone aan raak nie.

• Moet nie goed deel nie, soos:

▪ Skryfbehoeftes

▪ Eet- of drinkgoed

▪ Speelgoed bv. balle, albasters ensovoorts.

• Leerders moet op die eerste dag van skool hulle eie materiaalmaskers dra wat hulle

neus, mond en ken bedek indien hulle nie ʼn skoolmasker ontvang het nie.

• Leerders moet twee maskers skool toe bring.

• Materiaalmaskers sal verskaf word deur:

▪ Die Departement van Basiese Onderwys.

▪ Skoolmaskers en skerms is beskikbaar by skool teen R 30 elk.

o Leerders sal geleentheid kry om vroeër hulle maskers te ontvang.

▪ Eie materiaalmaskers kan gebruik word as dit u ken, mond en neus bedek.

• Leerder kom by die hoofhek in by die skool.

• Leerders moet verkieslik hulle eie kospakkies van die huis af bring.

Dissipline

• Leerders moet nie fopnuus versprei tussen leerders wat hulle angstig kan maak nie.

• Leerders moet nie grappe maak oor die erns van die virus nie.

• Daar mag geen stigmatisering van siek leerders plaasvind nie. Dit sal soos

boeliegedrag deur die skool gehanteer word. (Sien volledige beleid oor

stigmatisering)

Page 18: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

18

14. Fases van terugkeer skooltoe. (Onderhewig aan verandering)

Fase 1: Vrydag, 22 en 27 Mei 2020 – Bestuurspan en algemene personeel

Fase 2: Donderdag, 28 Mei 2020 – Onderwysers

Fase 3: Maandag, 1 Junie 2020 – Graad 7 leerders

Verdere fases en datums sal nog bevestig en hersien word rakende Graad R tot 6 leerders

soos hulle terugkeer skool toe. Die datums is onderhewig aan verandering deur die Minister

van Basiese Onderwys, Mev. Angie Motshekga.

Prosedures vir Fase 1 – Skoolbestuurspan en algemene personeel

Algemene personeel = Administratiewe personeel en terreinpersoneel

Datum: Vrydag, 22 Mei 2020 en Woensdag, 27 Mei 2020

Arriveer: 07:15 – 07:30

Plek: Ouditorium

Voorsorgmaatreëls moet streng gehandhaaf word deur die dag (Sien bladsy 2).

• Bestuurspan en algemene personeel gebruik die ouditorium se hek (hek no. 01) om

skoolterrein te betree.

• Maak seker u masker is aan voor u die skoolterrein betree.

• Alle personeel wat deur die hek kom sal deur die toetsing (screening) moet gaan

voordat hulle kan gaan parkeer.

• Alle lede van die skoolbestuurspan en administratiewe personeel moet onmiddellik

by die ouditorium aanmeld waar hulle, hulle hande moet ontsmet.

• U sal die volgende ontvang:

▪ Maskers wat bestel is by René.

▪ Skerms wat bestel is by René.

▪ Handontsmettingsmiddels vir u klaskamer of kantoor.

• Indien u in ʼn ry sou moet staan handhaaf u sosiale afstand deur op die merkers te staan.

• Nadat u klaar u hande ontsmet het en alle nodige beskermde toerusting ontvang het kan

die bestuurspan en administratiewe personeel in die ouditorium inbeweeg vir die

bestuursvergadering. Versprei u self in die ouditorium sodat sosiale afstand gehandhaaf

word (twee stoele oop tussen persone).

• Terreinpersoneel gaan vergader saam mnr. Mossie Mostert en mnr. Roger Doyle in ʼn

area wat sosiale afstand gehandhaaf kan word.

• Maak voorsiening vir eie verversings en eetgerei.

Page 19: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

19

Pligte en verantwoordelikhede

Bestuurspan

• Wat is die plan van aksie wat geneem moet word om te verseker dat die skool ʼn veilige

area vir ons personeel en leerders is. Maak ook seker dat akademie optimaal voortgaan.

• Gaan deur die veiligheidsmaatreëls vir die heropening van skole.

(Bespreek/voorstelle/aanpassings/finaliseer)

• Opgelei te word in die protokolle wat deur die departement beskikbaar gestel sal word.

• Ontvang van persoonlike beskermende toerusting en ontsmettingsmiddels van die

departement.

Terreinpersoneel

• Moet opgelei word rakende die verskil tussen skoonmaak en ontsmetting.

• Saal regpak vir personeelvergadering (begin 25 Mei).

o Plak merkers wat 2 meter van mekaar is.

o Plaas stoele op die merkers.

o Ontsmet van saal.

• Merk van aantreepunte sodat sosiale afstande gehandhaaf word.

• Hanteer van algemene onderhoud op terrein.

• Skoonmaak, ontsmet van alle klaskamers, klaskamers 2, 5, 10, 13, 33, 42, 43, 44, 45 en 47

sal vir graad 7 leerders gebruik word.

o Een stoel per tafel.

o Tafels moet gepak word sodat leerders 1 tot 1.5 meter uit mekaar sit vir 20

leerders per klas.

• Inrig van die isolasiekamer in die kaartjieverkoop lokaal.

o Ontsmetting van die kaartjieverkoop lokaal.

o ±Tien stoele (twee meter uitmekaar).

o Nuwe MB-kantoor inrig met tafels en stoele.

o Een tweerigtingradio vir kommunikasie na die MB kantoor.

Page 20: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

20

Prosedures vir fase 2 - Personeel (onderwysers)

Datum: Donderdag, 28 Mei 2020

Tyd : 08:00 vir 08:30

Plek : Skoolsaal

Voorsorgmaatreëls moet streng gehandhaaf word deur die dag.

• Maak seker u masker is aan voor u die skoolterrein betree.

• Personeellede gebruik slegs die saal se hek (hek no. 05) om die skoolterrein te betree.

• Alle personeel wat deur die hek kom sal deur die toetsing (screening) moet gaan voordat

hulle kan gaan parkeer. Personeel se parkering wat voor die groot oranje kegel is kan

eers parkeer en moet dan direk na die personeel toe gaan wat die toetsing (screening)

doen.

• Wanneer jy deur die hek is ry tot by die groot oranje kegels waar u deur die toetsing

(screening) sal gaan.

• U bly in u voertuig terwyl u liggaamstemperatuur gemeet word, indien u temperatuur bo

37,5˚C is moet u die terrein onmiddellik verlaat en u huisdokter kontak.

• Beantwoord ook vlugtig die volgende vrae:

▪ Het u enige van die volgende simptome?

Koors, hoes, seer keel, kort van asem, lyf seer, rooi oë, verlies aan reuk of

smaak, naarheid, diarree of moegheid.

▪ Voel jy gesond?

▪ Was u in kontak met iemand wat positief getoets is vir COVID-19?

▪ U sal ook ʼn vorm ontvang van die Noordwes Departement van Gesondheid wat

julle moet invul (daagliks) en indien by Willem Martinson (bring eie pen).

• Sodra u, u voertuig verlaat beweeg na die naaste handontsmettingsmiddelstasie toe om

handhigiëne toe te pas.

• Die bogenoemde proses sal daagliks gevolg word tot anders gekommunikeer word.

• Alle personeellede moet dan onmiddellik by die skoolsaal aanmeld vir

personeelvergaderings. Indien u in ʼn lyn sou staan hou u sosiale afstand.

• Administrasiedames kan direk kantoor toe beweeg.

• Daar sal stoele strategies geplaas word sodat sosiale afstand gehandhaaf word.

• U kan ook u skoolmaskers en skerms soos bestel van René agter in die saal kry. Dit is in

alfabetiese volgorde gepak.

• Terrein-, kombuis-, en Happieklubpersoneel gebruik die ouditorium se hek (hek no. 01)

om die skoolterrein te betree.

• Terrein-, kombuis-, en Happieklubpersoneel moet onmiddellik getoets word deur mnr.

Roger Doyle en mnr. Mossie Mostert as hulle die terrein betree. Indien u in ʼn lyn sou

staan hou u sosiale afstand.

• Terreinpersoneel gaan vergader saam mnr. Mossie Mostert en mnr. Roger Doyle in ʼn

area wat sosiale afstand gehandhaaf kan word.

• Maak voorsiening vir eie verversings en eetgerei.

Page 21: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

21

Pligte van die personeel (onderwysers)

• Maak seker u klas is skoon en reggeskuif.

• Ontvang van handontsmettingsmiddels.

• Opsit van plakkate.

• Les voorbereiding vir afstandsonderrig.

• Nodige opleiding ontvang.

• Seker maak van pligte.

Prosedures vir fase 3 - Graad 7 leerders

Datum : Maandag, 1 Junie 2020

Tyd (personeel) : 06:50 – 07:15

Plek : Klaskamers

Personeel volg dieselfde stappe soos aangedui by fase 2 maar beweeg na u klaskamer.

Tyd (leerders): Arriveer: 07:00 – 07:45 / Verdaag: 14:10 – 15:00.

Plek: Hoofhek

Kleredrag: Formele of informele skooldrag.

Voorsorgmaatreëls moet streng gehandhaaf word deur die dag.

• Parkeerterrein sal van 06:00 af oop wees.

• Gr. 7 Ba en De gebruik die parkering naaste aan die skool.

• Gr. 7 Ma, Ms en Vr gebruik die parkering naaste aan die netbalbane.

• Hoofhek sal oopgemaak word tussen 07:00 en 07:45

• Leerders sal dan ingang tot die skoolterrein verkry deur die hoofhek.

• Daar sal manspersoneel in die parkeerterrein wees om te verseker voorsorgmaatreëls

word toegepas. Maak ook seker van enige leerders wat die voetoorgang moet gebruik.

• Ouers of voogde bly in die voertuie.

• Leerders se hande sal dan ontsmet word by die hek.

• Indien daar ʼn ry gevorm word moet die leerders sosiale afstand hou deur op die merkers

op die grond te staan.

• Leerders beweeg dan deur die ontsmettings spuitkas.

• Toetsing (screening) sal dan plaasvind onder die busstopie

• Personeel sal aandui na wat se klaskamer toe die leerder moet beweeg.

• Leerders beweeg dan deur die Robinson laan na die klaskamers.

• Leerders sal ontvang word deur die personeellid wat verantwoordelik is vir hulle.

• Leerders onsmet sy hande voor hy in die klas beweeg.

• Leerders neem hulle tasse saam in die klas en sit dit onder die tafel waar daar nie ʼn stoel

is nie.

• Leerders hou hulle selfone by hulle in hulle tas (afgeskakel en weggebêre).

• Verwelkoming en opening deur mnr. Koos J.v. Vuuren (interkom/video opname/zoom)

• Motivering en gerusstelling deur personeel – Eerste dag van skool.

• Opleiding in basiese higiëne (Video) – Eerste dag van skool.

• Leerders wat winterskleure benodig word gehelp by die klerebank.

Page 22: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

22

• Onderrig vind plaas.

• Handhigiëne moet plaasvind voordat die leerder die klas inbeweeg en wanneer hulle die

klas weer verlaat.

• MB periode: MB en KVD personeel gaan haal die klas wat MB het en neem hulle

rugbyveld toe. MB en KVD personeel neem die leerders weer terug klas toe na MB

periode. MB klasse moet so aangepas word dat daar geen toerusting gebruik word nie en

dat sosiale afstand gehandhaaf moet word.

• Tydens pouses word die voorsorgmaatreëls steeds gehandhaaf.

▪ Terreindienspersoneel maak seker voorsorgmaatreëls word streng toegepas

tydens pouses en by die aantree by die snoepie.

▪ Nuwe terreindiensrooster (SPF) sal opgestel word.

▪ Klasse sal geallokeerde plekke kry op die terrein tydens pouse.

▪ Personeel wat die huidige akademiese klas hanteer voor pouse sal die klas

vergesel na die aangeduide speelterrein waar die terreinpersoneel die leerders sal

ontvang.

▪ Personeel wat na pouse die volgende akademiese klas moet aanbied gaan haal die

leerders op die speelterrein waar hulle sal aanmeld (sien aanhegsel A).

▪ Terreindienspersoneel moet seker maak die leerders tree aan op die aangeduide

plekke na pouse op die B-veld (Sien aanhegsel A).

▪ Leerders moet die geleentheid gebruik om badkamer (Nuwe/paviljoen) toe te

gaan tydens pouse (moet nie ʼn bymekaarkom punt wees nie). Daar moet nie meer

as twee leerders gelyk in die badkamer wees nie. Daar sal ʼn persoon op

terreindiens wees wat dit moet kontroleer.

• Indien leerders badkamer toe gaan moet hulle goeie handhigiëne toepas in die

badkamer.

• Leerders se liggaamstempartuur word weer geneem aan die einde van die skooldag.

• Personeel wat verantwoordelik is vir die klas wat huidiglik by hulle is, neem die leerders

na die busstoppie / wagarea om seker te maak dat sosiale afstand gehandhaaf word

saam die personeel op busdiens na skool. Klasse sal in intervalle van twee minute na die

busstopie beweeg.

• Geen ouers mag die terrein betree nie (by in die voertuig), die leerders sal na die motors

beweeg.

• Verdaag van leerders sal 14:10 plaasvind, alle leerders moet 15:00 van die terrein wees.

Prosedure van die volgende fase (grade) sal hersien word afhangende die sukses van fase 3 en

akademiese rooster wag gevolg gaan word.

Page 23: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

23

15. Skool se ondersteuningsnetwerk

• Beheerliggaam van Laerskool Rustenburg

Voorsitter Pieter van der Westhuizen – 082 656 1478

• Nasionale Departement van Basiese Onderwys - 012 357 3000

• Noordwes Departement van Onderwys - 018 37,58 2488

• Nasionale Departement van Gesondheid – 012 395 8000

• Departement van Gesondheid Noordwes – 018 391 4000/1

• Departement van Gesondheid Bojanala distrik - 014 591 9700

• Departement van Gesondheid Rustenburg - 014 594 8300

• The National Instute for Communicable Diseases (NICD) – 0800 029 9999

• Medicros Mediese sentrum – 014 523 5100

• Life Peglerae Hospital – 014 597 7200

• Medi Care Privaat Hospitaal – 014 523 9300

• Netcare Ferncrest Hospitaal – 014 568 4399

• Job Shimankana Tabane Rustenburg Provinsiale Hospitaal– 014 590 5100

• Rustenburg polisiestasie – 014 590 4727

• Trauma Rescue (Ambulansdienste) – 086 178 9911

• Med24/7 (Ambulansdienste) – 014 592 7801

• Child Line - 080 005 5555

• Ons skool se ouergemeenskap

Page 24: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

24

Page 25: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

25

Gr. 7 Vr

Gr. 7 Ms

Gr. 7 Ba Gr. 7 De

Gr.

7 M

a

Aanhegsel B - Speelterrein

Page 26: Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die ......Druk op die wapens in die dokument vir meer inligting. Veiligheidsmaatreëls vir implementering tydens die heropeningsfase

26

Aanhegsel C – Kontrolelys vir toetsing