bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · bestuur van wingerde tydens droogte toestande...

8
BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe) Met erkenning en dank aan die volgende individue en organisasies wat bydraes gemaak het aan hierdie dokument: Hanno van Schalkwyk en Francois Viljoen (VinPro) Dr. Philip Myburgh (LNR-Nietvoorbij) Dr. Albert Strever (Universiteit Stellenbosch) Wes-Kaapse Wingerd Besprekingsgroep

Upload: others

Post on 14-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE

11/1/2016 Praktiese Riglyne

Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe)

Met erkenning en dank aan die volgende individue en organisasies wat bydraes

gemaak het aan hierdie dokument:

Hanno van Schalkwyk en Francois Viljoen (VinPro)

Dr. Philip Myburgh (LNR-Nietvoorbij)

Dr. Albert Strever (Universiteit Stellenbosch)

Wes-Kaapse Wingerd Besprekingsgroep

Page 2: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 1

Bestuur van wingerde tydens

droogte toestande

Praktiese Riglyne

INLEIDING

Hierdie dokument bevat praktiese riglyne vir die

bestuur van wingerde tydens droogte

toestande. Hou in gedagte dat hierdie slegs

riglyne is en dat wingerd bestuurspraktyke

aangepas moet word volgens die spesifieke

area, klimaat, grondtipe en wyndoelwit.

WATER BESTUUR EN BESPROEIING

Gewoonlik na goeie winterrëen, is die

grondwater profiel by veldkapasiteit by bot.

Tydens droë seisoene, is dit waarskynlik nie die

geval nie.

Basiese beginsels by verski l lende

fenologiese stadiums van die

wingerdstok

Blom tot korrelset: Lootgroei, bevrugting

en selverdeling vind plaas tydens hierdie

fase. Waterstres gedurende blom en

korrelset kan ʼn negatiewe impak op

opbrengs hê. Stres tydens hierdie fase lei

tot swak set en klein korrels.

Korrelset tot deurslaan: Selvergroting

vind plaas tydens hierdie fase. Matige

waterstres tussen korrelset en deurslaan

is voordelig om oormatige korrelgroei te

verhoed. Oormatige stres tydens hierdie

periode kan lei tot baie klein korrels en

kan rypwording vertraag. Wingerdstokke

kan onder hewige stres water onttrek

vanuit die korrels om lote te onderhou,

wat kan lei tot ontydige korrelinkrimping.

Deurslaan tot oes: Wingerdstokke is

minder vatbaar vir waterstres tydens

hierdie fase. Lootgroei behoort teen die

tyd te staak en die hoof vraagpunte is

die korrels/trosse. Die floëem, nie meer

die xileem, is hoofsaaklik aktief om water

te vervoer na die korrels. Die floëem is

minder vatbaar vir veranderinge in

grondwatervlakke. Daar moet egter

steeds genoeg grondvog wees om

permanente verwelking van die

wingerdstok te vermy. Grond-

watervlakke moet dus steeds gemonitor

word.

Na-oes tot bot: Akkumulasie van

koolhidraat reserwes word beperk indien

wingerdstokke oormatige waterstres

ervaar tydens die na-oes periode. Te

veel besproeiing na-oes kan egter

vegetatiewe groei induseer wat

koolhidraat reserwes gebruik.

Besproeiing strategie in droë jare

Hierdie strategie is spesifiek van toepassing op ʼn

uiterse droë jaar waar die winter rëenval nie

voldoende was om die grondwater tot by

veldkapasiteit te benat teen die begin van die

groeiseisoen nie.

1. Indien daar slegs kapasiteit is vir een

besproeiing: Dien besproeiing toe voor

blom.

2. Kapasiteit vir twee: Dien besproeiing toe

voor blom en tydens deurslaan.

3. Kapasiteit vir drie: Dien besproeiing toe

voor bot, voor blom en by deurslaan.

Page 3: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 2

Faktore om in ag te neem rakende

plant waterverbruik, verdamping en

besproeiing.

Groter lowers het ʼn groter water

behoefte. Vermy oormatige groei in

wingerde. (Sien lowerbestuur en

bemesting afdelings).

ʼn Verhoging in watertoediening aan ʼn

wingerdstok lei oor die algemeen tot ʼn

verhoging in opbrengs, maar slegs tot

op ʼn punt. Daarna hou opbrengs op om

te verhoog, bly dit dieselfde of kan dit

selfs verminder.

Gewoonlik wanneer hoë frekwensie

besproeiing toegedien word (14 dae

intervalle of korter), sal ʼn klein

vermindering in water toevoer nie

gelykstaande wees aan groot

oesverliese nie.

Besproei eerder vir langer tydperke,

minder gereeld, in plaas daarvan om

minder water per besproeiing toe te

dien. Dit sal die dieper grondlae benat,

waar water steeds beskikbaar is vir die

wingerdwortels, en sal verdamping

vanaf die grondoppervlakte verminder.

Waar grond ʼn medium tot hoë

waterhouvermoë het, vermy gereelde

besproeiingstoedienings. Daar is bevind

dat wynkwaliteit asook effektiwiteit van

waterverbruik (kg druiwe geproduseer

per kubieke meter water toegedien),

verbeter wanneer gronde besproei

word teen ʼn hoër grondwater tekort.

Kleigronde induseer aanvanklik meer

geil groei aan die begin van die

groeiseisoen. Later in die seisoen is die

water in kleigronde egter moeiliker vir

wortels om te absorbeer, in vergelyking

met water in sandgronde. Daarom is dit

belangrik om die lower te beperk by

wingerde in kleigronde, veral indien

daar moontlik nie later in die seisoen

meer genoeg water beskikbaar gaan

wees om die lower te onderhou nie.

Water verdamp vinniger waar dit drup

om warm plastiek.

Besproeiing tydens die nag beperk

waterverliese deur verdamping, voordat

die water die grond infiltreer.

Verdampingsverliese is hoër waar korter

besproeiingstoedienings, meer gereeld

gemaak word.

Maak seker die besproeiing sisteem

funksioneer optimaal om effektiwiteit te

verseker:

o Maak stukkende mikrospuite reg.

Kontroleer dat lote wat laag

hang of onkruid nie die

benattingspatroon van

mikrospuite belemmer nie.

o Vermy lekplekke en beskadigde

pype om water te bespaar

(Fig.1).

Figuur 1: Beskadigde pype en lekplekke mors water.

(Beeld: Jeff Joubert)

o Maak seker die besproeiing-

stelsel funksioneer teen die regte

druk volgens die ontwerp.

o Filters moet gereeld nagegaan

en skoongemaak word.

Page 4: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 3

Meet van grondvog

Die meet van grondvog en plant

waterstatus help om ingeligte besluite te

neem en besproeiing strategieë

suksesvol te implementeer. Hierdie is

veral van uiterse belang in jare waar

waterbronne beperk is.

Om te weet wat die waterhouvermoë

van die grond is, sal verhoed dat

besproeiing toegedien word verby die

punt waar die grond die water kan

vashou. Sodoende word waterverliese

as gevolg van dreinering verby die

wortelsone verhoed.

Wortelverspreiding en

grondvoorbereiding

Bepaal waar die wingerdstokke se

wortelstelsels gekonsentreer is en maak

seker hierdie sone word benat tydens

besproeiing. Die toediening van water

verby die wortelsone kan lei tot water

verliese.

Korrekte, diep grondvoorbereiding by

vestiging van ʼn wingerd, lei tot goed

ontwikkelde en verspreide wortelstelsels

wat die wingerd se buffer kapasiteit

verhoog tydens droogte tydperke.

Waterverbruik beplanning

Tydens droogte tydperke mag water

beperkings in werking tree. Dit is goeie praktyk

om jaarlikse waterverbruik te monitor en

deeglike rekords daarvan te hou terwyl druif-

gehalte en opbrengs ook in aanmerking

geneem word. Hierdie inligting kan help met

beplanning tydens droë jare waar dit krities is

om te weet hoeveel water die wingerd

benodig asook hoeveel water tot jou beskikking

is. Dit mag nodig wees om aanpassings te maak

aan opbrengs en gehalte doelwitte, gebaseer

op die beskikbare hoeveelheid water.

GRONDOPPERVLAKTE BESTUUR

Deklaag

ʼn Deklaag wat bestaan uit organiese

materiaal beperk verliese deur middel

van oppervlakte afloop en verdamping.

Later in die seisoen, sal ʼn deklaag lei tot

hoër grondvog inhoud in die dieper

grondlae, in vergelyking met kaal,

onversteurde grond of grond waar vlak

bewerking plaasgevind het.

Dekgewasse

Dekgewasse wat in die lente steeds

aktief groei, kan met wingerdstokke

kompeteer vir water.

Kies eenjarige dekgewasse met korter

groei siklusse wat onkruid onderdruk.

Grondvogmeters, indien beskikbaar, kan

help met besluitneming ten opsigte van

die dekgewas. Soos byvoorbeeld

wanneer om dit te spuit met

onkruiddoder of wanneer om dit plat te

rol.

Sommige dekgewasse kan ʼn goeie

deklaag vorm aan die einde van hul

groeisiklus (Fig. 2). Dit kan help om

onkruid te onderdruk, grond

temperatuur laer te hou en om verliese

deur verdamping te verminder.

Figuur 2: Dekgewasse kan ʼn goeie deklaag vorm.

(Beeld: Lucinda Heyns)

Page 5: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 4

Onkruid

Onkruid kompeteer met wingerdstokke

vir water. Beheer onkruid chemies, vroeg

in die seisoen en beheer voloppervlakte

tydens die somer.

Meganiese verwydering van onkruid

vernietig fynwortels naby die

grondoppervlakte wat beteken daar is

minder wortels wat ligte reënbuie, waar

water nie diep infiltreer nie, kan benut.

Vlak bewerking is ook geneig om

verdamping te verhoog, in vergelyking

met kaal, onversteurde gronde.

BEMESTING

Dien slegs die nodige hoeveelheid

fosfaat en kalium bemesting toe, mits

analises toon dit is enigsins nodig.

Vermy oormatige stikstof bemesting om

groeikrag te beperk.

Moenie bemesting op die grond-

oppervlakte toedien indien daar nie

reën gaan wees wat die bemesting in

die grond kan help inwas nie.

LOWERBESTUUR

Groter lowers vereis meer water. Suier

goed om onnodige vraagpunte te

verwyder en geilheid te beperk.

Tydige tip en top aksies kan

ongewenste, groot lowers verhoed en

dus verliese deur transpirasie beperk.

OESBEHEER

Groot oesladings kan die rypwordings-

proses vertraag of die druiwe kan dalk

nie die gewenste rypheidsgraad bereik

nie. Vertraagde rypwording beteken die

druiwe hang langer aan die stok en is

dus blootgestel aan warm temperature

vir ʼn langer tydperk en het ‘n groter

waterbehoefte. Wees versigtig vir hoë

produksie strategieë in droë jare (Fig. 3).

Figuur 3: Wees versigtig vir hoë produksie strategieë,

veral waar stokke of lote swak groei toon. (Beeld:

Gert Engelbrecht)

Vermy addisionele stres op

wingerdstokke deur streng oesbeheer

toe te pas, veral waar stokke of lote

swak groei toon.

Verminder oes deur trosse voor

deurslaan te verwyder. Hierdie praktyk

moet versigtig bestuur word, aangesien

daar bewys is dat oormatige

trosverwydering die fotosintetiese

kapasiteit van die wingerdstok kan laat

afneem, wat beteken dat dit die effek

van droogte vererger. Met ander

woorde, waar oes te veel verminder

word, kan die wingerdstok se

fotosintetiese aktiwiteit só drasties

afneem, dat die wingerdstok nie

genoeg koolhidrate kan produseer om

die lower te kan onderhou nie. Die

doelwit is dat die wingerdstok moet

ophou groei, een tot twee weke voor

deurslaan.

WINTERSNOEI

Snoei volgens die groeikrag van die loot.

Dit wil sê, los slegs een ogie op kort, dun

en swak lote.

Wees konserwatief met die ooglading

van draers.

Page 6: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 5

JONG WINGERDE

Goeie wortelontwikkeling vereis ʼn

grondomgewing met ʼn goeie balans

tussen gronddeurligting en -humiditeit.

Beide te veel en te min water kan dus

nadelig wees vir ʼn jong wingerdstok se

wortelontwikkeling (Fig. 4).

Figuur 4: Jong wingerdstokkies vereis sorgvuldige

bestuur om te verseker dat goeie wortelstelsels

ontwikkel na vestiging. (Beeld: Lucinda Heyns)

Aanhoudende, gereelde besproeiing

waar slegs die bogrond benat word, sal

vlak wortelstelsels in jong wingerde

induseer. Gronde is geneig om te her-

kompakteer met besproeiing of reënval

na grondvoorbereiding. Indien die

bogrond kompakteer word as gevolg

van kort besproeiingstoedienings, sal

wortelontwikkeling in die dieper

grondlae beperk word wanneer langer

besproeiings later in die seisoen

toegedien word om dieper

wortelontwikkeling aan te moedig.

Om genoegsame wortelontwikkeling in

jong wingerd te verseker, moet vlak, kort

besproeiing toegedien word, slegs

totdat die wingerdstokkies begin groei.

Hou grondvog op hierdie stadium by 30-

40% van plant beskikbare water.

Sodra die lote ongeveer 30cm lank is,

moet langer, minder gereelde

besproeiing toegedien word. Grondvog

kan dan gehou word by 70-80% van

plant beskikbare water. Besproeiing

moet dan toegedien word oor die

totale beskikbare worteldiepte wat

geskep is tydens grondvoorbereiding. Dit

sal die wingerdwortels aanmoedig om

dieper in die grond in te groei, op soek

na water, en sodoende ʼn diep

wortelstelsel te vestig wat die

grondvolume optimaal benut.

Die monitering van groeipunte is ʼn

handige riglyn om te gebruik om te

bepaal wanner jong wingerdstokkies

waterstres ervaar (Fig. 5).

Figuur 5: Eerste tekens van waterstres in ʼn

wingerdstok. Die loot groei aktief, maar die rankies

begin afwaarts te hang. (Beeld: Hanno van

Schalkwyk)

Dit is beter om eerder konserwatief te

wees en nog ʼn jaar te wag vir

wortelstelsels om genoegsaam te vestig,

in plaas daarvan om haastig te wees

om jong wingerd te begin oplei en

addisionele stres te plaas op

vegetatiewe groei. Veral in ʼn seisoen

waar die wingerdstokkies moontlik reeds

meer stres as in ander jare.

Page 7: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 6

OORWEGINGS BY PARSTYD

Druif monsterneming:

Ekstreme toestande sal variasie binne ʼn

wingerd vererger. Daarom is dit dus

noodsaaklik om apart monsters te neem

in gedeeltes van ʼn wingerd waar daar

verskille is in grondtipe, groeikrag of

oeslading.

Dit is beter om meer gereeld monsters te

neem, voordat oesdatum finaliseer

word.

Rypwording en druifanalises:

Oor die algemeen, vind vrugrypwording

in warm, droë jare vinniger plaas wat

beteken dat oesdatums vroeër is as in

ander jare. Suiker akkumulasie in die

korrels vind vinniger plaas en druiwe

mag dalk laer suurvlakke hê. Druiwe van

wingerde wat stres ervaar het, het

gewoonlik hoër pH vlakke.

Die ‘optimale rypheid’ venster is geneig

om kleiner te wees tydens droogte

periodes.

Kleiner korrelgroottes beteken die dop

tot sap verhouding is groter, wat ʼn

aanduiding is van hoër konsentrasies

tanniene en antosianiene in die wyn.

Stres kan egter die totale fenole en

antosianiene drasties verminder wat die

konsentrasie effek teëwerk.

Die effek van suur byvoegings op die pH

en titreerbare suur van sap is minder

voorspelbaar in jare waar wingerdstokke

onder addisionele stres geplaas was.

Oes en afmaal

As gevolg van vroeër oesdatums en

verkorte rypwordingsperiodes, kan die

inname van rooi druiwe heelwat meer

oorvleuel met inname van wit druiwe as

in ander jare. Beplanning van

kelderspasie is noodsaaklik.

Temperature by pars mag hoër wees as

in ander jare. Produsente moet dalk

noodgedwonge pars tydens die warmer

gedeeltes van die dag, aangesien die

rypheidsperiodes verkort is.

Waar druiwe warmer gepars word en

lang afstande vervoer word, mag dit

voordelig wees om ekstra swael by die

druiwe te voeg om dit te beskerm.

Oksidasie en die groei van ongewenste

mikro-organismes vind vinniger plaas by

hoër temperature.

Druiwe wat warmer by die kelder

aankom, mag die verwerkingstempo by

die kelder laat afneem, veral waar die

afgemaalde druiwe verkoel moet word.

Dit kan ook addisionele stremming plaas

op die kelder se verkoelingskapasiteit.

Klein korrels of korrels wat dehidreer is,

bevat minder sap, wat afmaal en die

pomp van afgemaalde druiwe by die

kelder kan bemoeilik. Hou van die vrye

afloop sap apart, sodat dit weer by die

afgemaalde druiwe gepomp kan word

om verwerking te vergemaklik.

Page 8: Bestuur van wingerde tydens droogte toestande€¦ · BESTUUR VAN WINGERDE TYDENS DROOGTE TOESTANDE 11/1/2016 Praktiese Riglyne Saamgestel deur Lucinda Heyns (Instituut vir Wingerd-

Bestuur van wingerde tydens droogte toestande

Bladsy 7

VERWYSINGS:

1. Myburgh, P.A., 2003. Possible flood

irrigation technologies to reduce water

use of Sultanina grapevines in a hot, arid

climate. S. Afr. J. Plant Soil, 20, 180-187.

(http://www.tandfonline.com/doi/pdf/1

0.1080/02571862.2003.10634932?needAc

cess=true)

2. Myburgh, P.A., 2011. Growing stone fruit

and grapes where water resources are

limited Part 1 - Soil management. S. Afr.

Fruit J., Jan 2011/Dec 2012, 52-54.

(http://www.hortgro-science.co.za/wp-

content/uploads/2015/09/Myburgh-soil-

management-1.pdf)

3. Myburgh, P.A., 2012. Growing stone fruit

and grapes where water resources are

limited Part 2 - Irrigation management. S.

Afr. Fruit J., April/May 2012, 30-38.

4. Myburgh, P.A., 2013. Effect of shallow

tillage and straw mulching on soil water

conservation and grapevine response. S.

Afr. J. Plant Soil. 30, 219-225.

(http://www.tandfonline.com/doi/full/10

.1080/02571862.2013.867459?src=recsys)

5. Myburgh, P.A., 1995. Riglyne vir

aanvullende besproeiing van wingerd in

geval van beperkte water (Afrikaans).

Wynboer Tegnies, January, 11-12.

6. Van Schalkwyk H., 2015. Irrigation tips

with limited water supplies during

drought conditions, VinPro.

7. Dippenaar L., Hoe weet ek as my

wingerd water stres ervaar?, VinPro.

8. Hoheisel G. & Moyer M., 2015.

Grapevine management under drought

conditions, Washington State University

Extension.

(https://www.researchgate.net/publicati

on/292147084_Grapevine_Management

_Under_Drought_Conditions?_sg=Slyosb

hT8gRqt7Yd-

U9C6QJVPrq30m0pETh8nkfANzgNaCkHo

jlWxuDNsox2b7pmfuCUE3SpRN667DS9ac

ZBAA)

9. Retallack M. & Scholefield P., Grapevine

Management Options in times of

drought and water restrictions, South

Australian Wine Industry Association

10. Goodwin I., Managing water stress in

grapevines in greater Victoria,

Agriculture notes November 2002, State

of Victoria, Department of Primary

Industries.

(http://agriculture.vic.gov.au/agriculture

/horticulture/wine-and-

grapes/managing-water-stress-in-grape-

vines-in-greater-victoria)

11. Beckingham C., May 2004. Irrigating

Grapevines with limited water supplies,

New South Wales Agriculture.

(http://www.dpi.nsw.gov.au/__data/ass

ets/pdf_file/0008/184328/Irrigating-

grapevines-with-limited-water-

supply.pdf)

12. Simos C., Bell S., Leske P. & Godden P.,

2007. Winemaking implications of

drought – dealing with fruit from water-

stressed vines, Australian Wine Research

Institute. (http://www.awri.com.au/wp-

content/uploads/drought_response.pdf)

VRYWARING: Hierdie dokument is

saamgestel deur die Instituut vir

Wingerd- en Wynwetenskappe

(IWWW) en is ʼn gesamentlike

projek tussen verskeie

organisasies in die Suid-

Afrikaanse wynbedryf. Hierdie

dokument is onderhewing aan

die IWWW se vrywaringsklousule

wat beskikbaar is op ons

webwerf: www.igws.co.za

Voorblad beeld: Lucinda Heyns