voorsitter aan die woord laerskool piet...
TRANSCRIPT
KWA ZULU NATAL
NUUSBRIEF / NEWS LETTER
SEPTEMBER 2016
Voorsitter aan die woord....
Dear Land Service Members
During the second term there were a lot of activities tak-
ing place in the various clubs. We are very proud of each
and every one who reached out to their fellow man and
to all God’s creatures whilst doing what they like, name-
ly Land Service.
To the 260 members who attended the Provincial
camps, thank you for making it a great occasion yet
again. I do not know who enjoyed the camp the most,
the children or the adults? Thank you very much.
Aan ons matrikulante wil ons voorspoed toewens met
die finale hekkie van julle skoolloopbaan. Neem alles
wat lekker en goed is van Landsdiens saam met julle in
die wye wêreld in. Die vier pilare is lewenslesse wat jou
goed te staan sal kom in enige situasie.
Baie geluk aan almal wat verkies is tot die onderskeie
Nasionale kampe. Go out and make us proud.
Onthou dat jy baie spesiaal is vir almal in jou lewe en as
jy moeg en benoud raak soos wat die skooljaar sy einde
nader kan jy jou altyd wend tot die woord van God U
woord, Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. U
trou is vir geslag na geslag. Psalm 119:89-90.
Remember that you are very special to everyone in your
life and if you feel despondent at the end of the school
year you must remember where your strength comes
from Forever, O Lord, your word is firmly fixed in the
heavens. Your faithfulness endures to all generations;
you have established the earth, and it stands fast. Psalm
119:89-90
Grab every opportunity that life offers you and make the
most of it!
Tannie Anita
Psst…. Kyk gerus op die laaste twee bladsye wat Suid-
kaap (Rungu) en Mpumalanga (Albon) maak om geld vir
renosterbewaring in te samel. KZN het reeds in 2011
R10 000 vir renosterbewaring geskenk. Red.
LAERSKOOL PIET RETIEF
Kyk die pragtige oorbelle van vere
Die landsdiensbeweging staan vas by hul doelstellings en leef die landsdiens se vier liefdes uit nl. Liefde vir God, liefde vir die skepping, liefde vir jou medemens en liefde vir arbeid. Ons het die ouetehuis gaan besoek en die oumensies se hande met heerlike room ingevryf. ’n Leersame uitstappie na ons plaaslike kwekery is onderneem om sodoende ons omgewing beter te leer ken. Daar het die kinders kans gekry om hul eie potplant te plant. Ons gee om vir ons moeders, daarom is daar vir Moedersdag iets spesiaal vir mamma gemaak. Met vere is daar vir mam-ma pragtige oorbelle gemaak. Sterkte vir die kinders wat ons die vakansie op die streekkamp gaan verteenwoordig. Ons hou styf duim vas dat jul in die nasionale span opgeneem sal word. Ons sien uit na volgende kwartaal se opwindende pro-gram. Sien jou daar. Mev. Elize Riekert
Die vere maak die voêl….
LADYSMITH HIGH SCHOOL We kick started the second term by making cards for our
handsome fathers. We collected clothes and toys for the
Roosboom crèche. We had a club camp were we com-
bined a sleepover in the boys hostel, with a movie night
and a fund raiser. We organised a fancy ball where you
could have been any cartoon character. We donated half
of this money to the learners who went on the German
tour and the rest we used to buy food to donate to the
Roosboom crèche. We worked, we played and we praised
during the second term and we did it all with a dash of
fun. This term we started with the making of gift boxes to
give out to teachers on spring day and a clean-up session
in and around the class rooms of our Land Service teach-
ers.
Sent in by A Msibi
SUID NATAL PRIMêRE SKOOL
`n Besige termyn 2 het afgeskop met handwerkaktiwiteite
wat “Liefde vir natuur” tov ons see-ekostelsel onder-
steun. `n Totaal van ongeveer 30 Junior-en senior lede het
onderskeidelik op 1 & 2 Augustus die papierkuns uit-
beeldings, met pret, praat en baie gom meegemaak!
Verdere aksies vir die termyn is as volg:
Spesiale sprekers kom ons leerders toespreek om ons
karakters te slyp na God se wil.
`n Gesinskamp - ouers asook junior en seniorlede te TO
Strand. Spesiale aksies word beplan om leerders aan te
spoor tot beter leiers. Sprekers vir ouers is aangewys om
hulle toe te spreek terwyl leerders spanbouaksies gaan
meemaak soos kanoevaarte
Leerders en onderwysers gaan behoorlik in die klaskamers
en skoolterein die lente binne nooi deur stof en bossies te
vervang met blomme en skoon lokale. Daar gaan geverf,
geplant en gewas word, afgesluit met `n piekniek.
Landsdiens-lede gaan poog om ten minste 20 swartsakke
vol huishoudelikeware, klere en kos aan ons jaarlikse
HOSPICE aksie te skenk en so `n verskil te maak aan
minderbevoorregtes
Matrix at the Ellen Margaret Cooke Crèche
Op Sondag, 7 Augustus 2016 het ons Landsdiensklub
deelgeneem aan die Suidkus se Rotarieërs se kaskarresies.
Dit beeld “Liefde vir medemens uit”. Alle gelde ingesamel
tydens die geleentheid is geskenk aan minderbevoorregtes.
Ons Suidies-klub het geblaas en gestoot en gelag en gejaag!
Aan party se bestuursvernuf sal beslis aandag geskenk moet
word....
Ons beplan vanjaar om behalwe die kruietuin wat ons vir
die skool aangeplant het, ook mettertyd, ‘n groentetuin aan
te le. Ons wil graag ‘n verskil maak by ons skool en ‘n spoor
agterlaat sodat almal daarin wil volg.
Danelle Maree, Gr 7
Nog twee fotos van gelukkige Suidies
LAERSKOOL GERT MARITZ
Die Landsdiensklub by Gert Maritz het ‘n baie interssante
naam – Eco Gecko’s. Die naam het in 2012 ontstaan en is
deur een van die leerlinge van die skool uitgedink in ‘n kom
-petisie. Gerries leef waarlik elke jaar die Landsdiensleuse
ten volle uit in al ons aktiwiteite – ons liefde vir God, ons
naaste, die natuur en om te werk.
Vanjaar is ons 66 lede, en dit in vir ons lekker om all ons
Engelse maats te verwelkom! Onder die leiding van Mev
Nell, Mej L du Preez van Zyl en het ons opwindende akti-
witeite wat die volgende insluit:
Handaktiwiteite soos lapverf, verskeie inkleurtegnieke,
soos zentangle, maak van bruikbare artikels uit 2
liter bottles, blikkies en allerhande herwinbare ma-
terial. Hierdie artikels kan ons as geskenkies vir
maats, ouers en oumense gee.
Natuuraktiwiteite soos spruit skoonmaak, kampus
opruiming, besoeke aan Tala en Queen Elizabeth
Park en die Natal Museum. Ons word dan intens
bewus van die noodsaaklikheid om ons natuur en
water te beskerm, en te bewaar vir die toekoms.
Kampe by die skool, by die see, saam met ander klubs
van ons streek en ook van KZN. Tydens die kampe
leer ken ons mekaar beter en ook ander kinders
regoor die land, maak blywende vriende en ver-
sterk ook ons geloof.
Die vier fotos hierbo wys hoe geniet die Gert Maritz
Landsdieners hul Landsdiens
SUID NATAL HOëRSKOOL
Hoërskool Suid-Natal landsdiens kook soos ‘n gesellige keteltjie op ‘n warm vuurtjie! Handvaardigheid, lentedag en outehuise was maar ‘n paar van hulle besige landsdiens bedrywighede. Die personeel is bederf met naambordjies vir hulle klaskamers, asook ‘n vetplantjie.
By 2 outehuise is daar gesing dat die spoeg spat, die oupas en oumas is bederf met blommetjies, kaartjies en ‘n melktertjie. Wat ‘n geseënde dag! Viva Landsdiens groete vanaf die Suidkus.
Al die fotos op hierdie bladsy is van die Hoërskool
Suidies se klub
RUNGU DIE SUID-KAAP RENOSTER
Rungu is ‘n Swahili woord wat in engels “wooden throwing club or baton” beteken. Die hoofrede vir haar ontstaan was om geld in te samel vir die bewaring van ons renosters dmv herwinning van blikkies en donasies.
Ons projek samel blikkies in die hele Suid-Kaap en met ‘n oogmerk om dit per gewig te verkoop. Die twee dames wat ons by nasionaal toegespreek het oor renosters is ook genooi om in April ons streek te besoek en dit sal die hoogtepunt wees van ons Wild-Affair fees wat gepaard gaan met TV dekking.
Behalwe dat Rungu bewusmaking doen vir die bewaring van renosters, pronk Rungu die model weekliks op verskillende plekke in ons streek as advertensie vir Landsdiens.
Hein Marais—Voorsitter Suidkaap