wapad - 18 augustus 2011

11
NUUS BINNE K&V 18 AUGUSTUS 2011 / VOL 11 DIE MOOIER DINGE 2 3 WERKERS IS SIEK EN SAT 2 2 PUKKE KUIER 'N DING RAAK 2 5-8 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> LEES JOU KAMPUS Sport Dit was ’n groot sirkus Dit was ’n groot sirkus Puk1 wen Shimlas 41-18 Puk1 wen Shimlas 41-18 2 11 [email protected] | | E-pos met sportnuus JAARGANG 65 Vanjaar se Mnr. & Mej. Kampus het gesorg dat almal se harte vinniger klop. Die tema was Sirkus en die gehoor is vermaak met sirkustoertjies en natuurlik die 24 finaliste. Lees meer oor die twee wenners binne. FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT & IAN ODENDAAL Ek weet nie waars ekkie! 18 AUGUSTUS 2011 DIS INTERVARSITY VIND UIT WAT BY MNR. & MEJ. KAMPUS GEBEUR HET OP JOU SELFOON. Sportredakteur: Stephen Nel Die mooiste dames. Die hotste ouens. Die hotste ouens. Mej. Wapad-fotogenies: Elsabé Nortjé Mej. Wapad-fotogenies: Elsabé Nortjé Mnr. Wapad-fotogenies: Francois du Plessis Mnr. Wapad-fotogenies: Francois du Plessis

Upload: wapad

Post on 07-Mar-2016

298 views

Category:

Documents


50 download

DESCRIPTION

DIE MOOIER DINGE 23 PUKKE KUIER 'N DING RAAK 25-8 WERKERS IS SIEK EN SAT 22 [email protected]| | E-pos met sportnuus Sportredakteur: Stephen Nel LEES JOU KAMPUS Vanjaar se Mnr. & Mej. Kampus het gesorg dat almal se harte vinniger klop. Die tema was Sirkus en die gehoor is vermaak met sirkustoertjies en natuurlik die 24 finaliste. Lees meer oor die twee wenners binne. FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT & IAN ODENDAAL 18 AUGUSTUS 2011 / VOL 11 18 AUGUSTUS 2011 Die mooiste dames. Die hotste

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 18 Augustus 2011

NUUS BINNEK&V

18 AUGUSTUS 2011 / VOL 11

DIE MOOIERDINGE 23

WERKERS IS SIEK EN SAT 22

PUKKE KUIER 'N DING RAAK 25-8

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

LEES JOU KAMPUS

SportDit was ’n groot sirkusDit was ’n groot sirkus

Puk1 wen Shimlas41-18

Puk1 wen Shimlas41-18 211

[email protected]| | E-pos met sportnuus JAARGANG 65

Vanjaar se Mnr. & Mej. Kampus het gesorg dat almal se harte vinniger klop. Die tema was Sirkus en die gehoor is vermaak met sirkustoertjies en natuurlik die 24 finaliste. Lees meer oor die twee wenners binne. FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT & IAN ODENDAAL

Ek weet nie waars ekkie!

18 AUGUSTUS 2011

DIS INTERVARSITY

Get the free mobile app athttp:/ /gettag.mobiVIND UIT WAT BY MNR. & MEJ. KAMPUS GEBEUR HET OP JOU SELFOON.

Sportredakteur: Stephen Nel

Die mooiste dames. Die hotste ouens.Die hotste ouens. Mej. Wapad-fotogenies: Elsabé NortjéMej. Wapad-fotogenies: Elsabé Nortjé Mnr. Wapad-fotogenies: Francois du PlessisMnr. Wapad-fotogenies: Francois du Plessis

Page 2: Wapad - 18 Augustus 2011

NUUS/NEWS 2 | 18 AUGUSTUS 2011

News headlines

Student strangled and raped

Heimat burglaries unsolved

Oppikoppi celebrates good music

LEONÉ PRINSLOO

A twenty-year old student was recently strangled in her flat in broad daylight until she lost consciousness, after which she was raped.

The suspect forced the vic-tim into her car, and then to

drive to Ikageng.They collided with the out-

side wall of a house.According to Sergeant Kar-

en Tredoux, provincial spokes-person of the police, they are investigating a charge of rape, theft and abduction against the suspect.

HELOÏSE VAN DER WALT

"Alarms are supposed to protect us against theft, but Protection Services are not pulling their weight," says Jo-han Kleynhans, House Com-mittee (HC) – Clubhouse, Hei-mat.

Over the past three years the mysterious burglaries have been taking place at Hei-mat's clubhouse without any suspects having been arrested.

Over the past year ap-proximately R25 000 worth of damages have been caused, and damages to the value of R20 000 during the term of the previous HC.

"In every instance, the alarm went off, yet without any reac-tion by Protection Services. Before the 'Enkelsêr' I tripped the alarm, then waited for 20 minutes for somebody to arrive, yet there was no reac-tion."

MARTIN LAUBSCHER

On 5 August almost 20 000 (a record number) of hippies, rockers, punks and music lov-ers of all kinds were allowed entry through thorn-tree por-tals onto a red soil carpet, heralding the start of Op-pikoppi 2011.

Although in between there were other bands playing, it was the melodious sounds of Isochronous, the hard ska punk of Fuzzigish and the

classic rock of Southern Gyp-sie Queen that impressed the crowd.

This also brought the first evening of Oppikoppi to a close.

One of the highlights of the weekend was David Kramer, who shared the stage with among others Karen Zoid, Francois van Coke, Pierre Greeff, Tamara Dey and Jack Parow.

His show left many a festi-val-goer with goosebumps.

This is a joined initiative by Wapad and AKSA

Gekontrakteerde skoonmakers het voor die kampus betoog teen lae inkomstes.

FOTO’S: IAN ODENDAAL

Skoonmakers toi-toi

Nuusflitse

Jaaruitslae

Heimat-inbrake steeds onopgelos

ISV vir vierde keer beste ASV

Student gewurg, verkrag en byna ontvoer

HELOÏSE VAN DER WALT

“Alarms is veronderstel om ons te beskerm teen diefstal, maar Beskermingsdienste bring nie hulle kant nie,” sê ’n ontstoke Johan Kleynhans, HK:Klubhuis, van Heimat.

Vir die afgelope drie jaar het misterieuse inbrake by Heimat se klubhuis geskied, sonder dat enige verdagtes aangekeer is.

MONIQUE VREY

Die Ingenieurstudenteverenig-ing (ISV), is onlangs as die Puk se beste ASV aangewys.

Volgens Faure van Schalkwyk, voorsitter van die ISV, gaan die beoordeling vir hierdie toeken-ning oor wat die ASV vir studente bied.

Daar word veral op die aka-

LEONÉ PRINSLOO

’n Student (20) is onlangs in haar woonstel gewurg en verkrag na-dat sy haar bewussyn verloor het.

Die verdagte het haar ver-moedelik met sy arm van agter gewurg waarna sy haar bewussyn verloor, en hy haar verkrag het.

Daar is ongeveer R25 000 se skade aangerig die afgelope jaar, asook R20 000 se skade van die vorige HK-termyn.

Onder die goedere wat as ver-mis tel, is ’n fiets van R10 000, ’n klanksisteem ter waarde van R5 000, ongeveer R2 000 se drank, ’n televisie en luidsprekers.

Die slotte is elke keer gebuig en daar is aan die tralies verander.

Geen soortgelyke inbrake is by

demiese en waardetoevoeging aan die studente gefokus.

Die ISV het by hierdie prestige funksie met twee ander toeken-nings ook weggestap.

Hulle is vir die eerste keer aangewys as die mees effektiewe fakulteit en hulle het ook die toekenning ontvang vir die beste algehele ASV vir die tydperk 2010/2011.

Nadat die meisie haar be-wussyn herwin het, het die verdagte haar in haar motor for-seer en haar gedwing om saam met hom na Ikageng te ry.

Hy het teen die buitemuur van ’n huis gebots en homself uit die voete gemaak.

Sersant Karen Tredoux, provin-

ander dorpskoshuise geïdentifi-seer nie.

“Elke keer het die alarm af-gegaan, sonder dat daar reaksie was van Beskermingsdienste se kant af.

“Ek het voor Enkelsêr die alarm laat afgaan en vir 20 mi- nute gewag vir iemand om te kom, maar daar was geen reaksie nie.”

’n Eis van nalatigheid gaan ondersoek word.

Van Schalkwyk en sy komitee is baie tevrede met hul prestasies, maar hul bly nederig en plat op die aarde.

“Ons voel baie gelukkig en trots op hierdie prestasie.

Om eerlik te wees, die ISV se doel was nie eers om te wen of om toekennings te kry nie, want vir ons het dit uit en uit oor die stu-dente gegaan.”

siale polisie-woordvoerder, ver-tel dat ’n saak van verkragting, diefstal en ontvoering teen die verdagte ondersoek word.

Die verdagte het reeds in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is ter wille van ’n uit-kenningsparade wat eers moes plaasvind.

Get the free mobile app athttp:/ /gettag.mobi

KUNSTE

WERWING

STUDENTEBELANGE

AKSA

SJGD

MansDames Algeheel

1. Heimat2. Veritas3. Ratau4. Patria5. Hombré

1. Ratau2. Patria3. Laureus

1. Patria2. Veritas3. De Wilgers

1. Heide2. Wag-’n-Bietjie & Vergeet-My-Nie3. Huis Republiek4. Bellatrix5. Kasteel

1. Wag-’n-Bietjie2. Vergeet-My-Nie3. Minjonet

1. Vergeet-My-Nie2. Wag-’n-Bietjie & Bellatrix3. Klawerhof

1. Oosterhof2. Kasteel3. Eikenhof4. Wanda5. Vergeet-My-Nie

1. Bellatrix2. Klawerhof3. Heide

1. De Wilgers2. Patria3. Overs4. Ratau5. Laureus

1. Laureus2. De Wilgers3. Patria

1. Heimat2. Veritas3. Ratau4. Heide5. Wag-’n-Bietjie & Vergeet-My-Nie

1. Ratau2. Wag-’n-Bietjie3. Patria4. Laureus5. Vergeet-My-Nie

1. Patria2. Vergeet-My-Nie3. Wag-’n-Bietjie & Bellatrix4. Klawerhof5. Eikenhof

1. De Wilgers2. Oosterhof3. Kasteel4. Patria5. Eikenhof

1. Bellatrix2. Laureus3. Klawerhof4. Heide5. De Wilgers

Page 3: Wapad - 18 Augustus 2011

NUUS | 318 AUGUSTUS 2011

HELOÏSE VAN DER WALT

Die Volla het onlangs weer koning gekraai in Hombré se jaarlikse Beetle-run.

Die doel van die Beetle-run is dat almal in die koshuis ’n dag saam kan geniet en iets unieks kan vertoon aan die studente.

“Hombré se Beetle-run is ’n baie ou tradisie op die Puk wat elke jaar groot opwinding kweek voor Intervarsity en al die studen-

Beetle-run vermaak kampus

Hombré: Fully LoadedHombré: Fully Loadedte vermaak met iets anders as die res van die kampuskoshuistradi-sies,” voer Jacques Borcherds, HK-Sosiaal, van Hombré aan.

Daar was verskeie tipes pryse vanjaar ter sprake. Daar is onder andere pryse toegeken aan die beste weergawe van die Hom-bré-Beetle, ’n prys vir die beste Beetle oor die algemeen, ’n prys vir die gang met die meeste Bee-tles en ook ’n prys vir die beste gang-Beetle.

Veranderinge het vanjaar meegebring dat dit nie by Hom-bré gehou is nie, maar by Kom-en-Gaan en dit het ’n oop aksie na die Beetle-run ingesluit.

“As daar een ding is wat ek kan sê wat Beetle-run so ’n lek-ker tradisie maak, moet dit gees wees en die atmosfeer tussen vriende in die koshuis en ook dan die toeskouers op kampus wat alles die moeite werd maak op die einde van die dag.”

FOTO’S: KIRSTI VISSER

Mej. Kampus 2011: Marlie Jonker Mnr. Kampus 2011: Francois Naudé

Hombré se jaarlikse Beetle-run het vanjaar weer oorgeloop van kreatiewe (en minder kreatiewe) Vollas.

PIET MATIPA

Hierdie volgende 10 Dinge moet slegs voor die spieël geoefen word. Aangesien die kandidate ’n tweede kans gekry het om te sweet vir SR, het Wapad dit goed gedink om ’n paar wenke te gee, sodat hulle die tweede keer min-der sweet.

Tydens swete wíl jy uit-staan en onthou word. Vat lekkers saam na die kos-

huise toe, studente luister beter met ’n Bar One in hul hande. Dink soos ’n politikus: wie nie bribe nie, wen nie.

Aanhalings: Vermy dit, niemand gee om wat Ein-stein of Oprah gesê het

nie, want dis nie hulle wat vir SR staan nie. As jy regtig niks het om te sê nie smile and wave.

Maak jou opponent se naam sleg. Huur ’n speur-der om geraamtes uit hul

kaste te grawe. As daar nie iets is nie, maak iets op soos: “Koeksie van der Koolkop is ’n professio-nele nagwerker, haar kantoor is in Kerkstraat en sy aanvaar net kontant.”

As jy ’n moeilike vraag kry, antwoord soos volg: Vraag: So watter pro-

gramme het die SR wat stu-dente met dwelmprobleme help? Antwoord: Goeie vraag, wat dink jy?

“Dit is my passie.” Hierdie is nie ’n antwoord nie. Om klavier en rugby te speel,

is jou passie. Om te sweet vir ’n portefeulje waarvan jy die volle-dige werksomskrywing eers twee weke terug uitgevind het, is nie jou passie nie. So, smile and wave.

Wanneer jy ’n dom vraag kry, trek jou ge-sig asof jy poep ruik

en antwoord met die volgende: “Daai vraag verklap jou IK, my skat, as ek dit gaan antwoord is ek bang die mense dink ek het ook my matrieksertifikaat by Wan-dellaan gekoop. Volgende vraag?”

Wanneer jy by ’n koshuis sweet wat jou koshuis haat, begin hulle koshuis-

lied sing, en as dit hulle nie beïn-druk nie, begin jou koshuislied sing, dan gee jy hulle ’n rede om kwaad te wees.

As jy regtig bang is vir die swete, daag baie dronk op. Dit maak nie saak wat

daar gebeur nie, as jy dit nie kan onthou nie, het dit nie gebeur nie.

Pimp jou maroen pakkie op. Ouens, as jy trots is op jou maagspiere maak se-

ker die dames sien dit en dames as jy trots is op jou bates, moet dit nie wegsteek nie. Al wat jy doen, is jy gebruik jou lyf om te sweet.

En laastens, maak seker dat jou CV wat in die Wapad verskyn

goed lyk. Niemand gee om oor die potjiekos-kompetisie wat jou gang gewen het of die kamer-maat-van-die-jaar sertifikaat wat jou rooma vir jou gegee het nie.

Só sweet mens... Wie het jou met 'n koppie mooi gegooi?

Celebrity CrushDefinitief Hugh Grant, ek is mal oor sy aksent en sin vir humor.

Bloosoomblikkie op die Puk?Tydens my onderhoude vir Mnr. en Mej.Kampus het hulle vir

my gevra of ek ’n rugbyspeler of ’n sokkerspeler verkies. Ek het geantwoord ’n sokkerspeler, want rugbyspelers het lelike ore. Een van die beoordelaars is toe ’n baie goeie rugbyspeler en hy was effens negatief oor my statement, maar ek het vinnig die wanpersepsie reggestel.

Kwaliteite in ’n trouman?Hy moet ’n sterk verhouding met die Here hê en daaruit vloei

liefde, omgee en respek. Hy moet ook baie geduld met my hê en intelligent wees. Lewenservaring is belangrik – ek moet iets by hom kan leer. Hy moet oor ’n sin vir humor beskik. Ek hou van die tall, dark en handsome look met ’n mooi glimlag (mooi tande ingesluit).

Wat vrees jy in die geheim?

Ek is baie bang vir verdrink en om mense vir wie ek lief is te verloor, hetsy deur die dood of konfliksituasies.

Wat wou jy word toe jy klein was?Ek wou by teaterproduksies betrokke wees en my eie musical

skryf.

Was daar enige katterigheid onder die finaliste?Nee, dit was ’n lekker groep om mee saam te werk. Ek het

vriendinne gemaak.

Celebrity CrushDemi Lovato – Skyscraper is al wat ek sê…

Kwaliteite in ’n trouvrou?Sy moet nie op haar mond geval wees nie en elke oomblik

saam met haar moet ’n oomblik wees wat ek sal verruil vir niks en niemand anders nie.

As jy ’n kar kon wees, wat sou jy wees en hoekom?Ek ken nie regtig karre nie, maar ek sou ’n Audi TT kies, want

hy is vinnig en vry op die pad.

Bloosoomblikkie op die Puk?Tydens ’n SJGD-aksie waar ons laerskoolkinders se gesigte

geverf het, het ek ’n persoon verwar met iemand van die ander geslag en aan haar die vraag gevra, “What is your name, my sweet heart?” Sy sê toe, “Karabo.” Ek vra toe vir haar, “What is your girlfriend’s name?” Sy antwoord, “I am a girlfriend.”

Jou party trick.Ek laat mense in ’n zig zag ry staan. Daarna forseer ek hulle

om na my tong te kyk. Ek draai hom dus 3 keer om en daarna gaan lê ek op my rug en blaas ’n ping pong-balletjie 15 cm in die lug op. Die vertoning is slegs vir 6 mense op ’n slag.

Enige lewenswyshede wat jy met ons wil deel?Daar is net een rede op aarde hoekom ons hier is, dit is slegs

om God se naam groot te maak. Leef dit uit, want jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. Doen altyd wat jou passie is, want dit is waarin jy gaan uitblink.

SAAMGESTEL DEUR HELOÏSE VAN DER WALT

FOTO: IAN ODENDAAL FOTO: NELLIE VAN DER WALT

Get the free mobile app athttp:/ /gettag.mobi

Page 4: Wapad - 18 Augustus 2011

NUUS 4 | 18 AUGUSTUS 2011

Daar is baie sterk leiers op die Puk, maar te veel is nog apaties. Raak be-trokke.

MODELAugustus

WAPAD MODELNaam: Johan Douwenga

Koshuis: Privaat

Graad: Meganiese Ingenieurswese

As jy ’n dier sou wees, wat sou jy wees en hoekom? ’n Leeu - ek is soms lui, maar as iets gedoen moet word dan sal ek dit doen.

Wie is jou celebrity crush? Jessica Alba. Sy het mooi donker hare, blas vel, mooi gesig. Sy is veral baie hot in die fliek Into the blue.

Som jouself op in vyf woorde: Vriendelik, betroubaar, stiptelik, selfstandig en standvastig.

Iets interessant van jouself? Ek het ’n tweeling boetie, maar ons lyk glad nie dieselfde nie. Daar is ook net 28 mense in Suid-Afrika met my van.

Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word.Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad modelkompetisie. Beoordelaars is onder meer Leandie Du Randt, Flip-a-Coin en Nadia Beukes.Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n vollengte foto van jouself, asook jou kontakbesonderhede na [email protected] en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.

FOTO: IAN ODENDAAL

Al ooit gehoor van die Besembos-lokaal in die Ferdinand Postma Biblioteek?Die Besembos was oorspronklik ’n studenteblad. Die embleem hier-voor is in die dertigerjare deur Erich Mayer ontwerp en het ’n besem-bos tesame met ’n PU vir CHO-embleem, binne ’n sier-omraming bevat.Hierdie ontwerp het egter spoedig verdwyn sodat slegs die besembos as sodanig oorgebly het.

DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUM-NIKANTOOR

HET JY GEWEET?

Famous Face

Vera was nog altyd ’n leierMARCEL SPAUMER

‘Om ’n leier te wees maak deure oop. Nie net hier op die NWU-Puk nie,

maar oral in die land,” het Vera Argyle, SR:Adjunkvoorsitter, aan Wapad gesê.

Argyle het onlangs die Abe Bai-ley-reisbeurs ontvang – ’n beurs wat aan Suid-Afrikaanse stu-dente met besondere leierseien- skappe en gemeenskapsbe-trokkenheid toegeken word.

Die beurs word ook aan ju-nior lektore toegeken en is in die verlede aan F.W. de Klerk en dr. Theuns Eloff, asook verlede jaar se SR:Voorsitter, Adèle Crou-camp, toegeken.

“Daar is sowat 20 Pukke wat aansoek gedoen het en 500 in die land. Jy moes al in ’n leierspo-sisie gewees het om hiervoor aan-soek te doen,” het Argyle gesê.

Sy is vanaf haar eerste jaar op die Puk betrokke by SJGD-aksies en ander gemeenskapsprojekte, byvoorbeeld ’n uitreik in Hill-brow wat vir drie weke geduur het.

Verlede jaar is sy verkies tot die SR:Studentebelange en vanjaar het sy haar stem dik gemaak as Adjunkvoorsitter van die SR.

Slegs 19 beurse is vanjaar toegeken en 26 universiteite neem jaarliks deel aan die inskrywings.

“Ons gaan vir drie weke deur Skotland en Engeland toer en uni-versiteite soos Oxford en Cam-bridge besoek,” het Argyle gesê.

Volgens Argyle word alles vir hulle betaal en sal hulle ook elke

dag sakgeld ontvang.“Ons vertrek aan die einde van

November. Ek is baie opgewonde.”Sy is ook een van 40 kandidate

wat meeding vir die gesogte Man-dela-Rhodes Scholarship.

Sy beplan om volgende jaar deeltyds haar meestersgraad te voltooi en het vir werk begin aan-soek doen.

Vera Argyle is die ontvanger van die Abe Bailey-reisbeurs.

FOTO: DEVIN DEBUDÉ

JANINE NELFOTO’S: ILDA CRONJE

SNOR-gustus... Augustus is die maand wanneer

alle Puk-manne hul skeermesse bêre en met ’n snor probeer spog.

’n Snor is soms ’n vreemde en verbasende ding.

Laurie du Preez, ’n eerstejaar, groei al vir ses maande aan sy snor.

Hy neem elke jaar deel aan SNOR-gustus.

“Ek het dit op skool ook laat groei,” sê hy.

Volgens Tiaan Willemse, ’n vier- dejaar, groei hy sy snor al vir twee weke.

“Verlede jaar was ek ’n aktiewe lid van SNOR-gustus, maar dié jaar is dit net luiheid,” sê hy.

Willemse vertel ook dat dames hom net vir sy snor soek.

Ander ouens is nou weer nie so gelukkig nie.

“My meisie is nie baie geluk-

kig met die snor nie, sy byt maar vas,” vertel Theo van Schalkwyk, ’n vierdejaarstudent.

As die hele “snor-groei-ding” nie vir jou is nie, plak ’n snor of koop een.

Gert Saaiman, ’n eerstejaar, plak graag ’n snor op sy gesig.

“Die meisies is mal daaroor, dit kielie hulle neuse,” sê hy.

Spaar geld, bêre jou skeermes en laat groei vir jou ’n snor vir SNOR-gustus.

In Augustus bêre die Puk-manne graag hul skeermesse om met ’n snor te kan spog.

SNOR-gustus: Wat sê die manne oor hul snorre?

TIAAN WILLEMSEB.Ing. ElektriesVierdejaarPrivaat

LAURIE DU PREEZB.Ing. MeganiesEerstejaarVillagers

THEO VAN SCHALKWYKBCom Menslike Hulp-bronbestuurVierdejaarPatria

FRANCOIS GROVÉBEdTweedejaarOver de Voor

GERT SAAIMANBCom GREerstejaarOver de Voor

Hoe lank groei jy al aan jou snor?

So twee weke.Hou meisies van jou snor?

Nee, my meisie is nie baie gelukkig daarmee nie, sy byt maar vas.

Hoe lank groei jy al aan jou snor?

Ses maandeHou meisies van jou snor?

Sommige meisies hou daarvan, want dit voel lekker. Party haat dit, want dit kielie.

Hoe lank groei jy al aan jou snor?

Twee weke van luiheid.Neem jy graag deel aan SNOR-gustus?

Verlede jaar was ek ’n aktiewe lid van SNOR-gustus, maar dié jaar is dit net luiheid.

Hoe lank groei jy al aan jou snor?

Twee wekeNeem jy graag deel aan SNOR-gustus?

Ja ,ek doen.Hou meisies van jou snor?

My meisie hou nie baie daarvan nie.

Hoe lank groei jy al aan jou snor?

Dis my eerste jaar, want dis die eerste jaar wat my snor werklik goed genoeg is.Hou meisies van jou snor?

Hulle is mal daar-oor, dit kielie hulle neuse.

Wenner van

Page 5: Wapad - 18 Augustus 2011

LIZANNE POTGIETERBEdVierdejaarVergeet-My-Nie

“Interver se hoogtepunt is vriende van Kovsies wat kom kui-er, maar daar is altyd Tuks studen-te wat wannabe Pukke wil wees.”

vir Pukke om kennis te maak met die nuwe talent. Bloem-meisies is verseker my Interver hoogtepunt. My slegste ervar-ing sover is die oornag in Steers se kiddies room tydens ons road-trip Bloem toe verlede jaar.”

LIZETTE RAATSBEdTweedejaarWanda

“Ek is mal oor musiek, so die bands is altyd bo aan my Interver-lysie, maar die overcrowded kui-erplekke is oorweldigend, so dit is die slegte deel.”

WERNER MULDER Chemiese Ingenieurs-

weseDerdejaarPrivaat

“Intervarsity is nie dieselfde sonder ’n roadtrip nie, dit is die beste deel van Interver. Die slegste is seker Pukke wat jaar-liks verloor.”

KUIER & VERMAAK | 518 AUGUSTUS 2011

CHRISTO ACKERMANStads- en Streeks-

beplanning Derdejaar

Villagers“Die beste ding van Interver is Potch-meisies wat dink jy is van Bloem af, prime time op die Bult is tussen 03:00 en 05:00. Die slegte deel is seker babbelas na gisteraand se partytjie.”

JOHAN LE GRANGE BA Kommunikasie

Derdejaar Thaba-Jäh

“Intervarsity is ’n geleentheid

ALEXA SWART

Intervarsity, wat vanjaar in Potchefstroom gehou is, het dié naweek vir groot vermaak ge-sorg.

Hoewel Interver eintlik handel oor Pukke en Kovsies wat kragte meet op die sportveld, is dit eintlik die geleentheid van die jaar om al jou inhibisies te laat vaar en studentelewe in sy vol-heid te geniet.

Wapad het gaan uitvind wat studente graag sal wil onthou of eerder wil vergeet van Interver.

Kampusmenings: Pukke vier Mardi Gras Intervarsity

VermaakKuier

Kyk net hoe baie Pukke is ons hierKyk net hoe baie Pukke is ons hier

Foto's van Pukke en Kovsies tydens Interver 2011 geselligheid. Hoogtepunte was die kuier by die vlei en die rugbykragmeting. FOTO'S: IAN ODENDAAL

'n Paar studente het wilde hemde vir hulle laat maak.'n Paar studente het wilde hemde vir hulle laat maak.

Intervarsity 2011Intervarsity 2011

Page 6: Wapad - 18 Augustus 2011

KUIER & VERMAAK 6 | 18 AUGUSTUS 2011

Against All Odds

aKing was een van die hoogtepunte by Intervarsity se Mardis Gras-show. FOTO: FRANK DUVENHAGE

Groot vermaak

Bands open Interver-feesvieringe JANUS DE VILLIERS

Van Potchefstroom se gewild-ste bands het die kans gekry om Vrydagaand die

verhoog met Fokofpolisiekar-af-stammeling, aKing en die gewilde dansgroep, Flash Republic, te deel.

Altesaam ses groepe het van vroeg Vrydagmiddag af studente op die Joolplaas vermaak. Van-jaar se Intervarsity-musiekfees op die NWU-Joolplaas het vir goeie musiek gesorg alhoewel die

One woman’s search for everything. Across Italy, India and Indonesia.

Of dit nou is vir die sport of die musiek, mens kan sien almal is hier om ’n goeie tyd te hê.

Op die stel van The Bang Bang Club. Van links is Frank Rautenbach, Neels van Jaarsveld, Taylor Kitsch en Ryan Philippe. FOTO: COLLIDER.COM

PIET MATIPA & ELMARI DE VOS

Die fliek The Bang Bang Club het groot opslae gemaak toe dit on-langs in Suid-Afrika begin draai het.

Die rolprent beeld die le- wens uit van vier fotojoernaliste: Kevin Carter, Greg Marinovich, Ken Oosterbroek en João Silva.

Hulle was gedurende Apartheid aktief betrokke in die townships.

Internasionale en plaaslike bekendes is in die fliek te sien.

Hulle is onder meer Taylor Kitsch, Ryan Phillippe, Frank Rautenbach en Neels van Jaars-veld.

Neels van Jaarsveld, wat be-kend is vir sy rolle in Goodbye Bafana, Triomf, Draadloos, Klip-drift-advertensies en verskeie Zinkplaat-musiekvideo’s, het met Wapad gesels oor die fliek en sy toekoms.

Van Jaarsveld het hom vir die rol voorberei deur tyd saam met João Silva (wie hy in die fliek ver-tolk) te spandeer.

“Hy het my uitgevat om te gaan foto’s neem en ons het verskeie kere in sy tuin rondgerol en ge-maak of ons bullets dodge.”

Hy het baie by die legendariese

Silva geleer.“Dis die sense of camaraderie

gewees,” beskryf hy die lekkerte wat op stel ervaar is.

Van Jaarsveld vertel verder dat dit ’n ongelooflike ervaring was om saam met die internasionale filmsterre te werk.

Volgens hom is hulle doelwitte dieselfde as Suid-Afrikaanse ak-teurs s’n, hulle salarisse is net beter.

“Die vrouens smelt as Ryan in die kamer instap. Baie by Ryan

geleer,” voeg hy spottenderwys by.Sy toekoms lyk blink. Hy is tans

besig met ’n een-man show, Pa vir Dummies.

Hy kom ook Aardklop toe.Verder werk hy aan ’n rap-al-

bum en ’n klerereeks, GRACIAS-COMRADE.

Oor aanbiedinge van film-maatskappye sê die “eish”-man slegs:

“Hier en daar ’n paar, maar nog niks is bevestig nie. Ons hou maar duim vas.”

skare besonder klein was.Die toegangsfooi was klaar-

blyklik die probleem, met baie studente wat gekla het dat hulle nie soveel geld wil spandeer op musikante wat hul “reeds baie live gesien het nie.”

Kaartjies was R60 by die hekke, of kon vooraf vir R50 by UK: Ska-keling en koshuis Kultuur HK-lede gekoop word.

MENS, Bruce Noble, Afridanz en Moses Metro Man was van die eerste groepe op die program.

Pop-groep ekhouvanjou,okay!

het van hul Potchefstroom-vriende uitgenooi om die kalklig tydens hul vertoning saam met hul te deel.

Die gehoor was nie teleur-gesteld nie en het luidkeels saam-gesing terwyl die groep van hul treffers soos Ek is beter as hy trust my en Vreeslik!Feestelik gesing het.

Die finale tydsgleuf op die aand se program het aan Belville rock-ers aKing behoort.

Die dansgroep Flash Republic het ook die koue aangedurf en op

die Joolplaas gespeel. Tamara Dey, voorsanger van

Flash Republic, het genoem dat die klein aantal bywoners haar nie gaan onderkry nie, dat hulle elke keer uitsien om in Potchef-stroom te speel en dat vanjaar se Intervarsity-feesvieringe nie an-ders was nie.

“Ons is mal oor die atmosfeer hier.

“Of dit nou is vir die sport of die musiek, mens kan sien almal is hier om ’n goeie tyd te hê,” het Dey gesê.

TOMAANFLIEKVan Jaarsveld praat oor The Bang Bang Club

∞ Situated in the heart of the Limpopo valley∞ 20 km from Mapungubwe World Heritage Site∞ Ideal for a tranquil breakaway experience∞ Affordable quality acommodation

Manuel Magro: 083 456 6994

Johann Weideman: 082 894 2045

Fax: 086 658 9651

E-mail us now:

[email protected] or

[email protected]

Visit our website:

www.tranquilnestsafaris.com

Get the free mobile app athttp:/ /gettag.mobi

Get the free mobile app athttp:/ /gettag.mobi

Page 7: Wapad - 18 Augustus 2011

KUIER & VERMAAK | 7 18 AUGUSTUS 2011

Hierdie album is bietjie meer as net ’n opsomming van Iron Maiden se musiekloopbaan.

Hoewel dit ’n samevatting van twintig jaar se musiek is, toon dit eerder die groei wat hulle musiek in die oorgangstydperk van die tagtigs tot die negentigs onder-gaan het.

Hoewel die musiek al die elemente van klassieke-rock

bevat, is dit ook oor die algemeen sterker en meer progressief.

Goeie, interessante kitaarwerk en ’n lewendige energie, wat am-per ’n teatrale element bevat, is wat hierdie band se musiek so kenmerkend maak.

Ongelukkig is daar nie baie af-wisseling in die musiek nie en kan

dit dus soms eentonig oorkom.Sign of the cross, Brave new

world, en Bring your daughter… to slaughter is liedjies wat uit-staan.

Iron Maiden-aanhangers en aanhangers van old school rock-musiek oor die algemeen sal hier-die plaat geniet.

IRON MAIDENFrom fear to eternity (The best of 1990-2010)

PITBULLPlanet Pit

MARTIN LAUBSCHER

dalk ’n oordrewe bekommernis mag wees, bly die vraag steeds: hoe kan enigiemand hierna luister?

Pitbull se musiek is so onoor-spronklik soos sy naam.

Die musiek is oorverwerk, elektronies en monotonies. Daar heers ’n growwe gebrek aan innovasie en kreatiwiteit.

Soos met die meeste kunste-naars van dié genre, bestaan die lirieke uit verklarings van hoe goed die sanger self is (hy verwys deurgaans na homself as “Mr. Worldwide”).

Die enigste liedjie wat wel oorspronklikheid toon is Sand (ietwat van ’n moderne soort ballade) wat saam met Kelly Rowland en Jamie Drastik gesing word.

As jy van die moderne trant van partytjiesnitte hou, is dié album vir jou. As jy egter op soek is na goeie, oorspronklike musiek, bly eerder weg.

“Half of these fools don’t know music…” Ironies genoeg, die woorde in een van Pitbull se eie snitte, terwyl hy self nie veel van musiek weet nie.

Hierdie is een van daardie al-bums wat ’n mens laat wonder of daar nog hoop vir goeie instru-mentele musiek is. En hoewel dit

Bruce Noble is op die pad van suksesBruce Noble is op die pad van suksesDie ouens van Bruce Noble op die verhoog tydens hul optrede by vanjaar se Intervarsity. Van links is Marco Basson, Stefan Mynhardt, Rudolph Willemse, Eugene Le Roux en Wynand Botha.

FOTO’S: IAN ODENDAAL

JANINE NEL

Die blues-rock-band, Bruce Noble klim vinnig die be-kende leer na sukses.

Die groep het vanjaar reeds by die Sêr-gala, Mnr. en Mej. Kam-pus, asook Intervarsity opgetree.

Hulle het ook onlangs twee musiekvideo’s, Mississippi dream en Wolves vrygestel op MK.

Bruce Noble het verskeie

toekomsverwagtinge. Hulle het ingeskryf vir MK se Musiek Video Projek (MVP) saam met Francis Gavin en is ook besig om na record labels te kyk.

“As ek sien hoe die musiek ver-beter het oor die afgelope jaar, kan ek nie wag om te hoor hoe dit gaan klink oor twee of drie jaar nie,” sê Stefan Mynhardt (kitaar).

“Die feit dat Bruce Noble se lede jonk en talentvol is, maak hulle

uniek. “Hulle het baie dieper lirieke

as wat mense dink,” vertel hulle bestuurder, Amoré Truter.

Rudolph Willemse (kitaar) skryf die lirieke.

“Ek voel dat ’n liedjie ’n per-soonlikheid van sy eie het. Ek probeer nie om iets altyd te skryf nie, partykeer gebeur dit net,” sê hy.

Volgens Eugene Le Roux (baski-

taar) sien hy die band oor vyf jaar met ’n record label, ’n vol album en baie aanhangers.

Bruce Noble is vir die vyf ouens ’n wonderlike ervaring en hulle geniet dit baie.

“Dis die plek waar ek die meeste lag in die wêreld,” sê Marco Bas-son (hoofsanger).

Volgens Wynand Botha (trom-me) hou hy nie net van Bruce No-ble nie, hy is lief daarvoor.

Ek voel dat ’n liedjie ’n persoonlikheid van sy eie het.

Puk-studente wen ATKV-Filmfundi

JANINE NEL

’n Nuwe projek, die ATKV-Filmfundi, is die afgelope jaar geloods en het op die Puk afgeskop.

Die projek behels ’n blitskursus in die maak van films, wat onder andere kamerawerk, spel en regie insluit.

Die bekende skrywer, resensent en omroeper, Leon van Nierop, het die kursus geopen by ’n glans-geleentheid waar hy sy kennis met 80 belangstellendes gedeel het.

Na afloop van die kursus word die ATKV-Filmfundi kompetisie aangebied.

Die kompetisie, deur die ATKV aangebied, gee vir studente die kans om self ’n kortfilm te vervaar-dig.

Hulle moet self die die storie skryf, akteurs kies en die fliek skiet. Danie van der Merwe en Quintin Senekal is die algehele wenners van die kompetisie.

“Die kompetisie was baie lek-ker en ook ’n nuwe uitdaging,” sê Senekal.

Hulle kortfilm se naam is Heist en beteken rooftog, of die regstelling van iets wat verkeerd is.

Hulle het self die musiek in die fliek gekomponeer.

Senekal en Van der Merwe wil graag in die toekoms regisseurs of vervaardigers wees.

Die volgende geleentheid om jou kortfilm in te skryf sal voor die einde van die jaar in die Wapad geadver-teer word, en die sluitingsdatum is

4 April 2012.

Alleen na Desember

Die manne van Alleen-Na-Desember by Oppikoppi verlede week. FOTO: FRANK DUVENHAGE

SPESIALE aanbiedinge

5% af vir studentepaartjies as studentekaart gewys word

Maandae: Burgers - koop een, kry een patty gratisDinsdae: Eisbein of 800g Varktjop R69-95Woensdae: Ribs - 1,2kg vir R92,95Donderdae: Enige pasta - R10 af op spyskaartprysVrydae: Hoender- of beesschnitzel vir R49,95Saterdae: Cocktails - 40% afslagSondae: Tuisgemaakte ete (2 vleise, 3 groente, 3 stysels vir R74-95. Voeg nagereg by vir net R12 ekstra

Page 8: Wapad - 18 Augustus 2011

18 AUGUSTUS 2011KUIER & VERMAAK

• Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur• Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8)• Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus• Goeie voorbereiding vir ‘n MBA• Mededingende voordeel in die arbeidsmark• Klasgelde vir die kursus beloop R12 500• Oopboek- en toegepaste eksamens

Dié unieke geleentheid van die Potchefstroom Besigheidskool bied die volgende:

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms!

Me Marilize Minné (skakelbeampte)Kantoor 406, 4e vloer, Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3)Tel: 018 299 1412 | E-pos: [email protected]

Gee jou graad momentum met die NAGRAADSE DIPLOMA IN BESTUUR

Oppikoppi vier goeie musiekOppikoppi vier goeie musiekOp die vyfde Augustus word byna

twintigduisend (’n rekordtal) hippies, rockers, punks en mu-

siekliefhebbers van alle soorte binne die doringboompoorte, op ’n rooigrondtapyt, ingelaat en Oppikoppi 2011 begin.

Tente word opgeslaan, bierbottels word oopgeknak en feesgangers maak reg vir die eerste note wat deur die Bloemfontein band, Oros in ’n lang glas, gespeel word.

Hoewel daar intussen baie bands speel, is dit die melodiese klanke van Isochro-nous, die harde ska-punk van Fuzzigish en die klassieke-rock van Southern Gypsie Queen (waarmee die eerste aand van Op-pikoppi dan ook afgesluit word) wat die skare beïndruk.

Saterdagoggend word deur die rustige klanke van The December Streets geopen.

Die res van die dag word deur die ob-skure musiek van Mr. Cat and the Jackal, die lewendige, energieke vertoning van Karen Zoid, die jazz-klanke van Hotstix, die ietwat filosofiese kletsrym van Bit-tereinder en die betowerende vertoning van Van Coke Kartel gekenmerk.

Sondag is die laaste dag van Oppikoppi

en die eerste band, van ’n klomp, wat die feesgangers se aandag kry is Die Tuin- dwergies.

Later lewer Die Heuwels Fantasties ’n uitstekende (moontlik hul beste) lewen-dige vertoning.

Wat egter volg op Die Heuwels Fantas-ties is sekerlik een van die hoogtepunte van die naweek.

David Kramer, wat onder andere die verhoog met Karen Zoid, Fancois van Coke, Pierre Greeff, Tamara Dey en Jack Parow deel, se vertoning is verantwoorde-lik daarvoor dat talle feesgangers met hoendervleis gelaat word.

The Used se vertoning is ietwat te-leurstellend, veral nadat hulle byna ’n halfuur laat eers op die verhoog opdaag.

Sum 41 sluit egter die naweek af met ’n uitmuntende vertoning, wat uit ’n goeie kombinasie van hulle ou klassieke tref-fers en nuwe snitte bestaan.

Die naweek kom tot ’n einde en hoewel almal dit ten volle geniet het, is die bos-veld en die (baie vuil) feesgangers heel waarskynlik ewe bly om van mekaar af-skeid te neem. – MARTIN LAUBSCHERDie Antwoord Desmond and The Tutus

FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT

Page 9: Wapad - 18 Augustus 2011

Briewe OmbudsmanBriewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: [email protected]

|9 18 AUGUSTUS 2011

Kommentaar18 AUGUSTUS 2011

Misdaad is 'n siekte

Redaksioneel

Die Indiese godsdienstige leier en politikus, Mahatma Gandhi, het gesê: “All crime is a kind of disease and should be treated as such”.

Vir ons lyk dit asof die tipe siekte kampus begin oorneem. Vanda-lisme steek kop uit. Totius word groter “geseën”. Sol Plaatje kry ’n “L” op die voorkop geverf en by Heimat word ingebreek.

Is die idioom, “net gekke en dwase skryf hul name op mure en glase”, van toepassing op sekere van die studente op kampus?

Maar misdaad is nie al siekte wat ons kampus getref het nie.Tydens vanjaar se Interver het die vraag ook opgekom – is dit

cool om hemde te dra met suggestiewe frases daarop? “Ploeg in die slote, saai op die walle.”

Mahatma Gandhi het ook gesê: “Be the change you wish to see in the world”, maar soms is dit moeilik as mens omring word met sulke gebeurtenisse.

Laat mens wonder oor die norm van studentwees – dié is immers ’n tersiêre instelling.

HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369)ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431)INHOUDSREDAKTEUR: Marcel Spaumer (072 736 2630)GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099)TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022)SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028)SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980)TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516)BEMARKING: Isabel Weideman (082 367 2248)

KernredaksieDie volgende Wapad verskyn 1 September 2011

TEKSVERSORGERS: Lisa-Marie Strydom, Nina Linde, Marcelene Jordaan, Tersia LandsbergUITLEG: Linél Malan.

Die SR-aansoeke sluit more. Swete sal volgende Maandag tot Woensdag plaasvind en stempunte maak Donderdag oop. Hou Maandag se Wapad SR-Bylae dop. STEM VIR JOU SR. SKETS: WILLIE BLIGNAUT

’n Enkele opmerking het my vertroue in die SR-struktuur laat verloor.

Ek dien alreeds twee termyne op ’n Uitvoerende Komitee (UK). My eerste termyn het ek op die Finan-sies UK gedien, terwyl ek my finale jaar voltooi het. Omdat ek in die SR struktuur geglo het, het ek gekies om in my GR Honneursjaar ’n tweede termyn te dien – die keer as deel van Koshuisraad.

My kollega het, nadat hy koshuise bygestaan het met die hersiening van hul huishoudelike reglemente, aangebied om die SR ook by te staan in die hersiening van hul huis-

houdelike reglement. Die SR-lid wie hy in hierdie verband genader het, se reaksie op sy aanbod was egter gewees: wat worry jy? Ry die golf soos die res van ons…

UK-lede probeer ’n positiewe verskil maak en dan is dit die houd-ing van dié na wie hulle opkyk. Die kandidaat is vol beloftes in sy/haar swete en dan is dit sy/haar houding nadat jy hom/haar verkies het. Ek gee twee termyne in my twee taaiste akademiese jare en dit is die dankie wat ek terugkry.

Jy bou jare lank ’n reputasie op, maar verloor dit binne minute. Net so

kan jy jou volle universiteitsloopbaan in ’n struktuur glo, totdat iemand binne daardie struktuur ’n opmerking maak wat jou totaal vertroue daarin laat verloor.

En ongelukkig oorskadu hierdie opmerking die goeie werk wat sy/haar kollegas doen.

Ek was die trotse draer van ’n ma-roen baadjie. Tot en met die aankon-diging van die volgende lot surfers is ek die draer van ’n maroen baadjie. Maar ek sal nooit weer dieselfde respek en agting daarvoor hê nie.

PIETER SLABBERT

Hoewel ek saamstem met sommige idees wat die Kommunikasie dosent te sê gehad het in die Wapad (5 Augustus), kan ek nie help om te lag vir haar idee dat daar 'n seksistiese agenda is van die dames se voorgeskrewe lied (Mamma ek wil 'n man hê).

Wake up and smell the roses, ek sou dink iemand wat 'n liefde vir die Afrikaanse taal het (of liefs om daarmee te kommunikeer), bly sal wees vir die bevordering van die Afrikaanse kultuur en dat dit so groot is vir mense op kampus. 'n Universiteitslewe is daar om akademies te verkeer (ek stem saam), maar daarom is dit JUIS belangrik dat ons nog kan jonk wees en dinge doen wat ons kan geniet en passievol oor wees, voordat ons inbeweeg in die "grootmens wêreld". Ek daag haar graag uit om bietjie net een jaar se sêr te kyk en dan nogsteeds dit te ag as 'n taboe in haar klas.

Groete vanaf 'n BCom 3de jaar wat nog nooit sêr as 'n verskoning gebruik het vir akademiese werk nie.CHRIS VAN DER WALT

Leser onsteld oor swak uitlating deur SR-lid Student bitter

Page 10: Wapad - 18 Augustus 2011

SPORT10 | 18 AUGUSTUS 2011

Die dames van Klawerhof, Heide en Wag-’n-Bietjie stry dit uit op die netbalbaan. Onder die tweedespanne het Heide die liga gewen en onder die eerstespanne was dit Karlien wat koning gekraai het. FOTO’S: CARLI KOCH

Somerliga kom tot ’n einde

Karlien domineer op die netbalbaanCARLI KOCH

Karlien het vir die tweede agtereenvolgende jaar hul wenposisie behou deur Bel-

latrix in die netbalsomerliga met 9-6 te klop.

Karlien het in die halfeind-rondte met Kasteel afgereken in ’n oortuigende wen van 16-6.

Karlien was na die eerste helfte met 7-4 voor.

Die finaal teen Bellatrix was egter nie maklik gewees nie.

Bellatrix het hulle harte uit-gespeel om vanjaar se liga in hulle guns te laat tel, maar Karlien was op die einde van die dag die sterk-er span.

Teen die eerste helfte was Bel-latrix met net een doel agter, maar kon net nie die bal by die doelpale uitkry nie.

Bellatrix het in die halfeind-

rondte teen Minjonet met 14-8 gewen. Verdediger van Karlien, Johanietha Gouws, vertel dat hulle deur die wedstryd baie rustig gebly het en met goeie gees gespeel het.

“Ons het elkeen ’n bietjie ekstra gegee omdat dit ons prim, Anna-rine Bekker, se laaste wedstryd vir die koshuis was.”

Volgens Sport-en Rekreasie net-ballid, Niki Barnard, was Hestie

Coetzee van Bellatrix en Jhané Nel van Karlien, die spelers van die wedstryd.

Coetzee se akkurate spel by die doelpaal het haar span van ’n wen verseker.

Wat die tweedespanne betref, was dit Heide wat Karlien net-net met 9-8 geklop het.

Heide het in die halfeindrondte teen W’nB te staan gekom, waar hulle met 9-5 gewen het.

CARLI KOCH

Bestuurder van die Puk se krieketklub, Conrad de Swardt, is vuur en vlam oor sy aanstelling as Pukke se nuwe krieketafrigter.

“Dit is ’n lekker uitdaging vir my, veral met die huidige groep spelers waarmee ek ’n lang pad kan stap.”

De Swardt (31) kom van Kimber-ley af waar sy liefde vir krieket begin het.

Hy het langs die krieketlegen-de, Gerhardus Liebenberg, wat in die negentigs vir die Vrystaat en die Proteas gespeel het, gebly.

“My droom was om eendag net soos hy te kan speel.”

Hy het sy MBW-graad op die Puk voltooi, voordat hy Engeland toe is om vir Wiganklub krieket te speel.

In 2007 is hy as bestuurder van krieket by die universiteit aan-gestel.

Sy plan met die Puk-span is om hulle ten volle te ontwikkel in alle fasette van krieket.

“Wanneer die ouens ’n tydjie af het, werk ons one-on-one met die spelers.”

Nuwe krieketafrigter het groot planne

Conrad de Swardt is opgewonde oor sy planne vir Puk-krieket.FOTO: CARLI KOCH

Ons het elkeen bietjie ekstra gegee omdat dit ons prim se laaste wedstryd was.

Daar lê ’n rowwe program vir die spelers voor – hulle het reeds in Julie met ’n harde, intensiewe oefenprogram begin.

Hulle opponente vir die vol-gende paar weke is Tuks, Wits en Vaaldriehoek.

Die klubkampioenskappe begin middel September in Pretoria.

Daarna speel die Puk in Okto-ber in die plaaslike liga en in De-sember vind die USSA’s nog plaas.

“Die klub is bevoorreg om ’n groep spelers te hê wat so talent-vol is.”

Conrad wil graag iets anders vir die spelers bring, wat eie is aan die spelers.

Pukke-krieket klap Kovsies

Excelsior wen Sokker Premierliga

ANDRIES HEYDENRYCH

Excelsior en Patria het hierdie jaar in die finaal van die sokker premierliga kragte gemeet.

Excelsior het as wenners uit die stryd getree.

Die wedstryd is Donderdag op die NWU-sokkerveld beslis.

Andrew Ludick het Excelsior se wendoel aangeteken.

“Dit was tough, maar na vier jaar het die span dit verdien,” het hy gesê.

Patria het in die wedstryd ’n own goal aangeteken om die telling op 2-0 in die guns van Excelsior te plaas. Hierdie was dan ook die finale telling.

“Dit was ongelooflik – regtig awesome verby,” was die woorde van Tassies van Excel-sior.

Die skare het dit duidelik ge-maak dat hulle dit geniet het, en koshuistrots is tot aan die einde getoon.

35

Excelsior het 2- 0 gewen.FOTO: JEAN-MARI HENNING

GEORGE GERMISHUYS

Die Puk-1 krieketmanne het hulle seisoen goed afgeskop deur die hoogaangeskrewe span van die Kovsies in laas naweek se Intervarsity kragmeting te klop.Die Kovsies het eerste gekolf en 170 lopies aangeteken in die toegelate 45 boulbeurte.Pukke het die wenteiken van 171 lopies met nog vier paaltjies staande bereik. Vir die manne van die Puk het Marchant Genis (40 & 3/34) en JJ Naude (35) goed gevaar.Hierdie oorwinning is ’n verdere getuigskrif van wat in die Puk-1 krieketspan steek.Na ’n uitstekende seisoen, kan hierdie Intervarsity oorwinning hulle tot groot hoogtes neem.

Page 11: Wapad - 18 Augustus 2011

SPORT | 1118 AUGUSTUS 2011

Emzy Leonor

Wanneer het die eerste Interver plaasgevind? (1927) Die hoeveelste Interver vind plaas hierdie jaar? (69)

Wat is die bynaam van Kovsies se eersterugbyspan? (Shimlas)

Hoeveel keer het die Puk/Kovsies al Interver gewen? (Puk – 21 Kovsies – 43)

Wat was verlede jaar se rugbytelling? (21-18)

In 2006 was dit die eerste keer sedert wanneer, dat Pukke Intervarsity in Bloemfontein gewen het? (1970)

Watter sportsoort se wedstryde was verlede jaar ontwrig deur betogings? (Netbal)

Wie is die opponerende rektor? (Herman van Schalkwyk/Jonathan Jansen)

Waar het 2009 se rugbywedstryd plaasgevind? (Oliënpark)

Hoeveel koshuise van die Puk en Kovsies deel dieselde naam? (5)

OFFFACE

6 5

INTERVER

ANDRIES HEYDENRYCH

Intervarsity-koors is in die lug en Wapad het dit goedgedink om ’n Kovsie te nooi om deel te neem aan hierdie week se Face

Off wat handel oor Intervarsity. Leonor van der Schyff neem

deel teen haar sussie en trotse Puk, Emzy.

Besluit jy of hierdie die Inter-ver-uitslae weerspieël.

CARLI KOCH

Ten spyte van die Pukke se swak vertoning tydens die Varsity Cup het die span dit

Saterdag op Oliënpark reggekry om tydens Intervarsity 2011 die Shimlas van die veld af te speel.

Die maroen en wit het met ’n sege van 41-18 teenoor die Kovsies weggestap.

Die besoekers het goed begin deur in die eerste sewe minute ’n drie deur die linkervleuel, S. Blignaut aan te teken. Hulle het kop verloor nadat die vleuel, An-dré Barnard, die eerste drie vir Pukke aangeteken het.

Vir die tuisspan, wat sewe ag-tereenvolgende trofees tydens Intervarsity gewen het, was die balbeheer goed.

Regtervleuel, Andrew van Wyk, was puik en het twee drieë vir Pukke aangeteken. Skrumska-kel, Tiaan Dorfling, het sy beste voetjie voorgesit deur vier van sy ses skoppe deur die pale gesit.

Afrigter van die Pukke, Hannes Esterhuizen, sê dat dit ’n moei-like jaar vir die Puk se rugby was, veral die Varsity Cup wat na sy aanstelling darem op ’n beter noot

geëindig het. “Danksy die ondersteuners en

elke Puk het ons ons respek terug-gewen na vandag se oorwinning. Ons het hulle ’n groot pakslae ge-gee.

“Ons was nie deur die hele wedstryd klinies soos wat ons wou wees nie en het ook nie lank genoeg balbesit gehou nie.

“Ons het voor die tyd vir die span gesê dat hierdie ’n once-off game is en dat die ouens met karakter en groot harte moet speel.”

Na rustyd kon die Shimlas net een drie aanteken. Die drie is deur die vleuel, Ettiene Terblanche, ge-druk. Die span het baie geleent-hede met die bal gehad, maar die Pukke se verdediging was teen die einde die prys wat hulle moes betaal vir hul nederlaag.

Die breier kan beslis tevrede wees met ’n welverdiende wen teen die blou en rooies. Die Shim-las sou seker beter gevaar het as helfte van hulle span nie by die Cheetahs se O/21’s groep was nie.

Met tye soos dié wonder ’n mens waar die Varsity Cup kon eindig na ’n vertoning van die spelers Saterdag.

Shimlas eet stof!Shimlas eet stof!

LODEWYK UYS

Die NWU Pukke se karate het weereens gaan wys wat in hulle steek by die jaarlikse USSA-week.

Hierdie jaar het die week by UCT in die Kaap plaasgevind en het gesorg vir groot opwinding onder spelers, afrigters en onder-steuners.

Die Pukke het weereens ver-wagtinge oortref toe hulle vir die 12de agtereenvolgende keer in ’n ry gewen het dié jaar. Die Pukke het met 34 punte teenoor Tuks se tweede plek van 32 punte as oor-winnaars uit die stryd uitgetree.

Volgens Stephan Steyn, wat in 2011 sy 6de agtereenvolgende USSA-toernooi meegebring het, is die kompetisie elke jaar straw-wer omdat ander universiteite die Puk wil onttroon na soveel suk-sesvolle jare.

Die USSA-week is egter nie al wat die Puk opgelewer het nie. Uit die 18 studente wat ’n span op-maak, gaan drie van hulle Suid-Afrika in die Statebond Spele in Australië verteenwoordig.

Puk slaan uitklophou by karate USSA-week

INTERVARSITYUITSLAE 2011

Roosmaryn B

Soetdoring B

Sonnedou

VMN

W’nB

Emily Hobhouse

Marjolein

Roosmaryn B

Soetdoring A

W’nB

UVS Qwa Qwa

UVS

UVS 1

UVS 2

Roosmaryn

Sonnedou

Marjolein

W’nB

UVS Qwa Qwa

UVS

UVS (mans)

UVS (dames)

UVS

Veritas

Armentum

UVS Qwa Qwa

Karee

JBM

UVS O/19

Vishuis

Heimat

UVS O/21

UVS 1

Minjonet

Heide

Dinki

Klawerhof

Oosterhof

Bellatrix

Karlien

Kasteel

W’nB

VMN

NWU-Mafikeng

NWU-Pukke

NWU 1

NWU 2

Wanda

Kasteel

VMN

Karlien

NWU

NWU

NWU (mans)

NWU (dames)

NWU

Over-de-Voor

Caput

NWU-Mafikeng

Heimat

Villagers

NWU O/19

Patria

Veritas

NWU O/21

NWU 1

NETBAL

SKAAK

HOKKIE

SOKKER

KRIEKET

TENNIS

GOLF

RUGBY

NWU vs UVS

61-20

28-17

31-56

14-27

44-49

47-11

74-27

60-16

43-6

48-41

28-34

7.5-2.5

6-1

2-0

4-0

2-0

10-0

3-3

NWU vs UVS

0-4

wen 4

paaltjies

5-4

0-9

7-1

40-7

36-17

31-5

12-7

8-22

52-22

48-14

29-3

46-23

41-18

Mariza Hendriks, Lizee Wessels en Jaco du Plooy het gaan deel-neem terwyl du Plooy ’n silwer medalje vir die kategorie onder 75kg verower het.

Johan van Tonder, afrigter van die Puk se span, is ook gekies as afrigter van die Springbok stu-dentespan. Die span sal later bek-end gemaak word.

Die Puk is al ’n geruime tyd definitief ’n krag om van te reken en mens kan nie anders as om te glo dat dinge nie gou sal verander in die toekoms nie.

Pukke het vir die 12de agtereenvol-gende keer in ’n ry gewen die jaar.

Pukke leer Kovsies ’n les tydens vanjaar se Interver. Dit is die 22ste keer wat Pukke Kovsies verslaan. FOTO’S: DEVIN DE BUDÉ

UVS en Pukke in aksie.

Heimat het vir Karee gewen met ’n telling van 12-7.

FOTO: NELLIE VAN DER WALT