wapad - 15 januarie 2011

23
Verlede jaar se eerstejaars en hulle ouers sit in die Amfi-teater tydens ’n toespraak. Mareli Immelman. Corneels Schabort. BINNE EERSTEJAARS UITGAWE TIPS LEES JOU KAMPUS 15 JANUARIE 2011 / VOL 1 VOLGENDE UITGAWE VERSKYN 10 FEBRUARIE SKUD DIE VETTE AF- RYK GEE RAAD 2 11 ONAFHANKLIKE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> 65 Wapad 65 is POTCH BANDS NEEM LAND OOR 2 17-19 WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD JAARGANG 65 >> Dosent en oud-student op Noot vir Noot Puk vs Puk op die kassie JOHAN VAN ZYL C orneels Schabort, dosent aan die NWU se Potchef- stroomkampus, sal bin- nekort op die kassie te sien wees waar hy onder andere sake sal uitspook teen ’n oud-Puk, Mareli Immelman. Immelman, wat vroeër hier haar BA Regte-graad verwerf het, sal saam met Schabort deel uit- maak van die uiters gewilde tele- visieprogram, Noot vir Noot in sy 35ste reeks. Schabort, wat klas gee by die Puk se Skool vir Chemiese en Mi- neraalingenieurswese, sê hy het een Vrydagaand in 2009 ’n Noot vir Noot episode op TV gekyk en gedink dit sal werklik baie lekker wees om deel te neem aan hierdie kompetisie. “Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik geska- kel nie. “So bel ek toe Noot vir Noot en hulle noem dat ek 24 Au- gustus 2009 by die SAUK kantore in Johannesburg moet wees. Ek is toe deur vir my 15 minute oudisie saam met vyf of ses ander mense.” Schabort meen hy het aanvank- lik nie baie goed gevaar in die oudisie nie en het nie veel hoop gehad om gekies te word nie. “Ek is egter tot my verbasing in Maart 2010 gekontak en verwittig dat ek deurgedring het om deel te neem aan reeks 35 vroeg in 2011 uitgesaai sal word. Ek was baie verheug.” Hy sê hy is baie op- gewonde en probeer nou om meer ge- reeld Noot vir Noot te kyk om gewoond te raak aan al die speletjies. “Daar is eenvoudig te veel liedjies in hier- die wêreld om almal te ken vir Noot vir Noot. So, ek gaan dinge maar net vat soos hulle kom en uitgaan om dit gate uit te geniet!” Hou hulle gerus dop. Van my aangenaamste herinneringe aan my vyf jaar op Potchefstroom dateer terug na my eerstejaar en die ontgroeningstydperk. Daar was soveel pret! My kamermaat, Piet Aucamp en ek het nooit toegelaat dat dit ons onderkry nie. Natuur- lik was ’n deel daarvan vervelig en soms selfs pynlik. Op die ou end het dit ons egter gehelp om mekaar te leer ken, die ou-here en ou-dames te leer ken en tussendeur baie te lag. In ons tyd was daar die Ogpoe, die rooi duiwel, en die skaterlag toesprake in Afrikaans, Hollands en verafrikaansde Tswana. Dit was snaaks verby. Almal wat saamgewerk en saam geniet het, het ontgroening positief ervaar. Diegene wat swaargekry het was hulle wat hulle emosioneel of andersins verset het. My raad aan nuwe groentjies is een- voudig: “Role with the punches!” FW DE KLERK Oud-Puk en -President BOODSKAP Welkom eerstejaars! FOTO: KIEWIET SCHEPPEL 2 SPORT

Upload: wapad

Post on 23-Feb-2016

348 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

SKUD DIE VETTE AF- RYK GEE RAAD 211 2SPORT LEES JOU KAMPUS 15 JANUARIE 2011 / VOL 1 FW DE KLERK VOLGENDE UITGAWE VERSKYN 10 FEBRUARIE Dosent en oud-student op Noot vir Noot Wapad WWW.PUK.AC.ZA/WAPADJAARGANG65 >> ONAFHANKLIKE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> BOODSKAP FOTO: KIEWIET SCHEPPEL Corneels Schabort. is Oud-Puk en -President

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 15 Januarie 2011

Verlede jaar se eerstejaars en hulle ouers sit in die Amfi-teater tydens ’n toespraak.

Mareli Immelman.

Corneels Schabort.

BINNE

EERSTEJAARSUITGAWE

TIPSLEES JOU KAMPUS 15 JANUARIE 2011 / VOL 1

VOLGENDE UITGAWE VERSKYN 10 FEBRUARIE

SKUD DIE VETTE AF- RYK GEE RAAD 211

ONAFHANKLIKE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

65

Wapad

65is

POTCH BANDS NEEM LAND OOR 217-19

WWW.PUK.AC.ZA/WAPADJAARGANG 65 >>

Dosent en oud-student op Noot vir Noot

Puk vs Puk op die kassieJOHAN VAN ZYL

Corneels Schabort, dosent aan die NWU se Potchef-stroomkampus, sal bin-

nekort op die kassie te sien wees waar hy onder andere sake sal uitspook teen ’n oud-Puk, Mareli Immelman.

Immelman, wat vroeër hier haar BA Regte-graad verwerf het, sal saam met Schabort deel uit-maak van die uiters gewilde tele-visieprogram, Noot vir Noot in sy 35ste reeks.

Schabort, wat klas gee by die Puk se Skool vir Chemiese en Mi-neraalingenieurswese, sê hy het een Vrydagaand in 2009 ’n Noot vir Noot episode op TV gekyk en gedink dit sal werklik baie lekker

wees om deel te neem aan hierdie kompetisie.

“Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik geska-kel nie.

“So bel ek toe Noot vir Noot en hulle noem dat ek 24 Au-gustus 2009 by die SAUK kantore in Johannesburg moet wees. Ek is toe deur vir my 15 minute oudisie saam met vyf of ses ander mense.”

Schabort meen hy het aanvank-lik nie baie goed gevaar in die oudisie nie en het nie veel hoop gehad om gekies te word nie.

“Ek is egter tot my verbasing in Maart 2010 gekontak en verwittig dat ek deurgedring het om deel te neem aan reeks 35 vroeg in 2011

uitgesaai sal word. Ek was baie verheug.”

Hy sê hy is baie op-gewonde en probeer nou om meer ge-reeld Noot vir Noot te kyk om gewoond te raak aan al die

speletjies. “Daar is eenvoudig

te veel liedjies in hier-die wêreld om almal te

ken vir Noot vir Noot. So, ek gaan dinge maar net vat soos hulle kom en uitgaan om dit gate uit te geniet!”

Hou hulle gerus dop.

Van my aangenaamste herinneringe aan my vyf jaar op Potchefstroom dateer terug na my eerstejaar en die ontgroeningstydperk. Daar was soveel pret! My kamermaat, Piet Aucamp en ek het nooit toegelaat dat dit ons onderkry nie. Natuur-lik was ’n deel daarvan vervelig en soms selfs pynlik. Op die ou end het dit ons egter gehelp om mekaar te leer ken, die ou-here en ou-dames te leer ken en tussendeur baie te lag. In ons tyd was daar die Ogpoe, die rooi duiwel, en die skaterlag toesprake in Afrikaans, Hollands en verafrikaansde Tswana. Dit was snaaks verby. Almal wat saamgewerk en saam geniet het, het ontgroening positief ervaar. Diegene wat swaargekry het was hulle wat hulle emosioneel of andersins verset het. My raad aan nuwe groentjies is een-voudig: “Role with the punches!”

FW DE KLERKOud-Puk en -President

BOODSKAP

Welkom eerstejaars!

FOTO: KIEWIET SCHEPPEL

2SPORT

Page 2: Wapad - 15 Januarie 2011

NUUS 2 | 15 JANUARIE 2011

Ingenieursklasse in O&B

MONIQUE VREY

Wiskundeklasse in O&B is hierdie jaar weer Ingenieurswese eerstejaars se voorland.

Dis egter baie voordelig vir stu-dente en glad nie so erg soos wat dit klink nie.

Volgens Prof. Quentin Camp-bell, hoof van die Onderrigkomi-tee van Ingenieurswese, is hierdie klasse slegs ’n opknappingskur-sus wat aanvanklik ingestel is om alle studente op dieselfde vlak te kry.

“Die kursus is ’n poging om die oorgang van skoolwiskunde na universiteitswiskunde vir die student te vergemaklik en om die wiskundige agtergrond van studente meer eenvormig te kry, sodat studente hul Wiskunde die eerste keer kan slaag,” voeg Dr. Mariëtte Hitge, hoof van die kur-sus se reëlings, by.

Hierdie tipe kursus vind slegs vir Wiskunde plaas.

Die kursus skakel vanjaar vir die eerste keer in by die amptelike O&B-program, sonder dat die tye met enige ander belangrike akti-witeite bots.

Vir die eerste week van O&B,

is hierdie kursus verpligtend vir alle Ingenieurswese-eerstejaars.

Aan die einde van die eerste week, gaan daar van studente verwag word om ’n toets af te lê, sodat hul kennis oor die werk wat in die week behandel is, getoets kan word.

Diegene wat die toets na wense slaag, is dan klaar met die kursus, terwyl die ander studente in die tweede week aangaan en meer in-tens gaan fokus op hul spesifieke probleme en die inoefening van tegnieke.

Aan die einde van die tweede week, gaan studente weer ’n toets aflê.

Indien daar dan steeds studente is wat sukkel om die toets deur te kom, word daar individueel met hul gewerk in die derde week, so-dat almal teen die einde van week drie op dieselfde vlak kan wees.

Volgens Dr. Hitge sal toelating tot ’n spesifieke program nie ge-weier word vir ’n student wat nie hierdie kursus volg nie.

“So student mis uit op ’n won-derlike geleentheid om homself of haarself voor te berei vir die jaar (jare) op universiteit,” sê Hitge

SOS-portuurhelpers versorg fisiese en psigiese studentebelange

Die span SOS-portuurhelpers. FOTO: VERSKAF

MONIQUE VREY

Omdat O&B vir sommige eerste-jaars dalk net een te veel kan wees, is die SOS-portuurhelpers daar met ’n helpende hand.

Volgens Madeleine White, SR-lid vir die portefeulje Studentebe-lange, is haar portefeulje se groot-ste fokus op die fisiese en psigiese belange van die student.

Hiermee saam is die opstel, organisering en merk van die Broseksamen, wat verpligtend is vir alle eerstejaars, sowel as die uitdeel van studentekaarte ty-dens O&B.

“Die kans is goed dat jy tydens jou studie hier aan die NWU sal kennis maak met geluk, hart-seer, sukses, mislukking, hoop, wanhoop, gesondheid en siekte. Ons wêreld bestaan grootliks uit mense met seer wat ’n helpende hand nodig het,” vertel White.

Dis waarom die Studente-

Ondersteuning-Stelsel (SOS) en portuurhelpers ingestel is by Stu-dentebelange.

Portuurhelpers is daar om vir jou as eerstejaar, onder andere, kommunikasievaardighede aan

te leer, ondersteuning te bied, jou te lei tot selfbegrip asook om self-verwesenliking aan te moedig en kampusaanwysings te kan gee as jy verdwaal.

Een persoon in elke koshuis word volgens hul spesifieke ka-raktereienskappe uitgesoek om verwarde eerstejaars te help en by te staan in die O&B.

Portuurhelpers ontvang vooraf sielkundige opleiding en het die vermoë om studente te lei, lew-ens-kwessies aan te spreek, stu-dente te vertroos en belangrikste van alles – hulle is enige tyd ge-reed om jou te help en raad te gee.

So as jy voel O&B raak te veel vir jou en jy kan dit nie meer hanteer nie, of jy het ’n probleem, moenie kommer nie, jy is nie al-leen nie.

Jou koshuis se SOS-portuur-helper en Studentebelange se deure staan altyd oop vir jou en met hulle is jy in goeie hande.

AGLA, TAG en Bros

Modules verpligtend vir eerstejaarsGERNA COETZEE

Broseksamen, TAG-toets en AGLA is alles deel van verpligte Puk vakke.

Die Broseksamen is ’n toets wat handel oor die Puk.

Hierdie toets word nog in O&B afgelê en jou studiemateriaal is jou Puk Gids en Puk Dagboek.

Indien jy nie hierdie toets slaag nie, kan jy nie aansoek doen vir jou koshuis se HK of enige Puk komitees nie en jy kan ook nie op die Studenteraad dien nie.

AGLA 121 is ’n verpligte semes-termodule wat tydens jou eerste of tweede semester van jou eerste jaar aangebied word.

In die volgende paar dae gaan daar van jou verwag word om ’n toets af te lê, naamlik die TAG-toets (Toets van Akademiese Geletterdheidsvlakke).

Hierdie toets word as ’n

metingsinstrument gebruik om jou akademiese geletterdheids-vlakke te toets.

Hoewel al jou klasse in Afri-kaans aangebied word, is meeste van jou handboeke in Engels.

Verskeie kodes word gebruik

om die student te meet volgens hul geletterdheidsvlak en die kodes strek van 1-5.

Indien jy ’n kode 4 of 5 in die TAG toets behaal, word daar slegs van jou verwag om AGLA 121 vir een semester te neem.

As jy ’n kode 1-3 kry in die TAG toets moet jy dan AGLA 111 neem in die eerste semes-ter sowel as AGLA 121 in die tweede semester.

Dus sal alle eerstejaarstu-dente ’n AGLA module neem, party net een semester, ander vir twee.

Jy kan nie voorberei vir die TAG toets nie, sorg net dat jy genoeg rus inkry die vorige aand voordat die toets afgelê word.

Jou studentenommer, ’n sagte potlood en ’n uitveer kan handig te pas kom. Onthou ook jou horlosie.

Portuurhelpers ontvang vooraf sielkundige opleiding en het die vermoë om studente te lei.

Die Amfi-teater. Dit is hier waar die eerstejaars die meerderheid van die O&B-program sal deurbring. Die rektorsgroet en tradisionele Tarentaal-byeenkoms vind hier plaas. FOTO: IAN ODENDAAL

TAG toetse sal vanaf 18 Januarie plaas-vind. Uitslae sal vanaf 27 Januarie beskikbaar wees.

Het jy geweet? Die NWU Puk is die grootste sowel as die oudste van die NWU se drie kampusse.Feite

Page 3: Wapad - 15 Januarie 2011

NUUS | 315 JANUARIE 2011

UITSLAE

1e - WAG-'N-BIETJIE2e - HEIDE3e - BELLATRIX4e - DINKI5e - KLAWERHOF

Wag-'n-Bietjie begin op goeie nootSAAMGESTEL DEUR DIE WAPAD REDAKSIE

Die verskeie doreliedere het hierdie jaar soos altyd baie vermaak en soms geskok.

Laureus se kalender, Trevor Noah, Prof. Herman van Schalk-wyk en Mark John Burke was maar net van die onderwerpe wat onder die dameskoshuise deur-geloop het.

Die wenners, Wag-’n-Bietjie Dameskoshuis, het goed met die wêreldbeker, Suid-Afrika se poli-tiek, die koshuise op die Puk en internasionale sake gespot.

“Ons is baie trots, dit was fan-tasties!” het Izelle Mostert, pri-maria van W’nB oor hulle oor-winning gesê.

Hulle het ’n Feather Hill Spa-geskenkbewys van R8000 gewen.

Heide was tweede en Bellatrix het ’n derde plek verower.

Die vereistes vir die dorelied was dat dit slegs vyf minute lank moet wees en dat daar van die Ingryp-lyn (x1777) gepraat moes word.

Bellatrix het die Ingryp-toeken-ning gewen en met ’n splinternu-we noodhulptassie weggestap.

Bennie Fourie, lid van die O&B-

komitee en aanbieder van die geleentheid, het groot lof vir die doreliedere gehad.

"Dit was baie oorspronklik, veral die top drie."

Daar was wel dameskoshuise wat hulle paar minute op die ver-hoog ’n rapsie te vêr geneem het.

Om die gehoor te probeer ver-maak deur met die dood te spot is disrespekvol – klim van die ver-hoog af.

Die Wapad het natuurlik ook deurgeloop.

Vir Kasteel se powere poging om die Wapad te kritiseer deur gebruik te maak van Rapport se

WAG-'N-BIETJIE SE WEN DORELIED

Die HK van Wag-’n-Bietjie in aksie.

Chanica Viljoen van Heide Dameskoshuis.

Bellatrix Dameskoshuis, wat derde plek behaal het, op die verhoog.

FOTO'S: IAN ODENDAAL

Dorelied 2-3. Ke na ko! Steal it, it is here. Paul die seekat: (dead and gone) x2, predict that! Nigerië is verban en Spanje is die beste span. Daar’s iets in Potch se water, die Gautrein kom eers later. Duck and dive South Africa is full of crime (a-ha-ha-ha) x2. Paris Hilton: so kalm soos ’n daggawalm. Don’t be fooled by the rocks that I’ve got, I’m still, I’m still… Jennifer Lopez het ’n groot gat… gat in die pad! Slaggate teel aan soos katte op die… PUKfm 93.6. Meer as net opvangs. Tragedy! In ’n donker wyn, sit ’n Chille met pyn, vir 70 dae met ’n maag wat klaargepraat! Oh Chilliboy, gym jy? Nee, ’n pil ’n dag gee my krag. At Koeberg, we give radiation for free. I’ve got the power! I are nuclear engineer. If you see me running, it’s too late to apologize. Juf-frou, juffrou, die BP olie-pyp lek? Lek hom terug, door. Help me, help me I’m stuck in a hole, I’m a stuck door! Useless. (Toyota hond). Helen Zille: she’s the leader of the pack. So what do we do tonight, Mogabe? Same thing we do every night. Try to take over the world! Hê is Pinky not the brain, hê is Pinky not the brain. Hê is no genius, but wildly insane. Mogabe klim die berg om die boere te vererg. Hoera vir die jollie bobbejaan. Eugene Tere'Blanche was Afrikaans, ’n AWB supporter en voor hy hom kon kry was sy lewe bietjie korter. Djou ma se mixed race! Mshimiwam x2. Julius Malema, sê maar vir jou grendma, Zuma wil ’n wedding hê. Zuma: working towards a bigger nation. Onderwysstakings skok die land. We won’t give no educa-tion! Staan op, sit stil, boeke oop, gee jou les (oe-la-la-la) x2. Mamma, ek wil ’n man hê! Watse man, my liewe kind? Wil jy dalk ’n boerseun hê? Ja, mamma, ja! Oë-hê-hê. Boer-soek-’n-bytjie. Lika and Bobby sitting in a tree. K-I-S-S-I-N-G. Mwa! Want my oë doen die praatwerk, want ek val oor my lippe! POUT. Ai-eehie-haai-jeehaai. I am your butterfly. Die Antwoord. Was daar ooit ’n vraag? Why do they call it buffalo wings if it comes from a chicken? Buffels gooi melk, melk, lemonade, Armand loop die Puk-parade. Oë ek het ’n perd, ’n ridderperd, met ’n groter nuwe huis. Van Kom-en-Gaan ’n weg gebaan om heen en weer te reis. The South African highjack: your ultimate Divani honeymoon experience. My baby shot me down down down down down. SASKO: your all-in-one toi-toi low IQ. Rarararara. Tiger. How much wood would a woodchucker chuck if a woodchucker chuck some wood? I knows you. What is this? It’s Adelle Croucamp. But it’s not applicable. Mark John, you are a more on. Spieëltjie, spieëltjie se vir my hoe gaan ek ooit SR kry? Dododododo. Prof. van Schalkwyk. Dododododo. Dit was ’n baie opwindende jaar, Pukke. Nee prof, dis hier waar ons graadkry, met lekkerkry, klaarkry. Verwarring met kultuurbeker. But yeah, but no, but yeah. Sorry seems to be the hardest word. Pirates wen Pukke sêr, maar nationals net ’n stappie te vêr. Ha tsiwenya, vergeet-my-liedjie. Halala halala, toe ver-geet ons Afrika. Verita-da-da-da! O koek, dis ’n fabric malfunction! Mara, that’s racist! It don’t matter if you’re black or white. Ouwh! Cause he’s a baby baby, hey, he’s not that kind of woman. Hey ou, flick jou mullet. Disk ort, dis lank, dis oral. Make it stop, make it go away. Jy met die mullet dink jy’s bakgat, ons skiet jou op kampus. Totius sing, all by myself, toe gee ons hom ’n maatjie, haai Sol Plaatje. Ouma en Oupa sit by die Calvyn, oupa skree bring nog sjampanje, ouma vra wat gebeur, oupa sê Alumni borg weer. Voorhuis, oe lekker breakfast. Rubbereiers, plastiekmes en patties. SS pie mooi lyf sê baai. Uuuh wat is dit, dis ’n door – it’s so fluffy. But I don’t want to be a pie. Nobody knows what it’s like to be a hanged man. Ingryp-bel 1777, ons red jou lewe, cause door you’re amazing just the way you are. Matipa 111 jou nuwe gids op kampus, and Yoof shake me all night dance dance dance, dance some more. So raise your glass, Pukke!

leuse, raai ons hulle aan om eer-der koerant te begin lees en hul energie op ander plekke gaan ont-laai.

Minjonet se gemiddelde dorelied kan toegeskryf word aan hulle leesstof – hulle ver-kies Kampus Beeld. Ons herinner hulle net graag dat die Wapad, net soos ’n by terug kan steek.

Die manskoshuise asook vier beoordelaars was verantwoorde-lik vir die verkiesing van die wenners.

Die beoordelaars was Clarina Vorster, Yolandi Yssel, Suzette Weideman en Jaycee van Rooyen.

Doreliedwenners

Het jy geweet? Die NWU spog met meer as 47 000 studente op die Mafikeng-, Potchefstroom- &Vaaldriehoekkampus Feite

Page 4: Wapad - 15 Januarie 2011

NUUS 4 | 15 JANUARIE 2011

Feite Het jy geweet? In 2010 was Puk kampusstudente 33% manlik en 67% vroulik.

Privaat stu-dente deel van O&BMARINE OPPERMAN

Dorpskoshuise is daargestel vir studente wat privaat bly.

So kry jy ook die geleentheid om deel te wees van elke faset van studentwees.

Of jy van vandag af ’n lid van Bellatrix, Dinki of La Varia Dameskoshuis gaan wees, of ’n Thaba Jäh Moutaineer, ’n Villa-gers Vulletjie of ’n Slick van Hei-mat, mag jy maar uitsien na ’n opwindende én uitputtende O&B nes enige ander eerstejaar in ’n kampuskoshuis.

’n Dorpskoshuis is basies in elke opsig dieselfde as ’n kampus-koshuis, behalwe vir die feit dat jy nie ’n badkamer met veertien ander mense hoef te deel nie.

Jy sal natuurlik ook nooit deur ’n interkom beheer word nie.

Elke dorpskoshuis is propvol tradisies wat uniek is en word deur die Huiskomitee (HK) aan jou deurgegee.

Jy sal gou genoeg besef dat die Puk nie soos enige ander kam-pus in hierdie land is nie en hier gee die dorpskoshuise kampus-koshuise behoorlik gas.

Elke privaatstudent se voordeel is dat jy vriendelik verplig gaan word om nie tydens O&B sosiaal te verkeer op die Bult nie, maar dink jy regtig jou HK gaan uit ’n eerstejaarsgroep van 300 besef dat jy eintlik in sy koshuis is?

Geniet dit om uit te slip en ont-hou om nie jou cover te blaas en jou HK te benader nie, want ja, dit het al gebeur.

As ’n student wat meer vry-heid het as koshuisbrakke, het jy ook die verantwoordelikheid om genoeg te eet en genoeg te slaap. Privaatstudente het die geneigdheid om op die lekkerste dele van O&B flou te word...

Daar is ook die moontlikheid dat jy in geen koshuis is nie. Moe-nie vrees, hier op die Puk is daar ’n plekkie vir elke Pukkie.

SMS bloot “Privaatstudent”, jou naam en nommer na: 31750, en maak seker dat jy om 14:00 by die Ouditorium is. Vier O&B Kommitee-lede gaan optree as ’n ‘Skyn-HK’ en so sorg dat jy Puk-wys gemaak word en glad nie op enige pret uitmis nie!

WORD DEEL VAN O&B

Koshuisfeite

Daar is vier-en-twintig koshuise op die Puk. Vanselfsprekend speel koshuise en hul tradisies 'n groot rol in studentepret.Wapad het besluit om 'n paar interes-sante feite te deel.

KLAWERHOF

HUIS REPUBLIEK

KARLIEN

THABA-JÄH

CAPUT

BELLATRIX HEIMAT

OOSTERHOF

HOMBRÉ

VILLAGERS LA VARIA

DE WILGERSKASTEEL

EIKENHOF

DINKI

HEIDE

RATAU LEBONE

Klawerhof is die oudste dameskoshuis op die Potchef-stroomkampus.

Huis Republiek is die tweede oudste dameskoshuis en die vooraansig van die koshuis mag nie verander word nie omdat die koshuis bevestig is as ’n monument.

Karlien is die koshuis op kam-pus met die meeste dames.

Niekie van den Berg (voorma-lige omroeper op RSG) was in 1977 die primarius van hierdie dorpskoshuis.

Caput is vir die derde agtereen-volgende jaar aangewys as die top akademiese manskoshuis. Hulle is ook die enigste koshuis wat al ooit daarin geslaag het om die Nasionale Interkoshuis Rugbyliga te wen.

Bellatrix laat hul dore blou nickerballs eet wat die hele mond besmeer voor die Eerste-jaarsdinee, want dan kan hulle nie in die massas verdwyn nie.

Inwoners van Heimat skryf nooit hul koshuisnaam in klein-letters nie - al die letters van die naam word as hoofletters geskryf (HEIMAT).

Oosterhof, wat haar naam gekry het omdat die koshuis aan die ooste van Klawerhof gebou is, se embleem is die hoenderhaan, Kekkelbekkie.

Hombré hou jaarliks ’n Beetle Run, waar elke gang in die koshuis ou Vollas versier volgens ’n tema en waarna al die voertuie in ’n konvooi oor kampus ry.

Villagers Manskoshuis is in 1978 gestig. Dit beteken dat hierdie drie-en-dertig jarige koshuis die oudste dorps-koshuis vir mans op die kampus is.

In hierdie koshuis, wat nog net ses jaar bestaan, is alle lede gelyk - daar word nie onderskei tussen seniors en eerstejaars nie.

De Wilgers staan bekend as die ingenieurskoshuis op kampus, selfs al is hulle die koshuis wat die verste van die ingenieurs-fakulteit af woon.

Kasteel se gepaste titels sluit in: Prinses, Queen, en Koning-in. Die koshuis se boustyl, saam met Wanda, verskil ook van die ander kampuskoshuise, omdat dit nie uit gange bestaan nie, maar wel uit vier blokke.

Eikenhof Dameskoshuis se HK dra sedert 2009 ’n blou pruik kampus toe vir die dag nadat die nuwe HK aangekondig is.

Dinki het die grootste klubhuis op kampus.

Die hoogste gebou op kampus en is in 1969 gestig. Die eerste-jaars van Heide dra klokkies aan hulle tekkies en word daarom gehoor voordat hulle gesien word.

Ratau Lebone is die oudste manskoshuis op die Potchef-stroomkampus

Lizané Treurnicht

Saamgestel deur:

Privaatstudente kan die woord "Privaatstudent", jou naam en nommer na 31750 SMS om deel te word O&B.

Dore van Bellatrix gedurende O&B.FOTO: MI-JEAN VAN HEERDEN

Page 5: Wapad - 15 Januarie 2011

NUUS | 515 JANUARIE 2011

KEVIN DU PLESSIS

Hoe lekker het elkeen van julle nie net op Facebook gesels van hoe verskriklik lekker dit gaan wees en hoe opgewonde julle vir O&B is nie?

Alles goed en wel, maar kyk, wanneer ma se kind se vingertjies vir die derde keer bloei van JOOL-blommetjies in-druk, gaan jy wens jy was nog saam jou ma en pa wat jou so geïrriteer het vir agtien jaar.

Hier is tien dinge waarna jy kan uitsien in die volgende drie weke.

Die HK gaan op ’n pow-ertrip gaan sodra jou ouers weg is. Wees ge-

reed vir iemand se vrot asem in jou gesig wat vir jou skreeu hoe kommin jou Margate-haarstyl op jou snaaks gevormde kop lyk.

Jou maag het gewerk van senuwees toe jou ma vanoggend jou goed

in jou kas wegpak, toe sneak jy gou weg na een van die koshuis se badkamers toe. Eerstens, ie-mand het jou gesien; tweedens, jy mag nie daardie toilet gebruik het nie; en derdens, maak gereed om elke keer vir iemand te sê of dit nommer een of twee is.

Doredrag. Dis ’n sonde. Dore, julle gaan vieslik lyk vir drie weke. Drake,

Jare, Welpies, Plebs en al die an-der name vir eerstejaarseuns, vir julle gaan daar niks wees om na te kyk vir drie weke nie.

Daar is darem een goeie ding van doredrag, want al gaan jy dalk nie met

daardie door met haar broek wat in haar kraak in wedgie wíl praat nie, gaan jy ook nie mág nie. Vleg is streng verbode.

Gedink jy gaan nou lekker kuier op Potch? Nie heelte-mal nie. Jy gaan meestal

Moenie té opgewonde raak nie22:00 elke aand in die bed lê en luister hoe jou HK dronk word en hulle stuitjie breek op ’n water-wurm. Maar moenie kommer nie, daar is O&B-aksies vir julle om met ’n natgeswete wildvreemde eerstejaar te dans vir 20 min.

Amfi-sessies is jou nuwe beste vriend. Probeer om nie flou te val nie (dit ge-

beur), want dis hoog daar bo en teen die tyd wat jy onder is tel hulle jou met ’n graaf op.

Bros-eksamen. Jou eerste toets op die Puk wat glo NB is vir enige leierskaps-

posisie op kampus...tot iemand ’n laser-pointer saamvat en al die regte antwoorde op die projektor uitwys.

Vrugtefees, dit klink nou heel aangenaam, maar het jy al ooit ’n door met mal-

koei-sindroom in haar oë op jou sien afstorm met ’n stuk waatle-moen, gereed om jou te onthoof ? Dis scary.

Primgroet, rektorsgroet, SR-groet, bla bla bla... dink solank aan substan-

daard eenvoudige rympies, want jul gaan dit nodig kry, ma se pluimpies!

Weet maar, iemand gaan vir jou sê jy praat met geen mediaper-

sone oor die “bekendstelling” nie. Maar hulle bedoel regtig nie eint-lik Wapad nie! Bel ons.

Het jy geweet? Die NWU is onder die sewe topuniversiteite in Suid-Afrika ten opsigte van navorsing en onder die top twee vir innovering. Feite

MARCEL SPAUMER

Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus hou jaarliks ’n reünie vir

eerstejaars van toeka se tyd. Verlede jaar was dit die eerste-

jaars van 50 jaar gelede – die eerstejaarsgroep van 1960.

Die byeenkoms was vir die oud-studente wat by die destydse PU vir CHO en POK ingeskryf het.

Hierdie eerstejaars het verlede jaar op 26 Oktober byme-kaargekom om die jaarlikse reünie by te woon en was beslis vir die groep ’n geheuereis om te onthou.

In 1960 was prof. J. Chris Coe-

tzee die rektor van die PU vir CHO.

Sy termyn het gestrek vanaf 1953 tot 1963.

Sy voorganger was prof. Ferdi-nand Postma en sy opvolger prof. Hennie Bingle.

Tydens sy termyn is die Totius-gedenksaal, ’n gemeenskaplike eetsaal en drie koshuise gebou.

In hierdie tyd beskik die Puk oor die dienste van 130 personeel-lede.

Dit sluit in 40 professore, 33 se-nior-lektore, 24 lektore, 24 junior-lektore en 22 ander personeellede.

Die Puk het vier manskoshuise, naamlik Heimat, Gatland, Post-mahuis en Uitspan en twee

dameskoshuise, Piet Groblerhuis en De Klerkhuis.

Daar is 289 dames en 274 mans wat koshuisinwoners is.

Die Alumnikantoor vra jaarliks die destydse eerstejaars om hul herinneringe neer te pen wat dan in die reünieboekie saamgevat word. Awie van Rensburg vertel in een van die staaltjies:

"Ek was een van die min stu-dente in die sestigerjare wat ’n motor besit het.

Dié 1942 Chevrolet sal by baie van my medestudente nostalgiese herinneringe oproep."

Hy het die motor aan hulle uit-gehuur om "daar te gaan vry", soos hy dit stel, maar die motor

Puk hou reünie

1960-eerstejaars onthou die ou daehet nie gery nie – dus "vry, maar nie ry nie".

Mariana Venter vertel oor 1961 se hoedparade:

"Ons het die opdrag gehad om te kom paradeer met hoede wat ons self geprakseer het. En was dit nie ’n parade nie!" .

"Ekself het ’n toringhoë stapel van verskillende mandjies opge-had – met vars rooi rose in elke mandjie staangemaak."

Vandag lyk die Puk en sy stu-dentelewe heelwat anders, maar aan die ervaring van studentwees verander daar niks nie.

Modes, studentegetalle en selfs morele waardes verander, maar studentepret bly dieselfde.

Mnr. Awie van Rensburg se 1942 Chevrolet, wat aan vriende gehuur is om in te vry. In die foto is Awie se broer, Piet, wat ook aan die Puk studeer het. FOTO: VERSKAF

Grafiese studente presteer

’n Uitblinker by vanjaar se Sappi Thinkahead-toekennings is Helene Botha (tweede van regs). By haar is van haar dosente, Richard Strydom, Ian Marley, Wessie van der Westhuizen en (heel regs) Cashandra Willemse

FOTO: VERSKAF

Page 6: Wapad - 15 Januarie 2011

NUUS 6 | 15 JANUARIE 2011

Pukke haal uiten wys!

Die jaarlikse Rapport Model van die Jaar-kompetisie het in 2010 gespog met twee van ons eie Puk-manne. Berty Visser en Jeandré Small was al-bei in die top 24 finaliste (12 mans en 12 dames). Leané Meiring het met dié aantreklike mans gaan gesels oor die kompetisie, die uitdagings van modelwerk en of hulle single is...

BERTY VISSER

JEANDRÉ SMALL

Wat presies behels die kompetisie?Dit word nie eintlik beskou

as ’n kompetisie op die ouend. Alhoewel daar 24 finaliste is (’n man en meisie vir elke maand), gaan dit eintlik oor die kalender wat Rapport van daardie finaliste wil neem. Daar is wel wenners. Die man het ’n Golf Mk1 gewen en die meisie ’n week toer na Hollywood.

Hoeveelste het jy ge-eindig?Die plek wat jy behaal maak

nie regtig saak nie, aangesien net die wenners iets wen. Maar daar is 'n Top Drie gekies en ek was tweede prins (derde).

Watter deel van die ervaring beskou jy as ’n hoogtepunt?

Die trip Zanzibar toe was onbeskryflik, maar die 23 nuwe mense wat ek ontmoet het was die beste. Mens kan nie glo dat net van foto’s af, daardie finaliste almal net die coolste persoonlikhede gehad het nie... En natuurlik is die meisies nog pragtig ook!

Wat hou die toekoms vir jou in?Ek het 2010 graad gevang. Ek

gaan nou 'n breukjaar vat wat akademie betref om meer plek te maak vir my droom en ander doelwitte. Ek poog om Springbok Sewes te speel en tussen dit deur of tot dan gaan ek TV adverten-siewerk en ander modelwerk ook doen. Ek gaan die eerste semes-ter steeds in Potch deurbring.

Wat het jy geswot?Ek het BA Menslike bewegings-

wetenskap en Psigologie geswot.

Wat van modelwerk staan jou aan en wat sit jou af?

Wat ek baie geniet van model-werk, is die mense wat jy ontmoet. Jy maak altyd nuwe vriende. Dit is ook baie goed vir selfvertroue, alhoewel ek nog ’n entjie het om te gaan wat dit betref.

Is jy single?Ek is wel single. Ek het bietjie

baie wat ek nog wil bereik en ek gaan heel moontlik rond reis tot ek ’n vaste blyplek en werk het. Daar-om sal ek wag tot dan om my hart vir ’n meisie te gee. Ek geniet dit in elk geval te veel op die oomblik om nuwe mense te ontmoet.

Wat soek jy in ’n meisie?Sy moet my kan ondersteun in

wat ek doen, sy moet ’n sin vir humor hê ( asook ’n oop persoon-likheid) en sy moet met my ouers oor die wegkom. Sy moet kyk na haar liggaam omdat ek ook doen. Die belangrikste is dat sy ook ’n sterk verhouding met die Here moet hê. As sy net hierdie eienskappe het sal ek haar op my hande dra.

Wat doen jy in jou vrye tyd?Ek is nogal ’n nerd en geniet my

rekenaar en ander speletjies. Ek hou van oefen en geniet dit om rond te ry in my kar. Ek is ook mal oor musiek en honde (ander diere ook), so ek lê graag en luister musiek enspeel met my hondjies. Ek geniet dit om tyd saam met my goeie vriende en familie deur te bring.

Gunsteling aanhaling?"Play hard, Honour God" - ons

Luiperds Sewesspan se spanleuse.

Watter deel van die ervaring beskou jy as ’n hoogtepunt?

Verseker die awesome Zanzibar trip – dit was my eerste photoshoot, behalwe vir die een waar ek die foto's moes instuur. Ek het nuwe vriende gemaak en lekker geëet!

Wat hou die toekoms vir jou in?Wat modelwerk betref weet ek

glad nie! Dit was my eerste keer en dit was ’n lekker ervaring, maar kort eers meer selfvertroue voordat ek in daardie rigting gaan.

Wat studeer jy?Menslike bewegingskunde met

Psigologie

Wat van modelwerk staan jou aan en

wat sit jou af?Ek het nie van die make-up storie

gehou nie, so ek het darem net onderlaag gekry. Wat staan my aan? Ek het nog nie so vêr gedink nie, maar ek sal sê die feit dat jy so baie geld kan maak en jy moet net daar staan en smile!

Is jy single?Nee, ek het ’n pragtige meisie. Sy

is verseker mooier as al die girls wat saam ons in Zanzibar was!

Wat soek jy in ’n meisie?Sy moet ’n oulike persoonlikheid

hê en nog jonk van gees wees. Sy moenie te gou ’n poppie word nie. Sy moet ’n goeie verhouding met die Here hê. Sy moenie rook nie,

gee nie om as sy nou en dan iets drink nie, maar sy moet weet wan-neer om te stop. Ek hou van ’n girl wat mooi na haarself kyk, jy hoef nie die mooiste girl te wees nie, maar as jy jouself mooi oppas, dan sal jy mooi wees.

Wat doen jy in jou vrye tyd?Ek speel gholf, skop gereeld bal,

gym, bring tyd saam my meisie en kuier saam my vriende deur.

Gunstelingaanhaling?Ek het 2. “Hard work will always

beat talent, unless talent works harder!”En Fill. 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Jesus Christus wat my die krag gee.”

Het jy geweet? In 2008 het die NWU uit al die Suid-Afrikaanse universiteite die meeste inkomste uit die Tegnologie en Mensehulpbronne-program (THRIP) verdien.Feite

FOTO’S: RAPPORT

Page 7: Wapad - 15 Januarie 2011

Dié Republiek kom van ver

15 JANUARIE 2011 ADVERTENSIE

FeiteHet jy geweet? Die NWU het vir die derde agtereenvolgende jaar PricewaterhouseCoopers se Korporatiewebestuur-toekenning vir Uitmuntendheid in Hoëronderrig gewen.

Die President van Tarentaal, Giep van Zyl, oorhandig ’n geskenk (tarentaal) aan sy “gelyke”, president Nelson Mandela, tydens ’n besoek aan die Puk. Die destydse premier van Noordwes, dr. Popo Molefe, is saam met ander kabinetslede van Tarentaal op die foto. FOTO: VERSKAF

LENNIE GOUWS

Êrens in die vergetelheid van die verlede, ongeveer die jaar 1972, het die epiese

geskiedenis van die Republiek van Tarentaal begin.

Die Wapad kondig op 18 Au-gustus dié jaar aan: “Die Eerste Minister, advokaat B.J. Vorster het pas die eerste Staatspresident van die pas gestigte jeugtuisland Tarentaal geword”.

’n Monument van ’n tarentaal-wyfie wat op haar eiers broei is deur adv. Vorster onthul.

Oplettende reisigers op die pad tussen Potchefstroom en Johan-nesburg sal ongeveer 10 km bui-te Potchefstroom die afdraai na Tarentaalstasie opmerk en dit is blykbaar hier waar die hoofsetel van dié Republiek is, aldus ken-ners.

Die eerste burgemeester van Tarentaal blyk ene I.J.V. (Koos) Kruger te wees.

Kruger, die man met te veel voorletters, het natuurlik ’n meer gepaste bynaam, maar dit sal ongelukkig deesdae polities on-korrek wees om dit te publiseer.

By nabaat, na deeglike studie en by verdere ondersoek blyk hy ook die stigter van die Republiek te wees.

In die sewentigerjare het talle tuislande in Suid-Afrika hulle verskyning gemaak. Die Repub-liek van Tarentaal was egter van die eerstes wat sommer self besluit het dit is tyd om tuisland te word.

“Sedertdien het die Republiek by talle geleenthede en op baie po-diums ’n wesenlike bydrae gele-wer om die omgewing waarin die Republiek hom bevind, op ’n be-sondere wyse na buite te bemark.

“Almal moes maar glo wat die latere presidente kwytgeraak het, en niemand was veronderstel om afskrifte van toesprake te onder-skep nie, want die Republiek van Tarentaal het oor ’n Minister van Bloedige Amputasies beskik wat wel die nodige stappe sou neem vir oortredings van hierdie aard.

“’n Ander funksie van die Re-publiek van Tarentaal was na-tuurlik om die Puk as provinsie van Tarentaal te beskerm teen die Sentrale Skurkeraad.”

Natuurlik het die President van Tarentaal gewoonlik en altyd ’n

eiertjie te lê oor alles. Só laat hy hom in 2001 uit oor Jool: “Ons weet verder dat dit ook die tyd is wat studente met die mees innoverende idees na vore kom om ’n vragmotor of ’n trekker en sleepwa se waardigheid aan te tas met allerlei versierings en blommetjies en graffiti en in die vreemdste monderings op die voertuie paradeer. Die kabinet van Tarentaal ys vir die dag wanneer die AGTAWTES (Aksie Gekant Teen die Aan-tasting van die Waardigheid van Trekkers en Sleepwaens) ’n eis instel teen die Republiek van Tarentaal vir hierdie oor-treding en daarop aandring dat hierdie voertuie op die lys van Bedreigde Voertuie geplaas word.”

Heelwat prominente rege-ringspersone het ereburger-skap van die Republiek van Tarentaal gekry, waaronder

oudpresidente F.W. de Klerk en Nelson Mandela.

Dit was altyd ’n saak van die grootste belang om die ware identiteit van die President van Tarentaal geheim te hou.

Die weleerwaarde jarelange direkteur van Aardklop, Giep van Zyl, het lank nadat hy die Puk se stof van sy voete af-geskud het die lang pad terug na sy Alma Mater aangepak om die deurlugtige mantel van die President van Tarentaal om sy skouers te hang en sy duisende aanhangers met sy kwinkslae te vermaak.

Die tarentaal, ’n voël wat gekenmerk word deur sy klein koppie en ewe klein verstand, is endemies aan Potchefstroom. Eweneens is die Republiek van Tarentaal endemies aan die NWU Puk. Oor die verstan-digheid van dié Republiek word daar eerder geswyg.GRAFIKA: ILSE VILJOEN

Foto-na-Dans tree hierdie jaar by Taren-taal op.

Toegang vir seniors beloop R10 per persoon. Hierdie bedrag sluit toegang in tot die amptelike afterparty in Impala.

TARENTAAL INLIGTING:

| 7

Page 8: Wapad - 15 Januarie 2011

15 JANUARIE 2011ADVERTENSIE

Page 9: Wapad - 15 Januarie 2011

O&B | 9 15 JANUARIE 2011

O&BSurvival kit

VERMY EERSTEJAAR-SINDROOM - RYK GEE RAAD 211

O&B-komitee tot die reddingO&B-komitee tot die reddingDié span is reg vir aksie(s)

HIERDIE IS ’N BYLAAG WAT VIR EERSTEJAARS TYDENS DIE ONTVANGS EN BEKENDSTELLING (O&B)-TYDPERK VAN GROOT WAARDE GAAN WEES! LEES EN GENIET!

MARINE OPPERMAN

So jy’s klaar met skool en jy kom nou net van matriek-vakansie af.

Ma en Pa is so trots op hulle bloedjie en jy is binnekort onder hulle gesag uit. Die lewe is goed.

Jammer om egter jou borreltjie te bars, maar ’n taai tydperk is jou voorland en dis nie vir sissies nie.

Die Reg is darem aan jou kant en om te sorg dat geregtigheid geskied is die O&B-komitee daar

vir jou.Jy hoef jouself nie te bekom-

mer dat jy lyfstraf toegedien sal word, nooit gaan slaap of iets dergliks nie.

Leané Coetzee van die O&B-komitee het gesê dat die O&B-pro-gram elke aand om en by 22:30 tot ’n einde kom.

Die idee is om nuwe studente elke aand goed te laat uitrus in hul nuwe habitat.

“Die O&B-program is opgestel om aan eerstejaars ’n grondslag

te bied van hoe die universiteit werk. Amper soos opblaas-vler-kies om bo te bly in dié nuwe wa-ters.”

Dit is dan ook geen verrassing dat daar heelwat akademiese ak-tiwiteite vir die O&B-program geskeduleer is nie.”

Ouers wat ongemaklik voel met die idee om hul kinders van-dag agter te laat het geen rede tot kommer nie.

Alle HK’s het menseregte-opleiding ontvang en koshui-

souers hou ’n ogie oor koshui-saktiwiteite wat deur die Puk goedgekeur is.

Verder staan die nooddienste dag en nag op kampus gereed vir enige noodgevalle.

Steeds onrustig? Op die oulike waterbottel wat elke eerstejaar vandag ontvang is die Klagte-en-Gedagte-lyn se nommer.

Martlie Mocke, ook van die O&B-komitee, het gesê dat die SMS’e in die hoogste graad van anonimiteit hanteer word.

Soms word ’n SMS opgevolg, maar bloot om onduidelikhede uit die weg te ruim. Die student se identiteit sal nooit gevra word nie.

Mocke moedig ook positiewe kommentaar aan.

“Daar sal pryse gegee word aan mense wat van die lyn gebruik maak.”

Ouers kan gerus die “Puk O&B” Facebookblad besoek waar daar gereelde inligting oor O&B-aktiwiteite gaan verskyn.

FOTO: JOHANN DU TOIT

Page 10: Wapad - 15 Januarie 2011

ADVERTENSIE10 | 15 JANUARIE 2011

� 018 299 2741www.alumni.nwu.ac.za

Studente, personeel en gebouekom en gaan..., maar

Alumni het ‘nverhouding met hul

Alma Mater.

LEWENSLANGE

Innovasie deur diversiteit

Alumni is die

van dié universiteitse kwaliteit en gehalte!

LEWENDE BEWYS

Page 11: Wapad - 15 Januarie 2011

O&B | 1115 JANUARIE 2011

O&BSurvival kit

Seuns, kry jou lyf reg

1. Watter tips kan jy vir die seuns gee?Dit is belangrik om ’n gesonde leefwyse te handhaaf. Vir my beteken dit

om nie ’n nerd te wees nie, maar om ’n gebalanseerde lewe te kan lei. 2. Watter kossoorte moet vermy word?

Ek het nog altyd ’n gebalanseerde dieet gevolg. Ek hou baie van vleis, maar ek het altyd seker gemaak dat ek iewers in die week genoeg groente en vrugte inkry. Jy kan self besluit watter groente en vrugte jy wil eet.

Probeer om nie te laat te eet in die aand nie, aangesien ’n mens se metabolisme afneem soos wat mens se aktiewe leefstyl ook afneem. ’n Goeie ontbyt is belangrik. Dit is beter om ses kleiner porsies te eet elke twee of drie ure uitmekaar uit, eerder as om jouself dood te eet tydens middagete en aandete.

3. Hoe groot rol speel oefening werklik?’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees. Oefening speel ’n baie

groot rol. Oefening is harde werk. Dit is ongelukkig alles.

4. Watter oefentegnieke werk die beste? Mans wil almal groot biceps hê en 150kg bench. Maak seker dat jy ’n

minimum van 3x15 minute per week kardio doen waar jou hartklop 150 slae per minuut of hoër is.

Dit sal baie beter vir jou wees as net gewigte optel. Meisies kan ook die kardio oefeninge doen vir ’n minimum van 3x15 minute per week. 5. Sou sommige studente nie by ’n gym kan uitkom nie, watter oefeningstegnieke kan hulle volg?

Hulle kan stap, draf, swem, fietsry en ander sosiale sport speel soos netbal, krieket, sokker of rugby. Dit is lekker om saam met ’n vriend of vriendin te oefen vir motivering.

6. Watter raad het jy vir eerstejaars wat hierdie nuwe fase van hulle lewens betree?

Wees gebalanseerd, beplan vooruit en moenie verskonings maak nie! As mens uithouvermoë het, sal mens die resultate kan sien.

Verandering is aan die orde van die dag as mens ’n eerstejaar is. Nie net veran-der jou roetine, jou slaappatroon of jou fisiese adres nie, maar ook jou leefstyl. Marlie Jonker het by een van Suid-Afrika se uitblink swemmers, Ryk Neethling, gaan aanklop om uit te vind hoe hy ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl hand-haaf.

advertensies

Kyk uit vir

1. Waka Waka ad2. Wapad fight ad3. Swembad ad4. Hunk ad

ADVERTENSIES SPEEL ELKE AAND TYDENS AMFI-SESSIES

BESKIKBAAR OP:

Apex DC++

Page 12: Wapad - 15 Januarie 2011

Mooirivier

Molenstraat

Die Duikweg

Steve Bikolaan (Tomstraat)M

eyerstraat

Loopstraat

Universiteitstraat

Parkering

A

BC

D

E F

GH

N

K

L

J1 2

3

4

5

8

576

T2

T3

T4

10

9

C B 3 A

45 6

2A

2 8

19

1012 1113

1

2

12

14

11

16

10

1

5

98

7A

7

6

2

3

421

10

1

2

3

7

9

8

4 5 6

1112

1314

15

20

21

2223

29 18

17

16B

16A

15

241

6

54 3

2 20 16

15A E

G F

19 2

3

1

418

17

8

11

12 14

9 10714

1

23

4

5 6 7 8 91110

14

1312

11

10

8

76

4

2

13 12

7

5A

4

3 3A 1A 12

1 2 34

6

T1

T5

14

Wat?jy moet weet

NUUS NUUS | 12 | 1315 JANUARIE 2011 15 JANUARIE 2011

3 4 5

As die honger roep of daar is tyd tussen klasse is die SS die lekkerste en naaste oplossing. Met koffie en hot chocolate vir die vroeë oggende en roomys en frozen yoghurt vir die somerhitte - die Klipoogpersoneel het omtrent aan alles gedink.

Nog nooit was daar ’n plek waar verskillende studente so kon saam-stem en gesels oor belangrikhede soos in die Drakenstein Restau-rant nie.Onthou: drake is nie maklik om te tem nie, en min kuiers wat hier plaasvind word later onthou.

Studente is al hier deur haastige fietsryers omgery, of deur koshuis-dore se gesingery permanent verdoof. Dis ’n selfoonseinlose area met vuil mure wat skree vir ’n nuwe laag verf. Na bewering is dit bad luck as jy deur die duikweg stap en ’n trein bo-oor ry in eksamentyd.

Ingenieurstudente voel nêrens meer gemaklik en tuis as in die bib-lioteek nie. Hier word hul selde met sosiale interaksie gekonfronteer, en word aan minimale sonlig bloot-gestel. Almal is altyd welkom in die biblioteek (mits jy jou studentekaart onthou).

Hier word daar baklei met drukkers, onderhoude gedoen en weggekruip vir ontstelde lesers. Daar is nie ’n skandaal of nuusstorie wat nie in die Wapad-kantoor bespreek word nie, en daar is ook nie mense wat lekkerder kan skinder nie.

Die hart van die kampus.Die amfi het dalk nie die gerieflik-

ste en sagste sitplekke nie, maar is gemaklik sentraal geleë vir luiwees en rondlêsessies tussen jou klasse.

Die amfi word omring deur die SR en daghuiskantore, asook die gym en Klipoog Kafeteria.

Die Calvyn is bekend vir laatnag skinny dip sessies. Jy’s nie ’n regte Puk as jy dit nog nie gedoen het nie. Wees versigtig: daar is ’n reuse standbeeld van oom Totius wat alles sien, net soos die sekuriteitska-meras teen die regsgebou wat jou in groot verleentheid kan plaas.

FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT

WAT BENODIG EERSTEJAARS

PLEKKE OM TE KEN

TOETS JOUSELF

KAMPUSPLAN

Noudat Wapad die belangrikste plekke op kampus met jou gedeel het, kan jy gerus jouself toets.

Gebruik die kampusplan hier onder om koshuise, fakulteite, eetsale, ingange en ander geboue te vind.

Soek die gebou wat jy wil vind op die lys en soek dan die gebou se kode op jou kampuskaart.

Die kennis wat jy hiermee opdoen, sal jou nog handig te pas kom in die jare wat volg.

JANUS DE VILLIERS

Wanneer jy ’n stu-dent op die Puk is, is dit belangrik dat jy weet wat waar is.

Om hierdie ont-dekkingsreise wat jy deur die loop van die jaar sal moet aanpak vir jou te vergemak-lik, het Wapad besluit om die kampus se sewe grootste hotspots met jou te deel:

Draak,Duikweg,SS en Amfi,Calvyn,Klipoogkafeteria,Ferdinand

Postma Bib, enWapad-kantoor.

Amfi. Dit is ’n buitelug-teater waarin shows en belangrike studenteak-

sies gehou word. Dit lyk soos ’n skoolpawiljoen wat opgerol is om meer mense in te pas. Vandat die Amfi sy dak gekry het, is dit ook waar dore omkap. Dis die hitte. Of hulle hoop dat die aantreklike O&B komitee hulle sal vang.

Insleep. Hulle maak die heerlikste kaasbuns en lekker olierige chips met ’n

oorvloed van sout en asyn. Langs Insleep is Makuku wat tot in die middernagtelike ure hamburg-ers van verskillende groottes verkoop. Na al jou eskapades in Margate, is jy seker nie lus vir sulke middernagfeeste nie.

Quotes. As jy O&B oorleef en eendag in die klas kom, moet jy

mooi luister na wat die dosente sê en alles wat uit hulle mond uit kom en die hele handboek in toetse quote. Onthou om in referate erkenning te gee aan jou quote-skrywer met die Harvard-metode. Anders is dit plagiaat.

Broseksamen. Dit is ’n uiters belangrike deel van PUK-wees. As jy

nie hierdie toetsie maak nie, kan jy vir geen komitee in aanmerking kom nie. As jy nie vreeslik baie ambisies op die Puk het nie, het jy niks om oor te worry nie. As jy vashaak, kyk net waarheen die lasers wys.

JOOL. Jou Onbaatsug-tige Opoffering vir Liefda-digheid. Alombekend as

Jou Onvoorwaardelike Oorgawe aan Losbandigheid. Dit is die tyd wat almal geld insamel vir die minder bevoorregtes, of anders gestel, seniors wat party en op die eerstejaars skree terwyl hulle blommetjies indruk.

River Cafe. Dis die cool-ste plek om ’n rustige wyntjie saam paar

vriende te geniet. Alle seniors vra vriendelik dat eerstejaars eers daarheen mag gaan as hulle die Puk verlaat. Omdat jy dit so baie geniet het in Margate, hoef jy nog nie River Cafe te besoek nie.

Calvyn. Sekere mans-koshuise dring daarop aan dat hul eerstejaars

in dié fonteintjie gaan swem. ’n Dettolbad word na die tyd aanbeveel, asook ’n hoë dosis antibiotika. Probeer maar om nie skuim te sluk nie. Pasop ook vir die pype wat op die bodem is.

Katte. Hierdie is nogal ’n omstrede onder-werp. Hulle dwaal hier

rond asof die hele plek aan hulle behoort. Green Peace verduidelik dat die katte hier is om ’n muis-plaag in toom te hou. Dis darem ’n groter doel as wat meeste seniors op die Puk het. Kyk uit vir die tannie wat hulle kom voer.

Studente. Dis nou jy. Een jaar as student is gelyk aan vier jaar op

skool. Dit is die beste tyd van jou lewe. Jy is nie meer ’n skolie nie, ook nog nie ’n grootmens nie. Jy kan wel voorgee dat jy beter is as skoolkinders en steeds mal wees. Dan kan ouer mense hulle kop skud en sê: “Gmf. Studente.”

Duikweg. Dis die tonnel onderdeur die treinspoor. Aan

die ander kant lê ’n hele nuwe wêreld wat net wag om ontdek te word. Hoewel die kleurvolle tonnel mense vermaak, kan dit ook angswekkend word. Moenie worry nie – daar is altyd ’n lig aan die einde van die tonnel.

Lovers’ Lane. As jy single is, is dit vir jou ’n laan van jaloesie op al

die verliefde couples. Legende loop dat jy en jou geliefde vir ewig gelukkig sal wees as julle hand-aan-hand deur Lovers’ Lane loop en ’n blaar op julle val. Bid maar vir ’n skielike briesie as jy jou hoërskool crush raakloop.

Tarentaal. Vir volwas-senes is dit pragtige spikkelvoëltjies wat jy

nie kan eet in ’n maand met ’n ‘r’ in nie. Vir seniors is dit die toon van uiterse respek aan die Republiek en President van Tarentaal en waar hulle met die eerstejaars speel. Vir eerstejaars is dit nag. Seniors soek bloed.

Eerstejaars. Dit is nou julle. Alhoewel jou se-niors iets anders vertel,

is ons bly om jou hier te hê. Julle vervul ’n belangrike rol in die Puk-samelewing – op wie anders kan die oueres pik? En jy sal nie som-mer ’n eerstejaar genoem word nie… Raak gewoond aan name soos dore en drake.

Mamma en pappa. Dis nou twee mense vir wie jy in jou jare

op universiteit sal leer waardeer – hulle kos en liefde en drukkies en soentjies en sakgeldjies... Een van die dae trek jy finaal uit die huis uit. Vir nou is hulle egter op speed dial, sodat jy ’n onuitput-bare bron van inkomste het.

Universiteit. Die beste tyd van jou lewe. Jy word hier wys, nie net

in akademiese vorm nie. Jy maak lewenslange vriende, leer slegte gewoontes aan, stel bier-down rekords op, breek jou hart en leer om buite die boks te dink. Tussendeur woon pligsgetroues klas by.

Fanie. Of te wel die Fanie du Toit-sportterrein. Nie-mand weet wie of wat hy

was nie, maar nou is dit ’n plek langs die JOOL-plaas (wat jy baie goed sal leer ken) waar sporte soos rugby en netbal beoefen word. Hoe dan anders? Dit is im-mers ’n sportterrein.

Naglewe. Hieroor hoef jy nie te veel te weet nie, behalwe dat jy vir

die eerste ruk nie deel gaan wees daarvan nie en dat dit duisend keer beter is as die daglewe. Die drank is spotgoedkoop en dit duur tot in die vroeë oggendure. Pasop vir die seniors as jy besluit om uit te slip.

Vleg. Let op: Dit is nie ’n haarstyl nie. Om te vleg is om met outjies te flirt

as jy ’n meisie is en om die girls op te chat as jy ’n ou is. Raad: Doen dit terwyl die HK nie kyk nie, dit spaar jou ’n uitskelsessie. Pasop dat jy nie in ’n senior se slaai krap nie en vermy oogkon-tak met oumenere.

Gras. Sommiges ken dit as hul bed om ’n middagslapie te vat,

ander hou daar romantiese etes in die aande en die filosofiedo-sente gee daar klas. Daarom word ’n groot deel van jou stu-diekoste bestee op water – jy wil tog nie op ’n kampus met dooie gras swot nie.

Oudit. Dit is die fancy saal waar optredes soos sêr en toneel op-

gevoer word. Daar is baie ligte en duur stoele, eerstejaars mag aan niks vat nie en moet altyd baie hard vir hul koshuis skree. As jy jouself selfs meer wil verneder, kan jy met eerstejaarskonsert op die verhoog uitstaan.

Wapad. Dit is die heel beste studentekoe-rant wat daar is.

Almal lees dit, almal geniet dit, almal wens hulle kan op die redaksie wees. Hierdie is jou kans om uit te vind wat regtig op kampus gebeur. Pasop vir die Puk-paparazzi. Veral as jy skelm bult toe gaan.

Huiskomitee. Dit is die mense aan wie Ma en Pa jou toevertrou.

Hoewel jou ouers hulle met jou lewe vertrou en jy dink dat jy so-pas tien nuwe Facebook-vriende gemaak het, moet jy maar eerder jou plek ken. Mens weet nooit wanneer die hond se byt erger raak as sy blaf nie.

Parkering. Jy sal gou uitvind dat parkering op die Puk ’n nimmereindi-

gende euwel is. Skaduweeparke-ring en enige parkering binne ’n 10km radius vanaf kampus is gereserveer vir seniors. Trek jou drafskoene aan, staan vroeg op en vermy terselfdertyd door-sindroom.

Xerox en Nashua. Ja, jy het reg geraai – mens print goed daar! By

hierdie plekke gaan print jy notas, maak afdrukke, bind jou take en chat ’n meisie in die lang ry op. As die meisie nie haar nommer vir jou wou gee nie, gebruik maar die notes om te swot. Dosente vra dit graag in toetse.

Yoof. Een van baie kuierplekke waar-heen Pukke gaan om

te... ontspan. Maar eerstejaars hoef nog nie te veel te weet nie. Kry net solank skoene wat taaier is as gumboots en spaar baie geld, want dit vlieg. Vermy ten alle koste om kaal-voet te wees, mens weet nooit watse siektes jy kan optel nie.

Zoep. Dit is ’n toe-laatbare weergawe van vleg en die Puk

se mooi woord vir gatkruip. Koshuise zoep by mekaar sodat hulle kan trou en baie verlief wees, net om weer na ’n jaar te skei. Eintlik is dit net ’n verskoning vir ’n lekker aksie.

OK. So jou geld op jou stu-dentekaart is klaar en jy het nie meer sakgeld oor nie, want jy het die SS se pies en roomys ontdek. Wat doen jy nou om te eet?

Moenie bekommer nie. Volg hierdie maklike riglyne vir wat jy ekstra in jou koskas moet hou terwyl jy nog die Puk leer ken:

Jy moet altyd koffiemaak-goed in jou kamer hê, in die geval van ongenooide gaste en seniors. Maak ook seker jy het altyd koekies of beskuit vir die laataand-kuiers. Daarby saam is lang-lewe melk noodsaaklik.

Vars kosse is altyd ’n wenner, veral as jy net van die huis af gekom het. Laat jou ouers vir jou goed soos kaas, brood en vrugte koop en bring maar die Sondag-middag leftovers om die aand na kerk te eet.

Sorg dat jou ouers altyd hulle leftovers vries en vir jou hou, dat jy dit kan saambring Potch toe en in die mikrogolf-oond warm maak.

Hou ’n sweetie-jar diep weggesteek iewers in jou kas. Want lekkergoed verd-wyn net so vinnig soos jou sakgeld.

As jy ’n blikkieskos mens is, is jy gewax. Dit word nooit vrot nie, maak jou vol en kan altyd handig gepas kom met Blikkieskosdag. Tuna is hier die gunsteling. Onthou net die blikoopmaker!

Kitsetes is ook altyd ’n wenner – 2 minute noodles en viennas is ’n uitstekende voorbeeld.

Hou Oros of iets aan om ’n droë keel te lawe. Dit laat in elk geval die Potch water beter proe.

ABC van Pukwees

Page 13: Wapad - 15 Januarie 2011

14 | 21 OKTOBER 2010O&B BYLAAG

Studenteraad Uitvoerende KomiteesTermyn 2010/2011

BOB

Skakeling

MEK

Studentebelange

Verenigingsraad

Sport & Rekreasie

JOOL

O&B-komiteeDie portefeulje van die SR-Adjunkvoor-sitter behels onder andere die volgende:

om toesig, kontrole en beheer uit te oefen oor die werksaamhede van die SR-portefeuljes;

tree as koördineerder en voorsitter op vir die praktiese uitvoering van die ontvangs- en bekendstellingsprogram (O&B);

om verantwoordelikheid te neem vir die toedeling van SR-voogde aan die onderskeie koshuise en dit op 'n gereelde basis te koördineer;

om dissipline in die SR te hanteer enom die borgregister van die

Bemarking en Openbare Betrekkinge (BOB) is ’n onmisbare portefeulje op die NWU-Pukkampus, met ’n uiterse unieke doel. BOB, wat in samewerking met die Departement Bemarking en Kommuni-kasie funksioneer, het ten doel om die NWU-PUK se studentelewe te bemark. Hierdie taak word vergemaklik, juis om-dat dit studente is, wat die studentelewe bemark.

Ons funksie word verwesenlik deur ’n werwingstoer, wat onderneem word aan die begin van die jaar na skole. Verder is BOB aan die stuur van ’n paar ander take, onder meer die NWU-PUK se unieke

Die portefeulje van SR: Skakeling behels die volgende :

om as administratiewe koör-dineerder op te tree – dit sluit onder an-dere in :

om SR-vergaderings te reël en die administrasie daarvan te behartig;

om alle korrespondensie van die SR te hanteer;

om te sorg dat alle belangrike da-tums aan die SR deurgegee word;

as borgkoördineerder op te tree;die SR se klerasie te koördineer;om alle skakelaksies te koördineer

wat die volgende insluit: Mnr en Mej Kam-pus, SR-Skakeltoer, Mediabekendstellings-funksie, Besigheidsplanbekenstellings funksie, Gogga en Miskiet ens;

om op eksterne vlak te skakel met an-

Media en Kommunikasie is ’n baie jong en voortdurend ontwikkelende porte-feulje wat kommunikasie op kampus en ekstern bevorder by wyse van media. Ons ondersoek nuwe media kanale en maak seker die wat ons reeds tot ons beskik-king het, optimaal gebruik word. Dit sluit in om die koshuise en die Studenteraad se webtuistes te publiseer en op te dateer.

MEK skakel ook met PUKfm en Wapad wat saam ons werk om te verseker dat die korrekte inligting aan studente deur gegee word. MEK reël ’n jaarlikse LAN League op kampus, die grootse in die Noord-Wes provinsie.

MEK sorg ook vir die Korporatiewe Identiteit wat die gebruik van die Puk

Hierdie portefeulje gaan oor JOU!Studentebelange fokus op die omsien

na die fisiese en psigiese belange van die student.

Studentebelange behels onder andere: leierskaps-, persoonlike en beroepsgerig-te ontwikkeling, bevordering en bewus-making van waardes, bystand van stu-dente, omsien na die psigiese, emosionele en identiteitswelstand binne die studen-telewe, reël van Enduro Varsity (die Puk se eie Survivor) en die reël van verskeie rekreasie- aktiwiteite en verskei kampe waar eerstejaars en seniors hul volle po-tensiaal kan ontwikkel. Dit sluit ook in SOS-portuurhelpers in elke koshuis en die loopbaansentrum!

Hierdie portefeulje dra studente se be-

Die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is bekend vir sy polsende studentelewe. In hierdie studentegemeenskap is daar ’n groot verskeidenheid studente-organisasies of verenigings, elkeen met ’n unieke iden-titeit.

Die hoofdoel van Verenigingsraad is om hierdie verskillende studente-verenigings te koördineer in so ‘n mate dat verenigings wat geaffilieer is onder Verenigingsraad ‘n noemenswaardige bydra lewer tot die georganiseerde studentelewe. Verenigingsraad is ve-rantwoordelik vir die koördinasie van verenigings binne vier kategorieë nl maats-kaplike/sosiale, kultuur (nie-uitvoerende

Die portefeulje Sport en Rekreasie (SER) behels ’n verskeidenheid sport- en sosiale aktiwiteite wat vir die NWU-Puk gereël word. Dit sluit opwindende geleenthede soos Eerstejaarsdinee, Intervarsity, SR-Sporterekleure-dinee en nog vele meer in. Sport vorm ’n baie groot deel van die studentelewe op die NWU-Puk. Ons missie is om vir elke student die geleent-heid te bied om aan ’n aktiwiteit deel te neem. Hierdie aktiwiteite sluit enige iets van rugby tot tafeltennis in. Hierdie is ’n energieke portefeulje wat verseker dat jy elke oomblik van jou studentelewe vir al-tyd gaan onthou.

JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) is ’n geregistreerde fondsinsamelingsorganisasie wat uit-sluitlik deur studente bestuur word. Die Joolkomitee is elke jaar verantwoordelik vir die groot opwinding vroeg in die jaar tydens Joolweek.

Alle fondse wat deur die Joolkomitee in-gesamel word, word aan SJGD oorbetaal wat op hulle beurt ’n verskil in duisende mense se lewens maak. Jool is ’n projek wat wys ons kan ’n verskil maak, maar op ons unieke studentemanier. Hierdie jaar gaan ons ge(k)skiedenis maak!

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Studenteraad te hanteer.Die adjunkvoorsitter verteenwoordig

ook die Studenteraad op die Institusionele Menseregtekomitee.

publikasie, die NWU-Puk-dagboek, NWU-Puk-Opedag, promosies op kampus, asook alle bemarking van buite instansies op die kampus d.m.v. promosies en plakkate.

der universiteite, liggame en instansies;om ten opsigte van skakeling op in-

terne vlak te skakel met verskillende bestu-urslede van die Universiteit en die geor-ganiseerde studentelewe en

om die beeld van die SR te bevorder op alle terreine en die moraal van die SR hoog te hou.

se logos evalueer om sodoende ‘n profes-sionele beeld uit te straal. Dit is ook ons ve-rantwoordelikheid om seker te maak dat die koshuise en ander onderliggame se kleure aan sekere standaarde voldoen.

lange op die hart! Studentwees is die beste tyd van jou lewe, as jy nêrens anders inpas nie, kom maak gerus ‘n draai in die SR: Stu-dentebelange-kantoor.

SR: Studentebelange: Potensiaal onder konstruksie.

kultuur), politieke en geloofsverenigings. Dit is ook primêr Verenigingsraad se

doel om as skakel op te tree tussen die geaf-filieerde verenigings en die Studente Raad.

Ek daag jou uit, kom raak deel van die Sport en Rekreasie-aktiwiteite wat aange-bied word. Jy sal nie spyt wees nie!

PUK-Dagboek beskikbaar by BOB-kantoor teen R80 kontant of R85 op jou studentekaart

Feite Het jy geweet? Die NWU se kanselier is die Koning van die Bafokeng-koninkryk, waarskynlik die rykste nasie in Afrika.

Page 14: Wapad - 15 Januarie 2011

NUUS | 1515 JANUARIE 2011

AKSA

SJGD

Akademie

Kunsteraad

Finansies

Koshuisraad

Aktuele Sake (AKSA) is een van die Stu-denteraad se jongste portefeuljes. Die portefeulje is vanjaar 8 jaar oud en in sy tweede termyn waartydens Huiskomitee-lede daaronder dien. AKSA se hoofdoel-witte is om sosiale integrasie, diversiteit en eenheid op kampus te bevorder asook vraagstukke rondom aktuele sake op kampus te identifiseer wat problematies kan word.

AKSA tree op as skakeling met die Ge-sondheidsentrum om die bewusmaking van MIV/VIGS en ander gesondheids-kwessies soos byvoorbeeld dwelm- en alkoholmisbruik aan te spreek. Saam met Beskermingsdienste is ons verant-woordelik vir studente se sekuriteit en

Puk-SJGD (NPO 002-000) is die Noordwes Universiteit: Potchefstroom kampus se geregistreerde welsynsorganisasie. SJGD gee vir jou daardie voorreg om regtig in ander mense se lewens ’n baie groot ver-skil te maak. Volgens René Taylor, die jeugverteenwoordiger van Suid-Afrika in die Verenigde Nasies by ’n internasionale jeugkongres gehou in 2006, is Puk-SJGD die grootste liefdadigheidsorganisasie van sy soort in die wêreld.

Puk-SJGD bestaan tans uit 79 projekte wat fokus op kwetsbare volwassenes, uitreikprogramme, jeugontwikkeling en vroeë kinderontwikkeling. SJGD projek-te fokus op die ontwikkeling van belan-grike lewensvaardighede soos veiligheid, leierskap, menseregte, algemene gesond-heid en die bewusmaking van HIV/Vigs. SJGD fokus verder ook sterk op onder-rig van kinders uit voorheen benadeelde omgewings. Alhoewel SJGD op lang ter-myn Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling

Akademie is die rugsak wat elke student saamdra op die reistog na die verowering van ‘n graad. Ongelukkig kan niemand ontslae raak van die rugsak nie, maar dit is elke student se plig om rugsak te vul met kennis en te dra na die eindbestem-ming. Die Akademiese Raad gaan egter die reistog saam met elke student aanpak om ‘n kommervrye ontdekkingstog te verseker.

Die pad na akademiese sukses sal saa-mgestel word uit:

’n Gesonde dosent-student verhoud-ing met doeltreffende kommunikasieka-nale vir effektiewe klagtehantering.

Samewerking van alle akademiese stelsels en ondersteuningsdienste op die Puk, om maksimum voordeel te trek uit geleenthede wat gebied word.

Akademiese Studenteverenigings op die voorgrond te plaas in fakulteite, sodat samewerking binne ‘n fakulteit sal geskied.

Die SR Kunsteraad bestaan op kampus om die kunste uit te bou en te bestuur. Die breë Kunsteraad bestaan uit die Uit-voerende Komitee wat deur die SR-lid vir Kunste bestuur word, die Kunste HK-lede van die 28 verskillende koshuise van die Puk en die verskeie voorsitters van die 7 kunste-onderliggame, nl. Thalia Toneel, Puk-koor, Serenaders, Divaco, Disfunc-tional Beat, Buzzin’ Blaasensemble en die Puk-Simfornieorkes.

Deur die loop van die jaar bied die Kun-steraad UK 6 aksies aan, naamlik Bingle Sêr, Eerstejaarskonsert, Debat, Canvas, Koshuistoneel en Enkelsêr. Daar is ook ’n jaarlikse Universiteite Debatskompe-tisie waarvan die NWU-Puk die afgelope 4 jaar die algehele wenners is en ons die komende jaar die nasionale kompetisie

Die portefeulje van SR: Finansies behels onder andere die volgende :

bestuur en advies rondom die Stu-denteraad se finansies asook die opstel en goedkeuring van begrotings van die SR en al sy Rade en Komitees, insluitend koshuise;

die administrasie van die Prim-fondse asook die Helpmekaar/Bopanan-gstudiefonds in samewerking met Finan-siële Steundienste; en

die loods van projekte om die Prim-fondse te versterk.

Die Helpmekaar/Bopanangstudiefonds is ’n fonds wat gestig is met die uitsluitlike doel om studente te help met die befonds-ing van voedsel tydens hulle studies. Die Fonds ken beurse op ’n nie-rassige grond-slag toe aan studente wat aan die kriteria, soos gestel in die grondwet van die Fonds, voldoen. Die kriteria omvat onder meer finansiële nood en akademiese meriete. Die Primfondse daarby is gestig met die doel om minderbevoorregtes in die ko-

Die primarii van die onderskeie koshuise dien op die koshuisraad. Hierdeur het jy as koshuisinwoner direkte inspraak in die georganiseerde studentelewe. Beslui-te wat jou as koshuisinwoner raak, word hier bespreek en deurgegee.

Dit is ook die taak van hierdie Raad om probleme (van losiesprobleme tot prob-leme met die standaard van eetsaalkos),

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

veiligheid.Ons is ook verantwoordelik vir die AKSA

Eerstejaarskamp waar eerste generasie stu-dente voorberei word in terme van aanpass-ing tot die universiteitslewe en –kultuur.

fokus, is daar ook projekte wat op gemeen-skapsdiens fokus. Daar is ook 19 PUK-pro-jekte waarby vrywilligers wat graag by an-der projekte as hulle koshuise wil betrokke raak. SJGD se visie vir die termyn is “GIV-ING HOPE, INSPIRING CHANGE...”.

Die nood daar buite is verskriklik groot en met omgee, liefde en die nodige hulpbronne wat SJGD grotendeels van die Joolkomitee ontvang is ons bereid en gewillig om mense se nood te verlig!

Die verhoging van motivering deurdat erkenning aan studente binne hul onder-skeie fakulteite sal geskied. Erkenning aan toppresteerders, sowel as studente wat goeie vordering toon. Erkenning moet ook aan dosente gegee word om kwaliteitleer aan te moedig.

Die Akademiese Raad sal dus poog om hierdie termyn, die las van die akademiese rugsak, so lig as moontlik te maak, sodat die ervaring van studentwees as geheel, onver-geetlik asemrowend sal wees!

huisves. Verder is daar ook ‘n Universiteite Sêrkompetisie waar ons die afgelope 5 jaar as die wenners gekroon is.

Ons is baie trots daarop dat die NWU-PUK die kuns- en kultuurmekka van Suid-Afrika is en doen ons bes om hierdie reputasie ges-tand te doen!

shuise te help met ander basiese behoeftes as voedsel.

Hierdie uitbetalings sou nie kon geskied sonder studente en borge se bydraes en by-stand nie en daarvoor bedank ons julle. ’n Bydrae tot hierdie fonds of ons projekte, help nie net ’n student om sy studies sukses-vol te voltooi nie, maar bou ook die toekoms van Suid-Afrika deurdat gekwalifiseerde en gebalanseerde jongmense in die arbeids-mark geplaas word.

wat jy as koshuisinwoner ondervind, te hanteer en op te los of tot ‘n positiewe verge-lyk te kom.

Studenteraad Uitvoerende KomiteesTermyn 2010/2011 SR-bylaaguitleg deur Kevin du Plessis

31750O&B sms-lynDeel ’n gedagte/klagte

Het jy geweet? In 2008 kon die NWU spog met 1089 navorsingsuitseteenhede en 103 nasionale navorsingstigtings-gegradeerde navorsers, oftewel 11% van die akademiese personeel. Feite

Page 15: Wapad - 15 Januarie 2011

O&B16 | 15 JANUARIE 2011

FeiteHet jy geweet? Die NWU was die afgelope vyf jaar onder die voorste universiteite in Suid-Afrika in die belangrikste sportkodes.

Page 16: Wapad - 15 Januarie 2011

|1715 JANUARIE 2011

VermaakKuns

Top 10 Potch bands

Top 10 Potch bands

StraatligkindersJy het heel waarskynlik al van hierdie ouens

gehoor. Hulle beskryf hulle eie musiek as deathpop. Die band bestaan uit Bouwer Bosch, Hein Kruger, Ruan Kruger en Ben-nie de Jager. Hulle het ’n lekker lewendige, harde klank en is die clean rockers van die Afrikaanse musiekbedryf.

Moses Metro Man’n Splinternuwe band met ’n sagte rock klank

en ’n unieke twist. Die lede is Jako Meyer, Dewald Pieters, Benjamin de Jager, Hein Kruger en Ruan Kruger.

Ekhouvanjou,okay! ’n Vreemde mengelmoes van tagtigs disko/aero-

bics saam met ’n semi-moderne elektroklank maak hierdie ’n baie unieke band. Die lede is Ruan Kruger, Raptor Louis Jansen van Rensburg, Rouxan Cloete en Arno de Beer.

Still Desciding As jy ’n grunge fan is wat van groepe soos

Nirvana, Pearl Jam en Hole hou sal jy mal wees oor hierdie ouens. Still Desciding het ’n uitsekende lewendige vertoning wat ’n mens aan die vroeë negentigs herin-ner. Die band bestaan uit Richard Benjamin, Kaihl Thomas en Lenard van Grusz.

Strap-on SallyDie genre is Southern Bluesrock met ’n Indie

funk invloed. ’n Old school klank met ’n moderne element sorg vir ’n wenresep. Die lede is Juan van Wyngaard, Llewellyn van Eden en Charles Smith.

Dans, dans LisaBouwer Bosch (Straatlig-kinders) en Deon Meiring

(Glaskas) se akoestiese pop-klank het ’n betowerende uitwerking op die gehoor.

Bruce Noble’n Klassieke bluesrock klank beïnvloed deur ou

bekendes soos Whitesnake en The Eagles. Die lede is Eugene le Roux, Stefan Mynhardt, Rudolph Willemse, Quinn Claasen en Marco Basson.

WinterstasieOok een van die plaas-like reuse. Winterstasie

se rock-musiek word goed met ’n melodiese gevoel afgerond. Die band bestaan uit Dewald Pieters, Niel Verster, Dewald Buys en Ruhan Wagener.

Alleen na DesemberHulle was tweede in 2009 se Rockspaaider-

kompetisie. Hulle het ’n oor-spronklike klank wat as ’n samestelling van moderne rock en disko beskryf kan word. Die lede is Simeon Kriel, Francois De Klerk, Ben Greyling, Werner Grey-ling en Gust Greyvenstein.

Them FrogDie hoofsanger se stem is besonder

goed (veral lewendig) en word uitstekend deur die unieke folk- rock klank van die band beklem-toon word. Dis ook nie aldag dat ’n mens ’n hoofsanger sien wat ook baskitaar speel nie. Die lede is Pieter, Jaco, Marko en Willem.

SAAMGESTEL DEUR:MARTIN LAUBSCHER

Moses Metro Man.FOTO: REANDI SCHUTTE

Kuns&Vermaak

Page 17: Wapad - 15 Januarie 2011

15 JANUARIE 2011KUNS & VERMAAK18 |

Feite Het jy geweet? In 2009 het Potch se rockers, Straatligkinders se Gedagte van die dag ’n MK-Award gewen as PUKfm se Kampushit.

Bittereinder is ’n oorwinning vir Afrikaans. Hierdie band her-definieer Afrikaanse rap. Dit is poëties, filosofies en sommer net cool – alles in een. Dit is ’n gen-reverskuiwing.

Bittereinder se musiek kan die beste deur hulle eie lirieke beskryf word:

“Ek soek al vir jare na die ware verhaal, die openbaring in die waarde van my eie moedertaal.”

Die boodskap in dié musiek

BITTEREINDER’n Ware verhaal

Onnatuurlik, obskuur en onge-looflik uitdagend is enkele woorde

DIE ANTWOORDDie Antwoord

MARTIN LAUBSCHER

CDResensies

wat hierdie musiek beskryf. Die Antwoord staan op sy eie wat genre betref. Eintlik staan Die An-twoord as ’n geheel op sy eie.

Hoewel daar elemente van rap betrokke is, is die agtergrond-musiek hoofsaaklik rave. Ver-volgens word Die Antwoord as ’n rap-rave groep deur sommiges beskryf. Hoewel hierdie stelling nie sonder meriete is nie, wek liedjies soos Evil Boy ’n donker gevoel wat aan boosheid grens.

Dit kom voor asof Die Antwoord van bestaande kultuurgroepe wil wegbreek, maar as ’n mens mooi gaan luister besef jy hulle beeld eintlik ’n verskeidenheid gedrag-spatrone binne bestaande kulture in Suid-Afrika uit.

Dit is vanselfsprekend dat die

handhaaf die perfekte balans tussen positief en negatief. Vir die mense wat dikwels oor die Afrikaanse taal bekommerd is, behoort hierdie CD as ’n bewys te dien dat Afrikaans nog lank nie dood is nie.

Die musiek is veral interessant en pas perfek by die aard van die liedjies. Dit is nie oorverwerk nie (soos wat dikwels die geval met elektroniese musiek is) en dit is baie oorspronklik.

Die lirieke is besonders aan-grypend. Bittereinder kry dit reg om treffend te wees sonder om die heeltyd te vloek of kras woorde te gebruik. Verder beskryf dit die gevoel van baie Afrikaners kor-rek, soos hul liedjie Penworstel:

“As jy haat tussen die lyne hoor

dan luister jy nie reg nie. Dis ’n stryd vir identiteit, nie ’n letter-like geveg nie.”

Die album spog ook met bydraes deur bekendes soos Parow, Inge Beckman en Tumi Molekane.

Bittereinder is ’n baanbreker-groep en ons gaan nog baie van hulle hoor.

produksiegehalte van hierdie al-bum uistekend is aangesien dit deur Rhythm Records vervaardig is.

’n Mens besef dat die kras li-rieke ’n sekere skokdoel dien – die probleem is net dat dit in omtrent al die liedjies voorkom en so-doende trefkrag verloor. Verder is sommige van die snitte baie her-halend en dus eentonig.

Verskeie ander bekendes soos Francois Van Coke en Jack Parow kan hier gehoor word.

Die Antwoord maak van uiter-stes gebruik om uit te staan. Dit is egter net hier waar hulle grootste fout maak.

Hulle toon dalk baie braafheid, maar terselfdertyd is daar ’n al-gemene gebrek aan balans.

Die lede van Dance Monkey Dance. Van links is Franco Prinsloo, Netanja Brink en Bordeaux Potgieter. FOTO'S: JP HANEKOM

Genoeg gesê, luister nou

DMD skep musiek met supersonikaSUNÉ ESTERHUIZEN

Dance Monkey Dance is ’n revolusionêre elektro-dance-pop groep wat die

Suid-Afrikaanse musiektoneel met ’n neon-bang getref het.

Die lede van die band, Netanja Brink, Franco Prinsloo en Bor-deaux Potgieter is baie opge-wonde oor Dance Monkey Dance se toekoms.

“Ons het die afgelope tyd met ’n groot internasionale platemaat-skappy onderhandel en dinge lyk goed,” het Potgieter, rapper vir die groep oor Dance Monkey Dance se toekoms gepraat.

“Ons is oppad na ’n vars, unie-ke, internasionale breakthrough in elektro-dance-pop.”

Oor hulle naam het Prinsloo, vocals en synth vir DMD, gesê dat dit ’n moeilike besluit was om ’n naam vir die groep te kry.

“Ons wou die vibe wat ons mu-siek gee in woorde beskryf en toe Bordeaux ’n computer game tyd-skrif bring waarin Dance Monkey Dance op ’n groen bladsy gestaan het, het ons geweet.”

DMD het groot planne om die

wêreld oor te neem.Die groep se eerste treffer, Trip-

pin’ is al op MK te sien en op High-veld Stereo te hoor. Die video is deur Werner Botha geskiet.

“Ons het die video in Newtown geskiet in ’n club met die naam Townhall,” het Prinsloo oor die skiet van die video gesê.

“En dit was super awesome!”Vir Potgieter is dit ’n fees om

met Brink en Prinsloo te werk.“Ons is drie baie diverse mense

met sterk persoonlikhede en ver-skillende agtergronde, maar dit is amazing hoe ons deur die krag van musiek ’n middelpunt kan bereik.”

Hulle het alreeds nog songs in die pyplyn en word geïnspireer deur Black Eyed Peas, Lark, Lady Gaga en Björk.

Prinsloo en Brink maak al lank musiek saam en is steeds deel van The Blacklight Theatre Project, ’n cabaret-jazz groep waarvan hulle al vyf jaar lede is.

DMD nooi graag Wapad se le-sers uit om hulle musiekvideo van Trippin’ op YouTube te gaan kyk en hulle Facebookblad dop te hou vir nuus.

Miss Brink: Die vurige rooikop met ’n fantastiese stem. Sy is eksperi-menteel en gedeter-mineerd.Franky: Die synthesizer in die ou, dusty suits. Hy is na bewering ’n reïnkarnasie van Freddy Mercury of Rooikappie of so iets.Deaux:Die apie. Hy is baie toegewyd, hy weet wat hy wil hê en hoe hy dit gaan kry.

LEER DMDKEN

Page 18: Wapad - 15 Januarie 2011

KUNS & VERMAAK |1915 JANUARIE 2011

FeiteHet jy geweet? In 2010 is Flip-a-Coin, ’n a-capella groep van Potchefstroom na Skouspel genooi waar hulle saam met bekendes soos Emo Adams opgetree het.

GERNA COETZEE

“Absoluut totale, maar georgani-seerde chaos wat jou gaan laat lag soos nooit tevore nie,” lui Lagnes se webtuiste.

Lagnes is ’n improv komedie-groep. Dit beteken dat hulle geen uitgewerkte teks of storielyn het met hul optredes nie. Alles word net daar en dan op die verhoog op-gemaak.

Die optredes bestaan uit ’n klomp improv speletjies, elk met ’n unieke stel reëls en met ’n spe-sifieke uitdaging vir die Lagnes manne, of soos hulle na hul ver-wys: die Lagnes Monsters.

Voorstelle, idees en karakters word uit die gehoor gekry om se-ker te maak almal weet hulle het niks vooraf uitgedink nie.

Lagnes tree regoor die land op, by skole, kerke, teaters en kunste-feeste, maar Lagnes se huis is Potchefstroom. Hul probeer ook om so gereeld as moontlik op die Pukkampus op te tree.

Lagnes werk al vir die afgelope twee tot drie jaar met die ATKV saam om ’n Lagnes TV-reeks ge-doen te kry en in Oktober 2010 is ’n reeks van 13 episodes geskiet.

Die episodes volg presies die-selfde resep as hul verhoog op-tredes, behalwe vir ’n paar spe-siale ekstras. Die aanbieders vir die reeks is Bouwer Bosch en Jak de Priester.

Lagnes se leuse is IETS, In Een-heid Tot Seën. Dit is hul doel met al hul optredes, op die verhoog of op die kassie.

Tim Theron, Lagnes se skakel-persoon, sê:

“Ons wil mense laat lag, laat beter en ligter voel, al is dit net vir daardie oomblik, want daar-

die oomblik mag dalk net jou lewe verander!”

Hulle beplan om in die toekoms ’n kanaal te kry om die reeks uit te saai. Die Monsters wil Lagnes ’n platvorm maak om invloed uit te oefen binne die Suid Afri-kaanse vermaaklikheidsbedryf en uiteindelik ’n krag te word binne die bedryf.

Hou jou oë en ore oop en doen jouself die guns om deel te word van ’n Lagnes vertoning, lag nes die Monsters en net dalk veran-der jou lewe.

Lagnes het tans twee spanne, ’n Pretoria/Potch span, en dan ’n Stellenbosch span. Die twee groepe het onstaan soos wat die Monsters klaar studeer het en uit Potch weggetrek het.

Hierdie improvisasie laat gehore skater Potchefstroom dans na Lisa se pype

JANUS DE VILLIERS

Dans Dans Lisa is een van die bands wat op jou mixtape moet wees as jy jou meisie probeer impress.

Met romantiese lirieke soos “ek’s moeg om woorde te soek wat rym om te sê hoe ek voel”, is hulle ’n gesellige saamsing-band wat die skoner geslag sal beïndruk en romantiese siele na hul kitare laat gryp.

Alhoewel Dans Dans Lisa nog relatief nuut is in die mus-iekbedryf, het die betrokke ouens geen bekendstelling no-dig nie.

Albei is hoofsangers van groot bands in die Potchef-s t ro o m - m u s i e k b ewe g i n g . Hulle is Deon Meiring van Glaskas en Bouwer Bosch van Straatligkinders.

“Ons het besef dat ons albei met hope akoestiese songs sit wat nie by ons bands se klank pas nie, maar ons wil dit nie noodwendig wegbêre of af-skryf nie.”

Met vier musiekvideo’s reeds agter hul naam en hul eerste album, Die Gids Vir Grootword, is einde verlede jaar uitgereik.

Bosch vertel dat daar baie in-teressante stories op die album is, waaruit die luisteraar hope-lik lewenslesse kan leer.

“Die album was in menigte se kerskous gewees. Niks sê ek is lief vir jou soos ’n Dans Dans Lisa CD nie.”

Die twaalf-snit album is mees-tal rustige, bonfire saamsingme-lodieë wat sag op die oor val – jare verwyder van die klank waarvoor albei die sangers in hul rockgroe-pe bekend is.

Die groep het al oor die tien-duisend volgelinge op Facebook en is ’n finalis vir die MK-Awards 2011.

PUKfm het Sing In Skaamte ge-nomineer as die Puk se kampus-hit vir 2010.

“Dit was nie moeilik om ’n plaaslike groep as ons kampush-it te nomineer nie,” het Amoré Truter, stasiebestuurder van PUKfm gesê.

“Potchefstroom loop oor van plaaslike talent.”

Potch bands genomineer vir MK AwardsSUNÉ ESTERHUIZEN

Die Potchefstroomse musiek-beweging het weer ’n paar nominasies vir die MK-Awards

2011 opgelewer.Straatligkinders, Dans Dans Lisa en Alleen na Desember maak staat op hulle aanhangers om hulle die kans te gee om die wenner te wees van ’n MK-Award. Hierdie Potch-bands het verlede jaar die kykers van MK beïn-druk en Dans Dans Lisa en Alleen na Desember is albei vir die eerste keer genomineer.“Omdat dit die eerste keer is wat ek

persoonlik vir ’n MK-award ge-nomineer is, is ek baie opgewonde en dankbaar,” het Deon Meiring van Dans Dans Lisa aan Wapad gesê.“Ek wil net graag dankie sê aan die Pukke en PUKfm, want hulle help ons baie.”Die sluitingsdatum vir die stempunte sluit 31 Januarie 2011 om 24:00 en dit is R1,50 per sms. Gratis minute geld nie. Jy kan ook op MXit stem. Reëls en voorwaardes op www.mkawards.co.za.Deur te stem staan jy die kans om ’n splinternuwe Hyundai i10 te wen.Rock-off met Hyundai.

DIE NOMINASIES IS:

Beste Nuweling:

Alleen na Desember3hoekige 4kantSms 5A na 33693

Kampushit – PUKfm:

Dans Dans LisaSing in SkaamteSms 10C na 33693

Stem voor 31 Januarie om 24:00 vir jou gunstel-ingbands en staan die kans om 'n Hyundai i10 te wen.

Kampushit – TUKSfm:

StraatligkindersHande wat draSms 10D na 33693

FOTO: JONO FERREIRAStraatligkinders, is genomineer vir die MK Award se kampushit.

Die manne van Lagnes FOTO: VERSKAF

One woman’s search for everything. Across Italy, India and Indonesia.

Niks sê ek is lief vir jou soos 'n Dans Dans Lisa CD nie.

One woman’s search for everything. Across Italy, India and Indonesia.

Ons wil mense laat lag, laat beter en ligter voel, al is dit net vir daardie oomblik.

Page 19: Wapad - 15 Januarie 2011

20 | 15 JANUARIE 2011

Kommentaar

HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369)ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431)INHOUDSREDAKTEUR: Suné Esterhuizen (079 516 2077)TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022)GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099)SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028)SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980)TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516)BEMARKING: Marché Maritz (082 905 3858)

15 JANUARIE 2011

Jy is pas klaar met skool en die wedloop van die lewe het begin. Jy is tussen die boom en die bas – nie meer kind nie, maar ook nie groot nie. Welkom by studentwees!Vir sommige van julle is die definisie van studentwees laat slaap, klasdraf, koffie-kuiers tot na middernag, lewenslange vriende maak en die moontlikheid om ’n huweliksmaat te ontmoet.Vir ander gaan studentwees oor clubbing, drink tot jy dronk word, eksperimenteer met nuwe dinge, vakke sleep en om nog ’n one night stand op jou kerfstok te kry.Dit is die realiteite van student wees, so maak wyse besluite in jou studentejare. Kies jou vriende reg, want vriende kan jou maak of breek. Vind jouself. Geniet dit en moenie die primêre doel van die universiteit uit die oog verloor nie – om ’n graad te kry.Om groot te word is lekker. Niemand kan jou kwalifikasie van jou af wegvat nie. Ook nie die herinneringe wat jy vandag begin maak van jou studentelewe nie.Sterkte met O&B en geniet dit. Neem deel aan alles. Lag. Huil. Skep herinneringe. Ons almal is daardeur en dit maak jou ’n volwaardige Puk.

-MARLIE-

Tussen boom en bas

Redaksionele

KernredaksieDie volgende Wapad verskyn 10 Februarie 2011

van Schalkwykvan SchalkwykHerman

Beste nuwe Pukke en ouers.Dit is vir my ’n wonderlike

voorreg en eer om julle wel-

kom te heet by dié lekkerste kampus in die land.

Baie welkom in Potchefstroom en op die Pukkampus van die Noord-wes-Universiteit.

Baie geluk dat julle die NWU gekies het vir jul kind – ek kan julle verseker dat julle nooit spyt sal wees nie.

By die NWU-Puk poog ons om met waardegedrewe kwaliteit ons studente in geheel voor te berei vir die toekoms.

Ons kyk nie net na hulle verstan-delike en fisiese vermoëns nie, maar ook na hul emosionele en geestelike welsyn.

Daarom: geluk met die wyse besluit om jul kind aan die Noord-wes-Universiteit te laat kom studeer.

Ons missie is om ’n navorsing-gerigte kampus te word waar uitne-mendheid in sowel onderrig-leer as navorsing wedersyds versterkend is, waar ons steeds die volgende bied:

• Hoë akademiese standaarde en doeltreffende voorberei-ding vir jou loopbaan;

• Waardegedrewenheid, met ruimte vir die uitleef van Christelike beginsels;

• ’n "tweede" huis en klasse in Afrikaans en

• ’n Wonderlike studentelewe

en veilige kampus.Julle laat jul kind vandag in veilige

hande. Deur samewerking, entoesiasme

en geloof gaan ons van 2011 ’n reuse sukses maak!

Dit is en bly vir ons ’n voorreg dat jy besluit het om die NWU-Puk te kies as die plek waar jy jouself vir die toekoms wil toerus.

Neem deel aan alles wat ons het om te bied en geniet elke oomblik van die wonderlike voorreg om stu-dent te kan wees.

Dis ’n onvergeetlike deel van ’n mens se lewe, wat jou altyd sal bybly.

DEUR:

Rektor: Noordwes Universiteit Potchefstroomkampus

Boodskap van die Rektor

Welkom by jou nuwe tuiste

van Rooyenvan RooyenJaycee

DEUR:

Studenteraadvoorsitter van die Potchefstroomkampus

Namens die Studenteraad van die Potchefstroom-kampus van die NWU, wil ek elkeen van julle hartlik welkom heet. Hierdie berig is ’n inisiatief van die Studenteraad om julle as studente in te lig oor enige gebeurtenisse en besluite wat gemaak word op ons kampus. Dus: lees jou WAPAD!!

Ek wens elkeen van julle sterkte toe met die nuwe uitdagings wat vir julle voorlê.

Gryp elke oomblik aan en doen dit voluit! Ek weet dat julle sommer vinnig sal tuisvoel en bekend raak met alles wat in en op kampus gebeur.

Ek laat julle met hierdie gedagte:

“Faith is taking the first step when you can’t see the whole staircase” – Martin Luther King Jr.

SR-groete

Page 20: Wapad - 15 Januarie 2011

| 2115 JANUARIE 2011

Welkom eerstejaars!van

DE BEERS MEUBELSSOLIEDE OREGON, DENNEHOUTMEUBELS, MATRASSE EN BASISSTELLE, ENS.

GROOT VERSKEIDENHEID STUDENTEMEUBELS

• Tel: 018 294 7053 • Faks: 018 293 2621 • Sel: 082 467 5805/072 783 9325 • E-pos: [email protected] • Webblad: www.debeersmeubels.co.za

H/v Govan Mbeki (Mooirivierrylaan) & Mareestraat, Potchefstroom

ADVERTENSIE

Page 21: Wapad - 15 Januarie 2011

SPORT22 | 15 JANUARIE 2011

Feite

Puk-spiesgooier sewende in wêreld

Viljoen breek rekordsCARLI KOCH

Sunette Viljoen is die SA- en Afrika- rekordhouer in die vroue-spiesgooi met 66.38

meter. Sy is ook die huidige State-

bondkampioen en wêreld studen-tekampioen.

Sunette het 2010 as die sewende beste spiesgooier in die wêreld af-gesluit.

Wanneer Viljoen nie op die Puk is nie, woon sy by haar ouers in Rustenburg.

Sy is die middelste van drie kinders en het ’n jonger suster, Danelle, en ’n ouer broer Drikus – albei onderwysers.

“My gesinslede is die wind onder die vlerke van my spiese, die steunpilare wat my regop hou en my voete vierkantig op die grond. Hulle onbaatsugtige ondersteuning in goeie én slegte tye maak my die kampioen wat ek vandag is.”

Viljoen is 27 jaar oud en het ’n hele paar kwalifikasies agter haar naam: ’n Bkom (Sport en Rekreasie), ’n BEd Honneurs, asook ’n nagraadse Onderwysdi-ploma (NGOS).

Sy is tans besig met haar GOS in Menslike Bewegingskunde.

Viljoen het op die ouderdom van 16 jaar begin spiesgooi.

Na Viljoen se matriekjaar het sy ’n beurs aan die Noordwes Uni-versiteit gekry en professioneel begin deelneem.

“Om ’n spiesgooier van wêreldgehalte te wees, is iets waarvoor ek bitter hard gewerk het en waarop ek baie trots is.”

Viljoen beskou haar spoed en vinnige arm as haar sterkpunte in spiesgooi, maar bo alles haar groot hart.

Sy beleef ’n moeilike dag op die baan wanneer haar ritme nie 100% click met haarself, haar spies en haar aanloop nie.

Sunette het verskeie maniere hoe sy haarself motiveer.

Sy hou daarvan om in die reën te oefen, of om op ’n baie warm dag te oefen wanneer haar teen-standers nie oefen nie, want daar-die een oefening kan in ’n Olimp-iese goud verander.

“Elke keer as ek veld toe gaan, oefen ek vir wêreld nommer een.”

Sunette Viljoen, Puk-spiesgooier. FOTO: VERSKAF

Elke keer as ek veld toe gaan, oefen ek vir wêreld nommer een.

Puk rugby gereed vir 2011GEORGE GERMISHUYS

Die Puk eerstespanrugbyafrig-ter, Rudy Joubert, is ’n man met vele vere in sy hoed en vele pyle in sy koker.

Hy was ’n tegniese adviseur vir die Springbokspan wat in die rugbywêreldbeker van 1995 geseëvier het. Joubert was ook Namibië se hoofafrigter toe hulle vir die eerste keer aan die Rugbywêreldbeker van 1999 deelgeneem het.

Oor 2010 se seisoen voel Jou-bert dat dit ’n gemengde sukses was.

“Ons moes beter in die Var-sity Cup gevaar het, ons derde plek was nie goed genoeg nie. Verder moes ons beter in die klubkampioenskap en in die liga gevaar het.”

Puk 1 het in die nasionale klubkampioenskap teen Col-lege Rovers van Natal, die uit-eindelike wenners, uitgeval.

Hoewel die Puk bo aan die liga se punteleer was en in die finaal verloorhet,het hulle eg-ter die intervarsity teen Kov-sies gewen vir die sesde agter-eenvolgende jaar in ’n ry.

Die Puk kon nog nie daarin slaag om die Varsity Cup om-hoog te hou nie. “Ons het hard gewerk in die af-seisoen en ons het aan alles gewerk wat tydens 2010 ’n probleem was.” “Ons het ook ’n kamp in Janu-arie in Kaapstad om die finale voorseisoense skaafwerk af te

handel.”Puk 1 moes na afloop van die 2010

rugbyseisoen ’n paar vuurvreters groet, waarvan die vernaamste sekerlik die ervare skrumskakel Andries Mahoney is, wat ’n kontrak by die Griffons geteken het. Daar is egter vars gesigte bygevoeg om sake opwindend vir die toeskouers te hou. Nuwe aanwinste, die voormalige Matie skrumskakel Johan Laker en George Tossel wat vanaf die Sharks bekom is, kan gerus met ’n kenners-oog dopgehou word.

Die NWU-Puk rugbyinstituut is al vir jare as ’n rugbyfabriek bekend. Groot name soos Willem de Waal, Franco van der Merwe en Brok Har-ris is enkele voorbeelde van spelers wat deur die instituut geproduseer is en groot hoogtes bereik het.

“Dis moeilik om internasionaal te voorspel, maar verseker is daar toekomstige provinsiale spelers in die Puk se geledere. Spelers is altyd moeilik om uit te sonder, maar spel-ers soos, JC Oberholser, Joubert Engelbrecht en Johan Laker het beslis die potensiaal.”

Die NWU-Puk krieketklub is onlangs deur die Noordwes Krieket-Assosiasie beloon met toekennings vir Beste Klub-administrasie en Beste klub in die Noordwes Provinsie.

Ons het hard gewerk tydens die af-seisoen en ons het aan alles gewerk wat tydens 2010 ’n probleem was.

Die College Rovers en Pukke in aksie. JACO MARAIS EN FOTO24

Krieketkaptein lei sy span met meningCARLI KOCH

Nicky van den Berg, kaptein van Puk se eerste krieketspan, is 21 jaar oud en swot LLB Regte.

Hy is ’n Potchefstromer in murg en been en sport is sy groot liefde.

As leerder van Laerskool Bai-lliepark het hy aan rugby, atle-tiek, hokkie, tennis en gholf deel-geneem.

Later was hy die O/14- en O/15-krieketkaptein van Potch Gim-mies en het reeds vanaf graad 10 vir die eerstespan gespeel. Se-dert sy graad 11-jaar was hy ook kaptein van dié span.

Hy het jaarliks in die provin-siale krieketspanne gespeel, twee keer as kaptein. In 2008 was hy

lid van die Bizhub Highveld Li-ons Academy en in 2009 het hy sy debuut vir die Powerade North West Dragons gemaak.

Hy is ook vir die SA-Studen-tespan gekies wat teen die O/19-spanne van Indië en Sri Lanka gespeel het.

Steve Waugh is sy gunsteling-krieketspeler.

“Ek het baie respek vir die manier waarop hy die game speel en hoe hy Australië as kaptein gelei het,” verduidelik Van Den Berg

Van den Berg sê hy sal nie omgee om ’n lewe uit krieket te maak nie – dis immers sy groot liefde. Vir hom is dit egter belan-grik om die pad te loop wat God vir hom beplan.

“Ek sal die beste wees wat ek kan in watter rigting vir my be-plan is – krieketspeler, proku-reur, eggenoot.”

Groot doelwitte word vir die Puk se eerste krieketspan in die vooruitsig gestel.

In 2010 het hulle die 45-beurt-liga, gewen wat hulle in ’n goeie posisie plaas om as wenner van die totale liga uit die stryd te tree.

Hulle oogmerk is om dan vir die nasionale klubkampioenskap te kwalifiseer en die 65-beurtliga te wen.

Met staatmakers soos Stefan Gericke (bouler), Malusi Siboto (nasionale studentespanspelers) en ’n kaptein soos Van Den Berg, is dié doelwitte beslis binne die bereik van die span.

Peet en Mabel Viviers(018) 294 4117 & (018) 2947834

Faks: (018) 293 3691Sel: 083 778 4117

Email: [email protected] James Moroka Ln.Potchefstroom, 2531

Ons diens en herstel enige maak of model

Page 22: Wapad - 15 Januarie 2011

SPORT | 2315 JANUARIE 2011

G.P. Amoré

Wanneer laas, behalwe vir hierdie jaar, was WP in ’n Curriebeker-finaal? (2001)

Wat beteken ’n Nelson in krieket? (111)

Waar word volgende jaar se krieketwêreldbeker gehou? (Suid-Asië: Indië, Sri-Lanka, Bangladesh)

Wie het die 2003 Rugby Wêreldbekertoernooi gewen? (Engeland)

Hoe hoog is ’n standaard krieketpaaltjie? (71.1cm)

Wie was die wenners van die eerste T20-wêreldbeker wat in Suid-Afrika in 2007 gehou is? (Indië)

Wat is die naam van Potchefstroom se rugbystadion? (Oliënpark)

Watter speler het die meeste punte in die 2010 Curriebekertoernooi aan-geteken? (Willem de Waal, 220 punte)

In 2011 is dit Super 15. Wat is die naam van die ekstra span wat in dié toer-nooi ingesluit is? (Melbourne Rebels)

Wat is die naam van die krieketstadion in Potchefstroom? (Senwes Park)

OFFFACE

5 4

TOETS JOU SPORTKENNIS

ANDRIES HEYDENRYCH

Ons weet dat albei spesiali-seer in kommunikasie: een ’n dosent en die ander die baas ag-ter PUKfm.

Amoré Truter, stasiebestuurder, het kragte gemeet met Mnr. G.P van Rheede van Oudtshoorn, ’n dosent in kommunikasiekunde, om te kyk wie het die meeste al-gemene kennis in sport.

FeiteHet jy geweet? Atlete van die Dreamveldt NWU-Puk atletiekklub het sewe van die 22 medaljes wat Suid-Afrika by die Afrika-kampioenskap in Addis Abeba gewen het, saamgebring Potchefstroom toe.

Sport skop af

Pukke maak gereed vir eerstejaarsport

Hombré en Veritas pak mekaar gedurende Eerstejaarsrugby in 2010. FOTO: MARIO VAN DE WALL

LODEWYK UYS

Eerstejaars kry vanjaar vroeg die geleentheid om naam te maak by

hul onderskeie koshuise en dit kan op geen beter plek gedoen word as op die sportveld nie.

Koshuise se trots word hier gewys en motivering word tot ’n hoër vlak geneem.

Eerstejaarsatletiek sal plaas-vind op 25 Januarie en sal na die volgende dag skuif indien die weersomstandighede nie saamspeel nie.

Villagers en Dinki, albei dorpskoshuise, het in 2010 as oorwinnaars uit die stryd ge-tree.

Van die atletiekbaan duik ons reguit na die swembad toe. Die eerstejaars se swembyeenkoms vind plaas op 8 of 10 Februarie. Weereens is die weer die bepalen-de faktor in die finale datum van die byeenkoms.

Dan is daar natuurlik die soge-naamde “X-Spele” wat tydens

JOOL sal plaasvind. Die spele sal kragte toets met die tradisionele hindernisbaan en ’n groot ver-skeidenheid ander speletjies.

Die netbalpretliga skop af op 14 Februarie en hierdie kompe-tisie is vir mans- sowel as dames-koshuise.

Die jaarlikse eerstejaarsrug-bytoernooi is altyd ’n hoogtepunt onder die manskoshuise. In 2010 het Over-de-Voor vir Patria gek-lop in die finaal. Die toernooi skop af op 1 Februarie en die fi-naal vind plaas op 21 Februarie. Hier is die eerste geleentheid waar die mans-koshuise se ware kleure gewys worden die hele ko-shuis soos ’n rots agter die manne op die veld staan.

EERSTEJAAR-SPORT BEGIN JANUARIE.

DIE TAWANAS IS BO-OP DIE RANGLYS VAN DIE VODACOM LEAGUE.

Die Tawanas tans bo aan Vodacom punteleërGEORGE GERMISHUYS

Die Puk se sokkerspan, die-Tawa-nas, het ‘n uiters suksesvolle 2010 agter die rug.

Hul Vodacom-span het die kwarteindrondte van die Ned-bank Cup gehaal.

Die Nedbank Cup is ’n toernooi soortgelyk aan die FA Cup in Engeland.

Ongelukkig het die Tawanas vasgeval teen Orlando Pirates, die sogenaamde “reuse van Soweto”.

Tydens hierdie toernooi het die Tawanas met Platinum Stars, wat ook ’n PSL-span is, afgereken.

Dat ’n universiteitspan ’n pro-fessionele premierligaspan kan klop, is ’n aanduiding van die uitstekende sokkertalent wat die Puk tot sy beskikking het.

Die Tawanas is tans bo aan die Vodacom-liga se punteleer.

Daar is ’n moontlikheid dat hulle uitspeelwedstryde kan speel om tot die nasionale Eerste Di-visie deur te dring.

’n Verdere hoogtepunt vir die Tawanas se sokker is die studen-tespan wat vir die eerste keer in ses jaar daarin kon slaag om vir die USSA-spele wat in Limpopo gehou word te kwalifiseer.

Volgens Thabo Nouse, ’n woord-

voerder van die Tawanas, is die doelwitte vir 2011 dat die Vod-acom-span hul uitspeelwedstryde wen en na die nasionale Eerste Divisie opskuif.

Die studentespan se vernaam-ste doelwit sal wees om die USSA-kompetisie in Limpopo te wen.

’n Verdere doelwit vir die Tawa-nas in 2011 is dat die spanne gro-ter ondersteuning vanaf die uni-versiteit en die studente wil werf.

Die Tawanas het in 2010 goed presteer. FOTO: VERSKAF

Hubbly’s * Charcoal * Accessories

Best prices in town with a large variety of products.

10 Esselenstreet, Bult(opposite post office)

Contact: Gerardt082 550 2074

Page 23: Wapad - 15 Januarie 2011

Sportredakteur: Stephen Nel [email protected] E-pos met sportnuus

Sport15 JANUARIE 2011

PUK RUGBY OP HUL MERKE & GEREED - 222

BINNE1STEJAARS SPORT- PRO-GRAM PROPVOL 223

RUGBYSPELERSAndre Markgraaff - ’n Oud-Springbok flank, president van die Griekwas rugbyunie en het ook die Springbokke afgerig.

Franco vd Merwe - vorm deel van die Leeus se groep vir die nuwe SuperRugbytoernooi, en het ook gedien as kaptein gedurende die Curriebeker.

Willem de Waal - Het verlede seisoen nog gespeel vir die Stormers en WP, maar speel nou rugby vir Treviso.

Tiaan Liebenberg - Het reeds Springbokkleure verwerf en is ’n groot staatmaker vir die WP en Stormers.

Brok Harris - Die stut is nog ’n gereelde verskynsel in die spanne van die WP en Stormers.

Ronnie Cooke - Die oud-Cheetah speel nou sy rugby vir Brive in Frankryk.

Jaco Engels - Was verlede seisoen nog deel van die Blou Bulle maar het pas verhuis na die Southern Kings.

Henno Mentz - Het vir die Springbokke uitgedraf en speel tans vir die Lions.

MJ Mentz - Het sy merk gemaak deur verskeie kere uit te draf vir die Suid-Afrikaanse Sewes-span.

KRIEKETSPELERSDavey Jacobs en Arno Jacobs - Albei speel eersteklas krieket vir die Warriors. Davey het die tweede meeste lopies aangeteken in die 2010 se Champions League.

Alfonso Thomas - Speel tans sy krieket oorsee, en het ook al vir die Proteas uitgedraf.

Een van die PUK se grootste oplewerings was die van Godfrey Makoena wat in 2008 ’n silwer medalje verower het by die Olimpiese Spele in Beijing in verspring. Makoena het ook in 2009 die nuwe Afrika record gebreek toe hy met ’n afstand van 8.50m van die veld af weg gestap het.

-DEUR GEORGE GERMISHUYS & LODEWYK UYS

Pukkegroot inSA-sport

Godfrey Makoena

Andre Markgraaff

Franco vd Merwe

Willem de Waal in aksie.FOTO: GETTY IMAGES