wapad - 20 oktober 2011

16
Kaalvoetdag sorg vir pure pret en plesier 2 3 Socialite Potchefstroom 2 11 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD JAARGANG 65 >> 20 OKTOBER 2011 / VOL 15 KLA-ver-VOOR met Bingle-sêr Klawerhof en Over de Voor wen vanjaar se Bingle-sêr met hulle vertoning. Volledige artikel volg op bladsy 3. FOTO: FRANK DUVENHAGE Gerrie de Jager, het die dood vrygespring na ’n motorongeluk. FOTO: CECILE DE JAGER Tweede Puk-student in motorongeluk BINNE Dans Dans Lisa & Van Coke Kartel 2 10 LIZANÉ TREURNICHT G errie de Jager, ’n tweede- jaar farmasiestudent, word in die Millpark-hos- pitaal se Intensiewe Sorgeenheid behandel nadat hy die dood vry- gespring het. Elma de Jager, die student se pastoor-ma, het vertel dat haar kind volgens medici fisies dood was. “Gerrie het lewensgevaarlike beserings opgedoen in die motor- ongeluk, maar God het sy lewe vir hom teruggegee,” het De Jager vertel. Dié student was na bewering op pad terug van ’n fakulteitsfunksie af toe hy omstreeks 01:20 beheer verloor het oor sy Citi Golf. Die voertuig het 'n paal get- ref en daarna teen 'n boom tot stilstand gekom. Paramedici moes hom met meganiese kake uit die wrak sny nadat hy vasgekeer was in sy voertuig. Volgens paramedici wat op die toneel betrokke was, is dit ’n won- derwerk dat De Jager lewend is na die ongeluk. De Jager se nekwerwels het geskuif en sy enkel is gebreek, maar nie vergruis nie. “Sy brein het genadiglik niks oorgekom nie,” het sy ma vertel. De Jager is moedig en “vertrou op die Here vir ’n wonderwerk.’’ Hoewel die dokters min hoop het, glo sy ma dat dit goed gaan met haar kind en dat hy elke dag beter lyk. “Volgens die dokters is De Ja- ger verlam van sy skouers af. ’’ Hy het 10% kans om ooit weer met hulp te loop en 20% kans om weer sy arms te gebruik, maar ons bly vertrou, verduidelik sy ma. “Ons ervaar daagliks die Here se grootheid en krag. ‘‘Hy het Gerrie se lewe vir hom teruggegee, daarom weet ons dat daar ’n plan met ons kind is,” het sy bygevoeg. Wapad het ook in die 8 Sep- tember 2011 uitgawe berig van Francois Marneweck, die tweede- jaar mansstudent wat tydens In- terver van sy balkon afgeval het. Marneweck was in n ernstige toestand in die hospitaal en suk- kel steeds om te praat. Hy is tans ontslaan en sterk tuis aan. Francois Marneweck is vol- gens ’n sielkundige in staat om sy studies voort te sit in die toekoms. LEES JOU KAMPUS

Upload: wapad

Post on 16-Mar-2016

297 views

Category:

Documents


26 download

DESCRIPTION

LEES JOU KAMPUS 20 OKTOBER 2011 / VOL 15 Klawerhof en Over de Voor wen vanjaar se Bingle-sêr met hulle vertoning. Volledige artikel volg op bladsy 3. FOTO: FRANK DUVENHAGE >> WWW.PUK.AC.ZA/WAPADJAARGANG65 >> Gerrie de Jager, het die dood vrygespring na ’n motorongeluk. FOTO: CECILE DE JAGER

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 20 Oktober 2011

Kaalvoetdag sorg vir pure pret en plesier 23 Socialite Potchefstroom 211

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> WWW.PUK.AC.ZA/WAPADJAARGANG 65 >>

20 OKTOBER 2011 / VOL 15

KLA-ver-VOOR met Bingle-sêr

Klawerhof en Over de Voor wen vanjaar se Bingle-sêr met hulle vertoning. Volledige artikel volg op bladsy 3. FOTO: FRANK DUVENHAGE

Gerrie de Jager, het die dood vrygespring na ’n motorongeluk. FOTO: CECILE DE JAGER

Tweede Puk-student in motorongeluk

BINNEDans Dans Lisa & Van Coke Kartel 2 10

LIZANÉ TREURNICHT

Gerrie de Jager, ’n tweede-jaar farmasiestudent, word in die Millpark-hos-

pitaal se Intensiewe Sorgeenheid behandel nadat hy die dood vry-gespring het.

Elma de Jager, die student se pastoor-ma, het vertel dat haar kind volgens medici fisies dood was.

“Gerrie het lewensgevaarlike beserings opgedoen in die motor- ongeluk, maar God het sy lewe vir hom teruggegee,” het De Jager vertel.

Dié student was na bewering op pad terug van ’n fakulteitsfunksie af toe hy omstreeks 01:20 beheer verloor het oor sy Citi Golf.

Die voertuig het 'n paal get-ref en daarna teen 'n boom tot

stilstand gekom.Paramedici moes hom met

meganiese kake uit die wrak sny nadat hy vasgekeer was in sy voertuig.

Volgens paramedici wat op die toneel betrokke was, is dit ’n won-

derwerk dat De Jager lewend is na die ongeluk.

De Jager se nekwerwels het geskuif en sy enkel is gebreek, maar nie vergruis nie.

“Sy brein het genadiglik niks oorgekom nie,” het sy ma vertel.

De Jager is moedig en “vertrou op die Here vir ’n wonderwerk.’’

Hoewel die dokters min hoop het, glo sy ma dat dit goed gaan met haar kind en dat hy elke dag beter lyk.

“Volgens die dokters is De Ja-

ger verlam van sy skouers af. ’’Hy het 10% kans om ooit weer

met hulp te loop en 20% kans om weer sy arms te gebruik, maar ons bly vertrou, verduidelik sy ma.

“Ons ervaar daagliks die Here se grootheid en krag.

‘‘Hy het Gerrie se lewe vir hom teruggegee, daarom weet ons dat daar ’n plan met ons kind is,” het sy bygevoeg.

Wapad het ook in die 8 Sep-tember 2011 uitgawe berig van Francois Marneweck, die tweede-jaar mansstudent wat tydens In-terver van sy balkon afgeval het.

Marneweck was in ’n ernstige toestand in die hospitaal en suk-kel steeds om te praat.

Hy is tans ontslaan en sterk tuis aan. Francois Marneweck is vol-gens ’n sielkundige in staat om sy studies voort te sit in die toekoms.

LEES JOU KAMPUS

Page 2: Wapad - 20 Oktober 2011

JAAR OORSIG 2011 2 | 20 OKTOBER 2011

Saamgestel deur:

Gerna CoetzeeINHOUDSREDAKTEUR

11Eerstejaarskonsert

Veritas en Klawerhof is as die konings van eerstejaars-konsert aangewys met ’n trotse Suid-Afrikaanse tema. VERy-KLAsy het met die Wapad-, asook PUKfm-prys weg-gestap. Wag-’n-Bietjie en Ratau Lebone was tweede met goeie danspassies en kostuums. Duncan Ruiters van Patria Manskoshuis is as beste akteur aangewys, terwyl Chanté Skinner van Bellatrix as beste aktrise bekroon is.

22 Joolige JOOL

Gelukkig het klasse vanjaar eers na JOOL begin en dus was daar vele tyd om blommetjies te vou en vlotte te bou. WILd KARd (De Wilgers en Karlien) is die algehele JOOL-vlot wenners met hul vooruitgang-van-tegnologie-tema. Die vlot het ook die agterstand van die mens bespot en die oorhoofse tema was Ge(k)skiedenis. Die voormalige Wapad redakteur, Piet Matipa het ook sy verskyning op die BE-yond PA-formance (Bellatrix en Patria) vlot gemaak.

33Ontgroening word ontwortel

Eerstejaars in Veritas Manskoshuis is glo tydens ’n georganiseerde koshuisaksie fisies aangerand. Die prim, Herman Retief en onderprim, Janus de Villiers van Veritas, het vrywillig bedank nadat dit aan die lig gekom het. Die rektor, prof. Herman van Schalkwyk, was baie in sy skik oor hoe dié twee die situasie hanteer het. Beide die HK-lede is vroeër vanjaar weer in diens geneem.

44Totius gevandaliseer

Kampus was gevandaliseer en Totius, Sol Plaatjie, Thaba-Jäh en Villagers het daaronder gely. Totius was ‘vereer’ met ’n baard, tepels en ’n geslagsorgaan. Sol Plaatjie was geseën met ’n witwarm winterbaard. Kiewiet Schep-pel, woordvoerder van die Potchefstroomkampus sê dat studente vandalisme as onskuldige pret sien, maar sulke optrede hou vir studente ernstige gevolge in.

55 Puk student van moord aangekla

Die 22-jarige student, Marumo Gilbert Nkomo, is vroeg in Maart aangekla vir moord en roof. Die beskuldigde se verhoor sal die 31ste Oktober plaasvind. Nkomo het vermoedelik op 10 Maart 2011 ’n 38-jarige man, Mongesi Baitile, met ’n mes doodgesteek nadat ’n kooptransaksie vermoedelik skeefgeloop het. Volgens die polisieverslag was die slagoffer en verdagte in Walter Sisulustraat be-trokke in ’n argument oor dwelms.

66 Sirkus Mnr. en Mej.Kampus

Vanjaar se Mnr. & Mej. Kampus het al die toeskouers se harte vinniger laat klop. Die tema was sirkus en die gehoor is vermaak met sirkustoertjies en 24 finaliste. Die nuwe Wapad redakteur, Marlie Jonker, het met die damestitel weggestap en Francois Naudé van Ratau Lebone Mans-koshuis met die manstitel. Elsabé Nortjé het Wapad- fotogenies gewen. Marlie en Francois het die Puk verteen-woordig in Stellenbosch vir Mnr. & Mej. SA Kampus.

77 Studentedekaan tree af

Prof. Hendré Reyneke, wat beter bekend staan as Uncle H, tree aan die einde van die jaar af. “Ek geniet my werk soveel, maar ’n persoon moet weet wanneer om af te tree en nie te lank te probeer soos ons nasionale rugbyspel-ers nie,” vertel Reyneke op sy grapperige manier. Hy was elf jaar gelede as studentedekaan van die Puk aangestel. Reyneke se tydperk as studentedekaan die langste periode wat enige iemand nog ooit dié pos in SA beklee het.

88 SR-verkiesing tydelik gestaak

Die SR verkiesing was gestaak en uitgestel slegs ’n paar uur voor die stembusse sou open. Jaycee van Rooyen, voormalige SR Voorsitter het die verkiesingsproses gestop weens leemtes in die grondwet. Die proses moes herhaal word. Die probleem het begin toe groepe, onder andere Sasco en DASO, aangedring het om die grondwet te sien. Die grondwet was hersien deur regsadviseurs en die nuwe SR is 2 September aangekondig.

99 Patria kom 2de by Nasionale Sêr

Patria Manskoshuis het tweede uit die stryd van die En-kêlserkompetisie, wat in Pretoria gehou is, uitgetree. Patria se tema was tydreisigers en het die beoordelaars sowaar vermaak. Vergeet-My-Nie het die Puk dames verteenwoor-dig vir die tweede opeenvolgende jaar. Die VMN McDonald’s kelnerinne het ’n vierde plek behaal. Albei groepe was baie gefokus op die vermaaklikheid van hul vertoning.

1010Overs en Klawer-hof wen Bingle Sêr

Overs en Klawerhof wen vanjaar se Bingle-sêr. KLA-ver-VOOR het die beoordelaars en die gehoor getoor met hulle repertoire. Tweede was dit CAmaKAzi (Caput en Karlien), en die derde plek het My-Le Bo (Ratau Lebone en Vergeet-My-Nie) ingepalm.

Nog 2011 Nuus:- Die Biblioteek kry 'n nuwe koffiewinkel, Ferdi’s.- Ratau Lebone brei uit en Laureus kry 'n nuwe gebou.- Wag-'n-Bietjie is enkeltoneel wenners.- Puk kry 'n nuwe ingenieursgebou.- Puk kry 'n nuwe mascot genaamd, Pukki.

Oorsig

Patria naas-wenners tydens Nationals.

Page 3: Wapad - 20 Oktober 2011

NUUS | 320 OKTOBER 2011

No Guts No Glory

Over de voor 2009/2010

Villagers Mansdorpskoshuis“Beste sportkoshuis op die Puk”

Primarius - Zak Fourie: 083 389 2337 Werwings HK - George Lyon: 084 299 4916 Villagers kantoor: 018 299 2838

www.puk.ac.za/koshuise/villagersM a n s k o s h u i s

THABA - JÄH

Bellatrix Damesdorpskoshuis“‘n Kampuskoshuis in die dorp”

Primaria - San-Mari Erasmus: 082 827 0259Werwing Hk-lid - Arzaan Badenhorst: 082 463 4678

Bellatrix Kantoor: 018 299 2841

www.puk.ac.za/koshuise/bellatrix

CAmaKAzi

DINK wat jy WIL

EX-tremely-BEListic

HEL-AVa-MATch

Vat HOM-HOF toe

LAt-WAi

KLA-ver-VOOR

Kla-gePraat

EI-DOR-able

My-le bo

SOETIGHEID

WAN-THA-sties

by VERre JOune

VILle REPUtasie

Sleepname 2011/2012

Koebaai single, hallo Bingle!HELOÏSE VAN DER WALT

Bingle-koors het offisieel om 12 Oktober uitgebreek en vanjaar is daar heelwat uit die boks gedink.

Alanka Craffert het die Totius op die punte van hul stoele gehad met haar onblusbare spontani-teit, terwyl GP van Rheede van Oudtshoorn se vlymskerp kwink-slae die oudit vermaak het.

Vrytyd tussen die slepe was nog nooit so lekker met ’n tikkie Indiese geur en speelgoedparadys nie.

“Al die temas was waarlik u-niek en die koshuise het regtig goed gedoen om die oorhoofse tema (oud maar nog nie koud) kreatief uit te beeld,” voer Izelle Mostert, SR: Kunste, aan.

Die beoordelaars verant-woordelik vir die uitslae, was onder andere Elzabe Zietsman, Conroy Cupido, Ilze Schüman, Al-vin Petersen en Danelle Lombard.

My-le Bo (VMN en Ratau) het

weggestap met die derde plek en gewys dat selfs grotmense, harig en ongekultiveerd, hul regverdige plekkie in die son verdien.

In die tweede plek was CAma-KAzi (Caput en Karlien) en hul vertoning was beslis nie staties van aard nie, al was hul tema standbeelde. KLA-ver-VOOR (Klawerhof en Over de Voor), het hulle sleepnaam gestand gedoen en hul weg tot die beoordelaars se harte gesing met hulle Rise of the

Al die temas was waarlik uniek en die koshuise het regtig goed gedoen om die oorhoofse tema kreatief uit te beeld.

Dead repertoire. “Ons was ongelooflik verbaas

toe ons hoor dat ons gewen het. Ons het dit nie verwag nie en ek dink nie die Puk het dit verwag nie. Dis lekker om êrens te wees,’’ sê JD Conradie, HK: Kultuur, van Over de Voor, entoesiasties.

Die wenners van die eie kompo-sisie is KLA-ver-VOOR, terwyl die prys vir tema-uitbeelding aan by VERre JOune behoort het.

“Ek glo dat die uitslae korrek was, ek glo die beste mense het gewen en ek hoop maar dat daar tevredenheid heers op kampus,” sê Mostert.

Koshuise het die gehoor behoorlik vermaak by hierdie jaar se Bingle-sêr. FOTO: FRANK DUVENHAGE

UITSLAE:

1ste plek - KLA-ver-VOOR 2de plek - CAmaKAzi 3de plek - My-Le Bo 4de plek - Kla-gePraat 5de plek - by VERre JOune

Kaalvoetdag laat die skoene waai

Puk-studente maak hul merk in Lover's Lane verlede Donderdag tydens Kaalvoetdag. FOTO’S: ELAINE COETZER

LIZANÉ TREURNICHT

Die Kaalvoetdag-projek, ’n tradisie op die Puk, het weer gesorg vir die bewus-

making van minderbevoorregtes se behoeftes.

Kobus Danhauser, SR-lid van SJGD, is tevrede met die resultate van die projek.

“Kaalvoetdag is een dag wat ons studente vra om hulle in die skoene van behoeftige mense te plaas deur kaalvoet te loop vir die dag,” sê Danhauser.

Die bewusmaking is op prettige wyse aangepak, omdat koshuise in sleepverband kans gehad het om ’n stalletjie op te maak en om ’n modeparade te hou.

“Die klere wat ingesamel is, is ten toon gestel, waarna dit ver-sprei is onder behoeftige mense in die omgewing,” het Danhauser vertel.

Die Nappy Run fokus op die bewusmaking van mense met gestremdhede. Die fondsinsame-lingsprojek is, volgens Danhaus-er, suksesvol afgehandel.

“Ons het besluit om tydens JOOLympics ’n aflosresies te hou. Krukke, looprame en rolstoele is gebruik vir dié resies,” het Dan-hauser tevrede vertel.

Die wenner van die stalletjies is CAmaKAzi. By VERre JOUne het weggestap met die tweede prys. Kla–gePraat het derde geeïndig.

Vir die modeparade is dit My-le

Bo wat as wenners uit die stryd getree het. KLA-ver–VOOR het die tweede plek behaal. Kla–ge-Praat moes tevrede wees met die derde plek.

Koshuise het in sleepverband kans ge-had om die stalletjie op te maak en om mode-parade te hou.

JOOLympicsLIZANÉ TREURNICHT

JOOLympics het weereens hierdie jaar gesorg dat die JOOL-plaas behoorlik uit sy nate bars.

Daar het 'n algemene goeie gees onder studente geheers en sleepkoshuise het bande ge-smee. Hulle het met sokker, volleyball en ander aktiwiteite gekompeteer vir JOOL-punte.

Almal het ook tussendeur 'n drankie of twee in die bier-tente geniet.

Wapad sal ’n volledige berig na die vakansie doen, wanneer al die ander uitslae bekend ge-maak is.

Jacqueline de Clercq, die uitvoerende komiteelid van JOOL: Skakeling, het intussen die mans en dames se Sport Top 5 bekend gemaak.

Die dames se trollieresies was weereens 'n treffer met JOOLympics. FOTO: CARLI KOCH

Mans Top 51. Caput2. De Wilgers3. Over de Voor4. Patria 5. Heimat

Dames Top 51. Kasteel2. Heide3. Vergeet-My-Nie4. Eikenhof5. Wanda

Page 4: Wapad - 20 Oktober 2011

NUUS/NEWS 4 | 20 OKTOBER 2011

JANINE NEL

Die NWU is deur Sigma Theta Tau Internasionaal (STTI), die Ere-vereniging vir Verpleeg-kundiges, aangewys as die eerste universiteit buite die VSA wat ’n leierskapakademie vir moeder- en kindverpleeg-

Verpleegkunde volg in VSA se voetspore

Internetpryse verander moontlik in 2012

Studente besig om gebruik te maak van die Puk se rekenaarfasiliteite. FOTO: CARLI KOCH

We can help!

We are looking for 100 ladies from 6 to 60 for radical/extreme hair makeovers.

We pay up to R2000.00 per model.

We specialize in modern funky haircuts.

Before and after photo’s taken.

We will come to you.

Free hair makeovers Are you bored with your current hairstyle?

Hair makeovers done by well known qualified stylists, this is not a practice session for trainee hairdressers. Send an email with a side head photo of your hair down to : [email protected] or call for info.

Satchi 073 507 4922

We can help!

We are looking for 100 ladies from 6 to 60 for radical/extreme hair makeovers.

We pay up to R2000.00 per model.

We specialize in modern funky haircuts.

Before and after photo’s taken.

We will come to you.

Free hair makeovers Are you bored with your current hairstyle?

Hair makeovers done by well known qualified stylists, this is not a practice session for trainee hairdressers. Send an email with a side head photo of your hair down to : [email protected] or call for info.

Satchi 073 507 4922

We can help!

We are looking for 100 ladies from 6 to 60 for radical/extreme hair makeovers.

We pay up to R2000.00 per model.

We specialize in modern funky haircuts.

Before and after photo’s taken.

We will come to you.

Free hair makeovers Are you bored with your current hairstyle?

Hair makeovers done by well known qualified stylists, this is not a practice session for trainee hairdressers. Send an email with a side head photo of your hair down to : [email protected] or call for info.

Satchi 073 507 4922

We can help!

We are looking for 100 ladies from 6 to 60 for radical/extreme hair makeovers.

We pay up to R2000.00 per model.

We specialize in modern funky haircuts.

Before and after photo’s taken.

We will come to you.

Free hair makeovers Are you bored with your current hairstyle?

Hair makeovers done by well known qualified stylists, this is not a practice session for trainee hairdressers. Send an email with a side head photo of your hair down to : [email protected] or call for info.

Satchi 073 507 4922

kundiges aanbied. Die leierskapakademie help

om moeder-, baba- en kinder-sterftes in Afrika te verminder.

Die eerste werkswinkel van die program is reeds in Septem-ber aangebied.

Die program is ook ’n loodsprojek in die Noordwes.

WAPAD REDAKTEUR

’n Jaarlikse internetverheffing van R950 per student is tans in die pyplyn, maar geen finale besluite is nog hieroor geneem nie.

Chrisna Kraaij, SR-voorsitter, sê die aangeleentheid is nog onder bespreking met bestuur.

Die voorgestelde IT-heffing, is bedoel om IT-dienste aan NWU-studente te verbeter.

Teen Wapad se saktyd was

die nodige inligting nog nie beskikbaar nie, maar daar sal ondersoek ingestel word.

Wapad sal in die nuwe jaar ’n volledige artikel doen rakende die uitkoms van die internetverheffing.

News headlines

Mingle with the Bingle

Students choose top lecturers

HELOÏSE VAN DER WALT

The purpose of Top Lecturer is to improve the quality of classroom teaching at all three campuses of the NWU.

The project entails the identification of the most inspiring lecturer of each faculty at the respective campuses, as well as the reward-ing of these lecturers at the annual award

This is a joined initiative by Wapad and AKSA

ceremony that will be held. There are cash prizes to the value of R2 000 each

that will be awarded to 15 students, one of each faculty on the NWU-Puk campus.

There will also be prizes given to the residence with the large percentage of votes per residence.

The voting will be opened until 21 October. Vote now via eFundi or directly by using the

following link: http://topl.nwu.ac.za.

HELOÏSE VAN DER WALT

Bingle fever officially broke out on 12 October this year.

Alanka Craffert had the Totius audience on the edge of their seats with her unquenchable spontaneity, while GP van Rheede van Oudt-shoorn's razor-sharp wit entertained the Audit audience.

The judges responsible for the results included Elzabé Zietsman, Conroy Cupido, Ilse Schümann, Alvin Petersen en Danelle Lombard.

My-le bo (VMN and Ratau) walked away in the third place and showed that even cavemen, hairy and uncultivated, deserved their fair place in the sun.

In the second place was CAmaKAzi (Caput and Karlien) and their performance was certainly not static in nature, even though their theme was statues.

KLA-ver-VOOR (Klawerhof and Over de Voor), lived up to their "sleep" name (Afrikaans: sleep-naam) and sang their way into the judges' hearts with their Rise of the Dead repertoire.

Page 5: Wapad - 20 Oktober 2011

NUUS | 520 OKTOBER 2011

JACQUES CILLIERSBA KommunikasieTweedejaarPrivaat

“Vir seker Flapjacks met botter.”

MARTIN DE WETLLB RegteTweedejaarExcelsior

“’n Selfgebraaide steak en slaai.”

PIETER J.V RENSBURG EN IAN V HUYSSTEEN

Beide Bcom Rek Beide Tweedejaars

Veritas

“Dampad vis met pienksous en ’n gebraaide hoender afgesluk met ’n yskoue Windhoek.”

MARLEEN JACOBSBcom Kommunikasie

Tweedejaar Vergeet-My-Nie

“My ma se secret recipe kaneel-suiker pannekoeke.”

HANNO BRINKBsc IT EerstejaarRatau Lebone

“My ouma se peppermint crisp tert.”

NOMSA MANKAZANABcom Rek

Tweedejaar Karlien

“Definitief Cattlebarren se Calamari steak.”

GERNA COETZEE

Almal droom van daardie laaste stukkie soet of sout wat deur jou keel gaan glip, net voordat jy die wêreld groet en die hiernamaals betree.

Verskeie studente het baie patrioties geraak oor hul laaste gereg en in detail verduidelik wat die gereg behels, wie dit moet maak en watter spices by-gevoeg moet word.

Wat sal jou laaste gereg wees voordat jy doodgaan?

Aanvanklik was dit moontlik dat ’n student wat ’n goeie jaarsyfer op-gebou het, op grond van toetse en werkstukke toegelaat is om met die tweede- of derdejaarkursus in dieselfde vak voort te gaan sonder om eers ’n eksamen te skryf. Hierdie stelsel is in 1954 vir eerstejaar-studente afgeskaf omdat daar geredeneer is dat hulle aparte behandel-ing moes ontvang en nog vir selfstandinge studie ryp gemaak moes word.

DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR

HET JY GEWEET?

MONIQUE VREY

Die meeste van ons sien haar ten minste een keer ’n week.

Sy help altyd met ’n glim-lag en maak dit vir ons maklik om werkstukke te druk in die Biblioteek.

Tannie Adri Smit, van Potchef-stroom, is die Bib se finansiële klerk.

Haar daaglikse roetine bestaan uit bindwerk en om drukwerkgeld op ons studen-tekaarte te sit.

Sy sien haarself oor 20 jaar “hopelik nie meer op dieselfde plek nie”.

Sy beplan om volgende jaar haar B-inligtingsgraad deur UNISA te voltooi, sodat sy kan werk met gespesialiseerde soek-togte.

Die tannie wat altyd help

“My beste oomblik by die werk, was toe ons ’n lagterapie-sessie gehad het.

Mens kon voel hoe ontlaai jou stres en dit was baie lekker,” ver-tel Smit met ’n glimlag.

Haar rolmodel is Juanita du Plessis want “sy leef haar Chris-tenskap so mooi uit”.

Ons het nog lank nie die laaste van hierdie tannie gesien nie.

As sy weer vir jou geld op jou rekening sit om te druk, vra bie-

tjie hoe dit gaan en sê dankie.

My besteoomblik by die werk was toe ons ’n lagterapie-sessie gehad het.

Tannie Adri Smit help studente met ’n glimlag. FOTO: DEVIN DE BUDE

Wat gebeur in die buitewêreld?

SAAMGESTEL DEUR GERNA COETZEE & MARLIE JONKER

Verkragter vasgetrek nadat hy homself oorgee aan die polisieJaco Steyn (35) is skuldig bevind aan die ontvoering, verkragting en moord op die 16-jarige Louise de Waal.

De Waal en haar vriendin het verlede Woensdagoggend om-streeks 07:20 skool toe gestap, toe ’n man met ’n grys bakkie langs hulle gestop het en haar ontvoer het.

Daardie selfde dag het ’n boer in die Magaliesberg-omgewing op De Waal se brandende lyk af-gekom en die polisie in kennis gestel.

Die verkoolde lyk kon slegs deur De Waal se juweliersware uitgeken word.

Steyn het die volgende dag sy broer gebel.

Die polisie het in verbinding getree met die verdagte se broer

en die ondersoekbeampte het Steyn oorreed om homself oor te gee, eerder as om selfmoord te pleeg.

Twee ure later het Steyn hom-self in Margate oorgegee aan die polisie.

Steyn kan ook moontlik

verbind word aan die ‘‘Sondag-verkragter’’, wat sedert 2008 verskeie jong meisies aan die Wes-Rand en in die Noordwes verkrag het, aangesien Steyn se modus operandi ooreenstem met dié van die Sondag-verkragter.

Ao. Peet du Toit, lid van die kinderbeskerming en seksuele misdade eenheid in Krugersdorp, het gesê dat as Steyn skuldig be-vind word, hy ander klagtes ook in die gesig sal staar.

Steyn se vrou, Melanie, het gevra dat die land vir haar en haar ses-jarige seuntjie moet bid.

Dit is ’n groot skok vir almal wat die Steyn-gesin ken, aan-gesien hulle voorgekom het as ’n gelukkige en godsdienstige gesin wat by kerk-aktiwiteite betrokke was.

Apple uitvinder, Steve Jobs onlangs aan kanker oorlede Steve Jobs, uitvinder van die re-volusionêre Apple-reeks, is na ’n lang stryd teen pankreaskanker oorlede.

Die gewilde iPad, iPhone en iPod vorm alles deel van die gewilde Apple-reeks.

Op Apple se webtuiste is daar hulde gebring aan Jobs wat op die ouderdom van 56 jaar oorlede is:

“Apple het ’n visioenêr en ’n kreatiewe genie verloor en die wêreld het ’n ongelooflike mens verloor.”

Jobs het ’n indrukwekkende by-drae gelewer tot die vooruitgang van tegnologie in die wêreld, maar hy was nie net by tegnolo-

giese vooruitgang betrokke nie.Jobs was ook die mede-stigter

en het onlangs gedien as die voor-sitter van Pixar Animation Stu-dios.

In 2006 was Jobs op die direkteursraad van Walt Disney,

waarna hy die mede-stigter van Pixar Animation Studios geword het.

Toy Story in 1995 is die eerste film wat deur Pixar Animation uitgegee is.

Ander bekende Pixar Anima-tion animansieflieks sluit in Toy Story 2 & 3, Finding Nemo, The Incredibles, Ratatouille, WALL-E en Up.

Al die bogenoemde films het die Academy Award vir Beste Animasiefilms gewen.

Forbes het Jobs as die 42ste rykste Amerikaner geïdentifi-seer met ’n inkomste van $8.3 bil-joen in 2010.

Suid-Afrika verloor wêreldbeker, maar Bokke maak ander geldSuid-Afrika het 11-9 teen Aus-tralië verloor in die Wêreldbeker kwarteindronde.

Verskeie Suid-Afrikaners bla-meer die skeidsregter, Bryce Lawrence, terwyl ander meen die Bokke het nie hulle kanse ge-bruik nie.

’n Australiese joernalis, Chris Davis, het Maandag ná die wed-stryd in die koerant, The Austra-lian, berig dat hoewel Australië goed gespeel het, die Springbokke die beter span was.

Davis skryf in sy berig dat

Suid-Afrika oorgelewer was aan die onkunde van die skeidsregter.

Die skeidsregter, Bryce Law-rence, het nie vir Pocock gepenal-iseer omdat hy die spel vertraag

het nie.In die laaste minute van die

wedstryd was daar twee hoë duikslae waarvoor Australië nie gepenaliseer is nie.

Steve Hofmeyr, die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, het kort ná die wedstryd getweet:

“Vir Bryce Lawrence: dis-siplinêre verhoor, opkikkertoets, leuenverklikkertoets, finan-siële oudit, oogtoets, reëlboek, Boereklap teen die oor.”

Dit is moontlik dat die skeidsregter partydig kon wees.

Louise de Waal. FOTO: FACEBOOK

Steve Jobs. FOTO: MAXIMUMPC.COM

Schalk Burger. FOTO: SARUGBY.NET

Famous Face

Trap kliphard vir God se WoordGERNA COETZEE

Excelsior en Wag-’n-Bietjie gaan van 15-23 November van Potchefstroom tot Lesotho met hul fietse ry.

35 Fietsryers gaan die lang pad aandurf en verskeie dames het genoeg murg in hulle kuite om saam te trap.

“Die meisies van Wag-’n- Bietjie gaan kliphard trap saam die manne,” meen Marthinus Bester, organiseerder van die toer.

Bester vertel dat hulle by Bothaville, Bultfontein, Bloem-fontein en Ladybrand in die Vrystaat gaan oorslaap by die NG-kerke en die “vriendelike

tannies” gaan hulle bederf met geurige geregte.

Hul laaste stop is by Semonkele Kinderhuis in Lesotho. Deur 500-600 Bybels, asook pamflette, te versprei en gemeenskapswerk te doen gaan die groep die doel van die toer, om God se Woord te ver-spei, bereik.

Bester sê dat die groep se visie is om elke koshuis op kampus aan te moedig om ook sulke toere te onderneem,

“Ek sien uit om volgende jaar te help reël aan nog toere”.

Indien enige iemand ’n tandem tot hul beskikking het, en die fiets graag wil skenk vir hier-die ystergroep, skakel gerus vir Marthinus Bester 076 154 5376.

Page 6: Wapad - 20 Oktober 2011

NUUS 6 | 20 OKTOBER 2011

• Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur• Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8)• Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus• Goeie voorbereiding vir ‘n MBA• Mededingende voordeel in die arbeidsmark• Oopboek- en toegepaste eksamens

Dié unieke geleentheid van die Potchefstroom Besigheidskool bied die volgende:

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms!

Me Marilize Minné (skakelbeampte)Kantoor 406, 4e vloer, Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3)Tel: 018 299 1412 | E-pos: [email protected]

Gee jou graad momentum met die NAGRAADSE DIPLOMA IN BESTUUR

geduldig

snaaks

entosiastiesgeduldig

betroubaar

goedgesind

hulpvaardig

deeglik

menslik

verstaan

baar

erkening

verbeter

dosentgemaklik

bereidwillig

vriendelik

ervare

wys

wys

slim

slim

leermeester

jonk

weet wanneer om uitstel te gee

jou

beskou jou as individuentosiasties

ged

uld

ig

sn

aak

sen

tosi

asti

es

geduldig

bet

rou

baa

r

goed

gesin

dh

ulp

vaard

ig

dee

gli

k

menslik

verstaanbaar

erkening

verb

eter d

osent

gemaklik

bereidwillig

vriendelik

ervarewys

slim

leermeester

maak die beste van jou

beskou jou as

kryvan

gees

TO

P

top

maak die bestevan

kry individu

top

?Studente kies top Puk-dosenteHELOÏSE VAN DER WALT

Vanjaar bied Media24 en Rapport weer Top Dosent aan.

Jonk van gees, entoesiasties en goedgesindheid is van die eienskappe wat ’n Top Dosent oor moet beskik.

Die doel van Top Dosent is om die gehalte van klasonderrig op al drie kampusse van die NWU te verbeter.

“Die projek behels die identifisering van die mees inspirerende dosent van elke fakulteit in die onderskeie kampusse, asook die beloning van hierdie dosente by die jaar-likse erkenningsfunksie wat ge-

Die beloning vir die mees inspirerende dosent van elke fakulteit sluit onder andere groot geldpryse in.

Spieëltjie-spieëltjie aan die wand, watter koshuis dra die troupand?

HELOÏSE VAN DER WALT

Wie is nou eintlik die trou- vrouens op die Puk?

’n Titel waaroor menige indivi-due al oor geredekawel het, maar daar nog min duidelikheid oor na vore gekom het.

100 Ouens op kampus is gevra watter kampuskoshuise hulle as die “trouvroukoshuis” beskou.

Daar is 10 ouens wat ver-kies om met ’n Wanda-dame voor die kansel te staan, ter-wyl 28 ouens hul toekoms in ’n

Wag-’n-Bietjie-dame se oë sien. Heide het loshande met 62 stemme gewen.

“’n Spontane vrou is altyd ’n treffer.” Heide-meisies moet dus uitkyk, want die Puk-manne is op die jag en liefde is hoeka nou in die lug.

Stem nou via e-fundi of deur direk van die volgende skakel gebruik te maak: http://topl.nwu.ac.za

’n Spontane vrou is altyd ’n treffer.

hou gaan word. Die beloning vir die mees

inspirerende dosent van elke fakulteit, sluit onder andere groot geldpryse in,” verduidelik SP Kloppers, UK: Akademie.

Daar is ook kontantpryse ter waarde van R 2 000 elk, wat aan 15 studente toegeken gaan word,

een uit elke fakulteit op die NWU Puk-kampus.

Daar gaan ook pryse gegee word aan die koshuis met die meeste stemme per kapita.

Die stempunte het 11 Oktober geopen en sluit op 21 Oktober.

Verlede jaar se wenners en vanjaar se wenners sal saam aangekondig word tydens O&B 2012 in die Amfi.

Die organiseerders van hierdie kompetisie beoog om teen 21 Oktober 10 000 stemme van al drie NWU kampusse af te kry.

Stem nou via e-fundi of deur direk van die volgende skakel gebruik te maak: http://topl.nwu.ac.za.

Î HEIDE 62%

Trouvrouens op die Puk.

Î W’NB 28%

Î WANDA 10%

Page 7: Wapad - 20 Oktober 2011

NUUS | 7 20 OKTOBER 2011

MODELWenner 2011

SA Kampus titel kom weer Potch toe

Marlie bekroon as Mej. SA kampus

GERNA COETZEE

Armand du Toit, voormalige Mnr. Kampus en Mnr. SA Kampus, het weggestap met die Mnr. Tropika titel, by Clover Aardklop vanjaar.

“Dit was weereens ’n ongelooflike ervaring, en ek was heel verbaas oor die uitslae,” meen Du Toit.

Die kompetisie was ingedeel in drie kategorieë, soos onder andere die persoonlikheids-kategorie, waar die deelne-mers in Tropika pakkies geloop het.

Mnr. en Mej. Bene was volgende aan die beurt, waartydens hulle in swemklere geparadeer het.

Laastens was die wenners aangekondig, terwyl hulle met Tropika T-hemde die planke vol gestaan het.

Du Toit is met R5000 beloon, asook ’n aantal geskenkbewyse.

Du Toit het al menige uitnodigings ontvang om deel te neem aan Mnr. Suid-Afrika.

“Ek wil eers klaar maak met my akademie en dan sal ek 100% gaan vir die groot kompetisie."

Jessica Chadina, organi-seerder van die kompetisie, meen dat Du Toit “’n natuurlike, gesonde voorkoms het wat verband hou met tropiese eilande en sonnige strande.”

Die dames wenner is Edelweis Kruidenier, Success Lekaba was tweede

en Quinette van der Merwe het die derde plek verower.

Karabo Tshomane en Francois du Plessis was onderskeidelik tweede en derde.

Die Mnr. en Mej. Kampus wenners is gekroon op 11 Augustus. FOTO: PICTURE CAFÉ

Armand, nuwe Mnr. Tropika

GERNA COETZEE

Met haar klein lyfie, donk-er hare en dimpels, vat sy die gesegde, ‘klein bottel-

tjie groot gif ’ sowaar na ’n nuwe vlak.

Meneer en Mejuffrou Kampus Suid-Afrika is Vrydagaand 31 September in Stellenbosch gehou, waartydens Marlie Jonker as wenner bekroon is.

“Die Puk het rerig unieke stu-dente,” meen Jonker, nadat sy uit-voerig verduidelik hoe Maties en Puk studente van mekaar verskil.

Marlie Jonker is vroeër vanjaar as Mej. Kampus bekroon en het saam met Francois Naudé (Mnr. Kampus) die PUK in Stellenbosch verteenwoordig.

“Ek moet eerlik sê dat Puk se Mnr. en Mej. Kampus baie goed georganiseerd was. “SA Kampus

was ook vreeslik lekker. Ek het baie van ander kulture geleer,” sê Jonker.

“Francois het mooi na my gekyk en al die meisies het gesê hy is aantreklik,” sê Jonker trots van haar mede-deelnemer.

Die beoordelaars het onder-houde met die deelnemers gevoer om so te besluit wie gaan Suid-Afrika vanjaar in Suid-Korea verteenwoordig vir die 24ste Miss Campus Universe skoonheids-kompetisie.

“Dit is ’n ongelooflike erva-ring en ’n life changing experience.” verduidelik Jonker.

“Ek sou nie vandag hier gewees het as dit nie vir God se genade, my geliefdes en my ondersteun-ingstelsel was nie.”

Jonker vertek op 28 November na Seoel en sal weer op 18 Desem-ber terug wees in Suid-Afrika.

Armand du Toit is gekroon as Mnr. Tropika. FOTO: VERSKAF

Ek wil eers klaar maak met my akademie en dan sal ek 100% gaan vir die groot kompetisie.

Andri Oberholzer is aangewys as die wenner van Wapad Model 2011 FOTO: IAN ODENDAAL

WAPAD MODELNaam: Andri Oberholzer

Koshuis: Bellatrix Dameskoshuis

Studierigting: B.Ed Intermediêre- en Seniorfase

As jy met ’n bekende sou uitgaan, wie sal dit wees? Johnny Depp. Hy lyk na ’n baie interessante mens en ek sal hom nooit ophou leer ken nie.Wat is jou gunsteling herinnering op die Puk? Ek en drie van my vriende het een aand kattekwaad aangevang en later by die Calvyn opgeëindig. Wie was jy in jou vorige lewe? Audrey Hepburn. Sy is stylvol, klassiek en het je ne sais quoi.Beskryf jouself in vyf woorde: Vriendelik, ambisieus, lojaal, fun en dinamies.

Oberholzer is deur eksterne beoordeelaars verkies as die Wapad Model van 2011. Hierdie model gaan ’n spesiale prys ontvang. Wapad sal met haar in verbinding tree. Baie geluk!

Page 8: Wapad - 20 Oktober 2011

20 OKTOBER 2011NUUS

GasskrywerKommentaar

Zetske gee ’n paar eksamen tips

Botha

DEUR:

Zetskevan PletzenZetske is ’n bekende aktrise en Oubaas van 7de Laan se dogter

Kom ek spring weg met ’n paar goed wat jou nié deur die eksamen gaan kry nie.

- Daardie skielike urge om gereelde middagslapies te vat;

- Om elke vyf minute iets te gaan eet;

- ’n Oordosis energie-drankies! (dit gaan jou laat crash en dan is jy in elk geval ’n vegetable.)

- Om jou hele kamer te spring clean.

Hier is ’n paar tips om jou te

help deur die eksamentyd:

1. Begin vroegtydig. As jy vroeg aan die gang kom, sal dit baie druk van jou afhaal, want jy sal meer realistiese verwagtinge hê en jou program beter kan beplan.

2. Stel ’n leerprogram op. Werk elke dag se skedule vooraf uit. Kyk hoeveel tyd en hoeveel werk jy het en deel dit op, sodat jy nie die aand voor die eksamen alles hoef in te cram nie. Vat eerder gereelde, kort breuke in plaas van een lang breuk. Hou by jou program, dit sal voorkom dat jou 10 miunte breuk in twee ure verander.

3. Vat dit dag vir dag. Maak die berg werk kleiner deur elke dag vir jouself mikpunte te stel. Byvoorbeeld: Ek moet voor 17:00 klaar wees met hoofstuk 7. Dit sal

sorg dat jy gemotiveerd bly as jy elke dag jou goal bereik.

4. Kry ’n goeie nagrus. Om ewe skielik jou slaappatroon om te krap, gaan jou eintlik net benadeel. Kry genoeg gedoen in

die dag, sodat jy ten minste 6 ure slaap inkry.

5. Kry oefening en eet ge-sond. Dis nie nodig om al jou akti-witeite stop te sit vir die eksamen-tyd nie. Die oefening sal jou brein

Volgens chromoterapie (kleurtera-pie) is geel die kleur van breinaktiwi- teit, intellektuele krag en wakkerheid. Geel, veral ligte geel, help om konsen-trasie te verbeter en om jou geheue te verskerp. Dit is ’n goeie idee om vir jou ’n geel notepad aan te skaf.

die nodige suurstof gee. Gee vir jouself tyd om kos te

maak – op die einde van die dag gaan dit beter wees om dalk 15 minute minder te swot, as om net op junk food te lewe! Koop ge-sonde snacks, soos neute, vrugte en biltong.

Volgens chromoterapie (kleurterapie) is geel die kleur van breinaktiwiteit, intellektuele krag en wakkerheid.

Geel, veral ligte geel, help om konsentrasie te verbeter en om jou geheue te verskerp. Dit is ’n goeie idee om vir jou ’n geel notepad aan te skaf.

Onthou om al jou stres te laat gaan saam met die laaste vrae-stel.

Sodra jy jou laaste vraestel ingegee het, is daar niks meer wat jy kan doen nie.

Jou stres gaan beslis nie jou eindresultate beïnvloed nie, so let it go!

Sleutel tot breinkrag is in die kos wat jy eetLIZANÉ TREURNICHT

Die Personeel van die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding bevestig dat studente sukkel om balans te vind tussen voeding, oefening en studies tydens die eksamen.

Studente is geneig om te veel of te min te eet tydens die eksamen.

Ontbyt is die belangrikste maaltyd, maar word oorgeslaan deur swak beplanning en beperk-te tyd.

Moenie aanvullings drink asof dit kos is nie en gebruik slegs die voorgestelde hoeveelheid, want meer sal nie noodwendig help nie.

Groot maaltye laat ’n mens ver-standelik moeg en daarom eet sommige studente nie voordat hulle ’n vraestel moet skryf nie.

Dit is gevaarlik en veroorsaak dat die student sukkel om te onthou.

Styselrige voedsel is ’n fantas-tiese bron van energie, maar wit-brood en verfynde koolhidrate moet beperk word.

Stysel veroorsaak dat studente aanhoudend honger en moeg voel.

Volgraankos, vis, hoender en rooivleis is ’n gesonde alternatief.

Drie kleiner maaltye met ge-sonde peuselhappies soos jogurt, sal die liggaam van deurlo-pende energie en voedingstowwe voorsien.

Kitskos is laag in voedingstow-we en kaffeïen veroorsaak angs-tigheid.

Dit is belangrik om genoeg vloei- stowwe in te neem om dehidrasie te voorkom, maar drankies wat suiker (en alkohol) bevat moet spaarsamig gebruik word.

Probeer elke dag ongeveer 1.5

liter water drink.Wees aktief, slaap genoeg, be-

plan jou tyd, en handhaaf ’n ge-balanseerde leef- en eetstyl vir ’n vreedsame eindeksamen.

Studente is geneig om te veel of te min te eet tydens die eksamen.

Groente is goed vir breinkrag. FOTO: HEALTH-FOOD-STORES

Page 9: Wapad - 20 Oktober 2011

KUNS & VERMAAK | 9 20 OKTOBER 2011

VermaakKuns

Hulde aan éF-éL ÎDie band het in 2006 die Rockspaaider kompetisie gewen. Î In 2007 het hulle ’n beweging begin, Rock ’n Roll Donderdae by Maloneys. ÎDie ATKV het vir hulle ’n toekenning gegee vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek. ÎWen die MK Awards 2007 vir Beste Nuweling. Î In 2008 word vier van éF-éL se liedjies gebruik in Bakgat soos Beter Boodskap. ÎDie eerste vollengte album, Net om die Geraas in te Asem, is in September 2008

vrygestel. Î5FM doen in 2009 ’n onderhoud met éF-éL en speel ‘n live performance. ÎéF-éL is genomineer vir ’n SAMA Toekenning in die kategorie, Best Afrikaans Rock

Album. ÎéF-éL word genomineer vir ’n Huisgenoot Tempo Toekenning in die volgende kategorie:

Beste MK video vir die liedjie, Sing my net aan die slaap. Î2011 tree éF-éL vir die laaste keer op tydens OppiKoppi.

MUSIEK IS ’N CHRONIESE VERSLAWING WAT ONS ALMAL GAAN OORLEEF, DIS TYDLOOS, DIS MAGTIG.

– FRITZ BUCKER, éF-éL

FOTO: FRANK DUVENHAGESAAMGESTEL DEUR GERNA COETZEE

Get the free mobile app athttp:/ /gettag.mobi

éF-éL speel akoesties op MK.

Page 10: Wapad - 20 Oktober 2011

KUNS & VERMAAK10 | 20 OKTOBER 2011

Dans Dans Lisa het groot planneBouwer Bosch en Deon Meiring tydens ’n optrede in Potch. FOTO: FRANK DUVENHAGE

Wie’s bang?

Van Coke Kartel nie bangGERNA COETZEE

Van Coke Kartel se vierde album, Wie’s Bang, gaan November 2011 vrygestel word.

Hierdie album volg hul drie multi-bekroonde al-bums, Van Coke Kartel (self-getiteld), Waaksaam & Wak-ker en Skop, Skiet en Donner. “Ek wil ’n album skep wat die im-mergroeiende gehoor sal waar-deer en vergroot,” meen Kartel.

Die band is nie bang om te eksperimenteer nie en lewer uit-eenlopende klanke, van harde rock songs tot klassieke rock bal-lades, met ’n paar elektroniese elemente in die mengsel á la Skop, Skiet en Donner.

Wie’s Bang is Van Coke Kar-tel se eerste album met die nuwe vierstuk wat Jedd Kossew (hoofki-taarspeler) en Jason Oosthuizen (dromme) insluit.

Jedd en Jason voeg hul unieke geur by om die band se beste werk tot op datum te bring.

Bekroonde musiekvervaar- diger, Theo Crous van Bellville Studios, vervaardig hierdie al-bum en beskou dit as die “bes klinkende album” wat tot op da-tum uit sy studio gekom het.

Kartel se laaste twee albums het South African Music Awards (SAMA) toekennings vir Beste Afrikaanse Rock album gewen

en die eerste album het ’n SAMA- nominasie in dieselfde kategorie ontvang.

’n Paar lekker verrassings kan ook verwag word. Van Coke Kar-tel span saam met Zebra & Giraffe op hul eerste Afrikaans/Engelse liedjie, Siener.

Al die Bellville ouens kom bymekaar as die “Bellville Koor” op die eksperimentele song, Ne-vermind, en Jack Parow sluit by die partytjie aan op Chaos.

Wie’s Bang verken apokalip-tiese, politieke en partytjie temas en lei die luisteraar na die diepte van Van Coke Kartel.

Die musiekvideo is besig om MK se Top 10 te klim.

FOTO: FACEBOOK

Die splinternuwe album Wie’s Bang asook nuwe Van Coke Kartel T-hemde sal by alle shows beskikbaar wees.

Die Wie’s Bang Toerskedule:

MARTIN LAUBSCHER

Dans Dans Lisa is tans een van Potch se grootste en mees suksesvolle bands.

Na ’n bevredigende Aard-klop het Bouwer ’n paar gedag-tes gedeel oor die onderskeie projekte waarmee hy en Deon be-sig is, asook hul toekomsplanne.

Bouwer vertel dat Aardklop goed afgeloop het en dat die mense lekker saamgesing het.

Bouwer is tans besig om aan sy soloprojek te werk en meen dat dit klavier gedrewe rock ’n roll is en dat dit ’n genre in Suid-Afrika is wat op hierdie stadium onverken is.

Hy sê ook dat die opneempro-ses by die soloprojek aansienlik verskil met dié van Dans Dans Lisa:

“Die skryf- en opneemproses is baie anders omdat dit net my idees is wat ek na die tafel bring. My producer, Wynand Delport, help ook hier en daar, maar dit is baie stresvol en genotvol om jou eie songs op te neem en te probeer beter klink as in jou ka-mer wanneer jy dit skryf.”

Dans Dans Lisa beplan om vol-gende jaar ’n album uit te reik, maar intussen werk Deon nog aan Glaskas en Bouwer aan sy enkelloopbaan.

Bouwer beweer ook dat Dans Dans Lisa ’n lekker projek is en dat hulle nie van plan is om dit binnekort te los nie.

’n Mens wonder dikwels hoe iemand dit regkry om so baie projekte op een slag aan te pak.

Bouwer sê hieroor:“Die geheim is maar goeie

tydsbestuur. ’n Mens moet leer om nee te sê

en om projekte aan te pak wat jou gaan help om vorentoe te gaan en nader aan jou droom ook.

Omdat musiek ons werk is, werk ons nie noodwendig van 8 in die oggend tot 5 in die aand nie, maar jy werk oor naweke en in die aande, so dit bly maar die-selfde hoeveelheid werk.

As jy aan projekte werk wat

Î Benewens die bands maak Deon en Bouwer ook musiekvideo’s vir ander bands.

Î Dans Dans Lisa is besig met ’n projek saam met die vervaardigers van Strikfontein (’n reeks wat die ver- vaardigers beoog om op Kyknet te kry).

Î Deon studeer tans Teologie deur Stellenbosch Universiteit.

Î In hulle biografie word hulle voorgestel as die twee sexyste seuns in Afrikaanse pop-musiek wat ’n baby tjoklit se seile span.

jou passie is word jy nie uitgeput nie.”

Dans Dans Lisa is vir seker nie van plan om binnekort tussen die massas te verdwyn nie.

Bly dus op die uitkyk vir dié duo.

Dans Dans Lisa, Bouwer Bosch en Deon Meiring. FOTO: FRANK DUVENHAGE

Wie’s bang?

Hulle het reeds drie multi-bekroonde albums en nou launch Van Coke Kartel hul vierde album, Wie’s Bang?

27 November – Kirstenbosch Botaniese Tuine Gardens, Kaapstad: Van Coke Kartel, Jack Parow, Die Heuwels Fantasties en JR.

29 November – Firkin Centurion (gratis toegang).

30 November – Barcode Night Club, 122 North Rand Road, Boksburg, Johannesburg (met die Tuindwergies).

1 Desember - FTV, Silverstar Casino, Featherbrook, Muldersdrift, Mogale City (Krugersdorp).

2 Desember – Arcade Empire, Pretoria (met Springbok Nude Girls).

3 Desember – Tanz Cafe, Four Ways, Johannesburg (met Springbok Nude Girls).

10 Desember – Bucklys, Edward Street, Bellville (met aKING).

30 Desember – Cafe Havana, J-Bay.

Page 11: Wapad - 20 Oktober 2011

KUNS & VERMAAK | 1120 OKTOBER 2011

Socialite van Potchefstroom MARTIN LAUBSCHER

Jy het haar al heel waarskyn-lik gesien.Haar eksentrieke haarstyl is

seker een van die mees onmisken-bare verskynsels in Potch.

Sy is te sien by ál wat ’n kuier-plek is en boonop het sy byna die hele dorp op Facebook.

Sy is Tanya van Jaarsveld, die Socialite van Potchefstroom.

Maar wat doen sy nou eintlik?Sy maak seker dat almal van

alles weet wat op die sosiale ka-lender gebeur.

As daar ’n band in Memphis Rock is, ’n sokkie in Impala of selfs ’n groot koshuisaksie, sal sy dit verkondig.

Soos die meeste goeie idees het hierdie inisiatief ook ’n interes-sante storie.

Van Jaarsveld vertel dat sy nie ’n student op kampus is nie en dus nie altyd geweet het van wat alles gebeur nie.

Toe sy een aand ’n vertoning

van The Narrow gemis het, het sy besluit dat daar iets aan die ge-brek aan kommunikasie gedoen moet word.

“Ek het net gedink: Daag net op by kuierplekke en report oor wat daar aangaan,” sê Van Jaarsveld.

Sy het ’n kennisbasis opgebou deur met al die kuierplekke kon-tak te maak en verhoudings met hulle te bou.

Hulle stuur gewoonlik al die in-ligting eerste vir haar, waarna sy dit op Facebook post.

Sy erken dat Facebook dikwels haar grootste bron is.

Sy geniet ook die voordele daar-van.

Sy kry onder andere kaartjies vir shows, betaal selde vir haar eie drankies en kry gereeld VIP-toegang.

Van Jaarsveld is selfs deur MK-kampus genader om hulle uit te vat vir ’n aand in Potch.

Sy het ook groter planne vir So-cialite:

“Ek wil half die Socialite in

’n besigheidsmodel omskep om-dat dit so goed werk,” vertel Van Jaarsveld.

Hoewel die Socialite se werk lek- ker klink, is dit nie altyd maan-skyn en rose nie:

“Vier aande van partytjie ’n week en dan kom ek eers vyfuur by die huis. Partykeer is dit rof,” erken Van Jaarsveld.

Sy maak vir seker ’n verskil aan die naglewe in Potch.

Hou haar Facebook-blad dop en jy sal op hoogte bly.

Tanya van Jaarsveld, die Socialite van Potchefstroom verleen styl, sjiek en sjarme aan die sosiale kalender. FOTO: BLUE PEAR PHOTOGRAPHY

Kunsuitstalling

Diere vermaak die galleryGERNA COETZEE

“Ons luister nie na die diere nie.” Só het Wilma Cruise haar kunsuitstalling, The Animals and Alice, aan die toeskouers bekend-gestel.

In hierdie uitstalling figureer Alice as ’n alter-ego, ’n deel wat in die donker gat van bewustheid is.

Die diere wat in Alice se wêrel-de voorkom word uitgebeeld, want elke dier verteenwoordig iets of is ’n simbool van ’n sekere emosie.

Byvoorbeeld, die hasie getuig van volwassenheid, terwyl Alice as ’n beperkte kind voorkom.

Die Mad Hatter is op sy beurt ’n simbool van passie.

Lucia Burger, die opening-spreker, meen dat Wilma Cruise se spontaniteit en opregtheid deur haar kuns weerspieël word.

“Elke aanraking en hand van Wilma se vingerpunte op die klei, bly daar vir altyd,” meen Burger.

Cruise verduidelik dat ons as toeskouers, moet kyk na die groter prentjie en die wêreld deur

Alice se oë sien: onskuldig en naïef. Op so ’n manier gee Alice identiteit aan die toeskouer.

Die essensie van hierdie uit-stalling is om te besef dat die wisselwerking tussen mens en dier bitter belangrik is en altyd behoue moet bly.

Burger is ook van mening dat Wilma as Alice gesimboliseer kan word. Deur haar werk as kunste-naar gee sy identiteit aan haar toeskouers.

Alice se woorde in Alice in Wonderland, “we are all mad here,” gee perspektief aan al die dwalendes.

Elke aanraking en hand van Wilma se vingerpunte op die klei, bly daar vir altyd.

Die kunstenaar, Wilma Cruise, en die organiseerder Lucia Burger. FOTO: DEVIN DE BUDE

Page 12: Wapad - 20 Oktober 2011

12 | 20 OKTOBER 2011

Kommentaar

HOOFREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431)ADJUNKREDAKTEUR: Lizané Treurnicht (082 376 8046)INHOUDSREDAKTEUR: Gerna Coetzee (079 888 6185)TEGNIESE REDAKTEURS: Janine Nel (073 206 9876) en Monique Vrey (076 147 2474)SPORTREDAKTEUR: Carli Koch (078 357 3422)SKAKELING & BERMARKING: Johan le Grange (083 641 8096)FOTOGRAFIE: Frank Duvenhage (071 118 1312)TEKSVERSORGING: Marcelene Jordaan (083 656 0899)GRAFIKA & WEBMEESTER: Linél Malan (074 130 8301)

20 OKTOBER 2010

Redaksionele

KernredaksieDie volgende Wapad verskyn 14 Januarie 2012

26: Die natuurlike nommer wat volg op 25

PIET MATIPA

Vir diegene wat daarvan hou om hulle biscuit te skud op Nicholis Louw, Arno Jordaan of Kurt Dar-ren se treffers in Impala, hier is 'n paar wenke vir danspassies wat jy liewers by die huis moet los.

Die Superman-sokkie. Dit is wanneer die ou sy en die meisie se hande

hoog in die lig hou wanneer hulle sokkie. Jy lyk asof jy TV-sein soek of wil vlieg. Jy is nie 'n televisie nie en as jy regtig met die meisie wil vlieg, klim op 'n vliegtuig of rook boom.

Die hamer-sokkie. Dit is wanneer die twee dans-diere hulle hande histe-

ries op en af beweeg wanneer Baby tjoklits speel. Julle lyk soos twee oumense wat saamspan om 'n vlieg dood te slaan weens swak sig.

Die bulldozer-sokkie. Dit is daardie paartjie wat al-mal uit die pad uit stamp

met hulle arms wat penreguit in enige rigting in voeter. Sien, as jy en bokka iemand uit die pad uit sokkie met julle stokhande, moet jy nie verbaas wees as daar ’n

bottel op jou kop breek nie.

Die cha-cha-sokkie. Dit is nou die outjie wat die sokkie wil opkikker deur

eienaardige bewegings, wat neig na die cha-cha, te doen. Jy lyk asof jy bang is vir 'n rot onder jou voete.

Die tornado-sokkie. Dit is daardie outjie wat die meisie ronddraai en

allerhande interessante dinge doen. Mense gaan begin dink jy is arm en probeer die meisie dronk kry deur haar baie te draai.

Die tone-trapper-sokkie. Dit is diegene wat kort-kort op hul nooi se tone

trap wanneer daar gesokkie word. Hierdie tel as vrouemishandeling. As jy nie kan dans nie, doen die

Sok-sokkie bok-bokkiesexy hoender.

Die skuur-sokkie. Dit is wanneer die ou en die meisie baie intiem dans.

Bêre liefs jou stoute danse vir wanneer julle getroud is. Wat gaan die verhouding warm hou as jy jou beste moves vir hom in Impala wys? En jy moet mooi wees om dit te kan doen in die openbaar.

Die skilpad-sokkie. Dit is wanneer geliefdes in slow motion mode is op die

dansvloer, terwyl die musiek baie vinnig is. Jy is nie in ’n sprokies- verhaal nie, daar is dronk mense om jou. Kry lewe.

Een beweging-sokkie. Dit is daardie paartjie wat vir ure lank die-

selfde ding doen. Mense gaan naderhand dink jy het die geheue van ’n vis. As jy uit bewegings is gaan drink ’n biertjie, dan sal dit natuurliker kom.

En as jy nie sokkie nie, doen die Man-dela-dans, dit pas by

alles en almal gaan dink jy het ritme. Vat sommer ook ’n Wapad saam en neuk die mense wat wel skuldig is aan die nege dansbewe-gings hier bo.

Daar is nog presies 26 slapies oor tot die einde van die akade-miese jaar. 26 Middagetes by die SS. 26 Koffies by Ferdi’s. 26 Keer om R10 te betaal by Impala. 26 Milkshakes by die Draak. 26 Dae van pret en plesier. 26 Keer om jou mede-studente te dien.

Google definieer 26 as ‘die kardinale getal wat die som is van 25 en 1.’

Jy 1 en 25 geleenthede.Eksamen is ook ’n geleentheid,

deel van daardie 25. Mag jy as 1, die geleentheid gebruik om die eksamen ’n kort paragraaf in jou lewensboek te maak.

Skribbel in hoofletters en onderstreep die hoogtepunte, pen die laagtepunte in Ital-ics, maar skryf in jou lewens-boek! Maak jou boek vol, jou hoofstukke lywig, die inleiding beskrywend en stel die slot uit!

Jy het 26 nuwe, skoon, bladsye

wat leeg staan in jou lewens-boek.

Dit is die begin van die einde en soos ’n wyse jong man wat al menigmale sy 26 geleenthede elke dag gebruik het, gedurig sê: "Ordinary won't change the world".

So breek die eenvoud en ver-ander die wêreld in die oorbly-wende 26 dae!

Van Wapad se kant af, wil ons vir jou, die Wapad-leser sê: Mag jy VREDE ervaar tot jy verveeld is. Mag jy in HARMONIE leef tot in lengte van dae. Mag jy BLOMME pluk en die oorsaak wees vir ’n glimlag en mag jy 26 BALLONNE opblaas en die wêreld verander.

- Gerna

ChrisnaKraaijSR-voorsitter

Dumelang Pukke!Vanaf die SR se kant af wil ons

eerstens baie dankie sê vir 'n fan-tastiese jaar omdat ons weet dat geen aksies moontlik sou wees sonder julle nie.

Ons waardeer alle ondersteu-ning en bydraes meer as wat jul ooit kan dink.

Soos gewoonlik is daar 'n paar gelukwensings en afkondigings:

• Baie geluk aan Klawerhof en Over de Voor met hul eersteplek met Bingle-sêr!

• Baie geluk aan Karlien en Caput asook Vergeet-My-Nie en Ratau Lebone wat so puik gedoen het tydens Kaalvoetdag!

• En natuurlik die JOOLympics Sport Mans en Dames Wenners, Caput en Kasteel.

Goed om na uit te sien:• The Current Affairs (AKSA)

First Years’ Camp will take place 11-13 January 2012.

This camp focuses on the prepa-

ration of our minority students. For further info contact SRC Cur-rent Affairs, Sinki Mlambo, on 018 299 2872.

• Graag verwelkom ons die eerstejaars. Senior-ontmoeting en Tarentaal vind die 26ste Januarie plaas.

• Kunsteraad bied hul jaarlikse Eerstejaarskonsert aan op 27 en 28 Januarie 2012. Kaartjies te koop vir R45.

• JOOL is altyd 'n treffer! Moenie dit misloop nie: 2 tot 4

Februarie 2012.

Op die punt, wil ons graag vir prof. Hendré Reyneke (beter bek-end as Uncle H) ook bedank vir die 10 jaar se bydra aan die stu-dentelewe.

En soos die bekende Afrikaanse uitdrukking lui: “Hoe sê mens dankie na soveel jare?”

Weet net dat prof. baie gemis sal word.

Sterkte met die eksamen en ge-niet die vakansie.

En vir dié wat klaar is met die dinge van ’n kind – ons hoop die werksplek hanteer jul so goed soos die Puk!

Simunye! We are one! Heil Puk!!!

SKETS: WILLIE BLIGNAUT

Page 13: Wapad - 20 Oktober 2011

| 13 20 OKTOBER 2011 KUNS & VERMAAK |9 5 AUGUSTUS 2011

Redakteur: Marlie Jonker 072 7492 431

Nuus adjunkredakteur: Lizané Treurnicht

082 3768 046

Inhoudsredakteur: Gerna Coetzee 079 8886 185

Fotografie: Frank Duvenhage

071 1181 312

Tegniese redakteur: Janine Nel

073 2069 876

Tegniese redakteur: Monique Vrey 076 1472 474

Grafika en webmeester: Linel Malan

074 1308 301

Skakeling & bemarking: Johan le Grange

083 6418 096

Teksversorging: Marcelene Jordaan

083 6560 899

Sportredakteur: Carli Koch

078 357 3422

Sink jou tande in die in

Hierdie is die laaste uitgawe

van Wapad vanjaar. Dankie

aan al die getroue Wapad

lesers. Ons wens julle sterkte toe

met die eksamen wat voorlê, asook

’n geseënde Kerstyd.

Hoofredaksie 2011/2012

Foto's geneem deur:

Stefan Louw | 083 424 1297 | www.koringkriek.com

Algemene Redaksie aansoeke nou oop

Joernaliste

Sportjoernaliste

Fotograwe

Grafiese ontwerpers

Bemarkingskomiteelede

Teksversorgers

Poste beskikbaar vir:

Aansoeke sluit Vrydag 4 November 2011. Aansoeke is beskikbaar by die Wapad-kantoor (F25).

Persoonlike onderhoude sal plaasvind op Maandagaand 7 November asook Dinsdagaand 8

November. Skryf jou naam op die skietlys vir 'n tyd op Vrydag 4 November 2011.

Redaksioneel

Koringkriek Produksies:Barbra Streisand

Page 14: Wapad - 20 Oktober 2011

SPORT14 | 20 OKTOBER 2011

Rugbyinstituut sluit op ’n hoogtepunt af CARLI KOCH

Die NWU-Puk-Rugbyinsti- tuut het met ’n geseënde rugbyjaar by die Elgro Ho-

tel, Potchefstroom, afgesluit. Dit was ’n aand om alle afrig-

ters, borge en spelers te bedank vir hulle harde werk op en van die veld af.

Hannes Esterhuizen, breier van Puk1-rugby, moes in Februa-rie die leisels by Rudi Joubert, voormalige afrigter, onverwags oorneem.

Esterhuizen was tevrede met sy span se vertoning die jaar en veral omdat hulle tydens Inter-varsity die Kovsies vir die 22ste agtereenvolgende jaar ore aan-gesit het deur met 41-18, te wen.

Nog ’n teken van uitstekende rugby was die klubkampioen-skappe. Al het die Pukke tydens Intervarsity klippe gekou, het

hulle teen die Universiteit van Jo-hannesburg met ’n sege van 19-14 oorheers.

Die Puk-Rugbyklub is in 1906 gestig.

Die instituut het al vier keer die beker verower en ses keer in die finaal gespeel.

Patria is as die koshuiswenners van die jaar aangewys nadat hulle Villagers met 33-0 geklop het. Hulle is ook as die Varsity Cup koshuiswenners van 2011 bekroon.

Vyf Puk-spelers is in die SA-studentespan opgeneem, naamlik Cornell du Preez, Johnny Weltha-gen, John-Roy Jenkinson, Siya Mdaka en Phillip de Wet.

Siya Mdaka het sy Springbok- trui aan die Rugbyinstituut oor-handig.

Hendrik Truter, bemarkings-bestuurder van Puk-rugby, sluit die aand af met ’n gedagte nie net aan die spelers nie, maar ook aan al die betrokkenes.

“Hulle is nie net rugbyspelers nie. Hulle het ook ’n sosiale sy wat lekker saam lag en gesels.”

Die spelers word gegroet. Hopelik is dit tot siens, maar

nie vaarwel nie.

Hulle is nie net rugbyspelers nie. Hulle het ook ’n sosiale sy wat lekker saam lag en gesels.

ANDRIES HEYDENRYCH

Senwes Park op Potchefstroom sal binnekort die gasheer wees vir ’n vrouekrieket toernooi tus-sen Suid-Afrika en Engeland.

Hierdie twee spanne speel se-dert 1960 teen mekaar en maak twee van die Wêreld se tien vroue spanne op.

Hierdie vriendskaplike toer-nooi bestaan uit drie, eendag- in-ternasionale wedstryde van 50 beurte elk en drie T20 wedstryde.

Me. Danika Alberts van die Noord-Wes Krieket Verenig-ing het aan Wapad gesê dat vrouekrieket ’n groot sport is en dat dit nie die eerste keer is dat Senwes Park ’n vrouekrieket toernooi sal aanbied nie.

Hulle was laasjaar die gasheer

vir die International Cricket Counsel (ICC) se Womens Cricket Challenge.

“Mense weet net nie van vroue- krieket nie, die Puk het ook ’n vrouekrieketspan” het Alberts gesê.

Die SA vrouespan het hier-die jaar ’n nuwe afrigter, Mnr Yashin Ebrahim wat vroeër ook die KZN- Dolfyne afgerig het, gekry.

Max Jordaan, Senior Krieket Bestuurder by Krieket Suid Afrika, het gesê dat die toer-nooi opwindende geleenthede vir die span skep om hulle diepte te vind voordat hulle na Bangla-desj vertrek vir die Wêreldbeker kwalifiserende rondtes.

Die toernooi begin 21 Oktober om 10:00 en duur tot 3 November.

SA vrouekrieket speel vanaf 21 Oktober in Potch. FOTO: KRIEKET SA

Rugby Klubkampioenskappe

NWU-Pukke maak skoonskip in KaapLODEWYK UYS

Die Pukke se eerste rugbyspan het alle kritici tjoepstil gemaak toe hulle in die Nasionale Klub-kampioenskappe op Stellenbosch koning gekraai het.

Pukke het teen alle verwagtinge hulle opponent uitoorlê en vir Suid-Afrika gewys dat hulle steeds ’n krag is om mee te reken.

Die veldtog het 17 Septem-ber afgeskop toe die manne van Potchefstroom teen Kimberley se polisiespan te staan gekom het en sonder enige moeite met 117 punte teenoor 0 die toon vir die res van die week gestel het.

Die tweede wedstryd was teen die klub vanaf Port Elizabeth, Park Klub.

Hierdie wedstryd het gesorg vir fisiese rugby en algehele uit-

muntende spel van beide kante af. Aan die einde van die wedstryd

was die telling egter 37-14 in die guns van die Puk.

Die Universiteit van Stellen-bosch, Maties, wat reeds twee maal vantevore die Varsitybeker verower het, se weerstand was nie sterk genoeg vir die Puk1-span nie.

Vanaf die eerste fluitjie het die Puk gedomineer en gewys dat hulle niks behalwe ’n wen wil verower nie.

Twee laat drieë deur die Maties-span het die telling na ’n naelbytwedstryd laat lyk, maar op die ou einde van die dag het die Pukke geseëvier met 39 punte teenoor 36.

Die Universiteit van Johan-nesburg, UJ, wat in 2011 een van hulle gloriejare beleef het en in

die Varsitybeker groot opspraak gemaak het, was die ander span by die kampioenskappe om mee te reken.

UJ het ook daarin geslaag om deur te dring na die finaal waar hulle dus teen die Pukke te staan gekom het.

Die stadsjapies het die eerste helfte meeste bal besit gehad en die wedstryd onder beheer gehad.

Die tweede helfte het egter gesorg vir ’n ander deuntjie en vinnig-vinnig het die NWU-Puk die wedstryd geseël deur goeie spel, goeie kontinuïteit en afronding.

Die eindtelling was 19-14 in die guns van die NWU-Puk.

Johannes Seerane, vleuel van die NWU-Puk, is ook aangewys as die beste agterspeler van die kampioenskap.

Siya Mdaka oorhandig sy trui aan die rugbyinstituut. FOTO: MARIO VAN DE WALL

SA Vrouekrieket in Potchefstroom

Trofee Speler/afrigter/ondersteuner

NWU-Puk-Rugbyinstituut deel trofees uit

Steinhoff Koshuisspeler van die jaar

Castle-trofee (beste ondersteuner)

Direkteurstrofee

Jimmy Viljoen-trofee

Dux Speler van die Jaar

Spelers se Speler van die Jaar

Pharmaton-trofee (afrigter)

Voorsitterstrofee (beste voorspeler)

Piet Malan-trofee (beste agterspeler)

Danie Craven-trofee

FNB Varsity Cup-trofee

Toy Dannhauser-trofee

Gert Smal-trofee (O/19)

Gerald Bosch-trofee (O/21)

Johan Claassen-trofee

Matt Proudfoot-trofee

Wilco de Wet (Patria)

Mnr Wessel van der Merwe

Hennie Skorbinski

Thinus Havenga

Philip de Wet

Johannes Serabe

Hannes Esterhuizen

Victor “Strand” Kruger

Johannes Seerane

Hennie Skorbinski

Philip de Wet

Johan Pyper

Lodewyk de Jager

Hennie Skorbinski

John-Roy Jenkinson

Nominasie 1 – Patria

Nominasie 2 – Puk1

Page 15: Wapad - 20 Oktober 2011

JAAR OORSIG 2011 | 1520 OKTOBER 2011

OorsigSaamgestel deur:

Carli KochSPORTREDAKTEUR

11Terseus se atlete hou die Puk se naam hoog

Sedert die eerste USSA-byeenkoms in 1994 het die Pukke al nege keer die atletiekbyeenkoms gewen. Vanjaar het drie van Terseus Liebenberg, bestuurder van atletiek, se atlete medaljes by die Afrika-spele verower, naamlik Justine Robbeson, Gerlize de Klerk en Bernard Crous.

22 Veritas en Karlien wen sportbeker

Veritas en Karlien het vir die tweede agtereenvolgende jaar die sportbeker vir hulle koshuis gewen. Die twee koshuise het in menigte sportitems die jaar uitgeblink.

33Patria maak rugby geskiedenis

Patria het geskiedenis gemaak deur die eerste NWU-Puk manskoshuis te wees wat die Varsity Cup-beker kon wen. Patria het ook vanjaar se eerstejaarsrugby gewen en die rugbykoshuis van die jaar-trofee ontvang.

44Hannes neem afrigting-leisels oor

Puk1 se nuwe afrigter, Hannes Esterhuizen, moes in Februarie die leisels by Rudy Joubert oorvat sonder enige waarskuwing. Esterhuizen het aan die einde bewys hoekom hy as nuwe afrigter aangestel is.

55Hokkiedames verow-er goud

Die NWU-Puk se hokkiedames het goud by die jaarlikse University Sports South Africa (USSA) gewen. In die finaal het hulle, Maties, met 1-0 in strafdoele net-net geklop.

66 Davis Cup tennis-toernooi in Potch

Die Davis Cup tennistoernooi was die jaar in Potchefstroom gehou. Kevin Anderson, die Suid-Afrikaner, het die beker gewen.

77 Puk1 verniel Shimlas tydens Intervarsity

Die Puk se rugby het dalk hierdie jaar ’n dip gevang, maar die span het vir die 22ste agtereenvolgende jaar die Kov-sies ore aangesit deur die Shimlas 41-18 te klop.

88 Krieket kry nuwe af-rigter

Conrad de Swardt is in Augustus as die Puk se nuwe krieketafrigter aangestel. Die manne het hulle seisoen goed afgeskop deur Kovsies tydens Intervarsity te klop.

99 Pukke in Australian Football league-span

Die Puk het vanjaar sewe spelers in die North-West Dock-ers opgelewer wat die Puk tydens die Austrailan Football League (AFL) se Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad verteenwoordig het. Johano Cronje, Reinier Delport, Ernst Vermeulen, DP de Beer, PD Theron en Marcel van Boljon, is almal gekies om deel te vorm van die 18-man span.

1010 'n RWB sonder Suid-Afrika

Die Bokke het ongelukkig teen die Australianers in die kwarteindrondte van hierdie jaar se Rugby Wêreldbeker, verloor. Suid-Afrikaners sal die All Blacks die naweek ondersteun as hulle Frankryk in die finaal aanpak.

Nog 2011 Nuus :- Bertie Maritz is verkies as die nuwe SR-lid vir sport.- Frankryk speel Sondag 10:00 teen Nieu-Seeland in die Rugby Wêreldbekerfinaal.- Currie Beker halfeindstryde hierdie naweek.- Thaba Jäh wen die hokkie.

Rugby Wêreldbeker 2011.

Page 16: Wapad - 20 Oktober 2011

Sportredakteur: Carli Koch [email protected]| | E-pos met sportnuus

Regstelling: Op 22 September 2011, volume 14 was verwys dat Johanietha Gouws Karlien se HK:Sport is. Gouws is HK:Finansies en Magdali Reitz is HK:Sport.

Die Luiperds groet vir oulaas op Loftus

FOTO: GALLO IMAGESDie Luiperds moes uit die Curriebeker-stryd tree nadat hul 92-21 teen die Blou Bulle verloor het.

CARLI KOCH

Die Platinum Luiperds groet die Curriebeker Pre-mierliga nadat hulle twee

jaar gelede hulle eerste wedstryd teen die Boland gespeel het. In hulle laaste wedstryd, het die Luiperds teen die Blou Bulle op Loftus uitgedraf.

Die Bulle het 92-21 met die besoekers afgereken.

Die telling is juis ’n bewys dat die Luiperds nie in die Currie Beker hoort nie.

Leon Boshoff, breier van

die Luiperds het aan Rapport gesê dat sy span ’n lang seisoen gehad het en dat daar nie meer krag in die spelers steek nie.Vroeg in Augustus het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU aan Beeld vertel dat die rugby-beheerliggaam hulle beste gaan probeer sodat al agt kommersiële spanne aan die lewe gehou kan word.

Roux het egter later sy bekommernis uitgespreek na-dat daar aangekondig is dat net ses van die agt spanne aan volgende jaar se Cur-

riebeker reeks sal kan deelneem.

Die oorsaak van die uitspraak is as gevolg van ’n oorvol rugbyprogram soos die Superrugby, Drienasiereeks en Internasionale rugby.

Die twee spanne wat onder aan vanjaar se reeks eindig, sal na die B-Liga toe skuif – die Pumas en die Luiperds.

Nog ’n kwellende saak is die feit dat die Noordwesters se huidige borg, Bafokeng, hulle ook nie meer borg nie.

André May, President van die

Luiperds rugby, meen dat dit ’n groot effek het om ’n reeks borge te verloor omdat die bedrae heelwat minder word.

Volgens May is een van die voordele om in die A-liga te speel die feit dat die spelers ’n kans gegun word om teen die beste spelers in die land te speel.

“Die publiek wil groot name sien speel. Om na die B-liga te skuif beteken eenvoudig minder toeskouers. Terwyl die Luiperds R5 miljoen as span kry, moet hulle teen ’n span soos

die Leeus wat R70 miljoen kry, kompeteer.”

Die Luiperds word nou die geleentheid gegee om meer gereeld te kan wen.

Hierdie naweek pak Nieu- Seeland vir Frankryk aan in 2011 se Rugby Wêreldbekerfinaal.

Die Nieu-Seelanders het verlede naweek Australië maklik met 20-6 op Eden Park geklop.

Dit sal die tweede keer in 24 jaar wees wat die All Blacks die Web Ellis beker sal neem as hulle as oorwinnaars uit die stryd tree.

20 OKTOBER 2011

SportRugby Wêreldbekerfinaal: Wie gaan wen? Rugby-instituut deel trofee uit