wapad - 18 oktober 2012

16
K&V Dosent doen Gaga-impakstudie 18 OKTOBER 2012 / VOL 14 LEES JOU KAMPUS WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD JAARGANG 66 >> STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> Batman jaloers op NWU-Puk se solar-batmobile 2 11 BRANDGEVAAR OP KAMPUS 2 3 18 OKTOBER 2012 / VOL 14 Coloured students pay extra Yoof shall not pass! CHRISTIAAN DU PLESSIS S tudents are buzzing with the news that Yoof is reportedly asking co- loured students R50 entrance fee over weekends, while white students only have to pay R10. This increase in entrance fees among black- and coloured students is apparently due to a fight between non-white in- dividuals which broke out in Yoof about two months ago. “We have to pay R50 en- trance fee when going with our coloured friends,” reports Valdez Variava, a first-year student. Variava also said that he and his girlfriend were su- spiciously refused entry into Yoof. The owner Dirk Grobler said that Yoof’s policy is to charge working individuals with a higher entrance fee than they do students in order to create a more student-like atmosphere. “Many students who are refused entry are people who have previ- ously caused mischief, and this policy applies to people of all colours,” Grobler reported. He also mentions that not all work- ing individuals are refused entry nor are charged with the higher entrance fee. A second-year student named Keenan McLune contradicts this and says that they still pay a R50 entrance fee regardless of whe- ther they produce their student card or not. “We are not trouble- makers,” McLune added. There were other rumours that Bourbons also refuse coloured people. “We do not have a policy regarding entrance. Everyone is welcome,” said George Bothma, owner of Bourbons. Grobler said that he was not aware that Yoof charged higher entrance fees for coloured students but that he would ensure that the bouncers adhere to the policy regarding higher entrance fees for working individuals, and that it would be implemented correctly. Many coloured people report however, that Yoof charges them with the same entrance fees as those of white people and Jerry Motingwe adds that “Yoof is lek- ker”. Variava incurs that it is actu- ally not as simple as that. “If you enter with your white friends you pay the same entrance fee.” Volunteers posing for Wapad in front of Yoof. FOTO: MARI SCHEEPERS If you enter with your white friends you pay the same entrance fee. NUUS.INTERAKTIEF Kry jou WAPAD ELEKTRONIES op ons Facebook Page of gaan direk na die webtuiste by issuu.com/wapad. Like ons Page “Wapad” Subscribe by ons Channel “WapadPUK” Volg ons by “NWUWapad” Ons bied meer, baie meer. Laai die app ScanLive op jou foon af om die links in Wapad te volg. Die Kantoor Kyk ’n Wapad-realiteitsreeks SIMON SONNEKUS Bruce Wayne het verhuis van Go- tham City na Potchefstroom. Die Batcave het na die ingenieurs- fakulteit geskuif en sommiges glo self dat die NWU-Puk die nuwe Wayne-Mansion in Lovers’ Lane oprig. Nee, alhoewel die nuwe batmo- bile nou tuiste vind by die NWU- Puk, bly Batman nog waar hy is. Die bestuurders van hierdie nuwe solarkar is egter lede van die in- genieursfakulteit. Dié span ingenieurs het onlangs aan die Internasionale Sasol So- lar Challenge deelgeneem waar spanne sowat 5200km reg oor Suid-Afrika gery het. Die roete het gesorg dat spanne oor die hele Suid-Afrikaanse Ooskus reis en ’n vinnige pitstop maak in Secunda, Mpumalanga.w Die NWU-Puk span het in hul de- buut-kompetisie ’n algehele eerste plek saam met die Tokai-Univer- siteit van Japan, wat die vorige So- lar Challenge gewen het, verower. Die span het ook as klaswenners weggery en het in die kompetisie verskeie rekords gebreek waarvan twee nasionale en een ’n wêrel- drekord was. Die NWU-Pukkar het die rekord vir die verste afstand in een dag behaal en die algehele verste afstand op sonkrag gewen, asook ’n geesprys. Die batmobile van die NWU-Puk span het verskillende nekke vin- nig laat draai met die topspoed van 110km/h. Hierdie koolstofve- sel-motor wat slegs 280kg weeg, het ’n fenomenale versnelling- van 0 tot 100 km/h in slegs 7 sekondes. Prof. Albert Helberg, dosent en spanleier, het verduidelik dat die konstruksie vir die R750 000 se voertuig (een van die goedkoopste in die vloot) eers in Junie begin het. Die batmobile, wat deel is van ’n voorgraadse-projek, is werklik ’n eerste van sy soort. “Ons het wêreldklas sweeftuig- tegnologie vir die aërodinamika van die voertuig ingespan en het geweet ons het ’n wenresep beet,” het Helberg verduidelik. GRAFIKA: SW THERON

Upload: wapad

Post on 29-Mar-2016

366 views

Category:

Documents


113 download

DESCRIPTION

Dit is ons laaste uitgawe vir hierdie jaar

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 18 Oktober 2012

K&VDosent doen Gaga-impakstudie

18 OKTOBER 2012 / VOL 14LEES JOU KAMPUS

WWW.NWU.AC.ZA/WAPADJAARGANG 66 >>STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

Batman jaloers op NWU-Puk se solar-batmobile

211

BRANDGEVAAR OP KAMPUS

23

18 OKTOBER 2012 / VOL 14

Coloured students pay extra

Yoof shall not pass!CHRISTIAAN DU PLESSIS

Students are buzzing with the news that Yoof is reportedly asking co-

loured students R50 entrance fee over weekends, while white students only have to pay R10. This increase in entrance fees among black- and coloured students is apparently due to a fight between non-white in-dividuals which broke out in Yoof about two months ago.

“We have to pay R50 en-trance fee when going with our coloured friends,” reports Valdez Variava, a first-year student. Variava also said that he and his girlfriend were su- spiciously refused entry into Yoof.

The owner Dirk Grobler said that Yoof’s policy is to charge working individuals with a higher entrance fee than they do students in order to create a more student-like atmosphere.

“Many students who are refused entry are people who have previ-ously caused mischief, and this policy applies to people of all colours,” Grobler reported. He also mentions that not all work-ing individuals are refused entry nor are charged with the higher entrance fee.

A second-year student named Keenan McLune contradicts this and says that they still pay a R50

entrance fee regardless of whe- ther they produce their student card or not. “We are not trouble-makers,” McLune added.

There were other rumours that Bourbons also refuse coloured people. “We do not have a policy regarding entrance. Everyone is welcome,” said George Bothma, owner of Bourbons. Grobler said that he was not aware that Yoof charged higher entrance fees for coloured students but that he would ensure that the bouncers adhere to the policy regarding higher entrance fees for working individuals, and that it would be implemented correctly.

Many coloured people report however, that Yoof charges them with the same entrance fees as those of white people and Jerry Motingwe adds that “Yoof is lek-ker”.

Variava incurs that it is actu-ally not as simple as that. “If you enter with your white friends you pay the same entrance fee.”Volunteers posing for Wapad in front of Yoof. FOTO: MARI SCHEEPERS

If you enter with your white friends you pay the same entrance fee.

NUUS.INTERAKTIEF

Kry jou WAPAD ELEKTRONIES op ons Facebook Page of gaan direk na die webtuiste by issuu.com/wapad.

Like ons Page “Wapad” Subscribe by ons Channel “WapadPUK” Volg ons by “NWUWapad” Ons bied meer, baie meer. Laai die app ScanLive op jou foon af om die links in Wapad te volg.

Die KantoorKyk

’n Wapad-realiteitsreeks

SIMON SONNEKUS

Bruce Wayne het verhuis van Go-tham City na Potchefstroom. Die Batcave het na die ingenieurs-fakulteit geskuif en sommiges glo self dat die NWU-Puk die nuwe Wayne-Mansion in Lovers’ Lane oprig.

Nee, alhoewel die nuwe batmo-bile nou tuiste vind by die NWU-Puk, bly Batman nog waar hy is. Die bestuurders van hierdie nuwe solarkar is egter lede van die in- genieursfakulteit.

Dié span ingenieurs het onlangs

aan die Internasionale Sasol So-lar Challenge deelgeneem waar spanne sowat 5200km reg oor Suid-Afrika gery het. Die roete het gesorg dat spanne oor die hele Suid-Afrikaanse Ooskus reis en ’n vinnige pitstop maak in Secunda, Mpumalanga.w

Die NWU-Puk span het in hul de-buut-kompetisie ’n algehele eerste plek saam met die Tokai-Univer-siteit van Japan, wat die vorige So-lar Challenge gewen het, verower. Die span het ook as klaswenners weggery en het in die kompetisie verskeie rekords gebreek waarvan

twee nasionale en een ’n wêrel-drekord was. Die NWU-Pukkar het die rekord vir die verste afstand in een dag behaal en die algehele verste afstand op sonkrag gewen, asook ’n geesprys.

Die batmobile van die NWU-Puk span het verskillende nekke vin-nig laat draai met die topspoed van 110km/h. Hierdie koolstofve-sel-motor wat slegs 280kg weeg, het ’n fenomenale versnelling- van 0 tot 100 km/h in slegs 7 sekondes.

Prof. Albert Helberg, dosent en spanleier, het verduidelik dat die konstruksie vir die R750 000 se

voertuig (een van die goedkoopste in die vloot) eers in Junie begin het. Die batmobile, wat deel is van ’n voorgraadse-projek, is werklik ’n eerste van sy soort.

“Ons het wêreldklas sweeftuig-tegnologie vir die aërodinamika van die voertuig ingespan en het geweet ons het ’n wenresep beet,” het Helberg verduidelik.

GRAFIKA: SW THERON

Page 2: Wapad - 18 Oktober 2012

KU

LTU

UR

NU

US

SPO

RT

Ratau Lebone eerstejaar verdrink VredeFest in Potchefstroom Atleet breek driesprong rekord

Lat-Wai wen JOOL PUKfm by MTN Radio Awards Varsity Beker 2012

Eerstejaarskonsert Toneel en Sleeptoneel Waar is Intervarsity?

Laureus senior sterf in motor!etsongeluk Canvas: Nog geskiedenis in duikweg Baba Bokke vat Juniorwêreldbeker

Excelsior eerstejaars gevang Van kokke tot vloot-rokke NWU-Puk-atlete geniet suksesvolle jaar

Gerrit Botha sweef in Oostenryk Grease in Potchefstroom NWU-Puk1 Netbal kry nuwe afrigter

Hombré leiers word dors, toe Mnr. en Mej. Kampus glansgeleentheid Olimpiese Spele- Goud, silwer en brons

Sinki Mlambo breek bane The Life Market Steinhoff Koshuisliga Rugby

Potch se eerste Pride Parade Straatligkinders straal weer NWU-Puk Instituut-spanne presteer

Kaalvoet vir ’n doel Bingle Sêr verskaf vet pret Sportbekerwenners: HEIMAT en Karlien

Met Thabang Makhoang se tragiese verdrinking tydens die vrugtefees het 2012 nie op ’n goeie noot begin nie. Makho-ang se lyk is gevind deur ’n koshuis wat na Ratau Lebone die swembad benut het. ’n Onafhanklike ondersoek is uitgevoer, maar daar is egter geen konkrete bewyse van enige kriminele oortreding is gevind nie.

Vanjaar is Vredefest vir die eerste keer in Potchefstroom gehou. Die geselligheid het op die Joolplaas afgeskop en talle studente het hierdie fees, wat vir ’n goeie doel was, bygewoon. Al die fondse was ingesamel om jongmense met kanker by te staan.

Patience Ntshingila het einde verlede jaar die Suid-Afrikaanse driesprongrekord van 13.46m gebreek met ‘n sprong van 13.50m, en in die proses die eerste atleet in 20 jaar geword om die rekord te breek.

Laureus en Wag-’n-Bietjie is as vanjaar se JOOL-wenners verklaar na hulle wen-vlot die tema Vrede, Liefde en Kop-skote die beste uitgebeeld het. Lat-Wai se vlot het beelde gehad van Moeder Teresa, Ghandi en Osama bin Laden.

Die NWU-Puk se radio stasie, PUKfm, het vanjaar twee toekennings ontvang by die MTN Radio Awards. Dit was vanjaar die eerste keer wat PUKfm aan die kompetisie deelgeneem het en was aangekondig as !naliste in nege kategorieë.

Die NWU-Puk span het in vanjaar se Varsitybeker kompe-tisie vierde plek behaal, nadat hulle in die halfeindstryd 53-24 teen TUKS vasgeval het. Die halfeindrondte-uitval was egter ‘n verbetering vanaf 2011, waar die PUKKE sesde geëindig het.

Die unieke temas en skerp humor het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet se seerow-ers het weggestap as die wenners van die konsert met die PUKfm-prys. Soetdorings en Minjonet het die Wapad-prys verower.

Hierdie glans geleentheid het gesorg vir baie vermaak en dit het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet is as wenners van die sleeptoneel aangewys, terwyl Patria en Wag-’n-Bietjie vanjaar se enkel-toneel gewen het.

Vanjaar se jaarlikse Intervarsity tussen die NWU-Puk en die Universiteit van die Vrystaat is afgestel weens omstreden-heid oor assosiasie met die NWU-Puk. Die politieke party, SASCO, het ook daarop aangedring dat die wedstryde tussen die twee kampusse gekanselleer moet word.

André Van Zyl is tragies oorlede naby die Drakenstein restaurant op kampus. Na bewering het die motor!ets die randsteen getref waarna dit teen ’n groot boom gebots het. Van Zyl het nie ’n valhelm gedra nie en dit is nog onbekend of daar alkohol in sy bloedstroom was.

Canvas is vanjaar vir die eerste keer in die duikweg gehou en het bygedra tot al die geskiedenis wat reeds in die duik-weg is. Koshuise het die geleentheid gekry om hul merk in die duikweg te maak en VILle REPUtasie het as wenners van Canvas weggestap.

Die Junior Bokke was vanjaar as die wenners van die vyfde jaarlikse Juniorwêreldbeker gekroon na hul 22-16 sege oor verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, op Nuweland.

Drie eerstejaarstudente van Excelsior-manskoshuis is gearresteer nadat ’n patrollie voertuig gesien het hoe hulle vanaf ’n woning na ’n motor hardloop. Na ’n ondersoek is ’n gesteelde tuinornament gevind. Die drie eerstejaars het op 28 Februarie in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Heimat Manskoshuis, met hul unieke DStv tema en Heide Dameskoshuis se matrose, is vanjaar as die wenners van kampus sêr aangewys. Die seremoniemeesters vir die aand was Corneels Schabort en Tim Theron van Lagnes.

Die Traumeel NWU – Pukke Atletiekklub het by twee kampioenskappe, die Senior- SA Kampioenskappe en die Yellowpages-Klubkampioenskappe, gespog met uitmuntende atletiese vermoë. Die klub vier atlete met Olimpiese kwali!sering opgelewer.

Lovers’ Lane het in ’n kleureprag ontvlam met Kaalvoetdag wat verlede week op die NWU-Pukkampus plaasgevind het. Van ballontente tot merkwaardige skuilings wat deur ou klere opgebou is, het oral op kampus gepryk.

Artéma, Alabama Produksies en NWU-Pukkunste het hul kragte saam gespan om die klassieke musiekblyspel vanjaar op die planke te bring. Talle NWU-Puk talent was by die produksie Grease te sien met Alexander Venter en Tammy Aslett wat die hoofrolle vertolk het.

Die voormalige SA-studentespan afrigter, Dorette Baden-horst, het aan die begin van 2012 by NWU-Puk netbal aangesluit as die nuwe afrigter van Puk1 se netbalspan.

Gerrit Botha, student van die NWU-Puk, gooi ’n kwali!ser-ende gooi van 54.1 m (’n Suid-Afrikaanse rekord) by die in-ternasionale Red Bull Paper Wings kompetisie in Salzburg, Oostenryk. Sy poging oorsee is egter nie so vrugbaar nie, toe sy twee kanse buite perke geland het.

Dié koue aand het gesorg vir ’n vertoning van die mees beeldskone NWU-Puk studente. Die jaarlikse Mnr. en Mej. Kampus is gehou op 7 Augustus. Tydens die funksie is Michael Adamson en Crystal van Niekerk onderskeidelik gekroon as Mnr. en Mej. Kampus.

Na ’n losbandige gang aksie, waar drank misbruik is in Hombré-manskoshuis, is al nege HK-lede van hul pligte onthef waarvan vier, insluitend die Primarius van die koshuis, geskors is. Die vier geskorste leiers kan glad nie meer ’n gesagsposisie op die NWU-Puk beklee nie.

The Life Market het met live entertainment, verkeidenheid kossoorte en ander interessanthede afgeskop in die Snow-!ake gebou. Joanie Liverage was aan die stuur van sake en volgens haar was die mark ’n groot sukses. “Die mark is hier om te bly,” het Liverage aangevoer.

Nadat Patria die eerste NWU-Pukspan geword het om die Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskappe te wen, het hulle hierdie jaar hul plek afgestaan aan Villagers nadat laas-genoemde in die Steinhoff NWU-Pukke Koshuisrugbyeind-strydheid 49-11 met Heimat afgereken het.

Sinki Mlambo, oud-SR:AKSA en SR-Voorsitter kandidaat, het vanjaar geskiedenis gemaak toe sy as primaria van Oosterhof-vrouekoshuis gekies is. Mlambo is die eerste swart vroueprimaria van ’n NWU-Puk koshuis.

Na hul laaste vertoning in Centurion twee jaar gelede, het Straatligkinders besluit om ‘n breuk te vat, maar nou is hulle amptelik terug met ‘n splinternuwe song, Duiwel Dans.

Die eerste seksuele aanvaardings veldtog is gehou in Potchefstroom op 28 Augustus 2012. Hierdie veldtog is geloods deur POUT- vereniging. Volgens die Facebook-groep word daar ’n groter veldtog gereël vir volgende jaar.

Bingle Sêr het vanjaar gesorg vir hope vermaak en daar was baie interessante temas te sien. UitsPATig VERby het weggestap as die wenners met ’n F.A.T. camp tema.

HEIMAT en Karlien het as die wenners van die 2012 Sportbeker in die mans en damesafdelings onderskeidelik weggestap.

!"#$%&Jaar 2012

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span het by die 2012 London Spele ses medaljes huistoe gebring, waarvan drie goud, twee silwer en een brons was.

Dit was ’n goeie jaar vir NWU-Puk rugby, behalwe vir Ibbies, wat in die eindstryd van hul onderskeie ligas van die Predator-liga gespeel het, en die PUK O/21 span wat daarin geslaag het om hul liga te wen.

Page 3: Wapad - 18 Oktober 2012

NUUS | 3 18 OKTOBER 2012

ANICA SCHEEPERS

Die feit dat die Noordwes-Univer-siteit (NWU) se klasgelde heelwat goedkoper as talle ander univer-siteite in Suid-Afrika is, is beslis nie ’n mite nie.

Beteken dit dat die NWU se onderrig nie op standaard is nie? Kan die NWU steeds spog met top-dosente?

“Ons wil nie hê daar moet ’n persepsie ontstaan dat ‘goed-koop nie goed kan wees nie’,” is die woorde van dr. Theuns Eloff, visekanselier aan die NWU.

Die NWU is alreeds vir ’n wyle bekend vir goeie voorgraadse onderrig– dit sluit al drie kam-pusse in.

Eloff is van mening dat geld geensins ’n rede mag wees om goeie studente van die NWU af weg te hou nie en dat die NWU se hoë standaard juis ’n trekpleister vir goeie studente, asook dosente is.

Veiligheid, ’n goeie studen-telewe en Afrikaans op die NWU-Puk speel natuurlik ook ’n groot rol.

Die beste bewys dat die NWU se onderrig op ’n hoë standaard is, is beslis die feit dat die meer-

derheid afgestudeerdes binne ’n geweldige kort tydperk ’n goeie werk kry.

Volgens bronne in die privaat en openbare sektore word werkne-mers wat aan die NWU studeer het, hoog geag en word daar met lof oor NWU-studente gepraat.

Nóg ’n bewys is die NWU se hoë sukseskoers: die Universiteit spog met ’n geweldige hoë slaagsyfer in 2011 (85%) – onder die top uni-

versiteite in die land.Eloff meen ook dat die tolk-

dienste in klasse die beste opsie is om Afrikaans en Engels by die universiteit aan te bied.

“Dit haal die politieke angel uit taal uit en bevorder Afri-kaans as ’n taal van hoër onder-wys,” sê Eloff.

Op dié manier word integrasie ook in klasse meegebring en word daar nie twee wêrelde tus-sen rasgroepe geskep nie.

Die NWU-Puk is een van die min plekke waar ’n mens steeds jou eerste graad volledig in Af-rikaans én op ’n hoë standaard kan voltooi.

Meetinstrumente om te verseker dat dosente hoë ge-halte onderrig aan die NWU lewer sluit onder meer ger-eelde studente-evaluerings, die Institusionele Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig, die Rapport Topdosentprys en an-der vorme van erkenning soos kontantpryse in.

“Ons is wel bewus van ons sterkste kompetisie wat meer geld as die NWU vra, maar ons is ernstig om toegang vir die grootste groep studente moont-lik te maak,” sê Eloff.

Gee lae klasgelde indruk van swakker onderrig?

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

Tafels in die Ferdinand Postma Biblioteek wat ’n nooduitgang blokkeer.

FOTO: MARI SCHEEPERS

NWU-SLAAGSYFER

85%

COLETTE BOTHA

Die Bestuurkomitee van die NWU-Puk het in die verlede twee portefeuljes

van die Studenteraad (SR) gere-serveer vir ’n etniese minder-heidsgroep. Die kwessie onstaan egter of dié reservering regverdig is en of geleenthede dalk van stu-dente ontneem word.

Die NWU-Puk poog om ’n trans-formasie teiken van 70% blank en 30% etniese-minderheid te bereik. Met minderheidsgroep word be-doel ’n groep wat minder as een derde van die studente gemeen-skap op die NWU-Puk uitmaak.

“Wanneer die teiken bereik is, sal die twee portefeuljes onder andere SR: Aktuele Sake en -Vereenigingsraad, nie meer geserveer wees nie,” het Janco Jordaan, SR-Voorsitter, gesê.

Volgens Andrea Viviers, Oud- AKSA Ondervoorsitter, is dit eg-ter ’n moeilike situasie. “Dit is nie almal se doel om SR te staan nie, maar jy gaan deur die ranks. As ek SR kon staan, sou ek dit oor-weeg het, want ek was klaar in die rank.”

Sinki Mlambo, oud-SR: Aktuele Sake, voer aan dat die studente raad ’n verteenwoordigende raad is en almal moet deur die struk-tuur verteenwoordig word.

“Ek dink ons studente verstaan die transformasie-doeleindes ron-dom gereserveerde portefeuljes en kyk nie vas in kleur nie, maar in die bekwaamheid van die lei-er.”

Jordaan voeg by dat die SR transformasie bestuur, en dat dit in hul missie vir die termyn 2012/2013 hervat is.

Viviers sê sy is vìr transfor-masie, maar voel dit kan nie plaasvind as daar iets soos gere-serveerde portefeuljes is nie.

“Ek en Sinki het verskriklik nou saamgewerk. Ek het saam

met haar vergaderings bygewoon en ’n paar ander SR-goed saam met haar gedoen. Dit het my half ’n idee laat kry dat ek nader is as wat ek dink en dan is dit sleg om te dink iets beperk my.”

Mlambo voeg by dat “niemand in ’n posisie verkies wil word om-dat hul ’n sekere velpigment het nie, maar oor regverdigheid en konsekwentheid.”

Viviers voel egter verkiesings moet volgens meriete plaasvind, maar noem ook dat as sy vir SR kon staan, sy dit nie noodwendig sou kry nie.

“Dit gaan oor die geleentheid

vir my. Ek sou iets unieks na die partytjie toe kon bring en ek dink meer mense sou dan vir AKSA wou staan en verstaan waaroor dit gaan. Dit gaan vir my oor AKSA en nie oor SR nie,” het Viviers gesê.

“Ek wil hê mense moet gemo-edelik wees oor AKSA, want dit is sò ’n goeie portefeulje en nou moet daar net mense van ’n min-derheidsgroep wees en dan is die hele doel van AKSA weg. Ek sal hulle steeds kan verteenwoordig, want ek het ’n passie vir AKSA en ek hoef nie ’n minderheid te wees om hulle te respekteer nie.”

SR-portefeuljes slegs vir etniese-groepe

Wit AKSA-kandidaat

Andrea Viviers se hart lê by hierdie portefeulje maar kan ongelukkig nie vir voorsitter staan nie. FOTO: COLETTE BOTHA

SIMON SONNEKUS &KIEWIET SCHEPPEL

Veiligheidsmaatreëls om brand-gevare te voorkom is die verant-woordelikheid van alle partye op kampus.

Die NWU het pas ’n brand-risiko-analise op al drie sy kam-pusse afgehandel met die doel om moontlike risiko-areas te identifiseer. Die analise is deur die Centa Fire Group gedoen.

Die bestuurder van beroepsge-sondheid en veiligheid (BGV) van die NWU, mnr. Gerrit van Wyk, sê prioriteitsareas wat ondersoek is, is akkommodasie, restourante, laboratoriums en kantore. “Daar bestaan altyd die moontlikheid van ’n brand-gevaar soos enige werksplek wat chemikalieë en vlambare vloeistowwe hanteer en as gevolg van die moontlikheid van oorbelaaide elektriese toe-rusting of swak huishouding.

“Elke individu dra egter die verantwoordelikheid om te sorg dat veiligheidsmaatreëls en toepaslike BGV-wetgewing nagekom word om sodoende ’n gesonde en veilige werk- en studie-omgewing te verseker.”

Die BGV departement sal toe-sien dat regstellende aksies in samewerking met munisipale brandweer-departemente uitge-voer word. Ná daar verseker is dat die plekke aan alle wetlike vereistes voldoen word, sal ’n

brandveiligheidsertifikaat uit-gereik word.

“Studente moet verstaan dat ons hulle veiligheid eerste stel en ons is toegewy om dit te verse-ker,” het Van Wyk gesê.

Kampuskoshuise sal tot 23 Ok-tober besoek word om verstel-lings aan brandtoerusting te doen, asook om regstellings aan brandveiligheidtaktiek te doen.

• Geen verwarmers, herlaaiers en strykysters mag sonder toesig gelaat word nie.

gVoorsorgmaatreëls

• Kamers en stoorkamers moet netjies gehou word.• Geen vure buite goedgekeurde areas nie.• Geen rook in geboue of kamers nie.• Geen brandende kerse in kamers nie.• Geen oorlading van muurproppe nie.• Wees vertroud met noodontsnaproetes en noodprosedures.

Brangevare betrek alle studente

Page 4: Wapad - 18 Oktober 2012

NUUS 4 | 18 OKTOBER 2012

JEANELLE GREYLING

“Die NWU se nuwe slagspreuk sê die Universiteit is ’n spring-plank na die realisering van jou drome.”

Só het Lindi Cameron, handels-merkbestuurder van die NWU, gesê.

“ Dit begin alles hier ” beklem-toon volgens Cameron die kern van die geleenthede wat tersiêre opvoeding bied. Dit is alreeds deur die NWU se Institusionele Bestuur goedgekeur.

Volgens Cameron vereis die verandering nie ’n amptelike persverklaring nie, “Die kor-rekte prosedures, in ooreenstem-ming met die bestuursmodel, is gevolg.”

Dié besluit het toestemming van die NWU se Institusionele Bestuur ontvang en is op die @NWU /Twitter/blad bekendge-maak. Louis Jacobs, amptelike woordvoerder en direkteur van Korporatiewe Kommunikasie by die NWU, het boonop met die me-dia daaroor gepraat.

Die hersiening van die NWU se handelsmerk was volgens Jacobs ’n prioriteit vir die Institusionele Bestuur. ’n Ervare paneel van die NWU het ’n bekroonde agentskap, McCann, aangestel om te onder-soek of die huidige slagspreuk verander moet word. McCann het die NWU se inligting, kommuni-kasie en bemarking bestudeer.

“Hulle het besef mense is ge-heg aan die huidige slagspreuk. Oortuigende navorsing het egter

bewys dat hersiening nodig was,” Cameron het gesê,

McCann het die mark anali-seer en die neigings van verbrui-kers bestudeer om ’n rede vir die verandering te staaf. Onderhoude is ook met studente gevoer om ’n algemene opinie oor dié besluit te vorm.

Phumzile Mmope, uitvoerende direkteur van Korporatiewe Sake en Verhoudinge, het ’n amptelike voorstel ingehandig by die Insti-

CHRISTIAAN DU PLESSIS

’n Rekenaar-virus, wat bekend staan as die “Checkmate”-virus, het stu-dente te midde van eksamen voor-bereiding op hol. Daar is reeds sowat 200 gevalle van die virus by Sleutel-bord, die IT-instapdiens, aangemeld.

“Ek was besig om te werk op Mi-crosoft Word toe my skerm skielik swart geword het. Op die skerm het die woorde: ‘Checkmate’ in blou gevolg,” het Corlia le Roux, wie se rekenaar deur die virus besmet is, gesê.

Sleutelbord het egter gerusstel-lend gesê die virus is eintlik net ’n poets en nie te skadelik vir jou rekenaar nie. Sleutelbord het by-gevoeg dat die AVG-2013-program jou rekenaar teen die virus kan beskerm, maar as jou egter klaar is met die virus besmet is, moet jy jou rekenaar liewers na die IT- instapd- ienste neem.

“Die virus het waarskynlik aan-vanklik deur middel van flashdrives tussen rekenaars versprei, maar het later by sentrale plekke van die NWU netwerk uitgekom,” het Sleutelbord beweer.

Skaakmat vir virus

1. Restart jou rekenaar.

2. Hou aan om F8 te druk terwyl die rekenaar start, totdat jy in die boot menu is.

3. Gebruik die cursor-keys om die “Start in safe mode” te kies met die enter sleutel.

4. Wag tot die rekenaar klaar geboot het.

5. Click op die Windows knop-pie, links onder, en dan op “All programes.”6. Click aan die regterkant van jou skerm die “startup-opsie” en kies open.

10. Delete die “Broankray.exe” lêer.

11. Restart jou rekenaar.As jy steeds sukkel besoekgerus Sleutelbord in gebou F20.

tusionele Bestuur.Behalwe vir die peiling op

Wapad se Facebook-blad in Sep-tember, het Cameron beweer die Institusionele Departement het geen klagtes oor die nuwe slag-spreuk ontvang nie. “Alle terug-voer is oorweldigend positief !”

’n Stembus is op 19 September op Wapad se Facebook-blad ge-hou. 27 uit 37 mense het gestem vir die huidige slagspreuk “ Inno-vasie deur diversiteit ”. Cameron

het egter beweer “dié stembus is onwetenskaplik, alhoewel kennis daarvan geneem word”.

Volgens Cameron is dié veran-dering nodig: “Dit is belangrik om die NWU oorspronklik en op ’n relevante, kontemporêre ma- nier te verteenwoordig.

“Omvattende navorsing het be-wys Innovasie deur diversiteit is verouderd en generies. Dit dui op ’n interne filosofie in plaas van ’n ekstern-gefokusde boodskap.”

VERWYDER DIE VIRUS:

Begin dit wérklik alles hier?

Nuwe slagspreuk bevoordeel NWU

SIMON SONNEKUS & BENINE CRONJÉ

Suid-Afrika sal binne die volgende twee jaar, twee uni-versiteite ryker word. Die De-partement van Hoër Onderwys verneem om twee splinternuwe kampusse in Mpumalanga en die Noord-Kaap onderskeidelik op te rig.

Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, het vroeër van-jaar in ’n nasionale vergadering verduidelik dat daar ondersoek gedoen sal word in verband met die moontlikheid van die stigting van hierdie twee univer-siteite.

Volgens die verslag gelewer in Julie vanjaar, verduidelik die Departement van Hoër Onder-wys dat die regering besluite geneem het om die stygende aantal skoolverlaters te akkom-modeer. In die amptelike verslag word daar verwys dat die aantal aansluitings by universiteite met omtrent 300 000 gestyg het van 603 000 tot 900 000.

Met hierdie inligting in ge-dagte, is daar besluit dat die

twee provinsies wat tans nie ter-siêre onderwysinrigtings besit nie, wel universiteite ontvang.

Die Laeveld Landboukol-lege in Nelspruit, Mpumalan-ga en CBD van Kimberley in die Noord-Kaap, is die gekose oprigtingsplekke vir die univer-

siteite. Daar is vanjaar R3.8 mil-jard uiteengesit vir die befonds-ing van dié universiteite.

Volgens verskeie bronne bied dit geleenthede vir studente nader aan hul tuisdorpe om ver-skeie rigtings soos ingenieus-wese, verpleegkunde en landbou te kan studeer.

Nzimande verduidelik in die Sowetan van 24 April “Dit is my doel om ’n toename in gekwalifiseerdes te kry in ingenieurswese, natuurweten-skappe, asook mens- en dier-kunde.”

President Jacob Zuma onder-steun ook die oprigting van die nuwe universiteite in die News24 berig van 5 Julie. Hy beweer dat die universiteite ’n vorm van na-sionale trots moet wees. Zuma is soos volg aangehaal in die berig: “Ons is versekerd dat hierdie nuwe universiteite hul plek in die netwerk van hoër onderwys-netwerke sal inneem en aan na-sionale behoefte voldoen.”

Nzimande het by ’n sakebe- raad in Midrand op 11 Oktober 2012 weer die bewering van wie 2 nuwe universiteite bevestig.

Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys. FOTO: PUBLICEYENEWS.COM

Nuwe lig vir Suid-Afrikaanse akademie

Dit is my doel om ’n toename in ge-kwalifiseerdes te kry in ingenieurswese, natuurwetenskappe asook mens- en dier-kunde.

Page 5: Wapad - 18 Oktober 2012

NUUS | 518 OKTOBER 2012

O&B-program gewysigHANNES KRUGER

Die Ontvangs- en Bekend-stellingsprogram (O&B-program) is hersien en sal

vanaf 2013 geïmplimenteer word. Die nuwe O&B-program word iet-wat anders as in die verlede aange-bied om aan die behoefte van eerstejaars se klagtes te voorsien.

“Die probleem met die O&B-program is dat dit jou verskriklik moeg maak en ’n mens se liggaam raak fisies seer van al die gestap-pery oral heen,” was baie eerste-jaarstudente se kommentaar.

“Die O&B-program is meer stroombelyn en ontspanne ge-maak. Dit het logistiek só veran-der dat meer van die aktiwiteite na die eerstejaars toe gebring word, wat toelaat dat hulle minder rond beweeg,” het prof. Rikus Fick, stu-dentedekaan, gesê.

“Die program is beter gestruktu-reerd. Akademie is nou in die een week en studentegedrewe aktiwi-teite in die ander week,” het Izelle Mostert, ondervoorsitter van die Studenteraad, gesê. Dit beteken eg-ter nie dat daar minder tyd aan die voorbereiding van die eerstejaars- konsert toegeken gaan word nie.

“As huiskomitees hulle tyd wys bestuur, sal daar meer as genoeg tyd wees om vir die eerstejaarskon-sert voor te berei,” het Jean Stid-worthy administratiewe assistent van die O&B-hersieningskomitee, gesê.

Volgens Stidworthy gaan die

O&B-komitee vanaf volgende jaar tydens JOOL ook verantwoordelik vir die eerstejaars wees. "Hulle gaan ook middagete op die JOOL-plaas ontvang om nie meer so baie hoef te stap nie." Sansha van der Merwe, voorsitter SR:JOOL, rek-en egter dat die O&B-komitee slegs veranwoordelik is vir eerstejaars tydens die O&B-tydperk en "nié ty-dens JOOL-week nie".

“Die eerstejaarsatletiek-byeen-koms gaan nie meer in die aand plaasvind nie, maar wel in die

oggend. Dit is te gevaarlik vir die mans-eerstejaarstudente om in die aand na die Kenneth McArthur-stadion te stap,” het Melissa Bates, voorsitter van SR:Sport, gesê.

Volgens Stidworthy gaan daar ook minder amfi-sessies in die aande wees. Waar daar in die verlede drie aande aan Uitvoer-ende Komitee-bekendstellings af-gestaan is, gaan net een aand in die vervolg daaraan toegestaan word.

“Die vrugtefees gaan voort en daar is deeglike ondersoek in-

Die eerstejaars gaan nou middagetes op die JOOL-plaas ontvang om nie meer so baie hoef te stap nie.

SR praat oor O&B se veranderinge op Youtube

gestel oor hoe om dit veiliger aan te bied. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se onderwater-taak-span gaan tydens die fees in die swembad onder die water waak oor die eerstejaars. Dit is geïm-plementeer om te verhoed dat iemand weer verdrink,” het prof. Fick gesê.

Volgens prof. Fick en Stidworthy gaan persoonlike-tyd tydens O&B in die aande aan eerstejaars gegee word. Dit gaan tussen 21:30 en 22:00 wees en op Woensdae-aande tussen

21:00 en 22:00. Hulle sê verder dat die predi-

kante slegs op Woensdae-aande besoek by die koshuise gaan aflê en nie meer elke aand nie.

“Die sogenaamde speeltyd wat in kampuskoshuise plaasvind, gaan in 2013 deeglik gekontroleer word deur die studentedekaan, SR-voogde en koshuisvaders,” het prof.Fick gesê.

“Seniorontmoeting val nie weg nie en gaan net soos in die verlede voort.”

FOTO: EMZY VAN DER SCHYFFRatau Lebone se eerstejaars op die JOOL-plaas.

O&B-program meer “ stroombelyn ” gemaak vir 2013

POTCHEFSTROOMKAMPUS

®

PBS POTCHEFSTROOMBESIGHEIDSKOOLBUSINESS SCHOOL

Dié unieke geleentheid van die POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL bied die volgende:

• Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur

• Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8)

• Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms!

Me Marilize Minné (skakelbeampte) | Kantoor 402, 4e vloer, Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3)

Tel: 018 299 1412 | E-pos: [email protected]

Gee jou graad momentum met die

• Goeie voorbereiding vir ‘n MBA

• Mededingende voordeel in die arbeidsmark

• Oopboek- en toegepaste eksamens.

inNAGRGAADSE DIPLOMA

Page 6: Wapad - 18 Oktober 2012

6 | NUUS

Drie maniere om hierdie rokkie te dra

Kort voor lankKort voor lank

CYRIL BLACKBURN

Lovers’ Lane het in ’n kleureprag ontvlam met Kaalvoetdag wat verlede week op die NWU-Puk-kampus plaasgevind het. Van bal-lontente tot merkwaardige skui-lings wat deur ou klere opgebou is, het oral op kampus gepryk. Die Kaalvoetdagstalletjies was am-per soos iets uit ’n feeverhaal wat kleur en fleur aan dié Donderdag geskenk het.

Kaalvoetdag, ’n projek wat deur die Studenteraad se SJGD-komi-tee geskep is, probeer studente daarvan bewus maak dat daar baie mense buite die kring van ons alledaagse bestaan is wat nie dinge soos klere en skoene het nie. Terselfdertyd samel die projek ou klere en skoene in wat dan deur die SR:SJGD onder die minder bevoorregtes versprei word.

“Ons probeer al die studente op kampus betrokke kry by die projek om te help om klere te skenk aan dié wat nie so bevoor-reg is nie. Terselfdertyd maak ons hulle ook bewus hiervan,” het

MODEL: CARLI HERBSTFOTO’S: MARI SCHEEPERS

ANJA KOCKS

Juaan Taute, voorsitter van die SR: SJGD komitee, gesê. Die SR: SJGD komitee het gepryk met ’n groen tapyt van begin tot einde in Lovers’ Lane. Studente kon hulle voete in verf druk en afdruk op die tapyt.

Hoewel hierdie projek fokus om klere en skoene in te samel vir mense wat dit nie het nie, is dit ook ’n geleentheid vir die dorp- en koshuisstudente om een te word. Van Gesondheidswetenskappe tot Lettere en Wysbegeerte het deel-

geneem om die dag die sukses te maak wat dit was. By sommige stalletjies was daar meer klere as by ander.

“Ons samel die klere in en handig dit dan oor aan die SR wat dit versprei onder die behoef-tiges,” het Luzanne Keyter, wat betrokke is by die Akademise Stu-dentevereeniging LetWel, gesê.

Baie is gedoen om studente wat nie betrokke by die projek is nie, te oorreed om aan te sluit en deel te vorm van die voete wat spore los in ander se lewens.

“Daar is baie mense wat nie skoene of klere het nie en vandag het ons baie ingesamel om vir hulle te gee,” voer Cornél Havin-ga aan, wat betrokke was by die Caritas Privatus-stalletjie.

Van die studente is net daar en dan in Lovers’ Lane gemaan om hulle skoene uit te trek, som-miges is natgespuit en ander het ballonne ontvang om die harte te versag. Skoene aan of te not - ’n paar harte gaan warmer slaap met klere wat NWU-Pukke tydens die dag ingesamel het.

Kaalvoetdag bly instelling met baie gees

HANNES KRUGER

Die nuwe koordirigent van die NWU-Pukkoor, Kobus Venter (25), is vanjaar met

valkoë deur koormusici -en kriti-ci dopgehou. Die vraag of hy prof. Awie van Wyk se diep getrapte spore volstaan, is krities onder-soek.

Aan die einde van 2011 het prof. Van Wyk ná 36 jaar as dirigent van die NWU-Pukkoor afgetree. Daar moes dringend ’n plan ge-maak word om ’n nuwe dirigent aan te stel en daar was nie tyd om aansoeke oop te maak vir die pos nie. Venter is toe genader om die koor in 2012 af te rig.

“My aanstelling is tydelik en ek weet nie of hulle vir my ’n per-manente aanstelling sal gee nie. Hopelik kan ek volgende jaar nog die koor afrig,” het Venter gesê. “Kobus is nog tydelik aangestel vir volgende jaar en sal moontlik in die toekoms permanent aan- gestel word,” het Horst Bütow, direkteur van PUK-Kunste, gesê.

Venter is tans akademies ’n eerstejaar-musiekstudent met sang as hoofvak. Studente wat graag anoniem wil bly het aan Wapad vertel dat hulle nie deel van die koor wil wees nie omdat hulle “nie seker is van die nuwe dirigent se bekwaamheid” nie. “Ek weier om in die NWU-Puk-

koor te sing as prof. Awie nie die dirigent is nie,” het ’n stu-dent gesê.

Venter meen egter dat almal iewers moet begin. “Ek moet nog baie ervaring opdoen en elke dag is ’n leerskool. Prof. Awie was 27 toe hy die koor oorgeneem het en ek is nou 25.”

“Kobus Venter is uniek en hoogs begaafd. Hy het 'n natuurlike aanvoeling vir mu-siek. Boonop kan hy goed kom-munikeer en het 'n slag met die mag van suggestie. Kobus is hardwerkend, baie slim, werk akkuraat, vinnig en effektief,” het prof. Van Wyk gesê.

“Dit was regtig lekker om hier die jaar vir Kobus te kon sing. Wat lekker is, is dat hy self nog jonk is en die lewe van ‘n student ver-staan,” het Celia Schröder gesê, die nuwe voorsitter van die koor. Die voormalige voorsitter , Dan-

iel Engelbrecht, meen dat Venter nog een van die groot name in die koorwêreld van ons land gaan word. Hy is verder van mening dat prof. Van Wyk en Venter al-twee baie goeie koordirigente op verskillende maniere is.

Ongelukkigheid oor nuwe NWU-Pukkoor dirigent

Nuwe dirigent woeker met PUK-koor

Ek weier om in die koor te sing as prof. Awie nie die dirigent is nie

’n Student wat haar voetafdruk op die groentapyt maak.

FOTO: ANJA KOCKS

Die klere wat ingesamel is toring byna bo die bome uit in Lovers’ Lane.

FOTO: ANJA KOCKS

Prof. Awie van Wyk.

18 OKTOBER 2012

Café Fiori, located on the corner of Steve Biko & Borcherd Street, Bult

Tel: 018 297 0708

“SUMMER IS HERE” Join us for cocktails on the STOEP!

Ice Cold Margarita & Strawberry Daiquiri ONLY R20.00

Pina Colada, Mojito, On the Beach R33.00

•Student Breakfast still only R 19.00 •Coffee R 10.00

•Rib Patty Burger & Chips R30.00

Follow us on face book and at www.cafefiori.co.za

FOTO: FACEBOOK

Page 7: Wapad - 18 Oktober 2012

@

KortliksNUUS18 OKTOBER 2012 | 7

Wêreldnuus CHINA

Die duur prys van ’n iPhone

SAAMGESTEL DEUR HELGAARD ERASMUS

SUID-AFRIKA

Houtbaai bootramp INDONESIË

SA vrou vas oor tik

ETHIOPIË

Suid-Afrikaner neem leisels by AU

VSA, TEXAS

Hande teen die muur

Duisende werkers by die elektroniese reus, Foxconn, se iPhone fabriek in Zhenzhou, China, het voorverlede week in opstand gekom. Volgens China Labour Watch (CLW), ‘n bepleitingsgroup vir Chineese werkers, is werkers ontevrede nadat “té streng eise” vir die produksie van Apple se nuwe iPhone 5 gestel is. Werkers het volgens CLW geskille gehad met inspekteurs wat in sekere gevalle tot geweld gelei het.

Twee mense het Saterdag verdrink toe ‘n bootrit na die bekende Robeiland naby Houtbaai in ‘n ramp ontaard het. John Roberts(37) en Peter Phillip Hyett (64) het verdrink nadat die Miroshga, ’n boot met 39 passasiers aan boord, omgeslaan het. ’n Professionele swemmer en ’n groep per-lemoenstropers was onder die helde wat tientalle mense uit die ysige see gered het.

Kathlyn Dunn (28) is verlede Donderdagnag gear-resteer by die Lombok Internasionale Lughawe vir die dra van 2.6 kilogram tik in haar baggasie. Volgens West Nusa Tenggara provinsie se plaas-like dwelmeenheid hoof, Snr. Kmdt. Ricky Simon, staar Dunn verskeie aangklagtes in die gesig wat die doodstraf dra ingevolge Indonesië se Dwelm-wet van 2009.

Suid-Afrika se Minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Maandag haar termyn as kommissie-voorsitter van die Afrika Unie (AU) van stapel gestuur. Haar aanstelling is met ‘n oorhandigingseremonie by die AU-hoofkwartiere in Addis Ababa gevier. Dlamini-Zuma het oor haar voorganger, Jean Ping, in Julie vanjaar geseëvier. Die 63-jarige neem oor terwyl die AU ernstige kwessies in die gesig staar soos Islamitiese militante in die noorde van Mali en ‘n groeiende rebellie in die ooste van die Demokra- tiese Republiek van die Kongo.

‘n Wrede ma van Dallas, Texas, is tot 99-jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar tweejarige dogter se hande teen ‘n muur vasgeplak het met Superglue. Elizabeth Escalona (23) het klein Jocelyn Cedillo ook in die maag geskop en met ‘n beker geslaan. Jocelyn het bloeding op die brein, ‘n gekraakte ribbebeen, verskeie kneus-plekke en bytmerke opgedoen.

No Guts No Glory

Over de voor 2009/2010

Villagers Mansdorpskoshuis“Beste sportkoshuis op die Puk”

Primarius - Zak Fourie: 083 389 2337 Werwings HK - George Lyon: 084 299 4916 Villagers kantoor: 018 299 2838

www.puk.ac.za/koshuise/villagersM a n s k o s h u i s

Bellatrix Damesdorpskoshuis“‘n Kampuskoshuis in die dorp”

Primaria - San-Mari Erasmus: 082 827 0259Werwing Hk-lid - Arzaan Badenhorst: 082 463 4678

Bellatrix Kantoor: 018 299 2841

www.puk.ac.za/koshuise/bellatrix

EXCEL-LIEN-si SO IN-spy-RINGS

Vol-TRIX-Jäh

NET-jHEIT-my-hartKabHOMe DE WILd om te WAG VOOR jy my STEEL

uitsPATig VERby

REUSe parEIKie

CAPit LAfTAUtally gevHEI

WAN-Dis-PURfekREVElusie

Va va vOOm

2012/2013

THABA - JÄHSleepname

KOBUS OLIVIER

On the 14th of October Red Bull Stratos pushed the limits of what is known, when Felix Baumgartner leapt out of a cap-sule situated 39,045 kilometres above the surface of the earth. Whilst tumbling towards the ground, Baumgartner broke three World Records.

The jump had previously been scheduled to take place on the 11th of October, but had to be postponed due to unstable weather conditions. Baumgart-ner was taken up to his jump height via a helium filled bal-loon. Once inflated, the balloon stood as tall as a fifty-five story building. Baumgartner was en-closed in a pressurised capsule for the duration of the ascent. He wore a pressurised suit and helmet to protect him from the harsh conditions in the farthest reaches of the earth’s atmos-phere, which include tempera-tures below -40°C.

During the freefall - which lasted 4 minutes and 19 seconds- Baumgartner became the first person to break the speed of sound, reaching an estimated 1, 342.8 km/h. The 43-year-old Austrian skydiving expert now also holds the World Record for

the highest freefall and highest manned balloon flight. The to-tal jump time was estimated at 9 minutes 3 seconds.

Assisting with the jump was retired United States Air Force Colonel Joseph Kittinger, who had previously held the record for the highest skydive at 31, 332 kilometres. When asked prior to the jump how he would feel if Baumgartner broke his record he said, “I would be delighted. It’s a new step”.

Kittinger still holds the re-cord for the longest freefall.

After the jump, Baumgart-ner said at a news conference: “When I was standing there on top of the world, you become so humble, you do not think about breaking records anymore, you do not think about gain-ing scientific data. The only thing you want is for you want to come back alive.”

Small step, giant leap

FOTO: GHANANEWSAGENCY.COM

Chatz Cellular PotchefstroomPreferred Vodacom Sales Experience

Potential Basic salary of between R3000 – R7000Excluding Commission. Applicants must be highly motivated & success driven. CV’s must be emailed to:[email protected]

Vacancy For:1. Sales Consultants2. Admin Official3. Product & Data Specialist

Compulsory:• Experience in Sales & Customer Interaction• Basic Computing Skills• Fluent in English and Afrikaans

Page 8: Wapad - 18 Oktober 2012

NUUS8 | 18 OKTOBER 2012

KEVIN DU PLESSIS

Poep. Een honderd persent van mense doen dit en steeds bly dit onaanvaarbaar. Die samelewing het ’n baie snaakse manier van funksioneer. Vir my is dit nie ’n probleem nie en daarom is ek ook nie skaam om daaroor te praat nie. Hier is tien van die snaakste poep-oomblikke:

“Dit was die stoel wat so gemaak het!” Néé dit was nie. Eerstens was dit nie ’n

leerstoel gewees nie en tweedens: hoekom stink dit?

Dit help nie regtig om skielik te wil hoes om die geluid te demp as jy reeds

die wind gelaat het nie. Almal het jou reeds gehoor.

Die populêre sê-ding van “eerste geruik het die gaatjie gebruik” is bog. Ek

weet en jy weet almal bly maar stil en hoop niemand ruik dit nie. ’n Beter opsie sal die Engelse een wees: “He who denied it, supplied it”.

Dan is daar natuurlik my ma se gunsteling een: Die Ninja-poep. Hierdie knert-

sie maak geen knal. Dit is bloot ’n ontsnapping van geurige wind wat groen sou wees as dit ’n kleur

sou gehad het.

Die senuwee-poep. Dis daardie baie eienaardige oomblik wat jy per onge-

luk een laat lui, skrik vir hom, wat dan veroorsaak dat jy hom afknyp met ’n hoë fluitgeluid.

Dit het nou nog nie self met my gebeur nie, maar ek het al gesien dat ie-

mand homself wakker poep. Dít is awkward, want hulle dink dis jy wat ’n geraas gemaak het en kyk jou dan met die buffelsoog aan.

Dis ’n vuurwarm, aaklige sensasie reg tussen die boude. Dié poep het so ’n

hoë digtheid dat jy voel dit is ’n fisieke wolk wat om jou dryf. Jy hardloop sélf vir hom weg, maar steeds agtervolg hy jou.

Hoe weet jy jy is goeie vriende met iemand? So-dra een van julle die eerste

stinker gelos het, julle saamgelag het, en dan begin kyk wie kan die hardste een los. Tot iemand anders in die vertrek instap en braak.

Party van ons het al daarvan gehoor, en selfs minder van ons het dit al

ervaar, maar die ou “oepsiepoep-sie” is nie ’n mite nie. Jy weet wat het Dog gedoen? Hy het ’n veer ge-plant, toe poef hy in sy broek.

Wapad sê: “Neem eien-aarskap van jou winde.” Wees trots op jou brand,

druk jou neus onder die kombers en neem hom in voor iemand anders hom gaps.

Laat dit net uit, wees vry

Eet en drink op 14 temasJEANELLE GREYLING

JOOLympics behels fietsry, boere-sport, pot en pons. Overalls, wors-broodjies, bier en Brutal Fruit slushies het dié geleentheid soveel soeter laat smaak. Die Pot-en-Pons-stalletjies was uiteenlopend en interessant – om die minste te sê. Caput-eerstejaar, Stefan van der Schyff, het gesê, “Die ure is lank, maar dis lekker om die eind resul-tate te sien”. Caput en La Varia het ’n hoenderpot en cabarinja as deel van hul Meksikaanse tema vir die beoordelaars voorberei.

Benjamin Lombard, Veritas se Jool HK-lid, het gesê sy baard is spesiaal vir hul Billy’s Mechanix-tema gegroei. Veritas en Huis Re-publiek het selfs ’n speletjie aange-bied: ’n toiletsitplek moes oor die teiken - ’n houtpaal - gegooi word.

Die wetenskaplikes van Patria en Vergeet-my-Nie se Coollaborato-ry het na die Tuin van Eden gereis ná ’n projek verkeerd geloop het.

“Die beoordelaars gooi hul eie pons in proefbuise. Daar is

selfs sherbet wat die pons aan ’n eksperiment herinner,” het Magda Niewoudt, Vergeet-My-Nie se Jool HK-lid, gesê.

Die Arabiese Karlien en Ex-celsior het hubbly gerook en die beoordelaars het hul kerrie-lampot op die grond geniet. Hul pons het onder meer uit druiwe en lemon-ade bestaan. “Dit is om die pallet skoon te maak na die kerrie-lam,” het Bonnita Becker, Karlien se Jool HK-lid gesê.

“Ons het net R500 spandeer.” het Rini van Vuuren, Dinki se Jool HK-lid, van hul Fourth of July-tema se uniekheid gesê. “En wie is nié getoor met Amerikaanse muscle cars nie?”

Oktober vakansie se treintoer was die inspirasie vir Eikenhof en Laureus se stalletjie. Benro Naudé, Laureus se JOOL HK-lid, het gesê die spanwerk was onverbeterlik: “Die vroue sorg vir al die klein details waar sonder dié projek nie sou werk nie”FOTO: ALDA BRONKHORST

'n Student hard aan die werk met 'n Pot-en-Pons-stalletjie.

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

MIZAN VAN DER MERWE

Die Noordwes-Universiteit het nie sy geld in die spre-ekwoordelike water gegooi toe hy aan 25 swemmers van Swem Suid-Afrika (SSA) ’n vroeë kersgeskenk gegee het nie. Die Universiteit het R360 000 geborg sodat dié swemmers in Desember aan die Wêreld-kortbad-kampioenskap in Is-tanbul, Turkye, kan deelneem. Die borgskap word verdeel in R14 400 per swemmer en sluit ontspanningsdrag en sport-sakke in.

In die Beeld van 12 Oktober het prof. Herman van Schalk-wyk, rektor van die NWU-Puk, gesê, “die span se sukses by vanjaar se Olimpiese Spele spreek van uitnemendheid,” en dat hulle ons baie trots ge-maak het met hul deelname aan die Olimpiese Spele en be-hoort ondersteun te word.

Die span wat die borgskap ontvang het, sluit onder an-dere die Olimpiese kampioene Chad le Clos en Cameron van der Burgh in, maar daar is eg-

ter ook ander minder bekende swemmers wat nie in die “ geld swem ” nie en volgens Volks-blad (15 Oktober) “probleme met die ekstra uitgawes sou hê”. Volksblad het in ’n berig gesê die swemspan sal omtrent R8 000 elk vir reis- en verbly-fkostes moet opdok vir die vyf dae van die kampioenskap.

Volgens Beeld het mnr. Jace Naidoo, SSA-voorsitter, gesê: “Dit is nie lekker as die atlete wat bygedra het tot die land se sukses en so hard gewerk het weens geldelike probleme nie kan deelneem nie.”

NWU maak beursie oop vir SSA

Die span wat die borgskap ontvang het sluit onder andere die Olimpiese kampioene Chad le Clos en Cameron van der Burgh in

ADVERTENSIE

Die eerste vraag wat voornemende studente vra wanneer hulle meer inligting oor die Nagraadse Diploma in Bestuur wil bekom is: “Kan ek dié diploma doen al het ek nie ’n B.Com graad nie?” Ja, want enige voor-graadse kwalifikasie word aanvaar wanneer jy vir die Nagraadse Diploma in Bestuur aan die Potchefstroom Besigheidskool aansoek doen. Die diploma se kursusinhoud is baie praktykgerig en van die studente wat deelty-dse poste beklee, ervaar dat hulle reeds baie ondervinding opgedoen het, al is dit net op teo-retiese gebied.

Die Nagraadse Diploma kan ook as ’n tweede opsie vir ’n honneursgraad oorweeg word en is gelykwaardig aan ’n honneurskwalifikasie. Gekwalifiseerde persone soos onder andere ingenieurs, rekenmeesters en ander professio-nele persone vorder gewoonlik vinnig in hulle loopbane tot op die vlak waar bestuursbeslui-te van hulle vereis word. Aansoeke het reeds geopen vir 2013. Studente wat die keuring-sproses slaag, leer mekaar beter ken tydens ’n informele openingsbraai op 30 Januarie 2013.

Diploma verbreed jou horisonne

Page 9: Wapad - 18 Oktober 2012

VermaakKuns

Oorsig van Aardklop teaterstukke

Blik op SA-teater

aKING CDgive-away

The Plastics gee vier kaartjies weg

210 211

Op Dees Aarde

Woza Andries?!

Kind Hamlet

Ubu en die Secrecy Bill

Vagina Dentata

KEVIN DU PLESSIS &KOBUS OLIVIER

Suid-Afrikaanse teater in die “Era van die Feesgang-ers”, soos wat Kind Hamlet

vir sy gehoor uitwys, is vol kaal mense en baie sensasie. Maar die Potchefstroom-sale met Aardklop bly vol en die gehoor bly gelukkig met ’n string opwindende stukke.

Die eerste verskynsel wat uit-staan is Christiaan Olwagen se “Politik”-trilogie wat almal aan die praat gehad het tydens Aard-klop.

Die eerste een van die drie is die wulpse feministiese kabaret wat in glans, klaterkoud en skitter- blink skrapse nommertjies uitge-voer is, Vagina Dentata. Hierdie musikale satire is gewaagd, tong-in-die-kies en kyk na die unieke stories van die Suid-Afrikaanse vrou. Die geselskap het die ge-hoor aan hulle, hoes-hoes, lippe, laat hang en ja, dit was “F*cking political”, maar ver van vervelig af en absoluut briljant uitgevoer.

Die tweede stuk is Woza An-dries?!, gebaseer op die protes-teaterstuk Woza Albert!. Dit het verskyn op Beeld se voorblad om-dat daar 22 mense uitgestap het met sy eerste vertoning. Dit het as gevolg van die feit dat Christus se wederkoms uitgebeeld is in die vorm van ’n bruin dame wat later ’n grusame verkragtingstoneel deurgaan.

“Dit is vreeslik visueel, maar ek verstaan wat hulle probeer doen. Miskien is dit omdat dit so na aan die waarheid is dat dit my so aanraak,” het ’n vrou huilend aan Beeld gesê.

Hoewel dit nie ’n swak stuk is nie, is daar oomblikke wat die gehoor onderskat word en waar die illusie gebreek word met min sukses.

Die laaste aflewering van die trilogie, Ubu en die Secrecy Bill, is ’n politieke satire oor waarheid en leuens en ’n studie in korrup-sie. Dit is ’n uiters tegniese teks wat merkwaardig uitgevoer is en baie inligting bevat. Hierdie stuk

gee die gehoor koue rillings om te dink hoe baie raakvat politieke kommentaar gelewer is.

Wessel Pretorius, ook ’n ster in die “Politik”-trilogie, vaar uit op die proses van grootword in ’n monoloog getitel “Ont-”. Hy wag die gehoor in binne ’n skottelbad en begin die stuk deur per onge-luk sy testikels aan die gehoor te flits. Nietemin is dit uitstekende toneelspel en die gehoor kon baie tevrede wegstap.

Kind Hamlet is deels doku-mentêr, deels ode; dog volkome teater. Hierdie stuk is ’n blik op Suid-Afrikaanse teater en lei die

gehoor tot ’n beter insig van wat die bedryf geword het van toeka tot nou. Dit stel interessante kon-tras tussen oud en jonk, klassiek en modern, en die reis van die ak-teur van vakman tot kunstenaar.

Die stuk Op Dees Aarde is uitge-voer as ’n huldeblyk aan Reza De Wet wat vroeër vanjaar oorlede is. Dit is gedoen met die tipe toneels-pel wat ’n mens kan verwag met enige iets gekoppel aan so ’n groot naam in die bedryf.

Babbel, die derde van sy soort buitelugteater by die fees, bied ’n skokkende en ultra oorspronk-like uitkyk op die moontlike apo-

kaliptiese toekoms van die mens-dom. Net soos Ubu en die Secrecy Bill laat dit jou koud na die tyd as gevolg van die waarhede wat aange- raak word.

Soos met enige teatermaraton is daar ook teleurstellings. Vir Wapad was dit die swak uitvoe- ring van die stuk Die Rebellie van Lafras Verwey, sowel as die lomp en cliché-teks Af.

Oor die algemeen is die teaters nog vol, hoewel dit lankal nie meer iets is wat in kerksale uitgevoer kan word nie. Dit gaan goed met Suid-Afrikaanse teater. -Bron: teaterteater.com

Oor die algemeen is die teaters nog vol, hoewel dit lankal nie meer iets is wat in kerksale uitgevoer kan word nie

GRAFIKA: TEATERTEATER.COM

FOTO’S: TEATERTEATER.COM

Page 10: Wapad - 18 Oktober 2012

KUNS EN VERMAAK10 | 18 OKTOBER 2012

19 OctoberMemphis RockThundermerweWinterstasieHammer of Redemption

20 Oktober G20NWU-Pukkoor15:00

25 OktoberMemphis RockThe Narrow

18 Oktober - 10 November

MARLI OOSTHUIZEN

“Dis net treinkeer eentoer,” soos Veritas sal sê. Dis weliswaar ’n ope vraag of daar weer ’n trein-toer van dié aard gaan wees, maar vir die meeste mense was eenkeer meer as genoeg.

Die toer het heel anders afges-kop as verwag. Eers is daar heel-wat langer op die trein gewag as beplan, maar toe die trein uitein-delik opdaag, het die stasie soos die agterkant van Yoof (Bruin-mense het nie R50 betaal nie) ge-lyk op ’n Sondagoggend, wat ’n positiewe teken is vir die algehele gees waarmee die trein ingewag is.

Baie verhoudings is op ’n mul-tikulturele-vlak gebou toe die trein nie eksklusief of leeg was nie, maar ’n openbare trein van dié soort waarmee mense ry wat nie vliegkaartjies kan bekostig nie. Die trein is egter gou omskep tot die Bult in die voorste trokke,

en River in die agterste komparte-mente.

Die amptelike blyplek was skoolkoshuise in Villiersdorp - ’n vinnige twee ure se ry van Stel-lenbosch en enige vorm van lewe af. In Stellenbosch is daar ’n een-voudige skedule gevolg van wyn-

proe en vrolik raak in die oggend, whiskey proe en moeg raak in die middag en uitgaan en dans in die aand. Tollies en Springboks (En-gelse uitspraak) was die tuiste van almal wat graag skud, Bohe-mia ’n heenkome vir almal wat eerder goeie musiek en ’n rustiger

Daar was lente in die Boland

niversary album,” het die lede van die band gesê.

Die twee nuwe snitte wat op die album sal verskyn is Wild Child en Jezebel – albei gedryf deur twee interessante en unieke lewensver-hale – wat deur aKING self ver-vaardig is.

Wild Child gaan in kort oor die onverskillige gedobbelry met die lewe en geliefdes wat 'n persoon ty-dens sy/haar jeug ervaar.

“Jezebel is ’n song wat gaan oor

atmosfeer geniet en die 22:00 bus terug Villiersdorp toe; ’n veilige hawe vir almal wat nie meer kon byhou, uithou of inhou nie...

Die treintoer het afgesluit as ’n bustoer waartydens daar maar min verhoudings gebou is. Vakan-sieromanses het verflou soos wat Potch en daardie meisie met wie jy soortvan iets aan het al nader kom. Gemoedelikheid tussen koshuise het vervaag soos wat die drank uitgewerk het en moeg- heid ingeklim het. Veilig terug in Potch het die meeste mense gaan uitrus en met hul nuutgevonde kennis gaan spog in Aardklop se wyntuine en ander plekke wat nie wyn verkoop nie. Dié mense is ’n goeie voorbeeld van die tipe mense wat op die toer was. Mense-mense. Lekker mense.

Uiteindelik was die 2012 trein-toer ’n reuse sukses as jy een daarvan gemaak het en is daar net een ding oor om te sê: M-A-T-I-E-S, PUKKE, PUKKE!

ANICA SCHEEPERS

Vir die nuuskierige aKING aan-hangers gaan die album The Red Blooded Years Special Edi-tion – wat ’n voorsmakie van hul vierde album sal bied – in die nabye toekoms vrygestel word.

Diegene wat nie gou genoeg kon spring om aKING se album Red Blooded Years in die hande te kry nie, kan nóú voordeel trek uit dié spesiale album met twee nuwe potensiële treffers wat in middel Oktober beskikbaar sal wees.

Die lede van aKING meen dat hul nog nooit van tevore ’n spe-siale uitgawe van enige van hul albums vrygestel het nie en hul dus besluit het om dié spesiale uitgawe vry te stel.

“Dis basies soos ’n eenjaar an-

liefde wat suur word nadat albei persone soveel daarin belê het,” sê Laudo Liebenberg, ’n lid van aKING.

Al die musiek video’s van The Red Blooded Years sal op die album verskyn.

Johnny de Ridder het ook deel aan hierdie spesiale uitgawe met ’n remix van All in the Wind.

Met die aankoop van dié album sal elkeen ’n heerlike bonus ont-vang: ’n geskenkbewys van Adidas.

aKING spog met spesiale uitgawe

Laudo Liebenberg, hoofsanger.

Wapad gee ’n getekende CD van The Red Blooded Years Special Edition weg. Plaas jou gunsteling aKING-oomblik op Wapad se Facebook-blad én tag aKING daarin. -18 tot 23 Oktober

FOTO: MARI SCHEEPERSNWU-Pukke saam by 'n Amarula-proe.

Vir besigheids ALLEdrukwerk en branding!

PrecisionDesign • Pr int • Market ing • Photography • Dist r ibut ion

082 758 1232/ 018 293 2187/ [email protected] 758 1232/ 018 293 2187/ [email protected]

FLYER LABAuthorized Dealer

082 758 1232

“"1-Stop"

oplossing!!

jou “Like” us on

Precision Design

for those about to

THE LIFE MARKET

3 November SnowflakeThe Life Market

9 November Memphis RockDeity's MuseDave van Vuuren

10 NovemberMemphis RockSmokehouse, Jet Black Camaro Float Parade

PUKKOOR

for those about to

Alanka is beroemd

Daardie awkward oomblik wanneer...

Een sleep alles wenDaardie awkward oomblik wanneer...

Een sleep alles wenPatria en VMN in aksie by die Bingle Sêr waar hulle die kompetisie uitgestof het in al drie kategorieë

MIA JORDAAN

Alanka Craffert van die de-partment PUK-Kunste en voor-malige SR: Kunste, is besig om vir haarself ’n naam te maak langs internasionale sterre.

Dié NWU-Pukstudent is tans in die Kaap by Cape Town Film Studio’s, besig om aan die fliek, The House Party: To-night's the Night, te werk.

Die fliek gaan oor twee hoër-skoolseuns, Chris (Tequan Richmond van Everybody Hates Chris-faam) en Dylan (Zac Goodspeed) wat besluit dat hulle eendag bekende rap-pers wil word en hou die groot-ste huispartytjie in die skool se geskiedenis - terwyl hul wag vir die talent scouts om op te daag.

Craffert speel die rol van die skaam muurblommetjie, Precosious, wat die liefde van haar lewe by dié huispartytjie ontmoet en haarself “transfor-meer in 'n wulpse karakter”. Die fliek gaan sover nog net beskikbaar wees vir televisie en DVD, maar volgens Craf-fert is Warner Bros baie opti-misties.

ELPHIA BAARD

Koshuisinwoners, familie- lede en vriende het met vele hoop en verwagtinge

hulle onderskeie koshuise kom ondersteun vir vanjaar se Bingle Sêr. Die tema vanjaar was “Dit wat kon wees.”

Die algehele wenners van Bin-gle Sêr 2012 is as volg: Vergeet-my-nie en Patria in die eerste plek met hulle F.A.T. camp-tema, die weeskinders van Heide en Ratau Lebone in die tweede plek, en

Wag-'n-bietjie en De Wilgers met hulle Japanese-tema in die derde plek.Melding moet van Bingle 2012 se verassingspakkie Puk-Dorp en Wanda gemaak word. Hulle uiters kreatiewe konsep van ‘n kunsmuseum het nie net guns by die gehoor gewen nie, maar duidelik by die beoorde-laars ook.

Die kompetisie was soos ouder gewoonte in die ouditorium ge-hou met die uitsondering van 'n vertoning na die Amfi-teater vanaf die Totius geskuif is, ten

spyte van negatiewe terugvoer in 2010 oor die kwaliteit van die klank in die Amfi-teater.

Omdat 'n Afrikalied hierdie jaar 'n voorvereiste was om transfor-masie en integrasie aan te moedig, het koshuise baie druk ervaar om die uitspraak van die tale reg te kry. Vergeet-My-Nie en Patria het uiteindelik 'n kontant- prys van AKSA ontvang vir hul uitstekende verwerking van hul Afrikaliedjie.

So kom nog 'n suksesvolle Bin-gle Sêr tot 'n einde en nou is dit iets van die verlede...iets wat was.

wil net baie dankie sê aan Precision drukkers wat ons geborg het met merchandise.

Gebruik hulle vir al jou design, druk, bemarking en fotografie benodighede.

Page 11: Wapad - 18 Oktober 2012

KUNS EN VERMAAK | 1118 OKTOBER 2012

LIZANNE LOOTS

Stefani Joanne Angelina Germanotta(26), beter bekend as Lady Gaga, is amper in Suid-Afrika.

Dié sangeres wat met die nag wil trou se besoek aan SA is maar een stop op haar wêreldtoer, Born this way.

Sy beplan om twee optredes te doen in die tyd wat sy hier is. Die eerste optrede is 30 Novem-ber in Johannesburg. Gelukkig val dit nie in die eksamentyd nie. Haar volgende optrede, wat dan haar laaste optrede in SA sal wees, vind op 3 Desember in Kaapstad plaas.

SA gaan GagaDosent doen impak studie

Volgens 'n impakstudie wat pro-fessor Melville Saayman oor Lady Gaga gedoen het, word verwag dat die omset vir beide konserte in Johannesburg en Kaapstad min of meer sal vergelyk met dié van Coldplay. Die ekonomiese gevolge van haar konserte beloop as volg: Die konserte sal ’n totale direkte besteding van R50 miljoen tot gevolg hê. Die totale produksie waarde daarvan behoort uiteinde-lik R70 miljoen te wees.

Dis geen verrassing dat Lady Gaga se kaartjies lankal reeds uitverkoop is nie. Meer as 100 000 mense sal die konserte bywoon. “Wat hoogs uniek van haar ver-tonings is, is die feit dat sy ge-

reeld van kostuum verander en dat daar heelwat choreografie betrokke is,” het Saayman gesê. Aangesien sy in SA gaan wees, wonder 'n mens hoe sy sal lyk met 'n uitrusting gemaak van biltong en boerewors. “Haar op-tredes behoort 'n heel nuwe er-varing vir die Suid-Afrikaanse gehoor te wees, ” het Saayman gesê.

Hierdie toer van haar het ook al verskeie opslae veroorsaak. Volgens The Jakarta Post, is sy verbied om in sekere lande soos Indonesië en Jakarta op te tree.

Daar is groot opgewondenheid oor die Lady wat Suid-Afrika-ners met haar gaga gaan be-

Was dit nou ’n besonderse erva- ring om vir twee ure lank heerlik benoud in Afrikaans te wees.

Wolwedans skop af met beloftes van onheil danksy tonele deur Tom Marais die kinematograaf. Jy voel die bedompigheid van die woud aan, die fluisterstemme, voetstappe wat kraak op die blaarbodem van die woud, trane, die kap van ’n byl en geheimsin-nige persona’s neem die kyker op ’n visuele- en verbeeldingsreis.

Die kamera- en regiewerk is van uitstekende gehalte. Die kyker word vervleg en deurweef aan die karakters en hulle lot. Die vloei, klankeffekte en simboliek van die tonele word verbind aan mekaar om egtheid aan die gebeure te verleen, alles geslaagde tegnieke om die gevoel van ’n riller te skep. Die fliek bevat interessante karakters, ou gesigte en nuwe talent. Rolanda Marais (Sonja Daneel) vertolk

Grafiese studente dorings by PendoringsMIZAN VAN DER MERWE

Die NWU-Puk se grafieseont-werp studente het behoorlik die Universiteit se naam hoog gehou tydens die jaarlikse Pendoring Reklamekompetisie. Die Noord-wes-Universiteit het ook trots by die 32ste Loerie-toekennings met drie bronstoekennings en ’n sertifikaat vir studentevernuf weggestap.

Natasha Prinsloo, ’n vierdejaar BA-Grafiese Ontwerp student van die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus, het ’n goue Pendoring toekenning in die afdeling Studentevernuf asook die algehele studenteprys (ver-werf) vir haar reklameveld-tog Blink Stefanus Motorbykom- stighede. Natasha Prinsloo, Mi-chelle Bruwer, Nadia Jansen van Vuuren en Ilse Viljoen het ook ’n goue Pendoringtoekenning ont-vang vir hulle geïntegreerde veld-tog Selfliefde vir die Vredefest organisasie.

“Die projek was suksesvol om-

dat dit ’n unieke approach tot bors-en testikulêre- kanker was met betrekking tot die konsep van selfliefde,” het Prinsloo gesê.

Adriaan Esterhuizen verwerf ook ’n silwer Pendoring vir sy stopanimasie televisie adverten-sie Agter Vensters in die tradi-sionele media-kategorie.“Ons is

Grafika: Deel van Natasha Prinsloo se ontwerp wat 'n goue Pendoring ontvang het.

altyd baie trots daarop wanneer ons studente presteer. Dit is ook baie bevredigend wanneer die hoeveelheid toewyding en baie laat nagte wat ons studente insit, beloon word,” het mnr. Richardt Strydom Grafiese Ontwerp dosent van beide projekte wat die goue Pendorings ontvang het gesê.

Andre Ackerman het twee bronstrofees by die Loerietoe-kennings ontvang vir Zombie Week vir M-Net Action en ‘What Really Happened vir Discovery Investigate in die film, video en mosiegrafika-afdeling. Bernice Douglas het ook ’n brons ontvang vir haar korporatiewe identiteit in die Student Awards: Logos and Identity Programmes sowel as ’n sertifikaat vir illustrasievernuf in die kategorie, Illusion-Craft.Volgens Strydom is Jaco Burger, ’n oudstudent wat in 2009 afgestu-deer het, by vanjaar se Loeries aangewys as een van die twee Adams & Adams Young Creatives wat deur die Loeries, Cannes toe gestuur word. Ten opsigte van die gehalte en kwaliteit van die deelnemers se projekte het Stry-dom die volgende te sê gehad: “Prestasies soos dié by Pendo rings en Loeries dien as baro-meter, maar is nie noodwendig ’n aanduiding van die algehele stan-daard van ’n instelling se werk nie. ”

die hoofrol uitstekend. Die stori-elyn voel deurmekaar en asof dit stadig ontknoop aan die begin, maar dit is die wag en die konsen-treer werd. Die vuishou aan die einde is effens tipies radiodrama, maar die toneelspel, die visuele elemente en die intrige maak op daarvoor.

Dit vat baie van die gemiddelde Suid-Afrikaner om homself vanaf hulle gunsteling Afrikaanse sepies weg te skeur en die tele-visie vir ’n aand in die filmteater te verruil, maar Wolwedans in die Skemer is die moeite werd. As jy jouself ’n fakkeldraer vir Afrikaans ag en wil ervaar hoe ’n nuwe genre in die Afrikaanse filmbedryf gebore word, gaan kyk dit nou!

Wolwedans in die Skemer is ’n meesterstuk wat die Afrikaanse rolprentbedryf tot nuwe hoogtes neem.

Heerlik benoud in Afrikaans

As jy jouself ’n fak-keldraer vir Afrikaans ag en wil ervaar hoe ’n nuwe genre in die Afrikaanse filmbedryf gebore word, gaan kyk dit nou.

The Plastics smelt gehore se oreMIA JORDAAN

Die Kaapse band The Plastics gaan binnekort ’n draai in die Noorde kom maak. Dié indie-groep bestaan al van 2007 af, maar het eers begin as die punk-band HOAX, gestig deur twee broers Pascal en Sasha Righini. Die Righini’s het toe The Plas-tics begin wat nou so ver van punk af is soos Kaapstad van Potchefstroom.

Die band bestaan uit Pas-cal Righini Arjuna Kohlstock, Karl Rohloff en Sasha Righini. Hulle klank is uniek en as jy nie saamsing nie, sal jou voete som-mer die praatwerk vir jou doen.

Ná hul eerste treffer Extended Play wat in 2008 vrygestel is, het Kiss The Plastics vinnig gevolg. Die sukses van Kiss The Plastics het gesorg dat hulle by Rock-ing the Daisies kon headline. The Plastics se debuutalbum SHARK het gevolg en was ’n reusesukses. Caves is die eerste snit vanaf dié album wat land-wyd radiostasies gehaal het en was nommer een op TUKSfm se

FOTO: VERSKAF

FOTO: PINTEREST.COM

TOMAANFLIEKELPHIA BAARD

FOTO: VERSKAFThe Plastics .

SA Top 10. Caves se musiekvideo maak jou lus om saam te dans in ’n skoolsaal vol nerds (dink Na-poleon Dynamit).

Hulle tweede vollengte album getiteld Pyramid word middel Oktober vrygestel. The Plastics verskyn 26 Oktober saam met Moses Metro Man by Memphis Rock. Indien jy nie weet wat om te verwag nie, is dit ’n goeie idee om 26 Oktober te kom inloer.

Wen ’n stel dubbelkaartjies na The Plastics in Memphis Rock op 26 Oktober deur te comment op die vraag op Wapad se Facebook-groep: Watter bands het ook twee broers as lede?

Page 12: Wapad - 18 Oktober 2012

12 18 OKTOBER 2012

KommentaarRedaksioneel

BrieweAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: [email protected]

Ombudsman

Regstellings

HOOFREDAKTEUR: Kevin du Plessis (071 289 6480)INHOUDSREDAKTEURS: Colette Botha (072 521 4570) Simon Sonnekus (084 567 9271)SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw (073 399 1866)TEGNIESE REDAKTEUR: Inge Buitendag (071 609 6301)FOTOGRAFIE & GRAFIES: Mari Scheepers (073 401 8235)SKAKELING: Kobus Olivier (083 456 3714)ADVERTENSIES: Albertina Ngobeni (076 940 3864)FINANSIES & BORGE: Berno van Heerden (082 922 4244)EKSTERNE AKSIES: Jolandé Pienaar (082 758 0204)WEBMEESTER & VIDEO: Conrad van Wyk (082 563 9535)HOOFTEKSVERSORGER: Joanie Schiel (083 381 4467)

Teksversorgers: Louise Kruger, Joanelle Everson, Hannes Kruger en Jeanelle Greyling.

KernredaksieDie volgende Wapad verskyn tydens O&B 2013

18 OKTOBER 2012

Die volgende inligting is onlangs onder Wapad se aandag gebring. Dit is geskryf deur 'n student aan van sy klasmaats om idees vir 'n projek deur te gee:

Wapad wil graag hierdie opvattings aanspreek deur te sê dat ons 'n studentekoerant is wat fokus op kampusnuus. Ons is nie 'n nasionale koerant wat wêreldkwessies aanpak nie. Ons glo ook dat die nuutste twee uitgawes alles behalwe oppervlakkig en onbenul-lig is, en dit praat definitief nie net die kampus goed nie. As jy aantuigings wil maak, doen eers jou navorsing.

Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

BrieweKolom

“Mock Wapad” dui op onkunde van studente

@corniap

@reeper88

Dit is ’n reaksie op Cornia Preto-rius se brief, "Squeeza en Chiefa is onaanvaarbaar", wat in die vorige uit-gawe van die Wapad gepubliseer is.

"Onkunde sal altyd seëvier," Hunter Kennedy. Ek is geskok. Geskok om te lees dat ’n dosent so besonders oningelig kan wees.

Hoe is dit moontlik dat iemand nie van ’n spesifieke aanspreekvorm hou nie, en dit dan self gebruik? Squeeza en Chiefa is ’n wedersydse bynaam Mevrou. Met ander woorde die werknemers spreek die studente óók op daardie wyse aan. Het Mevrou dit geweet?

Ek twyfel sterk. Die hele premis waarop Mevrou se argument geba- seer is, is dus arbitrêr en ongesub-stansieër.

Mevrou voer aan dat studente nie na dink oor die terme nie en daarom beteken dit dat swart mense vir niks anders as werk goed is nie. As dit waar was sou studente en werkne-mers mekaar nie eers gegroet het nie. Squeeza en Chiefa is vriende-like (selfs vriendskaplike) terme wat agting vir mekaar suggereer en het absoluut niks met politiek uit te waai nie. Inteendeel dit is ’n positiewe gebruik.

Ek het vir die interessantheid daarvan een van die squeeza's in ons koshuis, Julia, gevra of dit haar pla dat ons mekaar "Squeeza" noem en of sy ’n ander aanspreekvorm sou verkies. Sy het gelag en gesê dat sy daarvan hou en gevra hoekom dit haar ooit sou pla.

Ja Mevrou, taal is inderdaad ’n kragtige wapen. Een wat Mevrou dalk heelwat beter kon aanwend deur uit te vind of hierdie byname regtig 'n probleem is. Een wat Mevrou dalk selfs nog beter kan aanwend deur werklike probleme aan te spreek.

Dit is jammer om te dink dat iets wat entlik ’n positiewe tree in die rigting van transformasie is, in ’n negatiewe lig gestel kan word. Ek kan nie help om te wonder of Mevrou se brief nie op akademiese self-voldaanheid gegrond is nie.

-Martin Laubscher

Die artikel op bladsy 8 van die 20 September uitgawe wat berig van die bouwerk op kampus, het verkeerdelik na die nuwe gebou in Wasgoedpennetjielaan verwys as "Metabotanika-sentrum". Dit is die Sentrum vir Menslike Meta-bonomika.

In die Wapad van 17 Augustus (onder die ou redaksie van 2011/12) het 'n rubriek op die sportblaaie onder die opskrif Wees eerder die underdog verskyn. Daarin het opmerkings ver-skyn wat die NWU-Puk se spiesgooi-afrigter, mnr. Terseus Liebenberg, se

goeie naam kon aangetas het. Wapad bied hiermee sy on-

voorwaardelike apologie aan. Die bedoeling was nie om mnr. Lieben-berg op enige wyse te na te kom nie. Sy integriteit as afrigter staan bo verdenking.

Ag nee! Dit is jammer dat Wapad 'n goeie begin onder 'n nuwe redakteur versuur met 'n seksistiese advertensie van 'n kaal meisie op bladsy 12. Dié advertensie en die meegaande opskrif - "Wapad: Ons dek alles" - getuig van 'n redakteur en redaksie wat nie krities, bladsy vir bladsy, gekyk het na die in-houd van die koerant voor publikasie nie.-Cornia Pretorius

Ek is bly vir Martin Labuscher se reaksie op my brief “ ‘Squeeza en ‘Chiefa’ is onaanvaarbaar’ in die vorige uitgawe van Wapad . Ek ver-welkom debat.

My reaksie spruit nie uit onkunde nie.

Ek weet dat Squeeza en Chiefa wedersydse aanspreekvorme tussen werkers en studente op die Kam-pus is. Ek weet ook dat werkers nie noodwendig sal sê dat hulle enige

probleme daarmee het nie.Dit maak steeds nie die

aanspreekvorm reg, positief en respekvol nie. Ons moet onthou dat sekere aanspreekvorme die gevolg van diepgewortelde skeefgetrekte magsverhoudings in ons samelew-ing is. Dit is hoekom ons dit moet bevraagteken.

Is daar nie ander vorme waarop studente en werkers mekaar kan groet nie? Dink daaroor.

Net so terloops, my kennis oor aanspreekvorme en die sensitiwiteit daaroor kom uit my ervaring as joer-nalis waar ek en kollegas hard met mekaar oor dié soort goed gepraat het.

-Cornia Pretorius

'Squeeza en Chiefa' eintlik aanvaarbaar

Nee, eintlik is dit nie respekvol

Like ons Page “Wapad” Subscribe by ons Channel “WapadPUK” Volg ons by “NWUWapad” Ons bied meer, baie meer. Laai die app ScanLive op jou foon af om die links in Wapad te volg.

Ons is almal bewus van ons universiteits koerant die wapad, en sy onbenullige artikels. Ons glo dat die stories nie van werklike belang is nie, en die Puk-studente in 'n borrel isoleer. Van Chomsky se media filters speel op 'n meer plaaslike manier dalk 'n rol in wat berig word. Die koerant is eensydig, en oppervlakkig.

Ons stel dus voor om 'n Mock-Wapad op te stel met skokkende nuus-stories, berigte wat nie net op kam-pus betrekkig het nie en nie net die kampus goed-praat nie. Werklike kwessies, wat die land, die wêreld en die studente raak. 'n Mini Mock-koerant, en 'n advertensie veldtog om die doel uit te lig.

*(hierdie teks bly ongeredigeer deur Wapad)

Die eerste uitgawe van Wapad onder sy nuwe redaksie het groot belangstelling gaande gemaak. Sommige lesers was in hul skik met ’n sterker nuusagenda; ander het gemeen grense van gebalan-seerdheid en ordentlikheid word oorskry.

Ek het verkies om nie ’n formele bevinding hieroor te maak nie, maar het met die redakteur ’n gesprek gehad. Ek meen hy besef dat hy in die toekoms miskien bietjie versigtiger sal moet wees.

Andersyds het ek gevind dat sommige klagtes oppervlakkig was en getuig van min begrip vir die werk van die pers.

Wapad is ’n blad wat binne ’n baie spesifieke konteks uitgegee word. Dit is nie ’n Rapport nie. Die konteks is die NWU se PUK-kampus en dit moet eerbiedig word.

Maar, en dis ’n belangrike maar, lesers moet besef Wapad is geen inhuis-skakelblad nie. Om dus te kla omdat ’n berig nie “posi-tief” genoeg was nie, is nie ’n geldige klagte nie. ’n Klag dat mens dan die berig moet lees om uit te vind wat die (feitelik korrekte) opskrif presies beteken, is eweneens ongeldig.

Die Perskode, waaraan hierdie koerant gebonde is (en wat eers-daags op Wapad se webblad geplaas sal word), gaan oor onetiese joernalistiek, nie oor berigte of artikels waarvan sommige bloot nie hou nie.

Kritici moet dus nie te dun van vel wees nie. Koerante is nie daar om almal heeltyd te streel en goed te laat voel nie. Leer om daarmee saam te leef. Leer ook om (feitelike) berigte van kommen-taarartikels en rubrieke te onderskei. ’n Bietjie meer humor is ook nodig, by alle partye.

Die redaksie doen egter baie kwaad as foto’s van halfkaal vroue met suggestiewe slagspreuke oor die bobeen geplaas word. Die plaas van ’n Bybel twee keer ter illustrasie van iets wat nie die By-bel is nie, is een te veel. Lui, eintlik foutiewe, opskrifte (soos: Pride Parade: geslaag of vertraag?) is vermybaar.

Die energie en skop van ’n nuwe redaksie is goed, baie goed. Deur dit te temper met professionaliteit sal Wapad die PUK-stu-dente ten beste dien. Al is hulle soms vies.

Ombudsman: Redaksie en kritici moet fyn kyk

Reaksie op Wapad-advertensie

Ons dek steeds alles

Goeie uitgawe #Wapad20Sep die strook "ons dek alles" is vir my onaanvaarbaar en soos wat 'n Afrikaner sal sê: "kôm-min".-Jimmy Pressly

Dit skep 'n baie slegte indruk van ons kampus se waardes.-Elsabé Nortje

Ek dink nie dit is gepas vir 'n koerant wat oor die gebeure van 'n akademiese Kampus moet verslag lewer nie. Indien die kampus 'n ontkleeklub gehad het, sou dit van pas gewees het.-Joanie Liversage

Dit is vir ons belangrik dat ons lesers weet dat die advertensie met die "half- kaal vrou" op 20 September se redak-sioneel nie 'n besluit is wat ons ligtelik geneem het nie.

Dit is met opset gedoen om 'n moont-like debat te ontlok uit ons lesers op 'n feministiese onderwerp. Tot 'n sekere mate het ons in hierdie doel geslaag, hoewel niemand noodwendig die kwessie aangespreek het met die fokus op seksistiese kwessies nie.

Ons spog wel met 'n vol afdeling van kommentaar en wil graag ons lesers aanhits om aan te hou opinies lewer oor dinge wat aangespreek behoort te word. Hierdie opinies hoef ook nie noodwendig te spruit uit wat in Wapad verskyn nie. Enige briewe en kommentaar is welkom. Gebruik die koerant as jou spreekbuis tot die Kampus.

Comment op diepost op ons wall

Wapad-joernalis, Hannes Kruger, kry 'n storie op Beeld se voorblad op 3 Oktober. Beskikbaar op Beeld se webtuiste.

Page 13: Wapad - 18 Oktober 2012

| 13

Kommentaar

18 OKTOBER 2012

Gesprek

Die illuminati is wêreldwyd bekend, ons almal het hulle al ten minste eenkeer gegoogle of op Youtube ’n doccie oor hulle gekyk. Ek neem aan dat die

gewone student op die NWU-Puk weet wie en wat die illuminati is. As die blonde pop wat in my klas is hier lees en nie verstaan nie, dit is okay, jy hoef nie als in die lewe te weet nie. Jy dink hulle is net in die lande op TV, maar hulle is hier ook op ons kampus.

As jy nie so dink nie, dan weet jy nie genoeg van die NWU-Puk se geskiedenis af nie. Die omies wat dié instan-sie gestig het, se besigheid was ook nie altyd helder nie. Indien daar dan nou wel illuminati op die NWU-Puk is, wie sal dit wees?

Daar sal natuurlik eerste gekyk word na een of ander raad, maar dit is heeltemal te obvious. Ek is jammer, maar ek sien nie hoe ons liefste Rektor enigiets anders as die verandering van ’n slagspreuk kan laat gebeur nie (leef die man nog?). Ons voormalige rektor, prof. Anette, kan heel moontlik ook deel wees van dié organisasie, -ek vertou nie ’n mens met soveel grade en titels agter haar naam nie. ’n Slim mens is ’n gevaarlike ding…

Dié wat ’n bietjie meer bekend is met die illuminati en hul eienskappe is van mening dat Tarentaal die grootkoppe is juis omdat ons nie weet wie hulle is nie. Ek dink dié van julle wat so dink is te geheg aan stereotipes. Ek wil hê jy moet als vergeet wat jy weet van die illuminati, hulle is nader aan jou as wat jy dink. Hulle stel spreiers só dat jy natgespuit word die dag wat jy ’n wit hemp en ’n swart bra aanhet, hulle sit nie genoeg witgoud in die badkamer nie, hulle begin blare weg blaas sodra jy rustig gaan sit om te rook, hulle gooi te veel sous oor jou chicken strips en plak jou ouers se pos toe en dra jou leë bottels in die Draak weg…

Die illuminati is nie grootkoppe nie, nee, dit is die klein mensies op kampus. Die mense wat jy nie altyd raaksien nie. Hulle weet als van ons af, wat ons eet, wat ons drink, hoe laat ons waar is en selfs waar ons bly. Ek wil jou nie agterdogtig maak nie, wil jou sommer net laat dink. Die klein mensies is slim, en soos ek sê: ’n slim mens is ’n gevaarlike ding…

Voor: Jolandé Pienaar, Kobus Olivier, Kevin du Plessis, Colette Botha, Wynona Louw, Joanie Schiel.Agter: Albertina Ngobeni, Simon Sonnekus, Berno van heerden, Conrad van Wyk, Inge Buitendag, Mari Scheepers

Dosente se persepsies oor die drastiese verswakking in die nuwe generasie studente se

lees- en begripsvaardighede word be-vestig deur resultate van navorsing wat nasionaal sedert 1994 deur per-soneel van Akademiese Steunburo in samewerking met ander universiteite regoor die land gedoen en ge-yk word.

Dit is egter duidelik dat daar veral die afgelope aantal jare ’n redelik drastiese afname in die vaardighede was, en dat baie studente by universi-teite aanmeld met ’n leesvaardigheids- en begripsvlak van gr 5-laerskoolleer-linge en selfs laer het. Die implikasies wat dit vir die lees en verstaan van hoë volumes komplekse studiemateriaal, wat boonop nog in ’n nuwe, teoreties-gelaaide akademiese diskoers aange-bied word wat ook verstaan en begryp moet word, is voor-die-handliggend.

Die vraag is egter: wat is onder-liggend aan die verswakking in stu-dente se lees-en begripsvaardighede?

Een baie besliste faktor is die ver-

Waar kom die swak vaardighede vandaan?

Studente lees soos gr.5’sskuiwing van ’n woord-of tekskul- tuur na ’n dominante visuele kultuur wat die afgelope aantal dekades met rasse skrede versnel het. Kinders word van ’n baie jong ouderdom voor die TV neergeplak, en baie ouers doen al lank nie meer die moeite om hul kinders aan boeke en stories en woordwêrelde tydens hul vorming-sjare bekend te stel nie. Loer maar na die skrale aantal boeke wat daar in die meeste huise in die land ge-vind kan word, indien enige.

Die ontwikkeling en ontploffing in die gebruik van die Internet, hip-erteks en sosiale media met kort, ongekontekstualiseerde en gefrag-menteerde boodskappe dra beslis tot die verswakking in tradisionele lees-vaardighede by. Nicholas Carr, in ’n opspraakwekkende boek getiteld “The Shadows: What the Internet is Doing to Our Brains” (2010) toon met die gebruik van neurologiese navor-singsresultate aan hoedat die Internet letterlik die konstante ge-bruikers daarvan se breinfunksies verander, en dat die nuwe tipe funk-sioneringspatrone byna lynreg staan teenoor die manier van funksioner-

ing van ’n mens se brein wanneer jy lang stukke teks moet probeer lees, dekodeer en verstaan.

’n Verdere rede vir die verswak-king van studente se leesvaar-dighede is te vinde in die UGO-stelsel wat soveel skade in skole berokken het. (Kyk maar na die statistieke van hoe die RSA se kinders, wat aan die stelsel blootgestel is, se leesvaar-dighede met hul eweknië vergelyk). Dit is gebaseer op die laagste gemene deler: daarom word leerlinge nie uitgedaag om ‘moeilike’ tekste soos Shakespeare se dramas, romans of selfs poësie bloot te stel nie; nee, daar word maar te geredelik gegryp na die maklike, polities-gelaaide kort-verhale wat min uitdaging aan ’n leerling se verbeeldingswêreld bied.

Hoe verander ’n mens dit? Deur jouself te dissiplineer om nie kon-stant op sosiale media, Google of Facebook “rond te hang’ nie, ’n spe-sifieke tyd vir die lees van e-pos per dag te maak, en nie deurentyd daar-na te loer nie, en om jouself te dis-siplineer om daagliks langer stukke teks sonder onderbreking te probeer lees.

Prof. AM De LangeSkool vir Tale

As ek lees hoor, hoor ek boring!

Ek geniet die Landbouweekblad en som lees op in een woord: kennis.

Alhoewel ek Bybel in my vrye tyd lees, is ander leesstof meestal net ty-drowend.

Lees maak my verbeeldingryk en dig-bundels dra beslis grotendeels daartoe by.

Alhoewel mode- en sosiale kolomme my interesseer, is lees meestal net iets wat soos moeite vir my klink.

CHERIE OLIVIEREerstejaarBCom Risikobestuur en EkonomieBellatrix

FRANCOIS MINNAARTweedejaarBIng ChemiesVeritas

EBERT STRYDOMVierdejaarBCom Bedryfsielkundeen ArbeidsverhoudingePrivaat

TILLA STEYNTweedejaarBSc Dieetkunde en ChemieVMN

DANELLE POTGIETERTweedejaarBCom Bemarking en ToerismebestuurPrivaat

NADIA SWANEPOEL

Lees jy enigsins buite akademiese verband?

Salmon BeckerSalmon Becker

NWU-Puk illuminati

Page 14: Wapad - 18 Oktober 2012

14 | 18 OKTOBER 2012SPORT

Die nuwe Huiskomitee van Soetdoringsmanskoshuis het besluit om hierdie jaar hul eie tradisies in te bring, en na 'n suksesvolle poging het die Soetdoringsinwoners hul nuwe Sportdag met verskeie kleinsporte op eie koshuis-grond geniet.

Die drie gange van die koshuis en die Soetdorings-lodge het mekaar aangevat in krieket, tafeltennis, gholf en poel, en die dag se sport-verrigtinge is afgesluit met 'n potjiekoskompetisie waar-by beoordeelaars die finale beslissing op hierdie maal ver-skaf het.

“Ons wou 'n nuwe tradisie inbring wat nie weggevat kan word nie, ons het aan die be-gin van hierdie jaar verskeie kleinsporte beoefen – tafelten-nis, pluimbal en muurbal – net om bietjie iets anders te probeer,” het Ricky Schnetler HK: Sport en Sosiaal, aan Wa-pad gesê.

FOTO: MIEKE VAN DER MERWE

Patria se gangsport vanjaar, beter bekend onder koshuis-inwoners as die Stryd van die Reuse, was 'n taai medediging om gangsport superioriteit. 'n Mededinging waarin die gang Pastas koning gekraai het.

Vanjaar se gangsport was die taaiste in jare; dit was eg-ter die potjiekoskompetisie wat die oorwinning vir Pastas verseker het.

Oorstoot, die wengang, na hul oorwinning.

Toutrekkompetisie waarin Com-mancheros die uitdunne en die finaal 2-0, 2-0 gewen het.

Ophiuchus sterkman.

FOTO'S: FRANCOIS BOTHA

SAAMGESTEL DEUR: WYNONA LOUW

1.Wie is die eerste span/land om eerste op die wêreldranglys in al drie variasies

van krieket op dieselfde tyd te wees? (Proteas/Suid-Afrika)

2.Voormalige Springbokafrigter, Peter de Vil-liers, is tans die rugbydirekteur by watter

universiteit? (UWK)

3. Stephen Fleming was puntemaker vir wat-ter nasionale krieketspan? (Black Caps/

Nieu- Seeland)

4.Die IRB het 'n proefperiode vir sekere bestaande reëls ingebring waarin sommige

reëls op 1 Januarie 2013 amptelik verander gaan word. Die stappe van die skrumproses – crouch, touch, pause, engage – is een van die moontlike veranderinge,die proses gaan moont-lik verander na? (Crouch, touch, set)

5.In krieket, watter legende staan ook bekend as The Little Master? (Sachin

Tendulkar)

6.Onder die moontlike rugby-reëlverande ringe, hoeveel plaasvervangers/reserwes

mag 'n span vir internasioenale wedstryde nomineer? (Agt)

7.In krieket kan 'n kolwer 5 lopies aaneen op drie maniere aanteken – dit is deur

vyf lopies aaneen te hardloop , wanneer die paaltjiewagter sy kopskerm agter die paaltjies of agter homself plaas en die kolwer slaan die bal direk teen dit, en? (Deur 'n vier lopies vanaf 'n no ball aan te teken)

8. Watter Rugby Unie-afrigter het teen 102 toetse 'n success rate van 85,4% gehad

met 87 oorwinnings en 15 tekortkominge? (Graham Henry)

WYNONA LOUW

Krieket het aan die begin van die 17de eeu in Engeland ontstaan, maar presies hoe die spel ont-staan het is onbekend, terwyl rugby 'n effens interessanter ont-staan het.

Volgens legende het rugby ont-staan toe William Webb Ellis, 'n leerling aan die Rugby Skool, in die jaar 1823 tydens 'n voetbal-

wedstryd die bal opgetel het en vorentoe begin hardloop het, en in die proses het 'n nuwe sportsoort genaamd rugby ontstaan.

Wapad kyk vandag hoe baie twee van Soetdorings se rug-byspelers, Rhyno Smith en Emile Odendaal, van hierdie twee sport-soorte weet.

Hoe het Krieket en Rugby begin?RHYNO EMILE

Proteas

U W K

Engeland

U C T

Black Caps

Black Caps

Crouch, touch,set

Crouch, touch, engage

SachinTendulkar

SachinTendulkar

No ball en vier lopies

No ball en vier lopies

Graham Henry

Graham Henry

Agt Agt

FaceOff

Patria hou Gangsport

Nuwe tradisie vir SoetdoringsNuwe Rissie brand ou sake

Die Rissie het vandag baie te sê oor sportgebeure. Sy sal sommer met NWU-Puk

sokker begin, sy dink immers dis hoogtyd dat hulle bietjie aandag geniet in hierdie besorgde skryf-stukkie.

Een van Die Rissie se goeie vriende is betrokke by NWU-Puk sokker, en dié kon dit nie eers regkry om haar in die oë te kyk terwyl hy gepoog het om goeie woordjies van ons universi- teitssokker te spreek nie.

Die Rissie het so twee weke ter-ug die Kaizer Chiefs TV-program gekyk waarin NWU-Puk bestuur en 'n baie belangrike persoon, wie se naam sy eerder nie sal noem nie, in ‘n onderhoud vertel het hoe belangrik sokker kamstig op hierdie kampus is. Kyk, Die Ris-sie is nou nie 'n sokker-ontleder nie, maar sy weet daardie leuen is amper so groot soos die een dat Morné Steyn binnekort op form

gaan wees. Die Rissie vind die bestuur van

beide die mans en (tekort aan talent van die) dames NWU-Puk sokkerspanne iets verskrikliks en dink eerlikwaar dis tans die enigste spanne in sport wat die Springbokke se werkverrigtinge die afgelope tyd goed laat lyk.

So gepraat van die Bokke, Die Rissie was baie beïndruk met die manne se vertoning teen Aus-tralië in die wedstryd voordat rug-by-gesagvoerders, Nieu-Seeland, die beker van die intree-weer-gawe van die Rugby Champion-ship verower het, maar ons almal weet dat een goeie wedstryd nie 'n reeks van teleurstellende rugby regverdig nie.

Die Rissie kan vandag een ding belowe - as Heyneke Meyer nie vinnig die wiel in die regte rigting begin stuur nie, sal hy groter probleme as sy losskakel-pinarie hê en die SA-rugbyspan sal bin-

nekort met hul derde afrigter in vyf jaar sit eerder as hul derde Rugbywêreld Beker-trofee in 2015.

Terwyl ons op die onderwerp van skokkende sportnuus is, Die Rissie hoor daar is baie om-stredenheid rondom 'n sekere saakie. “...en die mans Sport-bekerwenners vir 2012 is; HEI-MAT!”. Regtig? Maar hoe? 'n Paar kleinsporttrofees en 'n afskuwe-like koshuisliga rugby-eind-stryd? Kalmeer mense, Die Rissie is seker daar is 'n goed-opgestelde puntstelsel ter verduideliking van hierdie resultate. In elkgeval, daar gelaat.

Die Rissie moet haar kommer oor die NWU-Puk rugbyspan by volgende jaar se Varsitybeker uitspreek. Hoe gaan die manne vaar sonder hul staatmakerslot en player that rocks? En dan is daar ook vanjaar se Varsity-bekerkaptein wat groener (wei)velde by die Cheetahs gaan soek,

skrikaanjaende feite aangesien die PUKKE dan vinniger in die moeilikheid kan beland as wat Andrew van Wyk die bal onder die pale kan kry. Maar wag, afrigter van die jaar, Chaka Willemse, is aanstaande jaar deel van die PUK- Varsitybeker-afrigtingsspan. Al drie die spanne wat hy vanjaar afgerig het het immers titels in hul onderskeie ligas gewen, Die Rissie hoop net die PUK word die vierde byvoeging.

Die Rissie wil ook baie geluk sê aan die nuutste byvoeging tot die Steinhoff Koshuisrugby Champs, Villagers. Ons wens julle alle sterkte toe en weet julle sal ons trots maak!

WYNONA LOUW

Die Steinhoff NWU-Puk Barbar-ians het in 'n 47-10 loesing oor die UJ-Barbarians op die Potch Dorpvelde, Potchefstroom, ge-seëvier.

Dit was van die afskop af al duidelik dat die NWU-Puk span die oorhand gehad het, met Veritas-losskakel, Barend Janse van Rensburg, wat uitstekende bal-verspreiding gehandhaaf het en suksesvol daarin was om die bal oor die pale sowel as onder dit vir 'n drie te kry. Divan Steenekamp,Villagers eerstejaar, het ook goed by die gesinkroni-seerde spel wat die PUK Barba rians vertoon het ingepas, in-drukwekkende spel aangesien die span net 'n week gehad het om

saam te oefen.“Die voorbereiding vir die

wedstryd was bietjie anders, die ouens het net 'n week saam geoefen en hulle is 'n uiterse di-verse groep, maar met 'n afrigter soos Chaka Willemse weet mens die voorbereiding sal 'n sukses

wees, hy is nie verniet die NWU-Puk se Afrigter van die jaar nie”, het Daniël Goosen, Primarius van Villagers en NWU-Puk Bar-barians bestuurder vir 2012, aan Wapad gesê.

Die kaptein van die Steinhoff NWU-Puk Barbarians, Jean O-

livier van Patria, was nie juis verbaas oor die uitkoms van die wedstryd nie.

“UJ het 'n groter pak en groter spelers gehad, en ons het net drie oefeninge saam gehad, maar ons het die beste van elke koshuis ge-had so die talent was klaar daar. Die PUK se standaard is maar nou so dat ons enige span kan aanvat,” het Olivier gesê.

Verskeie dankseggings het ook na hierdie oorwinning uitgegaan. “Dankie aan Bertie Maritz, vorige SR:Sport, wat altyd bereid was om te help, Ruan Meyer, UK: Rugby, wat regtig hard gewerk het deur sy termyn, Oom Mervyn, prof. Dries en Steinhoff vir al die reëlings, hemde en truie en Chaka Willemse wat 'n great teacher vir enige rugbyspeler sal wees!”

NWU-Puk Barbarians vermorsel UJ teenstaanders

Die Steinhoff NWU-Puk Barbarians

span wat die UJ-

Barbarians span 47-10 geklop het.

Page 15: Wapad - 18 Oktober 2012

KU

LTU

UR

NU

US

SPO

RT

Ratau Lebone eerstejaar verdrink VredeFest in Potchefstroom Atleet breek driesprong rekord

Lat-Wai wen JOOL PUKfm by MTN Radio Awards Varsity Beker 2012

Eerstejaarskonsert Toneel en Sleeptoneel Waar is Intervarsity?

Laureus senior sterf in motor!etsongeluk Canvas: Nog geskiedenis in duikweg Baba Bokke vat Juniorwêreldbeker

Excelsior eerstejaars gevang Van kokke tot vloot-rokke NWU-Puk-atlete geniet suksesvolle jaar

Gerrit Botha sweef in Oostenryk Grease in Potchefstroom NWU-Puk1 Netbal kry nuwe afrigter

Hombré leiers word dors, toe Mnr. en Mej. Kampus glansgeleentheid Olimpiese Spele- Goud, silwer en brons

Sinki Mlambo breek bane The Life Market Steinhoff Koshuisliga Rugby

Potch se eerste Pride Parade Straatligkinders straal weer NWU-Puk Instituut-spanne presteer

Kaalvoet vir ’n doel Bingle Sêr verskaf vet pret Sportbekerwenners: HEIMAT en Karlien

Met Thabang Makhoang se tragiese verdrinking tydens die vrugtefees het 2012 nie op ’n goeie noot begin nie. Makho-ang se lyk is gevind deur ’n koshuis wat na Ratau Lebone die swembad benut het. ’n Onafhanklike ondersoek is uitgevoer, maar daar is egter geen konkrete bewyse van enige kriminele oortreding is gevind nie.

Vanjaar is Vredefest vir die eerste keer in Potchefstroom gehou. Die geselligheid het op die Joolplaas afgeskop en talle studente het hierdie fees, wat vir ’n goeie doel was, bygewoon. Al die fondse was ingesamel om jongmense met kanker by te staan.

Patience Ntshingila het einde verlede jaar die Suid-Afrikaanse driesprongrekord van 13.46m gebreek met ‘n sprong van 13.50m, en in die proses die eerste atleet in 20 jaar geword om die rekord te breek.

Laureus en Wag-’n-Bietjie is as vanjaar se JOOL-wenners verklaar na hulle wen-vlot die tema Vrede, Liefde en Kop-skote die beste uitgebeeld het. Lat-Wai se vlot het beelde gehad van Moeder Teresa, Ghandi en Osama bin Laden.

Die NWU-Puk se radio stasie, PUKfm, het vanjaar twee toekennings ontvang by die MTN Radio Awards. Dit was vanjaar die eerste keer wat PUKfm aan die kompetisie deelgeneem het en was aangekondig as !naliste in nege kategorieë.

Die NWU-Puk span het in vanjaar se Varsitybeker kompe-tisie vierde plek behaal, nadat hulle in die halfeindstryd 53-24 teen TUKS vasgeval het. Die halfeindrondte-uitval was egter ‘n verbetering vanaf 2011, waar die PUKKE sesde geëindig het.

Die unieke temas en skerp humor het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet se seerow-ers het weggestap as die wenners van die konsert met die PUKfm-prys. Soetdorings en Minjonet het die Wapad-prys verower.

Hierdie glans geleentheid het gesorg vir baie vermaak en dit het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet is as wenners van die sleeptoneel aangewys, terwyl Patria en Wag-’n-Bietjie vanjaar se enkel-toneel gewen het.

Vanjaar se jaarlikse Intervarsity tussen die NWU-Puk en die Universiteit van die Vrystaat is afgestel weens omstreden-heid oor assosiasie met die NWU-Puk. Die politieke party, SASCO, het ook daarop aangedring dat die wedstryde tussen die twee kampusse gekanselleer moet word.

André Van Zyl is tragies oorlede naby die Drakenstein restaurant op kampus. Na bewering het die motor!ets die randsteen getref waarna dit teen ’n groot boom gebots het. Van Zyl het nie ’n valhelm gedra nie en dit is nog onbekend of daar alkohol in sy bloedstroom was.

Canvas is vanjaar vir die eerste keer in die duikweg gehou en het bygedra tot al die geskiedenis wat reeds in die duik-weg is. Koshuise het die geleentheid gekry om hul merk in die duikweg te maak en VILle REPUtasie het as wenners van Canvas weggestap.

Die Junior Bokke was vanjaar as die wenners van die vyfde jaarlikse Juniorwêreldbeker gekroon na hul 22-16 sege oor verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, op Nuweland.

Drie eerstejaarstudente van Excelsior-manskoshuis is gearresteer nadat ’n patrollie voertuig gesien het hoe hulle vanaf ’n woning na ’n motor hardloop. Na ’n ondersoek is ’n gesteelde tuinornament gevind. Die drie eerstejaars het op 28 Februarie in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Heimat Manskoshuis, met hul unieke DStv tema en Heide Dameskoshuis se matrose, is vanjaar as die wenners van kampus sêr aangewys. Die seremoniemeesters vir die aand was Corneels Schabort en Tim Theron van Lagnes.

Die Traumeel NWU – Pukke Atletiekklub het by twee kampioenskappe, die Senior- SA Kampioenskappe en die Yellowpages-Klubkampioenskappe, gespog met uitmuntende atletiese vermoë. Die klub vier atlete met Olimpiese kwali!sering opgelewer.

Lovers’ Lane het in ’n kleureprag ontvlam met Kaalvoetdag wat verlede week op die NWU-Pukkampus plaasgevind het. Van ballontente tot merkwaardige skuilings wat deur ou klere opgebou is, het oral op kampus gepryk.

Artéma, Alabama Produksies en NWU-Pukkunste het hul kragte saam gespan om die klassieke musiekblyspel vanjaar op die planke te bring. Talle NWU-Puk talent was by die produksie Grease te sien met Alexander Venter en Tammy Aslett wat die hoofrolle vertolk het.

Die voormalige SA-studentespan afrigter, Dorette Baden-horst, het aan die begin van 2012 by NWU-Puk netbal aangesluit as die nuwe afrigter van Puk1 se netbalspan.

Gerrit Botha, student van die NWU-Puk, gooi ’n kwali!ser-ende gooi van 54.1 m (’n Suid-Afrikaanse rekord) by die in-ternasionale Red Bull Paper Wings kompetisie in Salzburg, Oostenryk. Sy poging oorsee is egter nie so vrugbaar nie, toe sy twee kanse buite perke geland het.

Dié koue aand het gesorg vir ’n vertoning van die mees beeldskone NWU-Puk studente. Die jaarlikse Mnr. en Mej. Kampus is gehou op 7 Augustus. Tydens die funksie is Michael Adamson en Crystal van Niekerk onderskeidelik gekroon as Mnr. en Mej. Kampus.

Na ’n losbandige gang aksie, waar drank misbruik is in Hombré-manskoshuis, is al nege HK-lede van hul pligte onthef waarvan vier, insluitend die Primarius van die koshuis, geskors is. Die vier geskorste leiers kan glad nie meer ’n gesagsposisie op die NWU-Puk beklee nie.

The Life Market het met live entertainment, verkeidenheid kossoorte en ander interessanthede afgeskop in die Snow-!ake gebou. Joanie Liverage was aan die stuur van sake en volgens haar was die mark ’n groot sukses. “Die mark is hier om te bly,” het Liverage aangevoer.

Nadat Patria die eerste NWU-Pukspan geword het om die Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskappe te wen, het hulle hierdie jaar hul plek afgestaan aan Villagers nadat laas-genoemde in die Steinhoff NWU-Pukke Koshuisrugbyeind-strydheid 49-11 met Heimat afgereken het.

Sinki Mlambo, oud-SR:AKSA en SR-Voorsitter kandidaat, het vanjaar geskiedenis gemaak toe sy as primaria van Oosterhof-vrouekoshuis gekies is. Mlambo is die eerste swart vroueprimaria van ’n NWU-Puk koshuis.

Na hul laaste vertoning in Centurion twee jaar gelede, het Straatligkinders besluit om ‘n breuk te vat, maar nou is hulle amptelik terug met ‘n splinternuwe song, Duiwel Dans.

Die eerste seksuele aanvaardings veldtog is gehou in Potchefstroom op 28 Augustus 2012. Hierdie veldtog is geloods deur POUT- vereniging. Volgens die Facebook-groep word daar ’n groter veldtog gereël vir volgende jaar.

Bingle Sêr het vanjaar gesorg vir hope vermaak en daar was baie interessante temas te sien. UitsPATig VERby het weggestap as die wenners met ’n F.A.T. camp tema.

HEIMAT en Karlien het as die wenners van die 2012 Sportbeker in die mans en damesafdelings onderskeidelik weggestap.

!"#$%&Jaar 2012

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span het by die 2012 London Spele ses medaljes huistoe gebring, waarvan drie goud, twee silwer en een brons was.

Dit was ’n goeie jaar vir NWU-Puk rugby, behalwe vir Ibbies, wat in die eindstryd van hul onderskeie ligas van die Predator-liga gespeel het, en die PUK O/21 span wat daarin geslaag het om hul liga te wen.

Page 16: Wapad - 18 Oktober 2012

18 OKTOBER 2012Sport Rissie kap NWU-Puk-sokker214BINNE

PUK BARBARIANS VEE VLOER MET KOMPETISIE

WYNONA LOUW

Die 2013 Universiteitsrugby-kompetisie bring ‘n hele paar veranderinge in die

duur van die vier kompetisies mee, met 82 wedstryde wat vir die vier kompetisies opgestel is.

Die Varsityrugby-kompetisie, bestaande uit die Varsitybeker-, Varsityskild-, Koshuisrugby Kampioenskappe- en die Varsity Young Guns toernooie, skop af op 28 Januarie en duur tot 1April.

Die Varsityskild kompetisie, die B-afdeling van die premier Varsitybeker, skop eerste van die vier kompetisies af, op 28 Janu-arie, en duur tot 1 April, terwyl die Steinhoff Koshuisrugby-kampioenskappe, die wenspanne van die interne ligas van elkeen van die agt Varsitybeker-spanne, vanaf 18 Februarie tot 8 April duur. Die Varsity Young Guns, n een rondte, studente-slegs O/20 toernooi, vanaf 18 Februarie tot 1

April meegeding.Die FNB Varsitybekerkompe-

tisie sal vanaf 4 Februarie tot 8 April 2013 bestrede wees, en nie vanaf middel-Februarie tot die eerste week in April soos met die intree Varsitybeker kompetisie in 2008 nie. Die sesde oplaag van die kompetisie sien ook die in-trede van FNB-Wits, die nuutste byvoeging tot die premier kompe-tisie, na die terugverplasing van TUT na die Varsity Shield.

Daar sal ’n effense verande- ring in die skedule wees, met twee eindstryd-weke in die Var-sity Rugby-kompetisie. Die Var-sityskild - en Varsity Young Guns eindstryde sal op 1 April plaas-vind, gevolg deur die Steinhoff Koshuisrugby- en die FNB Varsi-tybeker-eindstryde op 8 April.

Die NWU-Pukke se eerste wed-stryd is teen verdedigende kampi-oene, UP-Tuks, op 4 Februarie om 19:00 by die Fanie du Toit-Stadion.

Eerste Rondte 04 Feb 2013 19:00 FNB NWU-Pukke FNB UP-Tuks Fanie du Toit Stadion

Vyfde Rondte 04 Mrt 2013 19:00 FNB Shimlas FNB NWU-Pukke Xerox Shimla Park

Vierde Rondte 25 Feb 2013 19:00 FNB NWU-Pukke FNB UCT Fanie du Toit Stadion

Derde Rondte 18 Feb 2013 19:00 FNB Wits FNB NWU-Pukke Wits Rugby Stadion

Tweede Rondte 11 Feb 2013 19:00 FNB UJ FNB NWU-Pukke UJ Stadion

Sewende Rondte 18 Mrt 2013 19:00 FNB Maties FNB NWU-Pukke Danie Craven Stadion

Sesde Rondte 11 Mrt 2013 17:00 FNB NWU-Pukke FNB NMMU Fanie du Toit Stadion

Uitspeel Rondtes Halfeindstryd 25 Mrt 2013 19:00 Punteleer Posisie 2 Punteleer Posisie 3

Halfeindstyd 1 25 Mrt 2013 16:00 Punteleer Posisie 1 Punteleer Pososie 4

Eindstyd 8 Apr 2012 19:00 Halfeindstrydwenner Halfeindstrydwenner 1 2

WAARSPANDATUM & TYDRONDTE SPAN

WYNONA LOUW

Die 2013 Steinhoff Koshuis-rugby-kampioenskappe sien die intrede van die 2012 Stein-hoff NWU-Puk Koshuisrugby-wenners, Villagers.Villagers tree in die plek van vorige verteenwoordigers, Pa-tria, in.Daar is agt deelnemende spanne in die 2013 Koshuisrugbykampi-oenskappe, die wenners van die interne ligas van elkeen van die

Tweede Rondte 25 Feb 2013 17:00 Villagers

Northenz, NMMU Fanie du Toit Stadion NWU-Pukke

Halfeindstryd 25 Mrt 2013 Penny Pinchers 1 Hertz 2

Halfeindstryd 25 Feb 2013 Hertz 1 Penny Pinchers 2

Vyfde Rondte 15 Mrt 2013 17:00 Tbc, Maties Villagers, Craven Stadion

NWU-Pukke

Vierde Rondte 11 Mrt 2013 17:00 Villagers , Mopanie, Tuks Fanie du Toit Stadion

NWU-Pukke

Eindstryd 8 Apr 2013 Halfeindstrydwenner Halfeindstrydwenner

1

2

WAARSPANDATUM & TYDRONDTE SPAN

Wat hou volgende jaar vir ons in?

Varsity Cup 2013

Villagers, ons kampvegters vir 2013

FOTO: JOLANDI ERASMUSFOTO: JOLANDI ERASMUS

JOOL-ympics kry koshuise op die veld

Caput vat Villagers aan op die vlugbalbaan. FOTO: JANDRÉ MEIRING

agt Varsitybeker-spanne. Die agt spanne word in twee poele ingedeel, die Penny Pinchers- en die Hertz poel. Villagers is in die Hertz poel ingedeel en die NWU-Puk verteenwoordigers gaan een wedstryd teen elke span in die opposisie poel, Penny Pinch-ers, oor die duur van die seisoen speel, óf tuis óf weg.Villagers se eerste wedstryd is in die tweede rondte teen die Northerz van NMMU op die Fanie du Toit-Stadion.

Wedstrydbepalings vir Villagers vir die 2013 kompetisie

Wedstrydbepalings vir die NWU-Pukke vir die 2013 kompetisie