wapadrand.1509.wawiel aug 2015 - sawa · nuusbriefredakteur andy toerien [email protected]...

20
DIE Jaargang 27 Vol 2. Februarie 2015 Jaargang 27 Vol 4 Augustus 2015 Jaarga

Upload: others

Post on 05-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

DIE

Jaargang 27 Vol 2. Februarie 2015 Jaargang 27 Vol 4 Augustus 2015 Jaarga

Page 2: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

2

STILTETYD

Borge

Baie dankie aan Dawie en Bettie Mullins wat die druk van die Wawiel borg en dan ook aan Ewald van Rensburg wat elke

keer die drukwerk doen.

Page 3: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

3

INHOUD

Bladsy

STILTETYD.………………………………….……..…………………..……. 2 BESTUURSLEDE...…………….………………………………...…………...4 REDAKSIONEEL…………….……………………………….…..….……….5 UIT DIE VOORSITTER SE PEN..…..……………………...…………...........6 KEN ONS MENSE ..............…………………….…..……...............…..…..…8 SAN CHA LEN ......................................... ......................................................10 4X4 MOSAMBIEKTOER .............................................................................. 11 VERJAARSDAE EN HERDENKINGS ...………………...………….…..... 16 JAARPROGRAM .................................…….….............................................17 BANKBESONDERHEDE................................................................................................................17 WEN,, WEN,,,, WEN!!! ...................................................................................18 TOEKENNINGS ..............................................................................................19

FONDSINSAMELING Dir is weer AJV wat dan ook die begin van ons fondsinsamelingsjaar is. Ons herinner dan ook weer lede aan die voorstel wat op 'n AJV aanvaar en goedgekeur is nl. dat elke hooflid ‘n eenmalige bedrag van R200 per jaar in Wapadrand se rekening sal inbetaal in plaas van die groot jaarlikse fondsinsamelingsfunksie. Die fondse help met die deposito’s vir die oorde wat soms al ‘n jaar vooruit betaal moet word. Almal is welkom en word aangemoedig om ‘n groter krediet ook in te betaal sou hulle wil. Enige krediete word van boekgehou en die kampgelde vir volgende kampe word dan afgetrek van die bedrag wat inbetaal is. Onthou asseblief ook om bewyse van enige betalings aan die sekretaresse en penningmeester deur te gee. Gebruik as verwysing julle voorletters en van en die woord "Fonds". Ons wil graag ook al die getroue Wapadranders bedank wat in die verlede hulle bydraes inbetaal het. Dit maak dit vir die bestuur soveel makliker om die kampe gereël te kry.

Page 4: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

4

DIE 2014/2015 BESTUUR VOORSITTER WYNAND THERON [email protected] 082 881 7279 (W) 011 923 3864 ONDERVOORSITTER BETTIE MULLINS [email protected] 083 255 0257 (H) 012 361 2275 (F) 012 349 1015 SEKRETARESSE JANETTA TOERIEN [email protected] 082 3255 634 (H) 012 808 5566 (F) 0866 139 200 PENNINGMEESTER JOHAN VAN JAARSVELD [email protected] [email protected] 082 057 3583 077 895 6374(W) 012 933 1295 (H) NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN [email protected] 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS RABIE [email protected] 082 928 1610 012 326 8984(H) 086 636 3542(F) GESINSAKTIWITEITE ALTA VAN JAARSVELD [email protected] 084 444 1422 012 933 1295(H)

SENIORBURGER- RIANA COMBRINK VERTEENWOORDIGER [email protected]

Volg ons op: SAWA Wapadrand

012 332 1286 (H)

082 956 9104

Page 5: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

5

REDAKSIONEEL

Dit voel soos gister dat ek oor die vorige AJV berig het, en hier is ons weer by die volgende een. Die jaar het soos die voriges heel te vinnig verby gevlieg. ‘n begin en ‘n einde wat dan ook my beurt om die Wawiel te doen se einde aankondig. Dit was ‘n tyd van baie opwinding, reuse ondersteuning en motivering. Ek wil baie graag aan almal wat so getrou bereid was om bydraes te lewer baie, baie dankie sê. Sonder dit sou my taak ‘n baie eensydige en moeiliker taak gewees het. Ek wil graag ‘n paar mense uitsonder wat nooit teruggestaan het om hulle ervaringe van kampe en lede op papier vas te lê en betyds deur te stuur nie. Soms het die versoek maar min tyd gelaat om met ‘n produk na vore te kom, maar hier was Daleen Pienaar, Riana Combrink, Alta van Jaarveld en Bettie Mullins gereed tot die taak. Ek het heelwat geleer deur die jare met betrekking to nuusbriewe en dit was vir my ‘n hoogtepunt om ‘n Nasionale erevermelding vir beste nuusbrief op die Nasionale Kongres te kon ontvang. Ek gee graag hier erkenning aan Reinardt en Janetta vir hulle deurhoudende aansporing waarsonder dit nie moontlik sou wees nie. Die bestuurspan wat altyd vol lof was vir die produk, het my gehelp dra aan die tye waar ek getwyfel het of die boekie goed genoeg gaan wees. Reinardt moes ‘n klomp kere op die laaste oomblik help reël om die boekies af te handel en by die kamp te kry. Ewald was ook elke twee maande met ’n onmoontlike saktyd gelaat, maar het nie eenkeer teleurgestel nie; soms met heelwat moeite, maar hy het die drukwerk altyd betyds gelewer, ’n ware staatmaker! Dankie aan my getroue proefleser, Janetta, wat meestal laataande die taalversorging moes doen. Soms het ons verskil oor sekere veranderings, maar gelukkig altyd tot ‘n ooreenkoms gekom. Baie dankie aan almal wat die boekie gelees het en terugvoer gegee het. Ek gaan nou net die rol van ‘n gevolunteerde wederhelf vervul en uitsien na die volgende nuusbrief wat ek net kan lees omdat dit lekker is en nie omdat ek foute soek nie. Baie sterkte aan my opvolger, ek sal steeds beskikbaar wees waar ek kan. Groete

Pirates Point restaurant en kroeg op Montego Bay. Stian en sy gesin het gesorg vir die heerlikste kos en vriendelike ontvangs op Xai Xai. ‘n Absolute moet om weer te besoek

Page 6: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

6

Uit die Voorsitter se pen.

Dagsê aan al ons Wapadrandvriende, Kan julle glo dit is reeds Augustus, winter is amper agter die rug en ons kamp by “My Private Bushcamp“. Dit is weer die tyd van die jaar waar ons, as Sawanante, belangrike besluite gaan neem by ons AJV, nie net vir die jaar wat voorlê nie, maar ook wat die toekoms van die streek gaan raak. Ek wil begin om my dankbaarheid uit te spreek dat al die lede wat die Mosambiektoer meegemaak het in Julie, weer veilig terug is met ons ten spyte van ‘n paar “klein“ terugslae. Ook die lede wat die voorreg gehad het om met vakansie te kon gaan. Baie sterkte aan elkeen van ons jongmense wat nou in die 2de laaste kwartaal van 2015 in beweeg, met die eksamens wat voorlê en ons glo julle gaan die jaar met goeie prestasies afsluit, hetsy dit Skool-, Opleidingskollege’s- of Universiteitseksamens is. Sedert die tweede uitgawe vir 2015 in Mei uitgedeel was, het ons een amptelike streekkamp gehad en die gebied het ‘n 4x4- en kuierkamp aangebied. Die naweek van 15 tot 17 Mei het 15 kampeerders, wat een besoeker ingesluit het, by San Cha Len byeengekom. Ek was persoonlik baie in my skik met die standaard van die oord en die feit dat elke woonwa basies privaat staan en tog ook naby genoeg om ‘n kuier met die buurman moontlik te maak. Dankie aan David en Ansie Smith, ons kampkommandante, vir die naweek, vir die lekker sop, brood en sjerrie die Vrydagaand, asook die verfklasse vir die blikbekers en -borde Saterdagmiddag. Die lede wat deelgeneem het, was beslis baie beïndruk.

Page 7: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

7

Hiermee wil ek ook graag weereens die volgende punte kortliks onder u aandag bring, aangesien ek ‘n meer gedetailleerde terugvoer oor die jaar se aktiwiteite tydens die AJV sal voorlê: Lief en leed Die afgelope kwartaal was daar heelwat lief en leed deur van ons lede ondervind. Van julle was siek, beseer of het geliefdes aan die dood afgestaan. Ons dink aan almal en wil hulle opdra aan ons Hemelse Vader om Sy Hand van beskerming oor hulle te hou om daardie pyn en hartseer te verwerk en julle sterk te maak. Dankie ook vir elkeen wat die lede ondersteun en bemoedig het in die tydperk. Vir almal wat lief beleef het (wat verjaarsdae, huweliksherdenkings en geboortes insluit), ons is saam met julle bly dat dit goed gaan en hoop u het die gebeurtenisse geniet. Kampkommandante Tydens die AJV gaan ons die kampe vir 2016 vasmaak en ek wil weereens ‘n beroep op elke lid doen om hulself bereid te verklaar om as kampkommandante op te tree tydens een van die naweke. Gee julle name op by Janetta en watter kamp jy sou verkies. Moenie bang te wees dat jy aan die diepkant ingegooi sal word nie. Elke kamp het ‘n toegewysde bestuurslid wat u sal raad gee en jou sal by-staan.

Page 8: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

8

KEN ONS MENSE

Ek stel bekend: David en Ansie Smith

Bestuur Ek wil hier ook baie dankie sê aan die hele bestuurspan (bestuur met hulle gades) van die afgelope jaar, vir julle ondersteuning, maar ook vir die opofferings wat julle moes maak om die vergaderings te kon bywoon. Spesiale woord van dank aan Andy Toerien wat vanjaar klaarmaak op die bestuur, maar tog ook nog saam met Janetta op die bestuurspan gaan werk. Aan ons nuwe bestuurslid en sy/haar gade (sal naam tydens AJV bekend maak) baie welkom en dankie dat jy bereid was om deel van die bestuurspan te word. Laastens, maar nie die minste nie, alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir die jaar wat Hy aan ons gegee het en die vriendskappe wat ons in SAWA en veral in Wapadrand geniet. Groete

Wynand en Betsie

Page 9: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

9

David is ‘n motorwerktuigkundige en Ansie ‘n sekretaresse by Laerskool Kameelfontein. Hulle woon op ‘n pragtige klein plasie vir die afgelope 23 jaar in die Kameelfontein distrik. Hulle het self hulle huis gebou. David en Ansie reken “elke ma se boerbok is vir haar ‘n springbok”. Hierdie ma is geen uitsondering. Hulle het twee seuns, David 23 en Pieter 20. David is in sy finale jaar LLB en Pieter is ‘n eerstejaar vakleerling in diesel-werktuigkunde. In 2014 het Janetta gehoor dat hulle besig is met die restourasie van hulle woonwaentjie en sy nooi hulle saam na ‘n SAWA-naweek by Silver Rocks. Kort voor lank kamp hulle saam en in Desember 2014 sluit hulle aan. Gelukkig aanvaar SAWA tente en woonwaens, ook snaakse woonwaentjies. Dis ‘n selfgedoende waentjie van twyfelagtige oorsprong, maar met baie keurige en blye sonneblomme op en boodskappe teen die dak. Hulle kampeer nou meestal, maar het voorheen graag in selfsorg chalets gebly. Aangesien hulle nog “jong” kampers is, wat grootoog na elke kamp uitsien, kan hulle nog nie sê watter een die lekkerste kampplek nie. Klein Kariba is lekker want hulle staanplekke is mooi gelyk en waar daar nie koelte is, is meestal afdakke. Die oord is ook baie mooi uitgelê. Hulle was in November 2014 by die Jozini Dam. ‘n Heerlike ervaring was om op die dam te vaar (nie met die woonwa nie). Die kampplek was maar so-so maar die uitsig en ervarings het opgemaak daarvoor. Hulle het ook vir ‘n dag Mosambiek toe gery. In Julie het hulle getoer deur Laingsburg, Ceres, Clanwilliam, Vioolsdrift en Uppington. Hulle het die toer baie geniet. Dit was koud met die wa maar hulle het warm komberse, ‘n waaierverwarmer, serpe en mekaar gehad teen die koue. Hulle toer was ongeveer 3000 kilometer. Ansie en David se stokperdjies is eerstens hul woonwa, David is lief vir Soduko en ‘n lekker film. Ansie hou van skilder, handwerk en lees. Hulle kampwenk: Ansie het ‘n plastiek groenterak om vuil skottelgoed in te stoor tot wastyd. Hulle kampResep: Drinksjokolade met ‘n byt.

2 Groot blokke volroom sjokolade ½ teelepel kaneel Koppie room 3 Cardemon sade / knippie fyn Cardemon Knippie (of twee) rooipeper

Voeg al die bestandele bymekaar in ‘n dubbelkoker. Verhit oor matige hitte tot sjokolade gesmelt is. Bedien warm in klein glasies.

Page 10: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

10

San Cha Len

San Cha Len was toe ‘n aangename verrassing vir dié wat nog nie daar gekamp het nie soos die Pienaars; warmwater swembad en al! Vrydagaand het David en Ansie, ons Kampkommandante vir die naweek, ons heerlik getrakteer met die lekkerste sop en sjerrie. Andy en Janetta, het hulle bygestaan. Saterdag het lui-lui begin en 10h00 het die dames begin verf aan blikbekers wat Ansie vir ons reggehad het. Die kunstigheid, sêgoed, ens. wat hieruit gekom het was iets om te beleef. Amanda het oulike bekers geverf met stokstert meerkatte – natuurlik vir hulle Kgalagadi-vakansie, Ansie die Pro en Janetta moes maar hier en daar help. Nie almal van ons is ewe kunstig nie. Dit was ‘n baie oulike poging en tot selfs die kinders kon verf.

Wynand en Chrisjan het ook oulike bekers geverf. Met boekevat het Ansie ‘n treffende videovertoning gehad van ‘n klein dogtertjie wat die verhaal van Jona in die vis vertel het. Dankie Ansie, dit sal lank by ons bybly. Ons het ‘n rustige dag gehad en die aand ‘n saambraai met ‘n paar melktertjies om die ergste koue te verdryf. Sondagoggend sou ons na ‘n preek op TV kyk, maar kort na 8h00 het die “Load Shedding” ons verras. Gelukkig is Ansie nie iemand wat haar gou laat onderkry en sy het ‘n baie mooi preek gehad. Die normale voorsitterstee en afsluiting is gehou en almal het rustig begin oppak vir die pad huistoe.

Dit was nou ‘n rustige batterylaai naweek.

Daleen

Page 11: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

11

SAWA Mosambiek 4x4-Toer 2015 Bekend as die Bosbrekertoer

Een artikel is eintlik te klein om al ons wedervaringe te vertel. Die eerste bymekaarkom plek Ultra City of Middelburg. Ons groep was: 1. Andy en Janetta (Padbrekers), 2. Carel, Riana, Christiaan Combrink (Spoedbrekers), 3. Sakkie en Lientjie Filmalter (Windbrekers), 4. Deon, Petro, Menette de Beer (Ysbrekers), 5. Wynandt en Linda Theron (Sandbrekers), 6. Chris, Daleen, Mieke, Chrisjan Pienaar (Reëlbrekers). Ons het heeltyd in hierdie volgorde gery. Die eerste oornag was by Jozinidam Fish Eagle kampeerplek wat baie gerieflik en mooi was. Ons het tot seekoeie gesien. Die volgende dag is ons deur na Kosibaai waar die opwinding sommer dadelik begin het met ‘n baie dik sand pad, waar die twee 2x4’s verdwaal het en Wynand vasgesit het. Gelukkig het die plaaslike mense hom gehelp. Riana se senuwees was hier toe al klaar aan flarde. By die kamp Bhanganek is die pad so toegegroei dat bome afgesaag moes word sodat Chris met sy woonwa daardeur kon kom.

Na 2 dae sonder krag, baie primitiewe ablusiegeriewe en dik sand, vertrek ons na Ponto Malongane in Mosambiek. Gelukkig het alles goed verloop deur die doane en net na die grens begin Mosambiek sommer dadelik met 17km dik sand pad

Page 12: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

12

Ons het oral 2 nagte oorgestaan. Op Sondag is ons toe op pad na Campismo da Cuna. Hierdie was die ergste pad; 281 km in 13 ure. Net voor Boane en Maputu breek Chris se boswa se vere en ons sit ‘n paar uur langs die pad. Gelukkig het ‘n vriendelike Portugese man, Victor Hugo, ons gehelp. Chris, Daleen, Wynandt en Linda en Deon sou met die gebreekte woonwa na Maputu ry en die res van die groep is deur na die kampplek. Hier het hulle in dik sand, laat in die aand redelik vasgeval en verdwaal maar uiteindelik aangekom. Chris en die res oornag in Maputu en wat ‘n ondervinding! Altwee voertuie is deur rebelle voorgekeer en beroof van soveel geld as hulle moontlik van ons kon neem. Die geluk was aan ons kant en die behulpsame Pedro kon ons van die presiese vere voorsien en Maandag middag om 17h00 is ons uit Maputu. Die res van die groep het intussen vir ons kos gemaak en kampplek opgeslaan en die emosies het hoog geloop toe ons weer herenig was. Dit was sulke krisisse wat ons ongelooflik nader aan mekaar gebring het. Dag 8 is ons na Chidenguele – Sunset Beach wat ‘n paradys was met netjiese ablusiegeriewe en effense gras. Ons het ook walvisse gesien. Ons kon ook op die strand ry en dadelik is die manne met die 4x4 sand toe.

Elke oggend het ons boekevat gehou. Dag 10 vat ons die pad na Pomene Lodge. Dit is nou die berugte pad wat jy net van 14h00 af kan ingaan omdat dit ‘n tweespoor pad is vir 25 km waar verbygaan onmoontlik is. Vassit is ook nie ‘n opsie nie.

Page 13: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

13

Pomene Lodge

Ons trek laer Daardie aand eet ons Krap vir voorgereg en vars vis vir hoofgereg

Die strand en die ou Hotelmurasie op Pomene bly altyd ‘n belewenis. Wynandt word siek en ons almal is baie bekommerd. Natuurlik moet hy almal se boererate probeer. Dag 12 is ons op pad na Villas do Indico by Vilanculos. Dit sou die verste noorde-like punt wees. Vilas do Indico is presies wat sy naam sê: Indico kleur water en prentjiemooi. Dit was vir my die hoogtepunt van die toer toe ons met 2 motorbote na die eilande is. Natuurlik teen ‘n prys van MT3000 pp (dit is so R1000 per pp. Oppad na die eilande het die dolfyne saam met die boot geswem

Page 14: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

14

Wit strande, snorkel, lekker kos, goeie vriende. Dis nou ‘n vakansie 1000. Op Dag 14 gaan ons na Coconut Bay wat naby Inhambane is. Coconut bay is die plek van Kreef. Van die klomp speel Canesta tot laat, Andy maak die kinders bang en die volgende dag eet ons vis en braai Kreef. Hoe klink R30 per kreef?

Die steenbokskeerkring

Vis en Kreef vir aandete Woensdag, Dag 16 is ons oppad na Montego Bay in Xai Xai Die kampplek is nogal ‘n uitdaging met dik sand en verskillende terrasse. Hier ontmoet ons vir Stian wat die eienaar is en hy was ongelooflik behulpsaam. Xai Xai is natuurlik die plek vir 4x4 en die manne kon nie wag om die duine aan te durf nie.

Page 15: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

15

Ons is op Vrydag 17 Julie deur Komati grenspos en het die laaste aand in Marloth Park Henk van Rooyen kampeerplek oornag. Ons het hier die afsluiting gehad met ‘n hofsitting en al. Die volgende aanklagte is aangehoor: Andy – Omdat hy kinders bangmaak, Janetta - Mense met ‘n biltongpotjie verlei, Carel omdat hy met ‘n 2x4 in ‘n slegs-4x4-gebied gery het. Riana is van kinder- ontvoering aangekla en paniek saai onder die groep. Christiaan is aangekla van bylmoord op krappe, Deon - Spoedoortreding en omdat hy mense se onderstel met ‘n grinder bygedam het, Petro - Omdat sy haar man by al die stalletjies laat stop het, Sakkie omdat hy met kreef smokkel en spoedoortreding begaan het. Lientjie word ook aangekla dat sy krappe en krewe vermoor het, Wynandt omdat hy ook in ‘n 4x4-area met 2x4-voertuig gery het, verset teen arrestasie en bribery, Linda - Rondloop langs die pad met ‘n wit rolletjie toiletpapier, Chris - Besit van onwettige brand-blusser, smokkel van kreef en houtskool, verset teen arrestasie en bribery, Daleen - Kook van krap en kreef, en dat sy die mense vet gemaak het met die bak van brood, Mieke - Klein onskuldige kindertjies bangmaak en Canesta speel, Chrisjan – Skiet ‘n aap met ‘n kettie en stink p…. in die kar. Pryse: Lientjie – Beste vroulike 4x4 bestuurder Deon – Mechanic van die toer Sakkie – Kosmaak – vernaam die pap en knoffelaartappels Riana - Stress Prinses Daleen – Vir die heerlike krap en kreef gaarmaak Janetta – Dankie vir die goeie aanwysings, besprekings en koördinate wat reg was. Andy vir die voorryer. Wynandt vir 2x4 in moeilike 4x4-omstandigdhede Carel vir 2x4 in moelike 4x4-omstandigdhede Hierdie toer was elke dag vol van ongelooflike belewenisse en om die soet en suur van so ‘n toer te beleef, bring mens net nader aan mekaar. Dit was ‘n ondervinding van ‘n leeftyd. Daleen

Page 16: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

16

Verjaardae en herdenkings vanaf die huidige tot volgende Wawiel

HUWELIKSHERDENKINGS

Anita Theron 5 Aug

Hester Swanepoel 7 Aug

Carel Combrink 10 Aug

Richard Leach 14 Aug

Willie Troskie 14 Aug

Estelle Theron 17 Aug

Elza Hatting 30 Aug

Alta van Jaarsveld 9 SeptDalani Lombaard 14 Sep

Annelize Burger 16 SepJohan van Jaarsveld 19 Sep

Ettrusia Leach 22 Sep

Carissa Coetzee 26 Sep

Celia Struwig 4 Okt

Bettie Mullins 6 Okt

Nadia Fourie 9 Okt

Helen Pienaar 11 Okt

Edward Leach 19 Okt

Erika de Kock 24 Okt

Carina Louw 27 Okt

Naude van Heerden 28 Okt

Elané Brönn 29 Okt

Lizel Visser 29 Okt

Anina Burger 31 Okt

Deon Coetzee 31 Ockt

Jaques Velloen 1 Nov

Joey Velloen 3 NovAndré van Zyl 5 Nov

Micke van Rensburg 5 Nov

Jenny Pienaar 8 Nov

Reuben Burger 8 Nov

Alwyn Louw 12 Nov

KARAWANDERTJIEBOEKIES

Oom Jos het ’n vorige keer almal wat by die kamp was, se plakkers op datum gebring. Sorg asseblief dat jy ‘n draai maak by oom Jos om jou plakkers te kry. Vat jou boekie saam.

VERJAARSDAE

Herman & Lucille Groenewald 25 Aug

Reinard t& Lynette van Rensburg 2 Sep

Piet & Natasjha du Plessis 6 Sep

Dewald & Lize Combrink 15 Sep

David & Stephanie Brönn 16 Sep

Gerrit & Anita Theron 24 Sep

Naude & Des Marie van Heerden 4 Okt

Wynand & Betsy Theron 4 Okt

De Jager & Analize Burger 15 Okt

Jaques & Marjorie Velloen 16 Okt

Christo 7 Sarie Bezuidenhout 19 Okt

Davird& Ansie Smith 13 Nov

Page 17: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

17

7 to 10 Augustus 2015 My Private Bushcamp AJV

11 tot 13 September 2015 Silver Rocks

24 to 27 September 2015 Nasionale saamtrek by Koppisol

2 tot 4 Oktober 2015 Jakarandastreek se 4X4

16 tot 18 Oktober 2015 Nasionale kongres

23 to 25 Oktober 2015 Umoya

13 to 15 November 2015 Waterberg

JAARPROGRAM 2014-2015

A��� ������� ���� ������ ��� �� ������� ������� ����� ����: REKENINGHOUER: SAWA STREEK WAPADRAND ABSA REKENINGNR: 92 90 59 19 67 TAKKODE: 632005 (Ben Swartstraat) TIPE REKENING: SPAARREKENING BEWYSE moet aan Johan [email protected] en cc [email protected] gestuur word. Gebruik asb. jou naam, van en kort beskrywing van waarvoor die betaling is as verwysing. Bring asseblief die bankbetalingsbewys ook sommer saam kamp toe. Moet asseblief nie kontant by ‘n bank inbetaal nie, aangesien dit onnodige bankkoste teweeg bring. Indien daar kontant is, bring dit liewer saam en betaal by die kamp.

Die blou gedeeltes is nie streekkampe nie en tel nie vir 100% bywoning nie.

Page 18: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

18

LOOTJIEKOMPETISIE

WEN WEN! WEN!!!!

‘N 3G 7” TABLET PLUS ‘N ANDROID FOON PLUS KRAG-BANKLAAIER EN ‘N STEL OORFONE. ALLES VIR R25.00.

Page 19: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

19

TOEKENNINGS

Renier en Selma Everts, Ons gaste vir die naweek

Wynandt en Linda Theron ontvang hulle 30ste Streeksplaatjie

Ons kampkommandante vir die naweek: David en Ansie Smith

Edward en Marthie Leach ontvang hulle 140ste Streeksplaatjie

Kobus en Erika de Kock met hulle 50ste Streeksplaatjie

Page 20: Wapadrand.1509.Wawiel Aug 2015 - SAWA · NUUSBRIEFREDAKTEUR ANDY TOERIEN toeriena@vodamail.co.za 0822 565 044 012 401 1927 (W) 012 808 5566 (H) 086 715 8230 (F) JEUG/KATEGESE JOS

20

Kosibaai Bekers verf

Strandinkopies by Ponta Malongane

Sunset Beach

Ons Cabana Girl Ons het ernstig gepak vir elke moontlikheid