western cape€¦  · web viewart deco √ soos gesien in die ... humor- deur weg te beweeg van...

27
PUNTE: 150 TYD: 3 uur VOORBEELD EKSAMENVRAESTEL GRAAD 12 ONTWERP JUNIE 2011 MEMORANDUM 1

Upload: others

Post on 16-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

PUNTE: 150TYD: 3 uur

Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

VOORBEELD EKSAMENVRAESTEL

GRAAD 12

ONTWERP JUNIE 2011

MEMORANDUM

1

Page 2: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' ONTWERPE: ASSESSERING VAN VISUELE GELETTERDHEID

1.1 Ontwerp deur Black Coffee: 10 punte

1.1.1 (Ken 6 punte toe) 3 elemente of 3 beginsels. Die volgende kan ingesluit word in die bespreking:

Golwende (flowing) lyne √ word geskep in die kledingstukke deur middel van sagte voue, asook die drapering van die materiaal. √. (element)

Verskillende teksture √ word geskep deur die plooie (pleats) en die bymekaarvat (gathering) van die materiaal. √ . (element)

Die voue skep lig en donker √ tonale waardes √ in die kledingstuk. (element)

Die kleur √ is monochromaties √ (slegs een kleur is gebruik) (element) Die kledingstuk en die krale √ is 3 dimensioneel √ . (element) Kledingstukke is simmetries √ gebalanseerd √ . (beginsel) Herhaling √ is gebruik in die voue, teksture en kralewerk √ . (beginsel) Proporsie √ – die klere hou verband met die skaal en proporsie van die

menslike liggaam. √ (beginsel) Kontras √ is gebruik in die tekstuur van die kraag en die kopstuk √ .

(beginsel) Ritme √ – die voue in die klere skep ritme deur middel van herhaling √ .

(beginsel) Eenheid √ word geskep deur die gebruik van eenderse lyne, teksture en

bykomstighede √ . (beginsel)

1.1.2 Ken 4 punte toe

Die kledingstukke boots die drapering van baie stam kulture na Die ronde nekstuk of kraag is baie dieselfde as party van die nekstukke

wat gedra word deur Afrika-stamme √ Afrika hairstyle word nageboots deur die kopstukke √ Dit lyk ook soos die “Voortrekker Kappies” wat deur wit vrouens in die

verlede gedra was. √ Die drapering agter herinner ons aan babas wat deur hulle ma’s op die rug

gedra word in Afrika. √ Die lang krale kan ‘n moderne weergawe wees van die baie krale wat

gedra word deur Afrika vrouens, byvoorbeeld die Xhosas. √ Die kleur is baie dieselfde as die modder-kleur wat gebruik word deur die

Himba stam. √ Enige ander geldige observasie kan punte kry. √

2

Page 3: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

1.2 10 punte

1.2.1 Ken 6 punte toe Moontlike style kan die volgende insluit: Bauhaus √ soos gesien in die

skinkbord wat ooreenstem met ‘n vrugtebak wat gemaak is deur Joseph Albers in 1924. Asook die gebruik van eenvoudige geometriese vorms. √ .

Art Deco √ soos gesien in die vierkantige en ronde vorms wat saam gebruik is en die nagemaakte ivoor van die handvatsels, asook die gebruik van kleur √ .

Moontlike Griekse invloed √ in die pilaar-agtige vorms aan die kante √ . Post Moderne √ - in die kombinasie van goedkoop en duur materiaal √ . Post Moderne √ - in oënskynlike teenstrydighede – dit kom swaar voor

maar is gemaak van aluminium wat liggewig is - wat die goedkoop materiale duur laat lyk √ .

Moontlike Laat Moderne √ in die industriële voorkoms √ . Kombinasie van presiese geometriese vorms en meer organies gevormde

handvatsels √ √ Ook Post Moderne √ in die verwerping van die Modernistiese suiwerheid

van vorm sonder versiering √ . Toon eklektiese elemente √ soos geleen van ander style (Post

moderne).

1.2.2 Ken 4 punte toe (noem & bespreek = 2)

Ooreenkoms √ – ooreenkomstige vorms & lyne gebruik in al die voorwerpe √ .

Dit voldoen aan mense se basiese behoeftes √ (kan tee of koffie hou en kan skink), maar dit is gekombineer met ‘n funky/ hip ontwerp wat dit ‘n wenslike voorwerp maak √ . (hierargie van behoeftes)

Simmetrie √ – die eienskappe van die produkte is simmetries gerangskik. Die een kant is identies met die ander kant. √ .

Nabyheid √ – elemente soos lyn is naby aan mekaar gespasieer en lyk asof dit saam hoort. √ .

Reel van derdes (Rule of thirds) √ – die deksel is een derde die hoogte van die voorwerp √ .

Esteties-bruikbare effek √ . Estetiese (mooi) voorwerpe word beskou as makliker om te gebruik as dié wat nie so mooi is nie. Hy beperk die kleur sodat dit nie so besig moet lyk nie. √ .

Koste voordeel √ . Die kliënt mag oorweeg of die voordele van die produk gelykstaande of beter is as die koste om dit te vervaardig. √ . Hulle is duidelik op ‘n hoë end van die mark gerig en, alhoewel hy bakelite (plastiek) vir die skinkbord gebruik het, asook nagemaakte ivoor, het hy

3

Page 4: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

nog steeds daarin geslaag om ‘n duur produk te skep. Ontwerpers is berug vir hulle hoë pryse.

Vorm volg funksionaliteit (Form follows function) √ – Dit is duidelik wat die funksie of doel van die stel is, die handvatsels is maklik om te gebruik en vas te hou. Alhoewel hy vertikale ‘pilare’ aan die kante as ‘n dekoratiewe element gebruik, wys die beperkte gebruik van kleur en algehele eenvoudige geometirese vorms duidelik die funksie van die stel. √ .

VRAAG 2

2.1Moontlike antwoorde kan die feite insluit dat: Drie verskillede tipes vrouens van Suid Afrika uitgebeeld word. Die eerste deel van die woord disempowered het ‘n streep deur die

letter ‘s’ wat kan verwys na die vrouens wat nie bemagtig is nie. Die vrouens word nie uitgebeeld as sterk vrouens wat in beheer of in

leiersposissies is nie. Die “dis” kan verwys na landelike vrouens wat nie die vermoë het om

hulleself te bemagtig nie. Ken 2 punte toe vir enige van bogenoemde of enige ander

geldige punt wat gemotiveerd is.

2.2 Ken 4 punte toe Moontlike antwoorde kan die volgende insltuit:

Die swart vrou regs is ‘n tipiese foto of verteenwoordiging √ van swart vrouens in die landelike gebiede deur die media en kan as ‘n stereotipe gesien word. √ .

Die jong wit dame is uitgebeeld as ‘n genot- en sonsoekende individu sonder enige sorge. √ . Dit is ‘n baie stereotipiese seining van jong wit vrouens. √ .

Die dame in die middel word uitgebeeld as iemand wat behoort aan die verlede in ‘n moderne stad - wat nie altyd waar is nie, omdat nie almal so is nie. √ . Sy lyk ook soos ‘n model van ‘n Tretchicoff skildery; ‘n geïdealiseerde swart vrou. √ .

2.3 Ken 2 punte toe Moontlike antwoorde:

Die swart en wit gedeelte kan verwys na die verlede wat ons wil agter laat – om ontmagtig te wees; beklemtoon deur die streep deur die ‘s’ en die handgeskrewe letters. √ .

Die kleur kan dalk dui op ‘n beter toekoms in ‘n bemagtigde wêreld √ . Die een het ‘n sorgvrye pret belaaide lewe en die ander een dra die

reënboog om haar nek en kom goedversorg voor. √ .

4

Page 5: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

2.4 Ken 2 punte toe (enige van die volgende twee)

Mickey Mouse kan verwys na die invloed wat Amerika op Suid- Afrika het.

Sy kan in ‘n posisie wees om te reis en dit kan ‘n simbool wees van hierdie globale invloed.

Kan verwys na haar nuwe moderne sorgvrye lewe – sy kan nietighede bekostig en nie net probeer oorleef nie.

Enige ander geldige waarneming kan punte kry.

VRAAG 3 (Ken 10 punte toe)

V. 3.1Onvloede: 1punt vir A and 1 punt vir B. Figuur A.

Die vierkantige raam van die huis is ooreenkomstig met sommige ouer slawehuise en modernistiese style van geboue in SA.

Baie landelike swat huise is vierkantig en onversier. Die plat dak kon beïnvloed gewees het deur Modernisme. Enige ander geldige gemotiveerde waarneming kan punte kry. Opstapeling van sandsakke gedurende periodes van vloede

Figuur B Deel ooreenkomste in vorm met die “Kapstyl” huise wat by Puntjie in die

Suidkaap voorkom. Kan ook beïnvloed word deur A-raam behuising of Tente wat vir kampering gebruik word Die geriffelde bekleding kon beïnvloed gewees het deur die Laat

Moderniste, sowel as die Post Moderistiese gebruik van hierdie gebruik van industriële materiaal.

Materiale: Een punt vir elke A & B voorbeelde Figuur A:

Gebruik hout en sandsakke √ Figuur B:

Gebruik geriffelde (corrugated) panele √

Tegnologie: Een punt vir elke voorbeeld A & B Figuur A

Gebruik sakke gevul met sand opgestapel tussen regop hout strukture. Relatief maklik om deur enige iemand gebou te word. √

Figuur B Gebruik vooraf-vervaardigde panele oor ‘n raam; vervaardig in ‘n fabriek,

gepak en opgerig op die bouwerf. √Funksie: Een punt vir voorbeeld A & B Figuur A:

5

Page 6: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Funksioneer as ‘n groep huise of enkel eenhede of woonstelle. √Figuur B

Kan as ‘n huis gebruik word (klein), Granny flat, stoorkamer of klein vankansie huisie. √

Enige ander geldige waarnemings kan punte kry.

Die suksesvolste ontwerp: Ken 2 punte toe vir enige goed gemotiveerde keuse, bv.: Figuur A:

Redelik maklik om op te rig en sal koel wees in die somer; dit sal ook maklik wees om die huis te vergroot. Sand en hout kan duur wees en moet vervoer word. Spesiale vaardighede is nie nodig om dit te bou nie.

Figuur B Die huis is netjies en kan redelik maklik opgerig word as die komponente

afgelewer is. Die dak vorm die mure, wat die kostes verlaag. Dit is redelik klein en sal ‘n verbetering wees op ‘n pondok. Dit is huidiglik vervaardig in Amerika, maar sal in SA vervaardig word. Die eenheid kan vergroot word deur meer as een eenheid te gebruik en dan die twee aan mekaar te koppel. Geen spesiale vaardighede is nodig nie want dit kom klaar verpak met al die gereedskap en ‘n leer.

3.2 Ken 10 punte toe (Orange juice Design/ Jupiter Drawing room, Mielie design, Mapula Project of enige ander groep/ ateljee wat julle behandel het.

3.2.1 Noem die ontwerp groep / agentskap of ateljee √ Noem of beskryf een werk deur die groep / agentskap of ateljee van jou keuse √

3.2.2 Werkmetode √ √Invloed en intensie √ √Kenmerke van die ontwerpe √ √ √ √

Bv. Vervaardig werk vir groot media kategorieë ; TV, film, kennisgewingborde, digitale media √

Belkemtoon eco-vriendelike produkte √ Hulle konsentreer op sosiale verantwoordelikhede √ Tradisionele advertensie maatskappy – alle hoof media asook nuwe

media √ Het dikwels baie eenvoudige oplossings wat die kyker uitdaag om weer te

kyk. √

VRAAG 4 30 punte AS4: Ondersoek, reflekteer en interpreteer inligting van ‘n verskeidenheid bronne wat globale invloede toon wat die vorming van die ontwikkelling van ontwerp weerspieël

6

Page 7: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

AS5: analiseer, interpreteer en reflekteer krities op voorbeelde en hulle verband tot kulturele, historiese en hedendaagse kontekste.

4.1 Ken 20 punte toe in totaal. Kies enige twee van die lys van 20ste eeuse bewegings. Kyk na die lys wat voorsien is. Voorbeeld: Kuns en Handwerk (Arts & Craft)Noem ‘n ontwerper en ‘n ontwerp van jou gekose beweging bv. William Morris & ‘n werk: Tulip & willow textile van John Henry Dearle: Compton textile van Philip Webb: Red House √ √

Invloede: (2 punte) Gotiese invloed soos gesien in: die gebruik van boë (arches), quatrefoil &

trefoil vorms √ Middeleeuse mitiese temas (draak), eenvoudige landelike plaas-

argitektuur en handwerk (kunsvlyt). √

Natuur – soos gesien in allerdaagse tonele, blomme, diere, plante. √ Sosiale hervormings idees van Ruskin & Morris op die werkstoestande

van daardie tydstip wat ‘n tipe huis- industrie tot gevolg gehad het. . √

Bespreek kenmerke: 5 punte (mag nie inligting herhaal wat gegee is onder invloede nie)

Natuurlik en onversier (& onaangeraak deur middel van meganiese metodes), plaaslike material, behou in die natuurlike vorm (plaaslike hout & plaaslike klip) √

Minimale ornamentasie – vorms was eenvoudig en strak gehou. √ Versiering was slegs gebruik om ‘n ontwerp te verbeter en nooit vir eie

gewin nie. √ Onderwerp idees het gekom van plante, diere en voëls, veral vir

muurpapier en tekstiele. √

Beeld figure uit van middeleeuse bronne in loodglas vensters, meubel panele en boek illustrasies. √

Heraldiese detail en gotiese gepunte boë was ook ingesluit. √ Handgemaakte voorwerpe wat gemaak is deur vaardige opgeleide mense,

was vervang deur masjien of fabriek-vervaardigde voorwerpe waar moontliik. √

Ontwerpe beklemtoon natuurlike eenheid tussen vorm, funksie en versiering. Daaruit volg die beginsel van vorm funksionalitiet, sonder onnodige versiering of kenmerke. √

Konstruksie besonderhede was soms sigbaar gemaak bv. Klinknaels in metaalwerk en tapwerk in houtwerk. √

7

Page 8: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Die vakman was geag as ‘n kunstenaar. √

Vakmanne het in gildes gewerk (koöperasies) ooreenkomstig met die Middeleeuse gildesisteem. √

Wou beklemtoon dat kuns en handwerk die kwalitiet van elke persoon se lewe kan verbeter – ‘n eerbare beroep. √

Gebruik handgemaakte tegnieke wat van geslag tot geslag oorgedra was, bv. Houtwerk, naaldwerk of weef. √

En

Post Moderne Beweging – “less is a bore” (10 punte per beweging)

Noem ‘n ontwerper en ‘n ontwerp (2 punte) Sottsass/ Pesce/ Gehry/Starck/ Mendini/Shiro Kurumata of enige

ander van die Post Moderne periode Tartar tafel OF Tomatoe stoel OF Casablanca OF Mizar vaas

(Sottsass) Donna chair OF Sunset bank OF Golgotta stoel OF Biblioteque OF

Veltri stoel (Pesce) Guggenheim Bilbau OF Disney OF Fred & Ginger OF Wriggle Stoel

OF ‘cross check arm chair’ Gehry Ghost stoel OF President M tafel OF Juicy Salif ‘lemon squeezer’ OF

Max Le Chinoix vergitis OF Dr Skud vlieg-slaners deur Starck Praust stoel OF Girotondo stoele OF Anna G kombuisgereedskap

reeks deur Mendini ‘How high the moon rises’ bank deur Shiro Kurumata

Invloede: 2 punte ‘n reaksie tot die verkwistende massa-verbruiking van die 60s het gelei tot

‘n belkemtoning om vermorsing te beperk. √ Verwysing tot ouer style in ‘n eklektiese en uitdagende manier bv. die

Bauhaus was ‘n gehumaniseerde karakter gegee (Kettle deur Graves met ‘n voël-fluitjie). Sy ketels het baiekeer ‘n Bauhaus vorm gehad maar met iets vreemd (quirky) bygevoeg. √

Die skryfwerk van Robert Venturi – het die term geskep “Less is more is a bore”. Hy het reeds tradisionele en dekoratiewe simbole in sy werk gebruik in die 1960s en het gehou van die lewendigheid van plekke soos Las Vegas en Disney world. √

Geometriese lyne – struktureel of dekoratief; kan ook ‘n herleweing wees van Art Deco en ander kulturele interpretasies soos die van die Aztecs. √

8

Page 9: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Kenmerke: (5 punte) Individuele diversiteit – Die ekonomiese klimaat het voorstrewende elite

tot gevolg hehad wat eenmalige ontwerpe kon bekostig. Hulle kon vrylik eksperimenteer en hulle individualiteit uitdruk. √

Historiese bewilliging (appropriation)- Kunstenaars leen vrylik motiewe van die verlede en soms word verskeie motiewe in onverwagte maniere gekombineer in een stuk: Bv. Romeinse, Griekse and Renaissance argiktektuur (geweldriehoeke/ pedimente & pilare) √

Populêre Kultuur – Regoor alle ontwerp dissiplines was daar ‘n obsessie met populêre kultuur en verbruiking (consumerism). Party ontwerpers het onmiddelike herkenbare beelde in hulle werk inkorporeer, byvoorbeeld strokiesprent karakters, filmsterre en punk motiewe. Ander het weer voorwerpe van die hedendaagse leefstyl herwin.

√ Re-interpretasie – Ontwerpers was daarop uit om allerdaagse voorwerpe

‘n nuwe lewe te gee. Ander sluit in Alessi se mikro- argitekturele styl van huishoudelike toestelle in zoomorphic (diere) of anthropomorphic (menslike) vorms. √

Kleur – Kleur was baie belangrik vir die post moderne ontwerp en was net so belangrik soos vorm. Ontwerpers het staatgemaak op hulle kreatiewe gebruik van kleur vir visuele impak tot ‘n stuk. Hulle het baiekeer helder of kontrasterende kleure gebruik, asook uitsonderlike patrone. Hulle het funksionele voorwerpe absurde en speelse kleure gegee.

√ Meng van materiale – Die gebruik en kombinasie van twee of meer uiters

verskillende materiale was tipies van hierdie ontwerpe. Duur materiale, soos leer en metaal, was baiekeer saam met plastiek gebruik.

√ Ontwerpers het ook goedkoper materiaal ‘n duurder voorkoms gegee,

soos byvoorbeeld om verf- tegnieke te gebruik om duur oppervlaktes, of natuurlike materiaal (luipervel) en industriële merke na te boots (bv. die gegote ‘non-slip’ plate).

√ Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars

baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde sluit in: ontwerpe met een funksie, ontwerp om soos ‘n ander een te lyk.

√ Unieke handwerk - Moeg van die pressisie handwerk vanaf die 1950s,

het baie kunstenaars teruggegaan na handwerk as ‘n alternatiewe kunsvorm en die eienskappe van hout, glas, metaal en keramiek ondersoek om ’n klomp unieke produkte te vervaardig. √

Geometriese lyne – Geometriese patrone was opvallend gebruik deur ontwerpers in meubelontwerp, tekstiel en keramiek. √

Eenvoudige vorms – Vroeë Post Moderne ontwerpers, soos die van die Memphis groep, het eenvoudige konvensionele vorms op

9

Page 10: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

onkonvensionele maniere gebruik – wat later vervang was met ‘n nuwe minimalisme. √

Nuwe Minimalisme- Teen die einde van die 80s het kunstenaars die besige simbolistiese gelaaide vorms verwerp ten gunste van ‘n nuwe minimalisme. Hulle het materiaal gebruik met eenvoudige oppervlaktes soos glas, gesmeerde metaal (brushed metal) deurskynende en enkel-kleurige plastiek en onbehandelde hout.

√ A-simmetrie - Ontwerpers het doelbewus simmetrie vermy as ‘n reaksie

teen Modernistiese ideale. Hulle het dit reggekry deur middel van kleur, struktuur en materiale. Die resultate het baiekeer die norms van aanvaarde ontwerp uitgedaag. √

Teenstrydigheid – voorwerpe weerspreek baiekeer hulle funksie of doel bv.. Sottsass met sy gekantelde boekrak of oënskynlike smeltende stoele.

√ Die pret element: om altyd die pret element in ernstige ontwerp te

inkorporeer bv. Venturini met sy speelse ontwerpe of Pesce se Us & Them Sofa. √

4.2 Plakkate (ken 10 punte in totaal toe)

Figuur A: 5 punte Identifiseer die styl: Art Nouveau

√ Die lyne van die hare is, is vry-vloeiend

met rondings √ Die ‘whiplash’ lyn, ‘n kenmerk van

hierdie styl, is gesien in die hare. √

Die prent is geraam met ‘n dekoratiewe raam in ‘n zig-zag patroon. √

Die vrou word baie vroulik en sensueel uitgebeeld. √

Die prent het ‘n A- simmetriese balans a.g.v. die hare en die figuur wat nie dieselfde aan albei kante is nie, √

Die lyne skep ‘n ritmiese beweging. √ Die letters is in ‘n ou styl en het ‘n

stippellyn om elke letter. Dit is effens weggesteek deur die geboë boonste deel van die meisie se hare. √

Organiese lyne is meestal gebruik; wat verwys na die figuur/natuur verhouding. √

Die kleur is sag sonder sterk kontraste

Figuure B: 5 punte Art Deco √ Vorms is eenvoudig/gestileerd √ Die onderwerp verwys na moderne

geriewe soos ‘n vliegtuig, trein & motor om reis te vergemaklik. √

Daar is geen verwysings na die natuur nie, net ‘n mensgemaakte wêreld. √

Die trein en kar word gesien in perspektief wat geprojekteer word na die kyker – was dikwels in AD plakkate gebruik. √

Kleure is sterk en plat met min skadu en detail. √

Lyne is meestal reguit, behalwe vir die die sirkels op die trein en die kar se die kopligte. √

Verwysing na ruimte word geskep deur die sterk verkorting (foreshortening) van die trein, kar en vliegtuig. √

Verskillende hoeke word getoon: party voorwerpe word gesien van voor en

10

Page 11: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

wat bydra tot die natuurlike gevoel van die plakkaat. √

party van onder. √

Die voorwerpe het ‘n meganiese gevoel. √

Die letters is eenvoudig en gerangskik aan die onderkant op reguit lyne. Die ruimtes tussen in die lyne en die dikte varieër. √

Totaal vir afdeling A: 80 punte

AFDELING B ONTWERP IN ‘N SOSIALE / OMGEWINGSKONTEKS

VRAAG 5 (Ken 10 punte toe) Font / Letterwerk: 2 punte vir elke plakkaat Figuur A

Font is los geskryf asof dit met die hand gedoen is, en is in verskillende groottes – meestal aan die een kant van die figuur. √

Die letters aan die linkerkant verskyn in wit op ‘n swart agtergrond en aan die regterkant in swart op ‘n wit agtergrond. √

Die woord XENOPHOBIA is geskryf in groot vet ekspressiewe vryhand letterwerk wat oor die man se bors strek. √

‘n naamkaartjie is vasgemaak aan die die een been van die letter X. Die A in die woord is laer geplaas as die ander en party van die letters, soos N, P & h vertoon langer. Die woord kom ‘bang’ voor. √

Figuur B Verskillende font / letterwerk word

gebruik in verskillende groottes, waarvan party gedruk en party handgeskryf voorkom. √

Die woord verskyn bo links en onder regs van die plakkaat. Die woorde aan die regterkant verskyn in 3 verskillende fonts: klein handgeskrewe adres √, gevolg deur groot vierkantige letters in twee kleure. Die woord ‘history’ is handgeskryf in aaneenlopende skrif met die ‘y’ wat in die doringdraad eindig. √

Toepaslikheid van beelde: Ken 6 punte toe Die student moet sy / haar seining oor A & B duidelik stel en motiveer.

Die volgende kan moontlike antwoorde wees:

11

Page 12: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Figuur A Figuur B Die figuur is groot en ekspressief en

maak die hele ruimte vol. Hy word gemerk met ‘n kruis op sy voorkop – soos vir ‘n teregstelling. √

Sy oë is vol hartseer of vrees. √ Die bewoording en die beeld pas goed

bymekaar. Dit lyk of die woord ‘xenophobia’ in bloed geskryf is, of vinnig geverf is, om die persoon te merk – wek vrees op. √

Die minimale gebruik van kleur in die figuur beklemtoon die vrees faktor. √

Die figuur is toegedraai in doringdraad en kom hulpeloos voor, asof hy nie uit sy situasie kan ontsnap nie.. √

Die vrou is jonk en lees uit ‘n boek wat die woord ‘history’ beklemtoon. √

Die doringdraad aan die einde van die woord ‘history’ pas by die doringdraad om die boonste figuur. √

Minimale gebruik van kleur, en die figure wat naby aan mekaar is, dui op ‘n verwantskap tussen wat sy kan doen om sy ellende te beeïndig. √

Gee krediet vir enige ander geldige observasie wat goed gemotiveerd is.

5.2 Sosiale kwessies - plaaslik (Ken 10 punte toe) Die leerder moet een onderwerp kies

Winkelsentrum as visuele kultuur (10 punte) Geskiedenis van winkelsentrums – het die plek ingeneem van publieke

ruimtes in die verlede, soos om ‘window shopping’ te doen terwyl jy by die straat afstap. √

Die Grieke en Romeine het die Forum gebruik as ‘n bymekaarkom plek en winkel ruimte √

Die funksie van publieke ruimtes, soos dorpspleine, markte, sypaadjie kafees en die boom in die middel van die dorp, het sosiale interaksie aangemoedig. √

Publieke ruimtes in SA is ook beperk – geen rasse- vermenging was toegelaat voor 1994 nie. Vandag is daar geen rasseskeiding nie. √

Winkelsentrums is nou die plek vir sosiale interaksie en behoort gewoonlik aan ‘n privaat instansie of sindikaat. √

Daar is ‘n geïmpliseerde beperkingsmaatreël by die ingang: ‘reg van toegang voorbehou’ kennisgewings. √

Hierdie publieke ruimte is nou gekontroleer – sekuriteitswagte, CCTV kameras en elektroniese diefstal toestelle; die publiek voel veiliger daar as in ‘n publieke ruimte soos ‘n park.. √

Die enorme ontwikkeling van winkelsentrums is baseer op die vrees van die publiek wat veilig wil voel buite hulle huise. √

Winkelsentrums het baiekeer temas (leerders kan hulle eie voorbeelde gee.) √

‘n Kort verduideliking van die voorbeeld en hoe hulle soms hierdie bizarre temas in Suid-Afrika ervaar. (Deel van Egipte in SA soos gevind in die ou Sanlam Sentrum of Mississippi Detour). √

Ouer winkelsentrums was afgesluit van die buitekant af – en was afhanklik van kunsmatige beligting. √

12

Page 13: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Suid-Afrikaanse publiek verkies die buitelewe (a.g.v. die goeie klimaat). Met dit in gedagte is daar nou winkelsentrums met terasse en pleine. √

Winkelsentrums het die bymekaarkom plek geword van die SA middelklas en veral tieners. √

Winkelsentrums vervaag die onderskeid tussen koophandel en ontspanning. √

WInkelsentrums beliggaam idees en waardes van die era (beklemtoon materiële kultuur en die skep van sosiale klasse-onderskeiding). √

Dit het ‘n vorm van ontvlugting, toerisme, ontspanning en vermaak geword. √

Jaarlike vakansies en skooldae word baie keer in winkelsentrums spandeer. √

Die uitleg bepaal hoe sosialisering en vermaak, asook besigheid, sal plaasvind bv. ‘food courts’, banke, kruideniersware en film of vermaak. √

OF

Hedendaagse / Kontemporêre kwessies in SA (Ken 10 punte toe) Advertensiewese en die media

Die advertensiewese en die media kan kragtige middele wees om die publiek op te voed oor kwessies wat SA affekteer. √

Rommelstrooiery en die veilige verwydering van rommel kan ‘n twisappel wees. Om ‘n eenvoudige sportprent, soos byvoorbeeld die ‘rubbish monster’ te skep, voed Braam Jordaan mense op wat nie kan lees of skryf nie, hoe om ontslae te raak van afval op ‘n vermaaklike manier. √

Die media en ontwerpers kan ons bewus maak van herwinningsgebiede en nuwe maniere om rommel te hergebruik of te herwin. √

Hulle kan ‘n bewustheid van siektes en sosiale euwels skep wat ons gemeenskap affekteer deur middel van visuele middele. √

Advertering kan ook beskou word as ‘n instrument van manipulasie – skep begeerte, of beïnvloed die manier waarop ons besluite maak oor wat ons koop of vir wie ons wil stem in die volgende verkiesing. √

Bemarking hou ook verband met sosiale en omgewings kwessies. √ Die advertensies en die media maak ons meer in staat en meer selektief

om vir onsself te kies en self te besluit oor dinge en produkte. √ Deur ons bewus te maak van kwessies wat ons lewens affekteer, kan ons

dalk meer besorgde landsburgers word. √ Deur produkte te gebruik wat gemaak is van afvalmateriaal, verminder ons

die impak van globale verwarming. √ ‘n Vuil omgewing lei tot siektes, lyk sleg en is gevaarlik vir kinders. √

13

Page 14: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Dit kan ook ‘n manier wees om werk te skep vir werklose mense. Herwinnings-materiaal kan ‘n inkomste bewerkstellig deur bruikbare artikels te vervaardig. √

Skep nuwe produkte van oues op ‘n innoverende manier en stimuleer kreatiewe denke om beter oplossings te vind. √

VRAAG 6 (Ken 20 punte toe)

6.1.1 (4 punte)Twee moontlike probleme:

Komponente mag moeilik wees om te beweeg. √ Moeilik om skoon te hou. √ Jy word beperk deur die vorm en grootte van die komponente. √ Moeilik om koel in die somer en warm in die winter te bly. √ Dit het ‘n industriële gevoel wat nie by almal aanklank sal vind nie. √ Daar mag nie altyd genoeg komponente beskikbaar wees wanneer jy dit

nodig het nie. Jy mag dus beperk word in die hoeveelheid produkte in ‘n reeks wat jy tot jou beskikking is. √

Enige ander geldige argument kan punte kry.

6.1.2 Internasionale ontwerper betrokke by omgesings-kwessies. (6 punte)

Enige van die volgende:

Julie Bargman/ Thomas Heatherwick/ Ron Arad/ Tokujin Joshioka

Voorbeeld: Gee punte vir die name van die ontwerper bv. Julie Barkman (omgewings ontwerper) √ + moet verwys na ten minste een projek bv. Testing the waters √

Herwinning van wildernisgebiede en die gebruik van produkte op ‘n nuwe manier. √

Die her-gebruik van vuil water en die skoonmaak van die omgewing; om krag op te wek op ander maniere as die normale elektrisiteits kanale. √

Herskepping - hierdie wildenisgebiede word publieke ruimtes wat deur almal geniet kan word. √

Behoud van die gekiedenis van ‘n plek as herinnering. √ Die plek werk soos ‘n reuse wasmasjien en die verskillende prosesse van

water-reininging kan gesien word in die kleur van die water wat weer weerspieël word in die kleur van die plante. √

OF

14

Page 15: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Thomas Heatherwick √ – (Architecture) East beach Café, Little Hampton √

Hy het ‘n moeilike nou boustrook op ‘n ongewone manier opgehelder deur middel van die volgende innoverende oplossings:

Die kafee het ‘n beeldhoukundige kwaliteit van herhalingsvorms, amper soos skywe. √

Dit het ‘n futuristiese, skulpagtige struktuur wat swaar weerbestande rolluike (shutters) bevat wat die gebou van die blootstelling van die see-elemente beskerm. √

Die kafee is ‘n lang enkelverdieping gebou wat suid wys. Die raamwerk van die gebou is gesien in die stuktuur. √

Dit bestaan uit ‘n staal buitelaag wat in ‘n reeks vertikale skywe gesny is. √

Die ingewikkelde agterkant van die gebou het ‘n sterk beeldhoukundige kwaliteit. √

Die intensiteit van die detail en skaduwees op die gebou verander met elke nuance van lig en die son.

√ Die binnekant van die staal is direk met 150mm polyurethane skuim

gespuit sodat die eksterne vorm gereflekteer word aan die binnekant. √

Die herhalende lyne van die struktuur skep ritme, en die ronde hoeke van hierdie organiese vorms konstrateer met die sterker lyne van die vensters en die luike. Die luike hou die klippies / sand van die strand weg van die vensters op winderige dae. √

6.2 SA ontwerper betrokke by omgewings – kwessies (Ken 10 punte toe) Een van die volgende: Heath Nash (Produk ontwerper) Haldane Martin (Industriële ontwerper) Gawie Fagan (Omgewings)

Voorbeeld: Heath Nash √ (Produk ontwerper) √ - Veel-kleurige blom bal √

Sy werk: 7 punte

Heath Nash werk meestal met papier of bord, wat hy baie prakties vind om mee te speel. Dit word dan verwerk tot plastiekvelle, laaghout of metaalvelle, sowel as ou gebruikte plastiek melkbottels. √

Die keuse van materiaal bepaal die algemene styl en estetiese aspekte van sy werk. √

Die eenvoudige lyne wat gevorm word deur voue en snye domineer die voorkoms van sy werk en gee dit skerp, skoon lyne en eenvoudige vorms. √

15

Page 16: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

2D vorms en 3D vorms is baie eenvoudig en oppervlaktes bestaan veral uit patrone wat geskep word deur die herhaalde voue of herhaalde uitgesnyde vorms. Voue veroorsaak die skerp geometriese vorms, soos byvoorbeeld diamante of strepe. √

Tekstuur word geskep deur middel van die kwaliteit van die materiaal wat gebruik word. – bord het ‘n liggewig, gladde en papieragtige tekstuur. Plastiek is glad, skoon en skerp. √

Eenheid en verskeidenheid word geskep deur die gebruik van herhaling – gevoude lyne, en die uiteindelike vorms van herhaling van uitgesnyde vorms, soos blare en blomme. √

Hy gebruik ‘n meganiese proses wat ‘die-cutting’ genoem word. ‘n Snyblok (‘die tool’) het verskillende tipes lemme – van hulle is skerp en van hulle is stomp. Dit word gebruik om verpakkingsmateriaal te sny en die stomp lemme word gebuik om die groewe vir die vou van die verpakkingsmateriaal, bv. bokse, te maak √

Hy ontwerp ook dinge wat nie deur masjienerie gemaak kan word nie en wat heeltemaal met die hand gemaak moet word. Sodoende kom die skoonheid van die lyne, vorms en strukture na vore. √

Dit spreek die huidige omgewingskwessies aan, omdat dit plek maak vir die herwinning van afval papierprodukte, soos bord en plastiek vir vervaardiging. √

Die produk is ontwerp vir ‘n moderne multi-kulturele Suid-Afrikaanse mark wat bruikbare voorwerpe, gemaak van ongewone materiale, waardeer. √

Weerspieël hedendaagse belangstelling in herwinning as ‘n manier om die bedreiging tot ons omgewing aan te spreek. √

OFHaldane Martin √ Industriële ontwerper √ – Shongololo bank of Mama Zulu stoel √

Bespreking van sy werk: 7 punte Glo daaraan dat meubelvervaardigers daarna moet kyk om minder

materiale te gebruik, giftige materiale moet vermy en materiale wat hergebruik of ‘n herwinnings-inhoud het, moet gebruik. √

Vir sy Mama Zulu stoel het hy herwinde plastiek melkbottels gebruik wat geweef is soos mandjies deur landelike vrouens. √

16

Page 17: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Dit is dan aan ‘n vlekvrye staal raam vasgemaak. √

Shongololo maak gebruik van herwinde kern materiaal en bekleding. Dit het vlekvrye staal bene, maar is gemaak van die dunste pype moontlik. √

Shongololo kan gevorm word om in enige ruimte te pas en kan in verskillende vorms verander word – soos byvoorbeeld ‘n ronde of geboë struktuur. √

New Slant, ‘n boekrak, was ontwerp vir Care Craft en bemagtig die gestremdes deur middel van werkskepping. √

Die boekrak is gemaak van dennehout bokse, waar die voorste en agterste hoeke ‘n vyf grade helling het. √

Al die materiaal wat Haldane gebruik vir sy produkte is plaaslik en omgewingsvriendelik. √

Totaal for afdeling B: 40 punte

Afdeling C: Ontwerp in ‘n BesigheidsKonteks As 9 Demonstreer ‘n basiese begrip van bemarkings - ontwerp produkte

in terme van teikenmark, verpakking en advertering. As 10 Demonstreer ‘n begrip van verantwoordelike ontwerp deur

menseregte en omgewingskwessies deur die proses in ag te neem. As 11 Ondersoek loopbaan geleenthede binne die ontwerpdissipline.

VRAAG 7 (Ken 30 punte toe)

7.1 (a) Persoonlike inligting: Naam (gebruik ‘n fiktiewe naam; adres, tel. nommer

Kwalifikasies bv. NSC met Ontwerp √. Studies na skool (sluit in wie jy nagevors het in jou disipline bv. Graad in Mode ontwerp √ by CPUT √. Werk ondervinding ens. √.

(b) Dit voorsien ‘n geleentheid vir my om geld te verdien. √

Ek sal net herwinde materiaal gebruik bv. Papier vir promosie materiaal. √ Ek sal in staat wees om werk te voorsien en mense op te lei in nuwe

vaardighede. √ Dit gee vir my die geleentheid om mense te beïnvloed om groen produkte

te gebruik, of hulle houding op ‘n positiewe manier te verander, soos Heath Nash. √

Krediet moet ook gegee word vir enige redelike argument. √

(c) ‘n Oorsig van besonderhede van die besigheid: Wat? Wanneer? Hoekom? Hoe? (7 Punte) Een punt vir enige van die volgende: (max. 7)

17

Page 18: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

Moet ‘n missie- en visiestelling opstel wat ‘n belofte/ pleidooi insluit oor die kwaliteit van die produk en diens, en ‘n omgewings-vriendelike produk.

Handel as alleeneienaar bv. Jy alleenlik is verantwoordelik vir risikos en sal ook al die profyt neem.

Ander opsies kan ook ingesluit word, soos byvoorbeeld klein sakeondernemings of vennootskappe.

Aansoek vir ‘n lening, om die koop van nodige toerusting soos die faks, telefoon, kopieërder, till, rekenaar ens., te dek.

Sal van die huis af werk en by die winkel verkoop; sal twee ander mense in diens neem. (sê ook wat hulle rol in jou besigheid gaan wees)

Dit sal vir my nodig wees om ‘n minimum loon, soos gestipuleer deur die Departement van Arbeid, te betaal en werkers te registreer as deel van die Werkloosheids fonds.

Sal ‘n teikenmark identifiseer: staaf dat hulle sal fokus op, en kontakte vestig, met die teikenmerk.

Sal slegs werk van maatskappye aanvaar wat omgewings vriendelik is om sodoende ‘n nismark te bewerkstellig.

Materiale – waar die materiaal gekoop sal word bv. Plaaslik; sal ander kontak wat afslag aanbied om die kostes laag te hou.

Sal al die ontwerpe self finaliseer, maar sal werkers oplei om nuwe vaardighede te ontwikkel.

Boekhou – noem wie dit sal hanteer; of jyself of iemand anders. Noem ‘n kursus wat jy gedoen het in hierdie verband. (pastel)

Sal finansieël beplan met ‘n befondsing-voorstelling. Sal begrotingskostes, produksiekoste en bemarkingskostes opstel, asook ander onkostes soos water, elektrisiteit, die prys van rou materiaal, ens.

Gee punte vir enige ander redelike antwoord.

(d) Bemarkings strategie (6 punte) SWOT analiseer sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings tot

die besigheid. Analiseer my maatskappy daarvolgens. Sal kyk na ekonomiese, sosiale, tegnologiese, regs- en omgewings

kwessies. Stel doelwitte: hoë kwaliteit produkte wat omgewings-veilig is. Het ‘n hulpbron plan: visie-, missie- en waardeverklaring vir kliënte. Ontwerp ‘n sterk handelsmerk / logo wat mense maklik kan identifiseer. Pryse/ koste: marknavorsing van ooreenstemmende produkte. Adverteer met klein gekleurde biljette wat my kontaknommers op het. Bestaande kliënte: sal produkte vir hulle vermeerder met ‘n groter

verskeidenheid Het ‘n portefeulje van my werk sodat ek voorstellings aan kliënte kan

maak. Stuur katalogusse vir ander kliënte uit wat wys watter werk gedoen is om

hulle te oortuig om nuwe produkte in jou reeks te gebruik Skep ‘n webwerf, soos ‘n wiki, wat verniet is, waarop ek my werk kan wys. Neem deel aan toonaangewende ontwerpkompetisies om blootstelling te

vergroot.

18

Page 19: Western Cape€¦  · Web viewArt Deco √ soos gesien in die ... Humor- Deur weg te beweeg van konvensionele vorms, het kunstenaars baiekeer elemente van humor inkorporeer. Voorbeelde

7.2 ( 6 punte)Kriteria wat gebruik kan word: 3 punte

Grootte van produk Moet handgemaak wees maar goed afgerond Moet ‘n egte Suid Afrikaanse produk wees en dit weerspieël Proffesionele aanbieding Iets ongewoon en uniek Suid-Afrikaans, Gee krediet vir enige ander geldige punt wat gemaak is.

Hoe jy hierdie sal bemark: (3 punte) Unieke / eiesoortige handgemaakte produkte van Suid-Afrika Bied dit aan met ‘n professionele goed uitgevoerde uitstalling. Hou ‘n klein professionele boekie, in volkleur met die details in van die

ontwerpers, byderhand vir besoekers om deur te blaai. Dit moet alle kontakdetails insluit.

Hou ‘n power point of digitale aanbieding oor Suid--Afrikaanse handwerk in die agtergrond wat die areas en ontwerpers wys wat in hulle ateljees werk.

Enige ander geldige punte bv. ‘n kort vraelys om ‘n reis na Suid-Afrika te wen om die ateljees te besoek, of hulle kan een van die items wat vertoon word wen.

Totaal vir afdeling C: 30 punte

GROOTTOTAAL: 150 punte

19