11 lwt t2015-01-29(a-mikro) · a dag 1 en dag 7 b dag 1 c dag 7 d nooit 2.8 die onafhanklike...

12
GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 1 | Bladsy MIDSTREAM COLLEGE LEWENSWETENSKAPPE – LIFE SCIENCES GRAAD 11 OPDRAG: Skryf slegs in blou pen. Skryf jou naam op die vraestel en antwoordblad. Lees die vrae versigtig voordat jy antwoord. Maak gebruik van middelnommering en nommer soos op die vraestel. Indien jy wetenskaplike sketse moet weergee, maak seker dat jy by die voorgeskrewe reëls hou. Plaas jou vraestel in jou antwoordstel en gee beide in aan die einde van die sessie. Geen tippex word toegelaat nie. A F D E L I N G A Vraag 1 Pas die biologiese term in kolom A by die beskrywing in kolom B. Elke letter mag slegs een maal gebruik word. Kolom A Kolom B 1 saprofieties A Bestaan nie uit selle nie. 2 pseudopodia B ‘n Gel-agtige stof wat vanuit alge onttrek word. 3 chemosintese C ‘n Agent wat siekteveroorsakende organismes vervoer. 4 patogeen D Die vermoë om siektes te kan weerstaan. 5 virulent E ‘n Verhouding tussen twee organismes waar die een bevoordeel en die ander benadeel word. 6 vektor F ‘n Vinnige toename in alg groei. 7 immuniteit G Mitose wat as voortplantingsmetode in bakterieë gebruik word. 8 meutalisme H Voed op dooie organiese materiaal. 9 binêre deling I ‘n Virus wat slegs bakterieë aanval. 10 agar J Hoogs aansteeklik. K ‘n Verhouding waar beide organismes bevoordeel word. L ‘n Organisme wat siekte veroorsaak. M ‘n Virus wat RNS bevat. N Waar minerale gebruik word om voedsel te vervaardig. O ‘n Ringvormige DNS. P Uitsteeksel van ‘n selmembraan van eensellige organismes. Aim 1 Bloom’s 1 [10 x 1 = 10] Eksaminator/ Examiner Me C Almeida Datum/ Date 29-01-2015 Moderator Dr D Uys Tyd/ Time 55 min Taalversorger/ Language editor Me H Meyer Totaal/ Total 66 Naam & Van:

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 1 | B l a d s y

MIDSTREAM COLLEGE

LEWENSWETENSKAPPE – LIFE SCIENCES

GRAAD 11

OPDRAG: � Skryf slegs in blou pen. � Skryf jou naam op die vraestel en antwoordblad. � Lees die vrae versigtig voordat jy antwoord. � Maak gebruik van middelnommering en nommer soos op die vraestel. � Indien jy wetenskaplike sketse moet weergee, maak seker dat jy by die voorgeskrewe reëls hou. � Plaas jou vraestel in jou antwoordstel en gee beide in aan die einde van die sessie. � Geen tippex word toegelaat nie.

A F D E L I N G A

Vraag 1

Pas die biologiese term in kolom A by die beskrywing in kolom B. Elke letter mag slegs een maal gebruik word. Kolom A Kolom B 1 saprofieties A Bestaan nie uit selle nie. 2 pseudopodia B ‘n Gel-agtige stof wat vanuit alge onttrek word. 3 chemosintese C ‘n Agent wat siekteveroorsakende organismes vervoer. 4 patogeen D Die vermoë om siektes te kan weerstaan. 5 virulent E ‘n Verhouding tussen twee organismes waar die een

bevoordeel en die ander benadeel word. 6 vektor F ‘n Vinnige toename in alg groei. 7 immuniteit G Mitose wat as voortplantingsmetode in bakterieë

gebruik word. 8 meutalisme H Voed op dooie organiese materiaal. 9 binêre deling I ‘n Virus wat slegs bakterieë aanval. 10 agar J Hoogs aansteeklik. K ‘n Verhouding waar beide organismes bevoordeel

word. L ‘n Organisme wat siekte veroorsaak. M ‘n Virus wat RNS bevat. N Waar minerale gebruik word om voedsel te vervaardig. O ‘n Ringvormige DNS. P Uitsteeksel van ‘n selmembraan van eensellige

organismes.

Aim 1 Bloom’s 1

[10 x 1 = 10]

Eksaminator/ Examiner Me C Almeida Datum/ Date 29-01-2015 Moderator Dr D Uys Tyd/ Time 55 min Taalversorger/ Language editor Me H Meyer Totaal/ Total 66

Naam & Van:

Page 2: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 2 | B l a d s y

Vraag 2

Beantwoord die vrae op die antwoordblad.

2.1 ‘n Eksperiment word ontwerp om te toets of ‘n nuut ontwikkelde verbinding werk wat bakterieë dood. Wat sal die beste positiewe kontrole vir die eksperiment wees? A Bakterieë wat met ‘n ander onbekende verbinding behandel word. B Bakterieë wat met ‘n groot voorraad voedingstowwe verryk word. C Onbehandelde bakterieë. D Bakterieë wat met ‘n bekende antibiotika behandel is. E Gis wat met ‘n bekende antibiotika behandel is.

2.2 Virusse bestaan hoofsaaklik uit …

A ‘n Sitoplasma massa sonder ‘n membraan. B ‘n Chlorofilbevattende chloroplas omring seur ‘n selwand. C ‘n Selmembraan omringde koolhidraatmassa. D ‘n Stuk nukleïensuur omring deur ‘n proteïenkappie.

2.3 Die korrekte wyse waarop die naam van ‘n bakterium volgens die binomiale nomenklatuur geskryf moet

word, is… A Escherichia Coli. B Escherichia coli. C Escherichia coli. D escherichia coli.

2.4 Wat is die veroorsakende faktor en metode van oordrag van tuberkulose?

Veroorsakende faktor Metode van oordrag

A Bakterieë Druppels in lug gesuspendeer

B Bakterieë Water oordrag

C Virus Druppels in lug gesuspendeer

D Virus Water oordrag

2.5 Watter van die volgende stellings is nie op virusse van toepassing nie? A Dit veroorsaak siektes. B Dit is die eenvoudigste bekende organismes. C Het die vermoë om binne ‘n sel te kan deel. D Dit is lewende selle wat totale parasiete is.

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nadia en Pieter toon simptome van ‘n siekte wat deur bakterieë X veroorsaak word. Die grafiek hieronder toon die gemiddelde aantal bakterieë X per 10 cm3 bloed in dié twee mense oor twee weke. Nie Pieter of Nadia het enige medikasie geneem nie.

Page 3: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 3 | B l a d s y

2.6 Hoeveel van bakterieë X was daar in 10 cm3

van Pieter se bloed op dag 3? A 1000 B 1600 C 3000 D 4300 2.7 Wanneer het beide pasiënte dieselfde aantal van bakterieë X in hul bloed gehad? A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke sentimeter bloed. D die volume bloed geneem. 2.9 Watter een van die volgende is NIE ‘n beheerde veranderlike in hierdie eksperiment NIE? A 10 cm3 bloed is elke dag getrek. B Pieter en Nadia is besmet met dieselfde bakterieë. C Pieter het vitamienaanvullings geneem. D Pieter en Nadia is dieselfde grootte en ouderdom. 2.10 ‘n Moontlike gevolgtrekking vir die verskil in die grafieke is… A Meisies genees vinniger as seuns. B Die bakterieë affekteer seuns anders-soortig as meisies. C Meer bloed was van Pieter en minder van Nadia is geneem. D Pieter het MIV.

[10]

Page 4: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 4 | B l a d s y

Vraag 3

BRON A Ebola virus infeksie September 2014 Die Ebola virus infeksie (EVI) is ‘n ernstige en gewoonlik fatale siekte by mense. Dit is die eerste maal in 1976 in Sudan en in die Demokratiese Republiek van die Kongo naby die Ebola rivier aangeteken. Tans is daar ‘n uitbraak van die virus wat in Maart 2014 begin het. Die virus se oorsprong in Wes-Afrika. Dit is die grootste en mees komplekse Ebola uitbraak vandat die virus ontdek is. Groot kommer bestaan daarin dat die virus gewoonlik tot plattelandse gebiede beperk is, maar nou stedelik voorkom. Die lande wat die grootste geaffekteer is, is Guinea, Sierra Leone en Liberië. Hierdie lande het swak gesondheidsdienste en gebrekkige infrastruktuur as gevolg van jare lange konflikte en onstabiliteit in dié lande. Die gemiddelde EVI-oorlewingsverwagting is 50%. Daar word gespekuleer dat vrugtevlermuise van die Pteropodidae familie die natuurlike Ebola virus dra. Die vrugtevlermuis en mense is in kontak deur middel van bloed en liggaamsdele asook die vrugte wat geëet word. Ebola versprei daarna van mens tot mens via direkte kontak, liggaamsvloeistowwe, asook kontak met voorwerpe en oppervlaktes soos werkspasie, beddegoed ensovoorts wat gedeel word. Gesondheidswerkers doen ook maklik die EVI-infeksie op wanneer hulle met Ebola pasiënte werk. Hulle moet definitiewe voorsorg tref om nie die infeksie op te doen nie. Tydens begrafnisse, waar daar kontak met die oorledene gemaak word, kan dit ook lei tot die oordrag van die virus. Dit neem 21 dae vanaf die infeksie totdat daar simptome wys. Die draer kan nie in daardie 21 dae venstertydperk iemand anders aansteek nie. Mense bly besmet so lank as wat die virus in hul bloed en liggaamsvloeistowwe asook semen en borsmelk voorkom. Mans kan tot 7 weke na herstel die virus deur middel van hul semen oordra. Simptome EVI se simptome is soortgelyk aan dié van malaria, tifoïed en breinvliesontsteking. Dit vereis dus dat monsters na ‘n laboratorium vir identifisering gestuur moet word. Die hantering van sulke monsters is biologies sensitief en moet met uitsreste voorsorg gehanteer word. Tans is daar nog nie ‘n behandeling vir EVI beskikbaar nie. Dokters hou hul pasiënte gehidreer, beheer enige ander infeksies en hul bloeddruk. Daar is nog nie ‘n enting hiervoor beskikbaar nie. Om die risiko te verlaag moet daar op die volgende gekonsentreer word: Die risiko van wild na mens oordrag, soos die vrugtevlermuis of ape deur kontak met rou vleis, moet verminder. Diere moet met handskoene gehanteer word asook ander voorsorgmaatreëls moet gevolg word. Diereprodukte moet deeglik voorberei word vir menslike gebruik. Die risiko van mens tot mens oordrag deur direkte kontak, soos deur middel van liggaamsvloeistowwe met mense wat Ebola simptome toon moet bestuur word. Handskoene en ander beskermende kleredrag moet gedra word. Hande moet gereeld gewas word om infeksie te voorkom, veral as pasiënte tuis versorg word. Voorkom ‘n uitbraak deur veilige ter aardebestellings van afgestorwenes. Die skeiding van gesonde en besmette persone moet ook gedoen word. Bestuur die omgewing sodat dit skoon en higiënies is. Beheer die infeksie in gesondheidsomgewings: Gesondheidswerkers moet altyd standaard voorsorg tref wanneer hulle na pasiënte omsien. Basiese hande was, respiratoriese sorg en die gebruik van persoonlike beskermingsklere om moontlike infeksie te voorkom, is noodsaaklik. Maak gebruik van veilige inspuitings en apparate protokol asook veilige begrawingsmetodes van die afgestorwenes. Gesondheidswerkers wat omsien na positief gediagnoseerde Ebola-pasiënte moet eksta voorbereiding tref. Hulle moet binne ‘n meter beskerming dra, soos byvoorbeeld gesigsmaskers, brille en handskoene. Dit is ook raadsaam om langmou beskermingskleredrag te dra. http://www.who.int/mediacentre/factsheets/fs103/en/

Page 5: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 5 | B l a d s y

BRON B: http://www.slideshare.net/studentwilsonsbiologylab/ebolavirus BRON C

Dag 7-9: Hoofpyn, moeg, koors, spierpyn. Dag 10: Skielike hoë koors, braking van bloed en passiewe gedrag. Dag 11: Kneusing, breinskade, bloeding in die neus, mond, oë en anus. Dag 12: Verloor bewussyn, aanvalle, massiewe interne bloeding en diareë. http://www.celebritydiagnosis.com/2014/07/ebola-outbreak-number-things-know-deadly-disease/

‘n Foto wat die kenmerkende Ebola-uitslag wat na 6 dae voorkom toon.

Page 6: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 6 | B l a d s y

BRON D: Die Ebola handdruk

BRON E:

Hoe om die virus se verspreiding te verhoed:

1. Vermy fisiese kontak met mense wat simptome toon. 2. Was gereeld jou hande met seep en water. 3. Moet nie hand skud met metse wat Ebola-simptome toon nie. 4. Bly weg van vlermuise, ape, bobbejane en dooie diere. 5. Moet nie wildsvleis eet wat nie goed voorberei is nie.

http://acwecainternational.org/?q=articles

Page 7: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 7 | B l a d s y

3.1 Verduidelik waarom ‘n virus nie as ‘n lewendige organisme geklassifiseer word nie. (4) 3.2 Verduidelik die verskil tussen ‘n epidemie en ‘n pandemie. (2) 3.3 Lys drie dinge wat regerings kan doen om ‘n pandemie te voorkom. (3) 3.4 Verduidelik waarom ‘n Ebola-uitbraak so ernstig in Sentraal-Afrika is. (3) 3.5 Trek ‘n tydlyn om die progressie van die siekte in ‘n pasiënt aan te toon.

Dag 0 is die dag van infeksie. (wees versigting, dink!) (6) 3.6 Jy is ‘n reisagent. Watter advies sal jy aan potensiale reisigers gee wat Sentraal-Afrika

gaan besoek? (5) [22]

Vraag 4

BRON F

Listeria monocytogenes Listeria monocytogenes is ‘n gram negatiewe staafvormige bakterieë wat onder anaerobiese toestande (sonder suurstof) kan groei. Dit is ‘n agent vir listerellose, ‘n ernstige infeksie as gevolg van voedselinname wat met bakterieë besmet is. Die siekte affekteer swanger vroue, babas en volwassenes met swak imuunsisteme, asook ou mense. Listerellose is ‘n ernstige siekte vir mense wat vir tot 25% sterftes sorg. Die twee hoof kliniese simptome van die siekte is sepsus en breinvliesontsteking. Mikroskopies is listerellose klein stafies wat soms in kort kettings gerangskik is. Listeria monocytogenes, wat van 5 tot 10% in die spysverteringskanaal van mans voorkom, sal die simptome van die siekte toon. Die werklike voorkoms van listerellose in mense is nog nie bekend nie, omdat baie gesonde mense asimptomaties is en nie die volle simptome toon nie. Baie maal manifesteer dit slegs as ‘n swak verkoue. Swak gesondheid kom meestal in swanger vrouens, babas, ou mense en mense met imuungebrek voor. Gesonde mense is nie uitgesluit nie en kan ook beïnvloed word. In 1981 was daar in Kanada ‘n uitbraak wat oor 100 mense besmet het. Vier-en-dertig van die infeksies was in swanger vrouens wat tot nege stilgeboortes, drie-en-twintig babas was besmet en twee gesonde geboortes gelei het. Onder die 77 nie-swanger volwassenes wat siek geword het, het 30% gesterf. Die bron van die uitbraak was koolslaai afkomstig wat deur ‘n plaaslike verskaffer gelewer is. Listeria monocytogenes word as rou gekontamineerde (besmette) voedsel ingeneem. ‘n Vreemde eienskap van L. monocytogenes is dat dit by relatiewe lae temperature vermenigvuldig. Die bakterieë mag dus groei en vermeerder in verkoelde voedselstore en yskaste. Dit is dus nie verrassend dat listerellose geassosieer word met die inname van melk-, vleis- of groenteprodukte wat vir lang tydperke verkoel was nie. ‘n Mens moet ook versigtig wees vir sagte kase en kouevleis produkte. Listeria beweeg deur middel van flagellums by kamertemperatuur (20-25

oC). Daar word vermoed dat

die organismes nie flagellums by liggaamstemperatuur ontwikkel nie.

Micrograph of Listeria monocytogenes showing Flagella Indien die siekte vroeg genoeg gediagnoseer word, kan antibiotika voorgeskryf word om ernstige gevolge te verhoed. Aangapas vanuit http://www.thistle.co.za/pdf_files/education/microbiology/microbiology_legends/Cycle_23/Cycle%2023%20Organism%209%20-%20Listeria%20monocytogenes.pdf

Page 8: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 8 | B l a d s y

BRON G Die 2011 Verenigte State uitbraak was ‘n wye Listeria monocytogenes voedselvergiftigingsuitbraak wat oor 28 state gestrek het. Volgens die finale verslag van die 8ste Desember 2011, was daar 30 sterftes en 146 bevestigde gevalle. Dit was die ergste voedselverwante uitbraak in die Verenigde State tot op daardie stadium as gevolg van listerellose in kaas sedert 1985.

2011 United States listeriosis outbreak

The outbreak was from cantaloupes from Colorado

Location United States

Date July 31, 2011 – December 8, 2011

Deaths 30 confirmed

Non-fatal injuries 146 cases confirmed

Listeria infeksies kan miskrame by swanger vroue veroorsaak. Swanger vroue word gereeld gemaan om voedsel soos ongepasturiseerde kase en worsbroodjies te vermy wat bekend is daarvoor om Listeria te dra. Aangepas vanuit http://en.wikipedia.org/wiki/2011_United_States_listeriosis_outbreak

4.1 Is Listeria ‘n pro- of eukarioot? Verduidelik jou antwoord. (3) 4.2 Watter tipe mikroskoop is gebruik om die foto te neem? (1) 4.3 Bereken die werklike grootte van die bakterieë soos dit in die mikrograaf voorkom.

(Jy moet die skaallyn in jou berekening gebruik.) (4) 4.4 Waarom moet ‘n swanger vrou sagte kase vermy soos Kambert? (2) Jy moet nou jou eie eksperiment ontwerp ten opsigte van die feit dat daar gedink word dat Listeria nie flagella by liggaamstemperatuur vorm nie. 4.5 Verskaf ‘n doel vir die ondersoek. (2) 4.6 Verskaf ‘n hipotese vir die eksperiment (3) 4.7 Wat is die onafhanklike veranderlike? (2) 4.8 Wat is die afhanklike veranderlike? (2) 4.9 Lys twee beheerde / vaste veranderlikes en noem HOE jy elk sal beheer. (4)

[23]

TOTAAL = 65 punte

Page 9: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 9 | B l a d s y

MIDSTREAM COLLEGE

LEWENSWETENSKAPPE – LIFE SCIENCES

GRAAD 11

A N T W O O R D B L A D

VR1 VR2 VR3 VR4 Totaal Totaal /10 /10 /22 /23 /65

Question 1 – Match the columns

Col A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Col B

[10]

Vraag 1 – Meervoudige keuse

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

[10]

Vraag 3

3.1 _______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ (4)

3.2 _______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ (2)

3.3 _______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ (3)

3.4 _________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

________________________________________________________________________ (3)

Eksaminator/ Examiner Me C Almeida Datum/ Date 2015-01-29 Moderator Dr D Uys Tyd/ Time 55 min Taalversorger/ Language editor Me H Meyer Totaal/ Total 60 Punte

Naam & Van:

Page 10: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 10 | B l a d s y

3.5

(6)

3.6 __________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________ (5)

[22]

Vraag 4

4.1 __________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________ (3)

4.2 __________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________ (3)

4.3 __________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________ (2)

4.4 A _______________________________________________________________________

_________________________________________________________________________ (1)

B _______________________________________________________________________

_________________________________________________________________________ (1)[10]

Page 11: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 11 | B l a d s y

MIDSTREAM COLLEGE

LEWENSWETENSKAPPE – LIFE SCIENCES

GRAAD 11

M E M O R A N D U M

Memo

Question 1 – Match the columns

Col A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Col B H P N L J C D K G B

[10]

Question 2 – Multiple Choice

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

C D C A D B A B C D

[10]

Question 3

3.1 Viruses do not exhibit the features of living organisms

Mention 3 of: movement , respiration, sensitivity, growth, …… (4) 3.2 Epidemic – local outbreak√

Pandemic - worldwide outbreak of a disease √ (2) 3.3 Ensure good lab services√ Promote safe burial of dead√ Monitor travellers√ Educate the public√ or any other valid (3) 3.4 Guinea, Sierra Leone and Liberia have very weak health system√,

lack human and infrastructural resources√, have only recently emerged from long periods of conflict and instability√ (3)

3.5

Eksaminator/ Examiner Me C Almeida Datum/ Date 2015-01-29 Moderator Dr D Uys Tyd/ Time 55 min Taalversorger/ Language editor Me H Meyer Totaal/ Total 60 Punte

Page 12: 11 LWT T2015-01-29(a-Mikro) · A Dag 1 en dag 7 B Dag 1 C Dag 7 D Nooit 2.8 Die onafhanklike veranderlike is… A Nadia of Pieter. B tyd in dae. C aantal bakterieë X per kubieke

GR 11/LWT/LSC – Toets/ 2015 12 | B l a d s y

Mark allocation: A line divided into different days.√ (doesn’t have to be to scale) Infection at day 0√ Description of symptoms given in succession√ Description of symptoms given on the correct day√ Rash on day 27 Death on day 33√ (6) 3.6

• Wash your hands frequently or use an alcohol-based hand sanitizer.√ • Avoid contact with the blood and body fluids of any person, particularly someone who is sick.√ • Do not handle items that may have come in contact with an infected person’s blood or body fluids.√ • Do not touch the body of someone who has died from Ebola.√ • Do not touch bats and nonhuman primates (apes and monkeys) or their blood and fluids and do not touch or

eat raw meat prepared from these animals.√ • Avoid facilities in West Africa where Ebola patients are being treated. Go to your Embassy instead√. • Report any potential unprotected Ebola exposure or illness promptly. • Seek medical care immediately if you develop fever, fatigue, headache, muscle pain, diarrhoea, vomiting,

stomach pain, or unexplained bruising or bleeding. o Limit your contact with other people until and when you travel to the doctor. Do not travel anywhere

else. Max 5 (5) [22]

Question 4

4.1 A prokaryote – bacterium – no membrane bound organelles (3) 4.2 SEM (1) 4.3 Actual size = (4) 4.4 may contain Listeria. May miscarry (2) 4.5 To investigate if Listeria do not synthesize flagella at room temperature. (2) 4.6 Listeria do not synthesize flagella at room temperature (20

oC – 27

oC).

statement√ content√ giving some sort of numerical value√ (3) 4.7 temperature√ (

oC)√ (2)

4.8 presence or absence√ of flagella √ (2) 4.9 nutrient medium for bacteria√ must come from the same source √ Volume of nutrient medium must be the same√. Measure with (equipment)√ Light conditions that the cultures grow in – same room Or any other valid. (4)

[23]

Total 65 marks