dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

12
Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, Kimberley • Jaargang 39 - No 1 April 2014 • Prys: R10 Sedert 1975 Deon du Plessis Hoërskool Diamantveld het weer vanjaar die land se grootste skolerugby- en netbaltoernooi met groot sukses aangebied en kan trots wees op hulle deelname hieraan. Die Wildeklawer Rugby- en Netbaltoernooi het opwindende hardlooprugby en naelbyt netbal- wedstryde opgelewer, wat toe- skouers van regoor die land gelok het. Ses en twintig van die land se topskole het oor drie sonskyndae, van 28 tot 30 April 2014, teen mekaar meegeding. Die eerste dag se wedstryde is deur SuperSport uitgesaai. Na afloop van die toernooi is Paul Roos Gimnasium aangewys as die span wat die aantreklikste rugby gespeel het en Grey Kollege is as span van die toernooi aangewys. Afrikaans Hoër Meisieskool van Pretoria het vir die tweede agtereenvolgende keer die netbal-afdeling gewen. Die toernooi het seepglad verloop, met Diamantveld se personeel en ouers wat baie hard gewerk het. Die Supersport- kommentators kon nie uitgepraat raak oor die pragtige sportvelde nie. Hulle het gereeld tydens die uitsending verwys na die wonderlike gees van die Diamantvelders op die pawiljoen, en veral die sing van die skoollied ná die wedstryd het hulle beïndruk. Komplimente is van ver en wyd ontvang, en verskeie oudleerders het van hulle laat hoor nadat hulle die wedstryd (en die skool) op televisie gesien het. Die tuisspan was ook hulle sout werd in albei hulle wedstryde – onderskeidelik teen HTS Middelburg en Maritzburg College. Nardus Bosman, Diamantveld se kaptein, sê dat sy span hulle hart uitgespeel het en dat hulle beslis klipharde opponente was wat nie afgeskryf kon word nie. Veral teen HTS Middelburg – wat tans derde op Rugby 365 se ranglys is, en na afloop van die Wildeklawertoernooi teen EG Jansen in die finaal van die Tuks- liga gespeel het – het Diamantveld se span sy staal getoon, ten spyte van verskeie terugslae. Die rugbyspan staan onder leiding van mnr. Jean Stemmet, wat in Oktober 2013 by mnre. Bok Markram en Hennie van der Westhuizen aangesluit het nadat hy sy professionele rugbyloopbaan by Griekwas vaarwel toegeroep het. Onder sy leiding het Diamantveld aan die begin van die rugbyseisoen drie van hulle eerste vier wedstryde gewen. Diamantveld se rugby-oefeninge word gekenmerk deur harde werk en ’n fokus op vaardighede. Mnr Stemmet raak gaande oor drieë – daarom leer hy die seuns om geleenthede daarvoor te skep en om dit af te rond. Sy filosofie is dat indien jy voortdurend die klein dingetjies reg doen, jy nie net in rugby suksesvol sal wees nie, maar ook in die lewe. 053 832 9446 59 GEORGE STREET 053 832 9446 • 083 287 3859 Wildeklawer Rugby- en Netbal- toernooi ’n groot sukses Prestige-toernooi bring duisende na Diamantveld Mev. Susan van der Westhuizen Me Julia Bräunig het op 14 April by Diamantveld aangesluit om hand by te sit met die onderrig van Diamantvelders wat Duits as vak neem. Voor me Bräunig na Suid-Afrika gekom het, het sy Geskiedenis en Engels onderrig aan die Michael- Ende-Gymnasium in Krefeld en aan die Martin-Luther-King Gesamtschule in Dortmund. Sy beskryf haarself as 'n vrolike, opgewekte mens, wat selde in 'n slegte bui is en hou van pret en humor. Sy is baie lief vir mense, maar is ook graag alleen en hou van lees en musiek luister. Sy speel graag aanlyn-rekenaarspeletjies en een van die eerste dinge wat sy in Suid- Afrika gedoen het, was om aansoek te doen vir 'n blitsige internet- konneksie. Juffrou Bräunig geniet dit om deel van Diamantveld te wees, en hou daarvan dat die leerders skooldrag dra en as skool aan sport deelneem. Sy vind die leerders en onderwysers besonder vriendelik en sien daarna uit om 'n tyd lank aan ons Diamante te help slyp. Herzlich willkommen, Frau Bräunig! Me Julia Bräunig, wat pas by DHS aangesluit het. Foto: Verskaf Janco Cloete in aksie tydens Diamantveld se wedstryd teen HTS Louis Botha by die Fichardtpark-sportdag vroeër die seisoen. Foto: Corné van der Merwe

Upload: noord-kaap

Post on 01-Apr-2016

311 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

TRANSCRIPT

Page 1: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, Kimberley • Jaargang 39 - No 1 April 2014 • Prys: R10Sedert 1975

Deon du Plessis

Hoërskool Diamantveld het weer vanjaar die land se grootste skolerugby- en netbaltoernooi met groot sukses aangebied en kan trots wees op hulle deelname hieraan.

Die Wildeklawer Rugby- en Netbaltoernooi het opwindende hardlooprugby en naelbyt netbal-wedstryde opgelewer, wat toe-skouers van regoor die land gelok het. Ses en twintig van die land se topskole het oor drie sonskyndae, van 28 tot 30 April 2014, teen mekaar meegeding. Die eerste dag se wedstryde is deur SuperSport uitgesaai.

Na afloop van die toernooi is Paul Roos Gimnasium aangewys as die span wat die aantreklikste rugby gespeel het en Grey Kollege is as span van die toernooi aangewys. Afrikaans Hoër Meisieskool van Pretoria het vir die tweede agtereenvolgende keer die netbal-afdeling gewen.

Die toernooi het seepglad verloop, met Diamantveld se personeel en ouers wat baie hard gewerk het. Die Supersport-kommentators kon nie uitgepraat raak oor die pragtige sportvelde nie. Hulle het gereeld tydens die uitsending verwys na die wonderlike gees van die Diamantvelders op die pawiljoen, en veral die sing van die skoollied ná die wedstryd het hulle beïndruk. Komplimente is van ver en wyd ontvang, en verskeie oudleerders het van hulle laat hoor nadat hulle die wedstryd (en die skool) op televisie gesien het.

Die tuisspan was ook hulle sout werd in albei hulle wedstryde – onderskeidelik teen HTS Middelburg en Maritzburg College. Nardus Bosman, Diamantveld se kaptein, sê dat sy span hulle hart uitgespeel het en dat hulle beslis klipharde opponente was wat nie afgeskryf kon word nie. Veral teen HTS Middelburg – wat tans derde op Rugby 365 se ranglys is, en na afloop

van die Wildeklawertoernooi teen EG Jansen in die finaal van die Tuks-liga gespeel het – het Diamantveld se span sy staal getoon, ten spyte van verskeie terugslae.

Die rugbyspan staan onder leiding van mnr. Jean Stemmet, wat in Oktober 2013 by mnre. Bok Markram en Hennie van der Westhuizen aangesluit het nadat hy sy professionele rugbyloopbaan by Griekwas vaarwel toegeroep het. Onder sy leiding het Diamantveld aan die begin van die rugbyseisoen drie van hulle eerste vier wedstryde gewen.

Diamantveld se rugby-oefeninge word gekenmerk deur harde werk en ’n fokus op vaardighede. Mnr Stemmet raak gaande oor drieë – daarom leer hy die seuns om geleenthede daarvoor te skep en om dit af te rond. Sy filosofie is dat indien jy voortdurend die klein dingetjies reg doen, jy nie net in rugby suksesvol sal wees nie, maar ook in die lewe.

053 832 944659 GeorGe Street 053 832 9446 • 083 287 3859

Wildeklawer Rugby- en Netbal-toernooi ’n groot sukses Prestige-toernooi bring duisende na Diamantveld

Mev. Susan van der WesthuizenMe Julia Bräunig het op 14 April by Diamantveld aangesluit om hand by te sit met die onderrig van Diamantvelders wat Duits as vak neem.

Voor me Bräunig na Suid-Afrika gekom het, het sy Geskiedenis en Engels onderrig aan die Michael-Ende-Gymnasium in Krefeld en aan die Martin-Luther-King Gesamtschule in Dortmund.

Sy beskryf haarself as 'n vrolike, opgewekte mens, wat selde in 'n slegte bui is en hou van pret en humor. Sy is baie lief vir mense, maar is ook graag alleen en hou van lees en musiek luister. Sy speel graag aanlyn-rekenaarspeletjies en een van die eerste dinge wat sy in Suid-Afrika gedoen het, was om aansoek te doen vir 'n blitsige internet-konneksie.

Juffrou Bräunig geniet dit om deel van Diamantveld te wees, en hou daarvan dat die leerders skooldrag dra en as skool aan sport deelneem. Sy vind die leerders en onderwysers besonder vriendelik en sien daarna uit om 'n tyd lank aan ons Diamante te help slyp.

Herzlich willkommen, Frau Bräunig!

Me Julia Bräunig, wat pas by DHS aangesluit het.

Foto: Verskaf

Janco Cloete in aksie tydens Diamantveld se wedstryd teen HTS Louis Botha by die Fichardtpark-sportdag vroeër die seisoen. Foto: Corné van der Merwe

Page 2: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014Nuus | 2

Verjaarsdag: 8 Januarie Gebore: VredendalLengte: 1.7mStudeer: B ED –Droom om

onderwyser te wees.

Sport: Hoërskool - Atletiek (Langafstande)

Nou - Ry graag fiets.

Skree vir die Stormers.

Stokperdjie: HoutwerkGeheim: Bou

modelvliegtuie en eet nie graag olywe nie.

Verjaarsdag: 17 SeptemberGebore: KurumanLengte: 1.7mStudeer: Stellenbosch – BSc

in Molekulêre Biologie en Biotegnologie met 'n nagraadse onderwyssertifi-kaat.

Sport: Gee tennis en skaak by DHS

Droom: "nie seker ..."Stokperdjie: Stap in natuur

en lees.Geheim: Haat spinasie.

Verjaarsdag: 23 NovemberGebore: Bloemfontein Lengte: 1.69mStudeer: B.Ed, FET/VOO.Sport: Vrystaat

netbalspeler. Gee netbal by

DHS. Skree vir

Cheetahs.Droom: Om 'n

onderwyser te wees.

Stokperdjie: SlaapGeheim: Obsessie met

hande.

Verjaarsdag: 10 NovemberGebore: SaldanhaLengte: 1.7mStudeer: Stellenboch Universiteit:

BA. HOD TEFLSport: Op Skool: Tennis en

Pluimbal. Bied hokkie aan by DHS. Skree vir Cheetahs.

Droom: Om 'n politikus te wees.Stokperdjie: Sang en toneel

(Uitvoerende kunstenaar).

Geheim: Skryf musiekblyspele vir die ATKV.

Verjaarsdag: 12 DesemberGebore: WelkomLengte: 1.74mStudeer: Pukke - Sportwetenskap

Honneurs.Sport: Hoërskool - Atletiek,

Landloop en netbal: provinsiaal, tennis.

Droom: Om met 'n rugbyspeler te trou.

Stokperdjie: Om op mnr. Stemmet se kop te sit.

Geheim: "Ek het 'n geheim, maar jy mag vir niemand sê nie". Skree vir Stormers.

Verjaarsdag: 6 JunieGebore: Goodwood

("Goorrrwood")Lengte: 1.84 mStudeer: Northlink College –

bemarking en speel rugby vir Maties.

Sport: Skool - Atletiek, krieket, rugby en landloop provinsiaal. Curriebeker rugbyspeler. Rig Diamantveld-rugby af.

Stokperdjie: TV (kyk flieks). Skree vir Stormers.

Geheim: Eerste soen was in graad 3 met 'n "ginger".

Me Zandri le Grange

Me Natasha Beket

Mnr. Albertus Frederik (Albie) de Beer

Me Beate (Blompotte) Stemmet

Mnr. Hermanus Jean (Stepping) Stemmet

Mnr. Albertus Johannes Louw

Beate & Jean

Ontmoet 'n dinamiese jong egpaarNuWe ONdeRWyseRs

Deon du Plessis

Mnr. Jean Stemmet het Oktober 2013 by Hoërskool Diamantveld aangesluit as eerste rugbyspan-afrigter en mev. Beate Stemmet in Januarie 2014 as onderwyser. Mnr. en mev. Stemmet is Desember 2013 by Rhebokskloof in die Paarl getroud. Die Aitsa het hulle 'n bietjie uitgevra om hulle aan die skool bekend te stel.

Die twee Stemmets beskryf mnr. Jean se huweliksaansoek: "Ons het net voor Paasnaweek Rhebokskloof (wat uiteindelik ons trouplek sou word) toe gegaan." Volgens mev. Stemmet het hulle 'n entjie by die dam gaan stap en by 'n bankie het Jean op sy knieë gegaan en het hy die groot vraag aan haar gevra,

natuurlik gevolg deur die woorde "deur dik en dun".

Mnr. Stemmet, 'n gewese professionele rugbyspeler, is in Goodwood in die Kaap gebore en daarom ondersteun hy die WP-rugbyspan, maar hy sê dat die Griekwas ook in sy hart gekruip het. Sy bynaam op skool was Nauwa en hy sê dat hy nie sonder sy hande sal kan lewe nie. Om tyd saam met sy vrou in Langebaan by die see deur te bring en saam met sy vriende te braai, is vir hom ontspannend. Skeidsregters wat sy spelers benadeel deur aan hulle geel of rooi kaarte te gee laat hom figuurlik ook rooi sien. Hy is mal oor "braaibroodjies met chutney of glad nie".

Mev. Beate Stemmet, wat in

Welkom gebore en geskool is, het gou bedrywig geraak by Diamantveld met o/14-netbalaf-rigting, terwyl sy ook 'n leidende en inspirerende rol in AMOK, die skool se geeskomitee, speel. Sy sal 2014 as 'n sukses beskou as sy haar studies kan afhandel, terwyl mnr. Stemmet sy doelwitte liewer nie vir die wêreld wil verkondig nie. Sy gunsteling strokieskarakter is Johnny Bravo en sy vrou s'n Bubbles van Powerpuff Girls. Mev. Beate sien haar en haar man oor 10 jaar gelukkig getroud met twee kinders. Mev. Stemmet se grootste uitspattigheid is Nike tekkies en sy sê ook dat sy toewyding van sportspelers verwag en niks van kinders hou wat ongeskik is en geen respek openbaar nie.

Teks

& fo

to's

: Cha

nté

van

Eede

n

Foto

: Ver

skaf

Page 3: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014 Nuus | 3

diamantveld blaas 79 kersies uit

diamantvelders red lewens!

Protea-baadjie word oorhandig

Mnr. Neethling en familie: Rudolph, mev. Jorina en Pieter Hattingh.Foto: Ina Olivier

Die twee lewensredders Carli Groenewald en Helené Snyders.Foto: Verskaf

Rudi Steyn en Gerhardus Liebenberg.Foto: Ina Olivier

Pieter Hattingh en Eucelle Bester

Hoërskool Diamantveld het 79 jaar gelede, op 28 Januarie 1935, sy deure vir Kimberley se Afrikaanse leerders oopgemaak.

Hierdie jaar se Stigtersdag het in goeie Diamantveld-gees begin. Talle eregaste, wat hul herinneringe aan Diamantveld met die huidige leerders gedeel het, is verwelkom. Mnr. Naudé Neethling (alombekend as "Oom Koot") het as gasspreker opgetree. Mnr. Neethling het in 1996 as adjunkhoof ná 32 jaar se diens by DHS afgetree. Vir hom was dit 'n spesiale dag; nie net omdat hy al 50 jaar aan die skool verbonde is nie, maar ook omdat sy dogter (mev. Jorina Hattingh) en sy twee kleinseuns (in graad 12 en graad 8) by die skool betrokke is. Mnr. Neethling het tydens die saalbyeenkoms gesels oor voormalige skoolhoofde, DHS-prestasies en oud-leerders wat in sy tyd nasionaal presteer het.

Twee oud-Proteakrieketspelers het ook die leerders toegespreek. Gerhardus Liebenberg, 1990 se hoofseun, het tussen 1995 en 1998 in vyf toetse en vier eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy is deesdae 'n aanbieder vir Supersport. Rudi Steyn, 1985 se hoofseun, het in 1995 drie

Monique Meintjes

Carli Groenewald en Helené Snyders het verlede jaar ge-durende die Septembervakan-sie 'n lewensreddingskursus in Hermanus bygewoon.

Ná 'n week se harde werk het hulle as lewensredders gekwalifiseer. Hulle het daarna tussen 21 Desember 2013 en 1 Januarie 2014 as lewensredders op een van Uilenkraalsmond se strande gewerk. Carli sê dat sy soos

toetse en een eendagwedstryd vir Suid-Afrika gespeel. Hy rig tans die Vrystaat se seniorspan af. Rudi het sy Proteabaadjie aan Mev. Hugo, skoolhoof, en Divan Nieuwenhuizen, kaptein van die eerste-krieketspan, oorhandig.

Hoofmeisie Carli Groenewald

sê: "Stigtersdag was vir 'n slag anders. Niemand het verwag dat daar lewe gaan wees by 'n 79ste verjaardag nie, maar daar was." Die geleentheid is afgesluit toe die Seniorkomitee 'n boks met wense vir Diamantveld in 2014 aan Mev. Hugo oorhandig het. Mnr. Albie de

Beer en twee leerders het die skool toegesing, en almal het daarna die skoollied uit volle bors gesing.

Graad 8-leerder Lian Brüwer sê: "Dit was 'n awesome ervaring om my nuwe skool se verjaardag te vier. Dis 'n fees om deel te wees van die blou golf".

'n karakter uit Baywatch gevoel het toe sy 'n kitesurfer uit die see moes red.

"92 ure – ja, ons het getel – in die son is nie 'n grappie nie, maar dis 'n ervaring wat ek vir niks sal verruil nie," sê Helené. Dit maak nie saak hoe koud die water of hoe sterk die seestrome was nie, as iemand in nood was, het hulle nie 'n oomblik gehuiwer nie. Voorwaar twee Diamantvelders wat omgee vir hul medemens.

Page 4: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014Redaksioneel | 4

Diamantveld het in 2014 nuwe lewe gekry. Die Feesorgani-seringskomitee is na AMOK herdoop, en het nou ses nuwe lede en die vurige Mev. Beate Stemmet aan die stuur. AMOK het reeds vroeg in die jaar indruk gemaak, en daar word groot dinge van hulle (in samewerking met die Seniorkomitee) verwag. Die Seniorkomitee het 'n radiostasie gestig wat pouses musiek in die vierkant speel.

Skoolgees word hierdie jaar nie net deur leerders gedryf nie; selfs die natuur het al hand bygesit. 2014 se kleure-atletiek het danksy 'n broodnodige reënbui oor twee dae gestrek, en die massas leerders wat die byeenkoms bygewoon het, het almal saam geesgebou en om die rugbyveld gestap.

Sportdeelname is ook op 'n hoogtepunt danksy die skool se goeie gees. Tydens die eerste naweek in Maart het ongeveer 360 Diamantvelders Upington toe opgetrek om teen Duineveld te gaan deelneem. Mnr. Niël Marais, sportorganiseerder, sê dit is die meeste leerders wat gedurende sy tyd by die skool aan 'n interskole deelneem.

Leerders se goeie gees lei ook tot 'n meer suksesvolle handhawing van dissipline. Tradisies, soos dat slegs graad 10 tot 12-leerders die vierkant mag gebruik, word in stand gehou.

Ons glo dat hierdie goeie gees en verbeterde dissipline trots by Diamantvelders sal kweek, en dat die leerders se leiers saam met die onderwysspan hierdie jaar groot sukses sal behaal.

Hou op kla en gaan stem!Carli Groenewald

In 'n hoërskoolopset word 'n tiener aan 'n verskeidenheid lewensondervindings bloot-gestel. Een hiervan is die demokratiese stemproses. Het die persoon wat jare gelede besluit het dít is hoe skoolleiers gekies word geweet van die uiters belangrike vaardigheid wat hier aan kinders geleer word, of was dit blote toeval?

Die feit van die saak is, tieners besef nie hoe belangrik dit is om te stem nie en nog minder hoe belangrik dit is om rég te stem nie. Die statistieke skets 'n donker prentjie: daar het slegs 8.4 persent van die tieners tussen 18 en 19 jarige ouderdom hierdie jaar geregistreer om te stem. Jongmense tussen die ouderdom van 20 en 29 wat geregistreer het het darem 'n persentasie van 49.4 behaal – ook maar nog skandalig

min. Tog is die meerderheid van ons land se jongmense besig om terug te sit en te kla oor die gebrek aan blinkheid van hulle toekoms hier; 'n toekoms waarvoor hulle nie bereid is om 'n kruisie op 7 Mei te gaan trek nie.

As dít die nuwe generasie stemmers se gesindheid is, kan geen verandering in die rigting van 'n blinker toekoms binne die volgende vyf jaar verwag word nie.

DIAdeemGrafika: Mindri van den Berg

Grafika: Internet

Liewe Cupido Liewe Verlief in Wiskunde

Geesbou en dissipline loop hand aan hand saam die jaar

#VerliefinWiskunde

Ek is mal verlief op hierdie ou in my Wiskunde-klas! Ek wil dit vir hom sê, maar ek is bang hy voel nie dieselfde nie en dan verfomfaai ek ons hele "vriendskap".

Ek vermoed hy hou ook van my, maar is nie seker nie. Hy stuur gereeld seine, ens. Wat doen ek? En om alles te kroon, hou omtrent al my vriende van hom! Hoe hou ek hom vir myself?

HELPASSEBLIEF!

Cupido

Eerstens: Let eerder op in Wiskunde as om oor die outjie te droom.

As jy regtig lief is vir hom, sê dit vir hom! Jy sal dalk verras wees. En as hy nie dieselfde voel nie, is dit sy verlies! Sê hom self sodat jy sy reaksie kan sien. Kyk diep in sy oë, maar moet hom nie afskrik nie. Jy sê julle is vriende – vra hom om te gaan pizza eet en sê jy sal betaal. Ouens is mal oor verniet goed!

As hy van iemand anders hou, moenie hartseer wees nie. Daar is iemand fantasties daar buite wat

jou so baie lief sal hê! Wie weet dalk is hy daar en jy weet net nie van hom nie. Jy gaan dit eers nie glo nie en jy gaan baie sleg voel vir 'n rukkie, maar kry vir jou 'n goeie pel om jou gedagtes daarvan af te kry.

SterkteCupido

REDAKSIELySKERNREDAKSIE:

Redakteur: Deon du Plessis / Assistent-redakteur: Pieter Hattingh

Sub-redakteur: Helené Snyders / Uitleg: Deirdré Payne & Leandri J. van Vuuren.

Foto's: Chanté van Eeden & Johan van Heerden. / Bemarking: Karmi van der Walt & Marisca Victor

Sport: Stephanie Potgieter & Hilana Louw. / Kultuur en Vermaak: Anke van der Westhuizen

Opleiding en Werwing: Carli Groenewald / Spotprente: Mindri van den Berg

Verslaggewers: Adelaide J. van Rensburg, Hilana Louw, Clarissa Claasen, Charl Smit, Monique Meintjies, Johanic Kuit, Mariska Erasmus, Anwill Botha, Eucelle Bester, Hunter Norval, Nelius Oosthuizen & Marlouette Kleynhans.

Grafika: Internet

Page 5: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014 Aktueel | 5

Wiskunde met groensappe

diamantveld-onderwysers en hul dubbelgangersDeirdré Payne

Het jy gedink dat jy jou gunsteling Hollywood-fliek voor jou sien afspeel toe jy 'n klomp bekende akteurs op DHS se skoolterrein sien?

Leandri Jansen van Vuuren

Sukkel jy om jou oë in die Wiskundeklas oop te hou? Gaan slaap jy saans nege-uur maar word steeds moeg wakker? Dit is jou liggaam se manier om vir ontgifting te pleit. Ontgifting is 'n proses wat onsuiwerhede soos kafeïne, alkohol, verfynde suikers en versadigde vette uit die bloedstroom verwyder.

Dit laat 'n mens dadelik dink aan daardie aaklige groen sappe wat 'n mens net kan afsluk as jy dit vinnig doen en jou neus toedruk, maar dit hoef nie so te wees nie: Suurlemoene bevat vitamiene C wat jou liggaam ontgif en die pH-balans herstel. Voeg 'n bietjie suurlemoensap in jou water of eet die vrug sommer net so as jy dapper genoeg is. 'n Alternatief is om seker te maak dat groente en vrugte die hoofbestanddele van jou daaglikse dieet vorm.

Om energie te hê, moet jy eers moeg word. Besoek ten minste twee keer per week die gimnasium, ongeag jou daaglikse sportaktiwiteite. John Ratey van die Harvard Mediese Skool sê: "Goeie fiksheidsoefening, soos bv. LO-oefeninge, berei die brein voor op die inneem- en leerproses". Drink

genoeg water om jou liggaam skoon te spoel en eet hope vesels wat vir langtermyn energie sal sorg.

Ná 'n koppie groentee, 'n goeie oefensessie en 'n suurlemoen gaan jy nou nie net in Wiskunde wakkerbly nie; jy sal selfs antwoorde kan gee.

Toe nou nie … Na 'n onlangse steekproef onder die leerlinge van Hoërskool Diamantveld het ons gevind dat ons ons eie bekendes hier reg onder ons neuse het. Ag nee wat, as dit kom by bekendes, kan Hollywood, 7de

Laan en ander programme maar hul ou skoene agterna gooi, want hier by Diamantveld hoef die onderwysers nie `n tree terug te staan vir hul dubbelgangers nie.

Diamantvelders het nie twee keer gedink oor wie hulle dink

die onnies se dubbelgangers is nie. Dubbelgangers soos Casper de Vries, Gita McGregor en selfs Gru van Despicable Me het die lys gehaal. Diamantveld-onderwysers kan maar enige dag die wêreldsterre troef!

Foto: Internet

Mev. Beate Stemmet - Dunay Darren

Mev. Mareth Hugo - Jamie Lee Curtis

Mev. Stacey Viljoen - Jo da Silva

Me Carmen Hattingh - Audrey Hepburn

Mev. Maria Greyling - Salma Hayek

Mnr. Leon Victor - Tom Selleck

Mev. Yolanda Bothma - Sarah-Theron

Mev. Liezel van der Merwe - Courteney Cox

Mev. Ivonne de Villiers - Lara Spencer

Mnr. Egbert Niewoudt - Gru

Mnr. Jean Stemmet - Juan Pablo Galavis

Mnr. Jacques Zandberg - Heinrich Brussow

Page 6: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014Vermaak | 6

Foto

's: L

ouis

Bot

ha

Foto

's: L

ouis

Bot

ha

Mnr. & Mej. diamantveld

Hilana Louw

Almal weet tog diamante is edelgesteentes, maar die diamante van Hoërskool Diamantveld se harte is ook edel. Deel van die meneer en mejuffrou Diamantveld-geleentheid van 2014, was dat die finaliste 'n projek loods waarby die gemeenskap sal baat. Die projek wat die finaliste geloods het, het boonop 'n groot gedeelte van hul puntetelling uitgemaak.

Die twintig finaliste se idees was voorwaar kreatief. Deon du Plessis en Sue-Mari Strydom het hul gemeenskapsprojek by Christina Kiddie Kinderhuis gedoen en vir hulle 'n biblioteek op die been gebring. Deneys Schoombie en Anri Retief het na Du Toitspan Laerskool gegaan en asdromme gekry wat hul saam met die leerders geverf het en oor die skoolterrein versprei het. JD Swanepoel, Corlia van Zyl, Carel Swartz en Jó-Mar Venter het na Hospice gegaan en ruite gewas en

poppe uitgedeel. Adelaide Janse van Rensburg en Philip John Badenhorst het hul kragte ingespan en jukskei gaan speel met die bejaardes van Akasia Aftreeoord nadat hul boekmerkies uitgedeel het by Hospice. Tuané Gouws en Wilmo Vermeulen het vir die DBV geld ingesamel en het ook geverf by Beaconsfield kliniek. Pieter Hattingh en Helené Snyders het tekkies ingesamel en vir die kinders by Christina Kiddie gegee. Rudolf Greyling en Carli Groenewald het kinders gehelp wat uit slegte omstandighede kom. Stephanie Potgieter en Ruan Langeveld het vir kinders 'n dansie geleer en dit by 'n ouetehuis gaan opvoer. Le Roux Malan en Joané Groenewald het hulle gemeenskapsprojek ook by Acacia gedoen.

Die gemeenskap was beindruk met die projekte wat die finaliste met soveel ywer aangepak het. Almal sien sekerlik met groot afwagting uit na meneer en mejuffrou DHS 2014 se finale projekte.

diamantveld ploeg terug in die gemeenskap

Hilana Louw

'n Kragonderbreking op die aand van 27 Februarie 2014 het beslis nie die gees van 'n stampvol saal bewonderaars gedemp nie. Die tyd het uiteindelik aangebreek vir die kroning van meneer en mejuffrou Diamantveld.

Die tema vanjaar was "Movie night" en dit het voorwaar gevoel of 'n mens in die bekoorlike Hollywood was. Sue-Mari Strydom se rol as Olivia Newton-John in Grease was ten volle geslaagd en sy het omtrent die gehoor op hol gehad met haar stywe, swart kledingstuk. Die finaliste moes eerstens in hul pare 'n dansie uit hul gekose fliek opvoer. Footloose, Pretty Woman en Flinstones is net 'n paar van die flieks wat die aand verteenwoordig was.

Daarna is elke finalis in 100 woorde opgesom terwyl hul in hul informele kleredrag op die loopplank gepryk het. Die hoogtepunt van die aand was egter toe die pragtige finaliste in ontwerpersrokke hul ver-skyning gemaak het. Na wekelange weddenskappe en bespiegelinge onder Diamantvelders, is Stephanie Potgieter en Philip John Badenhorst uiteindelik as meneer en mejuf-frou Diamantveld gekroon. Carli Groenewald en Pieter Hattingh is as eerste prinses en prins gekroon. Helené Snyders en Rudolf Greyling dra die titel van tweede prinses en prins. "'n Spoggeleentheid soos dié maak my trots om te sê ek is 'n Diamond in murg en been," was Deirdré Payne, 'n graad 12-leerder, se kommentaar na die tyd.

spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die nederigste diamant?

Marlouette Kleynhans

Die boereliefde-Valentynsbal het beslis 'n paar harte laat vinniger klop.

Die Valentynsbal is vanjaar weer deur die graad 10-VRL gereël, onder leiding van mev. Liezel van der Merwe. Dit was beslis een vir die boeke. Vanjaar se tema was "boereliefde", en die saal is dienooreenkomstig versier. Die meisies het in hul rokke geskitter, en van die seuns het soos regte boere opgedaag.

Die DJ, Eagles Disco, het liedjies gespeel wat in almal se smaak val sodat

almal 'n dansie kon geniet. Rudolf Greyling in graad 12 sê dat hierdie laaste Valentynsbal van sy skoolloopbaan die beste een nog was. Volgens hom was die atmosfeer vol liefde.

Anja Lubbe, graad 9, het hierdie jaar haar eerste Valentynsbal bygewoon, en sê dat sy dit baie geniet het.

Die aand se sukses is te danke aan die graad 10's en hul registeronderwysers wat almal saamgewerk het. Danksy hulle kon elke boer sy valentyn met 'n mooi aand bederf.

Boer soek … 'n Valentyn

Deon du Plessis en Sue-Mari Strydom.

Agter: Stephanie Potgieter, Monique Meintjes, Adriana Lubbe, Chara van Zyl, Hilana Louw. Voor: Jó-Mar Venter

Deirdré Payne, Carli Groenewald, Adelaide Janse van Rensburg, Helené Snyders, Anke van der Westhuizen.

Agter: Johané Steyn, Reynard Wansbury, Drean du Plessis, Chriselle Smit, Willie Klindt, Mianca-Lee Vos, Jana van der Linde, Reinier van Zyl, Adel Vermeulen, Charl Smit, Myra

Wessels en Helé Wansbury. Voor: Charlize Grove, JJ van Zyl, Janke Myburg, Leon Pienaar en Anja Lubbe.

Jan Willem van Niekerk, Louis Fourie, Jannie du Toit, Bernard Jansen, Arno Cloete, Wihan van Rensburg, Heinrich

Swanepoel, PG Bekker en Reinhardt Potgieter. Agter: Jody Schmidt en Olauf Kruger.

Agter: Anzelle Loftus, Marizaan J.v. Rensburg, Rachelle Pieters, Lezaan Douglas, Marmari Pienaar, Marli Stassen, Chenelle Burger, Charlize Lotz, Elzané Schoombie, Bianca Olivier,

Marlouette Kleynhans. Middel: Johané Deetlefs. Voor: Frans Jacobs, Divan Nieuwenhuizen, Jacques Nel, Etienne Erasmus en André Turner. Agter: Wian Gagiano.

Le Roux Malan en Joané Groenewald.

Wilmo Vermeulen en Tuané Gouws.

Rudolf Greyling, 2de prins, Stephanie Potgieter, Mej. DHS, Philip John Badenhorst, Mnr. DHS, Helené Snyders, 2de prinses, Pieter Hattingh, 1ste prins, Carli Groenewald, 1ste prinses.

Jó-Mar Venter en Carel Swartz.

JD Swanepoel en Corlia van Zyl.

Deneys Schoombie en Anri Retief.

Page 7: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014 Graad 8's | 7

Memoires van die Minion-reis 'n Terugblik op 'n wonderlike reisAnke van der Westhuizen

Gedurende die eerste drie weke van die jaar was dit baie maklik om 'n graad 8-leerder uit te ken: Soek maar net die geel gedrog met die lang beenhare wat oor die skoolterrein skarrel en die kenmerkende reuk van laerskoolbanke afgee. Onder leiding van die Seniorkomitee, oftewel Minion-Meesters, is die nuwelinge behoorlik by die Diamantveld-leefwyse ingelyf.

Hul reis begin op 14 Januarie toe die bang nuwe minions die eerste keer die beloofde land

Anwill Botha

Vanjaar se klipkonsert was weer eens iets besonders. Die Seniorkomitee het besluit om die tema vir hierdie jaar te baseer op die animasiefilm Despicable Me se minions. Alles van die graad 8's se name tot hul danspassies is deur die geel mannetjies geïnspireer.

Die klipkonsert het goed afgeskop met 'n dans wat deur die blou, geel en groen graad 8's uitgevoer is. Dit het aan almal heelwat vermaak verskaf, en die ouers was veral beïndruk met hul kinders se danspassies.

Kiara Wakeford, graad 8, het die volgende oor die konsert te

Deon du Plessis

Die tradisie is in 2014 voortge-sit deur die Diamantveld graad 8's as klippe te verwelkom; dié keer met 'n Minion-tema. Die seniorkomitee het op gepaste wyse die reëls en tradisies van die skool aan die nuwe Diamantvelders geleer. Kinders uit verskillende laerskole is saam op 'n kamp gevat om hulle as een blou golf te verenig en gees te bou.

Hunter Norval

Die graad 8-verwelkomingstyd is toe uiteindelik verby, maar daardie hol kol op jou maag wat jy kry as jy verby 'n matriekleerder loop, of die knop in jou keel as jy iets wil vra – dit sit nog net daar en dit wil net nie verdwyn nie! Jy kry "hulle" om elke hoek en draai … 'n Mens sou kon dink hulle het monitors om elke vyf minute te

Johan van Heerden Hierdie jaar se koshuismatrieks het besluit om die koshuis-graad 8's se inlywing uit 'n ander oogpunt te benader.

Koshuishoofdogter Marisca Victor vertel dat hulle die graad 8's behoorlik ingelyf het sodat hulle die koshuis se tradisies en gebruike sal kan onthou. Die inlywing se tema was "weermag". Die graad 8's staan as troepies bekend, en die matrieks word as "generaal" aangespreek. Die graad 8's het onder andere troepie-name gekry en hul moes 'n konsert met die naam "Koshuisnuus" opvoer, natuurlik met 'n kreatiewe weervoorspelling aan die einde. Volgens Victor Hugo, een van die koshuis-graad-8's, is die inlywingsprogram 'n goeie manier om nuwe leerders aan die

binnegaan. Hier word hulle aan hul mede-minions voorgestel en leer hulle hul nuwe tuiste ken. Die avontuur word voortgesit tydens die jaarlikse graad 8-kamp wat op Barkly-Wes gehou is. Die minions gebruik die geleentheid om hul dansvernuf te verfyn en hul uithouvermoë te toets. Aktiwiteite soos 'n modeparade en 'n grillerige spookroete word met groot ywer aangepak. Die minions ondervind teëspoed soos min slaap en 'n warm son, maar oorkom dit met heelwat entoesiasme.

Die reis eindig egter nie daar

nie. In die daaropvolgende twee weke word daar naarstiglik aan die klipkonsert geoefen, en elke minion delf in hierdie tyd diep om hul verhoogtalente te ontgin. Ná die minions se aand op die planke is dit tyd vir die klipbegrafnis. Daar word getreur en gerou, maar met hope morele ondersteuning neem hulle uiteindelik afskeid van die klippe wat hulle op hul ontwikkelingsreis vergesel het.

Minion-"ma" Helené Snyders verwoord haar ervaring só: "Die snaaksste ding het met ons Seniorkomitee gebeur: Ons het

actually lief geword vir die klomp geel mensies." Minion Rudolph Hattingh is vol lof vir die hele proses: "Ons kon nie vir 'n beter Seniorkomitee gevra het nie. Die konsert en die klipbegrafnis was die heel beste." Hoewel die minions 'n pynvolle slypproses agter die rug het, sal hul eendag met ongelooflike herinneringe daaraan terugdink. Hul minion-reis is dalk nou op 'n einde, maar Diamantveld het nog hope interessanthede om te verken.

DIAgonaal

diamante word op verhoog geslyp

seniorkomitee versus Graad 8's

Koshuis kweek ysterssê gehad: "Dit was baie lekker. Die minion-tema was 'n briljante idee en die Seniorkomitee het ons konsert uitstekend gemonitor." El-Ré Tintinger, ook in graad 8, voeg by: "Die beste deel van die hele konsert was die dans!"

Seniorkomiteelid Pieter Hattingh sê: "Dit was amazing om te sien dat alles seepglad verloop het, maar dit was ook baie hartseer om te besef dat die oriënteringstydperk nou verby is. Die aand se hoogtepunt was die sing van die skoollied. Ek dink hierdie konsert was een uit 'n miljoen. Ons kon duidelik sien hoeveel harde werk betrokke was. Nou kan die klippe ook sê dat hulle ware diamante is."

koshuislewe bloot te stel en om hulle te leer hoe koshuisleerders optree.

Die graad 8's het 'n toetsie geskryf oor die graad 12's en koshuisinligting. Die uitslae was dalk nie skitterend nie, maar die graad 8's weet darem die belangrikste goed – soos om by deure te wag vir ouer leerders. Ook dat die 25ste van elke maand "Kersfees" is wanneer elke graad 8 vir sy generaal 'n geskenkie koop.

Die koshuismatrieks is egter nie monsters wat net ontvang en niks teruggee nie; daar is elke kwartaal 'n "Bederf-jou-Troep"-dag waartydens die graad 8's geskenke ontvang.

Koshuismatrieks maak, nes koshuisbrood, ysters groot.

Die graad 8-Minions besig om die Minion-konsert met oorgawe op te voer. Foto's: Chanté van Eeden

DIAgonaalEk het egter my eie mening

hieroor: verwelkoming moet totaal en al geskrap word en almal moet mekaar as gelykes hanteer, maar voor dit kan gebeur sal alle leerders eers 'n paradigmaskuif moet maak. Kinders sal eerstens aanpassing moet aanvaar en gesag respekteer deur die reëls wat aan hulle gegee word, na te kom. Dit sal ook verseker dat alle partye mekaar respekteer en dat die skool te alle tye goeie dissipine en gees het.

kyk waar ons is. Ja, die lewe is maar moeilik vir 'n graad aggie!

Daar was 'n paar wat eintlik vriendelik was en wat ek vermoed maar net 'n bietjie toneel gespeel het. En dan is daar matrieks wat jy régtig nié in die gange wil raakloop nie …

Gelukkig begin voel ons nou al soos ware Diamantvelders, en kan ons nie wag vir die res van ons reis hier by DHS nie!

Page 8: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014Vermaak & Kultuur | 8

Waar hou diamantvelders vakansieLei alle vakansiepaaie dan na Hartenbos?

Gra

fika:

Deo

n du

Ple

ssis

& F

oto'

s: In

tern

et

Charl Smit

Die son, 'n strand vol bruin-gebrande lywe en die seereuk – wie kan nou meer wil hê? As jy al ooit gewonder het waar Diamantvelders skoolvakansie hou, kan ek hierdie vraag vinnig beantwoord.

Volgens statistiek is Kaapstad Suid-Afrika se gewildste vakansie-bestemming. Johannesburg is tweede. Diamantveld sorg egter vir 'n uitsondering op hierdie statistiek; jy sal oor 'n Desembervakansie 80% van alle Diamantvelders op Hartenbos raakloop. Dit is nou nie juis vir enigiemand 'n verrassing nie. 10% van Diamantvelders ry met Jan Tuisbly se karretjie – iémand moet immers die skool oppas ingeval 'n groen monster iets onverantwoordeliks probeer doen. En wie wil nou in elk geval by die see wees as Diamantveld blouer as die see is? Die oorblywende 10% hou in Kaapstad of elders in ons pragtige land vakansie.

Diamantvelders wat see toe gaan se gunsteling-vakansietydverdryf is om op die strand te lê en bak. Dié wat in Kimberley bly, gebruik die tyd om te rus. Dit is glad nie 'n vreemde verskynsel nie; Diamantvelders werk natuurlik heeljaar baie hard.

As jy jou klasmaats graag tydens

'n skoolvakansie wil raakloop, volg my raad: Gaan Hartenbos toe! Jou voete sal skaars die sand raak of

TROTSE BORG VAN

MINERVA GARDENS VERSORGINGSENTRUM

“BESPREEK NOU JOU KAMER OM TELEURSTELLING TE VOORKOM”

SKAKEL: Me Burmeister by 053-831 1033 of 083-277 6086

Ruim moderne kamers met eie badkamer beskikbaar.

Gekwalifiseerde verpleegpersoneel.

Skoonmaakdienste “kamer word daagliks skoon gemaak.”

Wasgoed daagliks.

Drie etes, asook teetye met tee/koffie en beskuitjies.

Algemene versorging.

Meneer smit se avonturiers

Mnr Jaco Smit het oudergewoonte verlede jaar 'n groep entoesiastiese Diamantvelders op 'n "river rafting"-ekspedisie geneem. Voor: Etienne Erasmus en regs Ruan Langeveld.

Foto: Verskaf

jy sal jou mede-Diamantvelders vind. En sommer in klasverband! Die enigste verskil is dat die

bywoningsyfer op Hartenbos se strand tien-teen-een hoër sal wees as dié in die wiskundeklas.

Wat bied Hartenbos?

Page 9: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014 Vermaak | 9

Foto

: Int

erne

t

Foto

: Int

erne

t

Marisca Victor en Karmi van der Walt

Why fit in when you can stand out? Dit is die tipiese tiener se redenasie. Wanneer dit by mode kom, probeer ons egter hard om die nuutste items te kry wat ons ook hip gaan laat lyk. So hoe weet 'n wens wat in is en wat nie?

Ons wou graag uitvind waarvan die tipiese Diamantvelder hou. Daarom het ons 50 vraelyste uitgedeel om uit te vind wat Diamantvelders as hul gunsteling-items beskou. As jy wil in wees, gryp 'n blikke Crème Soda, trek

DIAgnosejou All Stars aan en kry jou middernaghappies by McDonald's. Kry daardie Samsung-deuntjie op jou S4, dans op Afrikaanse musiek en vind jou innerlike "roar" al beteken dit jy moet Puma-tekkies gym toe dra of na Katy Perry luister.

Maar wie wil nou regtig dieselfde lyk as die persoon in die bank langs joune? Wees jou eie, spesiale self, want smaak verskil en jy kies jou eie mode. Wees uniek.

Gra

fika:

Mar

isca

Vic

tor e

n K

arm

i van

der

Wal

t

Is jy in of is jy uit?

Die wenner van die kompetisie is...

Mandela: Long walk to freedomClarissa Claasen

Regisseur: Justin ChadwickMet: Idris Elba, Naomie Harris, Terry Pheto

Die fliek is gebaseer op oud-president Nelson Mandela se outobiografie.

Almal, en veral Suid-Afrikaners, behoort hierdie fliek ten minste een keer te sien; dit bied selfs aan dié wat die land se geskiedenis goed ken, 'n nuwe perspektief. Die apartheidsgeskiedenis word akkuraat en waardig uitgebeeld.

Die akteurs kwyt hulself uitstekend van hul taak, en hier moet Idris Elba, wat die rol van Mandela vertolk, uitgesonder word.

Geen aspek van die verhaal

word aan die kyker se verbeelding oorgelaat nie; die regisseur het vir alles voorsiening gemaak. Die film leer 'n mens heelwat oor liefde vir jou medemens en jou land, en oor vergifnis. Dit is ook van kardinale belang vir mense wat nie self deur apartheid geleef het nie maar die geskiedenis wil verstaan. Die film hanteer die grusame geskiedenis en vat ook 'n paar miskonsepsies aan.

Mandela: A Long Walk to Freedom is 'n moet-sien-fliek vir jou lysie.

*Oudpresident Nelson Mandela is op 5 Desember 2013 oorlede ná 'n maandelange stryd met 'n lugweginfeksie. Sy staatsbegrafnis is op 15 Desember 2013 gehou en is deur tien dae van rou gevolg.

Faan se Trein

Nelius Oosthuizen en Carli Groenewald'n Gewone rolprent verg spring-mielies en 'n "Slush Puppy" om dit 'n waardige film te maak, maar Faan se Trein is geen gewone film nie. Al (bykomstigheid) wat dit benodig is 'n paar snesies vir daai onverwagse trane wat jou dalk kan oorval.

Faan se Trein speel in die laat vyftigerjare in 'n klein Karoodorpie af. Faan, gespeel deur die bekende Willie Esterhuizen, (in 'n heel ander rol as wat ons hom gewoonlik sien) het 'n volwasse liggaam, maar

die brein van 'n kind. En hy het 'n allesoorweldigende passie vir treine. Die meeste dorpsbewoners verstaan hom nie en hy laat hulle twyfel aan hulle eie veiligheid.

Faan bly saam met sy verouderde pa, Frik. Truia, 'n jong meisie, ontferm haar oor hulle. Frik sterf en laat al sy besittings aan Faan en die kerk na. Dis na sy dood wat die ware kleure van die dorpenaars na vore kom. Faan kom voor moeilike situasies te staan, hy word verlei en mislei en sonder sy pa se beskermende hand verloor hy byna alles – sy plek in die dorp en sy erfenis.

Faan se Trein laat jou asemloos van skaamte en skok die teater verlaat, want as ons eerlik is, sien ons te veel van onsself in karakters soos die dokter se vrou, skitterend vertolk deur Nicola Hanekom.

Aitsa het 'n kompetisie geloods om ons lesers se talent ten toon te stel. 'n Klompie kreatiewe en verdienstelike inskrywings is ontvang.

Die redaksie het besluit die wenner is Tiaan Zandberg (graad

10). Hy het die luiperd vanaf 'n foto geskets toe hy in graad 9 was en sê dat hy teken en skilder vir die lekker. Hy geniet dit veral om diere te teken. Aitsa bedank almal wat deelgeneem het vir hul entoesiasme.

Tiaan Zandberg se wen-inskrywing.

Page 10: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe
Page 11: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Aitsa • April 2014 Sport | 11

Koshuisvisse laat sink die dorpenaars

Tennisnuus

Swemgala is 'n vrolike affêreStephanie PotgieterDie dorpstudente het einde Januarie weer tweede gekom toe die koshuisvisse hulle vir die derde jaar in 'n ry by die swemgala laat water sluk het.

Mnr. Basjan Reinhardt het drie jaar gelede die koshuis-teen-dorp-formaat bekendgestel. Hy wou 'n geleentheid skep waar die koshuis soos 'n eenheid teen die res van die skool kon saamstaan. Dit sou ook veral help om die graad 8's nader aan mekaar te bring. Oorlede mnr. Reinhardt het dalk nie gedink dat die koshuis in so 'n formidabele fors sou ontwikkel nie – of dat hulle die (groter) res van die skool so ver sou wen nie.

Volgens koshuisleerders is die aantal swemmers en hul vermoëns nie die belangrikste faktore nie; dis hul ywer wat hul in die swembad laat wen. Soos koshuisleerder Dandelé Miller sê: "Ons koshuisbrakkies se geheim

Swemgala: Met 'n sierlike boog die water in. Stephanie Potgieter en Monré van Soelen tydens die swemgala.

Foto's: Adriana Lubbe

Waar blaas die vuvuzela in 2014?Charl Smit

Die jaar 2010 was vir Suid-Afrika 'n opwindende jaar wat nog lank onthou sal word: Die sokkerwêreldbeker is natuurlik hier gehou. In 2014 word die sokkerballe nou weer in Brasilië rondgeskop. Die kragmeting – met 32 deelnemende spanne – begin op 12 Junie en eindig op 13 Julie.

Dit is die vyfde keer dat die sokkerwêreldbeker in Suid-Amerika gehou word. Die toernooi is al in Uruguay, Brasilië, Chile en Argentinië

gehou. Brasilië het 12 stadions en dus 12 stede waar die 64 wedstryde gespeel gaan word. Dit is die meeste verskillende stede waar die sokkerwêreldbeker nog aangebied is. Die grootste stadion (volgens kapasiteit) is in Maracana. Die stadion kan sowat 89 000 toeskouers huisves. As jy beplan het om 'n wedstryd by te woon, is dit nou ongelukkig te laat; al 1,1 miljoen kaartjies is reeds uitverkoop.

Spanje het die vorige wêreldbeker gewen, maar kenners reken dat Argentinië hierdie jaar die span is om te klop. Suid-Afrika sal ongelukkig

nie aan die 2014-wêreldbeker deelneem nie.

2014 se sportkalender is behoorlik vol. Die Winterspele is in Februarie in Sochi, Rusland gehou, en die Wimbledon-tennistoernooi word in Junie en Julie in Londen gehou en die Tour de France in Frankryk. Die Vroue-Rugbywêreldbeker word in Augustus aangebied, en China bied later die jaar die Jeug-Olimpiese Spele aan.

Besluit maar solank vir wie jy in 2014 jou vuvuzela gaan blaas.

Grafika: Internet

Johan van Heerden

Hoërskool Diamantveld se kleure-atletiekbyeenkoms is hierdie jaar gekenmerk deur uitstekende bywoning en deelname.

Volgens Amia van der Berg, graad 9, is daar niks beter as om kaalvoet oor die gras te hardloop nie. Sy sê dit herinner haar aan toe sy klein was en heerlik op die gras gespeel het.

’n Reënbui kon ook nie die skool onderkry nie; inteendeel, dit blyk dat die reën ’n spesiale uitwerking op leerders se goeie gees het. Daar is lekker gesing en gedans terwyl die

bui uitgesak het. Mev. Mareth Hugo, skoolhoof, was só verras dat sy die hele petalje in die reën gestaan en dophou het. Volgens haar het hierdie fantastiese Diamantveld-gees haar trots gemaak.

Nóg ’n hoogtepunt van die byeenkoms was die viering van mnr. Koot Neethling se ses en veertigste jaar as omroeper. Mnr. Neethling verrig ná al die jare steeds sy pligte met oorgawe en met net soveel entoesiasme as op sy eerste dag.

Die pawiljoen was vol trotse Diamantvelders geklee in informele

skooldrag. Volgens Dwayne Bothma, ’n graad 12-leerder wat hom hierdie jaar van Pretoria by ons aangesluit het, is die “blou golf” iets besonders. Hierdie goeie gees help sekerlik ook die “regte”, ernstige atlete om nog beter te presteer!

Die kleure-spanne het ook natuurlik verwoed gekompeteer. Die donkerblou span het as oorwinnaars uit die stryd getree. Indien volgende jaar se kleure-byeenkoms op vanjaar se sukses kan voortbou, is Diamantveld-atletiek op die regte spoor.

Pieter Hattingh

Diamantveld se eerste seuns-hokkiespan het vanaf 20 – 22 Maart gewys hulle KAN! Die bedoeling van die naweek was om verhoudinge binne die span net nog sterker te maak.

Alles het begin toe die hokkieseuns in twee spanne moes indeel om 13.2 km af te lê. Met elkeen se rugsak, kos vir die naweek, 20L water, potte en panne het die son nogal warm geraak en gemoedere het begin hoog loop. Met elke span se kamp wat opgeslaan moes word, moes die kos ook mooi beplan word

sodat dit vir drie volle dae kon hou. Die seuns het van konsentrasie-

speletjies tot en met hindernis-bane deurgedruk. Rudolf Greyling, kaptein van die span, sê: "Dit was 'n onvergeetlike ervaring van albaster-speletjies, min slaap, hindernisbane, swem-speletjies tot volstruise jaag. Ek sal altyd onthou hoe ons as 'n span elkeen 'n piesang en 'n rou eier vir middagete geëet het."

Die hokkiespelers vertel ook dat daar 'n leidraad weggesteek was wat die sleutel was tot hul feesmaal die laaste aand. Die leidraad is gevind en die span het aangesit vir 'n heerlike bord vleis. Daar is geëet dat net bene

oorbly. "Die kamp was baie uitdagend en

het party van ons se geduld tot die uiterste beproef … Ons het darem geleer om die beste van 'n slegte saak te maak deur byvoorbeeld 'n rou eier te omskep in iets wat soos kondens-melk proe," was Dawie Scheepers, lid van die span, se kommentaar. Hy het bygevoeg: "Nie net is daar lewenslange herinneringe geskep nie, maar lewenslange vriendskapsbande is ook gevorm."

Die naweek is afgesluit waar die hele span, sowel as hul afrigter, mev. Stacey Viljoen, vanaf Naval Hill in Bloemfontein ge-absail het.

Hokkieseuns bou karakter in die son

uitsonderlike Kleure-atletiekbyeenkoms

lê nie by die beste swemmers nie, maar by die beste gees en goeie groepsdruk om deel te neem".

Ná 'n lang dag se swem en sing was die koshuis se finale telling 506 en die dorp s'n 476. Party dorpsleerders kon hul ore nie glo nie en is vasberade om volgende jaar die swemgala se stroomrigting te verander en die koshuis 'n ding of twee te wys.

Heelwat matrieks het opgedaag en party het ook vir die eerste keer in hul skoolloopbaan aan die swemgala deelgeneem. Hul aansteeklike gees het van die onderwysers laat skarrel sodat hulle 'n ongewenste onderdompeling kon vermy. Ná hul ere-lengte het die matrieks se besondere gees na die res van die skool oorgespoel. Met die sing van die skoollied is die koshuis en die dorp weer verenig en het Diamantveld met onverdrinkbare trots teruggekeer skool toe.

Foto: Janel Blaauw

Johanic Kuit

Die tennisjaar het vinnig afgeskop en die Noord-Kaap tennisproewe is reeds einde Januarie afgelê.

Goeie tennisnuus is dat sestien van Diamantveld se spanne uitstekend gevaar het by die Fichardtpark Sportdag wat op 8 Maart plaasgevind het. DHS se spelers het aan al die afdelings deelgeneem en drie van die vier afdelings gewen: die senior meisies klop Hoërskool Eunice in die finaal, die junior meisies klop Hoërskool Sentraal in die finaal en die junior seuns klop Hoërskool Noord-Kaap in die finaal.

Twee van ons leerders, Anja Lubbe en Kiara Wakeford, is ook opgeneem in die D0/15 Interpro-span. Hulle is onderskeidelik nommer 1 en 2 in die span.

Sestien van ons spelers se name verskyn op die ranglys en hul posisies in die verskillende ouderdomsgroepe is soos volg:

D 0/141. Kiara Wakeford6. Micke Engelbrecht7. Liri SmithS 0/142. Charles Louw12. Gerhard SwanepoelD 0/151. Anja Lubbe5. Myra WesselsS 0/154. Lambert Cronje6. Marnus van der NestD 0/161. Marna Swiegers2. Ané Badenhorst3. Surita van Heerden.S 0/164. Reinhardt PotgieterS 0/175. Johan MattheeD 0/195. Anke van der Westhuizen

Page 12: Dhs aitsa april 2014 finale uitgawe

Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, Kimberley • Jaargang 39 - No 1 April 2014 • Prys: R10Sedert 1975G

edru

k de

ur S

wift

Prin

t, Te

l: 05

3 83

9 29

00, K

imbe

rley.

Mariska Erasmus

Agt-en-twintig skole van regoor Suid-Afrika het hierdie jaar aan die Top 20-atletiekbyeenkoms wat in Hartswater gehou is, deelgeneem. Hoërskool Diamantveld het met 'n gemiddelde punt van 706 die eerste plek behaal. Hoërskool

Vryburg en Hoërskool Stella het onderskeidelik die tweede en derde plek behaal.

Diamantveld het ook vir die eerste keer in die skool se geskiedenis twee spanne ingeskryf. Mnr. Jaco Smit, wat ook

Marizaan Janse van Rensburg en Marmari Pienaar haal alles uit op pad wenpaal toe.

Foto: Chanté van Eeden

Showroom @59 George Street053 831 5550083 287 3859 – John-Ed

diamantveld-atlete doen weer alles regTweede agtereenvolgende jaar eerste in Top 20

Diamantvelders se gees tydens die atletiekseisoen het beïndruk. Dit het skynbaar ook die atlete aangespoor om nóg beter te presteer. Hier is ‘n deel van die skare tydens die Kleure-atletiekbyeenkoms, met voor vlnr Pieter Hattingh, Adriana Lubbe, Stephanie Nieuwoudt en Dandelé Miller. Foto: Ina Olivier

diamantveld se krieket kookCharl Smit

Elke Diamantvelder weet dat akademie eerste kom ... tot die skoolklok lui en die sportklere aangetrek word.

DHS-leerders lewer 'n waarde-volle bydrae op die krieketveld en ondersteun mekaar goed. Hanro van Biljon, lid van die DHS-eerstespan, het in 'n T20-wedstryd 'n verwoestende beurt gespeel wat nie gou deur die spelers, toeskouers en skeidsregters

Hanro van Biljon en sy krieketkolf is 'n gevaarlike kombinasie.

Foto: Ina Olivier

vergeet sal word nie: Hy het 117 lopies van slegs 52 balle gemoker. Dít het Diamantveld gehelp om 204 lopies in daardie beurt aan te teken. (HTS is hierna vir 76 lopies uitgehaal.) Dit was Hanro se derde honderdtal, en sy tweede hoogste – sy hoogste telling was 147 onoorwonne vir Laerskool Staats se o/13-span.

Hanro beplan om ná skool by die Noordwes Universiteit te gaan krieket speel. "Gesinstyd is vir my

by die byeenkoms as skeidsregter opgetree het, het gesê dat die rede hiervoor was om die atlete meer blootstelling te gun.

Ruan Willemse en Bethanie du Raan is aangewys as die beste baan- en veldatlete in hul o/17-

span. Volgens Ruan het hy nuttige ervaring opgedoen en sal hy beslis weer aan die byeenkoms deelneem.

Diamantveld spog ná die byeenkoms met twintig goue, nege silwer en nege bronsmedaljes.

belangrik en dis vir my lekker om my gesin en vriende trots te maak met dit wat ek doen," sê hy.

Daar is vanjaar drie o/15-spanne, en Charles Williams en Tiaan Botes hou steeds DHS se naam hoog. Hulle het laasjaar die Kimberley o/15-span gehaal, en Andri Swart is in die Griekwas o/17-span ingesluit.