die aambeeld - | hts drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...die jaguitstappie het...

26
Die AAMBEELD Kwartaal 3 VAN 2019 HTS DROSTDY

Upload: others

Post on 13-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Die AAMBEELD

Kwartaal 3 VAN 2019

HTS DROSTDY

Page 2: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Drostdy groet ‘n geliefde juffrou

Hoe omskryf ‘n mens die leemte, die hartseer, die skok van so ‘n tragiese gebeurtenis? Me Elphia Neethling het in 1989 hier by die HTS Drostdy begin en nou, 30 jaar later is dit vir ons verskriklik tragies om haar begrafnis by te woon.

Me Elphia Neethling was een van daardie onderwysers vir wie haar kinders alles was. Haar werk was haar hart en die kinders het haar perfeksionisme en passie ervaar. En dit was aansteeklik. Nog nooit het ek ie-mand ontmoet wat alles so puntenerig - korrek gedoen het nie. Haar werk was altyd reg en die trots wat sy geneem het om dit so aan te bied, het almal inspireer.

Sy het die vermoë gehad om nie toe te laat dat die boosheid van die wêreld haar onskuld steel nie - ten spyte van die feit dat sy in haar lewe baie hartseer ervaar het. Ek het haar nooit gehoor dat sy enigiets slegs van enigiemand gesê het nie.

Drostdy verloor nie net ‘n goeie juffrou, ‘n dame, ‘n opvoeder en ‘n vriendin nie - ons verloor ‘n groot stuk

van ons hart.

Go

ou

t a

nd

ch

an

ge

th

e

wo

rl

d.

Page 3: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Matriekafskeid 2019

Die matriekafskeid is hierdie jaar vroeër gehou en kort na die Julie-vakansie is die funksie afgehandel. Die funksie se tema was “under the sea” en orals het vissies in potte en bakke en in hol goed rondge-swem. ‘n Lekker bederf vir die oog.

Ons het, nadat die matrieks daaroor gestem het, besluit om die ete anders aan te pak. In plaas van ‘n aansitete met tradisionele vleis en groente en poeding, is alles in die vorm van vingeretes aangebied. Me. Elmarie Ramsauer en haar span werkers het gewoel in die kombuis en daar was ‘n wye verskei-denheid van kossoorte om elke voor- of afkeer te akkommodeer. Selfs die nagereg was oliebolle van verskillende kleure en geure. Elkeen kon kies.

Op Vrydag, 2 Augustus van sesuur af, het die matrikulante en hul metgeselle met motors en al wat ‘n voertuig is, begin aankom. Die matrikulante van 2019 het werklik besonders gelyk en die koelerige aand het niemand se geesdrif gedemp nie. Die dansbaan was vol en aan die einde van so ‘n groot poging kon almal terugkyk en tevrede voel. Me Rensia Vermeulen en al haar helpers was terdeë uitgeput, maar daardie vonkel in die oog het getuig van satisfaksie.

Matriekafskeid 2019 - DONE AND DUSTED!

Armand praat nou Die laaste kwartaal van die jaar breek oor net 'n week aan. By Drostdy is daar

egter alreeds begin met die afsluiting van die jaar. Die 40 days, matriekafskeid,

koshuisdinees, interkoshuis-toernooie, prysuitdelings en vele ander aktiwiteite

het die Donkies besig gehou. Die grondslag vir volgende jaar is al ook alreeds

gelê met die verkiesing van die skool se nuwe leierskorps. Die Aambeeld se

redaksielede het onverpoos gewerk om al die gebeure vas te pen en op hierdie

manier die belewenis van Drostdy te deel. Die Aambeeld bedank al sy lede vir

hulle moeite en wens elke Donkie 'n welverdiende vakansie toe. Redakteur: Armand van Rhyn

Page 4: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Jag-en-Vleis-prys Vir weke lank is ons konstant herinner aan die jag-en-vleis kaartjies wat verkoop moet word. Elke oggend wanneer ons hoor mnr. Hertzog het ‘n spreekbeurt in die vierkant het die hele skool gesug, want ons het geweet ons moet die naweek weer gaan kaartjies verkoop. Behalwe vir die feit dat ons by mense se deure moes gaan klop en ‘n groot glimlag opsit en hoop vir die beste, was daar altyd daai 4 kaartjies wat oorgebly het wat jou ouers se begroting heel deurmekaar krap.

Vir die meerderheid van ons was dit effens van ‘n teleurstelling toe hulle die wenners aankondig - be-halwe vir die volgende kinders, wat die wenkaartjies verkoop het.

Aiden Rossouw

Smith Jacobs

Johane Neethling

Hierdie kinders het die eerste, tweede en derde plek uitgedeel aan:

Marius Viljoen (1 Swartwildebees)

Jaco van Leeuwen (2 Springbokke)

Francois May (1 Springbok)

Elk van die wenners het ook ‘n geslagte skaap as deel van hulle wenprys ontvang.

Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die wenners geleentheid gekry het om hulle prys self te gaan skiet.

Page 5: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Die leiers van 2020 Dit is die tyd van die jaar waar die leisels oorhandig word en nuwe voetspore getrap word om in die voetstappe van die voormalige leiers te volg. Dit is ‘n eer en voorreg om die volgende 13 seuns en 13 dogters, wat gekies is om op die Bestuurskomitee van 2020 te dien, bekend te stel.

Agter v.l.n.r. : Ruben Cronjé, Dupie Blom, Connor Nel, Marco Viljoen, Joshua Smit, Robert-Andrew Ad-

shade, Zach le Roux, Frederick Botha, Frikkie Burger, Migal Cronjé.

Middel v.l.n.r. : Caitlyn Kingon, Mia Ramsauer, Katinka Naudé, Stefmari Burden, Michaela Strydom, Chris-

Mari Snyman, Aliza Rossouw, Carien Reyneke, Shani Smith, Elizé Lottering.

Voor v.l.n.r. : Brooklyn Moffat, Shanidine Bezuidenhout, Simoné van Wyk, Hugo Mostert, Farrel Sacco,

Olé Apollis.

“A leader is one who knows the way, goes the way and shows te way. ”

John C. Maxwell

Page 6: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Die volgende seuns en dogters is verkies tot die Huiskomitees van hule onderskeie koshuise vir 2020.

Agter v.l.n.r. : Tania van der Spuy, Mariné Brink, Michaela Strydom, Chané Adonis, Stefmari Bur-den

Voor v.l.n.r. : Brooklyn Moffat, Danique Jacobs, Simoné van Wyk, Katinka Naudé, Elizé Lottering

Agter v.l.n.r. : Zach Loots, Pieter Prins, SW Zeeman, JD Rix, Dylan Grobbelaar

Voor v.l.n.r. : Marlo Louw, Christo Botha, Schalk Conradie, Ashwin Sheepers

Afwesig: Keane Galant

Agter v.l.n.r. : Aliza Rossouw, Shani Smith, Mia Ramsauer, Carien Reyneke

Voor v.l.n.r. : Dominique Smith,

Shanidine Bezuidenhout, Caitlyn Kingon

Agter v.l.n.r. : Marco Viljoen, Zach le Roux, Robert-Andrew Adshade, Joshua Smit, Migal Cronjé,

Voor v.l.n.r.: Farrel Sacco, Hugo Mostert, Ruben

Cronjé, Christiaan du Plessis, Olé Apollis

Dorp Meisies Dorp Seuns

Bergsig Noordsig

Page 7: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

V.l.n.r. : Christi Marais, Ricky Lesch, Hein Louw, Jade Avenant

Agter v.l.n.r. : Dupie Blom, Xabiso Shasha, Christopher van Niekerk, Connor Nel, Jo-an van der Heever. Voor v.l.n.r. : Alwyn Burger, Heinz Hattingh, Frederick Botha, Schalk Burger

Graad 11 VRL

Gr 9 VRL

Huis Dr. Stals

Agter v.l.n.r. : Braam van der Merwe, Cameron Mostert, Abré Griessel, Jana Fouché, Louie Drake Voor v.l.n.r. : Amoné Mason, Bea Wolfaardt, Eben Baasden

Agter v.l.n.r. : Marchello Blaauw, Botha de Wet, Piet Roux Voor v.l.n.r. : Dihan Albertyn, Reinhardt van der Watt, Maurice Olivier.

V.l.n.r. : Carla Botha, Hannes Neethling, De Wet Mostert, Janké Burger

Drostdy

Gr 10 VRL

Page 8: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Beste in die Weste Antoinette Steijn, Suné Conradie, Tarien Swanevelder, Thalita Pretorius en Hanri Oelofse het hierdie kwartaal aan die Taalquiz deelgeneem.

Die kompetisie word deur die WKOD geloots en die vakad-viseurs vir Afrikaans in die Wes-Kaap dryf dit. Ons het aan die eerste uitdun deelgeneem deur middel van aanlyntoetse en Antoinette Steijn het deurgegaan met 27/30.

Hierna het ons aan die provinsiale uitdun deelgeneem en Antoinette het EERSTE in die Wes-Kaap geëindig. Sy deel die posisie met „n dogter van Bredasdorp, maar om hier met die louere weg te stap sê ongelooflik baie.

BAIE geluk, Antoinette. Jy is vir ons almal „n voorbeeld

Robotika vir die toekoms Robotika sal eersdaags deel van Drostdy se kurrikulum uitmaak!

Ons het besef dat die 4de nywerheidsrewolusie op ons is en ons wil baie beslis nie agterbly nie.

Me Annamarie Underhay is die dryfveer agter hierdie nuwe rigting en die dit lyk ongelooflik inte-

ressant. Ons is nog maar in die kinderskoene, maar ons het reeds „n hele paar van die “robots”

aangeskaf en die leerders is baie nuuskierig. Dit wil voorkom asof volgende jaar se nuwe graad

agts reeds „n module of twee sal kan doen.

Hierdie rigting is vir die toekoms en ons wil ons kinders gereed maak vir die uitdagings daar

buite.

Putty Cup

Die Putty Cup is al vir dekades „n tradisie in Drostdy en „n besliste hoogtepunt op die matriekka -

lender. Ons het dit hierdie jaar weer gedoen, maar hierdie jaar het ek met so „n effense frank

smakie in my mond weggestap.

Hierdie rugbywedstryd tussen die Baardmanne en

die Donsies is altyd in „n baie positiewe gees

gespeel. Tye het verander en ek dink dat die

eertydse manier nie meer vandag aanvaarbaar is

nie. Nogtans is daar steeds baie maniere waarop

so „n wedstryd kan plaasvind sonder dat een

groep verplig voel om die ander af te knou.

Waarom die geniepsigheid deur die seniors? Is dit

dalk gebore uit „n plek van selftwyfel? Ek weet

nie, maar volgende jaar sal ons dit beslis op „n

ander manier benader.

Kom ons speel harde, eerlike rugby wat getuig

van „n gesonde gees in die skool. Kom ons maak

dit weer iets wat die hele skool pawiljoen toe trek.

Page 9: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Let’s Par-TEA Een van Drostdy se tradisies is die jaarlikse ontgroening van die graad 11-leerders. Die hoogtepunt van hierdie ontgroening is die hiccup, teacup en puttycup. Die teacup-spelers was baie uitgeput teen die einde van die wedstryd. Die graad 11-leerders of “Beebops” moes elke keer wanneer hulle span gedoel het, ‘burpees’ gedoen het. Die matriek span het baie voorspronge gekry en het uitstekend gespeel. Die graad 11-spelers het ook pragtig gespeel, ten spyte daarvan dat hulle langmoubaadjies en langbroeke aangehad het in die warm son. Almal het die stryd geniet en die spanne was deur die toeskouers aangespoor, selfs die “beebops” het dit geniet en ons sien uit na volgende jaar!

Hiccup

Jaar na jaar tree die matriek-hokkiespelers op as mentors vir hul graad 11-spanmaats.

Voor die wedstryd het al die graad 11‟s „n verfrissende opwarmingsessie gehad. Toe die klok begin aftel was die bal sommer dadelik aan die rol. Die matriekmeisies het die eerste punt aangeteken. Tot almal se verbasing het al die graad 11‟s burpees begin doen na die punt aangeteken is en het hulle daarna die matrieks teruggedra na hulle beginposisies. Die graad 11‟s het die bal uiteindelik na baie gesukkel in die hande gekry, maar val sommer op die grond toe hul hokkiestokke kontak maak. Die matriekmeisies loop weg na die wedstryd met n wentelling van 3-0.

Die seuns aan die ander kant moes weer in kort hempies en tutu‟s die hokkieveld betree. Hulle hande is aan die stokke vasgebind en hulle moes daarom met „n gesukkel ook 5 burpees doen na hul matriekmentors „n punt aangeteken het. Die eerste punt van die wedstryd is egter deur die graad 11‟s aangeteken , maar dit het hulle nie lank gehou nie. Die matrieks loop weg met n tel-ling van 3-1.

Sometimes you win, sometimes you learn. Ek dink die graad 11‟s het sonder twyfel geleer wat dit verg om in matriek te wees.

Graad 11’s het gees!

Page 10: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Netbaloorlog

Party mense dink die grootste opwinding vir die netbalseisoen is die Wynland of die Wes-Kaap toere, maar by HTS Drostdy is dit vir seker die Interkoshuis net-bal!

Ek weet ‘n mens kry baie interessante wedstryde waar daar selfs geduik word op ‘n netbalbaan, maar daar is niks wat meer gees bring as die Interkoshuisnet-bal nie. Dit is die oorlog waar 2 dogterskoshuise vir hulle reputasie veg. Vir jare lank wen Bergsig en hierdie jaar het hulle hulself weereens fantasties van hulle taak gekwyt. Hier volg die telling vir 13 Augustus 2019 se Interkoshuisnetbal-wedstryde.

Dan moet ons natuurlik nie vergeet van ons onnies se wedstryd nie! Hulle het hul bes prober. Hulle het Dorp en Bergsig saamgesit ( die helfte van die eerstespan was deel) maar nog steeds kan niemand HTS Drostdy se onnies wen nie. Dis net fisies onmoontlik. So dis veilig om te sê dat nie net wysheid met ouderdom kom nie. Aan Dorp se meisies: daar is altyd ‘n “volgende jaar”.

Danielle Conradie

Span Bergsig Dorp

0/14 16 9

0/15 14 7

0/16 20 12

0/19 14 11

Page 11: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Interkoshuis - hokkie

Dis daardie tyd van die jaar…

Die tyd wat ons koshuise met mekaar meeding op alle gebiede. Daar is netbal, rugby en

skaak… Wat vergeet ek? Oo ja! Natuurlik, hoe kan ek hokkie vergeet? Tydens die

Interkoshuisweek het daar 'n paar opwindende wedstryde plaasgevind, maar die hokkie het bo

die ander uitgestaan. Elke koshuis het hul beste spelers uit elke ouderdomsgroep gekies om

deel te neem. Die meisies het gelykop gespeel, wat gelei het tot 'n “shootout” wat Bersig gewen

het met 2-1. Stalshuis het die seunskoshuise se wedstryde gewen met 3 punte, Noordsig was

tweede met 2 punte en Dorp derde met 1 punt. Die dag het op 'n hoë noot afgesluit met 'n

wedstryd tussen die onderwysers en die matrieks. Die personeel het aan die einde weggestap

met 'n wen van 2-1. Dankie aan almal vir hul deelname aan die Donkie-tradisie…

Anmar Rust

Evan Kotze Stephen Hawking het een keer gesé: “My advice to other disabled people would be, concentrate

on things your disability doesn’t prevent you from doing well, and don’t regret the things it inter-

feres with. Don’t be disabled in spirit as well as physically.”

Drostdy se eie Evan Kotze het hierdie spreekwoord sy lewensleuse gemaak!

Tussen 19-21 Maart het hy aan die National Athletic Championships for the Physical and Visually Impaired deelgeneem. Hier het hy „n goue medalje verwerf en die Suid-Afrikaanse spiesgooirekord gebreek met ‟n afstand van 37,40m.

Hierna is hy opgeneem in die Junior Para-Atletiekspan en het in Switzerland gaan deelneem aan die Nottwil 2019 Junior Wêreld Para-Atletiek Kampioenskap in Augustus. Hier het hy „n silwer medalje ontvang vir spiesgooi.

Hiervoor het hy volle erekleure by HTS Drostdy ontvang en daar is op 5 September 2019 „n sporttoekenning aan hom oorhandig by die Cape Winelands Sports Awards vir sy deelname in Switzerland.

Danielle Conradie

Page 12: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Somer- en Wintersport Prysuitdeling Op Dinsdag 20 Agustus 2019 het ons sportsterre „n aand gehad om in die kollig te verskyn. Die

jaarlikse somer- en wintersport prysuitdeling het leerders in 9 sportsoorte beloon.

Swem: Eckhard Buhr is aangewys as die leerder wat die beste vordering vir hierdie jaar getoon

het.

Krieket: Ons skool spog nie net met goeie seuns krieketspelers nie, maar ook met dogters. Die

krieketspeler van die jaar is Helena du Toit.

Toutrek: Drostdy se toutrekkers is voorwaar ysters. Die ysterman is Albertus van Zyl. Zoë Zee-

man is as ons ystervrou gekroon.

Tennis: Die beste junior speler is Milo Camara en die beste junior speelster is Carla Botha. Die

beste

senior speler is Frederick Botha. Ons eie Maria Sharapova, Stefmari Burden, is as beste senior

speelster aangewys.

Gholf: In hierdie sport is daar 2 leerders wat uitgeblink het op die gholfbaan . Lee-Quinn Engel-

brecht is as die speler aangewys wat die meeste vordering hierdie jaar getoon het. Hugo de Vil-

liers is as die speler van die jaar aangewys.

Skaak: Drostdy se sportsterre beskik nie net oor dié wat hou daarvan dat hul asems jaag nie,

maar ook die wat hou daarvan as hul brein pyn. JJ Augustyn is aangewys as skaakspeler van die

jaar.

Hokkie: Die seun en dogter wat die beste vordering getoon het op die hokkieveld is Suné

Grobbelaar en FD Rabie. Die junior speler van die jaar is Dean-Micheal Bezuidenhout. Die beste

junior speelster is toegeken aan Jadé Avenant. Ons beste senior speler is Tristan Matthews en

die beste senior speelster Ilse du Plessis.

Netbal: Die junior speelster wat hierdie jaar die beste gevaar het is Afton Pieterse. Senior speel-

ster van die jaar is M'Cailen Lombaard. Die speelster van die jaar is die 0/14 A- kaptein Miché

Pieters

Rugby: Die span van die jaar kom uit ons jongspan, die 0/14 A-span. Die span se kaptein Demi-

tre Erasmus, hou die trofee omhoog.

HTS Drostdy is besonders trots op ons sportsterre en hoop on julle in die toekoms op inter-

nasionale vlak te ondersteun.

Page 13: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Jake White nou deel van die Drostdy-familie

Ons rugbyspelers en - afrigters is kinderlik opgewonde oor die nuwe inspuiting. Jake White, die 2007 afrig-

ter van die Bokspan wat die Rugbywêreldbeker

gewen het, gaan ons Donkies tot hoër hoogtes lei.

Jake White sal as rugbykonsultant betrokke wees en

ook vir mnr. Sylvester Booysen, wat ook in Oktober

aansluit , ondersteun. Mnr. Booysen is tans die Rug-

bydirekteur by hoërskool Ben Pienaar op Groblersdal.

Ons het ’n vêr pad gekom met rugbyontwikkeling en

dis belangrik om op hoogte te bly. Drostdy sien uit!

Duik hom, Donkies! Drostdy se rugbyspanne het hierdie kwartaal teen gedugte teenstanders deelgeneem en uitstekende uitslae gelewer.

Drostdy teen Outeniqua, 13 Julie: 19A verloor 22-38 19B wen 18-17 19C wen 18-17 19D wen 10-7 16A wen 21-19 16B verloor 10-12 16C verloor 7-27 15A wen 22-14 15B wen 24-0 14A verloor 14-31 14B verloor 5-31 14C verloor 12-24

Drostdy teen Duineveld, 20 Julie: 19A wen 23-17 19B wen 31-14 19C wen 32-5 16A wen 41-5 16B wen 17-5 15A wen 78-5 14A wen 60-5 Drostdy teen Tygerberg, 27 Julie: 19 A wen 71-12 19B wen 80-12 16A wen 46-3 15A wen 47-3 15B wen 60-0

Drostdy teen Diamentveld, 9-10 Augustus: 19A verloor 26-32 19B wen 21-17 16A wen 30-16 15A wen 29-7 14A wen 60-0 Wedstryde teen Britse toerspanne: 19B wen 31-10 teen John Fisher School 19B wen 24-22 teen Edinburgh 19C verloor 12-41 teen RGS Lancaster 19C wen 48-5 teen John Fisher School 16A wen 36-5 teen RGS Lancaster 16A wen 35-0 teen Edinburgh 16C verloor 17-19 Lancaster 16C verloor 12-48 Dromore Rugby School 14B wen 50-19 teen Dromore Rugby School 15B wen 53-0 teen Goudini, 20 Julie 14A wen 90-0 teen HS Breërivier

Ons Tweedespan met hul afrigters: Mnre. Armand Swart en Cornél Brits

Page 14: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

NETBAL op ‘n hoër vlak

Daar is ‘n bekende gesegde wat sê : ‘Netbal is vir sussies’, maar duidelik het ‘n hele paar netbaldonkies daardie gesegde radikaal verander.

Met trotse harte sê ons baie geluk aan die dogters wat hul Junie-vakansie opgeoffer het om hul provin-sie, streek en skool te gaan verteenwoordig in hul onderskeie toernooie. Nege dogters in totaal het deelgeneem. Vier dogters nl. Jade Visagie *o/14+, Jana Taylor *o/15+, M’Cailen Lombaard *o/17+ en Gabby Bennet *o/18+ het aan die All Ages Tournament in Boksburg deelgeneem.

Die o/14’s het n vierde plek behaal waarby Jade as onderkaptein gekies is. Die o/15’s en o/17’s het albei ‘n vyfde plek behaal. M’Cailen Lombaard was die onderkaptein van haar span en is ook gekies om aan die o/17 SA-netbalproewe deel te neem.

Vier dogters is opgeneem in die Kaapse Wynland span te wete Danelle Viljoen *o/15+ , Ferrenay John *o/16+, Chané Adonis *o/17+ en Shanidine Bezuidenhout *o/17+. Skitterende prestasies is hier behaal waarby al vier van hulle, insluitend hul spanmaats, medaljes verower het.

Die o/15’s asook o/16’s het ‘n derde plek behaal en met ‘n brons medalje teruggekeer. Die o/17’s het die kersie op die koek gesit en met ‘n goue medalje huiswaarts gekeer. Shanidine is ook as kaptein van hierdie span gekroon.

Netbal vir sussies? Nog nooit!

-Shanidine Bezuidenhout

Gabi Bennet

Jade Visagie, M’Cailen Lombaard, Jana Taylor

Bo:Afton Pieterse

V.l.n.r. Shanidine Bezuidenhout, Chané Adonis, Ferrenay John en Danelle Viljoen.

Page 15: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Beste ter wêreld! Die afgelope 11 dae het ons toutrekkers aan die toutrek Wêreldkampioenskap in Ierland gaan deelneem. Hulle het op 2 September na Ierland, vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe, vertrek.

Ons dogters het aan die kampioenskap deelgeneem en deurgedring na die finaal en deelgeneem as Proteas. Hulle het in die eindstryd teen Chinese Taipei te staan gekom. Na ‘n groot stryd het hulle die goue medalje verower. Dus staan hulle nou as Wêreldkampioene bekend. Die Drostdy-leerders, ouers en onderwysers bars van trots. Ons skool huisves die Toutrek Wêreldkampioene.

Die gemengde 520-kg span het ook so gemaak en met die goue medalje huiswaarts gekeer. Baie geluk

aan elke trekker en afrigter wat hierdie fantastiese uitslae kon behaal.

Page 16: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

LANDLOOP SEËN Watter seën ervaar Drostdy nie! Ons is divers en ons leerders trek soveel voordeel hieruit. Een van dié geleenthede is landlope. Hierdie was nog „n landloopseisoen met baie hoogtepunte. Die getal leerders wat aan hierdie wintersport deelneem groei en die sport is gesond en immergroen by Drostdy. Die prestasies lewer „n baie duidelike getuigskrif hiervan. Deur die seisoen is daar aan 6 “trails” oor 3 maande deelgeneem waar die atlete onder baie strawwe kompetisie getoets is. Hierna het atlete aan die Bolandkampioenskap gaan deelneem, gevorder tot die WP-kampioenskap en selfs gekwalifiseer vir die Klub- en Skole SA‟s. Die Klub SA‟s het in Centurion plaasgevind en die Skole SA‟s te Witrivier vind vanaf 20-22 September plaas. Prestasies wat uitgelig word is soos volg: “Trail” 1 - 6 Chenique Sas 5 x 1ste Virgell-Lee Africa 4 x 1ste ; 1 x 2de Veronique Visagie 2 x 3de Cameron Mostert Nooit swakker as 5de Meriska Van Zyl 1 x 3de ; Nooi swakker as 7de Meagan Swanepoel 1 x 1ste ; Nooit swakker as 4de Tarien Swanevelder 1 x 3de Nell Singleton Nooit swakker as 8ste Christolique McNeil 2 x 1ste ; 2 x 3de Boland-kampioenskap Chenique Sas 1ste Virgell-Lee Africa 1ste Veronique Visagie 3de Cameron Mostert 5de Meriska Van Zyl 7de Meagan Swanepoel 3de Nell Singleton 7de Christolique McNeil 4de WP-Kampioenskap Chenique Sas 1ste Virgell-Lee Africa 2de Veronique Visagie Top 10 Meriska Van Zyl Top 10 Meagan Swanepoel 3de Nell Singleton Top 10 Christolique McNeil Top 15 Chenique Sas en Virgell-Lee Africa het aan die Klub SA‟s deelgeneem. Chenique behaal hier „n 3de plek. Hierdie twee leerders en ook Meagan Swanepoel gaan deelneem aan die Skole SA‟s. Baie dankie aan elke leerder wat deur die seisoen hard geoefen en baie tyd aan hierdie pragtige sport afgestaan het. Dankie aan ouers wat leerders oor groot afstande tot by byeenkomste neem. Ook „n spesiale dankie aan mnr. Norman Ontong vir sy tyd, geduld en groot liefde m.b.t. afrigting. Ek is trots op elkeen van julle. Ons gaan volgende jaar selfs nog beter prestasies oplewer. Henrico Hunter

Bo: Chenique Sas oor die wenstreep vir ’n derde plek by SA’s

Page 17: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Stoei “In other sports your body is a tool, but in wrestling your body is a weapon!”, het een van die wêreld se beste stoeiers een keer gesê. Ons stoeiers moes hul liggame kondisioneer om te kwalifiseer vir die Jeugkampioenskap. Baie geluk aan die leerders wat gekwalifiseer het om die 27 en 28ste in Pretoria te gaan deelneem.

Joshua Erasmus John Laubscher Pretorius Corné Telleman Philip Snyman Francois du Toit Gerhard Marais Carl du Preez Ockert Roos

Hierdie manne sal eers aan „n oefenkamp gaan deelneem en daarna sal mnre. Kurt Herzog en

Hancu Strydom hulle vergesel om die medaljes te gaan jag.

Donkies maak regte skuiwe

"When you see a good move, look for a better one." – Emanuel Lasker

Drostdy se skaakspan speel hierdie kwartaal in die liga en verloor slegs een wedstryd. Hulle kom ook derde by die Top Schools. Die skool wens die volgende kinders geluk wat in die Wes-Kaapspan opgeneem is: JJ Augustyn, Herman Roux en Carla Relling.

JJ Augustyn, Juanito le Fleur, Carla Relling en Ethan Baron is ook opgeneem in die Bolanspan.

Oefentye vir skaak is op Woensdae om half vier en die span word afgerig deur Albrecht van Zyl, 'n SA-skaakspeler.

Van links: Juf. Krouwkam, Stean Engelbrecht, Willem Smit, JJ Augustyn (kaptein), Juanito le Fleur, Ethan Baron en Jeshu-

Page 18: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

S kyfskiet

HTS Drostdy se skuts het hierdie jaar gegroei tot 15 skuts wat feitlik almal aan die 7 kompetisies gedurende die jaar deelgeneem het.

Kompetisie 4 het op die 4de Junie 2019 by HTS Drostdy plaasgevind. Dit is die Posliga-kompetisie en die leerders word met hierdie kompetisie ook teen leerders regoor Suid-Afrika gemeet.

Net lê O/14: Francois Brink — Goue medalje Celmari Stofberg — Brons medalje Sporter O/16 Jandré Geldenhuys — Silwer medalje Theunis Jordaan — Brons medalje Sporter O/21 Chris-Mari Snyman — Sporter 10M – Brons medalje

Kompetisie 6 en 7 het op 16 en 17 Augustus by Belhar

plaasgevind.

Net lê O/14: Francois Brink Kompetisie 7 – Silwer medalje Celmari Stofberg Kompetisie 6 – Brons medalje Net lê O/16 Jùan Rossouw Kompetisie 6 – Brons medalje Kompetisie 7 – Brons medalje Hannes Schreuder Kompetisie 6 – Brons medalje Kompetisie 7 – Brons medalje Cormari Brink Kompetisie 6 – Goue medalje Kompetisie 7 – Goue medalje Sporter O/16 Jandré Geldenhuys Kompetisie 6 – Sporter – Brons medalje Kompetisie 7 – Sporter – Silwer medalje Theunis Jordaan Kompetisie 6 – Sporter – Goue medalje Kompetisie 7 – Sporter 3P – Brons medalje Kompetisie 7 – Sporter 10M – Silwer medalje Kompetisie 7 – Sporter – Goue medalje Kompetisie 7 – Algehele wenner – Silwer medalje Sporter O/21 Chris-Mari Snyman Kompetisie 6 – Sporter – Brons medalje Kompetisie 6 – Sporter 10M – Brons medalje Kompetisie 6 – Sporter 3P – Brons medalje Kompetisie 6 – Algehele wenner – Brons medalje

Kompetisie 7 – Sporter – Silwer medalje Kompetisie 7 – Sporter 3P – Silwer medalje Kompetisie 7 – Algehele wenner – Brons medalje

Page 19: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Op 14 September het Drostdy die WKSSV (Wes-Kaap Skoleskietvereniging) se baadjie-seremonie aangebied. Ons leerders het ongelooflik goed gedoen.

3 van ons leerders, Theunis Jordaan, Jandré Geldenhuys en Cormari Brink, het 'n jaar lid-maatskap by SA-Jagtersvereniging gekry vir hulle prestasies gedurende die jaar. Wes-Kaap – Posliga Medaljewenners Individueel – Net Lê O/14 – Goud – Francois Brink Individueel – Net Lê O/14 – Brons -Celmari Stofberg

Persoonlike Beste Verbetering Per Wedstryd Komp 3 – Celmari Stofberg

5 beste tellings uit 7 kompetisies: O/21 Liga kampioenskap Tweede: Chris-Mari Snyman O/16 Liga kampioenskap Eerste: Theunis Jordaan O/16 Liga kampioenskap Derde: Jandré Geldenhuys O/16 Net lê Liga kampioenskap Eerste: Cormari Brink O/16 Net lê Liga kampioenskap Tweede: Jùan Rossouw O/14 Net lê Liga kampioenskap Derde: Francois Brink

Beste Vordering - Eerste Jaar Sporter - Eerste - Jaden Connoway Beste Vordering - Eerste Jaar Sporter - Tweede - Jandré Geldenhuys Groot Kampioen Net Lê - Tweede - Cormari Brink Groot Kampioen Sporter 3 P - Tweede - Chris-Mari Snyman Groot Kampioen Sporter 3 P - Derde - Theunis Jordaan Groot Kampioen Sporter 10 M - Derde - Theunis Jordaan

Foto verskaf deur Abri Bothma Fotografie: v.l.n.r.: Kallie Alberts (WKSSV-Spanbestuurder en Sporter Geweer Afrigter), Chris-Mari Snyman, Theunis Jordaan, Jandré Geldenhuys.

Page 20: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Graad 9’s moet kies

Hierdie jaar was daar weereens ‘n oueraand vir al die

graad neges. Die leerders het saam met hul ouers

terugvoering gekry oor die uitslae van die aanlegtoetse

wat geskryf is. Die aand was ‘n groot geleentheid om vir

me. Tamari Brand enige vrae te vra. Daar was eers ‘n in-

ligtingsessie oor watter navorsing gedoen moet word voor

jy vakke kies, asook watter goeie vakkombinasies daar is

om te neem. Die vakhoofde van sekere vakke het elkeen ‘n

kans gehad om te verduidelik waaroor hul vak gaan. Die

groot pret van die aand was toe die hoof van die

dramatiese kunste, by die Hugo Naude kunssentrum,

‘n toespraak gelewer het oor wat dit verg om enige

werk te doen…(99% “acting” en 1% kennis.) Dit was

uiters humoristies en al die leerders, sowel as die

ouers, het geskaterlag. Na die inligtingsessie kon die

leerders en ouers privaat met onderwysers en Mev.

Tamari Brand gaan gesels oor vakkwessies. Die aand was ‘n GROOT sukses en ons glo en vertrou dat al

die leerders en ouers nou ‘n goeie begrip het van vakke en hul vereistes.

Loopbaanuitstalling

Almal weet dat dit een groot gesukkel is om die regte vakke te kies - want dit sal jou hele lewe bepaal.

Die woorde klink so verdoemend, maar ons hoor dit by ouers en onderwysers en eintlik is ons nog te on-

volwasse om sulke groot besluite te neem.

Op inisiatief van me. Annamarie Underhay het Drostdy op 19-21 September ‘n loopbaanuitstalling in ons

saal om die grootste vrae en vrese te besweer. Daar was stalletjies van verskeie maatskappye en leer-

ders is die kans gegee om deur te stap en hul kwellings met die kenners te bespreek. Jy kon selfs ‘n

belangstellingsvraelys by die een stalletjie aflê.

Page 21: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Drostdy verhoog Varia

Drostdy se kultuuraand, Drostdy Verhoog Varia, was beslis ‘n aand om te onthou.

Drostdy het tydens hierdie geleentheid wat 14 en 15 Augustus gehou is, behoorlik ons kultuurleerders ‘n kans gegee om hulle talente uit te leef.

Die aand het afgeskop met ds. Stefaans Burden en ons eie talentvolle Philip Alberts wat ‘n pragtige geestelike lied gesing het. Die Koperblaasorkes het ‘n uittreksel uit hulle Winterkonsert gedoen en vir almal hoendervleis gegee met hulle uitstekende optrede. Die skoolkoor, wat hierdie jaar fenominaal tydens kompetisies en die Eisteddfod gevaar het, het asemrowend gesing.

Die vermaaklike Zak van der Merwe het die gehoor laat skater met die voordrag van sy monoloog, Stasie.

Die toneel, Liefde 2040, het al die mense op hulle tone gehad en almal het dit geniet om te kyk wat sal gebeur as die wêreld vergaan en daar net 5 vrouens oorbly. Drostdy Verhoog Varia was waarlik ‘n belewenis.

Revue 2020

Drostdy, maak jou reg vir Revue 2020, want ons gaan nie net die “talk of the town” wees nie ons gaan

die “talk of the country” wees. Dink net daaraan, meer kinders as ooit tevore gaan deelneem, meer

liggies, meer liedjies, meer danse en nog meer heerlike belewenisse. Praat solank met ma en pa en sê

vir hulle jy wil deel wees van hierdie produksie, want hierdie is die een geleentheid waarop jy nie wil

uitmis nie. Daar is selfs sprake dat Suid-Afrika se eerste Idols-wenner, Heinz Winckler, ons gaan bystaan

deur hierdie proses.

Donkies red lewens! Was ‘n Donkie al ooit bang vir bloed? Wat nog te sê van bloedskenk? Lees verder om die antwoord te vind…

Hierdie was nog een definitiewe jaar waar Donkiebloed orals gevloei het. ‘n Groot hoeveelheid merkwaardige helde en heldinne het bloed geskenk om ander se le-wens te red. Net soos enige ander sportkompetisie het hierdie bloeiende Donkies ook aan ‘n stewige bloedskenkkompetisie teen Worcester Gim deelgeneem. 115 vol eenhede bloed is geskenk uit ‘n totaal van 135 leerders en onderwysers. Met trotse bloeiende harte sê ons baie dankie aan die 178 leerders wat in die derde kwartaal bloed geskenk het.

Page 22: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Longe van staal Nes enige atleet het Drostdy se musiekleerders ook longe van staal en het hul dit die kwartaal weer bewys. Die 13de en 14de Julie 2019 het die orkes na Swellendam getoer. Die optrede by Laerskool Swellendam het gesorg vir baie vermaak en hul musiekleerders het ook „n kans gekry om op die verhoog te verskyn. Volgende op die orkes se besige program was die Tygerberg Ei-steddfod wat op die 24ste Julie plaasgevind het en die orkes behaal „n pragtige prestasie van 88%. Die 30ste Julie 2019 is die Worcester Eisteddfod in Robertson gehou en het die orkes „n volle 90% behaal. Hulle is ook aangewys as die beste orkes van die aand. Volgende was die in-dividuele Worcester Eisteddfod wat op 30 Julie 2019 te Robertson gehou is. Daar is altesaam 42 stukke gespeel waarvan 38 goud (80% en hoër) en 4 silwer (75-79%) toekennings behaal is. Die uitslae van die Unisa musiekeksamens wat in Mei gespeel is, is ook ontvang:

Unisa graadeksamens:

Merize Burger (perkussie) – 90% (ererol) Christi Smuts (trompet) – 88% Emma Burger (perkussie) – 87% Petri Taljaard (eufonium) – 80%

VVA – eksamens:

Frans Burger (trompet) – A+ (85 – 89%) Heino Erasmus (perkussie) – A+ (85-89%) Merize Burger (tuba) – A (80-84%) Migal Cronje (eufonium) – A (80-84%) Bianka Gerstner (eufonium) – A (80-84%) Leandré Schutte (perkussie) – A (80-84%) Jean Mouton (perkussie) – A (80-84%)

Die koor het ook deelgeneem aan die Worcester Eisteddfod en het „n pragtige punt van 88% bereik. Die hoogtepunt van die kwartaal was die Winterkonsert wat op 17 Augustus by Mountain Mill Mall gehou is. Hierdie jaar het ons twee gaskunstenaars van die Universiteit van Stellen-bosch gehad. Josi Mclure en Cailin Rabie studeer beide musiek en bespeel die Saksofoon. Hulle het die gehoor vermaak met hul pragtige spel. Die koor het ook opgetree as gaskun-

stenaars en het gewys waarom hulle 88% by die Eisteddfod ontvang het. Die orkes was weereens „n treffer en het die gehoor vermaak met musiek van die klassieke Battle Hymn of the Republic tot die Abba treffer, I have a dream. Die orkes bereik elke jaar hoër hoogtes en ons kan nie wag om te sien wat hulle volgende jaar bereik nie.

Page 23: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Die jaarlikse koshuisdinees

Deur Monitia Willemse

What happens in Vegas stays in vegas...

Bergsig het op 22 Augustus 2019 hulle tweede jaarlikse koshuisdinee aangebied. Die aand het om 18:20 afgeskop met ‘n foto-sessie voor die koshuis. Die jong dames het eers om 18:30 die eetsaal betree, wat glad nie meer soos een gelyk het nie. Die tema hierdie jaar was ‘Las Vegas’. Dit het soos n werklike ervaring gevoel om in een van Las Vegas se luukse Casino’s te wees, met die stringe hangende liggies, die ‘Poker’ kaarte wat wat aan die massiewe eetsaalspieëls vasgemaak was en die draaiende Disco-bal. Die spesiale gas van die aand was Carla Brink, die primaria van Bergsig in 2017. Die kos is bedien deur die vrywillige graad 11 seuns. Na al die hartseer toesprake van die uittredende Huiskomitee en bedankings aan die kombuispersoneel het die jaarlikse trofeeoorhandigings plaasgevind. Die volgende dogters het toekennings ontvang:

Under the sea...

Stalhuis se jaarlikse koshuisdinee het ook op 22 Augustus 2019 plaasgevind. Die tema hierdie jaar was ‘Under the sea’. Die jong mans van Stalhuis was baie stylvol aangetrek. Stalshuis se studiesaal was ongelooflik mooi met die blou, onderwater dekor. Die aand het afgeskop met die bediening van die voor-gereg, hoofgereg en nagereg. Voor die nagereg bedien is, is die jaarlikse toekennings oorhandig aan:

Benicio Kamfer: Mees toegewyde leier

Sportman van die jaar: Johan van Zyl

Superintendentstoekenning: Joshua Coetzee

Shanindine Bezuidenhout (links) het die toekenning ontvang wat bekend staan as ‘Laborjosum’. Dit word toegeken aan die koshuis meisie wat in alle skool – en koshuisaktiwiteite deel neem asook presteer in akademie.

Louw-Mari Stofberg (regs) het die toekenning ontvang vir ‘Advenda’. Hierdie toekenning word gegee aan die graad 8 wat die vriendelikste; hard-werkendste en gehoorsaamste is asook respekvol teenoor ander optree.

Cara Burger (links) het die toekening ‘Barones’ ontvang. Hierdie toekenning word aan die vriendelikste meisie in die koshuis gegee.

Anso Muller, Primaria van Bergsig 2019, het die superintendent-toekenning ontvang. Hierdie toeken-ning is die belangrikste van die aand. Die toekenning gaan aan die meisie wat Bergsig in ‘n goeie manier verander het, die meeste moeite met alle koshuis-aktiwiteite ingesit het en altyd in Bergsig se meisies geglo het.

Page 24: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Klaasie…

Noordsig se jaarlikse koshuisdinee het op 26 Augustus 2019 plaasgevind. Die seuns was netjies

geklee in semi-formele drag. Noordsig se eetsaal was vol brandende kerse as „n simbool van al

die ligte in hul lewe. Die uittredende Huiskomitee het „n trekker aan die nuwe Huiskomitee 2020

gegee as „n tradisie van „n dieper betekenis vir Noordsig se seuns. Na al die toesprake gelewer is,

is die toekennings aan die volgende seuns oorhandig:

Frans Burger: Jan Braai

Kian De Kock: Navigator

WINTERBAL

Vanaf die bestaan van die Winterbal was dit nog altyd iets vir die graad10's tot 12's om na uit te

sien.

Hierdie jaar het Anje Ungerer en Jana Jourdan almal se monde laat oophang. Die Winterbal was

'n reusesukses. Hierdie jaar was die tema Mamma Mia. Die saal was baie mooi versier en almal

het welkom gevoel toe hulle op die rooi tapyt ingestap het. Ons kon sien Anje en Jana het baie

hard gewerk om hierdie aand vir elke graad 10 tot 12 baie spesiaal te maak.

Die kos was uit die boonste gehalte en die dames en menere het spoggerig gelyk in hulle semi-

formele aanddrag.

Ons is opgewonde vir die volgende Winterbal, die standaarde is beslis gelig.

Page 25: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Jag 2019

Die 2019 jagekskursie van die Avontuurklub was ‘n

dawerende sukses. Al die jagters was oppit en die bokke

het een na die ander geval. Ons het ‘n uiteenlopende

groep mense gehad en almal het dit terdeë geniet. Ons

het ‘n pa en sy seun saamgeneem, ‘n pa en sy dogter en

nog ‘n klomp eerstebok - jagters.

Die eerste Maandag van die vakansie het ons in die pad

geval en op Leeu-Gamka het ons gestop vir heeeeeerlike

padkos wat deur tannie Christine en oom Carlo May se

vrou gemaak is - alles van gebakte brood, pizza tot frikadelletjies en koffie. Ons het teen Maandagmiddag

op Victoria-wes gestop en kort daarna het die manne bietjie gaan skiet om die ergste vreemdheid met

die gewere te oorkom.

Op die eerste jagdag het ons gesukkel om iets onder skoot

te kry, maar teen die einde van die tweede dag was amper

almal suksesvol. Michelle Isaacs het uiteindelik agtergebly

om weer te probeer. Haar bynaam was later Mis-chelle.

Maar ook sy het uiteindelik langs haar bok gepryk.

Almal het ook kleiduif geskiet. Dis ‘n belewenis wat deur

oom Anton Roos vir ons moontlik gemaak is deur ‘n boks

kleie te skenk.

Almal het hul eie vleis bewerk en drie weke later het elke jagter sy droëwors en biltong gekry - baie trots.

Die jagters hierdie jaar was: Chris Myburgh (1 springbok), TC Kuhn (1 springbok), Michelle Isaacs (1

springbok) Henco van den Berg (2 springbokke) Christiaan du Plessis (11 springbokke en 1 gemsbok),

Barend en Corné Havenga (2 springbokke), Carlo en Francois May (3 springbokke) mnr. Rico Hunter (2

springbokke en ‘n swartwildebees) en

Juan Cornelissen.

Ons gasheer, Jaco Olivier en sy vrou

Charlene, gee soveel karakter aan

hierdie jagtrippie - baie dankie.

Volgende jaar wil ons graag ‘n

pa-en-seun jag doen. Mense wat

belangstel kan vir mnr. Oupie du Plessis

by die skool skakel.

Christiaan met sy pragtige eenhoringgemsbok

Regs: Na so ’n jag lag almal breed.

Page 26: Die AAMBEELD - | HTS Drostdyhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2019/09/2019...Die jaguitstappie het op die 23-25 Augustus 2019 plaasgevind in Prince Albert- Abrahmskraal waar die

Graad 10-kamp Laat jou Fakkel brand

Daar was 115 graad 10’s wat vanjaar se graad 10- kamp bygewoon het. Jy moet eers aan die brand wees voordat jy iemand anders kan laat brand. Dit was die tema. Daar is gefokus op leierskap en lewensvaardighede. Die doel van die kamp was om die graad bymekaar te bring en te versterk. Hulle het ook ‘n gemeenskapsprojek gehad. Hemelbesem, Hooflig, Oxygen en Jou ma het kom optree as rappers. Almal het ook deelgeneem aan spanbouaktiwiteite wat onder andere die brandweerwasleep-kompetisie, waar 7 NGO ‘s betrokke was, ingesluit het. Die geld wat hulle by APL gewen het, is geskenk aan ‘n sopkombuis vir die aankoop van ‘n nuwe stoof. Tannie Jessica van Salon Belewenis het kom gesels oor hoe mens opstaan in moeilike omstandighede of as jy geval het. Oom Kosie Koopman, ‘n oom van 73, het kom gesels en gesê dat jy geen verskonings het vir jou lewe nie.

Die kamp was ‘n groot sukses en baie van die graad tiens se Fakkels is aan die brand gesteek. Ons sien uit na die toekomstige leiers van die skool.

Minette Visagie

Die ooievaar

kom kuier

Ons sê baie geluk aan Mnr. De Villiers en sy

vrou wat op die 31ste Julie ‘n pragtige ba-

badogtertjie ryker geword het. Behalwe vir die

slapelose nagte glo ons dat Jaan-Mari vir julle

baie vreugde sal bring.