die menslike skelet (insluitende siektes van die skelet) · die menslike skelet is goed ontwerp...

38
Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) 10.2.7

Upload: others

Post on 24-Jul-2020

13 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

DIE MENSLIKE SKELET(INSLUITENDE SIEKTES VAN

DIE SKELET)

10.2.7

Page 2: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

STRUKTUUR VAN DIE MENSLIKE SKELET

Die woord “skelet” kom van die Griekse word wat “opgedroogde liggaambeteken.

Die menslike skelet is goed ontwerp – sterk en lig.

Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging.

Al die beendere van die skelet kan in twee hoofafdelings ingedeel word, nl. die asskelet (aksiale skelet) en die aanhangskelet (appendikulêre skelet).

Die asskelet bestaan uit die skedel, die werwelkolom, die ribbes en die borsbeen(sternum).

Die aanhangskelet bestaan uit die skouergordel met die boonste ledemate en die bekkengordel met die onderste ledemate.

Page 3: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

kranium

mandibula

sternum

ribbe

ilium

sakrum

pubis

tarsale

metatarsale

falankse

karpale

metakarpale

falankse

klavikula(sleutelbeen)

skapula

humerus

radius

ulna

femur

patella

tibia

fibula

isgium

Die menslike skelet

Page 4: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

DIE KLASSIFIKASIE VAN BENE

Langbene

‘n Langbeen bestaan uit ‘n silindervormige deel, die skag (diafise), en twee verdikte ente (epifise). Die skag is opgebou uit stewige kompakte been wat ‘n holte, die murgholte omsluit.

Die verdikte ente (epifise) bestaan uit sponsbeen wat met ‘n dun lagie kompaktebeen bedek is. ‘n Lagie hialienkraakbeen bedek elke epifise.

Langbene word in die ledemate aangetref, bv. die dybeen (femur), skeenbeen(tibia) ens.

Kortbene

Kortbene besit nie ‘n skag nie en dus ook nie ‘n murgholte nie. Hulle bestaangeheel en al uit sponsbeen wat met ‘n lagie kompakte been bedek is.

Page 5: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

hialienkraakbeen

epifiseale lyn(groeilyn)

sponsbeen (bevatrooi beenmurg)

endosteum

kompakte been

murgholte

arterie en vene

geel beenmurg

periosteum

proksi-male

epifise

diafise

distaleepifise

Diagram van ‘n langbeen

Page 6: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

DIE KLASSIFIKASIE VAN BENE

Platbene

Platbene bestaan uit twee lagies kompakte been met ‘n lagie sponsbeendaartussen. Hulle word veral gevind waar ‘n groot mate van beskerming nodig is bv. die beendere van die breinkas.

Onreëlmatige bene

Soos die naam aandui, het hierdie soort beendere nie ‘n bepaalde vorm nie. Hullebestaan uit sponsbeen wat met kompakte been oortrek is. Werwels en gehoorbeentjies is voorbeelde van onreëlmatige bene.

Page 7: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Klassifikasie van bene

platbene bv. sternum

langbene bv. humerus

onreëlmatige bene bv. werwels

kortbene bv. talus in die enkel

Page 8: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

HOOFFUNKSIES VAN DIE DELE VAN DIE ENDOSKELET: DIE ASSKELET (AKSIALE SKELET)

Die asskelet is op die lang as van die liggaam geleë, vandaar die naam.

Die skedel Die skedel omsluit en beskerm die brein en sintuigorgane, nl. die oë, die ore, die neus en

die tong.

Dit bevat 28 bene wat die kranium en gesigsbene vorm. Dit sluit die gehoorbeentjies in. Die bene word deur beennate aanmekaar geheg. Beennate is onbeweeglike gewrigte. Die onderkaak is die enigste beweegbare been van die skedel.

Die groot opening aan die basis van die skedel is die foramen magnum. Dit is die opening waardeur die rugmurg die skedel binnedring.

Page 9: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Die skedel pariëtalebeen

oksipitalebeentemporale

beenstiloïed-proses

mastoïed-proses

frontalebeen

nasalebeen

naat

wangbeen

maksilla

mandibula

Page 10: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

HOOFFUNKSIES VAN DIE DELE VAN DIE ENDOSKELET: DIE ASSKELET (AKSIALE SKELET)

Die werwelkolom Dit is die sentrale as waaraan al die ander dele van die endoskelet geheg is. Dit omsluit en

beskerm die rugmurg en hou die liggaam regop.

Dit is ‘n buigsame beenkolom wat bestaan uit verskeie ongelyke, onreëlmatige bene watwerwels (vertebrate) genoem word.

Die werwelkolom bestaan uit 33 werwels. Slegs 24 hiervan is afsonderlike bene. Die ander 9 werwels smelt saam om die sacrum (kruisbeen) te vorm.

Daar is kussings van kraakbeen tussen die werwels. Die S-vorm van die werwelkolom en die skywe voorkom dat skokgolwe na die brein gaan wanneer daar geloop of gehardloop word. Dit absorbeer die skok en voorkom dat dit met die werwelkolom op beweeg.

Die eerste twee nekwerwels is die atlas (‘n drawerwel) en die aksis (‘n draaiwerwel).

Die atlas en die aksis verskil van die ander nekwerwels. Die atlas dra die gewig van die skedelen stel mens in staat om jou kop te knik. Die aksis vorm ‘n gewrig met die atlas wat mens in staat stel om jou kop heen en weer te draai.

Daar is ‘n opening in elke werwel. Al die openinge van al die werwels opmekaar vorm die neuraalkanaal waardeur die rugmurg gaan.

Page 11: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Die werwelkolom nekwerwels(servikale werwels)

borswerwels(torakale werwels)

lendewerwels(lumbale werwels)

sakrum en koksiks

Page 12: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

spineuse proses boonste

artikulêregewrigsvlakdwarsproses

gewrigsvlakvir

tuberkulumvan rib

gewrigsvlakvir kop van

rib

neural-kanaal

korpus(liggaam)

gewrigsvlakvir kop van

rib

boonstevertebrale

kerf

boonste artikulêregewrigsvlak

pedikel

gewrigsvlak virtuberkulum

van rib

spineuse proses

onderstegewrigsvlak

van rib

onderstevertebrale

kerf

onderste artikulêregewrigsvlak

Bou van ‘n borswerwel

Page 13: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

HOOFFUNKSIES VAN DIE DELE VAN DIE ENDOSKELET: DIE ASSKELET (AKSIALE SKELET)

Pas jou ruggraat op Dit is belangrik om jou ruggraat op te pas. Moenie vir lang tydperke net sit nie – staan

kort-kort op en beweeg ‘n bietjie rond. Gebruik jou beenspiere, nie jou rug nie, om swaar voorwerpe op te tel.

Ruggraatbesering Daar word geskat dat 400 tot 500 Suid-Afrikaners jaarliks ruggraatbeserings opdoen.

Die meeste mense wat sulke beserings opdoen is tussen 15 en 29 jaar oud. ‘n Ruggraatbesering verkort nie noodwendig ‘n persoon se lewensverwagting nie. Dit beteken dat mense met ‘n ruggraatbesering oud word ten spyte van baie pyn en/of liggaamsgebrek.

Verskuifde invertebrale skyf

Elke invertebrale skyf bestaan uit ‘n sterk buitelaag wat ‘n jellie-agtige stof aan die binnekantomring. ‘n Ruggraatbesering of selfs normale daaglikse beweging kan veroorsaak dat die sterkbuitelaag breek en die jellie-agtige stof laat uitbult.

Page 14: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

HOOFFUNKSIES VAN DIE DELE VAN DIE ENDOSKELET: DIE ASSKELET (AKSIALE SKELET)

Ruggrratbesering Verlamming

Die rugmurg bestaan uit senuweefsel wat die brein met die res van die liggaam verbind. As die rugwerwels tydens ‘n besering vergruis word, word die rugmurg gewoonlik ook beskadig. Senuweefsel kan nie regenereer nie (self herstel soos ander weefsel nie). Die beseerde persoonverloor dan beheer oor hul spiere en ander organe.

Abnormaliteite van die ruggraat se kurwe Skoliose – sywaartse ruggraatkromming

Kifose – boggelrug

Lordose - holrugkromming

Page 15: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Abnormale ruggraatkurwes

Kifose Lordose Skoliose

Page 16: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

HOOFFUNKSIES VAN DIE DELE VAN DIE ENDOSKELET: DIE ASSKELET (AKSIALE SKELET)

Die toraks of borskas (ribbes en borsbeen) Die ribbes en borsbeen, saam met die borswerwels waaraan die ribbes geheg is, vorm ‘n

stewige mandjievormige struktuur wat die hart en longe omsluit en beskerm.

Die toraks bestaan uit die sternum (borsbeen), ribbes en borswerwels.

Die toraks beskerm die hart, longe en die groot bloedvate in die borsholte teen beserings.

Twaalf paar ribbes vorm die wande van die borskas. Die eerste sewe pare, of ware ribbes, is direk met kraakbeen aan die sternum geheg. Die volgende vyf pare (valsribbes), is óf direk aan die sternum geheg óf glad nie vasgeheg nie. Die laaste twee pare vals ribbes is die swewende ribbes. Hulle is nie aan die sternum vas nie.

Page 17: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Die toraks jugulêre keep

klavikulêrekeep

manubrium

sternalehoek

liggaam

swaardvormige proses

tussenribspasie

ribkraakbeen

nekwerwels

ware ribbes(1 – 7)

valsribbes

(8 – 10)

vals ribbes(11 – 12)

(swewenderibbes)

Page 18: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

spineuse proses (neuraalspina)

artikulêregewrigsvlak virtuberkulum van

rib

nie-artikulêre deel van ribuitsteeksel(tuberkulum)

artikulêre deel van ribuitsteeksel

nek van rib

onderste gewrigsvlakvan rib

gewrigsvlak vir kop van rib

kop van rib

dwarsproses

artikulêre gewrigsvlak virribuitsteeksel

gewrigsvlakvir kop van rib

korpus(liggaam)

Vashegting van rib aan borswerwel

Page 19: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

HOOFFUNKSIES VAN DIE DELE VAN DIE ENDOSKELET: DIE AANHANGSKELET (APPENDIKULÊRE SKELET)

Die bekken- en skouergordel verbind die bene en arms aan die res van die skelet. Hierdie gordels is ook belangrik vir spieraanhegting en beweging,

In die volgende skyfiereeks sal ons in meer detail na gewrigte en beweging kyk.

Page 20: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

BESERINGS VAN DIE SKELET

Ontwrigtings (“dislocation”)

‘n Gewrig word ontwrig wanneer die bene van die gewrig uit hul posisie beweeg. Dit word dikwels deur skielike impak op die gewrig veroorsaak en ligament word altyd beskadig.

Die skouers, vingers, polse en knieë word dikwels ontwrig.

‘n Gewrig kan selfs weer na sy regte posisie terugkeer, of ‘n dokter sal dit weer in plekmoet druk.

As ‘n ontwrigting nie dadelik behandel word nie, kan die bloedsomloop, ligament, been en gewrigstrukture beskadig word.

Sodra die gewrig weer in posisie is, kan ‘n spalk (vir reguit gewrigte soos vingers en tone) of ‘n verband (vir komplekse gewrigte soos skouers) gebruik word om dit in posisie te hou.

Ernstige ontwrigtings moet geopereer word om te herstel.

Page 21: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

normalevinger

ontwrigde vinger

krom en geswel

Ontwrigting van die vinger

Ontwrigting van die voetbene

Page 22: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

BESERINGS VAN DIE SKELET

Verstuiting of verswikking (“sprain”)

As ‘n gewrig skielik na die kant toe beweeg word, kan dit verstuit word. Dit gebeurwanneer die ligament en sening oorstrek word.

‘n “Klapgeluid” mag gehoor word, gevolg deur pyn en swelling.

Jou liggaam beskerm die verstuite gewrig deur die swelling en pyn wat verhoeddat jy dit gebruik.

Page 23: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

normaal

enkel ligamente

Graad 1

Graad 2 Graad 3

Verstuiting van die enkel

Page 24: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

BESERINGS VAN DIE SKELET

Krampe

‘n Kramp is spasmodiese, pynlike, onwillekeurige sametrekking van skeletspiere. Hele spiere, of spiergroepe kan in ‘n spasma gaan.

Mense ervaar gewoonlik krampe in die laer ledemate. ‘n Kramp duur etlike minute of kan tot 10 minute of langer duur.

Senuwees wat nie reg funksioneer nie veroorsaak spierkrampe. Die oorsaak kanwees ‘n rugmurgbesering in die nek of rug. Ander oorsake kan ooreising of besering van spiere, dehidrasie, ‘n tekort aan sekere minerale, veral magnesium en kalsium in die dieet , of swak bloedsomloop in die spiere wees.

Strekking of versigtige massering van die spier kan verligting bring.

Page 25: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kramp in die kuitspiere

Page 26: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

BESERINGS VAN DIE SKELET

Frakture

Skielike harde kontak met ‘n voorwerp of oppervlak kan moontlik ‘n fraktuurveroorsaak. ‘n Fraktuur ontstaan wanneer ‘n been breek of kraak.

‘n Harde val, vinnig bewegende hokkiestok of sokkerstewel mag genoeg wees om ‘n fraktuur in ‘n been te veroorsaak.

Sommige sokkerspelers het al ‘n knieskyf gebreek deur die grond in plaas van die bal te skop. Die spier wat die been laat skop is geheg aan die knieskyf. Deur die grond te skop, hou die been op om te beweeg, maar die spier hou aan om te trek en dit veroorsaak dat daar ‘n fraktuur in die knieskyf of skeenbeen ontstaan.

Page 27: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Tipes beenfrakture

Dwars- Liniêre Skuins- Skuins- Spiraal- Groenhout- Verbrokkeldefraktuur fraktuur fraktuur fraktuur fraktuur fraktuur fraktuur

(nie-verplaas) (verplaas)

Frakture

Page 28: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

BESERINGS VAN DIE SKELET

Verrekking (”strain”)

Wanneer spierverrekking voorkom, vind spanning of uitermate strekking plaas wat veroorsaakdat spiere gedurende fisiese inspanning kramp of skeur.

Wanneer dit gebeur sal die beseerde persoon dit baie pynlik en moeilik vind om die beseerdearea te beweeg. Die pyn ontstaan a.g.v. aanhoudende sametrekking van die spiervesels sowelas die moontlike skeuring van die spiervesels.

‘n Dokter of fisioterapeut wat ‘n ondersoek doen, mag ‘n harde “knop” in die verrekte spiervoel.

Klein verrekkings in die spier, soos wanneer jy in die oggend wakker word met ‘n stywe nek, veroorsaak geen permanente skade nie. Meer ernstige spierverrekkings soos tweedegraadsespierverrekkings, veroorsaak geskeurde spiervesels en derdegraadse verrekkings veroorsaakdie algehele verbreking van spiervesels. Hierdie beserings veroorsaak diepgaande evaluering, behandeling en opvolging deur mediese praktisyns vir optimale herstel.

Spierverreking sonder dat ooglopende of ongewone fisiese inspanning plaasvind, kan ‘n besering a.g.v. werk wees, bv. as jy jou nek in ‘n abnormale posisie hou terwyl jy vir langperiodes by jou lessenaar sit sonder om ruspouses te neem.

‘n Swak postuur kan ook chroniese spierspanning veroorsaak in die nek-, rug-, en skouerareas, wat die moontlikheid van langtermyn struktuurskade aan sagte weefsel en gewrigte van die rugstring verhoog.

Page 29: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

verrekking

spier

tendon

Verrekking van spiere

Page 30: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

SIEKTES VAN DIE SKELET

Ragitis

Vitamiene is belangrike komponente van die dieet om die liggaam gesond te hou en normaal te laatfunksioneer. Jy het in kwartaal 1 geleer dat vitamiene D nodig is vir die ontwikkeling van gesonde bene en tande. Ons liggame vervaardig vitamiene D in die teenwoordigheid van sonlig.

Vitamien D is noodsaaklik vir die absorpsie van kalsium vir die behoorlike vorming van been.

Ragitis is die verswakking van die bene by kinders, en kan frakture en misvorming veroorsaak. Dit is eenvan die mees algemene kindersiektes in die ontwikkelende lande.

Ragitis kan voorkom word. Voldoende hoeveelheid ultravioleDie belangrikste oorsaak is ‘n tekort aanvitamien D, maar ‘n tekort aan kalsium kan ook ragitis veroorsaak. Die meeste gevalle kom voor by kinders wat aan ernstige wanvoeding ly, gewoonlik a.g.v. hongersnood in die vroeë kinderjare. Dit kanook by volwassenes voorkom, maar nie baie algemeen nie.

tstrale in sonlig elke dag en voldoende hoeveelhede kalsium en fosfor in die dieet kan ragitis verhoed.

Kinders met donker velle moet langer aan UV-strale blootgestel word.

Kinders met rooi hare produseer die meeste vitamien D wanneer hulle aan sonlig blootgestel word.

Ragitis kan genees word. Die behandeling vereis groter inname van kalsium, fosfate en vitamien D in die dieet. Blootstelling aan sonlig en die inneem van visolies soos lewertraan is goeie bronne van vitamien D.

Page 31: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Gevolge van ragitis

vertraagdegroei

misvormderuggraat

misvormderibbes

misvormdepelvis

wye knie-gewrigte

wye enkel-gewrigte

misvormdeskedel

“duif” bors

wye elmboog-gewrigte

wye pols-gewrigte

gebuigdebene

Ragitis

Page 32: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

SIEKTES VAN DIE SKELET

Artritis

Artritis is ‘n toestand wat die gewrigte aantas. Bakterieë gaan die sinoviale vloeistof binneen veroorsaak dat die gewrig ontsteek. “Arthro” beteken gewrig en “itis” betekenontsteking.

Osteoartritis word soms slytasie-artritis genoem. Die kraakbeen in ‘n gewrig verbrokkelnamate ‘n persoon ouer word. Die gewrigte wat die meeste aangetas word is die vingers, die servikale en lumbale hegtings van die ruggraat, en die knie- en heupgewrigte.

Rumatoïede artritis begin met ‘n ontsteking van die sinoviale membrane. Die ontstekingvernietig die kraakbeen van die gewrig. Later vorm littekenweefsel en die beenpuntesmelt saam. Dit lei dikwels tot misvormde gewrigte.

‘n Ernstige vorm van artritis tas jong mense onder die ouderdom van 16 jaar aan. Dit veroorsaak inflammasie wat pyn, styfheid en swelling by een of meer van die gewrigtebehels. Die inflammasie duur langer as ses weke en word nie deur ‘n besering of andersiekte veroorsaak nie.

Page 33: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

SIEKTES VAN DIE SKELET

Artritis (vervolg)

Met jeugartritis werk die liggaam se immuunstelsel nie meer behoorlik nie. Die immuunstelsel moet siektes en kieme beveg. By ‘n persoon met jeugartritis val die immuunstelsel egter gesonde weefsel in die gewrigte aan. Dit word ‘n outo-immuunsiektegenoem.

Hierdie vorm van artritis word rumatoïede artritis genoem. Die oorsaak daarvan is onbekend.

Daar is geen kuur vir jeugartritis nie, maar die meeste kinders wat daaraan ly, lei gewoonlik gesonde, aktiewe lewens. Kinders moet ‘n gereelde oefenprogram volg om die gewrigte buigsaam en die spiere sterk en gesond te hou. Sterk en gesonde spiere kangewrigte beter ondersteun en beskerm.

Middels, wat nie-steroïede, anti-inflammatoriese middels genoem word, word dikwelsgebruik om jeugartritis te behandel. Die middels verminder pyn, swelling en styfheid. Dit verhoed egter nie verdere skade nie. Dit neem ook ‘n tyd voordat die effek van die medikasie ervaar word, dus moet so ‘n pasiënt geduldig wees.

Page 34: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Normaal Rumatoïede artritis

Artritis

Page 35: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

SIEKTES VAN DIE SKELET

Spierdistrofie

Spierdistrofie is ‘n siekte wat skeletspiere vernietig. Bindweefsel verplaas die skeletspierweefsel. Dit veroorsaak dat gewrigte onbeweeglik word.

Spierdistrofie verwys na ‘n groep geneties oorerflike spiersiektes, wat progressieweverswakking en agteruitgang van skeletspiere wat beweging beheer, veroorsaak.

Die spiere teer uiteindelik weg namate die spierweefsel afsterf. Die mees algemene vormvan die siekte tas hoofsaaklik seuns aan en word deur hulle moeders oorgedra.

Party vorms van spierdistrofie word reeds by babas of kinders opgemerk, terwyl andereers in die middeljare of later voorkom. Party gevalle is matig en ontwikkel baie stadig oor‘n normale leeftyd. Ander kan ernstige spierswakheid, algemene verlies van beweging en die vermoë om te loop veroorsaak.

Party kinders met spierdistrofie sterf as babas terwyl ander volwassenes word wat net matig gestrem is.

Daar is tans geen spesifieke behandeling om enige vorm van spierdistrofie te stop of om te keer nie.

Page 36: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

normale biseps

atrofie van bisepsa.g.v. spierdistrofie

Spierdistrofie

Page 37: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

Kopiereg © EduTop (2014) Mag nie gekopieer of versprei word nie

SIEKTES VAN DIE SKELET

Osteoporose

Osteoporose is ‘n siekte wat die progressiewe verlies van die mineraalkomponentvan die been behels. Die bene verswak namate hulle dunner raak. Dit lei tot ‘n verlies van beenmassa, wat veroorsaak dat bene veral in die rugstring en die nekbros raak. Dit is ‘n algemene gevolg van veroudering, veral by vroue.

Faktore wat moontlik bydra tot osteoporose is ‘n tekort aan estrogeen (‘n hormoon waaraan ouer vroue ‘n tekort het), ‘n dieet wat te min kalsium en proteïene bevat, ‘n tekort aan vitamien D, die rook van sigarette en onvoldoendegewigdraende oefening om druk op die bene te plaas.

Page 38: DIE MENSLIKE SKELET (INSLUITENDE SIEKTES VAN DIE SKELET) · Die menslike skelet is goed ontwerp –sterk en lig. Dit is aangepas om die mens te beskerm en te help met beweging. Al

gesonde been osteoporosenormaal osteoporose

Osteoporose