die tuinier tydskrif februarie 2011

14
tuinier R22.95 ANDER LANDE R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 17 Januarie tot 14 Februarie 2011 SUID-AFRIKA die FEBRUARIE 2011 JOU GUNSTELING TUINMAAKTYDSKRIF Vir almal wat lief is vir tuinmaak ‘Rosige’ sypaadjietuine Fleurige frangipani’s Romantieser bome is daar nie! Plante vir kleigrond BLOMME VIR MIDSOMER Jy kan groente in skadu kweek Haemanthus: bobbejaanoor velskoenblaar DDS: Prakseer ’n houtswaai, plantrak en plaveisel

Upload: lonehill-trading

Post on 29-Mar-2016

292 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

The Gardener is in 2003 bekend gestel, vol vars en innoverende tuinmaakidees en inspirasie vir Suid-Afrikaanse tuiniers. Ons sê tuinmaak is pret, bekostigbaar en so maklik dat selfs die mees onervare tuinliefhebber die plesier en sukses van ‘n mooi tuin kan smaak! In elke uitgawe is praktiese projekte en stap-vir-stap-gidse om tuine en buiteleefstylareas op te kikker en ons lesers word voortdurend op hoogte gehou van die beste en nuutste produkte in die groenbedryf en hulle effektiewe gebruike. Marknavorsing het getoon dat ongeveer eenderde van ons lesers Afrikaanssprekend is en daarom het ons besluit om Die Tuinier in 2007 te begin.

TRANSCRIPT

Page 1: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

tuinier

R22.95ANDER LANDER20.13 Uitgslt. BTWOp die rak 17 Januarie tot 14 Februarie 2011

SUID-AFRIKA

die FEBRUARIE 2011

Jou gunsteling tuinmaaktydskRif

Vir almal wat lief is vir tuinmaak

‘Rosige’ sypaadjietuine

Fleurige frangipani’s Romantieser

bome is daar nie!

Plante vir kleigrond

BLOMME VIR MIDSOMER

Jy kan groente in skadu kweek

Haemanthus:bobbejaanoorvelskoenblaar

DDS: Prakseer’n houtswaai,plantrak enplaveisel

Page 2: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

Inhoud

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd

Redakteur Tanya Visser

Assistentredakteur Anna Celliers

Besturende Direkteur Kevin Beaumont

Besturende redakteur (Redaksionele navrae)Wendy Moulton 031 764 0593 [email protected]

Hoofvertaler Henriette Treurnicht

Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard

Teksredakteur (Engels)Desiree Collett van Rooyen

Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya CampherFotografie Geoff Redman,David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer AdvertensieJonathan Gouws 031 764 0593 [email protected]/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 [email protected]/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 [email protected]

SubskripsiesRNA 011 473 8700 [email protected] (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 [email protected] ArtikelskrywersAlice Spenser-Higgs, Angela Beckx, Anna Celliers, Di-Di Hoffman, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Graham Duncan, Gary English, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Wendy Moulton.

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: [email protected]

25 Tuinontwerp Die regte tuin vir

‘n waardige woning

29 Inheems - Haemanthus Bolle wat met goedaardige

verwaarlosing floreer

32 Fleurige frangipani’s Romantieser bome is daar nie!

37 Mooi op straat ‘Rosige’ sypaadjietuine

38 Kitskleur Blomme vir midsomer

50 Dagboek van ‘n Kaapse tuin Plante vir kleigrond

1 Welkom

6 Tuindagboek en streeksgids vir Februarie

13 Maantuinmaak en jou maankalender

12 Plantprofiel LIQUIDAMBAR styraciflua ‘Variegata’

15 In die tuin saam met Gerald

36 Rosesorg vir Februarie Voeding in Februarie, gee baie rose in Maart

40 Bonsai ‘n Kennis van plantname help ‘n bonsaikweker

42 Inheems met Jenny Dean Van radikale plan na sagte transformasie

44 Kweek kruie Spabad tuis met kruie en water

46 Kombuistuin Hoe om groente in skadu te kweek49 Tuinspeserye Die lourierboom se goeie gawes

AR

TIK

ELS

53 Koi en watertuinmaak

55 Jou Troeteldiere Brakke moet skool toe!

MAAKJOU LEEFPLEK MOOI59 DDS Swaaibank van hout

65 Glas in die tuin Deftige glasstort vir buite

67 DDS vir die pret ‘n Tas vir jou valentyn

68 DDS met sement Plaveiselblokke word ‘n plantplek

TUINMARK72 Nuus, produkte en pasellas

74 Steggiestukkies

75 Kleinadvertensies

80 Kruiwastorie Droogte en droogmaak werk saam

RONDRITS, KOMPETISIES EN PROMOSIES10 Groen afsprake en oop tuine

56 Teken in op Die Tuinier ‘n Goedkoper tydskrif

en aambeeldknippers van Löwe te wen

GER

EELD

E A

RTI

KEL

SFe

brUA

rIe

2011

Page 3: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

Welkom

Dis die maand van liefde – rooi rose, sjokolade en romantiese etes. As nie een van hulle jou beskore is nie, moet

asseblief nie depressief raak nie. Gaan liewer tuin toe en jy sal gou beter voel. Tuine is altyd goeie nuus en terwyl jy dalk nie in Februarie rooi rose in elke tuin sal vind nie, waarborg ek dat daar wel die een of ander blom sal wees om vir jouself te pluk of om vir jou geliefde te gee. Hoe bevredigend is dit nie om ‘n geskenk te gee wat jy gekweek en versorg het en wat steeds so vars is dat daar ‘n paar doudruppels op is. As jy meer inspirasie nodig het om tuisgekweekte romanse te skep, gaan reguit na Alice se artikel op bladsy 44 vir haar idees oor geurige, ontspannende kruiebaddens.

Goed, genoeg van die soetsappigheid! Met Valentynsdag wat afgehandel is, kan ons sonder verskoning die res van die maand tuin toe gaan.

Februarie is ondraaglik bedompig en warm. Wanneer jy dus tuin toe gaan, onthou om jou hoed op te sit en sonskerm aan te smeer. En as jy klaar gewerk het, sal jy sekerlik dankbaar wees vir ‘n koel stort – ek weet wanneer ek in die tuin klaar is, word ek dikwels gekeer om die huis in te gaan omdat ek van kop tot tone bedek is met lae modder en vuiligheid, wat beteken dat ‘n buitestort uitstekend sal wees. Verlede maand het ons jou gewys hoe om ‘n rustieke buitestort te bou. Hierdie maand wys ons jou ‘n ultramoderne weergawe met ‘n glasmuur. Watter styl jy ook al vir jou tuin verkies, dit sal beslis ‘n seën wees. Ek beplan om so gou moontlik een te bou.

Tuiniers wat na subtropiese gebiede reis, is dikwels groen van jaloesie oor die Frangipani-bome wat in ‘n kaleidoskoop van skakerings blom. Deesdae is hierdie baie geliefde en nogal ouderwetse plant soms moeilik om in kwekerye te kry, en wanneer jy wel een kry, is dit dikwels soos ‘n verrassingspakkie omdat dit nie altyd

duidelik is watter kleur die blomme sal wees wanneer hulle verskyn nie. Hulle is nietemin altyd pragtig, dus hoop ek jy geniet Gerald se artikel oor hierdie bome wat op bladsy 32 begin.

Die somerhitte is nie net vir ons ‘n stryd nie, maar is ook ‘n uitdaging vir ons beddingplante. Om hulle die beste geleentheid te gee om te gedy, maak seker

jy plant die regte plant op die regte plek, en hier dink ek veral aan hoeveel sonskyn elke plek kry. Kyk ‘n bietjie na ‘Blomme vir midsomer’ (bladsy 38) voor jy die winkels invaar op ‘n inkopietog. Dit sal jou help met daardie moeilike besluite. Geniet die hitte en bly gehidreer (water, nie wyn nie …)Lekker tuinmaak!

Tanya geklee deur:

Groen Kampioen

OP DIE VOORBLAD‘n Enkele blomknoppie aan ‘n frangipaniboom maak gereed om oop te vou. Op bladsy 32 gesels Gerald Schofield breedvoerig oor hierdie begeerlike blombome.

w w w.d i e t u i n i e r . c o . z a

Page 4: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

6 l www.dietuinier.co.za

FEBRUARIE TUINDAGBOEK

TuintakeMooi daar buiteFebruarie is ‘n warm, drukkende maand wat tuiniers se energie kan tap. Een strategie isom in die skadu van ons patio’s en pergolas te bly en die tyd aan ligter takies te wy –soos om steggies te maak, saad te oes en die wêreld se wonderlikste plante in potte teplant. Dit bring my by die onderwerp van die ‘Super Sundavilles’. As jy nog nie met al diewonderlike blomryke variëteite in die Sundaville®-reeks van klein struikies of halfrankerskennis gemaak het nie, is daar iets wonderliks om te ontdek. Hierdie Mandevilla-hibriedeis ongelukkig rypgevoelig, maar is andersins baie gewillig en ideaal vir houers wat involson of ligte skadu staan. Hulle dra heeljaar pienk, wit of dieprooi trompette en hulbeste vertoning is in die warmste somermaande. Hulle is elke sent werd. Kry ‘CosmosPink’ vir groot helderpienk blomme, vir enorme wit blomme met ‘n opvallende geel keelis ‘Cosmos White’ die plant wat jy wil hê, terwyl ‘Red’ die romantiesste rooi blomme dra.Almal is immergroen en het ‘n spreidende, halfrankende groeiwyse.

Sundaville® ‘Cosmos Pink’

Oes die saad van koljander

Jou grasperk� Sny die grasperk liewer effentjies en meer gereeld as een maal per week te kort. Dit iswel meer werk, maar voorkom dat die warm son die gras se ontblote wortels en lote kol-kol brand.

Kombuistuinmaak� Oes die saad van koljander, dille, vinkel, karwei en anys deur die stingels met dierypwordende saad af te sny, dit in bondels vas te bind en op ‘n skaduplekkie onderstebooor koerante op te hang. Namate die saad ryp word, val dit op die koerante wat ditmaklik maak om bymekaar te maak. Bêre dit in bruinpapiersakkies of donker glasbottelsen onthou om die naam en datum daarop aan te bring.� Begin om aarbeibeddings voor te berei deur goed ontbinde kraalmis of kompos en‘n paar handevol algemene misstof in te werk. (Nuwe plantjies kan in Maart en Apriluitgeplant word.)

Plantluise opvinkel

Page 5: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

www.dietuinier.co.za l 7

� Voed al die bladwisselende bome nadat die vrugte geoes is (verwyder eers al dieafgevalde vrugte onder die bome), en gooi dan ‘n nuwe deklaag om die wortels. Hierdiebome kan ook gesomersnoei word om meer lig en lug in die middel in te laat.� Voed suurlemoenbome met 3:1:5 of ‘n organiese misstof en gee gereeld water.� Gaan sitrusbome na vir dopluis en behandel met ‘n insekdoder met ‘n mineraalolie asbasis indien dit nodig is.� Saai kappertjie- en wynruitsaad onder vrugtebome. Dit lyk of hul teenwoordigheidas afweermiddel dien vir sapsuigende insekte soos plant- en dopluise. Brousels van dieblare van hierdie plante word as organiese spuitmiddels gebruik om hierdie peste af teweer.� Haal in kouer gebiede die laaste aartappels nou uit. Vee oormatige grond af en bêredit in kartonbokse of goiingsakke op ‘n koel, donker plek (die beste is tussen 5 °C en10 °C). Moet nooit aartappels in plastiek bêre nie, ook nie in die yskas nie.

Plae, peste en kopserePlantluiseHoewel sapsuigende plantluise nuwe groei kan belemmer, moet hulle nooit heeltemal indie tuin uitgeroei word nie omdat hulle die voedselbron van baie predatore is,waaronder liewenheersbesies, sweefvlieë, roofwespe, hottentotsgotte en roofwantse.Hierdie predatore lok op hul beurt weer insekvretende voëls. Dit is vir die beheer vanplantluise selde nodig om meer te doen as om hulle met ‘n sterk straal water af te spuitof met ‘n oplossing te spuit van 5 ml skottelgoedwasmiddel op 1 liter water. Dit help ookom metgeselplante te plant om swaar besmettings te keer.

Doendinge� Berei vore vir pronkertjies voor. Verryk die grond met dik lae kompos en bogrondwat met beenmeel en algemene misstof verryk is. Week die sade aan die einde vanFebruarie oornag in lou water en saai dit die volgende môre.� Plant lachenalia-, nerina-, veltheimia- en belladonnabolle.� Saai die saad van meerjariges soos klokkiesblomme, akelei, grasangeliere,vingerhoedjies, ridderspore, baardangeliere en Yslandse papawers wat laatlente ofvroegsomer blom in plantkassies. Sit die kassies in die skadu en maak seker hulle isvoortdurend klam totdat die saad ontkiem.� Knip, snoei reg en snoei immergroen plante effens. Hou die snoeiskêr ver weg vanplante wat in die winter of lente blom of sierbessies dra.� Oes die saad van dooie somermeerjariges en -jaarplante. Bêre dit inbruinpapiersakkies met die naam op en hou dit droog.� Sny die blomstele van meerjariges soos herfsasters (michaelmasmadeliefies) enphysostegia op die grond af as hulleuitgeblom is. Verwyder die ou blomstelevan inkalelies en kannas – pluk net fermaan die stele!� Hou aan om somerbolle te voed omhulle in staat te stel om genoeg voedsel teberg om weer te blom. As hul blaretoiingrig lyk of reeds dood is, bind dit in ‘nbondel vas en moenie dit afknip voor dieplante nie heeltemal rustend is nie.� Snoei konings- enperdeskoenpelargoniums, osteospermum,diascias, laventels, abelias, weigelas,krismisrose, tuinheliotrope, salies en andersomerblommende plante wat verjongmoet word. As jy nog plante nodig het vandié wat jy afgesny het, hou die afgesnydestingels aangesien dit nou die regte tyd isom sagte en halfryphoutsteggies vanbladwisselende en immergroen struike enmeerjariges te maak. Om hulle te laatwortelskiet, doop die onderste 1 cm vanelke steggie in wortelhormoon en planthulle in ‘n mengsel van kompos en skoon riviersand. Hou die steggies op ‘n beskadudeplek en hou die mengsel klam (nie papnat nie).

Tyd om lachenaliaste plant

Page 6: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

8 l www.dietuinier.co.za

FEBRUARIE TUINDAGBOEK

In joustreek

Somerreënval – gematig� Struike en klimplante soos spiraea, banksiarose en jasmyn begin in die laatwinterblom. Voed hulle nou met 3:1:5SR of ‘n organiese ekwivalent en kompos om hulle dievoedingstowwe te gee wat hulle sal nodig hê.� Maak haelbeskadigde plante ‘n bietjie netjies en spuit hulle met ‘n swamdoder sodathulle minder kwesbaar vir swamsiekte is terwyl hulle herstel.

Somerreënval – subtropies� Verdamping uit vlak visdammetjies is nou baie kwaai – maak hulle gereeld vol metvars water. Dit help ook om dammetjies af te koel.� Waterlelies blom nou, koop dus ‘n paar vir jou dammetjie.� Voed takbokvarings met vloeibare misstof en newelspuit hulle gereeld met water.Snoei tropiese struike soos acalyphas, jatrophas, krotons en hibiskus.

Winterreënval� Hier is ‘n manier om ‘n bietjie privaatheid en beskerming vir jou eiendom te versekerdeur twee inheemse spesies te gebruik. Plant ‘n dubbele heining en gebruikBRACHYLAENA discolor (kusvaalbos) en RHUS crenata (duinekraalbessie). Gebruikkusvaalbos as die hoë heining. Dit groei vinnig, kan sout kuswinde verdra, kan in ‘nformele heining gesnoei word, en die silwer onderkante van die blare is ‘n pragtigegesig as hulle in die wind opwip. Plant langs hulle ‘n ry geharde duinekraalbessie.Hierdie waardevolle immergroen plant het klein donkergroen blaartjies en ‘n netjiesegroeiwyse, en lyk pragtig as ‘n lae heining teen die kusvaalbos.� Februarie is ‘n gevaarlike droë maand met sterk wind. Tref dus die nodigevoorsorgmaatreëls om jou huis en tuin minder kwesbaar te maak. Hou alle dreins engeute vry van droë plantmateriaal en verwyder alle vuilis en ontvlambare materiaal uitdie tuin en om die huis. Verwyder dooie takke van groot struike en bome. Hou dietuinslange aan al die krane gekoppel.� Nog ‘n veiligheidsmaatreël teen verspreidende vure is om grondbedekkers metsappige blare en stamme naby die huis te plant liewer as om beddings met basstukkiesof houtsplinters te bedek. Vygies, gazanias, suurvye (CARPOBROTUS edulis), plakkies,rankpelargoniums en echeverias is almal goeie keuses.

Droë binneland� Dit is ‘n goeie tyd om in die hartjie van die somer meer silwergrys plante en plantemet harige blare in die tuin te plant. Hierdie kenmerke dui op taaiheid en maak dathierdie plante veral teen skemeraand pragtig lyk. Plant CONVOLVULUS cneorum,artemisia, inheemse en uitheemse meerjarige salies, PHLOMIS fruticosa (jerusalemsalie),sipreskruid en al die helichrysum-spesies.� Haal nou groot polle agapante uit en verdeel hulle. �

RHUS crenata

Snoei nou diehibiskusse

PHLOMIS fruticosa

Page 7: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

www.dietuinier.co.za I 29

HAEMANTHUS

Haemanthus, ‘n lid van die Amaryllidaceae-familie, is ‘n genus van 22 bolplantspesies wat endemies in Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Swaziland voorkom. Die genusnaam is afgelei van die Griekse woorde

haima wat bloed en anthos wat lelie beteken en verwys na die rooierige blomme van H. coccineus en H. sanguineus, twee van die eerste spesies wat beskryf is. Bolle van H. coccineus wat aan die Kaap die Goeie Hoop versamel is, het Europa vroeg in die 17de eeu bereik en was waarskynlik die eerste Suid-Afrikaanse plante wat daar geblom het – dit is bekend dat hulle in 1604 by Middelburg in Nederland geblom het. Die meeste spesies is gekonsentreer in Namakwaland in die droë noordwestelike gebied van Suid-Afrika waar 15 spesies amper uitsluitlik in die winterreënstreek voorkom. Ses spesies word

INHEEMS

Teks en foto’s deur Graham Duncan

in die somerreënstreek aangetref en slegs H. albiflos is uit albei streke bekend. H. albiflos, die Haemanthus wat wêreldwyd die algemeenste gekweek word, het baie vorms en is immergroen en bykans onvernietigbaar. Dit is ‘n uiters gewillige en blomryke plant wat op goedaardige verwaarlosing gedy. Daar heers steeds verwarring oor die morfologiese verskille wat Haemanthus en Scadoxus skei. Scadoxus wat tevore onder Haemanthus ingedeel was, word hoofsaaklik gekenmerk deur sy risoomagtige wortelstokke en blare met ‘n dun tekstuur en duidelike hoofnerwe. Haemanthus daarenteen het ware bolle en sukkulenteblare sonder hoofnerwe. Die blare van die meeste Scadoxus is afwisselend op ‘n duidelike skynstam gerangskik, terwyl Haemanthus nie ‘n skynstam het nie en die blare óf enkel óf in teenoorstaande rye gerangskik is.

Spesialisversamelaars heg baie waarde aan Haemanthus-spesies vanweë hul wye verskeidenheid van blaarvorms, teksture en oriëntasie, hul digte spoggerige blomkoppe wat deur kleurvolle skutblare omsluit word en hul mooi ryp bessies. Hulle is die ideale plante vir houers en geligte beddings en aard na gelang van die spesie goed in rotstuinholtes in die son of skadu. As hulle in potte gekweek word, is al die spesies ongelukkig uiters vatbaar vir besmetting deur witluis wat tussen die bolrokke vermeerder. Afgesien van H. albiflos is drie van die beste spesies om te kweek die wintergroeiende H. coccineus, die somergroeiende H. humilis en die immergroen H. deformis.

HAEMANTHUS coccineus (Velskoenblaar)H. coccineus is in Engels alom bekend as April Fool omdat dit geneig is om na vroeë herfsreëns om en by 1 April te blom. Die blomme verleen ‘n welkome spatsel rooierige oranje en vir inwoners van die winterreënstreek van Suider-Afrika is dit een van die lede van die genus wat die maklikste herken word. Dit het ‘n baie wye verspreiding wat van die suide van Namibië tot by Port Elizabeth strek. Die bolle is langlewend en dit is die beste om hulle in die laatsomer (einde Januarie tot vroeg Februarie) te plant sodat hulle in die grond is voor die

HAEMANTHUS coccineus (Velskoenblaar)

Page 8: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

30 I www.dietuinier.co.za

blomkoppe verskyn. Die bloeistele word 8 tot 40 cm hoog en die groot vlesige bol dra (gewoonlik) twee breë tongvormige leeragtige blare wat die hele winter groei en in die vroegsomer doodgaan. Plant die bolle in volson of ligte skadu met die bokant van die nek net onder grondvlak. H. coccineus verkies ‘n vinnig dreinerende leem- of sandmedium wat saamgestel kan word uit gelyke dele growwe riviersand of grint, en fyn gesifte kompos. As die bolle eers gevestig is, moet hulle vir minstens vyf jaar ongesteurd gelaat word of totdat groei- en blomprestasie agteruitgaan omdat hulle nie daarvan hou dat hul meerjarige vlesige wortels versteur word nie. Dit is die beste om sterk breëblaarvorms van H. coccineus in rotstuinholtes te kweek terwyl kleiner vorms goed vaar in potte met ‘n deursnee van 20 tot 25 cm. Dit is die beste om hierdie spesie voort te plant van saad wat gesaai word sodra hulle maklik verwyder kan word uit die helderrooi vlesige bessies. Daarna is geduld nodig omdat die eerste blomme eers na ongeveer vyf jaar verwag kan word.

HAEMANTHUS humilis (Bobbejaanoor, Velskoenblaar)H. humilis is inheems in die somerreënstreke van Suid-Afrika en kom wyd voor van die Oos- en Noord-Kaap tot Mpumalanga. Dit is ‘n baie veelvormige spesie wat wissel van dwergvorms van net 3 cm hoog tot sterk plante van groter as 30 cm. Daar is twee subspesies, die wydverspreide H. humilis subsp. humilis wat ingeslote (kort) meeldrade het en die minder algemene H. humilis subsp. hirsutus wat gewoonlik meeldrade het wat goed uitsteek. Die bolle dra gewoonlik twee breë, gladde of dig behaarde blare. Die pienk of wit blomme verskyn enige tyd van September tot Maart. Albei subspesies moet ligte skadu hê en word baie suksesvol gekweek in potte met ‘n deursnee van 25 tot 30 cm of in rotstuinholtes. Hulle hou van ‘n vinnig dreinerende medium wat byvoorbeeld saamgestel is uit gelyke dele fyn gesifte kompos (of gemaalde bas) en growwe riviersand (of nywerheidsilika). Die bolle word geplant met die bokant van die nek op of net bo grondvlak. ‘n Medium wat nie vinnig genoeg dreineer nie, het tot gevolg dat die wortels, en in uiterste gevalle die bolle, vrot. Die plante vermeerder redelik goed deur die vorming van uitlopers. Dit is die beste om die uitlopers in die lente te verwyder en oor te plant net soos nuwe groei begin. Wanneer hulle in potte gekweek word, is dit belangrik dat die medium in die somer genoegsaam uitdroog na benatting wat ‘n redelike tydjie uitmekaar moet wees – tipies ongeveer een maal per week. Dit is die beste as die medium in die winter gelaat word om heeltemal uit te droog. Vorms van Lesotho en die Vrystaat is waarskynlik rypgehard.

HAEMANTHUS humilis (Bobbejaanoor, Velskoenblaar)

HAEMANTHUS humilis

(Bobbejaanoor, Velskoenblaar)

Page 9: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

www.dietuinier.co.za I 31

HAEMANTHUS deformis (dwerg-Haemanthus)Die immergroen H. deformis is endemies in bosse en beskadude stroomoewers in die Transkei (Oos-Kaap) en suidelike KwaZulu-Natal. Dit is ‘n waardevolle bol vir die tuinier aangesien dit spikkelskadu nodig het en selfs goed sal blom in digte skadu. Die spesifieke naam deformis verwys waarskynlik na die baie kort, gebuigde bloeisteel en die buitengewone manier waarop die blomkop verskyn in die middel aan die onderkant van die twee immergroen blare (en nie van ‘n sydelingse punt soos by die ander immergroen spesies nie). Dit is ‘n witblommige spesie wat tot 10 cm hoog word met ‘n kort, harige of gladde bloeisteel met ‘n enkele blom aan en met twee baie breë leeragtige blare wat plat op die grond lê. Dit blom enige tyd van Mei tot Oktober. Dit hou van ‘n goed gedreineerde, humusryke groeimedium soos ‘n mengsel

wat bestaan uit een deel growwe riviersand en twee dele goed ontbinde kompos of fyn gemaalde bas. Die bolle word geplant met die bokant van die nek op grondvlak en kan baie jare op dieselfde plek bly. Dit vermeerder stadig deur die vorming van uitlopers. Sade vorm maklik en moet geoes en gesaai word sodra hulle maklik uit die sagte, helderoranje vlesige bessies verwyder kan word. Dit is interessante plante vir wyerandhouers in skaduryke binnehowe en beskadude rotstuine. Hulle hou daarvan om van tyd tot tyd in die somer deurweek te word en hou van water net af en toe in die winter, hoewel hulle tog swaar winterreënval in matige gebiede van die Wes-Kaap oorleef.

HAEMANTHUS deformis (dwerg-Haemanthus)

HAEMANTHUS deformis (dwerg-Haemanthus)

Page 10: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

32 I www.dietuinier.co.za

Fleurige Frangipani’s

Die verskeidenheid Plumeria-hibriede maak van hierdie plante ‘n gesogte versamelgroep.

Deur Gerald Schofield

Page 11: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

www.dietuinier.co.za I 33

PLUMERIA rubra, een van die sewe of agt spesies van Plumeria in die natuur wat onder

die volksnaam frangipani bekend is, kom voor in Mexiko, Sentraal-Amerika, Colombia en Venezuela. Dis ‘n baie gewilde tuinboom in tropiese of subtropiese streke wêreldwyd. Frangipani’s het stewige, sukkulentagtige stingels en takke met lansvormige blare aan die punte van die lente tot die herfs en dra maande lank ‘n oorvloed geurige blomtrosse. As die blare en stingels afgesny of beskadig word, loop wit melksap by die letsels uit. Die boom groei maklik van steggies of stamstegge wat gedurende die rustydperk in die winter van die moederplant gemaak word. Laat hulle ‘n paar dae met rus sodat die sap kan droog word voor hulle geplant word. P. rubra behoort tot die

noemnoemfamilie – wat botanies as Apocynaceae bekend staan. (Vir meer oor die noemnoemfamilie sien die Junie 2010-uitgawe van Die Tuinier.)

Die blomme kom voor in ‘n groot verskeidenheid van skouspelagtige kleure, van amper wit tot skakerings van pienk, geel en appelkoos, donkermaroen en wynrooi en baie het opvallende geel kele. Almal is uiters geurig – een van die hoofredes waarom dit tradisioneel in tuine, as straatbome, om tempels en in kerkhowe gekweek is. Die ryk, bedwelmende geur van die blomme is veral vroegaand besonder sterk en gee ‘n besliste romantiese gevoel aan die tuin.

Page 12: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

34 I www.dietuinier.co.za

Die stewige stamme en geswolle takke van hierdie statige bome is bedek met liggrys bas. Omdat dit bladwisselend is, is die stamme kaal in die winter en vorm ‘n treffende silhoeët in die landskap. Die bome kan sewe of agt meter hoog word en het ‘n wydvertakte groeiwyse met takke wat tot amper op die grond strek as dit nie gesnoei word nie.

Frangipani’s groei maklik, het min of geen versorging en aandag nodig nie en floreer in amper al die grondsoorte, van sanderig tot klei, en verdra ‘n wye reeks van pH-vlakke, suur sowel as alkalies. Hulle aard die beste in volson, hoewel baie plante in gevestigde tuine in spikkelskadu of ligte skadu aangetref word.

In Suid-Afrika word frangipani’s in baie tuine aangetref – van die Wes-Kaap al met die kus langs en dan die binneland in tot in die meeste van die warmer streke. Dit lyk of hulle in die laaste tyd ‘n bietjie uit die mode geraak het met besonder min wat gekweek en in kwekerye te koop aangebied word. Die nuwe hibriede wat egter hul weg na ons land gevind het, kan wel hul gewildheid laat herleef. Sommige van hierdie hibriede het enorme alleenstaande blomme wat 7 tot 8 cm in deursnee kan word, terwyl ander pragtige kleure het. Die pragfoto’s wat hierdie artikel toelig, probeer die aandag vestig op hoe skouspelagtig hulle werklik is – nie naastenby die gewone room- en pienkblommige vorms wat ongeveer ‘n eeu gelede op groot skaal aangeplant is nie.

PLUMERIA alba

PLUMERIA alba

Page 13: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

www.dietuinier.co.za I 35

Frangipani in ‘n neutdop

• Frangipani’s is bladwisselende bome wat in die warm subtropiese streke aard. • Hulle weerstaan droogte en droë tydperke met die grootste gemak.• Hulle plant maklik voort van steggies of stamstegge wat op die plek geplant word. • Hulle blom oorvloedig van die laatlente, heelsomer en tot in die herfs. • Die blomme is te kry in ‘n wye verskeidenheid van verskillende kleure en is heerlik geurig.fragrant.

Nog ‘n Plumeria-spesie is die witblommige PLUMERIA alba wat algemeen bekend is as die Wes-Indiese jasmyn en van Puerto Rico en streke van die Wes-Indiese Eilande kom. Die talle tuinhibriede vergroot die reeks en verskeidenheid van frangipani’s in so ‘n mate dat hulle ‘n baie versamelbare groep plante geraak het. As jou tuin groot genoeg is en jy in ‘n klimaatstreek woon waar hulle goed aard, begin nou versamel! Jy sal verstom wees om te sien hoeveel verskillende frangipani’s daar regtig is.

InTEREssAnTE sTATIsTIEk

In 2005 is meer as 14 miljoen PLUMERIA rubra-blomme geoes

en in Hawaii verkoop om leis (blom-mekranse) te maak. As jy ‘n boom het, kan jy jou eie maak en om ‘n Hawaise tema aan jou feestyd-

partytjies te verleen!

Page 14: Die Tuinier Tydskrif Februarie 2011

As jy voor 15 Februarie 2011 inteken of jou huidige intekening hernu, word jou naam ingesluit by ‘n trekking om een van agt aambeeldknippers van Löwe te wen. Dit word deur Arbour Supply verskaf en die waarde is R967 elk. Deur in te teken maak jy ook seker dat jy die volgende 12 uitgawes van Die Tuinier teen ‘n ruim afslagop die omslagprys ontvang.

Daar is twee tipes knippers (loppers) van Löwe, die Anvil 20.080 (aambeeldknipper) en die Bypass 21.065 (snoeiknipper). Die voordele van albei tipes knippers is dat hulle maklik treksny, baie sterk is, uitstekend gebalanseer is, ergonomies gevormde handvatsels het en uiters lig is. • Die Anvil 20.080 het Teflon-bedekte lemme met ‘n dun kop en snyvermoë van 45 mm. Dit is 80 cm lank.• Die Bypass 21.065 het ‘n duursame lembedekking vir blywende skerpte, ‘n skraal kop en snyvermoë van 40 mm. Dit is 65 cm lank en weeg net 990 gram.Al die Löwe-produkte word met Duitse presisie vervaardig. Hulle is oral in Suid-Afrika te kry – besoek www.arborsupply.co.za vir besonderhede van die handelaars in jou streek.

A subscription to The Gardener

costs only R220 and buys a year of reading

pleasure along with the added benefits of free

delivery and never missing an issue.

Om telefonies in te teken bel (011) 473 8700 weeksdae tussen 8:00 en

16:00 met jou kredietkaart-

besonderhede.

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en

telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725,

Maraisburg, 1700

Bel (011) 473 8700 weeksdae tussen 8:00

en 16:00 met jou bank-rekeningbesonderhede

en betaal elke drie maande net R48.

Deponeer jou betaling by FNB Corporate Jhb, Kode 25 50 05 00, rekeningnr.

62104927259 en faks ‘n kopie met al jou besonderhede

na (011) 474 5479

Teken in op Die Tuinier en jy kan een Engelssprekende

vriend benoem wat drie op-eenvolgende uitgawes

van The Gardener heeltemal gratis sal kry.

Hernu vir R207 en bespaar 25% op die omslagprys. Senior Burgers (63 jaar en ouer) betaal net R193 en bespaar 30%. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle plaaslike pryse sluit BTW in. ‘n Jaarlikse intekening vir

oorsese intekenaars kos R678 en vir intekenaars in die res van Afrika R578. Alle pryse is geldig tot 14 Februarie 2011.

TEKENINENWEN

‘n Intekening op Die Tuinier

kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier

saam met die bykomende voordele van gratis

aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis

te loop nie.

74 I www.dietuinier.co.za