diemersdal wineland mei 2015

2

Click here to load reader

Upload: dusan11

Post on 18-Dec-2015

43 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Met die sesde generasie Louw op Diemersdal kry ’n mens die gevoel dat oud en nuut mekaar hier ontmoet.

TRANSCRIPT

  • toekaMet die sesde generasie Louw op Diemersdal kry n mens die gevoel dat oud en nuut mekaar hier ontmoet. Deur Edo Heyns.SE STORIES TOT Sauvignon.comD

    aar is meer gewels op Diemersdal as op enige ander landgoed. Hier word sedert 1702 wyn gemaak en daar staan vandag nog geboue van daardie era. Dit is egter dieselfde besigheid wat die progressiewe

    stap geneem het om www.sauvignon.com te registreer en die afgelope dekade reuse spronge in die plaaslike en internasionale bottelmark gegee het.

    Thys verteenwoordig die sesde generasie Louws op Diemersdal, met erfenis en geskiedenis as n trotse hoeksteen van die onderneming n n groot motivering om dit nog verder uit te brei. Elke tweede generasie dra die name Michael Matthys Louw, soos Thys (en die MM Louw Sauvignon Blanc), wat met Tienie Louws, soos Thys se pa en seun, afgewissel word.

    Jy kan sommer voel daar is baie stories wat op hierdie plaas afgespeel het en dit vat nie lank voordat Tienie snr begin vertel nie. Toe my oupa die een wat veral lief was vir gewels Elsenburg toe was, het my ouma die wynmaak verantwoordelikhede oorgeneem. Sy het geglo dat wyndrink n sonde is en daarom eerder begin asyn

    produseer. Gelukkig het hierdie gier nie lank gehou nie! spot hy.

    Die vroer geslagte Louws het nie baie oud geword nie, met Tienie die eerste Louw wat die 60 jaar mylpaal gehaal het. Toe sy pa oorlede is, het hy vir Tienie en sy broer Wheatie die plaas sonder geld of skuld nagelaat. Diemersdal het toe aan KWV begin druiwe lewer, maar kort daarna ook 750 hektaar grond vir saai-doeleindes gehuur.

    In 1982 het Tienie en Wheatie met 75% kontant vir Maastricht gekoop. Daardie jaar het Diemersdal amper 2500 ton aan

    Thys het n waardeketting

    benadering veral in n tydperk waar dit

    volgens hom makliker is om vertikaal as

    horisontaal uit te brei.

    FAMILIEBO

    OM: N

    REE

    KS O

    OR W

    YNBE

    DRYF

    FAM

    ILIEB

    ESIG

    HEDE

    Drie geslagte, Tienie,

    Tienie jnr en Thys.

    FOTO

    : AN

    NA

    -LO

    UIS

    E SP

    REET

    H

  • Ons dek die tafel vir goeie wyn.

    Alle familiebesighede het n verhaal om te vertel ...en alle goeie verhale begin met wit en swart fotos.

    Grondverskuiwing

    Tel: 021 - 873 2026 Sel: 082 801 7707

    E-Pos: [email protected] Web: www.hauptfleisch.co.za

    *Familieboom word aangebied met die ondersteuning van Hauptfleisch Grondverskuiwing, n vierde-geslag familiebesigheid.

    die KWV gelewer. Vergenoegd en Diemersdal was op daardie stadium die KWV se grootste verskaffers; die basis van KWV Roodeberg was tot en met 1995 op laasgenoemde gemaak. Sauvignon Blanc en een van die kultivar se grootste ondersteuners, Thys, het ook beide in die jare 80 hul opwagting op Diemersdal gemaak.

    In 1987 het Tienie vir die eerste keer agt vate wyn as Diemersdal wyn opsy gehou. Hy erken dat hy maar n bulk-mentaliteit gehad het, maar het nietemin in 1992 sy vrou, Joanita, se raad gevolg en n proelokaal op Diemersdal oopgemaak. Vroue kyk anders na n ding. Dit is die moeite werd om na hulle te luister en gereeld idees op hulle te toets, verduidelik hy.

    Diemersdal se witwyn kelder is in 1998 gebou. Dit was n volgende stap na die kelder se onafhanklikheid van KWV in 2005, presies n jaar voordat Thys die leisels in die kelder oorgeneem het.

    Toe Thys in 2006 by die kelder instap, het ek uitgestap. n Kelder het net een baas en dit was van daardie dag af Thys. n Mens moet jou kop regkry vir die skuif, maar jy ken mos jou kinders. As iemand my vra hoe jy iemand moet vertrou, is my antwoord eenvoudig. Jy vertrou hom of haar, vertel Tienie.

    Thys het vantevore by Buitenverwachting en Jordan gepars en toe hy by Diemersdal oorgeneem het, het hy die eerste paar maande net op die wynmaak gefokus, terwyl sy pa na die res van die onderneming omgesien het.

    Sy fokus en passie was vanuit die staanspoor Sauvignon Blanc en om die skuif van grootmaat na die bottelmark te maak. Thys het n waardeketting benadering, veral in n tydperk waar dit volgens hom makliker is om vertikaal as horisontaal uit te brei.

    Tienie en Thys erken albei dat hulle baie verskillende benaderings het. Thys wil by punt A uitkom. Ek ook. Thys gaan dit net op n heel ander manier as ek doen, vertel Tienie. Thys sluit aan hierby deur reguit te erken dat sy pa heelwat meer toegeeflik as hy is. Vir my is dinge meer wit of swart, n ding is reg of verkeerd, bevestig Thys.

    Dis baie lekkerder om n bottel in n winkel te sien, eerder as om bloot druiwe of grootmaat wyn te laai. Die omstandighede is ook reg daarvoor: die wreld het klein geword en tegnologie speel n groot rol. Druiwe is ook goedkoop en mens het toegang tot baie goeie druiwe, vertel hy. Volgens Thys hou n waardeketting-benadering ook veel meer

    waarde vir Handelsmerk Suid-Afrika in.

    Suid-Afrika het nie n sterk uitvoer handelsmerk van meer as een miljoen bottels nie. Ons het dit nodig en bemarking moet hiervoor opgeknap word, vertel hy.

    Die familie-aspek van Diemersdal speel n enorme rol in hoe die besigheid funksioneer n hou volgens Thys groot voordele in. In China dra familiebesighede groot gewig. n Mens moet self jou agente gaan sien en ek en my pa doen dit baie.

    Volgens Thys moet familie-besighede wat teen groot korporatiewe maatskappye meeding, na hul sterk punte speel. Ons kan nie die groot spelers met vet tjeks aanvat nie, maar ons kan hulle op diens en gehalte aanvat. Boonop is daar baie besighede wat deur buitestaanders bestuur word, wat nie vir hul eie sak baklei nie. Hulle het groot begrotings, sonder om innoverend te wees, vertel Thys.

    Diemersdal is sterk op pad om Thys se droom van n 5000 ton kelder wat die bottelmark bedien, te realiseer. En terselfdertyd word Tienie se droom bewaarheid, want die witwynkelder is immers vir Thys en sy Sauvignon Blanc-droom gebou. w

    FOTO

    S: A

    NN

    A-L

    OU

    ISE

    SPRE

    ETH

    Die Louw-familie: Tienie, Joanita, Tienie jnr, Thys, Amelie en Ladine.