seisoene mei 2015
DESCRIPTION
Seisoene Damesklub-tydskrif Mei 2015TRANSCRIPT
LEES BINNE
ou KalaharivriendinVer in die
Welkom,
Laat jou muresaampraat
wys jou kleure skaamteloos
Die amptel ike nuusbr ief van Suidwes Landbou se damesklub
2
Ek vang haar die eerste keer uit die hoek van my oog, sien net ’n sagte, bont vladdering. Ek volg haar kronkelvlug en wil haar vasvang in my sig, hierdie beeldskone, wispilturige skepping, maar sy is te lewendig, te besig met haar eie gang. Tot sy gaan stilsit. My oorrompel met haar ontwerpersvlerke met die fyn, fyn tekstuur. Ek wil haar indrink, myself volmaak met haar kortstondige volmaaktheid en vir altyd onthou.
My stoepskoenlapper. Sy laat my dink aan my vrien dinne, my stoepvriendin, my fliekvriendin, my laglaatonslêvriendin, my saambidvriendin en al die ander kleurvolle vroue wat my lewe met hulle vriendinwees verryk. Ek is skatryk, want my tuin is propvol kleur net soos my hart.
Vriendin, die SEiSoEnE Dames klub is vir jou, jy wat in die uitgestrektheid van die platteland jou lewe leef, jou mense versorg, jou arbeid adel verrig, jouself motiveer in die wye wêreld waar ons so maklik kan verdwaal en verdwyn. ons wil deur die Damesklub ’n fyn web span waaraan elkeen kan vasvleg, ’n netwerk vorm om ons te bind.
As jy hierdie lees, is jy reeds ’n genooide. Kom saam met ons, sluit aan en wees saam met die res van ons ’n vriendin. Laat ons saam lag, saam eet, saam leer en saam vrouwees.
Redakteur
Vir baie van die dames in ons omgewing is Suidwes Landbou of te wel die “Koöperasie” sinoniem met boer dery. Dis vir die ma’s en oumas nie vreemd om
oppad plaas toe gou te stop vir ’n botteltjie veemedisyne, ’n rol doringdraad of ’n waterpyplas nie. Die koöperasiestrokies land gereeld in die wasma sjien of in die paneelkissie van die plaasbakkie. Die kassiere groet jou op die voornaam en ken al jou lidnommer uit die kop.
Daar was ’n tyd wat jou kinders tussen die winkelrakke rondgehardloop het of op die kunsmissakke in die stoor geklouter het. Later het hulle verkies om eerder in die motor te wag. Nog later het ma gestop en boeta moes uitspring en gou gaan kry wat pa bestel het. Intussen het boeta saam begin boer en sussa is verloof aan die buur man. En so herhaal die geskiedenis homself weer van voor af.
Stap saam die padDis die seisoene van die lewe waardeur elkeen van ons beweeg. En dit is vir Suidwes Landbou ’n voorreg om hierdie pad saam met die dames van ons kontrei te stap.
Maar ons wil ook graag ons vriendekring vergroot. Meer ervarings deel en meer herinneringe skep. Daarom wil ons alle dames nooi om deel te word van die Suidwesfamilie.
Gedurende die laaste twee jaar het 12 van die 19 Kontreiwinkels, soos die handelstakke voortaan genoem word, reeds 'n nuwe baad jie aangetrek. Ons is deurentyd besig om ons produkreeks te hersien om seker te maak ons spreek die behoefte van ons klante aan. Ons gaan ook voortaan moeite doen om produkte aan te skaf met die oog op die vrou. Ons is trots op ons klerereeks en kry baie goeie terugvoer oor die gehalte van die Ruggedwearreeks. Lees die artikel op bl 6 en kry jou afslagkoepon op bl 11.
Sien uit hiernaOns tuinboureeks is baie gewild en ons beplan opwindende tuinboudae vir die SEISOENE Damesklublede oor die volgende paar maande.
Lees meer van die emosionele en sielkundige uitwerking van verskillende kleure op bl 10 en ons wys jou hoe om bordverf self te maak. Kry jou Jack's Paintafslagkoepon op bl 12.
In elke uitgawe van SEISOENE kry klublede eksklusiewe afslagkoepons om by enige Suidwes Kontreiwinkel te gebruik.
Daar wag heerlike verassings op lede. Moedig dus jou vriendinne aan om by dié unieke damesklub aan te sluit. Inskrywingsvorms is by die Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar.
Welkom by die Suidwes Landboufamilie.
Deon BadenhorstOperasionele Bestuurder: Handel
Bespreek nou kaartjies vir die spesiale damesoggende waar die Suidwes SEISOENE Damesklub bekend gestel gaan word. 30 Mei: Vryburg, Matthys Roets6 Junie: Hoopstad, Matthys Roets6 Junie: Wolmaranstad, Pieter Koen13 Junie: Christiana, NianellNavrae oor die Damesklub en die optredes van die kunstenaars, kontak .... by Suidwes Landbou.Nommer, e-pos, kontakbesonder-hede.
Bring sommer diedoringdraad
saam
Welkom, vriendin
SEiSOENE is die amptelike tydskrif vir Suidwes Landbou se Damesklub. Die tydskrif verskyn elke twee maande en kan by die Suidwes Kontreiwinkels gekry word. rig navrae aan Lourens Brand by [email protected] of 053 421 9008Suidwes LandbouVoortrekkerstraat, LeeudoringstadNoordwesPosbus 5, Leeudoringstad, Noordwes, 2640TEL: +27 18 581 1000FAKS: +27 18 581 1097TOLVrY: 0800 511 475
3
Ds Jackie van Zyl deel haar hart met die Seisoene-vroue.
Ek was so opgewonde toe ek sien dat ons splinternuwe Suidwes Damesklubtyd
skrif ook ’n sambreel as simbool gebruik, want as ek van reën praat en ek dink aan God, dan lê vandag se geselsie oor ’n sambreel my só na aan die hart.
Ek hou daarvan om nat te reën, maar daar is ook tye wat ek voor ’n spesiale geleentheid nie graag plat gestrykte hare en gesmeerde grimering wil hê nie en dan gryp ek my sambreel.
Een baie belangrike feit moet ons in gedagte hou: Hoe nader ’n mens aan die middelpunt van die sambreel bly hoe min
der word jy geraak deur die elemente van die natuur. in ons eie lewe is daar ook elemente van die wêreld waarvan ons nie hou nie, maar die goeie nuus is: Hoe nader ek aan Jesus bly, hoe minder raak dit my.
Wanneer ek ver van God af leef, dan kan my selfbeeld my pla omdat ek dalk nie presies lyk soos wat die wêreld sê ek moet lyk nie. Maar as ek naby my Skepper leef, dan verseker Psalm 139:14a my: “Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep.”
As ek ver van God af is dan kan dit soms vir my begin voel
NaBy aan diemiddelpunt
of ek alleen baklei teen die wêreld en al die slegte dinge rondom my. Maar as ek veilig in die middel van God se liefde skuil, dan is Eksodus 14:14 my rots: “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg ...”
Wanneer dit reën en ek staan onder ’n sambreel, dan beteken dit nie die reën gaan ophou nie, dit beteken net dat ek kan droog bly. As ek by God skuil, gaan al die negatiewe dinge in die wêreld nie skielik ophou nie, maar ek kan wel droog en staande daardeur gaan.
Tot volgende keerJackie
Verby is die dae van sukkel in die kombuis! Belê vandag in 'n Snappy
Chef en kook smullekker geregte in 'n kits. Snappy Chef spesialiseer in induksie stowe, en het nou ook 'n bypassende tweeplaat gasstoof. nie net is Snappy Chefstowe vinniger en veiliger om te gebruik nie, dit is ook lig op elek trisiteit. in teenstelling met 'n elektriese stoof is daar geen element waarop die kookware verhit word nie. 'n Koperspoel onder die glasblad skep 'n magneetveld wat direk die kookware verhit en sodoende tyd bespaar.
Vinniger, makliker, goedkoper in die kombuis met
Deur hierdie innoverende stowe te gebruik word hitteverlies verminder, dus spaar jy ten minste 50% op elektrisiteit en verminder kooktyd met tot 64%. Snappy Chef is voorwaar die vinniger, veiliger en goedkoper manier van kook. Die Snappy Chefreeks sluit nou ook 'n verskeidenheid kookware in wat maklik gebruik kan word en elegant vertoon. Die Platinum vlekvryestaalreeks is veeldoelig en aanpasbaar en die Superlightgietysterreeks vertoon goed in die kombuis of op die eetkamertafel. Koffietyd word meer kleurvol met
'n Snappy Chefketel – dit is beskikbaar in ’n verskeie kleure. Snappy Chef is 'n moet in elke huis en 'n noodsaaklikheid vir kamp!
Snappy Chef vier vanjaar hulle vyfde verjaarsdag en kan met 10 gespesialiseerde Snappy Chefwinkels in Suider Afrika spog waar hulle produkte besigtig en gediens kan word.
Kry by die KontreiwinkelDie Snappy Chefprodukte is nou beskikbaar by al Suidwes se Kontreiwinkels. Met soveel voordele, kan jy regtig versuim om 'n Snappy Chef aan te skaf?
Die algemene vrae oor Snappy Chef-produkte
Kan die produkte op elek-triese- en gasstowe gebruik word?Verseker – dit kan op enige ander tipe stoof gebruik word, dit kan selfs in die oond gebruik word. Wees net versigtig met ’n gasstoof dat vlamme nie onder die kookware uitvlam of dat handvatsels oor die vlam van ’n aangrensende brander beland nie.
Is daar spesiale skoonmaakin-struksies?Nie veel anders as vir ander kook-ware nie – laat die kookware afkoel na gebruik voordat dit in warm seepwater met die hand gewas word. Vermy eerder die skottelgoedwasser.
Is dit waar dat die induksie-stoof se plaat nie warm word nie?Dit is korrek, die magneetveld binne die stoof maak slegs die metaal kookware warm. Wees egter steeds versigtig omdat die kookware en die inhoud warm is.
Hoe veelsydig is die hittever-stellings van die stoof?Die stoof het nege verstellings waar 1 die minste hitte gee en 9 die warmste verstelling is. Dit is selde nodig om die stoof op 9 te gebruik, gebruik dit slegs om water te kook byvoorbeeld vir drinkgoed of vir pasta kook. Die kookware versprei en behou hitte baie effektief en lae of medium-lae verstellings is heeltemal voldoende. Dit is onnodig om hoër as verstelling 5 te gebruik. Moenie die kookware laat droogkook op die stoof nie, dit kan gevaarlik wees.
4
5
As dit plaasvars beskuit is waar na jy soek, is daar net een happie wat jou smullus gaan bevredig en dit is Bospoort se beskuit. Wanneer jy ’n karringmelkbeskuit, wat maar een van Bospoort se agt opwindende geure is, in jou koffie
doop en jy kry daardie geur van koffiebeskuit dan vóél jy die Kalahari se oop veld en jy kan wegraak in die sonsondergang.
Daar doer in die BospoortWat het beskuit dan met die Kalahari te make? Want Bospoort lê daar doer in die ou Kalahari met sy warm son, ongereptheid en hartlike dapper mense. Die eerste beskuit is in 1999 op die plaas Bospoort hier in die noordKaap, op Postmasburg gebak. Sedertdien is die beskuitbakkery so ver uitgebou dat hulle beskuit nou in groot dele van ons land beskikbaar is.
Bospoortbeskuit bied vandag werk en verblyf aan 20 werkne mers en hul gesinne en maak dus 'n positiewe verskil aan mense se lewensomstandighede.
ou Kalahari
Beskuit, koffie en die Kalahari – waar sal jy nou beter Afrikaanse woorde in ’n ry kry om beelde van ons lekker ou land op te tower? Mens sien sommer die rooi sand, kameeldorings en die klein tentjie wat onder die boom skuil met ’n sonsopkoms in die agtergrond wat deur geen kwas nagemaak kan word nie. Dan sien jy natuurlik jouself en ’n geliefde voor die tentjie sit met ’n vroegmôre koffie en ’n lekker boerbeskuit om die slaap uit jou sisteem te kry.
Bospoort beloof om altyd goeie diens en uitmuntende kwa liteit na te streef en net die beste produk op die rakke te sit. "Aan nuwe kliënte – probeer gerus ’n Bospoortbeskuit met julle koffie – julle sal nie spyt wees nie.”
Bospoort se beskuit-spyskaartDaar is tans agt opwindende geure waarvan Karringmelk die gewildste is. Probeer gerus hulle liplekker nuttywheat, Volgraan saadbeskuit, semelryke fruktose, pekanneut, sjokolade, klapper en kersie asook die lae Gibeskuit. Die hooflyne, karringmelk, nuttywheat en volgraan is in 1 kgverpakkings beskikbaar en die res in 400 g pakkies. Hulle verskaf ook karringmelk aan gastehuise en hospitale in enkelverpakking.
Kry jou Bospoortgunsteling by 'n Suidwes Kontreiwinkel.
Ver in die
Vollie Volgraan
Kallie Karringmelk
Pikkie Pekanneut Tjokkie chocolate Klasie Klapper Neelsie Nuttywheat
ruggedwear het ’n produkreeks vir die voller figuur.
Kleiner snit Groter snit
Tern Bloes Trogon
Kiewiet bloes Kite
Osprey bloes Owl
Klere waarin jy kan WERK, SPEEL En LEEf
Die storie van Ruggedwear
Die produksie-afdeling het in 2002 as Songizwe Clothing be-gin. Dit was deel van ’n werkskeppingsprojek wat skoolklere vir twee groot nasionale handelsname vervaardig het. Slegs totaal ongeskoolde werklose mense is in diens geneem en elke operateur is van nuuts af opgelei. Gedurende 2007 is Songizwe Clothing gesluit en die fabriek se deure is heropen as Sonqoba Apparel Manufacturers. Wat oorspronklik begin het as ’n werkskeppingsprojek het nou ’n ekonomiese be-magtigingsprojek geword.
6
V an die vroegste tye hou vrouens daarvan om mooi te lyk en klere te dra wat hulle goed laat voel. of hulle nou 'n glansgeleentheid bywoon, hulle dogters voorberei vir die matriekafskeid, hulle tooi vir 'n oggendtee of gereedmaak vir 'n vakansie in die
bos, daar gaan 'n tittewyt van 'n aard wees.Sommige vroue kry dit mos met die een hand agter die rug reg om
altyd stylvol te lyk met elke haartjie op sy plek. Vroue wat lief is vir die buitelewe en avontuur wil nie altyd 'n oorgroot themp en verlepte warmding om die kampvuur dra nie. niemand wil mos met 'n verbleikte bosbaadjie op vakansiefoto's verskyn nie.
Gelukkig is Ruggedwear se reeks vrouedrag daar om hierdie dilemma toe te zip. Hulle het 'n uitgebreide klerereeks wat gemaklik, stylvol en duursaam is. "ons is uiters gesteld op die gehalte en duursaamheid van al ons produkte en vervaardig produkte wat nie net bekostigbaar is nie, maar ook goed lyk. ons gebruik 100% katoenmateriaal van verskeie digthede vir die verskillende produkte," sê Lyzelle Chaffey van Ruggedwear.
Ons klere slaag die toets"Die maatskappy het sy oorsprong in Pietermaritzburg maar die fabriek is tans in Mbombela (nelspruit), Mpumalanga, die perfekte ’teelgrond’ vir ons klere, aangesien dit deur mense gedra word wat in die buitelug en bosveld van Mpumalanga werk en speel. ons het ge reken dat indien ons klere die toets slaag in die Laeveld, dit enige plek in Afrika net so gepas sal wees, waar dieselfde klimaat en omstandighede seevier."
omdat die klere van suiwer katoen gemaak word, hou dit 'n mens koel in die somer en warm in koue omstandighede. Vir die dames is die waterbestande baadjie, die Whimbrel, ideaal vir die vrou wat van die buitelewe hou en nie skrik vir 'n buitjie reën nie.
By 'n Kontreiwinkel naby jou Ruggedwear het ook 'n volledige reeks stylvolle, duursame en gemaklike mansklere vir die buiteleweman. Suidwes Landbou se Kontreiwinkels hou die Ruggedwearreeks teen bekostigbare pryse aan. in die volgende uitgawe fokus ons op heerlike warm winterbaadjies vir vrouens en mans. Moet dit nie misloop nie!
Pas perfek!
elektriese
Wat sal ons tog sonder elektrisiteit doen? Die moderne mens het so bederf geraak dat ons dit hoegenaamd nie meer as 'n luukse beskou
nie, dit is deel van ons bestaan. Dink jou in om nie 'n skakelaar te kan druk en lig te hê nie. ons dink ook selde aan die produkte wat ons in staat stel om ons toestelle met 'n kragbron te koppel – die muurprop, die gloeilamp, die skakelaar, die verlengkoord. Tog maak hierdie produkte dit vir ons moontlik om voordeel te trek uit tegnologie wat ons lewens maklik en gerieflik maak.
nexus,'n nuwe reeks elektriese produkte, is nou beskikbaar by al Suidwes se Kontreiwinkels. nexus het 'n reeks beskostigbare, innoverende produkte wat tegnologie aan energiebronne soos elektrisiteit of sonenergie koppel.
Uitgebreide navorsing en toetse is gedoen en slegs die heel nuut
UiT DiE BoKS MET
ste tegnologie en ontwerpe is oorweeg en gekeur vir die nexusprodukte. Byvoorbeeld die nexus Solartuinligte reeks spog met nuwe generasie amorfe sonkrag, LED en batterytegnologie. Die nuwe sonflesse is nou weerbestand en is in verskeie kleure LED weergawes beskikbaar.
nexus se produkte voldoen aan alle nasionale en internasionale standaarde om die veiligheid van jou en jou gesin te verseker. Hierdie reeks bied die verbruiker 'n volledige, goedontwerpte reeks elektriese oplossings. In die sonkragreeks is die volgende beskikbaar: tuinligte, veiligheidsligte en sonkragvlesse en lanterns.In die elektriese reeks is die volgende beskikbaar: verlengkoorde, multiproppe, koppelstukke, muurproppe, verlengkoorde op rolle, skakelaars en voorverpakte kabels en kabelbande.
Die lekkerte van beurtkrag is dat ons so bietjie uit die boks dink as dit by beligting kom. Son
kragenergie vir beligting is deesdae groot nuus. Die Organic Soul Solarjar gebruik sonkrag en is so mooi dat jy dit selfs binnenshuis kan gebruik. Die ligte is by Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar.
7
elektriese
beligting
Tower jou tuin in 'n sprokie om met solarliggies wat met 'n pen in die grond gedruk word. Dié liggies laai gedurende die dag en verlig jou tuin pragtig as die son sak. Die Nexus-liggies het 'n skakelaar om dit aan en af te skakel en kan in die tuin gelos word omdat dit reën- en weerbestand is. Beskikbaar by Suidwes Kontreiwinkels.
Gebruik Revet SDR vir:• Vuilkolleopklereasvoor-wasmiddel
• Verwyderaanpakselsinstorteentussenteëls
Kan suksesvol op die vol-gende gebruik word:•Mureenstoepe•Matte• Baddensenwasbakke• Stoof-enkom-buiswerkoppervlakke(dieprodukteisSABSSANS1828goedgekeur)
• Kantoortoerusting• Gebruikinmatwassers• Verwyderoliekolleopplaveisel
•Maakvetterigebraaiersenbraaiareasskoon
• Enigeoppervlakwatmetvet,olieofghriesbesmeeris,kanskoongemaakword
Revet-produkteisindieSuidwesKontreiwinkelsbeskikbaar.Ditisdieoplos-singviraldaardiehuis-houdelikeskoonmaaktake.
As jy moeg gesukkel is om daardie hardnekkige vuil merke skoon te kry, is jou soektog op 'n einde. Jy hoef nooit weer
'n magdom verskillende skoonmaakprodukte aan te hou nie, want Revet se SDR is hier om jou van vuilheid te red! Gooi weg al die onnodige ondoeltreffende skoonmaakmiddels en gebruik die een met oneindig baie aanwendings. Dit is boonop veilig om in die kombuis op werkoppervlakke te gebruik. Te goed om waar te wees?
SDR is 'n gekonsentreerde skoonmaakmiddel wat met gemak en veiligheid oral in die huis gebruik kan word. Dié algemene reiniger verwyder olie, vet en ghries sommer maklik. Dit is ook veilig om te gebruik in outomatiese skropma sjiene. Die produk is wateroplosbaar en nievlambaar. Revet se huishoudelike reeks produkte is van 'n baie hoë gehalte. Die maatskappy bestaan reeds sedert 1988 en streef daarna om gehalte produkte aan klante te voorsien.
in 'njiffieSilwerskoon
8
9
H ier is raad om die mees algemene insekte wat ons lewens versuur en ons huise betrek, van kant te maak.
Kakkerlak, jou vuile ding!Kakkerlakke kom voor waar daar vullis of voedsel is. Hulle is die draers van ’n verskeidenheid siektes waarvan die verskillende vorms van gastroenteritis (voedselvergiftiging, disenterie en diarree) die vernaamste siektes is wat deur hulle oorgedra word. Kakkerlakvelle, karkasse en mis vererger allergieë, veral by kinders en sensitiewe persone.
Kakkerlakke kan jou huis op verskeie wyses binnedring, deur krake, barste of rioolpype. Hulle kan selfs in jou kruideniersak beland en sodoende in jou huis versprei. Jou huis is die ideale teelaarde vir sekere kakkerlakspesies. Al wat hulle benodig is kos, water, warmte, en ’n plek om nes te skrop en kan die hele jaar aktief bly. Vir elkeen wat jy sien, is daar vele wat wegkruip en vermenigvuldig. omdat kakkerlakke tipiese nagdiere is, sal jy hulle heel waarskynlik nooit opmerk nie. indien jy wel kakkerlakke deur die dag sien, beteken dit dat daar oorbevolking is wat ernstige besmetting beteken.
’n Vlooi is ’n ding wat BYT!Troeteldiere is die ideale vervoermiddel van vlooie na jou huis. om van vlooie ontslae te raak, kan ’n moeilike proses wees en vereis roetine en geduld. Vlooie broei in warm, bedompige toestande en
suidwes KontreiwinKels hou 'n uitgebreide reeks Protekprodukte aan en die winkelas-sistente is opgelei om jou raad te gee oor die gebruik daarvan.
Protek Alphathrin is ’n sterk gekonsentreerde kontak- en maag insekdoder vir die beheer van huis houdelike insekplae soos miere, weeluise (bedluise), kakkerlakke, vismotte, vlooie, vlieë en muskiete. Dit is reukloos en vlekloos en kan om werksoppervlakke en op mure, beddegoed, gor-dyne, ens. gespuit word. Die produk werk vinnig en het 'n lang nawerkingstyd. Alphathrin se aktiewe bestanddeel is baie gekonsentreerd – meng dus slegs 5 ml per liter water. In die volgende uitgawe van SEISOENE kyk ons na nog ander huisplae en hoe jy dit kan bestry.
Spuit voor jy trap
kom regdeur die jaar voor. Hulle is op hul aktiefste gedurende die somer, veral ná die reën. 'n Vlooibyt is nie net ongemaklik nie, dit kan ook verskeie siektes veroorsaak. Vroulike vlooie kan vir weke op jou troeteldier leef en honderde eiers gedurende die tyd lê.
om die vlooiplaag behoorlik te bestry, behandel jou huis en tuin weekliks met Protek Alphathrin totdat die broeisiklus gebreek is en daarna elke twee maande.
Alphathrin kan met veiligheid binne en buite die huis gespuit word, self op jou troe teldiere se bedjies, maar moet dit nie direk op die dier spuit nie.
Probleme met die siektedraende vlieë? Die huisvlieg is nie net ’n oorlas nie, dit is ook skadelik vir mense en diere. Die huisvlieg is die mees algemene insekspesie en versprei ’n aantal potensieel dodelike siektes soos maagkoors, salmonella, tuberkulose, konjunktivitis, melaatsheid en cholera, sowel as derm wurms en die bakterieë wat verantwoordelik is vir disenterie. Hulle voed en reproduseer op vullis, ontlasting en ontbinde vleis. Huisvlieë ontlas elke 4 tot 5 minute en versprei siektes so. Hulle braak eers op jou kos voordat hulle voed. Die vroulike huisvlieg lê ongeveer 3 000 eiers in haar leeftyd van 21 dae en die vlieglarwes broei binne 24 uur uit.
om die verspreiding van siektes wat deur vlieë veroorsaak word te stuit, gebruik Protek Alphathrin, vir ’n vinnige uitklop en lang nawerking.
Somer is die tyd van die jaar wanneer peste en plae ver-woesting in jou huis en tuin saai. Maar moenie vrees nie, Protek het ’n volledige reeks produkte wat jou huis en tuin teen ongewenste gaste sal be skerm. Vul nou reeds jou voorraad produkte aan sodat jy nie onkant betrap word nie. Dit is nie meer nodig om die vlieëplak byderhand te hou of jou polvy te besmeer met kak-kerlaksop nie – Protek Alphathrin doen dit sommer namens jou!
jiffie
f is daar dalk ’n sielkundige verduideliking hiervoor? Volgens die ken
ners by Jack’s Paint is kleur ’n hoogs effektiewe vorm van nieverbale kommunikasie wat verskillende emosies ontlok en 'n sielkundige impak op mense het. As jy die uitwerking van kleur in ag neem, maak dit die keuse van verfkleure soveel meer doeltreffend. ons kyk na die betekenis en uitwerking van vyf verskillende kleure.
rooi is ’n gewilde keuse vir fokusmure wat ’n impak maak. Dit roep gevoelens van romanse en warmte op, inspireer moedigheid, verhoog energievlakke en stimuleer gesprekvoering. Wees versigtig om nie ’n hele vertrek posbusrooi te verf nie – jy sal dalk net rooi begin sien.
Gebruik: waar gekuier en gesels word soos die kombuis, eet en leefvertrekke.
Vermy: slaapkamers en vertrekke waar jy rustig wil ontspan.
geel word geassosieer met optimis me, vrolikheid, emosio nele sterkte, vriendelikheid en kreatiwiteit.
Gebruik: waar die illusie van meer spasie geskep moet word soos klein, smal ingangsportale en kombuise.
Vermy: die oordadige gebruik van geel in vertrekke, gebruik dit eerder as fokuskleur. Spatsels geel werk baie goed saam met verskillende skakerings van grys. Hulle sê dat babas geneig is om hui lerig te wees in geel vertrekke.
blou is die kleur vir ontspanning, vreedsaamheid en kalmte. Dit word beweer dat blou ’n mens se bloeddruk laat daal en produktiwiteit bevorder. Kies warmer skakerings van blou vir groot vertrekke soos leefareas pastelblou kan te koud vertoon. Probeer warm skakerings van blou soos periwinkle en turkoois.
Die kleur op die mure om jou het ’n groter invloed op jou gemoed en welstand as wat jy dink. Het jy al 'n vertrek met bloedrooi mure betree en gevoel hoe jou bloeddruk sommer ’n paar grade styg? Of dat jy sommer na ’n trui gryp die oomblik dat jy jou voet oor die drumpel van ’n ysblou kamer sit. Is dit net jou verbeelding?
Laat jou muresaampraat
span 'n breë rekkie oor 'n verfblik om oortollige verf van die kwas af te skraap. so mors jy nie verf nie en die kant van die blik bly skoon.
goeie idee
Gebruik: in slaap, studeer en badkamers en as aksentkleur in leefvertrekke.
Vermy: te veel blou veral in ’n vertrek wat nie baie natuurlike lig kry nie. As blou die primêre kleur van die vertrek is, bring warmte in met strooikussings, versierings en materiaal in dieper, ryk kleure.
groen werk uitstekend in enige vertrek en as dit saam met wit of blou gebruik word is dit ’n uitstekende kombinasie wat ’n kalm en rustige atmosfeer skep.
Gebruik: in gesinsvertekke en sitkamers waar ’n gemaklike, kuier atmosfeer geskep wil word.
Vermy: daar is eintlik geen vertrek waar groen nie uitstekend sal werk nie omdat dit so veelsydig is.
pers se donker skakerings, soos eiervrug, is ’n luukse, treffende kleur wat gesofistikeerd en stylvol is. Dit versterk kreatiwiteit
en verskaf ’n dramatiese gevoel aan ’n vertrek.
Gebruik: ’n sterk pers as ’n fokuskleur in ’n vertrek en op meubels – dit sal beslis ’n sterk stelling maak. Gebruik ligter skakerings soos laventel en lila vir vertrekke waar kreatief gewerk word, die ligte kleure is ook ontspannend en strelend.
Vermy: pers kan amper in enige vertrek suksesvol gebruik word.
Die invloed van kleur op ’n mens se gemoed is iets om in gedagte te hou wanneer jy kleure vir jou binnemure kies. Jack’s Paint se verskeidenheid verwe is doelgemaak om op enige oppervlak van mure tot meubels en teëls te gebruik. Vra jou naaste Suidwes Kontreiwinkel vir hierdie uitstekende reeks produkte.
10
stap 3: Sodra die verf heeltemal droog is (dit neem drie tot agt ure), vryf bordkryt liggies oor die opper-vlak. Vee dan die kryt met 'n lap af.
MengjoueiebordverfOns almal ken die swartborde, wat dikwels so 'n donkergroen was, van skooldae af. Die meeste bordverf wat kommersieel beskikbaar is, is egter swart. Hier is 'n resep om bordverf in enige kleur te maak. Beleef hoe gaan die kreatiewe deure vir jou oop.
stap 1: Skep 'n halwe koppie van die Panache Super Acrylic PVA in 'n mengbak. Voeg dan een teelepel van die voegbry by die verf. Meng baie goed tot dit glad is. Voeg wa-ter by om die verf meer vloeibaar te maak indien nodig.
stap 2: Verf die oppervlak met die bordverf. Moet nie te veel verf aan-maak nie, dit word gou droog en hard en is dan onbruikbaar.
Jy het nodig:1. Jack's Paint Panache Super
Acrylic PVA in die kleur van jou keuse
2. Wit voegbry (tile grout)3. Vier houtplankies van
20 x 20cm4. Maatkoppies en 'n mengbak
siedaar! Bordverf in die kleur van jou keuse. Gebruik jou verbeelding oor waar jy die verf in die huis wil gebruik. Die verf werk ewe goed op mure as op houtplankies.
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop Snappy Chef-produkte by 'n Suidwes Kontreiwinkel ter waarde van meer as R520 en kry R50 afslag op die totaal.
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop 1kg Bospoortbeskuit en kry R10 afslag! Van toepassing op alle geure wat by Suidwes Kontreiwin-kels verkoop word.
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Kry R50 afslag op aankope van meer as R350 op Ruggedwear se hemde, broeke of wintersbaadjies vir dames en mans by enige Suidwes Kontreiwinkel.
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop enige Nexus-solarligte ter waarde van R200 en kry R25 afslag by enige Suidwes Kontreiwinkel.
goeie idee Bederf jouself met dié afslagbewyse van die Seisoene Damesklub. Alle promosieprodukte is by Suidwes Kontreiwinkels te kry.
11
12
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop 'n Organic Soul Solar Jar by jou Suidwes Kontreiwinkel en kry R15 afslag.
Môre dames, my naam is Sakkie en ek is ’n man. Ja, ek was eers Isak, maar ek mag nie daai storie hier in sulke uitgesoekte en fyn geselskap vertel nie – Beste het my gewaarsku oor sulke stories. O ja, Beste – sy was eers weder-helfte, toe word sy beterhelfte en na die ongelukkie word sy toe die beste helfte of sommer Beste om dit kort te hou. Sy is ’n vrou. My vrou. Ma het gesê ek sal nooit vrou kry nie, maar Ma het nie toe vir Beste geken nie.
Beste dink Bos het meer met die ongelukkie te doen gehad as wat ons wil voorgee. Dis eintlik nie waar nie. Bos is my mater van dienspligdae af al. Bos is heel anders as ek. Bos kan wild raak, dis hoekom hulle hom van army-dae af Bos noem. Maar Sus het hom mak gemaak, dis nou Bos se vrou. Sy is eintlik Susara of iets, maar somer Sus vir ons.
Ek dink eintlik ek en Bos verskil so baie omdat ons grootworddae so anders was. Bos is een van vyf seuns en niks sussies nie. Ek het in ’n huis vol vrouens grootgeword. Pa is vroeg Sandfontein se sipresse toe oor sy hart ingegee het. Dit was maar altyd ek saam met Ma, Ouma, Riet (ousus), Els (middelsus) en Kof (kleinsus, al is sy ouer as ek). Ek het van kleins af hulle name korter gemaak om vinniger te kon praat. In ’n huis vol meisies word daar baie gepraat, as jy ’n beurt wil he moet jy jou woorde vinnig uitkry.
Bos sê altyd ek dink ek weet alles
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop 'n 5 liter Revet SDR by jou naaste Suidwes Kontreiwinkel en kry R10 afslag.
goeie idee Bederf jouself met dié afslagbe wyse van
die Seisoene Damesklub. Alle promosieprodukte
is by Suidwes Kontreiwinkels te kry.
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop Protek Alphatrin 50ml by 'n Suidwes Kontreiwinkel en kry R13 afslag.
van vrouens af. Dis nie waar nie, nie-mand weet dít nie, maar Bos weet niks, ek dink hulle het een veraf niggie in ’n groot familie van seuns. In elk geval, as ek alles van vrouens af geweet het sou ek dalk belangstelling verloor het – dis baie makliker om sommer net vir hulle om te gee. En ek het hard geleer weens my sussies, hulle vat nou nog nie non sens van my af nie. En ek het baie geleer by Beste en my eie meisiekind – ek let op as mense om my skreeu of huil.
Een lessie sal ek nie vergeet nie. ’n Hele paar jaar terug, meisiekind was seker vyf jaar oud, slaap ons een Sater-dagoggend bietjie laat toe sy by ons in die bed kom spring. Sy het Beste se grimering in die hande gekry en die hele bekkie is met rooi besmeer tot by die wange verby. Sy lyk vir my soos ’n narretjie met die groot rooi mond. Ek maak die fout om te lag. Groot fout – jy lag nie, of maak enige grappies as ’n vrou, van énige ouderdom, haar self mooigemaak het nie. Meisiekind het uitgestorm en verdwyn. Ek kyk verward na Beste: “Jy gaan baie mooi moet werk vir vergifnis, sy het gedink sy maak haar mooi en toe lag jy vir haar.” Ek kry haar in die verste hoek van die huis in die studeerkamertjie wat vanself ’n pakkamer geword het. Sy sit letterlik in die hoek en huil.
“Pappa het gelag van blydskap om-dat jy so mooi lyk,” lieg ek hulpeloos.
Maar as die nood so hoog loop, en die waarheid hartjies kan seermaak, dan lieg ’n pa maar en ek is seker dit sal vergewe word. Toe probeer ek Bos help, ag vader tog my vrind is ’n hele sendingveld. Ek sê vir hom, “Bos, jy kannie vir Sus sê haar rok laat haar vet lyk nie, g’n wonner sy is so de moord in vir jou nie.”
“Maar sy’t self gevra of die rok haar laat vet lyk!” verdedig hy.
“Toe sê jy JA?”“Ja. Sus is vet – o ek mag dit seker
ook nie sê nie, sy’s seker agterstewe-agtergeblewe, maar ek hou van haar so, sy is vir my mooi net so.”
En al wat ek daarop kan sê is: “Amen my vrind, sê dit so vir haar.”
GroetnisSakkie
Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
Koop enige Jack's Paint-produkte ter waarde van meer as R500 by 'n Suidwes Kontreiwinkel en ontvang R50 afslag op die totaal.
Luister as die trane spat