doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n gemeente aanbid in gees en in waarheid – johannes 4. ons...
TRANSCRIPT
Predikant Dinant Zwemstra [email protected] 083 601 8986
Kantoor Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584
Kantoorure Maandag-Donderdag 08:00 – 13:00
Webwerf Kobus Buys/Chris Joubert www.gkstrand.co.za Wagwoord:GKStrand
Facebook www.facebook.com/groups/strandgk Eredienste op Internet:
Eredienstye 09:00 (oggend-somer) 18:30 (aand)
09:30 (oggend-winter) 18:30 (aand)
http://kerkdienstgemist.nl
Skriba Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584
Redakteur Thys Ebersohn [email protected] 081 784 1904
Diakonie Herman Geyer [email protected] 074 279 1011
KERKINLIGTING
Doppertjie Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Strand
No. 26/2020 12 Julie
jJ
Oggend Votum
Seën
Lofsang : Lied 205:1,2,3
Oordink : HK, Sondag 28, v/a 75
Sing : Psalm 145:1,2,4,9 (2001)
Oordink : HK, Sondag 28, v/a 76
Gebed
Skriflesing & prediking
Teks : Johannes 7:37-8:11
Oordink : HK, Sondag 28, v/a 77
Sing : SB 12-3:1,2,3
Oordink : HK, Sondag 30, v/a 81
Gebed
Sing : Lied 203:1,2,3
Wegstuurseën
PREEKSKETS: SONDAG Johannes 8:1-11
Teks: Johannes 7:37-8:11
Fokus: Johannes 8:1-11
DV 26 Julie vier ons Nagmaal, en daarom gaan ons vandag so bietjie stilstaan by
hierdie bekende stuk geskiedenis in Johannes 7 en 8. Dit help ons met ons
selfondersoek... Die vraag is dan vanoggend: Wat is my houding teenoor Jesus
Christus?
In Johannes 8 word hierdie vraag nie reguit gestel nie, en tog is dit ten diepste
waaroor hierdie gedeelte gaan: wat is jou houding teenoor Jesus Christus? En hierdie vraag geld vir sowel die aanklaers as die aangeklaagde in hierdie stukkie
geskiedenis.
Die Fariseërs bring ’n owerspelige vrou na Jesus toe om hom te probeer vastrek met ’n slinkse vraag. Dan is Jesus se reaksie baie interessant!
Jesus kies vir die steniging as straf, presies soos wat die wet van Moses dit
voorskryf. En Hy roep die getuies van die vrou se sonde om sélf met die teregstelling te begin.
Die vrou, as aangeklaagde, verdwyn uit die prentjie. Jesus rig Hom tot die
aanklaers! Hy dwing die aanklaers tot selfondersoek, want Hy weet dat hulle besig is om, in hierdie spesifieke geval van die owerspelige vrou, die wet op ‘n onwettige
wyse te gebruik. Hulle misbruik die wet van Moses. Hulle reaksie is hartseer – hoewel hulle gewete hulle wel aangekla het, sluip hulle
een vir een weg, skuldig, in plaas daarvan om na Jesus te gaan.
En dan is daar nog die vrou…
Noudat die aanklaers weg is, nou bly sy alleen agter by Jesus. Nou is hierdie vrou nie meer onder die beskuldiging van die getuies nie, maar nou staan sy, en sy
alleen, voor Jesus. Hy stuur haar nie net weg nie, nee, Hy beveel haar uitdruklik: “… sondig nie meer nie.” Jesus roep hierdie vrou op om ‘n nuwe lewe te begin,
om nie meer te lewe soos wat sy voorheen gelewe het nie.
Ek en jy staan ook elke dag as’t ware voor Jesus, met al ons sondes. Maar wat doen ons? Sluip ons weg, een vir een? Of gaan ons juis na Hom toe met berou.
Voordat ons Nagmaal gebruik die 26e, kom ons vra net weer vir mekaar: Wat is
jou houding teenoor Jesus Christus?
HERVATTING VAN KERKDIENSTE
Liewe Lidmaat,
Ons het nou reeds drie eredienste weer in die kerkgebou gehad.
Dit gebeur met die nougesette nakoming van die voorgeskrewe protokol soos
deur die regering vereis.
Die kerkraad onderneem om in terme van die voorgeskrewe maatreëls, die
kerkgebou so veilig menslik moontlik te maak. Ons doen egter ook ’n beroep op
elke lidmaat om ag te slaan op die voorsorgmaatreëls en diensooreenkomstig
verantwoordelik op te tree.
Die dienste word steeds deur die Internet uitgesaai via YouTube en
Kerkdienstgemist.
Ons vra dat gemeentelede gedurende die week voor ’n betrokke Sondag sal RSVP,
indien die diens bygewoon gaan word. Stuur ’n whatsapp of ’n sms vir Hannelie
(072 857 2328), met jou naam en getal bywoners, bv. Dinant –5.
Ons hou by die protokol soos deur die regering voorgeskryf word. Dit sluit in die
dra van maskers – ook tydens die erediens – die byhou van bywoningsregisters,
reiniging van hande en die kerkgebou en handhawing van afstande. Die
voorskrifte is in die Staatskoerant gepubliseer en is hier beskikbaar:
https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202005/43365gon609s.p
df
Ons bly vashou aan Christus as die Koning van ons Kerk. Ons is Sy Bruid! Mag
Hy ons elkeen ook vashou en lei in hierdie vreemde tyd, en mag ons steeds getrou
bly aan Sy roeping om ware kerk te wees. Meer Christus, minder ek!
Indien daar enige navrae is, kontak my of jou ouderling gerus.
Groete,
Dinant Zwemstra
GK STRAND, NAGMAAL EN COVID-19 Die kerkraad het oor 3 vergaderings besin oor die viering van Nagmaal in hierdie
tyd, en ook by die Klassis gaan raad vra oor hoe ons daaroor moet dink.
Die vraag op hande is: gaan ons nie Nagmaal oorspeel deur dit nou te vier nie? Of
gaan ons Nagmaal onderspeel deur dit nie nou te vier nie? Inderdaad ’n vraag wat
baie wysheid kort en wat die kerkraad biddend benader het.
Lees gerus die volgende rustig met bepeinsing deur en indien daar enige
onduidelikheid is, kontak gerus enige ouderling of vir Dinant.
’n Paar prinsipiële sake het na vore gekom, en die belangrikste daarvan is die
volgende:
Kerkeenheid in Grendeltyd:
• In terme van die bediening van Nagmaal, moet elke Kerkraad vir homself
besluit wat die meeste tot stigting sal dien (Kerk Orde, Artikel 62)
• ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie
gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en
Woordverkondiging nie los van mekaar kan geskied nie.
• Die kerk se eenheid word gevind in ons geloof in Christus, en deur die
inwoning en werking van die Heilige Gees. ’n Fisiese bymekaarkom in ’n
erediens vergestalt daardie eenheid. Die gemeente se eenheid lê in sy wese
nie in die bymekaar kom nie, maar in ons geloof. Indien ons eenheid in ons
fisiese bymekaar kom sou wees, dan sou dit beteken dat die liggaam van
Christus (kerk) vir ’n ruk ontbind was, en dit kan nie.
• In ons eenheid (en in die manier hoe ons nou vergestalting daaraan gee), is
Christus se opdrag tot die viering van Nagmaal steeds belangrik. Ons mag
nie Nagmaal net onverwyld uitstel nie – dit sou uitloop tot ’n onderwaardering
van Nagmaal.
Wat van die toesig van die Ouderlinge oor Nagmaal?
• Ouderlinge neem nie verantwoordelikheid van lidmaat weg nie. Die ouderlinge
neem die verantwoordelikheid om die lidmate te herinner aan húlle
verantwoordelikheid. Die Ouderlinge roep lidmate op tot selfondersoek, hulle
doen nie die ondersoek vir en namens die lidmaat nie. Die Nagmaalsformulier
maak dit ook duidelik dat elkeen hom/haarself vooraf sal ondersoek.
• Dit is wel so dat mens nie beheer het oor wie almal saam Nagmaal aanlyn vier
nie, en in so ’n geval neem daardie persoon verantwoordelikheid, en die
formulier maak dit ook duidelik dat iemand wat liefdeloos en aanstootlik lewe
nie Nagmaal moet vier nie.
Is dit nie bygelowig om Nagmaal nou te vier nie?
• Indien iemand glo dat die viering van Nagmaal een of ander magiese krag
gaan hê (soos om jou te beskerm teen Covid 19), dan het jy ’n bygelowigheid,
en maak so ’n persoon meer van die Nagmaal as wat dit is. Dan word Nagmaal
’n towerry, of ’n manier om die Here te probeer manipuleer. (Formulier stel
dit ook duidelik: Daarom verkondig ons aan alle afgodsdienaars, towenaars
en waarsêers en die wat aan hulle glo, ... om nie na die nagmaal van die Here
te kom nie.)
• Nagmaal is ’n herinneringsmaaltyd wat ons fokus op Christus stel, op Sy liefde
vir ons. Die waarde van Nagmaal in hierdie tyd is dat ons opgeroep word en
herinner word dat Christus ons enigste Verlosser is.
• Wanneer ons aan Christus dink, word die tekens van brood en wyn telkens
weer 'n versekering dat Hy Hom in ons plek oorgegee het en dat Hy ons so
seker met sy liggaam en bloed voed as wat ons die brood en wyn eet en drink.
So wil die lewende Christus deur sy Gees ons van sy liefde verseker!
GK Strand, Covid-19 en Nagmaal?
• Die besluit is dat ons as gemeente die Nagmaal vier DV 26 Julie 2020. Of jy
dit saam vier in die kerkgebou, en of jy dit saam vier by jou huis (tydens die
uitsending), roep ons elke lidmaat op, om soos gewoonlik, onsself diepgrondig
te ondersoek, om onsself met ’n diep berou voor God te verootmoedig, en met
’n hartlike feestelike dankbaarheid die verlossing in Christus in die geloof te
omhels.
Mag die Here ons elkeen hierdeur versterk, en in die seëninge van die Nagmaal laat
deel!
JUIG-TYDSKRIF Ons het die volgende skrywe van die redakteur van Juig ontvang. As iemand sou
belangstel, kontak asseblief vir Thys Ebersohn (081 784 1904).
Hallo beste vriende en familie
Soos julle weet, het COVID-19 soveel lewens ontwrig, myne ook – omdat ons bedryf
baie swaar getref is. Ons maatskappy het elkeen gevra om 50 eksemplare van die Bybel
in 'n Neutedop te verkoop om die koste van ons salarisse te help dek.
Ek stuur die e-pos in die hoop dat jy sal belangstel om hierdie ongelooflike
Bybelkommentaar (teen ’n laer prys) te koop en sodoende sommer ook te help om ons
wa deur die drif te kry.
Ek het The Bible in a Nutshell: Old Testament en Bible in a Nutshell: New Testament in
Engels beskikbaar. In Afrikaans het ons net die Nuwe Testament beskikbaar. Die beste
scenario is om die Ou én Nuwe Testament saam, vir R200 te koop.
As jy kan, en gretig is om my te help, stuur ’n “ja” en ons sal iemand kry om jou by te
staan met die aankoop en aflewering van jou Bybel in ’n Neutedop.
Baie dankie, ek waardeer jou ondersteuning opreg
Liefde
Lourieke Haller
HUISBESOEKBRIEF Liewe Lidmaat,
As gevolg van die beperkingstyd waarin ons is, het ons as gemeente nie Nagmaal gevier
op 7 Junie 2020 nie. Nagmaal is nie iets wat ons sommer net goedskiks kan uitstel soos ons wil nie, want die viering van die nagmaal is 'n uitdruklike bevel van Christus. Hy het ten opsigte van die nagmaal beveel: "Doen dit tot my gedagtenis" (Luk 22:19; 1 Kor.
11:24). In gehoorsaamheid aan Hom wil ons dus wél Nagmaal vier. Uiteraard is die vraag dan: maar hoe? Hoe vier ons Nagmaal op ’n stigtelike en gewyde manier in ’n tyd
soos hierdie?
Na deeglike besinning, asook advies wat ons vanaf die klassis ontvang het, wil ons graag Nagmaal vier op 26 Julie 2020, DV.
Uiteraard kan en mag ons nie almal in die kerkgebou byeenkom nie, maar ons kosbare eenheid lê in ons geloof in Christus Jesus ons Here. Ons kan dus nie ons eenheid uitdruk
deur saam te wees nie, maar ons kan steeds in Gees en Waarheid die Here saam aanbid, al is ons nie fisies bymekaar nie. Die Nagmaal gaan in die kerkgebou bedien word, en, indien jy gemaklik is daarmee, is jy welkom om dit tuis saam met ons te vier.
Met die oog op die Nagmaal wat dan op ’n ander manier geskied as wat ons gewoond is,
is dit juis ’n goeie tyd om net weer te besin oor Nagmaal. Wat is Nagmaal?
Nagmaal is een van die genademiddele wat die Here vir ons gee. Onder die
genademiddele word verstaan die middele wat die Heilige Gees gebruik om die geloof in ons tot stand te bring (dit te werk) en daardie geloof dan ook weer te versterk. Daar is twee genademiddele, naamlik die Woord en die Sakramente. Deur die Woord werk en
versterk die Heilige Gees ons geloof, maar die sakramente (doop en nagmaal) as herinneringstekens, voed en versterk dan daardie geloof.
Nagmaal is ’n herinneringsmaaltyd, deur Christus ingestel, daar was nie ’n kerk wat dit self uitgedink nie. (Matt 26:17-30; Mark 14:12-25; Luk 22:7-23; 1 Kor. 11:23-29).
Nagmaal se doel is dus om ons te herinner aan die versoeningswerk en sterwe van
Christus. Die gelowiges mag dit nooit vergeet nie. Daarom het Christus ook beveel: "Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis" (1 Kor. 11:25). Die kerk moet daarmee aanhou totdat Christus kom (1 Kor. 11:26).
Die nagmaal wys egter nie net terug nie (gedagtenismaaltyd), dit wys ook vorentoe na
die Bruilofsmaal van die Lam (Op 19:7-9). So wys die nagmaal ook heen na die ewige lewe en saligheid wat wag op die kinders van God op grond van die versoeningswerk van Christus.
Nagmaal is ook ’n belydenis. Deur die gebruik van die Nagmaal bely die gelowige:
• dat hy 'n sondaar is, • dat hy glo dat God om Christus ontwil sy sonde vergeef het,
• dat hy van voorneme is om verder aan Christus gehoorsaam te wees en volgens al die gebooie van God te lewe;
• die gemeenskap (eenheid) met die ander gelowiges. (Vgl. Nagmaalsformulier: "...
almal saam een liggaam . . .".)
Die brood en die wyn as teken en seël...
’n Teken sê: “net soos” ’n Seël sê: “net so seker”
As teken wys die brood wat gebreek word en die wyn wat gedrink word heen na die
gebreekte liggaam en gestorte bloed van Christus. As teken verduidelik dit verder aan my dat net soos die brood gebreek en die wyn uitgegiet word, net so is Christus se liggaam gebreek en sy bloed vergiet tot volkome versoening van al ons sondes.
As seël verseker die nagmaal my dat net so seker as wat die brood voor my oë gebreek
en die wyn uitgegiet word, net so seker is die liggaam van Christus gebreek en sy bloed vergiet tot volkome versoening van al my sondes.
Selfondersoek...
Dit is absoluut noodsaaklik dat 'n mens jouself behoorlik moet voorberei vir die viering van die nagmaal. Die Bybel leer dit vir ons baie duidelik as ons lees: "Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink . . ." (1 Kor.
11:28).
Hoe doen ons selfondersoek? Soms dink mense selfondersoek beteken dat ek oor my sonde moet nadink, en alhoewel dit waar is, is dit maar ’n derde van die volle waarheid. Selfondersoek geskied soos volg:
1. Jy moet jou sonde ken, daaroor berou hê en dit voor God bely, maar dit nie waar dit eindig nie...
2. Jy moet glo dat al jou sondes jou volkome vergewe is ter wille van Christus. 3. Jy moet jou van harte voorneem om uit dankbaarheid nie verder in jou sonde
voor te lewe nie, maar om net te lewe volgens die wil van die Here. Wanneer ons Nagmaal gebruik sonder om na te dink waarmee ons besig is, dan is die
gevaar dat ons ’n bespotting daarvan maak. Dat ons uiterlike handeling sê ons dien en eer Christus, terwyl ons harte ver van Hom af is. Hou dus dit absoluut in gedagte:
Nagmaal ’n heilige instelling van Christus, en behoort daarom met die nodige respek, agting en vreugde gebruik te word.
Selfondersoek behels ook ’n ondersoek na my siening rondom Nagmaal. Nagmaal opsigself is nie ’n magiese gebeurtenis wat een of ander krag uitstraal nie. Ons krag en
genade lê in Christus, deur die werking van die Heilige Gees. Indien ons Nagmaal gaan vier om daardeur (bv) Covid-19 van ons af weg te hou, dan is ons besig met gruwelike bygelowigheid en towery, en maak ons iets van Nagmaal wat dit nie is nie.
Die nagmaal en ons geloofslewe...
Die viering van die nagmaal moet 'n uitvloeisel van 'n gesonde geloofslewe wees en is beslis geen assuransie vir saligheid nie. Daarom is dit heeltemal teenstrydig (eintlike
leuens) om Christus in die gewone, alledaagse lewe nie te ken en te eer nie, en dan tóg begerig te wees om deel te hê aan die nagmaal (wat 'n verkondiging van Christus is).
Slot Mag ons elkeen ons identiteit in Christus herontdek wanneer ons nadink oor ons sonde,
verlossing en dankbaarheid, en mag Nagmaal (26 Julie 2020) ’n heerlike herdenking wees van ons vryheid in Christus. Want sy liggaam is gebreek, en sy bloed het gevloei as ’n
volkome versoening van al ons sondes.
VERJAARSDAE
Sondag, 12 Julie
Joyce Liebenberg
082 459 3212
Dinsdag, 14 Julie
Gail Buys 082 782 4954
Vrydag, 17 Julie Biance Viljoen
061 981 3024
Marcé Els
063 972 2665
Marion Aucamp
083 347 3269
Ons wens almal die seën
van die Here toe op die
nuwe lewensjaar.
Veels geluk!
OFFERGAWES Vandag
Teologiese Studentekas Bolandse Bedieningsfonds
LIEF & LEED Alta du Preez is die week oorlede. Haar troosdiens sal moontlik komende
Woensdag wees.
Linda Coetzee se operasie is uitgestel.
Hannes Styger se COVID-19 se uitslag was negatief.
KOSPAKKIES
Ons gemeente het kragte saamgesnoer met Hepende Hand om kos by
behoeftige mense te kry. Kontak asseblief die organisasie as u wil help.
MOSAMBIEK UITREIK: VOORBIDDING Ons gemeente het elke jaar ’n uitreik wat ons doen na Mosambiek toe. Die afgelope
paar jare stuur ons vir Danie en Bonny Murray, saam met Vinicius en Elizabeth
Bantim, wat ’n skitterende span is, omdat hulle almal Portugees magtig is. Hierdie
jaar se uitreik was beplan vir Augustus. Uiteraard gaan dit nie meer geskied soos
normaal nie. In gesprekke met Vinicius het die Evangelisasie Diensgroep voorgestel
dat ons hierdie jaar se uitreik via whatsapp/zoom/skype/ens... doen. Die predikante
in Mosambiek het redelik toegang tot selfone. Vinicius Bantim gaan met die
predikante daar gesels en hoor hoe moontlik is so ’n tipe uitreik is.
Kan julle asseblief saam met ons hiervoor bid?
KOLLEKTES
Weens die inperking en dienste wat deur die internet uitgesaai word, is die kollektes
uiteraard ook minder. Ons moedig ons gemeentelede aan om die kollektes deur
snapscan of elekroniese oorbetalings af te dra.
Die Diakonie se uitgawes is besig om toe te neem met die nood wat groter word.
Gebruik gerus een van die volgende ABSA rekeninge met verwysing Kollekte:
Bank: Absa (Strand)
Diakonie bydraes: Kerklike bydraes:
Rekeningnommer: 406 032 6008 Rekeningnommer: 405 910 6960
Die takkode vir beide rekeninge is 632005
GRASSY PARK UITREIK
Ons gemeente het ’n lang verbintenis met die Grassy Park-gemeente en die mede-
gelowiges in Mitchells Plein. Die nood is in die gebiede hoër as gewoonlik as gevolg
van die inperking en pandemie.
Ons versoek ons lidmate om klere, nie-bederfbare kos- en selfs kontant-bydraes te
maak vir ons broersen susters op die Kaapse Vlakte wat in nood verkeer.
Kontak vir Dinant of Elbé van der Merwe (082 931 6494) vir meer besonderhede.
BEVESTIGING VAN AMPSDRAERS Die volgende broers en susters word volgende Sondag, 19 Julie bevestig:
Ouderlinge Diakens
Konrad Ludeman Ilse Kaspers
Bernard Mostert Ria Ligthelm
Cobus Coetsee Marisa Botha
Marius Wüst
Johan Erasmus
Sarel Lubbe
Hennie Roos
DIE KERKBLAD Om op Die Kerkblad in te teken, skakel vir Angie Mokobi by die Administratiewe
Buro (018 297 3986) of stuur ‘n e-pos na [email protected].
Pryse is soos volg:
• Die Kerkblad (self afhaal by Admin Buro, posgeld uitgesluit, 11 uitgawes) –
R301
• Die Kerkblad (individuele intekening, posgeld ingesluit, 11 uitgawes) – R434
• Die Kerkblad (in groep, na die gemeente gestuur, posgeld ingesluit, 11
uitgawes) – R407
• Die Kerkblad (elektroniese intekening, ontvang per e-pos, 11 uitgawes –
R126
• Intekening moet skriftelik gekanselleer word
JEUG SPELETJIESAAND Ons hoërskooljeug word uitgenooi om die speletjies-aand mee te maak!
ONDERSTEUN ONS LIDMATE!
Gekwalifiseerde
versorger beskikbaar
Maandae tot Vrydae
08:00 - 16:00
Sandra
079 885 4623
Ek maak gordyne,
romeinse blindings en
kwilts.
Skakel Antonia Cloete by
073 006 0640
Grafiese ontwerper doen
logos, brosjures,
besigheids- en produk-
indentiteit en nog meer.
Skakel Ian by
084 720 9528
Avroy Shlain
Skoonheidsprodukte
Sanet Grönum
082 381 8854
Ek verskaf, en is ‘n
invoerder van mediese
toerusting en
gebruiksitems. Kontak
Erica Versteegh by
021 856 3714 of
Vir algemene rekenaa-
rherstel-werk en -
opgraderings (insluitend
netwerke), kontak
Dewald Koen
060 971 1009
084 678 1297
Kontak Miriam Barnard
vir natuurlike
gesondheids-produkte,
Sportron Ascendis en
handgemaakte produkte
bv. tafelmatjies,
inkopiesakke ens.
083 744 6886
Vir beter kennis oor
grondgeskiktheid en
doeltreffende besproeiing
in jou tuin, kontak gerus
vir Giel Streuderst MSc.
(Agric.) by 082 388 0064.
Kom leer om jou eie
Tiffany lampe te maak
asook vensters en deure!
Kontak Jetty Salomons op
082 320 6577 of
021 856 0736.
Bioway MULTI Insect and
Dustmite KILLER maak
alle koudbloedige insekte,
larwes en eiers dood !
Natuurlike produk, Veilig
vir mense en troeteldiere.
Salome Kruger
072 591 2667
Gratis finansiele dienste ,
gratis testamente ,
besparing op maan-
delikse versekerings
uitgawes asook die
beskerming van fondse.
Skakel vir Jannie Grimbeek
0828823638 of epos
a.
Kontak gerus vir Hermie
as jy ‘n ou teddiebeer wil
laat regdokter
083 300 8999
Vir Aluminiumgeute en
afvoerpype skakel vir
Hugh of Hermie Michler
083 300 8999
Vir alle verfwerk in en om die
huis, skakel Jan van der
Waals
072 424 4653
Vir enige elektriese
herstelwerk of installasies,
kontak Mossie Mostert
072 910 8244
Kontak Gerrit Earle vir enige
staal- en sweiswerk en die oprig
van Wendy-huise. Hy kan ook
klein vragte vervoer.
Kontak Gerrit by
073 654 4345
Vermy enkelgebruik plastiek
items. Kontak my vir Eko-
vriendelike produkte:
Herbruikbare Katoen
Groentesakkies en
Inkopiesakke, asook
Bamboes Tandeborsels en
Bamboes Strooitjies ens.
Karen Versteegh 0827676833
of besoek
https://hug-tree.co.za/
b. Stringligte te huur, skakel
Karen 0827676833