finaal - visuele kuns vs1 gr 11 - model · westerse kuns (2) 5.2 skryf 'n paragraaf waarin jy...

22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye wat volkleur visuele bronne insluit. VISUELE KUNSTE V1 (VISUELE KULTUURSTUDIES) MODEL 2007 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Upload: others

Post on 15-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 100 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye wat volkleur visuele bronne insluit.

VISUELE KUNSTE V1 (VISUELE KULTUURSTUDIES)

MODEL 2007

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

Page 2: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

LOS HIERDIE BLADSY BLANKO

Page 3: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Verwys na die visuele bronne waar van toepassing. Inligting wat in een antwoord bespreek word, sal NIE krediet ontvang as dit in 'n ander antwoord herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is toe-laatbaar. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat bespreek word. Skryf in 'n duidelike, kreatiewe en ordelike styl en gebruik volsinne en paragrawe waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.

In hierdie eksamen word van jou verwag om die volgende te demonstreer: • Die korrekte gebruik van kunsterminologie • Die gebruik van visuele analise en kritiese denke • Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks • Die plaas van voorbeelde in 'n sosiale en historiese konteks • Begrip van bepaalde kunsstyle • Die identifikasie van die professionele praktyke van plaaslike kunstenaars

WOORDELYS: Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n sekere vraag te benader:

Analiseer Vergelyk Bespreek Verduidelik Interpreteer Noem

: : : : : :

'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat, ensovoorts) en komposisie van die werk Dui die verskille en ooreenkomste in 'n geordende volgorde binne dieselfde argument aan Gee jou standpunt en gee redes vir jou stellings Verklaar en gee redes vir jou stellings Gee 'n ingeligte mening wat deur voorbeelde ondersteun is Sê direk wat jy dink - gee jou mening en 'n verduideliking

Page 4: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

VRAAG 1 Jy word versoek om 'n kunsuitstalling vir die ruimte in FIGUUR 1 saam te stel. Bestudeer hierdie illustrasie en skryf 'n opstel oor die volgende: • Verduidelik waarom dit belangrik is vir kunstenaars om hul werk uit te stal. • Kies 'n tema en titel vir jou uitstalling, gee redes vir jou keuse van onderwerp en

gebruik die korrekte kunsterminologie. (Dit kan iets soos gesigte/portrette of diere wees, of die kuns van 'n spesifieke beskawing/styl.)

• Bespreek ten minste DRIE werke wat jy vanjaar bestudeer het en graag by die uitstalling sou wou uitstal.

• Watter inligting sal jy aan die toeskouers oor die uitstalling gee? Dink aan die etikette langs die kunswerke of 'n brosjure om die tema van die uitstalling te verduidelik.

• Oorweeg 'n plek in jou gemeenskap waar jy die uitstalruimte sou wou plaas. Gee redes vir jou keuse.

Page 5: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

FIGUUR 1: 'n Kunstenaar se voorstelling van 'n uitstalruimte [20]

Page 6: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

VRAAG 2 Gedurende die Franse Rewolusie het Jacques-Louis David sy kuns vir propaganda gebruik. In die skildery, Die Eed van die Horatii, gebruik hy Antieke Rome as inspirasie. In hierdie skildery sweer die drie broers 'n eed voor hul vader dat hulle vir hul land sal veg. Die vroue huil, want een van die susters was verloof aan een van die vyand.

Die Kaap Jeugkongres-banier is tydens die hoogtepunt van die stryd teen Apartheid gebruik.

2.1 2.2 2.3 2.4 2.5

Bespreek die skildery Die Eed van die Horatii, deur na die volgende te verwys: • Die komposisie of die rangskikking van die formele elemente van die

skildery • Die houdings en plasing van die figure in die komposisie Die Eed van die Horatii is geskilder om die Franse te inspireer om vir hul regte te veg. Wat was die funksie van die Kaap Jeugkongres-banier en hoe sou dit gebruik gewees het? Bespreek sommige van die beelde/simbole wat in die banier gebruik is. Vergelyk die kunsstyle wat in die skildery en die banier gebruik is. In beide werke sien ons figure met uitgestrekte arms. Watter simboliese betekenis het dit in elke werk?

(6)

(3)

(3)

(4)

(4)

Page 7: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

FIGUUR 2(a): Jacques-Louis David, Die Eed van die Horatii (1784 - 1850)

FIGUUR 2(b): Kaap Jeugkongres-banier (1985) [20]

Page 8: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

VRAAG 3 Bestudeer FIGUUR 3 op die volgende bladsy en beantwoord die volgende vrae: 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6

Beskryf, in jou eie woorde, wat jy in hierdie foto sien. Hierdie foto is in 1993 in die New York Times gepubliseer en het 'n groot opskudding onder die publiek veroorsaak. Dink jy dat 'n geskrewe artikel oor die situasie in Soedan ook soveel reaksie sou uitlok soos wat die foto veroorsaak het? Gee redes vir jou antwoord. Hierdie beeld is 'n swartwitfoto. Dink jy dat dit net soveel impak sou gehad het as dit in kleur was? Gee redes vir jou antwoord. Kevin Carter het in 1993 'n Pulitzer-prys vir fotografie vir die werk gewen. Doen 'n visuele analise van die foto en gee redes waarom jy dink dit het verdien om die prys vir die beste foto van die jaar te wen. Dink jy fotografie het die plek van skilder of beeldhouwerk as 'n middel van kommunikasie in die kunswêreld ingeneem? Gee redes vir jou antwoord. ' 'n Beeld is 'n duisend woorde werd' - en beeld dikwels 'n spesifieke oomblik in tyd uit. Skryf 'n kort paragraaf oor enige kunswerk wat jy bestudeer het wat jy voel 'n belangrike storie vertel. Bespreek hoe die storie vertel word deur die gebruik van beelde en inhoud.

(2)

(4)

(2)

(4)

(2)

(6)

Page 9: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9

FIGUUR 3: Kevin Carter, Aasvoël en Kind in Soedan (1993) [20]

Page 10: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10

VRAAG 4 Die skilderye in FIGURE 4(a) en 4(b) op die volgende bladsy gee ons 'n oorsig van die swaarkry wat die histories benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika moes verduur. 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 4.6

Beskryf die twee kunswerke en verduidelik hoe hierdie swaarkry in elke werk uitgebeeld is. 'Township'-kuns en Proteskuns het omstrede terme in kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns geword. Hoe sou jy hierdie TWEE terme definieer in verhouding met die twee gegewe kunswerke? Dink jy die twee terme in VRAAG 4.2 is van toepassing op die gegewe visuele bronne? Gee redes vir jou antwoord. Verduidelik die verskillende skilderstyle in die twee werke. Dink jy dat albei kunstenaars tradisionele Westerse konvensies van skilder in hul werk gebruik het? Gee redes vir jou antwoord. Watter boodskappe dink jy het hierdie skilderye vir ons in vandag se same-lewing?

(6)

(4)

(2)

(2)

(2)

(4)

Page 11: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11

FIGUUR 4(a): Mhlobo Malgas, Korsten Village, Port Elizabeth (geen datum)

FIGUUR 4(b): Thomas Nkuna, Amandla ilizwe I Africa (1989) [20]

Page 12: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

12

VRAAG 5 Lees die onderstaande inligting en verwys na die visuele bronne FIGURE 5(a), 5(b), 5(c) en 5(d) om die volgende vrae te beantwoord:

Die idee van kuns soos ons dit verstaan, het nie in pre-koloniale Afrika bestaan nie. Afrika-kuns is 'n 20ste-eeuse Westerse begrip. Maskers het kuns in 'n Westerse sin geword toe dit versamelaarstukke in Westerse samelewings geword het, ontneem van hulle betekenis en die rituele waarvoor hulle bedoel was. Hierdie stukke is deur 'n Westerse gehoor vir die volgende redes as kuns beskou: • Die vorms is drie-dimensioneel, die media van beeldhouwerk is gebruik en in

hierdie verband, is dit soortgelyk aan Westerse beeldhouwerk. • Maskers is duidelik deur meesterkerwers gemaak, die vakmanskap is dus

gelykstaande aan dié van kunstenaars. • Afrika-vorms verpersoonlik 'n oorvloed aan betekenis en simboliek en is as

gevolg van hul vreemdheid vir Westerse oë kragtig ekspressief en selfs magies. • Maskers is dikwels in heilige plekke geplaas en gestoor, skynbaar sonder funksie

wanneer hulle nie gebruik is nie.

[Vry vertaal en aangepas uit: Joubert, Jill, An introduction to African Art.An Ibhabhathane Project - 2006]

5.1 Verduidelik die volgende in jou eie woorde:

5.1.1 5.1.2

Pre-koloniale Afrika-kuns Westerse kuns

(2)

5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil

tussen tradisionele Afrika- en Europese kuns te verduidelik. Verwys na die volgende: • Die styl van uitbeelding, byvoorbeeld naturalisme, simboliek,

ensovoorts • Die funksie • Die gebruik van kunselemente soos lyn, vorm, tekstuur, diepte,

ensovoorts (3 x 2)

(6)

5.3 In Westerse kuns is die kunswerk 'n waardevolle, versamelitem omdat dit uniek is.

5.3.1 5.3.2

Deur na die portrette te verwys, verduidelik wat bedoel word met bogenoemde stelling. Verduidelik hoe die masker anders in tradisionele Afrika-gemeenskappe beskou is.

(3)

(3) 5.4 Noem TWEE vereistes wat jy sou gebruik om iets as 'n kunswerk te definieer

en gee redes vir jou antwoord.

(2) 5.5 Hoe het Afrika-maskers moderne kunstenaars soos Picasso beïnvloed? (4)

Page 13: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13

FIGUUR 5(a): Onbekende kunste- naar, Kifwebe (masker) Songye, Demokratiese Republiek van die Kongo (geen datum), Hout, vesel en pigment

FIGUUR 5(b): Gemaskerde Dogon-dansers wat 'n be-grafnisritueel in Mali uitvoer

FIGUUR 5(c): Ingres, Louis-Francois Bertin (1832) Olie op doek

FIGUUR 5 (d): Pablo Picasso, Kop en skouers van 'n vrou (studie vir Les Demoiselles d'Avignon) (1907) Olie op doek

[20]

Page 14: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

14

VRAAG 6 Khangas is gewoonlik doeke met opsigtelike ontwerpe, tradisioneel gemaak en deur vrouens gedra. Dit kan op verskillende maniere gedra word, byvoorbeeld om die heupe, gedraai as hooftooisels, om die skouers as 'n mantel, gevou as 'n sak om goed in te dra, of selfs om kinders op die rug te dra. Dit word oral in Afrika gebruik.

In die visuele bronne hieronder en op die volgende bladsy is die ontwerp van die tradisionele khangas verander om 'n kragtige boodskap rakende MIV/Vigs-bewustheid oor te dra.

6.1 6.2 6.3 6.4 6.5

Identifiseer DRIE simbole in die gegewe visuele bronne en verduidelik die moontlike betekenisse van hierdie simbole. Hoekom dink jy het die kunstenaars met die idee vorendag gekom om 'n tradisionele lap te herinterpreteer om 'n sosiale boodskap oor te dra? Gee redes vir jou antwoord. Kan hierdie khangas as kunswerke beskou word? Gee redes vir jou ant-woord. Wanneer kan mode ook as kuns gesien word? Albei hierdie kunstenaars het 'n 'storie' gevisualiseer voor hulle dit vertel het. As 'n kunstenaar, hoe sal jy 'n medium kies wat die storie wat jy wil vertel, sal versterk?

(3)

(2)

(5)

(4)

(6)

FIGUUR 6(a): Vroue wat khangas dra

Page 15: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15

FIGUUR 6(b): Marisa Khangas Huldeblyk aan die Lewe

FIGUUR 6(c): Michelle Khangas Huldeblyk aan die Lewe [20]

Page 16: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

16

VRAAG 7 In die skildery, Die Derde Mei, 1808, wys Goya die massateregstelling van Spaanse burgerlikes wat teen die Franse tydens die Franse besetting van Spanje opgestaan het.

7.1 7.2 7.3 7.4 7.5 7.6

Bespreek die verskille tussen die wyse waarop die slagoffers en die soldate in Goya se Die Derde Mei, 1808 uitgebeeld is. In al drie kunswerke speel hande 'n belangrike rol. Verduidelik hul simboliek in elke kunswerk. Hoe het Munch die idee van 'n gil in sy werk geskep? Verduidelik waarom Die Gil 'n ekspressionistiese werk is. Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Dumile Feni, het sy tekening Vrees genoem. Verduidelik hoe hy hierdie gevoel van vrees geskep het. 'Goeie kuns transendeer sy tyd en raak universeel.' Stem jy saam met die stelling? Bespreek die boodskappe en betekenisse van die drie visuele bronne.

(2)

(6)

(2)

(2)

(2)

(6)

Page 17: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

17

FIGUUR 7(a): Goya, Die Derde Mei, 1808 (1814)

FIGUUR 7(b): Edvard Munch, Die Gil (1893)

FIGUUR 7(c): Dumile Feni, Vrees (1966) Conté

[20]

Page 18: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

18

VRAAG 8 Die Hollands-gebore skilder, Vincent van Gogh, het 'n ontstuimige lewe gehad. Die treurige verhaal van Van Gogh wat sy oor afgesny het, is nou deel van die algemene mitologie van 'n genie. Die ongelukkigheid wat in 'n vloed briewe aan sy broer, Theo, gedokumenteer is, is in sy kuns omskep in 'n passievolle soeke na stabiliteit, die waarheid en die lewe self. Hy het die rare mag gehad om die lelike, selfs die verskriklike te neem, en dit in skoonheid te verander deur suiwer passie.

[Vry vertaal: Sister Wendy Becket, The Story of Painting - bl. 316] Ek dink op hierdie oomblik dat 'n mens die ryk en wonderlike aspekte van die natuur moet skilder. 'n Persoon het die behoefte aan plesier en geluk, aan hoop en liefde. Hoe leliker, ouer, boser, sieker, armer ek raak, hoe meer wil ek myself vergeld deur lewendige, goed-geplaasde, briljante kleur. Ek kan sonder baie dinge klaarkom, maar swak soos ek is, kan ek nie iets doen sonder iets groter as ekself nie, naamlik my lewe, my mag om te skep.

[Van Gogh in briewe aan sy broer, Theo]

Van Gogh is nou so bekend dat die storie van sy lewe die onderwerp van talle boeke is. Hy het een skildery in sy leeftyd verkoop en het selfmoord gepleeg op die ouderdom van 37 jaar. Sy portret van dokter Gachet is vir 'n rekordbedrag van R558 000 00 op 15 Mei 1990 verkoop. Deur na bogenoemde inligting en die visuele bronne op die volgende bladsy te verwys, skryf 'n opstel waarin jy die volgende bespreek: • Hoekom jy dink Van Gogh eers na sy dood die verbeelding van die publiek

aangegryp het • Bespreek en vergelyk die visuele bronne deur te verwys na die volgende:

o Onderwerpe o Kunselemente o Styl van skilder

Page 19: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

19

FIGUUR 8(a): Vincent van Gogh, Die Aartappeleters (1885)

FIGUUR 8(b): Vincent van Gogh, Twaalf Sonneblomme in 'n Vaas (1888)

FIGUUR 8(c): Vincent van Gogh,

Selfportret (1889)

FIGUUR 8(d): Vincent van Gogh, Sterrenag (1889)

FIGUUR 8(e): Vincent van Gogh, Portret van dr. Gachet (1890)

FIGUUR 8(f): Vincent van Gogh, Koringveld met Kraaie (1890)

[20]

Page 20: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

20

VRAAG 9 AL die visuele bronne wat op die volgende bladsy voorsien is, is deur die droom- of fantasie-wêreld geïnspireer. Bestudeer dit sorgvuldig en beantwoord die volgende vrae:

9.1 9.2 9.3 9.4

Watter visuele bronne voel jy wys dié invloed die meeste uit? Gee redes en dui aan hoe die kunstenaar dit in sy/haar kunswerk gewys het. Watter kunstenaar het doelbewuste verwringing die effektiefste gebruik? Dui aan hoe hierdie kunstenaar verwringing gebruik het. In Voorbode van Burgeroorlog het Salvador Dali baie ontstellende beelde gebruik. Hoekom dink jy het hy dit gedoen? Skryf 'n kort paragraaf oor enige kunstenaar wat jy bestudeer het wat gebruik gemaak het van doelbewuste verwringing en/of ontstellende beeldgebruik om 'n interessante kunswerk te skep.

(4)

(4)

(4)

(8)

Page 21: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

21

FIGUUR 10(a): Salvador Dali,

Voorbode van Burgeroorlog (1936) Olieverf (In hierdie skildery wil Dali die gru-saamheid van die mens se onmens-likheid uitbeeld. Hy is ontstel deur die wreedheid van die Spaanse Burgeroorlog van 1936.)

FIGUUR 10(b): Tienermasjien. Marvel comics (2005)

FIGUUR 10(c): Noria Mabasa, Uniegebou (Aansig 1) (1999) Hout (Mabasa is nog altyd deur haar drome en visioene geïnspireer. In hierdie beeld herdenk sy die historiese vroue-optog na die Uniegebou in 1956 om te protesteer teen apartheid se paswette.)

FIGUUR 10(d): Noria Mabasa, Uniegebou (Aansig 2) (1999) Hout (In hierdie aansig van die werk is die trom met die vel duidelik sig-baar. Dit verteenwoordig die stem van die vroue.)

Page 22: FINAAL - Visuele Kuns VS1 Gr 11 - Model · Westerse kuns (2) 5.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy die masker en die portret vergelyk om die verskil tussen tradisionele Afrika- en Europese

Visuele Kunste/V1 DoE/Model 2007 NSS

Kopiereg voorbehou

22

VRAAG 10 Ruimte het 'n kritieke kwessie in baie groot stede/dorpe geword. Meer en meer besighede in die middestad word bedreig om plek te maak vir nuwe ontwikkelings of stedelike vernuwing.

10.1 10.2 10.3

Dink jy stede, dikwels betonoerwoude genoem, is die moeite werd om te red? 'Ek sal eerder in die stad/dorp bly as in landelike areas.' Bespreek die stelling en verwys na die voordele en nadele van argitektoniese kenmerke wat in die twee areas gevind word. Gebruik voorbeelde van argitektuur wat jy hierdie jaar bestudeer het. As 'n stadsbeplanner is jy die taak gegee om jou stad te verbeter. Jy het 'n groot begroting wat jy kan gebruik om óf die ou stad te restoureer en te vernuwe (stedelike herlewing), óf om die meerderheid te sloop om plek te maak vir meer luukse ontwikkelings. Skryf 'n paragraaf waarin jy sommige van die volgende kwessies oorweeg: • Sloping teenoor vernuwing van geboue • Skep van 'n lewendige, esteties bevredigende stadskern • Afbakening van spesifieke areas soos industriële, finansiële, toerisme-,

winkelareas • Vervoer: motor-/bus-/taxivrye sones • Veiligheid- en sekuriteitkwessies

(3)

(7)

(10)[20]

TOTAAL: 100