graad 11 afrikaans huistaal me a britzhoerskoolbirchleigh.co.za/images/lockdown/gr11ht/gr... ·...

15
GRAAD 11 AFRIKAANS HUISTAAL ME A BRITZ Goeie dag grad 11’s!! Hier volg julle werk wat asseblief in julle werkboek gedoen moet word. Asseblief boodskap my indien daar enige vrae is. 082 551 0671 Week 3 Maandag , 29 Junie 2020 Memo vir My mamma is bossies: Maak asseblief seker dat jy deur die antwoorde werk. Kontekstuele vrae: 1. Enersyds is dit 'n erkenning daarvan dat haar ma onkonvensioneel is, en dus buite die gewone samelewingsbeperkinge geleef het; en andersyds is dit 'n verwysing daarna dat haar ma dood en begrawe is, en deel is van die aarde. (4) 2. Die tweede laaste reël dui daarop: "My agterstevoorkind" . (1) 3. Dikwels diereverkleinwoordjies, wat vertederend gebruik word, soos hondjie, varkie en apie. (3) 4. Die idioom "ganse aanjaag" beteken "dronk wees". Daar is egter geen verdere aanduiding in hierdie gedig dat die ma 'n alkoholis was nie. Dit mag ook wees dat die "ganse" na die Goosen-kinders (gans = "goose" in Engels) verwys wat liefderyk ("dun swepie") deur die ma betig word! (2)

Upload: others

Post on 02-Feb-2021

836 views

Category:

Documents


52 download

TRANSCRIPT

  • GRAAD 11

    AFRIKAANS HUISTAAL

    ME A BRITZ

    Goeie dag grad 11’s!!

    Hier volg julle werk wat asseblief in julle werkboek gedoen

    moet word. Asseblief boodskap my indien daar enige vrae is.

    082 551 0671

    Week 3

    Maandag , 29 Junie 2020

    Memo vir My mamma is bossies:

    Maak asseblief seker dat jy deur die antwoorde werk.

    Kontekstuele vrae: 1. Enersyds is dit 'n erkenning daarvan dat haar ma onkonvensioneel is, en dus buite die gewone samelewingsbeperkinge geleef het; en andersyds is dit 'n verwysing daarna dat haar ma dood en begrawe is, en deel is van die aarde. (4) 2. Die tweede laaste reël dui daarop: "My agterstevoorkind" . (1) 3. Dikwels diereverkleinwoordjies, wat vertederend gebruik word, soos hondjie, varkie en apie. (3) 4. Die idioom "ganse aanjaag" beteken "dronk wees". Daar is egter geen verdere aanduiding in hierdie gedig dat die ma 'n alkoholis was nie. Dit mag ook wees dat die "ganse" na die Goosen-kinders (gans = "goose" in Engels) verwys wat liefderyk ("dun swepie") deur die ma betig word! (2)

  • 5. Herhaling: / die eerste reel van elke strofe word herhaal. (2)

    6. Dit is vir haar so mooi dat dit haar tot trane beweeg. (1)

    7. sensitiwiteit / en strengheid (fermheid) (2)

    8. versorger (OF: vertrooster, moederlikheid, iemand wat vertroetel) (1)

    9. Sy sing vir haar kind. / “(K)weel” is geluid wat voëls maak, dus sing. / Die woorde wat volg verwys na 'n Afrikaanse wiegeliedjie. (3)

    10. As 'n mens jou kaarte uitpak, sien almal wat in jou hand is. / Dit is dus geen geheim meer nie. Jy speel "oop kaarte”, / wat beteken jy steek niks weg nie, jy is heeltemal eerlik en sonder voorgee. / OF: Sy voorspel die toekoms. / OF: Sy speel 'n kaartspel soos Solitaire. (3)

    11. vergelyking (1)

    12. Dit beteken dat die ideale (drome) wat jy koester nie maklik bereikbaar is nie. Dit stel hoe vereistes. (1)

    13. Dit beteken nie nou meer "mallerig" nie, / maar dat die ma deeI is van die aarde, die bossies, dus oorlede. (2)

    14. Die ma is "bossies" (eksentriek) en die dogter 'n "agterstevoorkind" (anders as wat mense beskou as "reg"). / Albei is dus in die oë van die samelewing eienaardig omdat hulle gedrag onkonvensioneel is, anders as die van "gewone" mense. (2)

  • Dinsdag, 30 Junie 2020

    Poësie

    Instruksies:

    Hier volg een van ons voorgeskrewe gedigte. Skryf asseblief die

    gedig oor in jou werkboek met die notas.

    Gebuigde poskaarte – René Bohnen

    gebuigde poskaarte

    1. op ‘n donkerblou bus deur parys

    2. (op reis) (op reis)

    3. lees jy slapbandstrokies

    4. terwyl ek langs my

    5. weerkaatsing mymer

    6. die norte dame verbrokkel

    7. in kerse

    8. en ‘n gotiese lag

    9. agter beelde se koue

    10. hande

    11. fluister stemme in die skemer

    12. sacre Coeur

  • 13. kyk hoe slang die seine verby

    14. met haar vrag onbespeurde

    15. drenkelinge

    16. gejaste paartjies in die tuin

    17. van die tuileries-paleis en ek

    18. en jy

    19. loop tussen platane

    20. verby die mite van reis en lente

    21. verby herfs

    22. tot in die sneeu by pont neuf

    23. op vakansie in die paradys

    Gebuigde poskaarte – Rene Bohnen (bl.74)

    1 Woordverklarings

    Gebuigde krom –suggereer dat iets beskadig is

    Poskaart ‘n kaartjie het meestal ‘n prentjie aan die een kant e naan die

    ander kant ‘n plekkie om ‘n boodskap te skryf.Word sonder ‘n koevert

    gestuur.

    Mite storie wat gaan gode en godsdiens. Word oorvertel van een

    generasie tot ‘n ander. Is gewoonlik nie die waarheid nie, maar ‘n

    versinsel. ( iets wat opgemaak word)

  • 2. Opsomming

    Is ‘n reisgedig waarin die ek-spreker beskryf watter bekende plekke sy

    en haar geliefde ( die aangesprokene) in Parys – Die Stad van Liefde-

    besoek het.

    Hulle besoek Parys in die winter.

    3. Tipografie / uiterlike bou

    Geen vaste strofebou nie

    Geen vaste ritme of metrum nie

    Geen hoofletters nie

    Geen vaste rymskema nie

    Eenheid in die gedig word bewerkstellig deur:

    - Enjambemente

    - Alliterasie (bv. f-klanke – vs.11)

    - Assonansie ( bv.y-klanke- strofe 1)

    - Die noem van die plekke wat besoek word

    - Min skryftekens (vs 2+17)

    Die gedig is dus ‘n voorbeeld van VRYE VERS.

    4.Titel

    Sluit aan by die inhoud, want die inhoud is poskaarte van die plekke wat

    sy en haar geliefde in Parys besoek het.

    Die titel dui egter al subtiel aan dat alles nie pluis is nie “gebuigde” =

    nie ‘n POSITIEWE betekenis nie, want iets wat gebuig is, is beskadig of

    geskend.Dus die visuele herinneringe van die ek-spreker aan die plekke

    wat hulle besoek het, is negatief.

    OF

    “gebuigde” kan ook daarop dui dat daar al baie aan die poskaarte gevat

    is. Die kyk na die poskaarte is dan vir die spreker ‘n terugflits na hulle

    tyd in Parys.

  • 5.Tema

    Daar is in alles – soos ‘n verhouding wat verby is- goed en sleg. Die

    uiteindelike keuse wat jy maak of jou die goeie of die slegte wil behou,is ‘n

    keuse wat jy self moet maak.

    6.Bespreking

    Baie belangrik die gedig moet op’n konkrete ( letterlike) sowel as ‘n abatrakte

    (figuurlike) vlak gesien word.

    Konkrete vlak: die gedig is ‘n verslag van ‘n reis deur Parys – die

    hoofstad van Frankryk.

    Abstrakte vlak: vs.23 – “paradys” ( verwysing na die Bybelse paradys

    waar die slang die mens se sondige natuur na vore bring ons as mens

    sal altyd die goeie beskadig of vernietig a.g.v ons sondige natuur.

    STROFE 1 (vs.1 – 5)

    Die ek-spreker ry saam met haar geliefde op ‘n BUS deur die strate van Parys.

    Stelling:

    Parys is vir die ek-spreker ‘n geskonde/beskadigde paradys.

    Hoekom?

    Vs.1

    “donkerblou bus’ –hulle word gevange gehou deur die omhulsel van die bus;

    dus afgesonder van die paradys.

    Vs.2

    parentese en ‘n herhaling- beklemtoon die ryery in die bus- hulle is op reis,

    maar het nie ‘n eindbestemming nie.

    Vs.4-5

    die ek-spreker en die geliefde is ook ver verwyderd van mekaar- elkeen besig

    op sy eie manier:

    Die geliefde lees strokiesprente(vs.3) terwyl hy met sy geliefde in die

    Stad van Liefde is.( dit kan as vreemd en oppervlakkig beskou word.)

    Die ek-spreker is met haar eie gedagtes besig. (“mymer” (vs.5)Sy is

    verdiep in haar hartseer/weemoedige gedagtes.

    IRONIES: die ek-spreker sit langs haar weerkaatsing hoekom noem sy

    nie dat sy langs haar geliefde sit nie, want ‘n verliefde paartjie sal mos

    langs mekaar wil sit. Weer ‘n aanduiding dat alles nie reg is met hulle

    verhouding nie.

  • INTERTEKSTUALITEIT: herinner aan Elizabeth Eybers se gedig Busrit in

    die aand – waar die spreker beskryf hoe werkers in die stad op pad huis

    toe is per bus.

    “langs ‘n yl weerkatsing in die ruit/ sit, met monde moeg gesluit”

    STROFE 2 (vs.6-12)

    Die ek-spreker onthou die besoek aan die Notre Dame en die Sacre Coeur –

    haar herinneringe hieraan is egter baie vaag ( nie meer so duidelik nie. (

    “verbrokkel” –vs.6)

    Vs.6

    “notre dame” = ‘n historiese Katolieke katedraal een van die beste voorbeelde

    van die Frans-Gotiese argitektuur. Dit is die EERSTE plek wat sy en haar

    geliefde sien.

    “verbrokkel” in klein stukkies breek/ verkrummel. Die herinnering aan die

    beeld van die Notre Dame val uitmekaar –kan dit nie meer duidelik onthou nie.

    Vs.7-8

    Die Notre Dame verbrokkel tot TWEE BEELDE:

    Beeld 1 = vs.7

    Visueel , sien die kerse wat binne die katedraal brand.

    Beeld 2= vs.8

    Ouditief, hoor iemand/mense wat gelag het (“gotiese lag”) binne die katedraal.

    GOTIESE – byvoeglike naamwoord. Verwys na die groteske ( grillerig,

    oordrewe, lelik) ook na die misterieuse of na barbaarse, wrede gedrag.

    “ gotiese lag” kan LETTERLIK verwys na die spuiers (afvoerpype wat water

    van die dakke wegvoer – die afvoerpype is met allerhande soorte laggende,

    maar groteske kopbeelde versier.

    Vs.9 – 12

    Die TWEEDE plek wat die spreker sien, is die Sacre Coeur ( ‘n Rooms-

    Katolieke Kerk bo-op die heuwel Montmatre). Daar is baie beelde binne en

    buite die kerk.

    Hierdie herinnering is ook besig om te verbrokkel, want al wat die ek-spreker

    onthou is dat dit skemer binne die kerk was en die mense wat gefluister het.

  • Sy noem nie in een van bogenoemde dat die geliefde teenwoordig was nie.

    Weer ‘n aanduiding dat alles nie wel is met hulle verhouding nie.

    Vs.9- 10

    “beelde se koue hande”

    Die beelde word gepersonifieer deeurdat hulle hande koud is.

    Vs.11

    “fluister stemme”

    Die gewyde stemming word beklemtoon deur die stemme wat binne die kerk

    fluister.

    ‘fluister stemme” = SINEKDOGEE ( noem van die belangrikste deel om na die

    geheel te verwys)

    Die fluisterstemme ( gedeelte) verwys na die mense (geheel) wat in

    fluisterstemme praat.

    Die fluisterende stemme word KLANKMATIG VERSTERK deur die s-alliterasie-

    dit is asof ‘n mens die fluistering kan hoor.

    “skemer” – skemer beskryf die Sacre Coeur. Is in halfdonkerte gehul.

    STROFE 3 (vs.13 -15)

    Die ek-spreker sien die Seine – rivier en dink aan al die drenkelinge ( mense

    wat verdrink het daar) en nooit opgespoor is nie.

    Vs.13

    DERDENS sien die ek-spreker hoe die Seine- rivier waarlangs hulle met die

    bus ry, soos ‘n SLANG lyk en kronkel.

    Die SLANG word nou in die paradys –Parys ( die stad van liefde) –

    geidentifiseer: simboliseer boosheid.

    “slang” word hier as ‘n WERKWOORD gebruik om die kronkelende loop van

    die Sein- rivier te beskryf.

    Vs.13-15

    “slang” = metafoor vir die BOSE

    Die BOSE kronkel deur die hart van Parys (Seine – rivier) –op sy bodem is die

    oorskot van ‘n vrag…drenkelinge (slagoffers van die bose) wat nie meer

    opgespoor kan word nie. Baie van hulle was slagoffers van selfmoord/dood

    omdat hulle nie meer die boosheid/sleg in hulle lewe kon hanteer nie.

  • Die ENJAMBEMENT ondersteun die BOOSHEID wat ewigdurend voortvloei.

    Nb! Daar sal altyd boosheid en goedheid orals wees.

    INTERTEKSTUALITEIT:

    Verwys na die bose wat volgens die Bybel in die vorm van’n slang in die

    Paradys verskyn het.

    .

    STROFE 4 (vs.16 -19)

    Hulle ( die ek –spreker en haar geliefde) en ander verliefde paartjies loop deur

    die Tuileries- paleis se tuine plataanbome.

    Vs.16 -17

    Die ek-spreker en haar geliefde loop deur die tuin tot by die Pont-Neufbrug.

    In die tuin sien sy paartjies wat met jasse stap omdat dit winter is.

    Vs.17- 19

    Hier n verdere teken dat alles nie pluis is tussen haar en haar geliefde nie.

    In teenstelling met die “gejaste paartjies” loop die geliefdes ( die spreker en

    haar geliefde) AFSONDERLIK “ek en jy” (vs.17 en 18) “tussen die platane” (vs

    17) = sierbome met ingesnyde blare en afskilferende bas.

    Die spreker sien hulle dus nie as ‘n “ons” nie.

    Die TIPOGRAFIE dui ook die skeiding aan nl. die ek-spreker is in vs.17 en die

    geliefde is in vs.18

    STROFE 5 (vs.20 -22)

    Hulle loop nou tot op die Pont Neuf –brug in die sneeu.

    Vs. 20

    Mite dus nie die waarheid nie.

    Die “ek en jy “ loop nou verby die “MITE VAN REIS EN LENTE”.

    NIE die reis of lente wat ‘n nuwe begin en liefde simboliseer het die spreker se

    verhouding heel gehou nie.

    REIS en LENTE is dus ‘n leuen.(lieg)

    Vs.21

  • Hulle loop ook nou “verby herfs” tradisioneel die simbool van rypheid,

    volwassenheid en voorbereiding vir ‘n einde –einde van hulle verhouding is

    nou in sig.

    Vs.22

    Hulle loop nou “tot in die winter”- simbolies van die dood- met sy sneeu.

    Die geliefdes staan op die Pont Neufbrug in die sneeu.

    SNEEU simbool van geestelike koudheid – verwys na hulle verhouding.

    BRUG LETTERLIK ‘n oorgang van Punt A tot Punt B

    FIGUURLIK ‘n oorgang van een toestand tot ‘n ander.

    Ons lees nie dat hulle oor die brug loop nie – hulle is vasgevang in

    die koue sneeu – kan dus nie verder nie. Simboliseer die einde van

    hulle verhouding.

    STROFE 6 (vs.23)

    Die ek-spreker verwys na Parys as die “paradys”

    Vs.23

    Uitgehef en beklemtoon deur ALLEENPLASING.

    “paradys” =TUIN VAN EDEN -pragplek( fig. ‘n lifelike hemelse oord) waar die

    eerste menspaar – Adam en Eva gewoon het.

    IRONIE: Hierdie (Parys) is allesbehalwe ‘n paradys.

    ‘n Volmaakte verhouding soos wat dit in die Paradys was, voor die

    koms van die slang het nie vir hulle in die sogenaamde “stad van

    liefde” (Parys) werklikheid geword nie.

    Vrae:

    1. Hoe verskil die verteller en die geliefde se belewenis

    van die stad? (2)

    2. Wat is die Norte Dame? (1)

    3. Waarom is dit gepas dat eiename in die gedig nie met

    hoofletters geskryf word nie? (1)

    4. Gee twee betekenisse vir strofe 3. (2)

  • 5. Waarom word die “ek en jy”geskei in strofe 4? (1)

    6. Waarna verwys die mite in versreël 20? (1)

    7. Wat word gesuggereer met die woord “paradys”

    in versreël 23? (1)

  • Woensdag, 1 Julie 2020

    Terugvoering van Droomdelwers.

    Bladsy 223 se antwoorde:

    Hoofstuk 2

    1. Die nommer van Leendra se sel in die Silwerkruis-tronk.

    2. Met die donkerte en gevangeskap van die tronk.

    3. Sy het almal soggens gegroet, teetyd saam met hulle

    gerook en na hulle problem geluister en vir hulle opgekom

    by die moeilike Phil van Tonder.

    4. Metafoor. Tyd is soos ‘n roof wat die pynlike wond bedek

    sodat dit kan genees.

    5. Silwer het gewoonlik ‘n positiewe konnotasie, maar sowel

    die tronk as die motor het hier negatiewe konnotasies.

    6. 6.1 Mara ken akademici van die Bult, maar kan nie

    geoloog sê nie. Sy verwar dit met “ginekoloog”, wat bydra

    tot die humor.

    6.2 Vir die Vlaktevleiers het die geboue diep geestelike en

    historiese waarde.

    6.3 Minette is die een wat selfsugtig is, nie Gretel nie.

  • Donderdag, 2 Julie 2020

    Droomdelwers

    Literêre opstel

    Stereotipering kan gedefinieer word as : Veralgemening.

    Dikwels ‘n bevooroordeelde beskouing van ‘n groep of

    person as tipies of kenmerkend van sy soort.

    Skryf ‘n vloeiende opstel van 350-400 woorde waarin jy

    bespreek hoe Jamaina Killian en Mara Marais as stereotipes

    gekarakteriseer word en of dit die leser manipuleer om van

    hulle te hou.

    Hier is ‘n voorbeeld van ‘n opsteltipe vraag wat

    gevra kan word.

    Hier volg vir jou riglyne om die vraag te kan

    beantwoord

    Maak asseblief seker dat jy die vraag leer.

  • Vrydag, 3 Julie 2020

    Geen werk!!!

    Geniet jou naweek!