jacobsdal primêre skool - jakkies.com no 32.docx  · web viewlede word herinner aan die...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 32 4 – 11 Oktober 2013 NUWE LEERKRAG: Ons heet mnr Schalk Meintjes (Departementshoof) baie welkom by ons skool en hoop dat hy baie gelukkig hier by ons sal wees. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 7 Oktober. KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. KONTROLE: Op Maandag, 7 Oktober gaan die volgende van alle leerders gekontroleer word: Tasse / Skryfbehoeftes Handboeke / Huiswerkboeke HERREGISTRASIEVORMS: Daar is nog enkele leerders wat nog nie hulle herregistrasievorms ingehandig het nie. Stuur dit asseblief op Maandag, 7 Oktober na die klasonderwysers. FOTODAG: [KONTROLEVORM EN BESTELVORMPIE] Ons jaarlikse fotodag vind op Woensdag, 9 Oktober plaas en leerders moet asseblief al hulle klere betyds regkry. Koorkinders wat in die koshuis is moet onthou om hulle koorklere Maandag saam te bring. By die nuusbrief word ‘n fotokontrolevorm ingesluit waarop die volgorde van foto’s verskyn, asook die kleredrag en afrigters wat by elke foto pas. Dit is nie ‘n bestelvorm nie. Ons vra al ons buite-afrigters om aan te meld vir hulle foto’s as dit vir hulle moontlik is. Ouers kan ‘n individuele fotopakket vir hulle kind/ers bestel @ R20 elk. Dit sluit twee jumbo foto’s in. Vul die afskeurstrokie in en stuur saam met die kontant na die klasonderwysers op Maandag, 7 Oktober. LAATKOMMERS / AFWESIGHEDE: Ouers moet asseblief kennis neem van die inligting rondom die laatkom en afwesigheid van leerders en wat die skoolreëls en Skolewet bepaal. Dit word by die nuusbrief ingesluit. OUPA- EN OUMADAG: Ouers van graad 1 – 3 leerders kan kyk na die advertensie van hulle Oupa- en Oumadag wat op 11 Oktober plaasvind. Al die klere en geld moet op Maandag, 7 Oktober by die skool wees. PRYSUITDELING: Alle bekers en trofee's moet asseblief in die volgende week of twee by juffrou Elza ingehandig word. WAARDES IN ONS SKOOL: [AFSKEURSTROKIE] Watter waardes wil u as ouer hê moet in ons skool nagevolg word? Gee asseblief vir ons een of twee waardes (op die afskeurstrokie) wat u belangrik ag. KLEURATLETIEK: Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders ‘n R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoen en ander onkostes. Julle kan die geld by die klasonderwysers inbetaal. Baie dankie by voorbaat! KOSHUIS: Alle vleisdonasies vir die koshuis se gholfdag moet asseblief op Maandag, 7 Oktober by die koshuis se kombuis ingehandig word.

Upload: lyque

Post on 08-Feb-2018

226 views

Category:

Documents


11 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 32 4 – 11 Oktober 2013 NUWE LEERKRAG:Ons heet mnr Schalk Meintjes (Departementshoof) baie welkom by ons skool en hoop dat hy baie gelukkig hier by ons sal wees.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 7 Oktober.

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit.

KONTROLE:Op Maandag, 7 Oktober gaan die volgende van alle leerders gekontroleer word:

Tasse / Skryfbehoeftes Handboeke / Huiswerkboeke

HERREGISTRASIEVORMS: Daar is nog enkele leerders wat nog nie hulle herregistrasievorms ingehandig het nie. Stuur dit asseblief op Maandag, 7 Oktober na die klasonderwysers.

FOTODAG: [KONTROLEVORM EN BESTELVORMPIE]Ons jaarlikse fotodag vind op Woensdag, 9 Oktober plaas en leerders moet asseblief al hulle klere betyds regkry. Koorkinders wat in die koshuis is moet onthou om hulle koorklere Maandag saam te bring. By die nuusbrief word ‘n fotokontrolevorm ingesluit waarop die volgorde van foto’s verskyn, asook die kleredrag en afrigters wat by elke foto pas. Dit is nie ‘n bestelvorm nie. Ons vra al ons buite-afrigters om aan te meld vir hulle foto’s as dit vir hulle moontlik is.Ouers kan ‘n individuele fotopakket vir hulle kind/ers bestel @ R20 elk. Dit sluit twee jumbo foto’s in. Vul die afskeurstrokie in en stuur saam met die kontant na die klasonderwysers op Maandag, 7 Oktober.

LAATKOMMERS / AFWESIGHEDE:Ouers moet asseblief kennis neem van die inligting rondom die laatkom en afwesigheid van leerders en wat die skoolreëls en Skolewet bepaal. Dit word by die nuusbrief ingesluit.

OUPA- EN OUMADAG:Ouers van graad 1 – 3 leerders kan kyk na die advertensie van hulle Oupa-

en Oumadag wat op 11 Oktober plaasvind. Al die klere en geld moet op Maandag, 7 Oktober by die skool wees.

PRYSUITDELING:Alle bekers en trofee's moet asseblief in die volgende week of twee by juffrou Elza ingehandig word.

WAARDES IN ONS SKOOL: [AFSKEURSTROKIE]Watter waardes wil u as ouer hê moet in ons skool nagevolg word? Gee asseblief vir ons een of twee waardes (op die afskeurstrokie) wat u belangrik ag.

KLEURATLETIEK:Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders ‘n R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoen en ander onkostes. Julle kan die geld by die klasonderwysers inbetaal. Baie dankie by voorbaat!

KOSHUIS:Alle vleisdonasies vir die koshuis se gholfdag moet asseblief op Maandag, 7 Oktober by die koshuis se kombuis ingehandig word.

LEERDERDEELNAME:SPORTKLERE:Leerders wat nog sportklere soos tennis- en atletiekhempies in hulle besit het moet dit asseblief op Maandag, 7 Oktober by tannie Lanie kom inhandig. Steek asseblief jou naam daaraan vas. (Tennisdogters moet onthou dat hulle nog klere het) Alle sportklere word benodig vir die neem van ons skoolfoto’s op Woensdag, 9 Oktober.

KRIEKET:8 en 11 Okt: 0/13 Span vertrek om 16:45 vanaf die skool na Kby. R30 busgeld vooraf betaalbaar. 10 Okt: 0/ 11 en 0/13 spanne vertrek om 13:00 vanaf die skool na Hopetown. R50 busgeld vooraf betaalbaar.

JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat atlete aan hierdie byeenkoms wil laat deelneem moet dit met die afskeurstrokie by Lanie bevestig op Maandag, 7 Oktober.

TWEEKAMP:Baie geluk aan die volgende atlete wat met die afgelope Interprovinsiale byeenkoms in Bloemfontein goed presteer het:JC Lübbe: 3de plek S 0/9 Miandi Steenkamp: 1ste plek D 0/10

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

LAPEZA:Lapeza tennisafrigting eindig vir 2013 op 30 Oktober en fooie vir hierdie maand is R240 per kind. Daar sal op Woensdag, 9 Oktober geen Lapeza tennisafrigting wees nie a.g.v. die fotodag.

PERDE-UITHOURIT:Geluk aan Simoné J van Rensburg wat op Christiana die 80,7km uithourit voltooi het. Sy het ook die prys vir bes voorbereide perd verower.

JAKKIES SWEMKLUB:Die swemklub is dringend op soek na ou of té klein “flippers” om te gebruik. As daar dalk ouers is wat so iets by die huis het en dit sal skenk of wil verkoop, kan hulle met Lanie of Maryka kontak maak.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF GEBEDSLYS:

Jacques KoorzenLappies en Dodo Labuschagne

Daan WilkeJolise Wiid (operasie)

Gr. 7 – 11R100pp/u

Skakel Lize Meintjes: 084 549 2538

“The secret of getting ahead is getting started.”

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL Foto kontrolevorm vir ouers

AFSKEURSTROKIE: JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS (12 Oktober)

NAAM VAN OUER: __________________________________________

NAAM VAN ATLEET: _______________________________

OUDERDOM: ___________

ITEMS: _____________________________________________________

HIERMEE BEVESTIG EK DAT BOGENOEMDE ATLEET AAN DIE JIM

FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS GAAN DEELNEEM.

HANDTEKENING VAN OUER: ____________________________

DATUM: ____________________

AFSKEURSTROKIE: WAARDES IN ONS SKOOL

NAAM VAN OUER: _______________________________________

EK WIL GRAAG DIE VOLGENDE WAARDES VIR JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL AANBEVEEL EN SAL DIT GRAAG BY ONS KINDERS WIL WAARNEEM:

1. ___________________________

2. ___________________________

HANDTEKENING VAN OUER: ____________________________

DATUM: ____________________

BESTELVORM: INDIVIDUELE FOTO’SKOSTES: R20 per pakket

Individuele foto:(naam van leerder)

Gr:

EN/OF: Kombinasie foto:(saam met boetie/sussie/maat)

(skryf asb. al die name neer wat saam afgeneem moet word)

Aantal

Totale bedrag ingesluit:HANDTEKENING:DATUM:

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

HIERDIE IS NIE ‘N BESTELVORM NIE!!! Leerders moet sorg dat hy / sy die korrekte drag saambring vir al die sportsoorte. Alle klere moet gemerk wees sodat verlore klere terugbesorg kan word aan eienaars. Leerders wat nie die korrekte klere het nie, word nie afgeneem nie. Kontroleer asb. die foto’s waarop u kind moet verskyn. (Om foute te voorkom) Foto’s word in onderstaande volgorde geneem. Koorleerders kom met hulle koorklere skool toe. (Bring jou skoolklere saam)

Merk met

XOMSKRYWING OP FOTO: AFRIGTER KLEREDR

AG

PersoneelMnr Schalk Meintjies en gesinOuervereniging KoshuiskomiteeNie-onderrig- en koshuispersoneel Ouma + skool- en

koshuispersoneelJunior koor Rina/Elza KleredragSenior koor Tannie Riëtte KoordragKlasfoto’s en Individuele foto’s (Graad 1 – 7, IK-klas) Klasonderwysers

KorrekteSomer-

skooldragmet

skoene en kouse

SkoolleiersKoshuisleiersMedialeiers

Mnr TaitSlegs die leiers

MarykaHoofleier en Hoofleidster (skool)Koshuis Hoofleier en Hoofleidster (saam met Ouma)

Mnr Tait

Ouma

Musiek (Alle instrumente)Nautilus (deelname aan ten minste 2 van 3 kompetisies)AMESA bo 80%Redenaarsbestuur Juf Marisan/ElzaOmgewingsvasvra Juf TersiaBybelvasvra Juf NaomiSkaak 0/9Skaak 0/11 Skaak 0/13

Juf Naomi & KarinPeet Steenkamp

Padpatrollie Juf KarinVCSV Juf Elza & Naomi

Merkmet X

OMSKRYWING OP FOTO: AFRIGTER KLEREDRAG

RUGBY:(Gr R ook)

Vanaf 10:30 asb

(Buite-afrigters!)

Wit PT-broek: 0/13

Ander spanne:swart PT-broek

Rugby Pienkvoete (FrancoisWiid en Jurie Swarts)Rugby 0/9 (Marius Jacobs)Rugby 0/11 (Riaan Jacobs en Jannie du Plooy)Rugby 0/13 (Albertus de Wet / Dewald Croucamp)TWEEKAMP:

Lanie

Sportklere

Tweekamp (almal saam)SWEM:

LanieSV KampioenskappeVrystaat KampioenskappeKRIEKET:Mini-krieketKrieket 0/11 Krieket 0/13 (Roger Nolan en oom Willy)

DeleneKarinMnr Schalk

TENNIS: (seuns en dogters apart) Rehetta

Netbalklere(dogters)

Tennisklere (seuns)

Tennis 0/9A en B (Adéle Lübbe)Tennis 0/11ATennis 0/11B

LanieDelenePieter

Tennis 0/14A Tennis 0/14BTennis 0/14C en D

LanieDelenePieterTersia

Gr 1 - 3 Junior tennisbeginners MarisanNaomi

Gr 4 – 7 Senior tennisbeginners TersiaNETBAL:

MarisanKarinTersia

RehettaDelene

Lanie/MamElza

Netbaldrag met wit

kouse en tekkies

Netbal 0/7 Netbal 0/8Netbal 0/9Netbal 0/10A en B (Adéle Lübbe)Netbal 0/11A en BNetbal 0/13A, B, Netbal 0/13 C en DXhariep netbal proewespanne 0/12 en 0/13 AlleenATLETIEK:

Slegs die spanne alleen

AtletiekklereSone AtletiekMotheo/Gariep KampioenskappeVrystaat KampioenskappeGIMNASTIEK:

MamGimnastiek-

klere(Leotard)

Gimnastiek vlak 1 – 3 (Wilna Roelofse)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

Provinsiale klere:

Merk met X Omskrywing op foto: Kleredrag:SA Atletiek

Leerders moet hulle Provinsiale klere aanhê vir

hierdie foto’s

SA TweekampTweekamp InterprovinsiaalSuid-Vrystaat TennisGWK rugbyCravenweek Rugby A-spanGimnastiek Sentrale Sirkel Noordkaap HengelSA VolkspeleVrystaat Tentpegging

ANDER:

Hierdie vorm is vir u eie kontrole. Dit hoef nie ingehandig te word nie.

SKOOLBELEIDSDOKUMENT

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

5. SPESIFIEKE BELEIDE:1.1 AFWESIGHEID VAN LEERDERS: [Sien SASW 84 van 1996, hfst. 2,

art. 3.1-6] & Gedragskode van leerders

Leerkragte moet leerders monitor en indien leerders laat kom hulle na kantoor verwys om hul name en redes in register aan te teken. Dit bly ouers se verantwoordelikheid om hierdie kinders te kom inteken by die kantoor indien hulle laat kom. {Sien skoolreëls no: 1 onder skoolbywoning.}

Indien leerders drie keer laat kom moet hulle na die skoolhoof verwys word wat die ouers hieroor sal konfronteer.

SKOOLBESOEK VAN LEERDERS

Dit is die plig en verantwoordelikheid van elke ouer om toe te sien dat sy kind die skool gereeld bywoon. Die opvoeders en ouers moet egter in hierdie verband saamwerk om die euwel van onnodige afwesigheid en stokkiesdraaiery hok te slaan. Indien vermoed word dat 'n leerder stokkiesdraai moet dit onmiddelik by prinsipaal aangemeld word.

Opvoeders moet klasregisters gereeld byhou en persoonlike aandag skenk aan elke geval van afwesigheid. By afwesigheid van leerders moet die volgende prosedures gevolg word:

a) Indien 'n leerder vir 3 (drie) agtereenvolgende dae afwesig is sonder dat die ouer die skool vir die rede van afwesigheid in kennis stel, moet die opvoeder die skoolhoof onmiddellik in kennis stel. Hierdie ouer sal onmiddellik geskakel word en indien nie beskikbaar 'n brief aan die ouer rig om na die rede vir afwesigheid te verneem.

b) As daar geen respons op hierdie telefoniese gesprek of skrywe na verloop van 5 dae is nie, moet 'n tweede skrywe/oproep aan die ouers gestuur word.

c) Indien die ouer nog steeds geen reaksie toon en die leerder nog steeds afwesig is moet daar na verloop van nog 5 dae 'n FINALE skrywe aan die ouer gestuur word. Hierdie skrywe word per POS aan die ouer gestuur.

d) Indien daar na sewe dae van die versending van hierdie finale skrywe nog geen reaksie is nie, moet die geval aan die Provinsiale Departement van onderwys rapporteer word.

e) Indien enige leerder langer as 3 dae afwesig is, moet ouers die skool van 'n oorspronklike doktersertifikaat voorsien.

Dit staan 'n opvoeder vry om te eniger tyd huisbesoek te doen om na die afwesigheid te verneem hierdie is egter nie afdwingbaar nie. Alle skrywes moet in duplikaat wees. Die duplikaatskrifte moet deur die opvoeder bewaar word en moet weekliks saam met die registers vir kontrole na die kantoor gestuur word.

LAATKOMMERS:

Indien 'n leerder laat kom vir skool moet hy/sy en die ouer na die kantoor verwys word vir aantekening op die “laatkomregister” Indien dit 'n derde keer agtereenvolgens of drie keer en meer per kwaraal gebeur sal die prinsipaal die ouers per brief verwittig. Indien geen gehoor of wettig en aanvaarbare rede deur ouer verskaf moet dit skriftelik aan die Departement van Onderwys gerapporteer word.

Uittreksel uit die Skolewet 84 van 1996

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

Annique 2013 JUBILEE

Kom geniet die middag saam, met die Bekendstelling van die2013 Jubilee/Geskenke kit!

Datum: 9 Oktober 2013 Tyd: 14:30 vir 15:00Plek: Jacobsdal GolfclubPrys: R75 R.S.V.P: 6 Oktober 2013

Spreker van “Wild Hearts Rehab Centre” gaan die middag saam met ons spandeer. Deel van die kaartjie verkope gaan aan hulle as donasie vir die Renoster wesies.

Kaartjie sluit in ys-tee, shakes, “guilt-free” chocolate koek en mini-facials.

*Lucky Draws*

Kaartjies te koop by: Patricia Maclachlan 082 596 8931

**Betaling met Bestelling**

PLEASE COMPLETE FOR LUCKY DRAW

Name ___________________________________ Birthday _____________

Email address _________________________________________________

Cell and Landline _______________________________________________

Which skincare range do you currently use __________________________

May I Contact you? Yes No

In connection with:

Skincare Slimming Baby Care

Cellulite products Vitamins & minerals Resque Range

Make-up workshops Business Opporunity (SIMPLE, FUN, EASY)

Pamperlang 'Facial' Party (you and five friends at my or your house)

Consultant: Patricia Maclachlan 082 596 8931

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com no 32.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 10:30 en die ... Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd

Independent Distributor

Herbalife produkte – vir gewigisverlies, gewigstoename en algehele gesondheid!!Buiten die uitsondering van twee produkte is Herbalife so veilig, dat ek dit selfs tydens my swangerskap gebruik het!! Vandag is my seuntjie drie jaar oud en is mal oor die Herbalife sjokolade shake! Het jy dalk ‘n kind wat nie wil eet nie of sleg eet? Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd met al die nodige proteine, vitamiene en minerale wat hulle nodig het. 2 Lekker specials huidiglik aan:

1) Koop 2x shakes vir R690.00 en kry Herbalife Protein Bars ter waarde van R210.00 GRATIS OF 50g Thermojetics ter waarde van R235.00 GRATIS!!

2) Koop die Herbalife healthy breakfast (1x Shake, 1x Aloe concentrate en 1x 50g Thermojetics) vir slegs R925.00 en kry Herbalife Protein Bars ter waarde van R210.00 GRATIS.

Vir meer inligting kontak my gerus!

Adéle ViljoenSel: 082 399 5807 (BBM PIN 28B516A5)Email: [email protected]

Herbalife healthy breakfast!

Herbalife Protein Bars!