jacobsdal primêre skool - web viewlede word herinner aan die finansiële vergadering om...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 36 27 Okt – 3 Nov 2017 OUERS: SKOOL- EN KOSHUISGELD 2018: Op ‘n Ouerbegrotingsvergadering gehou op Maandag, 23 Oktober 2017 is die volgende skool- en koshuisgelde vir 2018 deur ouers goedgekeur: SKOOLGELD: R825.00 oor 11 maande Voor die 7de van elke maand vooruitbetaalbaar. KOSHUISGELD: Kwartaal 1 – 3: R3 792.00 Kwartaal 4: R2 528.00 Koshuisgeld is kwartaalliks op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Ouers wat per maand betaal, betaal R1300 vir 11 maande. Kwartaalbetalers kry dus ‘n ekstra R150 afslag. NB: Ouers moet asseblief deeglik kennis neem van die lys van besluite wat op bostaande ouervergadering voorgestel en aanvaar is. Dit word by die nuusbrief ingesluit. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 30 Oktober. EKSAMENROOSTER: Ouers moet asseblief kennis neem van die Eksamenrooster wat by die nuusbrief ingesluit is. Alle eksamenwerk in alle vakke is op skrif aan leerders uitgedeel. KLEURATLETIEK: Baie dankie aan al ons ouers vir julle ondersteuning en hulp as beamptes by die Kleuratletiek. Dit was lekker om die lekker dag saam met julle te spandeer. Dankie aan ons Ouerleierkomitee wat so hard gewerk het, asook die ander ouers wat hulle behulpsaam was. Julle is ware staatmakers! ‘n Besondere woord van dank aan BKB (Henriëtte du Plooy) wat weer ons medaljes geborg het. Ons waardeer dit opreg! Geluk aan ons atlete wat goed presteer het.: Junior Victor Ludorum: Dylon Britz (957) Junior Victrix Ludorum: Luné Fourie (1055) Senior Victor Ludorum: Hanru Krause (2129) Senior Victrix Ludorum: Izeldi Jacobs (2346) GR 7 VCSV KAMP: Sterkte aan die 28 graad 7-leerders wat die naweek ‘n VCSV-kamp in Bloemfontein bywoon. Ons hoop julle maak ons trots en maak ten volle gebruik van hierdie wonderlike voorreg wat julle het om so ‘n kamp by te woon. Juffroue Elza en Madeleine en mnr Alfred Hodgson vergesel die graad 7’s. JAARBLAD 2017: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief na die klasonderwysers. Dit gaan weer vanjaar ‘n pragtige boek wees. DANKDAG / GR 7 LOOPBAANDAG: Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons skool se Dankdag op Vrydag, 3 November om 7:30 in die skoolsaal. Net na die Dankdag sal die graad 7’s se Loopbaandag in die skoolsaal plaasvind. Dit is deel van LO en leerders sal inligting daaroor ontvang. KOSHUIS:

Upload: truongduong

Post on 30-Jan-2018

266 views

Category:

Documents


48 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering ... AFR 3 / TEG. Do: 23. Wisk. 2

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 36 27 Okt – 3 Nov 2017OUERS:SKOOL- EN KOSHUISGELD 2018:Op ‘n Ouerbegrotingsvergadering gehou op Maandag, 23 Oktober 2017 is die volgende skool- en koshuisgelde vir 2018 deur ouers goedgekeur:SKOOLGELD: R825.00 oor 11 maande Voor die 7de van elke maand vooruitbetaalbaar.KOSHUISGELD: Kwartaal 1 – 3: R3 792.00Kwartaal 4: R2 528.00Koshuisgeld is kwartaalliks op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Ouers wat per maand betaal, betaal R1300 vir 11 maande. Kwartaalbetalers kry dus ‘n ekstra R150 afslag.NB: Ouers moet asseblief deeglik kennis neem van die lys van besluite wat op bostaande ouervergadering voorgestel en aanvaar is. Dit word by die nuusbrief ingesluit.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 30 Oktober.

EKSAMENROOSTER:Ouers moet asseblief kennis neem van die Eksamenrooster wat by die nuusbrief ingesluit is. Alle eksamenwerk in alle vakke is op skrif aan leerders uitgedeel.

KLEURATLETIEK:Baie dankie aan al ons ouers vir julle ondersteuning en hulp as beamptes by die Kleuratletiek. Dit was lekker om die lekker dag saam met julle te spandeer. Dankie aan ons Ouerleierkomitee wat so hard gewerk het, asook die ander ouers wat hulle behulpsaam was. Julle is ware staatmakers! ‘n Besondere woord van dank aan BKB (Henriëtte du Plooy) wat weer ons medaljes geborg het. Ons waardeer dit opreg!Geluk aan ons atlete wat goed presteer het.:Junior Victor Ludorum: Dylon Britz (957)Junior Victrix Ludorum: Luné Fourie (1055)Senior Victor Ludorum: Hanru Krause (2129)Senior Victrix Ludorum: Izeldi Jacobs (2346)

GR 7 VCSV KAMP:Sterkte aan die 28 graad 7-leerders wat die naweek ‘n VCSV-kamp in Bloemfontein bywoon. Ons hoop julle maak ons trots en maak ten volle gebruik van hierdie wonderlike voorreg wat julle het om so ‘n kamp by te woon. Juffroue Elza en Madeleine en mnr Alfred Hodgson vergesel die graad 7’s.

JAARBLAD 2017: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief na die klasonderwysers. Dit gaan weer vanjaar ‘n pragtige boek wees.

DANKDAG / GR 7 LOOPBAANDAG:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons skool se Dankdag op Vrydag, 3 November om 7:30 in die skoolsaal.Net na die Dankdag sal die graad 7’s se Loopbaandag in die skoolsaal plaasvind. Dit is deel van LO en leerders sal inligting daaroor ontvang.

KOSHUIS: Die Koshuis hou hulle jaarlikse afsluitingsfunksie op Donderdag, 2 November. Die swembad word daardie middag vanaf 14:30 tot 16:30 deur die koshuis gebruik. Geen afrigting of gebruik van die swembad in daardie tydgleuf nie.

LEERDERDEELNAME:TENNIS: Baie geluk aan Jannes Krause wat met die Riatra Tennistoernooi op Hopetown ‘n goue medalje verwerf het.DOGTERS TENNISUITSLAE TEEN DOUGLAS: 0/13A: Verloor 4 – 2 0/11A : Verloor 6 – 0 WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: 0/9, 0/11 en 0/13 dogters speel op Woensdag, 1 November teen Newton hier by ons en 0/9 en 0/13 speel op Donderdag, 2 November teen Eureka op ons bane. Wedstryde begin elke keer om 14:00 en spelers kan om 13:30 verdaag.

KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Maandag, 30 Oktober teen Douglas op hulle velde. Spelers kan om 11:45 verdaag en die bus vertrek om 12:00.R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering ... AFR 3 / TEG. Do: 23. Wisk. 2

Sterkte aan die Xhariep 0/11 krieketspelers wat op Dinsdag, 31 Oktober teen Grey F in Bloemfontein speel. Die 0/13 Xhariep spelers speel op Donderdag, 1 November teen Grey C.

JIM FOUCHÉ ATLETIEKBYEENKOMS:Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 28 Oktober aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelneem.

TWEEKAMP:Indien daar atlete is wat op Saterdag, 11 November aan die Interprovinsiale Tweekampkompetisie in Kimberley wil deelneem, moet op Maandag, 30 Oktober by mnr Hodgson kom inskryf.

NAUTILUS:Sterkte aan die leerders wat op Saterdag, 28 Oktober aan die Nautilus-kompetisie in Bloemfontein deelneem.

FLAMINGO GALA:Sterkte aan die swemmers wat op Saterdag, 28 Oktober aan die Flamingo gala deelneem.

ALGEMEEN:VERLORE GOEDERE:‘n Ontstellende voorraad skoolklere, sportklere, skoene, gewone klere, kosblikke ens. is in die verlore kamer opgegaar. Meeste hiervan is nie gemerk nie. Die personeel neem geen verantwoordelikheid vir leerders wat nie hulle goed kan oppas nie en ouers wat nie klere en toerusting merk nie. Ons behou ons die reg voor om na ‘n sekere tydperk hierdie voorraad te skud en aan minderbevoorregte kinders te versprei.

KOPLUISE:Daar is steeds leerders wat kopluise het. Ouers moet asseblief weer die naweek inspeksie doen.

…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Johan de Scandé (ongeluk gehad)Karabo Mazibuko (ouma oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering ... AFR 3 / TEG. Do: 23. Wisk. 2

BOOMERANG TASDaar is ‘n voorbeeld van ‘n Boomerang tas in die klerewinkel as ouers daarna wil kom kyk.

AFSKEURSTROKIE: KRIEKET TEEN DOUGLAS (0/11 & 0/13 - Maandag, 30 Okt)

OUER: _______________________________________

SPELER: ___________________________________________

GAAN MY EIE KIND NA DOUGLAS VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA DOUGLAS

HANDTEKENING: ____________________________

Busgeld vir elke speler: R50

AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD – 2017

OUER: ___________________________________________

LEERDER: __________________________________

GRAAD: ________

WIL GRAAG ______ (AANTAL) JAARBLAD VIR 2017 @ R120 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________ DAT: __________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering ... AFR 3 / TEG. Do: 23. Wisk. 2

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLEKSAMENROOSTER9 Nov. - 24 Nov. 2017

Dag: Dat: Gr 1 Gr 2 Gr 3 Gr 4 Gr 5 Gr 6 Gr 7

Do: 9 Eng 2

Vry: 10 Prysuitdeling

Ma: 13 EBW

Di: 14 WISK

Wo: 15 Saal Saal LV AFR 2

Do: 16 Saal Saal SW NW

Vry 17 AFR NWT AFR 2 ENG 3 &SK prakties

Ma: 20WISK

1Sessie

1/2

WISK1

Sessie 1/2

WISK1

Sessie 1/2

WISK WISK WISK SW - GEO

Di: 21 LV LV LV ENG ENG ENG 2 ENG 3

Wo: 22 ENG ENG ENG NWT LV AFR 3 AFR 3 / TEG

Do: 23Wisk

2Sessie

1/2

Wisk2

Sessie 1/2

Wisk2

Sessie 1/2

SW AFR ENG 3 LO / SK

Vry: 24Afr

Sessie 1/2

AfrSessie

1/2

AfrSessie

1/2LV SW NWT SW-GES