jacobsdal primêre skool - web viewlede word herinner aan die finansiële vergadering om...

Download JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 13:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, ... R33 440.00. PER KWARTAAL:

If you can't read please download the document

Upload: hanhi

Post on 06-Feb-2018

241 views

Category:

Documents


20 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMRE SKOOLNUUSBRIEF: 1 13 - 20 Januarie 2017

Tema vir die jaar: SELFDISSIPLINE

VERWELKOMING:

Baie welkom aan ons nuwe leerders en ouers, asook ons

nuwe leerkragte, mej Rozanne Meyer en mnr Jaco Erasmus. Ons verwelkom ook mev Marinda van der Walt wat Jakkies Opwaarts Sentrum gaan bestuur.

Baie welkom aan mev Marlene le Gras wat by die koshuis diens doen, asook al die nuwe leerders en ouers van die koshuis.

Ons hoop dat u vinnig tuis sal voel en ons wens u n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primre Skool toe.

SKOOL- EN KOSHUISGELD 2017:

Daar is n berekeningsfout by die skoolgeld vir twee kinders by die eerste kwartaal. Die korrekte uiteensetting word by die nuusbrief ingesluit. Regstellings sal gedoen word met ouers wat reeds betaal het.

TOEKENNING:

Die Direkteur Generaal van die Nasionale Departement van Onderwys het ons skool op Woensdag, 11 Januarie besoek om n mobiele biblioteek aan die skool te oorhandig as prys vir die beste Voldiensskool in die Vrystaat.

BEHEERLIGGAAM:

Lede word herinner aan die Finansile vergadering om 13:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 16 Januarie.

DOKUMENTE BY NUUSBRIEF INGESLUIT:

Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram vir kwartaal 1.

Gedragskode vir leerders vir 2017.

Gedragskode vir ouers vir 2017. (Vul die afskeurstrokie in as u die dokument by u kind gekry het)

Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese medikasie gebruik. Basiese medikasievormpie vir leerders.

Aansluitingsvorm vir die sms-stelsel. Aansluiting vir alle ouers is verpligtend. Slegs R60 vir die hele jaar se smse.

Afskeurstrokie vir ouers wat bereid is om toesig in klasse te hou indien onderwysers afwesig is. (Teen betaling)

Periodetye vir 2017

Kleurgala inskrywingsvorm. Graad 1 ouers gee donasies van produkte vir hierdie gala.

Gimnastiekbrief

Bogenoemde dokumente moet op Maandag, 16 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word.

Ouers (en veral ons nuwe ouers) kan kennis neem van die

volgende nuttige inligting

Webtuiste: www.jakkies.com

Eposadresse: [email protected] (Skoolhoof)

[email protected] (Sekretaresse)

[email protected] (Finansies

Facebookblad: Jakkieloer - ouers is welkom om nuus daarop te laai (like asb!)

NUUSBRIEWE:

Elke oudste of enigste leerder in ons skool ontvang elke Vrydag n nuusbrief met inligting en al die relings vir die volgende week. U moet assebief op die nuusbriefkontroleblad (in u kind se besit) teken dat u die nuusbrief ontvang en saam met u kind gelees het.

Die nuusbrief word ook elke Vrydag op ons webtuiste geplaas.

DISSIPLINE:

Ons skool volg n dissiplinestelstel wat as volg werk:

Detensie word op Dinsdae, en Donderdae vanaf 15:30 tot 16:30 in die koshuis gesit.

Indien u kind n pienk briefie ontvang is hy/sy verplig om detensie te sit.

Ouers moet ook die detensiebriefies teken en terugstuur.

Met n vierde oortreding kry n kind n geel briefie wat n dissiplinre verhoor beteken.

AFWESIGE LEERDERS:

Leerders wat afwesig was en toetse gemis het, gaan op die eerste Maandag daarn daardie toetse gedurende die eerste periode (admin) in mnr Schalk Meintjes se klas skryf. Indien n leerder op daardie Maandag k afwesig is (met n geldige verskoning) mag hy op die daaropvolgende Maandag sy/haar toets inhaal. Indien hy of sy nie n geldige verskoning het nie, kry daardie leerder n 0-punt vir daardie toets.

Ouers mag nie direk na n klaskamer gaan om n onderwyser te spreek nie. Meld asseblief by die kantoor aan sodat ons adminpersoneel u kan help.

Leerders wat laat is vir skool moet eers by die kantoor aanmeld.

Ouers moet asseblief die kantoor so vroeg as moontlik telefonies in kennis stel indien u kind siek is of nie in die skool is nie.

Geen dokters-/tandartsafsprake gedurende skoolure tensy dit n krisis is nie. Stel asseblief vooraf die Skoolhoof SKRIFTELIK in kennis en onthou om u kind by die kantoor te kom uitteken.

Leerders moet n mediese sertifikaat toon indien hy/sy meer as twee dae afwesig is.

Leerders is self daarvoor verantwoordelik om hulle huiswerk by maats te kry, en in te haal, as hulle afwesig was. Huiswerk is ook elke dag vir graad 4 7 net na skool in n ler in die boekstoor beskikbaar.

VEILIGHEID:

Alle hekke van die skool word vanaf 7:30 tot 12:45 gesluit ter wille van die veiligheid van u kind.

Ouers en leerders (ook Keuterskool) moet asseblief van die Zebrastrepe gebruik maak om tussen die skool en koshuis oor die pad te gaan. Geen motors mag op die Zebrastrepe staan nie. Ry asseblief uiters versigtig en stadig in die straat voor die skool/koshuis.

SKOOL EN SPORTKLERE:

Leerders kom elke Woensdag met hulle sportklere skool toe.

Alle skool- en sportklere moet asseblief gemerk wees.

SELFONE:

Leerders mag nie selfone tydens skoolure in hulle besit h nie. Selfone mag wel vr skool by die kantoor ingehandig en n skool weer afgehaal word. Geen selfone by die koshuis.

KLEREWINKELTYE:

Maandag:

7:30 8:30

Dinsdag:

11:30 14:00

Woensdag:

11:30 14:00

Donderdag:

11:30 14:00

Vrydag:

11:30 13:30

PRYSUITDELING: (Veral ons nuwe ouers)

Die beleid bepaal dat leerders (indien hy/sy vir n streek- of provinsiale span gekies word) eers kleure kry indien hy/sy vir daardie streek/span deelgeneem het. Indien deelname n die Prysuitdeling van daardie jaar plaasvind, sal die leerder eers in die volgende jaar erkenning daarvoor kry.

Die handboeke wat u kind ontvang, is vir ons skool baie kosbaar. Leerders wat handboeke verniel of laat wegraak, ontvang rekeninge.

Ouers wat skool- en koshuisgelde elektronies inbetaal moet asseblief hulle kind se naam en van en waarvoor die betaling is, as verwysing gebruik. Alle ander gelde word by klasonderwysers gedoen.

Ouers moet asseblief kennis neem dat daar kameras in die klaskamers is. Opnames kan met dissiplinre verhore gebruik word.

Middagetes is vir dagskoliere by die koshuis beskikbaar @ R30 elk. Etekaartjies moet vr 10:00 by die kantoor gekoop word om n ete te kan kry.

SKRYFBEHOEFTES / HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]

Leerders se skryfbehoeftes en huiswerkboeke word op Maandag,

16 Januarie deur die klasonderwysers gekontroleer.

Graad 5 6 leerders kan huiswerkboeke vir kwartaal 1 by die klasonderwysers @ R25 elk bestel. (Graad 4s kry kwartaal 1 se huiswerkboek gratis.) Afskeurstrokies en gelde na klasonderwysers asseblief.

GRAAD 1 EERSTE SKOOLDAG-FOTOS: [AFSKEURSTROKIE]

Graad 1 se Eerste Skooldag-fotos kan deur ouers per afskeurstrokie by juffrou Marisan bestel word. (Een foto is in die saal tydens die kloklui-seremonie geneem en nog n individuele foto is in die klaskamer geneem)

Jumbo: R15

A5 vergroting: R30

Kontant met bestelling asb.

Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 27 Januarie.

GRAAD 1 OUERVERGADERING:

Ouers van graad 1-leerders het op Vrydag, 20 Januarie om 12:00 n belangrike inligtingsvergadering in die graad 1-klas.

KOSHUIS:

Kennis geskied hiermee van n vergadering vir alle KOSHUISOUERS wat plaasvind op Maandag, 16 Januarie om 7:30 in die eetsaal.

n Koshuiskomiteevergadering vind net na die Koshuisouervergadering plaas.

LEERDERDEELNAME:

SONE ATLETIEKSPAN:

Die finale Sone Atletiekspan word op Maandag, 16 Januarie op die kinders se drukbord geplaas. Atlete en ouers moet mooi kontroleer wie in die span is. (Eerste twee plekke op Kleuratletiek + nuwe leerders wat ingekom het). Kontak mnr Alfred vir enige navrae en bevestig asseblief met hom dat u kind wel aan die Sone Atletiekbyeenkoms gaan deelneem en in watter items sodat die finale inskrywings gedoen kan word.

RUGBY- EN NETBALOEFENING:

Oefening begin op die volgende datums:

NETBAL:

0/12 en 0/13: Dinsdag, 17 Januarie

0/7 (ook gr R) 0/11: Dinsdag, 31 Januarie

RUGBY:

0/11 0/13: Dinsdag, 17 Januarie

0/7 (ook gr R) 0/9: Dinsdag, 7 Februarie

TENNIS:

Baie sterkte aan die tennisspelers wat op Saterdag, 14 Januarie aan die Xhariep tennisproewe deelneem.

BLEEPTOETSE:

Bleeptoetse (fiksheidstoetse) word op Woensdag, 18 Januarie tydens die LO-periodes deur alle graad 4 7 leerders afgel.

KLEURGALA MAANDAG, 23 JANUARIE:

Leerders wat vir die Kleurgala wil inskryf moet hulle inskrywingsvorms op die laatste Maandag, 16 Januarie by die klasonderwysers ingehandig. Swemmers kan vir 5 items inskryf. Geen inskrywings word by die byeenkoms self gedoen nie. Geen laatinskrywings na Maandag nie.

NB:

Slegs 0/9 swemmers word in aanmerking geneem vir die Junior Victor en Victrix toekennings.

Slegs swemmers van 0/9 af, neem aan die Vrystaat Swemkampioenskappe deel. Indien u wil h dat u 0/8 kind in aanmerking vir die span moet kom, moet u hom/haar 0/9 inskryf.

0/9 Swemmers mag vir 50m vlinderslag inskryf op die Kleurgala maar daar is nie so n item op die Vrystaat Kampioenskappe nie.

Ouers wat bereid is om as beamptes op te tree, kan dit onderaan die inskrywingsvorm aandui. (Hulle is ook weer beamptes by die Interskole Gala op Maandag, 30 Januarie)

AL DIE GRAAD 1 OUERS word gevra om in vol