hoërskool mclachlan jaarverslag 20181 jaarverslag 2018 1. skoolprofiel 1.1 naam: hoЁrskool...
TRANSCRIPT
1
JAARVERSLAG 2018
1. SKOOLPROFIEL
1.1 NAAM: HOЁRSKOOL McLACHLAN 1.2 EMIS NO: 200100315 1.3 KWINTIEL: 4 1.4 STATUS: Artikel 21 1.5 TIPE: OPENBARE SKOOL 1.6 TUISDORP: JOUBERTINA 1.7 SKOOLDISTRIK: SARAH BAARTMAN 2. SLAAGSYFERS EINDE 2017
Graad 1: 97%
Graad 2: 94%
Graad 3: 95%
Graad 4: 95%
Graad 5: 100%
Graad 6: 97%
Graad 7: 82%
Graad 8: 80%
Graad 9: 96%
Graad 10: 68%
Graad 11: 100%
Graad 12: 100%
3. LEERDERGETALLE 2018
Seuns: 150
Dogters: 218
TOTAAL: 368
4. GRADE WAARIN ONDERRIG IS
LSEN 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 TOTAAL
SEUNS 11 18 10 13 15 10 12 15 11 3 13 12 7 150
DOGTERS 8 15 20 17 18 14 18 18 19 16 22 16 17 218
TOTAAL 19 33 30 30 33 24 30 33 30 19 35 28 24 368
042-273-1335
042-273-1210
www.hsmclachlan.co.za
Posbus 3
Joubertina
6410
Hoërskool McLachlan
2
5. POSTEVOORSIENING 2018
Posbeskrywing Posbekleër Vakonderrig Status Departementeel
SBL
1. Skoolhoof Mnr Botes C Gresse SW 8, 9 Geografie 10 – 12
Permanent Departementeel
2. Departementshoof (H/S)
Mnr Stanley Pienaar Wisk 8, 9 WG 10 – 12
Permanent Departementeel
3. Departementshoof (L/S)
Me D Bohnen Eng 5, 6 Afr 6, 7
Permanent Departementeel
4. Posvlak 1-opvoeders Me Lizbe Strydom (Gr 1) Alle vakke Permanent Departementeel
Me M de Kock (Gr 2) Alle vakke Permanent Departementeel
Me Tania Potgieter (Gr 3) Alle vakke Permanent Departementeel
Me Elaine Strydom (Gr 4) Afr 4, Eng 4, Wisk 4, 5 Permanent Departementeel
Me Riana Ferreira (Gr 5) Afr 5, LV 4 – 6, SW 5, 6 SK 7, 8
Kontrak SBL
Mnr Steve Kruger (Gr 9) NW 4 – 6, LO 7, 8 Teg 7 – 9
Kontrak SBL
Mnr Daniel Terblanche (Gr 6)
Wisk 6, SW 4, 7, 8 EBW 7 – 9
Permanent Departementeel
Me Marie Strydom (Gr 8) NW 7 – 9, LW 10 – 12 Permanent Departementeel
Me Madelein Vangeel (Gr 12)
EBW 8, 9 BS 10 – 12, Rek 10 – 12
Permanent Departementeel
Me Marietjie Strydom Afr 10 – 12, Toer 10 – 12 Permanent Departementeel
Mnr Johan Schlechter (Gr 11)
Wisk 10 – 12 FW 10 – 12
Permanent Departementeel
Me Roethilda Oelofsen Gasvryheid 10 – 12 Kontrak SBL
Mnr Martin van Dyk CAT 10 – 12 Kontrak SBL
Me Alida Burger (Gr 7) Afr 8, 9; Eng 7, 8 LO 9 – 12
Kontrak SBL
Me Janine Kritzinger (Gr 10)
SK 9 Drama 10 – 12 Visuele Kuns 10 – 12
Permanent Departementeel
Me Viginia Hatton-Jones (Gr 10)
Wisk 7 Eng 9 – 12
Kontrak SBL
5. LSOB Me Aurelia Olivier LSOB 1 – 4 Kontrak SBL
Me Mari Schreiber LSOB 5 Kontrak SBL
6. Administratief Me Daleen Strydom Me Augusta Mattheus
Ontvangs, skooladministrasie Finansies, boekestoor, skryfbehoeftes
Permanent Kontrak
Departementeel SBL
7. Sport / Skoolterrein Mnr Rieco van der Linde Sporthoof Afrigter Faktotum
Kontrak SBL
8. Koshuis
Mnr BC Gresse Me Miriam Chabeli Mnr M. Van Dyk
Koshuissuperintendent Assistent Diensdoenende pers.
Jaarlikse aanstelling Permanent Kontrak
Departementeel Departementeel SBL
9. Grondepersoneel en Skoonmakers
Me Doleen Masimla Mnr Cheetah Elbrecht Mnr Justin Sebia Me Dina Pietersen
Kontrak Kontrak Kontrak Kontrak (deeltyds)
SBL SBL SBL SBL
10. Busbestuurder Mnr M Jaftha Kontrak SBL
3
6. PERSONEELAANGELEENTHEDE
Alida Burger verlaat die diens van Hoërskool McLachlan gedurende die middel van die derde
kwartaal. Ons hartlike dank en waardering vir al die insette wat sy gelewer het. Groot dank en
waardering aan Alet Engelbrecht en Judy Kotze wat vir Alida ingestaan het, asook aan Liesbet
Erasmus wat die skool in tye van afwesigheid van personeel bygestaan het – haar ervaring en
kundigheid was die skool die afgelope jaar tot groot hulp. 'n Hartlike welkom aan Mari Schreiber
wat aangestel is vir die tweede fase van die LSOB-klas. Ons vertrou dat sy baie gelukkig by
Hoërskool McLachlan sal wees.
Opregte dank aan al die personeel van 2018, tesame met die administratiewe en
ondersteuningspersoneel, vir volgehoue harde, kwaliteit werk om ons skool se naam hoog te hou
en te verseker dat daar aan die toekoms van ons leerders gebou word om ‘n suksesvolle volwasse
lewe te verseker.
Sonder die ondersteuning en aktiewe betrokkenheid van die skoolbeheerliggaam sal al
bogenoemde pogings nie kan vlot nie en dra ons ook ons dank aan hierdie besondere manne op.
Mag hierdie besondere band van samewerking in 2019 voortgesit word.
7. SKOOLKOSHUIS
Die skoolkoshuis het die afgelope jaar 32 leerders gehuisves. Ongelukkig het getalle deur die jaar
baie gewissel a.g.v. die feit dat betaling nie volgehou kon word nie. Spyseniering is deur die DvO
behartig. Personeel is egter nog nie aangestel soos belowe nie en is tans ‘n groot uitdaging.
8. AKADEMIE
Die uitdagings op akademiese terrein word by die dag groter. Leerders oor die totale spektrum
ervaar groot agterstande, veral leesvaardighede en gesyferdheid. Aansienlike ingryping is in 2018
gedoen met remediërende klasse wat op geskeduleerde tye in die skoolrooster aangebied is om
leerders te ondersteun wat hulp benodig. Riana Ferreira het met groot vernuf en ervaring hierdie
klasse behartig en ons bedank haar graag vir die reuse werk wat in hierdie afdeling gedoen is. Daar
word ‘n beroep op ouers gedoen om hul kinders te ondersteun en saam met die skool te werk
wanneer daar sekere ingrypings gedoen word. Die afwesigheid van ‘n vaste studieroetine tuis,
toegewydheid tot leer en ‘n gedissiplineerde lewensstyl is van die grootste probleme wat die skool
daagliks ervaar en moet hanteer.
Daar is ook begin met ekstra wiskunde en CAMI-klasse na skool. Hierdie geleentheid is vir alle
leerders beskikbaar en nie net vir diegene wat probleme met taal of wiskunde ondervind nie. Dit is
juis daar vir diegene wat hul wiskundige en taalvaardighede nog verder wil ontwikkel om sodoende
nog beter te presteer vir wie hierdie klasse aanbeveel word.
Die sukses van die LSOB-klas kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die vooruitgang wat hierdie
leerders toon, is merkwaardig en gee hulle ‘n definitiewe ervaring van sukses en vooruitgang.
Dankie aan Aurelia Olivier vir haar leiding en insette aan wie leerders en ouers groot dank verskuldig
is.
4
9. SPORT
Laerskooltennis
Ons laerskool het die hele jaar op ‘n weeklikse basis tennis geoefen. Gedurende die eerste en
derde kwartaal het ons wedstryde teen Paul Sauer gespeel. Almal wat geoefen het, het ‘n
geleentheid gekry om wedstryd te speel. Van ons laerskoolleerders het vir die hoërskool se
tennisspan wedstryde gespeel. Ons het hierdie jaar weer vir Ronnie Petersen, ons professionele
afrigter, gehad wat ongeveer 50 spelers afrig. Hy het ook 'n toernooi by Paul Sauer gereël waarna
ons leerders genooi is. Dit lyk belowend vir die toekoms as ons sien hoeveel jong spelers afrigting
ontvang. Ons het groot waardering vir sy afrigting.
Hoërskooltennis
Die hoërskoolspanne het hierdie jaar weer ligawedstryde gespeel. Die seuns was onoorwonne in
al hul ligawedstryde.
Die dogters het baie ontwikkel en het die liga slegs met 2 wedstryde verloor. Die tennisspelers was altyd positief, ongeag of hulle gewen of verloor het. Laerskoolnetbal Die laerskoolnetbalspanne het intensief gedurende sportperiodes geoefen. Verskeie sportdae is bygewoon en ligawedstryde is ook gespeel. HS McLachlan se 0/10-span was die wenners van die Koukammastreek. Karien van der Mescht se uitstekende insette en afrigting was van groot waarde. Sanmari Potgieter het in twee daaropvolgende jare die Oos-Kaap as hulpdoel verteenwoordig. Die twee 0/13-netbalspanne was op ‘n geslaagde netbaltoer waar hul kon spog met goeie uitslae. Hoërskoolnetbal Die hoërskoolnetbalspanne het gereeld wedstryde gespeel. Die wedstryde tydens die kermis en tuiswedstryde is baie goed ondersteun. Ongelukkig woon die speelsters nie die oefeninge gereeld by nie. Viginia Hatton-Jones was Hoërskool McLachlan se 0/14- en 0/15-netbalafrigter vir 2018. Sy het ook die jaar haar netbalafrigtingskursusse voltooi: gradering vlak D en skeidsregter vlak 1. Die twee netbalspanne was baie suksesvol. Die 0/14-netbalspan het ‘n totaal van 18 wedstyde gespeel en het 12 van die 18 gewen. Die 0/15-netbalspan het die jaar 15 wedstyde gespeel waarvan hulle 12 gewen het. Abigail Maya is deur na die Koukammanetbalproewe.
5
Atletiek Die kleuresport waartydens die geel- en rooispanne kompeteer was nog ‘n hoogtepunt. Die Red Bulls het as wenners van die baan gestap, terwyl die geel PacMan-span die sangbeker verower het. Hoërskool McLachlan se atlete het uitstekend gevaar. Anton v.d. Mescht het in die spiesgooi uitgeblink. Hy het die Oos-Kaap en Oostelike Provinsie verteenwoordig. Laerskoolrugby Die laerskool het 'n goeie jaar gehad. Die 0/7-, 0/9-, 0/11-, en 0/13-spanne het aan die volgende sportdae deelgeneem: HPS, McLachlan Kermis, Stulting, Markötter, asook Jeffreysbaai. Die 0/9's was ook by HPS se Melktandjiedag. Die 0/13-rugbyspan het die jaar met die 0/13-Top Gear- sporttoer al drie hulle wedstryde teen groot skole gewen. So het hulle die jaar op 'n hoë noot afgesluit. Ons glo dat dit met laerskoolrugby in 2019 net nog beter sal gaan. Steve Kruger is weer as hulpafrigter van die Kouga 0/13-span verkies wat die Kouga-subunie by die jaarlikse 0/13-week in Cradock gewen het. Alverique Krige is in die OP se 0/13-Cravenweekspan opgeneem wat aan die Cravenweek in Kimberley gaan deelneem het. Hy is in die OP se 0/13-sewespan ingesluit wat aan die nasionale 7's-week in Bloemfontei gaan deelneem het. Wat 'n voorreg vir McLachlan om nog 'n Cravenweekspeler op te lewer. Die skool se rugbyafrigters van 2018 was Nelis Johnston (0/7), Daniël Terblanche (0/9, 0/16), Steve Kruger (0/11, 0/16), Rieco v.d. Linde en André Aucamp (0/13). 0/15-Oostelike Provinsie- Rhinoweek te Vereeniging Rieco van der Linde het Hoërskool McLachlan as afrigter by die Oostelike Provinsiespan se 0/15-span verteenwoordig. Hy is bygestaan deur Hannes Lotter as spanbestuuder en Deon Lyons as mediese beampte. Wat 'n voorreg vir McLachlan om drie lede by ‘n Oostelike Provinsiespan betrokke te hê. Ruben Barnard het Hoërskool McLachlan in die OP-0/15-span verteenwoordig. Ruben is ook verder beloon om gekies te word vir die OP-0/15-Iqhawespan wat aan die nasionale Iqhawe-week in Johanesburg gaan deelneem het. Oostelike Provinsie- 0/19-Plattelandtoernooi te Reitz Rieco van der Linde het Hoërskool McLachlan as hoofkeurder by die Oostelike Provinsie se 0/19-plattelandspan verteenwoordig. Die volgende spelers het Hoërskool McLachlan in die OP- plattelandspan verteenwoordig: Anton van der Mescht, Monti Rossouw en Juhane Rossouw. Monti Rossouw is as onderkaptein van die OP-plattelandspan aangewys. 0/19- McLachlanrugbyseisoen 2018 Rieco van der Linde was Hoërskool McLahlan se 0/19-afrigter, bygestaan deur Hannes Lötter. Die span was baie suksesvol en verloor net twee wedstryde die hele seisoen. Hulle het ook teen groot skole die jaar gespeel en as wenners uit die stryd getree. By die jaarlikse kermis het hulle uitsonderlike rugby gespeel en wen al drie hulle kermiswedstryde.
6
0/19- Koukammarugbyspan Die volgende spelers verteenwoordig die Koukammarugbyspan in 2018: Fernando Fourie, Bennie Strydom, Breyton Barendse, Brandon v.d. Linde, Anton v.d. Mescht en Juhane Rossouw. Die span is deur Steve Kruger afgerig. OP-Hoërskole-“High Performance Training Camp” Die volgende spelers is genomineer om deel uit te maak van OP se “High Performance Training Camp” vir die 2019-seisoen: Anton v.d. Mescht, Juhane Rossouw en Ruben Barnard. Rieco van der Linde is deel van hierdie opleidingskamp. Dit is voorwaar ‘n groot voorreg dat daar soveel spelers van McLachlan vir so ‘n kamp genomineer is. Laerskoolkrieket Krieketontwikkeling begin alreeds op 0/7-vlak deur Bennett Wright by Hoërskool McLachlan. Ons 0/9’s word afgerig deur Daniël Terblanche en die 0/11’s en 0/13’s deur Steve Kruger en Rieco van der Linde. Die 0/11- en 0/13-krieketspan neem deel aan die Kouga-liga. Hoërskoolkrieket Die 0/19-krieketspan word afgerig deur Steve Kruger. Hulle neem deel aan die PE-krieketliga. 10. OLIMPIADES
Conquesta Olimpiade ‘n Hele aantal graad 3- tot 7-leerders het aan die Conquesta Olimpiade deelgeneem. Hierdie
olimpiade verryk elke leerder en leer hul ook om met insig vrae te beantwoord.
Wiskunde-en-Wetenskap-in-Aksie-Olimpiade
Drie leerders het deelgeneem en het redelike goed presteer.
Wêreldkennisolimpiade
Drie leerders in graad 6 en 7 asook een leerder in graad 10 neem aan hierdie algemene kennis-
olimpiade deel en behaal goeie uitslae.
7
11. ONDERSTEUNINGSDIENSTE
Volgens die beleid vir inklusiewe onderwys word skole wat leerders met spesiale
onderwysbehoeftes akkommodeer, aangemoedig om ondersteuning aan die gemeenskap te bied.
Hoërskool Kaap Recife in Port Elizabeth het besluit om vanjaar hulle uitreikaksie na Hoërskool
McLachlan voort te sit aangesien beperkte ondersteuningsbronne in ons area voorkom. Hoërskool
Kaap Recife beskou dus die uitreik as ‘n geleentheid om hulle kundigheid en spesialisbronne te
gebruik om gemeenskapsdiens aan beide die ouers en skool te lewer. Gedurende 2018 het Kaap
Recife aan 18 leerders van ons skool spesialisdienste gelewer. Die resultate hiervan stel die
onderwysers in staat om hierdie leerders met spesiale onderwysbehoeftes inklusief te kan
akkommodeer. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Hoërskool Kaap Recife terapeutiese
dienste tot beskikking van ons skool stel.
Hierdie samewerkingsaksie het gelei tot die belangstelling van die Direktoraat van Inklusiewe
Onderwys wat, o.l.v. Dr. Glynnis Pieterse, aanbeveel het dat Hoërskool McLachlan vir drie spesiale
onderwysprogramme moet registreer. Die aansoek om registrasie is in Augustus vanjaar by die
onderwysdepartement ingedien.
In samewerking met Gerda Ferreira en die Departement van Sosiale Ontwikkeling het Hoërskool
McLachlan die afgelope jaar by traumaberading ingeskakel. Die traumabehandeling geskied onder
die bekwame leiding van Maryke Pretorius, ‘n gekwalifiseerde traumatoloog van Jeffreysbaai.
Meryke besoek die skool elke 14 dae. Beide ouers en leerders vind groot baat by hierdie diens.
Kaylene Jasson is gedurende die tweede helfte van die jaar as leerder-ondersteuningshulp deur die
onderwysdepartement aangestel. Kaylene is gedurende die skooldag tot beskikking van leerders
wat in moeilike omstandighede ‘n gewillige oor nodig het om te luister. Verder identifiseer sy
leerders wat hulpbehoewend is en bring ook tuisbesoeke aan sodanige leerders en hulle gesinne.
Die behoefte aan ondersteuningsdienste neem steeds toe. Dit is met genoeë dat die skool kan
getuig dat ook hierdie behoefte aangespreek word op ‘n wyse waarop waarde tot die onderrig en
holistiese ontwikkeling van die kind toegevoeg word.
Remediërende onderrig het hierdie jaar vir die tweede jaar plaasgevind. Leerders het op die
gebiede van wiskunde, lees, klanke, spraak en arbeidsterapie hulp ontvang. Graad 1- tot 5-
leerders het hierdie jaar onderrig ontvang. Volgehoue ondersteuning van ouers en onderwysers
help om die onderrig te vergemaklik en te versnel. Leerders word in ‘n rustige atmosfeer en 1 : 1
onderrig. Die meeste leerders is deur kundiges getoets en waar daar probleme in die klas by
individuele leerders ontstaan het, is dit aangevul met remediërende onderrig.
‘n Groot aantal leerders het ook informele diagnostiese toetse afgelê wat tot groot hulp vir die
onderwysers was om hul onderrigmetodes volgens die leerders se behoeftes aan te pas.
8
12. VCSV
2018 was ‘n bedrywige jaar vol aktiwiteite en geleenthede op verskeie gebeide vir al Hoërskool McLachlan se leerders. Die VCSV het ook ‘n belangrike rol in die leerders se jaar gespeel om hulle gegrond te hou in hulle geloof. Om hierdie rede, was die tema van hierdie jaar so gepas: “Liefde kan oorwin”. Aan die begin van die jaar moes al die huidige en nuwe kringleiers ‘n kort opleidingsessie bywoon, waartydens “gereedskap” uitgedeel is oor hoe om die lesse effektief en interessant aan te bied. Vele kringleiers het daarby gebaat en het ‘n nuwe fase in hul geloofslewe betree. Om deel te neem aan die Mandela-dag inisiatief, het die VCSV besluit om blikkies kos en nie-bederfbare produkte onder die leerders van Hoërskool McLachlan in te vorder. Die produkte is in die vorm van ‘n groot syfer 122 op ‘n netbalbaan uitgepak om aan te sluit by die 122ste verjaarsdag van die VCSV-organisasie hierdie jaar. Die ingesamelde produkte is daarna aan minderbevoorregtes uitgedeel. Om ook die 122ste verjaardagviering van die VCSV te vier, het ons tak deelgeneem aan die stokkielekker-projek, waartydens die tak 2 000 stokkielekkers met 'n spesiale boodskap of Bybelvers, aan die leerders verkoop het. 13. VRL
Daar kan met trots gesê word dat al die aktiwiteite wat die VRL aangebied het ‘n reuse sukses was.
Valentynsdans
Die Valentynsdans is baie goed ondersteun. Die VRL- en BK-ouers was in beheer van die snoepie.
Die speletjie aan die begin van die aand was 'n treffer om die kinders in die regte stemming te kry.
Die gelukkige trekkings gedurende die aand het vir opwinding gesorg.
Mnr & Mej McLachlan
'n Rekordgetal van 28 deelnemers het meegeding om die titel van Meneer en Mejuffrou McLachlan
2018. Die saal was stampvol en van die graad 1'tjies was braaf genoeg om lekker heup te swaai
op die loopplank om hul beroep uit te beeld. Mnre. Daniël, Steve en Johan het gehelp om die
spanning voor die kroning bietjie te verlig met hul sangitem “Hardekole”.
Die volgende deelnemers het met die pryse ter waarde van R9 000 weggestap:
Seniors
Mej. Fotogenies 2018 : Tarine Strydom
Eerste Prinses 2018 : Roslyn Leibrandt
Mej. McLachlan 2018 : Tarine Strydom
Mnr. Fotogenies 2018 : Daniel de Vos
Eerste Prins 2018 : Monti Rossouw
Mnr. McLachlan 2018 : Daniel de Vos
9
Juniors
Mej. Fotogenies 2018 : Sanmari Potgieter
Eerste Prinses 2018 : Karin Strydom
Mej. McLachlan 2018 : Farren d`Lamini
Mnr. Fotogenies 2018 : Zack Strydom
Eerste Prins 2018 : Ruben Barnard
Mnr. McLachlan 2018 : Keagan de Lange
Hierdie jaar het dié deelnemers wat as Mnr. & Mej. McLachlan gekroon is 'n gemeenskapprojek
gedoen.
Daniel de Vos het op Saterdag, 16 Junie, ter viering van Jeugdag `n rugbykliniek vir 29 seuns
aangebied. Die geleentheid is gehou in samewerking met Elsje Kritzinger, die maatskaplike werker
betrokke by die Emmanuel Kinderhuis en die VALK-projek. Hy beoog om teen die einde van die
jaar genoeg fondse te bekom om 'n vlugbalnet vir die Emmanuel-Kinderhuis op te rig.
Tarine Strydom het by verskeie punte in die dorp bokse neergesit waar die gemeenskap onder
andere sanitêre produkte kon skenk. Aan die einde van Augustus het sy dit by die maatskaplike
werkerskantoor afgelewer, sodat dit versprei kan word waar die behoefte daaraan is.
Wintersokkie en Lentesokkie
Die leerders wat daar was, het die aand baie geniet.
Detensie
VRL van 2018 het detensie weer ingebring. Detensie vind weekliks op Vrydae tydens eerste pouse
plaas. Dit is 'n goeie afskrikmiddel vir leerders.
Kreet
Geskryf deur oudleerder, mnr. Johan Strydom. Die VRL van 2018 het dit goedgedink om `n kreet
in te bring om skooltrots te bevorder. Die kreet word elke Vrydag in die rye gedoen asook voor die
skoollied gesing word tydens saalbykeenkomste. Die VRL van 2018 se wens was dat hierdie
tradisie sal voortleef.
Opdatering van skoolwebtuiste
Aan die begin van die jaar is alle nuwe personeellede op die webtuiste gelaai. Foto's van aktiwiteite
wat deur die loop van die jaar plaasvind, is deurlopend opgelaai. Dit dien as beeldbou en bemarking
vir die skool en ons vertrou dat die nuwe VRL daarop sal voortbou.
10
Verfraaiing van die ingangportaal en personeelkamer
Die VRL se hoofdoelwit hierdie jaar was om die skool se beeld te verbeter en skooltrots te bevorder.
Die VRL en matriekklas het besluit dat die ingangsportaal ‘n bietjie opgevrolik moet word. Die VRL
het `n skildery en die matrieks het twee potte vir die doel aangekoop wat op
12 Oktober tydens die matrieks se laaste dag aan die skool oorhandig is.
Die nuwe gordyne in die personeelkamer is uit die VRL-fonds aangekoop. Voorwaar ‘n reuse
verbetering.
Baie dankie aan Johan Schlechter wat die VRL deur die jaar bygestaan het. Mag die toekomstige
leiers van McLachlan voortbou op dit wat reeds bereik is.
14. KULTUUR
Op kulturele gebied het McLachlan weer ‘n besige jaar gehad en het ons leerders op verskillende
gebiede uitgeblink.
Twee skrywers, Jaco Jacobs en Dudley Brand het die skool besoek en lees en skryf aangemoedig.
Disconto en Lapa het boeke by die skool kom verkoop en altesaam 230 boeke aan die
skoolbiblioteek geskenk.
Lees is verder deur die ATKV se Lekkerleesprogram ondersteun. Die skool het a.g.v. ons deelname
‘n boekgeskenkbewys van R700 ontvang.
Ander kultuuraktiwiteite waaraan ons leerders deelgeneem het, was die ATKV-Spelthion waar
Miencke Strydom in gr. 7 ons verteenwoordig het. Drie leerders, nl. Miencke Strydom, Tiffeney
Lyons en Tarine Strydom het goed in die ATKV se Afrikaansolimpiade gevaar.
Miencke Strydom en Elzé Potgieter dring deur na die semi-finale rondte van die ATKV-redenaars.
Die leerders geniet verder die jaarlikse makietie, ATKV-projekte van die ATKV-R62-Kamerade en
skaak wat ‘n baie gewilde aktiwiteit by McLachlan is.
Kultuurweek
‘n Baie suksesvolle kultuurweek is deur die laerskool aangebied. Leerders kon musiek maak met
hul eie musiekinstrumente en mekaar se kunswerke bewonder. ‘n Heerlike verskeidenheidskonsert
is gehou waar die leerders kon sing, dans, toneelspeel en saam in ‘n orkes kon speel. Daar is ook
redenaars gepraat en gedigte opgesê en gekyk na hul eie skoolkultuur asook na die skool se
geskiedenis. Die hoogtepunt van die week was toe die leerders soos hul gunsteling
storieboekkarakters kon aantrek. Die geld wat met die week ingesamel is, is gebruik om
biblioteekboeke aan te koop.
11
ATKV-storieleesfees
‘n Groot groep leerders het weer deelgeneem aan die ATKV se storieleesfees waar hulle ‘n
verskeidenheid boeke moes lees en beoordeel. Die skool het ‘n koopbewys van LAPA-boeke
ontvang, asook al die leesfees se boeke gratis, wat ongeveer R4 500 beloop.
Biblioteek
Die biblioteek spog hierdie jaar met 250 nuwe boeke op die rak. Die meeste van die boeke is
geskenk of kon teen ‘n verminderde prys aangekoop word. Ons het ook ‘n besending boeke uit
Engeland ontvang met die samewerking van Hortgro. Die boeke sal in die nuwe skooljaar op die
rakke geplaas word.
Stulting-Kunstefees
Die volgende leerders het deelgeneem:
Uli Terblanche en Marli van Zyl, gr. 10, groeptoneel. Ontvang ‘n A+(goud) vir hul opvoering.
Jurie Kritzinger, gr. 2 ontvang ‘n A (goud) vir sy gedig.
Nasionale Toneelspelkompetisie by die Kunstekaapteater
Mustafha van Rooyen dring deur na die tweede rondte, top 80 in die land en neem deel in Kaapstad.
Despatch- Kunstefees
Die volgende leerders het deelgeneem:
Elzé Potgieter, Marli van Zyl en Uli Terblanche, gr. 10, doen ‘n groepsimprovisasie en
ontvang ‘n A (goud)
Mustafha van Rooyen doen ‘n monoloog en ontvang ‘n A+ (goud)
Jay-lynn Jantjies doen ‘n monoloog en ontvang ‘n B+ (silwer)
Ronildene Mdyogolo doen ‘n monoloog en ontvang ‘n B- (silwer)
Pieter Strydom, gr. 5, doen ‘n gedig en ontvang ‘n A+ (goud)
Elaine Coenraad, gr. 5, doen ‘n gedig en ontvang ‘n A (goud)
Jurie Kritzinger, gr. 2, doen ‘n gedig en ontvang ‘n A (goud)
ATKV-Tienertoneel
Die toneelgroep voer die toneelstuk, Kouevuur, op, geskryf deur Riana Ferreira en
Janine Kritzinger.
Marli van Zyl, gr. 10 – Brons toekenning vir toneelspel
Uli Terblanche, gr. 10 – Brons toekenning vir toneelspel
Meghan Chipps, gr. 12 – Brons toekenning vir toneelspel
Die skool ontvang ook Brons sertifikate vir klank, beligting, kostuums en grimering.
Die toneelgroep voer ook die toneelstuk op by Hoërskool Andrew Rabie in Port-Elizabeth, op spesiale aanvraag.
12
Visuele Kunste
Despatch- Kunstefees: (Sketse en ander gemengde media kunswerke)
Marli van Zyl, gr. 10: A++ (diplomatoekenning)
Clinay Maarman, gr. 8: A
Olivier Kritzinger, gr. 6, B
Lianke Strydom, gr. 5, C
Jurie Kritzinger, gr. 2, C+
15. ESKOM Expo vir Jong Wetenskaplikes 2018
Sarah Labuschagne in graad 7 het vir die derde keer Hoërskool McLachlan verteenwoordig by die
2018-ESKOM Expo vir Jong Wetenskaplikes wat op 28 Augustus by NMU in Port Elizabeth
plaasgevind het. Alle nuuskierige leerders met ‘n sin vir avontuur,van graad 3 tot graad 12, word
aangemoedig om deel te neem aan die EXPO in Augustus 2019.
16. NOODHULP
‘n Vlak 1-noodhulpkursus is aangebied op 26 - 28 Maart 2018, waarvoor 4 leerders en 6 persone
uit die gemeenskap inskryf het. Die diensverskaffer was Philani Training Development onder leiding
van suster Marline Theron. Die kursus was baie leersaam en ‘n gulde geleentheid waar die skool
en gemeenskap kon saamwerk.
17. ANDER AKTIWITEITE
“Dodo”-herwinningsprojek 2018
Hoërskool McLachlan se leerders en onderwysers het begin met die herwinning van afval soos
papier, karton, glas en plastiek op die skoolterrein. Deur die goedgunstelike bydraes van die
skoolbeheerliggaam, onder leiding van Werner Oberholzer, is draad en ‘n draadhek hergebruik om
‘n afvalhok agter die busloods te bou. Hier word gesorteerde afval uit die klaskamers en
administratiewe afdelings in spesiale herwinningsakke gehou totdat Master Waste, ‘n inisiatief in die
Langkloof bestuur deur meneer Jessie Naidoo, dit kollekteer.
Die skool kry ‘n klein vergoeding vir die materiaal wat gekollekteer word.
Daar is besluit op die "Dodo" as ‘n embleem, omdat die verhaal van hierdie uitgestorwe voël vir ons
‘n waarskuwing is van wat kan gebeur as ons nie daadwerklik optree om ons omgewing te red nie.
Die graad 5- en 6-klasse het op 14 September deelgeneem aan nasionale skoonmaakdag, wat in
die Langkloof gereël is deur Langkloof Helping Hands en Master Waste. Leerders was verstom oor
die hoeveelheid en tipe afval wat binne ‘n radius van ongeveer 200 meter binne en rondom die
skoolterrein rondgelê het.
13
18. GELDINSAMELINGSPOGINGS
Kermis
‘n Baie suksesvolle kermis is in Mei aangebied. Die kleurvolle stalletjies en sportwedstryde het
gesorg vir ‘n onvergeetlike dag. Michelle Vosloo en haar span mammas verdien groot lof vir hierdie
poging.
Bonanza
Die Bonanza-geldinsamelingsprojek is goed deur die ouers en gemeenskap ondersteun en ‘n
bedrag van meer as R33 000,00 is ingesamel. Spesiale dank aan Di Pienaar vir die inisiatief. Groot
dank ook aan ons borge P&N asook Bokmakierie Slaghuis vir die skenk van die pryse.
Bloeiselfees
Die beheerraad van Hoërskool McLachlan wil hiermee almal wat by die jaarlikse bloeiselfees en
boeredag betrokke was, hartlik bedank.
Name kan nie uitgesonder word nie – daar was eenvoudig te veel mense wat uit hul pad gegaan
het om dit ‘n uiters suksesvolle fees te maak.
Tog moet twee mense spesiaal uitgelig word wat al die reëlings op hulle geneem en gekoördineer
het. Baie dankie aan Anton en Michelle Terblanche vir al hul laat nagte, min slaap en absolute
deursettingsvermoë om ‘n bloeiselfees op kort kennisgewing te reël en te organiseer. Julle is en
was nog altyd staatmakers en Hoërskool McLachlan salueer julle. BAIE DANKIE!
Baie geluk aan al die leerders en personeel met die suksesse van 2018. Dankie vir almal se
betrokkenheid, om meer as net die nodige te doen en sodoende lewens te verryk en waardevolle
ervaring te deel. Bou voort op die suksesse van 2018 en streef daarna om in 2019 nog groter
hoogtes en groter deelname aan aktiwiteite te bereik.
Die uwe
S.J.D. Pienaar
Waarnemende Skoolhoof: Hoërskool McLachlan