inhoudsopgawe - cum uitgewers · die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders...

13
Inhoudsopgawe Een Waarom ek? Waarom jy? .................................................... 9 Jy is nie alleen nie. Afknouery is ’n wêreldwye epidemie. Twee Word ’n boelie se nagmerrie ......................................... 21 Pluis uit wie jy is sodat geen boelie jou anders kan vertel nie. Drie Eien dit toe ............................................................................................ 47 Aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie lewe sodat boelies geen mag oor jou kan hê nie. Vier Kies jou pad ........................................................................................ 63 Bepaal jou koers gebaseer op sterk waardes wat geen boelie kan verswak nie. Vyf Skep jou veiligheidsone ...................................................... 89 Vestig innerlike sekuriteit en krag wat jou boeliebestand maak. Ses Vestig jou ondersteuningsnetwerk ....................... 103 Bou sterk en ondersteunende verhoudings wat jou sal bystaan teen afknouery.

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

Inhoudsopgawe

Een Waarom ek? Waarom jy? .................................................... 9

Jy is nie alleen nie. Afknouery is ’n wêreldwye epidemie.

Twee Word ’n boelie se nagmerrie ......................................... 21

Pluis uit wie jy is sodat geen boelie jou anders kan vertel nie.

Drie Eien dit toe ............................................................................................ 47

Aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie lewe sodat boelies geen mag oor jou kan hê nie.

Vier Kies jou pad ........................................................................................ 63

Bepaal jou koers gebaseer op sterk waardes wat geen boelie kan verswak nie.

Vyf Skep jou veiligheidsone ...................................................... 89

Vestig innerlike sekuriteit en krag wat jou boeliebestand maak.

Ses Vestig jou ondersteuningsnetwerk ....................... 103

Bou sterk en ondersteunende verhoudings wat jou sal bystaan teen afknouery.

978-1-4316-1112-6.indd 7978-1-4316-1112-6.indd 7 2014/03/04 07:57:03 AM2014/03/04 07:57:03 AM

Page 2: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

Sewe Oorwin die innerlike boelies ........................................ 127

Waak oor en bestuur jou emosies sodat jy afknouery suksesvol kan hanteer.

Agt Styg bo dit uit ................................................................................... 141

Ontwikkel ’n geestelike fondament wat jou sal help om vrede te ervaar en sterk te bly.

Nege Gebruik dit tot jou voordeel .......................................... 155

Al kan afknouery hoe erg wees, weet dat jy wyser en sterker van élke uitdaging kan wegstap.

Tien Ontwikkel jou

boelie-verdediging-strategie ......................................... 175

Berei jouself voor ten einde jou boelies suksesvol te hanteer.

Elf Neem standpunt in teen afknouery .................... 205

Wees ’n goeie Samaritaan en doen jou deel om die boelie-epidemie uit te roei.

Hulpbronne ................................................................................................................. 215

Erkennings .................................................................................................................... 217

Oor die outeur .......................................................................................................... 219

978-1-4316-1112-6.indd 8978-1-4316-1112-6.indd 8 2014/03/04 09:05:33 AM2014/03/04 09:05:33 AM

Page 3: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

Een

Waarom ek? Waarom jy?

Jy is nie alleen nie.

Afknouery is ’n

wêreldwye epidemie.

978-1-4316-1112-6.indd 9978-1-4316-1112-6.indd 9 2014/02/28 02:50:39 PM2014/02/28 02:50:39 PM

Page 4: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

1111

Ek is ongetwyfeld ’n boelie se droom.

Geen arms nie. Geen bene nie. Geen selfverdediging nie.

Daar is nooit vasgestel waarom ek sonder ledemate

gebore is nie, maar ek is op soveel ander maniere ge seën.

My grootste seën is ’n liefdevolle en ondersteunende

fa milie. Hulle het my in die eerste jare van my lewe

be skerm en bemoedig. Toe ek egter my familie se be-

skutting vir die gange en speelgrond van die laer skool

moes verruil, het dit gevoel of daar ’n teiken op my bors

is waarop staan: “Boelies, mik hier.”

Ek het alleen gevoel in my vrees vir boelies, maar ek

was nie alleen nie. Jy is ook nie.

Indien jy ooit afgeknou is, is daar een ding wat jy

moet verstaan: Hulle aanvalle, bespotting en gemene

dade gaan nie regtig oor jou, oor enige tekortkominge

wat jy dalk het of oor enigiets wat jy dalk gedoen het

nie.

Boelies het hulle eie probleme. Hulle pik op jou om

hulleself beter te laat voel, hulle woede te ontlaai, om

978-1-4316-1112-6.indd 11978-1-4316-1112-6.indd 11 2014/02/28 02:50:40 PM2014/02/28 02:50:40 PM

Page 5: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

1212

Waarom ek? Waarom jy? Waarom ek? Waarom jy?

magtiger te voel of selfs omdat hulle aan niks anders

kan dink om te doen nie.

Ek weet dit klink na ’n fl ou verskoning, maar dit is

die waarheid.

Toe ek ’n tiener was, het ek baie tyd gemors deur

te probeer uitpluis waarom boelies juis van mý ’n tei-

ken maak. Daar was veral een ou wat dit reggekry

het om my gedagtes te beheer. Hy het almal geboelie,

maar ek het dit om die een of ander rede persoonlik

op geneem. Ek het obsessief geraak oor sy motiewe. Toe

het ek uiteindelik tot die besef gekom dat sy afknouery

nie oor my probleme gegaan het nie. Dit het oor sy eie

probleme gegaan.

Daar is dalk ’n boelie in jou lewe wat dieselfde uit-

werking op jou het; dit is al waaraan jy dink, jou maag

trek op ’n knop van spanning en hy teister jou selfs in

jou drome, want jy kan nie uitpluis waarom jy die tei-

ken is nie. Ek is hier om jou gerus te stel en daardie las

te verlig.

Jou boelie se motiewe is nie belangrik nie. Jý is.

Jou veiligheid en geluk is vir my belangrik, en ook

vir elke ander mens wat jou liefhet en vir jou omgee. In

plaas van te fokus op waarom ’n boelie jou teister, kom

ons fokus liewer daarop om jou te help sodat jy weer

veilig en gelukkig kan voel.

Klink dit vir jou na ’n plan? Ek dink so.

Voordat ons aanbeweeg, wil ek egter hê jy moet weet

daar is geen enkele onfeilbare strategie waarvolgens ’n

mens boelies van aangesig tot aangesig kan hanteer nie.

Ek beveel ook hoegenaamd nie aan dat jy gewelddadig

moet raak indien jy dit enigsins kan verhoed nie. Moet

nooit toelaat dat ’n boelie jou uitlok om by ’n vuisgeveg

978-1-4316-1112-6.indd 12978-1-4316-1112-6.indd 12 2014/03/14 03:10:24 PM2014/03/14 03:10:24 PM

Page 6: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

13131313

Staan jou manStaan jou man

betrokke te raak nie. Indien ’n boelie jou aanval, kan

jy jouself verdedig, maar sorg dat jy so gou moontlik

wegkom. As jy enige rede het om te dink dat ’n boelie

jou fi siek gaan seermaak, moet jy met ’n volwassene

praat wat jou kan help voordat dit gebeur.

DIE BOELIE-EPIDEMIE

Dit is belangrik om heel van die begin af te verstaan dat

baie mense jou pyn deel in die hantering van hierdie

probleem. Om afgeknou te word is – ongelukkig – net so

algemeen soos om verkoue te kry of jou toon te stamp.

Ek reis oor die hele wêreld heen om met jongmense oor

hierdie einste kwessie te praat. Ongeag waarheen ek

gaan, veroorsaak afknouery oral groot kommer. Tieners

in elke skool in elke dorp en elke land vertel my dat

hul le verstandelik, emosioneel, fi siek en geestelik pyn

beleef omdat hulle afgeknou word.

’n Chinese tiener het my vertel hy het reeds agt keer

probeer selfmoord pleeg omdat hy by die skool afge-

knou word. ’n Oulike Koreaanse meisie het in Boise,

Idaho, huilend na my toe gekom nadat ek met hulle oor

afknouery gepraat het. Sy het gesê: “Ek word elke dag

by die skool geterg omdat ek Koreaans is, want ek is die

enigste Asiër in die hele skool.”

Ek hoor soortgelyke verhale van slagoffers in Chili,

Brasilië, Australië, Rusland, Serwië en oor die hele wê-

reld heen. Afknouery kom oral voor en dit neem talle

verskillende vorme aan. Die meeste van ons is bekend

met boelies uit ons kinderjare wat gedreig het om ons

met die vuiste by te dam, ons gespot het of ons maats

teen ons laat draai het. Volwassenes beleef dit dalk in

978-1-4316-1112-6.indd 13978-1-4316-1112-6.indd 13 2014/02/28 02:50:40 PM2014/02/28 02:50:40 PM

Page 7: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

1414

Waarom ek? Waarom jy? Waarom ek? Waarom jy?

die vorm van seksuele teistering of as diskriminasie ge-

baseer op ras, godsdiens, seksuele identiteit of gebreke.

Boelies kan iemand wees soos jou baas, kollegas, onder-

wysers, afrigters, vriende of vriendinne – enigiemand

wat sy mag of posisie uitbuit.

Dit maak my hartseer om dit te sê, maar ouers kan

ook boelies wees. Selfmoord is ’n groot probleem onder

jongmense in Asië en ’n deel van die probleem is dat

baie tieners ongeloofl ike druk ervaar omdat hulle die

beste punte moet behaal sodat hulle aan die beste uni-

versiteite kan gaan studeer en uiteindelik die beste be-

roepe kan volg wat die meeste betaal. Ouers wil van na-

ture hê hulle kinders moet goed vaar in die lewe, maar

wanneer ’n ma en pa slegs liefde en ondersteuning gee

indien die kind suksesvol is in hulle oë, is dit ’n vorm

van afknouery. Daar was een geval waar die ouers hulle

kind met sigarette gebrand het omdat haar punte nie

op hulle standaard was nie. Dit is natuurlik ’n uiterste

geval, maar ek het soortgelyke gevalle oor die hele wê-

reld heen teëgekom.

Dit maak altyd seer wanneer

’n mens afgeknou word.

Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-

neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die

een of ander manier “anders” is. Ek is ’n lewende voor-

beeld hiervan. Ek was vir die grootste deel van my lewe

’n magneet wat boelies aantrek. Ek het al el ke denkbare

neerhalende aanmerking oor my gebrek aan ledemate

gehoor. Wrede grappe. Selfs fi sieke drei gemente.

Dit het ook nie gehelp dat my gesin ’n paar keer

978-1-4316-1112-6.indd 14978-1-4316-1112-6.indd 14 2014/02/28 02:50:41 PM2014/02/28 02:50:41 PM

Page 8: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

15151515

Staan jou manStaan jou man

tydens my skooljare verhuis het nie. Ons het van die

een kant van Australië na die ander kant getrek, daarna

het ons na die Verenigde State van Amerika verhuis en

toe is ons weer terug Australië toe. By elke nuwe skool

was ek nie net die enigste kind sonder arms en bene nie;

ek was gewoonlik ook die enigste kind in ’n rolstoel.

Toe ons na die Verenigde State verhuis het, was ek ’n

drie dubbele teiken vir boelies: Ek was die enigste kind

in my skool sonder arms en bene, die enigste kind in ’n

rolstoel én die enigste kind met ’n Australiese aksent.

Anders? Waarvan praat jy, mate?

Ja, ek het soos ’n seer oog uitgestaan en die feit dat

ek dikwels die nuwe kind sonder vriende was, het van

my ’n selfs makliker teiken gemaak. Ek het egter vroeg

reeds besef dat boelies ’n rede sou vind om enigiemand

af te knou. Hulle noem slim kinders “bleeksiele”, lang

kinders “hemelbesems” en die kort kinders “stofkrui-

pers”. As vol maakte mense bestaan het, sou boelies hul-

le waar skyn lik gespot het omdat hulle “te volmaak” is.

Tog maak dit altyd seer wanneer ’n mens afgeknou

word. Dit is ’n aaklige belewenis wat dikwels voel of dit

nooit gaan ophou nie. As iemand wat dit regdeur my

tienerjare moes verduur en wat vandag nog van tyd tot

tyd daarmee te doen kry, wil ek vir jou hoop en vrede

gee. Jy kan bo dit uitstyg en aanbeweeg.

STYG BO DIT UIT

God het jou op hierdie aarde geplaas, want Hy het jou

lief en het ’n plan vir jou. Met sy hulp en die leiding wat

hierdie boek bied, sal jy jou boelies op hulle plek kan sit

sodat hulle bespotting en verwerping jou nie sal raak

978-1-4316-1112-6.indd 15978-1-4316-1112-6.indd 15 2014/02/28 02:50:42 PM2014/02/28 02:50:42 PM

Page 9: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

1616

Waarom ek? Waarom jy? Waarom ek? Waarom jy?

nie. My ervaring bewys dat enigiemand bo afknouery

kan uitstyg en ’n buitensporig wonderlike lewe kan hê.

Ek weet jy kan dieselfde doen.

Om jou ’n begin te help maak, wil ek ’n gedagte by

jou plant. Dit is natuurlik blatante breinspoeling. As jy

dit dus wil keer, gaan voort en sit foelie om jou kop. (Jy

sal lekker simpel lyk, maar dit is oukei met my solank

dit oukei is met jou.) Die gedagte wat ek wil hê jy moet

oorweeg, is dat alhoewel om afgeknou te word ’n aak-

lige ding is om deur te maak, dit ook ’n wonderlike ge-

leentheid kan wees.

Ek weet wat jy dink: ’n Kangaroe het seker vir Nick teen die kop geskop! Nee, dit was ’n wallabie. Tog glo ek jy

kan jou bose boelie verander in ’n bron wat goeie dinge

in jou lewe voortbring. In plaas van toe te laat dat jou

antagonis jou die mure uitdryf, jou depressief laat voel,

jou gedagtes oorheers, jou slaap bederf en al jou drome

vernietig, kan jy die bordjies verhang.

Alhoewel om afgeknou te word

’n aaklige ding is om deur te maak,

kan dit ook ’n wonderlike geleentheid wees.

Boelies wil jou mishandel. In plaas van dit toe te laat,

kan jy hulle as jou persoonlike motiveerders gebruik.

Versterk jouself en laat die boelies in die stof byt. In die

volgende bladsye gaan ek jou help om jou antiboelie-

teenliggaampies op te bou. Dit is ’n proses wat werk

deurdat ’n mens krag van binne af opbou, vanuit jou

diepste gedagtes en gevoelens – jou hart en siel – tot

die manier waarop jy die wêreld sien, besluite neem en

tot aksie oorgaan. Jy bou jou boelie-verdedigingsisteem

978-1-4316-1112-6.indd 16978-1-4316-1112-6.indd 16 2014/02/28 02:50:42 PM2014/02/28 02:50:42 PM

Page 10: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

17171717

Staan jou manStaan jou man

van binne na buite deur …

1. uit te pluis wie jy is sodat geen boelie jou anders

kan vertel of jou sleg kan laat voel nie;

2. verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie gedrag

en geluk sodat boelies uiteindelik geen mag oor jou

sal hê nie;

3. sterk waardes te vestig wat geen boelie kan laat

wankel nie;

4. binne-in jouself ’n veiligheidsone te skep waarheen

jy in jou gedagtes kan gaan vir krag en vertroosting;

5. sterk en ondersteunende verhoudings te bou wat

vir jou teen boelies sal opstaan;

6. te leer hoe om op die reaksies te reageer wat boelies

by jou ontlok;

7. ’n geestelike fondament te ontwikkel wat jou sal

help om vrede te beleef en sterk te staan teen af-

knouery;

8. die geleentheid te gebruik om uit jou ervaring van

afknouery te leer sodat jy sterker, wyser, vol ver-

troue, sterker in jou geloof en meer voorbereid kan

wees om enige uitdagings te trotseer;

9. jou boelie-verdedigingstrategie te ontwikkel sodat

jy voorbereid is om enige soort boelies te hanteer;

10. empatie te bemeester sodat jy bewus kan wees van

ander se behoeftes en hulle wanneer moontlik kan

bystaan en kan help om afknouery te oorkom.

Sodra al hierdie dinge in plek is, sal jy jou eie boelie-

verdedigingsisteem hê. Dan kan jy by my aansluit en

my help om die boelie-epidemie uit te wis sodat nie-

mand anders daaronder hoef te ly nie.

978-1-4316-1112-6.indd 17978-1-4316-1112-6.indd 17 2014/03/04 07:57:06 AM2014/03/04 07:57:06 AM

Page 11: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

1818

Waarom ek? Waarom jy? Waarom ek? Waarom jy?

Saam – en na tuurlik met God se hulp – kan ons ’n

einde bring aan die boelie-epidemie.

Dit gebeur te dikwels dat mense wat afknouery be-

leef, self ook boelies word. Dit is ’n bose kringloop en

een van my doelwitte met die skryf van hierdie boek is

om dié siklus te breek deur heel eerste vir jou te help

sodat jy dan vir my en al die ander mense kan help wat

daaraan toegewy is om die wêreld vry te maak van af-

knouery.

Ons kan dit doen. Ons kan verenig en dit ’n boelie-

vrye wêreld maak. Ek het in 2012 ’n skool in Hawaii

besoek om daar met die leerders oor afknouery te

praat. Ongeveer ’n jaar later het die skoolhoof vir my ’n

brief gestuur waarin hy skryf dat my besoek die skool

verander het. Hy het gesê dat daar vir ’n hele jaar nadat

ek die leerders toegespreek het nie ’n enkele insident

was waar een kind ’n ander afgeknou het nie.

Deur hierdie boek te lees gee jy die eerste tree saam

met ons op hierdie reis. As jy dit klaar gelees het,

moet jy dit asseblief vir iemand anders gee. Deel wat

jy gelees het met jou broers en susters, vriende, ouers,

onderwysers en enigiemand anders wat jy dink daarby

sal baat.

As jy ’n tiener is en oorweldig voel deur enige vorm

van afknouery, sal hierdie boek jou help verstaan dat

die spel wat boelies speel, ontwerp is om jou sleg te laat

voel sodat hulle meerderwaardig kan voel. Weier om

dié speletjie te speel. Glo eerder dié wat jou liefhet wan-

neer ons sê jy is vir ons en vir jou Skepper belangrik. Jy

is ’n kind van God, na sý beeld geskape. Jy is pragtig. Jy

is die perfekte en unieke jý.

Dit beteken nie jy is sonder foute nie, maar dit is

978-1-4316-1112-6.indd 18978-1-4316-1112-6.indd 18 2014/02/28 02:50:43 PM2014/02/28 02:50:43 PM

Page 12: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

19191919

Staan jou manStaan jou man

juis die mooie daarvan. Ons is almal tegelyk volmaak

en onvolmaak. God het ons so gemaak, want daar is

skoon heid in albei, en betekenis ook.

Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy die volgende

stellings duidelik en vol selfvertroue kan maak.

• Boelies kan my nie seermaak of defi nieer nie, want

ek het myself gedefi nieer. Ek weet wie ek is en waar-

heen ek op pad is.

• Ek gee aan niemand anders die mag om my sleg te

laat voel oor myself nie. Ek aanvaar verantwoorde-

likheid vir my eie geluk.

• My waardes is onwrikbaar. Ek het ’n plan vir my le-

we wat hierdeur gelei word.

• My krag kom van binne en geen boelie kan my on-

seker van myself laat voel nie.

• Ek weet my familie en vriende sal altyd opstaan vir

my, net soos ek vir hulle.

• Ek is bewus van my emosies, veral woede en vrees,

en ek beheer my reaksie daarop sodat ek positief kan

bly in my gedagtes en optrede.

• My geestelike lewe is sterk en bekragtig my. Ek weet

ek is vir ’n spesifi eke doel geskep en dat ek onvoor-

waardelike liefde ontvang. Waar ek swak is, is my

Skepper sterk.

• Ek soek iets positiefs om uit elke uitdaging te leer,

insluitend wanneer iemand my afknou.

• Ek reik by elke geleentheid uit om ander te help, ver-

al dié wat op enige manier afgeknou word.

Saam sal ons jou boelie-verdedigingsisteem opbou. Jy

sal sterker voel as ooit tevore en jy sal beter voorbereid

978-1-4316-1112-6.indd 19978-1-4316-1112-6.indd 19 2014/02/28 02:50:43 PM2014/02/28 02:50:43 PM

Page 13: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · Die boelie-ervaring wat die meeste voorkom, is wan-neer kinders bespot en geterg word omdat hulle op die een of ander manier “anders” is. Ek is

2020

Waarom ek? Waarom jy? Waarom ek? Waarom jy?

wees om al die uitdagings van die lewe te trotseer.

N i c k s e n o t a s o o r h o o f s t u k e e n

◾ Afknouery is ’n wêreldwye epidemie. As jy dus

afge knou word, is jy nie alleen nie – en daar is

meer as ge noeg hulp beskikbaar.

◾ Wanneer ’n boelie op jou pik, gaan dit nie oor

jou of enige tekortkominge wat jy dalk het nie.

Dit gaan oor die boelie se eie probleme. Doen

dus jou bes om dit nie persoonlik op te neem

nie.

◾ Daar is geen enkele onfeilbare strategie om elke

lie we boelie mee te hanteer nie. Jou beste kans

is om jou innerlike krag op te bou en strategieë

te ontwikkel vir elke scenario wat jy dalk sal

moet trotseer.

◾ As ’n boelie jou aanval, moet jy jouself verde-

dig, maar sorg dat jy so gou moontlik wegkom.

As jy enige rede het om te dink dat ’n boelie jou

liggaamlik gaan seermaak, moet jy met ’n vol-

was sene praat wat jou sal help voordat dit ge-

beur.

978-1-4316-1112-6.indd 20978-1-4316-1112-6.indd 20 2014/02/28 02:50:43 PM2014/02/28 02:50:43 PM