la rochelle · 2019-01-17 · die graad 9’s het weer vanjaar die nasionale assesserings - eksamen...

12
The Story of the life of La Rochelle in 2014 NR. 108 La Rochelle H o ë r M e i s i e s k o o l | Gi r l s H i g h S c h o o l

Upload: others

Post on 12-Jun-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Faurestraat, Paarl, 7646, Suid-Afrika – Posbus 21, Hoofstraat, Paarl, 7622, Suid-AfrikaFaure Street, Paarl, 7646, South Africa – PO Box 21, Main Street, 7622, South Africa

Tel +27 (0)21 872 4367 – Faks/Fax +27(0)21 872 7812 – E-pos/E-mail postermasterlarries.co.za – www.larries.co.za

hms la rochelle ghs – 2014 – nr. 108

ons blom in la rochelle

The story of the life of La Rochelle in 2014

NR. 108

la rochelle

hoër meisieskool | girls’ high school

twintigveertientwentyfourteen

4

Annual R

eport

Dion Chang, Trendspotter and owner of Flux Trends, named 2014 the year of Minimalism and Selfcentred Egos. He used the smaller shops in New York, Berlin, Tokyo and Paris as an example. South Africans are still obsessed with malls, but, shops such as Levi and Guess are exhi-biting only 5 denims and with a touch of a screen, the rest! According to him, people are not that brand-orientated any more and focus more on themselves, their health and eco-friendly products. Hence the obsession with me, myselfie and I! And wait for the gymselfie!

We decided to have our own exercise on self-centred behaviour and chose 2014 to CARE FOR OUR SOULS. According to the Greek phi-losophers, we need to nurture the BoDY, MIND, HEART and SoUL. So, with a few basic tips from “7 Habits of Highly Effective Teens” by Sean Covey, we braced ourselves for the new year.

The events in our school and personal lives evolved into our musical, “Story of my Life”. We all experienced personal joys, challenges, as well as sadness. At school, we had to say goodbye to members of staff, which necessitated changes, but we soon realised that change cre-ates new opportunities – a sure test of one’s resilience. Whilst caring for our souls, we were also blessed at school with golden moments, fun experiences and successes to write into our own and collective stories, a glimpse of which can be seen in this year’s colourful Annual. As always, we would like to express our gratitude towards Mrs Lynette Neethling for capturing the essence of life at La Rochelle.

op Akademiese gebied het ons weer eens die jaar uitstekend begin met ’n agtereenvolgende agtiende 100% slaagsyfer! ons is uiters dankbaar vir die klasgemiddeld van 72,1% en die VIER topstudente wat bo 90% gemiddeld behaal het, maak ons baie trots! ons is een van slegs 107 skole landwyd wat die laaste 5 jaar (sedert 2009) met 100% geslaag het: slegs 0,428% landwyd! Blaai saam met ons deur die pragbladsye vir meer inligting oor die uitslae. ons is ook trots op mevv. Lynette Neethling (English First Additional Language), Mari-anna Schoeman (Afrikaans Eerste Addisionele Taal) en mej. Elmeri van Heerden (Drama), wat deur die Drakenstein Munisipaliteit vereer is vir hul uitstekende uitslae.

Uitdagings vanjaar is die eerste Matriekklas wat volgens die CAPS-kurrikulum geassesseer word. Die DASS-punte vir graad 8 en 9 is ook verander na 40%, met die Eksamenpunt wat 60% tel. Die slaagvereiste vir graad 9, wat onder andere 50% vir Huistaal en 40% vir Wiskunde insluit – sonder kondonering – gaan beslis landwyd ’n impak hê. Die graad 9’s het weer vanjaar die Nasionale Assesserings-eksamen (ANA’s) en WKoD Sistemiese Toetse vir Tale en Wiskunde afgelê. ons is trots om aan te kondig dat ons deur die WKoD vereer is vir die taal-uitslae van die graad 9’s in 2013. By die LITNUM-toeken-nings het ons ’n sertifikaat vir “Excellence in Languages” gekry, sowel as ’n kontantbedrag van R20 000, wat ons op klaskamertegnologie spandeer het.

Instandhouding het vanjaar grootliks gefokus op die Multifunksio-nele kompleks – bekend as die En Avant Sentrum. Die Argief het ’n nuwe baadjie (ligte) gekry, danksy ’n klomp entoesiastiese ma’s, onder leiding van mev. Ronya Bouwer-Bosch, terwyl die matte in die gange vervang is en die Leersentrum ’n houtvloer gekry het.

Die koshuis skitter met ’n splinternuwe dak en die volgende verfpro-jekte is voltooi: oostelike mure, die agterkant van die gebou, sowel as die Studiesaal. Die ontspanningsaal geniet verdere aandag en sal hopelik in 2015 voltooi word.

PERSONEELons moes in Junie vanjaar afskeid neem van die Ratze ná ’n tydperk van 12 jaar: mnr. Wolfie Ratz, in sy hoedanigheid as Adjunkhoof by die skool en Superintendent van die Koshuis en mev. Colleen Ratz, wat sedert 2011 met onderskeiding as Koshuisbestuurder opgetree het. Die egpaar vestig hulle in onrusrivier, nadat mnr. Ratz as Vakadviseur vir Engels in die overberg Skooldistrik aangestel is. Mev. Sonnet Vorster het die pos as Superintendent van die Koshuis by hom oorgeneem en is tans saam met haar man, Andries, woonagtig op die terrein in Eendracht. Mev. Lida Hendrikse tree as Koshuisbestuurder op. Mnr. Charles Kitching neem mnr. Ratz se Engels-klasse waar. (vervolg op bladsy 7)

Twee van die skool se Algemene Werkers, Sakkie van Dyk en Ethel Williams het onderskeidelik na 10 en 11 jaar se diens by

La Rochelle afgetree.

Nicky Conradie2009 - 2014.

Uwe Strack2011 - 2014.

René oelofse2011-2014

ONS GROET

NUWE PERSONEELLEDE

Marné Nel (Afrikaans Huistaal & Eerste Addisionele Taal, Engels Huistaal & Geskiedenis), Mariechen le Roux (Lewenswetenskappe),

Joyce Janssen (Duits & Lewensoriëntering) en Jacobie Muller (Berader).

Karin Pietersen (Fisiese Wetenskappe).

Charles Kitching (English Home

Language).

Peter Whitmore (Terreinbestuurder).

twintigveertientwentyfourteen

5

Jaar

vers

lag

Frans Botha, French teacher, was granted a full scholarship (R35 000) by the French

government in co-operation with the French Embassy of South Africa. He

attended a two-week-long summer school in July at l’Université de Nantes in the Pays

de la Loire region as part of his professional development. 

Alexis Viljoen.

Wolfie and Colleen Ratz, with his parents, Josef and Katel.

Besoek aan The House of JC le Roux.

Piekniek by Warwick-landgoed.

Bram & Susan Potgieter saam met haar ouers, Billie & Alta du Preez.

’N DUBBELE BEDERF

PER-SONEEL

Mariechen le Roux (middle) & the Backstage Crew of Bronwyn Haasbroek, Amelia Kannemeyer, Raine Comninos & Elze Barnard.

THE STORY OF MY LIFE

Die gedugte span aan die stuur: Gerhard Laubscher (Projeksies), Lientjie olivier (Musiekdirekteur), Elmien Thom (Begeleiding), Inge van Zyl (Assistent Chroreografie), Elmeri van Heerden (Dramadirekteur) en

Luzanne oosthuizen (Kostuums).

twintigveertientwentyfourteen

6

Annual R

eport

AKADEMIESE PRYSUITDELINGAKADEMIE

Guest Speaker, Mr Wolfie Ratz with Headgirls, Annemie Nieuwoudt (2014), Marguerite van Eeden (2015), and Deputy Headgirls,

Emma Cloete (2015) and Engela de Villiers (2014).

Annemie Nieuwoudt, saam met Ma Carin, Pa Gerrit, Broer Jannie en oupa Jurie.

ENTREPRENEURSHIP COURSE organised by the Paarl Business Chambers. Front: Eline van Lill, Sarah Krumböck, Annemie van Zyl, Lize-May Mouton. Back: Monica Kruger, Tristan Brockman, Michelle

Rousseau and Monique Raath.

GRAAD 12s se OPENBARE PRAKTIESE MUSIEK – EKSAMENUITVOERING voor ‘n WKoD-paneel: Annemie Nieuwoudt,

Kayla Manuel, Simone Schlosz, Jade Williams, Lenaé Maart, Rina-Mari Weideman, Bernitia Hess, Mariana Kirstein, Anél Watson

en Nina Mouton.

LITNUM-toekenning vir Uitnemendheid vir Uitkomste in gr. 9-Taal: Marieta Steyn (Afrikaans Huistaal), Amanda Lochner,

Christa Vos (Afrikaans Huistaal) en Wolfie Ratz (English Home Language).

‘n Graad 12-leerder, Janie Visser, het aan ‘n Skryfskool-in-Afrikaans-kompetisie deelgeneem en is as Algehele Wenner aangewys. Die opstelle is deur, onder andere, Johan Bakkes en Francois Lotter goedgekeur. Deelnemers het daarna ‘n Afrikaanse skryfwerkswinkel bygewoon. Janie se opstel was die enigste een wat aan al die vereistes voldoen het, naamlik die korrekte spelling, goeie taalgebruik en uitnemende kreatiwiteit. Sy ontvang ‘n leesboek, sertifikaat, R2000 kontant en ‘n geskenkbewys ter waarde van R1000 by Protea Boekwinkel.

Elmeri van Heerden (Drama), Marianna Schoeman (Afrikaans Eerste Addisionele Taal & Lynette Neethling (English First Additional Language) is deur die Drakenstein Munisipaliteit vereer vir hulle uitstekende uitslae

in die Nasionale Senior Sertifikaateksamen van 2013.

Sigrid Burger and Dad Johan.

twintigveertientwentyfourteen

7

Jaar

vers

lag

Na mev. Ria Westraad se aftrede, het mev. Peggy van der Merwe by haar oorgeneem as Toesighouer in die Koshuis. Mev. Jean Mulder, wat in die kombuis diens gedoen het, het einde April besluit om eerder te konsentreer op haar nuwe eggenoot en mev. Marieta Louw het by haar oorgeneem. Die geledere in die Koshuis is verder versterk met mev. Elma Matthysen as Toesighouer. Mej. Marné Nel, wat as onderwyser vir Afrikaans en Engels by die skool aangestel is, woon ook in en help met Studiediens. Mej. Anél Beukes woon tans in Navarre en mev. Rubina Visser, wat steeds op die terrein is, ondersteun haar waar nodig.

Mev. René oelofse het haar pos as Sport- en Kultuur-organiseerder verruil vir die lewe van ’n boervrou naby Jansenville en hou tans skool by Brandovale Primêr in Klipplaat. Mej. Lizanne du Plessis, wat waarge-neem het terwyl mev. Danielle Viljoen met kraamverlof was (welkom, klein Alexis!), het die leisels by mev. oelofse oorgeneem. Mej. Joyce Janssen het vanjaar die Duits-pos met mnr. Uwe Strack, wat aan die einde van die jaar sy pos ontruim, gedeel. Mej. Mariechen le Roux, een van ons top-oudleerlinge, het die Lewenswetenskappe by mej. Lizelle Roux met onderskeiding oorgeneem. Sy het ook in die derde kwartaal verloof geraak aan André Vermeulen.

ons moes ook in oktober van mev. Susan Potgieter afskeid neem. Ná 28 jaar se uitstekende diens by La Rochelle, het sy die pos as Adjunk-hoof by Hoërskool Brackenfell aanvaar. ons is trots op haar en wens haar en Bram alles van die beste toe. Mev. Karin Pietersen neem mev. Potgieter se klasse oor in die vierde kwartaal. Mev. Nicky Conradie en haar man, Grant en klein Phoebe trek ook hul wortels in die Paarl op en begin in Januarie 2015 by Tsumeb Gimnasium – hulle sal dan terug op hulle geboortegrond wees.

Mnr. Sakkie van Dyk, Terreinbestuurder, en mev. Ethel Williams, lid van die ondersteuningspersoneel, het ook in Maart afgetree. ons was gelukkig om die uiters bekwame dienste van mnr. Peter Whitmore as Terreinbestuurder te bekom en mnr. Averoll Adonis werk alternatief by die Skool en Koshuis.

Soos met alle veranderinge, was daar hierdie jaar uitdagende tye vir die Personeel. Ek wil elkeen salueer vir die wyse waarop hulle nuwe take aangepak het en verantwoordelikheid aanvaar het! ons sien uit na 2015 en die koms van ’n nuwe Adjunkhoof en ander Personeellede.

PRESTASIESAlhoewel ons in La Rochelle fokus op die ontwikkeling van die indi-vidu en dat elke dogter die Liefde, Aanvaarding en Respek van die Larrie-familie ervaar, kan ons nie wegskram van die belangrikheid van prestasies nie. Dit is wat ons die energie gee om nog hoër doelwitte te stel, terwyl ons ook leer om mekaar se suksesse te waardeer en die kroon op almal se hoofde te hou.

Die Jaarblad is eintlik ’n viering van ALMAL se suksesse (lees gerus al die verslae, Akademiese en Sport- en Kultuur Prysuitdelings), maar ek lig net ’n paar hoogtepunte uit:

ATLETIEK: • ons wen die 4M Interskole vir die tweede agtereenvolgende jaar en

bewys dat 2013 nie net ’n gelukskoot was nie! Die Skoolhoofde land op Coetzenburg in ’n helikopter, geborg deur die Rupert-familie en veroorsaak groot opwinding. Baie dankie aan die organiseerders, Bloemhof. ons verower drie van die vier ouderdomsbekers (Gézelle Magerman – D/19, Angeline Smit – D/17 en Stephanie Smit – D/15).

• ons wen die PMW Atletiekbyeenkoms op Daljosafat die vyfde agtereenvolgende jaar waar Worcester Gimnasium die gasheer was. Beste prestasies word gelewer deur Stephanie Smit (D/15), Manilinde Maritz (D/17) en Angeline Smit (D/19).

• ons eindig derde by Hoërskool Sentraal, Bloemfontein se Top 10 Byeenkoms en vyf Larries eindig met hul prestasies onder die Top 50.

• Mev. Marianna Schoeman tree as Spanbestuurder op vir die dogters by die Wes-Kaap Kampioenskappe in oudtshoorn, waar 14 van ons atlete deelneem en uiteindelik met 9 medaljes terugkom. Sewe atlete word gekies om aan die Nasionale Hoërskole Byeenkoms in Polokwane deel te neem. (vervolg op bladsy 12)

Gasspreker by die 4M Swemspan se funksie, voormalige Springbok rugbyafrigter, Pieter de Villiers, saam met swemkaptein, Bernitia Hess,

Amanda Lochner & Marita van der Sluys (swemafrigter).

BIG BRAG – Gasspreker Nandi odendal (oudlarrie, 2006), Atletiekkapteins, Annemie Nieuwoudt en Shannon Bouwer-Bosch & Swemkapteins, Bernitia Hess, Anél Watson en Marianna Schoeman.

4M SWEMFUNKSIE

LARRIE COUTURE – Bella de Bruin, Amanda Lochner, Elmarie Leonard & Antoinette Kramer.

A proud moment for La Rochelle. Weer veilig op Moederaarde.

twintigveertientwentyfourteen

8

Annual R

eport

EXTREME NETBALL

RACHAEL VAN STELTEN

MEJ. LA ROCHELLE

Miss La Rochelle – James Bond (Ivan Botha) with a bevy of beauties!

Wouter Lombard (Hoof, TALENT & TRANSFORMASIE, M & C SAATCHI ABEL), Anja Carosini (Model, BOSS MODELS MANAGEMENT &

Mej. La Rochelle 2012), Reinard Ludick (Aanbieder en Nuusleser, SMILE 90.4 FM), Cheréne Pienaar (Modeskrywer – SPREE) &

Danie du Toit (Lid van SPOEGWOLF).

Compère, Ivan Botha (regs) en gaskunstenaar, Leah van Niekerk (tweede van links) saam met die vier Larrie-onderwysers

verantwoordelik vir die spoggerige aand: Frans Botha, Marianna Schoeman, Thereza Landman en René oelofse.

Anso Kemp (SA Netbalskeidsregter) en Erin Burger (Protea Netbalspeler) het die Larries se netbalvaardighede tydens ’n afrigtingskursus

opgeskerp. Saam met hulle is: Ronya Bouwer-Bosch (o/14A & B), Christa Vos (o/15A & B), Elbie Engelbrecht (o.19A &B), Sigi Burger (Netbalkaptein)

en René oelofse (o.19A & B Hulpafrigter).

GéZELLE MAGERMAN

Afrika Kampioen.

Rachael van Stelten – Protea Colours for Aerobics.

WêRELD KAMPIOEN

twintigveertientwentyfourteen

9

Jaar

vers

lag

FISIESE WETENSKAPPELEERDERLEIERSKONFERENSIE

ATKV-LEIERSBERAADBYBELBLOKRAAI-BEKERWENNERS

UNISA-KOOREKSAMEN

GR. 12 FISIESE WETENSKAPPE SE BESOEK AAN PURIS – ’n fabriek waar aromatiese olies geêkstraheer word.

Die 5de LEERDERLEIERSKONFERENSIE, wat weer deur die Universiteit van die Vrystaat geborg is, is deur 265 leerders van 44 skole van die Wynland-, Weskus- en overbergdistrikte bygewoon. Die tema van die Konferensie was WAARDEGEDREWE LEIERSKAP

en die sprekers wat opgetree het was: Dr. Gillian Arendse (Universiteit van Stellenbosch - Head of Section wat omsien na

strategiese intervensies aan akademiese leierskapsontwikkeling van die Maties), Sarietha Engelbrecht (digitale strateeg verbonde

aan Huisgenoot, You en Drum), en Rian Truter (opvoedkundige Leierskaps-deskundige). Danie du Toit, (hoofsanger, musiek- en liriekeskrywer van die rockgroep, Spoegwolf), het ‘n vertoning

gelewer en die belangrikheid van gemeenskapsleierskap uitgelig.

Mrs Potgieter and the Grade 11s visit Stellenbosch University’s Women in Engineering open Day.

Die Koor behaal 91% in hul Intermediêre UNISA-KOOREKSAMEN vir Gelyke Stemme.

ATKV-LEIERSBERAAD BY GOUDINI-SPA – Mart-Marié Serfontein, Marguerite van Eeden, Danielle Boon, Elze Barnard en

Hanli van Jaarsveld.

Anél Watson, Nina Hörnlein, Lida-Mari Fick, Keana Nieuwoudt en Lindi Steyn was van die 14 pryswenners (uit 94 korrekte inskrywings) in die

Bybelblokraai.

twintigveertientwentyfourteen

10

Annual R

eport

KOOR SE CD

SêRGROEP

Die Musiekdepartement olv Beverley Moll, Lientjie olivier en Elmien Thom het aan die einde van 2013 ‘n CD van die Koor se hoogtepunte van die jaar gemaak. Bram Potgieter (links) was verantwoordelik vir die klankopname en Wikus Ferreira (regs) van VR Graphics vir die ontwerp en uitleg van die boekomslag.

Die bekendstelling en vrystelling van die CD het tydens ‘n skemerfunksie in die Leersentrum geskied, waar Mecia Hugo en die trio van Lauren Pharoah, Jennifer la Grange en Zavia

Hammond opgetree het.

Gerhard Kroukamp, Marianna Schoeman, Wolfie Ratz en Mecia Hugo.

Trio begelei deur Elmien Thom.

Vrystelling van die A-CHoIRED CD – Skemerfunksie in die Leersentrum.

Mecia Hugo.Die Sêrgroep olv Engela de Villiers & Bernitia Hess eindig 2de in the

Interskole Sêr-kompetisie.

Megann Ferreira & Jordan Willett.

TOP DEBATERS

DE BEERS ENGLISH OLYMPIAD

GERMAN OLYMPIAD

Silver Certificates: Janet Clift, Marna le Grange, Cassandra Da Cruz, Monro Grier, Mart-Marié Serfontein, Kristina van Zyl. Bronze Certificates: Megann

Ferreira, Megan Street, Jette Kirsten and Saaliegah Khan.

GERMAN OLYMPIAD organised by the Goethe Institute and the South African German Teachers’ Association: Lerato Sonjica, Trisha de Villiers,

Danika Swart, Marna le Grange and Fatima Hendricks.

twintigveertientwentyfourteen

11

Jaar

vers

lag

LARRIE-PIANISTE

WêRELDKENNIS-OLIMPIADE

PAARL VALLEY EISTEDDFOD UCT MATHS COMPETITION

SA TAALBOND

LARRIE-PIANSISTE KRY GOUD BY STELLENBOSCH KUNSWEDSTRYD: Mart-Marié Serfontein, Lenaé Maart, Rina-Mari Weideman, Annemie

Nieuwoudt (Trio vir 6 hande – Cum Laude) en Elrica Foot.

Voor: Hanli van Jaarsveld, Claudia Schwaeble, Marguerite van Eeden, Andrea Grobbelaar, Mia Joubert, Keana Nieuwoudt. Agter: Erin Scott, Jadee Gideon, Kim Ayford, Lerine Eksteen (die hoogste punte in die

skool), Robyn Broodryk, Anita Kannemeyer, Elouise Lourens

TROPHY WINNERS – Front: Cara Paulse (Strings), Lenaé Maart (Recorder), Lida-Mari Fick (Recorder), Jade Williams (Recorder), Zini Gordon (Best Senior Poetry), San-Mari de Jongh (Recorder), Elrica Foot (Piano). 2nd

Row: Zavia Hammond (Singing), Chelsea Maguire (Best Dialogue), Cailin Hook (Best Dialogue), Lerine Eksteen (Recorder). 3rd row: Jennifer

la Grange (Singing), Nina Mouton (Singing), Helene du Toit (Best Monologue and Best Senior Monologue in Tygerberg International

Eisteddfod, while Mariana Kirstein (absent) was awarded Best Senior Prose in the latter Eisteddfod), Emily Winsor (Best Prose). Back: Anél

Watson (Recorder), Cathryn Barker (Singing)

Twee-en-sewentig leerders (30 Juniors en 42 Seniors) het die Tweetaligheidseksamen van die SA TAALBoND afgelê. Twintig leerders

het met ‘n gemiddeld van bo 70% geslaag. Hulle is (voor – Juniors): Victoria van Wyk, Jennifer la Grange, Zavia Hammond, Tiffany Mourries, Lerine Eksteen, Daniella van Wyk, Hesmari Basson, Jani van der Merwe, Nicolle Janse van Rensburg en Alette van der Merwe. (Agter – Seniors): Mart-Marié Serfontein, Jette Kirsten, Ané Smit, Engela de Villiers, Rina-

Mari Weideman (Lof ), Trisha de Villiers, Marna le Grange, Lucretia Pienaar en Shanie Joubert.

VISUELE KUNSTE

GRETCHEN LANDSMAN, GR.12 VISUELE KUNSTE-LEERDER het by die Endlersaal in Stellenbosch die kategorie Skilder gewen met ’n pragtige skildery, wat by die oude Libertas Gallery vir ‘n week uitgestal is.

Merit Awards. (Front): Emily Wright, Rita van der Walt, Rina-Mari Weideman. (Back): Alette van der Merwe, Jennifer la Grange, Stephanie

Smit, Lisa du Toit, Elouise Lourens, Cassandra Da Cruz.

twintigveertientwentyfourteen

12

Annual R

eport

• Medaljes by SA’s: Goud vir Christy Nell in Paalspring D/17 (3.20m); Silwer vir Gézelle Magerman in D/17 Verspring (5.87m) en Goud in 400mH (60.36s).

• Goud vir Gézelle by die Afrika Spele in Gaberones, Botswana in 400mH (60,10s), sowel as Goud by die Jeug olimpiese Spele in Nanjing, China (57,9s – ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord – met haar beste uitduntyd van 58,75s).

• Eerste by Top 10 aangebied deur Hoërskool Punt in Mosselbaai.

• Eerste by Top 10 aangebied in Bredasdorp.

• Wenners van Paarl Interskole teen Gimnasium en Hoër Meisieskool Paarl, asook die D/14- en D/17-ouderdomsbekers.

SWEM• La Rochelle behaal ’n derde plek by die 4M Swemgala met die beste

groottotaal ooit: slegs 7 punte agter Bloemhof! Tarien Joubert verower 2 brons en 1 goue medalje; Melissa Sampson 1 brons, Danélle Joubert 2 brons en 1 silwer en Bernitia Hess 1 silwer en 2 goue medaljes. Sy ver-beter die rekord in die 50m Vlinderslag o/19 met ’n tyd van 30,78 sek .

• Tarien Joubert kwalifiseer vir die SA Vlak 3-ouderdomsgroep Swem Kampioenskappe en behaal ’n agste plek in drie items landwyd.

NETBAL• Die o/18A-Span wen, na ’n strawwe kompetisie, die All Girls’ Toer-

nooi in Port Elizabeth. Gézelle Magerman word as die Speler van die Toernooi aangewys.

• Bogenoemde span vaar ook uitstekend in die “Top Schools’ Chal-lenge” en klop Hugenote, Wellington Sekondêr, Hoërskool Gim-nasium en Bloemhof om as een van die drie beste spanne na die volgende rondte deur te dring. Hulle wen ook die Spar Netbaltoer-nooi in Clanwilliam.

• Agt spelers word genooi na die Bolandproewe en ses dring deur na die finale rondte. Die volgende spelers verteenwoordig Boland by die Wes-Kaapproewe, naamlik Sigrid Burger (o/18), Jonicia Blom-metjies (o/17), Willow-Ruby van der Berg, Jana Scholtz en Leonora Todd (o/16) en Leandra Custodio (o/14).

• Sigi, Jonicia en Leandra word verkies tot die Wes-Kaapspanne. Tydens dié toernooi, verower Leandra se span ’n silwer medalje en Sigi word aangewys as een van die Top 35 spelers in SA.

HOKKIE• Die volgende spelers word in die onderskeie streekspanne op-

geneem: o/14: Melissa Sampson, Robin-Lee Klaasens, o/16: Kim Ayford, Jani van der Merwe, Nicola october en o/18: Andréa Maas-dorp, Carlon du Plessis, Marika Franken, Claudia Schwaeble. Hulle afrigter is Anél Beukes. Claudia word ook verkies tot die IPT-span.

JEUGLEIERS• Annemie Nieuwoudt word gekies vir Die Burger se Jeugleierskon-

ferensie in Desember by Muizenberg, waar slegs 50 leerders uit die Kaapprovinsie gekies word.

DEBATING• The teams performed well this year and Jordan Willett (Junior) and

Megann Ferreira (Senior) were selected to represent Boland at the Nationals. They combined with New orleans and obtained an excel-lent third place at the Model United Nations Conference.

PAARL-VALLEI EISTEDDFOD• 21 dogters verower trofeë en Jade Williams tree by die Gala-aand

op. La Rochelle word ook uitgesonder met ’n Erelidmaatskap-toekenning (ons ontvang ’n sertifikaat en ’n trofee).

ALGEMEEN• Drie dogters tree op in die vermaaklikheidswêreld van Amerika:

NOODHULP

BESOEKERS

Vlak 2- en 3-eksamen aangebied deur DYNAMIKOS – Voor: Michelle Coetzee, Carla Watson, Megan Fisher, Anya Roux, Zhivana Davidson,

Abigail le Roux. Middel: Robyn Broodryk, Samira Cross, Zavia Hammond, Courtney Thiel, Chanté Swart, Nicky Conradie.

Agter: Elouise Lourens, Lizanne Andrag, Lucia Loock, Gabriella Afonso, Herné Skinner, Josephine Bellmunt

André Janse van Rensburg en Scottie Smit van die GIDEONS het hulle jaarlikse besoek by La Rochelle afgelê om aan die graad 8’s Bybels uit te

deel. Saam met die Larries verskyn van die registeronderwysers, Marianna Schoeman, Sonnet Vorster en Laura Wigmore.

The orchestra of St Mary’s DSG of Pretoria visited Paarl and performed at various schools. Under the leadership of Celia Burger, they performed, amongst others, an extract from the Schindler’s List

soundtrack, Pirates of Caribbean and Let it go from Frozen.

twintigveertientwentyfourteen

13

Jaar

vers

lag

Claudia Grové kry ’n AMTC-sertifikaat vir “Actors, Models and Talent for Christ” in Florida. Monique Raath attended the New York Film Acad-emy for an “Acting for Film” Workshop. Jonicia Blommetjies verteen-woordig Suid-Afrika by die Miss Teen International Pageant in Florida.

• Cerene van Tonder en Talita Basson kwalifiseer vir die Voortrekkers se Presidentsverkenners.

• Janine Heydorn will represent SA during December in Kaikoe, New Zealand, at the Five Nations Mounted Games Tournament. They will be competing against America, Canada, Australia and New Zealand. only five riders from SA qualified.

• Rachel van Stelten received her Protea Colours from SASAFF for Aerobics and she competed in the FISAF International World Cham-pionships in Prague.

• Helen van Rhyn en Rialene Nel word gekies vir die voorlopige SA onderwaterhokkie-oefengroep wat volgende jaar aan die Wêreld Kampioenskappe in Spanje gaan deelneem.

• Helena Naudé word gekeur om Suid-Afrika by die 2014 United Space School by NASA, Houston, VSA vanaf 25 Julie – 11 Augustus 2014 te verteenwoordig.

GEBEURE / AANBIEDINGS / KAMPE / FUNKSIESDie jaar het weer met ’n spoed afgeskop en binne die eerste kwartaal het ons die volgende kampe aangebied: oefenkamp met al die Somer-afrigters by die skool, graad 8-kamp by Mizpah, Grabouw, SCA/VCSV Leierskamp by Franschhoek en Landsdienskamp, ook by Mizpah. Die Somersport is gekenmerk deur harde werk en sweet in die Bolandse hitte en proewe vir Hokkie en Netbal is ook gehou. Infiniti se kondis-ioneringsprogram, onder leiding van Philip Theunissen, toon steeds groot sukses. Spesiale sportgeleenthede was die graad 8-Atletiek en -Swem; Interhuis Atletiek (Brugstraat) en Swem (eie swembad); 4M In-terskole Atletiek (Coetzenburg) en Swem (ons swembad en die Rubina Visser Klubhuis, waar ons gasvrou was); PMW Atletiek by Daljosafat; Top 10 Atletiek in Bloemfontein; verskeie Swem aflosgalas; Agnes Pauw Tennistoernooi in Moorreesburg, Erin Burger Netbalkliniek en Hoërskool DF Malan se Hokkiekursus; Boland, Wes-Kaap en Hoërskole Nasionale Atletiekkampioenskappe. Die Goethe Institut het ’n Duitse konferensie vir leerders en onderwysers in die Weskaap by ons aangebied.

Verder is die Akademiese Prestige Aand met ’n Franse Flair aangebied. Mej. La Rochelle het ’n James Bond tema gehad en Ivan Botha tree as compère op. Ané Smit het as Mej. La Rochelle die finaliste geïnspireer om in Augustus ’n vrolike dans vir die ouers aan te bied. Die inkomste (meer as R10 000 se goedere en kontant) is later aan David Grier se projek, Gugulethu Early Childhood Development Centre, oorhandig.

Die bedrywige eerste kwartaal het ook ’n uitstappie na Maynardville ingesluit, waar die Shakespeare vertoning, Richard III, opgevoer is. Die graad 12-Frans leerlinge het Kaapstad en die Franse Ambassade besoek, die graad 8’s se Miss Tutti Frutti is by die Vrugtefees gekroon en daar is heerlik gedans by die Valentynsdans, Paul Roos se Prefektebal, die JTC Bal en die graad 10-Dans.

’n Larriespan het aan die SAIIA Quiz by Bishops deelgeneem en ’n groot groep leerders het die De Beers English olympiad, Wiskunde olimpiade, Taalbondeksamen, Lewenswetenskappe olimpiade en Duitse olimpi-ade afgelê. Al die leerders skryf ook in die eerste en derde kwartaal ’n Algemene Kennis Eksamen. Die Banango Entrepreneurspeletjie is ook deur die graad 8-, 9- en 12-leerders afgelê.

Die ouers het ons in groot getalle ondersteun by die onderskeie oueraande vir die graad 8’s en Matrieks, sowel as die algemene aande in die tweede en derde kwartaal. Die Manne Aand, gereël deur Lilla van der Merwe en Leanie Venter, het die bekende wynkenner, Emile Joubert (Mia in graad 12 se pa), as gas gehad, terwyl sy suster, Lise Beyers (Redaktrise van die Paarl Post) vir die manne steak gebraai het! Groot groepe ouers was ook by die 4M Atletiek en –Swemfunksies teenwoordig, waar Nandi odendal (Matriek 2006) en Pieter de Villiers (voormalige Springbok rugbyafrigter) as sprekers opgetree het.

BESOEKERS

INTERNATIONAL TEACHERS’ DAY

Elmien Thom het die WêRELDBIDDAG VIR VROUE-program opgestel, waar mev. Jeanne Cillié (Matriek en onderhoofdogter, 1964) die

gasspreker was.

The new Student Council of La Rochelle acknowledged their teachers by giving each a yellow rose and a jar of cookies with the message “With

you as a teacher, I am going to be one smart cookie.”

Die hoogtepunte in die tweede kwartaal was beslis die All Girls’ Schools’ Festival, wat vanjaar deur Collegiate Girls’ High School in Port Elizabeth aangebied is, sowel as ons eie La Rochelle Musiekproduksie – Story of my Life – in die Stadsaal. ons bly nederig en dankbaar vir die talente van ons dogters, maar ook trots op onderwysers wat dit ontsluit. Mev. Lientjie olivier en mej. Elmeri van Heerden het met die ondersteuning van mnr. Gerhard Laubscher, mev. Luzanne oosthui-zen en ander Personeellede opnuut gewys watter kreatiewe energie hulle kan ontgin! Elke stukkie dialoog en al die liedjies is vars uit die pen. Die VYFDE Leierskonferensie vir leerlinge in die Kaapse Wynland, Weskus en overberg het weer nie teleurgestel nie. Die Universiteit Vrystaat was weer eens die borg en sprekers Riaan Truter, dr. Gillian Arendse van die Universiteit Stellenbosch, me. Sarietha Engelbrecht, Digitale Strateeg by Huisgenoot, You en Drum, en Danie du Toit (Hoofsanger: Spoegwolf ) het genoeg pitkos vir die nagenoeg 300 gaste gegee.

Talle Hokkie- en Netbalwedstryde, asook proewe, het plaasgevind. Kultuuraktiwiteite soos Landsdiens, ATKV-Debat en -Redenaars en Debating, geniet ook aandag. Matrieks moes elke Dinsdagaand twee uur lank verskeie Akademiese ekstraklasse bywoon en die Portuur-afrigtergroep se opleiding, het ook maandeliks geskied.

Leerlinge kon darem lekker ontspan by die gr. 11’s se Kaskar Kompe-tisie (Pride was die wenners), wat die eerste keer in Huisgroepe plaas-

twintigveertientwentyfourteen

14

Annual R

eport

gevind het. Die Pa-en-Dogteraand het weer gesorg vir interessante kostuum-kombinasies en versierde koeke! Hottie Louw, voormalige Stormers Rugbyspeler, het as spreker opgetree.

Tydens die tweede kwartaal vind tradisioneel ook ons oPEDAG vir voornemende leerders plaas. Die dogters wat as gidse optree, sowel as die uitstallings in die Saal, bly van ons beste bemarking. Dit is heerlik om die trots op die nuwe graad 8’s se gesigte te sien terwyl hul die skool, die tradisies en geskiedenis aan die gaste verduidelik! Vyf graad 11’s woon tydens die Junievakansie ’n Leiersberaad by Goudini by wat selfs op RSG uitgesaai is!

Die Gasvryheidstudies-komponent het hul ouers en ander gaste by die verskeie restaurantaande getrakteer en het self waardevolle onder-vinding opgedoen by die verskeidenheid van sjefs wat demonstrasies gelewer het en die uitstappies na Zomerlust Gastehuis, Paarl (gr. 10), One and Only Hotel, Waterfront, Kaapstad (gr. 11), en Hotel Verdé, die Kaapse Internasionale Lughawe (gr. 12).

Die derde kwartaal is ’n bedrywige kwartaal vir al die kultuuraktiwiteite, aangesien die dogters aan die Paarl-Vallei-, Tygerberg- en Stellenbosch Eisteddfods deelneem. Die verskeidenheid pryse wat by die Sport- en Kultuurprysuitdeling op 2 Junie en 3 oktober uitgedeel is, getuig van harde werk en entoesiasme. Die graad 12-Lewenswetenskapleerders besoek Tygerberg Hospitaal en die graad 11-Fisiese Wetenskapleerders Universiteit Stellenbosch se Ingenieursmiddag.

ons het ook tyd gemaak om Stigtingsdag op 4 Augustus te vier, Bybel-blokraai en -Vasvra te hou, asook Wêreldbiddag vir Vroue, Paasdiens en Hemelvaart te vier. Die Studenteraad het HMS se Raad by die jaarlikse High Tea in die Klubhuis ontvang, waar Anruné Liebenberg as spreker opgetree het. Die Debating en Model United Debating is suksesvol af-gesluit en die graad 12-Musiek- en Drama-leerlinge, het hul talente met onderskeiding tydens die finale praktiese assessering ten toon gestel. ’n Groot groep dogters het ook die Noodhulp Vlak 1, 2 en 3-eksamen, onder leiding van DYNAMIKOS, afgelê.

Die Koshuis het ’n lieflike Damesoggend op 16 Maart aangebied en die kwartaal met ’n stylvolle dinee op 29 September afgesluit. Die Sêrgroep het weer uitstekend gevaar en ons vergas tydens die spesiale Saal-byeenkoms om Gézelle Magerman ná die Jeug olimpiese Spele tuis te verwelkom. Die Matriekafskeid by Kronenburg het met die pragtige seetema in blou, ons asems weggeslaan: ook die pragtige Larrie-dames en hul metgeselle! ons het ook die graad 11-Seminaar ingepas by die Marlenique Landgoed, Simondium. Nou weet ons Matrieks van 2015 wat van hulle verwag word! Die Avanti Redaksie verras ons ook elke kwartaal met die goeie artikels wat hulle saamstel.

In die vierde kwartaal trek ons die drade bymekaar en maak ons reg vir volgende jaar. Die Akademiese Prysuitdeling vind in die Toringkerk plaas; die Matrieks verlaat ons op 17 oktober en hul finale eksamen vind vanaf 27 oktober tot 28 November plaas. Graad 8 tot 11 se finale deurlopende assessering is gereed voor die aanvang van die November-eksamen.

Uitstappies word deur die graad 10- en 11-Toerisme klasgroepe onderneem, die graad 9’s besoek ArtsCape. Atletiekbyeenkomste vind ook plaas: Swellendam Aflosbyeenkoms, Mosselbaai Top 10, Bredas-dorp Top 10, Swartland en Paarl Interskole. Die nuwe leiers vir 2015 woon in Desember die ATKV-Leiersberaad by.

Die Begroting vir 2015 word deur die ouers goedgekeur; die onder-wysposte vir volgende jaar word gefinaliseer en die skoolrooster word opgestel en met die Kers- en Dankdiens sluit ons die jaar dankbaar af.

ACKNOWLEDGEMENTSAt the start of the report I referred to Sean Covey’s tips and would like to emphasise the last three in order to enrich your soul:

• Watch the sunset tonight, or get up early to watch the dawning of a new day;

• If you haven’t already done it, keep a journal every day;

• Take time each day to meditate, reflect upon your life, or pray. Do it in a timeslot that works for you!

Collectively, we all contributed towards writing the story of La Rochelle in 2014. Together as a Larrie family, we have experienced many suc-

cesses, but none could have been accomplished had we worked individually. Therefore, we say THANK YoU for the support of:

• The officials of the WCED;

• Mr Juan Benjamin, Director of Cape Winelands District and his staff;

• Circuit 2 under the guidance of the Circuit Manager, Mrs Linda Marais, and her staff;

• Mr James Genis, IMG Manager, for his support and wise words;

• The SGB, under the leadership of Mr Kockie van der Merwe, for their unequivocal support and guidance. They enter their final months before the next three year election in March 2015. A spe-cial word of thanks to the Matric parents, Mrs Joan Mouton and Mr Trevor Clift for years of service to La Rochelle:

• All the Sub-Committees of the SGB;

• The PTA under the leadership of Mrs Pikkie Kannemeyer;

• The Past Pupil Union and their Chairperson, Mrs Josephine Spies;

• Members of the La Rochelle, Ruyswyck and En Avant Trusts;

• The Hostel Staff, Mrs Lida Hendrikse and Mr and Mrs Vorster, for their hard work;

• Mr Peter Whitmore and his team for their dedication;

• Mesdames Liana Lourens, Elizabeth Coetzee and Christa Bothma for their energy and support;

• The School Management Team for all the extra hours;

• Mr Wolfie Ratz for his loyalty and support;

• The Staff members for their professionalism and dedication;

• The Learner Leaders and Support Groups in all walks of school life;

• Every girl and parent of the school.

In the words of 2 Peter 1:3 - 7: “We continue to be thankful and stay on the track marking our destiny.”

Know the Good; Love the Good; Do the Good and still Be the Best you can Be!

En Avant!

Amanda Lochner2014-10-13