loffienuus 14 19 augustus 2015 - gelofte...
TRANSCRIPT
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
LOFFIENUUS Nuusbrief 14/2015
Webblad: www.gelofte.co.za
Die beste rol vir ‘n ma is oombliklike beskikbaarheid sonder aanhoudende teenwoordigheid.
(Lotte Baylyn) Geagte Ouer
1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u
enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is
031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels
‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra
dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.
2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief
ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander
aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad
beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.
20 Augustus Interskole atletiek by Kuswag Skool (Graad 8-12)
21 Augustus Koekverkoping (Graad 7)
21 Augustus Bloedskenk
21 Augustus Sekondêre leerderraad word aangekondig
27 Augustus Kultuuraand
28 Augustus Leerderraadkamp (Sekondêr)
31 Augustus Stelwerkeksamen (Graad 12)
1 September Stelwerkeksamen (Graad 12)
3 September Blokdag (Graad 12)
3-22 September Proefeksamen (Graad 12)
18 September Lentesokkie (Graad 8-12)
19 September Ma- en dogtertee
23 September Entrepreneursdag (Grade 7 en 11)
24 September Openbare vakansiedag (Erfenisdag)
25 September Skoolvakansiedag
30 September Interne Orators
30 September Forty Days (Matrieks)
1 Oktober Sterklas afdag
2 Oktober Rapporte (Graad 1-12)
2 Oktober Fliek (Graad 1-7)
2 Oktober Pretdag (Graad 8-12)
2 Oktober Skool sluit vir Lentevakansie
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
3. KOMMUNIKASIE MET SKOOL
Ons vind steeds dat ouers, ten spyte van verskeie versoeke, direk met die skoolhoof skakel indien
hulle probleme ondervind. U sal dikwels vinniger ‘n oplossing en terugvoer kry indien u direk met
die betrokke personeellid skakel. Indien u, nadat u met die personeel geskakel het, voel dat u nie
‘n bevredigende antwoord gekry het nie, is u uiteraard welkom om met die skoolhoof te skakel.
Ons doen dus weer ‘n beroep op u om direk met die betrokke personeellid te skakel of met
onderstaande personeel afhangende van wat u navrae behels.
Grade 1-3 Me. Havemann [email protected]
Grade 4-7 Me. M Human [email protected]
Graad 8 Mnr. Gordon [email protected]
Graad 9 Me. Adendorff [email protected]
Graad 10 Me. Gravett [email protected]
Graad 11 Me. Topper [email protected]
Graad 12 Me. Joubert [email protected]
Administrasie Me. Janse van Rensburg [email protected]
Administrasie Me. Van Dyk [email protected]
Finansies (Skoolfonds ) Me. Stoltz [email protected]
Finansies (Bewys van betaling) Me. Coetzee [email protected]
Oud-Loffie bond Mnr. Strydom [email protected]
4. KOMMUNIKASIE MET SKOOL (2) Ons versoek dat u asseblief nie facebook sal gebruik vir kommunikasie met die skool indien u
navrae wil doen oor ‘n spesifieke aangeleentheid nie. Die facebookblad word nie daagliks besoek
nie en dit gebeur dan dat ons te laat bewus word van u navrae. Gebruik eerder e-pos as
kommunikasiemedium.
5. LEWENSWAARDE VIR KWARTAAL 3: INTEGRITEIT Soos u reeds bewus is, streef ons daarna om weg te beweeg van ‘n reëlgedrewe skool na ‘n
waardegedrewe skool. Ons fokus tydens die derde kwartaal val op integriteit. Ons versoek dat u as
ouers ook met u kind in gesprek sal tree oor hierdie onderwerp. Onderstaande is ‘n paar gedagtes
in hierdie verband.
Maandagoggend vroeg op pad universiteit toe kry ek oor die radio op my nugter maag dié
duiselingwekkende taalles: “Die padtoets wat ons gedoen het, bewys dié motorkar (’n eksklusiewe
fabrikaat) het kwaliteit en integriteit.”
Aitsa! Kan jy nou meer! So by my kool! Verdomp! rits ek die uitroepe af. Kwaliteit en motorkar
kan ek rym, maar kar en integriteit trek mos nie in dieselfde tuig nie. Of hoe? Vir my kom dit neer
op die plundering van ’n woord vir opportunistiese gewin. Soos dit ook is met die woord
“akademie”, wat deesdae deur die markplein gekaap word om die skyn van beleë kennis, wysheid
en voortreflikheid te wek. Vandaar die “akademies” vir sport, haarstilering, gewigsverlies,
varswaterhengel en Latyns-Amerikaanse danse.
En moet nou nie eens probeer om my te oortuig dis hoe ’n taal in die volksmond werk om te
verseker die taal bly behoue en groei nie.
“Integriteit” het te doen met eienskappe soos onomkoopbaar; volledig eerlik; eg; onpartydig;
ewewigtig; ongeskonde; onkreukbaar; om moreel onaangetas en suiwer te wees; regskapenheid;
om jou woord te hou. Pas dít nou toe op ’n motorkar en jy begin giggel: Die onkreukbare kar lê in
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
die skrootwerf; Die egte kar is nou net hier verby; Die onomkoopbare kar is gesteel; Met so ’n
onpartydige kar reis jy veilig; Die regskape kar wil nie vat nie; Die ewewigtige kar se skokbrekers
is gedaan.
Integriteit het iets met moraliteit en karakter te doen. Daarom gebruik ’n mens sinne soos: Ons het
nou leiers met integriteit nodig; wat uit een mond praat; Dít is ’n aanval op die integriteit van die
regbank; Geloof behels die integriteit van toewyding; Te veel politici het ’n gebrek aan integriteit.
In elke geval weet ’n mens ongeveer waarna integriteit verwys. Dit het te doen met gesogte
eienskappe – van mense, die owerheid en ander instellings. Jy begeer dit dalk vir jouself (én veral
vir ander). Tog weet jy heimlik jy en die ander het te min daarvan. Wat sê met integriteit arriveer
’n mens nooit nie. Jy bly onderweg en soek hopelik daarna in elke toetsende toedrag wat
aanspraak op karakter en moraliteit maak.
As jy voel jy het te min daarvan, troos dit miskien om integriteit se oorspronklike betekenis te
verreken. Dit kom van die Latynse woord “integer”, wat beteken heel, kompleet, volkome.
Toegepas in die wiskunde verwys dit na ’n heelgetal in teenstelling met ’n breuk, soos ’n kwart of
’n derde. Figuurlik beteken dit dan ons sukkel om heel mense te wees; kompleet en volkome. Ons
is nie heel nie. Elkeen is ’n bietjie stukkend; selfs gebreek.
Wie dít begryp, verstaan iets meer van integriteit – dat die pad soontoe lank, swaar én
nimmereindigend is.
(Wilhelm Jordaan)
6. MEJ. GELOFTE Baie geluk aan Thyze Groesbeek wat aangewys is as mej. Gelofte 2015 asook aan Annemé Dyer
(Eerste prinses) en Megan Tolmay (Tweede prinses). Baie dankie aan al die dames wat
deelgeneem het en gesorg het vir 'n glansryke aand. Julle het almal pragtig gelyk en julself
uitstekend gekwyt van jul taak!
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
7. YSTERMAN Baie geluk aan Ryan Moffat wat die skool se klipharde Ysterman kompetisie gewen het.
8. LEERDERS SE TAALGEBRUIK Ons is soms geskok om van ouers te verneem hoe swak die Loffies se taalgebruik is en hoe
deurspek dit is met vloekwoorde. Die skool spreek die aangeleentheid aan tydens openinge en
waar individuele gevalle onder ons aandag gebring word. Ouers speel egter ook ‘n reuse rol daarin
om waardes by hul kinders te vestig. Voer gerus maar weer hierdie gesprek met u kind. Ons staan
soms verstom oor die taalgebruik van ons “voorbeeldige” kinders by die skool.
In Langenhoven se woorde: “Om te luister na ‘n gesprek vol vloekwoorde, is soos om te kou aan
‘n handvol koring met klippies daarin.”
9. WILDSFEES Baie dankie aan almal wat die wildsfees ondersteun het. Dit was soos gebruiklik ‘n heerlike
kuiergeleentheid. ‘n Besondere woord van dank aan Neville Warrington en die ander lede van
Klub 100 wat jaarliks onvermoeid werk om van die wildsfees ‘n sukses te maak. Ons waardeer jul
opoffering en toewyding in belang van die skool.
10. SKOOLDRAG Let asseblief daarop dat leerders vanaf 1 September weer somersdrag mag dra. Enige van die
skooldrag opsies soos omskryf in die gedragskode vir leerders is dus aanvaarbaar. Die
gedragskode is op die skool se webblad (www.gelofte.co.za) asook op D6 Communicator onder
bronne beskikbaar.
11. KRANTZKLOOF – WILDSFEES Ondersteun gerus Krantzkloof NG kerk se Wildsfees wat op 5 September 2015, plaasvind.
Die toegangsfooie is soos volg: Volwassenes (onder 60): R120.00
Persone bo 60: R100.00
Hoërskool leerders: R80.00
Laerskool leerders: R40.00
Voorskoolse kinders: Gratis
Kontak gerus vir Antoinette Oosthuizen by 071 470 6941 vir meer besonderhede.
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
12. PITKOS: VRIENDSKAP
13. LEERDERRAAD 2016 Die sekondêre leerderraad (prefekte) en hoofleiers vir 2016 word eerskomende Vrydag aangekondig.
Die leerderraad is die personeel se verteenwoordigers in sover dit hul uitsluitlike funksie is om die
personeel behulpsaam te wees met die handhawing van dissipline. Hulle is dus nie die leerders se
verteenwoordigers nie. Die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) wat jaarliks in Januarie verkies
word, is die leerders se verteenwoordigers. Hulle word demokraties deur die leerders verkies, word op
die beheerliggaam verteenwoordig deur leerders en is die enigste leerderliggaam by skole wat deur
wetgewing erken word as verteenwoordigers van leerders by skole. VLR’e word slegs by hoërskole
verkies.
Daar is ‘n verskeidenheid maniere waarop skole leerderrade (prefekte) verkies. By Gelofte kan graad
11 leerders self besluit of hul hulself beskikbaar wil stel vir die leerderraad. Die name van alle graad
11 leerders wat aangedui het dat hul beskikbaar is, word dan op ‘n stembrief geplaas waarna die
sekondêre personeel op geheime stembriewe stem vir die leerders wat na hul mening op die
leerderraad behoort te dien. Die sekondêre personeel stem terselfdertyd vir die hoofleiers. Die mate
waarin die onderskeie personeel glo dat ‘n leerder op die leerderraad behoort te dien al dan nie, is
uiteraard subjektief.
Alhoewel skole oor dekades al verskeie metodes gebruik het om te bepaal watter leerders op die
leerderraad behoort te dien, bestaan daar na ons wete nie ‘n stelsel wat nie daartoe aanleiding gee dat
sommige ouers en leerders verontreg voel omdat hul kind of die leerder self nie verkies is nie. Ons is
uiteraard jammer oor die hartseer wat ouers en leerders in hierdie verband ervaar, maar glo
terselfdertyd dat dit ‘n geleentheid is vir ouers om die lewenswaarde van hoe om teleurstelling met
waardigheid te verwerk by hul kind te vestig. Ons is elke jaar verstom oor die mate waarin enkele
ouers kies om die teleurstelling eerder te verwerk deur die leerders wat wel verkies is, te beswadder
ten spyte daarvan dat hulle nie hulself verkies het nie.
14. SKOOL OP DONDERDAG, 20 AUGUSTUS 2015 Graad 8-12 leerders wat nie deel vorm van die skool se atletiekspan nie, kan op 20 Augustus tuis
bly aangesien verskeie personeel moet optree as beamptes tydens die interskole atletiekbyeenkoms
by Kuswag Skool. Skool gaan normaalweg voort vir graad 1-7 leerders.
Die primêre fotodag vind op 20 Augusts 2015 plaas. Ons doen ‘n beroep op ouers om te verseker
dat alle graad 1 – 7 leerders teenwoordig is.
15. PRIMÊRE INTERSKOLE ATLETIEK Neem asseblief kennis dat die primêre interskole atletiekbyeenkoms wat sou plaasvind op
5 September afgestel is weens omstandighede buite ons beheer.
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
16. “ROUGHING IT OUT” Elmereé van Dyk het verlede jaar deel geneem aan die verfilming van die TV-reeks “Roughing it
Out”. Die TV program word weekliks vanaf 19 Augustus 2015 op ‘n Woensdagoggend om 11:30
op SABC 2 uitgesaai. Elmereé was deel van die “Manic Monkeys”.
17. VERJAARDAE
Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik
bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.
Ilke Botha, Marowaan Martin, Jo-Mari Steyn, Charlize van Staden, Sabrina Hatting, Denecia
Martin, Heinrich van Ryneveld, Georgia Kapp, Hannes Otto, Kayla Gouws, J.J. Pieterse, Danté le
Roux, Janika Hamman, Jannelie du Preez, Zormay Randall, Karlien Rautenbach, Brandon
Andersen, Tyler Low, Kaelyn Moffat, Johnny Doig, Jamie Jounie.
18. E-POS Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is
uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,
aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Die meeste
korrespondensie met ouers sal voortaan elektronies geskied. Indien u nog nie ‘n elektroniese
weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na
[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad
(www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.
19. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te
maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte
teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks
gebruik sal maak.
Die skool se bankbesonderhede is soos volg:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Gelofte Skool
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 1137530569
Vriendelike groete
D J STRYDOM
SKOOLHOOF
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM
NAAM VAN OUER: ___________________________________________________________________
NAAM VAN LEERDER: _____________________________________________ GR. ______________
KOMMENTAAR: _____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
______________________ _________________________
HANDTEKENING KONTAKNOMMER
ADVERTENSIES
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
Security for every occasion
Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards
will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence.
SA’s most professional
ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to
PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly.
Armed back-up
Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7
For more information or to book a guard call:
Pamela Chetty 031-716 5621
Or
Charlotte Govender 031-716 5618
A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07