10 loffienuus 15 junie 2016...
TRANSCRIPT
10 Loffienuus 15 Junie 2016
LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 10/2016
Webblad: www.gelofte.co.za
Aanvaar dat ander mense "anders" is; anders dink, anders doen, anders voel, anders praat.
Wees sag en barmhartig met jou woorde. Woorde moet "ligte" wees. Woorde moet versoen,
bymekaar bring, vrede maak. (Phil Bosman)
Geagte Ouer
1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG
Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop
u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte
fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat
ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul
beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.
2. DANKIE!
Gesien in die lig daarvan dat hierdie die laaste Loffienuus van die kwartaal is, wil ons graag alle
Loffies, ouers en personeel bedank vir hul ondersteuning en lojaliteit oor die afgelope kwartaal.
U maak ‘n verskil by die skool en ons het waardering daarvoor. Geniet die wintervakansie
indien u bevoorreg is om ‘n bietjie te kan wegbreek van die werk af.
3. BELANGRIKE DATUMS
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let
asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is
verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2016. Die kalender is op
die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.
6-24 JUNIE EKSAMEN (GRADE 8-12)
10-24 JUNIE EKSAMEN (GRADE 4-7)
16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG (JEUGDAG)
17 JUNIE SKOOLVAKANSIEDAG
24 JUNIE RAPPORTE (GRAAD 1-3)
24 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE
Onderstaande is bealngrike datums vir die derde kwartaal:
18 JULIE SKOOL HEROPEN VIR DERDE KWARTAAL
22 JULIE INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 1-3)
22 JULIE MATRIEKAFSKEID
25 JULIE SPOGROKAAND
29 JULIE RAPPORTE: GRADE 4-12
1 AUGUSTUS OUERAAND: GRADE 8-12
2 AUGUSTUS OUERAAND: GRADE 1-7
10 Loffienuus 15 Junie 2016
3 AUGUSTUS OPENBARE VAKANSIEDAG (VERKIESING)
4 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 3-7)
8 AUGUSTUS SKOOLVAKANSIEDAG
8 AUGUSTUS OPENBARE VAKANSIEDAG (VROUEDAG)
12 AUGUSTUS MEJ. GELOFTE
15 AUGUSTUS OUERAAND: GRAAD 9 VAKKEUSES
19 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD WORD AANGEKONDIG
23 AUGUSTUS SEKONDÊRE INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS
26 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP
27 AUGUSTUS WILDSFEES
2-20 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN – GRAAD 12
10 SEPTEMBER PRIMÊRE INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS
17 SEPTEMBER MA- EN DOGTERTEE
28 SEPTEMBER INTERNE ORATORS
29 SEPTEMBER STERKLAS AFDAG
30 SEPTEMBER RAPPORTE (GRAAD 1-12)
30 SEPTEMBER SKOOL SLUIT VIR LENTEVAKANSIE
4. TAALGEBRUIK
Dit is dikwels met groot verleentheid dat ons van ouers moet verneem van uiters swak
taalgebruik deur sommige van ons leerders. Dit blyk dat vloek- en skelwoorde die norm eerder
as die uitsondering geraak het. Ons doen weer ‘n beroep op u om ‘n ernstige gesprek te voer
met u kind in hierdie verband ongeag daarvan of u glo dat u kind skuldig is hieraan al dan nie.
5. PRESTEERDERS
Baie geluk aan Dylan Kitson wat een van die top drie presteerders in KZN is met die Rekenaar-
olimpiade. Ons is trots op jou!
Na afloop van die Wintersportseisoen wens ons graag die volgende spanne geluk wat 80% van
hul wedstrdyde gewen het:
Hokkie: O/10 A
Netbal: O/9
O/10 A
O/10 B
O/11 A
O/11
O/12 B
Primêre 2de
span
Sekondêre 1ste
span
Rugby: Sekondêre 1ste
span
6. WATERBESPARING
Ons het ‘n maatskappy bekom wat bereid is om twee groot watertenks aan ons te skenk waarin
ons water kan opgaar wat ons kan gebruik in die badkamers. Ons benodig egter kundigheid wat
die loodgieterswerk betref sowel as kundigheid m.b.t. waterpompe. Ons verneem graag van
ouers wat bereid is om hul kundigheid in hierdie verband tot ons beskikking te stel.
10 Loffienuus 15 Junie 2016
7. INGANGSHEK
Die ingangshek is al lank ‘n seer oog en skep gladnie ‘n goeie eerste indruk van die skool nie.
Ons beoog om ‘n baksteenprojek te loods in die derde kwartaal. Die gedagte is dat Loffies
bakstene borg. Meer inligting oor die projek sal later beskikbaar gestel word.
8. GRONDSLAGFASE ATLETIEK
Die grondslagfase se atletiekbyeenkoms vind in die eerste week na die vakansie plaas op
Vrydag, 22 Julie 2016. Die byeenkoms begin om 08:30 en duur tot ongeveer 12:15. Na die
byeenkoms mag al die leerders huis toe gaan. Nasorg gaan voort soos gewoonlik. Leerders
kom met L.O. drag skool toe en kan hulle tasse by die huis los. Daar sal twee ruspunte wees
waar die kinders kospakkies sal ontvang. Die koste hieraan verbonde is R30.
9. PITKOS: Respek
Volgens die verklarende woordeboek is respek “eerbied of agting”. Meer prakties beteken dit
dat ons mekaar met mooi maniere behandel. Respek is een van die belangrikste waardes wat
ons kinders in hul ouerhuise moet beleef.
Respek word oorgedra eerder as aangeleer.
Jou kind hou jou dop. Wat leer sy/hy?
‘n Ouer se uitkyk op die lewe word aan kinders oorgedra. Dit beteken dat ons as ouers ons
woorde moet tel voordat ons dit sê. Is dit die woorde wat ons wil hê ons kinders moet onthou?
Of het ons te vinnig gepraat (geskreeu . . ?) en nie respek getoon nie?
Baie ouers sê: “As jy respek wil hê, dan moet jy dit verdien”. Ek dink dit werk andersom: wys
respek en jou nabootsende kindertjies sal jou voorbeeld volg. As jou kind jou nie respekteer nie,
kyk eers na jouself om te sien of jy deel is van die probleem. Die meeste van die tyd is
probleme met respek toe te skryf aan die houding, gedrag en karakter van een of albei ouers.
“My kind, of jy ongehoorsaam is of nie, ek sal jou steeds respekteer, hoewel daar (ernstige)
gevolge sal wees vir jou ongehoorsame gedrag”.
Met respek (eerbied en agting / mooi maniere) sê jy vir jou kind:
“Ek waardeer jou. Ek gee om vir jou gevoelens en gedagtes”.
10. VERJAARDAE
Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke en in die vakansie verjaar. Ons
vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.
Ewan Robertse, Gideon-Louw van der Merwe, Jana Warrington, Charlotte Janse van Rensburg,
Carla Meintjes, Jolandie de Villiers, Ryan Janse van Rensburg, Anya Schuster, Isabel van der
Merwe, Sharon-Rose Booysen, Danru Bosman, Hilmarie Erasmus, Hendré Meyer, Christine de
Koker, Tracy Dlamini, Kaylin Feast, Serah Goldman, Charl Roux, Edward van Blerk, Franco
Baard, Abigail Gilbert, Mikayla Stander, Malindi Swanepoel, Rayven van Emmenis, Lindy
Chilvers, Shayne Steenkamp, Timothy Alexander, Desireé Strauss, Tamaryn Smith, William
Smit, CJ Strydom, AJ van Huizen, Jadon Ditmer, Alexander Weber, Charné Vorster, Shanice
Atkinson, Torri-Leigh Caelers, Marcel Smit, Madelein Wilmans, Pierre Fourie, Michal Venter,
Katelyn Bloem, Mieke Botha, Matthew Vosloo, Twané Human, Mary-Ann Potgieter, Merize
Tolmay, Carla Aucamp, Nadia Roodt, Natasha Snyman, Kaiden van Ryneveld, Matthew
Cornelius, Juané Meintjes, Nikia Viljoen, Francois Bigainon, Alexa Damand, Dylan Smit, Ryan
10 Loffienuus 15 Junie 2016
Benade, Ryan Biggar, Denise de Bruin, Lehan Hefer, Mikayla van Deventer, Herman Henning,
Duncan Liesching, Monique Matthysen, Lara van der Merwe.
11. PITKOS: MET DIE OOG OP JEUGDAG (16 JUNIE)
10 Loffienuus 15 Junie 2016
12. ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS
Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas kan u me. Reinette Janse van Rensburg kontak
by [email protected] of by 031 702 7201.
13. E-POS
Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is
uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,
aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n
elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na
[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die
webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.
14. KONTANTVRYE SONE
Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone
te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte
teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks
gebruik sal maak.
Die skool se bankbesonderhede is soos volg:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Gelofte Skool
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 1137530569
Vriendelike groete
D J STRYDOM
SKOOLHOOF
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM
NAAM VAN OUER: ________________________________________________________________
NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________ GR. ______________
KOMMENTAAR: ___________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________
______________________ _________________________
HANDTEKENING KONTAKNOMMER
10 Loffienuus 15 Junie 2016
ADVERTENSIES
GEFRUSTREERD OM IN ‘N RY TE STAAN OM U MOTORLISENSIE TE HERNU?
Sedert hernuwingskennisgewings nie meer uitgestuur word nie word duisende mense beboet
a.g.v. lisensies wat verval en veroorsaak dit wagtye van tot 4 ure in rye by poskantore en die
RTI kantore.
Ons sal die lisensie vir u gaan hernu by die ontvangs van die benodigde vorms en kontant teen
R100 per transaksie en ook verhoed dat u moet terugkeer omdat u nie genoeg geld by u had
nie, iets wat daagliks gebeur aangesien niemand weet hoeveel betaal moet word nie.
Die benodigde vorm om te voltooi is op die RTI webtuiste beskikbaar en ons sal die ander
vorms benodig per epos aan u stuur. Daar is geen ekstra vorms benodig buiten die wat in elk
geval benodig word.
Ons hanteer slegs hernuwings. NPN, ND en NU
Skakel Nick by 0828048226 of epos [email protected]
10 Loffienuus 15 Junie 2016
10 Loffienuus 15 Junie 2016
10 Loffienuus 15 Junie 2016
Security guards for functions, events and short term assignments
KUSELA SECURITY
Security for every occasion
Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards
will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence.
SA’s most professional
ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to
PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly.
Armed back-up
Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7
For more information or to book a guard call:
Pamela Chetty 031-716 5621
Or
Charlotte Govender 031-716 5618
A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07
ADT KUSELA Kwazulu-Natal Regional Office
2 Halifax Road,
New Germany, 3610
Po Box 242,
New Germany, 3620