11 loffienuus 18 junie 2014...

6
11 Loffienuus 18 Junie 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 11/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Wanneer sal ons ophou om dinge te koop wat ons nie wil hê nie, om mense te beïndruk van wie ons nie hou nie? (Arthur Gish) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 11-27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 8-12 16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG 17–27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 4-7 27 JUNIE RAPPORTE: GRAAD 1-3 27 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE 28 JUNIE SKOLLIEKAMP EN LANDSDIENSKAMPE TYDENS VAKANSIE Onderstaande is belangrike gebeure in die derde kwartaal: 21 JULIE SKOOL HEROPEN VIR DERDE KWARTAAL 25 JULIE MATRIEKAFSKEID 25 JULIE INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 1-3) 28 JULIE SPOGROKAAND 29 JULIE FOTODAG (SEKONDÊR) 30 JULIE KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 1 AUGUSTUS RAPPORTE (GRAAD 4-12) 4 AUGUSTUS OUERAAND (PRIMÊR) 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 3-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR)

Upload: others

Post on 05-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 11 Loffienuus 18 Junie 2014

    LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 11/2014

    Webblad: www.gelofte.co.za

    Wanneer sal ons ophou om dinge te koop wat ons nie wil hê nie,

    om mense te beïndruk van wie ons nie hou nie?

    (Arthur Gish)

    Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

    Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

    2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

    11-27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 8-12 16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG 17–27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 4-7 27 JUNIE RAPPORTE: GRAAD 1-3 27 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE 28 JUNIE SKOLLIEKAMP EN LANDSDIENSKAMPE TYDENS VAKANSIE Onderstaande is belangrike gebeure in die derde kwartaal: 21 JULIE SKOOL HEROPEN VIR DERDE KWARTAAL 25 JULIE MATRIEKAFSKEID 25 JULIE INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 1-3) 28 JULIE SPOGROKAAND 29 JULIE FOTODAG (SEKONDÊR) 30 JULIE KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 1 AUGUSTUS RAPPORTE (GRAAD 4-12) 4 AUGUSTUS OUERAAND (PRIMÊR) 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 3-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR)

  • 11 Loffienuus 18 Junie 2014

    16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 25 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 27-28 AUGUSTUS KONSERT 29 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 2-3 SEPTEMBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 12) 4 SEPTEMBER BLOKDAG (GRAAD 12) 5-23 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN (GRAAD 12) 13 SEPTEMBER INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS (PRIMÊR) 24 SEPTEMBER OPENBARE VAKANSIEDAG (ERFENISDAG) 26 SEPTEMBER ENTREPRENEURSDAG (GRAAD 7) 1 OKTOBER INTERNE ORATORS 2 OKTOBER STERKLAS AFDAG 3 OKTOBER FLIEK (GRAAD 1-7) 3 OKTOBER RAPPORTE (GRAAD 1-12) 3 OKTOBER SKOOL SLUIT VIR HERFSVAKANSIE OM 11:00 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL 3. VERSKUIWING VAN AKTIWITEITE

    Weens omstandighede buite ons beheer verskuif die volgende aktiwiteite van die derde kwartaal na nuwe datums: INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) VAN 19 AUGUSTUS NA 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (PRIMÊR) VAN 6 SEPTEMBER NA 13 SEPTEMBER

    4. WINTERSPORT Ons het ‘n baie suksesvolle wintersportseisoen beleef en wil graag alle Loffies bedank vir hul harde werk om gereed te wees vir die wedstryde. Baie dankie ook aan alle ondersteuners wat getrou die wedstryde bygewoon het en ons spanne tot hoër hoogtes aangemoedig het. Ons sal meer gedetailleerde inligting oor die uitslae beskikbaar stel in die eerste Loffienuus van die derde kwartaal.

    5. PITKOS: DIE BETEKENIS VAN SUKSES Sukses is: Om baie en dikwels te lag. Om die respek van intelligente mense en die liefde van kinders te wen. Om die goedkeuring van eerlike kritici te verdien en die verraad van vals vriende te verduur. Om skoonheid raak te sien en die beste in ander mense te ontdek. Om van die wêreld ‘n beter plek te maak deur ‘n kind gesond te maak; ‘n blomtuin aan te lê of ‘n gebroke verhouding te herstel. Om te weet dat een mens gelukkiger lewe omdat jy sy pad gekruis het. Dit is wat dit beteken om suksesvol te wees. (Ralph Waldo Emerson) Die lewe is een samehangende geheel. Mense wat dink dat hulle onmenslike uitbuiters en onbillike bestuurders in die sakewêreld kan wees, maar liefdevolle pa’s en eggenote by die huis maak ‘n gruwelike fout. Want sukses en prestasie sonder liefde is die koue moordenaar van baie mense se geluk. (Smiley Blanton)

    6. LEERDERS WAT MET GESTEELDE GOEDERE BY DIE HUIS OPDAAG. Dit gebeur van tyd tot tyd dat leerders se eiendom gesteel word by die skool. Dit veroorsaak uiteraard groot hartseer en frustrasie by diegene wat die verlies gely het. Ons versoek dat alle ouers asseblief bedag sal wees daarop om op te let wat hul kinders huistoe bring. Indien u weet dat dit nie hul eiendom is nie versoek ons dat u daarop sal aandring dat hulle dit terug sal neem skooltoe en dat u verder sal aandring op bewys van die skool dat dit wel ingehandig is. Hoe moeilik dit ookal mag wees, spaar u u kinders moontlik groot hartseer later in hul lewens.

  • 11 Loffienuus 18 Junie 2014

    7. OUD LOFFIES PRESTEER

    Dit is altyd lekker om terugvoer te ontvang van Oud-Loffies se doen en en late en hul prestasies. Baie geluk aan die volgende Oud-Loffies wat hul grade verwerf het by Maties: DP Botha MCom AR Botha MB ChB Jurgen Human het as Bourekenaar sy MSc in Konstruksiebestuur verwerf. Laat weet ons asseblief indien u bewus is van Oud-Loffies wat op enige terrein presteer.

    8. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke en in die vakansie verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Tracy Dlamini, Tiaan du Preez, Kaylin Feast, Jeané Rieckert, Charl Roux, Zene Saunders, Edward van Blerk, Johanré van Tonder, Franco Baard, Abigail Gilbert, Malindi Swanepoel, Rayven van Emmenis, Tyrone Bunce, Timothy Alexander, Renché Nel, Grant Alexander, Christoff Smith, Conor Powell, Werner Strauss, William Smit, A.J. van Huizen, Jadon Dittmer, Jan-Darius Smuts, Olivia van Biljon, Charne Vorster, Marcel Smit, Madelein Wilmans, Pierre Fourie, Michal Venter, Daniel Mulder, Simoné Heenop, Twané Human, Mary-Ann Potgieter, Merize Tolmay, Dian van der Merwe, Natasha Snyman, Kaiden van Ryneveld, Matthew Cornelius, Juané Meintjes, Nikia Viljoen, Francois Bigainon, Marek Pansegrouw, Louis Victor, Melishia Mostert, Tian Nothnagel, Dylan Smit, Ryan Biggar, Nicole Joao Luiz, Verushka Wulff, Lehan Hefer, Bavon Sniko, Erian Frauendorff, Duncan Liesching, Monique Matthysen, Emke Naudé, Lara van der Merwe, Denise de Jongh, Gustav Prinsloo, Stephané-Lee Richter, Samantha du Preez, Chloe Hibbins.

    9. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai

    op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON.

    10. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig:

    Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Daleen Coetzee Administratiewe navrae [email protected] Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae [email protected] Edith van Dyk Afwesigheid van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders [email protected] Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede [email protected] Deon Pretorius Graad 1-3 aangeleenthede [email protected] Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator

  • 11 Loffienuus 18 Junie 2014

    11. E-POS

    Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag ‘n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe.

    12. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

    Vriendelike groete ______________ D J STRYDOM SKOOLHOOF -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

    TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

    NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: ________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

  • 11 Loffienuus 18 Junie 2014

    ADVERTENSIES

    GLASBOTTELS

    GESOEK

    Enige glasbottels wat nie gebruik word nie kan by die ontvangs-kantoor ingehandig word.

  • 11 Loffienuus 18 Junie 2014