menlo weekliks nr. 19 6 junie 2018 - my it...

7
________________________________________________________________________________________________ Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Geagte Ouers/Voogde, Verbeel ek my of merk u ook op die nuwe tendens …. Naweek vir naweek sien mens groot 4X4 bakkies vol mans met groot “coolbokse” die pad na die Bosveld aandurf. Dit beteken sekerlik die winter is hier. Dit gaan goed met die eksamen te midde van die ander aktiwiteite wat steeds aangaan. Dankie aan ons ouers met die ondersteuning wat die kinders ontvang in die verband. Ons besef terdeë die ekstra las wat dit op u en die leerlinge plaas om nou by alles uit te kom. Baie geluk aan ons sportspanne wat steeds pragtig presteer met die rugbyliga wat Donderdag klaar maak en die uitspeelwedstryde wat nou aan die orde van die dag is. Ons hoop is op twee van ons rugbyspanne om deur te dring na die uitspele, naamlik die o/9-, asook ons o/11-rugbyspan. Hulle word baie sterkte toegewens vir volgende Dinsdag se wedstryde indien hulle sou deurdring. Ons netbalspanne hou ons skool se naam besonder hoog. Ons o/12-span en Oop netbalspan het deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe wat eerskomende naweek plaasvind. Baie geluk aan hierdie netbaldogters en hul afrigters en sterkte vir die taai stryd wat nou voorlê . Vanweë die eksamen sluit die skool steeds Vrydag om 13:00. Van volgende week is ons weer terug by normale skoolure. Vir die ouers wat gaan jag: ons sien uit na die karmenaatjie of is dit nou droë wors en biltong? Sterkte vir die res van die week. Vriendelike Menlogroete Mnr. P.J. Bredenkamp HOOF Woensdag 6 Junie 07:30 – ISF: Eksamen 12:50 – Skaak: Groepafrigting (gr. 1) 13:30 – Skaak: Ligawedstryde 16:30 – Voortrekkers: Spanbyeenkoms tot 17:30 17:30 – Bulletjierugby: Oefening tot 18:30 Donderdag 7 Junie 07:30 – ISF: Eksamen 14:00 – Rugby: Liga teen Lynnwood (tuis) Vrydag 8 Junie 07:30 – ISF: Eksamen eindig 08:00 – Netbal: Gauteng kampioenskappe te H/s Krugersdorp 13:00 – Gr. 4: NW-werkswinkel 14:00 – Redenaars: Abé Bailey 14:00 – Hokkie: Wedstryde teen Garsfontein Saterdag 9 Junie 08:00 – Netbal: Gauteng kampioenskappe te H/s Krugersdorp 08:00 – Bulletjierugby: Woodhilldag Maandag 11 Junie 06:15 – Hokkie: Oefening (1ste span dogters) 12:30 – Rugby: Bloubulle Assupol uitspele (semi) 13:30 – Skaak: Groepafrigting (gr. 4 – gr. 7) 17:30 – Senior koor: Oefening Dinsdag 12 Junie 06:15 – Hokkie: Oefening (1ste span seuns) Woensdag 13 Junie 12:50 – Skaak: Groepafrigting (gr. 1) 13:30 – Skaak: Oefen vir uitspeelwedstryde

Upload: others

Post on 14-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery

________________________________________________________________________________________________

Menlo Weekliks Nr. 19

6 Junie 2018 ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Geagte Ouers/Voogde,

Verbeel ek my of merk u ook op die nuwe tendens …. Naweek vir naweek sien mens groot 4X4 bakkies vol mans met groot “coolbokse” die pad na die Bosveld aandurf. Dit beteken sekerlik die winter is hier.

Dit gaan goed met die eksamen te midde van die ander aktiwiteite wat steeds aangaan. Dankie aan ons ouers met die ondersteuning wat die kinders ontvang in die verband. Ons besef terdeë die ekstra las wat dit op u en die leerlinge plaas om nou by alles uit te kom.

Baie geluk aan ons sportspanne wat steeds pragtig presteer met die rugbyliga wat Donderdag klaar maak en die uitspeelwedstryde wat nou aan die orde van die dag is. Ons hoop is op twee van ons rugbyspanne om deur te dring na die uitspele, naamlik die o/9-, asook ons o/11-rugbyspan. Hulle word baie sterkte toegewens vir volgende Dinsdag se wedstryde indien hulle sou deurdring.

Ons netbalspanne hou ons skool se naam besonder hoog. Ons o/12-span en Oop netbalspan het deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe wat eerskomende naweek plaasvind. Baie geluk aan hierdie netbaldogters en hul afrigters en sterkte vir die taai stryd wat nou voorlê .

Vanweë die eksamen sluit die skool steeds Vrydag om 13:00. Van volgende week is ons weer terug by normale skoolure. Vir die ouers wat gaan jag: ons sien uit na die karmenaatjie of is dit nou droë wors en biltong?

Sterkte vir die res van die week.

Vriendelike Menlogroete

Mnr. P.J. Bredenkamp HOOF

Woensdag 6 Junie

07:30 – ISF: Eksamen

12:50 – Skaak: Groepafrigting (gr. 1)

13:30 – Skaak: Ligawedstryde

16:30 – Voortrekkers: Spanbyeenkoms tot 17:30

17:30 – Bulletjierugby: Oefening tot 18:30

Donderdag 7 Junie

07:30 – ISF: Eksamen

14:00 – Rugby: Liga teen Lynnwood (tuis)

Vrydag 8 Junie

07:30 – ISF: Eksamen eindig

08:00 – Netbal: Gauteng kampioenskappe te H/s Krugersdorp

13:00 – Gr. 4: NW-werkswinkel

14:00 – Redenaars: Abé Bailey

14:00 – Hokkie: Wedstryde teen Garsfontein

Saterdag 9 Junie

08:00 – Netbal: Gauteng kampioenskappe te H/s Krugersdorp

08:00 – Bulletjierugby: Woodhilldag

Maandag 11 Junie

06:15 – Hokkie: Oefening (1ste span dogters)

12:30 – Rugby: Bloubulle Assupol uitspele (semi)

13:30 – Skaak: Groepafrigting (gr. 4 – gr. 7)

17:30 – Senior koor: Oefening

Dinsdag 12 Junie

06:15 – Hokkie: Oefening (1ste span seuns)

Woensdag 13 Junie

12:50 – Skaak: Groepafrigting (gr. 1)

13:30 – Skaak: Oefen vir uitspeelwedstryde

Page 2: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery

13:45 – Senior koor: Oefening

14:00 – Gr. 7: NW-klub

16:30 – Voortrekkers: Spanbyeenkoms tot 17:30

17:00 – Bulletjierugby: Afsluiting en braai

Laerskool Menlopark Presents:

Speech Festival

8 August 2018

This year we would like to extend an invitation to ANY of you who wish to participate in this prestigious event. This event takes place on the

8th August 2018

English medium schools, from all over Gauteng, participate in the English Speech Festival once a year. We are one of only a few Afrikaans medium schools who have been invited to partake at this prestigious event. We believe that you are up for this challenge! The cost amounts to only R25 per entry. The festival takes place at school and begins at 14:15. At this Festival you will have the opportunity to participate in any TWO (Grade R – 3 only poetry) of the following sections: 1. Recite a poem

Firstly, find a poem that appeal to you! It is easy...go and surf the internet, borrow your granny’s anthology of poems or go to the nearest library to find a poem that you LOVE! Your poem can be about ANYTHING or ANYONE! Pay attention to interpretation, phrasing and facial expression – these all help capture the audience’s interest. Avoid the use of nursery rhymes and your own poem, these have generally been found to be inappropriate. Grade 1 and 2 may use a few hand gestures or actions but you should rather focus on using facial expressions, voice pitch and tone instead.

Bring your poem to Mrs Breet Room 19. I would like to take a look at it first to see if it is suitable for you!

Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery rhymes!

Grade 1 may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery rhymes!

Grade 2 may use a poem of 10 lines (2 minutes) – no nursery rhymes! Grade 3 may use a poem of 14 lines (2.5 minutes). Grade 4 may use a poem of 18 lines (2.5 minutes).

Grade 5 may use a poem of 20 lines (3 minutes) – you may not use Ken Nesbitt poems! Grade 6 may use a poem of 24 lines (3 minutes) – you may not use Ken Nesbitt poems! Grade 7 may use a poem of 24-30 lines (3 minutes ) – you may not use Choral Verse / Group Poetry (5 minutes)

PLEASE NOTE: PARTICIPANTS WILL BE PENALISED FOR POEMS THAT ARE TOO LONG, TOO SHORT OR OF AN INAPPROPRIATE LEVEL. 2. Group poetry

In this section you first have to find 4 great friends that want to participate with you. Then you should find a great (long) poem. A group of no more than 3 may present a poem together. You may use a few props to enhance the theme. This section is only applicable to Grade 4, 5, 6 and 7. You may ask the local drama teacher to help you with this!

3. Sight Reading

This is the easiest section of them all. You will be given a short period of time to read through a passage that you have never seen before. Then you will be expected to read the passage in front of the adjudicator. You should use the punctuation correctly in order to set a tempo and keep eye contact with the audience! Open to grade 5, 6 and 7

4. Unprepared Speech

If you have nerves of steel, this one is for you! You will be given an age appropriate topic on the day and will have a short period of time to prepare a speech. You must then speak for at least 2 minutes on the given topic. Grade 6 and 7 only. Have you chosen a section yet? If you are tempted, read on...

You could win a gold, silver or bronze certificate. Adjudicators from the Speech Festival Academy will do the judging. But don’t fret, we will provide you with hints and criteria to help you do your best Mrs Breet will be available during second breaks, on Tuesday and Wednesday afternoons to listen to your poems. The closing date for entries is 19 June 2018. No further entries will be accepted after this date! Collect an entry form at Mrs Breet in Room 19. Speech Festival Greetings!

Mrs. I. Breet

Page 3: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery

Liewe Ouers, Inligting rakende Oppie-Tong-Af Redenaars: U moet self u kind inskryf. Enige redenaar is welkom om in te skryf vir die kompetisie. U kan bestaande toesprake in hierdie kompetisie gebruik. Indien dit ‘n nuwe toespraak is en u voel onseker, is u welkom om die toespraak na my te stuur. Groete Me. Karen Smith

Issie Venter: 082 468 4271 Vorster Venter: 082 552 1109 www.oppietongaf-redenaars.co.za [email protected] [email protected] Beste Redenaarskoördineerder en Spreker, Voel jy sterk oor iets? Wil jy die planeet en sy inwoners in die bek ruk? Kom praat die tonge aan die brand en verander jou wêreld. Kry die land onder JOU tong en vernuwe jou omstandighede! Opp-Tong-Af is vir die dapperes en die mees kreatiewe sprekers wat bereid is om te waag. Oppie-Tong-Af is ‘n platform waar leerders hul sê kan sê in Afrikaans en Engels. Met elke optrede vind groei plaas wat lei tot ‘n beter selfbeeld, kommunikasievaardighede verbeter en selfvertroue neem toe. Dis hier waar jy jou vrees om voor mense te praat oorwin en leer om ander se opinies te waardeer. Ons glo aan ‘n waarderende gehoor met simpatieke tog professionele beoordelaars wat positiewe terugvoer gee waarop die leerder kan bou. Deelnemers kan vir die volgende afdelings inskryf: AFRIKAANS:

Die Goue Tong (onvoorbereid). Slegs 5 minute voorbereidingstyd.

Redenaars Individueel (onvoorbereid). Een uur voorbereidingstyd.

Redenaars Individueel voorbereid.

Voorbereide Spanredenaars.

Onvoorbereide Spanredenaars.

Vermaaklikheidstoespraak voorbereid.

Motiveringstoespraak voorbereid. ENGLISH:

The Golden Tongue (unprepared) 5 minutes preparation time only.

Individual unprepared (persuasive speech). One hour preparation time.

Individual prepared (persuasive speech).

Group prepared.

Group unprepared.

Entertaining speech prepared.

Motivational speech prepared.

OPPIE-TONG-AF REDENAARS

KOMPETISIE IN GAUTENG 2018

GAUTENG-NOORD: LAERSKOOL MENLOPARK DATUM: 23-27 Julie 2018 (Inskrywings sluit 15 Junie 2018) PLEK: Curro Hazeldean GAUTENG-SUID: DATUM: 06-08 Augustus 2018 PLEK: Laerskool Roodekrans INSKRYWINGS: Alle inskrywings word aanlyn gedoen by www.oppietongaf.co.za

OPPIE-TONG-AF REDENAARS IS

OPGEWONDE OM SUID-AFRIKA SE

TONGE TE LAAT KLAP IN 2018

INSKRYWINGS: Alle inskrywings word aanlyn gedoen by www.oppietongaf.co.za Kliek gerus op die onderstaande Oppie-Tong-Af video-skakel (3 minute video) https://www.youtube.com/watch?v=CVKzOYqgFk Sien aangeheg bekendstellingsbrief met die nodige inligting sowel as kursus inligting. Vir meer inligting, besoek gerus www.oppietongaf.co.za. Rig alle navraag aan [email protected] Gaan “like” gerus ons Facebookblad om op hoogte te bly van die nuutste gebeure by Oppie-Tong-Af.

Ons sien vreeslik uit om julle

inskrywings te ontvang!

Oppie-Tong-Af inskrywings en inskrywingsfooie: Op ons webblad is die riglyne, inskrywingsvorms en alle kontakbesonderhede. Die inskrywingsvorm word direk op die webwerf ingevul om dit so eenvoudig as moontlik vir u te hou.

Page 4: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery

www.oppietongaf.co.za Affiliasiefooi is R250 per skool. Individuele sprekers – R160 (per spreker). Spanredenaars – R440 (per span). Bankbesonderhede: OPPIE-TONG-AF / ON THE TIP OF YOUR TONGUE FIRST NATIONAL BANK Tjekrekening: 62682081931 Takkode: 251145 Verwying: Naam van skool en “R” vir Redenaars E-pos asb. bewys van betaling na [email protected] Me. K. Smith

Baie dankie vir die kosbare bederf en liefde wat ek Dinsdag van die koor ontvang het. Dit was voorwaar ‘n reuse verrassing. Ek het lanklaas so spesiaal gevoel. Dankie ook aan ons Nagtegale wat douvoordag aantree by die saal vir hul oefening.

Woensdag 6 Junie 13:00 – 14:00

Graad 4- en 5-dogters in juffrou Susan se klas vir rokkies se pas.

Donderdag 7 Junie 13:00 – 14:00

Graad 6- en 7-dogters in juffrou Susan se klas vir rokkies pas.

Vrydag 8 Junie 07:00 – 08:00

Soprane oefen in saal.

Maandag 11 Junie 17:30 – 19:00

Kooroefening

Woensdag 13 Junie 13:45 – 15:00

Kooroefening

Dinsdag 19 Junie 17:00 – 19:00

Laerskool Lynnwood, Laerskool Constantia en ons by Laerskool Lynnwood

Woensdag 20 Junie 13:45 – 15:00

Kooroefening

Dinsdag 10 Julie - middag

“March of the Nations” (wag vir hul bevestiging)

Woensdag 11 Julie “Friendship concert” – gratis ingang

Donderdag 13 Julie - oggend

“Evaluation Performance” – nie oop vir publiek nie

14 Julie – Closing ceremony

Sun Arena Time Square Menlyn, Aramist Ave. Dit word direk uitgesaai op kanaal 146 van DSTV.

Iewers tussenin is daar oefening saam met die Massakoor vir die laaste aand se konsert. Ek wag in spanning vir die tye en geskeduleerde oefeninge. Na ons perskonferensie gisteraand, besef ek dat ons bus sal moet ry vir die 13de en 14de se optredes. ‘n Paar interessante feite oor die “World Choir Games:

351 kore neem deel – 65 000 deelnemers. Ons verwag 80 000 besoekers tussen 4 en 14 Julie in Pretoria. Alles in ag geneem behoort hier 150 000 besoekers per dag in Pretoria te wees tydens die Olimpiese Spele vir Kore. Ek sluit af met die volgende gedagte: ”Your hardest times often lead to the greatest moments of your life. Keep going. Tough situations build strong people in the end. ”Never stop dreaming, never stop believing, never give up, never stop trying, and never stop learning”. Notegroete Koorspan

Dis nou bibberweer! Wat sal ek kies…koue of hitte? Jasse, serpe en kopmusse word nou uit die kaste gehaal om die koue wat so skielik op ons is, te trotseer. Die kaggelvure brand en wat lekker is, is om al die stories van die dag met mekaar te deel om die vuur. In die verlede was die wintermaande die aanduiding van die begin van die rugbyseisoen. Hier staan ons nou aan die einde van die seisoen. Tye, seisoene of is dit maar ons as mense wat alles nou so verander het? Sterkte met die laaste liga-wedstryde wat Donderdag op ons velde plaasvind teen Laerskool Lynnwood. ‘n Mooi gebaar: Annerike Heyneke het ‘n geleentheid gesien waar sy ‘n verskil kan maak en met ‘n projek, Tekkie Buddies, begin. Met haar deelname aan ‘n landloop-wedloop het sy opgemerk dat daar baie kinders is wat nie tekkies het nie, maar tog deelneem. Die terreine waar hulle hardloop, is nie altyd geskik om kaalvoet deel te neem nie. Sy het die geleentheid raak gesien en begin om tekkies (wat te klein of nie meer gedra word nie), by ouerhuise in te samel en te versprei onder dié kinders. Gou-gou het dit soos ‘n veldbrand versprei. Groot FM het haar genader en was die storie van Tekkie Buddies oor die lug uitgesaai. Die bekende Lindi Strydom het die onderhoud met haar gevoer. Parkies is so trots op jou Annerike, ’n groot Tekkie Buddies-trots! Indien daar ouers is wat tekkies wil skenk, is u meer as welkom om dit by my kantoor af te gee. Prestasies het ook nie opgehou tydens die eksamentyd nie. Geluk aan al die leerlinge wat so getrou oefen en deelneem aan hulle aktiwiteite. Die oefen is altyd die moeite werd! Skaak: Kelly De Almeide het aan die Arnold Classic Open by die Sandton Convention Centre deelgeneem, terwyl Brandon Fourie aan die Gauteng Individuele Toernooi deelgeneem het. Albei het hulle goed van hulle taak gekwyt. Brandon het al 5 sy wedstryde gewen en met ‘n goue medalje weggestap. Pion-trots!

Page 5: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery

ATKV Redenaars: Die volgende leerlinge het aan die ATKV Redenaars– Gauteng by Hoërskool Menlopark deelgeneem: Gr. 3 Marinus Venter Gr. 4 Christi Knipe Gr. 5 Nina Schomper Gr. 6 Jaco Koster Gr. 7 Danique de Souza Barbara du Toit Luc Davel Marinus Venter eindig derde en dring deur na Nasionaal wat op 19 Augustus plaasvind. Die volgende leerlinge het onder die top tien geëindig: Luc Davel eindig vyfde in sy afdeling, Nina Schomper, sewende en Jaco Koster agtste. Tonge-los trots! Judo: Ruben Pieterse behaal eerste plek in sy kategorie en gewigsklas, terwyl Juan Coetzee met ‘n tweede plek in die PMA/IPPON Judo Tournament wat by Skuilkrans plaasgevind het, uit die stryd getree het. Ippon trots! Bergfiets: Met ‘n gemiddelde spoed van 25.62 km/h het Emile Scalliet tydens die BSSS Winter Sportive te Rooiwal, ‘n eersteplek behaal in sy kategorie o/13, wat oor ’n afstand van 26 km gestrek het. Sy tyd van 58:33 oor die afstand, het baie senior fietsryers laat les opsê. Speek trots! Fondsinsamelingsprojekte: Kaskar en Gladiatore: Ons vra ouers se samewerking om enige uitstaande gelde in te betaal sodat die projek Vrydag 8 Junie afgesluit kan word. Weereens dankie vir elkeen se bydrae om die dag wat die leerlinge ALTYD geniet, die moeite werd te maak! Rockwood Teater: Vrydag 15 Junie is die graad 7’s se laaste fondsinsameling by die Rockwood Teater by Parkview winkelsentrum. Bring jou piekniekmandjie, vriende en opgeruimde gees saam vir ‘n lekker jolyt! Inligting beskikbaar by die graad 7-leerlinge en kantoor. Moenie op die lekker kuier misloop nie!

15 Junie: Gr. 7’s-projek

Onthou die koopstrokies se plasing in die gemerkerte hokkies, Laerskool Menlopark, by Menlo Super Spar en Glenfair Super Spar! My School Card moet warm bly met al die “swipe” “swipe”, “swipe” en nogmaals “swipe”! Daar is nog spogalbums beskikbaar. Moenie uitmis om alles van elke kind vas te pen in een bundel nie. Gedagte vir die week: Tyd heel nie wonde nie, maar liefde! Tot ‘n volgende keer! Mnr. F. van Biljon

Page 6: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery

Alle groepfoto’s word die jaar weer in die saal geneem: netbal, mini-netbal, rugby, bulletjierugby, swem, kore, skaak en redenaars se foto’s word op die dae geneem soos uiteen gesit.

Let wel: Slegs leerlinge teenwoordig sal verskyn op foto’s. Leerlinge moet asb. in die korrekte drag geklee wees. Mini-netbal en Bulletjierugby word in ouderdomsgroepe afgeneem. Bv. (Alle o/6-spelers word as o/6-groep afgeneem saam met hulle onderskeie afrigters). Datums: Donderdag - 14 Junie Skaak: 07:00 Redenaars: 07:30 Bulletjierugby: 7:45 Vrydag - 15 Junie Netbal: 07:00 Mini – Netbal: 07:40 Swem: 08:00 Dinsdag - 19 Junie Kore: 07:00 Bybelvasvrae: 7:30 Rugby: 07:45 Afrigters moet sorg dat leerlinge teenwoordig is! Mnr. F. van Biljon

Ons laaste ligawedstryde vind Donderdag op ons tuisveld plaas teen Laerskool Lynnwood. Ek wens elke span, afrigter en ondersteuner sterkte toe! Alle spelers moet onthou: Kyk in die spieël… Dit is jou kompetisie! Na die wedstryd van die eerstespan is daar ‘n lekker bring-en- braai saam met ons hoofborg, Ford. Wees daar en kom geniet dit om die braaivleisvuur! Uitslae van wedstryde gespeel teen Midstream College was 50/50. Menlopark wen 2, asook Midstream en een uitslag was gelykop. Welgedaan aan al ons spelers wat die reën moes trotseer en in glibberige omstandighede moes speel. Vir die ouers wat so getrou ondersteun: dankie, dankie dankie! Dankie vir ‘n lekker seisoen waar ons baie brûe gebou het met ander skole. Dankie aan elke ouer en ondersteuner vir julle motivering van jou kind om elke oefening en wedstryd net sy beste te lewer.

Indien daar enige kommentaar of insette is wat u wil lewer, is u meer as welkom om u voorstelle aan my te e-pos.

Rugbygroete Mnr. F. van Biljon

Menlopark Bulletjierugby 2018

Wedstryde Saterdag 9 Junie is by Curro Woodhill

Eerste afskop is reeds om 08:00

Loftusdag – Saterdag 2 Junie

Dit was ‘n baie besige dag op Loftus met meer as 6000 Bulletjies wat deur die loop van die dag hul voete op die velde gehad het om wedstryde te speel. Baie dankie aan

ons ouers vir jul ondersteuning en baie geluk aan ons Bulletjies wat so mooi gespeel het en dit só geniet het!

Hierdie is die laaste wedstryd vir die seisoen. Inligting

rondom ons Bulletjieafsluiting sal nog gekommunikeer word.

Onthou oefening vanaand om 17:30

Navrae Ian Loots – 0825602352 / [email protected]

Die ouers van die atlete wat gaan kamp moet asseblief Maandag 11 Junie om 17:00 vergader in me. Adia se klas. Oefening begin Maandag 11 Junie om 14:00 – 15:00 vanaf die Snoepie. Atlete MOET tekkies aantrek, asb.! Oefentye vir die kwartaal: Maandae: 14:00 – 15:00 (11/6 en 18/6) Woensdae: 06:30 – 07:00 draf saam as groep. Benodig asb. ‘n ouer se hulp (13/6 en (20/6) Donderdae: 14:00 – 15:00 (14/6) Baie geluk aan Herke Swart, Annerike Heyneke, Maya van Greunen en Ewan Postma wat gekies is vir die Gauteng-Noord span wat 16 Junie aan die Interprovinsiale byeenkoms in Zeerust gaan deelneem. Ons is trots op julle Me. A. Middel

Page 7: Menlo Weekliks Nr. 19 6 Junie 2018 - My IT Managerdemo.myitmanager.co.za/.../wp-content/uploads/Menlo-Weekliks-no. … · Grade R may use a poem of 6 lines (2 minutes) – no nursery