mosies - hts john vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk hts john vorster. die...

9
1 MOSIES Me Charisma Botes, mev Trienie Roos en mnr Johan Scholtz het Maandag, 4 Maart verjaar, me Sandra Botha Woensdag, 6 Maart. Mnr Christo du Rand verjaar Sondag, 10 Maart. Baie geluk! Mnr Johan Scholtz het Vrydag, 1 Maart deelgeneem aan die Varsity Cup Atletiek- byeenkoms in Stellenbosch in diskus waar hy 2de plek behaal het. Hy was binne 3m van die kwalifisering vir die Wêreld Studentespele! Baie geluk! Ons harte gaan uit na die ouers en familie van Chris van der Walt in 8J, wat finaal sy stryd teen kanker verloor het. Ons dra hulle gesin in ons gebede. Ons is terselfdertyd saam met hulle dankbaar dat hulle ook in hierdie baie moeilike tyd vir iemand anders hoop kon bring d.m.v. van sy organe wat hulle kon skenk. Mag hulle troos en krag ontvang om hierdie hartseer te kan verwerk. JV MAN-UP Ons is baie trots op twee van ons leerders wat ’n onbekende man gehelp het om sy motor wat onklaar geraak het, te stoot. Hulle is Robin-Luc Seeley 11/5 en JP Jordaan 12/3. AFLOSPOS BESKIKBAAR Ons het ‘n aflospos beskikbaar in Engels Eerste Addisionele Taal vir gr 8 – 11 vanaf Julie November. Stuur asseblief u CV wat sal dien as aansoek na [email protected] voor 5 April 2019. GR 8-ONTWIKKELINGSPROGRAM Let asseblief daarop dat die volgende gr 8-ontwikkelingsprogram eers weer op 26 April 2019 is en nie op 8 Maart nie, dit was ’n vingerfout in die vorige nuusbrief! SKAAK Saterdag het n paar van ons leerders individuele skaak gespeel by Laerskool Wonderboom teen D3 en D4. Twee van die leerders Lohin Rademeyer(2de) en Reinhardt Jordaan(6de) in Gr8 is deur na die finale wat moontlik die 13de April gehou gaan word. JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 9/2019

Upload: others

Post on 08-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

1

MOSIES

Me Charisma Botes, mev Trienie Roos en mnr Johan Scholtz het Maandag, 4 Maart

verjaar, me Sandra Botha Woensdag, 6 Maart. Mnr Christo du Rand verjaar

Sondag, 10 Maart. Baie geluk!

Mnr Johan Scholtz het Vrydag, 1 Maart deelgeneem aan die Varsity Cup Atletiek-

byeenkoms in Stellenbosch in diskus waar hy 2de plek behaal het. Hy was binne

3m van die kwalifisering vir die Wêreld Studentespele! Baie geluk!

Ons harte gaan uit na die ouers en familie van Chris van der Walt in 8J, wat

finaal sy stryd teen kanker verloor het. Ons dra hulle gesin in ons gebede. Ons is

terselfdertyd saam met hulle dankbaar dat hulle ook in hierdie baie moeilike tyd

vir iemand anders hoop kon bring d.m.v. van sy organe wat hulle kon skenk. Mag

hulle troos en krag ontvang om hierdie hartseer te kan verwerk.

JV MAN-UP

Ons is baie trots op twee van ons leerders wat ’n onbekende man gehelp het

om sy motor wat onklaar geraak het, te stoot.

Hulle is Robin-Luc Seeley 11/5 en JP Jordaan 12/3.

AFLOSPOS BESKIKBAAR

Ons het ‘n aflospos beskikbaar in Engels Eerste Addisionele Taal vir gr 8 – 11

vanaf Julie – November. Stuur asseblief u CV wat sal dien as aansoek na

[email protected] voor 5 April 2019.

GR 8-ONTWIKKELINGSPROGRAM

Let asseblief daarop dat die volgende gr 8-ontwikkelingsprogram eers weer op 26

April 2019 is en nie op 8 Maart nie, dit was ’n vingerfout in die vorige nuusbrief!

SKAAK

Saterdag het ‘n paar van ons leerders individuele skaak gespeel by Laerskool

Wonderboom teen D3 en D4.

Twee van die leerders Lohin Rademeyer(2de) en Reinhardt Jordaan(6de) in

Gr8 is deur na die finale wat moontlik die 13de April gehou gaan word.

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 9/2019

/2017

Page 2: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

2

ROBOTICS

Die FIRST Tech Challenge SA kampioenskap is Saterdag 2 Maart 2019 by die Sci-

Bono Discovery Center in Johannesburg gehou. 6 JV’s het as span Mighty Minds

deelgeneem en ‘n naelbyt tweede plek in die kompetisie behaal. Hulle het ook die trofee

vir “Mees Motiverende Span” in die kompetisie ontvang.

Die spanlede is: Gr 11 Garret Botha, Anro Swarts en Cobus van Wyk.

Gr 10 Zander Bezuidenhout en Coenraad Slabber

Gr 8 Willem de Vries

Die FIRST Tech Challenge kompetisie is ontwerp vir studente om mee te ding deur ‘n

robot te ontwerp, te bou en te programmeer en dan teen ander spanne te kompeteer.

Die robotstel is geprogrammeer met behulp van Java, die MIT App Inventor of ander

Android-programmeringstelsels.

OPEDAG 2019

Page 3: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

3

SWEM INTERHOËR

Die volgende uitslag was ongelukkig uitgelaat by die vorige uitslae:

Joss-Thomas Thorburn het 'n eersteplek behaal in die 50m Borsslag vir seuns o/18.

NETBAL

RUGBY

Page 4: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

4

Baie geluk aan ons Kultuurdagwenners in die onderskeie afdelings:

Instrumentaal:

Eerste plek: Enrique Breeze

Tweede plek: Francois Breedt

Derde plek: Kelvin Pretorius

Vokaal/Sang:

Eerste plek: Pierre van der Merwe

Tweede plek: Inge Vosloo, Lané Smit en Marlee Oberholzer

Derde plek: Angelique Johnson, Janel Erasmus en Marietha Wolmarans

Dans:

Eerste plek: Neeltje Moller

Tweede plek: Wendy Pretorius en Dane du Toit

Derde plek: Carla van Rooyen, Sascha Luus, Carlie van Tonder en Dané du Toit

Drama/Toneel:

Eerste plek: Pieter Meyer en Chevan Meiring

Tweede plek: Marco Steytler en Lané Smit

Derde plek: Lané Smit

GRAPJAS

Eksamenflaters:

Wiskunde

‘n Woonstelblok het tien verdiepings. Daar is tien trappe wat na elke

verdieping lei. Hoeveel trappe moet jy klim om tot op die tiende verdieping

te kom? Almal.

Wetenskap

Wat is die verskil tussen eenjarige en meerjarige plante?

Eenjarige plante vrek net een keer per jaar.

Wanneer ontstaan ‘n lugleë ruimte?

As ‘n fietsryer oor ‘n spyker ry.

Waarvoor gebruik ‘n mens rubberhandskoene?

Om jou hande te was sonder dat hulle nat word.

KULTUUR

Page 5: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

5

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende

dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke

vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt

bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het

in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir

die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het.

NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE

eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat

oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van

bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie

sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke

klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n

bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan

dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien

daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om

me Dowd enige tyd by die skool te skakel.

.

TUINRUBRIEK

Daar is ‘n Kangaroe-agtige diertjie wat in ons bosse voorkom. Party mense noem dit ‘n

haas!

Dié Springhaas kan mens verbaas deur 2 meter vér te spring per sprong. Hulle het lang

kragtige agterbene waarmee hulle sierlik deur die lug trek.

Springhaas. Pedetes capensis.

Sy latynse naam is Pedetes capensis. Die diertjie is so 35-45 cm lank. Sy stert self is ‘n

goeie 36-47 cm lank.

Antoinette Dowd

Page 6: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

6

Hierdie springhase se voorbene is kort, vandaar die Kangeroo-agtige postuur.

Die agterpote het vier naels wat amper soos hoefies lyk en die voorpote het vyf gepunte

kloue met naels wat hoofsaaklik gebruik word vir die grouwerk.

Wat verbasend is van hierdie diertjies, is dat wanneer hulle deur roofdiere gejaag word

hulle 3-4 meter vêr kan spring.

Die springhaas se velkleure wissel van ligte vaalbruin tot geelbruin. Die ken is wit en die

onderkant van hierdie diertjie is vuilwit.Op die punt van die stert is daar ‘n kenmerkende

swart kwas. Hulle oë is kenmerkend groot en die ore smal en regop.

Dié hase woon gewoonlik naby riviere of panne en vermy swaar en harde grond.

Springhase is enkellopend en bly alleen in die tonnels, behalwe wanneer ‘n wyfie

kleintjies gekry het. Hulle gebied is so 25 – 250 meter groot vanaf hulle tonnels.

Springhase se kleintjies word met hare gebore en hulle maak hulle ogies binne 2-3 dae

oop. Springhase word 12-15 jaar oud.

Page 7: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

7

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie

en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za

of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene

kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die

kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat

u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle

dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.

ADVERTENSIES

Page 8: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

8

OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL

Page 9: MOSIES - HTS John Vorster · straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope

9

STRESONTLAAIER