n gebed vir lydenstyd en vastyd · 2016-07-01 · 'n gebed vir lydenstyd en vastyd geskryf...

6
'n Gebed v Geskryf deur Book of Commo Almagtige God, u Seun Jesus Christus h Hy is versoek net soos Gee ons die genade om u Gees, en gee dat, net soos U o ons ook u verlossende Ons bid dit deur Jesus Hy wat leef en regeer m in die eenheid van die een God, nou en vir alt Amen VACANT CHAIR SHELLHOLE vir Lydenstyd en on Prayer het veertig dae in die woestyn ons, maar het nie gesondig nie m met selfdissipline gehoorsaam ons swakheid ken, krag mag ken. Christus u Seun, ons Here, met U, Heilige Gees, tyd. Feb 2013 Vastyd gevas; e. m te wees aan

Upload: others

Post on 04-Mar-2020

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

'n Gebed vir Lydenstyd en VastydGeskryf deur Book of Common Prayer

Almagtige God, u Seun Jesus Christus het veertig dae in die woestyn gevas;Hy is versoek net soos ons, maar het nie gesondig nie.Gee ons die genade om met selfdissiu Gees, en gee dat, net soos U ons swakheid ken,ons ook u verlossende krag mag ken.Ons bid dit deur Jesus Christus u Seun, ons Here,Hy wat leef en regeer met U,in die eenheid van die Heilige Gees, een God, nou en vir altydAmen

VACANT CHAIR SHELLHOLE

'n Gebed vir Lydenstyd en VastydGeskryf deur Book of Common Prayer

u Seun Jesus Christus het veertig dae in die woestyn gevas;Hy is versoek net soos ons, maar het nie gesondig nie.Gee ons die genade om met selfdissipline gehoorsaam te wees aan

en gee dat, net soos U ons swakheid ken, ons ook u verlossende krag mag ken. Ons bid dit deur Jesus Christus u Seun, ons Here, Hy wat leef en regeer met U, in die eenheid van die Heilige Gees,

een God, nou en vir altyd.

Feb 2013

'n Gebed vir Lydenstyd en Vastyd

u Seun Jesus Christus het veertig dae in die woestyn gevas; Hy is versoek net soos ons, maar het nie gesondig nie.

pline gehoorsaam te wees aan

The importance of having an occupation after retirement.

As we get older we sometimes begin to doubt our ability to "make a difference" in the world.

It is at these times that our hopes are boosted by the remarkable achievements of other

"seniors" who have found the courage to take on challenges that would make many of us

wither. Harold Schlumberg is such a person:

THIS IS QUOTED FROM HAROLD:

"I've often been asked, 'What do you do now that you're retired?'

Well...I'm fortunate to have a chemical engineering background and one of the things I enjoy

most is converting beer, wine and whisky into urine.

It's rewarding, uplifting, satisfying and fulfilling. I do it every day and I really enjoy it."

Harold should be an inspiration to us all.

Thanks moth Bleign knox-davies

Operasie Kropduif (die aanval op Eheke) op 28 Oktober 1977, sou die donkerste dag in die

geskiedenis van die Suid Afrikaanse Spesiale Magte se bestaan wees.

Nadat die Suid Afrikaners aan Angola onttrek het in 1976, sou Swapo die geleentheid gebruik

om operasionele basisse bykans teen die SWA grens te vestig. Hierdie basisse is vanaf twee

groter streeks hoofkwartiere ondersteun. Cassinga sou die sentrale deel van Swapo se

aanvalle op die SWA grens ondersteun, en Eheke die oostelike deel van Owamboland en die

Kavango.

Daar is besluit om Eheke eerste aan te val. Drie kompanies van die nuwe 32 Batteljon sou te

voet oor die grens, en Eheke vanaf die suide aanval. Op dieselfde tyd sou ‘n groep van die

Verkennings Kommando?s, noord van Eheke afgeooi word, en met eerstelig die basis uit die

noorde aanval.

Alles het van die begin verkeerd gegaan. Die Spesiale Magte is sowat 15 kilometer te ver

noord uit die vliegtuie gelaat. Om dinge verder te kompliseer was die terrein plat en sonder

bakens. Eers teen dagbreek was die verkenners in ‘n situasie om sinvol te kon navigeer. Toe

Drie Twee nog ook halfpad na die teiken, teen ‘n verwoede Swapo mag vasloop is daar met reg

gevra of die operasie nie afgelas moes word nie. Ook veterane soos Sers Maj FC van Zyl vra

vrae. Die bevelvoerende offisier Brig Gleeson, in Rundu het teen die beter wete van die grond

bevelvoerders besluit dat die operasie moes voortgaan.

Toe gebeur ‘n volgende tragedie. Eheke het uit ‘n groter kompleks bestaan as wat die foto

interpretasie kenners raak gesien het. Behalwe vir die basis in die suide was daar ook ‘n basis

in die noord ooste. Hierdie kompleks is totaal misgekyk. Teen drie uur die middag loop die

verkenners in ‘n trop beeste vas. Die veld was bebos maar onder is die hout en dekking

verwyder. Die bees wagtertjie wys na die loopgrawe voor hulle.

Die Operateurs vorm ‘n linie met die ondersteunings groepe na agter. Aan die linkerkantste

buite flank is Michiel Vingers Kruger met ‘n RPG, dan aan sy binnekant, Gert Eksteen met ‘n

LMG, dan FC van Zyl, Wentzel Marx met ?n LMG, Gary Walker met ‘n RPG, Grant Clark, nog

een, dan Antonie Badenhorst en dan Luit Chris Strydom. Aan hulle regterkant is nog groepe

besig om vorentoe te beweeg. Dan bars alle hel los. Die seksie aan die linker flank het

vasgeloop in die deel waar die basis se loopgrawe 90 grade wegswaai van die lyn van die

aanval. In plaas daarvan dat hulle soos die res van die aanval die vyand frontaal aanval, loop

hulle hulle vas in ‘n vuur nie net van voor nie maar ook van die kant. Amper soort van verby

die loopgrawe geloop!!

Hierdie toeloop van gebeure sou die lewe van ses jong mans kos. Letterlik binne sekondes. Die

eerste om te val was FC van Zyl, die man wat die res van die seksie geinspireer het toe

niemand meer lus was nie. Bykans op dieselfde oomblik sterf Vingers Kruger, die man heel

buite op die flank. Tussen hulle twee stoor Gert Eksteen se LMG. Hy gaan sit op sy hurke om sy

wapen se probleem uit te sorteer. Toe sy regterhand aan sy wapen raak, skiet ‘n projektiel

hom net bokant sy regter middelvinger deur sy hand. Sy wapen ook stukkend. Aan die

regterkant gaan dit nie beter nie. Wentzel Marx, Gary Walker, Grant Clark, Antonie

Badenhorts sneuwel almal. Luit Strydom word ook gewond. Gert Eksteen het nerens om heen

te gaan nie. Hy haal sy pistool uit en veg met sy linkerhand verder. Op ‘n stadium word twee

van die ander groep deur ‘n RPD masjien geweer vas gepen. Hulle kan hom nie raak skiet waar

hy agter ‘n boom le nie. Toe die gunner weer om die boom kruip skiet Gert Eksteen hom met

sy pistool dood.

Met durf en determinasie veg die aanvallers teen die oormag en wen stukkie vir stukkie die

stryd. Gert Eksteen is nie meer nodig nie. Sy hand bloei te veel. Hy beweeg terug, waar hy Kapt

Meerholz aantref met ‘n skoot deur die been. Hy help Meerholz so aba-aba terug na die

mediese pos. By die mediese pos pluk hy sy middelvinger wat net aan ‘n velletjie hang af en

gooi dit in die Angolse stof. Sy hand word verbind. Hy gaan terug na sy gesneuwelde makkers

en bring hulle een vir een terug.

Ek glo nie Gert Eksteen het die storie ooit vroeer aan enige iemand vertel, voor die Maandag

aand in Januarie 2004. ?Ek het my hand by die werk in ‘n ongeluk seergemaak? sou hy altyd se

as iemand hom vra. Meer wou ek nie vra nie. Ek was op ‘n baie persoonlike en privaat gebied.

Maar ek is dankbaar. Helde almal van hulle, maar medaljes word ongelukkig nie in getalle

toegeken nie, al is die dapperes ook ‘n seksie van agt Recces. Hulle kon maar vir almal van

hulle gegee het. Daardie dag is net 3 Honoris Crux toegeken. Corrie Meerholz sou een kry.

Dankie Leon ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Juffrou vra die klas: “Waar kom elektrisiteit vandaan?”

Jannie vd Merwe steek sy hand op en sê “dit kom van die dieretuin”.

“Nou hoe kom jy daarby uit?” vra die juffrou.

Gisteraand het my pa gesê “Daar sit die donnerse ape weer die krag af’”

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Herinneringe…

Foto vanaf http://www.deonmeyer.com/xtra/xtra_dad.html

Sommer so, sonder om te probeer sistematiseer of om te probeer orden in datum volgorde…

onthou ek…:

• Die kameraderie gedurende basies. Die saamstaan, die saam af-”chop”. Ek onthou die Dopper pelle wat die bottel Whiskey aan ‘n toutjie by die venster uitgehang het, die absolute sinnelose gerondjaag in die middel van die nag as die korporaal dronk terugkom in die basis.

Darem vreemd hoe herinneringe ‘n mens soms

net kan bestorm en onverwags vang. Sit

gisteraand en praat met ‘n kollega, wat soos ek,

ook verpligte militêre diensplig gedoen het as

kapelaan. So met die gepraat begin daar hoeveel

herinneringe deur my gedagtes spoel wat my

laat wonder hoe diep van die herinneringe

werklik lê. Hoeveel van Chris Louw se Boetman

lê nog onder my vel en wegkruip? Ek weet nie….

• Hoe die Afrikaanse, Engelse, Joodse en Sewendedag Adventiste dominees saamgebind word deur die saam swaarkry gedurende basies.

• Die staande mag Kapelaan wat vir my sê die Belhar belydenis is 10% kommunisties – en sy gesig toe ek hom durf vra WATTER 10%!

• Hoe die swart mense in Zwide die weermag op die hande gedra het in ’85, toe die weermag in die woongebiede ontplooi is, voor die noodtoestand. Ek onthou hoe die kampers, waarvan baie Xhosa kon praat, met die mense gesels het. Ek onthou hoe ons vrugte en koeldrank gegee is, want die inwoners het gedink ons kom beskerm hulle teen die polisie….

• Hoe die vriendelike geaardheid soos handomkeer verander het toe die “powers that be” besluit het daar moet ‘n polisieman op elke weermag Buffel saamry. Hoe dit verder verander het toe die kampers afgehaal is en vervang is met jong 18jaar oud dienspligtiges.

• Hoe die jong voertuig wag agterop die Buffel ‘n ou swart vrou met ‘n knopkierrie agter die kop geslaan het terwyl ons verbygery het. Hoe, nadat ek ‘n klag teen die troep gelê het, ek ingeroep is op die rooi tapyt deur Brig Joffel van der Westhuizen omdat ek die “troepe se moraal ondermyn”!

• Hoe die Kommandement Samjoor die volgende dag, nadat hy van my skrobering gehoor het, vragte knobkierries, assegaaie, ens., van weermag voertuie laat afhaal het.

• Hoe ongemaklik ek gevoel het met die sake wat bespreek is as ek Brig Joffel van der Westhuizen se ordergroepe moes bywoon as die Kommandement Kapelaan weg was.

• Die kommadant op Eenhana wat my binne ‘n paar minute nadat ek hom ontmoet het, vertel het hy gaan hoof van die leër word (hy het nooit nie….)

• Hoe die einste kommadant in siviele klere rondloop, terwyl die res van die basis gedwing word om self op Saterdae en Sondae, as hulle af is, in vol browns rond te loop.

• Die Samjoor wat die troepe probeer stilkry voordat ek opdaag om ‘n erediens te hou: “Julle f@#$%* troepe moet nou f@#$%* stilbly, want die f@#$%* dominee gaan nou kom f@#$%* preek!” Dit terwyl ek reg agter hom staan en my bes probeer om nie uit te bars van die lag nie… Weet nie wat die troepe van daardie dag se preek onthou het nie….

• Die seiners se kamertjie, waar ons lekker kon sit en radio luister uit die “states” (Suid-Afrika) – en ook soms onwettig met die radio-telefoon “states” toe bel.

• Hoe lekker ek en die Kom-Ops luitenant by die Ovambo hoofman kuier en Mahangu broodjies eet en bier drink. Hoe dieselfde hoofman die volgende dag ons skel omdat Koevoet deur sy Mahangu lande, deur die paalheining om sy stat, tot reg voor sy hut gery het. En met die wegry slag, na ‘n “ondervraging” sommer vir die lekker die heining en lande aan die ander kant ook stukkend gery het…

• Hoe die dominee van die EGKA gemeente in Eenhana (susterkerk van die NG Kerk) vir my die gate in sy kerk se dak wys wat Koevoet daar geskiet het, sommer net vir die lekker.

• My skok toe ek by Nkongo se menasie instap waar ek veronderstel was om ‘n diens te hou, en die aansteekbord is vol mens ore en ander liggaamsdele, by fotos van hoe die persone gelyk het toe hulle geskiet is.

• Hoe minister Magnus Malan “kategories” ontken dat Suid-Afrika in Angola is of probeer wees. Hoe hy ‘n week later erken ons “was” daar, maar almal onttrek. Hoe Eenhana soos die Ben Schoeman hoofweg lyk terwyl die Ratels, Buffels, tenks “onttrek”, Noord, Angola in…

• Hoe ek moet diens doen by die mediese pos wanneer Koevoet inkom om diesel en voorraad te kry – en reguit “medics” toe gaan vir penisilien inspuitings teen “VD”. Hoe die dokter hulle “opline”, broeke af, en die naalde soos “darts” in hulle boude ingooi!

• Hoe die einste dokter wondere verrig om ‘n Koevoet lid wat onder ‘n Caspir beland het wat gerol het, deur te haal. Hy het vir my twee sakke plasma in die hand gestop, en ek moes druk om dit so vinnig moontlik in die man in te kry, terwyl die dok gewerk het

om die bloeding te stop. Ek onthou ook sy uiterste teleurstelling toe hy hoor dat die man ‘n paar dae later in 1 Mil hospitaal oorlede is.

• Die troepe wat met diep hartseer kom vertel van probleme by die huis. “Dear Johnnies” van meisies af, probleme tussen ouers, en die ouens sit ver, kan niks doen nie. Hoe manne begin soek na vastigheid as hulle ‘n slag onder die koeëls deurgeloop het…

• Majoor (op daardie stadium) Willem Ratte, wat met sy vrou en dogter buite die basis se walle bly, tussen niks en nêrens, so 240km Wes van Rundu. Hoe die einste majoor in die nag Swapo uniform en “boots” aantrek en gaan rondloop waar die troepe die volgende dag gaan patrollie stap. Hoe daardie troepe, by hulle terugkeer in die basis, rondgejaag word as hulle nie sy spore opgetel het nie.

• Hoe daar by dieselfde basis, laatmiddag ‘n Suid-Afikaanse Dakota sou land, om dan met ‘n ander bemanning verder te vlieg. Net om vroegoggend terug te keer, om te vertrek met die bemanning wat hom gebring het – wat nooit die nag in die basis in gekom het nie. Dit het my baie laat wonder, tot ‘n “rekkie” Kaptein wat ‘n keer of wat saam gevlieg het, na te veel biere vir my vertel het dat dit Amerikaanse loodse is wat die Dakota vol wapens bring. Suid-Afrikaanse loodse wat dit dan oor die grens vlieg na Savimbi se mense toe. Dit keer dan vroegoggend terug, vol ivoor as betaling vir die wapens…

• Hoe ons lê en “tan” op die trampolien. • Hoe daar ‘n nuwe menasie gebou word op Mangeti-Duin, ‘n maand of wat voordat

Namibia onafhanklik word en terwyl trokke dag vir dag weermag voorraad wegry Suid-Afrika toe.

• Die lekker kerkdienste by die San van Namibia se Boesmanland, en hoe daar sommer in twee San tale in getolk word terwyl ek in Afrikaans preek.

Ja, onthou kan ‘n mens onthou… Ons Boetman generasie kan soms oor lang biere en rondom

braaivleis vure probeer uitpluis hoekom ons daar was, of dit ooit sin gehad het. Sommige sal

vreeslik vas staan op die waarde van wat ons gedoen het. Ander sien dit weer as uiters

sinloos. As ek egter terugdink, kan ek nie anders as om te dink dat as sommige goed anders

hanteer was, baie lyding en dood gespaar kon gewees het nie – maar dit sou ‘n samelewing

kopskuif nodig gehad het wat Pres de Klerk eers baie later gebring het. ‘n Kopskuif vanaf ‘n

ons-julle denke, na ‘n ONS-ONS denke. ‘n Denke waarin ons saam kan besluit om saam te bou,

eerder as af te breek. Nou nog raak ek sommer warm onder die boordjie vir mense wat al te

maklik oorlog praatjies maak, niemand wen daarin nie, daar is net verloorders in oorlog.

Boetman, soms lê hy nog maar vlak

Laas nag lê ek in my bed en kyk na die bome se blare wat ritsel in die wind, die

magdom blink sterre, pragtige hemelruim, eindlose horison, die oneindige heelal

… en skielik dink ek aan die nuwe Suid Afrika en besef …

waar de f** is my dak?

Compiled by moth Trevor Swart

Printed by moth Trevor Swart