lydenstyd - wellington-noord · 2016-03-01 · (e-pos: [email protected]) ons benodig asb...

4
NGK Wellington-Noord MacCronestraat 11 – Wellington – 7655 Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765 Bankbesonderhede: ABSA, Wellington: 430 580 019 www.facebook.com/wellingtonnoord E-pos adresse: Francois Human: [email protected] Johann Crous: [email protected] Marita Coetzee: [email protected] Marius Otto: [email protected] Johann Enslin: [email protected] Jandré Viljoen: [email protected] 14 Februarie 2016 lydenstyd Welkom by vandag se erediens! VANDAG SE PROGRAM Predikant Johan Crous Musiekbediening Neil Buchner 09:30 Erediens (Nagmaal - Biddag vir opvoeding en onderwys) Dienswerkers: Cassie Carstens en Jacques Groenewald DEUROFFER: Instituut vir Blindes: Die Instituut is in 1881 deur die NG Kerk gestig en streef daarna om persone wat blind, swaksiende, doofblind en gesiggestremd is met bykomende gestremdhede deur opleiding, ontwikkeling en versorging tot ‘n vervulde lewe en volle burgerskap te bemagtig. U voorbidding word gevra vir die werk wat hier gedoen word. U kan help deur ‘n siggestremde in diens te neem en deur van ons selfvervaardigde produkte (beddens, matrasse, rottang items) te koop. 10:45 Kategese 19:00 Leefkerk: Moederkerk GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK-BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord

Upload: others

Post on 20-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: lydenstyd - Wellington-Noord · 2016-03-01 · (E-pos: info@andrewmurray.org.za) Ons benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone

NGK Wellington-Noord

MacCronestraat 11 – Wellington – 7655 Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765

Bankbesonderhede: ABSA, Wellington: 430 580 019 www.facebook.com/wellingtonnoord

E-pos adresse: Francois Human: [email protected]

Johann Crous: [email protected] Marita Coetzee: [email protected]

Marius Otto: [email protected] Johann Enslin: [email protected]

Jandré Viljoen: [email protected]

14 F

ebru

arie

20

16

lydenstyd

Welkom by vandag se erediens!

VANDAG SE PROGRAM Predikant Johan Crous

Musiekbediening Neil Buchner

09:30 Erediens (Nagmaal - Biddag vir opvoeding en onderwys) Dienswerkers: Cassie Carstens en Jacques Groenewald DEUROFFER: Instituut vir Blindes: Die Instituut is in 1881 deur die NG Kerk

gestig en streef daarna om persone wat blind, swaksiende, doofblind en gesiggestremd is met bykomende gestremdhede deur opleiding, ontwikkeling en versorging tot ‘n vervulde lewe en volle burgerskap te bemagtig. U voorbidding word gevra vir die werk wat hier gedoen word. U kan help deur ‘n siggestremde in diens te neem en deur van ons selfvervaardigde produkte (beddens, matrasse, rottang items) te koop.

10:45 Kategese 19:00 Leefkerk: Moederkerk

GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK-BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord

Page 2: lydenstyd - Wellington-Noord · 2016-03-01 · (E-pos: info@andrewmurray.org.za) Ons benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone

Kollekte 2016@Hugenote Hoërskool BAIE DANKIE vir verlede week se bankkollekte van R6 475, Kategese R194 en Ma’s-v-Wellington R1 627.

Kerkraadsvergadering

op Maandag 15 Februarie om 19:30 in die konsistorie

12 Maart: Blackie Bazaar – by die skool 17 Maart: Mnr. & Mej. Hugenote met Jak de Priester Skoolsaal 19:00 - Kaartjies: R70/R80/R90 20 & 21 April: Koorfees met Elvis Blue NG Moederkerk, Wellington - Kaartjies: R90 Kore wat deelneem: Hugenote Laerskool, Laerskool Hugo Rust, Laerskool Noord-Eind en Hugenote Hoërskool 17 – 19 Mei: Beauty and the Beast Musical Skoolsaal R80 (volwassenes) & R50 (kinders)

Kaartjies vir al bogenoemde by skool beskikbaar.

Sakkie-vir-‘n-pakkie

Onthou ons sakkie-vir-’n-pakkie projek waar u kruideniersware aankoop volgens die lysie in die sakkie. Ons wend die kruideniersware aan vir die kospakkies wat ons maandeliks , op die oomblik aan 15 gesinne verskaf. Die sakkies sal u vind in die mandjie in die voorportaal. Die sak met gekoopte kruideniersware kan by die kerkkantoor afgegee word, of kan ook Sondag in die voorportaal langs die mandjie neergesit word. BAIE DANKIE vir gereelde sakkies wat ons terug ontvang.Dit stel ons in staat om aan meer sorgbehoewendes te kan voorsien.

Ons dink aan ons mense… Ds Francois Human en familie (Vader oorlede) JP Spannenberg – ( long probleme) Tannie Johanna Mattee Charles en Yvette Stassen – (verlies van ongebore baba) Oom Daantjie van Zyl (gesondheid nie goed) Oom Nicky de Goede (beroerte) Antoinette le Roux (beroerte)

Graad 4-7 BosKamp Scoutkampterrein, Wellington Datum: 19, 20 & 21 Feb

Ons vertrek om 15:30 vanaf Wellington-Oos parkeerterrein. Ons sal Sondag om

12:00 terug wees by die kerk.

Koste: R240 per kind RSVP: Inskrywingsvorm en geld by onderskeie kerkkantore voor of op

Dinsdag, 16 Februarie Missie: Leer ken SKEPPER GOD en

Sy natuur.

Page 3: lydenstyd - Wellington-Noord · 2016-03-01 · (E-pos: info@andrewmurray.org.za) Ons benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone

Prediking – 7 Februarie 2016 1 Petrus 4 en 2 Tes 1:10-12 - Mooi of Lelik – Goed of Sleg

‘Verheerliking” beteken om eer te gee aan Jesus. Verheerliking moet oorgaan tot dade. Toe God vir ons gemaak het is dit om God te verheerlik in alles wat ons doen. Soms is daar mooi, en soms lelike momente. In dit alles gaan dit daaroor dat ons vir Jesus verheerlik. Ek eer U omdat U groter is as die slegste van seisoene in my lewe – ek eer U vir die mooiste oomblikke in my lewe. U is groter as die diepste seer, bekommernis, pyn – daaroor vereer ons God. Hierdie God is ‘n God wat in alle omstandighede God bly – maak nie saak wat nie, daarom wil ons Hom verheerlik! Ons bely dat ons in God glo in voorspoed en teëspoed- Hy bly bo alles God. Ons aanbid ‘n God wat nie kan verander in sy wese nie – om lief te hê en om te gee. Hierdie Liefde is wyer en verder as wat enigeen kan droom of dink. As ons God verheerlik moet ander dit ook van ons kan beleef. Dit is belangrik dat ons vir mekaar onthou wie is God in goeie en slegte tye.

Kategese vir die huis! – Huis Geloof Geloofsvorming is die proses waardeur ons geloof groei en gevorm word. Ons kan sê dit is die proses waardeur ons “volwasse word” in ons geloof. Dit is egter nie soos ’n leer waarteen ons moet uitklim om ’n bestemming te bereik nie. Dit is eerder ’n reis saam met God. Die vreugde lê in hierdie reis. 1. Lees saam: Matt. 22: 34-40 2. Gesels saam: i) Jesus vat hierdie wet in twee gebooie (beginsels of opdragte) saam. Wat is die twee gebooie? ii) Hoe lyk jou lewe wanneer jy die Here met jou hele wese liefhet? iii) Hoe lyk jou lewe wanneer jy jouself liefhet? iv) Hoe lyk jou lewe wanneer jy jou naaste liefhet? 3. Leef met God se seën: Wanneer ons groei in ons liefde vir God, onsself en ons naaste, word ons geloof gevorm. Dink saam hieroor: i) Hoe gaan ons die Here met ons hele hart en ons hele siel liefhê? ii) Wat gaan ons doen om die Here met ons hele verstand lief te hê? iii) Hoe gaan ons, ons naaste liefhê? 4. Ons as huisgesin is hiermee uitgestuur: Bid sommer saam: Here, vul ons vandag met u vrede. Gee vir ons die krag om u getuie te wees en tot u eer te leef. Amen

Page 4: lydenstyd - Wellington-Noord · 2016-03-01 · (E-pos: info@andrewmurray.org.za) Ons benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone

KOMMUNIKASIE

Betrekking beskikbaar HUIS ANDREW MURRAY KJSS, WELLINGTON

Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum is ‘n program van BADISA, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes- en Suid-Kaap] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde en dinamiese persone met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor kinders en jeugdiges, word vir die volgende betrekking ingewag:

1 X INWONENDE KINDER- EN JEUGSORGWERKER (dogtershuis) Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Professionele Kinder-en Jeugsorgwerker rapporteer en vir die volgende verantwoordelik wees: * toesig en beheer oor, asook die stimulering, opvoeding en fisiese versorging van 14 kinders in ‘n afsonderlike huiseenheid * basiese rekordhouding en administrasie * skep van ‘n huislike atmosfeer binne die huiseenheid. Die ideale kandidaat (tussen die ouderdom van 25 en 49) beskik oor ‘n graad 12-sertifikaat, ‘n geldige Kode B-rybewys en ‘n goeie begrip en aanvoeling vir kinders. Die suksesvolle kandidaat moet voorts effektief kan organiseer, gemaklik aansluiting kan vind by kinders van alle ouderdomme en goeie interpersoonlike verhoudinge kan handhaaf. ‘n Naskoolse kwalifikasie in Kinder- en Jeugsorgwerk asook ervaring opgedoen by ‘n kinder- en jeugsorgsentrum, sal as ‘n sterk aanbeveling dien.

Diensaanvaarding : 1 Maart 2016 Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese- en aftreeskema en ruim verlof.

Rig ‘n volledige CV, voor 19 Februarie 2016 aan: Die Bestuurder, Huis Andrew Murray, Posbus 129, Wellington, 7654.

(E-pos: [email protected])

Ons benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone ‘n bydrae wil

maak kan hul dit asb teen 1 Maart 2016 by Silwerkruin afgee.

Depressie Ondersteuningsgroep

Ons eerste byeenkoms van die jaar is in

'n baie spesiale maand met 'n baie spesiale onderwerp. Ds Lettie Buchner kom met ons gesels oor die Liefde! Sy is al langer as tien jaar ons gemeente se

een predikant en verras ons telkens met haar insiggewende preke. Lettie gaan egter nie vir ons preek nie, nee, sy kom

vir ons meer van die wonderlike onderwerp vertel.

Kom kyk self, Lettie het 'n manteltjie van liefde wat om haar hang! Ons vergader in die kerksaal in Kerkstraat, Wellington

op Woensdagaand 17 Feb 2016 om 19:15. Lekker pons en 'n eetdingetjie

wag vir jou.