inleiding: waarom lydenstyd? - impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-dae-reis-na-paas.pdfdae...

70

Upload: others

Post on 15-Feb-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 2: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Inleiding: Waarom Lydenstyd?

LYDENSTYD2016

- INHOUD -

As-Woensdag 10 Februarie: Geliefde StofDonderdag 11 Februarie: Kies leweVrydag 12 Februarie: Onthou dat jy geliefd isSaterdag 13 Februarie: Om weer te begin

Sondag 14 Februarie: Lydenstyd is om te luisterMaandag 15 Februarie: In afsondering en stilteDinsdag 16 Februarie: Die sentraliteit van die SkrifWoensdag 17 Februarie: Om gehoorsaam te luisterDonderdag 18 Februarie: Kompulsiewe besigweesVrydag 19 Februarie: Om ons versoekinge te hanteerSaterdag 20 Februarie: Om na ander te luister

Sondag 21 Februarie: Om te luister na ons hunkeringeMaandag 22 Februarie: Ons diepste verlangeDinsdag 23 Februarie: Leë plaasvervangersWoensdag 24 Februarie: Om ons hunkering na God lewendig

te houDonderdag 25 Februarie: Aktiewe hunkeringVrydag 26 Februarie: God se hunkeringSaterdag 27 Februarie: Die eggo binne ons

Week 1: Lydenstyd is om te luister

Week 2: Lydenstyd is om te hunker

Page 3: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Week 3: Lydenstyd is om terug te draai

Week 4: Lydenstyd is om te vas

Week 5: Lydenstyd is om te deel

Week 6: Heilige Week

Sondag 28 Februarie: BekeringMaandag 29 Februarie: Die deur na bekeringDinsdag 1 Maart: Laat God toe om God weesWoensdag 2 Maart: Die weg na bekeringDonderdag 3 Maart: Vreugdevolle bekeringVrydag 4 Maart: BelydenisSaterdag 5 Maart: Stuur jou lewe in 'n ander rigting

Sondag 6 Maart: Gefokus op ChristusMaandag 7 Maart: Vas voor God alleenDinsdag 8 Maart: 'n FeesmaalWoensdag 9 Maart: Om kos onoordeelkundig te gebruikDonderdag 10 Maart: 'n Media-vasVrydag 11 Maart: Sosiaal-bewuste vasSaterdag 12 Maart: Wanneer jy vas

Sondag 13 Maart: Vir ons Vader se oë alleenMaandag 14 Maart: Die gee van aalmoeseDinsdag 15 Maart: Verborge vrygewigheidWoensdag 16 Maart: Verskillende beloningsDonderdag 17 Maart: Blye eenvoudVrydag 18 Maart: Om vrygewig te deelSaterdag 19 Maart: 'n Vrygewige God

Sondag 20 Maart (Palm-Sondag): Om wat verkeerd is reg te stel metChristus

Maandag 21 Maart: Om standpunt in te neemDinsdag 22 Maart: Om aan God te Gee wat aan God

behoortWoensdag 23 Maart: Oorvloedige liefdeDonderdag 24 Maart: VerraadGoeie Vrydag 25 Maart: Om te sterf met ChristusStil-Saterdag 26 Maart: LamentOpstanding-Sondag 27 Maart: Om op te staan met Christus

Page 4: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Inleiding: Waarom Lydenstyd?

Vir baie volgelinge van Christus, is Lydenstyd, wat vra dat mens iets opgee, die meesongewilde tyd van die jaar. Hulle voel daar is te veel klem op selfontkenning en opoffering.Moet ons nie hierdie tyd van vas en gebed afskaf, en dit eerder omskep in 'n tyd vanfeesviering en danksegging nie? In plaas daarvan om te besluit wat om op te gee, sou ditnie beter wees om die gawes wat God ons in die skepping gee meer te geniet nie? Een vanmy vriende glo dit. Toe ek hom verlede jaar vra oor sy benadering tot hierdie tyd van diejaar, het hy geantwoord: “Ek gee Lydenstyd op vir Lydenstyd hierdie jaar.”

Hoewel ek hierdie weerstand kan verstaan, is daar 'n paar redes waarom ek jou wilaanmoedig om erns met Lydenstyd te maak. Eerstens was dit deel van die praktyk van diekerk vir eeue. Die Christelike kalender het baie verskillende seisoene. Hierdie seisoene isspesiale tye wat die kerk bied om ons te help om dieper te deel in wat God gedoen het indie geskiedenis van die mens. Die meeste van ons is, byvoorbeeld, vertroud met dieseisoene Advent, Kersfees, Paasfees en Pinkster – tye wanneer ons fokus op die komsvan Jesus in ons wêreld, die dood en opstanding van Jesus en die uitstorting van dieHeilige Gees. Stel jou voor hoe arm ons volging van Christus sou wees sonder hierdiespesiale tye van fokus?

Jy mag dalk wonder oor die ontstaan van Lydenstyd (Lent). Die eerste melding daarvanverskyn in 'n kerkdokument van die Raad van Nicea in 325. Dié Raad het een van diebelangrikste belydenisskrifte geproduseer – die Nicene-belydenisskrif. In daardie tyd hetLydenstyd verwys na 'n spesiale tyd van voorbereiding wat nuwe bekeerlinge van Christusondergaan het voordat hulle op Paas-Sondag gedoop is. Rekords dui ook daarop dat dit 'ntyd van herstel en versoening was vir almal wat die geloof tydens vervolging ontken het.

Uiteindelik is alle volgelinge van Christus aangemoedig om aan 'n veertig-dae-voorbereidingstyd deel te neem in aanloop tot die Paasgebeure. Veertig is ook nie 'ntoevallige getal nie. In die Bybel hou dié nommer verband met tye van intense geestelikevoorbereiding. Dink aan Moses wat veertig jaar lank in die woestyn was voor God homgeroep het tot die take van nasiebou en mensebevryding. Dink aan Jesus se veertig-dae-lange worsteling in die woestyn met die bose voordat hy met sy openbare bediening beginhet. Met ons deelname aan Lydenstyd, deel ons saam met volgelinge van Christus regoordie wêreld, in die geloofsgeskiedenis.

Nog 'n rede om Lydenstyd ernstig op te neem is dat dit ons 'n geleentheid gun om oor onslewens te besin, om die maniere waarop ons wegdryf van ons geloof raak te sien, en meerintensioneel in ons navolging van Christus te word. Ons kan sê dat die praktyk vanLydenstyd ons help om bewustelik met God te leef. Hoe gebeur dit? Gedurende die veertigdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke teverken en daaraan deel te neem. Hierdie praktyke word spesifiek deur Jesus in syBergrede genoem: gebed, vas en gee aan diegene in nood (sien Matt. 6: 1–18).

As volgelinge van Christus, sou ons dwaas wees om hierdie geestelike praktyke teverwaarloos. Gelowiges is voortdurend aangemoedig om dit ernstig op te neem. Diéaanmoediging kom van die Ou Testamentiese profete, Jesus Christus (die voorbeeld vandie vroeë kerk) en van daardie manne en vroue wat uitstaan in die geskiedenis van dieChristelike Kerk. Deur middel van hierdie praktyke, het God se genade weer deur diemense gevloei, en ons harte en gedagtes vernuwe. Dit is hoekom, wanneer onsLydenstyd onderskat, ons so dikwels nie ten volle in die transformerende moontlikhedevan Jesus se dood en opstanding kan deel nie.

‘n Woord van verduideliking: Wanneer ons die plek van geestelike praktyke beklemtoon, isons nie besig om onsself te probeer red deur ons werke nie! Ons word deur genade en ...

Page 5: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

geloof alleen gered. Dit beteken egter nie dat ons kan terugsit en niks doen nie. Passiwiteitis dodelik in ons wandel met God. Ware geloof loop altyd oor in aksie. Deur geestelikepraktyke oefen ons ons geloof in Christus deur onsself voor God te plaas sodat Hy ons kanverander. In die woorde van John en Charles Wesley: Hierdie geestelike praktyke iseenvoudig “genademiddels” – praktiese maniere waarop God se genade in ons lewensvloei. Ons verdien niks van God deur dié gebruike nie!

Daar is nog 'n rede waarom ons Lydenstyd ernstig moet opneem. Dit berei ons voor omPaasfees, die herdenking van die dood en opstanding van Jesus, dieper te beleef. TeenPaasfees word ons dikwels onvoorbereid en onkant gevang as gevolg van ons gejaagdelewens. Wanneer ons egter doelbewus Lydenstyd binnegaan, gaan ons met meerverwagting en afwagting die gebeure van Goeie Vrydag en OpstandingSondag binne. Mygebed is dat hierdie boekie sal help om dit vir jou te laat gebeur. Mag God die woorde hieringebruik om die geleenthede gedurende die seisoen van Lydenstyd vir jou temaksimaliseer, tot die verdieping van jou verhouding met die Gekruisigde Jesus wat diekruis oorwin het.

Eerstens nooi ek jou uit om elke dag tyd in te ruim om alleen met God te wees. Besluit waaren watter tyd van die dag jou die beste sal pas, en hoeveel tyd jy ter syde wil stel. Wees sospesifiek as jy kan. My voorstel is dat jy enigiets tussen vyf en vyftien minute elke dag aandie Lydenstyd-reis bestee.

Tweedens is daar aan die begin van elke week 'n Daaglikse Gebedsversoek en 'nWeeklikse Skrifgedeelte. Ek nooi jou uit om elke dag jou tyd alleen met God te begin deurhierdie versoek te bid. Dan lees jy die weeklikse Skrifgedeelte soos voorgestel vir daardiedag. Moet asseblief nie begin sonder die gebedsversoek nie. Soos die bekende CharlesSpurgeon eenkeer geskryf het: Om te vra is die reël van die Koninkryk.

Derdens is daar elke dag iets om te lees ('n Gedagte vir die Dag) en iets te doen ('nDaaglikse Toepassing). Lees die gedagte vir die dag stadig deur – lees dit 'n paar keer. Ditsal jou uitnooi om iets te doen. Wees bewus daarvan dat hierdie toepassing nie van jou salverwag om allerhande aktiwiteite by jou dag te voeg nie. Sommige van hulle kangedurende jou vyf tot vyftien minute tyd met God gedoen word; ander sal geurende die dagmoet gebeur. Hierdie “Daaglikse Toepassing” is nou verwant aan die “Gedagte vir dieDag”.

Vierdens hoop ek dat jy nie alleen op die Lydenstyd-reis sal gaan nie. Die tydgawe vanLydenstyd is persoonlik, maar nie privaat nie. Probeer om getrou te aanbid deur dieSondagdienste van jou plaaslike gemeente by te woon, en veral tydens Heilige Week. Byhierdie kerkdienste is die Skrifgedeeltes dieselfde as die wat jy op jou eie sal bestudeer. Ekhoop dat hierdie reis nie net jou persoonlike wandel met Christus sal verdiep nie, maar jouook sal lei na 'n ryker gedeelde lewe met jou broers en susters wat saam met jou die pad asvolgelinge van Christus stap.

Ten slotte, en dit kan die grootste uitdaging van almal wees: Kry 'n klein groepie wat hierdieLydenstyd-reis met jou kan deel. Dalk kan jy eenkeer 'n week bymekaar kom vir 'n koppiekoffie, of na 'n diens, of in 'n huis, en saam jou ervaring van die “Daaglikse Toepassings” tedeel, of hoe God met jou praat deur die “Gedagte vir die Dag”. Die doel van bymekaar komop hierdie manier sou wees nie om mekaar te 'fix' nie, maar eerder om na mekaar te luisteren ondersteuning en aanmoediging te bied. Ek kan jou verseker dat as jy dit saam metander doen, jy nie 'n enkele dag van die lewegewende gawe van Lydenstyd sal mors nie.

Hoe om hierdie stiltetyd boekie te gebruik

Page 6: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

As-Woensdag

10 FEBRUARIE

Gedagte vir die Dag:

GELIEFDE STOF

In antieke tye het gelowiges 'n kruis van as op hulle voorkoppe ontvang.Dit het hulle herinner dat ons uit stof gemaak is en eendag tot stof salterugkeer. Dit is nuttig vir ons om dit te onthou, veral wanneer ons tebesig is met hoe ons lyk, wat ons besit en wat ander van ons dink. Onsgaan nie vir ewig op hierdie aarde wees nie. Deur dit te weet, soosiemand eenkeer gesê het, word ons gedagtes wonderlik gefokus. Togherinner die feit dat ons met 'n kruis gemerk is ons aan 'n ander selfsgroter werklikheid. In die woorde van Paulus is ons God se geliefde enniks, nie eens ons dood, kan ons skei van God se liefde vir ons in JesusChristus nie. Ons is geliefde stof.

Daaglikse Toepassing:

Gaan op 'n stadium buitentoe en tel 'n handvol grond op. Soos wat jy ditdoen, dink aan twee kragtige simbole: stof en die kruis. Dit is wie ons is.Ons is gevalle, broos, feilbare mense verlos deur God se liefde inChristus Jesus. Voor jy gaan slaap, lees die slotwoorde van Rom.8:31–38. Onthou hierdie woorde soos jy aan die slaap raak.

Page 7: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

11 FEBRUARIE

KIES LEWE

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Ons keuses het altyd gevolge. Toe my kinders nog klein was het ekdikwels vir hulle gesê: "Jy is vry om om te kies nes jy wil, maar jy is nievry om die gevolge te kies nie." Lydenstyd is die tyd om so eerlik as onskan na ons na ons keuses te kyk en oor die gevolge te besin. Die goeienuus is dat, wanneer ons sien dat sommige van ons keuses ons na 'ndoodloopstraat gelei het, ons onsself in 'n situasie bevind omverskillende keuses te maak. Maak nie saak waar ons vandag is nie,hoe donker dit is nie; ons kry die geleentheid om 'n vars keuse vir dielewe te maak. Onthou die uitnodiging van God: "Kies dan die lewe, datjy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na system te luister en Hom aan te hang . . . " (Deut. 30:19–20).

Maak twee lyste vandag: "Wat gee lewe?" En "Wat neem lewe weg?"Skryf alles neer wat in jou gedagtes opkom. Jy kan jou lyste bywerkoor die volgende rukkie. Maar vra vandag vir God spesifiek om jou telei om daardie keuses te maak wat jou meer na die lewe sal lei. DankGod ook hy dat altyd vir ons nuwe lewe in Jesus Christus gee.

Page 8: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

12 FEBRUARIE

ONTHOU DAT JY GELIEFD IS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Ek en jy is nie ongelukke nie. Ons is hier omdat God ons hier wil hê onsiets het om vir hom te doen. Lydenstyd is 'n tyd om dit te onthou, om onslewe weer as ''n kosbare geskenk te sien, en meer te besin oor wat onsunieke doel in die lewe is. Een van die mees aangehaalde verse in dieBybel bevestig die feit dat ons lewens regtig saakmaak: “God het diewêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat inHom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh3:16). Ons kry weer ons passie in die lewe wanneer ons hier die feit oorons onthou en oordink: Ons is God se vreugde en genot!

Dink vandag 'n paar keer, miskien net voor jy gaan slaap: jou ma isswanger met jou. Dink daaraan dat sy jou vir vir nege maande dra endan uiteindelik geboorte gee aan jou bestaan in hierdie wêreld. Indaardie oomblik ontstaan daar 'n nuwe werklikheid in hierdie wêreldwat nog nooit voorheen bestaan het nie: JY! Dieselfde God wie seliefde die ganse heelal tot stand laat kom het, die sterre en die sonen die aarde, het nou ook die wonderwerk van jou unieke lewe totstand gebring. Dank die Here vir jou lewe wat so baie saak maak virhom, en voel God se vreugde oor jou in jou hart.

Page 9: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

13 FEBRUARIE

OM WEER TE BEGIN

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Lydenstyd is 'n tyd om nuut te begin. Ons begin weer met God, metdiegene rondom ons en selfs met onsself. Daar is altyd 'n nuwe begin,nuwe avonture en nuwe bloeityd op ons geloofsreis. Wanneer ons dinkons lewe is volmaak, wanneer ons glo dat ons die kruin bereik het is, hetons eintlik verloor. Ons raak verveeld, en voor ons ons kom kry, raakons lewe een van dowwe gewoonte en middelmatigheid. En nog erger,ons verloor die vermoë om in ons daaglikse lewens deur God verras teword en om te hoor wat God vir ons sê. So, hier is 'n vraag van God:"Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merknie? “ (Jes. 43:19)

Sien hierdie vraag van God as een spesifiek vir jou. Hoe sal jy daaropreageer? Deel jou gedagtes en gevoelens oor hierdie vraag met God. Isjy bereid om te glo dat God iets nuuts in jou lewe wil doen? Indien wel,wat dink jy kan dit wees? Indien nie, hoekom is dit moeilik vir jou omhierdie goeie nuus te glo? Miskien kan jy vandag vir God vra: "Here, opdie Lydenstyd-reis saam met U, help my om ontvanklik te wees vir enigenuwe begin wat U in my lewe wil inisieer." Dit is 'n gevaarlike versoek,maar dit wek altyd die gevoel van avontuur in ons lewe met God.

Page 10: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

WEEK 1

Lydenstyd is om te luister

Daaglikse Gebedsversoek:

Skrifgedeelte vir die week:

(14 Februarie – 20 Februarie)

Here, leer my hoe om na U te luister.

Matteus 4:1–11

Page 11: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 12: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

14 FEBRUARIE

LYDENSTYD IS OM TE LUISTER

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Lydenstyd is om te luister. Dit is wat Jesus gedoen het toe hy in diewoestyn versoek is. Te midde van sy versoekinge het hy na sy Vadergeluister. Dit was hier, alleen in die woestyn, dat hy self ervaar het dítwat hy ander sou leer. Ons leef nie van brood alleen nie. Ons leef vanelke woord wat uit die mond van God kom (Matt. 4:4). Sy hele lewe enbediening het uitwaarts gevloei vanuit hierdie luister. Dit is wat ons gaanprobeer om te doen op hierdie Lydenstyd-reis. Leer om te luister na dieGod wat met ons praat.

Skep vir jouself by die huis jou "woestynplek" – 'n heilige plek waar jy tydalleen met God kan spandeer. Dit kan 'n stoel in die sitkamer wees, bydie kombuistafel nadat almal weg is werk toe, jou studeerkamer. Maak'n besluit om daarnatoe te gaan vir tussen vyf en vyftien minute per dagoor die hele Lydenstyd-tydperk. Vra jouself vandag: Waar by die huiskan ek alleen met God wees? Watter tyd van die dag sal my die bestepas? Hoeveel tyd sal ek elke dag opsy sit vir Lydenstyd? Deel jouverbintenis aan Lydenstyd met een ander persoon en vra daardiepersoon om vir jou te bid gedurende hierdie tyd.

Page 13: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

15 FEBRUARIE

IN AFSONDERING EN STILTE

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Woestynruimtes is plekke van afsondering en stilte. Sonder hierdietwee dinge is dit byna onmoontlik om in 'n luisterlewe met God te groei.Ons moet onsself daaraan herinner dat hierdie soort van onttrekkingnie ontvlugting of weghardloop van die lewe is nie. Inteendeel, dit leions tot groter en meer doeltreffende betrokkenheid by die lewe. Onsbegin ook om te leef met 'n veel dieper bewussyn van God met ons deurdie dag. Dit is een rede waarom Jesus gereeld na die woestyn onttrekhet. Kan jy sien hoekom dit so belangrik is om afsondering en stilte inons eie klein "woestynplek" te hê?

Onttrek na jou "woestynplek" op die tyd wat jy beplan het. Nadat jy jougebedsversoek gebid het, soos hierbo voorgestel, lees die verhaal vanJesus se woestynversoekinge 'n paar keer (Matt. 4:1–11). Vra jouselfdan twee vrae: Wat wil God vir my sê deur hierdie storie? Hoe kan ekdaarop reageer? Deel jou gedagtes en gevoelens oor hierdie vrae metGod in gebed.

Page 14: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

16 FEBRUARIE

DIE SENTRALITEIT VAN DIE SKRIF

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Die beste manier om na God te luister, is deur die Skrif. Het jy opgelethoe die Vader met Jesus gepraat het in die woestyn? Die Vader het metJesus gepraat deur woorde uit die Ou Testament. God se lewendeWoord kom deesdae so dikwels na ons toe in die woorde van die Bybel.Omdat God se Woord lewend en aktief is, sal dit ons opsoek, ons troosen uitdaag, ons herstel en bestraf, maar altyd in groot liefde. Dieafsondering en stilte van ons "woestynplek" help ons om God in meerdiepte en betekenis te hoor praat deur die Skrif.

Ná die bid van jou daaglikse gebedsversoek, lees weer die verhaal vanJesus se versoeking in die woestyn (Matt. 4:1–11). Vra jouself af:Watter woord of frase of sin in hierdie storie tref my die meeste?Bepeins die woorde wat die meeste vir jou uitstaan, oordink hullebiddend in jou gedagtes en oorweeg wat God vir jou daardeur wil sê.Praat met God oor hierdie dinge soos 'n vriend met 'n vriend praat.

Page 15: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

17 FEBRUARIE

OM GEHOORSAAM TE LUISTER

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Ons luister na God sodat ons meer getrou in ons wandel met homgedurende die dag kan wees. Dié luister na God moet ons ingehoorsaamheid inlei. Dit is wat vir Jesus gebeur het in sywoestynervaring en wat ook vir ons moet gebeur in ons "woestynplek".Wanneer ons God gehoor het, het ons meer om vir ander te gee,dikwels op baie praktiese maniere, in ons huise en by die werk of in diebreër gemeenskap. Hoe meer ons ontvang in luistergebed, hoe meerhet ons om te gee in ons aktiewe lewens. Ons vat 'n tree terug om naGod te luister, sodat ons 'n tree verder kan vorder in onsgehoorsaamheid aan God in die wêreld.

Volg dieselfde ritme as gister. Ná jou daaglikse gebedsversoek,mediteer weer oor die verhaal van Jesus se versoeking (Matt 4:1–11).Maar sien hierdie keer die toneel in jou verbeelding met behulp van aljou sintuie, en verbeel jou jy praat met Jesus oor sy ervaring. Is daar 'nspesifieke beeld uit die storie wat jou aandag hou? Wat dink jy wil dieHere vir jou sê? Wat sou jy graag vir hom wil sê?

Page 16: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

18 FEBRUARIE

KOMPULSIEWE BESIGWEES

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Bid jou daaglikse gebedsversoek. In die stilte van jou "woestynplek",kyk na jou gewone manier van doen deur die dag. Wat is diebelangrikste goed wat dit vir jou moeilik maak om jou daaglikseafspraak met God te hou? Praat met God oor hierdie dinge en luister nawat God vir jou wil sê. Is daar enige manier waarop jy jou lewe anderskan reël om onnodige besigwees te bekamp?

Een van die grootste struikelblokke wat ons keer om na God te luister isons konstante besigwees. Ons vul ons dae met soveel om te doen,mense om te sien, take om te voltooi, spertye te maak en afsprake omna te kom. Selfs al veroorsaak hierdie besigwees vir ons stres, vind onsdit moeilik om nié te besig wees nie. Te midde van ons besige lewens,nooi Jesus ons om hom te volg die woestyn in. As ons hierdieuitnodiging nie ernstig opneem nie, loop ons die risiko om dít wat Goddalk vir ons wil sê, mis te loop. Dit is hoekom dit krities is om tyd enruimte in ons besige daaglikse program te maak vir ontmoeting metGod in ons "woestynplek". Ons "woestynplek" is ons protes teen diehindernis van ons kompulsiewe besigwees.

Page 17: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

19 FEBRUARIE

OM ONS VERSOEKINGE TE HANTEER

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Bid jou daaglikse gebedsversoek. Dink vandag oor die maniere waaropjy versoek word om ontrou in jou vriendskap met God te wees. Deelhierdie versoekings met Christus en luister na wat hy vir jou wil sê. Dankhom vir sy begrip van met versoekinge, asook vir sy beskikbaarheid omjou dit te help oorkom.

Wanneer ons onttrek om na God te luister kan ons ook soms sukkel metdonker gedagtes en begeertes wat nie van God af kom nie. Dit het sogebeur vir Jesus, toe hy in die woestyn deur die bose versoek is. Onskan seker wees dat ons ook hierdie stryd sal hê. Ons moet leer om teonderskei wat God vir ons wil sê, en waarmee die bose ons dalk magversoek. Soos ons dit doen, kry ons moed en krag, wetende datChristus ook versoek is en hy presies weet waardeur ons gaan. Onskan te midde van ons stryd na hom roep en genade vind om ons in onstyd van nood te help. Jesus Christus bemagtig ons om versoekinge teoorwin net soos hy dit gedoen het.

Page 18: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

20 FEBRUARIE

OM NA ANDER TE LUISTER

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Bid jou daaglikse gebedsversoek. Leer Jak. 1:19 uit jou kop uit – "Myliewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar tegewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaadword nie." Dink vandag aan een persoon na wie jy aandagtig wil luister.Vra die Here om jou veral vandag te help om op 'n waregeïnteresseerde en omgeemanier na hierdie persoon te luister.

'n Laaste keer: Lydenstyd is om te luister. Miskien is een van die bestemaniere waarop ons leer om na God te luister deur te leer om na diemense om ons te luister. Per slot van rekening, hoe kan ons luister naiemand wat ons nie kan sien nie as ons nie luister na mense van vleesen bloed wat ons elke dag sien nie? Dit kan een van die redes weeswaarom Jakobus ons aanraai om gewillig te wees om te luister, en nie tegou te praat nie (Jak 1:19). As ons nie na die persoon wat reg voor onspraat luister nie, dit sal seker nie lank wees voordat ons is doof raak virGod, wat ons nie kan sien nie. Die avontuur om te leer om na God te teluister sal altyd behels dat ons beter luisteraars word in ons alledaagseontmoetings met mense.

Page 19: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 20: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

WEEK 2

Lydenstyd is om te hunker

Daaglikse gebedsversoek:

Skrifgedeelte vir die week:

(21 Februarie tot 27 Februarie)

Here, maak weer 'n hunkering na U in my wakker

Johannes 1:35–39

Page 21: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 22: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

21 FEBRUARIE

OM TE LUISTER NA ONS HUNKERINGE

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Lydenstyd nooi ons uit om aandag te gee aan die dinge waarna onshunker (begeer). Jesus vra vir ons, net soos vir sy dissipels, “Wat wil jyhê?” Hierdie vraag vereis van jou om vir 'n oomblik te stop, na te dinkoor die hunkerings van jou hart en die Here daarvan te vertel. In diedolle gejaag van ons lewens doen ons dit egter selde en die gevolge istragies. Ons ontneem onsself van 'n lewe van verwondering, diepte enpassie. Ons loop die geleentheid mis om 'n diep verhouding met God enmet ander te hê. Verstaan jy nou waarom dié vraag van Jesus sobelangrik is?

Begin jou dag met die week se gebedsversoek. Ruim tyd in omrustig die verhaal in Joh. 1:35–39 te lees. Verbeel jou Jesus vra virjou dieselfde vraag wat hy aan die dissipels gevra het. Luister na diehunkerings in jou hart, vind woorde daarvoor en deel dit met dieHere. Miskien wil jy vir 'n paar oomblikke stil raak om bewus te wordhoe die Here op jou vraag reageer.

Page 23: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

22 FEBRUARIE

ONS DIEPSTE HUNKERING

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Sonder om doekies om te draai: Jou diepste hunkering (begeerte) is naGod. Tussen al die ander begeertes van ons hart, bestaan daar 'nvoortdurende en intense verlange om die Here te ken. Dié verlangemoet ons dus nie onkant vang nie. Ons is deur liefde, in liefde geskepom lief te hê. Ons is op 'n Goddelike wyse gemaak om 'n Goddelikekonneksie te hê. God het ons vir homself geskep. Augustinus het gesê:Ons sal altyd rusteloos wees totdat ons rus in God gevind het. LeesPsalm 63:1–2 om iets te beleef van die mens se rustelose, hunkerendehart. Dit is dié diep verlange wat ons vrypas huis toe sal wees.

Bid jou daaglikse gebedsversoek. Sit jou hand op jou hart, voel hoe jouhart klop en bid dan: “Here, maak weer 'n hunkering na U in my wakker.”Bid hierdie woorde 'n paar keer 'n dag in jou stiltetye en laat tussendeurstilte toe. In hierdie stil tye kan jy doodeenvoudig rus in jou hunkering naGod.Asem die liefde van God wat rondom ons is, in.

Page 24: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

23 FEBRUARIE

LEË PLAASVERVANGERS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Ons probeer soms om ons hunkering na God met plaasvervangers stilmaak. Dit kan byvoorbeeld kos, koop, seks, sukses, geestelikeaktiwiteite ens. wees. Daar is natuurlik niks daarmee verkeerd ombogenoemde in ons lewe te hê nie solank dit 'n gepaste rol vervul. Dit iswanneer bogenoemde begeertes te belangrik raak dat ons op 'n baieleë plek opeindig. Hierdie begeertes kan nie die ewigheidsverlange watGod in ons hart geplaas het, vervang nie. Tydens Lydenstyd kan onsbestekopname doen oor dié dinge wat God se plek in ons lewe inneem.

Bid jou daaglikse gebedsversoek. In jou stiltetyd vandag, vra vir Godom vir jou te wys hoe jy jou hunkering na hom vervang met anderminder belangrike plaasvervangers. Praat met God oor wat in jougedagtes opgekom het. Luister na wat God vir jou wil sê.

Page 25: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

24 FEBRUARIE

OM ONS HUNKERING NA GOD LEWENDIG TE HOU

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Ons kan in 'n mate sê dat die mens as “'n hunkering na God” gedefinieerkan word. Lydenstyd is 'n belangrike tyd om aandag aan dié hunkeringte gee en dit lewendig in ons harte te hou. Want as dít doodgaan, en ditkan, gaan ons ook dood. Ons sal nooit werklik tuiskom nie en ditwaarvoor ons geskep is, misloop. Dit sal 'n opperste tragedie wees watons pad tydens ons aardse lewe sal kruis. Verstaan jy hoekom onsdoelbewus maniere moet vind om die hunkering na God lewendig tehou?

Bid die daaglikse gebedsversoek. Terwyl jy vandag by God se voete sit,vra jouself af: “Wat is daardie aktiwiteite en ondervindings wat myhunkering na God lewendig hou? Hoe kan ek dié dinge doelbewus deelvan my lewe maak?” Soos wat jy hierdie vrae oordink, moenie vergeetom jou gedagtes met die Here te deel nie en luister ook na dit wat Godvir jou wil sê.

Page 26: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

25 FEBRUARIE

AKTIEWE HUNKERING

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

In ons Skrifgedeelte vir die week, het Jesus vir die dissipels nadat hullevir hom vertel het wat hulle wil hê, gesê: “Kom kyk.” Let op wanneer diedissipels uitdrukking aan hul verlange gee, Jesus hulle uitnooi om ditwat hulle vra, op te volg met 'n doelbewuste aksie. Hulle moet iets doen.Hierin is vir ons 'n les wanneer ons God vra om ons hunkering na homweer aan te wakker. Om net te vra is nie genoeg nie. Min dinge kan onsvordering op ons reis met God meer hinder as passiwiteit. Ons moetook “kom kyk” deur watter nodige aksie ook al, om ons hunkering naGod op te volg.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Lees weer die Skrifgedeelte vir dieweek (Joh 1:35–39). Laat die Skrifgedeelte toe om jou te help om metGod in gesprek te tree oor jou diepste hunkerings. Dink veral vandagoor een ding wat jy vandag kan doen om te wys dat jy erns maak met jouverlange. Praat met die Here daaroor en doen dit so gou as wat jy kan.

Page 27: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

26 FEBRUARIE

GOD SE HUNKERING

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Wanneer ons werklik na God hunker, sal ons ook hunker na dit wat Godwil hê. God hunker na genesing in ons gemeenskappe, in onsverhoudings en in ons lewens. Die groot vraag bly egter: Hoe gee onswaar ons ook al is, sigbaarheid aan dit wat God wil hê? Wanneer onsuitreik na 'n vreemdeling, iemand ondersteun wat treur, luister nadiegene wat verwerp is, of versoening bring waar daar pynlike konfliken verdeling is, wys ons God se verlange na 'n gesonde wêreld, of onsoor God praat of nie. Ons word sigbare bewyse van God se hunkeringom ons hele heelal te genees.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Bid dit stadig, peinsend en metverwagting. In die stilte vra vir God om vir jou iemand of 'n situasie tewys waar genesing nodig is. Wanneer jy hieroor duidelikheid gekry het,vra vir God om vir jou 'n kreatiewe manier te wys hoe jy 'n sigbare bewyskan wees van God se helende liefde in die volgende 24 uur. Verbindjouself daartoe en vra God se hulp en leiding om hierdie voorneme totuitvoer te bring.

Page 28: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

27 FEBRUARIE

DIE EGGO BINNE ONS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Moontlik die belangrikste eienskap van ons hunkering na God is dat dit'n innerlike eggo is van God se hunkering na ons. Daar is 'n passievollehunkering in God se hart na elkeen van ons wat deur niks weggeneemkan word nie. Ons uitreik na God, hoop om Hom beter te leer ken en onsbegeerte om by God te wees, is daar omdat God daarna verlang om 'nintieme vriendskap met ons te hê. Wanneer ons onsself op 'n plekbevind waar ons weer van vooraf met God 'n pad wil stap, moet onsbesef dat die Gees van God in ons lewe aan die werk was, besig om onsterug te lei na 'n plek van intimiteit met God.

Bid die daaglikse gebedsversoek. In jou stiltetyd, dink na oor God sehunkering na jou. Dink oor die woorde in die Bybel: “So het Hy, nogvoordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig enonberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sygenadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur JesusChristus sy kinders te wees. (Ef 1:4–5). Kan jy God se verlange na jouaanvoel? Deel jou reaksie hierop met God soos wat die woorde jou harten gedagtes aanraak.

Page 29: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 30: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

WEEK 3

Lydenstyd is om terug te draai

Daaglikse gebedsversoek:

Skriflesing vir die week:

(28 Februarie tot 5 Maart)

Here, help my om na U te draai.

Markus 1:14–15

Page 31: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 32: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

28 FEBRUARIE

BEROU

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Bid die daaglikse gebedsversoek. Wanneer jy die Here vra om jou tehelp om jou hele lewe terug te draai na God toe, watter gedagtes engevoelens hieroor tree na die voorgrond. Wil jy op 'n dieper vlak na Goddraai? Wees eerlik met God oor jou gedagtes en gevoelens. Luister nawat God vir jou wil sê.

Lydenstyd verteenwoordig 'n terugdraai na God toe. Die Bybelse woordvir terugdraai, is “bekering”. Dit was die sentrale boodskap van die OuTestamentiese profete waar hulle herhaaldelik gevra het dat Israelterugdraai na God toe. Jesus het ook in sy eerste preek menseuitgenooi om hulle te bekeer. Sy gelykenisse was vol van uitnodigingsom tot inkeer te kom. Ongelukkig is ons terugdraai na God somsoppervlakkig. Ware bekering behels ernstige veranderings in onslewens. Hopelik sal ons tydens Lydenstyd ten volle terugdraai na Godtoe. Ons kan seker wees dat wanneer ons dit doen, ons die lewe watGod graag vir ons wil hê, sal ervaar soos nog nooit tevore nie.

Page 33: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

29 FEBRUARIE

DIE DEUR NA BEROU

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Die eerste uitnodiging wat Jesus maak wanneer hy sy bediening beginis: Bekeer julle. Van daardie oomblik af is dit sy konstante boodskap.Amper altyd, en in so te sê alle situasies, is sy raad aan sy volgelingeom tot inkeer te kom. Vir Jesus was bekering die deur na 'n lewe saammet God. Dit is die enigste manier om die reis te begin. Wat behelsbekering en berou? Op die mees elementêre vlak beteken dit om soeerlik soos wat ons kan na God toe te draai, met die voorneme om teleer hoe om hom in ons daaglikse lewe na te volg. Ons sal môre meeroor die betekenis van die woord dink.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Lees stadig deur die Skrifgedeelte virdie week (Markus 1:14–15). Let op die inhoud van Jesus sekernboodskap.Alles gaan oor die Koninkryk van God se toeganklikheidvir gewone mense soos ek en jy. Sy Evangelie nooi elkeen om nou al insy Koninkryk te begin lewe, waar ons ook al is. Neem kennis dat beroudie deur na hierdie nuwe lewe is. Besluit vandag dat jy elke keer as jydeur 'n deur loop, bewus sal wees van die terugdraai na God toe.

Page 34: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

1 MAART

LAAT GOD TOE OM GOD TE WEES

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Kom ons dink bietjie meer oor bekering. “Berou” is die vertaling van dieGriekse woord . Dit beteken om weer te dink oor ons lewe, dievolkome ommekeer van ons denke en ons uitkyk op die lewe, en 'nnuwe gewilligheid om God die middelpunt van ons lewe te maak. Onswil nie langer “God speel” in ons eie lewe of in die lewens van anderrondom ons nie. In plaas daarvan draai ons weg van die idee dat ons inbeheer van ons eie lewe is. Ons bely ons arrogansie deurdat ons dinkons is bevoeg en slim genoeg om self ons lewe te bestuur. Ons wileerder hê dat God die Here van ons hele lewe sal wees – in ons harte, inons verhoudings en in alles wat ons doen. In 'n neutedop: Bekering laatGod toe om God te wees.

metanoia

Bid die daaglikse gebedsversoek. Praat met God oor die betekenis vannekering soos hierbo beskryf. Wat vind jy help jou? Wat sou jy wil bysit?Wat beteken dit vir jou lewe nou? Nadat jy oor die woord gepeins het,beëindig die tyd deur jou vuiste oop te maak en vir die Here te sê: “ Hieris my hande, oop in berou en vertroue. Ek wil hê dat U God van my helelewe is.”

Page 35: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

2 MAART

DIE WEG NA BEROU

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Ons moet verstaan dat die terugdraai na God nie net 'n eenmaligegebeurtenis is nie. Ons bekering is 'n voortdurende proses. Daarommoet dit deel maak van ons daaglikse lewe – 'n lewenslange proses vandraai na God, dag vir dag. Soos wat ons dit doen, natuurlik met behulpvan God se genade, sal ons vind dat ons denke en ons hart mettertydvernuwe word. Ons begin meer en meer te dink soos Christus, en lief tehê met die hart van Christus. Daarom moet berou nie net gesien wordas die deur na ons lewe met God nie, maar ook as die weg waarlangsons daagliks in die Koninkryk van God stap.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Maak die volgende vraag die hartvan jou tyd vandag saam met God in jou “woestynplek”: Hoe moet ekmy vandag terugdraai na God toe? Een manier om op 'n praktiese wyseoor die vraag na te dink, is om vas te stel wanneer jy jou eie kop volgeerder as God se manier. Laat jou gedagtes hieroor jou lei tot belydenisen berou teenoor God. Weet egter dat God jou baie liefhet – niks kanooit hierdie feit verander nie.

Page 36: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

3 MAART

VREUGDEVOLLE BEROU

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Die woord “berou” is gewoonlik nie baie gewild nie. Dink byvoorbeeldaan die on-Bybelse frase “draai of braai” (turn or burn) wat soms deurChristene gebruik word Dit is beslis nie wat Jesus gesê het nie. Syboodskap oor berou het altyd vreugde ingehou – “Bekeer julle, want diekoninkryk van die hemel het naby gekom” (Matt. 4:17). Om terug tedraai na God toe gee ons die geleentheid om nuwe vreugde te beleef inons lewe, en dit verskaf God ook vreugde. Onthou die blydskap van diepa oor die terugkeer van die verlore seun in een van die gelykenisse watJesus eenkeer vertel het. Die Here hou daarvan om dié wat na hom toedraai te verlos en hul lewe te herstel. Het jy al die blydskap van berouervaar?

Bid die daaglikse gebedsversoek. Verbeel jou jy is die verloreseun/dogter wat huis toe kom. Sien hoe die pa na jou toe hardloop enjou omhels, vir jou nuwe klere en skoene gee, en dan 'n partytjie hou omjou tuiskoms te vier. Hoe voel dit? Dit is God se reaksie as ons na Homtoe draai, huis toe kom en ons harte oopmaak om sy gawes vangenade, vergifnis en versoening te ontvang.

Page 37: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

4 MAART

BELYDENIS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Belydenis loop hand aan hand met berou. Wanneer ons bely, vertel onsvir God en ander vertrouelinge, van ons mislukkings en swakhede. Ditis 'n aktiwiteit wat ons ervaring van God se genade en barmhartigheidverdiep, asook die gevoel dat ons geliefd is en deur dié wat saam metons die pad van berou stap, aanvaar word. Tydens belydenis wys onsvir ons vriende in Christus wie ons werklik is. Ons lê die las neer om voorte gee en weg te kruip, wat soveel van ons energie gebruik. Geenwonder nie dat die vroeëre Christene aangeraai is: “Bely mekaar jullemisdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurigegebed van 'n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16). Belydenis kan eenvan die mees helende dinge wees wat ons kan doen.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Lees Psalm 139:23–24 stadig deur.Vra dan vir die Here om jou te wys waar daar 'n gaping tussen skyn enrealiteit is in jou verhouding met God. Eenvoudiger gestel: Waar gee jysoms voor om iets te wees wat jy nie is nie? Neem jou tyd en bely dit watdie Here vir jou wys. Miskien kan jy vandag dink aan 'n vriend inChristus by wie jy kan bely oor tye wanneer jy voorgee.

Page 38: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

5 MAART

STUUR JOU LEWE IN ’N ANDER RIGTING

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Opsommend: Berou gaan daaroor om weer te dink oor die rigting watons lewe inslaan. Dit is egter nie 'n geleentheid om sleg oor onsself tevoel nie, in sak en as te sit oor al ons sondes, of te dink ons is niks werdnie. Dit is eerder 'n kans om ons lewe te herevalueer met die wete datdaar vir ons 'n ander soort lewe in Christus is – 'n lewe in die getroueteenwoordigheid van God. Lydenstyd is 'n tyd om te besluit waarheenons op pad is. As ons in 'n dieper verhouding met God wil wees, moetons bereid wees om ons sondes raak te sien en na God toe te draai.Berou is die weg terug na die Vader toe. Dit is beide die deur en die wegen daar is geen ander manier nie.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Skryf tydens jou stiltetyd 'n kort briefvir die Here. Vertel vir God – so oop en eerlik as wat jy kan – jouvoornemens in jou verhouding met Hom. In watter rigting wil jy jou lewestuur? Wil jy nader of weg van God af beweeg? Watter sonde hou jouterug en staan in die pad van 'n lewe van oorgawe aan God? Dink aanhierdie vrae terwyl jy jou brief skryf. Wanneer jy klaar is, dink aan 'vriendwat jy vertrou en met wie jy dit wat jy geskryf het kan deel.

Page 39: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 40: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

WEEK 4

Lydenstyd is 'n geleentheid om te vas

Daaglikse gebedsversoek:

Skrifgedeelte vir die week:

(6 Maart tot 12 Maart)

Here, verdiep my fokus op U.

Matteus 6:16–18

Page 41: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 42: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

6 MAART

GEFOKUS OP CHRISTUS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

As volgelinge van Jesus soek ons voortdurend daarna om meer opChristus te fokus. Een manier hoe ons dit kan regkry, is om te vas. Omte vas is om doelbewus te beplan om nie te eet nie. Ons kan dit opverskeie grade van intensiteit en maniere doen – om 'n maaltyd op 'nspesifieke dag mis te loop, om 'n dag of twee nie te eet nie, of om ons vir'n langer tydperk van kos te ontneem. Wanneer ons egter besluit om tevas, moet ons die doel van hierdie belangrike geestelike praktykverstaan. Om te vas is nooit 'n doel op sigself nie. Dit is eerder 'n middelvan genade na 'n einde toe. Ons vas om ons hart en gedagtes op God inJesus Christus te fokus sodat ons in getroue gehoorsaamheid kanlewe.

Bid die nuwe gebedsversoek vir die week. Lees die Skrifgedeelte vir dieweek – Matt. 6:16–18. Daar is verskeie hoofpunte om te oordink en onssal sommiges gedurende die week ondersoek. Wat tref jou die meestein hierdie Skrifgedeelte? Gesels met die Here daaroor en ruim ook tydin om te luister na wat die Here vir jou wil sê. Deel met hom jou gedagtesen gevoelens oor die praktyk van vas.

Page 43: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

7 MAART

VAS VOOR GOD ALLEEN

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

In ons Skrifgedeelte het Jesus ons aangemoedig om nie die aandagvan ander op onsself te fokus wanneer ons vas nie. Moenie morbied enhartseer lyk wanneer jy vas sodat andere dit raaksien nie. God sê:“Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig” (Matt. 6:17). Metander woorde: Bad/stort en versorg jouself. Borsel jou tande, sitlekkeruikgoed aan en trek mooi klere aan sodat niemand anders weetdat jy vas nie. Waarom die raad? Jesus wil nie hê ons moet vas om virander te wys hoe gelowig, toegewyd of “goed” ons is nie. Hy wil hê onsmoet vas sodat ons fokus op God gerig is, en om ons persoonlikebelewenis van God se bronne te versterk. Werklike vas is altyd tussenons en God.

Bid die gebedsversoek vir die week. Lees weer die Skrifgedeelte vir dieweek en let veral op Jesus se raad as dit by vas kom. Kan jy aan anderredes dink hoekom Jesus nie wil hê dat ons doelbewus aandag moettrek wanneer ons vas nie? Spits jou daarop toe om vandag niks tussenmaaltye te eet nie. Wanneer jy daaraan dink om 'n versnapering teneem, fokus jou aandag doelbewus op God en vra Hom om getrou tebly in hierdie kleiner vas. Moenie met iemand anders hieroor praat nie.

Page 44: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

8 MAART

’N FEESMAAL

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Wanneer Jesus ons bemoedig om opgewek eerder as neerslagtig tewees as ons vas, vra Hy ons egter nie om voor te gee nie. Hy weet uiteie ondervinding dat wanneer ons vas met ons gedagtes op Godgefokus, sal ons nie hartseer kan wees nie. Ons sal die belewenis vanGod se teenwoordigheid en bronne hê wat ons geloof sal versterk. Onssal eerstehands leer hoe God ons siel en liggaam krag kan gee metgeestelike voedsel waarvan die wêreld nie weet nie (lees Joh. 4:32, 34).Belewenisse soos dié sal ons beslis nie miserabel maak nie! Dit sal onslaat glimlag. Dit is waarom Dallas Willard geskryf het: “Fasting unto ourLord is therefore feasting – feasting on him and on doing his will.”

Bid die daaglikse gebedsversoek. Dink vir 'n oomblik oor die frase: “Vasis 'n feesmaal.” Terwyl jy dit doen, deel jou gedagtes en gevoelens metdie Here. Luister ook na dit wat hy vir jou wil sê. Beplan om in dievolgende 24 uur een maaltyd oor te slaan. Probeer om nie ander teverontrief met jou versoek nie want dit sal net aandag vestig op wat jydoen! Gebruik die tyd om Bybel te lees, te bid vir ander, en bewus tewees van jou begeertes wanneer jy nie eet nie.

Page 45: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

9 MAART

OM KOS ONOORDEELKUNDIG TE GEBRUIK

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Kos is een van God se spesiaalste gawes aan ons. Jesus wasbesonder lief vir maaltye. Ons lees gereeld dat Hy saam met sy vriendeaansit rondom 'n tafel met iets te ete en te drinke. Maar soos met al Godse gawes is dit ook moontlik om kos onoordeelkundig te gebruik. Ditgebeur so maklik: partymaal word kos die hoofbron van ons plesier envrede, ons troos wanneer ons in pyn is, of 'n strategie om ander se gunste wen. Deur te vas, word hierdie vergrype ontbloot – gewoonlik deurdie gedagtes en gevoelens wat ons teister om die vas te breek. Daaromis dit belangrik om bedag te bly op wat binne ons gebeur wanneer onsmet die Here vas.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Besin vandag oor die plek van kos eneet in jou lewe. Wat is jou gunsteling maal? Saam met wie eet jy graag?Misbruik jy ooit kos? Op watter manier kan kos 'n god in jou lewe word?En hoe was dit om gister 'n maaltyd oor te slaan? Gebruik hierdiegedagtes as die uitgangspunt vir jou danksegging en belydenis. DankGod doelbewus vir jou voedsel by ten minste een maaltyd vandag enlaat die ete dien as teken van God se goedheid en voorsiening.

Page 46: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

10 MAART

’N MEDIA-VAS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Baie van ons verwronge begeertes word deur beelde op dieverskillende sosiale media geskep. Die beelde bestook ons met ideesoor goed wat ons moet koop, hoe ons veronderstel is om te lyk, die klerewat ons moet dra, waar ons moet eet, plekke wat ons moet besoek,speletjies wat ons moet speel... die lys gaan aan. Ons konstantemediablootstelling skep nie alleenlik ongesonde aptyte nie; hulle beroofons ook van tyd wat ons kon spandeer aan baie meer kreatiewe enlewegewende aktiwiteite. 'n Media-vas kan dalk 'n prettige eksperimentwees. Nie alleen kan God die geleentheid gebruik om ons Christus-fokus in te skerp nie, maar dit mag ook ons lewe oopstel vir 'n grotervryheid en tevredenheid.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Beplan 'n media-vas vir vanaand ofmôreaand. Boikot alle internet, televisie, koerante, radiostasies,videospeletjies, iPhones, iPads en dies meer. Dink oor wat jy gaandoen in hierdie tyd van vas – dalk om met die kinders te speel, koffie tedrink met 'n vriend, 'n ent te gaan stap of dalk net op jou eie stil te wees.Hierdeur gaan jy sê: “Ek weier om onder die heerskappy van die mediate leef. Ek kies om eerder vry en lig saam met Christus te lewe.”

Page 47: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

11 MAART

SOSIAAL-BEWUSTE VAS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Vas, indien dit opreg is, sal ons ook lei tot 'n groter bewuswording vandie lyding om ons. Ons sal meer neig om op die behoefte in ons midde,in besonder dié wat deur honger en armoede verdruk word, te reageer.Hierdie is dalk een van die redes waarom Jesaja uitgeroep het: “Is dítnie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande vangoddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laatweggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy joubrood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in diehuis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jouvir jou eie vlees nie verberg nie?” (Jesaja 58:6–7)

Bid die daaglikse gebedsversoek. Bepeins vandag Jesaja se woorde.Hoe voel jy eerlik daaroor? Wat voel jy wil God daardeur vir jou sê? Isdaar een manier waarop jy vandag erns kan maak met God seuitdaging oor sosiaal-bewuste vas? In jou denke hieroor, wees sospesifiek, kreatief en prakties as wat jy kan.

Page 48: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

12 MAART

WANNEER JY OOK AL VAS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Bid die daaglikse gebedsversoek. Reflekteer vandag oor die afgelopeweek. Hoe het die Here op jou gebedsversoek reageer? Dink hiernaaan die toekoms. Hoe kan vas 'n volhoubare gebruik op jou reis saammet die Here word? Dalk kan jy begin met 'n babatreetjie soos om eenmaaltyd per week oor te slaan, of 'n groter een soos om 'n hele dag perweek as 'n vas-dag te beskou.

Jesus het duidelik van sy volgelinge verwag om te vas. Hy het nie gesê:“As julle sou vas...” nie maar: “En wanneer julle vas...” (Matt. 6:16). Hyhet geweet dat daar onskatbare geestelike baat te vind is in die gebruikom gereeld te vas. Soos ons deur die week beklemtoon het, help ditontsaglik baie om ons Christus-fokus te verskerp wat dan baie maal naeerstehandse ervarings van God se ongelooflike bronne lei. Ons wordbemagtig om dinge vir die Here te doen wat ons andersins nie sou konnie. Daarom is dit ongewoon om in die geskiedenis volgelinge vanChristus te vind wat groot dinge vir God gedoen het, wat nie 'nvolgehoue gewooonte van vas beoefen het nie.

Page 49: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 50: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

WEEK 5

Lydenstyd is 'n geleentheid om te deel

Daaglikse gebedsversoek:

Skrifgedeelte vir die week:

(13 Maart tot 20 Maart)

Vader, help my om meer vrygewig te wees.

Matteus 6:1–4

Page 51: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 52: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

13 MAART

VIR ONS VADER SE O ALLEENË

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

In die eerste vers van hierdie week se teks, moedig Jesus ons aan omso gretig te wees om die Here lief te hê en om Hom tevrede te stel, datons alles net vir sy oë alleen doen. Daar is weliswaar soms ander oë watdophou wat ons doen, ten tye onder 'n vergrootglas, maar ons hoort onsnie ten doel te stel om daardie gehoor te beïndruk met goeie dade nie.Daar is niks verkeerd daarmee as diegene rondom ons sien wat onsdoen nie. Jesus sê nie dat ons ons dade geheim moet hou nie hoewelons dit in sekere omstandighede mag doen. Die punt wat Jesus wilbenadruk is die motief in ons harte hoekom ons doen wat ons doen. Assy volgelinge, wil hy hê dat ons vir ons Vader se oë alleen moet leef.

Begin met die nuwe daaglikse gebedsversoek. Lees die Skrifgedeeltevir die week (Matt. 6:1–4) aandagtig deur. Mediteer vandag oor dieeerste sin: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakomom deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning vanjulle Vader wat in die hemel is nie.” Spandeer 'n tydjie om met die Herete besin oor jou motiewe vir die doen van goeie dade. Wees so eerlik aswat jy kan wanneer jy jou redes met hom deel en luister na wat hy vir jousê.

Page 53: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

14 MAART

OM AALMOESE TE GEE

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Wanneer Jesus in ons weeklikse Skrifgedeelte praat oor die gee vanaalmoese, klink die woord vreemd en uit die oude doos. In wesebeteken dit om te gee vir die armes. Die uitdaging lê daarin om vas testel hoe om dit te doen. Dikwels kan die gee aan ander die ontvangervan sy waardigheid ontneem en die afstand tussen ons en hullevergroot, en gevolglik bydra tot onbillike stelsels wat in die eerste pleknie daar hoort te wees nie. Daarteenoor, as ons nie dit wat ons het deelmet diegene in praktiese nood nie, sal hul lot waarskynlik net meerdesperaat raak. Ons het dus groot wysheid en insig nodig as ons Jesusse woorde oor ruimhartige mededeelsaamheid ernstig wil opneem.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Bestudeer weer die week seSkrifgedeelte, en gee besondere aandag aan Jesus se woorde oor diegee van aalmoese. Dink terug aan jou ervaringe toe jy vrygewig metdiegene in nood gedeel het. Hier is 'n paar vrae waaroor jy kan besin:Hoe vrygewig dink jy is jy? Sou jy wou groei in jou mededeelsaamheid?Het jou deel met ander bygedra tot 'n gesonde en wederkerigeverhouding tussen julle of het dit die verhouding belemmer? Deelhierdie gedagtes met die Here en luister na wat Hy vir jou wil sê.

Page 54: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

15 MAART

VERBORGE VRYGEWIGHEID

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

In ons Skrifgedeelte (vers 3) maan Jesus: “Maar jy, as jy liefdadigheidbewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.” Dit isduidelik dat Jesus wil hê dat ons aan ander moet gee sonder om dit met'n trompetgeskal aan te kondig. Hy wil eerder hê dat ons mense moetword uit wie se harte goeie dade van nature vloei, en ons dit nie eersonthou nie, dat ons goeie dade doen bloot omdat ons ruimhartig is enomdat ons dit moeilik sou vind om anders op te tree. Beskryf dit jou?Sou jy graag daardie tipe persoon wou wees?

Bid die daaglikse gebedsversoek. In jou stiltetyd, beplan een goeiedaad wat jy in die volgende twaalf uur in die geheim kan doen. Al is ditnet om na 'n kollega te luister, of om die kinders met hul huiswerk tehelp, die vullis uit te neem, ietsie lekkers vir die bure te bak of om 'nnaamlose geskenk aan iemand wat jy weet dit nodig het, te gee. Diemoontlikhede is legio. Die sleutel is egter om te dien sonder om metiemand daaroor te praat. As dit sou gebeur dat iemand jou daadwaarneem en hy of sy dit sou opper, kan jy bloot antwoord: ”Dit was netiets wat ek graag wou doen.”

Page 55: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

16 MAART

VERSKILLENDE BELONINGS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Het jy in die Skrifgedeelte Jesus se woorde oor verskillende beloningsopgemerk? Wanneer ons 'n goeie daad verrig met die doel om die lofvan ander te ontvang, kry ons een tipe beloning. Die beloning is datander ons daad raaksien en ons lof toeswaai. Wanneer ons ons goeiedade in die geheim doen, beloon ons Vader – wat ook in die geheim is –ons. Hoewel Jesus nie omskryf wat presies hierdie beloning behels nie,sal ons dit deur eie ervaring ontdek. Ten minste leer ons God beter kenen ervaar ons die vreugde daarvan om die Here se vriend en vennoot indaardie goeie daad te wees. God se beloning is trouens onbeskryflik.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Dink saam met God terug aan watgebeur het toe jy heimlik jou plan om iemand te dien, uitgevoer het. Hoehet jy gevoel terwyl jy dit doen? Hoe het die ander persoon gereageer?Wat was jou ervaring van God tydens hierdie eksperiment van geheimediens? Deel jou gedagtes met die Vader en luister wat Hy ook al vir joumag sê. Beplan nog 'n klein geheime diensie vir die volgende twaalf uur.

Page 56: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

17 MAART

VREUGDEVOLLE EENVOUD

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

“Leef eenvoudig sodat ander net eenvoudig kan leef” is nie alleen 'npittige slagspreuk nie, maar wyse geestelike raad en goeie finansiëleadvies. Eenvoud bevry ons van ons besorgdheid oor materiëlebesittings, maak ons meer vrygewig en laat ons eenvoudig en lig leef.Ons moet egter daarteen waak om eenvoud nie af te water na 'neksterne stel reëls nie. Dit sal iets blymoedigs in 'n gevaarlike spulwetlike skuiwergate laat verval. Eenvoud is 'n innerlike realiteit – 'nlewensbeskouing wat hom na buite toe manifesteer in die manierwaarop ons lewe. Dit begin deur Christus eerste te plaas en om onslewe dan rondom sy prioriteite te rangskik. Dit is waarskynlik hoekomJesus ons leer: “Maar soek eers die koninkryk van God en sygeregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matt.6:33).

Bid die daaglikse gebedsversoek. Spandeer tyd met die Here om tebesin oor een ding wat jy kan prysgee oor die volgende paar dae.Lydenstyd is gewoonlik die tyd wanneer luukses soos suiker of koffie ofsjokolade opgegee word. Laat hierdie Lydenstyd die geleentheid weeswaar jy eerder iets van waarde afstaan. Laat jou denke in hierdieverband uiting kry in gebed: “Vader,” kan ons bid, “wys my waarsonderek kan klaarkom sodat iemand anders daardeur geseën kan word.”

Page 57: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

18 MAART

OM VRYGEWIG TE DEEL

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Die vroeë Christelike gemeenskap was merkwaardig vrygewig. Jy kry'n indruk van die manier waarop hulle hul lewens met mekaar gedeelhet wanneer jy die boek Handelinge lees (sien Hand. 2:43–47; 4:32–37;6:2–7). Hul vrygewigheid het baie verskillende dimensies gehad, watwissel van die interpersoonlike tot die materiële. Hulle het tyd aanmekaar afgestaan deur saam te eet en te bid; hulle het goedere ondermekaar gedeel en van dit aan behoeftiges gegee. Geen wonder datduisende buitestaanders aangetrokke tot hierdie leefwyse gevoel hetnie. Hulle was radikaal anders! Eerder as om te klou aan hullebesittings, het hulle vrygewig hul lewens en hul besittings met mekaargedeel. Hulle het lynreg teenoor die gieriges en inhaliges van diewêreld gestaan. Kan dit van ons, en die geloofsgemeenskappewaaraan ons behoort, gesê word?

Bid die daaglikse gebedsversoek. In jou stiltetyd, sit by God en maak 'nlys van die verskillende maniere waarop ons vrygewig kan wees. Onskan ons tyd, ons vermoëns, ons materiële en finansiële bronne ensoveel meer, deel. Dink aan 'n spesifieke manier waarop jy na iemandanders gedurende die volgende twaalf uur kan uitreik. Dit mag weesdeur jou tyd te gee, of hulle met een van jou vaardighede by te staan, of'n finansiële geskenk te gee. Ken God deurgaans in die beplanning vanjou daad van vrygewigheid. Onthou, 'n goeie riglyn is om te vra: “Here,op watter wyse kan ek my liefde vir U ten beste uitleef?"

Page 58: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

19 MAART

’N VRYGEWIGE GOD

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Het dit jou al ooit bygeval hoe vrygewig God is? Om mee te begin, hetGod aan elk van ons die unieke gawe van die lewe gegee.Daarbenewens het God ons nie net geskape nie, God het ook aan onsdie res van die wonder van sy skepping aan ons beskikbaar gestel.Maar dis nie waar God se vrygewigheid stop nie. Hy stort ook sy liefdeop ons uit in en deur sy Seun, Jesus Christus. Dit is die verstommendevrygewigheid van die oopgebreekte hart van God. Johannes stel dit so:“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seungegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maardie ewige lewe kan hê” (Joh. 3:16). Sal jy vandag toelaat dat hierdievrygewige God jou hart ook oopbreek?

Bid die daaglikse gebedsversoek. Ruim vandag tyd in om te mediteeroor die vrygewigheid van God. Kyk gewoon na die kruis. Soos jy ditdoen, maak jou hart oop en ontvang die mildelike liefde van God. Hier is'n gebed wat jy hardop kan bid: "Here God, baie dankie vir al u gawes.Dankie vir die gawe van my lewe en die lewe van my geliefdes. Dankievir al die gawes van die skepping wat my my elke dag vrystaan om tebenut. En veral, dankie vir die liefdegawe wat u deur die kruis aan mygegee het. Breek tog my hart oop sodat u vrygewigheid ook deur mykan vloei."

Page 59: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 60: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

WEEK 6

Heilige Week –

Daaglikse Gebedsversoek:

(Skrifgedeeltes uit die Evangelie van Markus)

Here, gee dat ons U beter kan leer ken, U dieper lief kanhê en U nader na kan volg.

Page 61: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken
Page 62: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Palm-Sondag

20 MAART

OM STANDPUNT IN TE NEEM

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Markus 11:1–11

Daar sal oomblikke kom wanneer ons, as volgelinge van Christus,standpunt sal moet inneem. Dit is wat Jesus op daardie eerstePalmSondag gedoen het. Hy maak 'n besluit om Jerusalem binne tegaan, en hy getuig van God se Koninkryk in die Heilige Stad. Hy gaandie stad op só 'n wyse binne dat niemand hom kan ignoreer nie. Hyneem die messiaanse rol op, soos voorspel deur die antieke profeetSagaria in die Ou Testament. Hy kom nederig en kwesbaar, op 'ndonkie. Dit is hoe Jesus standpunt inneem. Hy doen dit omdat hy weetdat hy nie alleen is nie. Lydenstyd is 'n goeie tyd vir ons, as sy dissipels,om vas te stel waar ons standpunt moet inneem. Wanneer ons dit doen,kan ons die wete hê dat ons nie alleen is nie.

Begin met die daaglikse gebedversoek. Lees die verhaal van Jesus watJerusalem binnegaan in Markus 11:1–11. Wat tref jou die meeste vandie wyse waarop Jesus standpunt inneem? Hoe reageer jy op hom?Oorweeg vandag waar God roep om jou standpunt vir jou diepsteoortuigings te stel. Miskien kan jy vir hierdie oomblik oefen deur vandagiets dappers te doen. Weet dat jy nie alleen is nie, so steun op diewerklikheid van God se teenwoordigheid. Moed en geloof is altyd nodigas ons in ons Meester se voetstappe gaan volg.

Page 63: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Heilige Week

21 MAART

OM DIE VERKEERDE REG TE STEL MET CHRISTUS

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Markus 11:15–18

Die Jesus wat ons in die evangelies leer ken is nie altyd vriendelik,aanvaardend en beskeie nie. Soms het hy baie kwaad geword, veralwanneer hy gekonfronteer is met die bose. Een so 'n oomblik was toe 'nonreg in die tempel plaasgevind het. Jy kan in vandag se Skrifgedeeltelees hoe hy 'n sweep gevat het, die tafels omgegooi het en diegeldwisselaars uit die tempel uitgedryf het. Die idee dat ons stil enpassief voor boosheid moet wees is nie Christus se weg nie. Natuurlikkan ons nie al die boosheid om ons aanvat nie. Maar ons kan kyk na onsgemeenskappe en werksplekke en God vra om ons te lei en te wyswanneer om op te tree.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Lees Markus 11:15–18 stadig. Wattref jou die meeste oor Jesus in hierdie ontmoeting? Hoe kan jy hier ophom reageer? Wat sou dit vir jou beteken om soos jou Meester te lykwaar jy woon en werk? Dink aan 'n area van boosheid wat jou baie pla.Dit kan 'n persoonlike ondeug wees waaroor jy baie besorg is, 'nkorrupte situasie by die werk, 'n onreg in die gemeenskap wat optredevereis. Praat met die Here daaroor en vra hom om jou te wys hoe jy 'ngetroue evangelie-reaksie kan bied.

Page 64: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Heilige Week

22 MAART

GEE AAN GOD WAT AAN GOD BEHOORT

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Markus 12:13–17

“Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat Godtoekom.” Wat beteken hierdie vers vir ons? Sekerlik kan dit nie betekendat ons ons lewens in twee dele moet verdeel nie – die "godsdienstige"deel en die "sosiale" deel. Dit sou beteken dat volgelinge van Christusnooit enige politieke of ekonomiese beleid mag kritiseer nie, hoeonderdrukkend of korrup hulle ook al mag wees. Hierdie vers oor geeaan God wat aan God behoort laat baie vrae ontstaan. Bedoel Jesusdat omdat ons in die beeld van God gemaak is, almal van ons onslewens aan God verskuldig is en hulle geheel en al aan God moetoorgee op dieselfde manier as wat ons belasting moet betaal aan dieregering, want dit is wat hulle toekom? Dit kan gedeeltelik wees watJesus bedoel het. Kom ons bid dat God ons sal help om te verstaan watdie hart van hierdie opdrag is sodat ons onsself ten volle aan ons wareDienaar-Koning kan gee.

Begin met die daaglikse gebedsversoek. Lees die volle verhaal waarinJesus hierdie opdrag gegee het (Markus 12:13–17). Dink vandag naoor jou lewe: Watter "dele" van jou lewe is jy geneig om van God af wegte hou? Hoe nooi God jou na 'n voller oorgawe van jou lewe op hierdieoomblik? Vou jou hande asof jy jou hele lewe in hulle vashou, en geejouself aan God oor met hierdie woorde: "In u hand, Here, gee ek mylewe." Herhaal hierdie gebed deur die dag heen, veral in moeilikesituasies.

Page 65: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Heilige Week

23 MAART

OORVLOEDIGE LIEFDE

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Markus 14:1–9

Hierdie toneel waarin die naamlose vrou kosbare salf oor die kop vanJesus uitstort, is 'n voorbeeld van oorvloedige liefde. Selfs al word sydeur omstanders gekritiseer, verdedig Jesus haar optrede. Hy sê vir diewat mor dat sy besig is om iets baie spesiaals vir hom doen, maar hulleluister nie. Sy toon haar liefde vir hom, solank hy nog met hulle is, op 'nspontane en demonstratiewe wyse. Hierin lê vir ons ook 'n uitnodiging.Ons word uitgenooi om rojaal te word in ons liefhê, beide in onsverhoudings met die Here en die geliefdes met wie ons ons lewensdeel. Hoe rojaal is ons in ons liefhê?

Begin met die daaglikse gebedsversoek. Lees die evangelieverhaaloor die ontmoeting tussen Jesus en die vrou (Markus 14:1–9). Wat trefjou die meeste van die vrou in hierdie storie? Hoe voel jy teenoor haar?Dink aan 'n manier waarop jy oorvloedige liefde kan uitdruk in dievolgende twaalf ure, hetsy teenoor die Here of 'n geliefde.

Page 66: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Heilige Week

24 MAART

VERRAAD

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Markus 14:17–26

Min ervarings kan meer pynlik wees as verraad. Baie van ons ken dit uiteie ondervinding. In hierdie “onheilige” week, die aanloop tot sykruisiging, het Jesus ook verraad ervaar. Petrus ontken dat jy Jesusken. Judas verraai hom. Sy vriende verlaat hom. Die gevolg van hierdieversakings is dat Jesus se vyande hom gevange neem. Van daardieoomblik af begin Jesus se passie en vervul hy getrou sy roeping as dieDienaar-Koning wat sy lewe vir die mens gee. Kan ons verraad nie ookvir ons oomblikke word waarin ons meer passievol ons roeping asvolgelinge van Christus uitleef nie? Wat sou dit vir jou en my betekenom ons woede en bitterheid teenoor diegene wat ons in die steek laat,te laat gaan?

Bid die daaglikse gebedsversoek. Lees die verhaal hoe Jesus verraai isin Markus 14:17–26. Wat tref jou meeste oor die wyse waarop Jesus opdie verraad reageer? Bring vandag die pyn van jou eie versaking voorGod. Hoe roep God jou om daarmee te lewe? Dink oor jou getrouheidaan ander. Het jy al ooit iemand anders in die steek gelaat? Praat metGod daaroor en luister wat hy vir jou wil sê. Kry weer jou lewe in lyn metdie beloftes wat jy aan ander gemaak het.

Page 67: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Goeie Vrydag

25 MAART

OM MET CHRISTUS TE STERF

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Johannes 12:24

Hoewel Jesus se dood uniek is, nooi hy ons om ook te sterf. Soos 'nsaad wat in die grond geplant word en sterf, nooi Jesus ons om ons selfte laat sterf ten einde goeie vrugte te dra. Ons word gevra om in liefdeons lewens neer te lê, sodat ons tot nuwe lewe opgewek kan word. Dieasemrowende goeie nuus van Goeie Vrydag en Paas-Sondag is datlewe uit die dood kom. Om die opstandingslewe te leef het ons nodigom te leer hoe om te sterf. Die groot vraag wat ons vandag in die gesigstaar op ons reis na die kruis en die leë graf is: "Waarvoor moet onsvandag sterf om meer volledig die nuwe lewe wat Christus ons wil gee,te leef?"

Begin met die daaglikse gebedsversoek. Memoriseer die vers hierbo.Skryf jou antwoord op die vraag hierbo op 'n stukkie papier, skeur ditdan op en begrawe dit in die grond. Praat met die lewende Christus oorwat jy gedoen het en luister na wat hy vir jou wil sê. Vertel vir hom, in joueie woorde, dat jy saam met hom wil sterf, sodat jy saam met hom totnuwe lewe opgewek kan word.

Page 68: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Stil-Saterdag

26 MAART

LAMENT

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Dit is nie maklik om die angs en smart van Jesus se volgelinge enfamilie die dag na sy kruisiging, te begryp nie. StilSaterdag moes virhulle 'n dag van pynlike lament gewees het. Lament is die gebedstaalvan diegene wat hul lyding na God toe bring. Lament roep uit tot God,vra God moeilike vrae en protesteer teen die onregverdige lydingrondom ons. Maar, lament is nooit 'n doel op sigself nie. Omdat onsgeloof in die lewende God is, lament ons altyd in die wete dat God onsgeroep hoor en met goedheid en genade sal optree. Ons weet dit omdatons die Psalms gelees het, die geskiedenis van God se volk ken, en dieGodverlate geroep gehoor het van die Gekruisigde Een wat nou diegrense van die kruisiging oorgesteek het.

Bid die daaglikse gebedsversoek. Leer vandag lament se gebedstaal.Lees twee Psalms oor lament: Psalm 38 en 88. Let op die routaalgebruik, die integriteit van die Psalmdigter en hoe lof en lamentdikwels saam in dieselfde Psalm voorkom. Kies een of twee lyntjies uitenige een van hierdie Psalms, sinne wat in woorde oordra hoe jy somsin oomblikke van angs en verdriet voel, en spreek dit teenoor God uit. Jykan dit opvolg deur met God die besondere pyn wat jy nou in jou hartvoel, te deel.

Page 69: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken

Paas-Sondag

(Kopiereg voorbehou Trevor Hudson Desember 2015/12/11)

27 MAART

OM MET CHRISTUS OPGEWEK TE WORD

Gedagte vir die Dag:

Daaglikse Toepassing:

Filippense 3:10

Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! Dié Paasgroetherinner ons dat God se opwekking van Christus uit die graf diebelangrikste aspek van ons geloof is. Dit is verstommende goeie nuus.Geen geloof sou meer tragies, meer nutteloos gewees het asChristenskap sonder sy opgestane Here nie. Die opstanding het baiebetekenisse vir ons lewens vandag. Jesus is by ons as ons lewendeVriend. Hy is beskikbaar vir elkeen van ons in ons stryd met wanhoopen hopeloosheid. Die dood is oorwin. Bo alles, ons kan saam met homtot nuwe lewe opgewek word as ons bereid is om saam met Hom testerwe. Mag die woorde van Paulus vandag ons gebed wees: ". . . sodatek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aansy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word ..." (Fil. 3:10).

Begin met die daaglikse gebedsversoek. Memoriseer die bogenoemdevers. Spandeer vandag so feestelik as moontl ik. Joulewensomstandighede kan dit moeilik maak, veral as jy onlangs verliesgely het. Tog, as jy daartoe in staat is, gaan die vreugde van dieopgestane Here binne. Dra helder klere, groet ander hartlik, genietspesiale etes, stel 'n heildronk in op God se mag oor die graf, kontakfamilie en vriende en dank die Here vir hulle. Vier die misterie van onsgeloof: Christus het gesterf, Christus het opgestaan uit die dood,Christus sal weer kom! Ons is Paasmense in 'n Goeie Vrydag-wêreld.

Page 70: Inleiding: Waarom Lydenstyd? - Impetusimpetus.co.za/.../uploads/2016/02/40-Dae-Reis-na-Paas.pdfdae van Lydenstyd, word volgelinge van Christus aangemoedig om drie praktyke te verken