navorsingsgids (sky) 400(2014)_afr.pdf · vrydag, 28 maart 11.30-12.20, regsgebou-ouditorium lesing...
TRANSCRIPT
1
NAVORSINGSGIDS (SKY)
2014
2
I ADMINISTRATIEWE INLIGTING
1. DIE PROSES
1.1 Tien stappe
Stap 1: Bywoning van oriëntasie lesings
Die volgende lesings word aangebied ter agtergrond:
LESING 1: Administratiewe prosesse en hoe om „n navorsingsprojek te beplan
VRYDAG, 7 FEBRUARIE, 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 2: Navorsingsvoorstel
VRYDAG, 14 FEBRUARIE, 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 3: Breë teoretiese benaderings
VRYDAG, 21 FEBRUARIE 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 4: Generiese vaardighede: Verwysing
VRYDAG, 28 FEBRUARIE 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 5: Regshistoriese navorsing
VRYDAG, 7 MAART 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 6: Regspluralisme en regvergelyking
VRYDAG, 14 MAART 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 7: Generiese vaardighede: Taal en aanbieding
VRYDAG, 28 Maart 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
LESING 8: Individuele seminare met studie-leiers (sien stap 4, bladsy 3 van hierdie gids)
MAART-APRIL
LESING 9: Mondelingse aanbieding van navorsingsvoorstel (sien stap 5, bladsy van hierdie gids)
MEI
LESING 10: Finale afronding
VRYDAG, 5 SEPTEMBER 11.30-12.20, REGSGEBOU-OUDITORIUM
3
Stap 2: Kies ‘n studieleier op clickUP en bespreek daarna jou onderwerp en titel met jou
studieleier
Na die eerste lesing op 7 Februarie sal elke dosent wat skripsies in 2014 kan aanvaar, op clickUP
gelys word, tesame met die studievelde waarin daardie dosent skripsies sal aanvaar. Die maksimum
studente wat elke studieleier kan neem, word ook op clickUP aangedui. Besluit onder watter dosent
se leiding jy jou skripsie gaan voltooi en bespreek „n plek by daardie dosent deur op die dosent se
naam te kliek. Sien Prosedure (hieronder) vir meer besonderhede.
Maak daarna „n afspraak by die studieleier wat jy gekies het en finaliseer in oorleg met jou studieleier
„n onderwerp en titel vir jou skripsie. Verkieslik moet jy voordat jy in gesprek tree met jou
studieleier, wyd lees oor jou voorgestelde onderwerp. Die omvang van jou onderwerp (titel) moet nie
te vaag of te wyd wees nie.
Stap 3: Registreer onderwerp en studieleier
Sodra jy jou titel gefinaliseer het, moet jy „n "skripsie-registrasievorm" (beskikbaar op click UP)
voltooi en laat teken deur jou skripsieleier. Handig die vorm in by Fakulteitsadministrasie. Hierdie
vorm is vir rekordhou-doeleindes. Registrasie is nodig vir opgawedoeleindes en moet plaasvind voor
of op 7 Maart.
Stap 4: Beplanningseminaar
In Maart/April belê elke dosent 'n seminaar met haar groep studente. By hierdie seminaar moet
studente die volgende voorlê:
„n Onderwerp
„n Voorlopige navorsingsprobleem
Literatuuroorsig („n lys van die belangrikste bronne wat reeds geraadpleeg is)
Groepslede bespreek hierdie aspekte en lewer kommentaar op mekaar se voorstelle.
Stap 5: lnhandiging van navorsingsvoorstel en seminaar
Studente moet „n navorsingsontwerp teen 9 Mei inhandig wat 20% van die finale punt tel. Elke
dosent organiseer „n seminar met haar/ sy groep waartydens die studente die geleentheid sal hê om
hulle navorsingsprobleme, aannames en navorsingsvrae soos geformuleer in die navorsingsvoorstel
aan te bied.
Stap 6: Verdere navorsing en skryf en indiening van konsephoofstukke
Doen verdere navorsing en skryf die skripsie. Beplan vooruit, en laat genoeg tyd toe om grammatika,
verwysings ensomeer na te gaan. Dien konsephoofstukke (en uiteindelik „n konsepskripsie) in by die
4
betrokke studieleier wat telkens kommentaar gee wat in „n volgende weergawe aangespeek moet
word. Dit is belangrik om daarop te let dat geen skryfwerk in een oefening geskryf en voltooi word
nie – verskeie weergawes van dieselfde hoofstuk moet geskryf en herskryf word om dit so naby aan
reg as moontlik te kry. (sien punt 5 onder II bl 14)
Stap 7: Bind
Die skripsie moet gebind word. Geen spesifieke bindmetode word voorgeskryf nie, solank die
gebinde kopieë netjies is en die bladsye bymekaar gehou word. Maak ten minste twee gebinde
kopieë. Die skripsietitel en student se voorletters en van moet op die omslag verskyn.
Stap 8: lnhandiging
Handig een kopie in by jou studieleier en een kopie in die Oliver R Tambo Regsbiblioteek.
Die laaste datum vir inhandinging is 10 Oktober. „n Bepaalde dosent kan haar diskresie gebruik en
uitstel van enkele dae verleen.
LET DAAROP DAT DIE PLAGIAATVORM IN DIE SKRIPSIE INGEBIND MOET WORD
EN ‘N TWEEDE PLAGIAATVORM BY DIE STUDIE-LEIER INGEDIEN MOET WORD
WANNEER DIE SKRIPSIE INGEHANDIG WORD.
Stap 9: Terugvoeringseminaar
Die studieleier skeduleer 'n seminaar (of reeks seminare) wat na 10 Oktober sal plaasvind.
Hiertydens sal studente 'n tien minute aanbieding van hul navorsing lewer (byvoorbeeld waarom die
onderwerp gekies is, wat die hoofgevolgtrekkings is en wat jy uit die studie geleer het). Studente sal
ook op vrae en kritiek van studieleiers, eksterne eksaminatore en ander studente in die groep moet
reageer. (Die studieleier mag 'n lid van die fakulteit of ander deskundige as eksterne eksaminator
betrek.)
Voor hierdie seminaar plaasvind, moet lede van dieselfde groep mekaar se skripsies bestudeer.
Gebruik die kopie in die biblioteek hiervoor. (Maak notas of fotostate van relevante dele uit elke
skripsie.)
Voltooi die skripsie-vraelys nadat jou finale seminaar plaasgevind het en handig dit in by die
dekaanskantoor voor of op 1 November.
Stap 10: Evaluasie
Die studieleier ken 'n punt toe (uit 100), saamgestel uit die volgende:
„n punt vir die navorsingsvoorstel 10%
„n punt vir die mondelingse aanbieding van die
navorsingsvoorstel 10 %
5
„n punt vir mondelinge aanbieding / deelname aan finale seminaar 10 %
„n punt vir die geskrewe dokument (skripsie) 70 %
Die mondelinge aanbieding moet die probleemstelling, aannames en navorsingsvrae toelig en moet
fokus op die argument en hoe dit deurgaans ontwikkel is in die skripsie. Die mondelinge aanbieding
moet sistematies wees. Hierin moet die vermoë om ander se werk te integreer, krities te beoordeel en
te analiseer, weerspieël word.
Die skripsie word beoordeel aan die hand van vorm en inhoud. (Punte word soos volg toegeken:
ongeveer 20 van die 70 punte vir vorm, en 50 vir inhoud).
1.2 Vorm
Studente moet aan die volgende elemente aandag gee:
Omslag en inleidingsbladsy
Inhoudsopgawe (gedetailleerdheid, akkuraatheid)
Numering (konsekwent, dieselfde tipe opskrifte moet op dieselfde wyse genommer word )
Voetnote (korrekte en konsekwente gebruik)
Styl (konsekwente gebruik bv kursief vir saakname)
Taal (grammatika, toepaslike woordkeuse; nie opgesmuk of onnodig woordryk nie)
Leestekengebruik
Bronnelys (alfabeties, volledig, onderafdelings vir primêre bronne (wetgewing, hofsake) en
sekondêre bronne (boeke, tydskrifartikels ens))
1.3 Inhoud
Die volgende word in ag geneem:
Onderwerp (relevansie, duidelikheid, presiesheid - nie te vaag of te wyd nie)
Navorsing (omvattend, belangrikste bronne geraadpleeg)
Daar moet „n navorsingsprobleem wees wat op „n konseptuele vlak aangespreek word.
Die benadering wat gevolg word/ perspektief wat die navorsing toelig en metode moet
duidelik uiteengesit word.
Sistematiese aanbieding (duidelike struktuur)
Inleiding, argument/inhoud, gevolgtrekking - "goue draad"
Logika en oorredingsvermoë van argumente
Korrekte gebruik van gesag
Die slaagsyfer is 50 %.
6
Enige punt tussen 40 % en 49 % verleen aan die student die reg om sy skripsie te verwerk en weer in
te handig. Dit moet gedoen word op 'n datum soos bepaal deur die studieleier, maar dit moet voor
middel-Januarie 2015 wees.
Enige punt onder 40 % is 'n druipsyfer. In so „n geval moet die student herregistreer in 2015 en moet
dit oorweeg om 'n ander onderwerp te ondersoek.
„n Student wat ontevrede is met haar/sy punt mag aansoek doen vir „n hermerk by
Fakulteitsadministrasie, vlak 1, Regsgeleerdheid gebou.
2. FORMAAT VAN DIE SKRIPSIE
Die vormvereistes van die skripsie sien soos volg daaruit:
Lengte: Die inhoud (hoofstukke) van die skripsie moet „n minimum van 8 000 en
maksimum van 14 000 woorde beslaan (insluitende voetnote). Jy moet die
hoeveelheid woorde (voetnote ingesluit) op die laaste bladsy van jou
skripsie (direk ná die gevolgtrekking), aandui. Tot 5 % mag afgetrek
word indien daar nie aan hierdie reël voldoen word nie (dit is om die
hoeveelheid woorde te oorskry OF om nie die hoeveelheid woorde aan te
dui nie).
Lettertipe: Enige tipe kan gebruik word.
Lettergrootte: Grootte 12 vir die teks en grootte 10 vir die voetnote.
Spasiëring: 1 ½ spasiëring. Die teks moet geblok ("justify") word.
Bind: Enige stewige formaat. Geen rug-aan-rug binding.
Titelbladsy: [Titel van die skripsie]
Ingedien ter gedeeltelike vervulling van die vereistes van die graad LLB
deur
............... [volle name van die student, studentenommer]
voorberei onder begeleiding van
..... [naam van studieleier]
aan die Universiteit van Pretoria
................ [datum]
Voorblad [Titel van die skripsie]
deur
..... [naam van student]
7
Op die volgende bladsy, voor die inhoudsopgawe, moet „n ondertekende plagiaatvorm verskyn te
vinde op clickUP.
‘N TWEEDE, ONDERTEKENDE VORM MOET OOK INGEHANDIG WORD BY U
STUDIE-LEIER WANNEER DIE FINALE WEERGAWE VAN U SKRIPSIE INGEHANDIG
WORD.
3. PROSEDURE OP CLICKUP
3.1 Wanneer lesings in 2014 „n aanvang neem, epos elke Departementshoof „n lys van die
dosente wat skripsie en seminaar-studente vir daardie jaar sal aanvaar, na die administratiewe
vakhoof vir SKY 400.
Die vakhoof skep „n skakel op clickUP wat studente toelaat om „n studieleier vir SKY 400 te
kies.
3.2 Die vakhoof skep „n groep vir elkeen van die beskikbare dosente. Wanneer „n student die
“registreer skripsie by dosent” item kliek op SKY 400 se tuisblad, verskyn „n lys van dosente.
3.3 Die maksimum aantal studente per dosent word bereken deur die groottotaal SKY 400
studente te deel deur die aantal beskikbare dosente.
3.4 „n Student kies „n spesifieke studie-leier op clickup.
3.5 Sodra „n student „n studie-leier op clickUP gekies het, moet daardie student „n afspraak maak
by die studie-leier om die onderwerp (titel) te finaliseer.
3.6 Nadat die student sy/haar onderwerp (titel) gefinaliseer het, voltooi die student die skripsie-
registrasievorm (Aanhangsel B hieronder) en handig dit by studente-administrasie in (Mev
Malan) voor of op 16 Maart.
4. SKRIPSIE VRAELYS – CLICK UP, HANDIG BY DIE DEKAANSKANTOOR
IN VOOR OF OP 1 NOVEMBER
8
II NAVORSINGSRIGLYNE
1. DIE BEPLANNING VAN ʼn NAVORSINGSPROJEK
Om ʼn projek te finaliseer is ʼn intensiewe proses. Daar moet ʼn voorskryffase wees waartydens ʼn
student wyd lees en ʼn spesifieke onderwerp kies. Om die eerste weergawe te skryf is slegs ʼn klein
deel van die proses. Sodra daar ʼn eerste weergawe is, moet dit hersien en verwerk word. Laastens
moet dit verfyn (“gepoleer”) word om te verseker dat daar geen spelfoute of tikfoute is nie, dat die
styl konsekwent is en dat alle verwysings reg is. Jy sal ʼn rowwe “kalender” of “plan” moet voorberei
om te verseker dat jy genoeg tyd vir elkeen van hierdie fases toelaat. Die swakste projekte is dikwels
deurdrenk met onnodige tikfoute en inkonsekwenthede in styl. Hierdie foute is as gevolg van ʼn malle
gejaag om die sperdatum te maak.
1.1 Beplan vir:
Lees
Skryf van navorsingsvoorstel en hoofstukke (hanteer die voorstel as een hoofstuk)
Voltooiing
1.2 Leesstrategieë
Waar begin jy lees?
Mees onlangse bron
Mees omvattende bron
Belangrikste /gesaghebbendste bron
Bron wat die kwessies die beste illustreer
SA bronne voor buitelandse bronne
Wetgewing vs sake vs saakbesprekings
Handboeke/ joernaalartikels voor regspraak/ wetgewing
Basiese uiteensetting (studentehandboeke, LAWSA) voor teoretiese bespreking
Kyk uit vir bronne (kan regspraak of ʼn buitelandse bron wees) wat ʼn breë oorsig van die literatuur gee
en wat reeds bietjie van die analise en plasing/ “mapping” vir jou doen.
Wees baie bewus van konteks:
Tydlyn: wie was eerste?
Skole en bewegings
Kritiese “rooilyn” gebeure, bv ʼn konferensie, nuwe wetgewing, ʼn hoogs kontroversiële artikel
of beslissing wat ʼn debat oopgemaak het/ verander het/ beëindig het
Kontroleer jou lees teen ander sekondêre bronne, kollegas
9
.
1.3 Wye aanvanklike lees
Vinnige, oppervlakkige, vlug-lees van bronne
Gemik om ʼn oorsig te kry van:
Al die kwessies in die literatuur
Verskillende sienings en menings
Verdere bronne (voetnotas, bibliografie)
Fokus (wat is belangrik, wie is die gesag?)
Mees onlangse posisie
Wat om uit die wye lees te kry:
“Discourse mapping”/ diskoersplasing van al die literatuur
Identifikasie van al die kwessies in die literatuur
Verstaan van gesag, perspektiewe op die kwessies
Verwysing na bykomende literatuur
Versamel van materiaal en opstel van konsepbibliografie
1.4 Sorgvuldige lees
Analiseer teks met verwysing na spesifieke kenmerke (nie alle tekste is dieselfde nie):
Jou voorverstaan van die veld (“mind maps” of notas)
Oorsig van die teks (inhoudsopgawe, kantaantekeninge)
Inleiding en voorwoord
Hoofdeel (liggaam)
Opbou en struktuur van die argument (Inhoudsopgawe, opskrifte)
Gevolgtrekkings
Voetnote en dokumentasie
Indekse
Resensies, verwysings in ander publikasies
Konteks: later ontwikkeling, verander van siening
1.5 Hoofskryffase
Die hoofskryffase volg op die aanvanklike wye leesfase
Beplan vir elke hoofstuk
Beplan van agter (inhandigingsdatum)
Beplan realisties
Nie alle hoofstukke is ewe groot of neem ewe lank nie
10
Maak ʼn skedule
Laat genoeg tyd (afhangende van die aard van die projek) vir hersiening en verfyning voor
inhandiging
Erken bronne reg deur jou skripsie/ verhandeling. Verwys slegs na bronne wat jy persoonlik
geraadpleeg het. Indien jy op ʼn idee of inligting steun afkomstig vanuit ʼn ander bron as jou
eie gedagtes toon dit aan (gewoonlik by wyse van ʼn voetnoot). Indien jy dit nie doen nie
pleeg jy plagiaat. Plagiaat is om die produkte van ʼn ander persoon se gedagtegang te neem
(idees, inligting wat gevind is) en dit aan te bied as jou eie. Selfs al erken jy ʼn bron, maar
skryf dit woord vir woord oor, sonder om aanhalingstekens te gebruik is dit nog steeds
onaanvaarbaar. Om nie bronne behoorlik te erken nie behoort op grond van daardie rede
alleen aanleiding te gee tot ʼn algehele druip.
Om te verseker dat jy plagiaat vermy erken:
Direkte gebruik van iemand anders se woorde;
Enige parafrase van iemand anders se woorde;
direkte gebruik van iemand anders se idee;
ʼn Bron wanneer jou eie analise of gevolgtrekking op daardie bron bou;
ʼn Bron wanneer jou idee aangaande ʼn saak van ʼn ander bron as die saak self kom.
Sien http://www.library.up.ac.za/plagiarism/index.htm vir meer inligting oor wat plagiaat behels en
hoe om te verseker dat jy nie plagiaat pleeg nie.
Let ook op dat jy nie die probleem oplos deur gewoon aan te haal nie deur aanhalingstekens te
gebruik en volle verwysings te gee nie. ʼn Navorsingsprojek moet grotendeels uit jou eie werk bestaan,
wat beteken dat dit nie eenvoudig uit aanhalings van ander mense se werk kan bestaan nie.
2 ORGANISERING VAN ʼn NAVORSINGSPROJEK
2.1 Huishoudingbeginsels
Dinge om te oorweeg en te organiseer:
Skedulering
Verwysing en aanbiedingstyl
Bronne
Inligting aangaande verskillende weergawes
Inligting aangaande kopiereg
Liasseringstelsel: naam, teks en nie-teks, ander materiaal
11
2.2 Skedulering
Konsepweergawes en hou by:
Leesskedule (bv per week)
Skryfskedule (bv per maand, week)
Inhandigingskedule (per hoofstuk tot en met die einde, los genoeg tyd vir hersiening)
Bespreek met jou studie-leier en dateer gereeld op.
2.3 Organisering van bronne
Hou bibliografie, sake en wetgewing op datum van die begin af (volledige en akkurate besonderhede)
Besonderhede wat nie in die voetnote staan nie bv boeke, uitgewer en plek
Voorletters van outeurs
Uitgawes
Plek van publikasie en uitgewer
Regte verwysing na losbladdiens
Maak en stoor elektroniese of harde kopieë van titelblaaie van alle bronne met volledige
bibliografiese inligting van dag 1.
2.4 Inligting aangaande weergawes
Dieselfde inligting moet op die voorblad van elke teksdokument verskyn en gereeld opgedateer word:
AJ van der Walt: Grondwetlike Eiendomsreg
Hoofstuk 4 – Die Engelse Reg
Weergawe 1: 08 Mei 2009
Woorde: 31 005 (80 bladsye)
Lêernaam: CPL_Hfts4_Weergawe1_8Mei.doc
3 NAVORSINGSPROBLEEM, AANNAMEs, NAVORSINGSVRAE EN
BENADERING
3.1 Navorsingsprobleem
Die navorsingsprobleem bring die navorsingsonderwerp in verband met die projek. Byvoorbeeld:
Vrae om te beantwoord
Punte om te bewys
Aspekte om te bespreek
Probleme om op te los
12
Fokus op wat dit is wat jy wil doen in die projek. Formuleer elke punt in terme van iets wat jy wil
bereik.
Formuleer jou navorsingsprobleem op een van twee maniere:
Kort paragraaf (3-5 sinne)
“Bullets” (3-5)
Elke sin/ “bullet” noem een aspek van die groot vraag
Begin met die groot vraag
Die punte bou opmekaar ontwikkel die projek
Teorie en navorsingsprobleem
Die vraag om jouself te vra:
Steun my navorsingsprobleem soos ek dit geïdentifiseer en beskryf het op ʼn spesifieke
teoretiese tradisie of benadering?
Impliseer die feit dat ek op hierdie teoretiese tradisie of benadering steun dat ek eksplisiete
(hoeveel) teoretiese werk en regverdiging moet doen?
Voel ek gemaklik om binne daardie tradisie of benadering te werk en kan ek dit regverdig?
Is ek gemaklik dat die tradisie of benadering wat ek aangeneem het nie gediskrediteer is nie,
en dat dit nie in konflik is met ander aannames waarop ek steun nie?
Hoe beïnvloed die teoretiese tradisie of benadering my hipotese en metodologie indien
enigsins?
3.2 Navorsingsvrae
Navorsingsvrae breek die navorsingsprobleem op in kleiner afdelings en lig so die fokus uit.
3.3 Aannames
Aanames, beginpunte van die projek
Druk uit wat jy aanneem en wat jy verwag om in die studie te vind
Hulle is geformuleer in ʼn spesifieke hipotetiese taal, gewoonlik in die vorm van: Ek aanvaar
dat X die geval is; Ek verwag dat X die geval is
Dit behoort aan te dui wat jy verwag jou gevolgtrekking gaan wees, en wat jy sal moet doen
om dit te bewys
Wanneer jy die hipotese formuleer moet jy die materiaal genoeg ken en verstaan om:
o ʼn Verstaanbare navorsingsprobleem te formuleer
o Die navorsingsprobleem in terme van moontlike navorsingsvrae te beskryf
o ʼn Ingeligte voorspelling aangaande gevolgtrekkings of resultate te maak
13
o In staat te wees om die resultate te beskryf wat tot een eerder as ʼn ander
gevolgtrekking sal lei
o Beskryf wat jy sal moet ondersoek om die resultate te bereik wat jou navorsingsvrae
sal beantwoord
o Beskryf wat jy benodig om voort te gaan met die analise
Jy het egter nog nie die werk gedoen nie, jy weet nie wat die antwoord is nie en kan slegs ʼn
ingeligte raaiskoot maak
Nadat jy die aannames geïdentifiseer en formuleer het, vra die vraag:
o Is my aannames logies in lyn met die teoretiese tradisie of benadering onderliggend
aan my navorsing?
o Is die aannames konsekwent tot mekaar op ʼn teoretiese vlak?
o Is my aanname nodig/ geregverdig/ weerspieëlend van die tipe vrae wat my teoretiese
tradisie of benadering gewoonlik vra of impliseer?
Bv: besitlike individualisme vs gemeenskapgeoriënteerde benadering/ burgerlike
republikanisme/ verhoudingsteorie; regverdiging van/ afdwingende regsposisies vs
hervorming en transformasie
Beskou in hierdie perspektief, is my aannames reg geformuleer en gestruktureer om die
hooffases/ stappe van my ondersoek te weerspieël?
3.4 Benadering en metodologie
Metodologie omskryf die tegnieke/ metodes wat jy gebruik om deur die materiaal van die
hipotese tot by die gevolgtrekking te werk.
Benadering is die teoretiese raamwerk vir jou studie en hou verband met en lig jou
metodologie in.
Hoe gaan jy die probleem wat jy geformuleer het ondersoek?
Hoe gaan jy versamel, analiseer en jou materiaal beoordeel?
Hoe gaan jy jou hipoteses toets?
Tipiese benaderings en metodologieë in regsnavorsing:
Histories
Vergelykend
Grondwetlik
Leerstukgebonde
Sosiologies
Ekonomies
Empiries
Krities (kritiese teorie)
14
Waar om aandag aan hierdie kwessies te skenk
Voorstel: In die navorsingvoorstel moet jy die volgende uitlig en kortliks maar duidelik
omskryf:
o Navorsingsprobleem
o Aannames
o Navoringsvrae
o Metodologie
Die navorsingsvoorstel moet die verband tussen bg maak en aandui hoe hulle ʼn rol speel in
die navorsingsplan, maw waar, in watter hoofstuk
Tesis of skripsie: Hierdie aspekte word weer uiteengesit, omskryf en geregverdig in die tesis
of skripsie, in hoofstuk 1 en toon aan hoe en waar hulle in die navorsingswerk voorkom.
In die gevolgtrekking kan jy na elkeen van hierdie aspekte terugkom en aantoon hoe dit ʼn rol
gaan speel in die projek en hoe dit inpas by die resultate.
3.5 Literatuurstudie
Literatuuroorsig = diskoersplasing/ “discourse mapping”
Doel: dui jou gemak met en verstaan van die hoofbronne aan.
Twee maniere om met die literatuurstudie om te gaan:
Oorsig van literatuur in hoofstuk 1 as dit help om die navorsingsprobleem te
verduidelik
Integreer die literatuuroorsig in die verduideliking van die projek; die
literatuuroorsig speel reg deur ʼn rol
Sluit verwysings na belangrike literatuur in.
Literatuuroorsig moet die volgende aantoon:
Daar moet vrae wat nie beantwoord is nie en dispute wat nie opgelos is nie uit die oorsig wees
Dit moet relevant wees om tyd/ energie/ geld daarop te spandeer – hoekom?
Eie posisie = rede vir die projek: wat wil jy ondersoek/ aanvoer/ aantoon?
15
Formaat van die navorsingsvoorstel
Naam / Studentenommer
Studieleier / Promotor
Titel
Navorsingsprobleem
Aannames
Navorsingsvrae
Motivering
- Agtergrond
- Literatuurstudie
Benadering en metode
Struktuur/ Hoofstukke
Beplanning / Tydlyn
Bronnelys
4 OPTREK VAN KONSEPHOOFSTUKKE
5
5.1 Beginsels
Geen teks word ooit gefinaliseer met die eerste rondte sonder enige hersiening nie. Dit is
nodig om konsephoofstukke op te trek in akademiese skryfwerk wat behels dat elke hoofstuk
verskeie kere hersien moet word.
Wanneer jy dink dat ʼn hoofstuk werklik klaar is, oorweeg of ʼn nuwe weergawe vereis word.
(kommentaar)
Elke teks vereis redigering en deeglike proeflees, maar hersiening behels hier meer as blote
redigering.
Dit behels ʼn herbedink, beoordeling en herevaluering van die basiese argument, struktuur,
inhoud, logika, aanbieding.
Werk aan een hoofstuk op ʼn slag, dan groepe, dan die geheel.
Moet nooit enige iets geheel en al oorskryf nie. Selfs al herskryf jy dit op groot skaal verwerk
wat jy het. Nuwe skryfwerk beteken dat jy weer van voor af met die eerste konsep begin wat
weer nuwe probleme skep.
Wanneer jy groter gedeeltes herskryf onthou om terug te gaan na individuele hoofstukke en
veranderinge aan te bring (gevolgtrekkings, opskrifte)
Opdateer alle weergawe inligting die hele tyd, in die dokument en in die naam van die lêer.
Hou aparte kopieë van elke weergawe soos onderskei deur die weergawe inligting.
16
Onderskei weergawes (substansiële herskryf of regstellings) van weergawes wat slegs
opgedateerde weergawes is (na blote ligte redigering)
5.2 Wat die eerste weergawe voorafgaan
Jy kan slegs begin om aan ʼn eerste weergawe te werk wanneer jy goeie vordering gemaak het
met die lees vir daardie hoofstuk/ gedeelte.
Die lees dui aan hoe die hoofstuk daaruit moet sien, wat dit behoort te dek, hoe die argument
behoort te ontwikkel, wat alles daar moet ingaan.
Die diskoersplasing/ „discourse map‟ moet jou help om op onderwerpe, kwessies,
onderafdelings en opskrifte te besluit. Formuleer eers die navorsingsvraag vir die hoofstuk
voor jy begin skryf.
5.3 Die “goue draad”, styl en taal
Goue draad:
Struktureer jou gedagtes helder. Maak gebruik van subopskrifte in die hoofstukke.
Jou onderwerp behoort ideaal gesproke ʼn vraag te behels (selfs slegs by implikasie). Hierdie
vraag word geopper in die eerste hoofstuk (inleiding) waar die relevansie bespreek word. Die
hoofstukke wat volg moet almal duidelik in verband gebring word met die aanvanklike vraag.
Met ander woorde, elke hoofstuk moet verbind wees met die ander sodat jou teks bymekaar
gehou word deur ʼn sentrale idee of “goue draad”. Verbind al die “drade” in ʼn bondige, maar
lang genoeg, gevolgtrekking.
Styl:
Die eerste stylreël is konsekwentheid. Ons gee enkele riglyne in hierdie gids. Jy mag ook
regsjoernale of handboeke raadpleeg.
Hou jou eie stylleêr. Maak notas van die styl wat jy volg om jou te herinner en om te verseker
dat jy konsekwent is.
Taal:
Hou jou taal duidelik en maklik verstaanbaar. Moenie probeer om jou studie-leier (of
medestudente) te beïndruk met hoe “akademies” jy kan skryf (of hoe geleerd jy is nie). Skryf
kort sinne. Vermy formalistiese, Latynse en argaïese woorde. Sny oortollige woorde en skryf
eenvoudig.
Maak gebruik van woordeboeke en thesaurusse (bv Review – Language - Thesaurus op
Microsoft Word™).
17
5.4 Eerste weergawe
Begin met die maklikste/ sentrale hoofstuk, verkieslik die beskrywende, nasionale reg, wat
die minste betwis kan word
Doel van die weergawe: kry die raamwerk van die argument reg en die aanbieding in lyn
Begin met minimale (raamwerk) en bou van daar, brei uit en weef dit digter eerder as om
slegs meer te skryf
Trek elke hoofstuk op soos die voorstel:
Verband met groot navorsingsprobleem
doel, navorsingsvraag
Aannames
metodologie
struktuur: opskrifte wat die vloei van die argument reflekteer om navorsingsvrae
te beantwoord volgens die hipotese
skedule / werkplan
voorlopige bibliografie
Kwessies om gereeld te hersien (daaglikse herlees):
Hersien, verbeter taal aanhoudend, herbesoek die algemene plan gereeld, logika van argument
Oorweeg helderheid van die argument gereeld
Dateer op, korrigeer en verbeter voetnote en verwysings
Bogenoemde kwessies moet gereeld gekontroleer word en vir ʼn laaste keer deeglik voor die
eerste weergawe voltooi word
Ontwikkel die vaardigheid om te redigeer sonder om die argument aan te spreek, lees afsonderlik vir:
Formaat en styl
Taal
Verwysing
Argument
5.5 Tweede weergawe
Vat elke hoofstuk deur ten minste twee weergawes totdat jy hulle min of meer bevredigend ag
Doel van tweede weergawe: kry die inhoud en aanbieding perfek, duidelik en volledig
Om te beweeg van eerste na tweede (en verdere) weergawes beteken jy het die hele hoofstuk
voltooi, geproeflees en gekorrigeer en dit dan van meet af aan weer grondig oorweeg, met
groot hersienings, verwerking, korreksies alles gedoen en voltooi
18
Ideaal gesproke moet jou studieleier nooit die eerste weergawe sien nie; die eerste weergawe
moet gebruik word om die teks in ʼn redelike goeie toestand te kry voordat jy dit grondig
hersien; alleen dan kan jy indiening van die tweede weergawe oorweeg
Die tweede weergawe is gereed vir eerste indiening indien:
o Inhoud volledig is, alle relevante vraagstukke bespreek is, relevante bronne oorweeg
en bespreek is
o Struktuur duidelik en logies is
o Uitleg, opskrifte duidelik en konsekwent is
o Bespreking duidelik, logies en volledig is
o Taal foutloos is
o Proeflees grondig; geen tikfoute of aanbiedingsfoute nie
o Verwysings en voetnotas perfek is
o Voorlopige bronnelys ens perfek en op datum is
5.6 Eerste indiening en verdere besonderhede
Wanneer is die verskillende weergawes (eerste en tweede) gereed vir eerste indiening?
Wanneer jy dink dit is perfek, nadat jy die inhoud en aanbieding nagegaan en weer nagegaan
het
Lees nog een maal deur slegs die inhoud (argument, op een slag, om te sien of jou argument
goed vloei en duidelik is
Vra ʼn kollega om dit krities te lees en kommentaar te lewer; verwerk dienooreenkomstig
Doen nog een verdere proeflees en maak finale korreksies, veranderinge
Dien dan in
5.7 Kommentaar
Na indiening sal die studieleier kommentaar en kritiek hê, voorstelle vir verbetering
Party kritiek sal onmiddellike korreksie verg, ander nie; onderskei tussen korreksies wat
dadelik gedoen moet word voordat jy voortgaan met die volgende hoofstuk en korreksies wat
kan wag
Jy mag self ook verdere verbeteringe hê nadat jy weer gelees het met die kommentaar
Na indiening werk mens aan ʼn nuwe weergawe
Dit mag dalk nie onmiddellik nodig wees nie; bespreek met studieleier
5.8 Hersiening
Moet nie vasgevang raak in een hoofstuk nie; ontwerp ʼn liasseringstelsel vir kleiner
korreksies, veranderinge, byvoegings, nuwe bronne om later te doen
Indien groter substantiewe veranderinge of byvoegings vereis word, doen dit dadelik
19
Andersins, gaan eerder voort met die volgende hoofstuk so gou as moontlik, doen opdatering
en finale korreksies op een slag later
5.9 Gevorderde weergawes: polering
Sodra al die substantiewe hoofstukke ingedien en gekorrigeer is:
o Lees en oorweeg al die hoofstukke saam, behalwe vir die inleiding en die finale
hoofstuk, slaan veral ag op die vloei van die argument
o Lees hoofsaaklik vir inhoud
o Leer jouself om „intro + gevolgtrekking‟-lees te doen
o Gaan terug na individuele hoofstukke, maak finale verbeteringe, vul gapings in,
verbeter vloei
o Gaan styl, verwysing, taal nog een maal deurgaans noukeurig na
o Trek dan die inleiding en laaste hoofstuk op, dien in en bespreek, herskryf hulle tot
tevrede
o Lees dan en heroorweeg al die hoofstukke krities saam in die lig van die inleiding en
gevolgtrekkings: vloei, pas en konsekwentheid?
o Gaan terug na individuele hoofstukke en vul gapings in
Gaan inleiding en gevolgtrekkings van elke hoofstuk na teen eerste en laaste hoofstukke
Gaan na of die volgende duidelik gestel word in hoofstuk 1 en of hulle opgevolg word in die
substantiewe hoofstukke en na teruggekeer word in die gevolgtrekking:
o Navorsingsvrae (het jy hulle bereik? Hoe staan hulle aan die einde in verband tot jou
gevolgtrekkings?)
o Aannames (was jou voorspellings korrek? Indien nie, hoekom nie?)
o metodologie (het jou metodologie gewerk?
Voeg bronnelys, lys van sake, wetgewing; inhoudsopgawe, opsommings, titelblad by
Ten minste een finale proeflees, gaan styl na, konsekwentheid, gaan formaliteite na
Gaan spelling van sekere terme een laaste keer na met soekfunksie (ensomeer v en so meer,
as‟t ware v as te ware ens).
5.10 Die finale weergawe
Gaan samehang en duidelikheid van argument na
Gaan konsekwentheid van uitleg en styl na
Proeflees en stylredigering
Taalredigering
Inhoudsopgawe: gaan opskrifte na teen inhoudsopgawe
Bronnelys en aanhangsels
Die bronnelys-reël:
o Volledig, duidelik, konsekwent, akkuraat
20
o Kan enigeen bronne vind van jou inligting?
Woord indeks?
Aanbieding: uitleg, lettertipes, drukwerk, bind
Formele vereistes: gaan na!
Voorwoord / erkennings: NB nie aanvanklik in eksaminatore se kopieë nie
Formele vereistes aangaande bind, kopieë vir eksaminatore en vir die finale kopie
6 VERWYSINGS EN AANBIEDING
5.1 Inleiding
Afgesien van die substantiewe kwaliteit van jou navorsing en skryfwerk word die sukses of
mislukking van jou navorsingsprojek ook bepaal deur die tegniese aanbieding van jou navorsingsteks.
Ons verwys hier na die wyse waarop jy die verskillende dele, hoofstukke, afdelings en onderafdelings
van jou teks organiseer en aanbied (jou uitleg); die wyse waarop jy na bronne verwys en jou bronne
aanbied (verwysing en bibliografiese styl); die wyse waarop jy aanhalings gebruik en aanbied; en
konsekwentheid in jou gebruik van woorde, frases, afkortings, verkortings en leestekens.
Hoewel hierdie tegniese aspekte van navorsingtekste onbelangrik mag voorkom, is hulle
inderwaarheid beide substantief en prakties gesproke baie belangrik.
Substantief weerspieël jou uitleg die organisasie van jou teks en bepaal dit die leesbaarheid daarvan.
Jou verwysings- en bibliografiese styl bepaal ook tot ʼn groot mate die akademiese kwaliteit van jou
teks deur die omvang van jou navorsing te toon, jou teks ‟n bruikbare bron te maak vir verdere
navorsing deur ander en te verseker dat jy grondige en behoorlike erkenning gee aan al die bronne
waarop jy steun.
Prakties is sorg met die tegniese aspekte van jou teks belangrik, want, tensy jy ʼn behoorlike en
konsekwente styl aan die begin van jou studie ontwikkel en dit deurgaans konsekwent toepas, word
die tegniese afronding van jou teks ʼn groot frustrasie wanneer jy die teks finaliseer vir indiening.
Daar is geen een korrekte styl ten aansien van enige van die tegniese aspekte van jou navorsingswerk
nie. Dit mag wees dat jou studieleier of jou universiteit ʼn spesifieke styl voorskryf, in welke geval dit
belangrik sal wees om vroegtydig daardie styl aan te leer en dit deurgaans konsekwent toe te pas.
Waar dit nie die geval is nie kan jy gewoon jou eie styl skep, deur voorbeelde te volg uit joernaal-
stylvoorskrifte, daardie voorbeelde aan te pas vir jou eie doeleindes, of gewoon van meet af aan jou
eie styl te ontwerp. Welke van hierdie opsies ook al op jou van toepassing is, is daar twee wagwoorde
om in gedagte te hou. Ten eerste, konsekwentheid: jou styl moet in alle opsigte konsekwent toegepas
word, dws deurgaans op dieselfde manier. Die tweede is dat die styl wat jy aanneem moet sin maak
21
ten opsigte van die doelwitte van elkeen van die verskillende aspekte van tegniese styl – byvoorbeeld,
waar die doel van uitleg deels is om jou teks maklik leesbaar te maak moet jou uitleg van so aard
wees dat dit inderdaad maklik is om jou teks te lees.
Twee verdere algemene praktiese wenke:
- Dit is soms nuttig om joernaal-stylvoorskrifte na te volg. Tog, indien jy dit sou doen onthou dat die
dryfvere wat joernaalstyle bepaal anders is as dié wat jou skripsie se styl bepaal. Die hoofoorweging
by joernale is om spasie te bespaar – dit verklaar byvoorbeeld die gebruik van kruisverwysing met
verkorte verwysings in die voetnotas. Hierdie spasiebesparings-oorweging is geensins ter sake in ʼn
proefskrif, verhandeling, mini-verhandeling of skripsie nie. Dit laat jou vry om party van die meer
ingewikkelde en tydrowende aspekte van joernaalstyle te laat vaar, waar hulle doel alleen is om spasie
te bespaar.
- Sou jy kies om jou eie styl te skep moet jy reg aan die begin van jou studie ʼn stylblad skep waarop
jy deurgaans neerskryf hoe jy spesifieke goed doen. As jy dit nie doen nie gaan jy deur die loop van
jou studie vergeet hoe jy sekere dinge doen, wat inkonsekwenthede gaan veroorsaak wat jy later sal
moet regstel, ten koste van jou geestesgesondheid. Onthou ook om jou stylblad op datum te hou soos
jy voortgaan.
Tegniese aanbieding slaan breedweg op vyf aspekte: die organisasie van jou teks (afdelings, opskrifte
ens); konsekwente gebruik van woorde, frases, afkortings, verkortings en leestekens; die gebruik van
aanhalings; voetnotas (verwysings); en die bronnelys.
In wat volg verskaf ons besonderhede oor elk van hierdie aspekte.
5.2 Organisasie van die teks – hoofstukke, afdelings en opskrifte:
Jou navorsingsteks sal in breë dele opgedeel wees – hoofstukke of dele. Hoe jy besluit om dit te doen
is jou keuse, maar die aard van hierdie indeling en die manier waarop dit aangebied word moet sin
maak, dws dit moet duidelik die substantiewe organisasie van jou teks weerspieël en die teks
toeganklik en maklik leesbaar maak.
ʼn Paar wenke in hierdie verband:
Binne hoofstukke of dele sal daar ook verdere onderafdelings wees. Besluit vroegtydig hoe jy hierdie
wil nommer en doen dit dan konsekwent daarna.
Meeste joernale/uitgewers laat nummering alleen vir drie vlakke van opskrifte toe. Die Constitutional
Court Review (CCR), SA Publiekreg (SAPR) en African Human Rights Law Journal (AHRLJ), doen
22
byvoorbeeld die volgende: 1.; 1.1; 1.1.1; daarna geen nummering nie, opskrifte kom gewoon in
kursief.
Maak seker dat jy vroegtydig ʼn konsekwente styl vasstel ten opsigte van eenvoudige dinge soos of jou
opskrifte in vetdruk of kursief is; watter lettergrootte jy vir verskillende vlakke van opskrifte gebruik;
of jy ʼn punt gebruik na die opskrifnommer; of jy ʼn lyn oop los na ʼn opskrif ensomeer. Die CCR en
die AHRLJ gebruik byvoorbeeld die volgende styl: primêre opskrifte (1) in vetdruk 14pt grootte;
sekondêre opskrifte (1.1) in vetdruk 12pt grootte; derdeklas opskrifte (1.1.1) in vetdruk 12pt grootte;
daarna geen nummering, 12pt grootte, geen vetdruk maar kursief.
Hou die organisasie van die teks so eenvoudig moontlik. As algemene reël maak dit nie sin om jou
teks te so ver te verdeel dat meer as drie vlakke opskrifte nodig is nie. Om dit te doen maak die
organisasie van die teks te ingewikkeld en beperk die toeganklikheid en leesbaarheid daarvan.
Jou spasiëring moet ook deurgaans konsekwent wees, dws die spasiëring tussen sinne; paragrawe;
afdelings; opskrifte en teks ensomeer. Hier is leesbaarheid die oorwegende faktor en nie die besparing
van spasie soos by joernale nie.
5.3 Konsekwente gebruik van woorde, frases, afkortings, verkortings en leestekens:
Daar is altyd woorde, en frases wat mens dikwels gebruik in ʼn betrokke teks – gebruik mens
byvoorbeeld „grondwet‟ of „Grondwet‟? Besluit vroegtydig hoe jy elk van hierdie woorde of frases
wil gebruik (maak ʼn lys soos jy vorder) en doen dit dan konsekwent deurgaans.
Party van hierdie vrae is vir jou bepaal (byvoorbeeld wanneer om „hof‟ en “Hof” te gebruik), maar ten
opsigte van ander kan jy kies. Die wagwoorde bly konsekwentheid en dat dit moet sin maak (dws, in
hierdie geval, jy moet kan verduidelik hoekom jy ʼn sekere wyse gekies het).
Ten opsigte van afkortings (a of art vir artikel; bl of byl vir bylaag ens): Moet as ʼn algemene reël nie
afkortings in die teks gebruik nie (dit neem niemand langer om „artikel‟ as „art‟ te lees nie), maar jy
mag afkortings in die voetnotas gebruik – indien wel, doen dit konsekwent (stel ʼn lys op).
Ten opsigte van verkortings (akronieme): Vermy as ʼn algemene reël verkortings, maar as jy daarop
aandring, dan is dit die gebruik dat jy aan die begin van die teks ʼn lys van sulke verkortings verskaf.
Belangrik: selfs sou jy so lys aan die begin van die hele teks verskaf moet jy in elke hoofstuk van die
teks die verkortings weer opnuut vasstel. Dit wil sê, die eerste keer in ʼn gegewe hoofstuk dat jy ʼn
spesifieke term gebruik waarvoor jy ʼn verkorting het, skryf dit vol uit en gee dan die verkorting in
hakies: „ … in die Internasionale Konvensie oor Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte (die
IKSEKR) … ‟. Daarna kan jy gewoon die verkorting gebruik, tot die volgende hoofstuk.
23
Ten opsigte van leestekens: daar is meesal duidelike en vaste reëls oor leestekengebruik (bv die
voetnotanommer in die teks word altyd geplaas na enige leesteken; waar woorde in hakies geplaas
word in ʼn sin word die punt geplaas na die sluithakie, tensy die frase in die hakies ʼn volledige sin is,
in welke geval die punt voor die sluithakie kom, ensomeer). Raadpleeg joernaal-stylgidse vir die
algemeen aanvaarde reëls – die Stellenbosse Regstydskrif (Stell LR) se gids is goed in die verband.
5.4 Aanhalings:
As algemene reël moet jy aanhalings tot die absolute minimum beperk.
Daar is oor die algemeen twee soort aanhalings, elk waarvan verskillend hanteer word: Kort
aanhalings wat in die teks geplaas word; en langer aanhalings wat apart van die res van die teks
aangebied word as gevolg van hulle lengte.
Kort aanhalings word van die res van die teks onderskei deur die gebruik van aanhalingstekens. Jy
kan self besluit of jy enkel of dubbele aanhalingstekens wil gebruik (tensy dit aan jou voorgeskryf
word). Waar die kort aanhalings ʼn deel van die sin waarin dit verskyn is gebruik mens slegs
aanhalingstekens. Byvoorbeeld:
Chaskalson HR het beslis „daar is slegs een regstelsel‟.
As die kort aanhaling opsigself ʼn sin is, gebruik mens ʼn dubbelpunt saam met die aanhalingstekens.
Byvoorbeeld:
Chaskalson HR het die volgende beslis: „Sedert die inwerkingtreding van die
Grondwet is daar slegs een regstelsel‟.
As daar ʼn aanhaling binne ʼn aanhaling is, gebruik ander aanhalingstekens as die wat jy gewoonlik
gebruik. Byvoorbeeld:
Chaskalson HR het opgemerk dat „die “een regstelsel-beginsel” van toepassing is‟.
Lang aanhalings (apart): partykeer is ʼn aanhaling te lank om dit aan te bied as deel van die gewone
teks. Jy moet dan ʼn manier kry om dit duidelik as aanhaling aan te bied, dws dit van die res van die
teks te onderskei. Daar is verskillende maniere om dit te doen:
CCR/AHRLJ – aanhaling in aparte paragraaf; met inspring („indent‟) (die hele
aanhaling); 10pt lettergrootte; geen aanhalingstekens nie.
SAPR – soos bo, maar 11pt lettergrootte.
Stell LR – aanhaling in aparte paragraaf; selfde lettergrootte; inspring; met
aanhalingstekens.
24
Joernale verskil ook oor wanneer om ʼn aanhaling van die res van die teks te skei:
CCR/AHRLJ – indien die aanhaling langer as 30 woorde is.
Stell LR – wanneer die aanhaling ʼn volledige sin is.
Joernale verskil ook oor waar die voetnootnommer in die teks ten aansien van so aanhaling moet
verskyn:
CCR/AHRLJ – aan die einde van die sin in die gewone teks wat die aanhaling inlei.
SAPR – aan die einde van die aanhaling.
Vermy verandering van aanhalings van die oorspronklike. Waar dit onvermydelik is, moet dit soos
volg geskied:
Indien jy dele van ʼn aanhaling uitsny, gebruik ellipse, dws ... of (...), afhangend van jou
leestekenstyl. Byvoorbeeld: „Daar kan geen ratifisering geskied van ʼn kontrak ... wat verbied
word ... deur wetgewing nie.‟
Indien jy ʼn aanhaling verander of daartoe toevoeg, gebruik vierkantige hakies: „Die advokaat
[vir die appellante] [het] die punt [geargumenteer].‟
5.5 Voetnotas - verwysing
Voetnotas word met twee doelwitte gebruik: om punte te maak wat alleen aanvullend is tot die hoof
teks; en vir verwysing na bronne. Ons bespreek alleen laasgenoemde hier.
Die gebruikswyse ten aansien van voetnotas is waar die verskil tussen styl in joernale en styl in ʼn
proefskrif, verhandeling of skripsie die duidelikste is. Voetnota styl in joernale is hoofsaaklik daarop
gemik om spasie te bespaar, soveel as moontlik sonder om omvattendheid van verwysing prys te gee.
Dit is nie die geval in studie-navorsing nie – daar is daar geen rede om spasie te bespaar nie.
Eerstens ʼn algemene punt: Dit is voor die hand liggend dat, in proefskrifte en verhandelings voetnotas
se nummering opnuut begin in elke hoof-afdeling (dws hoofstuk) van jou teks – andersins eindig jy
met voetnota 10 500 in jou slot!
Die basiese reël ten opsigte van voetnota-verwysing is weereens konsekwentheid en dat dit moet sin
maak, maar sin vir watter doel? Die doel van verwysing in voetnotas is a) om alle nodige inligting oor
bronne te verskaf om dit vir lesers moontlik te maak om ʼn verwysing op te volg vir eie verder
navorsing; en b) om behoorlik erkenning te gee aan die bron waarop jy steun in die teks (dws die bron
25
van die idee, argument, inligting, perspektief, insig wat in die teks ʼn rol speel). Dit beteken dat jou
verwysings so volledig moet wees as wat nodig is vir hierdie twee doelwitte.
Die spesifieke styl van jou voetnota verwysings (die leestekens, volgorde van inligting ens) is jou
keuse, maar ten minste die volgende inligting moet verskaf word ten opsigte van die volgende bronne:
Boeke: Outeur(s) se naam (name) (voorletters en vane), titel van boek, datum van publikasie
(insluitend uitgawe nommer indien 2e of latere uitgawe); bladsynommer van verwysing (in
voetnotas geen uitgewer en plek van uitgawe nie, dit kom in die bronnelys) (losblad
publikasies: gee aanduiding van die uitgawe sowel as die hersieningnommer.
Hoofstukke in boeke: Hoofstuk-outeur(s) se naam (name) (voorletters en van), titel van
hoofstuk; redakteur(e) van boek se naam (name) (voorletters en van), aanduiding dat hulle
redkateure is (red; reds), boek se titel, datum van publikasie, eerste bladsynommer van
hoofstuk, bladsynommer van verwysing.
Joernaal artikels: Outeur(s) se naam (name) (voorletters en van), titel van artikel (in
aanhalingstekens), jaar van die betrokke joernaalvolume, volume nommer van die joernaal,
joernaal titel (beter om nie verkortings te gebruik nie), eerste bladsynommer van artikel,
bladsynommer van aanhaling.
Proefskrifte, verhandelings: Naam van outeur, titel van proefskrif/verhandeling; beskrywing
van proefskrif/verhandeling (dws LLD Proefskrif, PHD proefskrif, LLM verhandeling ens),
naam van instelling waar voltooi, datum van voltooiing, bladsynommer vir verwysing
Hofsake: Volle verwysing – waar meer as een hofverslagreeks, kies een en hou daarby.
Internasionale instrumente: Vol titel, datum.
Wetgewing: Vol titel en verwysing.
Webtuistes: Naam van outeur, titel van stuk, webtuiste (url), datum waarop geraadpleeg
(indien stuk in harde kopie beskikbaar, verwys altyd eerder na die harde kopie).
Verslae ens: Instelling waaruit voortspring, outeur se naam (waar van toepassing, verslag se
titel, datum van publikasie).
26
Kruisverwysing ((n 5 bo); (nota 5 bo); (n 5 supra) ens): Tensy dit van jou vereis word, beter om dit
geheel te vermy. Joernale vereis kruisverwysing omdat dit ʼn uitstekende manier is om spasie te
bespaar. Daar is in beginsel niks daarmee verkeerd om volledig na ʼn bron te verwys elke keer wat jy
daarna verwys nie. Ten beste kan jy dalk „soos bo‟ of „supra‟ of „ibid‟ gebruik waar die verwysing in
voetnota na dieselfde bron is as die verwysing in die onmiddellik voorafgaande een.
5.6 Bronnelys
Die doel van ʼn bronnelys is weer tweeledig, soos by voetnotas, dws om die teks te verbeter as bron vir
verdere navorsing en om behoorlike erkenning te gee aan bronne.
Die verskil tussen verwysings in voetnotas en die lys van bronne in ʼn bronnelys is dat mens meer
volledige inligting kan gee in ʼn bronnelys.
In voetnotas verwys mens alleen na daardie bronne waarop mens inderdaad steun in die teks. Wat
doen mens in die bronnelys? Daar is twee benaderings in die verband:
- Die eerste is dat die bronnelys volledig al die bronne moet vervat wat inderdaad na verwys word
in die teks en slegs daardie bronne (hierdie is die meer algemene benadering in die regte).
- Die tweede is dat die bronnelys al die bronne moet vervat waarop gesteun is in die
voorbereiding van die proefskrif ens, of dit nou direk na verwys is of nie. Hierdie is die meer
algemeen benadering in die mens- en geesteswetenskappe.
Jy moet uitvind watter benadering jou studieleier of universiteit verkies/voorskryf. Die
laasgenoemde benadering lyk tog die beter een. Dit is meer volledig en maak so jou werk meer
bruikbaar vir verdere navorsing en dit verseker dat jou bron-erkenning so volledig as moontlik is.
Ten opsigte van daardie bronne wat in die bronnelys geplaas word, watter inligting moet ingesluit
word?
Boeke: Voeg uitgewer en plek van uitgawe by.
Hoofstukke in boeke: Voeg uitgewer en plek van uitgawe by.
Joernaal-artikels, proefskrifte, internetbronne, hofsake, wetgewing, internasionale instrumente,
verslae: soos in voetnotas.
Indien jy na ʼn hoofstuk in ʼn geredigeerde boek verwys in jou voetnotas moet beide die boek en die
spesifieke hoofstuk waarna jy verwys apart verskyn in die bronnelys.