ngk vanstadensrivier€¦  · web viewjoh. 3:30 “hy(jesus) moet meer word en ek minder” kol....

4
‘n VIA DOLOROSA VIA DOLOROSA (Latyn vir “lydenspad”) is ’n straat in die ou gedeelte van Jerusalem wat volgens tradisie, die roete is wat Jesus gestap het op pad na Sy kruisiging op Golgota. Op die pad is daar veertien “stasies van die kruis”. Die roete begin net buite Leeupoort. Dit is in die omgewing van Pontius Pilatus se paleis, waar Jesus se verhoor plaasgevind het. Sesde Stasie: Veronica bied haar sluier vir Jesus aan Skriflesing: Joh. 3:30 “Hy(Jesus) moet meer word en ek minder” Kol. 3:10 “Al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper”. Dit beteken: Ek en jy wat glo “is bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, Jesus Christus”. In Sesde Stasie word die kyker voorgestel aan die passie en deernis van een van die staatmaker-vroue in die kerk van daardie tyd. Probeer jou dit voorstel: die medelye van die heilige Veronica. Toe sy Jesus in soveel

Upload: others

Post on 17-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NGK Vanstadensrivier€¦  · Web viewJoh. 3:30 “Hy(Jesus) moet meer word en ek minder” Kol. 3:10 “Al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper”. Dit beteken: Ek

‘n VIA DOLOROSA

VIA DOLOROSA (Latyn vir “lydenspad”) is ’n straat in die ou gedeelte van Jerusalem wat

volgens tradisie, die roete is wat Jesus gestap het op pad na Sy kruisiging op Golgota. Op

die pad is daar veertien “stasies van die kruis”. Die roete begin net buite Leeupoort. Dit is in

die omgewing van Pontius Pilatus se paleis, waar Jesus se verhoor plaasgevind het.

Sesde Stasie: Veronica bied haar sluier vir Jesus aan

Skriflesing:

Joh. 3:30 “Hy(Jesus) moet meer word en ek minder” Kol. 3:10 “Al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper”.

Dit beteken: Ek en jy wat glo “is bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, Jesus Christus”. In Sesde Stasie word die kyker voorgestel aan die passie en deernis van een van die staatmaker-vroue in die kerk van daardie tyd. Probeer jou dit voorstel: die medelye van die heilige Veronica. Toe sy Jesus in soveel pyn sien, Sy gesig verwronge tussen sweet en bloed, het sy haar sluier vir Hom aangebied. Jesus het sy gesig afgevee, en op die doek is die beeld van Sy heilige voorkoms agtergelaat .

Oordenking: Hoe is dit op jou en my van toepassing? Hoe moet ek en jy ook afbeeldings van Jesus in hierdie wêreld nalaat? Jy met jou gawes en ek met myne… hoe sal die afbeeldings wat ons in hierdie wêreld nalaat, van mekaar verskil? Wees prakties………………………….....................................………………………………………En so moet ons optrede wees: dat mense vir Jesus in ons kan raaksien. Tog moet ons nooit die fout maak om te dink dat Jesus net raakgesien gesien gaan word onder

Page 2: NGK Vanstadensrivier€¦  · Web viewJoh. 3:30 “Hy(Jesus) moet meer word en ek minder” Kol. 3:10 “Al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper”. Dit beteken: Ek

hulle wat elke Sondag in die kerk sit nie. Dalk juis nie, want volgens die Bybel moet ons gaan soek onder die straatveërs, en bedelaars en HIV- lyers. Want die Woord sê vir

ons: vir sover julle dit aan hulle gedoen het, het julle dit aan Jesus self gedoen. (Mat. 25:40) 

Ek en jy moet Jesus se gesig in hierdie wêreld wees, sodat ander Hom in ons kan raaksien. En belangrik: God beskou sy selfportretstudies as die belangrikste!!! Hy noem ons die kroon van Sy skepping. En elke keer wanneer ons in die spieël kyk… sien ons dat Hy ons na Sy beeld geskape het… sien ons een van God se selfportrette raak. En as God dan die Groot kunstenaar is… en ons sy selfportrette… hoe is dit dan dat ons nie God se portrette in mekaar kan raaksien nie?

Daarom… as jy dan nog nie vandag vir Jesus raakgesien het nie… maak jou oë wyd oop… kyk in die spieël… kyk na jou mooi gesin… gaan hou die straat dop… en maak jou hart vir Hom oop!!!

GebedGeliefde Jesus

U gesig was so volmaak voor hierdie Via Dolorosa-reis begin het

maar nou het dit veranderverwronge

geskend met bloed en wonde

my hart was ook reingevul met mooi en heilge dinge

toe ek gedoop is en toe ek U in my lewe ingenooi het

maar sedertdien is dit beskadig

met sondes en verkeerde gedagtes onvergewensgesindheid en haatdraend

U alleen kan my weer skoon was

met U bloed nie omdat ek dit verdien nie

maar uit genade alleen

ek bely my sondealles wat tussen my en U staan

sodat ek weer U volmaakte beeld in hierdie wêreld kan vertoon

dankie dat U Woord ons leer

as ons ons sondes bely

Page 3: NGK Vanstadensrivier€¦  · Web viewJoh. 3:30 “Hy(Jesus) moet meer word en ek minder” Kol. 3:10 “Al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper”. Dit beteken: Ek

U is getrou en regverdigU vergewe ons

en reining ons van alle ongeregtigheidamen

Opdrag Kinders: Teken ‘n prentjie van jouself; Of skryf ‘n gedigge oor jouself; Whatsupp aan tannie Monica of oom Gideon.