noord kaap 12 junie 2013

16
Tel (053) 831 2331 Woensdag 12 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant 6 Uitreik verryk harte 10 Finalis modebewus 13 Pas op vir kloning 16 Edwin geniet sy ruskans Diamantstad se koerant Hats Hats off to you! off to you! Ruan Bruwer ’n BAIE bekende en geliefde pastoor van Kimber- ley, Flip Kühn, se jongste seun, Pieter (22), is Maandag in ’n motorfietsongeluk oorlede. Hy sou in Oktober 23 jaar oud geword het. Pieter was saam met vriende op ’n motorfietsrit na Namibië onderweg toe die ongeluk klaarblyklik laat Maandagmiddag naby Keetmanshoop gebeur het. Flip het hom eergisteraand daarheen gehaas. Bitter min inligting oor die ongeluk was gister teen druktyd nog bekend. Die groep wat die motorfietsrit aangepak het, het Sondag vertrek. Pieter het in ’n huis waarin motorfietsry ’n groot passie is, grootgeword. Sy pa, Flip, pastoor van die Bikers’ Church in Kimberley, is ’n ywerige motor- fietsryer. Pieter het volgens ’n vriend onlangs weer ge- reeld begin motorfiets ry nadat hy eers op sy studie gefokus het. Hy het in 2008 aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) Kimberley gematrikuleer waarna hy argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gestudeer het. Hy het sy eie argitektuur- firma hier begin. Volgens ’n vriend, Cohan Erasmus, het Pieter nie kennisse ge- had nie, maar vriende. “Hy het vriende ge- maak met almal wat sy pad gekruis het. Ek kan eerlikwaar hy het nooit ’n slegte woord oor iemand te sê gehad nie.” Volgens Erasmus was hulle goeie vriende op hoërskool, maar het mekaar ná skool, toe Pieter Bloemfontein toe is, minder gesien. “Wanneer ons mekaar egter raakgeloop het, het ons steeds lekker gesels.” Volgens Johann Steyn, hoof van die HTS Kim- berley, het hy nie vir Pieter klas gegee nie en het hy hom dus nie baie goed geken nie. “Ek kan wel dit sê: Hy het ’n aangename per- soonlikheid gehad en het geleef. Pieter het regtig ’n groot sukses van sy lewe gemaak. Dit is regtig ’n groot skok vir ons. Die skool se simpatie en me- delye gaan uit na Flip en sy gesin.” Gister teen 21:00 het die eerste mens op Flip se Facebook-profiel medelye begin toon. Daarna het tientalle gevolg. Renthia Brits het geskryf: Niks wat ons vir julle sê, kan jul pyn beter maak nie. Ons het nie woorde om te sê hoe jammer ons is oor jul verlies nie. Ons bid vir julle en weet die Here sal julle dra. Flip het onlangs die volgende inskrywing op sy profiel gemaak: God is groter as enige uitdaging op jou lewenspad. Moenie quit nie, moenie tou opgooi nie. Pieter word deur sy ouers, Flip en Lynette, ’n ouer broer, Kobus (24), en jonger suster, Lyrene (21), oorleef. Hy het ook ’n ouer stiefsuster, Lienka. Geen begrafnisreëlings was gister al bekend nie. Hou gerus ons webtuiste vir inligting daaroor dop. Pastoorseun sterf ’n ONLANGSE foto van Pieter Kühn op Facebook. Foto: Facebook PETE VAN ZYL and Marinda le Grange were the most fashionably dressed race-goers at the Rotary Club of Kimberley’s fun evening on Friday. The theme of the event was a mini Durban July with a horse race taking place on a big screen. The public who atten- ded the evening could bet on their favourite horse and win some money. The aim of the evening was to raise money. Photo: Ruan Bruwer

Upload: noord-kaap

Post on 10-Mar-2016

279 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Noord kaap 12 junie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Noord kaap 12 junie 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 12 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

6

Uitreik verrykharte

10

Finalismodebewus

13

Pas op virkloning

16

Edwin genietsy ruskans

Tel (053) 831 2331 Woensdag 12 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

HatsHatsoff to you!off to you!

Ruan Bruwer

’n BAIE bekende en geliefde pastoor van Kimber-ley, Flip Kühn, se jongste seun, Pieter (22), isMaandag in ’n motorfietsongeluk oorlede. Hy souin Oktober 23 jaar oud geword het.Pieter was saammet vriende op ’n motorfietsrit

naNamibiëonderweg toedieongelukklaarblykliklaat Maandagmiddag naby Keetmanshoop gebeurhet. Flip het hom eergisteraand daarheen gehaas.Bitter min inligting oor die ongeluk was gister

teen druktyd nog bekend.Die groep wat die motorfietsrit aangepak het,

het Sondag vertrek.Pieterhet in ’nhuiswaarinmotorfietsry ’n groot

passie is, grootgeword. Sy pa, Flip, pastoor van dieBikers’ Church in Kimberley, is ’n ywerigemotor-fietsryer.Pieter het volgens ’n vriend onlangs weer ge-

reeldbeginmotorfiets rynadathyeers op sy studiegefokus het. Hy het in 2008 aan die Hoër TegnieseSkool (HTS) Kimberley gematrikuleer waarna hyargitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat

(UV) gestudeer het. Hyhet sy eie argitektuur-firma hier begin.Volgens ’n vriend,

Cohan Erasmus, hetPieter nie kennisse ge-had nie, maar vriende.“Hy het vriende ge-

maak met almal wat sypad gekruis het. Ek kaneerlikwaar sê hy hetnooit ’n slegte woordoor iemand te sê gehadnie.”Volgens Erasmus

was hulle goeievriende op hoërskool,

maarhetmekaarnáskool, toePieterBloemfonteintoe is, minder gesien.“Wanneer ons mekaar egter raakgeloop het, het

ons steeds lekker gesels.”Volgens Johann Steyn, hoof van die HTS Kim-

berley, het hy nie vir Pieter klas gegee nie en het

hy hom dus nie baie goed geken nie.“Ek kan wel dit sê: Hy het ’n aangename per-

soonlikheid gehad en het geleef. Pieter het regtig’n groot sukses van sy lewe gemaak. Dit is regtig’n groot skok vir ons. Die skool se simpatie en me-delye gaan uit na Flip en sy gesin.”Gister teen 21:00 het die eerste mens op Flip se

Facebook-profiel medelye begin toon. Daarna hettientalle gevolg.Renthia Brits het geskryf: Niks wat ons vir julle

sê, kan jul pyn beter maak nie. Ons het nie woordeom te sê hoe jammer ons is oor jul verlies nie. Onsbid vir julle en weet die Here sal julle dra.Flip het onlangs die volgende inskrywing op sy

profiel gemaak:God is groter as enige uitdaging opjou lewenspad. Moenie quit nie, moenie tou opgooinie.Pieter word deur sy ouers, Flip en Lynette, ’n

ouer broer, Kobus (24), en jonger suster, Lyrene(21), oorleef. Hyhet ook ’n ouer stiefsuster, Lienka.Geen begrafnisreëlingswas gister al bekendnie.Hou gerus ons webtuiste vir inligting daaroor

dop.

Pastoorseun sterf

’n ONLANGSE fotovan Pieter Kühn opFacebook. Foto: Facebook

PETE VAN ZYL and Marinda le Grange were the most fashionably dressed race­goersat the Rotary Club of Kimberley’s fun evening on Friday. The theme of the event wasa mini Durban July with a horse race taking place on a big screen. The public who atten­ded the evening could bet on their favourite horse and win some money. The aim ofthe evening was to raise money. Photo: Ruan Bruwer

Page 2: Noord kaap 12 junie 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

HulpmetprojekgevraWINTERHOOP is ’nlandwye insamelingvan goedere insamewerking metkerke, welsynsorga-nisasies en diemedia om die noodin die land in diewinter te verlig.Die ACVV

Kimberley doen ’nberoep op diepubliek om hullevan komberse,warm klere enonbederfbare voedselte voorsien.Dit kan by die

ACVV-kantoorafgegee word.Die ACVV-kantoor

kan tussen 07:30 en16:00 telefonies by053-831-5815 bereikword.

Konsert vir Lika gehouGELD gaan vir die tweejari-ge Lika du Randt vanDelportshoop, wat sonderbeenmurg gebore is, ingesa-mel word met ’n optredevan Gretha Pers en Wys-neus in die saal van dieLaerskool Eureka.Lika het ’n beenmurgoor-

planting gekry, maar hetnou ’n virus opgedoen.

Kaartjies vir die konsertop Vrydag 14 Junie kan bydie Laerskool Eureka,asook die Laerskool New-ton, die Laerskool Staats enD’frent Clothing in dieDiamond Pavilion Mall,gekoop word.Dit kos R60 vir volwasse-

nes en R10 vir kindersjonger as drie jaar.

ORATILE LOUW, ’ngr. 1­leerling aanCBC, se kunstigheidhet aan haar die eerbesorg dat haarkunswerk in dieSantam­kinder­kunskalender van2013 ingesluit is. Syneem lesse aan dieKimberley­kunssen­trum. Haar werk iseen van 13 werkewat gekies is. Die te­ma vir die kalenderis Die wonderliksteding in die wêreld.Louw se kunswerkis getitel Die sons­ondergang inmyag­terplaas. Gaan naNoordkaap se web­werf vir die skakelna haar prent en dieander gekose pren­te. Hier spog Oratilemet haar skets in diekalender. Foto: Verskaf

Vereer virhaar kunsin nuutstekalender

Mej. DHSwyssó sy gee om

Ruan Bruwer

OM as Mnr. en Mej. Diamantveld (DHS) ge-kies te word gaanmet ’n paar verantwoorde-likhede gepaard. Een daarvan is dat diewen-ners gedurende die jaar ’n welsynsprojekmoet voltooi.Volgens Mareth Hugo, waarnemende

skoolhoof van DHS, is dit vir die skool be-langrik om iets aan die gemeenskap terug tegee enmet hierdie projekword leerlinge ookvan die nood van ander bewus gemaak.Michelle du Plessis, Mej. DHS 2013, het

daarom besluit om komberse in te samel.“Ek weet nie hoe dit is om koud te slaap

nie en daarom wil ek arm kinders en straat-kinders hierdie winter ’n kans gee om diekoue te probeer ontduik,” het sy gesê.Die hele skool is betrek en elke leerling is

vir ’n kontantskenking of kombers gevra.Haar projek het die hart vanOuMutual aan-geraak en die maatskappy het R6 000 ge-skenk.Met die bydrae van die borge en die skool

se leerlinge kon Michelle 263 komberse aan-koop.’n Steunpilaar van hierdie omgewing, Fre-

da Meiring, het aangebied om Michelle tehelp om die komberse te versprei.DHS het besluit om verder by te dra en het

nog 150 komberse vir die kinders van die Re-lebohile-sentrum in Diamondpark ingesa-mel. Saam met die uitdeel daarvan het diekinders ook brood en sop ontvang.

MICHELLE help met die opskep van sopvir die kinders van Greenpoint waar syonlangs ’n klomp komberse uitgedeelhet wat sy ingesamel het.

MICHELLE DU PLESSIS, Mej. Diamantveld 2013, hoop dié komberse sal die kindersin Greenpoint help om die winter se byt te oorkom. Foto’s: Verskaf

Page 3: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 3

VIER redenaars van die Hoërskool Noord­Kaap het na die eindronde van die ATKV­redenaarskompetisie vir Afri­kaans addisionele taal­sprekers deurgedring. Hulle is van links Boineelo Kgoronyane (seniors, tweede addisioneletaal), Monique Bredenkamp (seniors, eerste addisionele taal), Cherié Bredenkamp (juniors, eerste addisioneletaal) en Zimkitha Duze (juniors, tweede addisionele taal). Foto’s: Ruan Bruwer

SKAAK in die Noord­Kaap het die afgelope tyd geblom met tweespelers uit die provinsie, Bernize van der Walt (links) en MininkeSmith, wat met ’n plek in die nasionale skaakspan beloon is. Hullegaan in Desember vir die wêreld­jeugskaakkampioenskapsbyeen­koms na die Verenigde Arabiese Emirate reis. Slegs drie spelersword per ouderdomsgroep gekies. Mininke is vir die o.8­meisie­span gekies en Bernize vir die o.12­meisiespan.Minike het eers ver­lede jaar begin skaak speel.

DRIE redenaars van die Laerskool Staats is deur na die halfeindron­de vandieATKV­redenaarskompetisie. Hulle is van links Jodi Botha,Henco van der Merwe en Zandrie Grundeling.

DIE Laerskool Staats het vyf spelers wat tot die Noord­Kaapse skaakspan verkies is. Hulle is van links Lourievan Reenen (o.7), Wicus Diedericks (o.12), Anne Diedericks (o.14), Jodi Botha (o.14), Barco Scheffer (o.10) en Lou­rens Scheffer (o.7).

Ken hul skaakskuiwe

Speel skaak op nasionale vlak

Praat hul pad oop na halfeindronde

Doen hul woord in Afrikaans

Page 4: Noord kaap 12 junie 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

ATKV verdienlof en steunDIE ATKV verdien die steun ensamewerking van alle Afrikaans-sprekendes vir sy poging om vanAfrikaans een van die ampstalete maak wat deur regeringsinstan-sies oor die land heen gebruikword.Behalwe vir Engels het die

ANC-regering die ander tienamptelike tale gruwelik verwaar-loos.Ingevolge die Grondwet moes

die regering ’n talewet in werkingstel wat die ander ampstale ookbevorder.Daarmee het die regering

anderhalf dekade gesloer totdatdie taalaktivis Cerneels Lourenshom in die hof gedwing het om ditte doen. Opsigself spreek dítboekdele van die regering se ernsmet die ander ampstale.’n Talewet is nou van krag. Een

van sy regulasies is dat nasionaledepartemente en openbareondernemings soos Telkom binnedie volgende 18 maande drie

ampstale vir gebruik moetaanwys.Die ATKV wil hom in dié tyd

daarvoor beywer dat Afrikaans eenvan dié drie ampstale moet word.Hy het ’n sterk saak.Afrikaans is onder die drie mees

gebruikte tale in ses provinsies enis 13,5% van die bevolking sehuistaal.Die ATKV gaan twee uitdagings

moet oorkom.Die een is die wanopvatting

onder baie mense dat Afrikaans nie’n inheemse taal is nie. Die anderis dat Afrikaans die taal van dieverdrukker is.Dr. Danny Titus, uitvoerende

direkteur vir kultuur van dieATKV, was ’n universiteitstudenttoe die ’76-opstande uitgebreek het.Hy het ook gestruggle teen apart-heid – in Afrikaans.Afrikaans was die taal waarin hy

apartheid beveg het. Sê gerus virhom sy huistaal is die taal van dieverdrukker.

GEBEURTENISSE op 12 Junie in diegeskiedenis:

1929 – Die Nasionale Party (NP) wen78 van 148 setels in die algemeneverkiesing. Genl. JBM. Hertzog, sedert1924 aan die bewind, bly die premier.

1948 – Dr. Anton Rupert se Rem-brandt-tabakmaatskappy stel sy eerstesigarette bekend.

1963 – Pretoria ervaar sy koudste dagin 110 jaar toe temperature nie hoër as8°C styg nie.

1964 – Nelson Mandela, Walter Sisulu,Govan Mbeki en vyf ander swart leiersword met die voltooiing van die Rivonia-hoogverraadsaak tot lewenslange

tronkstraf gevonnis.1977 – Gekleurde studente word

amptelik aan die Universiteit vanStellenbosch (US) toegelaat.

1989 – Die “Broederstroom Drie”,lede van die ANC se verkenningseen-heid, beken skuld en word weensterrorisme gevonnis.

1990 – Die ANC en die Pan Africa-nist Congress (PAC) onderteken ’nooreenkoms waardeur hul lede aan dieOos-Rand tot politieke verdraagsaamheidverbind word.

Geboortes op die dag:1932 – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse

sopraan.1932 – Patrick Mynhardt, Suid-Afri-

kaanse rolprent- en teaterakteur (sterf in2007).

1935 – Fanie Kuhn, wat tussen 1960 en1965 in 19 toetse vir die Springbokke indie voorry gesak het.

1981 – Gürthro Steenkamp, Springbok-voorry met 32 toetse agter sy naam.

1983 – Bryan Habana, rekordhouer virdie meeste toetsdrieë vir die Springbok-ke.

Leer eerder onreg reg bestuurHannes Noëth

AI, en daar steel hulle toe mos nouverlede weekOusus se selfoon. Tweeblokke van die huis af. Uit die voer-tuig. Eintlik maar ’n hele sameloopvan omstandighede. Tydens die mu-siekeksamen is die logiese reëling:geen selfoon nie. Onbewus daarvandat Ma die voertuig gaan laat was,glip sy die foon agter die voertuig sesitplek in. Twee uur later is Ma sevoertuig skoon, Sus se eksamenklaar en die foon weg. Kenmerkendvan Suid-Afrika se onbetroubaar-heid kan ons sug. Dit ismaar een vandaardie dinge, kan ons gelate aan-vaar. Tog het die impak van so ’n“klein” misdaad gevolge. In onshuisgesin is dit ’n ramp wanneer soiets gebeur. In ’n groot gesin moet jy

redelik netwerk om almal altyd be-tyds oral te kry.Ousus is die kommu-nikasie na Jonger Sus.Tog dierbaar hoe ’n mens in so ’n

tydjie planne maak, tot Babasusbring haar foon van R2,99 om te kykof Sus nie beter voel nie . . .Vir Oususwil ek sê: Die lewe is nie

altyd regverdig nie. Dit is maar ’nvoorbeeld van baie onregwat oor joulewenspad sal kom.Hoe ’n mens onreg bestuur, sal jou

’n sterker en beter mens maak. On-reg word nooit reg nie, maar ’nmenskan leer om onreg reg te bestuur.Ek is regtig jammer dat jy nou ’n

tydjie sonder ’n foon sal moet wees.Vir die selfoonboef wil ek sê: Ek

glo jy het dit nodiger gehad as ons ge-sin. Ek vind dit moeilik om te dinkdit gaan vir jou vreugde of enige seë-ninge bring.Ek is nie vir jou kwaad omdat jy

die foon gevat het nie. Ek is vir joukwaad omdat jy my kind ’n onregaangedoen het. Ek is vir jou kwaadomdat jy haar vertroue in ’n mede-mens geskok het, omdat jy selfs diesekuriteitsruimte van ’n voertuignie gerespekteer het nie.Tog kon jy maar net die foon vat

– ons gesinsvreugde, ons saamlag enspot agterna, ons onreg wat ons regbestuur – dít is dinge daardie wat jynie aan kon raak nie.Intussen leer ek Sus om die onreg

te bestuur . . .

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelo-pe week nuus gemaak het:) Die hooggeregshof in Kimberley sal op 16Augustus ’n verduideliking van die Noord-Kaapse premier aanhoor oor waarom dieprovinsie se taalwet nog nie ingestel is nie.Dit kom nadat die taalregte-aktivis CerneelsLourens stukke in die Noord-Kaapsehooggeregshof uitgereik het waarin hy diepremier daag om die versuim om dieNoord-Kaapse taalwet te finaliseer te komverduidelik.) Die aansoek om ontslag van Michael vanRensburg, wat daarvan aangekla word dathy in Mei 2010 diamante van sowat R1,2miljoen uit die Harry Oppenheimer House(HOH) gesteel het, is geweier. Regter MphoMamosebo het gesê sy is tevrede daar isgenoeg bewyse om met die saak voort tegaan.) Die minister van minerale hulpbronne,Susan Shabangu, het in haar openingsredeop die Kimberley-proses (KP) se sertifise-ringstelsel gesê die organisasie moet eerdernuwe lede werf as om tugstappe teenoortreders te doen.Uiteenlopende menings is gelug oor diemaniere waarop opgetree moet wordwanneer konflikdiamante ter sprake is.) Die omstrede John Block, LUR virfinansies, ekonomiese sake en toerisme, enAlvin Botes, LUR vir maatskaplike dienste,het die verwagte valbyl ontduik en hul

plekke in premier Sylvia Lucas se uitvoe-rende raad behou.Alvin Botes is nou LUR vir samewerkenderegering en tradisionele sake, KennyMmoiemang is die nuwe speaker in dieplek van Boeboe van Wyk en Mac Jackword LUR vir vervoer, veiligheid ensekuriteit in die plek van Patrick Mabilowat Sylvia Lucas se ou portefeulje, omge-wingsake en natuurbewaring, oorneem.Chukelwa Chotelo, tot nou toe die wetgewerse voorsitter van voorsitters, is in Botes seplek as LUR vir maatskaplike ontwikkelingaangestel.) Landbouprodusente moet koelkop blywanneer politici hulle die volgende 11maande tot die volgende verkiesing vir allesgaan beskuldig wat die afgelope 19 jaar indie land verkeerd geloop het. Só het Henkvan Wyk, president van Agri-Noord-Kaap,in sy openingsrede op die jaarlikse provin-siale kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) gesê.

SKETS: Danie Cronjé.

Page 5: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 5

SCHALK VAN DERMERWE, ’n oudleer­ling van hier en ’ntweedejaarstudentaan die Universiteitvan die Vrystaat(UV) waar hy BScWiskunde en Toege­pasteWiskunde stu­deer, is genooi om ’nlid van die GoldenKey InternationalHonour Society teword. Dit is ’n orga­nisasie wat wêreld­wyd erken word enaan studente erken­ning vir akademieseprestasie, leierskapen gemeenskaps­diens gee. Slegs15% van akademie­se toppresteerdersvan ’n spesifiekeuniversiteit wordgenooi om ’n lid tewees. Die voordelevir ’n Golden Key­lidsluit in internasiona­le beurse en eerbe­wyse, uitnodigingsna konferensies enberoepsgeleenthe­de. Schalk het in2011 aan die Hoër­skool Adamantiagematrikuleer.

Foto: Verskaf

Vadersdagsó begin

TUESDAY, 18June:

Keith Williams,manager: Environ-mental Health at theSol Plaatje Munici-pality, will speak onwaste managementin the municipalityat the next Wessapublic meeting.

The venue is theLady OppenheimerHall, McGregorMuseum. Everyoneis welcome. It startsat 18:30. The cost fornon-Wessa membersis R10.

Phone Suzanne on082-849-7655 with anyqueries.Saterdag 22

Junie:Stillerweë-huis vir

bejaardes, geleë opKestellhof, bied sygewilde jaarliksebasaar en kinderna-week aan.

Die verrigtingebegin om 09:30.

Alles wat jy van’n basaar kanverwag – lekkernyesoos kerrie-en-rys,vetkoek, lewerkoe-kies, koeksisters,yankees, poeding,koeke, terte, beskuit,pannekoek enbraaivleis – sal hiergenuttig kan word.

Op die basaar salook boeke, naald-werk en anderwit-olifantprodukteverhandel word.Saterdag 22

Junie:’n Byeenkoms van

die Diamantveld-takvan die Genealogie-se Vereniging vanSuid-Afrika vind om10:00 in die kerksaalvan die Gerefor-

meerde kerkKimberley plaas.

Johan Pottas vandie Vrystaat-tak,verbonde aan dieUniversiteit van dieVrystaat (UV), gaandie lede touwysmaak in familiena-vorsing. Hy is ’nbekende op diegebied en het alverskeie boeke oordie onderwerp dielig laat sien.

Bel die takvoorsit-ter, Petrus Fourie,by 081-330-6585.Saterdag 22

Junie:Die country-san-

gerbroers Tony enHarry Campbell vandie groep DieCampbells tree om21:00 in die Spring-bok Pub op. Toegangis R100.Tuesday, 25

June:Everything you

should know aboutthe basics ofcreative writing,poetry and publis-hing can be learnedat a creative writingworkshop presentedby Ricky Groene-wald, owner of TheInkSword Publis-hing.

The workshop willbe presented at theKimberley Libraryhall from 10:00 to11:30. Attendance isfree. This is forgr. 10 to gr. 12learners only.

If you are intere-sted, register before14 June. Directenquiries to Mariët-te or Santie on053-830-6241/2.) The InkSword is a

local black-ownedindependent publis-hing companydedicated to creati-vely produceAfrican stories on amulti-mediumplatform for globalappeal.VADERSDAG is die dag waarop pa’s agteroor

kan sit, hul hande die saligheid belowe en heer-lik bederf word. Dit word jaarliks op die derdeSondag in Junie gevier.

Dieoorsprongvandié spesialedagwas inSpo-kane, Washington. Sonora Smart Dodd het dieidee hiervoor gekry terwyl sy in 1909 na ’nMoe-dersdagerediens geluister het. Ná haar ma sedood is sy deurhaar pa,Henry JacksonStewart,grootgemaak. Sy vrou is in 1889 oorlede en hymoes self hul ses kinders grootmaak.

In sy dogter se oë was hy die liefdevolste enonselfsugtigste ouer. Dodd wou graag haar palaat weet hoe spesiaal hy vir haar was en omdathy in Junie verjaar het, het sy diémaand virVa-dersdag gekies. Die voorstel het wye steun vanverskillende instansies op haar tuisdorp ont-vang.

Dit was dus deur haar toedoen dat die dorpSpokane inWashington op 19 Junie 1910 die eer-steVadersdaggevierhet. In1924hetpres.CalvinCoolidge van Amerika die derde Sondag in Ju-nie as Vadersdag geproklameer.

Wenke omPa diéSondag te bederfBEDERF jou pa (of man) die Sondag op Vaders-dag. Hier is wenke om die dag spesiaal te maak:) Bring vir Pa ontbyt in die bed saam met dieSondagkoerant.) Oorhandig saam met die ontbyt aan hom ’nkaartjie en ’n geskenk.) Die groot geheim met ’n Vadersdagontbyt isdit moet kos wees waarvan hy hou.) Wees gehoorsaam.) Was en poleer sy motor.) Hou ’n Vadersdagbraai of –piekniek en laathom net agteroor sit en die dag geniet.) Berei sygunsteling-geregtevoorspesiaal sooshy daarvan hou.) Bied aan om die skottelgoed te was.) Laat hom ’n middagslapie geniet.) Pa’s waardeer gewoonlik enigiets van bil-tong, warmwolsokkies vir die winter, boeke enmusiek of praktiese, standaard-Vadersdagge-skenke soos ’n das of sokkies vir werk.

Beloon metlidmaatskap

Page 6: Noord kaap 12 junie 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

Reik uit na San-menseRuan Bruwer

ANSORI STRAUSS, voorsit-ter van haar skool se Lands-diensklub, het die nood vandie San-gemeenskap opSchmidtsdrift raakgesien enuit haar eie die leiding ge-neemomiets vir hulle te doen.Sy het die Hoër Tegniese

Skool (HTS) Kimberley seLandsdiensklub gevra omhaar te help en ThuliMolebal-wa, voorsitter van die HTS-landsdiensklub, het daartoeingestem. Baie klere is vir diebehoeftige mense ingesamel,asook lekkernye om die kin-ders ’n bietjie te bederf.VolgensStrausshet dit haar

laat besef waarvoor ’n mensdankbaar kan wees.“Dit laat jou ook besef die

dinge wat jy vanselfsprekendontvang, is die dinge waar-voor ander mense elke dagbid. Die projek het ’n verskilin daardie mense se lewe ge-maak, want jy kon ’n glimlagop hul gesig plaas.”Molebalwameendie uitreik

was ’n seëning.“Ek is baie dankbaar en bly

dat ek ’nverskil konmaak.Dit

is nie elke dag dat jy die ge-leentheid kry om deel van soiets te wees nie. Die glimlag-gies op daardie kinders se ge-

siggies is kosbaar,” het hy ge-sê.Strauss is in matriek aan

die Hoërskool Noord-Kaap.

ANSORI STRAUSS het letterlik ’n glimlag op kinders vanSchmidtsdrift se gesiggies gesit met haar onlangse uitreik­aksie na die San­gemeenskap. Foto: Verskaf

NIHE confers qualificationsReporter

DEGREES and diplomas wereconferred to 203 students ofthe National Institute for Hig-her Education (NIHE) Nor-thern Cape at the graduationceremony.A further 37 students recei-

ved their degrees at a gradua-tion ceremony held in Uping-ton.The award winners in the

different programmes are as

follows: Estelanie van Zyl(BEd.: NWU), Ruben Roberts(BCom.: UFS), OnkabetseMotsumi (BTech. in PublicManagement: CUT – cum lau-de), Hannes Kleingeld (Natio-nal Diploma in Public Mana-gement: CUT – cum laude),Kulsum Gany (BTech in Tou-rism Management – Unisa),Tshiamo Tomas (National Di-ploma in Tourism Manage-ment –Unisa),AabidahMahri(BA Social Work – Unisa), Na-

tasha Beangstrom (BSocSc.:UFS – with distinction) andSylvester Oliphant (Diplomain Choral Directing: UFS –with distinction and the high-est average mark).The Faculty of Economic

and Management Sciencesyielded the most qualifica-tions – 135 in total – followedby the Faculty of Educationwith 90 and the Faculty of Hu-man and Social Sciences with15 degrees and diplomas.

Page 7: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 7

DIE reëls vir dieSpontaan-kompeti-sie is:) Jy moet op 1 Julie16 jaar of ouer weesom deel te kanneem.) Vir die streek-kompetisies in Kim-berley, Bloemfonteinen Welkom en op Ku-ruman, Kroonstad enBethlehem moetdeelnemers enigeliedjie van hul keusesing.) Slegs kunste-naars wat kontem-porêre musiek sing,sal in aanmerkingvir die kompeti-sie geneem word.) Jy moet jouself be-gelei.) Slegs soliste.) Jy moet self dieklankbane (back-tracks) en ander toe-rusting vir diestreek-oudisies ver-skaf.Spontaan sal dieklank vir die eind-ronde van die kompe-tisie verskaf.) Die wenner vanelke streekkompeti-sie sal net ná dieuitdunronde aange-kondig word.

) Die beoordelaarsbehou die reg omnie ’n streekwennerte kies nie indien ’ngepaste kandidaatnie vir die streekbeskikbaar is nie.) Indien jy asstreekwenner aan-gewys word, moet jyvir die eindronde inBloem- fontein vyfliedjies gereed kry.) Jy moet jou eieklankbane of bege-leiding vir die eind-ronde verskaf.) Die eindronde isop Saterdag 13 Juliein Bloemfontein enindien jy een vandie finaliste is,moet jy jou eie ver-voer en verblyf (in-dien nodig) reël.) Registrasie vir dieoudisies is nie voorafnie nodig nie.Daag net by die ou-disie op en regi-streer jou daar deurR20 te betaal.) Oudisies vindhierplaas:Kuruman:Donderdag 20 Junie.Tyd en plek moet nogbevestig word.Bloemfontein:Donderdag 13 Junie

om 17:00; Saterdag 15Junie om 09:00 en Sa-terdag 22 Junie om09:00.Almal in Volksblad

se gebou. Welkom:Donderdag 13 Junieom 13:00 in die Me-tro-teaters in State-way.

Kroonstad:Dinsdag 18 Junie om14:00 in Tafelronde 42se klubhuis.

Reëls vir Spontaan lui só

HET jy ’n stem watnet wag om ontdekte word? Dan moetjy jou beslis virNoordkaap seSpontaan 2013-kom-petisie inskryf.Die oudisie vir

die sangkompetisievind op Vrydag 21Junie om 14:00 indie DiamondPavilion ShoppingMall plaas.Die presiese plek

is die winkelruimtelangs die Wimpyaan die suidekant

van die sentrum.Oudergewoonte

kan groot pryse opdie eindrondegewen word:) SpecSavers: AgtInfinity-sonbrille enagt koopbewyse vanR250 elk. Diealgehele waarde isR5 200.) Z PR Communica-tions and PublicRelations Consul-tants: ’n Publisi-teits- en bemar-kingskontrak vanR5 000 vir elke

finalis, insluitend ’nkonsultasie met dieZ PR-span, ’nprofessionele CV,die ontwerp van ’nCD-omslag enbesigheidskaartjies,die ontwerp enskryf van ’nprofessioneleprofiel, die skep van’n Facebook-profielen vyf nuusverkla-rings. Die algehelewaarde vir al diefinaliste is R40 000.) PwC gee vir diewenner: R1 000

kontant, naaswen-ner: R700 kontanten derdeplekwen-ner: R300 kontant.’n Totale prysgeldvan R2000.) Atlantis-gaste-huis: Verblyf vanR4 100. Die wenner,naaswenner enderdeplekwennerkry elkeen drienagte se verblyf virtwee mense, ontbytingesluit.) PCB Productions:’n Fotografiesessievir die wenner,

naaswenner enderdeplekwennervan R2 100.) Absa: ’n Geskenk-pak van R500 virelke finalis.) Music Inc gee virelke finalis ’nTT1-mikrofoon, virdie wenner ’nkoordlose mikro-foonstel met ’nstaander en vir dietweedeplekwenner’n mikrofoonstaan-der. Die algehelewaarde van die prysis R6 600.

Neem dié Vrydag aankompetisie deel

Page 8: Noord kaap 12 junie 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

Page 9: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 9

Page 10: Noord kaap 12 junie 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

DIE twee kore van die Hoërskool Noord-Kaap het op die onlangse Vrystaatsekunswedstryd in Bloemfontein puik

gepresteer.Die gemengde koor het ’n A+- en die

meisiekoor ’n A++-simbool behaal.

Skool se kore presteer

Ruan Bruwer

HAAR agtergrond in modelwerk hetmoontlik die deurslag gegee in Chantel-le Olivier se aanwysing as ’n finalis inMej. Earth Suid-Afrika.Sywil egter nie net ’n finalisweesnie,

maar ’n ware aanspraakmaker om dietitel op die spel.Daarom het sy tussendeur ’n belang-

rike matriekeksamen steeds tyd virhaar projekte gemaakwat vanhaar ver-eis word. Dit het soms tot laat aande ge-lei. Haar gesin en kêrel, Hanco Swart,het daremhand bygesit waar hulle kon.Chantelle, matrikulant aan die Hoër-

skoolDiamantveld,hetbydieLaerskoolHerlear boompies geplant en die jonge-linge by die skool ’n bietjie van die pro-ses, sowel as energiebesparing, geleer.Verder het sy vir NGWelsyn klere in-

gesamel en op die oomblik maak sy nogkosvirdieDBVenanderbehoeftigesby-mekaar. Sy moet oor haar projekte watsy aangepak het, verslag doen.Sy reken egter modelwerk en kennis

oor goed wat ’n Mej. Earth Suid-Afrikabehoort te weet, sal vir meer as die pro-jekte in die eindronde tel.Volgens Chantelle het haar ma, Ina,

haar op ’n dag gesê sy het haar vir diekompetisie ingeskryf.Die inskrywings moes foto’s bevat en

met die beoordelingsproses is sy aan ’nonderhoud onderwerp en moes sy asmodel haar slag op die verhoogwys. Diékon sy goed doen vanweë haar agter-grond in modelwerk.“Ek het van kleins af in modelwerk

belang gestel en is baie modebewus. Ekhet ’n geleentheid gehad ommodelwerkoorsee te gaan doen, maar daarteen be-sluit.“Modelwerk is iets wat ek vorentoe

steeds sal oorweeg. In die stadium is dieplan dat ek volgende jaar opvoedkundi-ge sielkunde aan die Noordwes-univer-siteit gaan studeer,” het sy gesê.Kobus Strydom, skoolhoof van Her-

lear, sêbomeisaltyd ’ngeskenkenhullesal sekermaakdieboompieskrygenoegwater om te groei.

Model as finalis aangewysLEERLINGE van die Laerskool Herlear sit hand by met die plant van bome by hul skool. Links is Chantelle Olivier,finalis vir Mej. Earth Suid­Afrika. Foto’s: Verskaf

CHANTELLE OLIVIER, die model.

CLARESE­SJERIDE MEILLON(left) and Tsholo­felo Ndlovu ofKimberley Girls’Highwill travel toAmerica on Fri­day to participatein a People toPeople Leader­ship Summit.They will takepart in variousactivities alongwith other stu­dents fromaround thecountry. During the programme they will have opportunitiesto learn about effective leadership and how to develop theirown leadership skills, as well as how to apply these skillsupon returning home. The programme offers learners a uni­que blend of specialised educational, leadership and culturalexposure, as well as itineraries filled with the highlights oftheir hosting communities. Both girls will spend ten days at­tending the Medicine and Healthcare Summit at the JohnsHopkins University in Baltimore. Photo: Supplied

PABALELO OTSHELENG is die wenner van vanjaar se T­TEP (Toyo­ta­ Tegniese Opleidingsprogram) aan die HTS Kimberley. Die pro­gram vir gr. 11­ en gr. 12­leerlinge strek oor twee jaar en word náure aangebiedwaarna die leerlinge getoets word en die beste pres­teerder gekiesword omdie skool op nasionale vlak te verteenwoor­dig. Die doel vandie program is omtoe te siendat tegniese leerlingegedetailleerde opleiding, spesifiek in diemotorbedryf, ontvang. DieHTSKimberley het die vorige agt jaar nog elke keer ’n leerling onderdie topdrie in die land gehad. Van links is Johan Steyn, skoolhoof,Teddy Alamo, naaswenner, Dawid Badenhorst, derde, Pabalelo,eerste, en Danie Fourie, aanbieder van die program. Foto: Verskaf

Page 11: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 11

Page 12: Noord kaap 12 junie 2013

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

DIE Hoërskool Hartswater viervan 9 tot 11 Augustus sy60-jaar-reünie. Rig navrae of

besprekings aan 053-474-1512,[email protected] [email protected].

Reünie binnekort gehou

Page 13: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 13

Pas op vir FB-klonersDREIGOPROEPE, ge-skende reputasies enselfs naakfoto’swat opFacebook-profiele ge-plaas word, is van diegevolge van gekloon-de Facebook-profielewaarmee forensieseen digitale veilig-heidsmaatskappye alhoe meer te doen kry.Die kloner gebruik

die besonderhede vaniemand se woonge-bied, werk, opleidingen familie om ’n nuweprofiel te skep wat dieoorspronklike dupli-seer. Vernederendeboodskappe word dik-wels op ’n gekloondeprofiel geplaas om ’nslagoffer se reputasiete skend.Hul vriende kan

ook sulke boodskappeontvang met die in-druk dat die oor-spronklike profiel ditgestuur het.As mense hul foon-

nommers en e-pos-adresse op Facebookaandui en ’n gekloon-de profiel bevriend,kan dié inligting ookbekom word.

Wat as jou profielgekloon word?Meld dit by Face-

book aan. Klik op dieSettings-knoppie opdie profiel en kies dieReport- of Block-opsie.As ’n misdaad met

die gekloonde profielgepleegword,meld ditdadelik by die polisieaan.Dit sluit veral geval-

le van laster en cri-

men injuria in.Facebook hanteer

die klaer as anoniemen hersien dit volgens

sy “gemeenskaplikestandaarde”, waarnadie profiel verwyderword.

Page 14: Noord kaap 12 junie 2013

14 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

FOUTE/KORREKSIES/KANSELLASIESDie verantwoordelikheid berus by die adverteerder om seker te maak dat sy advertensies

reg verskyn en om foute voor 10:00 op dag van 1ste publikasie onder die aandag van

Volksblad te bring. Volksblad aanvaar nie verantwoordelikheid vir meer as een foutiewe

plasing nie.

Krediet en gratis plasings sal nie gegeeword vir tipografiese foute wat nie die impak van die

advertensie beïnvloed nie. In die geval van ‘n kansellasie moet u op ‘n stakingsnommer

aandring as bewys.

Volksblad verifieer sover moontlik die identiteit van die adverteerders, maar kan nie

verantwoordelikheid aanvaar vir die inhoud en die geldigheid van aansprake in die

advertensies nie.

* Sodra ‘n advertensie teruggelees word en deur adverteerder as korrek bevestig is

(inhoud/hofie/datum), kan daar nie aangedringword op ‘n gratis plasing nie.

* Indien daar per faks met Volksblad Netads24 gekommunikeer word, moet die

adverteerder die ontvangs daarvan telefonies bevestigmet Volksblad by

051 404 7757.

* Volksblad aanvaar nie verantwoordelikheid vir posisionering van advertensies

nie.

* Die onus berus op die adverteerder omhom/haar te vergewis van sluitingstyd.

* Geen advertensie sal geplaas word indien adverteerder nie die korrekte bedrag

inbetaal nie.

* Advertensies kan slegs in Engels óf Afrikaans geplaas word. Geen woorde sal in

aanhalingstekens geplaasword nie.

* Advertensies mag nie met syfers of “AAA” begin nie. Hofie 48 mag met

telefoonnommers begin.

* Lewende hawemagmet syfers begin.

HERSTEL VANWINDPOMPE.Toets en skoonmaak vanboorgate.Installering en herstel vandompelpompe en sonpompe.Skakel Tertius Malan072 310 6577.

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

VOETSORG- PRAKTI-SYN/FOOT HEALTHPRACTITIONER.Tans in Engeland en beoogom 'n voetsorgpraktyk inKimberley te begin. Wil baiegraag die inwoners van Kim-berley en omliggende dorpein die Noord-Kaap vra ommy te kontak: Anneke by e-pos: [email protected] ofmev. Jacobs. Skakel/SMS073 518 2477 vir enigenavrae. Wil baie graag diebehoefte/belangstelling peil.Knip van toonnaels.Diabetiese voetsorg en ad-vies.Verwydering van eelte enpynlike liddorings.Behandeling van ingroei-toonnaels, vratte, enige pynen ongemak, ens.Sal graag dienste lewer byouetehuis, aftreeoorde enook tuisbesoeke doen.

TE KOOP GEVRA vir kon-tant: Motors of bakkies. SMS072 472 8686 of skakel053 963 1409.

NAALDWERKSTIKSTERMET ERVARING, hand-vaardigheid en algemenerekenaarvaardigheid wordbenodig. Skakel 073 170 1163vir verdere navrae.

TABLE CHARM:If you want to sell andmake more money. SMSyour name and address to:073 701 5214.

122 ADA GEORGENAENGELBRECHTIn die boedel van wyle AdaGeorgena Engelbrecht,identiteitsnommer:191031 0005 086 van AcaciaAftreeoord, Jacobsonlaan47, Kimberley.Meester se verwysing:2460/2009.Die eerste en finale likwida-sie- en distribusierekeningin die bogemelde boedel salter insae lê te die kantorevan die Meester van die

Hooggeregshof KIMBERLEYvir 'n periode van 21 (een entwintig) dae vanaf 14 Junie2013.HPA VENTERDUNCAN & ROTH-MANProkureurs vir Ekse-kuteurDUNCAN & ROTHMANGEBOUCHAPELSTRAAT 39 - 43KIMBERLEY8301Verw: HV/jm/Van 166/0083

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 15: Noord kaap 12 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013 15

HOEgoed is jou sport-kennis? Is jy die voor-bok wanneer rondomvleisbraaivure oorsportstatistieke ge-stry word?

Jy kan in Noord-kaap en SuperSportse sporttrivia-kompe-tisie jou reputasie assportkenner ’n hup-stoot gee.

Ná ’n blaaskansgaan ons weer week-liksmet lesers ’n paarsportfeite en -statis-tieke deel en in dielaaste uitgawe van el-ke maand drie vraevra.

Die antwoord kanuit die vorige weke seinligting kom of nie.

Die leser met diekorrekte antwoordewie se naam getrekword, sal ’n geskenk-pak van R250 vanSuperSport wen.

Hier is ’n paar inte-ressanthede, almaloor die toernooi omdie Kampioene-trofeewat in Engeland enWallis aan die gangis:) Nadat die Proteasin 1998 in die eind-stryd koning gekraaihet, kon hy nie weertot die eindstryd vor-der nie.

Die naaste wat hydaaraan gekom het,was in 2000 en 2002 toehy albei kere in diehalfeindronde teenIndië slae gekry heten in 2006 toe hyook in die halfeind-ronde teen die Wes-Indiese Eilande vas-geval het.

) Nadat Suid-Afrikain 1998 en 2002 oor dieWindies, sy teen-stander Vrydag,geseëvier het, het hysedertdien elke keer(in 2004 en 2006) teendie eilandbewonersverloor.

Chris Gayle van dieWindies is met 734 lo-pies oor die jare heendie grootste lopie-vraat in die toernooi.

Suid-Afrika se Jac-ques Kallis het 653 ge-moker wat die derdemeeste is.) Kyle Mills van

Nieu-Seeland se 24slagoffers is diemees-te in die toernooi segeskiedenis.

Jacques Kallis met20 paaltjies is vyfdeop die lys.) Indië se 331/7 wathy verlede week teenSuid-Afrika aangete-ken het, is die naas-meeste in die geskie-denis van die toer-nooi.

Suid-Afrika sehoogte telling was316/5 wat hy in 2002teen Kenia behaalhet.

Knap sportkennismet kompetisie op

Page 16: Noord kaap 12 junie 2013

16 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

Ruan Bruwer

DIE Griekwaland-Wesse hoërskole-spanne wat in die komende skoolva-kansie aan die onderskeie rugbytoer-nooie gaan deelneem, is pas gekies.Griekwas se o.18-span wat van 8

Julie tot 13 Julie aan dieCravenweekin Polokwane gaan deelneem, is: Ryande Wee (Hoërskool Noord-Kaap –HNK), Leon Becker (HNK), DimitrioTieties (HNK), Luke Mason (HNK),Kat Mabaleng (Landboudal), WentzelMathuys (Prieska), GM Bruwer(HNK), Jacques van Zyl (Diamantveld– DHS), Nardus Bosman (DHS), BJMiller (Hartswater), Bradley Leijdek-kers (HNK), Thulani Njenje (HNK),DoctorBooysen (HNK), Daniël van Zyl(DHS) en Obakeng Pholoholo (Harts-water). Plaasvervangers: Willie vanAswegen (HNK), Francois Jacobs

(Landboudal), Nico Graaff (HNK),Gerhard Holtzhausen (HNK), Saint-Art Pergoa (De Aar), Aldro Heyns(HNK) en Jacques Nel (DHS).) Griekwas se o.18-span wat van 1tot 5 Julie aan die Akademieweek inDurban gaan deelneem, is: Morné Mo-rollong (Douglas), Mpho Molete(HNK), Standon Bouer (Colesberg),Abroné Tieties (Prieska), JD Swane-poel (DHS), Deon vanZyl (DHS), DylanWelsh (HNK), Janco Scholtz (Prieska),Weeden Scheepers (Homevale), Daniedu Toit (Landboudal), Ronaldo Paul-ton (HTSKby), KosieHuman (DeAar),Lesego Mokalaka (HLNK), ChristoBotma (Landboudal) en PG Brand(DHS). Plaasvervangers:DonaldMo-re (Vaalharts), GeoDavel (HNK),Kagi-so Senwedi (HTS Kby), Mosa Mocumi(Kby Boys’ High), Xander Rediker(Hartswater), Morris Rossouw (Land-

boudal) en Heinville Lewies (Rich-mond).) Griekwas se o.16-span wat van 1tot 6 Julie aan dieGrant Komo-weekin VanderBijlpark gaan deelneem, is:Joshua Swarts (HNK), GiovanoSwarts (Vaalharts), Danielo Huyster(HNK), Gerlo Nortje (DHS), JacquesBeukes (De Aar), Lourens Steenkamp(Landboudal), André Sher (HNK), Jo-han Joubert (DHS), Desmond vanRooyen (Warrenton), Janco Cloete(Upington), Algurnand Heins (HNK),Lehan Viljoen (HNK), Vannas Heroldt(DHS), Simbulele Mweba (Landbou-dal) en Boan Venter (De Aar). Plaas-vervangers:Phemelo Seleko (HLNK),WJ Bester (Hartswater), Hannes Ja-cobs (HNK), Ryan Doizeb (Colesburg),Derick Minnie (HNK), Janus Wessels(DHS) en De-Angelo Prins (Victoria-Wes-Akademie).

Skolespanne gekies

Ruan Bruwer

EDWIN HEWITT (25) joined the Gri-quas in 2010 after doing well for thePukke in that year’s Varsity Cup se-ries.

He made his debut for the PeacockBlues in the 2010 Currie Cup matchagainst the Free State Cheetahs inKimberley (Griquas lost 28-33) whenhe replaced Luvuyiso Lusaseni earlyin the secondhalf. Hehas since played24 matches (12 Currie Cup and 12 Vo-dacom Cup matches) for the Griquas.Noordkaap asked him the following

15 questions:

Where did you growup andwhathigh school did you attend? In Britsand attended the Afrikaans HoërSeunskool (Affies).Can you remember the very first

try you ever scored? It was in gr. 1for Oliënpark Primary.Who was your rugby hero when

you were young? André Venter (for-mer Springbok flanker of the FreeState).What is your biggest rugby mo-

ment or achievement? Playing in

the 2012 Vodacom Cup final.And your biggest disappoint-

ment in rugby? Getting injured.What does it take to be a good

provincial rugby player? Perseve-rance and commitment.When did you first see yourself

playing on television? In the 2010Varsity Cup series whilst playing forthe Pukke.What is the funniest thing that

everhappened to youor a teamma-te on the rugby field? When the op-position kicked off and the ball landedon my head.What is the question peoplemost

often ask you when they hear youplay for Griquas and live in Kim-berley? “Is die Griquas from Nami-bia?”What is the most enjoyable and

least enjoyable aspect of playingfor the Griquas and living in Kim-berley? The team camaraderie andtraining (least enjoyable).Halfway House or Springbok

Pub? Springbok Pub.What is the single biggest advan-

tage of being a professional rugbyplayer? Getting off-time during theday.Do you have any nicknames or

how do your team mates refer toyou? Eddie (Ray Lewis).Can you remember the very first

yellow and/or red card you recei-ved andwhatwas it for? It was a redcard for a head butt in gr. 9.Do you have any superstitions or

rituals before a game? No.

Hewitt values team camaraderie

EDWIN HEWITT

TYDENS die Curriebe-kerreeks is hulle gereeldhelde wanneer hulle boverwagtinge presteer enmet die groot honde indie reeks saamgesels en selfs verslaanhet.Veral sedert 2006 is bestendigheid

in die Curriebekerreeks en Griekwassinoniem met die Poubloues watnooit slegter as sesde uit die 14 span-ne in die reeks gevaar het nie. In 2009en 2012 was hulle vyfde op die punte-lys en elke keer bitter naby aan ’n plekin die halfeindronde.Ons stel oor die volgende paar

maande die Griekwa-spelers watdiens in die Curriebekerreeks gaandoen, in ’n profiel bekend. Die Engelsespelers se profiele sal in Engels ver-skyn, soos vandeesweek s’n.

WILLIE LE ROUXhetSaterdag in DurbanGriekwas se 62stespeler geword watdie Groen en Goudoor sy kop getrekhet toe hy sy bui­ging vir die Spring­bokke teen Italië opheelagter ge­maak het. Hy het ’nuiters bevredigendewedstryd gehad.Nog ’n spelerwat byGriekwas Bok ge­word het, Bjorn Bas­son, was ook kook­water.

Foto: Christaan Kotzé

Blink uitin syeerstetoets

Die Diamantstad se koerant