nuustak 13/2018 26 april 2 mei -...

5
Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : [email protected] Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za Geagte Ouer Vir diegene wat die Aprilvakansie ook net as ‘n verlengde langnaweek ervaar, is die langer naweek beslis welkom. Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei staan. Baie geluk aan ons rugby- en netbalspanne wat met eer uit die stryd getree het. Ons 0/9 rugbyspan kraai koning as die Super 12 A-groep kampioen vir 2018. Ons is trots op ons seuns en afrigters. Die Gr. 1 inskrywings vir 2019 stroom fluks in. Onthou dat alle voornemende Gr. 1 en Gr. 8 (hoërskole) leerders via die Gauteng Onderwys Departement se aanlyn sisteem by skole moet aansoek doen. Maak asseblief seker dat u die verlangde dokumentasie spoedig by die betrokke skole gaan inhandig. Op 4 en 5 Mei staan ons bankvas agter ons skaakspelers wat in Pretoria aan die Super 12 skaak- toernooi deelneem. Ons hou duim vas en glo jy sal die regte skuif op die regte tyd maak. 10 Mei 2018 is Hemelvaart. Dit is nie ʼn openbare vakansiedag of skoolvakansiedag nie. Die skool gaan normaal voort. Ons het wel die oggend saalopening met ‘n Hemelvaart tema. Ons kaskarre skop eersdaags af. Byvoorbaat dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak. U positiewe gesindheid dra by tot ons skool se uniekheid. Geniet die langnaweek. Ry veilig ! Groete uit die Nuustakkantoor. JOHAN KRUGER SKOOLHOOF NUUSTAK 13/2018 26 April—2 Mei Die grootse gevaar is nie dat ʼn mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met die tweede beste. -Laurence Peter-

Upload: leliem

Post on 08-Nov-2018

221 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NUUSTAK 13/2018 26 April 2 Mei - laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-13.pdf · Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei

Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8

Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528

e-pos : [email protected]

Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za

Geagte Ouer

Vir diegene wat die Aprilvakansie ook net as ‘n verlengde langnaweek ervaar, is die langer naweek beslis welkom. Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei staan. Baie geluk aan ons rugby- en netbalspanne wat met eer uit die stryd getree het. Ons 0/9 rugbyspan kraai koning as die Super 12 A-groep kampioen vir 2018. Ons is trots op ons seuns en afrigters. Die Gr. 1 inskrywings vir 2019 stroom fluks in. Onthou dat alle voornemende Gr. 1 en Gr. 8 (hoërskole) leerders via die Gauteng Onderwys Departement se aanlyn sisteem by skole moet aansoek doen. Maak asseblief seker dat u die verlangde dokumentasie spoedig by die betrokke skole gaan inhandig. Op 4 en 5 Mei staan ons bankvas agter ons skaakspelers wat in Pretoria aan die Super 12 skaak-toernooi deelneem. Ons hou duim vas en glo jy sal die regte skuif op die regte tyd maak. 10 Mei 2018 is Hemelvaart. Dit is nie ʼn openbare vakansiedag of skoolvakansiedag nie. Die skool gaan normaal voort. Ons het wel die oggend saalopening met ‘n Hemelvaart tema. Ons kaskarre skop eersdaags af. Byvoorbaat dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak. U positiewe gesindheid dra by tot ons skool se uniekheid. Geniet die langnaweek. Ry veilig !

Groete uit die Nuustakkantoor.

JOHAN KRUGERSKOOLHOOF

NUUSTAK 13/2018 26 April—2 Mei

Die grootse gevaar is nie dat ʼn mens

misluk nie,

maar dat jy tevrede kan wees met die

tweede beste.

-Laurence Peter-

Page 2: NUUSTAK 13/2018 26 April 2 Mei - laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-13.pdf · Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei

26 April Kiané Joubert Triston Parker Lené Nel 28 April Divan Loots 30 April Jordan Jansen v Rensburg

Jayden van Tonder Nikita Vermeulen 1 Mei La-Velle Clark– Halket Kaylie Pretorius

26 April

Heidi Boshoff

Personeel Verjaarsdae

WISKUNDE GRAAD 6 4 Mei

Vermenigvuldiging (10)

11 Mei

Hoofrekene (10)

18 Mei

Probleemoplossing (10)

Eksamen (70)

VIDEO TO DVD CONVERSION

We do coversions, specialising in Video to DVD. We

offer a very affordable, reliable and speedy service.

All your old VHS wedding tapes, baby baptisms, fami-

ly gathering. Etc. don’t have to be lost! We will con-

vert them into digital format, perfectly preserving

them for many years to come. R 80 p/video. We also

convert audio tapes to Mp3 on CD.

We are in Terenure.

Contact : Patricia 082 435 2575

Natalie 084 628 3999

KRUINIE

VERJAARDAE:

NETBAL

Baie Dankie

Alet Meyer van Excellence Naskoolsentrum & Mariaan

Maritz vir die borg van die afrigters se netbalklere!

Rochelle De Lucia van Rodel Administration Services!

Baie dankie vir die Netbaldames se Super 12 hempies.

ONS WAARDEER DIT OPREG!

BAIE DANKIE

Kruinies se baie dankie aan ons

mammas wat kom help het met

toesig by die skool tydens die

gholfdag.

Die Kruinies waardeer julle

bereidwilligheid baie!

Page 3: NUUSTAK 13/2018 26 April 2 Mei - laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-13.pdf · Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei

Luca du Plooy— Gr.4E

KRIEKET 1ste Krieketspan Proewe

0/12 en 0/13

4 Mei Vrydag

13:00-14:30

By krieketnette

Gee name op by Mnr. Werner.

WISKUNDE GRAAD 4

Donderdag 3 Mei

Hoofrekene Toets

(20÷2=10punte)

2 tot 12 x en ÷

Page 4: NUUSTAK 13/2018 26 April 2 Mei - laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-13.pdf · Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei

SKAAKFLITSE Skaakoefening Kamer 34 Vrydag 4 Mei 6:45-7:25 Alle Kruinies wat KAN skaak speel is welkom!

Skaakliga uitslae

Kruinsig A liga teen Impala A:

0/9 A 1-11

0/11 A 8½-3½

0/13 A 6½-5½

Kruinsig B liga teen Bredell A:

0/9 6½-5½

0/11 B 10-2

0/13 B 6½-5½

Super 12 : 5 Mei Tuks Groenkloof Kampus. Ons Eerstespan en

Juniorspan speel op die dag vir Kruinsig skaak. Briefies sal

volg.

Skaakliga: 7 Mei

A liga Aston Manor (weg)

B liga Birchleigh (tuis)

Briefies sal volg

Skaakgroete

Juf.Celesté

WOONSTELLE TE HUUR

Glen Hof kompleks Veldstraat Glen Marais

Bachelors, een, twee en drie slaapkamer

woonstelle te huur.

500m vanaf Laerskool Kruinsig

Binne veiligheidskompleks met

toegangsbeheer.

Skakel Kathy

076 743 9570

NETBAL

BAIE DANKIE Kruinies bedank graag die volgende borge van die 1ste Netbalspan 2018 Cross & EPC– Sweetpakke Tusk Signs—Blou

wedstrydrok en beffies Mugg & Bean Wit ekstra rok,

beffies en broekies Hannes Baard—Golfhemp Maritz & Belinda Jonker—

Rugsak en waterbottels Ananda Hattingh Biokineti-

cists—Wit langmou opwarm hemp

Excellence Naskool—Blou langmou opwarm hemp en blou hoodies

K-Sport—Toersakke Mariaan Maritz—T-hempie Prestige Dive School—T-

hempie Pink Ladies—hoedjie Marilette & Herman McCa-

be—hoedjie Kontantborg—Karin & Pieter

Fourie Golden Harvest—Water

Page 5: NUUSTAK 13/2018 26 April 2 Mei - laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-13.pdf · Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei

KASKARPROJEK 2018 NUUSFLITS

KASKARWEDRENNE Vrydag 22 Junie 2018 in skooltyd Dis alweer sulke tyd: Die groot speel—en kuierdag by Kruinsig, tydens ons jaarlikse

Kaskarwedrenne.

Ons trek ou klere aan en die leerders, onderwysers en ouers wat af is, gaan kuier en kaskarre

ry tot ons lekker kry. Alle leerders het hierdie week ‘n borgvorm en inligtingsbrief rakende ons

kaskarprojek ontvang. Alle aansporingspryse met die verwerwing van borge en inbetaling

daarvan was reeds van vandag af beskikbaar en gereed gewees.

Hoe werk dit?

‘n Professionele maatskappy verskaf kaskarre en lê die bane uit op die A-rugbyveld.

Elke Kruinie word betrek en neem fisies deel deur minstens ‘n beurt te kry om die kaskar

te bestuur en ook om die kaskar in spanverband om die baan te stoot.

Ou klere en tekkies word aangetrek. Die hele aksie is groot pret en daar is beslis nie plek

vir skooldrag nie.

Vir die optog trek elke Graad van Gr R-7 aan volgens ‘n tema...meer inligting volg later.

Tekkies word gedra om ons voete te beskerm teen wiele.

Al die kinders neem deel en niemand word uitgesluit nie.

Hierdie projek vorm deel van die begroting wat verlede jaar tydens ‘n ouervergadering

deur die ouers goedgekeur is. Die fondse sal aangewend word vir die opknapping van

die infrastruktuur.

Die Kruinies samel borge in per rondte wat die klas die kaskar om die baan stoot. Die

baan is ongeveer 80m en ‘n maksimum van 50 rondtes word afgelê.

Werklike kostes word op die borgvorm aangedui. Alles is op die borgvorm uitgespel en

niemand word dus onder ‘n wanindruk gebring nie.

Daar is baie aansporingspryse wat reeds met die Kruinies bespreek is. Help asseblief

elke kindjie om hulle deeltjie in klasverband te doen. Almal trek voordeel al is die bedrae

hoe gering.

Die mikpunt is dat elke kind sal poog om R150 in totaal in te betaal.

Die borge word ingesamel vanaf vandag tot en met Woensdag 20 Junie.

ALLE borgvorms moet ELKE VRYDAG BY DIE SKOOL wees vir die klas se WEEKLIKSE

OPNAME.

Beloofde geld wat leerders ontvang kan asseblief dadelik inbetaal word.

Daar sal ook weekliks ekstra aansporingspryse toegeken word…hou die Nuustak dop!

Ons weet dat elke Kruinie weer eens saam met ons opgewonde gaan raak om sodoende nog

‘n suksesvolle projek hiervan te maak.

Gebruik die langnaweek en kry die wiele aan die rol!

Kaskarkomitee 2018