nuustak 15/2018 10-16 mei 2018 -...

5
Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : [email protected] Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za Geagte Ouer Die bedrywige week het beslis die roes van die rusdae laat afdop en is die skool weer in volle swang. Ons Super 12 skaak-span het hul goed van hul taak gekwyt en tree met trots uit die stryd. Tans kraai hulle koning in die plaaslike liga en hou ons duime vas vir die wedstryde wat nog kom. Die koor se groot kompetisies vind die week plaas – ons hou duime vas dat die baie ure se oefen op ‘n hoë noot afgesluit sal word. Ons is besig om ʼn toep (dis die mooi Afrikaans vir ‘n App) te ondersoek wat die plek van die sms-stelsel en moontlik die Communicator se plek te vul. U sal binnekort ʼn sms / e-pos ontvang vanaf “Instant school app”. Laai asseblief die toepassing op u slimfoon af. Ons gaan die toepassing vir ʼn toetsperiode van 30 dae gebruik en dan ʼn besluit neem oor die permanente implementering van die toepassing. Die doel sal wees om kommunikasie verder te vergemaklik, meer inligting beskikbaar te stel ens. U terugvoer gedurende die proeftyd sal hoog op prys gestel word. Baie dankie aan elkeen wat reeds bygedra het tot die Kaskar-fondsinsameling. Ons waardeer jul positiewe gesindheid. Die komende eksamen se rooster is reeds beskikbaar. Tradisioneel gaan eksamen met ‘n knop-in-die-maag gevoel en senuwees wat begin knaag gepaard. Hier is ‘n wenk of twee – so voor die eksamen. Maak seker jy het die werkafbakening vir die eksamen wat voorlê. Let in die klas op en werk alles by as jy dalk agter geraak het. Maak ‘n lys van alles wat jy in ‘n bepaalde vak moet leer. Verdeel die werk in hanteerbare hoeveelhede en begin vroegtydig hersien. As jy iets teëkom wat jy nie verstaan nie sal jy genoeg tyd hê om hulp te vra. Al hou jy nie van die vak nie moet jy dit nogtans onder die knie kry. Maak die leerwerk interessant deur bv. Glim-penne te gebruik. Moenie net passief sit en lees nie. Moenie net aanvaar jy ken die werk wat jy geleer het nie. Toets jouself. Sê die werk hardop vir jouself. Verduidelik aan ma of pa die werk wat jy geleer het. Jou bed is vir slaap. Sit by ‘n tafel of lessenaar. Moenie jou gunsteling musiek in die agtergrond speel nie. Kort voor lank sing jy lekker saam en is leer vergete. Voor die TV leer, werk glad nie. Staan meer tyd af aan die vakke waarmee jy sukkel of waarin jy nie so goed presteer nie. BEGIN BETYDS HERSIEN (https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/Ouerskap/klop-eksamenstres-20170528) Groete uit die Nuustakkantoor. DR. JOHAN KRUGER SKOOLHOOF NUUSTAK 15/2018 10-16 Mei 2018 Hoe jy sukses kan behaal? Probeer hard genoeg. -Malcolm Forbes-

Upload: phamnga

Post on 08-Nov-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8

Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528

e-pos : [email protected]

Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za

Geagte Ouer

Die bedrywige week het beslis die roes van die rusdae laat afdop en is die skool weer in volle swang. Ons Super 12 skaak-span het hul goed van hul taak gekwyt en tree met trots uit die stryd. Tans kraai hulle koning in die plaaslike liga en hou ons duime vas vir die wedstryde wat nog kom. Die koor se groot kompetisies vind die week plaas – ons hou duime vas dat die baie ure se oefen op ‘n hoë noot afgesluit sal word. Ons is besig om ʼn toep (dis die mooi Afrikaans vir ‘n App) te ondersoek wat die plek van die sms-stelsel en moontlik die Communicator se plek te vul. U sal binnekort ʼn sms / e-pos ontvang vanaf “Instant school app”. Laai asseblief die toepassing op u slimfoon af. Ons gaan die toepassing vir ʼn toetsperiode van 30 dae gebruik en dan ʼn besluit neem oor die permanente implementering van die toepassing. Die doel sal wees om kommunikasie verder te vergemaklik, meer inligting beskikbaar te stel ens. U terugvoer gedurende die proeftyd sal hoog op prys gestel word. Baie dankie aan elkeen wat reeds bygedra het tot die Kaskar-fondsinsameling. Ons waardeer jul positiewe gesindheid. Die komende eksamen se rooster is reeds beskikbaar. Tradisioneel gaan eksamen met ‘n knop-in-die-maag gevoel en senuwees wat begin knaag gepaard. Hier is ‘n wenk of twee – so voor die eksamen. Maak seker jy het die werkafbakening vir die eksamen wat voorlê. Let in die klas op en werk alles by as jy dalk agter geraak het. Maak ‘n lys van alles wat jy in ‘n bepaalde vak moet leer. Verdeel die werk in hanteerbare hoeveelhede en begin vroegtydig hersien. As jy iets teëkom wat jy nie verstaan nie sal jy genoeg tyd hê om hulp te vra. Al hou jy nie van die vak nie moet jy dit nogtans onder die knie kry. Maak die leerwerk interessant deur bv. Glim-penne te gebruik. Moenie net passief sit en lees nie. Moenie net aanvaar jy ken die werk wat jy geleer het nie. Toets jouself. Sê die werk hardop vir jouself. Verduidelik aan ma of pa die werk wat jy geleer het. Jou bed is vir slaap. Sit by ‘n tafel of lessenaar. Moenie jou gunsteling musiek in die agtergrond speel nie. Kort voor lank sing jy lekker saam en is leer vergete. Voor die TV leer, werk glad nie. Staan meer tyd af aan die vakke waarmee jy sukkel of waarin jy nie so goed presteer nie. BEGIN BETYDS HERSIEN

(https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/Ouerskap/klop-eksamenstres-20170528)

Groete uit die Nuustakkantoor. DR. JOHAN KRUGERSKOOLHOOF

NUUSTAK 15/2018 10-16 Mei 2018

Hoe jy sukses kan behaal?

Probeer hard genoeg.

-Malcolm Forbes-

10 Mei Adeline Venter 11 Mei Zara Berrington Rynhart Vorster

10 Mei

Tania van Heerden

Personeel Verjaarsdae

11 Mei

Hugo Wilbers

Kayla Boucher

Divan Gravett

Keithan Walters

13 Mei

Bradley Schlebusch

Duan Van Eck

Zhané Botha

15 Mei

Zayd Akhalwaya

Adé Grobler

Franco Hattingh

Marnus Otto

Jacques Jordaan

Ruan Jordaan

16 Mei

Jaden Swartz

Franco Trollip

Leyané Kleynhans

Nadia Overweg

Vicky-Lee Steenberg

Graad 6 AFRIKAANS

Kat in die pan

Dinsdag 15 Mei

KRUINIE

VERJAARDAE:

GHOLFDAG

Baie dankie aan al ons borge wat

betrokke was by Kruinsig se Gholfdag, sonder julle kan so

dag nie plaasvind nie.

Magalies Sap (Stephan van Wyk)

Heavy Duty Industrial

All Lion Media Production

(Laudette Sass)

Johnsson Taylor Forklift

Ventura Branding

Gauteng Hydraulics Engineering

U Store City en Glenmar Transport

(Thinus Smit)

Xcellence Kids (Alet Meyer van

Zyl)

JZA Accounting (Sune Voges)

South 32 (Andries Oberholzer)

Turftech (Len Ludick)

Lucille Olivier en Anton Olivier

Goscor Access Solutions

(Nici Verster)

Concord

Gholfers Klub (Norman Leys)

Gr. 1J-ouers

Skyworth (Jaco Joubert)

GIF Products Mining-Industrial-

Engineering

(Gary Friederickson)

Johan Marnewick

Minnie en Du Preez Prokureurs

Monument Hardeware (Kruiwa)

Pawfessional Spa

Skin PhD Greenstone

Inspirations

Groot Krokodil Lodge

Burger Bistro Kempton

TPCAM Photography

Thabakdi Game Lodge

Ubella

Morulana Guest House

Vivere La Vita

Bryan Maree — Gr.5V

KASKARPROJEK 2018

Die Kruinies werk so mooi saam en verseker BAIE hard! Dit gaan baie goed met die verwerwing van borge en die Kruinies het Vrydag 4 Mei reeds R86 410 inbetaal. Ons doelwit vir môre is dat elke Kruinie R50 se beloofde geld op hul borgvorm sal hê. Vir elkeen wat môre daarby is, is daar ‘n ekstra beloning. Onthou ook om jul borgvorms saam te bring vir ons week-likse opname. Van 2-8 Mei het die volgende leerders vol inbetaalde vorms ingehandig. Hulle het ook almal reeds hul roomyse ontvang:

Die volgende leerders het ook reeds hul Romans-geskenkbewyse ontvang vir die vorms wat hulle op die 1e dag reeds inbetaal het

‘n Groot Kruinsig dankie aan elkeen van julle. Kruinies en ouers—graag sê ons baie, baie dankie vir elkeen wat só hard werk om van hierdie projek weer ‘n reuse sukses te probeer maak. Dankie aan elke Onderwyser vir jul aanmoediging en motivering. Die Kruinies bly ‘n ongelooflike wenspan!

Kaskarkomitee 2018

Ryan de Wet Roelie J v Vuren (x2) Thinus Smit Metieke Rossouw

Chané van Zyl Marco van Voorst Leané Koen Luché van Wyk (x3)

Amy-Lee Prinsloo Ruan de Wet Tiago van Eeden Laela Nel

Mia vd Westhuizen Deané von Wielligh Anché Davidson Laylah Damon

Teagen vd Merwe Reeze Zeuner Milan Matthee Anzaret Strauss

Zandrie Badenhorst Zara Sadie Minke Viljoen Nikita Vermeulen

Lilian Potts Freddie Hattingh Benjamin de Beer Taylin Oberholzer

Darius Fick Juan Potgieter Jeandri v Aardt CJ Oudegeest

Juan Coetzee Zané Coetzee Ivanke vd Schyf Tiana Fernandes

Andrea Buys Alexa Rademan Annolien Booysen Marko vd Schyf

Jaydon Schmidt Amy-Lee Bester Ian van Rhyn Alishia Potgieter

Mianda de Wit

Bianca Nel Dylan de Wet Matthew Kemp Wico la Grange

Chrizelle Mertz Mieke van Voorst Dylan Nel Mia Geldenhuys Zander Hefer Johleen Bezuidenhout Marko van Voorst Luché van Wyk

WISKUNDE GRAAD 6

11 Mei

Hoofrekene (10)

18 Mei

Probleemoplossing (10)

Eksamen (70)

WOONSTELLE TE HUUR Glen Hof kompleks

Veldstraat Glen Marais

Bachelors, een, twee en drie slaapkamer woonstelle te huur.

500m vanaf Laerskool Kruinsig

Binne veiligheidskompleks met

toegangsbeheer.

Skakel Kathy

076 743 9570

REDENAARS Die volgende leerders het medaljes gekry tydens die Interne Engelse Redenaars vir Graad 1-3: :

Graad 1 Graad 2 Graad 3

1 Anika van Niekerk 1 Lana Botha 1 Sebastiaan Welman

2 Cleo van Wyk 2 Mika Nolte 2 Matt van Molendorff

3 Marissa West 3 Jordan Heather 3 Karlee Botha

Die eerste twee plekke in elke Graad gaan ook deelnaam aan die KemptonParkse

Redenaarskompetisie op 7 Junie 2018 by Laerskool Van Riebeeckpark. Baie geluk!!

Gr 4-7 se Interne uitdunne vind plaas op 14 Mei 2018 in die Personeelkamer en sal op die volgende tye

plaasvind:

Gr 7: 14:15 - 14:55

Gr 6: 14:55 - 15:50

Gr 5: 15:50 - 16:20

Gr 4: 16:20 - 17:10

Elke groep moet asseblief 10 minute voor hul moet deelneem, buite by die Personeelkamer wees.

SKAAKFLITSE Skaakoefening Kamer 34—6:45-7:25 Vrydag 11 Mei Dinsdae 15 Mei Alle Kruinies wat KAN skaak speel is welkom!

Super 12 :

Baie geluk aan ons Kruinies!

Jaimi Coertse is ‘n bordpryswenner.

Hy het al sy wedstryde op dié dag gewen.

Ons Junior Span eindig algeheel 9de en ons Eerste Span eindig

algeheel 17de.

Baie dankie aan al ons spelers vir jul harde werk en goeie gedrag.

Dit word raakgesien en waardeer. Aan die Ouerhande wat ons dra

en ondersteun—sonder julle kan ons nie. BAIE DANKIE! Julle maak

die Kruinies sterk.

Besoek ons Kruinsig se facebookblad vir foto’s van dié dag.

Kemptonliga:

Uitslae 7 Mei

A spanne : Aston Manor

0/13—8½ - 3½

0/11—12 - 0

0/9—10 - 2

B spanne Birchleigh A

013—2 - 10

0/11—7½ - 4 ½

0/9—6½ - 5½

Welgedaan Kruinies!

Liga wedstryde Maandag 14 Mei

A spanne—Norkem Park Primary (tuis)

B spanne—Impala B (weg)

Briefies sal Donderdag 10 Mei huistoe gaan.

Skaakgroete

Juf.Celesté

WISKUNDE GRAAD 4

Donderdag 17 Mei 2018

Probleemoplossing (Insig) 10 punte

GIMNASTIEK

Die volgende Kruinies het hulle

Gimnastiek Oos kleure (6jaar) verwerf

en verteenwoordig Gauteng Oos by die

Gauteng proewe op 8 Junie:

Dylan Nel

Divan Roos

EKSAMENREëLINGS JUNIE EKSAMEN:

Vergewis u asseblief van die eksamendatums en belangrike reëlings rondom die eksamen.

Die eksamenrooster word deur die Departement van Onderwys vasgestel. Die rooster is baie kompak. Maak dus seker dat leerders betyds begin voorberei.

Volgens departementele voorskrifte mag geen leerder toegelaat word om buite die eksamenrooster vraestelle te skryf, sonder doktersertifikate nie. Ouers moet die akademiese hoof van afwesighede in kennis stel.

Leerders moet die eerste dag wat hulle terug is by die skool, vraestelle wat gemis is, skryf.

Die skool sluit om 13:00 tydens die eksamen om leerders toe te laat om voor te berei vir die volgende dag se eksamen.

Geen leerder sal toegelaat word om vroeër huis toe te gaan nie, omdat vraestelle wat reeds nagesien is aan leerders teruggegee sal word. ‘n Leerder wat dus nie by die skool was nie verbeur sy reg op aanpassing van punte.

Leerders bring leerwerk vir daaropvolgende vraestelle skool toe en sal nie toegelaat word om speletjies te speel nie.

Eksamenrooster Junie 2018

ROOSTERTYE

BELANGRIK: Roostertye sal verander op die dae wanneer Gr. 6-leerders die Departementele vraestelle skryf. Grondslagfase-leerders skryf ook Departementele vraestelle, beperk asseblief afwesighede.

Datum Vak Graad Tyd

4 Junie 2018 Natuurwetenskappe 7 08:00

5 Junie 2018 Wiskunde 7 08:00

6 Junie 2018 Lewensvaardighede 4-6 08:00

Skeppende Kunste 7 08:00

7 Junie 2018 Engels EAT 4-6 09:00

Geskiedenis 7 09:00

8 Junie 2018 Aardrykskunde 4-6 08:00

Engels EAT 7 08:00

11 Junie 2018 Wiskunde 4-6 09:00

Afrikaans HT 7 08:00

12 Junie 2018 Afrikaans HT 4-6 08:00

Tegnologie 7 08:00

13 Junie 2018 NW en TEG 4-6 09:00

Aardrykskunde 7 09:00

14 Junie 2018 Geskiedenis 4-6 08:00

EBW 7 08:00

18 Junie 2018 Lewensoriëntering 7 08:00

07:30 – 08:00 Register

08:00 – 09:30 Eksamensessie 1

09:30 – 09:50 POUSE

09:50 – 11:30 Eksamensessie 2 / Studietyd / Deurgaan van vraestelle

11:30 – 11:50 POUSE

11:50 – 13:00 Studietyd / Deurgaan van vraestelle