onderwerp 7: kolonisasie van die kaap in die 17de en 18de ......1834 emansipasie (vrylating) van die...
TRANSCRIPT
1
1
K opiere g voorbehou@
Onderwerp 7: Kolonisasie van die Kaap in die 17de en 18de eeu
Eenheid 4: Slawe aan die Kaap
verstekelinge mense wat stilletjies op skepe wegkruip om uit 'n land te
ontsnap of om te reis sonder om te betaal
nedersettings klein gemeenskappe, veral aan die begin
weggeruk onwillig of onder dwang weggeneem van 'n persoon of
voorwerp
emansipasie om vrygestel te word
vrag goedere deur 'n skip of vliegtuig vervoer
huishoudelik het met die huis te doen
wingerdbou die maak van wyn
kaf die omhulsels van sade, wat gewoonlik as nutteloos
gesien word
uitwanning die proses om die koring van die kaf te skei deur dit in die
lug op te gooi of deur lug daardeur te blaas
afstammelinge die volgende generasies; in hierdie geval diegene wie se
voorouers slawe was
nalatenskap aspekte oor die lewe wat van generasie tot generasie
oorgedra is
uiteensetting 'n beskrywing en verduideliking
Waarom slawe na die Kaap gebring is
Toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, is hy deur die Hollanders
verbied om enige van die plaaslike mense tot slawe te maak.
Dit het egter nie beteken dat daar nie slawe aan die Kaap was nie.
Vir die eerste vyf jaar was die enigste slawe aan die Kaap verstekelinge.
Soos meer Hollandse setlaars aangekom het, het hulle meer werkers benodig
om tuine aan te lê, huise te bou en die verversingstasie te bestuur.
Aan die begin was die Khoikhoi uit die omgewing bereid om so nou en dan te
werk.
Hulle het in die tuine gehelp en ander hande-arbeid (fisiese werk) gedoen.
2
2
K opiere g voorbehou@
Hulle wou egter nie hulle beeste alleen los nie en was daarom nie altyd
beskikbaar nie.
Later het hulle die Hollanders nie meer vertrou nie en wou glad nie meer vir
hulle werk nie.
Die HOIK het reeds van slawe gebruik gemaak in ander nedersettings en dus
besluit om slawe ook na die Kaap te bring.
In die vroeë jare van slawerny het slegs die HOIK slawe besit.
Hulle is in die Slawehuis in Adderleystraat gehuisves.
Dit is die tweede oudste gebou in die Kaap en is nou 'n museum.
Later het die vryeburgers van die dorp asook boere in die landelike gebiede
dit reggekry om slawe te besit.
Waarvandaan die slawe afkomstig is
Die eerste slawe wat in die kaap aangekom het, het uit Angola gekom.
Later het slawe hoofsaaklik uit lande al langs die Indiese Oseaan-handelsroete
gekom omdat die HOIK teen daardie tyd slegs toegelaat is om handel te dryf
al langs die Ooskus van Afrika en met lande in die Ooste.
Hierdie lande het Indië, Oos-Indië, Mosambiek, Madagaskar, Japan, Guinee en
Angola ingesluit.
Baie van die slawe was talentvolle, vaardige mense in hul lande van herkoms
en is weggeruk uit hul kring van gesinne en vriende.
Die slawe moes Hollands leer.
Afrikaans het aan die begin as slawetaal ontwikkel, uit 'n mengsel van
Nederlands, Engels en ander Europese en Maleisiese tale.
Hierdie tydlyn toon die vernaamste datums in die geskiedenis van slawerny aan die Kaap:
3
3
K opiere g voorbehou@
Hoe die slawe na die Kaap gebring is
Die eerste slawe wat in die Kaap aangekom het, was op die Amersfoort, een
van die groot skepe van die HOIK en spesifiek vir die vervoer van slawe
gebruik is.
Die slawe is oorspronklik deur 'n Europese slawehandelaar in Angola gevang
en was na Suid-Amerika onderweg toe die Hollanders hulle gekoop en na
Kaapstad gebring is.
Alhoewel daar 250 slawe gevang is, het slegs 170 van hulle die seereis na die
Kaap oorleef.
Die Hollanders het van wrede metodes gebruik gemaak om slawe te vang en
hulle weg te neem van hul lande van herkoms.
Die mans wat op die slaweskepe gewerk het, het die slawe van hulle gesinne
geskei, hulle aanmekaar vasgebind en hulle gedwing om na die kus te
marsjeer.
Daar het hulle die slawe op die skepe gelaai en hulle soos vraggoedere na hul
"nuwe" tuistes vervoer onder verskriklike toestande.
1834
Emansipasie vrylating) van die slawe (
Teen 1808
Omtrent 63 000 slawe is na die Kaap gebring
1770
Slawe uit Afrika word die grootste groep
1730 - 1834
Slawe hoofsaaklik na die Kaap toe gebring van Madagaskar en Oos - Afrika.
1660 - 1720
Slawe word na die Kaap gebring, hoofsaaklik van Madagaskar en Indië.
4
4
K opiere g voorbehou@
Soms het hulle die mense van Afrika met behulp van skelmstreke slawe
gemaak deur vir hulle werk as bemanningslede te belowe, net om die nuwe
"bemanningslede" te verkoop wanneer hulle in die Kaap aankom.
Anders as die Suide van Amerika waar slawe in groot getalle vanuit een land
ingevoer is, het die slawe aan die Kaap uit 'n groot aantal verskillende lande
gekom.
Ander slawe het in die Kaap beland toe hulle uit skepe wat gestrand het,
gesteel is.
Dit het groot diversiteit na die Kaap gebring aangesien die slawe wyd uiteenlopende belangstellings, tale en gelowe gehad het.
Slawe is aan mekaar vasgebind om te keer dat hulle ontsnap terwyl hulle vervoer is.
Hoe dit was om 'n slaaf aan die Kaap te wees
Slawe aan die Kaap was gewoonlik huishoudelike slawe of plaaswerkers.
Huishoudelike slawe
Koringboerdery, wingerdbou en veeteeld was die belangrikste aktiwiteite aan
die Kaap.
Baie van die plase het beide koring en wyn verbou.
Die werk wat die slawe op die plase verrig is, het die volgende ingesluit:
werk in die tuin
gooi plante nat
trek onkruid uit
pas vee op
5
5
K opiere g voorbehou@
ploeg en oes koring met
handgereedskap
soos sekels
sif die graan om
die kaf te
verwyder
pak die koring in
hope
uitwanning
Slegs die groter plase het spesiale slawehuise gehad.
So nie het slawe in die kombuis geslaap of buite wanneer dit warm was.
Dit was baie algemeen vir boere om hul slawe te stuur om op ander plase te
gaan werk waar die slawe dan as huurarbeiders gewerk het.
Die boere het op hierdie manier ekstra geld verdien.
Ander slawe aktiwiteite
Sommige slawe-eienaars het hul slawe uitgehuur om ongeskoolde arbeid te
verrig soos om op die dokke te werk.
In die stad het slawe omtrent al die geskoolde werk verrig.
Sommige slawe het nuwe vaardighede aangeleer, of hulle het die vaardighede
wat hulle in hul lande van herkoms aangeleer het, gebruik om as
karretjiedrywers, messelaars, bouers, verwers, skrynwerkers, skoenmakers,
kleremakers of bootbouers te werk.
Soms het slawe goedere in die dorp gaan verkoop of daarmee handel gedryf
vir hul eienaars.
Baie ander slawe was vissermanne.
Hulle moes enige lone wat hulle verdien het vir hulle eienaars gee.
Sommige goedhartige en meer regverdige eienaars het hul slawe toegelaat
om 'n deel van die geld wat hulle verdien het vir hulself te hou.
Oorsake en gevolge van slaweweerstand aan die Kaap
Kaapse slawe-eienaars het baie streng beheer oor hul slawe uitgeoefen.
Slawe-eienaars kon baie wrede strawwe uitoefen: lyfstraf, uithongering en
om slawe te dwing om baie lang ure te werk.
As slawe sou probeer om weg te loop, is hulle in kettings geslaan om te keer
dat hulle ooit weer so iets sou probeer.
Buiten wrede strawwe is hulle gedwing om volgens baie streng reëls te leef:
6
6
K opiere g voorbehou@
Alle slawe moes teen tienuur in die
aand in die huis wees en as hulle nie was nie, moes hulle 'n lig by hulle dra
as hulle op straat was.
Hulle is nie toegelaat om op straat in
waens of op perde te ry nie.
Slawe is nie toegelaat om tydens
kerkdienste buite by die ingange tot
kerkgeboue bymekaar te kom nie.
Hulle is ook nie toegelaat om te staan
en gesels met ander slawe wanneer
hulle op straat was nie.
Was moeilik vir die slawe in die Kaap om normale gesinslewens te hê.
Net soos in die Suide van Amerika is slawe nie toegelaat om te trou nie.
Paartjies is dikwels deur slawehandelaars van mekaar geskei.
Slawe is by die HOIK se slaweveilings gekoop en verkoop asook by
privaatveilings.
Hulle is ook gekoop, verkoop en uitgehuur deur middel van advertensies wat
in koerante geplaas is - net soos in die suide van Amerika.
Enige kinders wat vir slawe gebore is, is deur die slawe-eienaars besit.
Hul vooruitsigte in die lewe was net so ellendig soos hul ouers s'n met min
hoop op 'n kans om te ontsnap.
Soms het die slawe weerstand gebied of terugbaklei teen hul wrede eienaars
soos wat hulle in die suide van Amerika gedoen het, maar dit was moeilik om
groepe bymekaar te kry om dit te doen.
Twee klein, maar georganiseerde opstande deur slawe het in die vroeë 1800's
plaasgevind toe die Kaap onder Britse heerskappy was.
Die eerste een was in 1808 toe twee slawe, Louis van Mauritius en Abraham
van der Caab ("van die Kaap"), 300 slawe op plase daarvan oortuig het om
Kaapstad toe te marsjeer en hul vryheid te eis.
Die tweede opstand het in 1825 plaasgevind op 'n plaas wat redelik ver van
Kaapstad af was.
'n Paar van die slawe, gelei deur Galant van der Caab, het die boer en van sy
gesinslede vermoor.
Baie van die slawe wat aan die opstand deelgeneem het, is ter dood
veroordeel.
Slawenalatenskap aan die Kaap
7
7
K opiere g voorbehou@
Ontwikkeling van Afrikaans as taal
Slawe het met die Xhosas gemeng en dit het gelei tot 'n gemengde
NguniKhoisan-ras.
• Daar was vir 180 jaar lank slawe in die Kaap.
• Baie slawe het uit die Ooste gekom en slawe en hul afstammelinge het gedurende hierdie tyd 'n enorme kulturele bydrae tot Kaapstad en die omliggende gebiede gemaak.
• Baie slawe was geskoolde bouers, kabinetmakers, pleisteraars, kleremakers, messelaars en skrynwerkers.
• Bewyse van hierdie vaardighede kan nog steeds gesien word in die argitektuur van die Kaaps - Hollandse en ander geboue wat gedurende daardie tydperk opgerig is.
• Die slawe het hul eie musiek, taal en ontwerpe (klere en kuns) saamgebring na Kaapstad toe - dit was kleurryk en het van die Kaaps - Hollandse styl verskil.
• Kaaps - Maleise musiek is afkomstig van die slawe en die Kaaps - Maleise musikale tradisie word voortgesit deur die Kaapse Klopse wat op 2 Januarie ( Tweede Nuwejaar) elke jaar gehou word.
• Kaaps - Maleise geregte het 'n baie opvallende styl en smaak.
• Tradisionele Kaaps - Maleise kos en resepte soos bobotie, bredies en samoesas het deel geword van die Suid - Afrikaanse kultuur en tradisie.
8
8
K opiere g voorbehou@
Ten spyte van die wette wat ondertrouery verbied het, het slawe en Europese
setlaars gemeng.
Hierdie verhoudings tussen slawe en setlaars het baie gou 'n nuwe generasie
kinders tot gevolg gehad.
Hulle natalenskap was 'n mengsel van slaaf en Europeër, veral Nederlanders.
Afrikaans as taal het mettertyd ontwikkel en Nederlands en die slawetale
geïnkorporeer.
Die eerste skriftelike bewyse van vroeë Afrikaans was in Arabiese geskrif wat
deur 'n imam geskryf is.
Alhoewel die Maleise taal nie meer gepraat word nie, word Maleise woorde en frases nogsteeds gebruik as deel van die taal.
Islam as godsdiens
Die slawe wat uit die Ooste gekom het, het die geloof van Islam na die Kaap
gebring.
Die Europese setlaars was Christene terwyl die Khoikhoi en die Xhosas
oorspronklik tradisionele Afrika-godsdiens beoefen het.
Met verloop van tyd het die meeste inheemse mense Christene geword as
gevolg van die werk van sendelinge.
Islam het saam met slawe uit Islamitiese lande in die Kaap aangekom en deur
die hele Suid-Afrika versprei.
Vir die slawe was hulle godsdiens, Islam, 'n lewenswyse.
Hulle het hul godsdiens beoefen en dit was 'n groot deel van hulle identiteit.
Vandag is Islam steeds 'n lewendige, florerende godsdiens wat 'n beduidende
sosiale, kulturele en politieke invloed in Suid-Afrika het.
Die grootste groep Suid-Afrikaanse Moslems (volgelinge van Islam) kan steeds
in die Wes-Kaap aangetref word.
Dit kan 'n mens baie sien aan die aantal moskees wat in hierdie gebied gebou
is.
Slawe-eienaars het nie hul slawe toegelaat om die name wat hulle ouers vir
hulle gegee het te behou nie.
In plaas daarvan is hulle name en vanne gegee deur die Europese gesinne aan
wie hulle verkoop is.
9
9
K opiere g voorbehou@
Hierdie is 'n paar werksaktiwiteite wat slawe in die huis verrig het.
• vernoem na die maand van die jaar of die dag van die week.
Sommige slawe is:
• antieke name gegee.
• Portugese name gegee (die wat uit Portugal gekom het)
• vernoem na Bybelse karakters in die Ou Testament
• Hollandse vanne gegee
• na hul eienaars vernoem
• byname gegee (wat uiters beledigend kon wees)
10
1
0
K opiere g voorbehou@
Werkstuk 1 Blokkiesraaisel Datum : ___________________
Leidrade:
Af:
1. Die maak van wyn.
2. Om vrygestel te word.
3. Onwillig of onder dwang weggeneem van 'n persoon of voorwerp.
Dwars:
1. Mense wat stilletjies op skepe wegkruip om uit 'n land te ontsnap of om te
reis sonder om te betaal.
2. Die volgende generasie; in hierdie geval diegene wie se voorouers slawe was.
3. Klein gemeenskappe, veral aan die begin.
4. Aspekte oor die lewe wat van generasie tot generasie oorgedra is.
5. Het met die huis te doen.
11
1
1
K opiere g voorbehou@
Werkstuk 2 Woordsoek Datum : ______________
v e r s t e k e l i n g e
e w r t y u h b g t y u e
r p k u i p o h y b r t r
t l v s c f i s i e s e z
g a f a d v k r t e q y s
v a r e e r h t u s w h l
f s t d a f o y i t e u a
t l y c d z i h u e d i w
y i v f r t y n k t s o e
u k x d e r t b o g e o h
w e r k e r s j p b r i u
w w e r g y u i o p o k i
e c v f v e r t r o u m s
Leidrade:
1. Toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, is hy deur die Hollanders
verbied om enige van die _ _ _ _ _ _ _ _ _ mense tot slawe te maak.
2. Vir die eerste vyf jaar was die enigste slawe aan die Kaap _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _
_..
3. Soos meer Hollandse setlaars aangekom het, het hulle meer _ _ _ _ _ _ _
benodig om tuine aan te lê, huise te bou en die verversingstasie te bestuur.
4. Aan die begin was die _ _ _ _ _ _ _ _ uit die omgewing bereid om so nou en
dan te werk.
5. Hulle het in die tuine gehelp en ander hande-arbeid (_ _ _ _ _ _ _ werk)
gedoen.
6. Hulle wou egter nie hulle _ _ _ _ _ _ alleen los nie en was daarom nie altyd
beskikbaar nie.
12
1
2
K opiere g voorbehou@
7. Later het hulle die Hollanders nie meer _ _ _ _ _ _ _ nie en wou glad nie meer
vir hulle werk nie.
8. Hulle is in die _ _ _ _ _ _ _ _ _ in Adderleystraat gehuisves.
Werkstuk 3 Pas Kolom B by Kolom A Datum : _______________
Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. nedersettings A. Om vrygestel te word.
2. weggeruk B. Het met die huis te doen.
3. emansipasie
C. Die omhulsels van sade, wat
gewoonlik as nutteloos gesien
word.
4. vrag D. 'n Beskrywing en verduideliking.
5. huishoudelik
E. Die volgende generasies; in
hierdie geval diegene wie se
voorouers slawe was.
6. wingerdbou
F. Klein gemeenskappe, veral aan
die begin.
7. kaf
G. Die proses om die koring van die
kaf te skei deur dit in die lug op
te gooi of deur lug daardeur te
blaas.
8. uitwanning
H. Goedere deur 'n skip of vliegtuig
vervoer.
9. afstammelinge
I. Onwillig of onder dwang
weggeneem van 'n persoon of
voorwerp.
10. uiteensetting J. Die maak van wyn.
13
1
3
K opiere g voorbehou@
Werkstuk 4 Waar of Onwaar: Datum : ________________
1. Kaapse slawe-eienaars het nie baie streng beheer oor hul slawe uitgeoefen nie.
2. Slawe-eienaars kon baie wrede strawwe uitoefen: lyfstraf,
uithongering en om slawe te dwing om baie lang ure te werk.
3. As slawe sou probeer om weg te loop, is hulle in kettings
geslaan om te keer dat hulle ooit weer so iets sou probeer.
4. Slawe kon enigt tyd op straat in waens of op perde te ry, hulle
mag nie geloop het nie.
5. Was moeilik vir die slawe in die Kaap om normale
gesinslewens te hê, hulle was bv. toegelaat om te trou nie.
6. Enige kinders wat vir slawe gebore is, is nie ook deur die
slawe-eienaars besit nie.
7. Alle slawe moes teen agtuur in die aand in die huis wees, en as
hulle nie was nie, moes hulle 'n lig by hulle dra as hulle op
straat was.
8. Twee klein, maar georganiseerde opstande deur slawe het in
die vroeë 1800's plaasgevind toe die Kaap onder Hollandse
heerskappy was.
14
1
4
K opiere g voorbehou@
9. Slawe is ook gekoop, verkoop en uitgehuur deur middel van
advertensies wat in koerante geplaas is.
10. Soms het die slawe weerstand gebied of terugbaklei teen hul wrede eienaars.
Werkstuk 5 Onderstreep die regte antwoord: Datum : _______________
1. Slawe het met die (Xhosas/Zoeloes) gemeng en dit het gelei tot 'n gemengde
Nguni-Khoisan-ras.
2. Ten spyte van die wette wat ondertrouery verbied het, het slawe en
(Oosterse/Europese) setlaars gemeng.
3. Hierdie (huwelike/verhoudings) tussen slawe en setlaars het baie gou 'n nuwe
generasie kinders tot gevolg gehad.
4. Hulle natalenskap was 'n mengsel van slaaf en Europeër, veral
(Nederlanders/Hollanders).
5. Afrikaans as taal het mettertyd ontwikkel en (Duits/Nederlands) en die
slawetale geïnkorporeer.
6. Die eerste skriftelike bewyse van vroeë Afrikaans was in (hiërogliewe/Arabiese
geskrif) wat deur 'n imam geskryf is.
7. Die slawe wat uit die Ooste gekom het, het die geloof van (Islam/Boeddhisme)
na die Kaap gebring.
8. Die Europese setlaars was (Moslems/Christene) terwyl die Khoikhoi en die
Xhosas oorspronklik tradisionele Afrika-godsdiens beoefen het.
9. Met verloop van tyd het die meeste inheemse mense Christene geword as
gevolg van die werk van (sendelinge/predikante).
15
1
5
K opiere g voorbehou@
10. Die grootste groep Suid-Afrikaanse Moslems (volgelinge van Islam) kan steeds
in die (Oos-Kaap/Wes-Kaap) aangetref word.
Werkstuk 6 Vraag en antwoord: Datum : ____________________
1. a) Jan van Riebeeck was verbied om die plaaslike mense as slawe te
gebruik. Het dit beteken daar waar geen slawe nie? Verduidelik jou
antwoord.
b) Daar het al hoe meer setlaars aangekom, en hulle het meer werkers nodig
gehad. Wat moes hierdie werkers doen? Noem drie dinge:
c) Aan die begin was die Khoikhoi bereid om so nou en dan te werk. Om watter
twee redes het hulle later nie meer vir die Hollanders gewerk nie?
2. a) Waar het die eerste slawe vandaan gekom?
b) Later het slawe hoofsaaklik uit lande al langs die Indiese Oseaan
handelsroete gekom. Wat was die rede hiervoor?
16
1
6
K opiere g voorbehou@
c) Watter taal moes die slawe aanleer?
d) Afrikaans het aan die begin as slawetaal ontwikkel.
Noem vier taal waarvan dit aanvanklik 'n mengsel was.
e) Voltooi die tydlyn met die vernaamste datums in die geskiedenis
van slawerny aan die Kaap :
1660 - 1720
1730 - 1834
1770
1808
1834
3. a) Noem twee tipes werk wat slawe in die Kaap gedoen het:
b) Die werk wat slawe op die plase verrig het, het die volgende
ingesluit: (Noem agt)
17
1
7
K opiere g voorbehou@
c) Waar het die slawe geslaap?
d) Hoe kon die boere ekstra geld verdien uit hulle slawe?
e) Sommige slawe het nuwe vaardighede aangeleer. Noem vier hiervan:
4. a) Kaapse slawe-eienaars het baie streng beheer uitgeoefen oor hul slawe.
Noem drie vorme van die wrede strawwe wat toegepas is:
b) Hoe is slawe gestraf as hulle probeer het om weg te loop?
c) Noem vier van die streng reëls waarby slawe moes hou:
18
1
8
K opiere g voorbehou@
5. a) Vir hoe lank was daar slawe aan die Kaap?
b) Watter bewys het ons vandag dat baie van die slawe geskoolde
bouers, kabinetmakers, pleisteraars ens was?
c) Wat het die slawe saamgebring na Kaapstad toe? Hoe het die slawe
se styl verskil van dié van die Kaap?
6. a) Hoe het Afrikaans as taal begin ontwikkel? Verduidelik kortliks.
19
1
9
K opiere g voorbehou@
7. a) Watter gelowe het elk van die volgende groepe mense beoefen?
Slawe uit die Ooste
Europese setlaars
Khoikhoi en Xhosas
b) Wat noem ons volgelinge van die Islamitiese geloof?
8. a) Slawe eienaars het nie hul slawe toegelaat om die name wat hulle
ouers vir hulle gegee het, te behou nie. Hoe het die Europese families
waaraan hulle nou behoort het, vir hulle name gegee?