klimatologie - zwarries.files.wordpress.com geografie klimatologie graad 10 taak 3. verwarming van...

22
1 GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 KLIMATOLOGIE Taak 1. Samestelling en struktuur van die atmosfeer. (Bl. 40 - 43) 1. Wat is die verskil tussen weer en klimaat? 2. Noem die hoofelemente van weer en klimaat. 3. Noem en beskryf die VIER sfere wat die natuurlike omgewing vorm. 4. Gee SES redes waarom die atmosfeer belangrik is vir die aarde. 5. As wat staan die onderste (laer as 80 km) homogene gedeelte van die atmosfeer bekend? 6. As wat staan die boonste (hoër as 100 km) gedeelte van die atmosfeer bekend? 7. As wat staan die oorgangsone tussen bogenoemde sones bekend? 8. Benoem die TWEE konstante gasse in die atmosfeer. Gee ook die volgende inligting van elkeen. (a) Persentasie per volume. (b) Gas se belangrikheid vir weer en klimaat. (c) Ander funksies of bronne van die gas. 9. Benoem die DRIE veranderlike gasse in die atmosfeer. Gee ook die volgende inligting van elke gas. (a) Persentasie per volume. (b) Gas se belangrikheid vir weer en klimaat. (c) Ander funksies of bronne van die gas. 10. Benoem die DRIE edelgasse in die atmosfeer. 11. Watter tipe vaste deeltjies (nie-gasse) kom in die atmosfeer voor en wat is hulle belangrikheid vir (a) weer en klimaat en van watter (b) bron is hulle afkomstig? 12. Watter tipe besoedelende stowwe kom in die atmosfeer voor en hoe beïnvloed hulle die weer en klimaat en van waar is hulle afkomstig? 13. Kyk na die skets (Figuur 1.1) en beskryf die struktuur van die atmosfeer. Benoem die verskillende lae (A D). (a) Sê of die temperatuur daal of styg en met hoeveel ºC. (b) Gee elke laag se kenmerke en sê wat in elke laag voorkom. (c) Benoem die verskillende skeidingsvlakke (E G). (d) As wat staan gebied H en I bekend en wat noem ons die oorgangsone tussen hierdie twee gebiede? 14. In watter atmosferiese laag kom die osoonlaag voor? 15. Watter sone vorm die swaarste gedeelte van die atmosfeer? 16. Hoekom verskil die troposfeer se dikte by die pole teenoor die by die ewenaar? 17. Wat hou die atmosfeer in posisie? 18. Waar is die aarde se gasmolekules dus (a) die digste en waar is dit minder dig?

Upload: dinhquynh

Post on 06-Mar-2018

393 views

Category:

Documents


10 download

TRANSCRIPT

Page 1: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

1

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

KLIMATOLOGIE

Taak 1. Samestelling en struktuur van die atmosfeer. (Bl. 40 - 43)

1. Wat is die verskil tussen weer en klimaat? 2. Noem die hoofelemente van weer en klimaat. 3. Noem en beskryf die VIER sfere wat die natuurlike omgewing vorm. 4. Gee SES redes waarom die atmosfeer belangrik is vir die aarde. 5. As wat staan die onderste (laer as 80 km) homogene gedeelte van die atmosfeer bekend? 6. As wat staan die boonste (hoër as 100 km) gedeelte van die atmosfeer bekend? 7. As wat staan die oorgangsone tussen bogenoemde sones bekend? 8. Benoem die TWEE konstante gasse in die atmosfeer. Gee ook die volgende inligting van elkeen. (a) Persentasie per volume. (b) Gas se belangrikheid vir weer en klimaat. (c) Ander funksies of bronne van die gas. 9. Benoem die DRIE veranderlike gasse in die atmosfeer. Gee ook die volgende inligting van elke gas. (a) Persentasie per volume. (b) Gas se belangrikheid vir weer en klimaat. (c) Ander funksies of bronne van die gas. 10. Benoem die DRIE edelgasse in die atmosfeer. 11. Watter tipe vaste deeltjies (nie-gasse) kom in die atmosfeer voor en wat is hulle belangrikheid vir (a) weer en klimaat en van watter (b) bron is hulle afkomstig? 12. Watter tipe besoedelende stowwe kom in die atmosfeer voor en hoe beïnvloed hulle die weer en klimaat en van waar is hulle afkomstig? 13. Kyk na die skets (Figuur 1.1) en beskryf die struktuur van die atmosfeer. Benoem die verskillende lae (A – D).

(a) Sê of die temperatuur daal of styg en met hoeveel ºC. (b) Gee elke laag se kenmerke en sê wat in elke laag voorkom. (c) Benoem die verskillende skeidingsvlakke (E – G). (d) As wat staan gebied H en I bekend en wat noem ons die oorgangsone tussen hierdie

twee gebiede? 14. In watter atmosferiese laag kom die osoonlaag voor? 15. Watter sone vorm die swaarste gedeelte van die atmosfeer? 16. Hoekom verskil die troposfeer se dikte by die pole teenoor die by die ewenaar? 17. Wat hou die atmosfeer in posisie? 18. Waar is die aarde se gasmolekules dus (a) die digste en waar is dit minder dig?

Page 2: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

2

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Figuur 1.1 Die Atmosfeer.

Page 3: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

3

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 2. Die osoonlaag in die atmosfeer. (Bl. 44 - 47)

1. Wat is die wetenskaplike teken vir osoon? _________

2. Is osoon giftig vir die lewe in die laer atmosfeer? JA / NEE

3. Osoon absorbeer die gevaarlike strale nl. ________________

4. In watter atmosferiese laag word osoon natuurlik geproduseer? _______________________

5. Noem VYF mensgemaakte stowwe wat die osoon vernietig:

Stowwe Vorm waarin die stowwe voorkom.

6. By watter poolgebied kan mens die uitwerking (gat in osoonlaag) die duidelikste sien en tydens watter tyd/seisoen van die jaar is dit die duidelikste? _____________________________________________________________________________

7. Noem AGT gevolge (probleme) wat die vernietiging van die osoonlaag tot gevolg kan hê:

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

8. Waar rondom die aarde is die osoonlaag die dikste? __________________________________

9. In watter eenheid word die osoon dikte gemeet? ____________________________________

10. In 1987 het 123 lande, ʼn ooreenkoms gesluit om minder stowwe wat die osoonlaag vernietig te

produseer en te gebruik. As wat staan hierdie ooreenkoms bekend en in watter land is die

ooreenkoms gesluit? ___________________________________________________________

Page 4: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

4

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Page 5: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

5

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation)

1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2. Waarmee (a) meet ons temperatuur en in watter (b) eenhede meet ons temperatuur. 3. Wat is `n golflengte en waarin word dit gemeet? 4. Wat is die verskil tussen gammastrale en radiogolwe? 5. Ons ervaar die sonlig as wit. Hoekom is die lug (a) blou en soms (b) rooi en soms alle kleure soos (c) `n reënboog? 6. Insolasie is die sonstrale wat die aarde verhit. Die son straal lang en kort golwe uit - kort golwe is die gevaarlike ultra-violet, gamma- of X-strale en dit word afgekeer deur die osoonlaag. Insolasie vind slegs bedags plaas. (a) Noem en beskryf DRIE maniere waarop stralingsenergie deur die atmosfeer verlore gaan. (b) Hoeveel % van die stralingsenergie bereik dus die aardoppervlakte? (c) Wat word met die sonkonstante bedoel? 7. Aardradiasie: Die son verhit die aarde deur insolasie bedags - die aarde straal weer hierdie hitte uit en verhit die atmosfeer bedags, asook snags. Radiasie is dus die uitstraling van hitte deur die aarde - aardradiasie. (a) Hoekom straal die aarde - anders as die son - slegs lang strale uit? (b) Die aarde se hitte-energie word deur straling, geleiding en konveksie/stroming oorgedra. Verduidelik hoe elkeen van die prosesse plaasvind. (c) Wat is die gevolg van die feit dat die atmosfeer `n swak geleier van hitte is? Wat word hierdie proses genoem? (d) Hoeveel energie word elke dag deur die aarde uitgestraal? 8. Wat is latente hitte? 9. Voltooi die skets hieronder deur aan te dui hoeveel persent van die stralingsenergie verlore gaan by elke proses. Figuur 3.1 Hoe insolasie in die atmosfeer versprei.

Page 6: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

6

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Figuur 3.2. Vergelyking tussen ºC, ºF en Kelvin.

Page 7: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

7

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 4. Faktore wat die horisontale temperatuurgradiënt beïnvloed. (Bl. 54 - 57)

1. Noem die AGT faktore wat horisontale temperatuurgradiënt beïnvloed BREEDTEGRAADLIGGING: 2. Teken ʼn eenvoudige skets om die invloed van breedtegraadligging op temperatuur te illustreer. 3. Beskryf DRIE redes waarom die grond by die pole minder sonenergie ontvang as die ewenaar. 4. Wat veroorsaak dat die ekwatoriale gebied nie warmer word en die pool streke nie kouer word nie? 5. Verduidelik hoekom Musina (20° SB) baie warmer is as Worcester (30° SB). LAND EN WATERMASSAS. AFSTAND VANAF DIE SEE: 6. Watter TWEE hoofsoorte klimate het land en watermassas tot gevolg? 7. Verduidelik hoekom land en water verskillende verhit. Bespreek VIER redes. 8. Hierdie temperatuurverskille word deur land- en seebriese versprei. Bespreek hoe hierdie twee briese ontstaan en sê ook watter invloed dit het op die aangrensende kusgebied. 9. Teken TWEE sketse om die werking van land- en seebriese aan te dui. 10. Watter bries (land of see) is die sterkste aan Suid-Afrika se weskus? Motiveer. 11. Temperatuurgegewens vir enkele weer meetstasies in ºC.

PLEK BREEDTE

GRAAD

GEMIDDELDE REKORDMETING

Jan Julie Hoog Laag

Singapoer 1º N 26 ºC 28 ºC 36 ºC 19 ºC

Aswan 24º N 17 ºC 34 ºC 51 ºC 2 ºC

St.Louis 39º N 0 ºC 26 ºC 46 ºC -31 ºC

Londen 51º N 4 ºC 17 ºC 37 ºC -13 ºC

Verkoejanks 68º N -50 ºC 14 ºC 37 ºC -68 ºC

Watter stede het ʼn (a) Kontinentale klimaat (b) Maritieme klimaat Gee elke stad se breedteligging (ligging) en wys hoe dit sy temperatuur beïnvloed. 12. Onderstaande is ʼn kolomdiagram van Bloemfontein en Durban se Januarie en Julie temperature. Beantwoord die volgende vrae: (a) Hoeveel is Bloemfontein se Januarie temperatuur? (b) Hoeveel is Durban se Januarie temperatuur? (c) Hoeveel is Bloemfontein se Julie temperatuur? (d) Hoeveel is Durban se Julie temperatuur? (e) As jy bogenoemde vrae se antwoorde bestudeer, wat is die opmerklike verskil tussen die twee plekke se temperatuur-statistiek? (f) Verklaar hierdie verskil.

Page 8: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

8

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

13. Die tabel toon klimaat-gegewens van VIER stede in Suid-Afrika. Tx - is die gemiddelde daaglikse maksimum temperatuur in ºC. Tn – is die gemiddelde daaglikse minimum temperatuur in ºC. R – is die gemiddelde maandelikse reënval in millimeter.

KLIMATOLOGIESE GEGEWENS

Stasie J F M A M J J A S O N D Jaar

W Tx 29.8 28.3 26.3 22.8 19.0 16.6 16.4 19.6 22.8 25.8 27.5 29.2 23.7

Tn 15.4 14.9 12.7 8.4 4.0 0.7 0.3 3.2 6.3 10.0 12.0 14.2 8.5

R 87 81 89 46 24 8 10 15 21 44 65 63 553

X Tx 27.2 27.5 26.9 25.6 24.1 22.5 22.0 22.4 22.9 23.6 24.9 26.2 24.7

Tn 20.5 20.6 19.8 17.6 14.1 11.5 10.9 12.5 16.7 16.7 18.1 19.5 16.4

R 109 122 130 76 52 34 28 38 70 108 101 120 1008

Y Tx 28.8 28.1 25.2 25.1 22.5 20.2 19.9 22.7 25.7 28.3 28.1 28.7 25.4

Tn 16.4 13.7 14.4 10.0 6.4 2.9 2.6 5.1 9.2 13.3 14.7 15.7 10.6

R 134 113 94 35 20 3 9 13 14 62 120 120 737

Z Tx 26.2 27.3 25.8 23.0 19.9 18.5 17.2 18.1 19.1 21.5 25.5 25.5 22.2

Tn 16.4 16.5 15.2 13.1 10.7 9.0 8.5 9.2 10.3 12.2 15.3 15.3 12.5

R 17 13 22 49 94 109 94 83 58 40 20 20 627

(a) Watter een van die weerstasies het die laagste wintertemperatuur? (b) Watter weerstasie toon onderskeidelik die grootste en die kleinste seisoentemperatuur-

spelings?

(c) Water weerstasie toon onderskeidelik die grootste en kleinste verskille tussen die Tx en Tn – temperature gedurende Julie?

(d) Watter weerstasies toon onderskeidelik: i. Kontinentale klimaatkenmerke ii. Maritieme klimaatkenmerke Motiveer in albei gevalle jou antwoord.

(e) Noem die seisoen van maksimum reën by weerstasie W en Z. (f) Die letters W, X, Y en Z verteenwoordig elk een van die volgende stede:

Pretoria, Kaapstad, Bloemfontein en Durban. Skryf die toepaslike letter en die naam van die stad wat jy geïdentifiseer het, neer. Gee by elk ʼn rede vir jou keuse.

27 25

7

16

0

5

10

15

20

25

30

Bloemfontein Durban

TEM

PER

ATU

UR

IN

ºc

Axis Title

TEMPERATUUR VAN STEDE IN SUID-AFRIKA

Januarie Julie

Page 9: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

9

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 5. Faktore wat die horisontale temperatuurgradiënt beïnvloed. (VERVOLG) (Bl. 54 - 57)

RELIËF / HOOGTE BO SEEVLAK: 1. Verduidelik hoekom dit kouer word hoe hoër ʼn mens beweeg. Met ander woord, hoekom is daar sneeu op berg Kilimanjaro wat by 3 º S voorkom? 2. Het berge enige invloed op: (a) Temperatuur? (b) Reënval? Verduidelik. 3. Verduidelik hoekom al die hutte in die suidelike deel van KwaZulu-Natal (voorheen die Transkei) teen die middel van die noordelike (noordfrontende) hellings gebou is. 4. Verduidelik waarom die hange wat noordwaarts front warmer gaan wees as die hange wat suidwaarts front. Gee twee hoof redes. 5. Hoekom sal jy nie onder in die vallei wil woon nie? 6. Johannesburg en Pretoria is slegs 70 km van mekaar, tog is Pretoria deurgaans 2 ºC warmer. Verduidelik. 7. Veronderstel dat jy enige plek in Pretoria ʼn erf kon kies, waar sal jy dit uitsoek? Motiveer jou keuse t.o.v. klimaat. 8. Hoe word winde se naam aan hulle toegeken? 9. Ons kry TWEE tipes winde wat teen berghange ontstaan. Teken twee sketse om die werking van (a) ʼn dalbries en (b) ʼn bergbries te demonstreer. 10. Verduidelik in woorde hoe (a) ʼn dalbries en (b) ʼn bergbries ontstaan. 11. Wat noem ons die proses wanneer temperatuur in die troposfeer daal met ʼn toename in hoogte en teen watter tempo geskied hierdie temperatuur daling? 12. Wat is inversie en hoe verskil dit van bogenoemde proses? 13. Watter probleem veroorsaak inversie in die winter op die Hoëveld? SESTROME: 14. Verduidelik hoekom die Noorweegse hawens – geleë in die Noordpoolsirkel – dwarsdeur die jaar ysvry bly, terwyl Montreal en Quebec aan die Noordkus van Noord-Amerika vir ses maande gevries is. 15. Hoe verskil die seestrome wat vanaf die ekwatoriale gebied af kom teenoor die seestrome wat vanaf die poolgebiede af kom? Fig. 5.1 Inversie 16. Watter invloed het die warm Agulhas-seestroom aan die ooskus van Suid-Afrika? 17. Watter invloed het die koue Benguela-seestroom aan die weskus van Suid-Afrika?

Page 10: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

10

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

18. X is geleë op 30 º SB aan die ooskus van Suid-Afrika, en Y op 29 º SB, maar aan die weskus. Onderstaande is bogenoemde stasies se temperatuur- en reënvalstatistieke:

Maandgemiddelde temperatuur Jaargemiddelde reënval

Januarie Julie

X 24 ºC 18 ºC 1 000 mm

Y 16 ºC 12 ºC 60 mm

Beantwoord nou die volgende vrae: (a) Waarom is juis die statistieke van Januarie en Julie belangrik wanneer temperatuur- vergelykings getref word? (b) Hoe verskil die temperatuurstatistieke van die twee stasies? Verklaar kortliks. (c) Watter ooreenkoms bestaan daar in die temperatuurstatistieke? Verklaar die verskynsel. (d) Teken ʼn eenvoudige skets om die antwoord te illustreer. BEWOLKTHEID EN REËNVAL: 19. Verduidelik die TWEE maniere hoe bewolktheid die temperatuur van ʼn plek kan beïnvloed. 20. Verduidelik hoe reënval die temperatuur van ʼn plek kan beïnvloed. 21. Hoe beïnvloed wolke ʼn gebied se temperatuur wat ʼn reënerige somer ervaar? 22. Hoekom ervaar woestyngebiede so ʼn groot temperatuur verskil tydens dag en nag?

Figuur 5.2 Wolke se invloed tydens DAG en NAG.

WINDE: 23. Bespreek twee maniere hoe winde die temperatuur by gebiede kan beïnvloed en gee ook voorbeelde van elk. 24. Wat noem ons die winde wat vanaf die plato na die ooskus van Suid-Afrika waai? 25. Hoe ervaar die mense (boere) van die ooskus, die bogenoemde winde wanneer dit by hulle voorkom? 26. Watter omgewingsgevaar hou hierdie winde vir die mense van die ooskus in? 27. Noem VIER moontlike maatreëls wat ingestel kan word om die impak van die omgewings- gevaar, wat in vraag (c) genoem is, te verminder. 28. Hoe sal (a) ʼn seebries en (b) ʼn landbries die temperatuur van die kusgebied beïnvloed? KLEUR VAN GROND 29. Hoe kan die kleur van grond die temperatuur van ʼn gebied beïnvloed? 30. Wanneer is grond donker van kleur en wanneer is grond lig van kleur?

Page 11: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

11

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 6. Die Kweekhuiseffek. (Bl. 58 – 63) 1. Wat is NTVT en inversie en hoe verskil hulle van mekaar? 2. Wat is ʼn kweekhuis en wat is die doel van ʼn kweekhuis? 3. Noem VIER oorsake wat sal bydra tot ʼn verhoogde kweekhuiseffek. Figuur 6.1 Mensgemaakte oorsake van lugbesoedeling. 4. Wat is die uitwerking van die kweekhuiseffek op die atmosfeer en die aarde se temperatuur? 5. Noem TIEN gevolge (impak) wat die kweekhuiseffek op die omgewing sal hê, 6. Noem NEGE gevolge (impak) wat die kweekhuiseffek op die mens sal hê. 7. Noem TIEN maniere hoe ons (die mense op aarde) die kweekhuiseffek kan verminder. 8. Wat word met aardverwarming bedoel? 9. Wat is die voorspelde temperatuurstyging vir die wêreld teen 2080? 10. Wat is die voorspelde temperatuurstyging vir (a) Sider Afrika en (b) Noord Afrika? 11. Benoem VYF kweekhuisgasse en sê ook elke keer waar die gasse vandaan kom.

Sdss

Page 12: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

12

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

12. Kyk na figuur 6.2 en noem ʼn paar gevolge van aardverwarming. Figuur 6.2 Moontlike gevolge van aardverwarming. 13. Bespreek elk van die volgende impakte van klimaatsverandering se invloed op Afrika:

(a) Stygende seevlakke (b) Verwoestyning (c) Droogtes (d) Oorstromings (e) Konflik oor hulpbronne

Page 13: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

13

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 7. Vog in die atmosfeer. (Bl. 66 – 69) 1. Kyk na figuur 7.1 en benoem die verskillende vorme van water. Sê ook as wat die proses bekend staan en of hitte of koue verantwoordelik is.

Figuur 7.1 Die drie vorme van water. 2. Beskryf waar ons water in die volgende vorme sal aantref: (a) vloeibare vorm (b) soliede ys (c) as waterdamp. 3. Hoeveel persent van die aarde se water kom in (a) die oseaan voor en hoeveel persent kom in (b) as varswater voor? 4. Hoeveel persent van die varswater kom voor as: (a) ys en gletsers; (b) grondwater; (c) toeganklike vars oppervlaktewater. 5. Wat is grondwater?

Page 14: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

14

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

6. Hoeveel van die vars oppervlakwater kom voor in: (a) mere; (b) grondvog; (c) atmosferiese waterdamp; (d) water in lewende organismes; (e) en riviere. 7. Wat is die waterkringloop? 8. Teken ʼn eenvoudige skets om die waterkringloop te demonstreer. 9. Wat is (a) transpirasie en (b) evaporasie? 10. Noem twee maniere hoe die mens inbreuk maak op die waterkringloop. Figuur 7.2 Die waterkringloop.

Page 15: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

15

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 8. Humiditeit. (Bl. 70 – 71) 1. Wat is humiditeit? 2. Wat is relatiewe vogtigheid/humiditeit? 3. Noem die faktore wat humiditeit beïnvloed. 4. Wanneer is lug versadig en wanneer reën dit? 5. Wanneer koel mens se liggaam die vinnigste af? By lug hoë humiditeit het of wanneer die lug droog is? 6. Watter lug voel die koelste (voel koeler)? Koue lug met ʼn hoë humiditeit of lug met ʼn laer humiditeit? 7. Met watter TWEE termometers kan mens vogtigheid meet? 8. Hoe meet mens relatiewe vogtigheid met bogenoemde termometers? 9. Wat is ʼn higrometer? 10. Wat is waterdampkapasiteit? 11. Wat is doupunttemperatuur? 12. Wat is hitte-uitputting (hipertermie)? Figuur 8.1 Hitte-uitputting. Figuur 8.2 Natbol- en droëboltermometers.

Page 16: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

16

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 9. Wolke en vorme van neerslag.. (Bl. Bl. 72 – 75) 1. Wat is wolke? 2. Hoe vorm wolke? (Fig. 9.1) 3. Teken ʼn tabel om die klassifikasie van wolke duidelik uit te beeld. Gebruik die volgende hoofde:

Soort wolk

Naam van wolk

Hoogte 4. Kyk na figuur 9.2 en benoem die wolke gemerk A – K. 5. Beskryf die tipe weer wat ons by die volgende wolke kan verwag:

(a) Cumulonimbus (b) Cirruswolke Figuur 9.1 Hoe wolke vorm. (c) Cumuluswolke (d) Stratuswolke

6. Wat is neerslag en noem die verskillende vorme waarin neerslag voorkom. 7. Verduidelik hoe die volgende tipes neerslag gevorm word: (a) reën (b) dou (c) ryp (d) hael (e) sneeu 8. Wat is swartryp en hoe kan boere die effek van swartryp voorkom? 9. Kyk na figuur 9.3 en verduidelik hoe konveksiereëns ontstaan. 10. Teken ʼn eenvoudige skets om die ontstaan van reliëfreën te demonstreer. 11. Kyk na figuur 9.4 en verduidelik hoe frontale reën ontstaan.

Page 17: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

17

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Figuur 9.2 Wolksoorte en hul hoogtes. Figuur 9.3 Konveksiereënval. Figuur 9.4 Sikloniese reën.

Page 18: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

18

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 10. Lees en vertolking van ʼn weerkaart. (Bl. 78 – 83) 1. Wat is ʼn sinoptiese weerkaart? 2. Wat is isobare? 3. Gee ʼn ander naam vir: (a) sikloon (b) antisikloon 4. Teken eenvoudige sketse met byskrifte om die werking van (a) ʼn sikloon en (b) ʼn antisikloon te demonstreer. 5. Kyk na die weerstasie model (figuur 10.1) en gee die volgende inligting: (a) Lugtemperatuur (b) Doupunttemperatuur (c) Windspoed (d) Windrigting (e) Bewolktheid (f) Tipe weer (g) Waarvoor staan die 994? Figuur 10.1 Weerstasie. 6. Kyk na die weerkaart van Suidelike Afrika (figuur 10.2) en beantwoord die volgende vrae: (a) Wanneer (datum en tyd) is die weerkaart inligting waargeneem?

(b) Is dit ʼn somer of winterkaart? Motiveer. (c) Noem VIER maniere hoe die lug beweeg by A? (d) Gee die weerstasie inligting vir (i) Kaapstad, (ii) Port Elizabeth en (iii) Durban. Kyk na Lugtemperatuur, Doupunttemperatuur, Windrigting, Windspoed, Bewolktheid. (e) Watter tipe front stel (i) F en (ii) G onderskeidelik voor? (f) Benoem die lugdrukselle A – E.

Page 19: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

19

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 11. Lees van ʼn weerkaart. (PRAKTIES) (Bl. 78 – 83) Bestudeer die weerkaart op die volgende bladsy en beantwoord die volgende vrae: 1. Stel die weerkaart somer of winter toestande voor? Gee VIER bewyse om jou antwoord te staaf. 2. Watter fronte word voorgestel deur D en C? 3. Wat noem ons gebied G wat tussen twee hoogdrukke of tussen twee laagdrukke voorkom? 4. Wat noem ons gebied B waar isobare wat weg van ‘n hoogdruksel na ‘n laagdrukgebied toe beweeg 5. Gee die weerstasie inligting (temperatuur, doupunttemperatuur, windspoed, windrigting, bewolktheid en tipe weer) van die blokkie links bo wat weerstasie Z voorstel. 6. Benoem die antisiklone V, X en Y wat op die kaart voorkom. 7. Wat noem ons die lyn by H en wat is sy lesing of lugdruk? 8. Teken ʼn eenvoudige skets met byskrifte om die lug beweging van lugdruksel E te demonstreer. 9. Wat is die hoeveel hektopascal (hPa) verskil dit van een isobaar na die volgende isobaar? 10. Wat noem ons die lugdruksel by W? 11. Noem die twee weereilande wat suid van Suid-Afrika voorkom? 12. Teken ʼn weerstasiemodel wat die volgende inligting weergee: Centurion – 4351 Lugtemperatuur = 28 ºC Doupunttemperatuur = 21 ºC Windspoed = 25 knope Windrigting = Noordoos / NO

Bewolktheid = 6

8 of ses agtstes.

Tipe weer = Buie 13. Wat noem ons die tipe front wat deur E aangedui word en hoe ontstaan so ʼn front?

Page 20: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

20

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Page 21: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

21

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10

Taak 12. Weerinstrumente. 1. Teken die tabel oor en voltooi die ontbrekende antwoorde oor instrumente om weer waar te neem:

Weerverskynsel Instrument Eenheid waarin gemeet

2. Wat is die doel van die Stevenson-skerm? 3. Benoem die weerinstrumente A – G. A B C D E F G

Page 22: KLIMATOLOGIE - zwarries.files.wordpress.com GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10 Taak 3. Verwarming van die atmosfeer. (Bl. 50 - 53 en Presentation) 1. Wat is atmosferiese tempertuur? 2

22

GEOGRAFIE Klimatologie GRAAD 10