proagri 119 web

32
tegnologie vir die boer technology for the farmer Nr 119 Desember 2009 AgriTrader Sien binne vir puik aanbiedinge Valtrac: die boer se voerbroer Fokus op kleinvee ISSN 1042–1558

Upload: tsmike

Post on 18-Nov-2014

549 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

In die uitgawe fokus ons veral op kleinveeboerdery met ‘n verbeterde entstof teen hartwater wat in die nuwe jaar beskikbaar sal wees (die artikel is voorsien deur prof Abdalla Latif van die LNR se Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut). Dr Jasper Coetzee van Voermol vertel ons meer oor die voedingsvereistes van laatdragtige ooie en ons bespreek ’n nuttige boek oor skaapproduksie. Lees ook van ’n vernuftige patent om voëls na jou tuin te lok – en terselfdertyd van vlieë en brommers ontslae te raak.

TRANSCRIPT

Page 1: ProAgri 119 Web

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

Nr 119Desember 2009

AgriTraderSien binne vir puik aanbiedinge

Valtrac: die boer sevoerbroer

Fokus op kleinvee

ISS

N 1

04

2–1

55

8

Page 2: ProAgri 119 Web

GSM INTERNETDiensverskaffer

GRATIS

FAKS

NA E

-POS,

E-POS

ADRE

SSE E

N DATA P

AKET

TE.

BEGIN

VANAF

R50-

00P/

M

Ons pakette is op die platteland gerig

Voorwaardes:• Standaard terme en voorwaardes geld• Afhanklik van Vodacom IB, datums en tye• Gogga is nie verantwoordelik vir netwerkvertragings nie• Gebruikers is verantwoordelik om hulle eie data gebruik op die dag te monitor• Gratis data net op 25 Desember 2009 geldig

50 MB se gratisdata viralle kliënte op kersdag

van GOGGA

Om Internet te kry was nog nooit sò maklik nie.

KersbonusAl ons bestaande intekenaars is geregtig op 50MB se gratis data opKersdag, ideaal om familie te Skype of om jou Kersfoto’s aangeliefdes te stuur in plaas van die gewone Kersfees SMS.

GEEN INTERNET?

GESËENDE KERSFEES

’n Eerste in Suid-Afrika!

KOOP GROOTMAAT DATANetsurf data “uncapped” @

R0.60 per MB(voorwaardes geld)

Verbind veelvoudige simkaarte metEEN datapakket en deel data-gebruik.

SA se bekendste onafhanklike

GOGGA sê dankie vir julle ondersteuning

E-Pos: [email protected]

Skakel ons: 08600 GOGGA (46442) www.goggaconnect.co.za

Page 3: ProAgri 119 Web

3

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent ofthe publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of theeditor. We recognise all trademarks and logosas the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

distribution

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T S

Distributed by

SMARTPUBLISHING

smart

Published by

ProAgri 119 In hierdie uitgawe

Die ProAgri-span

Business-to-Business Magazine (July – Sept 2009) with a free circulation of 58 722 per month(Paid 26, Total 58 748)

www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

Meganisasie4 Bekostigbaar, betroubaar, doeltreffend:

Valtrac maak koningskuilvoer in ’n kits7 Belarus-trekkers geniet werk

Veeboerdery9 Laat dragtigheid: Voer reg vir ’n

suksesvolle lammeroes11 Heartwater in small stock: New vaccine

shows promise15 Uiteindelik: ’n Edele nut vir vlieë en

brommers!17 Nuttige boek: Skaapproduksie

Elektronika19 Elektronika vir die boer: Tegnologie

maak jou lewe makliker

AgriTrader22 Veilings27 GeneGids28 AgriGids31 Agri-Werktuie

11

7

9

15

RedakteurCoenraad Rall > [email protected] redakteurSuzanne Grobler [email protected] advertensieverteenwoordgerStefan van Wyk > [email protected] Strauss > [email protected] & grafika Esta van [email protected] & intekeningPaula MacMavis > 012-362-6390Sakebestuurder George Grobler [email protected]

In die uitgawe fokus onsveral op kleinveeboerdery

met ‘n verbeterde entstof teen hartwater wat in die nuwe jaarbeskikbaar sal wees (die artikel is voorsien deur profAbdalla Latif van die LNR se Onderstepoort Veeartseny -kundige I nstituut). Dr JasperCoetzee van Voermol vertelons meer oor die voedings -vereistes van laatdragtige ooieen ons bespreek ’n nuttigeboek oor skaapproduksie.

Lees ook van ’n vernuftige patent om voëls na jou tuin telok – en terselfdertyd van vlieë en brommers ontslae te raak.

Op bladsy 19 bespreek ons elektronika vir die boer. Leesdaar van die Canon PowerShot digitale kamera (wat nie net‘n oulike geskenk is nie, maar ook ’n nuttige toestel vir dieboerdery) en Lexmark se drukker -kopieerder -aftaster -faksmasjien alles-in-een masjien ideaal vir die boer se kantoor.

Coenraad Rall <[email protected]>

Desember 2009

Mooi vee bly maar ‘nlus vir die oog en hierdie boerbokke vanDries Wiese van Loxton maak ‘n menssommer lus vir boer.In hierdie uitgawe vanProAgri is etlike artikels wat vanwaarde vir kleinvee-boere kan wees.

ProAgri wens graag alsy lojale lesers en adverteerders ’ngeseënde Kerstyd toe

Page 4: ProAgri 119 Web

Voortreflike voer maak die verskilin veeproduksie. Met voldoende

voedsame voer, kan die boer dietoekoms met vertroue tegemoetgaan.

Of jy jou diere se prestasiepeil metheerlike, heilsame hooi of kuilvoerwil opstoot, Valtrac staan rotsvasaan die boer se kant met die beste,bekostigbaarste werktuie om dietaak maklik te maak.

Dis hoekom Valtrac al hoe wyerbegin bekend staan as Die boer sevoerbroer.

Kuilvoer is kinderspeletjies

Daar is geen twyfel oor kuilvoer sevoedsaamheid, smaaklikheid engeskiktheid vir veevoeding nie.

Hierdie reus sny drie meter wyd ry-onafhanklik. Hy sny so 55 ton kuil-voer per uur as die oes mooi is.

Die Kemper sny en gryp materiaalsekuur sodat niks verlore gaan nie.Jy kan sy snitlengte in enige van 12posisies, van 4,3 mm tot 33 mm,

verstel en hy breek diemieliepitte om die voedsaam-ste kuilvoer te verseker.

Sy metaalverklikker stop diemasjien onmiddellik as daar’n stukkie yster of staal deurdie bek wil beweeg en sy ket-tinglose aandryfstel bied diebeste betroubaarheid vir dieminste, maklikste onderhoud.

’n Groot voordeel van dieKemper bo selfaangedrewekuilvoerkerwers, is dat hydeur ’n Valtra-TwinTrac-trekker aangedryf word. Twin-Trac beteken ’n trekkerwaarvan jy net die sitplekomdraai en dan werk hy metsy tweede stuur en kontrole-stel net so flink agteruit asvooruit. Die res van die jaar,wanneer jy nie kuilvoer maaknie, het jy die hele eersteklastrekker vir ander boerdery-take.

As jy saam met die KemperValtrac se Jeantil-wegrywaensgebruik, ry jy 10 ton of 25kubieke meter materiaal op ’n

slag uit die land uit. Die waens wiphoog sodat die materiaal maklik engou uitgly. Die res van die jaar kan

Maar kuilvoerproduksie steleen onverbiddelike eis: Plant-materiaal moet in presies dieregte stadium ingekuil wordom die beste resultate te behaal.

Daarom kan geen boerbekostig om tydens kuilvoertydtoe sloer, te staan of te sukkelnie – sy masjinerie moet altydreg en betroubaar wees.

Valtrac bied die boer presies dieregte werktuie en die getroustediens wat puik kuilvoer verseker.

Kontrakteurs en boere wat groot hoeveelhede kuilvoer maak, kiesnatuurlik sonder aarsel Valtrac sevraatsige, groot Kemper ChampionC3000-kuilvoerkerwer.

Valtrac se Kemper Champion C3000-kuilvoerkerwer sny lag-lag 55ton mielies per uur en breek die pitte om die beste, voedsaamstekuilvoer te verseker.

Meganisasie Kuilvoertoerus�ng

Bekostigbaar, betroubaar, doeltreffend:

Valtrac maak koningskuilvoer in ’n kits

www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 20094

Page 5: ProAgri 119 Web

5

wasse, peul-gewasse of

kleingraan soosal hoe meer vee-

boere doen, staanValtrac vir jou reg met

sy Pöttinger-kuilvoerwa.

Hierdie wa tel windryenetjies en skoon op met syopteller. Daarna kerf hy ditna die boer se keuse enstop dit styf in die wa seruim pens. Waens wat van35 tot 66 kubieke meter materiaal (21 ton) hou, isbeskikbaar. By die kuil-voersloot laai die wa sekettingvloer en aflaairo-tors die materiaal vinnigen skoon af.

Een so ’n kuilvoerwa verg een manen 118 kW trekkerkrag teenoor ’nselfloopkerwer met aanrywaens se712 kW en 5 werkers! Vir dieselfdehoeveelheid kuilvoer van dieselfdegehalte neem die Pöttinger-kuil-voerkerwerwa twee keer so lank,maar gebruik die helfte van diediesel, 80% minder mannekrag en84% minder trekkerkrag.

Die beste nuus is dat Valtrac se legendariese diens al hierdie produkte stewig rugsteun sodat dieboer die kuilvoermaaktaak metvolkome gemoedsrus kan aanpak.

Vir meer inligting, praat met Hen-nie du Toit van Valtrac by 056-817-7308 of besoek Valtrac sewebwerf www.valtrac.co.za.

Lees volgende keer van Valtrac sedoeltreffende snyers en harke.

jy die waens vir talle ander take gebruik.

Kleiner kerwer

As jy minder kuilvoer maak, maarsteeds volledige betroubaarheid,doeltreffendheid en diens vereis, isValtrac se Noqueira Pecus II 9004-eenrykuilvoerkerwer jou antwoord.Hy sny so 20 tot 30 ton per uursonder om ooit te verstop, hy is lig,maar stewig, sy snitlengte kan op 5, 7, 10 en 14 mm verstel word, hylaat jou nie in die steek nie en syeienaarskap is maklik en goedkoop.

Beste van beide

Goeie nuus is dat Valtrac se ry- onafhanklike Nogueira Cat 1200-kuil-voerkerwer ook binnekortbeskikbaar gaan wees. Hierdiemasjien is perfek vir besproei-ingsmielies of sorghum met sysirkelsaagstelsel wat die volle wydtevan sy 1 200 mm wye bek sny en inenigeen van 8 lengtes tussen 4 en17 mm kerf.

Hierdie staatmaker kerf so 30 tot36 ton kuilvoer per uur en hy swaaitot reg agter die trekker om sodatjy jou eerste ry truwaarts kan snysonder om enige plante plat te trap.

Valtrac stel geen produk vryvoordat dit deegliks getoetsen vir plaaslike om-standighede aangepas isnie. Die Cat 1200 is tansbesig met sy passies.

Kuilvoer van kleingraan, grasen peulgewasse

As jy grootskaals enekonomies koningskuilvoer wilmaak van grasge-

Goeie nuus vir kuilvoermakers is datValtrac tans besig is om die CAT1200-ry-onafhanklike kuilvoerker-wer, perfek vir besproeiingsmielies,te toets en vir plaaslike omstandighede aan te pas. Dit salbinnekort beskikbaar wees.

Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa tel materiaal netjies op,kerf dit na smaak, stop dit styf in sy pens en laai dit vinnig envolledig in die kuilvoersloot af. Nou kan jy kuilvoer maak van enigegrasgewas, peulgewas of kleingraan.

www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

Page 6: ProAgri 119 Web
Page 7: ProAgri 119 Web

Meganisasie Trekkers

Belarus-trekkers geniet werk!

Trekkeroperateur Qumbesa en plaasbestuurder Fana Robertsonstem saam: Belarus is die bekostigbare trekker met die duursaamheid, werkverrigting, krag, operateursgerief ennaverkoopdiens wat suikerrietboerdery ’n soet ervaring maak.

Suikerproduksie kan ’n soete taakwees as jy die regte toerusting

het. En die nommerpas trekkers vir ’nsuikerplaas, is die gedugte, geen-nonsens, eerlike, kragtige Belarus-staatmakers.

So sê Fana Robertson, bestuurdervan Big Bend Farm naby Harding, noordoos van Port Shepstone.

Die heuwels van Kwazulu-Natal isskotig en die grond taai en turwerig.Dis nie elke trekker wat hier die masopkom met grondbewerking nie, maardie kragtige, diep dreuning van BigBend se twee Belarusse klink vrolik opsoos hulle blykbaar moeiteloos diesooie omkeer of walle op-ert.

Hierdie trekkers geniet dit om te werk– dis maar seker. En ook geen won-der nie, want hulle kom uit die fabriekvan een van die wêreld se voorste engrootste trekkervervaar -digers, wat al32 internasionale gehaltetoekenningsgewen het.

Meer as 3-miljoen Belarus-trekkerswerk in 100 lande regoor die wêreldin alle denkbare klimaat- en grond-toestande. Belarus se 20 000 werkne-mers vervaardig 8% van die wêreldse trekkers en Belarus is een van die8 vervaardigers wat 96% van diewêreld se trekkers maak.

In Suid-Afrika word Belarus verskafen rotsvas gerugsteun deur Variquip– die maatskappy wat reeds regdeurdie land ‘n reputasie verwerf het virsy diepgaande kennis van trekkers enlandboumasjinerie en sy vermoë omenige onderdeel vir enige land-boumasjien in die hande te kry.

Die rede vir hierdie sukses is omdatVariquip se mense lief is vir trekkersen verstaan dat die boer nooit, nooitkan bekostig om vir onderdele endiens te wag nie.

Variquip, met byna twee eeue segesamentlike trekkerkennis entoegeruste werkswinkel in Pieterma-ritzburg, het al die nodige onderdeleen ervare tegnikuste om jou trekkersfoutloos aan die loop te hou.

Van hier af bied hulle ’n flink en gees-

driftige diens regoor Suid-Afrika, waarhulle tans besig is om oral Belarus-handelaars aan te stel, maarook in Swaziland, Zimbabwe, Zambië,Botswana, Lesotho en Mosambiek.

Sandy Clouston, Jono Cook enhulle kollegas se harte pomp suiwerdiesel en hulle is opgewonde oor die belangrike rol wat hulle met die verskaffing van trekkers en diens indie landboubedryf speel.

Toe hulle die Belarus-trekkers op BigBend kom demonstreer, het Fanadadelik besef: soveel krag en robuus-te betroubaarheid gaan jy nêrens anders vir so min rande kan aanskafnie.

’n Mens kan sommer sien dis ’ntrekker wat sy man kan staan, sêFana. Hulle was nie suinig met diestaal nie, dis ’n flukse, reguit werk-eseltrekker wat maklik is om te gebruik en te onderhou en vir Fana setaak is die Belarus presies die regtetrekker teen die regte prys.

Fana is ingenome met die twee Be-larusse wat hy gekoop het: ’n 920.3van 67 kW en ’n 1025.3 van 86 kW.Hy hou van die aanboord-kompressorwaarmee jy enige wiele kan pomp,lugdrukgereedskap kan aandryf of ’nswaar sleepwa se lugremme kan be-heer.

Hy hou ook van die klomp hidrouliesepunte; selfs vir ’n laaigraaf voor aandie trekker, en die feit dat die trekker

gereed is om dubbelwiele agter aante bring.

Die kajuit is gerieflik en ergonomiesen alle kontroles is perfek geplaas.

Alhoewel die Belarus ’n werkesel-trekker is, bevat dit die meesgevorderde tegnologie waar dit saak-maak: Die enjin voldoen aan Euro 2-uitlaatspesifikasies, die swaardienskoppelaar hou jare en jare lank, diemultiskyfremme werk in olie, die 24Volt elektriese stelsel sorg vir onmid-dellike aanskakeling selfs op die ysig-ste oggend, die hidrouliese stelsel issterk en veelsydig genoeg vir enigetaak en die Belarus is een van diemin trekkers wat ’n werktuig positiefin die grond in druk.

Voorwielaandrywing kan permanentingeskakel word, outomaties in-skakel wanneer die agterwiele glip ofheeltemal uitgeskakel word.

Maak nie saak waar jy boer nie, Be-larus bied jou presies die trekker endie rugsteundiens wat jy nodig het.

Praat met Sandy of Jono by 033-345-8084, met Jack by 072-757-3227, Myles by 082-490-8596 of Erwin Laue by072-613-6787. As jy in die Vrystaat woon, praat met HannesGrobbelaar by 083-292-4396, ofas jy ’n Noord-Nataller is met Tertius Dowling by 082-573-2206. Besoek ookwww.variquip.co.za en www.belarus.co.za.

7www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

Page 8: ProAgri 119 Web
Page 9: ProAgri 119 Web

VoedingVeeboerdery

Laat dragtigheid:

Voer reg vir ’n suksesvolle lammeroesDr Jasper Coetzee, Voermol Voere021-887-9559, 083-386-8382, [email protected]

Een van dié belangrikste stadiums in die reproduksie-

siklus van die ooi, is die laat stadium (vierde en vyfde maand),want 80% van die fetusgroei vindgedurende hierdie stadium vandragtigheid plaas.

Dit lei tot ’n betekenisvolle toenamein die voedingsbehoeftes van dielaatdragtige ooi (Bell, 1995; Dawson et al, 1999).

Die feit dat ongeveer 80% van allelamvrektes verband hou met dievoeding van die ooi gedurende dielaaste paar weke voor en onmiddel-lik na lam, beklemtoon die belang-rikheid van voldoende en korrektevoeding gedurende laatdragtigheidnog verder (Seymour, 1998).

Indien ooie vir net een weekgedurende laatdragtigheid ondervoed word, kan goeievoeding daarna nooit tenvolle daarvoor vergoed nie(Mellor & Matheson, 1979).

Laatdragtige ooie met enkelingfetusse moet dusvanaf vier weke voor lam, diémet tweelingfetusse vanafses weke en dié met drie-lingfetusse vanaf agt weke,voldoende voedingstowwe inneem om uierontwikkelingte stimuleer, bies- enmelkproduksie te verhoog,moedereienskappe van dieooie en lewenskragtigheidvan lammers te verbeter,asook geboorteprobleme(geel lammers met geboorte)en abnormale dik en taai bieste beperk en om 'n ideale geboortemassa (3,5 tot 5,5 kg) te verseker.

Dit alles het maksimum lamoorlewing tot gevolg enhelp mee om lamvrektes tebeperk en/of lamgroei te verhoog.

Die aanvulling van deurvloei-proteïen op swak gehalte droë weiding het die massa lam gespeenper ooi gepaar met tot 5,1 kg verhoog, asook die daaropvolgendelampersentasie met tot 28 persen-tasie-eenhede (Brand, 1999).

Die voorsiening van ’nhoëdeurvloeiproteïenlek (300 – 500g/ooi/dag) soos 'n Maxiwollek-mengsel (250 kg Voermol Maxiwol +200 kg gemaalde mielies of heel garspitte + 50 kg sout); MaxiwolProduksiekorrels; Maxiwol Readymixof Maxiblok voor lam is ononderhan-delbaar.

Indien die weiding skaars is of waarooie in lamkampe of lamhokke laatlam word, moet ’n volledige rantsoen[375 kg gemaalde lusern (20 – 25mm lengtes) + 350 kg gemaalde

mielies of heel garspitte + 150 kgVoermol Maxiwolkonsentraat + 50kg Voermol Procon + 80 kg VoermolMelassemeel] vanaf vier of selfs sesweke voor lam gevoer word.

Aangesien hierdie rantsoen ureumbevat, moet die maksimum innametot 2,5 kg/ooi/dag beperk word omureumvergiftiging te voorkom. Indien hoër peile gevoer moet word,skakel dr Jasper Coetzee vir ’n alternatiewe rantsoen.

Ooie moet stadig en geleidelik op hierdie volledige rantsoen aangepasword om suurpens te voorkom.

Ooie wat gedurende laatdragtigheidondervoed is, se piek en volhou-baarheid van melkproduksie is laeras dié van goed gevoerde ooie.

Ooie moet ook vier tot ses weke voorlam met Multimin™ (G1853) en Vita-mien A en E ingespuit word. Hullemoet ook die nodige doserings enentings (multiklo-stridiale) ontvang.

Vir ’n suksesvolle lammeroes moet ooie gedurende die laaste stadiumvan dragtigheid reg gevoer word.

9www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

Page 10: ProAgri 119 Web
Page 11: ProAgri 119 Web

DiseasesStock farming

www.proagri .co.za 11ProAgri 119 Desember 2009

Heartwater caused by the bacteriumEhrlichia ruminantium is probably

the most economically important live-stock disease in South Africa, and it isestimated to cost the country approxi-mately R400 million annually.

Heartwater and parasitic worms are themost important diseases affectingsheep, and goats, while heartwater alsoaffects some wild ruminants, especiallyimpala. Angora goats are probably thedomestic species most severely affectedby the disease which limits the produc-tion of mohair.

The vector tick

In South Africa the disease is wellknown to farmers in the warmer andwetter parts of the country where itsvector, the bont tick Amblyomma hebraeum, is widely distributed. The tickoccurs where the grass is usually tallwith tree cover and bushy areas provid-ing shade for tick survival.

Cattle, sheep, goats and other wild animals are all important hosts for theadult stages, as well as the larvae andnymphs. On goats, most of the adultticks feed on the belly, groin and ster-num while the nymphs feed on the feet.

The disease

The name of the disease originates fromthe fact that the space between theheart muscles and the pericardium (covering) of the heart is usually filledwith slightly turbid light yellow fluid.This is the most significant post mortemfinding, particularly in sheep and goats(Figure 1).

The lungs and the thoracic cavity arealso filled with huge amounts of thefluid (see Figure 2).

Clinical signs of the disease vary fromperacute to acute death, especially ingoats and sheep. The body temperature(fever) rises to 42o C for one to twodays. During an outbreak animals collapse and are found dead.

Some animals show nervous symptoms,appear dull, show forced breathing andchewing movements.

Recumbent sick animals show leg-ped-alling and twisting of the neck to one side.

When they die at thisstage, profuse fluid oozesfrom the nostrils andmouth (see Figure 3).

Farmers can diagnosethe disease by removingpart of the brain, keepingit cold and sending it to apathology laboratory assoon as possible, to confirm the presence ofthe organisms in thebrain capillaries.

Control of the diseaseby vaccination

Control of heartwater bycontrolling the tick vectoris not sustainable in thecontext of economics, asdipping is impractical forsmall stock and due tothe seasonal variability intick abundance. The disease can be presenton a farm throughout theyear, as both the adultand nymphal stages ofthe tick can transmit theinfection.

The only sustainablemethod of control is byvaccination.

Naturally, if goats orsheep are infected duringtheir early life and recover, they would beimmune for the rest oftheir lives.

However, because different types of thecausative organisms are present in different geographical areas, these organisms may not afford cross protec-tion. Therefore, moving naturally immune animals from for example theEastern Cape to KwaZulu-Natal, may bedisastrous and a farmer may lose all ofthese animals.

Even the Onderstepoort commercialheartwater vaccine does not offer a widespectrum of immunity against all of thedifferent types present in the country.

The Onderstepoort Veterinary Institute(OVI) carries out intensive work to characterise by molecular and

immunological tools the different types of the heartwater organisms, and disperse the knowledge to farmers.

The OVI is currently exploiting new different approaches to successfully vaccinate and immunise sheep andgoats. One promising method currentlybeing investigated, is the use of an attenuated heartwater vaccine.

So far, the results obtained with this attenuated vaccine, are excellent and alarge on-farm trial is planned for 2010.This vaccine has broad spectrum crossprotection, offering protection againstalmost all of the local isolates.

Heartwater in small stock:

New vaccine shows promiseProf Abdalla Latif BVSC, PhD, Programme Manager, Parasites, Vectors & Vector-borne Diseases,Onderstepoort Veterinary Institute

Figure 1: Hydropericardium (fluids in the space between the heart muscles and the heart covering); pericardium removed.

Figure 2: Hydrothorax (fluid in the thoracic cavity)of a heartwater dead sheep: fluid measure about500 ml.

photo by Abdalla Latif

photo by Abdalla Latif

... to page 13

Page 12: ProAgri 119 Web

SNY VEEDIEFSTALJOU BOERDERY KEELAF?

Beskerm jou eiendom!

Kontak ons

Stop veediefstal goedkoop en effektief!Kontak ons vir ’n gratis kwotasie of

besoek ons webwerf.

sel: 079 526 7232www.tramirloc.co.za

Page 13: ProAgri 119 Web

ProAgri 119 Desember 2009www.proagri .co.za

Many livestock owners, especially those whoraise Angora goats, control the disease by regular prophylactic treatment with antibiotics,usually tetracycline.

It is necessary to treat the animals every fortnight, which is labour intensive and very expensive. There is also the danger that thebacterium may eventually develop resistance to the antibiotic.

Angora goats that appear to be highly suscepti-ble to heartwater, including the strain used forlive-blood vaccine production, should benefitfrom the attenuated vaccine, which could affordprotection against natural field challenge.

The attenuated vaccine is superior to the current blood vaccine. When inoculated intra-venously (iv) into Merino sheep or Boer goats,the attenuated culture-derived organisms didnot produce disease. Some of the sheep andmost of the goats reacted with a slight rise inbody temperature, but they remained fit andhealthy.

All the animals were subsequently found to befully protected against a lethal needle challengewith the homologous stock or with one of fourdifferent heterologous stocks.

Furthermore, we have shown that the intra-muscular routes of inoculation can replace intravenous injection. This vaccine is planned toreplace the current vaccine in very near future.

Figure 3: Sheep died of heartwater showing fluids oozing from the nostrils and mouth.

...from page 11

photo by Abdalla Latif

13

Page 14: ProAgri 119 Web
Page 15: ProAgri 119 Web

Uiteindelik:

’n Edele nut vir vlieë en brommers!“Hoekom is daar meer vlieë by ons huis in Irene as by die teetuin op die melkplaas net buite die dorp?”

Hierdie vraag het die twaalfjarige EllenKruger bly hinder, veral omdat toe-stande vir vlieë om uit te broei tog gun-stiger op die plaas met al sy beesmis is.

Die rede vir die min of geen vlieë op dieplaas, is die werfhoenders wat vryelikrondskrop en elke vlieg- en brommer-larwe opeet voordat dit verder kan ontwikkel. Dit het Ellen aan die dinkgesit, maar ‘n mens mag tog nie hoenders in die dorp aanhou nie.

Die deurbraak in haar denke het gekomtoe sy ‘n klein swaeltjie wat uit sy nesgeval het, op die stoep opgetel het.Haar pa het dadelik komposhoop toegedraf vir vlieglarwes om die swaeltjiemee te voer.

Aha, het Ellen gedink: ons mag niehoenders in die dorp aanhou om vlieë tebeheer nie, maar daar is heelwat soortevoëls wat ook vlieglarwes eet – en niemand kan ons keer om die voëlsnader te lok nie.

As deel van ‘n Wetenskap-projek by dieskool het Ellen maniere ondersoek omvlieglarwes te laat uitbroei en daarmee‘n goue medalje by die jaar se wetenskap-ekspo verower.

Met haar pa se hulp het sy ‘n larwetelergebou, wat sommer terselfdertyd ‘n larwevoerder vir voëls is. Insekvretendevoëls, hoenders en akkedisse is versotop vlieg- en brommerlarwes.

As ‘n eerste eksperiment is ‘n groepkuikens met vlieglarwes gevoer en ‘nkontrolegroep met graan. Die larwe-eters het merkbaar vinniger gegroei asdie stomme kuikens wat met ‘ngraandieet tevrede moes wees.

Ellen se larweteler/voëlvoerder isgepatenteer en vandag word dit deurStride Distributors bemark sodat meermense hulle in die verskeidenheid voordele daarvan kan verlustig.

Vlieë en brommersword met ‘n stukkierou afvalvleis na dielarweteler gelok omhulle eiers daarin telê. Dit hou die vlieëweg van jou kombuisen vleisbraaiery af,maar dit is nie al nie.Wanneer die larwesuitbroei, beland hullein die voerbak, waardie voëls hulleopvreet en so dievlieë en brommers seteelsiklus onderbreek.

Die manier waaropEllen se patent dievliegbevolking in jouomgewing verminder,is oorvloedige redeom dit aan te skaf.

Maar daar hou die voordele nie op nie.Die voerder lok pragtige voëls soos tiptolle, houtkappers, janfrederiks,spreeus en lysters na jou tuin vir ‘nvoedsame proteïenmaaltyd.

Wanneer hulle eers in jou tuin is, jagvoëls soos die janfrederik en diehoutkapper deur die dag ander insekteen beheer dus insekgetalle sodat jy niemeer so baie geld aan plaagdoders hoefte spandeer nie.

En as jy werfhoenders het, boer hullesommer vooruit op hulle smaaklike envoedsame larwedieet.

Almal wat die vliegvangvoëlvoerder inaksie sien, stem saam: Dis baie, baielekkerder om vir pragtige insekvretendetuinvoëls te kyk as vir swerms vlieë enbrommers.

Die vliegvangvoëlvoerder kan by Stride Distributors se kantoor in Irene gekoop word teen net R125, BTW ingesluit. As jy hom per telefoon bestel, kos dit R30 ekstra om hom per pos te versend. Bel bloot012-665-5157 en praat met Hester ofJeanetta. Hulle is van Maandag totVrydag tussen 08:00 en 16:00 op kantoor.

Vir meer inligting besoek ookwww.stridedistributors.co.za

So lê die maaiers in die vliegvangvoëlvoerder en wagvir insekvretende voëls om na hartelus te smul aan ‘nvoedsame maal.

Daar hang jou vliegvangvoëlvoerder – gereed om jou van vlieë en brommers te verlos en om insekvretende voëls en werfhoenders ‘n smaaklike en heilsame vreetfees te bied. Dis tog veel lekkerder om na voëls te kyk as na vlieë en brommers.

PlaagbeheerVeeboerdery

ProAgri 119 Desember 2009www.proagri .co.za 15

Page 16: ProAgri 119 Web

For additional information contact:Student Administration: CIAT: ElsenburgHigher Education: Tel: (021) 808 5451/2

Further Education and Training: (021) 808 7000E-mail: [email protected]; [email protected]

Website: www.elsenburg.com

Page 17: ProAgri 119 Web

17ProAgri 119 Desember 2009www.proagri .co.za

Die boek is nuttig vir sowel dieboerderybestuurder as die

persoon wat die diere elke dag moetvoer en versorg. Dit hoort op albei seboekrakke.

Dit is duidelik dat die boek met begrip vir die boer se werklike behoeftes saamgestel is: Dis nie nodigom elke keer die hele boek deur telees as jy inligting oor een of anderaspek van skaapboerdery wil hê nie –die sinvolle samestelling, logiese inhoudsopgawe en volledige indeksgee jou onmiddellike toegang tot inligting oor enige spesifieke aspekvan skaapboerdery.

Tabelle gee nuttige wenkevan gesouteskaapboereoor die bevorderingvan gesond-heid endiereprestasiegesondeskaap-boerderypraktyke, praktiese wenke virdie hantering van skape en die verskillende prosedures sooskloutjiesknip, stertsny, kastrasie, dievang en hantering van skape en selfsbiologiese vliegbeheer.

Die boek verskaf ook inligting oorwatter geriewe en toerusting virskaapboerdery nodig is en verskillende skaapboerderystelsels.

Die verskillende rasse word bespreek en die adresse van die onderskeie telersgenootskappe wordook verstrek.

‘n Hoofstuk word aan skaaphonde,sowel vir hantering as vir bewaking,gewy.

Voeding is ‘n deurslaggewend belangrike aspek en Skaapproduksiese hoofstukke oor voerbronne, aanvullings en voeding tref beslis diekol met nuttige en goed nagevorsteinligting. Voerkraalafronding wordvolledig in hierdie afdeling bespreek.

Teling beslaan ook etlike hoofstukke. Die eerste handel oorparingsmetodes, teelmetodes en teelwaardes wat genetiese vordering verseker.

Dan volg fisiologies belangrike tyevan skape, wat sake insluit soosgeslagtelike siklusse en die voedingen versorging wat daarmee saambehoort te gaan.

Dieregesondheid is ‘n baie belangrike hoofstuk. Verskillendesiektetoestande word bespreek. Ditstel die boer in staat om siektes tydig raak te sien, raak te diagnoseer en doeltreffend te

behandel of tevoorkom.

Die hoofstuk oordieregesondheidsluit ook ‘n bespreking van inwendige enuitwendige para-siete in, en geenuttige wenke oor

die toediening van medikasie virskape.

Die hoofstuk oor skeer bevat waarde-volle inligting vir die voor-nemende engevestigde wolboer.

‘n Baie belangrike hoofstuk is die eenwat ‘n bestuursprogram voorstel onderdie hoofde, KOS, wat staan vir Kennis,Organisasie en Seleksie. Hierdie hoof -stuk sluit ‘n bydrae, getiteldSkaapbestuur vir goeie resultate, deurdr Dave Midgeley van Pfizer-dieregesondheid, in.

‘n Positiewe aspek van die boek is datdit ook die groter toneel waarbinneskaapproduksie plaasvind, verduidelik.Die hoofstukke, Eerstewêreld-waardeketting, Bemarking enwaardetoevoeging en Ekonomie,verseker dat die boer verstaan waarsy boerdery in die totale bedryf pas enhelp hom om winsgewendheid teverseker.

Verdere nuttige inligting wat in dieboek vervat is, is die Spuit- en

inentingprogram, die Skaap-bestuurskalender en ‘n tabel wat diesamestelling van Suid-Afrikaanse voersoorte en voer bestanddeleuiteensit.

Aan die negatiewe kant moet vermeld word dat die groot aantaltaal-, spel-, set- en tipografiese foutein die boek steurend is en soms selfstot onduidelikheid of verwarring kanlei. Dit word sterk voorgestel dat meermoeite gedoen moet word met dieredaksionele versorging van heruit-gawes.

Voorts sou beter bindwerk die waardevan die boek drasties verhoog – veralomdat dit so ‘n nuttige bron van inligting is wat die skaapboerwaarskynlik daagliks gaan gebruik.Die eksemplaar wat vir hierdie bespreking beskikbaar gestel is, hetuitmekaar begin val voordat die artikelklaar geskryf is.

Alles in ag genome is dit ‘n nuttigeboek wat baie sterk aanbeveel worden wat ‘n waardevolle bydrae tot diepoel van landboukennis in Suid-Afrika maak.

Die boek is deel van ‘n reeks, wat ooktitels soos Boerbokproduksie, Hoen-derproduksie, Melkproduksie, Varkpro-duksie en Vleisbeesproduksie insluit.Die ISBN-nommer is 978-0-9814135-0-1 en vir meer inligting kan KejafaKnowledge Works by 014-577-0005 [email protected] gekontak word.

Nuttige boek: Skaapproduksie

BoekresensieVeeboerdery

Hier is nou ’n nu�ge boek wat nagenoeg alles bevat wat nodig is om ‘nskaapboerdery suksesvol te ves�g en te bedryf. Die boek is deur FaanSchu�e saamgestel uit etlike bronne, sodat die kennis van talle kundigesdaarin vervat is.

Dieregesondheid is ’n baie belangrikehoofstuk. Verskillende siektetoestandeword bespreek. Dit stel die boer in staatom siektes tydig raak te sien, raak te diagnoseer en doeltreffend te behandelof te voorkom.

Page 18: ProAgri 119 Web
Page 19: ProAgri 119 Web

19ProAgri 119 Desember 2009www.proagri .co.za

Canon PowerShot SX1 IS digitalekamera

Neem nou self foto’s van jou stoet-diere, die kunsmisbrand op jou

besproeiingsmielies, daardie snaaksenuwe gogga op jou koring, die planterwat jy in AgriTrader vir verkoop wil adverteer, van jou werkers vir volledigediensrekords, maar ook van jou kinders,jou wildtuinvakansie en die mooi spinnerak in jou blomtuin.

Daar is selfs reeds stoettelers wat bulleop grond van foto’s en bluprekordsverkoop.

Digitale fotografie maak dit alles maklik,bekostigbaar en bereikbaar, en Canon

Lexmark se Prevail Pro705-drukker,-kopieerder, -aftaster, -faksmasjien

Waarvoor ‘n bakkievrag masjienekoop as jy teen ‘n redelike prys ‘n

drukker, kopieerder, aftaster en faks-masjien in een kan kry?

Dit is presies wat Lexmark se PrevailPro705 is – vier volwaardige, nuttige

Die wondere van elektronika is voltyds tot die boer se beskikking enkan ’n baie belangrike bondgenoot in jou boerderybestuur word. Hieris ’n paar nuttige hulpmiddels wat die boer se lewe makliker en sybedryf meer suksesvol kan help maak:

Elektronika

Hoe om te wen

Registreer by Ovi.com en beplan jouSuid-Afrikaanse droomvakansiedeur gebruik te maak van Ovi Maps.E-pos eenvoudig die beplande roete na

[email protected] met ’n

verduideliking van hoekom hierdie

vakansie onthou sal word as die reis

van ’n leeftyd.

het die regte kameras waarby jy net ‘nklein bietjie gesonde verstand moet voegom foto’s te neem wat min terugstaan virdie werk van ‘n professionele fotograaf.

Die SX1 is die eerste Canon- kamera met‘n 10 megapiksel (Engels megapixel)CMOS-sensor, ‘n hoëdigtheid video vermoë en Canon se nuwe DIGIC4-verwerker.

CMOS beteken aanvullende metaalok-sied-halfgeleier en dit beteken dat jyfoto’s kan neem wat tot plakkaatgroottevergroot kan word sonder om greinerigte vertoon.

‘n Groot voordeel van die kamera is datjy die outomatiese opsies tersyde kan

stel en die fokus met die hand kan stelom presies die dele van die foto wat jywil te beklemtoon.

Die kamera het ‘n 28 mm lens en ‘n 20Xoptiese streklens (“zoom”), wat betekendat jy al die Jerseys in jou melkstal saamkan afneem, of ‘n pas-aangekoopteBrahmanbul wat oor jou verste grens-draad spring.

Die SX1 is ‘n veelsydige, betroubare,kompakte kamera met al die vermoënswat jy ooit by ‘n kamera sal nodig kry.

Die kamera se aanbevole kleinhandel-prys is R7 499. Vir meer inligting kontakgerus vir Canon SA by 011-265-4900 ofe-pos hulle by [email protected].

Elektronika vir die boer:Tegnologie maak jou lewe makliker

WEN JOU DROOMVAKANSIE MET EN

Wat kan jy wen?

Eerste prys: R15 000 om te spandeer op jou

droomvakansie en ’n Nokia 6710 Navigator foon

Tweede prys: R5 000 om te spandeer op jou

droomvakansie en ’n Nokia 6710 Navigator foon

Derde prys: ’n Nokia 6710 Navigator foon

Die kompetisie sluit op 30 Januarie 2010.

toestelle in een. Sy druk- en aftasgehaltelaat niks te wense oor nie, dis maklik ommet hom te werk en hy word gerugsteundeur die bekende Lexmark-betrou baar -heid en diens, perfek vir die plaaskantoor.

Die Pro75 se beheerpaneel het ‘n 2,4duim vloeikristalskerm en ‘n volledige stelsyferknoppies vir faksnommers, maarook ‘n knoppie vir Eco Mode, wat in goeieAfrikaans ekonomiese werking beteken.

As dié knoppie een keer gedruk word,druk die masjien weerskante op die papier om papier te bespaar. Druk dieknoppie nog ‘n keer en hy druk allesligter om ink ook te bespaar.

Die drukgehalte is goed genoeg vir al joutake, selfs foto-afdrukke, en die druk-spoed is so net minder as 33 bladsye per

minuut vir swart drukwerk en net 30 virkleurdrukwerk.

Sy platbedaftaster lewer ‘n bogemiddelderesolusie en die sagteware wat daarmeesaam kom is maklik om te installeer en tegebruik.

Die masjien het ‘n swetterjoel kaarte enpropgate om aan enigiets wat jy kannodig kry te koppel. ‘n Baie groot bonusis sy Wi-Fi-gereedheid, wat beteken datjy vinnige draadlose internetverbindingskan gebruik.

Teen ‘n aanbevole kleinhandelprys vanR2 299 is die Pro705 ‘n winskoop watjou jare se voortreflike diens behoort tegee. Kontak Lexmark SA by 011-244-2777 of vir meer inligting, e-pos hulle [email protected].

Digitale kamera | Drukker, kopieerder, a�aster, faksmasjien

Page 20: ProAgri 119 Web

20 www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 2009

Dié eg Suid-Afrikaanse reeks is spesifiek ontwikkel vir mense met

sensitiewe velsoorte en sluit natuur-like olies soos amandel- en primrose-olie in, om kwale soos velirritasie metsoveel as 49% te help verminder.Enige velsoort kan baat uit die produkte in die Freroux-reeks, en dithelp (met gereelde gebruik) met ’njonger voorkoms deur die sigbare vermindering van plooie en ’n soepel-sagte vel.

Die reeks is ontwikkel toe Reana leRoux ’n onbeplande besoek by haarouma, Freda Nowers, afgelê het. Syhet nie ’n oornagsakkie by haar gehadnie en het van haar ouma se tuisge-

maaktevogroomgebruik.Sy was soin haarskik metdievogroom

dat sy die resep neergeskryf endaagliks begin gebruik het. Van daarhet haar vriendinne die groot verskilin haar voorkoms agterkom en sy hethaar ouma se wonderroom in ’n besigheid omskep. Die reeks is nou in6 geselekteerde Woolworths winkels(eerste Suid-Afrikaanse gesig reeksop Woolworths serakke), spas, aptekeen direk op Frerouxse webtuiste beskikbaar.

Hierdie Frerouxgeskenkpak (reispakprodukte, met ekstra presentjie,alles in ’n mooigrimeersak) isbeskikbaar, vir ProAgri lesers, teenR250 en kan direkvanaf Reana bestelword by 082-697-1496 /

Freroux-velsorgreeks

Laat die vrou in jou lewe blom

014-533-4973 of [email protected]. Besoek geruswww.freroux.co.za of skakel virsakegeleenthede.

Kersfees, Valentynsdag, Moedersdagof verjaarsdae... As jy opsoek is nadie ideale geskenk vir vroulief, jouma, vriendin of dogter, is Freroux se velsorgreeks die perfekte oplossing.

Page 21: ProAgri 119 Web

www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009 21

Page 22: ProAgri 119 Web

Ve

ilin

gs

22 www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 2009

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou -toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-ar�kels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswydAgriTrader Advertensiediens vir die boer

Advertising service for the farmer

vlei

smer

ino

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 051-446-0789 | 082-381-7563 [email protected]

Anelda Strauss (Pretoria) 012-362-2732 | 083-748-3413 [email protected]

tuli

mea

tmas

ter

Page 23: ProAgri 119 Web

Ve

iling

s

www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009 23

Beef

mas

ter

Page 24: ProAgri 119 Web

Veil

ing

s

24 www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 2009

dohn

e m

erin

om

erin

o

dorp

erbo

nsm

ara

Page 25: ProAgri 119 Web

Ve

iling

s

25www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

dorper

merino

merino

dormer

dorper

Page 26: ProAgri 119 Web

www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 2009

Die veilingspryse vir 2009 vir sowel manlike as vroulike diere was bogemiddeld. Die meesteander rasse het ’n daling in pryse ervaar terwyl die Beefmaster oor die algemeen baie

goeie stygings getoon het.

2009 het gesorg vir nuwe rekordpryse vir ’n dragtige vers, dragtige koei en ’n koei en kalf.Die Beefmaster-ras groei fenomenaal. Die verhouding van aantal telers tot aantal diere is sekerlik verreweg die grootste van alle rasse. Dit wys net op die doeltreffendheid en gemakwaarmee suksesvol met die voortreflike ras geboer kan word.

Nooitverwag BeefmasterDinsdag 14 April 2009Kerneels, Gerrie en Rienie van Rensburg -De Vereeniging, Ermelo, Pieter van Deventer van Lichtenburg betaalR52 000 vir bul FRJ 050012 Naasduurste bul, FRJ 040162 - R50 000 &FRJ 060002 vir R43 000aan Ignus van Niekerk van Jomar Trust,AmersfoortGemiddeld bulle: R31 517,24Verse: R7 231,23Koeie met kalwers: R7 428,57

Beefmaster Nasionale Veiling 15 Julie by Afridome, ParysGemiddelde pryse: Bulle: R35 875 Oop verse: R 4 250Semen: R305 Dragtige verse: R11 305,56 Duurste bul: R80 000, gekoop deur mnrJaco Vorster van Barkly-Oos

Trigon-veiling 21 Julie, NigelGemiddelde pryse:Bulle: R22 868Dragtige verse/1stekalfkoeie: R8 944 21 maand oue kommersiële verse: R5 5899 maand oue kommersiële verse: R4 375Hoogste pryse:Bulle: R38 000 vir SP060045, mnr BenGroenewald3 eerstekalfkoeie uit die Sarwipi-kudde R10 500, dr Dewald de Bruin.5 diere uit die Snowy River-kudde: R7 000, mnr Ben Groenewald 5 kommersiële Snowy River-verse 9 maandoud R5 000 - Dathea Boerdery van Nigel

Human Beefmaster-produksieveilingBulpryse:HU 7116 Bouman - R36 000 - KerneelsJanse van Rensburg van Ermelo HU 6093 Ysterman - R33 000 - Abie Lindeque van Winburg Superman - R26 000 - Arthur Gibert andDan Burnett from Ottershaw Westminster Die gemiddelde prys vir bulle was R23 000250 verse is aangebied. Die hoogste prys, R8 100 vir 8 dragtige verse, is deur mnrWouter Cronjé van Meyerton betaal. Diegemiddeld vir dragtige verse was R7 250 envir oop verse R6 000.

4x4 Beefmasters4 Augustus 2009Gemiddelde pryse:51 bulle: R46 833 12 koeie: R12 500 13 dragtige verse: R10 730 88 oop verse: R9 409 Hoogste pryse:Bulle:

4x4 06-0123 vir R80 000 - Giel & NielClaassen, Bethal-Ogies4x4 06-0151 vir R80 000 - Hendrik Davel, WakkerstroomKoei met kalf: R19 000Dragtige vers: R14 500Oop vers: R11 000Die grootste koper by veiling was HendrikDavel van Wakkerstroom.

Beefmaster Alliance 6 AugustAll of the 160 Beefmaster bulls on offer weresold at an average price of R27 737,50The highest priced bull, Lot 53, was sold toJustin, Jeff and Trevor Stretton of CreativeBeefmaster in the Eastern Cape for R70 000

Noordwes Klub-veiling 11 Augustus LichtenburgDie hoogte prys is vir ’n bul van Kilian Beefmaster - R28 000 Die gemiddelde prys van die bulle was R20 135. Pieter van Deventer se dragtige koei het R9 000 behaal.John Tait het R6 250 vir ’n nie-dragtige koeiontvang.

Elmic Beefmasters 11 Augustus Bulle is verkoop teen ’n gemiddelde prys vanR28 500; die duurste bul teen R67 500.Grassfields Beef van Hubert en Rustin Shawehet vir die vyfde agtereenvolgende jaar dieduurste bul gekoop

Bos Blanco-veilingsBos Blanco se eerste koeiveiling in Februarie: Duurste koei en kalf: R32 000 (nuwe SArekord) Rudie Olivier Duurste dragtige vers: R22 000 (nuwe SArekord) Louis Kleynhans Duurste ’n oop vers: R11 000 (nuwe SArekord) Hendrik MeyerGemideld - koeie en kalwers: R16 340 (nuwe SA rekord) Gemideld - dragtige verse: R10 620Gemideld - oop verse: R8 900Een bul verkoop vir R44 000 aan JW EksteenBos Blanco-bulveiling Hoogste prys vir ’n bul R85 000 AC de KlerkGemiddeld vir 9 kuddevaars: R71 000Gemiddeld vir 51 geregistreerde bulle: R35 265Gemiddeld vir 60 geregistreerde bulle: R40 800Kommersiële dragtige verse R8 760

Sandspruit Beefmasters - bulveiling 18 Augustus 2009 op Oakdale, Van Reenengemiddelde prys van R22 580Johann van Niekerk van Warden het diehoogste pryse van R39 000 en R36 000 be-taal vir GC 6083 en GC 6036 onderskeidelik.Hy was ook die grootste koper wat 6 bulle

gekoop het en mnr Johan van Zyl, ook vanWarden, het 5 bulle gekoop.

Petana – Oktavia ProduksieveilingWolmaransstad op 19 AugustusGemiddelde prys van bulle: R32 107,14Gemiddelde prys van koeie: R11 916,67Gemiddelde prys van verse: R9 731,25Duurste bul: R54 000Duurste koei: R16 000Duurste vers: R13 500

22-ste Oos-Vrystaat-veldbulveiling opVredeGeorge Shaw van Dundee het ’n rekordprysvan R65 000 vir GC.016 van Gert Campheren Seuns van Ladysmith betaal.Beefmaster-bulle se gemiddelde prys vanR23 000 was die hoogste van lle rasse.Goeie pryse is behaal, soos Willem Pietersese Jarima wat vir R26 000 verkoop is.

Bulls on grass sale 21 AugustDaybreaker Beefmaster en Creative Beefmaster43 Beefmaster bulls sold at an average ofR20 300Highest priced bull of the day: R56 000 soldto Mr Gert Campher of Sandspruit Beefmasters. Bulls were sold as far afield as Natal, EastGriqualand, Southern Free State, NorthEastern Cape and Central Eastern Cape.

Central BeefmasterSale 27 August 2009Highest price bull: R32 000 bought by Peter Muir, CedarvilleAverage bull price: R17 340

WO Beefmaster-veiling 25Duurste bul: R100 000 - Susanna BoerderyGemiddeld bulle: R33 000Gemiddeld vroulike diere: R9 000Volgende veiling: 25 Augustus 2010Inligtingsdag: 5 Mei 2010

Hart BeefmasterSale 8 September 200926 bulls average R25 800Top price R35 000 for PD07-188 sold byAmberdene Beefmasters to Justin Stretton,Creative Beefmasters.

Ivukile 1 SeptemberTop priced bulls bought byBradfield & Sons: R26 000Wiese BF: R25 500Wiese BF: R25 000

Noordwes-klub se Kuruman-veiling 2 SeptemberBulle – gemiddeld - R18 800Hoogste prys van R31 000 is behaal deur ’nbul van Johan Venter

Veilingsuitslae: Beefmaster groei steeds!V

eil

ing

s

26

Page 27: ProAgri 119 Web

27www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

dorper

nguni

vleismerino

sa vleismerino

braunvieh

beefmaster

charolaisPin

2Zyl

Ge

ne

Gid

s

dorper

dorper

boerbok

landskaap

herefords

braford

limousin

pinzgauer

Page 28: ProAgri 119 Web

www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 200928

bons

mar

a

Ge

ne

Gid

sA

griG

ids

tuli

here

ford

dext

er

huge

note

afri

kane

r

Page 29: ProAgri 119 Web

29www.proagri .co.za ProAgri 119 Desember 2009

Ag

riG

ids

Page 30: ProAgri 119 Web

www.proagri .co.zaProAgri 119 Desember 200930

Ag

riG

ids

Page 31: ProAgri 119 Web

www.proagri .co.za 31ProAgri 119 Desember 2009

Ag

riW

erk

tuie

Page 32: ProAgri 119 Web