proagri 118, nov 09

32
tegnologie vir die boer technology for the farmer Eindelik: Sonverhitting wat werk! pulsFOG troef peste Nr 118 November 2009 Senter 360: Wen met die wenspilpunt ISSN 1042–1558 AgriTrader Sien binne vir puik aanbiedinge 2009 Lesers-opname: Wen pronkpryse ter waarde van R40 000

Upload: smart-publishing

Post on 27-Mar-2016

270 views

Category:

Documents


17 download

DESCRIPTION

Lees in ProAgri se Novemer-uitgawe van bekostigbare sonwaterverwarming wat werklik werk, hoe jy voer met ‘n voorsprong kan maak, hoe om peste in kweekhuise uit te roei en van goedkoper droppers vir beter omheinings. Lees ook van die perfekte spilpunt en nuwe vragmotorenjins wat harder werk met minder diesel.

TRANSCRIPT

Page 1: ProAgri 118, Nov 09

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

Eindelik: Sonverhitting wat werk!

pulsFOG troef peste

Nr 118November 2009

Senter 360: Wen met die wenspilpunt

ISS

N 1

04

2–1

55

8

AgriTraderSien binne vir puik aanbiedinge

2009 Lesers-opname:

Wen pronkpryse ter waarde van R40 000

Page 2: ProAgri 118, Nov 09
Page 3: ProAgri 118, Nov 09
Page 4: ProAgri 118, Nov 09
Page 5: ProAgri 118, Nov 09

5

Copyright © 2009. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent ofthe publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of theeditor. We recognise all trademarks and logosas the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

distribution

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T S

Distributed by

SMARTPUBLISHING

smart

Published by

ProAgri 118 In hierdie uitgawe

Die ProAgri-span

Business-to-Business Magazine (April – June 2009) with a free circulation of 59 080 per month.(Paid 22, Total 59 102)

www.proagri .co.za ProAgri 118 November 2009

Meganisasie7 Wen met ’n wenspilpunt:

Senter 360 – die perfekte balans tussengehalte en bekostigbaarheid

9 Kuilvoer en hooi:Valtrac gee jou ’n voorsprong

11 Dis lekker en lonend om kuilvoer te maak met Feraboli se knap kerwer

13 Gou, goedkoop, doeltreffend:Degesch se pulsFOG-verstuiwersknikker peste uit

16 ProAgri 2009 lesers-opname

Strukture14 Tecquin Polydropper: Die helfte van die

prys; tien keer die waarde!

Energie18 Uiteindelik: ’n bekostigbare, betroubare

sonwaterverwarmer!

Vervoer21 Só ry Nissan Diesel-trokke tot in die

boer se hart22 Die nuwe Tata Indica Vista: Hier’s nou

’n knap klein karretjie uitgeknip vir dieplaas

AgriTrader24 Veilings & GeneGids25 AgriGids28 Agri-Werktuie

13

7

9

22

HoofkantoorTel 012-362-6390 / Faks 086-675-0617RedakteurCoenraad Rall > [email protected] redakteurSuzanne Grobler [email protected] advertensieverteenwoordgerStefan van Wyk > [email protected] Strauss > [email protected] Slabbert > [email protected]é de Beer > [email protected] & grafika Esta van [email protected] & intekeningPaula MacMavis > 012-362-6390Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Daar is ander spilpunte wat goed isen ander spilpunte wat goedkoop is,maar vir die perfekte kombinasietussen gehalte en prys klop niemandSenter 360 nie. So sê Johan Snyman, wat hier saam met sy pa,oom Hansie, onder ’n Senter 360staan wat homself sedert Januarie2001 oor en oor betaal het met puikdiens. Al werk hy die meeste van dietyd in moeilike omstandighede oorgroentewalle, het daar nog nie diegeringste dingetjie met hom verkeerdgeloop nie. Lees meer oor Senter 360se betroubare, bekostigbare spilpunte op bladsy 7.

Pragpryse kan vanjaar gewen worddeur aan ons 2009 lesers-opname deel

te neem. En dit is so maklik soos pizzaeet: Verwyder net die opname uit diemiddel van ProAgri, vul dit in die taal vanu keuse in, pos dit terug in die ingeslotegeadresseerde koevert, sonder om seëlsop te plak, en siedaar – u staan ‘n goeiekans om een van vele pryse te wen.

‘n Verdere voordeel is dat dit ons instaatstel om ons diens aan al die boere van dieland te verbeter.

Ek hoop dat dit binne-kort óral in diesomersaaigebiede lekker sal reën.

Coenraad Rall <[email protected]>

November 2009

Page 6: ProAgri 118, Nov 09
Page 7: ProAgri 118, Nov 09

7ProAgri 118 November 2009

Wins is waaroor boerdery gaan. Dis hoekom suksesvolle boere die

sukses-spilpunt kies – die Senter 360.

Meer as twintig jaar se ervaring in dieontwerp, vervaardiging, opmeting enoprigting van besproeiingstelsels vormdie stewige ruggraat van Senter 360 seprodukte en diens. Al hierdie kennis isontwikkel in noue samewerking met dieboer, want hy is immers die een wat diebeste weet wat ’n spilpunt moet kandoen.

Een so ’n boer is Johan Snyman, wathoogs tevrede is met sy spilpunte byHekpoort en Carletonville.

Met die tipiese raaksê van ’n boer, verklaar Johan pront en bondig wattervereistes hy aan ’n spilpunt stel:“Gehalte waarop jy kan reken teen ’nprys wat jy kan bekostig.” Senter 360val kolskoot binne hierdie beskrywing.

Veral in groentebeddings moet ’nspilpunt sy storie ken, want hy moetheeldag op en oor walle klim. Die Senter360 wat hierdie moordende werk reedssedert 2001 op Johan se plaas byHekpoort doen, stap nog steeds metpresies dieselfde vasberade doeltref-fendheid as toe hy die eerste dag op dieplaas aangekom het – geen problemenie.

BesproeiingMeganisasieDis hoekom Johan nie eers iets andersas Senter 360 oorweeg wanneer hynuwe spilpunte aankoop nie. Senter 360se kundiges verstaan die boer en sy behoeftes. Hulle is trots op hulle werk,stip en flink en wakker – en hulle houhulle woord wat afsprake en aflewe-ringsdatums betref.

“Ek kan nie sê hoe Senter 360 senaverkoopdiens is nie, want nie een vanhulle spilpunte het al ooit loop staan ennaverkoopdiens nodig gehad nie,” sêJohan, maar te oordeel aan die flinkheidwaarmee hulle al gesteelde spilpunt-kabels kom vervang het, is hy seker datSenter 360 se mense nooit sal toelaatdat een van hulle spilpunte ’n onbehoor-like tyd staan nie.

Ten spyte van Senter 360 se bekostig-baarheid, maak die maatskappy semense geen toegewings ten opsigte vangehalte nie. Hulle gebruik net die bestesproeiers, spesiale spilpuntbande, ’nunieke patent om die laaste sproeierskoon te hou, moderne elektroniese/elektromeganiese beheerpanele, ’nspansterkte van 60% bo die gewonestandaard vir hulle strukture en netSABS-goedgekeurde galvaniseringstan-daarde vir alle strukturele komponente.

Jy kan ook die beste gehalte teen diebeste prys kry, waar jy ook al boer.Praat vandag met Senter 360 se mense by 018-469-1331 of [email protected]. Jy kan ookregstreeks met die besturende direk-teur, Theuns Dreyer, praat by 082-564-5955, of meer inligting kryby www.senter360.co.za.

Wen met ’n wenspilpunt:

Senter 360 – die perfekte balanstussen gehalte en bekostigbaarheid

Die feit dat Senter 360 ’nbekostigbare spilpunt is,beteken geensins dat diegeringste toegewing opgehalte of werkverrigtinggemaak word nie. As jy ’n Senter 360 het, het jy’n oes.

www.proagri .co.za

Page 8: ProAgri 118, Nov 09
Page 9: ProAgri 118, Nov 09

Meganisasie Voerproduksie

Foto regs: Valtrac se Kemper Champion C3000-kuilvoerkerwersny 3 meter wyd ry-onafhanklik omso 55 ton kuilvoer per uur te maakas die oes mooi is. Hy breek diemieliepitte om die voergehalte teverbeter en sy snitlengte is ver-stelbaar presies soos jy dit wil hê.

Kuilvoer en hooi:

Valtrac gee jou vee ’n voorsprongLusern is die belangrikste hooigewas,maar hooi word ook gemaak van verskillende graan-, gras- enpeulplantsoorte.

Valtrac staan gereed met die regtetoerusting om die voermaakseisoen virdie boer vol vreugde te prop, want Valtrac is die maatskappy wat die boeren sy behoeftes presies verstaan enelke keer presies die regte tegnologie-oplossing vind.

Valtrac se mense weet voermaakbeteken dat die gewas presies op dieregte groeistadium gesny moet word.Daarna moet hooi so gou as moontlikdroog word en kuilvoer so gou as moont-lik ingekuil word solank dit nog nat is.

Dit beteken dat albei hierdie aksies vinnig en flink afgehandel moet word ofgroot verliese is jou voorland. Daarvooris betroubare, doeltreffende toerustingnoodsaaklik en dis net hier waar Valtracas die veeboer se voerbroer na voretree.

Valtrac het ontstaan toe die eienaar, Wynn Dedwith, na dieonttrekking van BM Volvo geentrekkers in Suid-Afrika kon vindwat presies aan sy vereistes voldoen het nie. Hy het ’n inter-nasionale soektog op tou gesit enuiteindelik Valtra-trekkers vir syboerdery ingevoer.

Gou-gou het ander boere beginraaksien hoe uitmuntend hierdietrekkers is en vir Wynn gevra omvir hulle ook Valtra-trekkers in tevoer. Dit het Valtrac se tradisiegevestig: As daar plaaslik nie ’nhonderd persent geskikte werk-tuig vir ’n sekere landboutaakbeskikbaar is nie, soek Valtrac regoor die wêreld na die regte

werktuig, voer dit in en bied ’n rotsvastesteundiens regoor die land, sodat dieboer altyd sy werk maklik en deeglikkan doen.

So is dit ook met Valtrac se toerustingvir die maak van kuilvoer en hooi. Valtrac het die produk presies vir jousmaak, behoefte en boerderystelsel:grondvoorbereidingswerktuie, misstrooiers en flodderwaens, fynsaadplanters, mielieplanters, spuite,kuilvoerkerwers van klein tot groot, kuilvoerwaens, selfoptelkuilvoerwaensvir ander gewasse as mielies en voersorghum, snyers en kragharke.

En as jy besluit om boonop die bestetrekker ook te gebruik, het Valtrac ’nValtra presies vir jou.

Praat vandag met jou voerbroer, Hennie du Toit van Valtrac, by 056-817-7308, of e-pos hom [email protected]. Gaan kykook by www.valtrac.co.za na die resvan Valtrac se produkte.

Die Pöttinger-kuilvoerwa tel materiaalnetjies en skoon op, kerf dit perfek en stopdit styf in die wa. By die kuilvoersloot laai hydit gou-gou af. Hy bespaar 50% diesel, 80%mannekrag en 84% trekkerkrag teenoorselfloopkerwers met aanrysleepwaens.

Hoe lekker sou die veeboer se lewegewees het as dit heeljaar somer

was! Dink net, sappige, voedsame voerin oorvloed; spekvet, gesonde diere watheeljaar deur volstoom produseer en reproduseer sonder die ewige kommeroor verlammende voerrekeninge.

Ongelukkig is die winter ’n werklikheidmet sy maer maande. As jy genoegwater het, kan jy winterweidings-gewasse aanplant om die angel uit diewinter te haal, maar vir die meeste veeboere is die antwoord om in die vetmaande ’n goeie voorraad hooi en kuilvoer te maak.

Selfs in die vet maande kan kuilvoerveral die melkboer help om gesondeproduksie en winsgewendheid teverseker, sê mnr Anton van Tondervan Bethal. Kuilvoer kan die boer seafhanklikheid van voermaatskappyebeduidend verminder, sê hy, en verklaardat voermaatskappye se voer dikwelsdie swakste is wat jy kan kry: “Hulle sitmin mielies en baie semels, wat ’n afvalproduk is, in.”

Die van Tonders gebruik HPK 60 en hulleeie mielies om hulle eie suiwelmeel temaak en behaal ’n veel hoër melk-produksie as met ’n voermaatskappy seklaargemengde produk.

Hoe meer kuilvoer, hoe minder energiemeel hoef hulle te voer. ’n Menskan natuurlik ook jou kuilvoer se proteïne-inhoud opstoot deur twee delemielies en een deel soja saam in te kuil,sê Anton.

Kuilvoer word van ’n verskeidenheidgewasse gemaak, waarvan mielies diebobaas bly, met voersorghum ook ’ngewilde keuse.

Valtrac se Pöttinger Novacat snyvinnig en skoon om elke halm teherwin. Jy kan kies of jy ’n vinger-of wringkneuser wil hê en sy versamelaar gooi materiaal innetjies, lugtige windrye vir doeltreffende droging en baalwerk.

9ProAgri 118 November 2009www.proagri .co.za

Page 10: ProAgri 118, Nov 09
Page 11: ProAgri 118, Nov 09

Feraboli-kuilvoerkerwerMeganisasie

Foto: Met Feraboli se ratse opteller en knapkerwer is dit vir Chris Louw van Heidelberg’n plesier om kleingraankuilvoer te maak.Die snitlengte kan van 3 mm tot 48 mm verstel word.

herstelwerk. “En ons boere is somsmaar ’n bietjie hard op werktuie,” erkenhy.

Die masjiene is so eenvoudig dat hullealles self kon regmaak en al die onderdele wat hulle nodig gekry het, konhulle sommer plaaslik oor die toonbankkoop. Die swaardiens-kragaftakkerkruis-skakels wat hulle aangesit het, werk totvandag toe. Altwee die kerwers kan nogwerk, maar hulle het die nuwe dubbel-doelkerwer gekoop omdat hy perfek isvir sowel mielies as kleingraan.

Bowendien het die kerwer sommer ’nhele boel wenkenmerke wat sake vir die boer makliker en doeltreffendermaak.

Een daarvan is die geskarnierde montering. Dit stel jou in staat om diekerwer om te swaai sodat hy òf langsdie trekker loop as jy vorentoe sny òfpresies agter die trekker wanneer jy dieland in trurat wil aandurf.

Dit beteken dat jy ’n nuwe baan in ’nland kan oopmaak sonder om ’n paarrye mielies in die grond in te vertrap. En as jou baan oop is, swaai jy die helekerwer woerts-warts aan sy skarnier omen daar gaan jy volstoom vorentoe metdie kerwer ewe getrou skuins agter dietrekker.

Mielies sny hy skoon af en kerf ditnetjies met koppe en al, selfs teen ’n

Dis lekker om te boer as jy die regtetoerusting het! So ’n stuk nommer-

pas, lekkerboer toerusting is Southtradese Feraboli 946-kuilvoerkerwer soos watChris Louw en sy pa, oom Dirk, vanJonkersfontein in die bulte net buiteHeidelberg, Kaap, inspan om vir hulleself en ander boere koningskuilvoerte maak.

Dis duidelik dat die Feraboli 946 se ontwerpers die boer en sy behoeftesken, want sowat van doeltreffende veelsydigheid en taai betroubaarheidhet jy nog nie aanskou nie.

Saam met die basiese kerwereenheidkan jy ’n tweery mieliesnyer, ’n optellerof ’n kleingraan- en grassnyer kry. DieLouws het op die mielie-snyer en dieopteller besluit, want hulle het ’n koringplatsnyer waarmee hulle dieander kuilvoergewasse sny.

Om ’n Feraboli by Southtrade te koop isgeen waagkans nie, sê oom Dirk. Hullehet immers in 1992 reeds twee Feraboli-enkelrykuilvoerkerwers aangeskaf en totin 2007 wonderlike diens uit dié tweestaatmakers gekry met die minimum

hoë stand onder besproeiingwat tot 110 ton kuilvoer perhektaar lewer.

Kleingraan is ’n taaier kalantwat ’n kerwer se lemme tot dieuiterste beproef, veral as dit

effens verlep is, sê Chris, maar die Fera -boli se slypmeganisme stel sake gou-gou reg. Dis in elk geval beter om maaraltyd te probeer om reg agter die snyerop te tel en te kerf.

Die opteller van 1,6 meter tel skoon op sodat niks verlore gaan nie en die reguit pad wat materiaal deur diemasjien volg, verseker die beste, mees ekonomiese benutting vantrekkerkrag. ’n Skamele 49 kW is nodig om die werk te doen.

Die driepuntmontering stel jou in staatom teen hellings te werk, waar sleep-modelkerwers altyd van koers af dwing.’n Sleepmodel sukkel ook om sy draaiein ’n klein land te kry, maar met die Feraboli glip jy by die een ry uit en bydie ander een in.

Na een seisoen se werk het die Louwsnog geen staantyd met hulle Feraboli946 gehad nie. “Hy sal volgende seisoenook nie staantyd hê nie,” sê oom Dirk,“want ons ghries hom gereeld en houhom skoon en probeer nie om klippe tekerf nie.”

Die Feraboli bied uitmuntende waardevir geld. Hy kan homself binne twee jaarbetaal, sê oom Dirk.

Praat met Danie Degenaar by 021-981-6044 of 082-214-0883 virmeer inligting oor Southtrade se boer-vriendelike produkte en toegeweide diens.

Onmenslike voerpryse noopmelk- en veeboere om al hoeswaarder op heerlike, heil-same kuilvoer te steun. MetSouthtrade se Feraboli 946-kuilvoerkerwer is dit maklikom koningskuilvoer te maak.

Dis lekker en lonend om kuilvoer te maak met

Feraboli se knap kerwer

www.proagri .co.za 11ProAgri 118 November 2009

Page 12: ProAgri 118, Nov 09
Page 13: ProAgri 118, Nov 09

13ProAgri 118 November 2009

So lekker as wat plante in joukweekhuis, tonnel of nethuis groei

en floreer, net so lekker boer peste enplae vooruit in die aangename, beskermde omstandighede.

En hulle weet dat dit vir enigeen ’n onaangename taak is om met ’n gewonespuit in ’n bedekte gebied te werk omhulle te probeer bestry. Tot 80% van diespuitstof kan van die plante afloop en indie grond beland, waar dit die nuttigegrondlewe doodmaak en die grondwaterbesoedel.

Boonop skuil peste en kieme onderblare en teen dakstrukture waar jy hullenie met ’n gewone spuit bykom nie endie groot volume water wat vir diémetode vereis word, bevorder swamsiektes en vlek produkte.

Maar slegte nuus vir al wat pes, plaagen kiem is, is dat plaagbestrydingsmid-dels, toegedien met een van pulsFOG seULV (ultra lae volume)-masjiene, geenontsnapkans bied nie.

Hierdie tegniek berus op die beginseldat die water-spuitstofmengsel tot kleinmisdruppeltjies verstuif word, so 10 µmgroot. Sou jy een liter vloeistof in sulkeklein druppeltjies opbreek en dit egalig

oor ‘n oppervlak van 1 hektaarversprei, dan sal daar teoreties so 19 000 druppeltjies op elke vierkante sentimeter beland.

Dit is hoekom jou spuitoplos-sing met hierdie metode tot ’nhonderdste verminder kan

word sonder om die doeltreffende werk-ing daarvan te verminder. Met pulsFOG-toerusting is volumes van 1,5 tot 2 ℓ/1000 m2

doeltreffend.

Maar dit is nie al nie. Met hierdie tegniek hoef jy nie moeisaam elke planten blaar te probeer bespuit nie. Nee, jyplaas bloot jou pulsFOG-verstuiwing-spuit in die tonnel of nethuis en skakelhom aan. Die spuitmiddelmis wat hy uitblaas dwarrel in die ingeslote ruimterond om letterlik elke hoekie enskeurtjie te bereik.

As jou kweekhuis te groot is, help jy diedwarreling met waaiers aan volgens dieresep en patroon wat pulsFOG se kenners vir jou gee en siedaar – jou stryd is binne minute gewonne!

Een werker met ’n K-30 termiese misspuit kan ’n kweekhuis van ’n hektaar binne ’n uur doeltreffend behandel teen ’n tempo van 3 tot 5 minute per 1 000 m2.

PulsFOG het ’n misspuit vir elke moont-like toepassing. Die termiese misspuitewerk volgens die pulssproeierbeginsel.Buiten ’n vergasserdiafragma wat diepulse voortbring, het dit geen bewe-

gende dele nie. Dis hierdie misspuit watdie afgelope 40 jaar die tier was vanblaaspootjie, witvlieg, blaarmyner,poeieragtige skimmel en botritis.

Die ULV (ultra lae volume)-metodebereik nie net alle verskuilde peste nie,maar dit skakel ook spuitstofvlekke opprodukte uit en bespaar tot 90% van dietyd wat andersins aan bespuiting besteeis. Boonop is dit meer omgewingsvrien-delik en veiliger vir werkers.

PulsFOG is ook perfek vir die ontsmet-ting van dierebehuising soos hoender-en varkhokke, en vir die beheer vaninsekte soos muskiete, huisvlieë, sandvlieë, bytende muggies, tsetsevlieë,swartvlieë, kokkerotte en miere.

Moenie verder sukkel nie. Praat vandagnog met Eddie Engelbrecht vanDegesch by 082-450-9199 en wen jouoorlog teen peste en plae – maklik, gouen doeltreffend. Jy kan hom ook e-pos by [email protected]

of ’n besoekwww.degesch.co.za. Dis mensewat die boer verstaan.

Degesch SA (Edms) Bpk is dieagent vir pulsFOG, en beskik oor’n volledige dienssentrum en

onderdele reeks.

Degesch is ook die vervaardiger en verspreider van Phostoxin®.

Daar is nie ’n beter manier ompeste, plae en kieme in tonnels,nethuise, kweekhuise en diere-behuising te bestry as met pulsFOG se verstuiwings-toerusting nie – en daar is ’n masjien vir elke taak.

So dwarrel ’nstatiese pulsFOG-

misspuit met behulpvan ’n waaier sy spuitmid-

delmis deur ’n kweekhuis omelke hoekie en krakie te bereik.

www.proagri .co.za

PlaagbestrydingMeganisasie

Gou, goedkoop, doeltreffende Duitse tegnologie:Degesch se pulsFOG-verstuiwers knikker peste uit

Page 14: ProAgri 118, Nov 09

Strukture Omheining

Tecquin Polydropper:

Die helfte van die prys; tien keer die waarde!

Nooit weer hoef jy te sukkel metslordige, ondoeltreffende draadhei-

nings nie. Tecquin Polydroppers kosbyna die helfte minder as staaldroppersen bied jou tien keer die waarde. Kyknet:

1.Tecquin Polydroppers is lig en maklikom te vervoer en te hanteer.

2.Tecquin Polydroppers is maklik ommee te werk.

3.Tecquin Polydroppers is dik genoegom jou doringdrade ekstra styf tetrek met die vasmaakslag.

4.Tecquin Polydroppers is geskik virelektriese heinings sonder dienodigheid van isolators.

5. Tecquin Polydroppers beseer nie diere nie.

6. Tecquin Polydroppers buig terug nahulle oorspronklikevorm as diere daar-teen stamp, sodat ditaltyd netjies lyk endoeltreffend werk.

7. Tecquin Polydrop-pers is brandtraag.

8. Tecquin Polydrop-pers is UV-bestand.

9. Tecquin Polydrop-pers is roesvry.

10.Omdat TecquinPolydroppers nievan metaalgemaak is nie, word dit nie gesteel nie.

Moenie jou met na-maaksels laat misleinie. Tecquin Poly-droppers is netverkrygbaar vanafTecquin Polydroppersin Brits. Praat metPieter Bredenkamp by082-923-7123 of012-250-1661.

Aflewering is landwydbeskikbaar teen ’nkoste wat afhang vandie grootte van diebestelling.

Tecquin Polydroppersmaak nou ook drop-pers van 50 mmspesiaal vir voerkrale.

Page 15: ProAgri 118, Nov 09

Reader Survey

Closing date: 31 December 2009

Postage paid envelope

enclosed for your convenience

LG LaptopR9 000

Titan Human RadarR5 900

ProAgriProAgri2009

WIN GREAT PRIZES!

TAG Stock Security systemR14 754

Tel 012-362-6390Fax 086-675-0617

Page 16: ProAgri 118, Nov 09

ProAgriAlle persoonlike inligting sal as streng vertroulik hanteer word en u isonder geen verpligting om hierdie inligting te verskaf nie. Indien u egter wil deelneem aan die opname-kompetisie, word hierdie inligtingbenodig vir die prystrekking. Die opname kan ook bywww.proagri.co.za ingevul word.

Naam en van:

Kontaknommer:

Posadres:

E-pos:

Ek gee toestemming dat ProAgri hierdie inligting mag gebruikom in die toekoms met my te kommunikeer:[1] Ja – stuur asb vir my inligting [2] Nee – ek skryf net vir hierdie kompetisie in

In watter provisie woon / boer u?[1] Oos-Kaap [2] Vrystaat[3] Gauteng [4] KwaZulu-Natal[5] Limpopo [6] Mpumalanga[7] Noord-Kaap [8] Noordwes [9] Wes-Kaap [10] Buurland (spesifiseer asb.)

Geslag: [1] Manlik [2] Vroulik

Ouderdom: [1] <17 jaar [2] 18 – 24 jaar [3] 25 – 34 jaar[4] 35 – 44 jaar [5] 45 – 54 jaar[6] 55 – 64 jaar [7] >65 jaar

Moedertaal:[1] Afrikaans [2] Engels[3] IsiXhosa [4] IsiZulu[5] Sesotho [6] Ander (spesifiseer asb)

Watter stelling sal u die beste beskryf? [1] Voltydse boer [2] Deeltydse boer[3] Plaaswerker [4] Boer se gade [5] Student/skolier [6] Landbouverskaffer[7] Landbougeesdriftige [8] Plaasbestuurder/voorman[9] Ander (spesifiseer asb)

A. Wat is u primêre boerdery-aktiwiteit?(Kies asb slegs EEN opsie.)B. Wat is u sekondêre boerdery-aktiwiteit?(Dui asb al die opsies wat van toepassing is aan.)

A BGewasproduksie/akkerbouMielies [1] [1]Koring [2] [2]Soja [3] [3]Suikerriet [4] [4]Lusern/voergewasse [5] [5]Sonneblom [6] [6]Graansorghum [7] [7]Neute [8] [8]Tabak [9] [9]Katoen [10] [10]Wingerd / tafeldruiwe [11] [11]Sitrusvrugte [12] [12]Subtropiese vrugte [13] [13]Sagte- en ander vrugte [14] [14]Groente [15] [15]Aartappels [16] [16]Blomme/kwekery [17] [17]Bosbou [18] [18]Ander (spesifiseer asb) [19] [19]

VeeproduksieVleisbees [20] [20]Suiwel [21] [21]Vleisskaap, -bok [22] [22]Wol [23] [23]Bokhaar [24] [24]Pluimvee en -produkte [25] [25]Varke [26] [26]Volstruise [27] [27]Wild/toerisme [28] [28]Ander (spesifiseer asb) [29] [29]

Wat is die TOTALE OMSET van AL u boerdery bedrywighede?[1] Minder as R500 000[2] R500 000 tot R3-miljoen[3] R3-miljoen tot R5-miljoen[4] Meer as R5-miljoen

Dui aan watter nuwe ontwikkellinge vir u as boer belangrik is.(Dui asb al die opsies wat van toepassing is aan.) [1] Landboutoerusting en -werktuie[2] Bakkies, trokke en sleepwaens[3] Trekkers en ander masjinerie[4] Brandstof en olie[5] Saad[6] Bemesting en kunsmis[7] Besproeiing[8] Gewasbeskerming[9] Graanhantering en -berging[10] Verkoeling, verwerking en verpakking[11] Veehantering en -toerusting [12] Diereteelt[13] Dierevoeding[14] Dieregesondheid[15] Plaagbeheer (vlieë, knaagdiere, ens)[16] Brandbestryding[17] Nethuis- en tonnelproduksie[18] Presisieboerdery[19] Rekenaartegnologie[20] Kommunikasie (Internet, selfone, ens)[21] Landbou-opleiding[22] Bestuursaspekte[23] Finansiële dienste en versekering [24] Sekuriteit [25] Ander (spesifiseer asb)

Hoe ontvang u ProAgri gewoonlik?[1] Ongeadresseer in my posbus [2] Ek is ’n intekenaar [3] Ek lees dit slegs op die Internet[4] Vanaf vriende/familie [5] Ander (spesifiseer asb)

Hoe gereeld ontvang u ProAgri?[1] Elke maand (elke uitgawe)[2] Gereeld [3] Ongereeld [4] Nog net een of twee keer ooit

Hoeveel ander mense in u groep van vriende/familie lees ook ueksemplaar van ProAgri?

Hoe sal u ProAgri beoordeel?[1] Uitstekend [2] Goed[3] Aanvaarbaar [4] Swak

Het ProAgri die afgelope jaar ‘n aankoopbesluit by u beïnvloed?[1] Ja [2] Nee Indien ja, sal u kortliks daarop uitbrei?

Koop/ontvang u enige ander landboutydskrifte op ‘n gereeldegrondslag? (Dui asb al die opsies wat van toepassing is aan.) [1] Geen – slegs ProAgri [2] Agri [3] AgriSales [4] Dairy Mail [5] FarmTech [6] Farmer’s Weekly[7] Landbouweekblad [8] SA Grain / Graan [9] Ander (spesifiseer asb)

Watter Internetverbinding het u by die huis/ kantoor? (Dui asbal die opsies wat van toepassing is aan.) [1] Inbelverbinding [2] ISDN[3] ADSL [4] Draadlose (3G/Edge/HSDPA/iBurst)[5] Geen

Besoek u gereeld enige landbouwebwerwe?[1] Ja [2] Nee Indien ja, spesifiseer asb.

Opmerkings:

Dankie vir u deelname

2009 Lesers-opname

16 ProAgri 118 November 2009 www.proagri .co.za

Sluitingsdatum:31 Desember 2009

Page 17: ProAgri 118, Nov 09

ProAgriAll personal data is treated strictly confidentially and you are under no obligation to provide it. However, if you want to enter our surveycompetition we will need this information to enter you for the prizedraw. The survey can also be completed at www.proagri.co.za.

Name and surname:

Contact number:

Postal address:

Email:

I give permission that ProAgri may use this information to communicate with me in future:[1] Yes – please send me information[2] No – only use it to enter me for the competition

In which province do you live/farm?[1] Eastern Cape [2] Free State[3] Gauteng [4] KwaZulu-Natal[5] Limpopo [6] Mpumalanga[7] Northern Cape [8] North West [9] Western Cape [10] Neighbouring country

(please specify)

Gender: [1] Male [2] Female

Age: [1] <17 yrs [2] 18 – 24 yrs [3] 25 – 34 yrs[4] 35 – 44 yrs [5] 45 – 54 yrs[6] 55 – 64 yrs [7] >65 yrs

Home language:[1] Afrikaans [2] English[3] IsiXhosa [4] IsiZulu[5] Sesotho [6] Other (please specify)

Which statement would best describe you? [1] Full-time farmer [2] Part-time farmer[3] Farm worker [4] Farmer’s spouse [5] Student/scholar [6] Agricultural supplier[7] Agricultural enthusiast [8] Farm manager/foreman[9] Other (please specify)

A. What is your primary farming operation? (Please choose only ONE option)B. What is your secondary farming operation(s)? (Please tick all that apply)

A BCrop production/field croppingMaize [1] [1]Wheat [2] [2]Soya [3] [3]Sugar cane [4] [4]Lucerne/fodder crops [5] [5]Sunflower [6] [6]Grain sorghum [7] [7]Groundnuts [8] [8]Tobacco [9] [9]Cotton [10] [10]Vinyard / table grapes [11] [11]Citrus fruit [12] [12]Subtropical fruit [13] [13]Deciduous and other fruit [14] [14]Vegetables [15] [15]Potatoes [16] [16]Flowers/nursery [17] [17]Forestry [18] [18]Other (please specify) [19] [19]

Animal productionStock farming (beef) [20] [20]Dairy [21] [21]Mutton, goat [22] [22]Wool [23] [23]Mohair [24] [24]Poultry and poultry products [25] [25]Pigs [26] [26]Ostrich [27] [27]Game/tourism [28] [28]Other (please specify) [29] [29]

What is the annual TOTAL TURNOVER of ALL your farming activities:[1] Less than R500 000[2] R500 000 to R3 million[3] R3 million to R5 million[4] More than R5 million

Indicate which new developments are important to you as afarmer. (Please indicate all that apply.) [1] Agricultural equipment and implements[2] Bakkies, trucks & trailers[3] Tractors and other machinery[4] Fuel and oil[5] Seed[6] Manuring and fertiliser[7] Irrigation[8] Crop protection[9] Grain handling and storage[10] Cooling, processing and packaging[11] Stock handling and equipment [12] Animal breeding[13] Animal nutrition[14] Animal health[15] Pest control (flies, rodents, etc)[16] Firefighting[17] Undercover production[18] Precision farming[19] Computer technology[20] Communication (Internet, mobiles, etc)[21] Agricultural education[22] Management aspects[23] Financial services and insurance [24] Security [25] Other (Please specify)

Where do you normally find your copy of ProAgri? [1] Unaddressed in my post box[2] I am a subscriber [3] I read it on the Internet only[4] From friends/family[5] Other (please specify)

How often do you obtain a copy of ProAgri ? [1] Every month (every issue) [2] Regularly [3] Irregularly [4] Only once or twice ever

How many other people in your group of friends/family alsoread your copy of ProAgri?

How would you rate ProAgri?[1] Excellent [2] Good[3] Fair [4] Poor

Has ProAgri influenced a personel purchasing decision? [1] Yes [2] NoIf yes, would you describe it briefly?

Do you regularly buy/obtain any other agricultural magazines?(Tick all that apply.) [1] None – only ProAgri [2] Agri [3] AgriSales [4] Dairy Mail [5] FarmTech [6] Farmer’s Weekly[7] Landbouweekblad [8] SA Grain / Graan [9] Other (Please specify)

Which Internet connection do you have at home / office?(Tick all that apply.) [1] Dial-up [2] ISDN[3] ADSL [4] Wireless (3G / EDGE / HSDPA / iBurst)[5] None

Do you regularly visit any agricultural websites?[1] Yes [2] NoIf yes, please specify.

Comments:

Thank you for your participation

2009 Reader survey

17ProAgri 118 November 2009www.proagri .co.za

Closing date:31 December 2009

Page 18: ProAgri 118, Nov 09

SNY VEEDIEFSTALJOU BOERDERY KEELAF?

Beskerm jou eiendom!

Kontak ons

Stop veediefstal goedkoop en effektief!

Kontak ons vir ’n gratis kwotasie of

besoek ons webwerf.

sel: 079 526 7232

www.tramirloc.co.za

Page 19: ProAgri 118, Nov 09

19

Geniepsige elektrisiteitsrekeningeteister boere nou al jare lank en met

Eskom se voorgestelde wilde tarief-spronge lyk die toekoms vir die landboubra duister.

Brandstofpryse styg ewe roekeloossodat enjinaangedrewe kragopwekkersnet as teenvoeter vir wisselvallige elek-trisiteitsvoorsiening gebruik kan word ennie regtig ’n volledige alternatief biednie. Son- en windkragopwekking is soduur om te installeer dat dit buite diemeeste boere se bereik is.

Waterverwarming is een van die grootste elektrisiteitsvrate en synde ’n sindelike spesie kan die boer nie regtigsonder warm water klaarkom nie.

’n Mens kan wel ’n donkie bou, maar diestokery is ’n beslommernis wat nie altydwanneer jy warm water nodig hetmoontlik is nie. Gas word ook al hoe

duurder sodat gaswaterverwarming niena ’n blywende oplossing lyk nie.

Tot nou toe het sonverwarmingstoestellenet goed gewerk wanneer die son skynof ’n kort tydjie na sononder.

Goeie nuus!

Goeie nuus is dat Training Gate nou met die perfekte oplossing kom: die GPW-sonwaterverwarmer wat jou ononderbroke warm water bied teen ’n baie redelike koste.

Dié stelsel benut die mees gevorderdeen doeltreffende tegnologie om diewater selfs op bewolkte dae warm temaak en om dit die langste warm tehou – tot 72 uur!

Die son se warmte word doeltreffenddeur vakuumbuise van boorsilikaat-glas gevang en na die water

Uiteindelik: ’n bekostigbare, betroubare sonwaterverwarmer!

ElektrisiteitbesparingEnergie

oorgedra. Al die buise mond bo uit in ’nsilinder van 200 liter, waarna die warmwater styg. Die water sirkuleer voort-durend sodat die tenk vol warm waterbly. Die tenk is so goed geïsoleer dat ditwater maklik 72 uur lank warm houteen ’n temperatuur tussen 55 tot 94grade.

Die stelsel het ’n intelligente digitale beheerstelsel met ’n termostaat en elektries beheerde inlaatklep wat diewaterinvloei beheer. Hierdie stelsel, endie stelsel se pomp wat 18 liter per minuut vir huishoudelike druk lewer,word vanaf ’n 12V-battery aangedryfwat deur ’n sonpaneel gelaai word.

Sê jy het dit in ProAgri gesien en

kry R150 afslag!

Met ’n GPW-sonwaterverwarmer het jyaltyd warm water. Elke GPW-sonwater-verwarmer het boonop ’n 1,5 kW-verhit-tingselement wat sal aanskakel as daarregtig iets verkeerd loop met die son.Hierdie element werk vanaf Eskom-elektrisiteit of ’n kragopwekker, maardie GPW se sonverhitting is so doeltref-fend dat hy baie, baie selde aanskakel.

Die GPW-sonwaterverwarmer kanalleenstaande gebruik word, of om ’nbestaande elektriese warmwatertoestelmet reeds verhitte water te voer sodatjy altyd in alle weersomstandighede ’ngroot hoeveelheid warm water het teendie laagste moontlike koste.

Training Gate waarborg die GPW-sonwaterverwarmer vir 5 jaar en diebeste nuus is dat hierdie doeltreffende, betroubare toestel jou nie ’n arm en ’nbeen kos soos sommige ander sonwaterverwarmers nie – en as jy sêdat jy dit in ProAgri gesien het, kry jyboonop R150 afslag!

Training Gate bied ook seta-gesertifi-seerde opleiding aan loodgieters enbasiese kursusse aan installeerders.

Praat vandag nog met Theunis Potgieter 083-500-8676 of Johan Samons 082-459-7332. Moenie vergeet om te sê jy het dit in ProAgri gesien nie. Dit was nog nooit solekker om in die warmwater te wees nie.

Training Gate se GPW-sonwaterverwarmer is doeltreffender, betroubaarder en bekostigbaarder as enigiets wat jy vantevore gesien het. Hierdie sonverwarmerkan jou elektrisiteits-rekening drasties verminder, en as jy sê jyhet dit in ProAgrigesien, kry jy boonopR150 afslag op die koopprys. Vir ’nbrosjure, [email protected].

Spesiale aanbod:R6 601,31

Spesiale aanbod:R6 601,31

ProAgri 118 November 2009www.proagri .co.za

Page 20: ProAgri 118, Nov 09

20 www.proagri .co.zaProAgri 118 November 2009

Page 21: ProAgri 118, Nov 09

www.proagri .co.za

VragmotorsVervoer

Die unieke kombinasie van enjinkrag,verstandige kragoordragverhou-

dings, wye aanwendingsmoontlikhedeen duursaamheid maak Nissan Diesel-vragmotors die eerste keuse van ernstige boere en vervoerkontrakteurs.

En met sy nuwe reeks enjins, is NissanDiesel se swaarvragmotorreeks nou nógmeer gedug. Maar die nuwe enjinsbeteken nie net meer krag nie – ditbeteken ook ’n laer dieselverbruik enskoner uitlaatgas wat loshande aan diestandaarde voldoen wat in 2010 in Suid-Afrika verpligtend word.

Boonop verseker hierdie enjins ’n hoërgemiddelde spoed wat bestuurderuit-putting verminder en produktiwiteit verhoog.

Soos met al Nissan Diesel se produkte,is die nuwe enjins vooraf deeglik inSuid-Afrikaanse omstandighede getoetssodat doodseker gemaak word dat dit uitmuntend aan plaaslike eise voldoen.

Die doel is om net produkte van diehoogste gehalte en duursaamheid tebied sodat die vragmotor sy eienaar oor’n lang tydperk met die minste moontlike koste en staantyd kan dien.

’n snelgang om die beste werkverrigtingte verseker.

Die UD90B het ’n koppelaarplaat van380 mm om ’n bruto kombinasiemassavan 24 ton te hanteer, en die res van diemodelle ’n 350 mm-koppelaar.

Die reeks is die perfekte oplossing virvragte van 6 tot byna 11 ton. Hulle wiel-basisse is vir ’n wye reeks toepassingsontwerp, insluitende vragdraers metenige soort bak en omskakeling navoorhakers. Volgbyasopsies by die UD90en UD100A bemoontlik ’n 6x2-konfigu-rasie met ’n groter loonvragvermoë.

Nissan Diesel se gulhartige waarborgwys watter vaste vertroue hulle in hulletrokke stel:

• Kajuit (aanvreting): 60 maande• Voertuig: 12 maande, onbeperkte

afstand• Uitgebreide kragoordragstelselwaar

borg: 24 maande/300 000 km• Diens- en onderhoudkontrakte word

na keuse aangebied

Meer as vyftig Nissan Diesel-handelaarsregoor die land sorg volgens strenggehalte-vereistes dat jou trok regdeursy lang lewe net die beste diens lewer.

Hierdie diens word nog verder gevoermet ’n 24/7-nooddiens, waar kliëntebloot 0800-008-800 hoef te skakel omhulp langs die pad te kry. Die boer kandus met vertroue die langpad aanpak

met sy kosbare vrag vee of bederf-bare produkte op sy Nissan Dieselse stewige bak.

Vir meer inligting, praat metRaymond Schulz by 012-564-9550 of 083-290-6567 of [email protected].

Die nuwe enjins voldoen perfek aan hierdie vereistes.

Die nuwe ND FE6TA-enjin met sy 157 kW krag en 588 Nm wringkragpronk in Nissan Diesel se UD60B- enUD70B-vragmotors. Hy werk mettweekleptegnologie en het ’n meganiesespoedreëlaar, sowel as ’n tyd- en in-spuittempobeheerstelsel wat as TICS(timing and injection control system)bekend staan.

Dis hierdie einste TICS wat die enjin instaat stel om meer krag en wringkragte lewer, minder diesel te gebruik enminder uitlaatgasbesoedeling te pleeg.

Die FE6TB-enjin se 175 kW en 660 Nmkom goed te staan in die UD80B-,UD85B- en UD90B-trokke. Diékragman gebruik vierkleptegnolo-gie, ’n elektronies beheerde spoedreëlaar en ’n TICS-inspuitpomp.

Nissan Diesel het ook ’n UD95 en’n UD100, wat reeds in 2007geloods is met ’n ND FE6TC-enjinwat aan Euro II-vereistes voldoen.Hierdie Simson skop 190 kW en710 Nm uit!

Maar ’n trok bestaan nie net uit ’nenjin nie. Nissan Diesel het ook diekragoordragstelsels van die reeksgestandaardiseer. Die Nissan DieselMLS62B is ’n sesspoed sinchro-inkam ratkas met die hoogste rat

Regs: ’n Toon-beeld van trots engevorderde vakman-skap: Die nuwe diesel-enjins van Nissan Dieselse swaarvragmotor-reeks sorg vir meerkrag, laer dieselverbruik en minder uitlaat-besoedeling.

Vlak Koolstof Hidrokoolstof Stikstofoksied Deeltjiemateriaal

Euro II 4,0 1,1 7,0 0,2

ND FE6TA 1,21 0,58 5,71 0,138

ND FE6TB 0,79 0,35 5,08 0,139

ND FE6TC 0,74 0,29 5,00 0,116

Euro III 2,1 0,66 5,00 0,100

Meer krag, skoner lug, minder diesel:

Só ry Nissan Diesel-trokke tot in die boer se hart

ProAgri 118 November 2009 21

Page 22: ProAgri 118, Nov 09

22 www.proagri .co.zaProAgri 118 November 2009

Page 23: ProAgri 118, Nov 09

www.proagri .co.za ProAgri 118 November 2009

Die perfekte ryding vir die boervrou,boeredogter en boerseun – dit is

Tata se nuwe Indica Vista.

Die Vista is ’n opwindende nuwe aanvulling tot die bestaande Indica-reeks. Hy is breër, hoër en groter, veralwat binneruim betref. As jou kindersnog jonk genoeg is, laai jy maklik viervan hulle saam met die bestuurder injou Vista.

Raak hulle meer opgeskote, kan driegesonde plaaskinders hulle gemaklik indie Vista tuismaak, maar as BakkiesBotha een van jou kroos is, moet jy dalkoorweeg om hom eerder voor as agterte laat sit.

Die Vista het oorgenoeg beenruimte enjy voel nooit vasgedruk in hom nie.

Die sitplekke is lekker ferm en diebestuurdersitplek se hoogte kan verstelword om elke moontlike bestuurder tepas, so ook die stuurwiel.

Die bagasieruimte is nie te vreeslikgroot nie, maar jy kan die agtersitplek’n derde, twee-derdes of heeltemal platslaan en dan het jy laaiplek om meete mors.

Die Vista kom in drie modelle, die Ini,die Aura en die Ignis. Al drie spog metdie befaamde, rekenaarbeheerde Safire1,4 liter-petrolenjin. Die Ini en die Aurase enjins lewer 55 kW teen 6 000 opm

en 114 Nm teen 3 250 opm. Die Ignisse enjin is aangepas om 65 kW teen 6 000 opm en 116 Nm wringkrag teen 4 750 opm te lewer. Die Ignis het heelwat meer luukshede en hy trap dieskaal tot op 1 055 kg teenoor sy tweematers se 1 030 kg.

Volgende jaar kom daar glo ook ’nmodel met ’n Quadra-Jet-dieselenjin van 1,3 liter.

Vir ’n 1400 draf die Vista lekker fluks enlewendig op die pad en sy hantering enpadhouvermoë op die grondpad is verstommend. Daartoe dra natuurlik dieveertienduimwiele en die puik veerstelsel by (onafhanklike McPhersonstawe met kronkelvere voor ensemi-onafhanklike wringaste met kronkelvere en gasgevulde skokbrekersagter).

Die Vista bied jou ’n lekker soepel rit,maar tog voel jy dat hy die heeltydstewig op die pad sit. Dit ondersteun diealgemene indruk van fermheid wat dieVista skep. Hy is goed en smaakvolafgewerk, en niks aan hom voel los,papperig of pieperig nie.

Vir die bestuurder is die Vista puretroeteling. Daartoe dra sy hidrouliesekragstuur, elektries-beheerde venstersvan die Aura en Ignis, doeltreffenderuitveërs wat op ’n verskeidenheidmaniere verstel kan word, lugversor-ging, rugsteunsitplekke, misligte voor

Met sy gerief, betroubaarheid, veiligheid en padhouvermoë is die nuweTata Vista luikrug die perfekte voertuigvir die boervrou en boeredogter.

Die nuwe Tata Indica Vista:Hier’s nou ’n knap klein karretjieuitgeknip vir jou plaas

en agter, sonskerms met smukspieëltjies en suiwermusiekstelsel by.

Die Vista het heelwat nuttigebêreplekkies in sy spatbord,middelkonsole en deure, ook virkoeldrankblikkies. Sy paneelkissie is ruim genoeg omselfs ’n skootrekenaar in te bêre.

Veiligheid is ’n sleuteleienskapvan die Vista. Eerstens maak diesentrale sluitstelsel en immo-biliseerder seker dat jou motorjou eie eiendom bly, maar sydaghelder ligte, summierstopremme, hooggeplaasteagterligte, kinderslotte aan dieagterdeure, stuurkolom watopvou in ’n botsing, frommel-sones wat energie in botsingsabsorbeer en kantbeskerming-stawe in die deure verminderook die risiko van beserings indie geval van botsings.

Die enigste ding aan die Vistawat aanvanklik hinder, is die moderneneiging in bakwerkontwerp wat maakdat jy op geen manier die motor sesnoet vanuit die bestuurdersitplek kansien nie. Totdat jy sy afmetingsgewoond geraak het, moet jy maarruim skat wanneer jy parkeer.

Alles bymekaar getel, is daar sekermin motors wat soveel waarde vir geldbied. Tata waarborg al drie modelle vir3 jaar of 100 000 km, en bied ’n diensplan vir drie jaar of 75 000 kmen padbystand vir twee jaar en onbeperkte kilometers.

Gaan gesels vandag met jou Tata-handelaar oor ’n bate vir jou plaas – ’n ratse, betroubare motortjie wat minbrandstof gebruik, maar jou mense indie grootste gerief en veiligheid vervoer. As jy meer wil weet, praatook by Tata se hoofkantoor metChristo Engelbrecht. Sy nommer is082-709-2076 en sy e-posadres [email protected].

Vervoer Motors

Die Tata Vista se padhouvermoë en rygerief op grondpaaieis verstommend en hy pas perfek op die plaaswerf.

23

Page 24: ProAgri 118, Nov 09

24 www.proagri .co.zaProAgri 118 November 2009

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou -toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-ar�kels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) Anelda Strauss (Pretoria) Hein Slabbert (Pretoria) André de Beer (Pretoria)051-446-0789 | 082-381-7563 012-362-2732 | 083-748-3413 012-362-2732 | 082-442-8607 [email protected] [email protected] [email protected] [email protected]

60 00 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswydAgriTrader Advertensiediens vir die boer

Advertising service for the farmer

Ve

ilin

gs

Gen

eG

ids

dorp

er

dorp

erdo

rmer

mer

ino

dorp

er

sa m

erin

o

boer

bok

dorp

er

Page 25: ProAgri 118, Nov 09

25www.proagri .co.za ProAgri 118 November 2009

Ge

ne

gid

s

beefmaster

braford

nguni

Ag

rig

ids

tuli

Page 26: ProAgri 118, Nov 09

www.proagri .co.zaProAgri 118 November 200926

Ag

riG

ids

Page 27: ProAgri 118, Nov 09

27www.proagri .co.za ProAgri 118 November 2009

Ag

rig

ids

Page 28: ProAgri 118, Nov 09

Ag

riG

ids

www.proagri .co.zaProAgri 118 November 200928

Ag

ri-

We

rk

tuie

Page 29: ProAgri 118, Nov 09

29www.proagri .co.za ProAgri 118 November 2009

Ag

ri-W

erk

tuie

Page 30: ProAgri 118, Nov 09

www.proagri .co.zaProAgri 118 November 200930

Ag

ri-

We

rk

tuie

Page 31: ProAgri 118, Nov 09

www.proagri .co.za 31ProAgri 118 November 2009

Ag

ri-W

erk

tuie

Page 32: ProAgri 118, Nov 09

Inbelsentrum Tel: 08600 GOGGA (46442) l E-Pos: [email protected] l Terme en voorwaardes geld

GSM INTERNETDiensverskaffer

SA se bekendste onafhanklike

GRATIS

FAKS

NA E

-POS,

E-POS

ADRE

SSE E

N DATA P

AKET

TE.

BEGIN

VANAF

R50-

00P/

M

Ons stelsel is maklik self-installeerbaar en ons pos dit vir jou

BEKOSTIGBARE WEBTUISTES

GEEN INTERNET?

Kort termyn kontrakte: 6 - 24 maande,“pre-paid”-data binnekort beskikbaar

Die beste data-tariewe in SA - Moenie meer betaal as wat nodig is nie

Skakel ons: 08600 GOGGA (46442) www.goggaconnect.co.za

Ons pakette is op die platteland gerig

Om Internet te kry was nog nooit sò maklik nie.