rxurqolqhwhdfkhu fr ]d · 2020. 4. 30. · jhglj (qmdpehphqw elqg glh vwurihvvddp 6wurih vnhs glh...

25
www.youronlineteacher.co.za

Upload: others

Post on 12-Feb-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • www.youronlineteacher.co.za

  • PalimpsesJohann de Lange

  • Palimpses is ‘n antieke perkament wat meer as een keer gebruik is.

    Perkament was baie kosbaar vir die monnike en as hulle nie meer die

    inligting wou gehad het nie, het hulledit uitgevee en bo-oor geskryf.

    Vandag kan ons inligting op die rekenaar stoor.

    Agtergrond

  • PalimpsesJohann de Lange

    1 Bome skryf teen die blou2 kreukellose lug dinge3 wat niemand verstaan nie.4 Houtkappers kom met byle5 en vel die bome.6 Meulens saag en maal7 en pulp en plet die hout.8 Stil is die bome;

    9 stil, net tot hy kletterend10 met sy tikmasjien11 uit selfs die fynste grein12 die hele gamma van woord13 en pyn ring op ring14 deur hierdie oggend laat dein.

  • Palimpsest

    1 Trees write against the blue

    2 uncreased sky things

    3 nobody understands.

    4 Lodgers arrive with axes

    5 and fell the trees.

    6 Mills saw and grind

    7 and pulp and press the wood.

    8 The trees are quiet;

    9 silent, only until the clattering

    10 with typewriter

    11 from even the finest grain

    12 lets the whole gamma of word

    13 and pain, circle upon circle,

    14 ring through this morning.(Translated by the poet)

  • Titel

    Tema

    Palimpses = perkamentrol waarvan die oorspronklike skrif afgekrap of onsigbaar gemaak is sodat daar weer op geskryf kan word.

    Die titel hou verband met die herskeppingsproses.

    Mens kan weer op die perkamentrol skryf. Die bome herleef dus in die digter of skrywer se woorde.

    In hierdie sonnet gaan dit oor die vernietiging, maar ook oor die herskepping.

    Bome word afgekap sodat mense papier daarvan kan maak.

    Die digter herskep die bome se woorde deur sy gedig op papier.

  • 1 Bome skryf teen die blou

    2 kreukellose lug dinge

    3 wat niemand verstaan nie.

    4 Houtkappers kom met byle

    5 en vel die bome.

    6 Meulens saag en maal

    7 en pulp en plet die hout.

    8 Stil is die bome;

    Strofe 1 is ‘n oktaaf, want dit bestaan uit 8 versreëls

    Kreukellose: geen wolk is in die lug nie

    Houtkappers vel bome. Jou vel is n orgaan. Jy kan skryf op ‘n vel papier.

    Personifikasie: bome kan nie skryf nie

    Die leser kan die kap van die byl in die kort sinne hoor.

    assonansie: die herhaling van aa.

    aliterasie: herhaling van pl

    Bome leef aan die begin van die strofe, dan word hullestil as hulle afgekap word. Duidelike progressie in die gedig.

    Enjambement bind die strofes saam. Strofe 1 skep die beeld van bome wat deur houtkappers afgekapword. Strofe 2 gee die toepassing.

  • Binnerym: grein en pyn bind die gedig tot ‘n eenheid.

    Grein is die draad van die hout.

    Gamma: 3de letter in die Griekse alfabet, maar dit kanook verwys na ‘n tipe enkodering (encoding) waarmeehelderheid (luminance) verander kan word, byvoorbeeld in ‘n foto.

    Bome word herhaal: dit bind die gedig ook tot ‘n eenheid.

    Hier gaan dit oor die digter se herskeppingsproses.

    Ring op ring dui op jaarringe van die boom; dui ook op die invloed van die skryfproses: bome herleef weer op papier.

    Stemming van die gedig is hartseer.Hierdie strofe is ‘n sestet en dit bevat die toepassing. Die spreker moet oorneem, want die bome kan nie meer iets sê nie. Die digter(hy) maak dus dinge helder vir ander mense. Dit is wat gamma doen – dit gee helderheid, sodat almal nou kan verstaan wat gesê word.

    9 stil, net tot hy kletterend

    10 met sy tikmasjien

    11 uit selfs die fynste grein

    12 die hele gamma van woord

    13 en pyn ring op ring

    14 deur hierdie oggend laat dein.

  • antwoorde

  • Pas die twee kolomme. Skryf slegs die antwoord neer in die tweedekolom.

    1

    1.1 B1.2 D1.3 C1.4 A

  • 2

    Strofe 1: Die bome skryf in stilte. “Stil is die bome” (die bome kan nie meerskryf nie).

    Strofe 2: Die digter neem oor en skryf dit wat die bome nie meer kan sênie, op palimpses: “kletterend”.

    Dui die verskil aan tussen strofe een en strofe twee.

  • 3

    Gamma verwys na die derde letter in die Griekse alfabet. Dit kan verwys na die alfabet waarmee woorde geskep word en waarmee pynuitgedruk word. Dit kan ook verwys na ‘n tipe enkodering (encoding) waarmee helderheid veranderkan word. Die spreker maak dus dinge helder vir ander mense (lesers).

    Verduidelik die gebruik van “gamma van woord”.

  • 4

    oktaaf

    Kies die korrekte antwoord: ‘n Strofe met agt versreëls word ‘n sestet/oktaaf genoem.

  • 5

    “fynste grein”

    Haal ‘n voorbeeld van assonansie aan in versreël 11.

  • 6

    6.3 dat dit ‘n wolklose dag is.

    “kreukellose lug” in versreël 2 beteken ...

  • 7

    hartseer

    Die stemming (toon of atmosfeer) van hierdie gedig is vrolik/optimisties/hartseer.

  • 8

    Die kap van die byl kan gehoor word.

    Waarom kan die kort versreëls as funksioneel beskou word?

  • 9

    Hulle word afgekap, want die mens wil papier van die bome maak.

    Waarom word die bome “stil” aan die einde van die eerste strofe?

  • 10

    Die strofe begin met “bome” en eindig met “bome”. Enjambement, rym en herhaling dra daartoe by dat die strofe tot ‘n eenheidgebind word.

    Hoe word strofe een tot ‘n eenheid gebind?

  • 11

    versreël 3: wat niemand verstaan nie.

    Haal EEN versreël aan wat daarop dui dat die boodskap van die bomenie deur die mens verstaan word nie.

  • 12

    As ‘n klippie in water gegooi word, word ringe gevorm. Die afkap van bome se gevolg brei uit – die mens maak die betekenis van die woorde duidelik aanander. Dit dui ook op die mens se tyd op aarde en die pyn wat die mens deur die tye ervaar het.

    “ring op ring” kan dui op jaarringe van ‘n boom, maar waar kan dit ookvan toepassing wees?

  • 13

    Die bome skryf teen die lug en daarna skryf die mens om die woorde van die bome duidelik te maak.

    Palimpses beteken dat daar twee keer op geskryf kan word. Maak ditvan toepassing op die gedig.

  • 14

    soggens

    Kies die korrekte antwoord: Die digter skryf saans/snags/soggens.

  • 15

    dein

    Watter EEN woord dui daarop dat die bome se skrif herleef word?

  • www.youronlineteacher.co.za