sewentiende jaargang, volume 1 elretha joubert ......bladsy 6 hartjie-my-liefie dag 18 februarie...

20
Hierdie uitgawe van Pendoring word opgedra aan juf. Elretha Joubert - op die personeel van CVO Skool Dankbaar sedert die stigting van die skool; verpleegster, versorger en skouer-om-op-te-huil vir kollegas en kinders.. 21 April 2011 sal in die ge- skiedenisboeke opgeteken staan as een van die hartseer- dae in CVO-Dankbaar se ge- skiedenis. Hartseer omdat ons moes afskeid neem van een van die pioniere en steun- pilare van ons skool, mevrou Elretha Joubert wat ‘n pos by die Oorlogsmuseum van die Boere-republieke aanvaar het. Op die terreine van Bybel- onderrig, Volksgeskiedenis en Christelike Lewensoriëntering het sy enorme bydraes in die vorming van ons kinders gele- wer. Niemand is onmisbaar nie, maar dit gaan nie maklik wees om iemand van haar ka- liber en statuur sommer net te vervang nie. Mevrou Joubert was selfs nog voor die stigting van CVO -Dankbaar intens by die stig- tingsproses betrokke wat deur haar man, wyle ds. Han- nes Joubert, van stapel ges- tuur is. Sy het haar onder- wysloopbaan aan Dankbaar aan die einde van die eerste kwartaal in 1992 begin, na die skielike bedanking van een van die onderwyseresse. Lees binne Bl Hoofberig 2 Juf. Maatje 3 Nuwe Onderwysers 4 Hartjie-my-liefiedag 6 Kultureel en sosiaal 8 Klub Dinamika 10 Oud-leerlinge 11 Kleutermanewales 12 Japsnoete 14 Oom Willie 16 Rugby en Netbal 17 Atletiek 18 Ons bus 20 ELRETHA JOUBERT - 1992 TOT 2011 Sewentiende Jaargang, Volume 1 “Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My…” Mark. 9;37 Telefoon 051-451 1334 Faksnommer: 0865709785 E-pos: [email protected] Webtuiste: cvodankbaar.co.za CVO Dankbaar Posbus 17662 BAINSVLEI 9338 Vervolg op bladsy 16

Upload: others

Post on 25-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Hierdie uitgawe van Pendoring word opgedra aan juf. Elretha Joubert - op die personeel van CVO Skool Dankbaar sedert die stigting van die skool; verpleegster, versorger en skouer-om-op-te-huil vir kollegas en kinders..

21 April 2011 sal in die ge-skiedenisboeke opgeteken staan as een van die hartseer-dae in CVO-Dankbaar se ge-skiedenis. Hartseer omdat ons moes afskeid neem van een van die pioniere en steun-pilare van ons skool, mevrou Elretha Joubert wat ‘n pos by die Oorlogsmuseum van die Boere-republieke aanvaar het. Op die terreine van Bybel-onderrig, Volksgeskiedenis en Christelike Lewensoriëntering het sy enorme bydraes in die vorming van ons kinders gele-wer. Niemand is onmisbaar nie, maar dit gaan nie maklik wees om iemand van haar ka-liber en statuur sommer net te

vervang nie.

Mevrou Joubert was selfs nog voor die stigting van CVO-Dankbaar intens by die stig-tingsproses betrokke wat deur haar man, wyle ds. Han-nes Joubert, van stapel ges-tuur is. Sy het haar onder-wysloopbaan aan Dankbaar aan die einde van die eerste kwartaal in 1992 begin, na die skielike bedanking van een van die onderwyseresse.

Lees binne Bl Hoofberig 2

Juf. Maatje 3

Nuwe Onderwysers 4

Hartjie-my-liefiedag 6

Kultureel en sosiaal 8

Klub Dinamika 10

Oud-leerlinge 11

Kleutermanewales 12

Japsnoete 14

Oom Willie 16

Rugby en Netbal 17

Atletiek 18

Ons bus 20

ELRETHA JOUBERT - 1992 TOT 2011 Sewentiende Jaargang, Volume 1

“Elkeen wat een van sulke kindertjies

ontvang in my Naam, ontvang My…” Mark. 9;37

Telefoon 051-451 1334 Faksnommer: 0865709785 E-pos: [email protected] Webtuiste: cvodankbaar.co.za

CVO Dankbaar Posbus 17662 BAINSVLEI 9338

Vervolg op bladsy 16

Page 2: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 2

HOOFBERIG P E R S O N E E L -VERANDERINGS Ons het aan die begin van die jaar twee nuwe per-soneellede bygekry, naam-lik mnr. Francois Saayman vir Rekeningkunde en mev. Alet Marx by st.2. Albei van hulle het reeds ’n kwartaal by ons agter die rug en is goed ingeburger. Drie personeellede het ons egter aan die einde van verlede kwartaal en n die loop van hierdie kwar-taal verlaat en daar moes weer nuwe aanstellings gemaak word. Me. Nienke Niewen-huizen is met ingang 1 Mei aangestel as die nuwe Sub A-juffrou in die plek van juffrou Estelee Steyn wat ons aan die einde van die eerste kwartaal verlaat het. Juffrou Nienke is iemand van vele talente wat benewens haar werk-saamhede in die grond-slagfase by haar vorige skool, onder meer ook vir die skoolkoerant, skoolop-voerings, die skool se boeke en ekstra wiskun-

deklasse vir die hoër standerds verantwoorde-lik was. Daarby is sy ‘n toegewyde onderwyseres wat die belange van el-keen van haar leerlinge op die hart dra. Baie welkom Juffrou! Ons sien uit na ‘n lang en aan-gename verbintenis met Dankbaar. Dit lyk asof daar maar altyd ‘n mevrou dominee op CVO-Dankbaar se per-soneel moet wees. Mev-rou Barbara Schoonees is die eggenote van ds. Fanie Schoonees wat vir baie jare een van die leraars van die Klipkerk was. Dit het baie oor-tuiging gekos om ds. Fa-nie te oorreed om sy wederhelf vir Meimaand aan ons te leen. Hy is ‘n man wat hou van rondreis en wil met sy karavaan op ‘n warmer plek as Bloem-fontein gaan oorwinter. Mevrou Schoonees het vir baie jare Engels on-derrig en as personeellid van Martie du Plessis haar laaste Engelse klasse aangebied. Ons is bevoorreg om iemand met haar ervaring as afloson-

derwyser vir Meimaand te kon bekom. Sy is ook baie lief vir musiek en een van daardie spesiale persone wat op gehoor kan speel. Sy het reeds tydens ons saalopeninge voor die kla-vier ingeskuif en die bege-leiding waargeneem. Ons weet dat ons almal gedurende Meimaand baie by haar kan leer. Mevrou Schoonees los af in die plek van juffrou Maatje Gunter wat ‘n nuwe pos in Gauteng aanvaar het en ons op 21 April verlaat het. Huidiglik is daar nog nie-mand in die plek van mev-rou Elretha Joubert aangestel nie. Haar pos is wel geadverteer en daar is al verlede week onder-houde met voornemende kandidate gevoer. Ons hoop om binnekort ‘n aan-stelling te maak. Intussen hou meneer Pieter Bothma die fort, soos net hy kan.

Page 3: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 3

M et hierdie geskrif-fie wil ek die skool

en almal betrokke groet en bedank. Eerstens wil ek my mede-onderwysers bedank vir al julle hulp en ondersteuning die af-gelope twee-en-‘n-bietjie jaar. Ek het baie by julle geleer, en ook lekker saam met julle gekuier en gelag. By hierdie skool is die ondersteuning van mede-onderwysers werklik tas-baar. Baie dankie dan dat julle my gedra het deur moeilike tye, en dat ons kon hande vashou in die opvoeding van hierdie kos-bare kinders. Ek wil dan spesifiek vir Meneer Pieta bedank vir sy ondersteun-ing en leiding. Ek het baie by Meneer geleer, en baie van die lesse sal my my lewe lank bybly. Tweedens wil ek die ouers bedank vir julle toewyding aan die skool, en dit waar-voor die skool staan. Son-der julle sal die skool nie wees wat dit vandag is nie. Hier het ek vir die eerste keer in my lewe gesien hoe ouers self moue oprol en werklik hard werk om die plek waar hulle hulle

kinders wil laat opvoed, te bou (in die letterlike en figuurlike sin). Laastens, die leerlinge. Ons het lekker gelag, en lekker hard gewerk, en gehuil, en gespeel. Ek wil julle bedank omdat ek soveel by julle geleer het, en ek sal dit wat ek by julle geleer het nooit ver-geet nie. Julle het werk-lik diep in my hart ge-kruip, elkeen op sy eie, spesiale manier. Ek sal altyd deel voel van die CVO Dankbaar-gesin, al is ek ver van julle af. En ek wens die skool en sy mense alle sterkte en voorspoed toe. Ek weet dit sal goed gaan want die Here hou sy hand oor hierdie skool, sonder twy-fel! Baie liefde Maatje Gunter

Juf. Maatje, ons mis jou. Jy het diep spore hier getrap.—Red.

JUFFROU MAATJE Sê TOTSIENS REDAKSIE

Beskermheer Mnr Pieta Oosthuizen Redakteur Juf Hanneke Meyer Sub-redakteur Mariechen Martins Sport Reynard de Villiers(bygestaan deur Lienkie, Lynelle en Tarien) Advertensies,uitleg Mariechen Martins Kultureel Cobus Venter (bygestaan deur Meri Cornelissen) Sosiaal, uitleg, briewe Joey van Schalkwyk

ADVERTENSIES

A5-Bladsy, kleur : R100 Halfbladsy, kleur : R 50 Klein advertensies : R 20 Kontak ons by [email protected]

DIE PENDORING is elek-tronies beskikbaar op ons webtuiste. Indien u dit eg-ter per pos wil ontvang, kan u inteken teen R15 per ek-semplaar of R50 per jaar. Ons kan dit ook per e-pos vir u stuur. Stuur u e-posadres aan ons by [email protected]

Page 4: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 4

NUWE PERSONEELLEDE Mev Barbara Schoonees

Mev. Barbara Schooon-ees het ingewillig om tydelik in te staan vir Juffrou Maatje se klasse. SY vertel die volgende oor haarself: “Ek is gebore in Florida naby Johannesburg.

Laerskooljare in Randfontein, hoërskool te Barkly-Wes Noord-Kaap en matrikuleer te Vaalrivier Hoërskool. Na skool studeer ek te Stellenbosch Universiteit BA en SOD on-derwysdiploma. In 1986 gaan studeer ek verder en behaal ’n diploma in Remediëring by die Vry-staatse Universiteit. Gee daarna vir 19 jaar onderwys te Martie du Plessis Hoër-skool, Bloemfontein. Kinders: 1 seun en 5 dogters.

My passie: Eerstens om die liefde van Jesus Chris-tus uit te leef teenoor alle mense. Daarna, my man en gesin. Verder musiek, samesang, klavier- en kitaarbegeleidings, Chris-ten-danse. Ook klassieke en ligte musiek. Lief vir die natuur, stap, bergklim, swem, toer na mooi plekke en lees baie graag boeke. Ek geniet die personeel en oulike kinders van CVO Skool Dankbaar !

Mnr Francois Saayman

Mnr. Francois het aan die begin van die jaar by ons aangesluit. Hy is in Pretoria ge-bore en het in Bloem-

fontein grootgeword waar hy in 1995 gematrikuleer het. Hy werk vir ‘n paar jaar oorsee en studeer daarna deeltyds by SUT (Sentrale Universiteit vir Tegnologie) in Bloemfontein, waar hy in 2010 die Nasionale Diploma in Be-stuursrekeningkunde verwerf.

Hy is ‘n entoesiastiese at-

leet en neem deel in Driekamp (swem, fietsry en hardloop) en Tweekamp (fietsry en hardloop).

Hy geniet dit om met kinders te werk en om met spor-tafrigting te help. Hy het dan ook veral gedurende die atletiekseisoen die manne laat les opsê met sy oefen-sessies en hulle behoorlik fiks gemaak vir die kragme-tings van die seisoen.

Page 5: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 5

E k is gebore in Namibië, getoë in

die Vrystaat en gaan draai in Limpopo. Ek is ‘n weduwee met ‘n seun en ‘n dogter, albei getroud en geseën met vier kleinkinders, twee kleinseuns en twee klein-dogters. My seun en sy gesin woon in Kanada en my dogter en haar gesin naby Zwartwater in die

Mev Alet Marx

M ev. Hannerie van Schalkwyk is vanaf

die begin van die jaar die nuwe onderwyshulp by die kleuters en hulle is baie lief vir haar. Kyk op die kleu-terblad of julle haar kan herken as Vuilie Vuil! Tan-nie Hannerie is ook Kosie,

Me. Nienke Nieuwenhuizen

mense en dus ook leerlinge te alle tye met respek en deernis behandel moet word. My stokperdjies is brei, lint-borduur en kalligrafie (sierskrif). My doel in die lewe is om leerders op te voed en te onderrig volgens Christelike beginsels en na die beste van my vermoë.

frou. Ek is lid van die Ned-erduits Gereformeerde Kerk. Ek woon al vanaf 8-jarige ouderdom in Bloem-fontein en het hier skool-gegaan. Ek het onderwys studeer aan die Univer-siteit van die Vrystaat. Ek is ‘n baie geduldige, liefde-volle mens en glo dat alle

E k is Nienke Nieuwenhuizen,

die nuwe Sub A juf-

Juf.Hannerie Hansie, Roelf en Vlooi se ma. Haar visie vir Dankbaar: “Ek voorspel ‘n blink toekoms vir CVO. Dit is waar ons grondslag lê. Ons het as ouers voor die Here ‘n eed geneem dat ons, ons kinders volgens Sy Woord sal grootmaak en daarom moet ons by ons be-lofte bly”.

Limpopo Ek het vir 25 jaar skoolge-hou, 5 jaar as psigometris gewerk, 10 jaar as boekhoud-ster en nou is ek al 3 jaar verbonde aan CVO skole. Ek hou van naaldwerk, lees,

tuinwerk en stap.

Page 6: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 6

HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011

Van die dogters by die bal

Die bal

Die hartjie-my-liefie-bal het vanjaar op 17 Febru-arie plaasgevind. Lank voor die tyd het die meisies almal óf die winkels plat geloop óf hul kaste omge-dop op soek na die per-fekte rok - en in somige gevalle was ‘n nuwe rok juis die motivering om na die bal te kom! Die meisies was nie die enigstes wat na iets gesoek het nie. Van die seuns moes al hul moed bymekaarskraap om ‘n meisie na die bal uit te vra, en daarna moes hul ma’s die winkels gaan platloop

om ‘n nuwe pak klere te kry.

Om die saal te versier moes ‘n groot werk gewees het—veral sonder enige fondse. Die saal se ver-siering was egter nie die St.9 klas se enigste taak nie. Hulle moes ‘n foto-graaf aanstel en nog die speletjie-aand ook han-teer. Die St.9’s was egter nie die enigstes wat moes werk nie, want iemand moes nog ons skoolhoof oortuig dat die bal skaflik sou wees.

Nadat die rokke gekies was, die meisies uitgevra en die saal versier is, was daar nog net een ding oor naamlik, die bal. Die dansvloer is geopen deur Michelle en Pieter, daarna het eers die paartjies binnegegaan en toe die enkel seuns en dogters.

Die oomblik wat jy die saal binnekom sien mens bo-oor jou kop ‘n hele swet-terjoel hartjies en op

oogvlak was die mooiste rokke en die selfs mooier meisies. Al teen die kant van die dansvloer was ta-fels met stoele versier met hartjies en ballonne . Dit het nie lank geduur voordat die dansvloer vol was nie en binnekort moes van die tafels opsy geskyf word om meer plek te maak. Die van ons wat nie ‘n maatjie saam gebring het nie, moes maar ons beurt afwag, maar almal het wel die kans gekry om te dans. Wanneer jou tone pers getrap was of indien jy maar net moeg gedans was, kon jy jouself enige tyd by die snoepie gaan opkikker.

Die van ons wat daar was het dit baie geniet. Of ons nou gedans, foto’s laat neem het of bloot net gekyk het hoe dit gedoen moet word, ons het dit baie geniet en ons sien uit na die volgende bal.

~ Roelfie Martins St.7

Page 7: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 7

Die Piekniek Die piekniek was baie lekker. Ons het lekker op die gras gesit en eet. Juffrou Gerty en die St.9’s het die kos vir ons gemaak. Ek dink almal het die piekniek baie geniet. Aan die einde het baie van ons gehelp om op te ruim. Dit was baie lekker! ~ Nadia Venter St.4 ~

Die wenner van vanjaar se gedigte-kom- petisie is Retha van Biljon met haar gedig getiteld:

“Jy is die beste.” Jy is my hart se punt.

As ek jou sien is ek soos ‘n lint wat waai in die wind.

En ek voel weer soos ‘n kind.

Jy is soos ‘n ster in die nag, want jy hou oor my die wag. En jou grappies laat my lag

wanneer ons piekniek hou op Hatjie-my-Liefiedag.

Jou spiere is so groot soos die Titanic boot.. Jy help my in nood

as die liefde my verstoot.

Die tweede en derde plek is onderskeidelik verower deur Quinten Erasmus en Carien van Biljon.

AJ het éintlik die piekniek baie geniet!.

Ek het jou lief:

Ek het jou lief want jy is ‘n dief Jy steel my hart,nou het ek smart.

Bel die ambulans gee my nog ‘n kans Ek is jammer slaan my met ‘n hamer

Ek sal jou nooit vergeet dit is tyd om

die liefde te meet Ek koop ‘n roos en dan begin jy bloos

Ek vat jou vir ‘n ete dan voel jy sommer

beter En as jy my soen…dan word ek sommer

groen

Deur Quinten Erasmus (2e Plek)

Hartjie-my-Liefie Gedigte

Page 8: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 8

Kultuuraand

Majuba-naweek

O p Donderdagaand 24 Februarie het die Bloemfonteinse kultuur-

vereniging 'n kultuuraand in die skool-saal gehou ter herdenking van Majuba-dag. Daar is volkspele gespeel deur lede van die Van Riebeeck-laer, mnr. Pieta se toespraak oor ons Boerekul-tuur het aan eenvoudige dinge weer nuwe betekenis gegee en die st. 5,6,7& 8 kinders het 'n voorstelling (met baie goeie dekor) van Majuba opgevoer tot betowering van die gehoor. 'n Kunste-naar het opgetree en daar is ook 'n nuwe bestuur vir die Kultuurraad ge-

kies. Na die tyd was daar heerlike ver-versings beskikbaar. Dankie vir 'n heerlike aand, oom Sam. ~ Cobus Venter St. 8 ~

Die helde van Majuba in aksie

D ie naweek van 25 tot 27 Februa-

rie 2011 het lede van die skool en die APKerk Moedergemeente se jeug die jaarlikse Maju-ba fees bygewoon. Na 'n opwindende gly-gly modderpad het ons elfuur daar aangekom en afgepak in bitter koue weer. Die volgen-de môre was dit baie

koud en mistig. Ons het na wyding die berg bestyg tussen die mis en nat grond deur. Di t was die 130 ste herden-king van die slag en toevallig was die dae van die datums die-selfde as in 1881 . Daar was later die middag boeresport, sweepklap en ook Can-tus die aand. Na die diens Sondag het ons weer die skoolbus gepak en ons 13 siele het die pad moeg aan-gepak na 'n lieflike naweek. ~ Cobus Venter

Vir jul ‘n monument Duisend vroue en kinders het gesterf Terwyl hul mans geveg het vir ‘n land om te erf. Plase tot op die grond verbrand Maar ons sal vasstaan vir ons land Duisende vroue en kinders honger en dors Maar ons sal nie toelaat dat Engelsman met ons mors. ‘n Geslag heeltemal uitgewis Ons dapper vroue en kinders sal ons vir altyd mis. Siembamba en koljander so deur die bos ‘n ewige herinnering van glas in hul kos. Ter nagedagtenis troon die naald na bo Dat God ons volk sal lei, sal ons vir altyd glo. Meri Cornelissen - st.5

Page 9: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 9

O m CVO-Dankbaar se ge l de l i k e

posisie te verstewig en die wolf van die deur af te hou, is geen maklike taak nie en daarby ook ‘n n i m m e r e i n d i g e n d e proses. Dit was Vrydag, 6 Mei, weereens die ge-val toe Hennie de Bruin en die Kitaarkêrels in die stadsaal opgetree het. Van ongeveer 19:30 af het die voete gejeuk op die maat van die kitare wat tydens ons Boere-dans weerklink het. Op ‘n koue wintersaand het bekende boere-musieknommers en heer-

like tradisionele geregte soos bobotie die harte verwarm van die ongeveer 200 gaste wat die geleen-theid bygewoon het. Daar was geen kontantkroeg nie en elkeen kon ‘n eie drink-dingetjie saambring. Dit het alles bygedra tot ‘n gesellige atmosfeer en omdat Senforce seku-riteitswagte ‘n ogie oor ons voertuie gehou het, het almal die aand nog meer geniet. ‘n Spesiale woord van dank aan almal wat die aand by-gewoon en moontlik ge-maak het. Jou bydrae het verseker dat ver-bondskinders die waarde van Christelike en volkseie

onderwys kan ervaar en beleef. ‘n Hart-like wo6rd van dank aan ons borge wat die aand moontlik gemaak het: Sleepover Lodge vir

die huivesting van die Kitaarkêrels,

Senforce vir die seku-riteit,

Xerox vir die kaartjies se drukwerk,

WM Pretorius Vervoer vir ‘n kontantborg.

Laaste, maar nie die min-ste nie, ons hartlike dnk aan die dames onder leiding van mevroue An-neli van Biljon en Corné Venter vir die voor-bereiding van die heer-like ete.

BOEREDANS

Boere Kapperjol

“Weet jy waar is die glaspaleis? Ja! Ja! Hier in die Stadsaal!! Jy moet gou maak hierie manne weet hoe om ‘n harp te speel!”... -Dit was die woorde van ‘n baie vrolike omie aan sy vriend oor die telefoon tydens Vrydagaand se Boeredans in die stadsaal. Ons was besig om ‘n asempie vars lug te skep na ‘n heerlike paar rondtes oor die dansvloer, toe hy daar uitgestorm kom om sy vriend aan te moedig om ook te kom deel in die genot. Hy was duidelik amper “in die hemel” van plesier. Mariechen Martins – st. 10

Page 10: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 10

Advertensie

K l u b D i n a m i k a

Ons vir jou

S edert die naam “Klub Dinamika” vanuit talle inskrywings as die amptelike naam van die nuwe ondersteunersklub aangewys is, word daar gewerk aan die grondwet

vir die klub asook kleredrag en ander gebruiksartikels wat die die naam en leuse van die klub sal weerspieël.

Ongeag waar u uself in die wêreld bevind, as u enige belang by ons skool het en graag sosiaal sal wil verkeer met ander in die groep, wil ons graag van u hoor.

Lees meer op ons webwerf (cvodankbaar.co.za) oor die visie, missie en doelstellings van die klub en raak betrokke.

Die amptelike loodsing van Klub Dinamika wat op Woensdag 23 Maart 011 om 18:00 by die skool sou plaasvind is uitgestel tot verdere kennisgewing

Kinderwysheid

Drie seuntjies spog een pouse teenoor mekaar oor hul pa’s. Eerste seuntjie: “My pa krap ‘n paar woorde op ‘n stukkie papier, noem dit ‘n gedig en hulle gee hom R500,00 daarvoor.” Tweede seuntjie: “Dis nog niks. My pa krap ‘n paar woorde op ‘n stukkie papier, noem dit ‘n liedjie en dan kry hy R5000,00 daarvoor.” Derde seuntjie: “Ek wen julle albei. My pa krap ‘n paar woorde op ‘n stuk papier, noem dit ‘n preek…. en dit neem ses mense om die geld in te samel en te dra.”

Ons het twee pragtige Ottomans ontvang om ten bate van die skool te verkoop. Besoek gerus die “Maak ‘n Bod’- afdeling van ons webtuiste (Keuselys regs) om dit te besigtig en ‘n aanbod te maak.

Page 11: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 11

Elani Joubert is in April vanjaar met Hugo Pretorius getroud. Die huwelik is op die strand by Glentana bevestig deur die sanger-dominee Innes Benadé. Ons bid die paartjie alles van die beste toe.

Reünie 2010

S oos die personeel en leerlinge meer voorbereid word vir die jaarlikse feestelik-heid, verdubbel die grootte van die reünie ook. En verlede jaar se reünie hoef

beslis nie terug te staan vir enige van die voriges nie. Wat hierdie reünie veral besonders gemaak het, was dat die hele matriekklas van 2000 dit bygewoon het. Saterdagoggend is daar netbal gespeel, boeresport en armdruk kompetisie gehou. Daarna het man en muis na die universiteit se rugbyveld gestroom waar die oudskoliere en die skoliere mekaar in ‘n veeleisende en baie ver-maaklike wedstryd aangedurf het. Die stylvolle dinee Saterdagaand was ‘n hoogtepunt. Mnr Pieta se nostalgie-gevulde skyfievertoning het die matrieks van 2000 ver laat terugdink en die leerlinge se treffende revue het die aand op ‘n vrolike noot afgesluit. Ons besluit nog waarvoor ons hierdie jaar sal oefen. Die naweek is afgesluit met ‘n erediens wat deur ds. Joseph Steyn gelei is. ~Mariechen Martins St.10 ~

NUUS VAN OUDLEERLINGE

Jan-Karel en Eckhardt Bosch Eckhardt doen nou 4de jaar Teologie en vaar heel goed. JK is in London en studeer Osteologie. Hy beplan om oor 3 jaar terug te kom as hy klaar is. Hy doen baie goed in die akademie. Sy Rooinekkie vroujie praat al heel fluks Afri-kaans en skryf verbasend goed. Sy’s vasbeslote om ‘n goeie Afrikanertjie te word. Op die foto links is JK en sy bruidjie.

Page 12: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 12

Koekies was nog altyd lekker. Maar om die koekies self te versier dat dit soos huisies lyk, is ekstra lekker! Hier staan die kleingoed en juffrou Esteleè en tannie Hannerie by hulle skeppings. Hulle bak nie net koekies nie – hulle leer lees en skryf en teken en werk selfs op die rekenaars!

Ons bedrywige kleuters en Sub A’s

Marita by die rekenaar

Solidariteit se helpende hand

Solidariteit het aan die begin van die jaar, as deel van hulle “HELPENDE HAND”-projek, skooltassies aan die nuwe Sub A’s oorhandig. Hier staan die Sub A en B-leerlinge en hulle klasonderwyseresse, Mejj. Bernadette Botes en Estelee Steyn, by die dames van Solidariteit.

Die Nuwe Sub-A’s Agter (v.l.n.r): Cecilia Janse Van Rensburg;

Theoniel Scholtz; Jana vd Westhuizen. Voor (v.l.n.r.): Marita Oosthuizen; Johané Jacobs.

Die kleuters en hul brousels

Page 13: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 13

Op Vrydag 18 Februarie 2011 het Vuilie Vuil die Kleuterskool besoek. Met groot konsternasie en baie pret is Vuilie alles oor persoonlike higiëne geleer en met groot bravade huis toe gestuur na Vuilgoedland om nou baie skoner te begin lewe en om te sorg dat haar 20 boeties en sussies gebad en skoon sou kom.

Vuilie Vuil besoek die kleuterskool!!

Totsiens Juffrou Estelee J uffrou Estelee se vertrek aan die einde van verlede kwartaal was vir ons as skool

en veral vir die kleingoed ‘n groot verlies. Ons glo egter dat sy baie gelukkig sal wees in haar nuwe werkkring en dat sy dieselfde positiewe, stylvolle stempel daar sal afdruk as wat sy hier gelaat het. Die briefies hier onder kom (onveranderd) uit die harte van die Sub A-klassie.

Page 14: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 14

Die “Japsnoete naweek” is ñ nuwe instelling by CVO skool Dankbaar. Die instelling is nie ge-maak om die japsnoete oor die naweek bietjie ekstra in te sout nie, maar om hulle geestelik en moreel gereed te maak vir die hoërskool. Al die st.6 leerlinge, ma-trieks en mnr. Pieter het die kamp bygewoon. Ons het die naweek afgeskop met ñ opening deur mnr. Pieter. Toe ons die eer-ste bevel van kamp op-slaan in die badkamers kry a.g.v. “slegte weer”, het die kamp net lekker-der geword. Ons moes hout aandra, en sokker speel teen die seuns. Saterdagoggend is ons om 2:00 vm wakker gemaak om ‘n lantern te bekruip — iets waarmee van ons meisies nie baie

ingenome was nie, veral omdat dit buite gereën het. Die enigste sukses-volle bekruipers was Han-sie, Pedri en Tiaan. Dit was lekker spanwerk. Saterdagoggend het ons ook aan die banier vir die Orania atletiek begin werk, daarna het ons heerlik gaan swem en roomys gaan koop. Sater-dagmiddag is daar gees gebou op die Mimosa Mall se dak. Ongelukkig was Lynelle se stem al klaar weg van die vorige dag se geesbou. Ons het ook by die Brandwagsentrum by die apteek vir ‘n sak ge-maalde spykers gaan vra wat hulle ongelukkig nie gehad het nie. Crazy Store hou ook nie ‘’mal pille’’ aan nie. Daarna moes ons kyk wie die vin-nigste ’n vol trollie kon uitpak, hier het die mei-sies gewen. Die dag is af-

gesluit met ‘n vermaakli-ke pizza-ete. Sondagoggend het ons meisies nog vinnig voor kerk malvalekkers op kerse gebraai. Na kerk is al die stadskinders te-rug na hulle ouers en die koshuiskinders het by vriende gaan kuier. Ek wil net namens al die St.6 leerlinge dankie sê vir mnr. Pieter en die matrieks wat die naweek vir ons gehou het. Ons almal het ons gate uit geniet!

~ Helena Martins St.6 ~

Hansie voer sy troeteldier

Page 15: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 15

Om standerd ses te bereik is vir elke leerling ‘n groot mylpaal, maar vir ‘n Japsnoet om toegang tot die wonderlike lewe van die Hoërskool te ontvang, moet hy eers twee weke van ont-groening en baie vreemde versoeke van die Ma-trieks verduur en daarna sorg dat daar ‘n ver-maaklike Japsnoete-konsert vir die skool op-gevoer word. In die konsert moet daar egter tekens van onbevoegdheid vir die uitdagende lewe van die hoërskool bespeur kan word. Die japsnoete het hulle egter goed van hulle taak gekwyt en hulle meesters trots gemaak deur ‘n liedjie aan hulle te dikteer en op te voer. Hulle was ook baie oorspronklik en het die skare behoorlik aan die lag gehad met uitbeeldings van al die verskillende situasies wat tydens ‘n huis-brand kan plaasvind. Hulle het ook vir ons ‘n lewensles geleer deur vir ons te wys dat ons nie altyd net moet aanvaar wat ons kan sien..of wat ons dink ander mense kan sien nie.

Tien Japsnoete op die planke

Ons hoop dat hulle baie welkom voel in die GROOT-skool en dat hulle dit baie sal geniet. Ons wens hulle baie sterkte toe vir die lang pad wat nog vir hulle voorlê. Ons glo en bid ook dat God hulle sal vashou wanneer dinge swaar gaan en ook dat hulle met die Woord as riglyn elke uitdag-ing op hul lewenspad moedig sal aandurf. Ons glo ook dat wanneer hulle eendag die skool verlaat, hulle en met trots op hul skooljare sal kan terugkyk. ~Mariechen Martins St.10 ~

Page 16: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 16

Juffrou Elretha /Vervolg van bladsy 1

Naaldwerk was toe nog een van die vakke wat aangebied is en die naald-werkbanke is eers deur die loop van verlede jaar uit mevrou Joubert se klas verwyder. Vir die eerste twee jaar het sy ook sonder vergoeding haar dagtaak verrig.

Deur die loop van jare het sy sinoniem met Dankbaar

geword en kan letterlik ‘n boek skryf oor die wel en weë van die afgelope 19 jaar. Gedurende hierdie tyd het sy nuwe betekenis aan die begrippe juffrou, vertroueling, kollega, berader, sielkundige, sieketrooster, patriot, kind van die Here en Ma van ons almal gegee…

Tannie Elretha, ons groet u met ‘n traan in die oog, maar met ‘n hart wat oor-loop van dankbaarheid vir wat u vir ons almal gegee, gedoen en beteken het. Ons wens u toe alles wat mooi is vir die toekoms. Gelukkig weet ons dit is net “totsiens” en nie “vaarwel” nie. “Stil broers, daar gaan ‘n man (vrou) verby…”

O p 15 April is me-neer Willie Kotzé

in sy huis in Verwoerdburg oorlede en op 20 April uit die APK Verwoerdburg begrawe. Meneer Kotzé was in lewe ook die eerste skoolhoof van Dankbaar. Hy was ten nouste by die registrasieproses van ons skool betrokke en het as skoolhoof baie eerstes van Dankbaar beleef en baie dinge in plek gestel waarop sy volgelinge net kon voortbou. Meneer Kotzé of Oom Willie, soos hy onder ons almal bekend

was, se onderwysloopbaan het in die destydse Suid-wes-Afrika begin. Sy skoolhoofpos by Dankbaar het die kroon gespan op jare se onbaatsugtige diens in die onderwys. Hy was ‘n toegewyde sportentoesias en kon rugbywedstryde in diepte ontleed. CVO-Dankbaar betreur sy heen-gaan en ons harte gaan uit na sy eggenote, Juffrou Hannah, wat vir baie jare ‘n personeellid aan CVO-Dankbaar was, en hulle twee seuns.

ANDER HET GESê…

Jou talent is God se gawe aan jou. Wat jy daarmee doen, is jou gawe aan Hom. ~Leo Buscaglia~

“Ek kan my nie die klokwerk van die heelal indink sonder ‘n Klok-maker nie.” ~Voltaire (aan die einde van sy lewe) ~

UIT DIE WOORD…

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet,

alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep

is.

MEDELYE—MnrWillie Kotzé

Page 17: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 17

S aterdag, 7 Mei, was dit weer súlke tyd toe

CVO-leerlinge van regoor die Vrystaat in Bloemfon-tein saamgetrek het om die keurders te beïndruk om vir die Vrystaat rugby-en netbalspanne gekies te word. En watter uit-stekende talent, vaar-dighede, dartellopies, duik-slae en doele is nie alles op die laerskoolvelde van Sand du Plessis ten toon getsel nie! Dit maak ‘n mens skoon opgewonde en daar word met groot afwagting uitge-sien na die Christiaan de Wet Winterspele vir CVO-skole wat vanjaar vanaf 26-28 Mei op die velde en bane van Vereniging Hoër-skool in Vereniging plaas-vind. Na heelwat kopkrap van die keurders oor sommige posisies is die 019-seuns se name afgelees as deel van Vrystaat se uitsoek 22-tal. Hartlik geluk aan die vol-gende leerlinge van Dank-baar wat in die 019-span

ingelsuit is: Voorspelers: Cobus Venter, Wayne Bischoff en Kosie v Schalkwyk Agterspelers: Sakkie Pie-terse en Darius Venter. Die afrigters is menere Pieta Oosthuizen en Willem Venter. Die res van die bestuurspan bestaan uit meneer Fanie Venter (bestuurder) en Armand van der Westhuizen (fiksheid). Armand was linkervleuel van die Vrystaatspan wat in 2006 alle teenstand voor hom platgevee het en het ook daardie jaar die BCVO nasionale span gehaal het. Vrystaat moes verlede jaar die knie buig teen Noord-wes en het in die finaal met 14-15 verloor. 2011 is egter ‘n nuwe jaar en soos altyd is Vrystaat ‘n faktor om mee rekening te hou. Baie word verwag van Nico Hefer (2010 se agterspeler van die toernooi), Andries Bar-nard, Eon Engelbrecht, Ger-dus Scheepers en Wayne

Bischoff. Eersgenoemde twee spe-lers was ook verlede jaar lid van die nasionale BCVO 0/19-span wat aan die Bokkieweek deelgeneem het. Die dogters het ook goed gevaar en 5 leerlinge het die 019-netbalspanne gehaal. Hartlik geluk aan Anné Calitz en Mariechen Martins wat in die A-span ingesluit is. Geluk ook aan Michelle Poolman, Michelle van Deventer en Joey van Schalkwyk wat deel vorm van die B-span. Vrystaat se eerste wed-strydverpligtinge is die jaarlikse vriendskaplike wedstryde teen Noord-wes eerskomende Sater-dag in Kroonstad op die velde van Kroonstad Hoërskool (Blou skool). Dan sal gesien kan word of die keurders raakge-vat het met hulle keuses en kombinasies. Die ver-rigtinge begin DV om 09:00.

VRYSTAAT RUGBY-EN NETBALPROEWE

Moet nooit bang wees om die onbekende toekoms aan ‘n bekende God toe te vertrou nie ~Corrie ten Boom~

Page 18: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 18

ATLETIEK

Orania Ons het weer eens hierdie jaar ons kleure-atletiek op Orania gehad. Daar is af-geskop met ‘n GROOT sangoptog op ’n vragmotor deur Orania se strate. Van Vrydag-middag tot laat Saterdagmiddag, het ons mekaar die stryd aangesê. Na die by-eenkoms kon ons heerlik gaan swem. Almal het eintlik goed gevaar vir ‘n eerste byeenkoms en baie kinders het omtrent aan elke item moontlik deelgeneem. Dankbaar het die Byeenkoms gewen met die meeste punte, maar Orania se Blou Span het die Sangbeker gewen. Baie mense het gebly tot die Sondag. Sommige van hulle was kerk toe waar daar nagmaal bedien is. Dit was ‘n vêr pad terug, maar alles was lekker en beslis die lang pad werd.

Excelsior Ons was Dinsdag, 22 Februarie so gelukkig om atletiek op Excelsior te hê en bietjie skool vry te spring. Te danke aan Mnr. Pieta en Mnr. Francois se deursettingsvermoë was Dankbaar se atlete almal lekker fiks. Die weer was baie winderig, maar die atletiek baie lekker. Almal het in ‘n goeie gees deelgeneem en hul beste gelewer. Daar is verskeie re-kords verbeter. Van die kinders wat goed presteer het, was Lynelle Venter met Spiesgooi, Tarien Venter met hoogspring en Reynard de Villiers met 800m en hoog-spring, Dirkie Venter het sy broer se rekord in gewigstoot gebreek. Nee wat, eintlik kan mens nie regtig name noem nie, almal was wenners!

Page 19: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 19

NOG ATLETIEK— SA-byeenkoms te Sasolburg 789 en Reynard de Villiers se 824 punte wat hy ook in Hoogspring behaal het. BCVO erkleure word aan ‘n atleet toegeken wanneer hy 850 punte of meer behaal het. Op die foto’s verskyn Dirkie Venter wat ‘n 3de plek in gewigstoot behaal het en Mariechen Martins wat ‘n 1ste plek in die 1500m behaal het en twee 2de plekke in die 400 en 800m. Cobus Venter was 3de in die gewigstoot vr seuns 0/16.

D ie voorlopige 0/19 rugby span van die

Vrystaat het soos die ge-woonte is elke jaar gaan toer. Vanjaar het ons van 1 tot 8 April na Margate op-geruk.

Ons was 21 spelers wat die toer meegemaak het - 6 was van Dankbaar. Ons het baie lekker geoefen al was dit hard en ons almal het ons gate uit geniet. Ons het twee wedstryde

gespeel. Die eerste wedstryd was op 6 April teen Noord-Transvaal, wat ons met 20-13 ge-wen het. Reynard de Villiers het in die wed-stryd uitgeblink met sy 10 punte wat hy met sy skopskoen aangeteken het. Die tweede wed-stryd op Donderdag 7 April het ons in reënerige weer gespeel. Ongelukkig het ons die

wedstryd 15-19 verloor. In albei hierdie wedstryde was Reynard de Villiers goed met die skopskoen, en Wayne Bisschoff het uit-geblink met sy goeie spel.

Ons 0/19 span van die Vrystaat is vol moed vir hierdie Winterspele in Vereeniging. ~Sakkie Pieterse st.10~

RUGBY: 0/19 TOER NA MARGATE

Vanjaar se SA-atletiek-byeenkoms het op Sasolburg plaasgevind en oudergewoonte was dit ‘n lekker byeenkoms met heerlike eetgoed, lekker gesels en atletiek uit die boon-ste rakke. By Dankbaar is daar ‘n nuwe geslag atlete wat na vore tree. Van Lynelle Venter en Wayne Bischoff gaan ons volgende jaar nog baie hoor – as ons hulle net fiks kan kry! Dankbaar se beste atlete volgens die ABSA tabel Was Lynelle Venter se hoogspring met ‘n punt van

Page 20: Sewentiende Jaargang, Volume 1 ELRETHA JOUBERT ......Bladsy 6 HARTJIE-MY-LIEFIE DAG 18 FEBRUARIE 2011 Van die dogters by die bal Die bal het nie, moes maar ons Die hartjie-my-liefie-bal

Bladsy 20

Ons sê baie dankie aan almal wat so hard gewerk het om ons droom ‘n werklikheid te maak.