week 13 deel 108 vrydag - 7 · pdf filewater drink wat met suurlemoen-sap en heuning gemeng...

Download WEEK 13 Deel 108 VRYDAG - 7 · PDF filewater drink wat met suurlemoen-sap en heuning gemeng is. Soos met verkoue, is dit goed om te wag dat griep maar sy pad loop, en om weereens die

If you can't read please download the document

Upload: phambao

Post on 06-Feb-2018

359 views

Category:

Documents


87 download

TRANSCRIPT

  • WEEK 13 Deel 108 www.heilbronherald.co.zaVRYDAG - 7 April 2017 R2-00 (BTW ingesluit)

    28 Langmarkstr HEILBRON Tel: 058 853 0006 Fax: 058 853 0051 Email: [email protected] Fax Email ID Photos Laminate Scan & Print A0 Internet

    DIENSTE Eie graan terug gewaarborg Sif op plaas van klint Verskaf van 25 kg - 1 ton sakke Graan word geweeg en gesak

    SKAKELJackie 082 563 8009Jack 082 455 7799

    Sif van alle soorte graan in Noord-Oos Vrystaat

    Dit was 'n week van groot skok-golwe vir Suid-Afrika. Afgesien van die bekommerende rommel-status van ons se land ekonomie, het Moeder Aarde haar skokgolwe egter ook op Maand-ag, 3 April wyd oor die land laat uitkring met twee onderskeie aardbewegings. Een aardbeweging van 4.6 het die inwoners van Klerksdorp en omliggende areas vroeg reeds laat regop sit.

    Die bewings van die aardbewing is tot sowat 195km ver gevoel. Die goudmynge-bied episentrum van die aardbewing was sowat 2 km ondergronds. Netwerk24 berig dit is ook in Potchefstroom gevoel en in die Vrystaatse dorpe, Kroonstad, Hennenman, Odendaalsrus en Wesselsbron. Selfs 'n paar inwoners van Heilbron vertel dat hulle inter-ne wekker vroer as gewoonlik afgegaan het.

    Maandagaand het die tweede aardbewing om 19:40 gevolg naby die Kalahari wild-reservaat in Botswana. Hierdie bewing het 6,3 op die Richterskaal gemeet. Die tweede

    'n Kaping het op 1 April by die Uniefeesdam plaasgevind. 'n Man het gaan houtkap, waarna twee mans hom uit sy voertuig gepluk en geslaan het en met die motor weggery het. Die twee mans het by die dam oornag.

    Simon Tlade wat aangekla is vir brandstigting se uitspraak vind op 18 Mei plaas.PolisiebrokkiesHof uitspraak

    Kaping

    Sewe bokke is tussen 31 Maart en 1 April gesteel op die plaas Bosdraai buite Heilbron. Die Bokke was reeds die 1ste April op 'n veiling in Vanderbijlpark. Die twee verdagtes is gevang en gearresteer op dieselfde dag na hulle probeer weghardloop het.

    Diefstal

    Die plaaslike VKB tak van Heilbron het die afgelope naweek deur-geloop na 'n inbraak. Gedurende die vroe oggendure van Sondag, 2 April het diewe toe-geslaan op VKB. Die alarm het ongeveer om 23:00 vir die eerste keer Saterdagaand afgegaan en later weer omstreeks 00:45. Die bestuurder, mnr. Wouter Fourie, en 'n respondent van die beheerkamer het gaan onder-soek instel, maar kon niks ver-dag op daardie stadium sien nie. Om 17:00 Sondag het Fourie dit goedgedink om weer te gaan kyk dat alles reg is, waar hy toe op die geplunderde winkel afge-kom het. Die diewe het toegang deur die dak gekry en het sink-plate op twee onderskeie plekke opgelig om in te kom. Hulle het die kluis oopgesny met nuwe gereedskap sommer so van VKB se rak. Hulle het kontant uit die kluis gesteel en verder ook baadjies, skoene en ver-skeie gereedskap en toerusting van die winkelrakke af. Die diewe was goed voorbereid vir die inbraak. Hulle het met hand-skoene en balaklawas toege-slaan. Die polisie kon geen vingerafdrukke kry nie en die diewe kan ook nie gedentifiseer word vanaf beeldmateriaal van die sekuriteitskameras nie. Daar is tans nog geen verdagtes vas-gekeer nie. Die polisie vra dat enige persoon met inligting hulle moet skakel by 058 853 5228.

    Diewe slaan toe by VKB Heilbron

    Moeder Aarde laat ook Suid-Afrikaners se broeke bewe Vandag vind "Freedom Friday" regoor Suid-Afrika plaas. Die DA het verskeie optogte deur

    die land gerel. OUTA, in samewerking met ander

    burgerlike gemeenskapsorganisasies, het ook optogte aangemoedig.

    Die doel van die optogte is om saam te staan teen Pesident Jacob Zuma.

    Volgens Ren Fourie is hierdie optog polities gemotiveerd en die doel is om die land in chaos te dompel sodat die regering gedwing kan word om 'n nood-toestand af te kondig.

    Wanneer die regering 'n noodtoe-stand afkondig, sal dit vir Zuma in staat stel om meer drasties op te tree en dit sal op sy beurt weer veroorsaak dat die bevolking meer en meer in opstand kom.

    Daar is reeds 'n optog gerel in Heilbron om oorkant OK Grocer byme-kaar te kom teen 08:00 vanoggend om 'n petisie te teken van "No Confidence", wat hulle as slagspreuk gebruik.

    Freedom Friday

    skudding kon oor groot dele van Gauteng gevoel word, asook in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, die Vrystaat en die Noord-Kaap. Inwoners van Heilbron het op sosiale media genoem dat hulle dit wel ook in Heilbron gevoel het.

    Dit is volgens Mahlatse Monolele, woord-voerder van die Raad vir Geowetenskappe, nog nie duidelik of daar enige verband is tussen die twee skuddings nie. Hulle sal dit wel ondersoek. Die raad wil almal gerusstel dat daar in die stadium geen risiko vir Suid-Afrika is in terme van aardbewings nie.

    Foto erkenning: Storm Report

  • 2 GEMEENSKAPSNUUS HEilbroN HErAld 7 APril 2017

    Gekoopte vars deeg Tamatiepasta Italiaanse kruie 125g vars sampioene, gesny Halwe blikkie pynappel, skuiwe 250g spekstukkies 2 koppies kaas, gerasper 1tl gekapte knoffelSit oond aan op 180C. Smeer vierkantige oondpan met botter/margarien. Druk die deeg plat in die oondpan. Smeer 'n laag tamatiepasta oor en gooi italiaanse kruie oor na smaak. Versprei sampioene, pynappel en spekstukkies oor die deeg. Strooi die knoffel oor. Strooi die kaas oor en bak vir 30-40 minute tot lig bruin en gaar.

    Vinnige Pizza

    Heilbron Kliniek het 'n nuwe komitee verkies. Die kliniek komitee is verantwoordelik vir die hantering van klagtes en doen vraelyste saam die publiek om te sien of hulle tevrede is met die diens van die kliniek. Hulle help ook die kliniek met hul projekte en rel geleenthede waarby pasinte kan baat. Hulle het op 28 Maart hulle eerste vergadering gehad. Hulle is van links: Joey Austin, Evangelis Elias Pentrie, Pastoor Marius Delport, Martie Kruger, Rev. N.I. Mohlamme en Dorie Byrnes.

    Gerrie Muller van die welbekende Revack SAVM stoet het op Dinsdag 28 Maart 2017 sy 12de produksieveiling aangebied op sy plaas Revack in die Frankfort distrik. Daar was 247 top SAVM skape aangebied.

    Die duurste ram van die dag was verkoop vir R16 000 aan Nic en Rindi de Beer van Tweeling. 'n Totaal van 32 geregistreerde ramme was aangebied en al 32 ramme was verkoop teen 'n gemiddeld van R7 343.

    Die duurste geregistreerde stoet ooi is verkoop vir R4 500 aan mnr. Jan Grey van Davel. Die gemiddeld

    Op die foto vl: Wentzel Vorster (BKBLouwid), Rindi de Beer (Koper), Nic de Beer (Koper) Jan Mostert (Afslaer), Gerrie Muller (Verkoper) Voor: Danie De Wet (BKB).

    van die stoet ooie was R4 250 gewees. Die hoogste prys van R 2 700 is betaal vir 'n groep

    dragtige kommersiele ooie, die koper was mnr. Unets Turvey van Frankfort. Die gemiddeld op die dragtige ooie was R2 415. Die duurste groep ooie met lam-mers is ook aan mnr. Unets Turvey verkoop teen 'n bedrag van R3 200, terwyl die gemiddeld op die ooie met lammers R3 000 was.

    'n 100 % verkoopsyfer is die dag van die veiling behaal.

    Die veiling is aangebied deur BKB Louwid Frankfort, en Jan Mostert het as afslaer opgetree.

    Top SAVM skape is aangebied

    Prof. Jaap Steyn van Bloemfontein en prof. Jan van der Watt van Nijmegen, Nederland ontvang van-jaar die Jan H. Marais-prys vir uitstekende bydraes tot Afrikaans as wetenskaptaal.

    'n Verklaring deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns s die prysgeld van R500 000 as erkenning vir hul lewenstaak ten bate van akademiese Afrikaans word gelykop tussen die twee verdeel. Die prysgeld sal op 30 Mei 2017 op 'n geleentheid in Stellenbosch aan hulle oorhandig word.

    Steyn is in 1938 naby Fouriesburg in die Vrystaat gebore. Hy het in Petrus Steyn groot geword en sy skoolopleiding aan die Horskool voltooi. Oom Japie en tannie Martie was prof. Steyn se ouers. Oom Japie was 'n boukontrakteur op Petrus Steyn.

    Oud-leerling van Petrus Steyn vereer vir bydraes tot Afrikaans

    Steyn is 'n oud-Kovsie wat verder in Amsterdam gestudeer het en in 1969 'n doktorsgraad in alge-mene taalwetenskap aan die destydse Universiteit van Port Elizabeth (UPE) behaal het.

    Steyn het 'n loopbaan as joernalis by Volksblad begin. Sy roeping was egter die van akademikus, eers aan die UPE en die Randse Afrikaanse Universiteit en toe as professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Die einde van 1997 het hy daar afge-tree.

    Steyn het oor bykans 50 jaar honderde publikasies geskryf. Steyn word seker as Suid-Afrika se beken-ste taalhistorikus beskou.

    Dit is daardie tyd van die jaar wat die seisoen verander en jou kanse verhoog vir siek word. Al was jy jou hande gereeld, eet vitamienryke vrugte en groentes en kry jy selfs 'n griepinspuiting, loop jy steeds die risiko om siek te word omdat verkoue en griep s aansteeklik is. Omdat jy jou liggaam en gesondheid moet beskerm, is dit baie belangrik om die verskille tussen hierdie twee winterkwale te herken.

    Alhoewel beide verkoue n griep lugweginfeksies is wat veroorsaak word deur verskillen-de virusse, kan mens onderskei tussen die twee deur die erns van die simptome te bestudeer. Indien jy skielik siek word en binne 'n paar uur koors of lyfseer het en ongelooflik moeg is, het jy beslis griep.

    Verkoue, aan die ander kant, vererger oor 'n paar dae en veroorsaak 'n geblokte of lope-rige neus, 'n seer keel, en dat jy baie hoes en nies. Dit is belangrik om te besef dat griep nie net 'n erge verkoue is wat vinnig sal oorwaai nie. Griep is baie gevaar-lik en omdat dit so aansteeklik is en vinnig versprei, kan mens se weerstand daarteen vinnig ver-laag.

    Hoe kan jy jou liggaam teen verkoue en griep beskerm? Omdat daar geen genesing vir verkoue en griep is nie, word die simptome gewoonlik behandel. Neem hoesmedisyne, pynpille, suigtablette vir jou keel en maak seker dat jy gesonde soppe inneem. Maak ook seker dat jy genoeg vitamien C inneem deur f 'n aanvul