welkom by murray-huis · inligting rondom sosiale media. 2 inhoudsopgawe ... die voog-onderwysers...
TRANSCRIPT
1
WELKOM BY MURRAY-HUIS
Die volgende inligting mag baie van u vrae en bekommernisse opklaar. U moet dit
asseblief deeglik bestudeer en met u seun bespreek. Neem asb. kennis dat veranderinge
mag plaasvind. Ander nodige inligting kan op die Skool se webblad gevind word.
Belangrike inligting sal ook aan u gegee word op MAANDAG, 13 JANUARIE 2020.
Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 15 JANUARIE 2020 @ 07:30.
BAIE BELANGRIK:
Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se betalingsisteem en
inligting rondom sosiale media.
2
INHOUDSOPGAWE WELKOM BY MURRAY-HUIS .................................................................................................... 1
ONDERWYSERS AAN DIENS................................................................................................. 4
MATRONES & VOOG-ONDERWYSERS ............................................................................... 4
KOSHUISREËLINGS .............................................................................................................. 5
VEILIGHEID: ....................................................................................................................... 5
NA-URE BY KOSHUIS AANKOM ........................................................................................... 6
EKSTRA KLASSE: ................................................................................................................. 7
PRIVAATVERBLYF ................................................................................................................ 6
BELANGRIK: .......................................................................................................................... 8
FINANSIES ................................................................................................................................ 9
SKOOLBOEKE ........................................................................................................................ 10
BAIE BELANGRIK: ............................................................................................................... 11
SKOOLKLERE ......................................................................................................................... 11
KLERE-RIGLYNE: ................................................................................................................ 12
BEDDEGOED ....................................................................................................................... 13
MERK VAN SPORTSAKKE: ................................................................................................. 14
SKRYFBEHOEFTES ................................................................................................................ 15
DIVERSE UITGAWES: ......................................................................................................... 16
VERBLYF ................................................................................................................................. 17
KAMER-INDELINGS: ............................................................................................................ 17
EETPLEKKE: ........................................................................................................................ 16
VERLOF ................................................................................................................................... 18
NAWEEK; DAG; STADSVERLOF ....................................................................................... 18
VOORBEELD VAN VERLOFAANSOEK: .............................................................................. 20
MEDIES: .................................................................................................................................. 21
MEDIESE BESONDERHEDE: .............................................................................................. 21
MEDIESE BEHANDELING: .................................................................................................. 22
APTEEK: .............................................................................................................................. 23
SELF-MEDIKASIE: ............................................................................................................... 24
3
VERVOERBELEID ................................................................................................................... 25
TYE .......................................................................................................................................... 26
WASGOED .............................................................................................................................. 29
WASSERYE: ........................................................................................................................ 30
BRIEF VAN DIE MATRONE AF ............................................................................................... 34
AANKOMS 2020 ...................................................................................................................... 35
VERRIGTINGE: 13 JANUARIE 2020 .................................................................................... 35
VERWELKOMINGSFUNKSIE: 13 JANUARIE 2020 ............................................................. 35
PRAKTIESE REËLINGS .......................................................................................................... 37
ONTHOU.................................................................................................................................. 39
TEN SLOTTE ........................................................................................................................... 40
4
ONDERWYSERS AAN DIENS, MATRONES &
VOOG-ONDERWYSERS Elke koshuis het daagliks ’n Onderwyser aan Diens wat vir daardie betrokke dag
verantwoordelikheid neem. Die onderwyser se naam verskyn op die diensrooster asook
teen die kennisgewingbord in die Koshuis en teen die Koshuisvader se deur.
Verder word elke kamer by ’n Voog-onderwyser ingedeel. Ouers word versoek om die
voog-onderwysers te skakel rakende enige navrae, probleme, voorstelle, versoeke of
klagtes. Die voog-onderwysers dien as mentors vir ons seuns. Hulle sal sake met die
Huisvader bespreek en versoeke/klagtes aanteken aan die Huisvader/Matrone deurgee.
Die Huisvader en Matrone is ook beskikbaar vir elke seun/ouer. Indien ’n Voog-
onderwyser ’n situasie nie bevredigend kan oplos nie, sal die Huisvader ten alle tye
aandag aan die saak skenk. Die Huisvader sal, indien nodig, die Skoolhoof raadpleeg en
terugvoering aan u gee. U word versoek hierdie roete te volg ter wille van effektiewe
hantering van alle sake. Telefoonnommers van personeel sal aan u verskaf word.
Gedurende naweke roteer die drie Matrones tussen die koshuise. Die Matrone aan
naweekdiens sal aandag skenk aan alle klagtes, siektes en ander mediese probleme,
ongeag die koshuis waarin u seun woon. Die Matrone aan diens se naam en
kontaknommer sal op die kennisgewingbord verskyn, asook op die Skool se webtuiste.
MATRONE NAWEEKDIENS-TYE:
VRYDAG : 14:00 tot 17:15
SATERDAG : 08:00 tot 17:15
SONDAG : Matrones is Sondae nie aan diens nie.
5
KOSHUISREËLINGS
VEILIGHEID
U seun se persoonlike veiligheid sowel as die beskerming van sy persoonlike besittings
is vir ons uiters belangrik en daarom is baie van die reëls daarop gemik. U sal ook merk
dat geleenthede waartydens seuns die terrein mag verlaat, voorgeskryf en gereguleer
word.
Alle koshuise is toegerus met CCTV-kameras wat 24 uur per dag aangeskakel is.
Opnames van alle bewegings in die gange word in die Huisvader se kantoor opgeneem.
Bo en behalwe die feit dat dit die personeel in staat stel om te sien wat fisies in die gange
gebeur, is dit ’n belangrike hulpmiddel om, in die geval van ’n voorval, die opnames na
die betrokke dag/tyd terug te draai ten einde moontlike verdagtes vas te trek.
Persoonlike besittings en veral waardevolle artikels soos selfone moet, wanneer dit nie
in gebruik is nie, in elke seun se persoonlike klerekas toegesluit word. Dit is handig om
’n ekstra slot met sleutels saam te bring.
MAAK ASSEBLIEF SEKER DAT ALLES WAT AAN U
SEUN BEHOORT DEEGLIK GEMERK IS... ALLES!!!
Dit sluit in beddegoed, klere, boeke, skryfbehoeftes, selfoon-laaiers, ens. Daar is
normaalweg ongeveer 128 seuns in Murray-Huis en in totaal, meer as ’n duisend seuns
in Grey Kollege. U seun vorm deel van ’n groot kampus en klere word gereeld verlê tydens
sportbyeenkomste, kampe, toere, galas, ens. Verskeie wasserye hanteer die wasgoed
van al drie die koshuise en dit beteken dat honderde kledingstukke per week hanteer
word.
1. Estie Oosthuizen: Tel. 0824921434. Druk o.a. aanstryk- en waterdigte
plakkers, asook klein plakkers waarop seun se naam en telefoonnommer
verskyn.
2. JUST LABELS: Tel. 031 266 1738; [email protected];
www.justlabels.co.za. Druk ENIGE plakker – groot of klein; groot en klein
etikette wat op plastiek gedruk word; klereplakkers en harde-item plakkers.
Nadat ouers/voogde hul seuns op 13 JANUARIE 2020 by Murray-Huis ingeskryf het, mag
hulle hul seun help om sy intrek in die kamer te neem. Vanaf 13 Januarie geld die
6
algemene reël dat OUERS/VOOGDE slegs weer aan die begin van die eerste kwartaal
seuns se kamers besoek. Weens veiligheidsredes is seuns se kamers ten alle tye privaat.
Ouers/Voogde mag gebruik maak van die besoekers-toilet op die grondvloer onder die
Murray-Huis trap. Ouers mag egter GEEN van die kamers besoek wanneer hul van die
geriewe (toilet/sitkamer) gebruik maak NIE. Daar is ook toiletgeriewe by die Hamilton-
eetsaal beskikbaar. U is altyd welkom om u seun te spreek en hy sal, indien hy beskikbaar
is, na die voorportaal ontbied word waar stoele vir u gerief beskikbaar is. Gedurende
skoolure kan enige artikels of pakkies ook by die Matrone afgegee word en sy sal sorg
dat dit ná skool aan u seun oorhandig word.
Studente van die Universiteit asook Grey-kosgangers op pad na en van Brandwag,
Mimosa Mall, die Loch Logan Waterfront en ander winkelsentrums, is dikwels die teiken
van boosdoeners wat hulle selfone en geld wil steel. Derhalwe moet seuns in groepe van
ten minste drie per groep beweeg. Geen gesprekke mag met vreemdelinge aangeknoop
word nie, veral nie wanneer seuns te voet buite Grey Kollege beweeg nie. Praat asb. met
u seun oor veiligheid.
Grey Kollege en al sy Koshuise handhaaf ’n “ZERO tolerance”-beleid ten opsigte van
alkohol, rook, dwelms en pornografiese materiaal. Die gebruik van sigarette (enige
vorm van dwelm wat gerook kan word), alkohol (drank) en enige vorm van dwelms of
steroïdes, sowel as pornografie, is streng verbode. Seuns moet daarvan kennis neem
dat hulle nie toegelaat word om enige van hierdie middels (bv. alkohol) in die
teenwoordigheid van ’n volwassene, of selfs met die toestemming van volwassenes, by
die skool, in die openbaar of by private partytjies te neem nie. Indien skuldig bevind, sal
dit lei tot skorsing uit die koshuis/skool.
Raadpleeg asb. die gedragskode op die skool se webwerf. Die oortreding van enige
gedragskode sal tot ’n dissiplinêre verhoor lei. Vereenselwig uself gerus met die
Dwelmbeleid: http://www.gc.co.za/Enrolment/Discipline
MURRAY-HUIS SE DEURE SLUIT SAANS OM 21:00.
NA-URE BY KOSHUIS AANKOM
(NA 21:00 OPDAAG BY MURRAY-HUIS)
Indien u seun op ’n Sondag of enige ander aand ná 21:00 by Murray-Huis opdaag –
weens ’n vlug, trein, bus of taxi wat eers ná 21:00 in Bloemfontein arriveer – moet hy
asseblief die Onderwyser aan Diens kontak om die koshuis oop te sluit. Dit sal baie help
7
indien u reeds vooraf met die Onderwyser aan Diens in verbinding kan te tree. Die
diensrooster en kontaknommers is beskikbaar op die Grey-webblad asook in die Koshuis.
EKSTRA KLASSE
Soms gebeur dit dat die seuns se punte teen die einde van die tweede kwartaal
kommerwekkend daal en dat hul punte nie meer so hoog is soos in graad 7 nie. Gelukkig
tel die seuns se punte baie vinnig weer op sodra hulle ’n balans tussen buitemuurse
aktiwiteite en akademie gevind het, aangepas het, geleer het om selfstandig te studeer,
huiswerk af te skryf, te beplan, te hersien, ens. Daar is heelwat faktore wat ’n rol speel
en, hoewel nie al die seuns se punte daal nie, spandeer ons soms baie tyd gedurende
die tweede kwartaal met bekommerde ouers. Wees gerus dat Grey Kollege se
onderwysers ’n verskeidenheid van ekstra klasse per week aanbied. Talle onderwysers
bied ekstra middagklasse (Wiskunde, Wetenskappe, ens.) GRATIS aan. U sal mettertyd
’n brief van die skool ontvang met die spesifieke klastye op.
Dit mag egter gebeur dat u seun nie op daardie dae of tydens daardie tye beskikbaar is
nie en dat onderwysers alternatiewe en/of bykomende ekstra tye (soms saans by die
skool) moet reël. Hierdie klasse mag in sommige gevalle nie gratis wees nie; tog bepaal
die skool baie redelike kostes en u sal vooraf daarvan inlig word. Die skool stel
kommunikasie tussen ouers/voogde, seuns en onderwysers hoog op prys. U is meer as
welkom om enige griewe/klagtes met ons te deel ten einde a oplossing te vind wat in die
beste belang van ons seuns is. Raadpleeg u seun se huiswerkboek en/of die Skool se
webwerf vir personeel se epos-adresse. U kan ook “What’s on at Grey” dophou wat betref
reëlings vir ekstra klasse.
Indien u dit noodsaaklik vind om vir u seun ekstra klasse te reël wat met ons koshuis se
etenstye bots en/of ná aandete plaasvind, moet u as ouer/voog die oggend van die klas
op “Boardwell” aansoek doen vir toestemming. Hierdie aansoek gaan nie altyd op ons
sisteem goedgekeur word nie, maar ons gebruik dit om rekord te hou van waar die seuns
hulself bevind.
Indien u seun weens ekstra klasse ’n ete mis, kan hy ‘n kamermaat vra om vir hom kos
uit te skep. U seun moet egter sy eie kosblik voorsien en kan nie van die kamermaat
verwag om kos uit te skep sonder om hom van ’n kosblik te voorsien nie.
8
PRIVAATVERBLYF VIR OUERS
Daar is baie gastehuise beskikbaar indien u in Bloemfontein moet oornag. Hierdie sluit
in: Dias Gastehuis 051 436 6225, Dante Deo 083 290 4664, College Lodge 051 444 3837,
Bains Game Lodge 051 451 1761 en The Urban Hotel (baie naby aan Grey) 051 444
3142, om maar net ’n paar te noem.
BRANDE
Daar is twee brandblussers op elke vloer aangebring wat vir geringe brande gebruik kan
word. Die koshuis het ’n nood-ontruimingsplan – in Afrikaans en Engels – op strategiese
plekke in die gebou aangebring. Die voorgeskrewe rooi houers met noodsleutels agter
glas wat gebreek moet word, word ook by die twee nooduitgange aangetref. In geval van
nood moet die glas gebreek word, die sleutel uitgehaal en die slotte oopgesluit word. Alle
seuns moet kennis neem van die ontruimings-prosedures. Hierdie prosedures sal ook
deur die loop van die jaar ingeoefen word.
BELANGRIK
Selfone
Ten einde die misbruik van data, bv. vir pornografie, internet-kletskamers of laatnag-
geselsies te beperk, stel ons voor dat u die volgende voorsorgmaatreëls oorweeg:
(SIEN GREY WEBBLAD OOR HOE OM INHOUD TE BLOK)
o U seun se selfoon kan slegs eenvoudige of noodsaaklike funksies verrig;
o U maak seker dat u seun se selfoon/skootrekenaar/tablet, nie toegang tot
pornografiese materiaal toelaat nie, en dergelike “blok”;
o U kontroleer deurlopend wanneer u seun “WhatsApp” gebruik of aanlyn is,
veral wat snags betref;
o U maak, indien moontlik, gebruik van die toep wat ’n selfoon kan “opspoor”.
Ons vra dat u asseblief met u seun ’n gesprek sal voer oor die etiese gebruik van ‘n
selfoon, soos gepaste tye om dit te gebruik, en dat u as ouer/voog asseblief u seun
se gebruik van sy selfoon noukeurig sal dophou.
Dwelms
Weens die toename in die gebruik van dwelms onder kinders in die algemeen en veral
dagga-gebruik in skole, is dit noodsaaklik dat u gereelde gesprekke met u seun voer.
9
Bestudeer asb. ook Grey Kollege se Dwelmbeleid. Apteke verkoop elementêre
toestelle van die rak af om deur middel van ’n urine-toets vir die meeste dwelms te
toets. Moet asb. nie huiwer om dit gebruik nie. Seuns word veral blootgestel wanneer
hulle winkelsentrums besoek of na partytjies toe gaan. Dit sluit in die uitruil van
medikasie, en verslawing aan self-medikasie, voorgeskrewe medikasie en die
misbruik van alkohol. Wees asb. altyd waaksaam vir tekens van verslawing.
FINANSIES
Grey Kollege het verskeie sub-rekeninge en u moet asb. seker maak dat u geld in die
korrekte rekening deponeer, en ook die korrekte verwysing gebruik.
Koshuisfooie is vooruitbetaalbaar en u moet asb. op 13 JANUARIE 2020 bewys van
betaling vir die eerste kwartaal aan die Huisvader gee.
Indien u enige finansiële navrae het, kan u gerus ME CHANTELLE GORDON by die
finansiële kantoor kontak.
Die Grey Kollege Finansiële Kantoor het ’n “swipe”-masjien waar seuns hul
bankkaarte kan gebruik om vir bv. vir toere en sommige sportklere (soos fietsrybroeke
en waterpolo-swembroeke) te betaal.
NB!!! Die skool verkies dat ouers die KARRI TOEP (“app”) sal installeer en
gebruik om betalings maak. Lees asseblief die dokument (KARRI & SOSIALE
MEDIA) vir aanwysings oor hoe om die toep te installeer en te gebruik.
NB!!! Verwys ook na “KARRI & SOSIALE MEDIA” vir aanwysings oor hoe om
die GREY TOEP (“APP”) te installeer en te gebruik. Hier kry u al die nodige inligting
van wat by die skool aangaan.
Die seuns kan ook op hierdie toep “paper cut”-kaartjies” koop @ R20 per kaartjie
om van die skool se rekenaars gebruik te kan maak – soos om navorsing en take te
doen, en die take te druk.
10
SKOOLBOEKE
Die skool voorsien u van ’n volledige lys van handboeke/boeke wat benodig word. Die lys
is reeds op die Grey Kollege-webblad beskikbaar: www.gc.co.za / Akademie / Vorms.
Daar is ook ’n volledige lys op die webblad van BOOKS4SCHOOLS.CO.ZA beskikbaar.
Ouers/voogde en leerders kry die geleentheid om handboeke vooraf met plastiek, en
skryfboeke met die Grey Kollege plastiek-omhulsels oor te trek. Plakkers vir skryfboeke
word hoofsaaklik opgeplak sodra onderwysers meer inligting verskaf. Die Wiskunde-
personeel het bv. hulle eie vereistes vir die plakkers, en sommige verkies ’n ring-lêer van
sowat 35 mm vir die projekte. Alle handboeke moet asb. duidelik gemerk wees.
BOEKBESTELLINGS VIR 2020
1 September 2019: Webtuiste is oop met 2020 se bestelvorms. Ouers kan dus
vanaf hierdie datum boekbestellings plaas. Webadres:
26 Oktober 2019: Finale datum vir bestellings wat op 4 Desember 2019 afgehaal
kan word (die dag waarop die skool sluit en akademiese rapporte afgehaal kan
word).
26 November 2019: Finale datum vir bestellings wat tussen 13-15 Januarie 2020
afgehaal kan word.
Bring asb. u bewys van betaling aan BOOKS4SCHOOLS saam.
Die boeke en blou Grey Kollege plastiek-omhulsels word deur Books4Schools voorsien.
Neem asb. kennis dat alle boeke wat u benodig op die lys van boeke verskyn.
Die handboeke word voorsien deur:
Johan van Jaarsveld
Sel: 082 419 1107
Faks: 086 566 9520
E-pos: [email protected]
Let asb. daarop dat die gelde vir boekbestellings NIE in die Grey Kollege-rekening
inbetaal word NIE, aangesien Books4Schools ‘n privaatmaatskappy is wat aan die skool
diens lewer. Dit staan u vry om u seun se boeke vooraf via Protea Boekwinkel by die
Brandwag-sentrum of enige ander verskaffer aan te koop.
11
Books4Schools lewer egter nie net puik diens teen mededingende pryse nie, maar bied
ook uit die aard van die saak, aan veral vir nuwe leerders, ’n sorgvrye wyse om boeke
aan te koop.
Die seuns ervaar baie minder spanning wanneer al hul boeke eenmalig aan hulle verskaf
word. Neem ook kennis dat daar in sekere vakke nuwe boeke op die lys verskyn, wat
voorheen nie deel van die sillabus was nie. Die skool het ook tweedehandse handboeke
beskikbaar.
BAIE BELANGRIK:
WATTER SAKREKENAAR WORD DEUR DIE SKOOL AANGEVRA?
SAKREKENAAR: U seun benodig EEN van die onderstaande sakrekenaars vir die
skool. Dit verskyn ook op die boekbestellings-vorms, en kan sommer saam met
seuns se boeke bestel word.
CASIO fx – 82ZA Plus (Natural display) óf CASIO fx – 82ES Plus (Natural display)
Die kode kan dalk verskil, maar “Casio fx – 82 Natural display” is belangrik. Die
goedkoper een van ongeveer R300 (sjoe!) is voldoende; dis nie nodig om die
duurder een van R500 te koop nie.
DUITS: Diktate word deur Grey Kollege se Duitse personeel verkoop.
TEGNOLOGIE: Seuns kan eers met die onderwyser praat alvorens enige tekenborde
aangekoop word. Slegs die tekeninstrumente word vooraf aangekoop.
SKOOLKLERE
Skoolklere is by verskeie winkels beskikbaar, en dit kan by die winkel van u keuse gekoop
word. Kloppers by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein hou ’n groot
verskeidenheid skoolklere aan, en sal u van die “Grey handelsmerk” kan voorsien, bv.
Grey sweetpakke, Grey kleurbaadjie, “klok-hemde”, ens.
Die Grey Armour-winkel (geleë op die skoolterrein) verkoop ook verskeie items soos
serpe, pette, ens.
Wat betref tweedehandse skoolklere, verwys ons u graag na:
12
GREY TWEEDEHANDS / GREY SECOND HAND
Sir George Grey-straat 3, Bloemfontein
Tel: 076 156 3441
Elizabeth Adendorff: [email protected]
Verkoop / Ruil / Herstel van skoolklere, sportklere, handboeke.
KOOP EN RUIL VAN SKOOLBAADJIES.
Ons ontvang ook donasies van enige skoolklere of sportklere.
KLERE-RIGLYNE
2 x skooldasse – beskikbaar by Kloppers. Maak seker dat, wanneer u seun sy das vou,
die punt in die middel van óf net bokant die belt se gespe hang. Daar is by Kloppers
junior, senior en ekstra-lengte dasse beskikbaar.
1 x Grey kleurbaadjie (Kloppers) 3 x grys langbroeke
5 x grys langmou hemde 3 x wit langmou hemde
1 x swart belt
5 x pare wit sokkies vir sport 7 x pare grys sokkies
1 x wit Grey skooltrui (Kloppers) 1 x grys Grey skooltrui (Kloppers)
(Die aankoop van truie kan uitgestel word en eers in die winter aangekoop word.)
2 x “navy” PT-broeke 2 x Grey sweetpakbroeke (Kloppers)
1 x Grey sweetpak-top (Kloppers) 4 x “klok”-hemde
1 x Grey “speedo” (slegs as u seun vir die skool swem of waterpolo speel)
1 x Grey sportsak (Kloppers) 1 x skooltas (bv. Totem-reeks)
Swart skoolskoene – beskikbaar by verskeie winkels in Bloemfontein, Grashopper-
skoene is beskikbaar by Awerbachs, Langenhovenpark langs Pretty Gardens.
Sporttoerusting en sportklere (soos voorgeskryf), gewone klere (die seuns loop heelwat
in Grey-sweetpakke), swemklere (gewone), swemhanddoek, genoeg onderklere, 2 x
slaapklere, skoene, tekkies, plakkies, gewone sokkies.
13
Badkamersakkie (haarborsel, sjampoe, “shower gel”, deodorant, aanrol-deodorant,
tandeborsel, tandepasta, skeermes en -laaier, naelknipper, room en sonroom).
Bybel, klerehangers, 2 x wasgoedsakke (navrae – wassery), slaapsak vir kamp, 3 tot 4
kombinasie-slotte (lang smal sluit-“beentjies”).
‘n “Tuckbox” is nie verpligtend nie, maar indien u dit nodig vind om een te koop, vra ons
dat dit asseblief sal voldoen aan die volgende spesifikasies – 660 x 340 x 260 (Kloppers).
GROOTTE IS VERPLIGTEND: Plak asseblief ’n stukkie ou mat of iets soortgelyks aan
die onderkant van die “tuckbox”.
Flits met batterye, reënjas, sambreel. EIE toiletpapier (sluit toe in kas/trommel). Onthou
selfoon-laaier en dubbelpunt muurprop (duidelik gemerk).
Houer vir self-medikasie (bv. ’n deurskynende plastiekhouer). Klein hoeveelhede eetgoed
bv. koffie / tee / Milo / beskuit / suiker / Energade / “long-life” melk.
Onthou ook die “flip file” of lêer vir u seun se administrasie wat in sy kas gebêre
word.
Kloppers en Pick ’n Pay verkoop ’n eenvoudige naaldwerk-pakket. Onthou ekstra grys
garing, grys knope en ekstra silwer knope vir die Grey Kollege skoolbaadjie – sommige
ouers werk vooraf die skoolhemde en baadjie se knope stewiger vas. Kriekethemde
is beskikbaar by Kloppers, waarna die Grey-wapen deur die Grey Armour-winkel op die
kriekethemp borduur word. Inligting rondom kriekethemde soos van Kloppers ontvang.
Kloppers verkoop ook ’n rugsakkie met die Grey-embleem, en sporttoerusting is
beskikbaar by hul sport-afdeling. Die Grey Reünie-winkel verkoop ook verskeie
aandenkings.
BEDDEGOED
1. 1 of 2 kussings (na voorkeur)
2. 1 x matrasbeskermer (Verpligtend)
3. 2 x paslakens
4. 4 x kussingslope
5. 2 x “duvet” oortreksels (Ons beveel ’n “comforter” aan aangesien dit in die somer
nie so warm is nie, en dit ook vir seuns makliker maak om hul beddens te maak.)
6. 1 x “duvet inner”
14
7. 2 x handdoeke
8. 1 x swemhandoek
9. Kombers vir wanneer dit koud is. In die winter werk “fleece”-komberse baie goed
as winterlakens.
10. BAIE BELANGRIK!!! Beddegoed MOET GEREELD GEWAS WORD!
MERK VAN SPORTSAKKE
Sommige ouers verkies om hul seuns se sportsakke, toersakke en skooltasse op die
volgende wyse te merk (voorbeeld hieronder). Dit word gelamineer, kry ’n gaatjie in die
hoek (gaatjie-ponser) en word aan die tas/sak gebind met ’n “cable tie” (o.a. te koop by
hardeware-winkels). U seun kan dit ook in sy skoolbaadjie se sak dra vir identifikasie,
veral wanneer hy gaan toer of selfs “stadsverlof” neem.
NAAM en VAN
ID-Nommer:
Grey Kollege Sekondêre Skool
Murray-Huis
HUISADRES
Sel. (Kind):
Sel. (Ouer):
Mediese Fonds:
Mediese Fonds Lidmaatskapnr.:
Noodgeval ER24 Tel. Nr.: 084124
15
SKRYFBEHOEFTES
Die volledige lys is beskikbaar op Books4Schools se webblad – hierdie is die skool se
voorgestelde lys. Maak asb. seker dat u nie dubbeld aankoop nie. Lees die lys deur
aangesien dit behoeftes vir die koshuis insluit.
Skryfbehoeftes is by talle winkels beskikbaar soos bv. Kloppers, CNA, Waltons Preller
Walk, Pick ’n Pay, etc.
Ons stel die volgende riglyne voor: (Verskoon asb. die algemene spreektaal vir van
die items in ons riglyne.)
“Flip file” vir persoonlike dokumente wat in u seun se kas gebêre word, bv. mediese
besonderhede en ID foto’s.
Estie Oosthuizen: Tel. 0824921434 ([email protected]). Druk o.a. aanstryk-
en waterdigte plakkers, asook klein plakkers waarop u seun se naam/tel. nommer
verskyn, wat op enige item geplak kan word (potlode, Tippex, ens.).
www.stickers4ewe.co.za
JUST LABELS: Tel. 031 266 1738; [email protected]; www.justlabels.co.za.
Druk ENIGE plakker – groot of klein; groot en klein etikette wat op plastiek gedruk
word; klere-plakkers en harde-item plakkers.
Plastiek vir handboeke – u kan gewone plastiek gebruik, maar die rol dik PVC-plastiek
hou baie langer (beskikbaar by Kloppers, Waltons Preller Walk of Bloempapier
Prellerplein).
Eksamenblok (x 4)
Plakkers om op boeke te plak (Kloppers / CNA)
Stukkie wol of tou (soms hang seuns ’n plakkaat om hul nek tydens “Ken-mekaar”-
geleenthede)
2 x Pritt, 4 x kleeflint, Tippex, “highlighters”, groot skêr, krammasjien en krammetjies,
gaatjie-ponser, uitveër, inkleurpotlode, skerpmaker, 2H potlood vir Tegnologie, ‘n
LANG lineaal, pennesakkie/“space case”.
A4 vak-afskortings (“dividers”) x 5 stelle. Die plastiek-afskortings werk beter; moet 5
afdelings hê. Vir Wiskunde moet die afskortings 10 afdelings hê.
16
Permanente merkpen bv. swart Artline 700 om eiendom/klere te merk. U sal sien dat,
veral by die grys skoolhemde, mens skaars die grootte van die hemp kan sien. Merk
gerus die grys en wit hemde in die kraag. Skryf u seun se VAN, die HEMPGROOTTE
en die JAAR in die binnekant van die kraag neer, bv. Botha, 36, 2020. Dit kom veral
handig te pas wanneer nuwe klere aangeskaf moet word.
Klein “vlaggies” (een pakkie klein “flip tabs” vir Wiskunde-lêer)
1 x vertoonlêer (“display file”) vir take en plastieksakkies (“plastic pockets”) vir lêers.
2 x smal ringbinders (lêers) vir toetse en notas wat onderwysers uitdeel.
Projekpapier (A4 gekleurde kartonne) vir take. Daar is verskillende soorte beskikbaar,
ook A5-kartonne wat gebind is. Seuns gebruik dit egter nie baie nie.
Blou/swart penne, potlode, swart “fine liner”. Die Parker-penne (CNA / Pick ’n Pay)
hou bietjie langer en kan hervul word.
Wiskunde-sakrekenaar en meetkundestel (met gradeboog en passer); Tegnologie-
tekenstel
Boek-sakkies (bv. Croxley). Hierdie sakkies word van dik plastiek gemaak met ’n
materiaal-raam. Elke vak se boeke kan dus in ’n eie aparte sakkie inpas. Maak seker
van die grootte voordat u dit aankoop.
Onderwysers sal ook verdere inligting rondom spesiale behoeftes vir hul vakke
verskaf.
Huiswerk-dagboek: Grey Kollege voorsien u seun van ’n gratis dagboek. Dit bevat
allerlei interessante feite, die skool se Gedragskode en kontakbesonderhede.
DIVERSE UITGAWES
Kontant vir die Duits-diktaat (sou u seun Duits as vak kies). U kan die bedrag in ’n
koevert sit, met u seun se NAAM op, en DUITS.
Kontant vir die Graad 8-kamp (tensy direk in die skool se rekening inbetaal). Mnr.
Rudeé Barker is die organiseerder van hierdie kamp en hy sal ’n skrywe uitstuur
rakende kostes, ens.
U seun moet ’n bedrag inbetaal vóór elke toer. Doen asb. navraag by die Finansiële
Kantoor (Me Chantelle Gordon) wat die kostes van die betrokke toer behels. Die skool
stuur ook SMS’e en e-posse rondom die bedrae wat voor ’n toer betaalbaar is. Vra
gerus die afrigter indien daar enige onduidelikhede is of indien u hulp benodig.
Tegnologie: Tekenborde mag by die onderwyser aangekoop word teen baie
bekostigbare pryse. Tekenborde met sakke wat volgens bestelling gemaak word, is
beskikbaar by Kloppers, Waltons en Signo (Tweede Laan, Tel. 051 447 6059).
17
Internet: Seuns moet asb. gebruik maak van die “Moodle”-program op Grey se
webblad, asook van die Grey-webblad self. Elke seun ontvang van sy vakonderwyser
’n kode om Moodle te aktiveer. Nadat u seun met sy unieke kode geregistreer het,
kan hy onder “Hulpbronne”, “E-leer” ingaan om seker te maak van taak-onderwerpe,
toetswerk, eksamenwerk, ou vraestelle met memoranda, klasroosters, toetsdatums,
eksamendatums, ens. Dit is veral van baie groot waarde vir die graad 10 tot graad
12 leerders.
ALLE items – klere, skryfbehoeftes, linne – ALLES
moet asb. duidelik gemerk wees.
VERBLYF
KAMER-INDELINGS
Die plasing van nuwelinge in Murray-Huis word deur die Huisvader hanteer en geskied
volgens sy oordeel. Verskuiwings mag slegs met die Huisvader se toestemming
plaasvind en sal eers vanaf die tweede kwartaal toegelaat word. Indien daar ’n wesenlike
probleem in ’n kamer ontstaan, kan die Huisvader, na sy goeddunke, gedurende die
eerste kwartaal skuiwe maak. Ons vra asseblief ouers/voogde se samewerking in hierdie
verband – moedig u seun aan om nuwe maats te maak, ’n positiewe ingesteldheid te hê
en daarvoor ontvanklik te wees om nuwe seuns te leer ken.
KAMERS / “DORMS”
Die koshuis voorsien geen beddegoed, handdoeke of toiletpapier nie; dit moet deur ouers
voorsien word. Toiletpapier kan in die klerekaste bewaar word. (Die apteek het in die
verlede al heelwat artikels afgelewer wat nie net medikasie insluit nie.)
Kosgangers is daarvoor verantwoordelik om hul eie beddens op te maak, die kamer uit
te vee en te sorg vir die algemene netheid daarvan.
Saam met die stelle beddegoed wat u verskaf, is dit verpligtend om ook ’n
matrasoortreksel vir ’n standaard enkelbed-matras sal voorsien.
18
’n Paslaken is verpligtend; kosgangers word nie toegelaat om onder ’n kombers op ’n
“kaal” matras te slaap nie.
Klerekaste moet netjies gepak wees en moet in eie belang altyd gesluit gehou word.
Kamer-inspeksie word daagliks gedoen.
Kas-inspeksie vind twee keer per week plaas.
Seuns kan hul eie matrasse saambring indien dit verkies word (1.9m x 75cm).
Geen kamervensters mag met koerantpapier of karton toegeplak word nie.
EETPLEKKE
Bo en behalwe die heerlike maaltye wat in Hamilton Hall genuttig word, is daar ook vir
die seuns ’n yskas, mikrogolfoond en ketel (“urn”) in Murray-Huis se klein kombuisie
beskikbaar. Grey Kollege spog ook met ’n “TUCK SHOP” wat oorkant die koshuis geleë
is, asook die Grey Together-restaurant op die Grey-kampus.
VERLOF
NAWEEK-, DAG- EN STADSVERLOF
Verlof is ’n voorreg en goeie gedrag sal verseker dat dit benut kan word.
Enige verlof word alleenlik deur die Huisvader, of in die geval van sy afwesigheid, deur
die waarnemende personeellid, toegestaan. Die Matrone mag geen verlof goedkeur nie.
Vervolgens, ’n paar reëlings ten opsigte van die toepassing van die reëls:
Met die uitsondering van omstandighede soos later bespreek, moet seuns óf ouers ELKE
KEER wanneer hulle die skoolgronde verlaat, op Boardwell aansoek doen vir
toestemming. Dit sluit in stadsverlof, verlof vir ekstra klasse wat nie op die skoolterrein
aangebied word nie en/of naweekverlof.
Alle aansoeke om verlof moet die Huisvader voor of op WOENSDAG om 19:00 bereik.
Tydens die eerste maande van die jaar kan aansoeke per e-pos gedoen word, maar
daarna slegs op Boardwell. Die rede hiervoor is om u kans te gee om Boardwell op u foon
af te laai en eers daarmee vertroud te raak. Ons stel voor dat u vir uself ’n “reminder” op
19
u foon stel – sommer reeds die Dinsdag – om op Boardwell om verlof aansoek te doen,
aangesien geen laat aansoek om verlof toegestaan sal word nie. Geen mondelinge /
telefoniese aansoeke of aansoeke per SMS/WhatsApp sal aanvaar word nie.
Ons verkies dit as u (tydens die eerste twee maande) die aansoek om verlof in die e-pos
TEKS vervat, in plaas daarvan om dit per aanhangsel te stuur ([email protected]).
Ons doen ’n beroep op u om asseblief so gou moontlik van die Boardwell-sisteem gebruik
sal maak.
Afhangend van omstandighede soos skoolverpligtinge en gedrag, sal graad 8’s vir die
EERSTE keer toegelaat word om tydens die naweek van 31 Januarie 2020 verlof te
neem in die vorm van ’n “uit-naweek”, “Saterdag dag-uit” of “Sondag dag-uit”. Maak asb.
seker dat, indien u seun om verlof kwalifiseer, skriftelike versoeke vir enige van hierdie
drie opsies by die Huisvader ingedien is nie later nie as Woensdag 29 Januarie 2020
om 19:00.
Nadat verlof teen ’n Woensdagaand toegestaan is, word geen uitsondering gemaak nie.
Geen verlof wat toegestaan is mag na ’n ander soort verlof vir die betrokke naweek
verander word nie. Indien seuns sonder verlof vir die naweek huis toe gaan, verbeur hulle
enige tipe verlof vir die daaropvolgende twee naweke!
1) ’n Naweek begin direk na skool op ’n Vrydag en duur tot net vóór skool op die
daaropvolgende Maandag en/of skooldag (in die geval van openbare
vakansiedae). Die skool stel ± een naweek per kwartaal as ’n verpligte in-naweek
vas. In die geval van die musiekfees gedurende die derde kwartaal, mag seuns na
afloop van die musiekfees se laaste vertoning die res van die naweek verlof neem.
Daar is ook verpligte uit-naweke is; hierdie uit-naweke is gewoonlik kalender
langnaweke. Datums sal aan u deurgegee word.
2) Kriteria wat sal behels dat u vir u seun op Boardwell om naweekverlof aansoek
moet doen:
Naweekverlof – wanneer u seun die naweek huis toe gaan.
Sportaangeleenthede – wanneer u seun tydens die betrokke naweek op enige
plek weg van die skool se gronde aan sport gaan deelneem.
Sport-naweek – wanneer seun na afloop van sy sport die betrokke naweek
saam met u huis toe gaan.
Saterdag dagverlof – duur vanaf 08:15 Saterdagoggend tot 17:15
Saterdagmiddag – indien u die dag saam met u seun wil spandeer, of indien
hy vir die dag by ’n stad-seun wil gaan kuier.
20
Sondag dagverlof – van na afloop van die oggend-kerkdiens tot 17:15 die
middag; selfde redes as Saterdag dagverlof.
Sondag “langdag” – van na afloop van die oggend-kerkdiens tot 21:00 die
aand; selfde redes as Saterdag dagverlof.
Alle verlofaansoeke moet voor Woensdag 19:00 op Boardwell ingedien wees. Seuns sal
in die koshuis ingelig word of verlof toegestaan is, al dan nie. Indien ’n seun gedurende
’n naweek of op enige ander stadium by ’n vriend wil gaan kuier, moet sodanige
verlofaansoek op Boardwell gekommunikeer word. Die Huisvader moet ook voor
Woensdag 19:00 ’n e-pos vanaf die seun se ouer/voog ontvang met inligting rakende die
persoon(e) by wie die seun gaan vertoef.
Die volgende inligting MOET in ’n uitnodigingsbrief verskyn: Leerder se naam en
van; gasheer se naam en van; gasheer se adres en telefoonnommer asook die datum/
tydperk van die verlof. Hierdie uitnodigings moet in alle gevalle deur die gasheer
onderteken wees. ’n Toestemmingsbrief (e-pos of faks) vanaf die ouers/voogde en/of
besonderhede op die Boardwell-aansoek moet ook die uitnodigingsbrief vergesel
(voorbeeld volg).
(Gedurende die eerste twee maande word alle verlofaansoeke per e-pos aan
[email protected] gekommunikeer, of tot en met Boardwell in werking getree.)
Murray-Huis sluit elke aand om 21:00.
OUERS HOEF NIE VERLOF TE VRA VIR SEUNS OM TYDENS NAWEKE IN
DIE KOSHUIS TE BLY NIE. INDIEN ’N SEUN NIE TEEN WOENSDAGAAND
OM VERLOF AANSOEK GEDOEN HET NIE, WORD HY OUTOMATIES AS
“NAWEEK-IN” AANGETEKEN.
3) Seuns mag onder geen omstandighede die skoolgronde verlaat indien hulle nie op
Boardwell om verlof aansoek gedoen het nie. Hierdie verlof gaan nie elke keer
goedgekeur word nie, maar is noodsaaklik vir ons rekord om te weet waar die seuns
hulself bevind.
4) Wanneer seuns tydens naweke saans spesiale funksies bywoon, moet die skool of
instituut deur wie hulle genooi word ’n formele uitnodiging aan die Skoolhoof rig. Die
Skoolhoof sal dan die nodige toestemming gee, al dan nie. Wanneer seuns, met die
nodige toestemming, op ’n naweek-aand vanaf hierdie funksies terugkeer, moet hulle
by die Onderwyser aan Diens rapporteer. Dit geld ook vir seuns wat met spesiale
toestemming op sekere weeksaande die koshuis verlaat, bv. vir ekstra klasse.
21
SEUNS MOET ALTYD IN- EN UITTEKEN WANNEER HULLE DIE
SKOOLGRONDE VERLAAT.
5) Geen verlof word toegestaan tydens skoolfunksies of skoolaangeleenthede nie.
6) Saterdagoggende en -middae mag seuns die skoolterrein sonder enige spesiale
verlof verlaat, maar moet sorg dat hulle terug is vir elke appèl-byeenkoms en alle
etes. SEUNS MOET ALTYD IN- EN UITTEKEN WANNEER HULLE DIE
SKOOLGRONDE VERLAAT.
7) Seuns mag ook op Sondagmiddae, net ná middagete, die skoolterrein sonder
spesiale toestemming verlaat, maar moet betyds terug wees vir appèl om 17:15.
SEUNS MOET ALTYD IN- EN UITTEKEN WANNEER HULLE DIE
SKOOLGRONDE VERLAAT. (Sondagoggende woon seuns die kerk van hul keuse
by. Hierdie kerkbywoning is verpligtend wanneer seuns naweke inbly.)
8) Verlof om die skoolterrein gedurende die week te verlaat word alleenlik toegestaan
in uiterste gevalle. Seuns mag ook slegs een middag in ’n week op Boardwell
aansoek doen vir stadsverlof. SEUNS MOET ALTYD IN- EN UITTEKEN WANNEER
HULLE DIE SKOOLGRONDE VERLAAT.
NB!
Seuns moet ten alle tye hul persoonlike veiligheid en die veiligheid van ander in
ag neem.
Moenie die skoolgronde verlaat sonder om die register te teken nie, en maak seker
jy is deel van ’n groep van minstens drie ander seuns, veral in geval van nommers
6, 7 en 8 hierbo.
Hou by die bekende, bly in groepe en wees altyd waaksaam (selfs wanneer jy die
toilet besoek of die pad oorsteek).
Indien seuns (met die toestemming van hul ouers/voogde), ’n passasier in ’n
voertuig is, moet hulle seker maak dat die bestuurder ’n lisensie het.
Hulle moet ook seker maak dat die bestuurder nie onder die invloed van alkohol
of ander middels is nie.
22
Seuns moet ten alle tye vasgegordel kan wees. Talle noodlottige ongelukke vind
plaas wanneer kinders agterop ’n bakkie ry. Waarsku asb. u seun om nie sonder
u toestemming agterop ’n bakkie te ry nie, veral nie in die stad nie.
Die dra van valhelms word vereis wanneer seuns fietsry of motorfiets ry. Seuns
word ernstig daarvan afgeraai om sonder hul ouers/voogde se toestemming
agterop motorfietse te ry.
Ter wille van ons seuns se veiligheid, u eie gemoedsrus en die verligting van moontlike
aanpassings-angstigheid, maak ons op u as ouers en voogde staat om asb. hierdie BAIE
BELANGRIKE dokument met u seuns deur te gaan.
VOORBEELD VAN VERLOFAANSOEK
Die volgende voorbeeld kan gebruik word wanneer u ’n e-pos stuur om VERLOF te reël.
Hou asseblief in gedagte dat die e-pos sisteem slegs geldig sal wees gedurende die
eerste twee maande van die jaar en dat u asseblief so gou moontlik op die Boardwell-
toep moet registreer.
Ons versoek dat u asb. die aansoek in die vorm van ’n teks in die e-posboodskap en nie
as ʼn aangehegte dokument sal stuur nie.
U huis-/posadres, bv.:
Plaas Bosrandfontein
Bothaville
9660
31 Januarie 2020
(Datum waarop u e-pos stuur)
Liewe Jannie / Hi Jannie
Naweekverlof: Victor Botha (u kind se naam en van) / Graad 8 (u kind se graad) /
Dorm 37 (u kind se kamernommer in Murray-Huis)
Hiermee doen ek aansoek om naweekverlof vir my seun, Victor Botha (u kind se naam
en van), vanaf Vrydag 31 Januarie 2020 tot en met Sondag 2 Februarie 2020 (datums/
tydperk wanneer u seun uit die koshuis sal wees).
Hy sal die naweek by Mnr en Mev Badenhorst (besonderhede van die persoon/e in
wie se sorg u kind gaan wees) in Bloemfontein deurbring.
23
Genl. Brinkstraat 12
Dan Pienaar
Bloemfontein
Tel. 082 441 1489 (Mev. Badenhorst)
(ADRES EN KONTAKNOMMER WAAR U SEUN DIE NAWEEK GAAN WEES.)
Ek vertrou u vind dit in orde.
Vriendelike Groete
Nina Botha (Ouer/voog se naam en van)
Moeder (u verhouding tot die seun)
Sel: 083 462 1639 (u selfoonnommer of ander kontaknommer)
Landlyn: 056 436 2299 (u landlyn, indien van toepassing)
____________________________________________________________________________
MEDIES
Ons wil u ten sterkste aanraai om u seun ‘n “Booster” enting te laat kry teen
Waterpokkies en Kinkhoessindroom.
MEDIESE BESONDERHEDE
Sonder uitsondering vereis hospitale, dokters, tandartse en ander mediese
diensverskaffers die volgende besonderhede van ’n pasiënt tydens die eerste besoek:
Inligting soortgelyk aan dit wat in die Koshuis Mediese-vorm benodig word.
Gewaarmerkte afskrif van hooflid van die Mediese Fonds se
identiteitsdokument (of ID van die persoon verantwoordelik vir die rekening).
Oorspronklike lidmaatskap-kaart of gewaarmerkte afskrif van die Mediese
Fonds-kaart).
Verder versoek ons u dringend, dog vriendelik, om die volgende beskikbaar te stel – dit
is veral handig tydens noodgevalle of lewensbedreigende omstandighede:
1) Inligting soos vervat in die Koshuis Mediese-vorm. Ons besef dat u die inligting
moontlik reeds in ’n ander formaat vir die skool ingevul het en is bewus van die
moontlike duplisering van inligting in die dokument. Tog waardeer ons u
samewerking in hierdie verband. Voltooi asb. die KOSHUIS MEDIESE-VORM
24
VOLLEDIG tesame met ’n ID-foto van u seun regs bo, ongeag of u aan ’n mediese
fonds behoort. U rekeningnommer by die apteek (in Bloemfontein, wat
AFLEWERINGS DOEN) is ook noodsaaklik. Hierdie vorms word dan op 13
JANUARIE 2020 by die Huisvader ingehandig. Ons versoek ook dat u seun ’n
afskrif van hierdie Mediese vorm in ’n “flip file”/lêer in sy koshuiskas sal toesluit.
(U word aangeraai om minstens DRIE ekstra ID-foto’s in u seun se “flip file” te
plaas vir buitemuurse aktiwiteite, ens.)
2) 3 x gewaarmerkte afskrifte van die hooflid van die Mediese Fonds se ID. Indien
u nie ’n mediese fonds het nie, benodig ons steeds ’n gewaarmerkte afskrif van
die ouer/voog se ID en, indien dit verskil, ook ’n afskrif van die identiteitsdokument
van die persoon wat verantwoordelik is vir enige mediese rekeninge. Een afskrif
word op 13 JANUARIE 2020 by die Huisvader ingegee, en die res is vir u seun se
“flip file”. Ons verkies dat ’n gewaarmerkte afskrif van die identiteitsdokument van
beide ouers/voogde (indien moontlik) saam met die Koshuis Mediese-vorm
ingehandig word.
3) ’n Oorspronklike lidmaatskap-kaart van die Mediese Fonds waarop u seun se
naam en sy afhanklikheidskode aangedui word (mediese fondse verskaf
gewoonlik ’n kaart aan alle afhanklikes, indien daarvoor aansoek gedoen).
Alternatiewelik is ’n gewaarmerkte afskrif van beide kante van die kaart
voldoende. Hierdie word op 13 JANURAIE 2020 by die huisvader ingegee. Maak
asb. ’n afskrif vir u seun se “flip file”.
4) Indien u nie aan ’n Mediese Fonds behoort nie, benodig ons duidelike instruksies
oor wat ons te doen staan wanneer u seun ’n dokter en/of medikasie benodig. Vul
asb. die Koshuis Mediese-vorm volledig in.
5) 4 x gewaarmerkte afskrifte van u seun se geboortesertifikaat: 1 afskrif word saam
met die Koshuis Mediese-vorm by die Huisvader ingegee en 3 afskrifte kom in u
seun se “flip file”, wat saam met al die ander dokumente in sy kas gebêre word.
6) BAIE BELANGRIK!!!!!!!!! Ondertekende Toestemming & Vrywaringsvorm vir die
Vervoer van Skolier, sowel as ’n ondertekende gedragskode – ingehandig by die
Huisvader op 13 JANUARIE 2020.
7) Volledige lys van u seun se kroniese medikasie. Dui asb. presies aan wie die
dokter is wat die voorskrif uitgereik het, die dokter se telefoonnommer, waarvoor
die medikasie gebruik word en hoe/wanneer dit gebruik word. U seun bêre hierdie
inligting in sy “flip file”. U is welkom om ’n afskrif daarvan ook aan die Koshuis
Mediese-vorm te heg.
8) BAIE BELANGRIK!!!!!! Volledige lys van u seun se self-medikasie, waarvoor en
hoe dit gebruik word. Dit word in u seun se “flip file” in sy kas gebêre. Maak seker
25
u seun besef dat hy nie enige self-medikasie moet gebruik alvorens hy nie sy ouers
of die Matrone geraadpleeg het, en die Matrone dit aangeteken en goedgekeur
het nie.
9) Volledige lys van u seun se allergieë/siektetoestande en die voorgestelde metode
van behandeling. Aangesien u dit reeds op die Koshuis Mediese-vorm voltooi het,
versoek ons dat u ’n soortgelyke lys vir sy “flip file” saamstel, bv. diabetes –die
behandeling daarvan, ens.
MEDIESE BEHANDELING
SOGGENS VROEG (06:00 – 06:30): Indien u seun nie lekker voel nie, is hierdie die tyd
wanneer hy na die Koshuismoeder toe moet gaan. Die Matrone sal die insident sowel as
die behandeling daarvan dokumenteer. Geringe klagtes en beserings sal deur die
Matrone behandel word, deur gebruik te maak van u seun se mediese voorrade. Indien
u seun verdere mediese behandeling vereis, sal die Matrone ’n afspraak reël by een van
die voorgestelde dokters, of by ’n dokter van u keuse. Indien nodig, sal sy u seun na
Ongevalle toe neem. Dit sal egter slegs gebeur wanneer u, die ouer/voog, toestemming
daartoe verleen het. (Sien asb. Koshuisvervoer-beleid.)
GEDURENDE DIE DAG, NAG of NAWEKE: Indien ’n seun ’n besering opdoen of siek
is, moet hy onmiddellik (enige tyd van die dag of nag) na die Matrone of die Onderwyser
aan Diens gaan. Daar is te alle tye ’n Diensrooster beskikbaar – teen die Koshuisvader
se deur, op die kennisgewingbord in die Studiesaal en op die Grey-webblad.
ALLE NOODGEVALLE word na die naaste hospitaal, naamlik die Ongevalle Afdeling by
die Medi-Clinic Hospitaal, geneem. Die ouers/voogde sal dadelik in kennis gestel word.
Indien u Mediese Fonds nie behandeling by Medi-Clinic goedkeur nie, dui dit asseblief
duidelik op die Koshuis Mediese-vorm aan, en stel ’n alternatief voor. Lig asseblief ook u
seun daarvan in. Indien u geen mediese fonds het nie, moet u dit ook asseblief op die
Koshuis Mediese-vorm aandui.
BY DIE SKOOL: Indien ’n seun by die skool siek word, moet hy na Me. Elsie Geeringh
se kantoor gaan. Indien nodig, sal sy vir die seun ’n toestemmingsbrief gee wat dan deur
die Huisvader geteken moet word om óf koshuis toe te gaan óf die terrein te verlaat om
na ’n dokter te gaan. Indien die seun koshuis toe gaan, moet hy direk na die
Koshuismoeder gaan. Sy sal vasstel hoe die seun behandel moet word en of hy dokter
toe moet gaan.
26
U mag van enige dokter van u keuse vir u seun gebruik maak. Die Koshuis maak
merendeels gebruik van die medici die naaste aan die skool. Hierdie sluit in College
Crossing (010 601 0919 – waaronder 3 dokters, 8 tandartse en ’n mondhigiënis),
Mimosa Mediese Sentrum (051-444 5820), en dokters by Medi-Clinic Hospitaal.
(Raadpleeg asseblief die Koshuisvervoerbeleid.)
Om so min moontlik inbreuk op u seun se skool- en sportprogramme te maak, beveel ons
aan dat roetine-ondersoeke soos tandsorg gedurende skoolvakansies gedoen word.
Griep-inspuitings word ook aanbeveel voor die wintermaande. Maak asseblief ook seker
dat u seun se immunisasies op datum is.
VIR AFSPRAKE: Afsprake by tandartse en fisioterapeute moet deur ouers of kosgangers
self gemaak word. Indien nodig, sal die Matrone behulpsaam wees.
Datums en tye van afsprake moet so spoedig moontlik aan die Matrone deurgegee word.
Nie-dringende of roetine-opvolgafsprake moet verkieslik ’n week voor die tyd aan die
Matrone gerapporteer word om vervoer te reël. Aangesien die Matrone en Personeel van
Murray-Huis u seun na en van verskillende afsprake neem (dokters, tandartse,
fisioterapeute, ens.), sal ons dit egter waardeer indien die afsprake in die nabye
omgewing van die Skool gemaak sal word.
Raadpleeg asb. die KOSHUISVERVOER-BELEID (bl. 26).
Reëlings vir die vereffening van alle mediese en apteekrekeninge moet persoonlik deur
ouers/voogde met die diensverskaffers getref word. Personeel van Murray-Huis sal
ongelukkig geen vervoer kan verskaf indien ons nie die Toestemming en
Vrywaringsvorm op 13 JANUARIE 2020 ontvang het nie. Hierdie vorm word saam met
die Murray-Huis Mediese-vorm ingehandig.
Ouers/Voogde/Familielede mag privaatvervoer verskaf, solank die Matrone vooraf
daarvan ingelig is.
Grey Kollege bied die dienste van ’n voltydse opvoedkundige sielkundige. U kan die skool
se sekretaresse skakel om meer omtrent hierdie dienste uit te vind.
BAIE BELANGRIK: Koshuisseuns moet ’n mediese sertifikaat (“sieke brief”) van ’n
mediese praktisyn verkry indien hy gedurende skoolure in die koshuis moet wees. Dit
moet asseblief aan die Matrone gegee word. Indien u as ouer/voog verkies dat u seun in
die koshuis bly, moet u asb. reëlings tref met die Skool.
27
Aanbevole dokters – geleë naby Grey: Sien asb. Koshuisvervoer-beleid (bl.
26)
APTEEK
Ons beveel ten sterkste aan dat u ’n rekening by ’n apteek sal oopmaak ten einde
addisionele onkostes op sodanige rekening te plaas. Dit sluit in bybetalings op voorskrifte,
self-medikasie of toiletbenodigdhede.
Ons versoek dat u ook die nommer van die apteekrekening op die Koshuis Mediese-vorm
sal aandui. Hoewel dit u voorreg bly om ’n apteek van u keuse voor te stel, is dit
noodsaaklik dat sodanige apteek bereid sal wees om spoedige aflewerings te doen.
Derhalwe beveel ons die goeie diens en spoedige aflewerings van MEDI-BLOEM apteek
ten sterkste aan. Die apteek is by Medi-Clinic geleë, wat baie naby aan die koshuis is.
Indien u nie ’n rekening by ’n apteek in Bloemfontein het wat aflewerings doen nie, sal u
as ouer/voog daarvoor verantwoordelik wees om reëlings te tref vir die betaling en
aflewering van elke voorskrif gedurende die jaar.
MEDI-BLOEM APTEEK (by Medi-Clinic Hospitaal, naby Grey Kollege):
Apteker: André du Toit
Tel: 051 444 2311 / 083 406 6255 / Faks: 051 444 2361
E-pos: [email protected]
SELFMEDIKASIE
Volgens wet mag koshuise nie meer medikasie aan leerders verskaf nie. Ons stel voor
dat u ’n basiese noodhulpsakkie vir u seun saamstel wat hy in sy kas toesluit en wat hy
ook tydens toere kan saamneem. Dit is belangrik dat seuns ingelig word om nie mekaar
se medikasie te gebruik nie, vervaldatums te raadpleeg en dosisse noukeurig na te gaan.
Medikasie moet duidelik gemerk in oorspronklike houers wees. Die Matrone moet altyd
in kennis gestel word wanneer ’n seun medikasie (nie-kronies) neem, sodat dit deeglik
gemonitor kan word en ’n duidelike rekord daarvan beskikbaar sal wees. Seuns moet dus
nooit dink dat hulle hulself moet behandel nie, en altyd met hul ma of die Matrone kontak
maak alvorens hulle enige medikasie neem. Indien ’n seun bv. hoofpyn het of nie die
korrekte medisyne in sy kas het nie, sal die Matrone medikasie via die apteek bestel.
GEEN groot hoeveelhede medikasie mag in die noodhulpsakkie wees nie. Vul asseblief
u seun se medikasie maandeliks aan.
28
Wat betref die noodhulpsakkie, stel ons voor dat u u eie diskresie gebruik. Afgesien
van u seun se kroniese medikasie, beveel ons aan dat u ook die volgende
voorkomende medikasie (of soortgelyk) inpak:
1. Immuniteit-aanvulling : Vita-Thion en Berocca
2. Pyn en koors : Mypaid Forte / Panado’s
3. Allergieë : Celestamine / Allercet (of enige nie-lomerige
medikasie)
4. Sinus : Sinumax / Advil
: ACC 200 / Mucospect
: Iliadin Neussproei
5. Naarheid : Valoid of Motilium
6. Diarree : Smecta / Tasectan
7. Buik-spasmas : Scopex / Buscopan
8. Seer keel : Strepcils / Andolex C
9. Jel vir seer spiere : Voltaren Gel / Transact
10. Antibiotiese salf : Bactroban / Germolene
11. Skoonmaak van wonde : Saline / Wond-ontsmettingsmiddel
12. Mercurochrome
13. 1 x 10 x 10 cm gaas
14. 1 x verbande – Coban
15. NB!! PLEISTERS : 2 x boksies van verskillende groottes
16. BELANGRIK : 5 x sakkies Rehydrate
17. BELANGRIK : Sonbrandroom vir daaglikse gebruik
VERVOERBELEID
Elke matrone het daagliks ongeveer 120 seuns onder haar toesig. Bo en behalwe haar
daaglikse pligte is sy ook verantwoordelik vir die vervoer van koshuisseuns na en van
verskeie mediese afsprake. Gegewe die toenemende eise wat weens laasgenoemde aan
Matrones gestel word, bring ons graag die volgende onder u aandag:
MATRONES VERSKAF VERVOER NA DIE VOLGENDE MEDIESE PRAKTYKE:
29
1. DOKTERS: Mimosa Mediese Sentrum; Medi-Clinic; College Crossing, of dokters
binne ’n radius van 2km.
Matrones vervoer wel seuns wat na spesialiste verwys word, bv. Rosepark
Hospitaal.
2. APTEKE: Medi-Bloem Apteek of College Crossing Apteek.
3. FISIOTERAPEUTE: Jaco Colyn is ná skool in die gimnasium op die skoolterrein
beskikbaar.
Anna Swanepoel Fisioterapeute, of dié wat binne ’n radius van 2km val.
4. SPORTSBESERINGS-DOKTER: Dr. Gerhard Jansen by die UVS
5. TANDARTSE: College Crossing, of enige tandarts binne 2km-radius.
6. ORTODONTIS: Dr Damstra; Dr Mussman of enige ander binne 2km-radius.
7. SIELKUNDIGES: Grey Kollege maak gebruik van die dienste van ’n sielkundige
op die skoolterrein. Matrones vervoer seuns slegs wanneer hulle deur die skool
se sielkundige verwys word.
8. MEDIESE AFSPRAKE DEUR OUERS GEMAAK moet 24 uur voor die tyd deur
seuns of ouers aan die matrones gekommunikeer word. Indien nie, is dit die ouers
se verantwoordelikheid om vervoer te reël of te verskaf.
9. Vervoer na DAAGLIKSE MEDIESE AFSPRAKE sal nog steeds deur Matrones
gedoen word (met ouers se toestemming).
10. Geen matrone en/of koshuispersoneel verskaf vervoer na of vanaf winkels,
busse, lughawens ens. nie.
Dit staan u vry om van enige ander mediese fasiliteite of dokter gebruik te maak,
maar die nodige reëlings en vervoer is u verantwoordelikheid.
30
TYE
ETENSTYE
Ontbyt: 06:45
Middagete: 13:50
Aandete: 17:45 (Op Maandae is aandete om 17:30 a.g.v. kategese)
(Etenstye mag aangepas word tydens toetse/eksamens/toere, ens.)
STUDIETYE
Maandae tot Donderdae: Sessie vanaf 18:30 tot 19:30
Sessie vanaf 19:45 tot 20:30
Appèl 21:00 tot 21:15
Gedurende die eksamen is daar ekstra studie-sessies in die oggende en in die middae.
Gedurende studietye mag geen oproepe gemaak of ontvang word nie.
KLOKKE
Die opstaan-klok (elektroniese klok) word om 06:00 deur die Onderwyser aan Diens
gelui. Almal moet dan uit die bed wees.
Die Huiskomitee (Prefekte) is verantwoordelik vir die lui van die volgende klokke, wat
stiptelik gelui sal word:
1. STILTE om 06:30.
2. Alle beddens moet opgemaak en die kamers moet uitgevee en gereed wees vir
inspeksie om 06:30.
3. Die laaste ontbytklok (eetsaal) lui om 06:40. Almal moet dan gereed en in hul rye
wees om in die eetsaal te gaan vir ontbyt. Geen verskoning vir laatkommers of
wegblyers nie.
31
4. Klokke vir middagete lui om 13:45 (einde van die akademiese skooldag) en weer
om 13:50.
5. Ná middagete is dit stilte vanaf 14:30 tot 15:15. Tydens toetse en eksamens word
hierdie tyd met “studie” vervang.
6. Die “afgaan”-klok lui om 15:30. Dan moet almal uit hul kamers en uit die koshuis
wees.
Slegs in uitsonderlike gevalle en met die nodige toestemming van ’n
Onderwyser of Prefek, mag iemand gedurende hierdie tyd teruggaan kamer
toe om iets te gaan haal.
Rondlopery in die koshuis is verbode.
7. Om 16:45 lui die “opgaan”-klok: Kosgangers mag die koshuis dan weer binnegaan
om te stort en gereed te maak vir aandete en studie later.
Die “stortklok” (“showers”) lui: Maandae om 17:00
Res van die week om 17:15
8. Gedurende die week is aandete om 17:45 – met die uitsondering van Maandae,
wanneer aandete om 17:30 is.
Kleredrag vir aandete is die skool se sweetpak. In die somer mag leerders die
baadjie uittrek en hulle “klokhemp” (Grey gholf-hemp) aanhê. Dit moet netjies
ingesteek wees, en geen plakkies mag in die eetsaal gedra word nie.
Daar word van die seuns verwag om na afloop van aandete, tot en met studietyd,
buite die koshuis te speel en nie in hul kamers in te gaan nie.
9. Vir diegene wat nog nie kon stort nie, is daar ná studie weer ’n geleentheid om te
stort.
Om 20:55 lui die klok wat aandui dat seuns uit die storte moet klim sodat hulle
betyds kan wees vir appèl, wat om 21:00 plaasvind.
Om 21:20 lui die klok vir stilte, en om 21:30 moet alle ligte af wees. Hierdie tye
word deur die Onderwyser aan Diens aangepas, afhangend van hoe lank appèl
duur.
32
10. Seuns wat laat-studie benodig, moet die nodige toestemming by die diensdoende
onderwyser verkry. Om 22:30 is dit “ligte-uit” vir laat-studie.
11. Ná ligte-uit moet daar absolute stilte in die koshuis wees en geen rondlopery word
toegelaat nie. Enige seun wat 15 minute ná ligte-uit van sy foon gebruik maak,
verbeur sy foon vir 7 dae.
12. NAWEKE
Saterdag: Opstaan: 07:30
Ontbyt: 08:00
Appèl: 12:15
Middagete: 12:30
Appèl: 17:15
Aandete: 17:30
Appèl: 21:00
Soos die dag verloop, word die tye van ander klokke bepaal.
Sondag: Opstaan: 07:15
Ontbyt: 08:00
Appèl: 11:45
Middagete: 12:00
Stilte: 14:00
Stilte-uit: 16:00
Appèl: 17:15
Aandete: 17:30
Appèl: 21:00
KOSHUISDEURE SLUIT ELKE AAND OM
21:00.
33
WASGOED
*WORD PRIVAAT HANTEER – MURRAY-HUIS HANTEER GEEN NAVRAE NIE*
Daar is ongelukkig geen fasiliteite binne die koshuis vir seuns om self wasgoed te was
en te stryk nie. Die koshuis tref ook geen reëlings ten opsigte van wasgoed nie.
Kosgangers is verantwoordelik vir hul eie wasgoed wat gewoonlik deur privaat wasserye
in die stad gedoen word. Vir hierdie doel moet elke kosganger ’n wasgoedsak hê om die
wasgoed in te plaas. Ons versoek dat u hierdie wasgoedsak asseblief met die volgende
inligting sal merk: Seun se naam en van, telefoonnommer, asook dié van die koshuis
waarin hy is. Skakel eers met ’n wassery voordat u ’n wasgoedsak aanskaf
aangesien sommige wasserye hul eie sakke verskaf.
Wasserye kom haal die wasgoedsakke op sekere dae en bring dit dan weer op sekere
dae terug. Wasgoedsakke met vuil wasgoed word op die bepaalde oggend op die stoep
geplaas, waar wasserye dit dan oplaai. Skoon wasgoed word afgelewer en dan in die
Studiesaal geplaas word. Seuns moet hul skoon wasgoed vóór 19:00 op die betrokke
dag afhaal. Geen wasgoedsakke mag oor naweke in die Studiesaal gelaat word nie.
Wasserye en Murray-Huis aanvaar geen verantwoordelikheid vir wasgoed wat ná
aflewering deur kosgangers in die Studiesaal vergeet word nie.
Dit word weereens beklemtoon dat elke item wat na die wassery gestuur word,
gemerk moet wees. Kaarte, beursies, notas, geld en sleutels word dikwels tussen die
wasgoed gevind! Die wasserye is gewoonlik bereid om tydens ’n noodgeval, soos voor
’n toer of indien u seun ’n naweek vroeg vertrek, met wasgoed te help. Ouers/Voogde of
seuns moet direk met die wassery skakel.
Dit staan u vry om van enige wassery van u keuse gebruik te maak. Ons stel voor dat u
verskillende kwotasies van wasserye bekom en dan reëlings tref vir die betaling daarvan.
U seun moet weet wat die naam en kontakbesonderhede van die wassery is. “Pin”
dit asb. in op sy selfoon.
U moet asb. self met die wasserye skakel rakende kwotasie, betalings, versoeke
en/of probleme.
Die besonderhede van wasserye wat reeds dienste aan kosgangers lewer, word vir u
gerief hieronder genoem. Die koshuis kan ongelukkig geen navrae rondom wasgoed
34
beantwoord nie. Seuns neem verantwoordelikheid om wasgoed self te hanteer en moet
dus vooraf ingelig wees rondom die reëlings wat u getref het.
WASSERYE
CLEAN QUEEN LAUNDRY\WASSERY
CLEAN QUEEN WASSERY BIED DIE VOLGENDE
DIENSTE:
ONS IS TROTS DAAROP DAT CLEAN QUEEN
WASSERY SEDERT 2012 ‘N WASDIENS AAN DIE
LEERDERS VAN GREY KOLLEGE ASOOK ORANJE
MEISIESKOOL, EUNICE, SENTRAAL, UFS EN VERSKEIE
INSTANSIES IN BLOEMFONTEIN LEWER!
ONS DIENSTE BESTAAN UIT DIE VOLGENDE:
- DIE OP- EN AFLAAI VAN WASGOED
- VUIL WASGOED WORD VANAF MAANDAG TOT DONDERDAG OPGELAAI EN WEER DIE
VOLGENDE DAG AFGELAAI
- INDIEN WASGOED BV. MAANDAG OPGELAAI WORD, WORD DIT WEER DINSDAG
TERUGGEBRING
- DIENS BESTAAN UIT EEN OF TWEE KEER PER WEEK SE WAS
- INDIEN U ‘N EKSTRA WAS BENODIG, IS U WELKOM OM MY TE KONTAK
- WASSAKKE WAT DUIDELIK GEMERK IS, WORD VOORSIEN
35
ONS IS TROTS OP ONS OPGELEIDE EN BEKWAME PERSONEEL EN SIEN UIT OM U
VAN DIENS TE WEES TEEN BAIE BILIKKE PRYSE!
SANET EN JOHAN VAN ES
082 832 5832
CARMA WASSERY – bied die volgende diens BESONDERHEDE VAN DIENS
1. Die afhaal en terugbesorging van leerling se wasgoed binne 2 dae.
2. Geen beperking op klere-items.
3. Wasgoed sluit in: skoolklere, sportklere, ontspanningsdrag, handdoeke en linne.
4. Was, tuimeldroog, vou en stryk van klere.
5. Vervang van knope.
VOORWAARDES
1. Leerling se klere moet ten alle tye duidelik gemerk wees (Naam+ Van).
Ongelukkig word geen aanspreeklikheid aanvaar indien klere nie gemerk is nie.
2. Lys van wasgoed moet elke week korrek voltooi word – sal elke week aan leerling verskaf word.
3. Wasgoed moet stiptelik voorsien word soos ooreengekom.
4. Wasgoedsak moet gemerk wees met leerling se naam, van en naam van skool.
5. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir items wat in sakke van kledingstukke gelos word nie.
6. Indien die diens gekanselleer word, moet 30 dae skriftelike kennis gegee word.
KOSTES R1500.00 per kwartaal
REKENING MOET VEREFFEN WORD OP DIE 1STE SKOOLDAG VAN ELKE KWARTAAL.
BANKBESONDERHEDE:
REKENINGNAAM: CARMA TRUST
REKNR: 9180 770 100
36
TAK: ABSA BRANDWAG
ADRES-BESONDERHEDE:
OSBORNESTRAAT NR 8
UNIVERSITAS
BLOEMFONTEIN
KONTAKBESONDERHEDE:
SEL: 083 357 3521
LAUNDRY BASKET
Dit is vir ons ‘n groot vooreg om Laundry Basket se dienste aan julle bekend te stel:
Ons het vir baie jare onder Rubermic Laundry gehandel, maar is vanaf 1 September onder ‘n
nuwe besigheid en word alleenlik deur myself, Pieter Booyens, hanteer.
Dienste sluit die volgende in:
1. Oplaai en aflaai van wasgoed
2. Wasgoed word teen die volgende dag weer afgelaai
3. Dienste is vanaf Maandae tot Saterdae
4. Geen beperking op klere items
5. Spesiale pryse vir skool leerders
Voorwaardes
1. Alle klere moet duidelik gemerk word
2. Inligtingsvorms van leerders moet volledig voltooi wees
3. Rekeninge sal ge-epos die 26ste van elke maand, na die epos adres op die inligtings
vorm. Betaling moet dan teen die einde van die maand geskied.
4. Die maand sal loop van die 26ste tot die 25ste van die volgende maand om betaling te
vergemaklik.
NAVRAE:
37
Pieter Booyens – 083 390 2012
Epos - [email protected]
BANK BESONDERHEDE:
PJ Booyens
Nedbank : Spaar Rekening
Rekening nr : 2171072075
Tak code : 198765
Verwysing : Naam / Invoice details
THE LAUNDRY STUDIO
The Laundry Studio offers you the following:
Laundry: We do any type of laundry… so you can do life. We will collect on arranged days from
Grey’s Hostel premises and deliver within 36-48 hours. Laundry will be treated with spot remover
if needed. We will also keep the individuals informed of delivery times. Special arrangements can
be made with prior communication, as we cater for different needs.
(We will give detailed invoice every month-end and we will also supply laundry bags.)
Dry Cleaning: We use ultra-modern dry cleaners with a 24-hour turnaround time.
Alterations: We will offer you one of the best repair qualities in Bloemfontein, and if needed,
same-day repair can be arranged… Our services include: Shortening, waist adjustments,
narrowing, seam repair, and shirt & jacket repair … anything you can think of, so put us to the
test...
We will strive to keep all your laundry needs at ease…
Regards
38
The Laundry Studio
082 517 3373
www.laundrystudio.co.za
BRIEF VAN DIE MATRONE AF
Dear Parents & Guardians,
What a privilege to be able to be your child’s “mother” here at Murray House. As a mother of two
old Grey boys myself, I understand exactly how you are feeling as parents.
I remember the excitement of our eldest son when he was accepted into the hostel, the buying of
everything needed, the marking of all the clothes through the tears (my tears), packing and finally
coming to Bloemfontein. It was very traumatic, it was so hard saying goodbye to my son; it felt as
if I was never going to see him again. Then when your sons differ 14 months you get to go through
all of that again a year later…
The feeling of total helplessness when your son is ill, the frustration of not being able to get into
your car and just quickly take him to the doctor, or seeing to those pants or shirt that had torn.
Helping him with a project, being able to hug him when he misses home. They speak to you on
the phone and there are tears because he hears the voices of his parents, then he says goodbye
and he who was crying is now smiling and guess what, you are now crying, still thinking that he
is very upset. The other thing to remember is that sometimes he looks fine but sounds much
worse on the phone.
Then the gratefulness to the other boy’s Mom who takes him under her wing, but also the guilt of
not being there to do what you as a Mother instinctively need to do.
39
BUT you watch your sons grow up to be the most awesome men of whom you are so very very
proud! You are so extremely grateful for the opportunity to have had them attend such an
incredible school.
Then I am blessed beyond measure!!!; the opportunity to share in YOUR son’s growing
experience. I get the opportunity to pay back what other Moms had done for my two sons and
later, my daughter, who also attended boarding school.
Remember I am here as YOUR assistant, I am here because you can’t be…. I understand your
tears when you leave them behind, I understand your tears when they hurt themselves and you
can’t be here. I want you to know that I think your son and every other boy here is a precious gift
from God. I want you to know that I love being the hostel mom of Murray House at Grey College,
where boys are boys and where your young boys turn into young Grey gentlemen. This is not a
job… this is a privilege.
You are welcome to contact me, at any time.
Kim Steyn 060 551 4078 [email protected]
AANKOMS 2020
VERRIGTINGE: 13 JANUARIE 2020
Ouers/Voogde bring hul seuns vanaf 08:00 na die hoofingang van Murray-Huis waar
hulle deur die Huisvader, Prefekte en ander Personeel ontvang sal word.
Die voorgeskrewe dokumente, waaronder die Koshuis Mediese-vorm (al behoort u
nie aan ’n fonds nie) en bewys van KOSHUIS-betaling word by tafels in ontvangs
geneem. (Maak asseblief seker dat alle vorms VOLLEDIG voltooi is om tyd te
bespaar).
Nadat alle administratiewe reëlings afgehandel is, kan ouers die seuns na hul kamers
vergesel om hulle te help intrek. Kamer-indelings word vooraf deur die Huisvader
gedoen. Geen beddens word vir enigiemand gereserveer nie en soos wat die seuns
inkom, kan elkeen vir hom ’n bed in sy aangewese kamer uitkies.
Onthou asb. dat skoolhandboeke in die Biblioteek afgehaal kan word.
VERWELKOMINGSFUNKSIE: 13 JANUARIE 2020
Die graad 8-seuns kom om 15:30 in die Reϋniesaal bymekaar. Verrigtinge begin
om 16:00.
40
Die funksie in die Reϋniesaal begin om 18:00 vir ouers/voogde en seuns, waarna
die ouers en seuns saam braai by die Sirkel voor Murray-Huis. Seuns mag
“civvies” dra. (Vir die bring-en-braai versoek ons dat u asb. u eie kos en drankies,
asook eetgerei en braaigereedskap sal saambring. Die skool sal roosters en
houtskool verskaf).
Alle graad 8-seuns moet reeds op 13 Januarie om 21:00 in Murray-Huis se
Studiesaal aanmeld vir appèl, waarna hulle in die koshuis begin slaap.
Geen seuns sal vóór 13 Januarie 2020 toegelaat word om in die koshuis te slaap nie.
Grey Kollege Sekondêre Skool begin op 15 JANUARIE 2020 om 07:30.
Graad 8-leerders dra ’n grys langbroek, grys skool hemp, swart belt, maar geen das
nie.
Geen graad 8-seun word tydens die eerste twee weke toegelaat om ’n
skoolbaadjie of skooldas te dra nie.
NB!!! Die selfone van alle graad 8-seuns moet asb. op die eerste aand by die
Huisvader ingehandig word. Dit sal vir die eerste twee weke in veilige bewaring
gehou word, waarna seuns dit na afloop van die tradisionele “newie”–konsert
weer sal terugkry. U word versoek om asseblief ’n stewige koevert te voorsien
waarin die selfoon bewaar sal word. Merk die koevert asb. duidelik met u seun se
naam en selfoonnommer. Ons doen ’n ernstige beroep op ouers om asb. NIE vir
u seun ’n addisionele (wegsteek) selfoon te gee NIE. Seuns wat kul (“cheat”),
verloor gewoonlik die respek van hul maats. Moet asb. nie u seun in hierdie posisie
plaas nie en respekteer asb. ons reëls.
Wanneer al die seuns sonder ’n selfoon is, leer hulle vinnig om as spanlid van ’n
uitgebreide Murray-Huis-familie, hul mede-kosgangers te ken, te ondersteun en te
vertrou. Die seuns leer deur hierdie kameraadskap om vriende te maak. Gun asb.
u seun hierdie geleentheid deur nie aan hom ’n ekstra selfoon te gee nie.
U seun gaan gedurende hierdie week geen direkte telefoniese kontak met u hê
nie, maar wees gerus dat die Huisvader of die Matrone u onmiddellik sal skakel
indien u seun siek voel of enige ander probleme ondervind. Moedig hom aan om
onmiddellik by ons aan te meld indien hy siek word, seerkry, olik voel,
41
verlang, huilerig raak, onseker is oor skoolwerk, of enige ander probleme
ondervind.
In die verlede is Murray-Huis se telefoon so oorlaai met oproepe van ouers en
voogde wat net “gou wil hoor” hoe dit met hul seun gaan, of die seun wil herinner
om sy medikasie te neem, dat die Huisvader en Matrone niks anders gedoen kry
nie. U word dus versoek om gedurende hierdie week slegs in uiters dringende
gevalle met die Koshuis in verbinding te tree.
Ons ervaar ook jaarliks dat seuns wat gedurende die eerste twee weke gereeld
met hulle ouers kontak het, dit die moeilikste vind om by die koshuis en nuwe
omgewing aan te pas. Seuns sal veel eerder ’n “agterdeur” aangryp as om te
probeer aanpas. Ons vra asseblief dat u ons sal vertrou en glo dat ons werklik u
seun se beste belange op die hart dra. Ons wil baie graag hê dat elke seun, so
gou as moontlik, die aanpassing in sy nuwe omgewing moet maak.
PRAKTIESE REËLINGS
Vanaf 13 JANUARIE 2020 kan sporttoerusting, gholfstokke, fietse (helmet, ketting en
slot) ens. na die Koshuis gebring word.
Daar is ’n yskas, mikrogolfoond en ketel (“urn”) vir die seuns se gebruik beskikbaar.
Seuns kan dus ’n klein voorraad koffie/tee, suiker, melkpoeier, Milo, “Two-Minute
Noodles”, ens. saambring.
Tydens die eerste week is daar ’n oriënteringsproses wat net ’n lekker geleentheid
is om mekaar te leer ken en die skool se tradisies aan te leer. Seuns hoef nie hieroor
gespanne te wees nie. Enige onreëlmatighede sal onmiddellik aangespreek word.
Graad 8’s moet gereeld gedurende hierdie oriënteringstydperk iets saamdra om
hulself as nuwelinge uit te wys, soos ’n plakkaat (A4) om die nek (’n stukkie tou of wol
is voldoende) en ’n baksteen in papier toegedraai.
“Pin” asb. alle belangrike telefoonnommers (bv. die wassery/taxi-diens/Personeel/
Matrones) vooraf in u seun se selfoon in. Ook die naam van sy Mediese Fonds, sy
lidmaatskapnommer en die Mediese Fonds se telefoonnommer.
Plaas u eie naam en telefoonnommer onder ICE 1 (“In Case of Emergency”) op sy
selfoon, asook ER24 se nommer: 084124. Ambulans: Tel. 10177. U kan dus bv. meer
as een ICE skep, bv. ICE 1 (ouers/voogde), ICE 2 (ER24 se nommer), ICE 3
(ambulans se telefoonnommer), ICE 4 (Mediese Fonds-besonderhede), ens. Indien u
seun vir iets allergies is, moet u ook daarvan ’n nota op sy selfoon maak, bv. onder
42
ICE 5. Wys en verduidelik aan u seun watter nommers alles op sy foon is. Ons
versoek u vriendelik om ook hierdie betrokke nommers op u eie selfoon te “pin”. Ons
is daarvan bewus dat nie alle seuns ’n selfoon het nie. Maak asb. ’n lys van die
belangrike nommers om in sy kas op te sit. Die Matrone en Personeel sal hierdie
seuns altyd help.
Maak seker die Koshuis se e-posadres ([email protected]) en telefoonnommer
(060 551 4078) is op al u selfone beskikbaar.
Bloem Taxi’s Tel. 051 433 3776 of Happy Cabbies 071 711 7771 /
Berei u seun daarop voor dat hy moontlik onseker, fisies en emosioneel moeg of
gespanne kan raak tydens die nuwe omstandighede. Onder sulke omstandighede, of
indien hy enige probleme ondervind, moet hy asseblief nie huiwer om aan ons deur
te klop nie. Ons, die voog-onderwysers en prefekte, is daar om sy
ondersteuningsbronne uit te brei en om hom met sy aanpassing te help. Hy moet asb.
met ons kom praat!
Seuns word nie toegelaat om ooit ander seuns te boelie of te slaan, hul outoriteit te
misbruik, of enige ander aktiwiteite toe te pas wat teen die wet of Skoolreëls is nie.
Rapporteer boelie-gedrag dadelik aan die Huisvader. GEEN boelies word geduld nie
en ’n “grap” of opmerking wat iemand ongemaklik of seer maak, word nie as ’n grap
beskou nie. Alhoewel ons nie mekaar verklik (“split”) nie, staan ware Grey-manne op
vir wat reg is, en ons beskou die verskil tussen dié twee aspekte in ’n baie ernstige
lig. (Raadpleeg asb. die Gedragskode op die Skool se webblad.)
Seuns word aangemoedig om hulself te beskerm deur op te let na die “digitale
voetspore” wat hulle laat. Hulle moet hulself beskerm deur geen inkriminerende
opmerkings op Facebook, WhatsApp, Twitter, ens. te maak nie. Seuns moet hulself
daarvan weerhou om ander met hul kommentaar op sosiale media te boelie.
Seuns moet hul kamermaats, klasmaats, seniors, onderwysers en die hoof ten alle
tye respekteer. Swak dissipline in die klaskamer en disrespek, spesifiek teenoor
vroulike onderwysers, sal nie geduld word nie.
Ons hoofdoel is om elke seun tot ’n selfstandige jong man te ontwikkel wat homself
volhoubaar sal kan handhaaf in die lewe ná skool. Dit is daarom belangrik dat die
seuns van Murray-Huis sal uitstaan as pligsgetroue seuns wat, veral teenoor
damespersoneel, die nodige respek toon.
Die skool se Finansiële Afdeling hanteer Koshuisfooie en Skoolfooie afsonderlik so
maak asb. seker dat betalings in die korrekte rekening gemaak word. Indien u oor iets
twyfel, kan u die skool se finansiële kantoor (Me. Chantelle Gordon) kontak. Handig
asb. ’n uitdruk van die bewys van betaling op 13 JANUARIE 2020 saam met die
43
Koshuis Mediese-vorm in. Wanneer u die koshuisfooie betaal, moet u asseblief seker
maak dat die volgende VERWYSING daarop verskyn:
1. Koshuisfooie – Murray-Huis
2. U seun se voorletters en van
Let asb. daarop dat u seun sy plek in die koshuis sal verbeur indien
betalings nie voor of op die voorgeskrewe datums gemaak is nie.
Faksnr.: 051 444 5848
E-pos: [email protected] / [email protected]
“cc” asb. Murray-Huis met u bewys van betaling: [email protected]
Sportafrigters verlang gewoonlik die volgende addisionele dokumente, en vir
gerieflikheidshalwe kan u dit vooraf aan u seun voorsien. Dit word in sy persoonlike
administrasie-“flip file” in sy kas gebêre.
1. Vier tot vyf ID foto’s van u seun. Skryf sy naam en ID nommer agterop elke
foto. (Onthou die ekstra ID foto wat op die voorblad van die Murray-Huis
Mediese-vorm geplak word.)
2. Vier gewaarmerkte afskrifte van u seun se geboortesertifikaat. (Onthou asb. ’n
ekstra afskrif wat saam met die Murray-Huis Mediese-vorm ingehandig word.)
SONBRAND: Tydens die vele sportbyeenkomste – soos rugby, krieket, atletiek en
swem – word seuns deurentyd aan skadelike sonstrale blootgestel. Moedig asseblief
u seun aan om ’n goeie sonskerm en hoofbedekking (hoed/pet) te dra. Na afloop van
die “newie”-konsert mag graad 8’s Grey-pette dra – beskikbaar by die Grey Armour-
winkel op die skoolterrein.
ONTHOU
1) Maak apteekrekening oop by ’n apteek wat afleweringsdienste bied. Ons beveel
Medi-Bloem Apteek ten sterkste aan.
44
2) KOSHUIS MEDIESE-VORM: Voltooi volledig (ongeag of u aan ’n fonds behoort).
3) Neem 6 kleur ID foto’s van seun:
NB! Plak EEN ID foto op KOSHUIS MEDIESE-VORM, bladsy 1.
Hou 4 tot 5 ID foto’s in seun se persoonlike “flipfile” vir sport- en
skoolaangeleenthede.
4) Bestel/Koop boeke en Grey-boekoortreksels via Books4Schools op die Grey-
webblad (sien Boekvorm) of koop boeke by Protea Boekwinkel Brandwag, ens.
GEEN geld vir boeke word in Grey Kollege se rekening inbetaal nie. Bestel
naamplakkers (indien verkies).
5) Koop skoolklere, sportklere, ens. Merk alle klere en toerusting deeglik.
6) Sit diverse uitgawes bv. kamp, Duitse diktaat, ens. in koeverte.
7) 1 x stewige koevert met seun se naam en selnommer op (sien dokument).
8) “Pin” kontaknommers in u persoonlike/u seun se selfoon: Murray-Huis tel. 060 551
4078/ Personeel / taxi / ER24 Tel. 084124 / tandarts / fisio / familie / wassery, ens.
9) ALGEMEEN:
INHANDIG 13/01/2020 = HUISVADER “FLIP FILE” = SEUN SE KAS
Koshuis Mediese-vorm met ID foto
van seun op die voorste bladsy
Afskrif van Koshuis Mediese-vorm
Ekstra ID foto’s van seun vir sport
1 x Mediese Fonds-kaart en/of
gewaarmerkte afskrif van kaart (voor
en agter)
Oorspronklike Mediese Fonds-kaart
Gewaarmerkte afskrif van Mediese
Fonds-kaart (voor en agter)
1 x gewaarmerkte afskrif van seun se
geboortesertifikaat
4 x gewaarmerkte afskrifte van seun
se geboortesertifikaat
1 x gewaarmerkte afskrif van ID van
Mediese Fonds Hooflid / ouer
2 x gewaarmerkte afskrifte van ID van
Mediese Fonds Hooflid / ouer
Ondertekende Toestemming &
Vrywaringsvorm vir Vervoer van
Skolier
Lys van seun se kroniese medikasie
met presiese aanduidings van hoe hy
dit gebruik
Bewys van betaling van koshuisfooie Lys van seun se self-medikasie –
inhoud en dui aan presies hoe hy dit
gebruik
Vrywaringsvorm: Graad 8 Opvoedkundige Kamp + gedrukte bewys van betaling
= Mnr. Rudeé Barker
45
TEN SLOTTE...
Sterkte met die beplanning, die inpak asook die trane. Ek kan u
verseker dat u seun in uiters bekwame hande gelaat word. Dit is vir
ons as Murray-Huisspan ’n enorme voorreg om deel te word van u
seun se lewe. U seun se groei en sukses lê egter grotendeels in sy eie
hande. Dit mag dalk soms voel asof die vreemdheid nie die moeite
werd is nie. Seuns glo in dit wat tuis gespreek word, so motiveer
asseblief u seun om gedurende moeiliker tye deur te druk aangesien
die vrugte wat hy gaan pluk vir seker die moeite werd sal wees.