woord@berg-en-dal- des-2009

16
woord@berg-en-dal kwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal posbus 28048, danhof 9310 <[email protected]> jaargang 5 no 4 Desember 2009 BINNE Jaareind: Vorentoe gekyk ..................................................................3 Kermis sê dankie ...............................................................................4 Lente en Advent .................................................................................7 Apostolicum .......................................................................................9 Lied 284 onskriftuurlik? ....................................................................12 Wat is Gereformeerd (III) .................................................................13 Kerkmuis ..........................................................................................16 Dit is nie net by Prellerplein dat daar in die laaste maande groot bou- bedrywighede was nie. Op die groot stuk grond langs die motorhuise van Siësta Tehuis vir Bejaardes in Genl. Conroystraat, het 'n blok woonstelle van 40 eenhede opgeskiet wat in Junie volgende jaar onder die naam “Graceland” gaan open. Na uitgebreide onderhandelinge het die bestuur van Siësta besluit om hierdie grond af te sny en aan die Graceland Trust te verkoop. Siësta het self ook insae in die planne gehad en aan die einde van Mei is die grond oorgedra en het die bouwerk begin. Elkeen van die eenhede bestaan uit twee slaap- kamers, 'n badkamer, eet/sitkamer en kombuisie. Parkering word onder afdakke voorsien. Volgens mnr. Ken Kahts wat met die verhuring gemoeid is, sal die huur in die omgewing van R 3 500,00 per eenheid beloop. Dit beteken dat daar baie sentraal in Dan Pienaar naby die skole en winkelsentrum relatief bekostigbare verblyf vir oud en jonk beskikbaar gestel gaan word. Dit het ook implikasies vir Berg-en-Dal: sou hier 'n beduidende aantal lidmate van die NG Kerk vestig, kan dit 'n nuwe bedieningspunt word - iets wat met die verdigting van die woonbuurt ál meer deur die kerkraad in gedagte gehou moet word. Die inkomste van R 2,6 miljoen wat hiermee deur Siësta bekom is, gaan gebruik word om skulde van die Tehuis te delg en om nuwe motorhuise aan te bou. Dit is deel van 'n opknappingsproses wat in die laaste jaar by Siësta gedoen is en positiewe reaksie onder inwoners te gevolg gehad het. Ook wat die bestuur betref, is daar 'n proses op gang waardeur inwoners groter in- spraak in die ontwikkeling van die Tehuis gaan kry. Intussen is bouwerk aan die nuwe winkelsentrum by Prellerplein on- bepaald gestaak, weens probleme wat Ströhfeldt-kontrakteurs ondervind, en loop die voltooiing en opening daarvan oor na later in 2010. Dit was 'n sinodesitting wat hoop wou gee - te midde van 'n swaarmoedigheid oor landsom- standighede; syfers wat wys dat in die afgelope sewe jaar 40 000 lidmate van die Vrystaatse NG Kerk weg is; gemeentes wat finansieël swaar trek; vrywilligers en predikante wat moed verloor. Daarom is besluit om tydens die eerste twee dae 'n inspirerende beeld te gee van die omvangryke werk wat deur die Vrystaatse Kerk gedoen word - van Japan tot Zambië, maar veral hier plaaslik in die Vrystaat onder bejaardes, wesies, ge- stremdes, vigslyers, weggooimense. Aan hierdie onbaatsugtige getuienis- en barmhartigheids- werk wat mense se konkrete lewensomstandig- hede verlig, word R 7,1 milj. spandeer (= 71% van die sinodale begroting). Min oë het droog gebly toe 'n koor van doofstom kinders in die sinodesaal “gesing” het. Die Torings van Hoop- projek in die middestad waar 'n lang ry behoeftiges en haweloses hul aandete kom haal, gryp die verbeelding aan. Net so diep is afgevaardigdes geraak deur die verhale van hoop uit klein gemeentetjies op die Vrystaatse platteland - óók deur hul pleidooie om hulp. “Dit het my laat wonder watter positiewe bydrae ons in Berg-en-Dal as 'n besonder geseënde ge- meente, kan maak”, skryf leierouderling Victor Reitz as afgevaardige, in sy verslag terug aan die Kerkraad. Deur God geroep Die oorkoepelende tema van die sinodesitting was “Die kerk wat God ons roep om te wees”. En die engel het vir die herders gesê: “Moenie bang wees nie...” (Luk. 2:10). SJ Fourie ontferm hom oor twee van die herders, Lambrecht Scheepers en Jan- Louis Fourie, vóór die Kerssangdiens van 22 November. woord@bergendal wens al sy lesers 'n geseënde Kersfees toe en 'n nuwe jaar in die teenwoordigheid van Hom oor Wie die goeie tyding regtig gaan: Immanuel! Vrystaat weifel: reformasie of akkommodasie? NG Sinodesitting soek hoop én stel teleur - Jan Lubbe - Die NG Kerk in die Oranje-Vrystaat het by haar 50ste sinodesitting in 2005 haar gereformeerde identiteit herbevestig. Vier jaar later, ná die 51ste sitting, hang daar vraagtekens hieroor, en die nagenoeg 350 afgevaardigdes wat vir vier dae teen R 275 000 per dag (!) hier in Bloemfontein byeen was, sal daardie vrae uiteenlopend beantwoord. Groot skuiwe kom by Siësta - Jan Lubbe -

Upload: abri-van-vuuren

Post on 14-Mar-2016

259 views

Category:

Documents


11 download

DESCRIPTION

kwartaalblad

TRANSCRIPT

Page 1: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@berg-en-dalkwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal

posbus 28048, danhof 9310 <[email protected]>

jaargang 5 no 4 Desember 2009

BINNEJaareind: Vorentoe gekyk ..................................................................3Kermis sê dankie ...............................................................................4Lente en Advent.................................................................................7Apostolicum .......................................................................................9Lied 284 onskriftuurlik?....................................................................12Wat is Gereformeerd (III) .................................................................13Kerkmuis ..........................................................................................16

Dit is nie net by Prellerplein dat daar in die laaste maande groot bou-bedrywighede was nie. Op die groot stuk grond langs die motorhuisevan Siësta Tehuis vir Bejaardes in Genl. Conroystraat, het 'n blokwoonstelle van 40 eenhede opgeskiet wat in Junie volgende jaar onderdie naam “Graceland” gaan open.

Na uitgebreide onderhandelinge het die bestuur van Siësta besluit om hierdiegrond af te sny en aan die Graceland Trust te verkoop. Siësta het self ookinsae in die planne gehad en aan die einde van Mei is die grond oorgedra enhet die bouwerk begin. Elkeen van die eenhede bestaan uit twee slaap-kamers, 'n badkamer, eet/sitkamer en kombuisie. Parkering word onderafdakke voorsien. Volgens mnr. Ken Kahts wat met die verhuring gemoeid is,sal die huur in die omgewing van R 3 500,00 per eenheid beloop. Dit betekendat daar baie sentraal in Dan Pienaar naby die skole en winkelsentrum relatiefbekostigbare verblyf vir oud en jonk beskikbaar gestel gaan word. Dit het ookimplikasies vir Berg-en-Dal: sou hier 'n beduidende aantal lidmate van die NGKerk vestig, kan dit 'n nuwe bedieningspunt word - iets wat met die verdigtingvan die woonbuurt ál meer deur die kerkraad in gedagte gehou moet word.

Die inkomste van R 2,6 miljoen wat hiermee deur Siësta bekom is, gaangebruik word om skulde van die Tehuis te delg en om nuwe motorhuise aan tebou. Dit is deel van 'n opknappingsproses wat in die laaste jaar by Siëstagedoen is en positiewe reaksie onder inwoners te gevolg gehad het. Ook watdie bestuur betref, is daar 'n proses op gang waardeur inwoners groter in-spraak in die ontwikkeling van die Tehuis gaan kry.

• Intussen is bouwerk aan die nuwe winkelsentrum by Prellerplein on-bepaald gestaak, weens probleme wat Ströhfeldt-kontrakteurs ondervind,en loop die voltooiing en opening daarvan oor na later in 2010.

Dit was 'n sinodesitting wat hoop wou gee - temidde van 'n swaarmoedigheid oor landsom-standighede; syfers wat wys dat in die afgelopesewe jaar 40 000 lidmate van die Vrystaatse NGKerk weg is; gemeentes wat finansieël swaartrek; vrywilligers en predikante wat moed verloor.Daarom is besluit om tydens die eerste twee dae'n inspirerende beeld te gee van die omvangrykewerk wat deur die Vrystaatse Kerk gedoen word- van Japan tot Zambië, maar veral hier plaaslikin die Vrystaat onder bejaardes, wesies, ge-

stremdes, vigslyers, weggooimense. Aan hierdieonbaatsugtige getuienis- en barmhartigheids-werk wat mense se konkrete lewensomstandig-hede verlig, word R 7,1 milj. spandeer (= 71%van die sinodale begroting). Min oë het drooggebly toe 'n koor van doofstom kinders in diesinodesaal “gesing” het. Die Torings van Hoop-projek in die middestad waar 'n lang rybehoeftiges en haweloses hul aandete komhaal, gryp die verbeelding aan. Net so diep isafgevaardigdes geraak deur die verhale van

hoop uit klein gemeentetjies op die Vrystaatseplatteland - óók deur hul pleidooie om hulp. “Dithet my laat wonder watter positiewe bydrae onsin Berg-en-Dal as 'n besonder geseënde ge-meente, kan maak”, skryf leierouderling VictorReitz as afgevaardige, in sy verslag terug aandie Kerkraad.

Deur God geroep

Die oorkoepelende tema van die sinodesittingwas “Die kerk wat God ons roep om te wees”.

En die engel het vir die herders gesê: “Moenie bang wees nie...” (Luk. 2:10).SJ Fourie ontferm hom oor twee van die herders, Lambrecht Scheepers en Jan-

Louis Fourie, vóór die Kerssangdiens van 22 November. woord@bergendalwens al sy lesers 'n geseënde Kersfees toe en 'n nuwe jaar in die

teenwoordigheid van Hom oor Wie die goeie tyding regtig gaan: Immanuel!

Vrystaat weifel: reformasie ofakkommodasie?• NG Sinodesitting soek hoop én stel teleur

- Jan Lubbe -

Die NG Kerk in die Oranje-Vrystaat het by haar 50ste sinodesitting in 2005 haar gereformeerde identiteit herbevestig. Vier jaar later, ná die 51stesitting, hang daar vraagtekens hieroor, en die nagenoeg 350 afgevaardigdes wat vir vier dae teen R 275 000 per dag (!) hier in Bloemfonteinbyeen was, sal daardie vrae uiteenlopend beantwoord.

Groot skuiwe kom by Siësta- Jan Lubbe -

Page 2: Woord@berg-en-dal- Des-2009

2 woord@berg-en-dal

Brokkies uit die Kerkraad

• “Kerkbode” en “Lig” gratis te kry: Berg-en-

Dallers moet ingelig bly! Die Kerkraad hetbesluit om weer op 30 Kerkbodes in te teken,asook op 10 eksemplare van die Lig-gesins-tydskrif. Dit is twee-weekliks gratis in die kerk-kantoor beskikbaar - kom haal gerus af enlees: dit is kwaliteit leesstof vir die hele gesin.Diegene wat wil, kan 'n finansiële bydraemaak om kostes te bestry.

• Verteenwoordiger by Noorderbloem: Die

Kerkraad het Hans Koorts vir 'n tweedetermyn as Berg-en-Dal se verteenwoordigerin die bestuur van Noorderbloem aangewys.Alhoewel hierdie behuisingskema vir bejaar-des selfstandig funksioneer, is daar weenshul historiese rol in die totstandkoming vandie skema, inspraak vir Ringsgemeentes indie bestuur voorsien. Tans woon daar 9 Berg-en-Dallers by Noorderbloem.

• Werksopdrag van leraars bekyk: Die

Komitee vir Diensverhoudinge onder leidingvan oudl. Dave Samuel, het goed gevordermet hul evaluering van die posomskrywingsen werksopdrag van die leraars (die sg.Prestasie-Ondersteuningsplan). Konstruk-tiewe gesprekke is met beide leraars gevoeren die matige werksverdeling wat vanjaaralreeds geïmplementeer is - dat ds. Terblanchegroter verantwoordelikheid vir lidmate in dieaftree-oorde in en rondom die gemeenteneem en ds. Lubbe vir die jeugbediening,Huis Eie Haard en die redigering van Fokusen woord@bergendal - gaan in 2010 verdergeprioretiseer word.

• Nuwe nisse in Gedenkmuur: Die tweede

muursegment in die Gedenktuin is voltooi endie marmerplate vir die voorkant word tansgesny. Pieter Jacobs (Genl. Conroystr. 36) -diaken, kontrakteur en boer - het die bouwerkonderneem en die koste daarvan aan diegemeente geskenk; die Kerkraad is homhiervoor opreg dankbaar! Met die tweedemuur is 'n verdere 110 nisse tot beskikkingvan lidmate, hul ouers en kinders. Die Kerk-raad het ook 'n beleidsverandering goed-gekeur om as 'n uitsondering, ook oud-lid-mate wat dit sou versoek, hier te kan akkom-modeer. Die koste vir 'n enkelnis beloop tansR 1 300,00 en vir 'n dubbelnis, R 2 100,00.Kontak die kerkkantoor vir meer besonder-hede (051-4362750).

Van bl 1 Sinode

woord@bergendal is deel van die bediening in dieNG Kerk Berg-en-Dal: 'n kerk waar die bedieningvan die Woord sentraal staan. Dit is immers 'nWoord van oorsprong en konteks, 'n Woord vanverlossing en herskepping, en 'n Woord vanbemoediging en vertroosting.

Redaksie:

Jan LubbeGert TerblancheLouise CilliersMaria WesselsHeidi SteynFanie van JaarsveldElise Ferreira

Vir baie afgevaardigdes lê die weg vorentoehierin: daadwerklike gehoorsaamheid aan onsroeping in hierdie konteks, óns omgewing waarindie nood aan brood en Woord verdiep; 'n wêreldwat na hoop verlang. Dr. Coenie Burger vanStellenbosch het die sinode toegespreek oorgemeentes se roeping en daarop gewys dat onsdie Opgestane Christus op sy weg in hierdiewêreld moet volg en bereid sal moet wees omopofferings te maak. Méér nog, het hy byge-voeg: ons het nie in die eerste instansie nuweplanne nodig nie, maar 'n geestelike verdiepingin ons verhouding met die Lewende Here.

Die kommerwekkende is dat die sinode juis ophierdie punt gehuiwer het! 'n Besorgdheid het indie sinodesaal posgevat oor waar en hoe hierdieverdieping gesoek moet word. Wie is hierdiekerk wat deur God geroep word?

Antwoorde verskil dramaties

Verskillende antwoorde is gegee: daar is die-gene wat meen die verdieping moet deur diemusiek, sang en spiritualiteit in eredienste kom -hoe groter die verskeidenheid, hoe beter. Uit-eenlopende en selfs botsende style is in dieoggend- en aandwydings tydens die sinode ge-akkommodeer, sodat 'n ouderling van Berg-en-Dal skepties opgemerk het dit voel vir hom of hynou in die AGS beland het! Oor die hele vier daeis slegs drie Psalms gesing! Ander meen weerdat verdieping in 'n verlewendiging van diebelydenisskrifte gesoek moet word. Volgensprof. Rian Venter, wat die sinode oor “Kerk,identiteit en belydenis” toegespreek het, moetons belydenis met verantwoordelikheid geïnter-preteer word. Maar, terwyl daar aan die eenkantsonder huiwering 'n voorstel aanvaar is om diekenmerke van die ware kerk - suiwer bedieningvan die Woord, sakramente en onderlinge opsig(Nederlandse Geloofsbelydenis, art. 29) - te her-oorweeg en aan te pas, is daar aan die ander-kant watergetrap oor 'n aktuele saak soos dieverbondsdoop en doopvieringe (“'n eufemismevir 'herdoop'” - aldus Berg-en-Dal se ouderlinge).En, Belhar bly 'n dilemma en wééreens het dieVrystaatse Sinode gefaal om helder hieroor tepraat. “Belhar kan ons help om vrede met dieverlede te maak, en die toekoms tegemoet tegaan met verantwoordelikheid”, het prof. Ventergesê. Geen besluite is egter geneem nie.

Nóg 'n ander groepering soek die weg vorentoein nuwe strukture. Ook hierin het die sinode diegereformeerde spoor verloor: in die moderamenen ander sinodale kommissies is ouderlingegemarginaliseer, speel dominees die domi-nerende rol én is die beginsel van verteen-woordiging nogeens laat vaar ten gunste vaneendersdenkendheid.

Gevoelsteologie

In die algemeen gesproke, het die afgelopesinodesitting van die Vrystaatse NG Kerk 'nonbehaaglike gevoel van gejaagdheid gelaat enis wesentlike sake nie uitgepraat nie. Die ver-vreemding en verstrooiing gaan vir nog vier jaarvoort. Om nogeens Berg-en-Dal se ouderlingeaan te haal: deur die onbeperkte akkommo-dering van “alternatiewe bedieningsmetodes” is'n “oppervlakkige en sentimentele gevoels-teologie waarin die emotiewe uitgebuit word enberedeneerde Woordverkondiging ontbreek”,besig om die NG Kerk op sleeptou te neem.Lidmate sal hieroor duidelikheid wil hê. Die ver-slag van die vier afgevaardigde ouderlinge, dientans voor die Kerkraad en sal in die nuwejaarverdere aandag kry.

Is ons fiks genoeg? GP Heppel, Oupa CilliersSnyman en Ma Elda Heppel, kort voor hul wegspring

met die padwedloop.

Pa Francois, Liam en Oupa-ouderling Kalie Strydomtydens die Kermis op Vrydag, 9 Oktober. Vir nog

kermisfoto's, sien p. 5.

Page 3: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@berg-en-dal 3

Vrouediens kies vars en vol verwagting. Die pasverkose voorsitter van die Vrouediens is Carlivan Staden, hier saam met Margaret Kruger en Heidi Steyn. Die nuwe bestuur het baie planne,

waaronder 'n inisiatief om 'n Bybelstudie/omgeegroep vir jong ouers (ma's!) te begin.

“Dalk gaan dit te goed...” Só het van die kerk-raadslede by 'n besinningsgesprek oor Berg-en-Dal se pad vorentoe, gemeen. Lidmate en leierssal sterker verantwoordelikheid vir hul eie geeste-like verdieping sowel as dié van die gemeentemoet neem - veral in die moeiliker konteks entydsgewrig waarin ons geroep is om kerk te wees.Sowel die Bestuursraad (voorsitters van bedien-inge) as die nuwe Kerkraad het die afgelope tweeSondagmiddae tyd spandeer om oor 2009 terug tekyk, oor die stand van die gemeentelike lewe tebesin en te vra hoe die pad vorentoe lyk. Nogonder die indruk van ds. Gert Terblanche se preekoor Johannes 3:29-30 - dat die Kerk die bruid van

Die moontlikheid dat die Dutch Reformed ChurchAndrew Murray na Dan Pienaar sou verskuif en diekerkgebou en fasiliteite van Berg-en-Dal vir hulbediening sou gebruik, is vireers van die baan. 'nMeerderheid van die 90 belydende lidmate van diéEngelssprekende gemeente het besluit dat die tweeopsies wat deur Berg-en-Dal vir hul Sondagoggend-eredienste voorgestel is - 08:30 en 11:00 - nie werk-bare moontlikhede is nie.

Andrew Murray-gemeente het in 1975 tot standgekom, nadat dr. Tienie Zeeman (eerste leraar vanBerg-en-Dal) met 'n bediening onder Engelsspre-kendes, Portugese en Jode in Bloemfontein beginhet. Deur die afgelope dekade het bande tussenmoeder en dogter verdiep, met onder andere 'njaarlikse gesamentlike Paassangdiens en -Nagmaal- 'n erediens wat deur beide gemeentes as geseëndbeleef is. Dit het nie as 'n verrassing gekom dat juisBerg-en-Dal genader is, toe die situasie van AndrewMurray wat hul eredienste in 'n gebou in Alexandra-laan hou, veral vir hul ouer lidmate weens misdaaden die stadsdrukte moeiliker geword het nie.

Verskeie gesprekke tussen die twee kerkrade hetgevolg en alhoewel dit positief beleef is, was daarpraktiese sake wat problematies blyk te gewees het:

Andrew Murray sê “nee” (vireers)

Jaareinde: tyd om na Bo, na binne, rondom en vorentoe te kyk• Besin oor strategiese prioriteite

Ds. Phahlane van die NGKA Bloemfontein-Noord enander Sotho-lidmate luister aandagtig na wat oudl. Erna

Gouws oor Bybelverspreiding vertel.

Die twee oudste kerkgangers by die Sotho-dienste seafsluiting: Oumas Marie Kabi en Elisa Phokobje. Ouma

Marie bring elke Sondagmiddag haar kleingeld virBybelverspreiding.

Links: Oudl. BarendBezuidenhout, wat aandie einde van sy ter-myn as kerkraadslidgekom het - sedert die1960's het hy die Heremet toewyding inBerg-en-Dal gedien;hy was een van diestaatmakers om kerk-gangers Sondag-oggende vroeg by diedeure met 'n Ge-meentebode en glim-lag te verwelkom!Dankie Oom Barend!

Volgens prof. Johan van Rensburg hoef die besluitvan Andrew Murray om nie hierheen te kom, nie dieeinde van die pad te wees nie. Hulle sou voorlopigin projekte met Berg-en-Dal wou saamwerk, soosalreeds met die uitreik na gesagsdraers gebeur.Strategies sou dit Berg-en-Dal ook baat om verderhieroor na te dink.

Christus is en dat ons soos strooijonkers en strooi-meisies saam oor haar bly moet wees! - was diegevoel redelik algemeen dat die Here wéér vanjaarsy gemeente hier by die sirkel geseën het, maardat daar leemtes is wat nie misgekyk moet wordnie!

Wat haar lidmaattal betref, het Berg-en-Dal nage-noeg so groot soos verlede jaar gebly: 1225 siele.Die grafiek (regs) gee 'n aanduiding van die ouder-domsverspreiding in die gemeente - 'n tipiesefamiliekerk: dooplidmate, hul ouers, studente, jongwerkendes en jong getroudes tel saam 54% vanons lidmate! Na bl 4

die feit dat beide oggenddienste van Berg-en-Dalgoed bygewoon word; dat die parkeerterrein hieralreeds te klein geword het; dat junior- en seniorkategese direk ná mekaar in dieselfde lokale aan-gebied moet word; en dat eredienste met sakra-mentsbediening dikwels langer duur. Dit het Berg-en-Dal se kerkraad - wat om bogenoemde redes nie aandie 09:30-eredienstyd hier wou verander - uiteindelikmet 'n eerste keuse-aanbod gelaat: 'n laat-oggend-diens vir Andrew Murray, om 11:00.

Page 4: Woord@berg-en-dal- Des-2009

4 woord@berg-en-dal

Smith, een van ons diakens. Winnie von Burick, dieouderling by Siësta, tree as ons ywerige skakel-persoon op.

'n Jaarlikse bydrae van die kerkraad stel ons in staatom aan elke inwoner 'n verjaarsdag- en kers-geskenkie te gee, waarvoor ons baie dankbaar is.

Jubilate beteken “vreugde”, en dít is wat 'n groeplidmate uit Berg-en-Dal vir die inwoners van Siëstawou bring. Die behoefte aan ontspanning enafleiding is al in 1997 deur Mary Geldenhuys, 'nafgetrede maatskaplike werker, tydens 'n besoekaan Siësta raakgesien. Felicity Borcherds het byhaar aangesluit en is nou al die afgelope tien jaaraktief betrokke by Jubilate. Onder haar entoe-siastiese leiding word die lewens van eensameinwoners opgevrolik.

Twee keer per maand kom die Jubilate-groep bySiësta byeen. Daar word altyd eers geselligteegedrink, met versnaperings wat deur vroue uitdie gemeente verskaf word. Dan volg 'n verskeiden-heid aktiwiteite, wat wissel van 'n geestelikeboodskap en samesang, tot speletjies en kompe-tisies soos vasvra of noot-vir-noot. Soms word 'ngasspreker genooi om die program verder interes-sant te maak. Hierin word Felicity bygestaan deurAnnette Swart (met klavierbegeleiding) en Alida

“Daar was beduidend minder voete, maar dieopbrengs van net meer as R 130 000 was bóverwagting en is 'n nuwe rekord-insameling watselfs 2007 se groot sukses oortref!”, aldus

Johannes Wessels, voorsitter van die Kermis-komitee. 'n Volledige verslag oor Kermis 2009waarin suksesfaktore en probleemareas uitgewysis, het by 'n nabetragtingsvergadering van diekomitee gedien.

Die netto-opbrengs op Vrydag, 9 Oktober, self - R 46 505, 74 - was minder as die vorige twee jare,maar 'n verbetering van meer as R 20 000 inkontantbydraes vooraf en 'n skenking van R 15 000 het die dag “gered'. 'n Oueraand enmatriekafskeid by ons buurtskole het heelwatpotensiële kermisgangers besig gehou, terwyl ditblyk dat 'n gebrek aan parkering ook 'nstremmende invloed op bywoning het. Diekostekomponent van die vleistafel, huurgeld vir 'nspringkasteel en -toring, en die uitgawes van diepadwedloop sal aangespreek moet word. Aan diepositiewe kant het kerrie-en-rys (R 4 498,96),

pannekoek (R 5 296,36) en poeding (R 3 825,15)hul omset opgeskuif, en was die uitbreiding van dieboeketafel 'n groot sukses - veral die teologieseafdeling het heelwat studente getrek (R 7 297,04).Die vleistafel en braaivleis-etes blyk steeds dietreffer te wees: vanjaar het hul R 15 361,34ingebring.

Interessante voorstelle is vir volgende jaargemaak: 'n storie-aand vroeër in die jaar; dat dieKermis reeds met middagete sal begin om ouersen kinders direk van die skole af te bedien; 'nkombinasie van die koffiehuis en boeketafel in diesaal; 'n ooreenkoms met 'n plattelandse gemeentevir die verskaffing van vars vleis. Die datum vir2010, is Vrydag, 22 Oktober - hopelik pas dit dieBerg-en-Dallers beter!

Ná die komiteevergadering, het almal dankbaarsaam geëet en gekuier.

'n Kermis om oor dankbaar te wees

Jubilate... Vreugde!- Felicity Borcherds -

'n Betekenisvolle tendens is die toename van lid-mate buite die tradisionele grense: tans is bykans43% van Berg-en-Dal se besoekpunte in daardiebuitewyke geleë! Verder sien die Kerkraad ook 'neffense groei in erediensbywoning: oggenddiensteword gemiddeld deur 396 lidmate bygewoon en 97kerkgangers in die aand - laasgenoemde het dieafgelope jaar danksy meer spesifieke temas endie Taizé-dienste merkbaar verbeter. Maar dit issteeds slegs 33% van die totale lidmaattal(soggens) en 8% saans!

Daar was nóg 'n seëning in dié moeilike resessie-jaar: gemeentelike inkomste het met meer as 15%

gestyg! In die maandelikse dankoffers en ere-dienskollektes wat van lidmate gekom het, wasdaar 'n styging van R 150 000; die Spesiale Dank-offer was R 12 000,00 meer as verlede jaar; dieKermis R 21 425,00 meer - genoeg rede om dieHere te loof en te dank!

Behalwe vir enkele verstellings aan doelwitte, hetdie Kerkraad dus besluit om met dieselfde vyfprioriteite vir volgende jaar te volstaan:

• Suiwer verkondiging van die Woord

• Vestiging, uitleef en getuienis van 'n gerefor-meerd-Christelike identiteit

• Fokus op die jeug en jonger/vroeg-middel

Drie ervare Pannekoekbaksters: Hankie Olivier, BetsieHough en Marie de Wit.

Johannes Wessels en Dirk van Zyl in vrolike luim: Dankievir ‘n wonderlike kermis!

Maryna Spies en Winnie Barnard (boeketafel), WillemienSmuts (padwedloop) en Zandra Neuhoff (Hotdogs &

slaptjips) glimlag dankbaar ná die kermissukses.

Van bl 3 generasie• Verdieping in uitreik na mekaar en inskakeling

by gemeentelike lewe• Uitreiking na breëre gemeenskap, spesifiek

in noodverligting.Die twee ondersteunende prioriteite - finansiëlevolhoubaarheid en effektiewe bestuur - word ookgehandhaaf om ons gemeentelike lewe verder telaat gedy en bogenoemde prioriteite haalbaar temaak. Dit alles, het die Kerkraad weer bevestig,om uitdrukking te gee aan die roeping van Berg-en-Dal as gemeente en van elke lidmaat:

“OP BERGE EN IN DALE - ORAL VOOR GODSAANGESIG!”

Die Tranetrekkers, wat by Siësta opgetree het tydenseen van Jubilate se genotvolle byeenkomste!

Page 5: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@berg-en-dal 5

Page 6: Woord@berg-en-dal- Des-2009

6 woord@berg-en-dal

daarvan, aan ons leraars opgedra: hulle moetversoeke oorweeg, 'n aanbeveling aan Barm-hartigheidsbediening maak en die uitbetaling vankontant fasiliteer - soms beloop dit aansienlikebedrae. Ons het by ander gemeentes adviesingewin, en dink tans aan maniere om sulkebetalings te verminder en eerder op tasbare hulp(kruiderniers en klerasie), ondersteuning metwater- en kragrekenings, die verkryging van werkof huisvesting te fokus. Die bediening wil ook hulpvan maatskaplike werkers in ons gemeente kryom met ondersteuning aan hulpbehoewendes tehelp.

Ons wil hierdie uitdaging dinamies en omvattendaanspreek, en het daarvoor nog meer vrywilligersnodig - kontak gerus vir Willem Bosman by 051-4475168 of 072 778 9066. Wenke of advies iswelkom. Diegene wat reeds hul name opgegeehet, sal spoedig betrek word. Ons vra ook voor-bidding vir hierdie werk en almal wat in een ofander nood verkeer.

"Ons mense kry swaarder..."• Barmhartigheidsbediening groei, in aangesig van nood

- Willem Bosman -

Reeds by die eerste bedieningsvergaderingvanjaar was dit duidelik dat Berg-en-Dallers graagwil help waar dit saak maak. Derhalwe is onsbediening beter gedefiniëer en 'n werksverdelinggeïmplementeer. Dit strek van die teeskink virkankerpasiënte by Nasionale Hospitaal, die Jeug-sorgsentrum in Gladstoneweg, die Vigswesies inAtangskool en Vrydagaand se etes by Bloem-shelter, tot die siekesorg ná hospitalisasie enbejaardes hier in ons midde. Ons het vanjaarbesef dat daar rondom só 'n siekbed ookversorgers staan, aan wie net soveel aandag asaan die sieke of bejaarde geskenk behoort teword. Felicity Borcherds en 'n paar ander vry-willigers het met groot entoesiasme nader-gestaan, inisiatief geneem en begin help - alreedshet dit groot waardering ontlok. Ons sê dankieaan hulle!

AlimentasieTerselfdertyd het Barmhartigheidsbediening besefdat die behoefte aan materiële ondersteuning

Die groeiende nood in ons samelewing, het in 2009 oor ons eie drumpel gekom. Dit het, genadiglik, ook 'n bewuswording onder lidmate van Berg-

en-Dal gebring en verskeie lidmate het vrywillig by ons Barmhartigheidsbediening betrokke geraak.

toeneem: al meer lidmate en ander beland weensdie huidige ekonomiese omstandighede finansieëlin die moeilikheid en begin ernstige nood in hulhuishoudings ervaar. Hulpverlening vra egter 'nbehoorlike beleid. Tans word alle verantwoordelik-heid vir alimentasiehulp weens die vertroulikheid

Willem Bosman, voorsitter van Barmhartigheid, by die“Huisie van Genade” wat vir die berging van insamelings

en voorrade in die binnehof opgerig is.

toe terug na Bloemfontein. Sy lewe het verander! VirPieter is hierdie boompies die bevestiging dat Godalles nuut maak: ná die winter weet hy watterboompie die eerste nuwe blaartjies gaan wys.

Pieter volg die Suid-Afrikaans ontwikkelde styl waar-volgens inheemse bome gegroei word om so na asmoontlik aan die natuurlike “grootjie” te wees. Van sybome sluit in pragtige Geelhoute, Akasias, Witstink-hout, Apiesdoring (sien foto regs), Wildevy, Pruim,Granaat en Koraal. Bonsai-bome kan gekweek worddeur saad te plat of deur 'n baie jong boompie uit diegrond te haal, te snoei en te verklein. Die sukses lêin kennis van die boom se natuurlike behoeftes: inwatter grondsoort die boom tuishoort; of dit in volsonof gefiltreerde lig groei; hou van 'n droë of nathabitat; en of dit 'n bladwisselende boom is al dannie. Die uitheemse bome soos die Japanese Mapelen Moerbei is in die herfs 'n fees van kleur. Elke dagword die boompies twee keer water gegee en ge-snoei, sodat daar 'n balans is wat betref die hoogtevan die boom, die stam, blare en bak. Elke tweedejaar word die bome verplant na groter bakke.

'n Lewende stokperdjie, dus, wat hom daagliksevreugde besorg. In die mistieke boompies het kleinfeëtjies, kabouters en paddatjies hulle al kom tuis-maak - geskenkies van die kleinkinders, alreedsvasgegroei in die fyn, gedraaide wortelstelseltjies.

Stapafstand van Berg-en-Dal woon Pieter enSilma Erasmus - elk met hul eie belangstellings,in harmonie. Vir die afgelope veertien jaar is hulal lidmate hier, maar hul mooi herinneringe gaanterug na 7 Januarie 1967, hul troudag in hierdieeinste kerkgebou wat toe nog maar agt jaar jonkwas! “Kyk, Ek maak alles nuut”, herinner Pieterons aan die teks in Openbaring 21:5; 'n teks wathom daagliks inspireer om vroeg op te staan ensy geliefde Bonsai-boompies met groot toe-wyding te gaan versorg.

Die woord “bonsai” beteken 'n boom in 'n bak (Pieterverkies die woord “bak” en nie “pot”). Sy belang-stelling in hierdie kunsvorm het sy ontstaan gehadin 1983, met 'n besoek aan sy vriend ds. DaanDekker in Dundee. Met ses Bonsai-boompies inswartsakke - 'n geskenk van ds. Dekker - keer hy

Heidi gesels met... Bonsaimeester Pieter ErasmusSo is 'n miniatuur wonderwêreld geskep waarin ouden jonk hulself verloor. En steeds brei Pieter dit uitdeur die plant van nuwe boompies...

Sy gunsteling aanhaling? “Bonsai is a living art formthat embodies human dedication, patience andrespect for nature.” woord@bergendal wens homen Silma nog vele gelukkige jare in hul tuin toe!

Page 7: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@berg-en-dal 7

Lente en Advent, en die jaar staan einde toe...Elke jaar beleef ons dit weer: die tyd vliegonder ons uit en as ons ons weer kom kry, is ditDesember, Advent en Kersfees, en Nuwejaar!Maar ons kan bely: die Here was getrou, soosaltyd, en sal ook daar wees in 2010.

Sy trou blyk in die lewens van lidmate wat die 80-merk verbygegaan het; Tannie Dolly Heiberg, 90en Tannie Joey Vermeulen selfs 93! Baie gelukaan hulle twee. Ander gewaardeerde seniors watverjaar het, was Elsie de Beer, Miemie Strydom,Anna Archer, Trudie du Plessis, Baby Gelden-huys, Hannie Nel, Corrie van der Merwe, Andriesvan Tonder, Kowie Wessels, Tobie Wiese, Koosvan Zyl, Pierre en Susan le Roux, SwanieHuman, Hans Koorts, Marie Bester, GertTerblanche, Jannie Witthuhn, Koos van Rens-burg, Miep van Ee, Sarel Peltzer, Frieda Barnarden Willem Naudé. Ons bid julle die Here se oor-vloedige seën toe.

Ons wens Bea Erasmus, een van ons jong bely-dende lidmate wat deesdae in Kroonstad skool-hou, geluk met haar en Riaan Claasen sehuweliksbevestiging (7 November); so-ook virCecily Marx, dogter van Rika en Dawie (Genl.van Schoorstr. 12), wat op 11 Desember trou énvir Ilse Erasmus wat op 15 Desember met Neil

Olivier in die huwelik tree. Mag jul huweliks-paadjies mooi en gelukkig wees! Gelukwenseaan die doopouers van die afgelope seisoen:Gerhard en Marthie Jansen met Amelie (Genl.Mockestr. 12); Tinus en Juanita Jonker met Ceira(Genl. Conroystr. 9B); Gerhard en AnnelizeSteenkamp van Fochville met klein Amé; en Jacoen Maudéne de Jager met CJ (Van der Stelstr.20).

Dit was nie net ons Graad 11's wat as leiersraakgesien is nie - 'n hele handvol Graad 6'e is totdie leerderrade van hul skole verkies! Ons wensgraag vir Jan-Paul Berry (Paul Rouxstr. 75) gelukmet sy aanwysing as hoofseun van Grey KollegePrimêr; ook vir Pierre Koekemoer en GP Heppelas nuwe prefekte daar. By Willem Postma isFrank Brand Scheepers, Daniël van Niekerk enHenriëtta Labuschagne verkies - sterkte aan jullealmal; gelukwensing ook aan hul ouers.

As gemeente moes ons hartseer afskeid neem -aan die eenkant van 'n jarelange lidmaat met 'nmooi, vol lewe van byna 87 jaar, Tannie Bep vander Leek; en aan die anderkant van 'n kleinbabaseuntjie, John Tweedale. Tannie Bep enhaar man, Oom Herman, het ná die TweedeWêreldoorlog uit Nederland na Suid-Afrikagekom en hul hier in Bloemfontein in die bou-bedryf kom vestig, bo in Kapt. Dawsonstraat.Dankie aan haar dogter, Yvonne, wat haar in dielaaste jare getrou bygestaan het. Klein John wasdie baba van John en Izelle Tweedale (Langen-hovenpark) en die kleinseun van Veronica enwyle Rudi van Niekerk (Kiepersol). Hy was vangeboorte af in die neo-natale eenheid byRosepark en het baie swaar gekry. By Siësta hetTannie Elize du Plessis heengegaan. Heelonverwags is Hoffie Hoffman verlede Saterdag-oggend by sy huis in Genl. Cronjéstraat oorlede:hy was jarelank verbonde aan die Lugmag en hetná sy aftrede saam met Corrie hier in DanPienaar kom woon. Tydens ons Kerssangdienshet Bettie Malan se moeder in Universitas-hospitaal van haar kinders afskeidgeneem - 'nmerkwaardige mens en voorbeeld vir almal vangeloofsblymoedigheid! Hester Blignaut, 'n oudlid-maat van ons gemeente wat vroeër in Dickie

“Je kwam, je ging, een korte weg,een vluchtig spoor in 't aardse land.

Vanwaar? Waarheen? Wij weten slechts:Vanuit Gods hand tot in Gods hand.”

(Ludwig Uhland)

Twee stigterslidmate wat na Pretoria verhuis het: OomNic en Tannie Johanna van der Walt by hul laaste

kermis in Berg-en-Dal.

By die Donderdagoggend-Bybelstudiegroep word nádie tyd lekker teegedrink om 'n verjaarsdag te vier -

hier is drie lede wat 'n nuwe dekade binnegegaan het:Pieter Erasmus (70), ds. Gert Terblanche (60) en

Hans Koorts (80).

Tannie Dolly Heiberg

Hoffie HoffmanTannie Bep van der Leek

Clarkestraat gewoon het, is skielik oorlede. So-ook Suzanne Boonzaaier se vader, ds. MalanTerblanche; hy is hier vanuit Berg-en-Dalbegrawe. Ons gebed is dat die Here al hierdiefamilies in hul smart deur sy Goddelike teen-woordigheid sal troos.

Verder leef ons mee met lidmate wat baie siekwas of geopereer is: Suzie Terblanche, SwanieHuman, Mollie van Staden, Grace de Goede,Koos van Rensburg, Willem Naudé, Leon Buys,Hilde du Plessis, Rina Geldenhuys en SakkieNoeth. Tannie Louise Minnaar is uiteindelikgenees, het Oom Flippie verlede Sondagdankbaar getuig. Die nuus van ouderling Koosvan Vuuren (Winterstr. 27) wat tuis van 'n leergeval en 'n ernstige kopbesering opgedoen het,het ons almal groot laat skrik! Hy is steeds in 'nkoma en onder intensiewe sorg; ons deel diekommer van sy mense - ons dra Liz, Jannie,Johan en Thelma aan die Here op: mag julle syliefde elke oomblik beleef.

Dan wens ons u almal 'n baie geseënde Christus-fees toe; en u wat weggaan met vakansie - reisveilig, kuier lekker en kom uitgerus terug. 'n Voor-spoedige nuwejaar vir almal!

Ds. Gert en Jan.

Page 8: Woord@berg-en-dal- Des-2009

8 woord@berg-en-dal

woord@berg-en-dalVergifnis

Die jaar 2009 stap sy laaste maand binne - diemaand van klaarmaak, inpak, uitspan. Hoe salons dié veelbewoë jaar onthou? Wat sal ons wilvergeet? Wat sal ons wil saamneem? In elke lewewaarskynlik eie laagtepunte én eie hoogtepunte.

Eén van die opspraakwekkende momente van-jaar, was die woorde en gebaar van die nuwerektor, prof. Jonathan Jansen, met sy inhuldigingmiddel-Oktober. Die media het dit onmiddelik op-geraap en die enkele sinne oor die Reitz-4 (dathulle hul studies aan die UV mag hervat) uitbasuinen hom vervolgens òf gekruisig òf vereer; politicihet luidkeels en opportunisties op die kampus toe-gesak; selfs die sinode van die NG Kerk in dieVrystaat het dit op hul manier raakgesien enaangeprys. In 'n postmoderne, sekulêre same-lewing het daar 'n openbare debat oor een van diemees basiese Christelike waarhede gekom:vergifnis.

Ironies genoeg, is dít nie heeltemal wat prof.Jansen gesê het nie! Of ten minste: nie ál nie! Diegewig van sy woorde en gebaar, het elders indaardie paragrawe gelê: in die mate waarin hyhomself - hoewel hy daardie gebeure ten sterksteafgekeur het - met die situasie en almal wat daar-deur geraak is, vereenselwig het. Dié drie woordeloop (ook in die Bybel) saam: vereenselwig, ver-gewe, versoen. Anders as wat sommige sommergou-gou by vergifnis wou uitkom, het hy hom metdie slagoffers van rassisme vereenselwig - endaardie slagoffers bevind hulself aan die ontvang-én aan die uitdeelkant van 'n euwel wat besig isom ons land 'n diep, diep wond toe te dien. Prof.Jansen het hom nie bokant daardie gebeureverhef en sy hande in 'n kommetjie onskuld gaanwas (iets wat ongelukkig in die reeds genoemdesinodesaal gebeur het), maar - terwyl ons ge-dagtes nou na 'n ander vergifnistoneeltjie van lankgelede dwaal - gebuk, met sy vinger in die sandgeskryf en gesê: wat gebeur het kan nooit reg-gepraat word nie, moet dit nie weer doen nie, toeomgedraai en gevra: wáárom het dit gebeur? Watgebeur in ons huise, skole en kerke wat jong-mense in súlke situasies laat beland en so-ietslaat doen? Wat is in ons land aan die gang datmense mekaar daagliks verskriklike dinge toe-snou en aandoen, sodat mens byna nie meermoed het om jou koerant oop te maak nie?

Kerke het 'n gulde oomblik van genade verspeelom te doen wat die rektor gedoen het en te sê:dáárdie kinders was enkele jare vantevore katki-sante in ons kerke! Ons mag nie 'n hoogheiligevinger wys nie; die beeld in die spieël is te bekend.Sit maar die klippe neer waarmee ons mekaar somaklik gooi, draai om en gaan maak reg. Vergifnisen versoening vra regstelling; dit vra dat ons open-hartig met mekaar hieroor sal praat - en dáárvangebeur daar ontstellend min. Te vinnig wil ons dieboeke toemaak. En toesmeer laat sweer; ditgenees nie. Terwyl die salwende waarheid is datwie vergewe het omdat die hartseer uitgepraatis, dit alles ook anders onthou. Ons herinne-ringe word genees.Hierdie laaste maand is ook vier weke vanAdvent. Van onthou: Immanuel - Hy wat oorsewentig maal vergewe kom praat het. Watgebid het: “Vader, vergewe...” Ons wens u 'nontmoeting met Hóm, dié feestyd toe.

DIE OOP WOORD. . . Ter wille van ons... almal!

“Die Seun van die mens het gekom om te soek ente red dié wat verlore is” (Lukas 19:10).

Adventstyd: Die Seun het gekom om te soek ente red - want só lief het God die wêreld gehad! Hywil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie; Hywil hê dat almal hulle bekeer en lewe (2 Pet. 3:9).Nee, Hy het nie in die eerste instansie gekom terwille van verdruktes en benadeeldes enveronregtes, soos die Bevrydingsteologie dit wilhê nie, maar ter wille van mense wat die spoorbyster geraak het en hul eintlike en ewigebestemming gaan mis: om met God versoen tewees en in die huis van ons Vader te bly tot inlengte van dae (Ps. 23:6).

Die spoor byster geraak? Ja, om die Here onsGod lief te hê met ons hele hart, siel, verstand enkrag, én om ons naaste nét so lief te hê! Enhierdie verlorenes vir wie Jesus kom soek en redhet, vind ons juis ook onder die bevoordeeldes,die gesagsdraers, die welvarendes en diemagsmisbruikers. En onder die verdruktes en

benadeeldes vind ons juis van die mooiste, dievroomste en die mees toegewyde volgelinge endissipels van Jesus. Ja, Jesus het ook vir diebenadeeldes en veronregtes gekom, sodat regaan hulle kan geskied. Ja, Hy kies hulle kantwanneer Hy gebied dat ons mekaar móét liefhê,ons daaglikse brood met mekaar móét deel enmekaar se laste móét dra en toesien datgeregtigheid geskied.

Daarom is Kersfees eers Kersfees as die ryksteén die armste, die begunstigde én diebenadeelde, die magsmisbruiker én die veron-regte saam voor Jesus kniel, dankbaar - met 'nlied in ons hart en mond - omdat Hy gekom hetvir my; om óns te soek en te red. Hy het gekomom van ons almal kinders van God te maak (1Joh. 3:1); kinders wat met 'n ware en opregteliefde na mekaar omsien en mekaar aanvaarsoos ons Vader ons aanvaar en liefhet.

Ds. Johan Lombaard.

Was Ester of Vasti die heldin?

Hans Koorts: Op Vrydagaand, 14 Augustus,het ons met prof. Lina Spies, digteres enbekend vir haar beryming van 'n aantalPsalms, kennisgemaak toe sy ons oor die boekEster toegespreek het. Volgens haar is dietradisionele beskouing dat die Joodse meisie,Ester, die heldin in die verhaal is, 'ngeromantiseerde siening. Is dit waar?

Koning Ahasveros het 'n swierige fees aan-gebied waar geen moeite ontsien is om dieprag en praal van sy paleis uit te stal nie. Diekoning wou spog. Ons lees dat hy op diesewende dag toe hy baie vrolik was van diewyn, die koningin beveel het om na hom tekom sodat hy al die hoë amptenare kon wyshoe mooi sy was. Vasti weier egter. Prof. Linaverklaar dat sy haar nie soos 'n “poppie” voordie amptenare wou uitstal nie en daarom isVasti eintlik die heldin in die verhaal. Dit wasinderdaad 'n baie dapper daad: sy het diegesag van die koning uitgedaag! Haar optredewas ongehoord in die paternalistiese same-lewing waar die vrou absoluut onderdanig aanhaar man moes wees. Vasti kon verwag dat diekoning woedend daaroor sou wees en dat ditverreikende konsekwensies sou hê. Die

koning kon hierdeur belaglik gemaak word enhy moes optree om sy eer te herstel. Dit hetVasti haar kroon gekos. Kyk ons na Ester, sienons dat sy saam met al die ander mooi meisiesvan die koninkryk 'n skoonheidsbehandelingontvang. Koning Ahasveros sou dan vir homdie mooiste meisie kon uitkies. Volgens prof.Lina het Ester hierdeur bewys dat sy 'n regte“poppie” is, die naam van 'n heldin nie werdnie!

Ester het wel baie dapper opgetree en haarlewe op die spel geplaas. Maar prof. Linabeweer dat die mooi Joodse meisie, Hadassa,hierna die harde, wrede vrou Ester geword het.Is dit waar? As ons die Bybel lees sal ons vinddat sy die koning probeer oorhaal om teverhoed dat die Jode uitgeroei sal word (Ester8:5). Is selfverdediging wreed? Prof. Linanoem dit 'n tragedie dat Haman en sy tienseuns later opgehang is. Maar dit was nieEster wat hierdie tragedies in die eerste pleklaat plaasvind het nie - dit is alles toe te skryfaan Haman se grootheidswaan!

Gevolgtrekking? Vasti se weiering om haarskoonheid voor hoë amptenare uit te stal, isweliswaar bewonderenswaardig. Maar omhaar bó Ester die heldin van die verhaal temaak, is nie goed deurdag nie.

(Brief verkort)

BRIEWE P

Page 9: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@berg-en-dal 9

Insiggewend, aktueel, bemoedigend enprakties - só het Berg-en-Dallers die preek-reeks oor die Apostoliese Geloofsbelydenisbestempel. 'n Meningspeiling waaraan meeras 130 lidmate deelgeneem het, het laat blykdat eredienste positief beleef word en as “'nplek waar ek die Woord van die Here op 'nrelevante manier kan hoor”; as 'n “lus vir diehart, verstand en gees”.

Sedert Julie vanjaar is die Apostolicum in veer-tien preke behandel, teen die agtergrond vanhedendaagse vrae oor sleutelwaarhede van onsChristelike geloof: Is “skepping” en “evolusie” terym? Hoe moet ons in 'n wêreld vol lyding enonreg, God se almag en Vaderskap verstaan?Wat glo ons vandag oor die maagdelike geboorteen liggaamlike opstanding van Christus? Teksteuit die Nuwe Testamentiese briewe is gelees envolgens meer as 85% van kerkgangers, was diepreke Skrifgetrou. Twee besoekende predikers -ds. Martin Laubscher (Heuwelsig) en prof.Hermie van Zyl - het ook tydens die reeks dieWoord bedien. Lidmate het genoem dat die reekshul opnuut laat dink het oor wat mens eintlik sê inhierdie ou-ou woorde; dat dit ook 'n rigsnoer virons lewens vorentoe is. 'n Behoefte om meer oordie Heilige Gees en sy werking te wete te kom, isuitgespreek; asook oor die wederkoms en ewigelewe (die boek Openbaring), uitverkiesing enskuldbelydenis, “groot doop” en die gee vantiendes.

Nog vrae in gemoed

Lidmate het kans gekry om vrae wat hul nog oordie Geloofsbelydenis mag hê, te opper. Onsantwoord graag kortliks daarop:

Vraag (V): Kan ons sê “Ons glo...” of behoortons slegs te sê “Ek glo...” - dis tog iets per-soonlik?Antwoord (A): Die oorspronklike weergawe vandie Geloofsbelydenis begin inderdaad met 'nenkelvoud: “Ek glo” - geloof ís 'n individuele,persoonlike antwoord op die openbaring vanGod. Maar geloof kan ook sáám bely word wan-neer Christene opreg en uit hul harte een-stemmig met mekaar getuig: “Ons glo...”

V: Waarom is daar slegs één sin oor “God asons Vader”?A: Die Gelyoofsbelydenis wou kort en bondig diehart van wat ons glo, weergee en sê daarom net

Apostoliese Geloofsbelydenis:“Ek glo...” of “Ons glo...”?

• Aktuele reeks preke gee insig- Jan Lubbe en Gert Terblanche -

die belangrikste. In elk geval, daardie woorde -God, Vader, Almagtige, Skepper - sê só ontset-tend baie oor God, oor sy skepping, oor ons!

V: Waarom kom die naam “Pontius Pilatus” indie Geloofsbelydenis voor? Wat was sy rol indie Skrif?A: Die naam van Pontius Pilatus is 'n soortdatumaanduiding; 'n tipiese gebruik destyds (vgl.Mat. 2:2 en Luk. 1:5), waarmee vroeë Christeneterselfdertyd ook die werklikheid van Jesus vanNasaret se aardse lewe wou bevestig deur dienoem van 'n bekende historiese figuur.

V: Wat presies word bedoel met “ter helleneergedaal”? Is “doderyk” nie 'n beter formu-lering/ vertaling?

Dié GeskenkLiewe VaderDankie vir U geskenk aan my.Ek was so opgewonde en kon niewag om die geskenkpapier oop te skeurvol ongeduld, het ek die breë rooi strik oopgetrek.Die papier was helder - rooi, goud en silwer.Binne-in was daar magic die grootste geskenkvan alle tye.Op eerste aanblik is die geskenk broos, fyn,breekbaaren delikaat, skaars tasbaar,maar soos ek die wonder van die geskenk almeer beleefen leef word hy magtig, sterk en wonderbaar.

Dankie Vader vir U geskenk aan myU Seun het vir my 'n wonderwêreld laat oopgaan.

- Madelein Koekemoer

(Madelein is in Graad 9 en sekretaresse van dieCamisards, pryswenner by die BloemfonteinseSkrywersvereniging en woon saam met haargesin by Genl. Conroystr. 44).

Drie konings uit die Ooste: Henrico Theron, HenkCilliers en Lochner van der Schyff.

Hanlie van der Merwe, Mia Grové en LIezelKoekemoer - drie engele, aangetrek deur Tannie Retha

Terblanche en Mari Nieuwoudt.

Karla Scheepers, een van die besorgde engele watoor die stal waak...

Jaco Jordaan - opgewonde oor die nuus uit Betlehem

Na bl 10 Apostoliese

“Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar...”

Page 10: Woord@berg-en-dal- Des-2009

10 woord@berg-en-dal

A: Dit gaan nie hier om die “doderyk” soos dieBybel dit verstaan nie, maar om die angs,smarte en verskrikking wat Jesus deur sy helelewe, maar veral aan die kruis, gely het.

V: Maar moet die “ter helle neergedaal” niedan vroeër staan - by die lyding van Christusnie?A: Nee, ons kan dit sien as 'n samevatting vanalles wat Jesus gely het én sy sterwe. DieKategismus sien daarin ook 'n troos vir òns inons swaarste aanvegtinge; dat Christus my vandie hel se benoudheid en pyniging verlos het -juis daarom pas dit goed hier aan die einde vandie artikel.

V: Waarom word so min gesê oor die“opstanding van Christus” - ook in Geloofs-belydenis van Nicea?A: Sowel die Apostoliese Geloofsbelydenis asdié van Nicea wou nie uitgebreide antwoorde opdie teologiese vrae van destyds (of vir later, bv.vandag) gee nie, maar so bondig moontlik die“biografiese” waarhede van Jesus se aardselewe opnoem - in kort, enkelvoudige, opeen-volgende frases.

V: Wat gebeur direk ná ons sterf - wag onstot die wederkoms wanneer Christus “komom te oordeel, die lewendes en die dooies”?En waar sal ons dan wag?A: Die Bybel sê min oor die sg. “tussentoe-stand”; die belangrikste is dat ek met Christussal wees (Fil. 1:23).

V: Die “opstanding van die vlees”: ons lig-gaam vergaan tog - gaan dit regtig weer totkonkrete lewe kom?A: Ja. Neem ons die opstanding van Jesus (dieGeloofsbelydenis gebruik dieselfde woord virbeide: “ressurectio”) as riglyn, dan sal onsopgestane liggame herkenbaar, dog anderswees (verheerlik). Vroeë Christene wou deurdie woord “vlees” letterlik ons aardse liggaamaandui, ongeag hoe ons aan ons einde gekomhet - vir God is die onmoontlike, moontlik.

V: Skiet die Geloofsbelydenis nie inbepaalde opsigte tekort - dit sê dan niks oordie liefdesgebod nie?A: Weereens: die Geloofsbelydenis wou kortgaan en is nie 'n stel reëls waaraan ons moetvoldoen nie, maar is 'n antwoord oor hoop watin ons leef aangaande God Drie-enig. En tógwas die vroeë Christene sterk daarop gestelddat wie hierdie geloofswoorde bely, op 'nbepaalde manier sal leef - bv. in liefde teenoorGod en jou medemens. Vir hulle was leer enlewe onlosmaaklik aan mekaar verbonde.

V: Dit sê ook niks oor ons lewe in die konin-kryk van God nie; slegs oor die kerk asinstituut... Waarom?A: Die onderskeid tussen kerk en koninkryk wasnie destyds bekend en wanneer daar dussprake is van “een, heilige, algemene,Christelike Kerk” moet ons nie dink aan 'nspesifieke instelling in die samelewing, maaraan die Liggaam van Christus op aarde; dieburgers van Sy koninkryk - en dan sê dieGeloofsbelydenis inderdaad alles oor hul hele

lewe: oor God se Skepping, oor sy Vaderskapen versorging, oor herskepping en nuwe lewe inChristus, oor vergifnis en versoening...

Oor eredienste sê julle...In die meningspeiling is lidmate ook oor hulerediensbelewing in Berg-en-Dal uitgevra.Ongelukkig is daar nie veel terugvoer van diejonger generasie ouers en kinders in dieGesinsdiens ontvang nie: slegs 28% van dievraelyste wat voltooi is, het van mense jongeras vyftig gekom (terwyl 54% van ons ge-meente in daardie kategorie is.). Gevolglikweerspieël die reaksie hoofsaaklik dié vanouer lidmate. Nietemin, lidmate beleef ere-dienste as bemoedigend, versterkend, siels-verrykend, aktueel en leersaam, altyd met 'nboodskap om verder oor te dink, inspirerend,sinvol en diepsinnig. Verskeie lidmate hetgeskryf dat hulle daarna uitsien en opgewondeis om kerk toe te kom en hier hul geestelikevoedsel ontvang - “ons voel tuis”. Twee tienershet geskryf: “Dit laat my dink oor die Here engee my moed vir die week by die skool.” Grootwaardering is vir puik en funksionele orrelspeluitgespreek, maar ook dat die “kitaar goeieafwisseling is”.

Aan die anderkant het 8% van die respondentegenoem dat eredienste soms te lank enuitgerek is, veral by doopgeleenthede en metbesoekende kore. Party onderwerpe word as“hoogdrawend”, stereotipies en vervelig be-skryf; “dan raak ek weg”. Vier lidmate hetbygevoeg: “Dalk bietjie dooierig - ons moetwerk om die jeug te behou; meer woema; kortmeer lewe!” Meer “praise & worship” is nodig,terwyl ander lidmate weer voel daar word teveel gesing en te veel versies!

Praktiese sake soos die klankstelsel enwaaiers is ook geopper en versoeke sal aandie Komitee vir Eiendomme deurgegee word.Erediens- en Jeugbedieninge sal die verslagby hul eerste vergaderings in volgende jaarbespreek. Lidmate wat die volledige verslag wilsien, kan dit in die kerkkantoor afhaal en is ookwelkom om Erediens- of Jeugbediening severgaderings te kom bywoon en 'n inset telewer. Oor die algemeen egter, het baielidmate hul waardering vir eredienste in Berg-en-Dal betuig - wat weer vir ons as leraars 'naanmoediging is: baie dankie!

• Die preekreeks oor die ApostolieseGeloofsbelydenis is op CD by die kerk-kantoor te bestel - kontak Marina Nel daar-voor (083-264-2793).

Van bl 9 Apostoliese

Die dirigent van die Universiteitskoor uit Slovenië, Ursa Lah, en ds. Jan Lubbe, ná die erediens van 11 Oktoberwaartydens die koor met hul aangrypende sang die Here geloof het. Die koor het 'n unieke aandenking aan

hom oorhandig: 'n bottel in die vorm van die land Slovenië, gevul met... heuningbrandewyn!

Page 11: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@berg-en-dal 11

Vir vakansietyd: paaie en pos uit Rome!• Ou Ryk voorbeeld van vernuf, ondernemingsgees en dienslewering

- Louise Cilliers -

Die uitbreiding van die Romeinse Ryk het die bouvan 'n netwerk van paaie meegebring: tydens diehoogbloei van die Ryk (1ste/2de eeue n.C.) wasdaar sowat 400 000 km paaie, waarvan sowat 80500 km geplavei was. Die eerste van die hoofweëwas die bekende Via Appia (foto), wat in 312 v.C.deur die blinde staatsman Appius Claudius Caecuslaat bou is. Dit was die “N1” na die suide; het eersvan Rome tot Capua en uiteindelik tot by diehawestad Brundisium (585 km verder) gestrek.Talle ander paaie het bygekom, wat Rome oorduisende kilometers met die provinsies verbindhet: die Via Domitia van Rome af oor die Alpe, diePirenieë en die Rhone-rivier tot in Spanje; en dieVia Egnatia waarop Paulus geloop het, het Romevia Philippi met die Bosporus verbind.

Paaie is hoofsaaklik vir militêre doeleindes gebou -troepebewegings en kommunikasie tussen diegeneraals. Handelaars het dit natuurlik ook ge-bruik, asook gewone burgers wat op reis was.Skeepsverkeer was wel vinniger en veiliger. Hoof-weë was deur die staat gebou en gefinansier, maardie onderhoud was die verpligting van dieprovinsies, en kleiner dorpe was verantwoordelikvir die vertakkings van die pad vanaf die hoofweg.Daar was ook tolweë: die tolgeld is veral by brûe enstadspoorte ingevorder. Amptenare wat stemmewou werf vir verkiesings het dikwels skenkingsgemaak vir die bou of onderhoud van 'n pad.Romeinse paaie is deur ingenieurs wat gewonesoldate was, gebou. Die paaie was so reguit asmoontlik: hulle sou eerder 'n heuwel deurgrawe ofravyn opvul as om daaromheen te gaan. 'n Sigsagpad teen 'n heuwel uit het hulle nie geken nie: diepad was reguit op en anderkant af, met die gevolgdat hellings van 150 tot 200 nie ongewoon was nie.Oor riviere is brûe van klip gebou wat so stewigwas dat sommiges vandag nog gebruik word: oor

die Donaurivier is 'n brug van byna 1 km lankgebou, gestut op 20 pilare.

Tegnologie

Wanneer die ingenieur die terrein vir die voor-gestelde pad bekyk het en rofweg bepaal hetwaarlangs dit moet gaan, is 'n groma gebruik om 'nreguit lyn te bepaal; daarna is pale op die denk-beeldige lyn ingeplant. Dan is ploeë en grawegebruik vir die uitgrawing van die fossa (“sloot”),meer as 'n meter diep tot die rotsbodem bereik is.Dit is vasgestamp en met 'n laag ruwe klippe engruis gevul. Ongeveer 'n meter van bo is sement(wat deur die Romeine uitgevind is!) gebruik watmet klippe gemeng is. Die dorsum (“rug”) van diepad was taamlik gerond om dreinering mee tebring, en daar was slote weerskante van die pad.

Die oppervlak het bestaan uit veelhoekige blokkebasalt lawa of ander klip uit die omgewing, en wasgelyk en glad soos ons teerpaaie vandag. Diepaaie was deur middel van 'n millarium (“mylsteen”)afgemerk in Romeinse milia passuum ( = 1000 treë= 1480 m). Die mylsteen was 'n ronde pilaar,ongeveer 1,5 m hoog en 50 cm in deursnee. Op dievierkantige basis is die aantal myle na die naastedorp gegraveer, asook die afstand na die Forum inRome en die name van amptenare wat die padgebou het. Hierdie mylstene was belangrikemerkers vir geskiedskrywers wat kon verwys na 'nmylsteen waar 'n belangrike gebeurtenis plaas-gevind het.

Die spreekwoord dat “alle paaie na Rome lei” wasinderdaad waar: in die middel van Rome, in dieForum, het keiser Augustus 'n vergulde bronsmonument laat oprig bekend as die MilitariumAureum (“Goue Mylsteen”); keiser Konstantyn hetdit later die Umbilicus Romae (“die naeltjie vanRome”) genoem. Hierop was die name van al diegroot stede van die Ryk en die distansies daarheengegraveer, en hiervandaan het 29 groot militêrehoofweë dwarsdeur die Ryk na die provinsiesgestrek. Padkaarte was van vroeg af reeds opmarkpleine te koop: dit was kopieë van 'n meerster-kaart - 'n itinerarium - wat in die Forum op 'n grootplat klip gegraveer was.

Bed & breakfast

Langs die hoofweë het die Romeinse regeringamptelike mansiones (“verblyfplekke”) so 25 km uitmekaar in stand gehou vir amptelike reisigers; virander reisigers was daar cauponae (“herberge”) indie omgewing waarvan sommige geen goeiereputasie gehad het nie! Meer gegoede reisigerssou eerder van 'n “B&B”-fasiliteit by 'n gastehuis

Desembermaand is vakansietyd en Kerstyd. Almal gaan op reis en stuur Kerskaartjies aan familie en vriende. Min van ons dink daaraan dit 'n goeieinfrastruktuur vra: 'n behoorlike padnetwerk en 'n effektiewe posdiens. Kyk mens na die ellendige toestand van sommige paaie in Suid-Afrika, komdie vraag onwillekeurig by jou op hoe die Romeine dit dan reggekry het dat sommige van húlle paaie na 2000 jaar nog steeds gebruik word?

Wie kan raai wie trap só vas - of is dit voete op die paaie na Rome? (antwoorde op bladsy 15).

Na bl 12 Rome

Page 12: Woord@berg-en-dal- Des-2009

12 woord@bergendal

Van bl 11 Rome

gebruikmaak - volgens wet was alle huise langs 'nhoofweg verplig om gasvryheid te betoon. Baie vanhierdie huise het eventueel tabernae (herberge)geword. Dan was daar ook nog die mutationes(“diensstasies”), so 20 km van mekaar waar daarwiel- en wamakers en veeartse was vir die waens-en ruiterverkeer.

Rome se paaie het ook 'n posdiens moontlikgemaak. Die curcus publicus, 'n amptelike pos-diens wat deur keiser Augustus ingestel is, hetamptelike pos by wyse van 'n aflos-stelsel vanperdewaens by die diensstasies oor die Ryk heengeneem. As “spoedpos” nodig was, was 'n perd enruiter vinniger - dan kon soveel as 800 km in 24 uurafgelê word! Dit was egter gevaarlike werk, omdat

die posafleweraars die teiken was van diewe ensluipmoordenaars. Privaatpos van welgesteldes isdeur tabellarii afgelewer; 'n organisasie van slawewat dit teen 'n tarief gedoen het. Daar moet onthouword dat daar destyds weinig strate in die stad waswat name gehad het, en geen huis 'n straatadresnie! Bakens naby die betrokke huis is dus gebruik,soos monumente, markpleine en standbeelde. Inplaas van ons bondige adres - “Albrechtstraat 16” -sou die Romeine byvoorbeeld geskryf het: “nabydie ingang van die Tuine van Pompeius, waar dielaksmanne se swepe hang”! Dat briewe wéleffektief afgelewer was, word bewys deur diesendbriewe van Paulus en Johannes.

Ons sou baie by die vernuf en toewyding van dieou Romeine kon leer!

Dit is lankal reeds vir my 'n probleem om Lied 284te sing. Nie vanweë die wysie nie, dis werklik 'nmooi melodie en sing selfs ook lekker. Maar diewoorde in die voorlaaste reël - “ja, om lief te hêander bo myself” - is die probleem! Dit steek elkekeer in my keel vas. Aanvanklik het ek die reël niegesing nie, maar deesdae sing ek maar “soos” inplaas van “bo”. Ek het nog nooit daarna gestreefof gebid om my naaste bó myself te kan liefhê nie.Ek sukkel inteendeel maar erg om enigsins nabydie Bybelse opdrag om my naaste lief te hê soosmyself, te kom. Ek kon ook nêrens 'n Skriftuurlikeverwysing vir dié vereiste (“bo myself”) opspoornie. Die voorafgaande sin “om ander hoër as my-self te ag” is geensins problematies nie. Die Skrifgee duidelik so 'n opdrag in Filippense 2:3, “maarin nederigheid moet die een die ander hoër ag ashomself.” Die Engelse weergawe van die lied(“Make me a channel of your peace”) bevat niedaardie bede nie. Het Jacques Louw die Afri-kaanse vertaling dus verkeerd gemaak?

Ek was nog altyd onder die indruk dat Franciscusvan Assisi 'n besonder nederige persoon was.Het ek moontlik 'n verkeerde beeld van homgehad? Het hy werklik gebid en probeer om synaaste nog liewer te hê as homself? WasFranciscus dus eintlik baie arrogant deur selfsnog beter en heiliger te wil wees as wat God vanons vereis? Het hy geglo dat hy reeds die opdragtot naasteliefde vervolmaak het en nou vir God wilwys wat werklik gedoen kan word? Dis toe ek so'n bietjie begin navors het.

Francisus van Assisi (1182-1226)

Franciscus is gebore as Giovanni Bernardone in1182 en die seun van 'n ryk handelaar intekstielmateriale. Sy jong lewe word beskryf as

ligsinnig en oppervlakkig; ook siektes was deeldaarvan. Hy het 'n ridder probeer word deurdapper te wees op die slagveld, maar nie daaringeslaag nie. Hy word 'n religieuse swerwer enkluisenaar. Nadat hy met sy vader gebreek het,het hy armoede sy “bruid” gemaak. Hy probeerhomself ten volle identifiseer met Christus ineenvoud, armoede, besittingloosheid en gaanselfs so ver om die tekens van Christus se kruisig-ing in sy hande, voete en in sy sy te laat aanbring.Hy identifiseer homself egter ook met alle anderskepsels soos voëls, diere en visse op radikalewyse. Hy verwys na die son, vuur, wind en wurmsas sy broers; na die maan, sterre, water enmoederaarde as sy susters. Hy meen dat alleskepsels die Here beter dien as die mense, omdathulle is wat hulle is (bedoel hy instinktief, natuurlik,

sonder pretensie en sonder verstand?).

Franciscus se strewe na armoede was ekstreem!Hy was in vuil vodde gekleë; het in asblikkegekrap vir kos en het koue en honger verduur enook gebedel - hy wou die armste van almal wees.Eiendom vir hom en sy volgelinge was verbode.Die pous het in 1210 toestemming gegee vir diestigting van 'n kloosterorde vir Franciscus en syvolgelinge, bekend as die “Minderbroeders”.Sommige beskryf hul filosofie as 'n primitiewevorm van kommunisme (ekonomies gesproke).Die essensie daarvan was: “Ek is jou broer inChristus, eintlik selfs jou jonger broer, en ekonderwerp my aan jou, en ek sal in alles voorkeuraan jou gee.” Martin Luther was baie uitgesprokehieroor: volgens hom was Franciscus naiëf, ofbeter gesê, dwaas. Volgens Luther het die dwaas-heid daarin gelê dat hy veronderstel het dat geldop sig boos was. Om te strewe om so arm asmoontlik te wees is natuurlik dwaas. Franciscus seteologie verbind middeleeuse vroomheid metmistisisme wat geheel fokus op die mens seemosies. Hy het 'n minagting gehad vir goedere,eiendom en geld. Nadat God egter alles geskapehet, sê die Woord: “En God het gesien dit is goed.”Om dit wat God goed noem as drek te beskou,gaan te ver. Die sonde lê in die harte van diemens, nie in die goedere van die mens nie. As jygeen respek het vir die Godgegewe voorregte vanlewe, familie, eiendom en reputasie vir jouself nie,sal jy dit vir ander hê? Is dit nie dan 'n kwessie vanek haat myself soos ek my naaste haat nie?

Jacques Louw is dalk nie verkeerd om die woordevan Lied 284 aan Franciscus van Assisi toe te dignie. My probleem is dat dit nie Skriftuurlik is nie -dit weerspieël geestelike hoogmoed en verwaand-heid. Lied 284 hoort nie in ons Liedboek nie!

[Franciscus se sterk afwysing van aardse rykdommoet teen die agtergrond van die materialistiesevergrype en verwêreldliking van die Roomse Kerkin die tyd van die Kruistogte gesien word; hy wasaangegryp deur Christus se woorde in Mat. 10:7-10 en het 'n diepgewortelde respek vir God seSkepping gehad - wat aan die anderkant niebeteken dat hy as 'n onfeilbare heilige vereer moetword nie! Lesers word verwys na die beskrywingvan Franciscus se lewe en werk in die publikasiesvan gereformeerde kerkhistorici soos Otto de Jong(“Geschiedenis der Kerk”) of Louis Praamsma(“De Kerk van alle tijden” Deel I). Die twee frasesin Lied 284 - “... om lief te hê, ander bo myself...”en “om ander hoër as myself te ag” - moet insamehang met mekaar verstaan en gesing word;beide is inderdaad na weerskante vatbaar virverabsolutering - red.].

“Lied 284 hoort nie in ons Liedboek!”• Sien Franciscus van Assisi die skepping onskriftuurlik?

- Jan Buter -

Page 13: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@bergendal 13

Op 15 November het die jaar se kategese amptelik afgesluit - mag die Here se seënrus op sy Woord wat aan hierdie verbondskinders gebring is.

Franck Scheepers en sy Graad 5's Jaco Griessel en sy Graad 7's Liezl Lubbe en haar Graad 8's

Wat is die verskil tussen ons en die Doppers of dieBaptiste of die Engelse Kerk of die CRC? Maakdit regtig saak - ons glo mos almal in Jesus?Opmerkings soos hierdie het mens ook vanjaar,vyf eeue ná die geboorte van Johannes Calvyn,gehoor. Sy teologie sou die naam “gereformeerd”kry en is vanuit Genéve deur Europa en tot hieraan die suidpunt van Afrika gedra waar dieNederlandse Geloofsbelydenis (1559) en dieHeidelbergse Kategismus (1563) vrugbare grondgevind het - twee belydenisskrifte wat in vorm eninhoud sterk deur Calvyn beïnvloed is. Maar wát is“gereformeerd”? In twee vorige aflewerings is eersop die geloofsinhoud van gereformeerdes gelet,betreffende sake wat as hoekstene van die 16eeeuse Reformasie beskou kan word: die verlos-singsweg, kerkbegrip en Skrifbeskouing; en twee-dens op die implikasies daarvan vir gerefor-meerdes se aanbidding - dat dit Skrifgetrou wilwees, opreg en kontekstueel. Vir Calvyn en sygeestelike nageslag is vorm en inhoud on-losmaaklik één: uit jou belydenis oor Wie God isen oor hoe Hy werk, kom jou gebed en jou lied op.

Nou die derde deel van hierdie stelreël: lexcredendi, lex orandi, lex vivendi - “soos ons glo, sóbid ons, só leef ons”. Dus: wat kenmerk die lewevan gereformeerdes? Is daar óór die grense vantaal, kultuur en woonplek, tog sekere beginselswat hul leefstyl onderlê?

Erediens van die lewe

Vir gereformeerdes spreek Sondag se ontmoetingmet God - ons erediens - nie net ons verstand enemosie, hoof en hart aan nie, maar ook onshande, ons wil. Buite die kerk, wag die erediensvan die lewe.

Een van die vyf aksente van die Reformasie wasdie eer van God, waarna Calvyn as die hoogste

doel van ons lewe verwys het. Dít is ook dieafkorting - S.D.G. (soli Deo gloria) - wat diekomponis JS Bach onderaan sy musiek geskryfhet. Aanbidding eindig nie met die “amen” aan dieeinde van die erediens nie, maar word buite diedeure van die kerkgebou voortgesit wanneergelowiges deur hul daaglikse lewe God se eernastreef. Só skryf Calvyn in sy Institusie datPaulus se opdrag om sonder ophou te bid (1 Tess.5:17), nie op die lengte van ons gebede dui nie,maar op 'n persoonlike gebedstemming dwarsdeurdie dag. Dit beteken enersyds vaste momente virgebed - soggens as jy opstaan, aan tafel voor ete,voor jy begin werk, saans 'n dankgebed (in syKategismus van 1545 is daar sulke voorbeelde,asook 'n gebed by die opening van die skool) -maar andersyds, 'n ingesteldheid om God alwerkende te eer. Al kan jou knieë nie buig of jouhande vou omdat jy op die pad is of besig met joudagtaak, jou hart kan wél buig! Dieselfde geld dieliedere uit die erediens: Calvyn het daaropgestaan dat ons ook in ons huise en skole tot eervan God moet sing!

Hierdie klem op die eer van God, het twee verdereimplikasies. Eerstens stel dit 'n nuwe norm,naamlik dat met die eer van God bó alles, my eieeer terugskuif. Ver terug. Saam daarmee ook ditwat destyds al deur die humanisme as normvoorgehou is: die inherente goedheid van diemensdom, óns insigte, óns vermoëns. Wie in allesGod se eer voor oë hou, leef met Hóm as spilpuntvan jou bestaan; jou lewensdoel word opgetel uitalle eiebelang en selfsug. Want “uit Hom en deurHom en tot Hom is alle dinge, aan Hom behoortdie heerlikheid tot in ewigheid!” (Rom 11:36). Entweedens roep dit 'n standaard, 'n kwaliteit navore: omdat ek God in alles wil eer, doen ek mybeste. Vandaar Paulus - en Calvyn - se arbeids-

etiek: “Wat julle ook al doen, doen dit van hartesoos vir die Here en nie vir mense nie...” (Kol.3:23). Dit geld van die eenvoudigste takie tot diehoogste regeringsamp; van ons huishouding totons skoolwerk. Hierdie uitgangspunt - God se eerin my daaglikse lewe - is te sien in 'n sekerekonsekwentheid, netheid, stiptelikheid, aan-spreeklikheid. Ook 'n lewe in eenvoud: dieskepping behoort aan God; Hy gee dit aan almalom van te leef - plante, diere, mense én dienageslag; dis nie daar vir my om onnadenkend teeksploiteer òf deur onreg en selfsug op te eis nie.As dit oor sy eie besittings gaan, skryf Calvynaangrypend in sy Psalmkommentaar (1557): “Iconfess, indeed, that I am not poor; for I desirenothing more than what I have.” Gereformeerdesontvang die lewe dankbaar en eer God daarvoor.Daagliks.

Eenheid van die lewe

Vir gereformeerdes gaan dit om die volheid vandie lewe - soos wat Paulus dit ook in 1 Korintiërs10:31 stel: “Of julle eet of drink of wat julle ook aldoen, doen alles tot eer van God.” Calvyn enander Hervormers het radikaal gebreek met dieMiddeleeuse twee terreine-leer: dat daar 'n hoëre,heilige deel van die werklikheid is (waar dit oorgeloof en genade gaan en waar die kerkfunksioneer), en 'n laere, natuurlike deel van diewerklikheid (waar al die versoekinge skuilgaan,die sonde heers en die staat orde moet handhaaf).Hieragter lê nog 'n ouer dualisme uit die Grieksefilosofie: dié van materie en gees; van liggaam ensiel; die een aards en minderwaardig, die andergoddelik en bonatuurlik. Nee, het die Reformasiegesê: God het alles goed en mooi geskep; deur

Wat is Gereformeerd (III) - in lewe?• Hoe lewe gereformeerde Christene daagliks?

- Jan Lubbe -

Na bl 14 Gereformeerd

Page 14: Woord@berg-en-dal- Des-2009

14 woord@bergendal

Jaarafsluiting vanKategese

Nicolaas van Rensburg en Pieter Joubert was vanjaar inGraad 1 by Bet-el, onder die goeie leiding van Tannie

Zelda Loots

Marlene Herbst, in Graad 2 - hulle was in die Sinaï-woestyn.

Marcel Theunissen - een van die Graad 4's wat byBetlehem aangekom het, waar “Juf.” Chantelle Potgieter

voorgegaan het

Pieter Liebenberg, geliefde kategeet van die Graad 9'ssteek 'n kers namens hul groep aan. Ná baie jare “tree”

Pieter nou “amptelik uit”. Dankie aan hom!

Henrico Theron, Pieter Steyn, Danie Schutte en JamesRaubenheimer - gelukkige Graad 7's en gereed vir die

oorgang na die hoërskool.

Van bl 13 Gereformeerd

die mens se ongehoorsaamheid is alles die verderfingesleep; in Christus het God met 'n radikale enallesomvattende herskepping begin.

Vandaar die bekende uitspraak van 'n gerefor-meerde leiersfiguur soos Abraham Kuyper (1837-1920), dat daar geen duimbreed van die lewe is,waarvan Christus nie sê: “Dit is Myne!” Daarom isdie ekonomie nie vir Christene minder belangrik asdie teologie nie. Daarom behoort Christene hullenie uit die politiek te onttrek nie. Daarom kanChristene nie maar hul skouers ophaal oor wat metdie omgewing gebeur of hoe ons kos geproduseerword of waarheen ons rommel gaan nie. Daaromstaan Bybelstudie nie bo-aan my prioriteitslys enseks onderaan nie. Nee, vanuit my hart wat aanChristus oorgegee is, word my hele lewe nougeheilig. “Wees veral versigtig met wat in jou hartomgaan, want dit bepaal jou hele lewe” (Spreuke4:23).

Vir gereformeerdes is die lewe één geïntegreerdegeheel. Terselfdertyd ook: 'n ryke verskeidenheid.

Eie aard van die lewe

Die Reformasie het gelowiges se oë oopgemaakvir 'n grondliggende konsep in die Bybel: die konin-kryk van God wat skeppingswyd uitlê. In Christusen onder sy heerskappy word die volle verskei-denheid van lewensvorme en -funksies geheilig;nie opgehef of gelykgevee nie. Anders gesê: diekoninkryk van God is die omvattende geheelwaarbinne verskillende gestaltes van gehoor-saamheid bestaan.

Die “kerk” byvoorbeeld, is vir gereformeerdesmaar 'n klein deel(tjie) van die koninkryk. Dit is niedie kerk se taak om allerhande byeenkomste ofprogramme te reël sodat Christene die Here ook

deur die week kan dien nie; Christene dien dieHere as lede van hul gesin en as kollegas by diewerk en as deelnemers aan 'n sportsoort - volgensdie reëls van daardie spel! 'n Gebed voor diewedstryd of 'n kruis op die sweetband om my armof Jesus se naam op my T-hemp, beteken nog niedat ek Hom deur my spel vereer het nie; die aantalgeelkaarte teen my sê dalk veel meer van hoeChristelik ek vandag gespeel het! Daarom hoef diekerk ook nie oor alles 'n sê te hê nie!

Net so min het die staat die reg om orals in temeng en alles volgens 'n bepaalde ideologie -“Apartheid” of “Transformasie” - in 'n eenvormig-heid of eenstemmigheid te wil indwing! Vir Calvynhet die owerheid 'n unieke, besondere roeping vanGod gehad: om toe te sien dat elke onderdaan dienodige lewensruimte het om God in vryheid envrede te kan dien; dit beteken allermins om onsganse lewe oor te neem. 'n Gesin, byvoorbeeld, isnie 'n demokrasie nie en tóg herken Paulus dieGodgegewe, onvervreembare voorregte van elkegesinslid (Ef. 6:1-4). Só geld dit van alle fasettevan ons bestaan: telkens is daar 'n eie aard om terespekteer en spesifieke reëls om te gehoorsaam- maar die oogmerk bly dieselfde, naamlik die eervan God. Of, soos Calvyn en sy geesgenote onsgeleer het: om uit dankbaarheid voluit in elkelewensverband te gaan leef; al tien woorde vir 'ngelukkige lewe te gehoorsaam; om die lig vanChristus na elke uithoek van ons leefwêreld te dra.

Om “gereformeerd te wees” beteken dus om inChristus “ja” te sê vir die lewe. Om “gereformeerdte wees” beteken om die lewe wat ons van Godontvang het, te vier: in woord, lied, gebed en diens.Om “gereformeerd te wees” beteken om uit God segenade te leef: op berge en in dale, oral voor Syaangesig. (Slot)

leerders gebid. Ons wens hulle en hul ouerssterkte toe vir die oorgang na volgende jaar!

'n Inisiatief om saam met Graad 7-leerlinge en hulouers, iets van die oorgang van laerskool nahoërskool te vier, het in alle opsigte geslaag. OpSondagaand, 8 November, het 'n vyftigtal vanhierdie tieners, teruggedink aan die sewe jaar watagter hulle lê; bewusgeraak van die emosies van'n afsluiting en nuwe begin; en vooruitgekyk nadie nuwe era wat nou op hulle wag. AsSkrifgedeelte is 1 Konings 19 gelees: die verhaalvan Elia se reis tussen die berg Karmel - 'nhoogtepunt in sy lewe - en die berg Horeb; metname sy vrees en moedeloosheid wat hom in diewoestyn tussen-in onder 'n besembos gaan laatlê het. Behalwe die heerlike samesang, kon elkekerkganger ook simbolies 'n kers aansteek en hetmnr. Johan Pienaar, skoolhoof van WillemPostma, 'n dank- en seënbede vir hierdie groep

'n Eerste, geseënde erediens saam metGraad 7's

Page 15: Woord@berg-en-dal- Des-2009

woord@bergendal 15

"Doopvieringe" tydensCamisardkamp?

Besprenkeling: Christiaan Gouws en Maryke Botha

Dopelinge: Bankara-kids by waterpunt in wildpark

Doopdwang: Pieter Kotzé en Christiaan Opperman

Voor: Carmen Rossouw, Lisa Holtzhausen, Nicole Cloete, Dawie Crause, Jaco Lazenby, Lisa Kruger, Thinus vanRensburg, Anika Bothma en Shané Vermeulen

Tweede Ry: Bianca Prinsloo, Adriana de Vries, Johan de Bruto, Hanneke Wentzel, Maryke Botha, YolandeBezuidenhout, Michalene Theron en Chrismari van den Berg

Derde Ry: Lizanne van der Watt, Martin van Rooyen, Hendrik Vermooten, Christoff Helmuth, Louis Graham, Lu-sanFourie, Rhoda-Ann Nel, Herman Engelbrecht en Suzani Steyn.

Agter: Jana Stofberg, JF Burger, Rina Pienaar, Christof van der Schyff, Danielle Gouws en Foster Lubbe

Doopvreugde? Of baaiiiee koue water?

Nee, Christine Horak kry regtig, regtig koud!

Jesus Christus te vergewe en te verlos. Selfs dievoortbestaan van die Christendom, met soveelChristene wat vervolg is as gevolg van hullegeloof, het 'n diep indruk op elkeen van onsgemaak. Martin Luther was sonder twyfel 'n voor-beeld van ware geloof vir ons. Ons het besef opwatter beginsels ons lewe vorentoe moet berus.

Interessante feite oor die verskillende kerke metdie beginsels waarvolgens elke kerk bedien, isook bespreek en kon ons help ontdek waaromons juis 'n lid van die NG Kerk is. Dit wasverstommend om te leer hoe al die kerke totstand gekom het en uiteindelik het dit vir ons 'nverstaanbare prentjie gevorm. Met al dié inligtingtot ons beskikking, het Hebreërs 11:1 soveelmeer sin gemaak: “Om te glo, is om seker tewees van die dinge wat ons hoop, om oortuig tewees van die dinge wat ons nie kan sien nie”.Elkeen van ons kon daarom met oortuiging enmet opregtheid in ons harte Jesus se vraagantwoord: “U is die Christus, die Seun vanlewende God...” (Mat. 16:16).

Op Saterdagaand, 24 Oktober, het drie-en-dertigjongmense belydenis van hul Christelike geloof inBerg-en-Dal afgelê. Saam met die Nagmaal dievolgende oggend, op Hervormingsondag, was ditdie hoogtepunt van 'n geloofsreis deur dieafgelope twee jaar: hulle kon antwoord op diebeloftes wat hulle in hul doop van God ontvanghet. 'n Week vantevore het hulle 'n afrondings-naweek by die kerk deurloop, waartydens onderandere die film oor Martin Luther se lewe vertoonis. Hier deel Jana Stofberg haar belewenisdaarvan met ons:

“Toe vra Jesus vir hulle: 'Maar julle, wie sê julle isEk?'” (Mat. 16:15).

Dié vraag is tydens die belydeniskamp aan onsgestel en het só eenvoudig weerklink, maar toghet elke katkisant gehuiwer oor wat die méésbetekenisvolle antwoord daarop sou wees. Onsis toegerus met genoegsame kennis oor al diebelangrikste persone in die Bybel - van Adam enEva in die Ou Testament tot Pontius Pilatus in dieNuwe Testament - en kon uiteindelik verstaanhóé goed God se plan uitgewerk het om ons deur

Met 'n “groot skare geloofsgetuiesrondom ons”, sê ons ja!

Page 16: Woord@berg-en-dal- Des-2009

16 woord@berg-en-dal

Toemaar, gedane herders en andergeliefde oorlewendes van hierdieresessiejaar se belastingaanslae, wors-broodjieprysverhogings, fatale span-keuses, kleuterskool-kersspelle, kantoor-afsluitings en bybelstudiebraaie: die eindeis in sig!

Nee, nie van die brouwerk daar oorkantwaar 'n murasie uit die sinkgat verrys hetnie! Die uwe het jul lankal gewaarsku datjulle nie daardie “Opening soon” op diegroot kennisgewing wat in 2004 in daardievoormalige groenarea ingeplant is, teernstig moes neem nie: dis 'n eskato-logiese “soon”. Vir Kerkmuis beteken ditnóg 'n rumoerige feesseisoen: Pleinmuis issak en pak terug hierbo by ons! Blykbaaruit vrees vir die uile wat snags in daardiemurasie skuile, én dat daar onverwagsskuldeisers gaan opdaag wat na diewarveterans soek... Dus speel die Plein-muiskroos alweer in die Prestant 16 asofdit 'n klimraam is, en erger nog - dievolgende mededeling is nie vir sensitieweluisteraars nie - saam met Pleinmuis hethier 'n sekere mnr. Ras da Muisaniopgedaag van geen vaste adres of noot nie.Klaarblyklik sit daar agter sy ellende, eenof ander verdwaalde uitnodiging van een of

ander hopelose staatsdepartement naoudisies vir die sing van nasionale liederevan al die volksvreemdes wat voor diewinter hier op ons gaan toesak. Kyk,beduie hy nogals aan die uwe, hier staandit duidelik op die uitnodiging: “Geenvoorafkennis van vreemde tale nodig!” Dus,nee, vir Kerkmuis is die einde tuis nog niein sig nie...

Wel, eerlikheidshalwe, óók nie vir SwaerKombuismuis nie. Dié sit met 'n ellendevan 'n ander soort te kampe. Kyk, so staandit, verduidelik hy: sy oudste spruit hetsoos dit 'n ondernemende interpreneurbetaam, 'n buiteverkope - “Offsales” -hier digby geopen, met die aanloklike!oorspronklike! handelsnaam: “Gekoring indie Toring” (ja, goed, kort voor lank wél dieToring van Wanhoop). Aan aanloop, omset,omval en wegsleep is daar nie 'n tekort nie,sê Swaer se Oudste. Maar nou moes muishierdie ontstellende nuus verneem: daaroorkant gaan óók 'n “offsales” open, watbeteken dat binne 500 meter rondom onsesirkel, daar VIER sodanige sondigefasiliteite gaan wees: asj daai komendevolkjsvreemdejs onsj nie gaan help nie,versjuip Dan Pienaar vori winter, hikSjwaer toe! Sjit daarby nog die kermisj...

Orde! Orde! roep die redakteur. Ek haasmy, beproefde bittereinders: daar is ookwat ander kwellende kwessies betref, geeneinde in sig nie: nie aan die lááááng prekenie (in elk geval nie alvorens alle ouderlingeplegtig onderneem het om die vorige aandvroeg te gaan slaap en belowe om vir tenminste die eerste 55 minute wakker te blynie!). Ook nog geen einde aan anonieme-korrespondensiestukke-en-ander-sub-versiewe-dokumente (ten spyte daarvan

dat Kerkmuis se eie! persoonlike! blitsige!bonkige! selfoonspeurder, ene mnr.Bolmuis, ons anonieme laatnag-inbeller na086 MUIS opgespoor en stilgemaak het!).

Maar hoe dit ook al sy, seergeliefdelesers: die uwe nooi julle dan hiermeehartlik uit, op die vooraand van jullevertrek na daai huisie-by-die-see/tyddeel-van-jou-skoonfamilie/ kersaan-b ied ing- in-d ie-ma l l/ jantu isb ly-se-karretjie (skrap wat nie bekostigbaar metrooi pen asb.), na nóg nét éénjaareindfunksie (sug/gaap/jippie/nee-dankie - merk eie gemoedstemming metduidelike swart X asb.):

KERKMUIS & KERKRAAD SE KARAKTER-BEKRONING.

Datum: 23 Desember 2009. Plek:Ladysmithstraat 16.

Enkele ander (on)eretoekennings sal aandie begin van ons funksie oorhandig word,waaronder die Julius M-prys vir besteprestasie in Houtwerk; die SantanaBafana-trofee vir die mees VlugvoetigeVerdwyning; die Chuene-ruiker vir Geslags-herkenning & waarheidsontkenning; en diePdV-snorprys vir beste vordering inOratoriese Vermoëns.

Maar daarna vrinne: die Man of the Match-award vir 'n onverbeterlike kolfbeurt enrekordvennootskap (60 nie uit nie!), aan...Julle weet wie. Indien nie, daag dan daarop! En dan, liewe lesers, is die einde in sig!(o ja, behalwe om nog vir Veldmuis dankiete sê vir 'n meesterstuk oor onsbobaaskermis!)

Groete!

Kersmuis.

Nóg nét één jaareindfunksie...