en kontrasteer jou reaksie op christus as skepper en versorger met jou reaksie op hom as die een wat...

44
Bybelstudies oor Hebreers : Die wedloop om heerlikheid. Opmerking Ek het die Bybelstudies soos volg gerbuik : 1. Die stukke soos dit hier bymekaar gestel is is bedoel vir die groepleiers of voorgangers. 2. Vir die groepslede het ek die “kommentaar” deel wat by sekere punte geskryf is uitgesny. Ek het gevind dat indsien al die groepslede die “kommentaar” deel het om te lees dit hulle nie aanspoor om te dink nie . Geniet die boek Hebreers!

Upload: vokien

Post on 31-Jan-2018

250 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Bybelstudies oor Hebreers :Die wedloop om heerlikheid.

Opmerking

Ek het die Bybelstudies soos volg gerbuik :1.Die stukke soos dit hier bymekaar gestel is is bedoel vir die

groepleiers of voorgangers. 2.Vir die groepslede het ek die “kommentaar” deel wat by sekere

punte geskryf is uitgesny. Ek het gevind dat indsien al die groepslede die “kommentaar” deel het om te lees dit hulle nie aanspoor om te dink nie .

Geniet die boek Hebreers!

Page 2: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Inleiding tot Hebreërs'n Oud-Olimpiese atleet en gesoute sendeling het die volgende geskryf aan ’n vriend wat in ’n ondraaglike persoonlike krisis verkeer het:

In hierdie wedloop … het ek skielik in ’n boom se tak vasgehardloop … Dit het my amper katswink geslaan … Dit het my skoon van my voete af en uit die wedloop geslaan … Ek het egter op een of ander manier terug gesteier tot op die baan en voortgestrompel … Daar was net een gedagte in my kop. Ek moet aanhou, selfs al kom ek heel laaste. Ek moenie tou opgooi nie. Toe hou ek aan. En wen die wedloop … Wat die probleem ook al is, die terugslag, ons moet aanhou. God sal sorg vir ’n uitslag wat tot sy eer sal dien. [Gordon MacDonald, Rebuilding Your Broken World (Nashville: Oliver-Nelson, 1988), p. 224.]

Die sin “Wat die probleem ook al is … die terugslag, ons moet aanhou” vat die tema van die brief aan die Hebreërs mooi saam. Ek het dit die titel, “Die wedloop na Heerlikheid” gegee. Die Hebreër-skrywer stel dit baie duidelik: “… laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop” (12:1).

Die skrywer beklemtoon deurentyd hierdie groot besorgdheid oor sy lesers — dat hulle hul geloofswedloop met Jesus seëvierend en glorieryk sal voltooi. Ons moet “ … soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het,” waarsku hy, “sodat ons nie dalk wegdrywe nie” (2:1). “… oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie [God se beloofde rus]” (4:1). “Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap” vra hy hulle (6:1). “Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is.” (6:11).

Nadat hy met oortuiging toon dat Jesus Christus al ons behoeftes vervul, roep die skrywer uit: “Laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid … Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.” (10:22–23). “Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie … Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.” (10:35–36).

Die skrywer gebruik ’n hele hoofstuk (11) om sy lesers te herinner aan die verhale van groot helde soos Moses, Abraham, Noag, Jakob en Josef wat die wedloop na heerlikheid voltooi het. Hierdie getuies word ingroep om ons aan te spoor, vorentoe, op ons eie geloofswedloop.

’n Vriend van my maak graag die grap dat wanneer hy in die hemel kom, hy gaan uitvind wie Hebreërs geskryf het. Die brief dra geen naamtekening nie en die geleerdes het ’n geil dag in hulle gegis oor wie die skrywer kon gewees het. Kandidate sluit in: Paulus, Silas, Titus, Markus, Klemens, Lukas, Akwilla, Priscilla en Barnabas. Indien hulle daaroor moes stem, sou Lukas, Barnabas, en Apollos waarskynlik op hulle kort lys wees. Hoe dit ook al sy, wie die skrywer dan ook al was, het die Hebreërs baie goed geken.

Die lesers was ingeligte Jode wat hulle tot geloof in Jesus Christus bekeer het. Die brief se raamwerk is gebou op die Joodse geskiedenis, teologie en gebruike. Hierdie Jode was oud genoeg in die geloof om reeds onderwysers daarvan te wees en om die ouer leiers te kon onthou (5:12; 13:7). Hulle het mekaar gedien en het swaar gekry (6:10; 10:32–34). Ons kan maar net raai waar hulle gebly het — Jerusalem, Aleksandrië, Korinte, Efese en Rome is moontlikhede.

Waaroor geen twyfel bestaan nie, is die geestelike gevaar waarin die lesers verkeer. Hulle loop die gevaar om terug te keer na Judaïsme. Die brief loop oor van waarskuwings daareen. Hulle word as afvalliges van God en verraaiers van Moses deur die Jode getreiter. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die wet laat vaar en die Ou-Testamentiese beloftes prysgegee het.

Die skrywer bestee dus heelwat tyd daaraan om te bewys dat Jesus Christus baie voortrefliker is as enigiets waarvan hulle afstand gedoen het vir sy onthalwe. In verband

Page 3: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

daarmee waarsku hy hulle teen verwaarlosing, ongeloof, ongehoorsaamheid, onvolwassenheid en verwerping. Dis asof hy in die hoofpawiljoen staan en hulle op die atletiekbaan aanmoedig om nie tou op te gooi nie, en die eindstreep in die krag van Jesus Christus te bereik.

Die lesers van vandag het waarskynlik nie vanuit so ’n diepgewortelde kulturele en godsdienstige tradisie tot geloof in Christus gekom nie. Elke Christen kom nogtans op een of ander stadium voor die versoeking te staan om die handdoek in te gooi en te vra: “Wat help dit tog?” Wanneer probleme en struikelblokke toeneem, wanneer geloof onproduktief lyk en deure toeslaan, is dit maklik om te dink aan onttrekking aan jou persoonlike geloofswedloop.

Ons het ook nou nodig om aan die genoegsaamheid van Christus herinner te word. Daar is geen sterker aansporing as om in die wedloop te bly met “die oog gevestig op Jesus” (12:2) nie. As die Baanbreker van ons saligheid lei Hy ons na heerlikheid (2:10).

Ons hardloop ons geloofswedloop in noue gemeenskap met God deur gebed, deur ons lewens te rig na God se Woord, deur Hom getrou te aanbid en ons medechristene lief te hê, en deur Jesus Christus elke dag beter te leer ken en dien as ons Begeleier, Gids en Meester.

Deur Johan Potgieter vertaal uit Hebrews: Race to Glory deur James Reapsome. Kopiereg 1991 deur James Reapsome. Gedruk deur InterVarsity Press

3.

Page 4: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

1 Uit die Blokke Hebreërs 1:1–14Doel: Om ’n deeglike begrip te kry van wie Jesus Christus werklik is.

Toe die ou kerkvader, Chrysostom, na die Romeinse keiser ontbied en daarvan aangekla word dat hy ’n Christen is, het die keiser met verbanning gedreig indien hy nie vir Jesus sou afsweer nie. Chrysostom het geantwoord: “U kan my nie verban nie, want die hele wêreld is my Vader se koninkryk.”

“Dan sal ek jou lewe van jou wegneem,” het die keiser gereageer.“U kan nie,” was Chrysostom se antwoord, “want my lewe is met Christus in God

verborge.”“Ek sal jou rykdom van jou wegneem,” het die keiser uitgeroep.“U kan nie,” sê Chrysostom toe, “want my rykdom is in die hemel waar my hart ook is.”“Dan sal ek jou van al jou vriende wegdryf,” kap die keiser terug.“U kan nie, want ek het een Vriend van wie u my nooit kan skei nie. Ek weerstaan u,” het

Chrysostom vervolg, “omdat u my geen kwaad kan aandoen nie.”’n Vaste oortuiging soos dié groei uit ’n deeglike begrip van wie Jesus Christus werklik is.

Hebreërs 1 sal jou uit die blokke kry met ’n oorsig van die majesteit, krag en heerlikheid van Jesus Christus.

1. Iemand sê dalk vir jou: “Christus, Boeddha, Mohammad, hulle is almal eenders.” Wat sê jy?

Vraag 1. Elke studie begin met ’n “aanvoorvraag” wat voor die lees van die Skrifgedeelte gevra behoort te word. Hierdie vrae is om verskeie redes belangrik.

In die eerste plek help hulle die groep om teenoor mekaar oop te maak. Dit maak nie saak hoe goed ’n groep mekaar ook al ken of hoe gemaklik hulle in mekaar se geselskap voel nie, daar is altyd ’n versigtigheid wat eers oorkom moet word voordaat mense vrylik begin praat. ’n Goeie vraag sal die ys breek.

In die tweede plek dwing aanvoorvrae mense om oor die onderwerp van die studie te begin dink. Die meeste mense sit met allerhande goed wat in hulle koppe maal (aandete, ’n belangrike afspraak, die motor wat herstel moet word) wat niks met die studie te doen het nie. ’n Slim vraag sal hulle aandag fokus en hulle by die bespreking betrek.

In die derde plek kan aanvoorvrae aan die lig bring waar ons gedagtes en gevoelens nog deur die Skrif verander moet word. Daarom is dit so belangrik dat die aanvoorvraag gevra word voordat julle die Skrifgedeelte lees. So nie, sal die gedeelte mense se eerlike reaksies beïnvloed omdat hulle geneig sal wees om te wil antwoord volgens wat hulle dink hulle behoort te antwoord. Deur spontaan op die vraag te moet reageer voordat hulle lees wat die Bybel daaroor sê, sal mense laat sien waar hulle houdings en denke nog moet verander.

2. Lees Hebreërs 1:1–14. Hoe openbaar vers 1–3 die wesenlike waarheid van Christus se voorrang en genoegsaamheid?

Page 5: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 2. Hierdie verse toon aan dat Jesus die bemiddelaars van ouds tussen God en die mensdom — die profete — oortref.

3. Watter verskil maak dit dat God “met ons gepraat (het) deur die Seun” (v. 2)?

Vraag 3. “In hierdie laaste dae” (v. 2) is deur die Hebreeuse profete gebruik om aan te dui wanneer hulle woorde vervul sou word. Jesus se verskyning lui hierdie tyd van vervulling in.

4. Aan die hand van wat ons in vers 2–3 lees, hoe sou jy antwoord op die vraag: “Wie is Jesus Christus”?

Vraag 4. “Uit Hom straal die heerlikheid van God” (v. 3) beteken die sigbare vergestalting van God se heerlikheid. Christus se glans is as ’t ware van dieselfde substansie as die bron van lig. “Die ewebeeld van die wese van God” (v. 3) beteken ’n presiese uitbeelding van die wesenlike beeld van die substansie van God, net soos die afdruk op ’n muntstuk presies ooreenkom met die gietstuk waarin dit gemaak is.

5. Christus se reiniging van sonde (v. 3) sal nog deur die skrywer as ’n belangrike punt in hoofstuk 9–10 benadruk word. Aangesien wie Christus is, soveel aspekte het, ondervind ons dalk dat ons op verskillende tye verskillend op Hom reageer. Vergelyk en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ons sonde voorsien het.

Vraag 5. Christus se rol in die reiniging van ons sonde tree sterker op die voorgrond as sy werk as Skepper as gevolg van, byvoorbeeld, sy rol as ons groot Hoëpriester. In God se verlossingsplan is dit nie deur skeppingswerk waardeur Jesus ons gered het nie, maar deur sy dood en opstanding.

6. Watter versekering gee die feit dat Jesus nou aan die regterhand van die Vader sit vir ons oor sy reinigingswerk van ons sonde?

Vraag 6. “Die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel” (v. 3) beteken nie ’n fisiese regterhand of werklike troon nie. Die taal skilder Christus se verheerliking en voorrang.

7. Om sy boodskap tuis te bring, gebruik die skrywer sewe aanhalings uit die Ou Testament. Watter kenmerke of hoedanighede van Jesus vind die skrywer in die Ou Testament opgeteken om sy aanspraak te staaf dat Jesus hoër is as die engele (v. 4–14)?

Page 6: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 7. Die skrywer se toepassing van die feite in vers 1–3 verras ons aangesien dit nie vir ons ’n prioriteit is om te bewys dat Jesus hoër as die engele is nie (v. 4). Dit was egter belangrik vir die Hebreërs wat ingewy was in die aanbidding van engele (13:9; Kol 2:18), waarskynlik weens hulle verskyning aan die Hebreërs se Ou-Testamentiese voorvaders.

Byvoorbeeld, Christus se voortrefliker name, “Seun” (v. 5) en “Eersgeborene” (v. 6), is titels van sy Goddelikheid wat nie geskep is nie. Jesus word as God aangespreek (v. 8) en toon sy Goddelikheid deur sy regverdige heerskappy van die koninkryk. Eendag sal al sy vyande aan Hom onderwerp word (v. 13).

8. Wie is die bron van al hierdie verstommende verklarings (v. 5–8, 10, 13)?

9. Wat sê dit vir ons oor die gesag van die Ou Testament?

Vraag 9. Help die groep om raak te sien hoe hierdie gebruik van die Ou Testamentiese Skrif in die Nuwe Testament dit vir hedendaagse Christene moontlik maak om die belangrikheid van Christus in die Ou Testament te besef.

10. Gegrond op wat jy in vers 5–14 geleer het, hoe sou jy nou jou antwoord formuleer op die vraag: “Wie is Christus?”

11. Watter behoeftes in jou lewe word deur hierdie eienskappe van Jesus aangespreek?

12. Watter tipe lewe behoort jy te lei omdat al hierdie dinge omtrent Jesus waar is?

Page 7: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

2 Waarskuwingstekens Hebreërs 2:1–18Doel: Om die gevaar wat ons loop om geestelike weg te dryf, raak te sien en daarop te reageer.

“Pas op!” Die swart en wit letters op ’n bord wat ek op die Fox-rivier in St. Charles, Illinois teëgekom het, waarsku my dat ’n dam voorlê. Op daardie stil stroom sal dit maklik wees om oor die damwal te dryf. Sigaretpakkies, blikkies onkruiddoder, heinings rondom kernkragstasies — almal het opvallende waarskuwingstekens wat ontwerp is om te voorkom dat ons in lewensgevaarlike situasies beland.

In Hebreërs 2 bring die skrywer die eerste van ses duidelike waarskuwingstekens in die brief aan. Die eerste teken waarsku ons inderdaad teen die gevaar van om van die koers van ons geloofswedloop weg te dryf. Dit vertel ons om daarop te konsentreer om in die wedloop te bly.

1. “Nou luister jy na my, hoor!” Jy het dalk al hierdie uitdrukking by jou ouers, ’n onderwyser of selfs ’n drilinstrukteur gehoor. Jesus het net so gesukkel met verskillende groepe mense wat gehoor en gehoor en gehoor het (Mark 4:1–20), maar niks gedoen het nie. Wat veroorsaak geestelike onverskilligheid?

2. Lees Hebreërs 2:1–18. In vers 1 lees ons dat ons moet “soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het … sodat,” en in vers 3 word ons vertel om dit nie te “verontagsaam” nie. Wat is dit waarop ons in ons lewens moet fokus?

Vraag 2. “Wat ons gehoor het” (v. 1) sou onmiddellik verwys na die voorrang van Jesus soos in hoofstuk 1 uiteengesit. In die breë sluit dit die volle boodskap van die evangelie van Jesus Christus in waardeur die Hebreërs Christene geword het.

3. Wat is dit wat jou kan laat “wegdrywe” van Christus, of “so ’n groot saligheid” deur jou vingers kan laat glip soos ’n los ring wat van jou vinger afgly?

Vraag 3. Dit is moontlik om intellektueel weg te dryf: “Ek het dit ook eers geglo.” Mens kan ook moreel wegdryf: “Ek het voorheen gedink dit is verkeerd.” Mens kan wegdryf van aanbidding, Bybel lees, getuig en diens:“Ek het nie meer genoeg tyd vir daardie dinge nie.” Die onmiddellike gevaar vir die Hebreërs was dat hulle van hul toewyding aan Christus sou wegdrywe terug na Judaïsme toe.

“Die woord wat deur engele gepraat is” verwys na die gee van die Mosaïese wet op die berg Sinai (kyk byvoorbeeld na Hand 7:53; Gal 3:19).

4. Watter logika span die skrywer by vers 2–3 in om ons aandag nog verder op die gevaar van wegdrywe te vestig?

Page 8: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 4. Wat is die “regmatige straf” vir diegene wat wegdrywe en hulle “groot saligheid” verontagsaam? Die skrywer vertel ons nie, maar hy het so ’n groot vrees in die vooruitsig dat hy sy lesers dringend aanspoor om in die geloofswedloop te volhard. Kyk byvoorbeeld na Paulus se waarskuwings: “Julle moet met eerbied en ontsag julle daarop toelê om as verloste mense te lewe” (Fil 2:12). “Stel julle self op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe” (2 Kor 13:5).

Sommige skrifverklaarders en geleerdes meen dat hierdie waarskuwende gedeeltes verwys na die kernvrae oor die saligheid. “regmatige straf,” volgens hierdie standpunt, wys dan op ewige verdoemenis in die hel.

Aan die ander kant, in Hebreërs 3:14 gee die skrywer die voorbeeld van die Israeliete wat in die woestyn gesterf het as gevolg van hulle ongeloof (1 Kor 10:1–5). Dit suggereer dat God se “regmatige straf” van dié wat wegdryf in hierdie lewe voltrek word. Ons kan nie seker wees van wat dit is nie, maar Paulus wys op siekte en dood (1 Kor 11:27–32). Na aanleiding van die “hier-en-nou” voorbeeld van God se oordeel oor die mense wat weggedrywe het (sy kinders in die woestyn), en omdat die skrywer nie melding maak van die hemel en hel in verband met hierdie mense nie, lei ek af dat die straf beide fisies en geestelik is. Dit kan lewensverlies of iets soortgelyk wees, of wat kan erger wees as die verlies aan God se seëninge en al die voordele van Christus se ewig teenwoordige hulp in hierdie lewe.

Wanneer ons Jesus verontagsaam, gaan die beste van wat God nou vir ons aanbied, by ons verby. Die Hebreërs het hulle geloof in Jesus bely. Hulle was Christengelowiges maar hulle het gevaar geloop om as gevolg van druk van Hom weg te draai en hulle weer tot die Ou-Testamentiese Judaïsme, en veral die aanbidding van engele, te wend. Dit is dieselfde tipe druk waaronder nuwe bekeerlinge van ander godsdienste, antiek (Hindoeïsme, Boeddhisme, Islam) sowel as modern (Mormonisme, Christian Science, New Age en so meer) vandag verkeer.

5. Hoe onderstreep die skrywer sy waarskuwing dat God se verlossing in Christus ons hoogste gehoorsaamheid waardig is (vv. 3–4)?

6. Wat help jou om ’n warm, lewensveranderende verhouding met Jesus te handhaaf?

7. Om te bewys dat Jesus te groot en te kosbaar is om af te skeep, vertel die skrywer ons meer omtrent Hom (v. 5–9). Watter belangrike feite noem hy hier?

Vraag 7. Om te bewys dat Jesus ons barmhartige en getroue Hoëpriester is en dus in staat is om ons te help, kom wat wil, wys die skrywer daarop dat Hy vir ’n kort tydjie minder as die engele was (v. 7), ons vlees en bloed gedeel het (v. 14), en met ons gelyk gemaak is (v. 17). Jesus is “’n kort tydjie minder gemaak as die engele” (v. 9), terwyl Hy vrywillig vlees en bloed geword het om vir ons te sterf. In teenstelling daarmee is hy tot die plek van hoogste eer verhef.

8. Na aanleiding van die beskrywing van Jesus in vers 10–13, probeer ’n beeld van Hom skilder wat ’n medechristen vandag sal kan aanmoedig.

Page 9: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 8. Die volmaakte Seun van God het ons volmaakte Verlosser geword (v. 10) en die weg na God gebaan. Om dit te kon doen, moes Hy ly en sterf. Die pad wat ons na God toe loop, moes Hy as ons Leidsman eerste loop. Slegs so ’n volmaakte Leier is bekwaam om ons in God se teenwoordigheid te verteenwoordig.

9. Waarom moes Jesus “in elke opsig aan sy broers (ek en jy) gelyk word” (vv. 16–18)?

Vraag 9. Jesus is in die lyn van Abraham se fisiese afstammelinge gebore, maar in 16 is die nageslag van Abraham die hele familie van Chrsitengelowiges.

10. Hoe help Jesus jou wanneer jy versoek word?

Vraag 10. Die Hebreërs het in versoeking gekom om ontrou aan God te wees en hul Christenbelydenis te laat vaar.

11. As jy na aanleiding van vers 5–18 name of titels aan Jesus moes gee, wat sou hulle wees?

Hoe help kennis van hierdie titels of rolle van Jesus keer dat jy wegdrywe en om jou in die geloofswedloop te hou?

12. “Maak asseblief seker dat u sitplekgordels vas is,” waarsku die vliegtuig se kaptein mens met die oog op naderende stamperigheid in die vlug. Hoe kan julle mekaar help om “veilig vasgegordel te wees” aan Jesus?

Page 10: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

3 Wen die Wedloop Hebreërs 3:1–18Doel: Om die faktore te verstaan wat tot geestelike sukses of mislukking bydra.

Atletiekafrigters vertel ons wat die uitblinkers van die gemiddelde atleet onderskei: die wil om te wen. Hoewel hulle oor dieselfde fisiese krag beskik, bereik die een atleet die hoogste sport terwyl die ander in vergetelheid verdwyn.

In hierdie hoofstuk beeld die skrywer twee ewebegaafde Christenatlete uit in die geloofswedloop. Een het geslaag, die ander nie. Wat het die verskil gemaak? Die wil om te wen. Die een het stewig aan Christus vasgehou, maar die ander het langs die pad uitgesak weens ’n verharde hart.

1. Wat maak die verskil tussen die lewenslustige, groeiende Christene wat jy ken en dié wat dooierig lyk en skynbaar nie in die uitwerking van die geloof wat hulle bely, belangstel nie?

2. Lees Hebreërs 3:1–18. Wat beklemtoon die skrywer in vers 1–6 omtrent Jesus wat ons kan aanspoor om “noukeurig [te] let” op Hom (v. 1) en te “bly vashou” aan wat ons hoop (v. 6)?

Vraag 2. “Daarom” (v. 1) verwys na die aanbod wat Jesus genadiglik maak om ons te help wanneer ons versoek word, soos beskryf in 2:18. Die tragiese uiteinde van die Israeliete wat in die woestyn gesterf het, dien as grondslag van God se waarskuwing aan ons.

3. Waarom was dit noodsaaklik dat die Hebreërs oortuig moes word dat Jesus groter is as Moses (v. 2–6)?

Vraag 3. Moses en Christus is altwee deur God gestuur om die mense te lei —“die een om hulle uit die slawerny aan die farao te lei na die Beloofde Land, die ander om hulle uit die slawerny aan die duiwel te lei (2:14–15) na die sabbatsrus wat belowe is aan dié wat glo (4:3, 9)” [The New NIV Study Bible, Kenneth Barker, alg. dr. (Grand Rapids, Mich.: Zondervan, 1985), p. 1861].

4. Hoe kan jy sterk konsentreer op Jesus (v. 1), veral wanneer jy beproef word deur teëspoed, verwaarlosing of onverskilligheid?

Page 11: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

5. In vers 7–11 rig die skrywer sy tweede waarskuwingsteken op — ongeloof en ongehoorsaamheid. Hierdie verse beskryf die volk Israel nadat hulle deur die Rooi See getrek het. Hulle het geweier om gehoor te gee aan God se opdrag om die Beloofde Land in te neem omdat hulle bang was vir die militêre mag wat hulle sou teenstaan. Hulle moes toe veertig jaar in die woestyn rondswerf totdat daardie hele geslag uitgesterf het. Hoe beskryf die psalmdigter God se perspektief van die Israeliete?

Vraag 5. Die voorbeeld word geneem uit Psalm 95:7–11 wat verwys na die geslag wat in opstand gekom en in die woestyn gesterf het. Vir agtergrond oor hoe die Israeliete in die woestyn gerebelleer het, lees Numeri 11:1, 4–6, 31–33; 13:30–14:3; 14:19–24, 32–35. Dit is belangrik om te besef dat hulle ongeloof nie ’n gebrek aan geloof in God was nie, maar dat hulle God se manier bevraagteken en nie genoeg vertroue in Hom gehad het nie. Hulle ongeloof was eenvoudig ongehoorsaamheid aan God. In hierdie verse sien ons ook dat Kaleb ’n broer was wat vasgehou het.

6. Op watter maniere kan Christene vandag vir God “op die proef stel en uittart” (v. 9)? Waarom?

7. Hoe reageer diegene wie se harte van God weggedraai het?

8. Waarom het ons elke dag bemoediging nodig om aan Christus vas te hou?

9. Hoe het God vir die Israeliete beoordeel wat Moses uit Egipte uitgelei het (vv. 15–19)?

Waarom het Hy hulle so beoordeel?

Page 12: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 9. God se “rus” (v. 11, 18) was die Beloofde Land van Kanaän, nie die hemel nie. Dit was die plek van God se rykste seëninge hier en nou. Sommiges sou egter aanvoer dat die belofte van rus in Kanaän heenwys na die ewige rus wat ons in verlossing vind.

10. Hoe ernstig, dink jy, beskou Christene vandag nog vir ongehoorsaamheid en ongeloof? Verduidelik.

11. In teenstelling daarmee, watter voordele word aan iemand gegee wat die wil het om die wedloop te wen en deel in alles wat Christus aanbied (v. 14)?

12. Gaan die feite weer na oor die hardkoppiges (v. 8, 10, 12–13, 15–18). Watter aspek van hierdie lewenswyse vergelyk die beste met wat jy ervaar?

Wat doen jy om die gevaar van “in die woestyn agter [te] bly” te vermy (v. 17)?

Vraag 12. Hou in gedagte dat God se seën en oordeel van hierdie broers in die wedloop nou teenwoordig is, nie in die toekoms (met ander woorde, die hemel of hel) nie. Die nodige geloof in God se werk deur Christus is nou in die broers. Kyk ook na die leier se aantekeninge in studiestuk 2, vraag 4.

Page 13: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

4 Ontvang God se Seëninge Hebreërs 4:1–13Doel: Om nou reeds die vreugde te ervaar wat die strewe na God se beste inhou.

Die Amerikaanse besigheidsmagnaat Roger Babson het eenkeer opgemerk: “Daar is groter geleenthede vandag as te eniger tyd in die geskiedenis. Jongmense het meer moontlikhede tot rykdom, geluk en voorspoed as die kinders van al die vorige geslagte.” Dieselfde is waar vir Christene in God se geloofswedloop.

Dit was ook waar vir God se volk, Israel, maar hulle het die geleentheid om in God se land van seën te leef, laat verbygaan en het in die woestyn van ongeloof en ongehoorsaamheid omgekom. Hierdie hoofstuk vertel aan Christene dat daar iets is om te vrees, maar ook iets om na te strewe — om God se beloofde rus nou te ervaar.

1. Waarom, dink jy, glip die geleentheid om God se rykste seëninge te ervaar, deur sommige Christene se vingers?

2. Lees Hebreërs 4:1–13. Wat, dink jy, beteken die belofte in vers 1 om in God se rus te gaan?

3. Die tragiese lot van die Israeliete wat in die woestyn omgekom het, is die grondslag vir God se waarskuwing aan almal wat die evangelie gehoor het. Waarom het sommiges aan wie die evangelie gepreek is hulle kans om God se rus te ontvang, verspeel (v. 2)?

4. Van wat jy tot dusver in Hebreërs gesien het, hoe sou jy die geloof beskryf wat nodig is om God se rus te ontvang?

Vraag 4. Geloof en gehoorsaamheid gaan hand aan hand. As jy sê jy glo, moet jy God gehoorsaam. Geloof wat God se geleenthede aangryp, is eg, volhardend en blywend. Dit hoor nie die boodskap en sê dan net: “Ja, ek glo” nie.

5. Daar word vir ons vertel om ons te beywer om in God se rus te gaan (3:11, 18; 4:1, 3, 5–6, 9–11). Hoe stel jy jou daardie rus voor?

Page 14: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 5. God se rus word uitgebeeld deur sy rus na die skeppingswerk. Dit kom deur middel van persoonlike kennis van Jesus Christus (kyk byvoorbeeld na Matt 11:28–30; Joh 7:37–39; 10:10; 14:23, 27; 15:11; 16:33; Ef 3:16–19; Fil 4:6–7; 1 Pet 5:7, 10–11). Om God se rus nou te betree, beteken dood aan die self, al ons eiegeregtigheid. Evan Hopkins het soos volg oor rus gebid: “My Heiland, U het rus aangebied; O, gee dit dan aan my; Die rus van ’n einde aan myself; Om my alles in U te vind.”

6. God het van al sy werk gerus (v. 4), en Hy bied aan ons ’n “sabbatsrus” op die sewende dag van die week. Wat verstaan jy onder om te rus van jou werk?

7. Vers 6–8 verwys na die Israeliete. Hoe het hulle geweier om God se rus in te gaan?

Vraag 7. Volgens Moses het die mense geweet dat die land wes van die Jordaan ’n plek van rus en vrede sou wees (Deut 12:9–10).

8. Die “woord van God” wat ons bedoelings en gedagtes beoordeel (vv. 12–13) is die besondere belofte van God se rus. Hoe kan God se Woord die toestand van jou hart ontbloot?

9. Hoe behoort ons blootgesteldheid aan God se beoordeling en ons verantwoordelikheid teenoor Hom, ons gedagtes en gesindhede te beïnvloed (v. 13)?

10. Watter rol speel die Skrif nou in jou lewe?

Hoe sou jy daardie rol wou verdiep of verander?

Page 15: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

5 Oorkom SwakheidHebreërs 4:14–5:10

Doel: Om hoop te midde van versoeking in Christus se hoëpriesterskap te vind.Die Pulitzer-bekroonde boek City of Joy handel oor die ontsettende lyding van ’n Poolse priester in die agterbuurte van Calcutta. Sy hoofde het vir hom ’n gerieflike blyplek aangebied, maar hy het verkies om soos die inwoners van daardie krotbuurte te lewe. Deur sy lyding het hy geleer wat dit beteken om ’n krotbewoner te wees. Hy sou dit op geen ander manier beter leer ken het nie. Net so moes die Hebreërs herinner word aan hulle Godgegewe, lydende Hoëpriester, Jesus Christus, sodat hulle styf aan Hom kon vashou. Die skrywer sê egter dat hulle moes groei uit hulle geestelike onvolwassenheid.

1. Watter ervarings het jy al gehad wat jou gehelp het om ’n ander mens beter te verstaan?

2. Lees Hebreërs 4:14–5:10. Watter opdragte word in 4:14 en 16 gegee?

Vraag 2. Die eerste opdrag is: “Laat ons vashou aan die geloof wat ons bely” (v. 14). Die tweede opdrag is: “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.” (v. 16).

3. Wat is daar in die karakter van Jesus wat ons aanmoedig om hierdie opdragte te gehoorsaam?

4. Wanneer jy versoek word, watter verskil maak dit om te weet dat Jesus net so versoek was en daarom medelye het met jou swakheid?

5. Jesus het as ons barmhartige en getroue Hoëpriester versoening gedoen vir ons sonde. Die skrywer herinner die Hebreërs aan hulle aardse hoëpriester in Judaïsme. Wat was die aard en rol van hierdie hoëpriester (5:1–4)?

6. Watter belangrike feit omtrent Jesus se hoëpriesterskap bevestig die skrywer (5:5)?

Watter verskil maak dit?

Page 16: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 6. Die skrywer wys daarop dat Jesus se Piesterskap deur God gegee is. Jesus het dit nie self toegeëien nie. Dit is wat Jesus en die Joodse hoëpriester gemeen het. Maar God het van geen aardse priester gesê: “Jy is my Seun” soos wat Hy Christus se Goddelike aanstelling aangetoon het nie.

7. Hoe sou jy Jesus se hoë aanstelling en die lewe wat Hy gelei het, vergelyk (5:7–8)?

8. Hoe weerspieël jou lewe jou hoë aanstelling as die aangenome seun of dogter van God?

9. Wat was die gevolge van Christus se lyding (5:8–10)?Vraag 9. Jesus het “geleer wat gehoorsaamheid is” in die sin dat sy lyding Hom die volle betekenis en prys van sy gehoorsaamheid geleer het, nie in die sin dat Hy ’n ongehoorsame Seun was nie. Moenie nou al oor Melgisedek bekommer nie (v. 10). Ons ontmoet hom weer in die volgende hoofstuk.

10. Hoe help dit jou om ’n positiewe gesindheid teenoor lyding in te neem?

Page 17: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

6 Die Wedloop om VolwassenheidHebreërs 5:11–6:20

Doel: Om nuwe ywer vir geestelike volwassenheid te kweek.Die voormalige Olimpiese kampioen, Peter Snell, sê die enigste manier om ’n wedloop te wen, is om aan die voorpunt te kom en voluit te gaan. Voor die tyd, sê hy, verg dit baie harde oefening en selfdissipline.

Die Hebreërs het groot gevaar geloop om die wedloop prys te gee, daarom het die skrywer hulle aangemoedig om aan te druk vorentoe. Hierdie hoofstuk doen vier sterk oproepe: “Laat ons... verder gaan na die volle inhoud van die boodskap” (v. 1). “Lê enduit dieselfde ywer aan die dag” (v. 11). “Moenie traag word nie” (v. 12). “Hou vas aan die hoop” (v. 18).

1. Wanneer word jy die meeste versoek om uit die geloofswedloop te tree? Waarom?

2. Lees Hebreërs 5:11–14. Hoe sou jy die Hebreërs se mislukkings beskryf?

3. Wanneer hulle middele en geleenthede vir groei in aanmerking geneem word, wat dink jy is die rede vir hulle probleme?

4. Waarom is die woord, “kind” (v. 13) ’n goeie beskrywing van geestelike mislukking?

5. Lees Hebreërs 6:1–20. Die fondament van ons Christelike geloof is belangrik, maar wat was die Hebreërs besig om te doen (v. 1–3)?

6. Na aanleiding van v. 4–6, waarom is dit uiters belangrik om Christelike volwassenheid te ontwikkel?

Vraag 6. Die voordeel van Christus se offer is “eens en vir altyd.”Volgens een verklaring van vers 4–6 kan iemand wat in die genade van Christus gedeel het

en dan die evangelie verwerp (natuurlik, sonder om ooit werklik te geglo het) nie weer tot bekering en geloof gebring word nie. Of, ’n ander moontlikheid is, dat ’n persoon werklik geglo het maar dan daarvan afwyk en leef asof die evangelie geen verskil maak nie. So ’n persoon kan ook nie weer tot ’n lewensveranderende geloof kom nie. Selfs om voor te stel dat Jesus weer gekruisig moet word, is ondenkbaar. ’n Tweede bekering is onmoontlik, net soos dit vir die ongehoorsame Israeliete in die woestyn was.

Watter van die standpunte jy ook al huldig, die wese van die gevaar bestaan daarin dat die verlossingswerk van Christus verwerp word. Die persoon verkeer in lewensgevaar.

7. Wat is die gevolge vir iemand wat langs die pad uitsak (om dit so te stel)?

Page 18: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 7. Die beeld word gebruik van ’n atleet wat van die baan af struikel of ’n kind wat ’n moeilike taak los. Vir die Hebreërs sou dit die versaking van hulle geloof beteken. Volgens vorige beskrywings sou dit lei tot ’n wegdrywe en verontagsaming (2:1–3), verhardheid van hart (3:12–19), verlies aan God se rus (4:1–2, 11–13), en geestelike onvolwassenheid en traagheid in plaas van volwassenheid (5:11–14). Hulle het gevaar geloop om die punt verby te steek waar omdraai en van voor af begin, onmoontlik is, net soos in die geval van die Israeliete in die woestyn. God alleen weet wanneer ’n persoon se volgehoue ongehoorsaamheid daardie oordeel bring. Hy het die gordyn laat sak op die Israeliete na hul herhaalde uittarting.

8. Twee maniere van grondvoorbereiding beeld duidelik die rede uit om na volwassenheid te strewe (v. 7–8). In watter mate beeld hulle jou lewe uit?

Vraag 8. Vir ander feite oor God se beoordeling van die “vrug” van ons lewens, kyk na 1 Kor 3:9–15; 2 Kor 5:9–10; Rom 4:10–12.

9. Watter hoop stel die skrywer in die vooruitsig op beter dinge wat nog moet kom (v. 9–10)? Waarom?

10. Wanneer jy terugdink aan jou lewenspad tot dusver, jou ywer en traagheid (v. 11–12), hoe kan jy verbeter?

11. Watter belangrike fasset van God se wese moedig die Hebreërs aan om positief en hoopvol te wees oor hulle toekoms (v. 13–18)?

12. Hoe sal jy die anker van jou lewe beskryf (v. 19)?

13. In vers 19–20 keer die skrywer terug na die godsdiens waarmee die Hebreërs vertroud is, van priesters en hulle tempel met die heiligdom wat afgeskei is. Met ander woorde, dit was ’n beeld van ’n dieper geestelike werklikheid in Christus. Hoe vervul Jesus jou diepste verwagtinge en help Hy jou op pad na volwassenheid in jou geloofswedloop?

Page 19: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

7 Ewige Metgesel Hebreërs 7:1–28Doel: Om nuwe vlakke van vertroue in Jesus Chirstus te ontwikkel.

In die Ou Testament loop godsdiens en priesters hand aan hand. Moses het al die reëls vir die Leviete, die priesterlike stam van Israel, mooi uiteengesit. Die Hebreër-Christene het intussen hulle ou godsdiens wat op die priesterlike funksies gebaseer was, verlaat. Sommige van hulle het egter terugverlang na die ou dinge. “Moenie terugdraai nie,” maan die skrywer. “Julle het iets veel beter in Christus.” In hoofstuk 7–10 vertel die skrywer van Christus se voortrefliker priesterlike oorsprong, sy beter verbond en sy eens-en-vir-altyd-volkome offer van Homself. Of ons nou ook van ou tradisies moes afsien om Christus te vind of nie, ons almal se vertroue het hupstootjies nodig soos dié in hoofstuk 7 sodat ons in die hardloop van ons geloofswedloop, by Jesus sal bly, kom wat wil.

1. “Hy laat my altyd so sterk voel,” het ’n gemeentelid ná ’n preek van hulle leraar gesê. Watter verhoudings verdiep jou kennis van Christus en bou jou op?

2. Lees Hebreërs 7. Jesus is ons Hoëpriester, nie uit die oeroue Joodse geslag van Aäron nie, maar uit die afstamming van die voor-Aäronitiese Melgisedek. “Let op hoe groot hierdie man [Melgisedek] was,” roep die skrywer (v. 4). Wat was dit omtrent Melgisedek wat hom so groot gemaak het (v. 1–3)?

Vraag 2. Melgisedek was ’n koning en ’n priester (Gen 14:18) en natuurlik het hy ouers gehad en gesterf! Wat die skrywer hier sê, is dat daar geen register van sy geboorte of dood bestaan nie sodat dit is asof hy geen begin of einde gehad het nie.

3. So groot as wat sy naam en posisie was, het een voorval Melgisedek se uitnemendheid vir die Hebreërs bewys: Hulle patriarg, Abraham, het ’n tiende van sy inkomste aan hom gegee (v. 4). Na aanleiding van vers 5–10, waarom bewys dit dat Jesus se hoëpriesterskap voortrefliker is as dié van Levi (Aäron se seun)?

4. Jesus het ’n nuwe era ingelui en het die oue opgehef omdat Hy nie van die priesterlike stam was nie (v. 11–14). Waarop berus sy Priesterlike gesag (v. 15–17)?

5. Hoe kan sy ewigdurende aard jou daaglikse hoë- en laagtepunte beïnvloed?

6. In watter opsig was die ou reëls van die Jode “kragteloos en nutteloos” (v. 18–19)?

Vraag 6. Basies gesproke, het die reëls en regulasies niemand na volwassenheid gelei nie. ’n Naelloper sal nie tot volwassenheid ontwikkel deur die reëls van die baan en veld alleen te leer nie. ’n Beter hoop is nodig om mense tot volwassenheid te bring.

7. Waarom is ons hoop in Christus ’n “beter hoop” (v. 19)?

8. God se eed het Jesus as ’n besondere Hoëpriester uitgesonder (v. 20–21). Hoe waarborg Jesus ons geloofsooreenkoms (verbond) met Hom (v. 22)?

Page 20: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

9. Wat maak die ewigdurende priesterskap van Christus vir ons moontlik (v. 23–25)?

10. Hoe help Jesus se ononderbroke voorbidding vir jou om jou geloof styf vas te hou en in die wedloop te volhard (v. 25)?

11. Wat ontrent Christus se karakter en offer plaas Hom ver bo ander aardse priesters (v. 26–28)?

12. Die skrywer noem twee keer dat ons deur Christus se priesterskap tot God moet nader (v. 19, 25). Waarom is dit nodig dat ons dit só doen?

Hoe kan jy dit in jou geloofswedloop oefen?

Page 21: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

8 God se “Nuwe Bedeling” Hebreërs 8:1–13Doel: Om opnuut waardering vir God se liefde en barmhartigheid in sy nuwe verbond te kry.

Doer in 1932 het President Franklin Roosevelt beoog om die VSA uit die put van die Groot Depressie te red deur die “New Deal” (Nuwe Bedeling) in werking te stel. Die konsep het die verbeelding van die mense aangegryp. Die tyd was ryp vir ’n radikale nuwe ekonomiese en sosiale program. In hierdie hoofstuk kondig die Hebreër-skrywer God se “nuwe bedeling” aan — ’n nuwe verbond of ooreenkoms tussen God en die mensdom. Dit hou beloftes in wat dié van die “ou bedeling” (Ou-Testamentiese wette en regulasies) ver oortref.

1. Waarom, dink jy, werk die konsep van “nuut, beter, verbeter” so goed in advertensies?

2. Lees Hebreërs 8:1–13. “Ons het ’n Hoëpriester” (v. 1) verwys na die beskrywing van Jesus in 7:23–28. Watter bykomende feite leer ons omtrent Hom (v. 1–2)?

3. Wat is Christus se hemelse priesterdiens (v. 3–6)?Question 3. Jesus het Homself geoffer (v. 3; kyk ook 7:27; 9:14; 10:10). Sy offer is gegee en voltooi in een beslissende handeling. Dit gaan nie aan nie.

Die feit dat Jesus se offer vir ons sonde deur God aanvaar is as ewig voldoende, bewys dat Jesus vir altyd in die plek van alle mag bekroon is (10:12–13).

4. Vers 6 kyk terug om Christus se voortrefliker priesterdiens te bewys, en vorentoe om te bewys dat ons ’n beter verbond met God het. Die sleutel is “uitnemender beloftes.” Wat was die probleem met die eerste verbond (v. 7–12)?

Question 4. Toe God ’n nuwe verbond deur die profeet Jeremia belowe het (wat in Hebreërs 8:8–12 aangehaal word), het Hy aangedui dat die eerste verbond misluk het omdat die Israeliete in gebreke gebly het om die bepalings na te kom. Die ooreenkoms self, hoewel goed en reg, het geen middel aan sondige mense gebied om aan God getrou te bly nie.

5. Wat is die hoofvoordele wat God se “nuwe bedeling” vir ons inhou?Question 5. Die finale vervulling van hierdie beloftes wag op Jesus se wederkoms om op die aarde te heers. Dit is byvoorbeeld nog nie waar dat almal die Here ken nie (v. 11), maar ons kry hier ’n duidelike beeld van wat Jesus nou vir almal wil doen wat geloof in Hom bely.

6. Funksioneer jy beter onder uiterlike dwang (die wet) of innerlike beteueling (God se Gees) (v. 10)? Waarom?

Question 6. God se plan beteken ’n breuk met die wet as ’n uiterlike beperking, waaronder die mense gereeld uitgebreek het, na innerlike beheersing. Hierdie verandering word teweeg gebring deur ons harte met die Gees van gehoorsaamheid te vul sodat ons net soos Jesus sal sê: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe” (Ps 40:9). Die hele rede vir hierdie verandering is om direkte, persoonlike kennis van God self aan ons te gee.

7. Wat is een doel van God se nuwe plan (v. 10)?

8. Die kenmerkende teken van God se kinders is dat hulle Hom ken (v. 11). Hoe verander sulke kennis jou lewe?

Page 22: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

9. Watter waarborg het God se “nuwe bedeling” (v. 12)? (Kyk ook v. 1–3; 9:14.)

10. In watter mate is die verbondsbelofte van vergifnis beter as die ou verbond?

Vraag 10. Die basis van God se genade is die wegneem van sonde deur Christus se Hoëpriesterlike werk. Dit maak dit vir ons moontlik om tot God te nader. Daarom is Jesus die Middelaar van die nuwe verbond met sy uitnemender beloftes (v. 6).

11. Wat gebeur met jou wanneer jy vir God sê: “Dankie dat U my sonde vergewe en vergeet”?

Vraag 11. Gee die groep kans om na te dink. Moontlike reaksies sluit in: bevryding van skuld, vryheid van vrees vir die komende oordeel, of ’n begeerte om ’n nuwe begin met God te maak.

12. ’n Tydskrifadvertensie vir skottelgoedwassers belowe meer krag, meer glans en beter werkverrigting. Hoe kan jou begrip en toepassing van God se “nuwe bedeling” al daardie dinge vir jou in jou verhouding met Hom bied?

Uit Hebrews: Race to Glory deur James Reapsome. Kopiereg 1991 deur James Reapsome. Gedruk deur InterVarsity Press. Eenmalige toestemming word aan gebruikers verleen om tot en met tien afskrifte vir groepsgebruik te maak. Vir besonderhede oor addisionele gebruik, klik die “Permissions”-knoppie in die “About Logos Lesson Builder”-inligtingskassie.

Page 23: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

9 Die Atleet se KragHebreërs 9:1–28

Doel: Om in Jesus se selfoffer ’n sterk, sekure fondament vir die lewe te vind.Met die oog op die geweldige probleme waarmee ons te kampe het — dwelms, depressie, egskeiding, om maar net ’n paar te noem — lyk dit na ’n oorvereenvoudiging om te sê dat die bloed van Jesus Christus die oplossing is. Hoewel in ’n ander konteks, het die Hebreërs met soortgelyke probleme van verwaarlosing, ongeloof en onvolwassenheid te doen gekry. Die gevaar het gedreig dat hulle sou uitsak uit die wedloop en na die ou dinge sou terugkeer. Hulle het oënskynlik die krag en doelgerigtheid kort gekom om vorentoe te beur en deur te druk in hulle geloofswedloop.

Watter oplossing is aan hulle gegee? Die bloed van Jesus. Slegs volle en volmaakte kennis van wat Jesus is en wat Hy vir ons doen, kan ons tot ’n volle en volmaakte Christelike lewe lei.

1. Waarom probeer ons kultuur dikwels die waarheid dat Jesus sy eie bloed vir die mensdom geoffer het, ontken en ontduik?

2. Lees Hebreërs 9. Wat was die rede vir die herinnerings aan die Ou-Testamentiese heiligdom (v. 1–5)?

3. Hoe het die priesters se gawes en offers tekort geskiet (v. 6–10)?

4. Vergelyk wat Jesus gedoen het (v. 11–14) met die ou stelsel (v. 1–10).

Hoe sou jy ’n debat suksesvol kon voer om aan te toon dat Jesus gekom het om ons iets beter te gee?

Vraag 4. Kyk mooi wat Hy geoffer het (v. 12), waar Hy sy offer gebring het (v. 11–12), hoeveel keer (v. 12), en met watter gevolge (v. 12–14).

5. In verse 15 gee die “Daarom” die skrywer se rede waarom Jesus sy bloed vir ons moes offer. Van watter waarde is dit vir jou om bevry te wees om ’n ewige erfenis te ontvang?

6. Waarom was die vergieting van offerbloed selfs onder die ou verbond nodig (v. 16–22)?

Vraag 6. Omdat sonde die dood voortbring, het die Ou-Testamentiese wet die bloed van derduisende diere geëis. In die nuwe verbond word die bloed van Jesus vereis. God se regverdige oordeel moet volbring word. Daar is geen vergifnis en geen verlossing sonder die vergieting van bloed nie.

7. Die skrywer verduidelik nie net waarom die offer van Jesus se bloed nodig was nie, maar ook dat dit ’n voortrefliker offer is. Waarom is dit belangrik om ons aandag te vestig op “hemelse dinge” (v. 23)?

8. In watter sin was Jesus gekwalifiseer “om nou ter wille van ons voor God te verskyn” (v. 24)?

Page 24: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

9. Watter verskil sou dit maak aan diegene wat in die Ou-Testamentiese godsdiens onderlê is, om te weet dat Jesus sy eie bloed in plaas van diere se bloed eens en vir altyd geoffer het (v. 25–26)?

10. Hoe kan jy jou insig in en waardering vir Christus se selfopoffering verdiep en vergroot?

11. Die dood en die oordeel kom verseker. Na aanleiding hiervan, hoe sou jy iemand aanmoedig om die toekoms met hoop en vrede tegemoet te gaan aan die hand van wat jy in hierdie hoofstuk geleer het?

12. Jesus se wederkoms is ook verseker (v. 28). In die lig van sy offer van bloed, hoe behoort jy die tyd wat jy vir Hom wag, deur te bring?

Page 25: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

10 Bly in die Wedloop Hebreërs 10:1–39Doel: Om sterk verhoudings met Christus en medegelowiges op te bou.

Wanneer kinders oënskynlik nimmereindigende skoolwerk en ontelbare reëls wat gehoorsaam moet word, in die gesig staar, raak hulle soms moedeloos. Dis wanneer ouers sê: “Kyk na die wonderlike geleenthede. Slaan munt uit wat jy nou aangebied word. Moet dit nie deur jou vingers laat glip nie. ”

In hoofstuk 10 bereik die Hebreër-skrywer die hoogtes van Everest met ’n beeld van Jesus wat vir sy lesers kan bemoedig. Van daardie duiseligwekkende hoogtes af vertel hy hulle om tot God te nader, vas te hou aan hulle geloof in Hom, en mekaar in die Christelike geloof en goeie dade aan te spoor. Hy voer sy argument tot ’n hoogtepunt in 10:18; meer bewyse het hy nie om hulle na Jesus terug te bring nie.

1. Dink terug aan ’n geleentheid wat jy nie benut het nie omdat dit té goed geklink het om waar te wees. Wat het jy misgeloop deur die bewyse nie te glo nie?

2. Lees Hebreërs 10:1–39. Die skrywer gaan voort om Jesus en die Ou-Testamentiese offers te bespreek. Hoe bewys vers 1–4 dat die Ou-Testamentiese stelsel slegs ’n skadubeeld en nie die werklike beeld was nie?

3. Vergelyk Jesus se offer (die werklike) met die skadubeeld (v. 5–10). Waarom is sy offer beter?

4. Wat het Hy vir ons gedoen wat die Ou-Testamentiese offers nie kon nie (v. 10, 14)?

5. Wanneer jy nadink oor vers 11–18 en die ontsaglike groot liefde en krag van Jesus om jou sonde weg te neem, hoe reageer jou hart en verstand?

6. Som op wat God vir jou in Christus wil doen (v. 1–2, 4, 10–11, 14–15, 17–18).

Page 26: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Wat kan jy doen as jy nie “heilig” of “volmaak” voel nie?

7. In die lig van wat God in Christus vir ons gedoen het (v. 19–21), watter drie opdragte voel die skrywer verplig om te gee (v. 22–24)?

8. Wat beteken die besondere voorreg om nader aan God te kom vir ons (v. 22)?

9. Watter rol speel ander mense om ons te help om “styf” vas te hou aan ons geloof (v. 23–25)?

10. Indien ons nie tot God nader, styf aan ons geloof vashou en mekaar aanspoor nie, wat sal waarskynlik gebeur (v. 25–26, 38–39)?

11. Hoe maak die skrywer dit duidelik dat sy waarskuwing oor die straf vir belydende Chrsitene geld (v. 30–34)?

Vraag 11. God se oordeel van Christene sluit beide huidige straf (soos die geval was met die Israeliete wat in die woestyn gesterf het) en toekomstige evaluasie van hulle lewens en diens voor die regterstoel van Jesus in.

12. Wat kan hierdie sterk bemoediging en streng waarskuwing in jou lewe bereik?

Page 27: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

11 Geloofsmodelle Hebreërs 11:1–40Doel: Om die helde en heldinne van die geloof na te volg.

Daar is waarskynlik nie nog ’n onderwerp wat so oppervlakkig verstaan word as geloof nie. Byna almal maak aanspraak op ’n mate van geloof. Talle sou egter meer wou hê. Die Hebreër-skrywer neem geloof uit die vlak van godsdienstige teorie en beklee dit met vlees en bloed. Hy doen dit met wat ons vandag rolmodelle noem. Hierdie modelle besiel ons om aan te hou om in Jesus te glo.

1. Voltooi die sin: “Om te glo, is . . .”

2. Lees Hebreërs 11:1–40. Hoe kan jy seker wees van wat jy hoop en oortuig wees van die dinge wat jy nie kan sien nie (v. 1)?

3. Wat nog stel geloof ons in staat om te doen (v. 3, 6)?

4. Let op na die vaste vertroue en onwankelbare verwagting (v. 1) in geloofsmodelle in hierdie hoofstuk. Hoe het Abel, Henog en Noag hulle geloof uitgedruk (v. 4–7)?

5. As mens in ag neem dat sy keuses aan menslike standaarde gemeet, dwaasheid was, wat dink jy het in Abraham se emosies aangegaan (v. 8–10)?

Op watter manier sou sy hoop op “die stad met vaste fondamente” hom in staat stel om te volhard?

Page 28: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

6. Watter dinge wat jy nog nie sien nie maar waarvan jy seker is, het jou al gelei om fundamentele lewensveranderende besluite te neem?

7. Watter subtiel ironiese eienskap van die krag van geloof kom in vers 12 na vore?

Vraag 7. “’n Man wat nie meer kinders kon verwek nie,” (v. 12) verwys na Abraham se gevorderde ouderdom (99) toe Isak gebore is.

8. Hoe help die belofte van ’n hemelse vaderland ons om ons geloof te behou selfs wanneer ons nie onmiddellik kry waarop ons gehoop het nie (v. 13–16)?

9. Waarom, dink jy, het Abraham se geloof geseëvier toe hy aangesê is om Isak af te staan (v. 17–19)?

10. Hoe sou jy die geloof van die helde en heldinne van die geloof wat genoem is en daarvoor bekend geword het (v. 20–35) vergelyk met diegene wat nie by die naam genoem word nie maar bitter gely het (v. 35–38)?

Vraag 10. Hoewel die wêreld vandag net mense wat oorleef “helde” noem, maak die Hebreër-brief dit duidelik dat almal wat gesterf het ook helde en heldinne van die geloof was.

11. Sommige Christene glo dat geloof altyd tot stoflike en fisiese seën lei. Wat laat hierdie gedeelte blyk oor die rol van beide seën en lyding in die lewe van gelowiges?

Vraag 11. Sommige lede van jou groep mag dalk deur die sogenaamde welvaartsteologie beïnvloed wees. Die uitvloeisel van hierdie leer is dat wanneer ’n Christen swaar kry, hy of sy nie genoeg geloof

Page 29: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

het nie. Die gedagte bots egter met die Nuwe Testament wat leer dat Christene lyding moet verwag en God daarin kan verheerlik.

12. Wanneer jy in moeilike omstandighede verkeer, watter verband trek jy tussen jou geloof en die sekerheid van die opstanding (v. 35)?

Vraag 12. “’n Beter opstanding” (1933-vertaling) in vers 35 verwys na die opgestane lewe. Die 1983-vertaling vertaal die tweede deel van die vers met: “Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot ’n beter lewe deelagtig word.”

13. Wat het God jou in staat gestel om deur geloof te doen?

Vraag 13. Moedig die groep aan om hierdie vraag persoonlik te maak deur iets te noem wat geloof in God hulle gegee het, of in staat gestel het om in die lewe te doen.

Page 30: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

12 Tugtiging van die Atleet Hebreërs 12:1–29Doel: Om die waarde van God se tug te besef en daarvolgens te groei.

Ons wonder dikwels waarom duisende marathonhardlopers dit skynbaar geniet om hulleself in daardie moordende wedlope te straf. Vir die meeste van hulle is dit beslis nie die hoop om te wen nie. Wat motiveer hulle dan? Die skrywer, Art Carey, verduidelik dit aan sy lesers: “Die werklike vreugde van die Boston Marathon is om net klaar te maak, die oorwinning oor jouself — die voltooiing van wat jy jou ten doel gestel het.” Dit is die gesindheid wat die Hebreërs veronderstel was om te hê: Bly tot die einde toe in die geloofswedloop.

1. Waarom is deursetting gewoonlik nie bo-aan die lys van eienskappe wat ons die meeste in mense bewonder nie?

2. Lees Hebreërs 12:1–29. Watter strikke en hindernisse kom in die pad van jou Christelike geloofswedloop (v. 1)? Waarom?

3. Tot dusver in die brief, hoe het die skrywer sy lesers aangespoor om te volhard deur na Jesus te wys?

4. Wat is die sin daarin om jou oë op Jesus gevestig te hou (v. 2–3)?

Hoe kry jy dit reg?

Vraag 4. Ons moet ons oë op Jesus rig soos wat ’n marathonhardloper op die eindstreep konsentreer. Jesus is ook die volmaakte voorbeeld van iemand wat die wedloop reeds voltooi het.

5. Na watter tugtiging van die Hebreërs dink jy, verwys die skrywer (v. 3–4, 7; 11:35–38)?

Page 31: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Vraag 5. Die Hebreër-skrywer was besig om na die vervolging — lyfstraf, gevangenskap — te verwys wat die Christene moes deurmaak.

6. Hoe help die betekenis van God se tugtiging soos hier genoem, ons om positief daarop te reageer (v. 10–12)?

7. Hoe het jy dit reggekry om “die slap hande en lam knieë ” te versterk wanneer jy getug word (v. 12)?

8. Wys die spesifieke opdragte wat die skrywer in vers 14–17 gee, uit.

Op watter beginsels is hulle gebaseer?

9. Hoe kan jy “verbittering” of ’n goddelose “Esau” in jou lewe uitken (v. 15–16)?

Vraag 9. Vir meer inligting oor Esau, lees Genesis 25:29–34. Esau het sy eersgeboortereg vir ’n maaltyd verruil.

10. Watter aansporing vind jy in vers 18–24 om die geloofswedloop met volharding te hardloop?

11. Ons almal was al versoek om ons aan die wedloop te onttrek. Waarom sal die waarskuwing van vers 25–29 ons twee keer laat dink?

12. Op watter maniere slaag jou aanbidding daarin (slaag dit nie) om die feit te weerspieël dat God ’n “verterende vuur” is (v. 29)?

Page 32: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

13 Hardloop volgens die Reëls Hebreërs 13:1–25

Doel: Om nuwe maniere te vind om dinge te doen wat aanneemlik is vir God.

Die Olimpiese goue medaljes wat Ben Johnson van Kanada in Seoel in 1988 gewen het, is van hom weggeneem omdat hy die reëls ten opsigte van dwelmgebruik gebreek het. Net so is die Christen se geloofswedloop veel meer as net ’n genael na die wenpaal. Dit is ’n geleentheid wat God eer in die manier waarop die atlete hulle gedra. In hierdie afsluitende hoofstuk skets die Hebreër-skrywer verskeie pligte wat teenoor God en die mensdom nagekom moet word. Saam onthul hulle ’n verhewe vlak van persoonlike moraliteit en diensbaarheid.

1. Hoe verklaar jy die mate van onverskilligheid onder sommige Christene wat oënskynlik dink dat dit nie saak maak hoe hulle lewe nie, solank hulle “gered” is of “aan die kerk behoort”?

2. Lees Hebreërs 13:1–25. Vers 1–3 sluit aan by vers 16. In watter sin behoort liefde vir mekaar, mededeelsaamheid, gasvryheid teenoor vreemdes en hulp aan gevangenes en mishandelde mense beskou te word as “offers” aan God?

Vraag 2. Let wel dat vers 19 en 23 daarop dui dat die skrywer in die gevangenis sit en dat Timoteus gevange geneem was.

3. Seksuele reinheid is een van God se onvoorwaardelike eise (v. 4). Hoe verklaar jy die seksuele oneerbaarheid onder belydende Christene — sommige van hulle boonop bekende openbare figure?

4. Watter feite omtrent God help om jou van die liefde vir geld te weerhou (v. 5–6)?

5. Verpligtinge teenoor geestelike leiers word in vers 7, 17–18 uiteengesit. Wat word hier genoem, wat ons behoort na te volg?

Page 33: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

Hoe kan jy dit in jou kerk doen?

6. Wat hulle betref, wat behoort geestelike leiers te doen?

7. Veronderstel dat iemand jou sou uitdaag om die onomwonde aanspraak van vers 8 te bewys. Gebaseer op Hebreërs, wat sou jy antwoord?

8. Die skrywer kan dit nie weerstaan om nog ’n pragtige beeld van Jesus te skilder nie, weer eens teen die agtergrond van die ou stelsel (v. 9–10). Op watter nuwe manier word Jesus se lyding toegepas, en watter leer omtrent sy lyding het jy vroeër in Hebreërs teëgekom (v. 13–14)?

Vraag 8. Om die voordele van Christus se offer vir ons sonde te ontvang, moes die Hebreërs die “laer” verlaat (v. 13), met ander woorde, die tuiste van ongelowige Israel met sy ou wette en regulasies. Dit kom daarop neer dat hulle die smaad en verwerping wat Jesus deur Israel gely het, moes deel (Joh 1:11; Hand 5:30, 41).

9. Op watter manier is ons lofprysing offers aan God (v. 15)?

10. Watter insig kry jy omtrent die skrywer self (v. 18–19, 22–25)?

11. Vers 20–21 is ’n seënwens, ’n samevattende gebed. Deur dit ’n persoonlike gebed te maak, watter tipe “toerusting” (“met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen”) wil jy van God vra? Waarom?

Page 34: en kontrasteer jou reaksie op Christus as Skepper en Versorger met jou reaksie op Hom as die een wat die enigste oplossing vir ... oor... · Web view · 2012-4-25

12. Op grond van jou studie van Hebreërs, wat dink jy wil God in jou “tot stand bring” wat vir Hom aanneemlik is?

Uit Hebrews: Race to Glory deur James Reapsome. Kopiereg 1991 deur James Reapsome. Gedruk deur InterVarsity Press. Eenmalige toestemming word aan gebruikers verleen om tot en met tien afskrifte vir groepsgebruik te maak.