1 4 2016 issuu

8
the hire empire Lephalale 4 Eckard Street 014 763 1292 082 306 7274 Mokopane 1 Hooge Street 015 491 4525 082 934 0491 www.talisman.co.za Rowers slaan toe Huisbrake wek kommer in Lephalale Deur Amanda Basson ([email protected]) LEPHALALE – Tydens die gemeenskaps- polisiëringsforum (GPF) vergadering vroeër die maand is gemeld dat huis- brake in sekere dele van die dorp toege- neem het in vergelyking met verlede jaar se syfers. Die strate wat die ergste deurgeloop het is Ellis- en Oberholzerstraat asook Eloffstraat in George Afgos in die onder- dorp, sê GPF voorsitter, Thys Eloff. Volgens Eloff is baie inwoners agtelo- sig omdat sommige van die goedere wat geneem word aan maatskappye behoort. “Dit wil voorkom asof mense nie die nodige voorsorgmaatreëls tref om hul goedere te beveilig nie omdat hulle weet dat die maatskappy versekering vir die goedere het en dit weer sal vervang.” Eloff het ook inwoners gewaarsku om nie gereedskap wat as huisbraak toerusting gebruik kan word buite te los nie. “Dit het al gebeur dat misdadigers skroewedraaiers en ander soortgelyke ge- reedskap gebruik wat buite in ‘n perseel lê om toegang tot die woning te verkry,” het hy gesê. Deur Martie le Grange ([email protected]) MOKOPANE - ’n Sekuriteitsbeampte van PJP Sekuriteit is Dinsdag laatmiddag in die voet geskiet toe hy probeer het om vyf gewapende rowers aan te keer voor Nedbank in die Crossing inkopiesentrum. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Irene Masingi, is een van die rowers deur die polisie aangekeer en in hegtenis geneem. Sy het bevestig dat die vyf ge- wapende mans toegeslaan het op 'n geldwa in die sentrum se parkeerarea en dat ’n on- bekende bedrag kontant en twee vuurwapens gebuit is. Suzan Tempel, die batebestuurder van Resilient Eiendomme, wat die sentrum bestuur, het in 'n persverklaring gesê dat die voorval plaasgevind toe die sekuriteitsfirma geld by die bank gaan oplaai het. Die verdagtes het in ’n voertuig met ’n Gauteng-registrasienommer op die vlug geslaan. Die gearresteerde verdagte sal eersdaags in die Mokopane Landdroshof verskyn. Die vier ander rowers is steeds op vrye voet. Die misdaadtoneel wat Dinsdagmid- dag voor Nedbank in die Crossing inkopiesentrum se parkeerarea afgespeel het toe vyf rowers 'n geldwa geroof het.

Upload: helena-raats

Post on 27-Jul-2016

231 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale and Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: 1 4 2016 issuu

the hire empire

Lephalale4 Eckard Street

014 763 1292 082 306 7274 Mokopane

1 Hooge Street 015 491 4525 082 934 0491

www.talisman.co.za

Rowers slaan toe Huisbrake wek kommer in LephalaleDeur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Tydens die gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) vergadering vroeër die maand is gemeld dat huis-brake in sekere dele van die dorp toege-neem het in vergelyking met verlede jaar se syfers.

Die strate wat die ergste deurgeloop het is Ellis- en Oberholzerstraat asook Eloffstraat in George Afgos in die onder-dorp, sê GPF voorsitter, Thys Eloff.

Volgens Eloff is baie inwoners agtelo-sig omdat sommige van die goedere wat geneem word aan maatskappye behoort. “Dit wil voorkom asof mense nie die nodige voorsorgmaatreëls tref om hul goedere te beveilig nie omdat hulle weet dat die maatskappy versekering vir die goedere het en dit weer sal vervang.”

Eloff het ook inwoners gewaarsku om nie gereedskap wat as huisbraak toerusting gebruik kan word buite te los nie.

“Dit het al gebeur dat misdadigers skroewedraaiers en ander soortgelyke ge-reedskap gebruik wat buite in ‘n perseel lê om toegang tot die woning te verkry,” het hy gesê.

Deur Martie le Grange ([email protected])

MOKOPANE - ’n Sekuriteitsbeampte van PJP Sekuriteit is Dinsdag laatmiddag in die voet geskiet toe hy probeer het om vyf gewapende rowers aan te keer voor Nedbank in die Crossing inkopiesentrum.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Irene Masingi, is een van die rowers deur die polisie aangekeer en in hegtenis geneem. Sy het bevestig dat die vyf ge-wapende mans toegeslaan het op 'n geldwa in die sentrum se parkeerarea en dat ’n on-

bekende bedrag kontant en twee vuurwapens gebuit is.

Suzan Tempel, die batebestuurder van Resilient Eiendomme, wat die sentrum bestuur, het in 'n persverklaring gesê dat die voorval plaasgevind toe die sekuriteitsfirma geld by die bank gaan oplaai het.

Die verdagtes het in ’n voertuig met ’n Gauteng-registrasienommer op die vlug geslaan.

Die gearresteerde verdagte sal eersdaags in die Mokopane Landdroshof verskyn. Die vier ander rowers is steeds op vrye voet.

Die misdaadtoneel wat Dinsdagmid-dag voor Nedbank in die Crossing inkopiesentrum se parkeerarea afgespeel het toe vyf rowers 'n geldwa geroof het.

Page 2: 1 4 2016 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 APRIL 2016

LEPHALALE – 'n Tragiese ongeluk het die lewe van 'n geliefde jong inwoner van die dorp geëis. Charl Bennett (24) is verlede Woensdag oorlede toe sy motorfiets met ‘n minibus gebots het.

‘n Saak van strafbare manslag word deur die Lephalale polisie ondersoek.

Charl se familie versoek enigiemand met enige inligting oor die ongeluk om asseblief met Vernon Bennett by 083 991 8399 of die Lephalale polisie kontak te maak.

Bennett se herinneringsdiens word op Vrydag 1 April om 11:00 by die AGS El-Betel in Lephalale gehou.

2

by Ratlou Mabula

SHONGOANE – Klass Mashiana (32) was killed when his vehicle collided with an oncoming train at the Exxaro railway crossing near Grootege-luk mine on 17 March.

He was a well-known member of the Economic Freedom Fighters (EFF) and his funeral was at-tended by political and labour organisation repre-sentatives last Friday.

Mashiane, who was on his way to work when the accident occurred, was the EFF’s municipal party liaison officer (MPLO) in the Independent Electoral Commission (IEC) in Lephalale.

The funeral was attended by members of the IEC, NUMSA, AMCU, EFF and the Lephalale municipality. “Mashiane was one of the first founders of the EFF in Lephalale three years ago and assisted AMCU with recruiting members from companies opera-ting in the area,” said AMCU’s Katie Magoai.

“Mashiane’s death is a tragedy that no-

Dignified funeral for Mashiana

body expected and it should remind all of us to support each other,” said William Motlo-koa, ANC ward councilor in Marapong.

EFF communication official in Lephalale, Sello Moselane, said that Mashiane's will be missed. “Our sincere condolences goes out to his family in this difficult time.”

A case of culpable homicide is being investigated by the police.

EFF members carrying the coffin of Klass Mashiane at his funeral.

Motorfietsryer sterf in ongeluk

By Martie le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Samuel Matjila appeared in the Mokerong magistrate's court in Mahwelereng for his alleged involvement following the alleged assassination of Danny Baloyi in 2004. The case was again postponed for further investigation.

Matjila, the owner of a fleet of taxis was implicated as a suspect in the murder case of Danny Baloyi who was shot and killed 12

Matjila: Baloyi-case postponed againyears ago in what was believed to be an assassination at the time.

He will remain in police custody for his alleged involvement in two other high pro-file murder cases (the Gideon Fatana and Charles Mgidi murders) which is set for respectively 3 to 13 May and 31 May to 10 June.

Matjila and the main suspect in the Baloyi case, Samuel Tshilambavuma, are expected to appear in court on April 7.

Deur Martie le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die voortslepende gebrek aan dienslewering in die Mogalakwena Munisipaliteit het daartoe gelei dat Spe-cial Operations Solutions (SOS), ‘n privaat sekuriteitsfirma se noodpersoneel sonder enige staatsvergoeding hulle bystand vir motoriste oor die afgelope Paasnaweek gebied het.

SOS sit hand by dié Paasnaweek

SOS se paramedici en insleep dienste het 24-uur noodbystand gebied en was sigbaar langs die R101 Suid van Mokopane. Die fir-ma se eienaar, Gary O’ Farrell, het gesê hulle is bly hulle kon help. Hulle is ook bygestaan deur Provinsiale sowel as Nasionale verkeers-beamptes.

Hy het verder sy dank uitgespreek teenoor paramedici Leon Von Benecke en Frikkie Beytell vir hulle bystand.

Municipality and strikers meetMOKOPANE – The senior management of the Mogalakwena Muncipality met with employee representatives on Wednesday in Polokwane in a bid to put an end to the three-week strike action by municipal wor

While municipal manager, Markus Mthombeni, has arranged for private con-tractors to assist, taxpayers are bearing the brunt of the employee’s actions. In many areas, the three-week build-up of refuse bags have been torn open and garbage are scattered on sidewalks.

DA councilors Korny Dekker and Yolande Coetzee took it upon themselves to report problems where possible and personally as-sisted in filling up potholes in town.

Workers cite inadequate benchmarking of salaries compared to similar-sized munic-ipalities as the reason for the strike action. The workers include members from both the South African municipal workers union and the Independent Municipal and Allied Trade Union (IMATU).

Page 3: 1 4 2016 issuu

1 APRIL 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

WIMPY delivers in Ellisras and

Onverwacht. Call Alma on 082 879 1582 to

place your order.

Deur Martie le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die 25-jarige man wat verlede week aangedui het dat hy skuld wil beken op die klagte van aanranding nadat hy glo die oordbestuurder van ‘n vakan-sie oord buite Mookgophong met ‘n hamer aangerand het, se hofsaak in die Mokopane streekhof is uitgestel vir ver-dere ondersoek.

Boiki Motaung, ‘n werknemer van die Bothania Hills vakansie oord het na ‘n klaarblyklike geskil met Gillian Foster (die bestuurder van oord) haar herhaaldelik met 'n hamer oor haar kop en gesig geslaan en met haar Fiat Palio weggery.

Motaung is later in Heidelberg in hegtenis geneem en Foster se voertuig is ook by sy woning gevind.

Foster het ernstige kopbeserings opgedoen en het aan-vanklik in die Mokopane Hospitaal beland. Sy is toe na Unitas Hospitaal in Pretoria oorgeplaas waar sy tans gespesialiseerde behandeling ontvang.

Netwerk24 berig dat Foster verskeie steke aan haar kop, gesig en neus moes kry. Sy het glo ook geheueverlies en kan nie alles van die aanval onthou nie.

Motaung, wat steeds in aanhouding is, sal na verwagting op 11 April weer voor die Mokopane streekhof verskyn. Landdros Gerhard Pretorius het Woensdag gesê die misdaad is ernstig van aard en meer hieroor kan bepaal word sodra Foster in staat is om ‘n verklaring af te lê.

Motaung sal dan formeel kan pleit.

Boiki Motaung (25) in die Mokopane streekhof. Hy het verlede week aangedui dat hy skuld wil beken op die aanval op Gillian Foster.

Hamer aanval: Foster kry spesialis behandeling

by Ratlou Mabula

SHONGOANE – An 11-year-old boy died after he was allegedly bitten by a snake while swimming with his friends in the Palala river on Sunday.

According to captain Gaborekwe Ditsela of Villa Nora police a local cattle owner saw a group of boys running away and was told that their friend was dragged into the water by a snake.

The man attempted to rescue the boy but became nervous when he saw movement in the water.

The Villa Nora police was called by frightened members of the community and when they reached the scene they found the boy’s body floating in the water.

“There were no visible injuries on the body, but we saw a white foam-like substance around the boy’s nose,” one witness claimed.

A post mortem will be done to establish the cause of death. Police urge people to stay away from isolated areas like rivers where dangers might be lurking.

Snake bite blaimed for boy's death

Worried members of the community in the area where an 11-year-old boy drowned in the Palala river.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – Kevin Clerk, wat op sewe aanklagte teregstaan rakende sy beweerde betrokkenheid by ’n tref-en-trap-voorval waarin André van den Bergh (29) in 2014 dood is, het Woensdag onskuldig gepleit in die Mokopane Landdroshof.

Clerk is in Junie 2014 in hegtenis ge-neem nadat hy Van den Bergh na bewering voor dié se huis raakgery het. Hy is sedert die voorval op borgtog uit en het Dinsdag onskul-dig gepleit op onder meer strafbare manslag, dronk bestuur en bestuur sonder ’n rybewys.

Die saak het in 2014 opslae gemaak toe ’n reaksie bestuurder by SOS Sekuriteit gesê het dat hulle die aand van 7 Junie 2014 gesien het hoe ’n Isuzu dubbelkajuit bakkie vanuit Ruiterweg in Geysterstraat indraai en na bewering ’n voetganger (wat later as Van den Bergh geïdentifiseer is) raakgery het en weggejaag het. Die getuie het die bakkie agterna gesit en tot stilstand gedwing. Die beskuldigde is toe glo terug na die ongeluks-toneel geneem.

‘n Misdaadtoneel fotograaf was eerste in die getuiebank, gevolg deur ander getuies.

Die verhoor sal na verwagting op 17 en 18 Mei voortgesit word.

Beskuldigde in tref-en-trap hofsaak pleit onskuldig

Kevin Clerk ve tydens sy verhoor wat Woensdag in die Mokopane Landdroshof begin het. Hy het onskuldig gepleit.

SOS sit hand by dié Paasnaweek

Page 4: 1 4 2016 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 APRIL 20164

With 8000 newspapers weekly, we

offer the best promotional

possibilities for your business -

call us on 014 763 5132 (Lephalale) or 015 491 3082 (Mokopane).

MAPELA – Three men accused of raping and robbing a 20-year-old woman from Mapela on March 27 will appear in the Mokerong magistrate's court on April 25.

After being raped and robbed by three African males, the young victim immedi-ately reported the incident to the police who rushed to the scene in search of the suspects.

Mahwelereng police spokesperson, con-stable Sello Leso, reported that the suspects

Deur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die drie verdagtes wat vroeër vanjaar in hegtenis geneem is vir die aanval op die bejaarde Muller egpaar in die Crecy area, het verlede Donderdag in die Moko-pane streekhof onskuldig gepleit op vier aanklagte teen hulle.

Kululeko Freedom Shongwe (38) van Er-melo, Albert Matwasa (47) van Mosambiek en Mooiman Jabulani Mahlanu (32) van Mabopane staan onder meer tereg op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwet-

Minder sterf op paaieLIMPOPO – Verkeersowerhede het Maan-dag gesê padsterftes oor die Paasnaweek in Limpopo het afgeneem. Verkeerswoordvoer-der Kagiso Mootane het gesê padsterftes is minder as die helfte van die sterftes van verlede jaar in dieselfde tydperk.

Ten minste 71 voertuig ongelukke is aangemeld in Limpopo - ‘n beduidende af-name in vergelyking met die 125 in 2015.

PRETORIA – Mev Grand SA, Rina van Schalkwyk van Lephalale, was die afgelope tyd behoorlike besig met haar verdrinking-bewusmakings-veldtog. Sy het sowat 260 spesiale strand emmertjies by die BP Oasis in Beyers Naude weg, Pretoria, op 19 Maart uitgedeel.

Hierdie emmertjies is deel van haar veldtog en elke em-mertjie het ‘n plakkertjie op met basiese noodhulp instruk-sies wat gevolg kan word tydens 'n noodgeval. "Ek het ER24 genader om my te help met die emmertjies en hulle het sommer ook gehelp met die uitdeel daarvan," sê Rina.

Rina beplan nog verdrinking-bewusma-king veldtogte maar die volgende twee sal gefokus wees op tieners asook studente. “Volgens statistieke is dit die ouderdoms-groep waar die meeste verdrinkings plaas-vind.”

Tuis, in Lephalale, gaan Rina die ‘buddy bucket’ verdrinking bewusmaking voortsit

By Amanda Basson ([email protected])

SHONGOANE – A local miracle plant that has been used in traditional medicine for years might hold the answer to producing a healthy natural substitute for sugar.

‘Schlerochiton ilicifolius’, the scientific name of a plant known locally as ‘molomo monate’, is one of the plants researched by the Council for Scientific and Industrial Research (CSIR) over the past 27 years and was found to be 1 400 times sweeter than regular sugar.

Shongoane and Seleka residents partici-pated in the project by the CSIR and were eligible for royalties resulting in a payment of over R1,3 million by the department of envi-ronmental affairs to the residents last week.

Molomo monate (loosely translated as “nice mouth” in Sotho) was used by tradi-tional healers for decades before it was dis-covered by CSIR scientists who extracted and characterised a non-carbohydrate sweetener.

William Makgae who is a former secre-tary of the late (Queen) Kgošigadi Shongoane said that in 2004 they met with department

Local plant healthy alternative to sugarof environmental affairs, the CSIR and the Royal Council to appoint a representative who would act on behalf of the community of Shongoane with the companies.

“In 2008 there was an official message brought to the Queen and her Royal Council about what molomo monate can produce and that resulted in a beneficiary agreement that was signed with the Queen. In 2012 a delegation was sent to the Northern Cape and a certificate was obtained from Environ-mental Affairs regarding this plant.”

Makgae said that the royal council plans to meet with the Department of Agriculture to ensure that the cash- injection will help the community to develop agricultural opportunities in and around villages near Shongoane.

Inset right: The plant known as molomo-monate that is indigenous to the Seleka and Shongoane area. Far right: William Makgae, former secretary of Queen Kgosigadi Shongoane, holding the plant.

Mev Grand SA se stryd teen verdrinkings

’n Opel Corsa het Saterdagmiddag na verneem word in die bosse langs die N1 Suid, sowat 20km buite Mokopane tot stilstand gekom na sy linker voorwiel gebars en die bestuur-der beheer oor die voertuig verloor het. Die bestuurder was volgens noodwerkers ongedeerd terwyl vyf insittendes na die hospitaal vervoer is vir hulle beserings.

met besoeke en uitdeel van die emmertjies aan kinders in kleuterskole en laerskole.

“Ons gaan ook by die Medupi Kontrak-teurs gholfdag op 16 April betrokke wees. Op die 15de putjie gaan ‘n naaste-aan-die-pen kompetisie wees met al die opbrengs wat geskenk word aan verdrinking bewusmaking en om kinders met gestremdheid as gevolg van nie-fatale verdrinking te help," het Rina gesê.

Three to appear for robbery and rapewere arrested at Ga-Machikiri. The police also indicated that the suspects were con-nected to other crimes and will appear in court again on April 25.

Investigations showed the men were also using a white Toyota Corolla to commit crimes in the province. The suspects alleg-edly targeted several hiking spots where they raped and robbed their victims. Police warned hikers to be vigilant at all times.

Muller-verdagtes pleit onskuldigtige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle vir Nico en Annetjie Muller op 10 Januarie by hulle plaaswoning tussen Mook-gophong en Roedtan aangeval, aangerand en geroof het. Annetjie is na die aanval in die hospitaal opgeneem vir ribbeserings wat sy opgedoen het. ’n Span bestaande uit spoorsnyers, polisielede en boere in die omgewing het na die aanval, kragte saam-gespan en die verdagtes enkele kilometers van die plaashuis af vasgetrek.

Die beskuldigdes se verhoordatum is vas-gestel vir 8 en 9 Junie.

Verkeersteken frustrasieLEPHALALE – Eers is die padtekens in Peter Mokaba straat met spuitverf bygedam en toe word dit sommer heeltemal uitgeruk deur die booswigte.

Volgens Sybil Nieuwoudt, DA raadslid in die omgewing, het inwoners in Peter Mokaba straat en omliggende strate haar vroeër die maand genader oor padtekens wat met spuit-verf gevandaliseer is. “Skaars twee weke later is ek ingelig dat die padtekens uitgegrawe is en langs die pad lê.”

“Die stadsraad het nie genoeg fondse om die padtekens elke twee weke te vervang nie en dit hou ook ‘n gevaar in vir padgebruikers wat nie die strate ken nie en ‘n ongeluk kan veroorsaak omdat die tekens nie daar is nie.”

Thys Eloff, voorsitter van die gemeen-skapspolisiëringsforum (GPF), het by ‘n GPF-vergadering genoem dat dit nie net Peter Mokaba en omgewing is wat deurgeloop het nie. “Die stopteken in Barendstraat en ver-keerstekens op die eiland by Hendrik

Pistoriusstraat is ook omgedolwe.”Eloff voer aan dat dit moontlik die werk

is van iemand wat ‘n vierwielaangedrewe voertuig ry.

“Dit lyk asof dit iemand is wat die ver-keerstekens dalk met opset omry.”

By navraag het die Lephalale polisie be-vestig dat hulle kennis dra van die voorvalle. “Enigiemand met inligting word versoek om met die polisie in aanraking te kom of die dienssentrum te skakel,” het Eloff gesê.

Page 5: 1 4 2016 issuu

1 APRIL 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Adverteer in Noordelike Nuus. Ons versprei 8000 koerante weekliks. Skakel 015 491 3082 (Mokopane) of 014 763 5132 (Lephalale) vir

meer inligting.

LEPHALALE – ‘n Swartmamba van sowat 3m lank, het Sondag konsternasie veroor-saak toe dit vier katte gebyt en ‘n klein katjie ingesluk het by ‘n huis in Platkroon-straat.

“Dit is die grootste mamba wat ek nog binne die dorp gevang het,” het Henko Janse van Rensburg van Reptile Rescue gesê.

“Die slang het onder ‘n hoop sinkplate gaan lê en ek kon daarin slaag om dit met ‘n groot gespook te vang.”

Volgens Janse van Rensburg het die huiseienaar, waar die slang gevang is, na haar bure toe gehardloop toe sy die reuse- swartmamba in haar tuin opmerk.

Hulle het toe Retile Rescue geskakel om te kom help.

Ongelukkig het slang-se-kind reeds een van die baba katjies gevang wat op die erf was.

“Ek wag nou net dat dit die katjie klaar verteer en dan gaan ek die slang kan weg-stuur om teengif te laat maak,” het Janse van Rensburg gesê.

MOKOPANE – Swemmers Franco Botha en Raymond Kockott van Hoërskool Piet Potgieter het tydens hulle deelname aan die SA Nasionale swem kampioenskappe in Port Elizabeth vanaf 18 tot 22 Maart goeie tye geswem en ook hul persoonlike tye verbeter. Heinrich Strydom het vyfde in die 50m rug-slag en sesde in die 100m rugslag gekom.

Henko met die swartmamba wat hy by Platkroonstraat gevang het. Die slang het vier katte gepik en 'n klein katjie ingesluk. Die vier katte is almal dood.

Katjie word mamba se kos

OVERYSSEL – The conditions of a school situated on a farm in the Overyssel area came under scrutiny last week when the Sowetan reported that two children were bitten by a snake while they were sleeping on the floor in a dilapidated class rooms.

In the article, Pupils and teachers at a Limpopo school are forced to sleep in the classrooms because there is no transport to take them back home published on 21 March, it is alleged that Kholo Sepoloane (8) and Amogelang Chikwama (11) suffered snake bites at Mpepule Primary.

Sinah Sepoloane (27), Kholo's mother was quoted as saying that she was con-cerned about the lack of safety for pupils at the school.”I only got to know that my son had been bitten by a snake when he had al-ready been admitted to Mokopane Hospital, a day after the incident,” she said.

According to the article some of the chil-

Dilapidated school may be closeddren live in Shongoane, 60km away from the school. “Some parents of pupils attending Mpepule Primary said they took their chil-dren to the farm school in the bush because the local school performed badly. They said they did not regret their decision, despite the fact that their children lived in filthy condi-tions at the farm school.”

Mpepule offers Grade R to 7 for the 142 pupils who are enlisted there. The pupils and five teachers sleep on the school’s premises with three beds shared by the teachers and pupils sleeping on the cement floor.

In the meantime 702 Eyewitness News reported that the department of education said that the school is unsustainable and will be closed (Education Dept working to relo-cate Mpepule Primary pupils written by Di-neo Bendile on 24 March). The department is quoted as saying that the school was never meant to be used as a boarding facility.

Swemmers gee hul bes

MOKOPANE – Members of Destiny Alive ministry recently decided to take on the task of cleaning up the overgrowth on the corner of Geyser and Thabo Mbeki roads. At own expense and with their own hands, the area was cleared by members of the church. This follows an initiative in 2015 which saw a beautiful makeover for the gardens at the Arend Dieperink Museum. “We don't do this to be seen. Mokopane belongs to God and as Christians we must take care of everything our Father entrusts to us,” said Pastor Thomas Marshall. “Start with your own sidewalk and don’t wait for someone else to do it.”

Take responsibility for your town

Page 6: 1 4 2016 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 APRIL 20166

Page 7: 1 4 2016 issuu

1 APRIL 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

MOKOPANE – Atlete van die Potgie-tersrus Atletiekklub het verlede Sater-dag die moordende Old Mutual Two Oceans Marathon aangedurf en behoor-lik hulle langasems op die proef gestel.

Khatija Essack, Aubrey Baloyi, Sarie Coetzee en Estelle Geerkens het ’n dag voor die groot dag aan die 5.6km pret-draf deelgeneem. Farhana Seedat het die 12km roete aangepak en haar goed van haar taak gekwyt.

Die volgende Mokopane atlete het Saterdag die 21.1km aangepak en die volgende tye behaal: Elsje Swanepoel se tyd is 02:12 minute gevolg deur Andrea Ferreira met 02:20 minute en Daleen van Zyl met 02:22 minute. Christiaan Swanepoel haal die eindstreep in ’n tyd van 02:25 minute en Neil Kruger voltooi die afstand in 03:08 minute. Die 56km is suksesvol voltooi deur die volgende atlete: Estelle Geerkens hardloop oor die eind-streep in ’n tydsduur van 05:13 minute gevolg deur Annemarie Kruger se tyd van 05:58 minute. Johannes Molo-komme se tyd is 06:07:38 sekondes en Aubrey Baloyi druk deur in 06:16 min-ute. Sarie Coetzee voltooi die marathon in 06:20 en Khatijah Essack se tyd is 06:34. Cecilia Ferreira haal die eind-streep in ’n tyd van 06:39.

Tye is verskaf deur Race Tec en is “gun to mat” gemeet.

Langasems hardloop Two Oceans

Regs bo: Elsje en Christiaan Swanepoel van Potgieters-rus Atletiekklub het die 21.1km by die Two Oceans Marathon kafgedraf en tye van onderskeidelik 02:12 en 02:25 aangeteken.

Heel regs: ’n Trotse Farhana Seedat, ook ’n atleet van die Potgietersrus Atletiekklub na sy die 12km roete aangepak het. Daleen Van Zyl van Mokopane is ’n atleet van Potgi-etersrus Atletiekklub. Sy het die 21.1km in ’n tyd van 02:22 afgelê.

Page 8: 1 4 2016 issuu

By Morakhu Kekae ([email protected])

MOKOPANE - Joseph Chauke (23) is a young runner from a Extension 20, a disadvantaged community within Mokopane, who is working hard to achieve his goal of becoming a profes-sional athlete.

Chauke finished second in this year’s BMW 10km race in Polokwane de-spite facing a lack of resources and professional training. A talented runner, Chauke feels isolated in his community and often can’t participate in competitions due to a lack of transport, the proper gear and sponsorship. “I work as a gardener, and sometimes I’m unable to at-tend competitions, because my job is what puts bread on the table”.

He is supported by Bafana Biyela and Patrick Seabela who mentor, train and help him register and participate in marathons where possible.

While Chauke comes from a poor community known for its high rate of criminal activities, he be-lieves that the youth should rather turn to sport. He says that sport can provide a healthy outlet for frus-trations and says that he would like to influence oth-ers to join him during his training sessions. He trains from Monday to Thursday, running for 20km twice a day.

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

URolbalgogga byt agt-jarigeDeur Martie le Grange ([email protected])

MOKOPANE – “Rolbal is g’n net vir ou-mense bedoel nie! Die spel is vir almal.”

Só het Adri Kemp, ‘n aktiewe lid van die Potgietersrus Rolbalklub, Maandag aan Noordelike Nuus gesê terwyl sy ook trots gespog het met na haar kleinseun, SJ Kemp (8), wat onlangs sy talent vir die spel ontdek het. Dié jong knapie het ook ‘n meesterrol-bal afrigter, Ellie van Coller, beïndruk met sy natuurlike vernuf.

Kemp het onlangs vir SJ ‘n junior rolbal-stel aangeskaf en van daar, sê sy, was dit neusie verby. “Sy liggaamshouding, postuur en glinster in die oë, van sy eerste kennis-making met ‘n rolbal spreek vanself,” sê sy ouma baie trots.

Haar en mede klublede se wens is egter dat meer mense betrokke raak by rolbal. “Rolbal is vir almal. Die spel word vir een of ander rede geassosieer met senior burgers, maar min mense besef hoeveel strem dit op jou liggaam plaas,” verduidelik sy.

Klublede nooi jonk en oud uit wat so-siaal wil verkeer of daarin belangstel om die sport te beoefen, om Woensdae (en bin-nekort op Saterdae) om 14:30 by hulle aan te sluit by die rolbalbaan by die sportterrein naby die Kameeldoring Gholfklub.

Vir meer besonderhede kan die klub se voorsitter, Dewald de Beer, gekontak word by 081 384 2469.

SJ Kemp van Mokopane is deur die rolbalgogga “gebyt”. Hier demonstreer hy met sy eie junior rolbalstel dat rolbal ‘n sport is wat deur ‘n persoon van enige ouderdom beoefen kan word.

Big dreams for local runner